So Helder soos Vandag

Page 1



So Helder Soos Vandag deur

AttĂŠla

Pretoria, RSA


First Issue March 2015 Š Aletta Catharina van der Walt All rights reserved. Protected under international copyright laws and agreement. No part of this publication may be reproduced, stored in a retrieval system, or transmitted, in any form or by any means, electronic, mechanical, photocopy, recording or otherwise, without prior consent of the author.


Opgedra aan my ouers Petrus Jakobus en Elizabeth Magdalena van der Walt, vir waardes



Inhoud

Sketse 1 Al aan die Eenkant Swaar Dra... 3 Die Man, ‘n Snaakse Verskynsel 9 Drome in Rome 11 Hulde aan ‘n Ma 14 Kind van die Dorsland 17 ‘n Gewigtige Saak 28 ‘n Kuier By Die Kinders 31 ‘n Sketsie 34 ‘n Vrou Maak ‘n Plan 38 Niks 42 Om op Reis te Gaan... 44

Stories 47 Fees van die Uile 49 Woonplek van Geeste 122 Wrakhout 161

Gedigte 185

i



Sketse



Al aan die Eenkant Swaar Dra...

N

ou, een oggend, staan ek soos gewoonlik op toe die wekker lui. Voordat my voet op die vloer is, weet ek dat dit die verkeerde een is. Dit is weer één van dáárdie dae! Dié soort dag wat jy liewer in die bed moet bly, as jy weet wat goed is vir jou! En die kombers weer oor jou kop trek! Dis presies wat ’n sekere vrou gedoen het, loop die storie. Sy het eenvoudig een oggend teruggeklim in die bed en die kombers weer oor haar kop getrek. Haar verstandige dokter het haar afgeboek vir ’n maand. Sy diagnose: Totale Uitputting! Sy voorkrif: ’n Maand in die bed. Geen vrou sal so iets aspris doen nie! Want op een skouer sit ‘Pligsbesef ’ en op die ander een ‘Skuldgevoel’. Dié twee tiranne regeer ons lewe! Net die vorige aand nog, het ek ewe vrolik in die bed geklim en heerlik geslaap. Ek kon nie droom dat die gawe, ou wêreld in ‘n vreemde, onvriendelike planeet sou verander nie. Maar toe ek in die spieël kyk, sien ek dat daar elders nóg veranderings plaasgevind het. Drastiese veranderings. Want ek lyk selfs slegter as wat ek voel, as so iets moontlik is! Wat, peins ek, kon nou gedurende die nag só verkeerd gegaan het, om my te laat voel soos ek voel 3


So Helder soos Vandag...

en te laat lyk soos ek lyk? Fisies skort daar niks,volgens my dokter. Ek het ook nie skuld gelykstaande aan soveel ellende nie. En met die kinders gaan dit goed, dankie! En ek het geen twyfel dat dit môre beter met my sal gaan nie. Tensy dit ‘n permanente toestand is. My fatale fout, besef ek, was om in die speël te kyk, want ek kry nie eers geglimlag nie. En glo my daar is genoeg om oor te lag! Die Skone Prinses van die vorige aand het oornag verander in Liewe Heksie se ma. Maar my grootste skok is dat ek voel of ek my humorsin tegelykertyd verloor het. Ek het al baie erger dinge weggelag. ‘n Humorsin, na my beskeie mening, is die beste wapen wat jy kan hê teen die meeste aanslae, wat die lewe so argeloos voor jou gooi! Nou staal ek my en gaan in vir ‘n naby opname in die spieël. Laat dit nou maar die dag van afrekening wees, martelaar wat ek is! Omdat daar niemand anders in die omtrek is nie, vat ek maar die spieël aan. En daar is niemand wat my kan hoor nie. “Jy is nie meer ‘n vriend van my nie! Jy het ‘n vyand geword van vandag af. En dit nadat ons soveel jare vriende was. Ek voel in die gesig gevat!” Ek het natuurlik lankal die vermoede begin koester dat dinge onder my oë besig is om te verander. Maar die paar grys hare het my nie gepla nie. Ek het elkeen van hulle verdien, dink ek! En ek kan dit ook gebruik as ‘n wapen teen die

4


Al aan die Eenkant Swaar Dra...

kinders: “Kyk na hierdie grys hare en word wys!” haal ek altyd buite verhouding aan. Maar wat my nou soos ‘n vuishou tussen die oë tref, is die oë! As ek nie geweet het dat onmoontlik is nie, sou ek my kop op ‘n blok kon sit, dat hulle van posisie verander het. Ek sit en diagnoseer myself: gevolgtrekking? Alles het verslap! Ek verstaan dit nie. Dit is onregverdig! As ek dink aan hoeveel spanning agter hierdie verslapping weggesteek is! ’n Mens sou verwag dat dít alleen as ‘n stut kon dien teen die swaartekrag! En die mond lyk asof ek my lewe lank net loop en fluit het! En ek sukkel om te bepaal waar presies my middel is. Om ‘n kort opsomming te maak: alles is stadig maar seker besig om in mekaar te vloei. Daarom is ‘n goeie humorsin ‘n noodsaaklikheid as jy oud word. Dit is ‘n wonderlike wapen. Maar gelukkig funksioneer die res van die familie nog normaal, kom ek agter toe ‘n kind met ‘n koppie tee instap. “Wat’s verkeerd, ma?” groet hy my. “Ma, lyk verskriklik!” “Ek weet, dankie. Ek het so pas tot dieselfde gevolgtrekking gekom! En voordat ek vergeet, werk aan jou humorsin. Jy gaan dit bitter nodig kry as jy oud word.” “Hoe oud is, ma?” vra hy my tromp-op. Ek sê vir hom. Hy fluit.

5


So Helder soos Vandag...

“Ek sien wat ma se probleem is.” Ek luister, want ek weet dat jou familie nie doekies omdraai nie. Nie wanneer dit húlle pas nie! “Op ma se ouderdom behoort ma nie meer sulke buie te kry nie. Dit is tyd dat ma tot die kern van die saak deurdring,” sê my seun met ’n ferm stem. “Miskien moet ma iemand gaan sien...” “Waarom? Ek het mos drie sielkundiges byderhand: jou pa, jy en jou broer. Dit kan net wees dat die ‘iemand’ wat ek moet gaan sien, deurdring tot die kern van die saak, en julle drie daar kry!” Hy weet wanneer om hom uit die voete maak, dis verseker. Ek is maar net in ‘n slegte luim, ek het nie ‘n kopdokter nodig om dit vir my te sê nie! Deesdae is dit mos mode om alles te analiseer en uit te torring. Om in ‘n slegte luim te wees, is ‘n simptoon van een of ander dieperliggende probleem. Klink vir my maar onheilspellend, en ‘n klomp bog! En dan is daar hierdie neiging om alles wat verkeerd is, en jy gewoonlik self voor verantwoordelik is, terug te werk na jou kinderdae toe. Wel, my kinderdae was een lang vakansie, waarin nogal heelwat werk moes klaarkom! As ek nou ‘n neurose móet hê, is ek bly ek het dit van werk oorgehou. Klink vir my na die gesondste neurose om te hê! En agter sommer die gewoonste dade, so meen baie, skuil daar ‘n motief. Waag jy dit om alleen in die veld te gaan stap, word daar gewonder of jy met een

6


Al aan die Eenkant Swaar Dra...

of ander onnoembare probleem gaan worstel. Om soms alleen te wil wees, is blykbaar nie normaal nie. En bewaar jou siel as jy jou humeur in die werkplek verloor! Jy word dadelik as neuroties gesertifiseer. Tussen hakies: As ‘n man sy humeur verloor, laat hy homself maar net geld! Elke mens het die reg om soms sonder enige verklaring, ontevrede te voel, ongelukkig te wees, te sê: los my uit as jy weet wat goed is vir jou! Of doodeenvoudig die wêreld en sy broer in hulle peetjie te stuur. Aan niemand is daar ewigdurende tevredenheid en geluk gewaarborg nie. Maar wag! Ek het te gou gepraat. Daar is tog. Dit is die Pollyannas van hierdie wêreld, met ander woorde diegene wat wil wys hoe goed hulle aangepas is. Wee jou, as hulle jou pad kruis op een van hierdie moeilike dae. “O, is die lewe nie wonderlik nie?” roep hulle in ekstase uit as hulle jou gesig sien. “Onthou net: die donkerste wolk het ‘n silwer rand…!”fluister hulle met trane van aandoening in hulle oë. “Is dit nie meer ’n geval van ’n silwer rand,” dis nou ekself, dink ek katterig, “ het ’n donker wolk nie?” Synde my welmenende raadgeefster. “Onthou ook,” met so ‘n bemoedigend drukkie op die skouer, “lag en die wêreld lag saam met jou…môre skyn die son weer…!” Ja…ja…ja… Uit en af!

7


So Helder soos Vandag...

Al oplossing wat ek vir hierdie self aangestelde Pollyannas het, is: jy moet vlug! Niks wat jy kan sê of doen, bring hulle van stryk nie. Vlug net betyds. En hulle afskeidsgroet sal nog lank in jou brein vassteek: “Jou arme ding…!” Na hierdie relaas van my, oor moeilike dae, het ek uitgevind,dat daar net een raad is, en dit is werk! Werk bring balans. Maar nie sommer net so ‘n ou werkie nie. Dit is nie nou die tyd om voor die rekenaar te gaan sit en peins oor die boek wat jy nog gaan skryf nie.Al wat werk is harde werk, met ander woorde: fisiese werk. Iets wat jou die ellende laat uitsweet! Gaan was al die ruite van die huis, binne en buite! Vloere skrop is ook medisyne, bak beskuit, en tel jou seëninge! Miskien is daar tog iets in die raad wat jy so ongevraag aangebied word. En onthou om vanaand ‘n handdoek oor jou spieël te gooi! Sodat as jy môre opstaan--- ens, ens. Attela. 1980’s. Uitgesaai op Vrouerubriek, SWAUK, Suidwes-Afrika.

8


Die Man, ‘n Snaakse Verskynsel

M

ansmense het vrye tyd. Vrouens nie. As laasgenoemde wel het, is daar nog altyd iets wat gewas, gevryf, skoongemaak of opgetel moet word. Mans het vrye tyd, soos in vrouens hét nie! Gewoonlik lees mans koerant in hulle vrye tyd of stap doelloos in die jaart rond, hande agter dir rug. Dis baie opsigtelik. Jy weet immers dan waarmee hulle besig is. Dit is die baie ander onopsigtelike dinge waarmee hulle blykbaar besig is, wat my so effe dronkslaan. Ek meen as die duiwehok nog stukkend is, die gras nog ongesny, die motor ongewas en hy sê hy was besig, is ek geneig om verbaas te wees. Wat op aarde het hy gedoen in al die ure wat verby is? Ek het geleer om nie te vra nie. Dus sê ek net: “Hier is die koerant, ek het nog nie tyd gehad om dit oop te maak nie!” Gelukkig ignoreer hy my laaste woorde. Ek is bly, sarkasme is lelik. Soms maak mans kos. Dis wonderlik! Jy kry dan kans om iets ánders te doen. Gewoonlik het hulle baie tyd en baie apparaat nodig. Jy het ook baie tyd nodig om alles weer op hulle plek te kry! Wat op aarde het van jóú vrye tyd, gedurende sy kokery en daarna geword? Iewers, voel dit my, is daar iets verkeerd, iets onverstaanbaars. Die skaal balanseer nie. 9


So Helder soos Vandag...

Julle moet iewers heen. Altwee kry ewe veel tyd om klaar te maak. Jou tyd is soos gewoonlik te min, syne blykbaar te veel. Want ’n uur voor die tyd wag hy al vir jou by die motor. En soms vra hy jou, heel ernstig, wat op aarde het jy solank gedoen? Soms is dit net hier wat jy hom die verkeerde antwoord gee. Of nog erger, hom die verkeerde vraag vra: wat het jý gedoen? En dit sal absoluut die verkeerde atmosfeer in die beperkte ruimte van die motor skep. Die feit is dat mans vrye tyd gebruik om niks te doen nie! Vrouens het altyd iets om te doen, daarom het hulle nie vrye tyd nie! Miskien sal dit help as mans meer doen, sodat vrouens kans kry om minder te doen. Méér werk sal mans ook help om van oortollige energie ontslae te raak! Dit kan dalk net wees, dat hulle vir ’n verandering, ook kla van hoofpyn! Attela. 1980’s. Uitgesaai op Vrouerubriek, SWAUK, Suidwes-Afrika.

10


Drome in Rome

E

intlik weet ek nie veel van Rome nie, behalwe dat dit in Italië is en die Pous daar woon. Maar van rome, sonder ’n hoofletter, weet ek alles, sovêr ek weet! As dit nie was dat ek al genoeg potjies, buisies en botteltjies room gekoop het nie, is dit moontlik dat ek genoeg sou gehad het vir ’n kaartjie Rome toe! Uit betroubare bronne verneem ek dat Rome juis die stad vir die jeug is. Of is dit Parys? Dit daar gelaat. Wat belangrik is, is dat ek my geld in die water gegooi het! As ek nou begin spaar, kom ek buitendien oud in Rome aan. Al voordeel verbonde aan hierdie ingewikkelde saak, is om maar te droom. Dit kos niks en laat jou ook nie frons nie, want dit veroorsaak plooie. Wel, eindelik het ek die rede vir hierdie diskoers bereik. Want nou die oggend staan ek op en beweeg reguit spieëlkas toe om my haarborsel te kry. Maar wat ek toe wel kry, is ’n skok! Die mooi Jackie Kennedy het verander in Golda Meir! ’n Omgekrapte Golda Meir. Nou waarom lyk ek so kwaad? Toe ek mooi kyk, sien ek ek is nie kwaad nie. Ek lyk maar só! Ek is die steek gelaat deur die rome! Jy kan maar sê ek het onder my hande en oë oud geword. En dit ten 11


So Helder soos Vandag...

spyte van die duur rome! Dié waarheid tref my soos ’n vuishou tussen die oë. En dis juis by die oë waar die knoop lê. Want die ander dele van die gesig het nog redelik behoue gebly, veral die ore. Maar die oë! Die lagplooitjies, teken van my gemoedelike geaardheid, het oornag, en sonder trompetgeskal, in volwaardige plooie verander. Mens sou reken dat so ’n belangrike mylpaal nie ongesiens kon verbygaan nie. Maar dit het soos ’n dief in die nag my betrek. Sies! En om dit plooie te noem, is om dit sagkens te stel. Spoelslote is ’n beter beskrywing. Dit lyk kompleet asof baie trane deur die loop van jare die pad na benede oopgekerf het. En as dit met lagplooietjies kan gebeur, dink net hoe erg die verwoesting elders moet wees. Ek voel regtig in die gesig gevat deur hierdie vals drome wat rome skep. Drome wat in ’n nagmerrie ontaard het. En ek so stom onosel om dit te gaan koop. Dis ’n mynveld! Sê maar jy wil oogroom koop. Klink eenvoudig. Onder andere is die volgende te koop: vir rimpels, kontoer, anti-moeg( regtig!), kalmerende, oog-voordele? en oogserum. Vandat ek met rome deur mekaar geraak het, het ek ’n morbiede belangstelling in my nek ontwikkel. Of my keel? My nek of keel het vir my ’n bron van bepeinsing geword! Waar begin my keel, en waar my

12


Drome in Rome

nek? Die room wat ek gekoop het, was duur en ek wou dit darem so naastenby op die regte plek aansmeer. Na ál die jare, weet ek nog nie. Ek kan nie met gesag sê waar daardie denkbeeldige lyn loop nie. Amper soos die ewenaar. Ek sal liewer nie opnoem wat daar beskikbaar is vir die nek- keel aanwending nie! Om ’n idee te vorm van hoe wyd dié veld is, kan jy ’n vergelyking tref met die oppervlakte van die oë versus die nek/ keel. En wanneer jy en jou vel die einde van die jaar uitgeput bereik, is daar die anti-stress room. Maar vandat ek nie meer rome koop nie, het ek nie gevra waar dit aangesmeer word nie. Miskien moet ’n mens dit heel eerste aanwend oral wat jy kan bykom. Waarom wonder ek kan daar nie navorsing gedoen word om ’n room te maak, in ’n liter- houer, wat almal in die huis kan gebruik nie? Maar die vervaardigers is ons een voor: hy ken sy mark en die ydelheid van sy kliënte! Nou die dag koop ek toe maar weer ’n ou potjie room! Dis spesiaal vir jou, sê die etiket, om verwaarlosing van die vel teen te werk. Na net een maal se gebruik, kon ek die verbetering sien. So hoera vir drome in rome! Attela. 1980’s. Uitgesaai op Vrouerubriek, SWAUK, Suidwes-Afrika.

13


Hulde aan ‘n Ma

D

is dagbreek toe ek indraai by die ou familieplaas. Onwillekeurig kom Dawid se woorde uit Psalm 108 by my op: “Ontwaak met my, my harp, ontwaak! Ek wil die rooidag wakker maak.” Die opkomende son sprei deur die hoogste takke van die kameeldoring bome. Soos ’n seëning groet die geur van akasia -bloeisels my toe ek weer my voet, ná twintig jaar, op my geboortegrond sit. Ek het gekom om afskeid te neem van my ma se “Gebedeboom.” Dit is tyd.Alles het so verander in twintig jaar dat ek sukkel om die spesifieke boom te kry. Bome het groter geword, ander lê soos geraamtes, terwyl jong nuwe lewe hulle vervang. Ek steek vas toe ek sagte, prewelende woorde hoor. Iemand bid. Dan sien ek onder ’n groot kameeldoring boom ’n vrou kniel. Dit is ’n Herero vrou, geklee in hulle kenmerkende Victoriaanse drag. My ma se “Gebedeboom!” Ek sak ook op my knieë neer. “Mamma, jou “Gebedeboom,” is nog hier. Jy het ’n wonderlike erfenis nagelaat! Vir ander om ook hier te kom bid!” Vêr, op die wind gedra, hoor ek weemoedige sang van die Herero- huise af. Iemand is dood of siek, onthou ek.

