Afkondigings 6 oktober 2013

Page 1

N.G. Gemeente Oudtshoorn Welgeluk Posbus 762, Oudtshoorn, 6620 Van der Westhuizen Straat 23, Oudtshoorn GPS : Lengtegraad : -33.6103100 Breedtegraad: 22.2012000

VISIE: Om met liefde te bou aan God se Koninkryk

Afkondigings : 6 -12 Oktober 2013

Sondag 6 Oktober 2013

Skriflesing Luk 17:5-10

Tema: Mostersaadjie – geloof!! Jesus stel dit duidelik niks sal vir Jesus-volgelinge onmoontlik wees nie. Maar hoekom ervaar so min Jesus-volgelinge dit? Want baie mense gooi handdoek in nog voor hulle begin het, omdat hierdie verlammende woorde in hulle rondmaal: “Dit kan nie” of nog erger “ek kan nie”! Hoekom is dit so moeilik? Vandag se teks help ons om dit te verstaan. Baie welkom by die erediens as deel van God se huisgesin in Welgeluk. Mag elkeen van ons opnuut die teenwoordigheid van die Here hier beleef.

Leraar : Ds. Andries Potgieter : Tel nr. (044) 272 5286 : E-pos – ajpotgieter@telkomsa.net Kerkkantoor : Tel nr. (044) 272 4391 : Kantoorure: Maandae tot Vrydae: 08:00 – 11:00 E-pos adres: ngwelgeluk@telkomsa.net


Matriek-oggend Ons as gemeente wens die volgende matriekleerlinge baie seën en sterkte toe met die naderende eksaman: Michelle Adams, Corné Bence, Rico Bence, Anjé Burger, Joshua Bruwer, Jennifer Gerber, Jaco Nel, Johan Nel, Danelle Stander, Louis Venter en Gerhard Vlok

Meelewing: Martie Koen en familie wat haar man, Sakkie en ‘n broer aan die dood afgestaan het. Dina Kruger wat ‘n suster en Dalena Alberts wat ‘n swaer aan die dood afgestaan het.

BAIE GELUK!!!!!!! Klein Janke Bezuidenhout het 5de geëindig in die Nasionale Danskampioen-skappe wat in Kaapstad gehou is. Cecilia Strydom, het met haar eerste plek ‘n goue medalje verower tydens die Karate Wêreldkampioenskappe. Die foto kompetisie gehou deur Watson en Brink en Queens Apteek:…. Ons baba-wenners is! Morné en Yolandi Schoeman se seuntjie, Liam, het 3de geëindig in die 0-6 maande. Hy is die kleinseun van Piet en Johanna van Zyl. Etienne en Surika Kriel se seuntjie, JJ, het 2de plek behaal in die 6-12 maande. Johan en Johanna se kleinseun. en Josef en Deidre Fourie se dogtertjie, Chané, het in die 1224 maande, 3de geëndig.


Rosa-Dané Ferreira (16jr) het 30ste plek in die platinumgroep behaal tydens vanjaar se SA Junior Tennistoernooi in Bloemfontein. Sy het teen die room van 0.18-spelers in SA meegeding.

VERJAARSDAE Baie geluk aan die volgende

-plussers wat

1 - 12 Oktober verjaar/het: Wynand Breytenbach en René Ehlers: die 1ste Orna du Plessis: die 3de Rita Matthee: die 4de Pieter van Rooyen: die 9de

Mag julle ryklik genade en gesondheid van die Here ontvang!

Voorbidding: Ons matrieks en hul ouers. Ons gesondheidsdienste. Abraham en Maria, ons werkers by die kerk, wie se kind in die gevangenis is.

Siekes tuis of in die hospitaal Johan Cloete wat in die hospitaal was. Tertius van Lill wat gesondheidsprobleme ondervind. Riaan Hugo wat ‘n operasie in Panorama moet ondergaan.


Vandag se deuroffers word afgestaan aan die Bediening aan die Jode. Messiaanse Jode is Jode wat glo dat Jesus die Messias en Here is. Hulle is Christen-Jode. Hul gemeente Beit Ariel in Kaapstad hou eredienste, vier Joodse feeste en leef hulle geloof uit vanuit die perspektief dat die Messias reeds gekom het en weer kom.

Ons drink vanoggend tee net na die erediens saam. Baie dankie aan Ina du Plessis en Daromi Burger wat vanoggend daarmee behulpsaam is.

Ondersteun asb die vrouediens se poedingverkope net na die erediens. Wat ‘n winskopie vir slegs R6.00 per bakkie. Duisend dankies vir al die dames wat vir ons poeding geskenk het.

Program vir die week Sondag 6 Oktober 2013 Kategese-opening vanoggend net na die erediens.

Jeugdiens vanaand om 18:00 in Oudtshoorn-Wes Maandag 7 Oktober 2013 Die gebedsgroep vergader om 06:15 in die gebedskamer.


Woensdag 9 Oktober 2013 Vrouebybelstudie om 9:00 in die konsistorie.

Donderdag 10 Oktober 2013 Manne-bediening om 18:30 in die konsistorie.

Algemeen

Randall Wicomb se Oktober om 19:00.

muskiekkonsert

op

11

Ons soek groot asb dringend dienswerkers vir wyke 13 en 18.

Spesiale Dankoffer Dit is weer tyd vir ons gebruiklike spesiale dankoffer tydens Oktober/Novembermaand. Die dienswerkers is besig om die koevertjies in die wyke uit te deel. In die lig van al die seĂŤninge wat ons as gemeente so onverdiend en mildelik uit God se hand ontvang, wil ons u vra om hierdie insameling in dankbaarheid te ondersteun.


Gedenkmuur Ons het ‘n gedenkmuur aan die noordekant van die kerkgebou. Nisse word by die kerkkantoor gekoop.

Ons bankbesonderhede vir direkte inbetalings: NG Gemeente Oudtshoorn-Welgeluk Nedbank:Tjek rek nr 1006783962 Takkode: 175205

Ons Gemeenskap KERSSANG KOREFEES Sondag - 20 Oktober 2013 om 18:30 in NG Park.

SEMINAAR TEMA: “‘n Dieper, betekenisvolle verhouding met God” ......... aangebied deur Ds Piet du Toit vanaf Sondag 13 Oktober 2013 tot Woensdag 16 Oktober 2013 elke aand om 18:30 in NG Park se Kleinsaal. Koste : Donasie Navrae : Ds Jannie Fourie (044 – 279 1629) U is baie welkom.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.