14


Hulde aan ‘n Ma

Ek moet gaan help! Vanselfsprekend! So het my ma my geleer. En iets te ete saamneem. Toe ek opkyk is die vrou weg. Ek stap onder die laaghangende takke van die kameeldoringboom in. Dit bedek my soos ’n sambreel. Ek staan op ’n geel tapyt van blommetjies. Elke keer as die wind stoot, reën daar nog meer op my neer. Ek gaan streël oor die ou, verknoetste stam. Die boom lyk onverganklik; só asof dit wag vir die voleinding van die wêreld. Ek hoor weer my ma se stem: “As die lewe jou ’n stamp gegee het, my kind, kom bid hier. Sien jy, daardie twee holtes in die grond? Dit is deur die jare gevorm deur my knieë! Hier het ek ál my probleme en pyn voor die Here kom lê! En later weer teruggekom om Hom te dank vir sy genade. Moenie vergeet nie!” Maar ek het! Dan sak ek snikkend in my ma se bidplek neer. En ek praat met die Here. Ek smeek om vergiffenis. En ek dank Hom vir ’n tweede kans. Want ek weet nou wat ek met die tyd wat vir my oorbly, sal doen. Ek sal hier op my geboortegrond bly. Ek sal my ma se werk voortsit. Ek sal diegene wat my nodig het, help. Ek sal my skuld betaal. Dan onthou ek die woorde uit Elisabeth Eybers se gedig: “Terugblik”... “Moeder my eerste sekerte was jy...”

15


So Helder soos Vandag...

Mamma, waarom het ek dit só lank vergeet? En ek put nuwe krag en lewe uit die woorde op haar grafsteen: Tim. 24 vers 7. “Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voleindig, ek het die geloof behou.” Attela. 2001

16


Kind van die Dorsland

“M

a, hoef nie bekommerd te wees nie,” het my Ma altyd my Ouma getroos. “Die oorlog sal nooit hier by ons kom nie; ons woon in die woestyn!” Met hierdie gerusstelling het ek groot geword. Die ou groot, gevaarlike oorlog, soos die ou groot, kwaai wolf in storieboeke, sal niks aan my kom doen nie, want ons bly in die woestyn! My ma het so gesê. En my ma het nooit gejok nie. Hulle het natuurlik van die Tweede Wêreld Oorlog gepraat. Dit was ook die depressiejare wat ’n oorlog in eie reg was. ’n Stryd teen ’n vyand wat jy nie kon verslaan nie. Soos ’n sieke wat voor jou oë agteruitgaan, dag na dag, het die groen landskap verdwyn. Waar wuiwende grasvelde was, het die warm, onwelkome westewind nou stofduiwels opgejaag. My ma het my oog gevang. “Weet jy, Katryn, in die land waar ek en Ouma vandaan kom, kon jy jou brekfis van ’n boom afpluk. Net één goudgeel papaja, was groot genoeg vir vier mense om genoeg van te kon eet.” “En piesangs en avokado’s en sitrusvrugte en druiwe, alle soorte, hoe verder jy opgaan teen die rivier,” het my Ouma hunkerend bygevoeg. “Ma, moet nie die groente vergeet nie!” het my Ma 17


So Helder soos Vandag...

gesê. “Mandjies vol...” “’n Land van melk en heuning,” het my Ouma gesê en dit het gelyk of sy wil huil. Ons het op ’n plaas in die Sandveld in SuidwesAfrika gewoon. Vir my ma was dit die woestyn. Sy het langs ’n rivier in die destydse Humpata, in Angola groot geword. In my verbeelding sien ek die mooi, donkerkop dogtertjie met die seldsame ligte, ligte vel en die groen, laggende oë, al langs die rivier afdraf tussen wilde vrugtbome, swaar gelaai met voedsel vir mens en dier. Hulle het terug verlang, my Ma en my Ouma, na die tropiese landskap van, wat hulle gesien het, as hulle Vaderland. En wie kon hulle kwalik neem? Aan Suidwes met sy oorweldigende, onherbergsame ruimtes en onverbiddelike klimaat moes hulle deur die jare, gewoond raak. Selfs ek, wat niks anders geken het nie, het soms gesmag na iets sagter, milder. Miskien was dit dat ek my so ingeleef in my Ma en Ouma se herinnering aan ’n vervloë, genadiger tyd. Toe vrouens nog gekoester en beskerm is. Wie weet? Of was dit daardie “iets” wat selfs eeue later, nog ’n vae rusteloosheid en hunkering in jou kan opwek. Die gevoel dat jy nie heeltemaal in Afrika hoort nie. Dat jy anders sou asem gehaal het in Europa? ’n Hunkering na lande in die Noordelike Halfrond waar ’n ander leefstyl gehandhaaf is. ’n Lewe van kunste, sofistikasie en tradisie. Net

18


Kind van die Dorsland

soms. Want die mens pas eenvoudig aan. Daar is nie ’n keuse nie. In Afrika het ander reëls gegeld. Soveel te meer in Suidwes, in die veertiger jare, van die vorige eeu. Hierdie land kon jy nie mak maak nie, hy het jou mak gemaak of gebreek. Soos my Ouma al ondervind het en vir My ma nog voorgelê het. Om in ’n nuwe, vreemde land weer ’n begin te maak, is vir geen mens maklik nie. Vir die vrouens is die uitdaging nog groter en partykeer is die prys, wat hulle moes betaal, té hoog. Op die droë, warm plaas Okaratua, was daar geen riviere nie. Die enigste water was dié in ’n put. Hier en daar ’n Omuramba, ’n waterlopie, wat, as dit reën, ’n dag of twee sal water hê. Maar dit sypel vinnig weg in die sand of verdamp onder die warm son. Dan miskien een of twee panne waar die water vir ’n maand of twee sal hou. Sien, my Ma was ‘n nasaat van die Dorslandtrekkers wat tussen die jare 1874 tot 1905 die pad Noord gevat het en vir ‘n halfeeu in Humpata, in Suid-Angola gaan woon het. Ja, net vir so vyftig jaar. In 1928 het Suid-Afrika 500,000 pond bewillig vir vervoer en vestiging van Afrikaners wat Angola wou verlaat. 350 Gesinne was te vinde vir die idee. Natuurlik! Ons is ’n nomadiese volk. Kyk net hoe ver het die voorgeslagte getrek! Uit Nederland, seelangs, tot aan die suidpunt van die vreemde, die woeste,Vasteland: Afrika!

19


So Helder soos Vandag...

En het hulle weer ’n rede gevind, óf gesoek, om te trek. My konklusie is: Nadat hulle uit Holland ontsnap het, waaroor ook al, kon hulle die ruimtes van Afrika nie hanteer nie. Hulle het bly soek na ’n grens, want met die dyke en alles in Nederland, was hulle gewoond aan ’n beperkte uitsig. Maar miskien laat mý insig my in die steek! Soos W.A. de Klerk dit so raak opsom in sy boek, Swerwer op die Sonpad: “Die rustelose drang was, “om nie op één plek te bly sit tot hy ‘vrot’ gewoon is nie!” So word daar weer gepak, afskeid geneem van dit wat in vyftig jaar tot stand gekom het. Vort in ‘n Suidelike rigting dié keer, Bestemming: SuidwesAfrika. In 1928 het die 350 gesinne die Kunene rivier oorgesteek. Hoe weet ek nie. Dit moes seker in die winter gewees het toe die water laag was. Miskien te voet. Miskien op vlotte. In daardie groot, droewige, maar magiese land sou hulle eindelik rus vind. Maar net sommige, van die Angolaboere, soos hulle genoem is. ’n Klomp het weer die pad gevat, terug Suid-Afrika toe! In Suiwes was hulle onafhanklik, elkeen baas van sy plaas. En Suidwes was ‘n uitdaging. Sy groot afstande, wisselvallige reënval en uitmergelende droogtes, sy bykans ontembaarheid het gespreek tot dieselfde eienskap in hulle self.

20


Kind van die Dorsland

My ma, egter, was nie beíndruk nie. “Net soos Boesmans,” het sy verklaar. “Trek van staning tot staning en ons vrouens ly daaronder!” My ouma het, sonder veel woorde bly sit en hekel. Ek sien haar nog in my geestesoog. Altyd in pikswart geklee met twee groen slippertjies wat onder die lang rok uitsteek. En die swart kappie, noukeurig deurgestik, sodat dit ’n tuit vir die gesig gevorm het. As my Ma soms gekla het oor die swart klere, wat my ouma altyd gedra het, het my Ouma net gesê: ‘My man is dood en ses van my kinders. Al rou ek my lewe lank, sal dit nog nie genoeg wees nie!” Sy moes seker vroeg in haar lewe leer om te aanvaar. Van die nege kinders, wat sy in die wêreld gebring het, het net drie saam met haar oor die Kunene-rivier na hulle nuwe Vaderland, Suidwes-Afrika, gekom. “Ons mense was vry, my kind, nie soos ander vrouens in die konsentrasiekampe van die vyand nie. Die Portugeuse was goed vir ons.” “Almiskie,” het my ma gesê en die koolyster heftig op die kombuistafelblad gestamp. “Katrien, vat tog die yster en gaan swaai dit vir ma in die wind, dat die kole weer lewe kry. Ek moet nog al hierdie kakieklere van die mans stryk!” Ek het die strykyster by haar gevat en só gaan staan dat ek kon hoor wat hulle praat. Grootmense, het ek uitgevind, dink jy hoor nie wat hulle praat nie, tensy hulle jou sien. “As hulle so goed was waarom het ons dan

21


So Helder soos Vandag...

teruggetrek na dié dorsland? Nee, trek moet hulle trek.” “My kind, die Afrikaners was bang vir ‘n ondertrouery. Hulle wou nie bloed meng met die Portugeuse nie.” fluister my ouma. Maar ek het gehoor. “Wat is bloed meng?” vra ek en gee die strykyster vir my ma. “Kleine muise, grote ore,” sê my ouma, vou haar hekelwerk op en haal die blikkie snuif uit haar voorskootsak. Nou gaan my ma vir hulle tee maak. Dit was tyd vir my om weg te kom. Voor my ma weer vir my werk gee! Ek wonder waar my boeties is. Ek kruip onder die tafel in toe my ouma begin nies. Vandaar kan ek vinnig by die deur uitglip as my ma nie kyk nie. “En wat is so verkeerd om met ‘n Portugeus te trou, ma? Nig Marie het met een getrou en sy weet nie hoe lyk ‘n koolyster nie. En die Afrikaners wat in die Transvaal agter gebly het, sit vandag goed daarin.” Blykbaar het my ma my vraag oor ‘bloed’ nie gehoor nie. Daardie klomp kakie mansklere krap haar om. Dis nie net dat sy dit nou moet stryk met ‘n onbetroubare koolyster nie, sy moes dit ook met naald en gare maak. Nie ‘n wonder sy’s omgesukkel nie. En dan gaan sy nog ‘n baba ook kry. Die klonkies by die pondokke het vir my gesê. “Maar, Bettie,” het my ouma uitgeslape gesê, “as

22


Kind van die Dorsland

ons nie Suidwes toe getrek het nie, sou jy nooit vir Peet ontmoet het nie.” Peet is my pa. Dáár het sy my ma vas. My ma en my pa is baie lief vir mekaar. “En kyk net jou drie pragtige kinders. ‘n Mens kan die Here nooit genoeg loof nie.” My ouma praat baie van die Here. Ek dink sy ken hom goed. Eendag het ek gehoor hoe praat sy met Hom, as sy dink sy is alleen. “Ag, ma weet hoe dit is. Die drie is nog so klein en dis weer sulke tyd. En dis so warm!” “Ek het nege gehad, my kind, die Here gee krag na kruis. Ag, ja, ou wêreld,” sug sy. “Behoede my,” sê my ma en ek hoor hoe sit sy hout in die stoof vir tee water. Ek dink aan my ouma se nege kinders. Ek wonder waar hulle is. Seker almal in die rivier verdrink. Gelukkig my ma het nie verdrink nie, sy kan goed swem. Dan het ek en my boeties nie ‘n ma gehad nie. Maar ek weet ek moet nooit vra nie, want my ouma se stem word altyd so dun as sy van haar kinders praat. En partykeer huil sy as sy dink niemand sien haar nie. Miskien kan ek net eendag vra of haar kinders dan nie kon swem nie. My ma kan dan swem! Maar nege kinders sal darem lekker wegkruipertjie speel. My klein boetie is nog te dom om weg te kruip. Hy dink ons sien hom nie, as hy sy oë toemaak, nie. “As dit ‘n dogtertjie is, kry sy ma se naam,” sê my ma .

23


So Helder soos Vandag...

“Dis goed dat julle baie kinders het, Bettie,” sê my ouma. “Eendag sal jy verstaan.” “Ag, ek is jammer ma, maar ‘n vrou kan nie soveel ontbering vat nie.” My ma was ‘n groenoog, swartkop vrou met die witste vel, waarvan ek die gelyke nog nooit weer teëgekom het nie. En sy het die sonnigste geaardheid gehad, ‘n regte malkop, het my pa haar soms geterg. Jy moet maar in die lewe jou eie grappe maak, het sy my goeie raad gegee. Sy was ‘n goeie teenvoeter vir my ernstige somber, pa. Sy het ons leer lag en sing. En werk. Laasgenoemde het my goed te pas gekom. Maar intussen het ek en my twee broers amper soos ‘n drieling grootgeword. Ons het min genoeg in jare verskil! Baie liefde, baie kos en genoeg slae. En ons het die vrypas van die plaas gehad. Fris, blakend gesond en so bruin soos neute het ons gevaarlike reise tussen hemelhoë kameelbome, geniepsige haak-en-steek bosse en geheimsinnige miershope onderneem. My ma was veral bekommerd dat haar drie pragtige waaghalse in erdvarkgate sou kruip en dit op hulle kon intuimel. Wat sy nie geweet het nie is dat ons knypbang vir die donker was. En waarvoor ek bang was, was my broers bang. Die grootste gevaar was, dat ons mekaar disnis kon hardloop wanneer ‘n onverwagte geluid ons met bloedstollende gille na mekaar laat vlug het. Dáár onder die kombuistafel het ek die dag aan die

24


Kind van die Dorsland

slaap geraak. Die paniekerige stemme van my mense het my wakker gemaak. My ma het my op haar skoot getel. Sy het na sonlig-seep geruik en ek het haar so lief gekry dat ek begin huil het. Ons het so na jou gesoek, Katryn!” Toe my ma ook huil, het ek haar getroos: “Toemaar mamma, die ou kwaai wolf sal ons nie vang nie. Ons bly in die woestyn.” Oor die trekkery van die voorgeslagte, het ek later volmondig met my ma saamgestem. Ek kon nooit die heroïse daarin sien, of romantiseer, soos die meeste mense nie. Wat het die Dorslandtrekkers nou eintlik bereik deur in Angola te gaan woon vir vyftig jaar? Wat kon hulle wys vir hulle oormoed? Hulle het geen land gaan mak maak nie, duisende het op die trek deur die Kalahari -woestyn en die Okavango-moerasse gesterf, hulle het alles verloor en met net hulle armoede in Suidwes aangekom. Dis wat die kinders en die kleinkinders en dié se kinders geërf het. Gelukkig kon Suidwes die meeste hou, alhoewel party tog maar later weer opgepak het en terug is na waarvandaan die voorsate oorspronklik gekom het. Wat ek natuurlik nog nie geweet het nie, is dat ons opgesaal was met ‘n ongemaklike erfenis. Daar het ‘n stigma gekleef aan die naam Angolaboer of sommer Angolas. En natuurlik hulle kinders Maar dié sou ek eers uitvind toe ek die wye wêreld in

25


So Helder soos Vandag...

is, koshuis toe. Dit was in die beginjare toe Angola-boere nog gesukkel het om die mas op te kom. Soos die tyd aangestap het, het mense later vergeet. Maar armoede en vernedering is nie die gerieflikste erfenis nie, vra my. Toe my ouers in Junie 1936 op die plaas, Okarutuo, in Okahandja-distrik aangekom het, was ek agt maande oud. Die Herero-naam van die plaas beteken, ‘lepeltjie’. Só genoem na ‘n pan in die weste van die plaas, naby die grens tussen Okaratua en die buurplaas,Otjikongo. Dit was gevorm soos ’n teelepel. Of so klein soos ‘n teelepel in vergelyking met ander groter panne op die plaas. Die Unie-regering het al die grond in die omgewing, wat later sou bekendstaan as die Sandveld, van die Herero-opperhoof van destyds, uitgekoop vir die vestiging van die Angola-boere. My pa het die plaas van net so onder 6000 hektaar vir 800 pond gekoop. Daardie jare was dit ‘n enorme bedrag geld. Tog het hy daarin geslaag om dit af te betaal voor sy dood, agtien jaar later in 1954. Hy was net 45 jaar oud, ‘n slagoffer van sy nomadiese voorouers. In ‘n kwessie van 18 jaar het hy meer vermag as hulle in die 50 jaar in Angola. Dan was daar ‘n aantal melkkoeie, ‘n sinkdam met ‘n put en God’s genade. Laasgenoemde was natuurlik die essensie. Daar moet natuurlik onthou word dat

26


Kind van die Dorsland

dieselfde kriteria al die pad gegeld het. Om huis en haard te verlaat, vrouens en kinders bloot te stel aan ontbering én die dood, arm sukkelaars te bly, is geregverdig in God se Naam. Hoe onsinnig. Maar nou, ja. Ek neem aan my pa het seker voor ek en my ma arriveer het, ‘n soort woning prakseer. Wat ek kan onthou was ‘n paalhuis met ‘n grasdak en ‘n misvloer. Dit was woes en leeg, het my ouma dit jare later beskryf. “Maar ek is by die huis, hier wil ek begrawe word.” En dié wens van haar is bewaarheid. Na meer as sewentig jaar is die plaas nog in die besit van die van der Walt-familie. Ek weet sy slaap rustig, maar alleen, onder ‘n kameeldoringboom op die plaas, Okarutuo, wat nou in die besit van haar agterkleinseun is. Susanna Maria van der Walt.( gebore Steyn) (18681948.) My pa het egter nie die voorreg gehad om te rus in die grond wat hy so moeisaam mak gemaak het nie. Ook my ma slaap in vreemde grond. Petrus Jakobus van der Walt. ( 1909-1954.) My Pa. Elizabeth Magdalena van der Walt. (gebore Breedt.) ( 1916- 1989.) My Ma. Maar darem rus hulle in die grond van SuidwesAfrika. Attela. 2001.

27


‘n Gewigtige Saak

A

s jy nou wil sien hoe vrouens hulle gewig saamgooi, moet jy oor gewig of óórgewig begin gesels. Wat natuurlik verstaanbaar is, want dis ’n gewigtige saak. Die goue reël is egter dat niemand teenwoordig óórgewig is nie. Net soos dit taboe is om ’n vrou te vra hoe oud sy is, net so bly die geheim van haar gewig tussen haar en haar skaal. Die skaal kan jou vriend of vyand wees. Meestal jou vyand. Want as daardie wyster té ver na die regterkant toe swaai, kan jy weet dit is nie die regte kant nie. ’n Vrou kan nie té ryk of té maer wees nie, het die Hertogin van Windsor gesê. En sý het geweet waarvan sy praat! Met net arms en bene en baie geld het sy as aansporing vir menige vrou gedien! Maar terwyl die meeste van ons nie juis gevaarloop om té ryk te wees nie, verhinder niks ons om maer te wees nie. Of altans maerder. Om egter gewig te verloor, is nie ’n grap nie. Dis ’n stryd. Meestal ’n verlore stryd. Wat jy hierdie week verloor, is volgende week terug. Soms met rente. Of jy verloor sommer fluks gewig, waag ’n ekstra porsie sjokoladekoek en die stryd is van vooraf aan. Maar dit gewonne gee? Nooit. Ons tel kilojoules, toets dieëte waarvan ons lees 28


‘n Gewigtige Saak

of hoor, woon oefenklasse by of gaan draf met die hond. As ons desperaat genoeg raak, doen ons selfs ons huiswerk! As daar tyd is! Maar laasgenoemde kan gevaarlik wees, want ’n mens voel jy verdien as vergoedinkie, so ietsie uit die yskas...! As dinge reeds hand uit geruk het, verstaan ek kan daar afgesny of uitgesuig word. Maar dit dink ek is net vir die dapperes onder ons. Dan eerder een van daardie gesondheidsplase. Daar werk hulle glo jou sake vir jou, sodat jy en jou beursie altwee skraler daar uitkom! Maar as jou gesindheid teenoor die probleem nie reg is nie, sal al die oefening, hongerly en operasies ook nie help nie. Die belangrikste is: om jou te aanvaar soos jy is—maar net voorlopig! Moenie haat wat jy in die spieël sien nie. Dit sal jou net laat soek na troos. En jy weet dit sal definitief nie ’n appel wees nie. Halveer dit wat jy in die spieël sien en gooi dan ’n handdoek oor daardie vyand. Pak die skaal weg en kry vir jou ’n maatband. Meet jou oor die breedste deel van jou liggaam en maak met ’n pen ’n duidelik merk op die maatband. Wag ’n week of langer, meet weer en weer. Los suiker, as jy kan. As jy jou vergryp aan ’n stuk sjokoladekoek, draf met die hond om die blok. Of eet eerder ’n geelwortel en gaan sit voor die televisie. Moet jouself nie bluf met verskonings van ’n stadige metabolisme, ’n groot beenstruktuur of kliere

29


So Helder soos Vandag...

wat nie hulle werk na behore doen nie. Dit werk nie, jy moet werk! Nie dat daar enigiets verkeerd is met ’n voller postuur nie. Maar wanneer ’n rietskraal vrou vir jou sê: “ Ek moet definitief begin gewig verloor,” en sy stryk so oor haar heupe, wat nie daar is nie, begin jy dink en jouself van vooraf takseer. Dit is blykbaar ’n natuurwet wat ons voorberei vir skraler tye. Met ander woorde ons stoor vet! Soos die kameel! Dit werk blykbaar op dieselfde prinsiep. Vet word in die boggel op sy rug gestoor. En volgens my navorsing is hý al wat dit nodig kry! Soos ek reeds gesê het, hierdie is ’n saak wat swaar op ons rus. Dis nou op ons vrouens. Oorgewig mans, so wil dit voorkom, meen hulle het niks om te verloor nie. Ons stem nie saam nie, al is hy ook sy gewig in goud werd. Met hierdie stryd teen die vetrolletjies, kan ’n vrou nie veel simpatie verwag nie. Kla jy by sommige mense, dan vra hy, soms in geselskap, nou wat weeg jy? Regtig! Dis amper net so erg as om te vra, hoe oud is jy? Die vet weet! Maar al is dit hoe moeilik om gewig te verloor, moet nie dink ons gooi handdoek in nie. Nee, ons gooi dit liewer oop en sweet die frustrasie weg. En hopelik as ons lank genoeg volhard...die vet! Attela. 1980’s. Uitgesaai op Vrouerubriek, SWAUK, Suidwes- Afrika.

30


‘n Kuier By Die Kinders

A

s jy reken niemand kan jou iets meer omtrent huiswerk leer nie, gaan kuier by jou kinders! Dis nou as dit seuns is en nog ongetroud. Drie maande gelede het ek hulle in ’n woonstel sien intrek met niks meer as hulle denims, musiek en oorfone nie! Ek is veral bly oor die oorfone! Tuis is oorfone nie gebruik nie en ons het gekla oor die geraas. Nou kla ons oor die stilte! En gelukkig is daar ’n stoof in die nuwe woonplek! Want op elke voorstel van my dat ons die plek leefbaar maak, antwoord hulle:”Ma, moet nie worry nie.” Met die stoof as troos, is ek later huis toe. Hulle sal daren kan kos maak! Nou is ek terug, gedwing deur nuuskierigheid en ander emosies. Ek tref die twee heel en skoon aan, maar baie maerder. En dit ten spyte van die stoof! Hoe sleg moes dit dan gegaan het? Maar by nadere ondersoek blyk dit dat niks grusaams gebeur het nie. “Daar is nie juis tyd om te eet nie,” verduidelik hulle. “Ons eet net in die aand as ons lus het om kos te maak.” En dis die kinders wat gewoond was aan drie maaltye op ’n dag! Ek besluit om hulle hul gang te laat gaan. Ek het kom kuier, maar gaan rus op die koop toe kry! Die woonstel spog selfs al met die noodsaaklikste. Alles is 31


So Helder soos Vandag...

op hulle plek en die woonstel is netjieser as wat hulle kamers tuis was. Waaroor ek veral bly is, is oor die sitgoed wat aangeskaf is. Kruisbeen op die mat sit, is nie ’n grap nie! Met ’n koppie tee wat ek nie self gemaak het nie, en leesgoed byderhand, begin daar vir my ’n paar aangename dae by die kinders. Om nie eers te praat van insiggewend nie! Sommer gou word dit vir my duidelik dat daar nie veel skort in dié huishouding nie. Selfs meer as dit: hulle wys vir my hoe huiswerk óók gedoen kan word. Tipies mansmens konsentreer hulle net op een ding op ’n slag. Iets wat ek gedink het mans net doen omdat hulle weet daar is ’n ma of ’n vrou wat op die res sal konsentreer. Blykbaar nie! Ek moet erken dit werk by hulle. Geen geskarrel van een plek na ’n ander nie, en tog kom alles ook betyds klaar. Apparaat wat hulle het, is funksioneel en word deurgaans gebruik. Nie bo-op die kas gestoor soos sommige mense nie! Resepte word op die letter uitgevoer. Selfs die aanwysings op ’n pakkie sop word, word getrou gevolg. Daar word gewas, gestryk en skoon gemaak. Hulle draf klas, studeer, maak afsprake, gaan uit en kry darem slaap ook nog in. Natuurlik maak hulle kos ook. Maar net wanneer al die belangriker take afgehandel is. Of tot hongepyne hulle daartoe dryf!

32


‘n Kuier by die Kinders

Hier eet ’n mens net as jy honger is—nie driekeer op ’n dag nie. Vandaar hulle gewigsverlies! Dis vir my ’n vingerwysing. Waarom al die diëte, as die waarheid so eenvoudig is? Maar hoe besig hulle ook al is, hulle swoeg en sweet nooit oor ’n taak nie. Dit is asof alles sommer so terloops gebeur. Eendag noem ek dit teenoor hulle. “Ag, ma, dis tog sommer niks...” sê een. Om te sê dat die wind uit my seile was, is om dit lig te stel. Wil hulle sê dat ek my twintig jaar met ‘niks’ besig gehou het? Maar intussen kuier ek lekker. Na tien heerlike dae van niks doen, klim ek op die vliegtuig terug huistoe, baie wyser en heelwat ligter van gemoed—en liggaam

33


‘n Sketsie

T

en spyte van al die grappe, is dit nie ’n grap om kinders groot te maak nie! ’n Goeie humorsin is net so noodsaaklik soos ’n sterk rug. Elke kind is uniek en vereis ’n besondere benadering. Dit maak natuurlik die grootmaak van kinders ingewikkeld, maar ook baie interessant. So open dit soms nuwe wêrelde vir jou. Ons word toe geseën met hierdie seuntjie,’n diereliefhebber! Wat nog nie naastenby ’n beeld kan gee van die kind se liefde vir diere nie. Van die dag wat hy sy eie weg kon vind, het hy ’n dieretuin in en om ons huis begin opbou. Hy het ons gesoebat, gekoop, geruil en present gekry. Daar was ’n oordadige aanbod van veral klein katjies en hondjies. Natuurlik! En hierdie hartstog van hom het alle diere én diertjies ingesluit. Ook die veelpotiges, kruipend, springend en vlieënd. Voorheen is laasgenoemde, die grillerige goeters sommer gedagteloos uit die weggeruim. Maar daardie tyd was, helaas, vir goed verby. Hy verseker my dat diere vertrou kan word, behalwe miskien ganse! Dié het ons reeds aangeskaf en ek neem aan hy het seker een of ander tyd met een ’n potjie geloop! 34


‘n Sketsie

Maar as verstandige ma moes ek bewonder en belangstel. Iets wat ek nooit verwag het om met goggas te doen nie! Maar ek het moes na verskeie biologie-lesse aanvaar dat diere vertrou kan word. Toe daar eendag verlangse skimpe my laat vermoed het daar is iewers ’n slang in die gras, het ek my voet neergesit. “Vergeet van ’n slang!” het ek gesê. “Maar dis net ’n ou klein luislangetjie! Hulle is nie eers giftig nie,” het hy my probeer gerusstel. Op daardie saak het ek nie eers ingegaan nie. My nee was my nee. Soos die jare aanstap, neem die verkeer op ons werf toe. Die familie neem nie verder toe nie, maar by ons bure langsaan, is daar nie klagte nie. Hulle kroos staan op ses en elke kind het sy eie kwota troeteldiere. Om die twee huise vibreer dit van lewe. As gevolg van die weerstand wat ondervind word wanneer die spulletjie in die aand uitsorteer moet word, gooi ek en my buurvrou handdoek in. Elkeen slaap sommer waar die donkerte of die hongerte hom oorval! Hierdie idille kom , helaas tot ’n einde. Ons bure word verplaas, man en muis, en die nuwe intrekkers het nie kind of kraai nie. Maar hulle het ’n stofsuier! Dit moes ’n helske ding gewees het. En hulle begin sommer daar en dan suig. Glo iets met hulle sinusse, het ek later verneem. Hulle was uit die Boland en die Suidwes stof het hulle klaar

35


So Helder soos Vandag...

gemaak. Ek weet hier kom ’n ding! Elke keer as die stofsuier begin brul, breek daar konsternasie op ons werf uit. Poue gee hulle skril wanhoopskreet. Verskriklik! Die ganse laat nie op hulle wag nie en stap dreigend nader op die klank af; die honde blaf oorverdowend, die katte gaan kruip weg en al wat voël is wat kan vlieg, vlieg. En te midde van die Babelse verwarring, stap die kind soos ’n generaal op ’n slagveld rond, vertroos en bemoedig. Mense begin kla oor die geraas elke dag, maar die Bolanders suig, iets met hulle sinusse, beduie hulle vir my bo die geraas uit. Arme hulle, arme ons! En die kind se hart breek, want die wêreld van sy diere word bedreig. My man meen ons kan die saak oplos met onderhandelings. Teësinnig nooi ek ons bure oor. So erg kan die stof ook nie wees nie. Ek is dan al my lewe lank hier! Die kind vertrou die insypeling van die vyand nie en sit alles wat hy gevang kan kry agter slot en grendeling. Maar as gevolg van ’n muis, raai, kom daar toe niks van die besoek nie. En daar is onopgeloste vrae: waar het die witmuis vandaan gekom? En hoe het dit in die stofsuier beland? Dit was glo toe my buurvrou die sak vullis uitlig, om ’n nuwe sak in te sit, dat die yslike witmuis uitspring!

36


‘n Sketsie

Ek het ’n gil gehoor en hoe die poue antwoord, maar nie veel ag geslaan nie. Die mense is terug Boland toe. Gelukkig nie oor die muis nie. Was iets met hulle sinusse, het ek verstaan. Die kind het versterkings ingekry, die verskrikte muis is gevang en het ’n veilige hawe by hom gekry. ”Hoeveel muise het jy gehad en hoeveel is daar nou?” Ek probeer ongeërg wees. “Weet jy miskien van iemand wat die muis in die stofsuier gesit het?” Hy weet nie van ander outjies nie, maar hy sal nooit een van sy muise so aan gevaar bloot stel nie, verseker hy my. Ek glo hom, my seuntjie, die liefhebber van diere. Die kind is nou lankal weg. Dis stil op die werf. Op koue wintersoggende, sien ek soms van die muise, geslagte later, in die flou sonnetjie sit. Hulle hou my dop terwyl ek wasgoed ophang. En my herinneringe loop wyd... Attela. 1980s Uitgesaai op Vrouerubriek, SWAUK, Suidwes- Afrika.

37


‘n Vrou Maak ‘n Plan

E

k is ’n huisvrou vir dié wat dalk nie weet nie: dit is ‘n vrou met twee betrekkings. Een by die huis waarvoor sy nié betaal word nie; en een buitenshuis mét betaling. Behalwe dié verskil is daar nóg twee: een werk het vasgestelde ure. Sê van agt tot vyf. Die ander werk is ook sóórt van vasgestel. Dit is nie heeltemaal duidelik deur wie nie, maar ek vermoed dat dit die ou staatmaker, tradisie, is. Dié ure kan strek van ligdag tot laatnag. Óf totdat die werk klaar is. Óf totdat jy klaar is! Vir een werk kry jy oortyd betaling vir langer ure. Die werk by die huis doen jy vir die liefde van die saak amper soos Moeder Theresa. Of alle vroue. Waarmee natuurlik niks verkeerd is nie. Die liefde verdra alles, hoor ons. Álles? Wag ‘n bietjie. Volgens my opinie is hier darem ‘n té wye veld oopgelaat vir skuiwergate, waarvoor die woord ‘liefde’ aan die hare bygesleep word, gerieflikheidshalwe. Maar dit daar gelaat. Daar is talle ander redes waarom vrouens die arbeidsmark betree: waarvan finansies seker die belangrikste is. Maar behalwe die geld is daar nóg voordele aan verbonde. Geen baas sal van jou verwag om eers jou tikwerk te

38


‘n Vrou Maak ‘n Plan

los en met die stofsuier in te spring, as die skoonmaker nie opgedaag het nie! En jy weet self hoe dit soms élders gaan! Vir ‘n vrou om met drie tot vier take gelyktydig besig te wees, is niks ongewoons nie. Om egter ’n balans tussen die twee wêrelde te vind, sonder dat jy jóúne verloor, is harde werk. Gelukkig niks vreemd nie vir ons nie! En dit is hier waar goeie beplanning inkom. En baie diplomasie. Jy sal versterkings móét inbring. Van buite natuurlik ook, maar moet nie té ver soek nie. Hulle is op die drumpel: dit is jou gesin! Deel die werk in na elkeen se vermoë. Net dié wat nog in die kruip-en val stadium is, het ‘n verskoning. Dan maak jy ‘n lys met elkeen se verpligtinge en plak dit op die yskas. Glo my dit is die plek wat die meeste besoek word! Koop vir die volgende maand ‘n navorsing bewys het dat vrouens langer lewe, ekstra voorraad koeldrank. Ek verseker jou dit sal vrugte afwerp. Herinner hulle ook daaraan dat omdat hulle huiswerk doen! Of dit die kinders gaan motiveer, is sterk te betwyfel. Maar jou man sal dit moontlik ter harte neem. Laat hulle goed verstaan dat daar nie meer iets soos ‘ma se werk’ bestaan nie. Dit is ná jy jou man oortuig het, dat jy by die onderhandelings, op sy stem kan staatmaak. Jy sal weet hoe. Ouers moet immers met een stem praat as

39


So Helder soos Vandag...

belangrike besluite geneem word. Nou vir beplanning. Skaf twee dagboeke aan: een vir elke werk. Hierin teken jy álles aan, Niks is té onbelangrik om uitgelaat te word nie. Jy sal sien. Met ander woorde jy reël jou lewe met behulp van die twee dagboeke. Dit word ‘n nuwe leefwyse, jou geskiedenis in die kleine! Soos daar van ons oumagrootjies was, wat ‘n dagboek gehou het omdat hulle genoeg tyd gehad het; so hou ons een weens gebrek aan tyd! Die inhoud sal ook aansienlik verskil. Wanneer oumagrootjie agter haar dagboek ingeskuif het, was daar nie meer ‘n haar uit sy plek nie. Sy kon breedvoerig verslag gee oor die wel en wee van haar daaglikse bestaan. Interessante leesstof vir die nageslag. Ons dagboek word sommer so staande op datum gebring. Vat nou een van my inskrywings onder: Persoonlik: onthou uitverkoping...vat geld... langbroeke...Wel, ek het. Maar om dit darem ‘n bietjie interessanter te maak, moes ek bygevoeg het, dat my nommer al uitverkoop was. Maar terwyl ek tog tyd en petrol gemors het, het ek maar groter nommers gevat! Ek het so vae vermoede gehad, van wat voorlê. En my vermoede was in die kol. Ek sit egter nou met gemengde gevoelens! Moet ek bly wees oor die besparing of spyt oor die groei? Ek het ongelukkig nie tyd gehad om hierdie

40


‘n Vrou Maak ‘n Plan

smaaklike brokkie ook in te skryf nie! Miskien maar beter om dit kort en kragtig te hou. So kry ek per ongeluk ‘n vriendin se dagboek onder oë. Daar lees ek toe onder: Strategie: hare afsraak, sien baas, verhoging. Was maklik om ‘n afleiding te maak. Sy wou eers haar hare laat doen, om die baas te gaan sien vir ‘n verhoging! Presies wat ek ook wou doen! Wel, nie een van ons het ‘n verhoging gekry nie, en kon op mekaar se skouers huil oor die onregverdigheid van die lewe! Die týd wat die huis nog die vrou se hele lewe was, is seker vergoed verby. Sy het die huis ontgroei en as sy soms nog groeipyne ondervind, wys sy dit nie. Dus sit sy altyd die beste voetjie voor, al kan sy soms nie meer die een voet voor die ander sit nie. En as die werkende vrou die sogenaamde, bevryde vrou is, vra jy jouself af: bevry van wat? Tradisionele rol? Nog nooit! Ons skep nog steeds ‘n tuiste, sien om na ons mans en maak kinders groot. Maar al het ons die doekesak verruil vir die aktetas, bly ons eerstens vrou. Daar is geen rede om soos mans te wil optree nie. Ons het nie nodig om enigiets te bewys nie. Twee betrekkings bewys alles! Attela. 1980’s. Uitgesaai op Vrouerubriek, SWAUK, Suidwes- Afrika. Ook op Radio Pretoria uitgesaai.

41


Niks Die Lewendes: “Wat ons nie verstaan nie, Regter, is waarom die oorledene haar eie lewe geneem het? Sy het tog alles gehad wat ’n vrou se hart maar kan begeer.” Die Regter: “Die persoon wat seker is dat die verklaring reg en regverdig is, kom vorentoe en sweer dit op Die Bybel!” Die Dooie: “Hulle sal almal sweer, Regter. Sien U?” Die Lewendes: “Ons het almal gesweer, maar U wat Alwetend is, het nog nie ons vraag beantwoord nie!” Die Regter: “Waarom vra u nie die vraag aan die Dooie nie?” Die Lewendes: “Waarom het jy jou eie lewe geneem?” Die Dooie: “Ek het nie; julle het!” Die Regter: “Aha! Nou is die bordjies verhang. Julle is dus die moordenaars!” Die Lewendes: “Stadig, Regter. Sy het geen bewyse vir haar bewering nie!” Die Regter: “Wat se bewyse is nog nodig? Sy is dood!” Die Lewendes: “Wel, sy het haar eie lewe geneem; sy beskuldig ons vals! Is dit nie sonde om jou eie lewe te neem nie, Regter?” Die Regter: “Die Dooie sê julle het haar lewe geneem, nie syself nie. Wat het julle, Die Lewendes, aan haar gedoen dat sy julle aankla?” 42


Niks

Die Lewendes: “Niks, Regter, absoluut niks!” Die Regter: “Wat is u antwoord hierop, Dooie?” Die Dooie: “Hulle is reg. Hulle het Niks gedoen nie. Dít het my doodgemaak!” Attéla. 2006.

43


Om op Reis te Gaan...

S

oms, in salige drome gaan jy weer terug na die groot land van jou jeug. Jy sit jou swaar bagasie neer en sweef so lig soos ‘n swaeltjie terug daarheen. Onder jou arm is net jou kosbare, onverganklike herinneringe. Geen rigtingwyser is nodig nie, want die pad, is die naelstring wat nooit geknip is nie. Sien, dit is die land waar jy gebore, grootgeword en bederf is met haalbare drome. Niks is ooit weer onmoontlik, as jy die lesse onthou, wat jy hier op die harde manier geleer het nie. Want hier leer jy om te veg vir jou lewe, vir jou voortbestaan. Jy kan nie ‘n kompromie aangaan met hierdie ongenaakbare barre, dog onvergeetlike mooi land nie. Die land se gewaande ongenaakbaarheid, leer jou om later in jou lewe dieper te kyk. Dieper te delf na daardie soms verborge lewens-egtheid wat net onder ’n lagie vernis in elkeen van ons skuil. Om nie verlei te word deur pretensie nie. Hier is nie plek vir pretensie nie. Hier is ek, sê Suidwes, vat my soos ek is. Jy kan mý nooit verander nie, maar jý sal verander. Hier leer jy om te lag oor teëspoed en rampe, en te huil jy wanneer jou hart oorloop van vreugde en geluk. Dis is ‘n land wat hoë eise aan jou stel, jou uitdaag. En jy op jou beurt die uitdaging aanvaar. Dis ‘n 44


Om op Reis te Gaan

tweegeveg, waaruit altwee as oorwinnaars tree. ‘n Ewigdurende stryd tussen die mens en die natuur. Jy in nederige eerbied, maar met vasberadenheid, die land triomferend, maar nederig in erkentlikheid. Hierdie land met sy aangrypende verlede, versengende hitte, wisselvallige reënval en groot afstande, is geseënd met mense wat nog die pioniersgees en ‘n erfenis van selfstandigheid in hulle gene bewaar. Nag vir nag gaan jy terug om te gaan snuffel aan jou ou spore. Dis al wat jy nog kan doen. Gaan vasstel of alles wat gebeur het, ’n werklikheid of net ’n droom was. Soms laat ’n loeiende sirene onder in die straat jou drome aan skerwe spat. Dan gaan staar jy deur die venster na die donker hemelruim en jy weet dieselfde sterre skitter ook dáár. Net helderder en nader. Maar daar is nóg nagte en troostende drome. Wanneer jy weer op reis sal gaan. Onder jou sien jy hierdie eindelose, barre landskap gebaai in maanlig. Die platdak, vier-vertrekhuisie van weleer is nou net ‘n murasie. Die windpomp, jou getroue vennoot in tye van diep droogte, staan haasbek en waak oor jou verlore drome. Ten spyte van al die opoffering, al die rugbreek werk, het alles teruggekeer soos dit was. Soos dit tóé was. En jy onthou.... Attéla. 2001

45



Stories



Fees van die Uile

L

egendes, anekdotes, voorbodes, sprokies, bygelowe, stories oor spoke, wandelende geraamtes, ontmoetings met ’n afkop man op ’n perd, by ’n kruispad om middernag. Onverklaarbare, bewegende ligte, laag op die grondlangs, wat jou jaag wanneer jy dit té na aan hulle skuilplek waag, of jou aanlok om hulle dáárheen te volg, het ’n lewe van hulle eie. ’n Ewigdurende Lewe, in vergelyking met die mens. En spookhuise waar ’n mens nog die klik-klak van vrouens se hoëhakskoene kan hoor, soos hulle trappe afklim of bestyg. Die vrolike geritsel van hulle lang, chiffon of taffeta rokke, hulle sagte, musikale stemme, in ’n waas van walmende, eksotiese parfuum, soos hulle op of af beweeg. Of die hartverskeurende gesnik van ’n vrou, die troostelose gehuil van ’n baba, of die desperate worstelgeluide van iemand wat verwurg word! Watter verbeeldingsvlugte en sensasionele veronderstellings, die vertellers ook al lus het, om met die feite te meng. En waarna die toehoorders oopmond luister. Hierdie vertellings bly voortleef in die volksmond vir geslagte lank. Anders as die mens, wat net tagtig jaar gegun word, “as jy sterk is,” volgens die Bybel. ’n Gewilde storie is dié oor mense wat besig om 49


So Helder soos Vandag...

aan een of ander dodelik koorssiekte te sterf, en bly partytjie hou, totdat elkeen deur ’n swartgeklede figuur, die dood, gehaal word. Totdat daar niemand oor is nie, behalwe die storie! Gewoonlik het dit hoofsaaklik gegaan oor die aristokrasie wat in kastele of paleise gewoon het, iewers in Europa eeue gelede. Dit was ‘gewild’ omdat dit solank gelede gebeur het, en toehoorders hulle self nie met die sterwende aristokrasie, kastele en paleise, of hulle omstandighede kon, vereenselwig nie! Hierdie oorvertellings word meestal gebruik as ’n ontvlugting van die werklikheid, of om lang, koel someraande buite op die gras of op die veranda, of wintersaande om die stoof of kaggel, te verwyl. Of dit kan ook dien as ’n vingerwysing of ’n vermaning aan diegene wat luister, om nie dieselfde verkeerde pad te bewandel nie! En dit kan ook gebeur dat daar meer as een verteller is. Een onthou dit of dat, het hierdie of daardie dag gebeur, of verskil van opinie oor hoe gebeure mekaar opgevolg het. Baie maal is dit om die reaksie van toehoorders, veral die skeptici, te sien, op ’n mistieke, vreesaanjaende, onbekende dampkring, wat die ervare verteller skep. En dis verkieslik wanneer dit donker is. Wanneer ’n ’n situasie, wat in die dag dood normaal sal klink, kan in die donker deur ’n bekwame verteller omskep word na die bo-natuurlik, waaroor die mens nou nog net kan gis!

50


Fees van die Uile

Dan is daar nog voorbodes, waarvolgens sommige mense, die toekoms probeer vooruitloop of hom ten minste halfpad probeer ontmoet! Só het daar ’n legende om Emma von Bratt en haar man Luca von Bratt, ontstaan. Met Oasis, hulle plaas van 400 hektaar, as agtergrond, en ou Tarka, die voorman, en sy vrou Maria, as byspelers in die tragedie. En daar was natuurlik ook die stil, teruggetrokke, Piet Smal, die Stasiemeester by Halte 5, en sy vrou, Susan, voorheen skoonheidskoningin, en na hulle huwelik, fortuinvertelster van die omgewing. In die voortvarendheid van die jeug het die von Bratts kort na hulle troue in 1954, die plaas Oasis, met ’n Landbanklening gekoop. Die grootste aantrekkingskrag vir beide was die ou, dubbelverdieping, Victoriaanse huis met sy ruim vertrekke, wye loodglas vensters, houtvloere, ’n solder en ’n kelder boonop! Dan was daar natuurlik ook die standhoudende rivier, die Kraairivier, wat oor die plaas geloop het, en vir besproeiing aangewend kon word. Waar hulle destyds elke Sondag gaan swem of roei het, volkome gelukkig. Daardie eerste jaar na hulle huwelik. Die vorige eienaar het goed geleef uit die opbrengs van Oasis, wat vir gemengde boerdery geskik was. Daar was ’n klompie beeste, ’n trop skaap, maar die grootste inkomste was dié uit die landerye. Hoofsaaklik mielies en lusern wat in droogtetye hoë pryse behaal het, en volop groente van alle soorte.

51


So Helder soos Vandag...

Dan was daar ook ’n hoenderboerdery, waarvan jy geslagte hoenders en eiers kon verkoop, op Allesverloren, ’n dorp twintig myl weg van Oasis. Maar waarmee die onkundige von Bratt’s nie rekening gehou het nie, was die toestand waarin die plaasimplemente was. En natuurlik ook die koste aan die ou huis wat vervalle begin raak het, en hulle tot sy vorige glorie herstel het. Hulle moes ’n nuwe trekker koop om die lande te ploeg en die kragkop, wat gebruik is om water uit die Kraairivier te pomp, het na té veel jare se onophoudelike diens, ingegee. Na dié uitgawe moes hulle op hulle spaargeld begin lewe. ’n Jaar later was Luca verplig om te gaan werk om die pot aan die kook te hou. Op Rusverloren, die naaste dorp aan die plaas, kon hy nie werk kry nie. Ook nie op naburige dorpe nie. Dus is hy Johannesburg toe waar hy werk gekry het by ’n boukontrakteur. Emma en Maria het intussen die groentetuin vergroot en die hoenderboerdery uitgebrei. Ou Tarka het getrou gewaak oor die beeste en die skaap. Luca het ook elke maand geld gestuur en met sy verlof huistoe gekom. Daardie eerste jaar. Die volgende jaar het hy begin om sporadies geld te stuur, met die verduideliking dat dit sleg gaan in die boubedryf. Sy het teruggeskryf dat hy dan liewer moes terugkom en op die plaas kom help. Hy het nie geantwoord nie. Hy het ook nie met sy verlof huistoe gekom nie.

52


Fees van die Uile

Bekommerd en ontsteld, het Emma later by haar beste vriendin, Susan Smal by Halte 5 gaan kers opsteek. Susan en Luca het mekaar al van kindsbeen af geken, saam skool gegaan; hulle was soos broer en suster! Miskien het sy ook simpatie loop soek, het sy later wrewelrig gedink. Of hy dalk vir haar, Susan, iets gesê het, iets laat blyk het voor hy weg is? het Emma aarselend gevra. “Maar Emma, ek het jou gewaarsku dat Luca ’n trekvoël is, vóór julle nog getroud is! Hy kan nie lank op dieselfde plek bly, of dieselfde dinge oor en oor doen nie. En dis dinge wat jý by uitstek kan doen! Luca soek altyd nuwe horisonne,” het Susan onverstoord voort gegaan, asof sy nie die rooi gloed van verleentheid in Emma se gesig gesien het nie. “Daar is min lande of plekke waar hy nog nie was nie. Elke sent wat hy ooit verdien het, het hy daarvoor aangewend. Hy dink nie in terme van geld nie. Hy sien sin in die van ervaring van dinge, hoe meer hoe beter. Jy kry baie sulke mense, Emma.” “Ja, soos jy ook een is, Susan!” het Emma effe té skerp geantwoord. “Jy ken die spreekwoord: ‘A rolling stone gathers no moss’!” “Dis die punt, Emma! Wie wil nou mos vergaar? Die Bybel praat van mos en roes, so iets,” het Susan gelag.“ Mót en roes, Susan,” Emma onwillekeurig verbeter. “Al om die tweede maande moet jy na jou siek ma in Johannesburg gaan omsien! Waarom bring jy haar nie

53


So Helder soos Vandag...

hierheen nie?” Susan het die vraag laggend ontwyk. “Ja, ék soek ook altyd nuwe weivelde. Jy kan maar sê: ek het rooimiere. Ek raak só verveeld hier by Halte 5 dat ek soms wil skreeu!” In haar babablou oë, op hulle wydste gerek het duiwels rond gedans. Sy het haar vol, rooi mond getuit asof sy skreeu. Susan kon soms so ligsinnig wees, het Emma gedink. Sy het die verspottigheid ignoreer. “Sal jy my net dadelik bel as hier ’n brief van Luca kom, asseblief, Susan?’ het sy gevra, haastig om weg te kom. Sy het skuldig en vernederd gevoel dat sy Luca met Susan bespreek het. Maar haar verslaentheid oor haar man se optrede het haar, haar diskresie in die wind laat slaan. “Dan stap ek sommer vinnig oor of stuur ou Tarka.” Toe sy Susan twee dae later bel, was sy nie daar nie. Piet, haar man, het geantwoord: “Susan is alwéér vort Johannesburg toe om na haar siek ma te gaan omsien. Die tweede keer hierdie jaar! Miskien moet ons die ouvrou by ons laat woon, want hierdie uithuisigheid van my vrou het al die mense aan die skinder! Soos oor jou en Luca ook, “ het huiwerig bygevoeg. “Ek weet die mense skinder, Piet, maar steur my nie daaraan nie. Ek het te veel om te doen,” het sy vinnig geantwoord, haastig om die gesprek tot ’n einde te bring. Maar dit was sy laaste woorde wat Emma laat wonder het. Was daar iets wat hy nie direk vir haar

54


Fees van die Uile

wou sê nie? Was dit irritasie in sy stem? Die stil, geduldige Piet Smal wat nooit enige kwaad in ’n ander kon sien nie. En hy het met haar gepraat asof hy iets eenvoudigs aan ’n dom leerling verduidelik: “Ons is in dieselfde bootjie, Emma, of jy dit nou wil weet of nie! Ons is met twee trekvoëls getroud om dit lig te stl. Moenie vir my sê jy weet nie hoe die mes in die hef steek nie! Ons sal mekaar maar moet help.” Emma het dié skimp ignoreer. Sy moet sélf regkom, kom wat wil! Maar Piet het dit letterlik bedoel en tydig en ontydig sy opwagting op Oasis begin maak. “Die mense praat, Nonna,” het Maria eendag versigtig gesê, “oor Piet wat hier kom rondlê op Oasis. Nonna, weet hoe die mense kan skinder!” Sonder omhaal van woorde het Emma hom by die volgende geleentheid, toe hy weer sy opwagting maak, ingelig dat sy, sy gewilligheid om te help, waardeer. Maar dat dit onnodig was, want sy verkies om op haar eie reg te kom. Van die skinderstories het sy nie melding gemaak nie, want dit sal hulle altwee net verneder. ’n Rooi gloed van ergernis het in sy wange opgestoot en sy stem het gebewe toe hy praat. “Het jy geweet liewe, deugsame Emma,” het hy sarkasties gevra, “dat ek afgegradeer is toe ek die pos by Halte 5 aanvaar het? Dit was op aandrang van Susan, my beeldskone vrou, onder die invloed van jou man Luca! Hulle het jarelank ’n verhouding gehad, en dit hier voortgesit reg onder jou neus!”

55


So Helder soos Vandag...

“Ek glo jou nie Piet! Luca het my liefgehad, daarom het hy met my getrou! Waarom nie met Susan nie?” “Sy was getroud! Met my! Jy is regtig ’n vreemdeling in Jerusalem, Emma von Bratt!” Emma kon net ongelowig na die man voor haar staar, geskok en verslae. Dit was asof iemand besig was om haar stadig te verwurg. Woorde om hom te antwoord, tot leuenaar te maak, wat in haar brein gevorm het, kon nie ’n weg na haar tong vind nie. Hy het haar stilte verkeerd vertolk. Sy het met haar bene wyd geplant gestaan, haar ken gelig, haar donker oë gevestig op iets in die vêrte, iets wat hom laat voel asof sy vergeet het van sy teenwoordigheid. “Eendag gaan jy my dalk nodig kry, maar dit sal te laat wees! Jy het so ’n hooghartige en hoogmoedige houding, maar jy mag hard val, Emma von Bratt!” Hy het al weggedraai toe sy weer praat, haar stem sonder enige emosie. “Eendag Piet Smal, eendag, miskien nie vandag of môre nie, sal jy betaal vir iets kosbaars wat jy nou net verwoes het!” “Jy weet Emma, hierdie ‘iets kosbaars’ waarna jy verwys, is nie jou en Luca se liefde nie. As dit ooit bestaan het, sou hy jou nie so in die steek gelaat het nie. Hierdie ‘kosbare iets’ is Oasis! Die grond onder jou voete, waar jy op die oomblik soos ’n Generaal staan, besitlik daarna kyk asof jy dit pas verower het! Jy dink jy het een of ander onbekende vyand verslaan? Maar jy is jou eie grootste vyand, Emma!”

56


Fees van die Uile

Hy het weggestap daardie dag en sy het hom nie weer gesien nie. Eers weer die nag van die skrikwekkende tragedie, het sy, sy lang, maer gestalte op die wal van die Kraairivier, by Halte 5, sien staan. Sy gesig ’n oomblik verlig deur twee skote wat afgevuur is. Emma het probeer vergeet van Piet Smal en sy ongevraagde opinies en kritiek. Die reën het weggebly, sy het die beeste verkoop, asook die meeste skape, plus die splinternuwe trekker! Sy het nie ’n keuse gehad nie; die jaarlikse fooi aan die Landbank moes betaal word. In die tussentyd moes hulle ’n lewe maak uit vars groente en geslagte hoenders, wat sy elke Vrydag, by ’n plaasmark , op Rusverloren gaan verkoop het. Terwyl Emma von Bratt die beste van ’n sleg saak probeer maak het, kon sy nooit droom dat haar lewe op Oasis, wat so doodgewoon was, later ’n legende sou word nie! Jare later ná alles verby was, is daar na Emma verwys as ‘Die Uilvrou’, of sommer net ‘Die Uil’! Maar daar was ’n sterk opposisie, deur veral vrouens, teen hierdie onregverdige benaming van Emma! Die vraag waaroor dit gegaan het, was: ‘wie het die onheil oor Oasis veroorsaak’? Wat van ‘Die Uilman’, of ook net ‘Die Uil’? Menende, ou Tarka, wat terselfdertyd agter die skerms besig was om die gewaande opdragte van sy alomteenwoordige, wraaksugtige voorvaders uit

57


So Helder soos Vandag...

te voer. Soos hy gedink het. Ou Tarka het tydig en ontydig na sy voorgeslagte verwys, waarmee sy vrou, Maria, altyd ongeduldig die spot gedryf het.. Een aand so nege uur se kant, meer as twintig jaar later, op die dorp, Rusverloren, word die saga van Oasis, en wat daar gebeur het, weer opgedis. Dis die jaarlikse Landbouskou en daar is ’n groot garde deelnemers en honderde besoekers uit die naby geleë distrikte. Ook verslaggewers van plaaslike koerante, en selfs ’n paar sovêr as die Kaap en Johannesburg. Onder hulle is ’n joernalis uit die Kaap, wat vir haar rubriek, ‘Kontreistories’ wat weekliks in ’n Sondagkoerant verskyn, stof inwin. Alhoewel sy al talle stories oor die Oasis gebeure klaar geskryf het, het sy dit nog nooit aan die redakteur voorgelê nie. Sy het besluit, wanneer daar eendag tyd kom, gaan sy dit as ’n boek publiseer. En sy het nog nie die slot nie! En dis die belangrikste! Sy voel nie tevrede met die slot gedeelte soos dit nou daar uitsien nie, dis pure fiksie, net iets waarmee sy die storie tot einde wou bring. Maar dit sal nie deug nie. Die kern van die boosheid, wat die gebeure rondom Oasis laat ontstaan het, het by Halte 5 begin en dit is waar die antwoorde op al die vrae gesoek moet word. En dis hierdie deel wat nog verborge is wat haar laat terugkeer het na die plek waar sy die antwoord op een of ander manier moet ontrafel. Sy bewaar haar gegewens jaloers, sodat sy met die verskyning van haar boek, al die bespiegelings

58


Fees van die Uile

en veronderstellings en skinderstories, die nek kan inslaan. Sy be-oog om die volle waarheid, sovêr dit moontlik is vir haar om dit na te speur, te publiseer. Die verslaggeefster uit Johannesburg soek ook iets vir haar koerant, maar is eintlik met vakansie by familie in die distrik. Maar sy kan dalk net iets interessants hier raakloop. ’n Nuwe wending in die legende van Oasis, of hopelik iets nuuts, sy sou iets skokkend verkies, wat nuwe materiaal kan verskaf vir haar skinderrubriek. Haar familie, veral die ouer garde, het selfs ná so ’n lang tydsverloop, nog steeds bespiegel: Was dit Emma of ou Tarka wat die onheil oor die mooi, waterryke Oasis gebring het? Emma von Bratt het ’n soort van ikoon vir sommige van haar familie en vriende geword. Sy is by die geledere van ander bekende persoonlikhede ingesluit! Dit het, só het dit altans geklink, asof dit die benaming, ‘Die Uilvrou’ was, wat mense so geboei het, en nie juis Emma von Bratt self nie! Sy was soos baie van hulle, maar net ’n doodgewone boervrou, ‘vir wie se hande niks verkeerd gestaan het nie’! Dan moes ’n mens ook nie die rol wat die Kraairivier gespeel het, vergeet nie. Die onverklaarbare styging van die water wat later oor sy walle gestoot het, en al vêrder totdat die plaas Oasis opgehou het om te bestaan. En nou die Oasis-meer genoem word. Daar het ook in die jaar 1960 ’n nuwe ster in die Ooste verskyn, met iets soos ’n stert aan die onderkant,

59


So Helder soos Vandag...

’n ligstreep van byna onsigbare klein sterretjies, soos ’n kind die stert van ’n kat sal teken. Ou Tarka het dit die Stertster genoem en duistere verklarings daarom opgebou! En die mens se bygelowigheid het sy eie duistere rol gespeel. Dis ’n warm someraand op Rusverloren en besoekers neem die kans waar om vleis te braai op die gras, in ’n groot park, kort by die hotel waar die meeste van hulle tuisgaan. Tussen die braai - en etery deur, word daar gelag en gesels, uitgevra oor die distrik en sy mense. En natuurlik, oor die onverklaarbare natuurverskynsel op die plaas Oasis of is dit nou die Oasis meer? Daar is in die pers, toe die nuus nog vars was, baie vrae gestel, opinies gelug, polemiek gevoer en verklarings vir die rare verskynsel, is deur natuurkenners uitgereik “Eeue gelede wás Oasis ’n meer,” het een van laasgenoemdes verklaar. “Maar die verbete, skroeiende Westewind wat eeue lank uit die woestyn gewoed het, het die meer stadig maar seker opgevul met sand. Die water het die skroeiende woestynsand bly absorbeer, totdat dit verstik het in die massa grond wat bo-oor gevorm het. Dit het weer land geword, plante het begin groei en diere het teruggekom. Soos ook die mens.” “Ja, die natuur bly maar verander,” antwoord ’n ander kenner. “Die water wat net verborge was, het stadig weer begin styg. Waar die oorsprong van die

60


Fees van die Uile

Kraairivier oorspronklik was, het deur die jare die grond, maar altyd effens klam gebly. Daar het weer water begin deursyfer, en ’n oase begin vorm. Dit die oorspronklike plek waar honderde jare gelede uitgeputte reisigers op kamele weer hulle diere kon laat water suip, en ’n wyle kon vertoef en rus na uitmergelende togte deur die erbarmlose woestyn. Vandaar ook die plaas se naam: Oasis.” Af en toe vra iemand, so deur die etery, ’n verteller om meer lig te werp op sekere stellings wat hy of sy maak. Veral vir die verteenwoordigers van koerante wat moet sif om die kaf van die koring te skei, klink die storie onsamehangend en té langdradig. En selfs gefabriseer op sommige plekke waar verbeelding en skinderstories die loop geneem het! Soos die aand aangestap het, het die groep luisteraars aangegroei. Nog stemme laat van hulle hoor: “Wat het van die Nyoka geword?” vra ’n jong meisie laggend. “Dis wat mý interesseer! Nie hierdie verklarings oor die natuur nie! Van haar en haar lover, Luca von Bratt? Hy was mos die eienaar, in afwesigheid, bygesê, van Oasis? So het ek gehoor.” “Nyoka? Wat beteken Nyoka? Dis Grieks vir my!” lag iemand anders. “Nyoka is die Swahili woord vir slang,” antwoord die skryfster van Kontreistories. Sy het jare gelede, tien jaar of meer die gebeure begin opteken, en weet reeds waar en wanneer daar na Nyoka of slang verwys

61


So Helder soos Vandag...

word. Dit was hoe ou Tarka na Susan Smal verwys het! Daar was nog baie vrae wat onbeantwoord gebly het, of indien sy reeds die feite neergeskryf het, sy nie omgegee het om dit uit ’n ander oogpunt te sien nie. Sy kon deur die jare bevooroordeeld geraak het, die storie net uit haar eie perspektief begin sien het. Sy wou haarself tyd gun om met ’n fynkam die teks deur te gaan, haarself te vergewis van die ware gebeure, sonder tierlantyntjies, sonder verontskuldigings en die toesmeer van wat werklik gebeur het. Die verslaggeefster van die gewilde reeks, Kontreistories, onthou wat sy al geskryf het, hoe kan sy vergeet? Sy is ’n joernalis! Sy haat die sensasionele. En wat sy doen, doen sy na die beste van haar vermoë soos haar gewoonte is. En as dit kom by die storie oor Oasis dan ontsien sy geen moeite nie. Alles wat gebeur het, in die jaar 1960, was eintlik maar net die afsluiting van ’n periode wat in 1954 begin het met die huwelik van Luca en Emma von Bratt, het sy geskryf. Die eerste jaar het afgeloop soos hulle dit beplan het, maar twee jaar later het Luca tussen oë en ore verdwyn. Een oggend, dit was teen die einde van 1957 het Emma rusteloos en hartseer, so teen dagbreek se kant, uitgestap in die tuin, ’n gewoonte wat sy aangeleer het, sedert Luca se onverklaarbare verdwyning. Sy het hoër vereistes aan haarself gestel om selfs sy afwesigheid sinvol te verwerk.

62


Fees van die Uile

’n Dooie uil het op die water in die visdam gedryf. Emma was seker dis dieselfde uil, wat haar gedurende die nag, herhaaldelik wakker gemaak het, met sy weemoedige, eentonige geroep op die dak: “hoo...hoee... hoo...hoee...” Draer van slegte nuus, het die bygelowiges geglo, weet sy. Terwyl Emma nog besig was om die uil uit die visdam te haal om in die asdrom te gooi, het ou Tarka om die hoek van die huis gekom en dit met ’n verwensing uit haar hand gegryp. “Dis slegte nuus wat hierdie maaifoedie vir ons bring, Nonna. Hy’t op ons dak ook die slegte tyding gebring, maar ek het hom amper met klippe dood gegooi. Ek weet wat hy kom sê het! My voormense het vir my vertel.” Hy het afwagtend na Emma gekyk. Toe sy nie reageer nie het hy geheimsinnig gefluister: “Dis die Omuhona, daardie man Luca, wat terugkom, Nonna! Jy sal sien!” “Dan moet jy mos bly wees, ou Tarka. Miskien bring hy geld wat ons baie nodig het!” As antwoord het hy net sy vinger natgelek, iets op sy klik-klak taal gesê en sy met sy vinger na die hemel gewys. “Omukuru,” het hy so hard uitgeroep dat sy vrou, Maria, ook op die stoep uitgestap het. “Ek sal die maaifoedie gaan verbrand, Nonna! Sodat my voorvaders die reuk van my offerande kan kry. Want hulle is baie kwaad, hulle gaat groot moeilikheid maak hier op Oasis! As ek die uil offer sal hulle miskien nie die pot so gou begin stook nie!”

63


So Helder soos Vandag...

“Wat se pot, ou Tarka?” het sy nog gevra om darem net iets te sê, maar hy het reeds om die hoek van die huis verdwyn. Sy het hom nie verkwalik nie, want hy en Luca het van die begin af nie ooghare vir mekaar gehad nie. Ou Tarka het vir die vorige eienaar gewerk en het kennis van die boerdery en klimaats omstandighede op Oasis gehad. En Luca was nie bereid om ’n ondergeskikte se raad te volg nie. En die onverantwoordelike verdwyning van Luca het net ou Tarka sy wrewel vêrder opgejaag. Emma het vraend na Maria gekyk. “Wat se pot?” Maria het net haar voorvinger teen haar kop gesit en ’n draaibeweging daarmee gemaak. “Sy kop raak by die dag meer deur mekaar, Nonna. In sy kop is sy voorgeeste besig om offerandes te soek vir ’n pot, waaronder hulle gaan vuurmaak, totdat dit oorkook! En dié kokende brousel sal oor die hele Oasis spoel en dit skoonmaak van al die sonde wat hier gepleeg is!” “Watter nonsens,” het Emma gelag. “Hier word nie meer sonde gepleeg as op ander plekke nie, Maria. Of wat dink jy?” Maria het nie geantwoord nie, net gesê: “Kom ek gaan maak vir ons tee, Nonna.” Teen elfuur, diesélfde dag, het Emma en Maria verbaas uitgestorm toe die twee plaashonde verwoed begin blaf. ’n Rondloper het stadig uit die boskasie langs die rivier aangestap gekom. Oor sy skouer het hy ’n swart plastieksak met sy besittings gedra. Eers

64


Fees van die Uile

toe hy naderkom het sy haar man, Luca, herken. Hy het iewers in Afrika ’n koorssiekte opgedoen, het hy later vertel, nadat die hoë koors gebreek en hy opgehou het met yl. Vêrder was hy nie in staat om sy afwesigheid te verduidelik nie. Of hy wou nie. Tussen Luca se bondel vuil wasgoed het Emma ’n rewolwer gekry. Sy het dit gaan wegsteek onder ’n los vloerplank in hulle kamer, onseker wat om daarmee te doen. Later het hy gevra na die rewolwer. Bang dat hy onverantwoordelik kan optree, want haar man het vir haar ’n vreemdeling geword, het sy die besit daarvan ontken. Hy het aanvaar dat hy dit dan seker maar verloor het, synde sy siekte. Vier maande later het hy weer verdwyn, nadat hy met ’n ou haelgeweer, wat hy in die kelder opgediep het, langs die Kraairivier, amok gemaak het. Hy het die kraaie probeer uitroei, het hy homself regverdig. Maar in die proses het ou Tarka, sy een oog verloor. Of ou Tarka het beweer dat dit ’n skoot uit die haelgeweer was wat hom blind in sy regteroog gemaak het! En hy het ook die verlies van die luiperd se een voorpoot, toegeskryf aan die slagyster wat Luca langs die rivier sou gestel het! Mettertyd het Emma begin aanvaar dat Luca nie weer sal terugkom nie, toe hy onverwags in Desember 1960 weer op Oasis opdaag, asof dit niks buite die normale was nie. Asof hy verwag het dat almal, Emma inkluis, hom met ope arms moet verwelkom.

65


So Helder soos Vandag...

Maar hierdie keer is hy nie so hartlik deur sy vrou ontvang nie. As ’n mens kan kwalifiseer: Emma het hom met gemengde gevoelens uit Susan, haar eertydse vriendin en vertroueling, se motor, sien klim. Selfversekerd en met sy ou bravade: Aanvaar my soos ek is! Nét Maria was bly want sy het geglo ’n vrou kan nie sonder ’n man klaar kom nie. Ou Tarka het nie sy misnoeë weggesteek nie, langs hom op die grond gespoeg en tartend, sy woorde eers nie duidelik nie en toe al harder: “Nyoka...Nyoka...” Uit sy blinde regteroog het rooierige vog oor sy wang geloop. “Wat sê jy, ou Tarka?”het Emma ongeduldig gevra. Daar was reeds genoeg spanning in die onverwagte situasie. “Die slang,” het hy geantwoord en met sy voorvinger na Susan gewys. “Hy pik jou in die haksteen!” “Bly stil, Tarka!” het Maria deur haar tande gesis en uitgestap om Luca en Susan te verwelkom. “Ons moes ’n ompad ry, die drif is toe onder die water,” het Luca sy koms saam met Susan verduidelik. “Anders sou ek sommer van Halte 5 hierheen gestap het.” Susan het opsommend van die een na die ander gekyk, terloops na Luca asof sy ’n verklaring soek vir die koue ontvangs van haar eertydse vriendin, Emma. “Met ’n selfversekerde: “Sien jou Luca,” het sy later omgedraai, niemand gegroet nie en weggery.

66


Fees van die Uile

“Lyk my julle is besig,” het Luca gesê en na die tafels en stoele onder die bome gekyk. “Oasis Teetuin,” het hy hardop gelees en uitgebars van die lag. ”Bedien julle koeksisters en melktert?” Toe niemand reageer nie het hy voort gegaan. “Dis wonderlik, ek het juis sovéél idees, soveel jare wat ek in die luukste restaurante geëet het! Ek sal vir julle ’n totale nuwe spyskaart opstel met al die kennis wat ek opgegaar het van smaaklike disse in verskillende lande!” “Ons het al ’n spyskaart,” het ou Tarka gesê. “Jy kan help om die gras te sny en die tafels en stoele te was!” Hy het dit nie gesê nie, maar die implikasie was duidelik: Jy is nie tog nie tot veel meer instaat nie! “Luca jy kan help met die bediening, Emma kry swaar as hier ekstra mense op ’n Sondag opdaag en al die tafels is vol met gaste wat vooraf bespreek het,” het Maria paaiend gesê. “Ons is so bly jy het dit in die kop gekry om terug te kom huistoe,” voeg sy by om die gelade atmosfeer te verlig. “Die Omuhona,” het ou Tarka veragtend gesê, “het net teruggekom om kwaad te doen. Maar my voorvadergeeste rus nie, hulle soek vergelding, hulle soek hulle grond terug!” “Humpf,” het Maria gesnork. Emma het nog bewegingloos op die stoep gestaan. Dan was dit waar wat Piet Smal gesê het: Dat Luca en Susan ’n verhouding het, al vir jare lank. Dit was waarom Susan so sporadies haar siek ma moes gaan

67


So Helder soos Vandag...

oppas. Dit was net ’n oëverblindery! Daar moet ’n verband wees tussen Luca se afwesigheid en Susan se sogenaamde besoeke aan haar siek ma. Maar dit was nie nou die tyd om dit uit te pluis nie. Dit mag wees dat sy haar laat beïnvloed het deur Piet Smal en ou Tarka se praatjies. Haar man het teruggekom en al het haar gevoelens vir hom ’n knou gekry, is dit haar plig om hom te verwelkom en op sy gemak te stel. Want sy is sy vrou en Oasis sy tuiste. Luca, kon nie onbewus gewees het van die spanning wat sy onverwagte terugkoms veroorsaak het nie. Maar sy optrede het dit nie gewys nie. Hy na Emma toe gestap by haar ingehaak met ’n vinnige soen op haar wang. Ou Tarka het Luca op en af takseer, asof hy een of ander snaakse verskynsel was, op die grond gespoeg en om die hoek van die huis verdwyn. “Jy moet uit my pad bly, Boesman!” het hy agterna geskreeu. “Dit was onnodig, Luca,” het sy gesê, ergerlik oor sy geniepsige aanval. “Ou Tarka het my gehelp om kop bo water te hou in jou afwesigheid.” Sy kon die verwyt in haar stem nie heeltemal verbloem nie. En sy wou ook nie. “Hy moet net sy plek ken, dis al, my liewe vrou!” Vroeg daardie selfde Vrydagoggend, die dag wat Luca weer opgedaag het, dit was die 2de, Desember 1960, het Emma later onthou, het ou Tarka, hierdie

68


Fees van die Uile

keer met twee dooie uile, elkeen vieserig aan ’n vlerkpunt gehou, die kombuis ingestorm het en hulle sonder seremonie in die vuur in die koolstoof ingestop. Die brandende vere het ’n stank afgegee wat jy tot buite in die tuin kon ruik. “Hier is nou elke nag uile, Nonna, hulle word meer en meer. Oasis het hulle blyplek geword en dis nie goed nie. Dis my voorvaders wat hulle hiernatoe bring om ons te waarsku!” “Gaan sny die gras, Tarka,” het Maria hom verwilder en die halfverbrande uile se karkasse uit die stoof gekrap. “En maak die tafels skoon,” het Emma agterna geskree. Emma het dit ook reeds die toename in die uil populasie opgemerk, maar doelbewus ignoreer om nie altyd na ou Tarka se jeremiades daaroor te luister nie. Emma en Maria was besig om kos voor te berei vir die naweekgaste. Al die tafels was vol bespreek, sommige besprekings moes sy afwys. “Ons sal nog tafels moet bykoop,” het sy en Maria opgewonde gesels. “Ons besigheid brei uit! Een van die dae is ons uit die skuld en kan ons vir elkeen ’n ekstratjie koop!” het Emma belowe. “Dis vandat ons die uithangbord langs die grootpad opgesit het, Nonna: Oasis Teetuin, lok die mense aan!” “Oasis Teetuin,” word die skrywer van kontreistories teruggedwing na die werklikheid. Sy

69


So Helder soos Vandag...

trek die trui stywer om haar want daar is skielik ’n kilte in die lug. “Ek was net ná dit geopen het daar, sê ’n stem uit die donker. Dit was ’n pragtige plek, groot kameeldoringbome, lowergroen grasperke en die lekkerste kos! Maar die Kraairivier was reeds besig om te styg en dit het mense geboei, maar ook onrustig gemaak.” Dis ’n eggo van die woorde wat sy reeds op papier het, dink die joernalis van Kontreistories. Intussen het die middeljarige eienaars van die hotel, Fred en Anna Viviers ook ook by die geselsendes aangesluit. Anna was jare gelede die redaktrise van die populêre vroueblad, Vonk en Vrou, en sy het ook ’n bydrae tot die gesprek. Eintlik twee bydraes, swart op wit. Sy soek met haar oë totdat sy die verslaggeefster uit die Kaap raaksien en gaan sluit by dié groepie geselsendes aan. Vonk en Vrou is destyds deur die dieselfde Uitgewers, wat nou Kontreistories publiseer, uitgegee. Daar is klaar gebraai en geëet en ’n klomp jongmense is besig om ’n kampvuur aan te pak. Al meer hout word opgegooi en hulle gejil laat klink die gesprekke in die agtergrond soos stemme uit ’n vreemde wêreld. Vlamme dans oor die gesigte, deur die takke, sodat die lang skaduwees wat die bome gooi, soos geraamtes op die gras vertoon. Daar is onverwags ’n soort afwagting vir iets om te gebeur.

70


Fees van die Uile

Later, toe die stories té lank en meer omslagtig raak na sy sin, vra ’n verslaggewer van ’n plaaslike koerant, half ongeduldig: “En wat het van die sogenaamde ‘Uilvrou’ geword?” “O, dit,” sê een verteller, of dit van minder belang is. “Niemand weet nie. Daar is twee teorieë. Een lei dat sy in die Kraairivier verdrink het, toe sy een nag met die boot wou oorroei...! Of was dit toe sy probeer oorswem het, nadat sy, blykbaar haar man en sy vriendin, vermoor het, en iemand haar in die heup geskiet het...,” sluit hy onseker af. “Nee,” korrigeer ’n ander een. “Daardie storie is deur die vriende van ‘Die Uilvrou’ versin. “Sy lewe nog en word gevange gehou in daardie kasteel van ’n huis van haar!” “Deur wie nogal?” wil die eerste verteller weet, ergerlik dat hy in die rede geval is. “Bloot deur omstandighede daar! Die Kraairivier het deur die jare bly styg en het ’n meer gevorm om die huis. Eers was dit ’n aardigheid vir mense. Veral jong seuns het houtvlotte gebou en met ketties of windbukse die honderde kraaie probeer uitroei. Ander nuuskieriges uit die distrik, het ook soms op ’n Saterdag of Sondag, met ’n boot daar gaan roei. Toeriste was volop in die begin, maar die interessantheid van die snaakse natuur verskynsel het afgesaag geraak. So ’n jaar of tien gelede was daar nog nou en dan ’n oorsese besoeker of koerantmense wat

71


So Helder soos Vandag...

’n storie of ’n foto vir sy koerant gesoek het,” sluit die verteller af. “Niemand kom nou meer daar nie,” vertel ’n vrou. “Al lewe wat jy sien is die swerms, swart kraaie wat op takke en ander afval wat op die water dryf, hulleself tuisgemaak het. En selfs daar broei! En dan is daar die hordes uile wat op die dak van ‘Die Uilvrou’ se huis, en seker binne ook, woon en gedurende die nag met hulle onheilspellende geroep, so word vertel, selfs tot by Halte 5 gehoor kan word!” “Ek hoor,” sê die Voorsitter van die Landbou Vereniging, “dat die huis besig is om al verder oor te hel na die westekant toe. Dit lyk soos ’n beskuldigende vinger, gerig in die rigting waar die onheil ontstaan het! Dit was mos die aanhoudende, droë westewind wat die oorsaak was dat Oasis nou versuip in vuil, modderwater!” “So Halte 5 is nog in gebruik?” vra die joernalis uit die Goudstad. “Volgens die oumense in my familie is dit die plek waar al die onheil uitgebroei het.” “Halte 5 is besiger as ooit! Die boere het welvarender geword, meer groente en vrugte word weggestuur markte toe en bees- en skaap na die slagpale in die stede. Daar is nou vier treine per week, die een Vrydae die enigste vir passasiers,” bied ’n stem uit die bondel aan. Dit was ook ’n Vrydag toe Luca, soos hy gesê het, vir goed teruggekom het Oasis toe, het sy reeds geskryf, onthou die joernalis van Kontreistories. Dit

72


Fees van die Uile

was die 2de Desember 1960. Die ‘Oasis Teetuin, wat ’n groot sukses was, was net ’n bietjie meer as ’n jaar aan die gang. Daardie oggend, haastig om met voorbereidings vir die naweek te begin, het Emma haarself ’n oomblik gegun om die vorige nag se ervarings te probeer ontleed. Maar dit was nie net ervarings nie. As dit was, kon sy dit bloot eenvoudig afgemaak het as ’n gewone slapelose nag, gekompliseer deur ’n ontstellende nagmerrie. Dit was eerder die onverklaarbare gewaarwordings daarna, vir haar só vreemd dat sy byna bang was om dit te ontleed. Dit was té onwerklik! Daarom het sy eers in die tuin uitgestap, om in die vroeë oggendson na alles om haar te kyk, op te som, sodat sy weer in haar ou formule van werk, dinge klaarkry, vorentoe beweeg, teen wil en dank, kon herwin. Nie alles té veel analiseer nie! Maar iewers, een of ander tyd gedurende die nag, het hierdie vertroude denkwyse, wat sy soveel jare getrou gehandhaaf het, verander. ’n Onbekende, onverklaarbare gevoel van siedende woede het skielik in haar opgewel! Teen wie en wat kon sy nie verklaar nie. Haar oë het vol trane geskiet skiet van hulpeloosheid. Tog moes sy erken dat dit haar eie se skuld was. Sy was self haar eie, grootste vyand! Piet Smal was reg toe hy dit voor haar kop gegooi het destyds. Haar waas van trane leen aan die ou, geliefde Victoriaanse huis, waaraan sy en Luca soveel spandeer

73


So Helder soos Vandag...

het, ’n amper sinistêre betekenis. Het dit haar gevangenis geword? wonder sy en is verbaas oor dié vreemde gedagte. Maar dis nie net die huis nie, dis baie meer as dit! Daar is die plaas, haar vrye onafhanklike leefwyse, haar besluitneming, reg of verkeerd. Soos die teetuin wat sy, toe daar geen ander uitweg, was nie, aangepak het. Maar soms kry sy die gevoel dat die natuur sake so moeilik as moontlik vir haar maak. Om haar te toets, te sien hoeveel sy kan verduur. Want die snaakse styging van die Kraairivier, het die tonge las gemaak, daar is koerantberigte daaroor, bespiegelings en duistere voorspellings. Waaraan die noodlot en die bose bygesleep word soos dit die spreker pas. Dié gedagte bring haar terug in die werklikheid. Die tafels en stoele moet skoon kom en die gras gesny word. Maar uit die hoek van haar oog merk sy iets donkers op die visdam dryf. Dis twee dooie uile, seker dié twee wat gedurende die nag op die dak geskreeu het, dink sy. Dit lyk of die ronde, geel oë beskuldigend na haar staar. Asof dit háár verwyt vir wat gebeur het! “Julle arme goed,” sê sy saggies. “Ook té lank hier vertoef! Nou kan julle nie meer ontsnap nie, maar ek kan nog!” Emma vergeet van die dooie uile, vasgevang in die vreemde gedagtes wat sy nog moet ontleed. Sy moes vir haarself lag. Tog was daar ’n groot waarheid in haar vlietende gedagte van een of ander plan van

74


Fees van die Uile

ontsnapping, van wegbreek uit die verstarring wat die jare van plig op haar gelê het. As sy nie na een of ander kant toe besluit nie sal sy ook maar later net ’n gevangene hier bly, vasgevang in gewoonte, vrees vir die vreemde en verandering, en as sy blank eerlik moet wees, deur lafhartigheid. En natuurlik die stygende water van die Kraairivier, as jy na die deskundiges luister, het sy met ’n wrang glimlag gedink. Emma het geen vrees vir die Kraairivier gehad nie. Hoeveel maal in die verlede het sy oorgeswem na Halte 5, om pos te kry en dan terug gestap deur die drif. Of selfs deur ou Tarka wat al meer eiegeregtig begin optree, asof Oasis alreeds aan hom behoort! En aan sy nimlike voorgeslagte wie se grond, as sy eerlik moet wees, dit oorspronklik behoort het. Hy sal haar graag as ’n ondergeskikte wou sien, spot sy en Maria soms. Die skryfster van Kontreistories spits haar ore toe sy weer ou Tarka se naam hoor. Die hoteleienaar, Fred Viviers is aan die woord. “Dis nie die omstandighede wat Die Uil gevange hou nie, dis daardie plaasvoorman, ou Tarka. Hy’s nou die baas daar soos hy altyd gesweer het hy sou word! Alhoewel my vrou ’n ander opinie huldig.” “Nonsens,” protesteer ’n ou man. “Ou Tarka is al jare dood, hy én sy troue bondgenoot, die afpoot luiperd, Die Kat, soos hy hom genoem het! En

75


So Helder soos Vandag...

daarvoor kan ek instaan: ek was op sy begrafnis!” “Wel,” sê Anna Viviers, eertydse redaktrise van die populêre vrouetydskrif, Vonk en Vrou. “Ek huldig nie my man se opinie nie. In 1970 het ons ’n wedstryd geloods en ’n kontantprys vir die beste Dwaalstorie wat ons publiseer. Al vereiste was dat die kort en kragtig moet wees!” Toe sy sien sy het almal se aandag, selfs die kontreistrorie vrou s’n. Want dié lyk soms asof haar aandag elders is, op haar oë is ’n donkerbril en haar hoed is laag oor haar voorkop getrek. Asof sy wegkruip, dink Anna. “Hier is die wenbrief onder die skuilnaam, ‘Uiloog’. Die prys van ’n paar honderd rand is nooit opgeëis nie en die enigste adres was: ‘Die Stasiemeester, Poste Restante, Halte 5.’ Anna Viviers begin lees: “Ou Tarka het reeds by sy voorvaders aangesluit, tevrede dat hy aan hulle wense voldoen het! Sommige nagte, is daar beweer, kon jy hom met sy een wit oog, en die luiperd, al springende op net drie pote, in die maanlig oor die Kraairivier sien beweeg. Dit het gewoonlik die storie van Oasis, wat so herhaaldelik vertel is, afgesluit. ’n Soort van, vir sommiges, die ideale afsluiting, vir ander nie heeltemal die einde nie. Dit was ’n té mak, oninteressante einde vir die tragedie. Daar móét iets meer wees. En daar was! Die spookagtige, onrustige dwalings van ou Tarka en die luiperd oor die Kraairivier op maanlignagte,

76


Fees van die Uile

was tog ’n bewys dat hulle siele nog nie tot rus kon kom nie! Waarom rus hulle nie? is daar bespiegel. Dan was daar natuurlik ook die onopgeloste moord op twee, of was dit drie mense? Hulle kon tot die dwalende onrustigheid op Oasis bygedra het. Want moontlik kon hulle kon ook nie tot rus kom nie, en het geduldig gewag op vergelding op die moordenaar. Maar die werklike rede, as jy ou Tarka sou kón raadpleeg, was dit dat iets verlore gegaan het op Oasis. En dís waarna ou Tarka en die luiperd bly soek het. Een mens se afwesigheid het hulle onrustig laat ronddwaal, voortdurend soekend na troos, na warmte en erbarming. Hulle het gesoek na háár, Emma von Bratt! Haar afwesigheid het die hart uit Oasis geneem. En dié kloppende, warm hart was in háár besit! Sy het dit saam geneem, een donker nag toe die skraal figuur, met lang, sterk hale die Kraairivier oorgesteek het. Of het sy dit nie gemaak nie? Was daar jaloerse oë wat haar vanuit die boomtakke dopgehou het? Of iemand wat iewers gekuil, haar geskiet het, terug in die Kraairivier gegooi het met ’n gewig aan haar been? Of haar net iewers begrawe het? Seker gemaak het dat sy nie na vryheid ontsnap nie! Miskien was sy die enigste van die dooies wat rus gevind het op die plaas wat sy bo alles liefgehad het. Miskien in die donker diepte van die modder in die Kraairivier of die vrugbare aarde waarlangs sy altyd gaan stap het.

77


So Helder soos Vandag...

Waar sy ookal was. Hulle moes Emma von Bratt bly soek totdat hulle seker is waar sy is! Dood, maar nog op Oasis sou hulle tevrede stel. Sodat daar nuwe lewe geblaas kan word in die steeds sterwende plaas. Al was dit net haar beendere begrawe in die grond van Oasis. Of in die modder onder in die Kraairivier. Solank Emma net weer terug is op Oasis!” sluit sy die voorlesing af. “En soos ek gesê het dit was onderteken deur die skryfster, ‘Uiloog’.” “Maar dit is tog duidelik dat deur Die Uilvrou moes geskryf gewees het,” sê die joernalis uit Johannesburg, opgewonde oor die nuwe verwikkeling wat in haar skoot geval het. Daaruit kan sy maklik ’n nuwe storie tower vir haar koerant se skinderrubriek. Die vergoeding daarvoor kan gebruik word vir haar vakansie onkostes. “Gedurende sestigerjare toe ek redakteur van Die Oggendblad, ons plaaslike koerant was,” sê ’n ouerige man, “is ons toegegooi onder briewe van lesers wat elkeen op sy beurt vir of teen Die Uilvrou was. Dit was ’n kantkiesery wat eintlik geen sin gemaak het nie. Die een wou maar net sy opinie op ’n ander afdwing, homself laat geld. Baie het Emma von Bratt nooit eers gesien, nog minder geken. Maar ’n ieder en ’n elk het aan die nimmereindigende, onsamehangende storie deelgeneem. So onthou ek een brief, om die waarheid te sê:

78


Fees van die Uile

ek dra ’n uitknipsel daarvan altyd saam met my. Sien, hierdie leser was my ma, Ta’ Breggie, het almal haar genoem. Sy is natuurlik lankal dood. Hier is wat sy geskryf het: “Dis ’n gruwel in die oë van die Here dat mense ná die verskriklike gebeure op Oasis, die plaas van Emma en haar man, Luca von Bratt, hulle so kan verheug in ’n ander se smart en hulle bygelowe in jou keel wil afdruk. Die arme Emma! Syself het die bygelowe met ’n skouerophaling afgemaak. Wat Luca, die baas van Oasis, se opinie was, het niemand geweet nie. Dis nou te sê as hy een gehad het. Hy was ’n swerwer, het na iets gesoek wat hy nie verloor het nie. Vir die verderf groot gemaak, as jy my vra. Die arme, arme Emma. Die bygelowiges beweer dat Emma nie die tekens wou of kon lees nie, en dat dit die grootste fout is, wat sy gemaak het! Miskien kon sy dit vermy het, as sy na húlle welmenende raad geluister het! Wat die raad presies behels het, was nooit heeltemal duidelik nie! Redes waarom die vriendelike, hardwerkende Emma só onvoorspelbaar opgetree het, is velerlei. Soos dit maar gewoonlik is. Diegene wat hulle self bevoeg ge-ag het om ’n oordeel uit te spreek, se stemme is die luidste. Maar ek glo ‘n swak man was al baie vrouens se ondergang!” “Aldus my ma, Ta’ Breggie,” sluit hy af. Daar heers ’n oomblik ’n soort van ongemaklike stilte of net uit hoflike eerbetoon aan die afgestorwe

79


So Helder soos Vandag...

Ta’ Breggie. Iemand sug. Mense loer onderlangs na mekaar asof hulle wil seker maak dat daar nie spoke tussen hulle is nie. Nog verbygangers het by hulle aangesluit en begin deelneem aan die gesprek. Daar is meer opinies oor wat gebeur het, as wat daar feite is. So klink dit altans. “Maar wie was die katalisator? Was dit die styging van die Kraairivier, of die mense se bygelowigheid?” wil iemand weet. “Wat van die blonde Susan, en Emma se man, Luca?” antwoord iemand buite die ligkring. “Hulle het mos net eennag spoorloos verdwyn, boot en al, toe hulle op die Kraairivier geroei het! Polisie het die saak ondersoek, nadat dat daar beweer is, dat hulle vermoor is en iewers op Oasis begrawe is.” Dit lyk of party naarstiglik nadink oor wat hulle gehoor het, party gaap verveeld en ander begin gesels oor die Landbouskou. Maar die stem buit die ligkring open weer die gesprek oor Oasis, want dis nie aldag dat hy ’n kans by die huis kry nie. “Die boot is uitgesleep en deur ou Tarka opgesaag vir vuurmaakhout, so is beweer. Maar daar is geen bewyse vir enige moord gevind nie en die saak is gesluit. Waarskynlik het hulle van hulle eggenotes, Piet en Emma ontsnap, want hulle het jarelank ’n verhouding gehad!” Hy sê dit met soveel afkeur dat hy ten minste ’n ouderling in een of ander kerk is. Of dalk selfs ’n predikant. “Ook maar mens,” spot iemand. Daar is ’n

80


Fees van die Uile

algemene gelag, maar die volgende stem, maan hulle tot stilte. “Ek was self met die ondersoek gemoeid en dit bly onverklaarbaar dat niemand iets gesien of gehoor het nie! Sulke dinge gebeur nie sommer net en geen haan kraai daarna nie!” Die spreker klink kwaad asof hy op een of ander manier betrokke was. Daar is ’n oomblik ’n ongemaklike stilte. Dan praat die man verder, seker dat hy nou almal se aandag het. “Wel, dit kan net Emma, die jaloerse vrou, ouTarka wat Luca gehaat het, of selfs sy vrou Maria, wat simpatie met Emma gehad het! Wie weet...?” “Beslis nie jy nie,” terg ’n stem weer tussen ’n bondel jongmense. “Wat ek wél weet,” antwoord die man vererg, “ is dat die algemene uitspraak was dat Emma, of Die Uil, die oorsaak was van die tragedie wat in Desember 1959 op die plaas, Oasis begin het, en in Desember 1960 voltrek is!’ “Dis wat ek neergeskryf het,” sê ’n verslaggeefster van ’n plaaslike koerant paaiend, “van die eerste stories wat vertel is: “Alles wat plaasgevind het, het eintlik lank vóór die aanstelling van ’n nuwe Stasiemeester by Halte 5, genaamd Piet Smal, en sy blonde, beeldskone vrou, Susan, ’n vroeëre skoonheidskoningin, begin. Maar hiervan was net ’n paar betrokkenes bewus, soos haar

81


So Helder soos Vandag...

lankmoedige, swygsame man, Piet Smal, Luca von Bratt, Emma se man, en natuurlik, die voorvader aanbidder, ou Tarka. Behalwe vir die skoonheid van Susan Smal, wat sommige vrouens agterdogtig en jaloers gemaak het, was sy op die koop toe nog ’n fortuinvertelster ook! En dit het haar natuurlik meer aanvaarbaar gemaak by die vrouegeslag. Want sy het sommer in die toekoms van haar slagoffer ingespring en dié se vrae en probleme, in ’n japtrap opgelos. Die sterre voorspel tog alles, was haar argument. Was dit dan nie ’n ster wat die Wyse Manne uit die Ooste en die nederige skaapwagters, na Bethlehem gelei het nie? Waar alles openbaar is, geen twyfel meer nodig was nie, en alle vrae beantwoord is! Nadat die pastoor haar oor die kole gehaal het oor haar ydele vergelyking, wat hy godslasterlik genoem het, het sy vir dié wat begeer het om te weet wat in die toekoms op hulle wag, vertolkings gegee van wat sy sien in handpalms, teeblare of kaarte. Vanselfsprekend het dit haar gewild gemaak en gesorg vir ’n groot aanhang. Veral onder die meisies en die jong vrouens wat nog gedroom het oor ewige geluk en ’n ’n lewe sonder probleme. Die ouer vrouens, meeste van hulle, het reeds gewurg en soms verstik as hulle terugkyk oor hulle eie lewe! Maar daar was heelwat mans ook wat gaan besoek aflê het. Nie juis geïnteresseerd in die toekoms nie, meer ingesteld op die hede: Die mooie

82


Fees van die Uile

Susan Smal! “Hoeveel hiervan die waarheid is, kan ek nie sê nie,” sluit sy haar bydrae af. “En sy wás mooi!” sê iemand en die mans lag waarderend. “En nogal Emma se beste vriendin!” voeg ’n vrou by. “Met so ’n vriendin het ’n mens seker nie ’n vyand nodig nie!” Ja, dink die skryfster van Kontreistories, dis reeds deel van haar aantekeninge oor die Oasis saga. ’n Baie belangrike deel! Emma en Susan het mekaar reeds vantevore geken, het sy geskryf. Dit was Susan wat haar aan Luca voorgestel het, ses jaar gelede. Sy en Susan was reeds goeie vriende, lank voor die Smal’s na Halte 5 toe verplaas is. Die twee gesinne het goeie huisvriende geword en oor en weer gekuier, voor Luca net een jaar verdwyn het. Emma wou nooit van Susan se welmenende dienste, as fortuinvertelster, gebruik maak nie. Sy was gelukkig en tevrede met haar lewe, net bekommernis oor haar man en die skuld op die plaas het haar nagte laat rondrol. Selfs nadat Luca verdwyn het, en Susan bly aandring het om Emma se handpalm te bestudeer, om uit te vind waar Luca hom bevind, het sy botweg geweier. So ook die lees van kaarte en teeblare. “Jy weet ek glo nie in hierdie snert nie, Susan!” het

83


So Helder soos Vandag...

sy reguit gesê. Susan se aandrang dat sy daaraan móét deelneem, vir Emma, ’n doellose operasie, het ook ’n tikkie moedswilligheid aan Emma se kant, ingesluit. Dit het haar soms laat twyfel aan Susan se opregtheid. Maar as sy eerlik met haarself was, het dít net nie gerym nie. Susan was tog haar beste vriendin! “Jy’s net hardkoppig, Emma. Jy weet nie wat goed is vir jou nie! Het jy jou ooit al afgevra waarom Luca nie teruggekom het Oasis toe nie. Mans is bang vir vrouens soos jy! Té bekwaam, hardkoppig, té hardwerkend, sodat daar nooit tyd vir ontspanning is nie. Hy voel oorbodig! Hy gaan soek ontspanning elders!” Emma het gevoel hoe ’n rooi gloed in haar gesig opstyg. “Klink amper of jy en Luca my bespreek en te lig bevind het, Susan!” Sy kan haar teleurstelling en skok nie heeltemaal verbloem nie. Dit was nie net Susan se woorde nie, maar die venyn wat deur geskemer het. “ Miskien wéét ék waar hy is!” het Susan geterg. Emma het net gelag. “Hoe sal jý weet, Susan? Laat weet my net dadelik as hier vir my ’n brief van Luca is. Ek sal dit waardeer!” Maar hulle vriendskap het begin taan, blykbaar omdat beide so besig was. Susan moes van tyd tot tyd gaan omsien na haar sieklike ma in Johannesburg en Emma, op haar beurt, het gesukkel om Oasis betalend te maak in Luca se afwesigheid.

84


Fees van die Uile

Later, té laat, sou Emma weer Susan se woorde in herinnering roep: “Miskien wéét ék”! en hoe sy die laaste twee woorde beklemtoon het. ’n Ouerige dame laat ook nou haar stem hoor. Het sy dan nie ’n dagboek gehou oor die treurige gebeure nie? “En na alles verby was aan die einde van Desember 1960,”vertel sy , “was meer as een van mening: ‘dat hulle dit sien kom het’! ”Het ons dan nie bly waarsku teen die onverklaarbare styging van die Kraairivier nie? Só deur ’n voorsaat van ou Tarka gedoop, weens die swerms, swart kraaie wat daar gehou het. En die swart kraaie is mos ook ’n bringer van onheil, het hy sy vrou, Maria, probeer oortuig. “Ja, Tarka, as jy mooi kyk, sal jy jou voorvaders in elke swart kraai sien!” was Maria se verweer. Sy was al moeg van haar man se gedurige gekweel oor sy wonderlike voorvaders. Deur die jare het seuns met ’n kettie of windbuks gewapen, probeer om hulle uit te roei! Maar die kraaibevolking het eerder toegeneem in getalle as wat dit verminder het. En dis nog skrikkeljaar ook! het die bygelowiges gesê. En wat wat van die vreemde ster met die ‘stert’ wat voordag in die ooste verskyn het, sedert die begin van Desember 1960? Dit was tog duidelik dat daar bo-natuurlike magte in werking was vir dié wat wou sien!” val ’n ou man haar in die rede. Hy het soms op Oasis gaan help en self beleef wat daar gebeur.

85


So Helder soos Vandag...

“Maar die een wat, volgens homself, die geldigste en énigste opinie gehad het, was ou Tarka, die plaasvoorman van Oasis,” vertel hy, selfvoldaan. Vir almal wat wou luister, party geamuseerd deur sy manewales en taalgebruik, gedurende sy vertellings, ander veroordelend oor sy onverbloemde rassistiese verwysings na hulle voorgeslagte, en natuurlik diegene wat nog nooit geleer het om hulle eie denke te vorm nie! Wat in die meerderheid was, en bloot die jas gedraai het in die rigting waaruit die wind gewaai het. “My voorvaders, dis nog voor Moses deur die Rooisee getrek het met die Israeliete, het ’n vloek oor Oasis uitgespreek!” het hy betoog. “Hier is my voorgeslagte gejag met perde en doodgeskiet soos honde!! Waar julle staan, is my voorvaders begrawe! Die vloek kan net afgelos word, wanneer die grond weer terug is in die hande van hulle nasate!” Party luisteraars het skuldig afgekyk na hulle voete. Ou Tarka het dit ingevryf: “julle staan op hulle beendere!” het hy teatraal uitgeroep, sy vinger nat gelek en daarmee opgewys na die hemel en in ekstase uitgeroep: Omukuru! Gewoonlik was dit net sy kwaai vrou, Maria, se gebiedende stem uit die kombuis, wat sy vertoning tot ’n einde gebring het,” eindig die verteller sy bydrae. “Omukuru? Wat beteken dit?” wil iemand weet. “Dis God,” sê die vrou van Kontreistories. “Dis

86


Fees van die Uile

soos ou Tarka die Skepper genoem het. Dit kan natuurlik ook ’n voorvadergees wees, want hy het gevoel dat hý hulle nog hier op aarde verteenwoordig! En vir hom was hulle so goed soos gode.” Daar is ’n algemene gelag en aanmerkings oor die bygelowigheid van sommige onontwikkeldes. Net die skrywer van Kontreistories vind dit nie vermaaklik of onaanvaarbaar nie. In haar notas van jare gelede was die volgende al opgeteken: Na Luca se verdwyning het Emma by ’n Leeskring aangesluit omdat dit gehelp het om haar gedagtes ’n tyd lank weg te neem van haar hartseer en bekommernisse. Natuurlik het sy die dadelik die meeste van die lede se simpatie en ondersteuning gehad. Dié lede het die lewe wat sy gelei het onder haar man, Luca, onder mekaar bespreek, en vrylik opinies gelug. Party van hulle het Luca nog nooit gesien nie, maar dit was nie nodig nie. Hy was ’n man! Hý, dis nou Luca, het al die onheil veroorsaak, wat die arme, onskuldige Emma, getref het! Sulke mans, het hulle saamgestem, meestal uit eie ondervinding, kan net ’n ’n vrou ongelukkig maak. Arme Emma! As weeskind groot geword, en nooit die liefde en beskerming van ouers gehad het nie. Net om ook deur haar man, ‘wees’ gelaat te word! “Sy sal sekerlik, soos die meeste van ons, ’n versadigingspunt bereik,” het Ta’ Breggie gesê met haar mond in ’n verbete lyn getrek. Sy het drie mans

87


So Helder soos Vandag...

oorleef, sy behoort te weet, het die ander saamgestem. En het sy bygevoeg: “Wie kan sê hoe of wanneer die pot sal begin oorkook! Vir al wat ons weet, het dit reeds begin...” Ta’ Breggie was nog nie koud onder die grond nie, toe begin die noodlot die vuur, waarvan ou Tarka so gereeld melding gemaak het, stook. Maar vir haar was dit ’n simboliese pot melk wat kon oorkook, vir hom ’n werklikheid van wat sy sy voorvaders besig was om te doen. Kontreistories se skryfster, oorweeg dit eers om uit haar notas, wat sy deur die jare gemaak het, voor te lees, maar besluit daarteen toe sy sien hoe Anna Viviers, mede-eienaar van die hotel, haar onderlangs dophou. Sy het geskryf: Dit is ’n helder maanskynnag op die plaas, Oasis, van Luca en Emma von Bratt. Die vol Kraairivier trek ’n kronkelende silwerstreep deur die donker landskap, soos die maan in die water weerkaats. Vandat die rivier begin styg het, niemand was eers bewus daarvan nie want dit het so onopvallend gebeur, soos die natuur soms te werk gaan, stadig maar seker. Van die begin van Desember 1959 het die dierelewe in en om die rivier toegeneem. Wat bygedra het tot hierdie verwikkeling, was die feit dat mense nie meer deur die drif kon kom nie. Almal wat wou deurkom na Oasis se plaashuis, moes nou van ’n ompad gebruik maak. Dus was daar niks wat hulle rus verstoor het

88


Fees van die Uile

nie. Dit druis van lewe in die groot bome langs die rivier en in die digte boskasie en riete op die walle. Geheimsinnige ritselings, wat soms klink soos fluisterende stemme, bewegings van sluipende diere op soek na ’n prooi, en af en toe die roep van ’n bobbejaanmannetjie, wat sy trop waarsku teen gevaar. En die duisende swart kraaie wat onrustig bly soek na ’n veilige sitplek op die takke van die bome langs die rivier. Kort by die skaduryke, sambreelvormige kameelbome, skaars tweehonderd tree oos, staan ou Tarka, die voorman van die plaas, en sy vrou Maria, se drievertrek huisie. Op die dak sit twee uile, hulle groot, uitdrukkinglose, geel oë vasgenael op die vuur op die grond voor die huis. Dit lyk of hulle nog besluit wat om te doen, voor hulle begin met die uitstorting van hulle vervelige, ontstellende onheilsboodskap. Met geen wete dat hulle die slapendes steur of verontrus nie. Ou Tarka vlieg met ’n vloekwoord op toe hy die uile op die dak hoor roep. Hy hardloop uit, gryp ’n paar klippe en slinger dit in hulle rigting. “Maria!” skreeu hy op sy vrou, “bring die emmer water!” Maria kom mors-mors met die emmer uit die huis, nog half deur die slaap. Hy gryp dit uit haar hand en met een haal gooi hy dit oor die vuur wat hy elke nag buite laat brand.

89


So Helder soos Vandag...

Dit het sy gewoonte geword sedert sy terugkoms vanaf sy tuisland waarheen hy verdwyn het na die skietery. Hy het dieselfde nag as Luca van Oasis af, verdwyn. So ook die ou, antieke haelgeweer uit die kelder. Hy was blind, sy linkeroog ’n wit, lewelose albaster in sy kop. “Kyk, Nonna, het hy Emma altyd herinner: As jy my vuur buite sien brand, is jy veilig. Dit help my ook om beter te sien met net een oog. En ek sal die kat aansê, om elke nag in die boom by die watertenk te gaan lê, om jou op te pas. Al het hy net drie bene om op te spring, weet ek hy sal kan opklim. Ek en hy wag altwee vir Luca!” Emma was al geïrriteerd deur sy hardkoppige volharding dat Luca verantwoordelik was vir sy gedeeltelike blindheid, maar het hom nogtans bedank en geprys vir sy waaksaamheid oor haar en Oasis. Sy moes ook altyd hoor, so ’n soort stille verwyt, dat haar man ook die oorsaak was, dat die luiperd, die kat soos hy daarna verwys het, nou net met drie bene moes oor die weg kom. Ou Tarka en Maria bly nog ’n rukkie buite staan om te luister na die gedruis van die rivier. “Hoor jy hoe raas die rivier, Maria? Dis my voorvaders se siele wat nie kan rus nie.! Hulle het teruggekom om ons wat nog lewe, aan te sê, om hulle grond terug te eis van die wittes! “Humph... sê Maria net.

90


Fees van die Uile

“En kyk daardie nuwe ster met die stert!” Hy wys met sy vinger in die rigting van die ooste. “Dis die Aandster, Tarka!” “Dis gin die Aandster nie! Kyk sy stert!” “Dis jou wit oog wat ’n stert sien, Tarka. Jy’s verkeerd, net soos jy verkeerd is om elke keer die Nonna te verwyt vir wat Luca miskien gedoen het, jy’t geen bewys nie. En al het wat ookal gebeur, dis nie haar skuld nie, en ...” Voor sy die sin kan voltooi, merk sy ’n donker beweging tussen die gras, gee ’n gedempte gil en spring kortom. Tarka is nog besig om die lugruim te ondersoek vir enige teken van onheil. “Daar kom die kat...!” skreeu sy oor haar skouer en vlug terug die huis in. Die voordeur klap met ’n harde slag agter haar toe. Duiwe wat nog rustig in die bome om die huis geslaap het, vlieg vervaard op. Die luiperd kom kruppel-kruppel aangespring op pad terug na sy lêplek, in die groot doringboom langs die rivier. “Kom slaap, Tarka!” skree Maria uit die huis. “En sluit die deur agter jou!” “Hier kom groot moeilikheid, Maria! Die kat voel dit ook aan,” sê hy toe hy weer by haar aansluit. “Maar ons wag vir die Omuhona! (man). My voorvaders wag al eeue hier. Hy sal sien wat ons saam kan doen!” “Ja, Tarka, en die kraaie kan vir hulle kos bring, soos in die Bybel! Slaap nou!”

91


So Helder soos Vandag...

Dieselfde twee uile wat ou Tarka verjaag het, sit nou op die nok van die dak van Emma se huis. Hulle groot, ronde sien alles om hulle raak, maar hulle koppe draai heen en weer in vertwyfeling, dan links, dan regs, asof hulle die gesmoorde klanke wat uit die huis kom, moet identifiseer. Die eerste gewaarwording van Emma toe sy wakkerskrik, is een van uitputting. Selfs na ’n dag van harde, fisiese werk in die warm son, was sy ooit só moeg nie. Daar is geen krag in haar ledemate nie. Sy wil omrol, opstaan, maar bly vasgevang in haar onvermoë, en die die koue natheid om haar. Die lakens is om haar gedraai, die kussing onder haar kop is nat, en sy kan voel hoe die nagrok aan haar natgeswete liggaam kleef. Iemand moes haar terwyl sy geslaap het in ’n bad koue water gegooi het, klere en al! Soos die ou, kwaai Matrone in die Weeshuis, wanneer sy nie wou luister, nie of kwaad gedoen het, dink sy nog nie ten volle bewus van haar omgewing nie. Iewers in die groot, donker huis, snik iemand hartverskeurend. Net soos honger kinders soms in die nag in die Weeshuis gesnik het... Sy begin veg, span al haar kragte in, draai wikkel en spartel om haar liggaam te verlos van die nat, koue lakens, slaag eindelik daarin, slinger dit weg oor die vloer. Toe sy die nagrok oor haar kop pluk, besef sy dat die rou snikke wat sy hoor, uit haar keel kom.

92


Fees van die Uile

Die besef dat dit sy is wat so huil bring haar tot bedaring en maak haar bewus daarvan dat sy nie meer in die weeshuis is nie, maar in haar eie groot, vertrouende huis. Verligting vloei deur haar toe sy die helder, gerusstellend maanskyn buite, deur die venster sien. ’n Streep maanlig val deur die venster tot amper teen haar bed. Sy sien die gordyne liggies beweeg en ruik die soet, bedwelmende geur van die katjiepiering wat voor die venster groei. Die houtvloer is koel onder haar voete toe sy badkamer toe stap. Na sy klaar gestort het, haal sy vars nagklere uit die laai, trek dit met ’n sug van verligting aan, en gaan sit in die vensterbank, die enigste getuie van haar slapelose nagte. Behalwe miskien, die afpoot luiperd wie se oë, so het sy altyd gevoel, haar uit die boom lê en dophou het. Nagte wat sy na Luca verlang het en bekommerd was oor die onbetaalde rekenings wat bly ophoop het. Die ou bekende sitplek verwelkom haar, dit voel of sy tuis gekom het na ’n jarelange, uitputtende soektog na iemand wat weg is. Soos ’n beskermengel. Maar dit maak geen sin nie. Waarom soek sy na iemand om haar te beskerm? Is dit die uitwerking wat die Weeshuis op haar gehad het? Het sy destyds, toe sy en Luca getroud is, in hom ’n beskermengel gesien? Maar sedertdien was sy meestal alleen op Oasis en sy het reggekom. Sonder ’n ‘beskermengel’. Sy was verplig om alleen reg te

93


So Helder soos Vandag...

kom! Dus kan sy ook in die toekoms alleen staan. Met natuurlik ou Tarka en Maria se hulp. Op die oomblik voel sy asof sy tot enigiets in staat is. Dis soos seker soos jy behoort te voel as jy ’n mens is! Dan moes sy in die verlede soos ’n vreemdeling vir haarself gevoel het! As sy nie meer soos ’n vreemdeling vir haarself voel nie, dan moes iets ingrypends met haar gebeur het! Met ander woorde sy het met haarself kennis gemaak! Haarself aan haarself voorgestel, kan jy maar sê! Sy kan nie anders as om te glimlag vir die absurde, onverstaanbare gedagte nie. Maar miskien is dit net vir dié oomblik, dink sy. Maar selfs dít sal genoeg wees! Om vir net ’n oomblik te voel, dat jy nie ’n weerlose toneelpop, in die onsigbare hand van die poppespeler is nie. ’n Onbekende persoon wat agter die skerms die toutjies trek, en jou op bevele laat rondspring, waarheen dit ook al wil nie. Sy wonder wie hierdie geheimsinnige poppespeler is? Die noodlot, sou sommiges sê, maar daaraan glo sy nie. Of is dit nog altyd die uitwerking wat die Weeshuis op haar het? Waar die kinders beheer is met die lui van ’n klok: Opstaantyd! Eettyd! Slaaptyd! Of word sy beheer deur Luca? Of eerder sy afwesigheid wanneer dit hom pas? Of lê die antwoord baie nader, tasbaar: in haarself. Soos Luca by implikasie eenmaal beweer het, half-

94


Fees van die Uile

tergend met tog ’n waarneembare tikkie geniepsigheid. “Jy aanvaar alles so kalm, Emma! Droogte, misoeste, die halfhartige hulp van jou lui werkers, stukkende masjinerie! Selfs my afwesigheid!” Hy het hy sy arm troostend om haar skouers gesit. “Dis seker soos die Bybel sê: ‘die eenvoudiges van gees sal die aarde beërwe’! Oasis behoort aan jou, dis jou hele wêreld, Emma!” Emma het sy arm van haar skouer afgeskud. “Dis snaaks,” het sy sag gesê, asof sy met haarself die saak wou opklaar, “Susan het presies dié woorde nou die dag vir my gesê! Jy eggo haar of sy vir jou! Waarom?” het sy gevra en weggestap sonder om op ’n antwoord te wag. Dis seker soos almal haar sien, het sy later gedink. ’n Swakkeling! Dis vir haar ’n vreemde, onaanvaarbare uitkyk op die lewe. Wat is daarmee verkeerde om hardwerkend te wees, teenspoed te aanvaar met die hoop dat sake sal verbeter. Of as die kans hom voordoen, sake vir jouself te verbeter. Soos sy gedoen het toe sy die teetuin begin het. Maar wat dit ookal is, sy gaan nie vêrder daaroor tob nie. Sy kan nie verander nie, dis soos sy is. Maar miskien moet sy haar ou, bekende, afgesaagde denke verander. Want sy het ’n verandering ondergaan. Waarom en hoe is nie heeltemal duidelik nie. Sy voel dit, wéét dit. Ook hier waar sy twintig jaar later op Allesverloren sit en weet dat die droom...

95


So Helder soos Vandag...

“En later het ons ’n wedstryd uitgeskryf vir die beste en oorspronklikste droomstorie,” verdring die stem van Anna Viviers haar gedagtes. Die wenbrief het so gelui: ‘Iets moes vroeër gebeur het, maar wat? wonder die vrou. Wat laat haar voel asof sy ’n gedaante verwisseling ondergaan het? Asof sy hergebore is of nou net gebore is. Dit voel asof ’n onsigbare, simpatieke hand haar al agter, ’n nog dowwe liggie, begin aantrek, die lig word helderder soos hulle beweeg om meteens in helder, amper verblindende glans tot stilstand te kom. Dis die nagmerrie wat sy gehad het, besef sy skielik. Daardie verskriklike droom, onwerklik, maar terselfdertyd só werklik, want voor die bed lê die nat bondel lakens en haar nagklere nog in ’n hoop. Die kussings lê op die vloer langs die bed. Dis asof sy haarself sien worstel op die bed. Dit moes ure geduur het, so voel dit vir haar. Dis was waarom sy haarself so vasgedraai het in die lakens en later weer begin worstel het om los te kom! Dis waarom sy so uitgeput en natgesweet is. Sy het gedroom dat sy vasgevang is in ’n stikdonker, versmorende plek. Soos in ’n slymerige, knellende plastiekhouer. Sy kan nie haar arms, bene of nek roer nie. Sy voel hoe die klewerige kante van die houer weerskante teen haar liggaam druk, bokant haar kop afdruk, en aan die onderkant haar voete gevange hou.

96


Fees van die Uile

Sy kan nie asem haal nie, sy is besig om te versmoor. Sy gil, maar kan geen klanke vorm nie, haar keel is kurkdroog, sy wurg. In die verskriklike droom is sy vasgevang soos ’n weerlose papie, nog in sy donker kokon, wat worstel om vrylating. Sy verlossing uit die duisternis, uit na die lig. Sy begin spartel, verbete, om haarself te bevry uit die versmorende duisternis. Sy wurm haar liggaam heen en weer, druk met haar kop bo teen die deksel, trap vas met haar voet onder en beur boontoe. Daar is ’n strepie lig, dan meer en eindelik breek die kokon oop met ’n kraakgeluid, soos materiaal wat skeur. Die papie ontsnap, maar het nou verander in ’n vlinder wat geluidloos en lig soos ’n veer, deur die helder sonlig dartel. Sy skrik uit die verstarring waarin sy haar bevind, toe die stadige, twaalf swaar slae van die staanhorlosie in die gang die tyd aankondig. Dit verban alle onwerklikheid wat sy nog voel. Dis 12 uur! Hoe is dit moontlik! Sy moes om en by 10 uur aan die slaap geraak het en dis nou eers 12 uur! Dit voel asof sy ure geworstel het met die nagmerrie. Of is dit haar lewe lank? En is sy vrygelaat, het sy ontsnap? Waarom voel sy soos iemand wat verlos is van ’n swaar vrag wat sy noodgedwonge moes dra om te bly voort bestaan? Niemand het haar gedwing nie, die keuse was haar eie! En sy het dit nou net van haar afgewerp en sy is vry om soos ’n vlinder haar vlerke toets.

97


So Helder soos Vandag...

Asof sy uit ’n ontstellende en swakgeskrewe boek gestap het, en pas begin het om ’n nuwe, boeiende boek te lees. Maar nog sukkel om dit te lees, om te verstaan wat sy lees. Die ou, bekende, wye, vensterbank waar sy soveel nagte, as sy nie kon slaap nie, gesit het, oor verlange na haar man, bekommernis oor onbetaalde rekenings, het vannag ’n nuwe betekenis gekry. Dis soos ’n verwelkoming wat haar omsluit toe sy gaan sit. ’n Versekering! Byna ’n waarborg dat dinge besig is om in haar guns te draai. Omdat dit van háár sal afhang wat haar lewe van vannag af sal wees!’ sluit Anna die voorlesing af. “Dit was nie net ’n droom nie, die vrou het dit gesien as ’n vrystelling van pligte wat sy onnodig op haarself gelê het, of wat ander, hoofsaaklik haar man, deur sy afwesigheid veroorsaak het, of die verpligting teenoor haar twee helpers,” voeg sy by. “En sy het rebelleer en moes die prys betaal!” Die vrou in met die donkerbril en met ’n hoed op, laag oor oë getrek, knik instemmend en haal ’n paar tikvelle uit haar briewetas. Anna kyk afwagtend na haar, nuuskierig oor nog ’n moontlike bydrae in die Oasis saga. Maar die onverwagte, toonlose hoe...hoee...hoe... hoee van twee uile wat ongemerk op die dak van die klubhuis kom sit het, veroorsaak konsternasie tussen

98


Fees van die Uile

die aanwesiges. ’n Paar kwajongens begin hulle met klippe bestook. Iemand gooi ’n straatlig stukkend, van die meisies gil, sommiges huil asof die gebeure op Oasis, nie net meer ’n storie is nie, maar dat hulle nou deel daarvan geword het. Die onthutse hotel eienaar bel die polisie en mense begin verdwyn na hulle motors of terug hotel toe. ’n Net die uile gaan onverstoord hulle gang, ’n onheilsboodskap vir dié wat daarin glo. “Weet julle wat,” sê Anna onderlangs aan ’n paar vriende, “daardie vrou met die donkerbril was Emma von Bratt, die Uilvrou! Nee, sy’s weg, sien ek, maar hoor net die uile, sy het dit vir ons agter gelaat! Om te aanvaar of nie!” Haar fluistering versprei soos ’n veldbrand. “Dit was Emma von Bratt, die Uilvrou... Die uilvrou was hier tussen ons!” Emma von Bratt, joernalis uit die Kaap, sien met ’n sug van verligting hoe die dorp Allesverloren se ligte agter haar verdwyn. Die kat is uit die sak, dink sy met ’n glimlag. “Dit was Emma von Bratt, die Uilvrou! En al die tyd het sy hier tussen ons gesit, weggekruip agter ’n sonbril en ’n hoed!” Die stemme het so verontwaardig geklink dat sy bang was dat iemand, miskien na ’n drankie te veel, haar leed kan aandoen uit frustrasie, omdat die een met al die feite oor die Oases-saga, die hele tyd geswyg het. Miskien gevoel dat sy, Emma von Bratt,

99


So Helder soos Vandag...

gekke van hulle gemaak het! Daarom het sy in die verwarring en die gedeeltelike donker, vinnig na haar motor verdwyn en weggery. Die klipperige grondpad strek net sovêr as die motorligte, verder is dit stikdonker. Die weer het opgekom en in die ooste kan sy weerligstrale sien flits. Op die wind gedra hoor sy die gedruis van die passasierstrein se wiele op die spore. Sy verminder spoed, sy wil eers ná die trein weer vertrek het van Halte 5, daar aankom. Sy besluit om bo-op die kliprant stilhou te en daar te wag. Sy wil Piet Smal verras, want sy dink hy was al die jare onder die indruk dat sy dood is. Soos Luca en Susan! Sy het sy hulp nodig sodat sy ’n slot vir haar boek kan kry. Sonder sy weergawe van gebeure kan sy dit nie doen nie. Sy moet so na aan die waarheid kom as wat menslik moontlik is. Terwyl sy luister hoe die klank van die trein verdwyn en net die donker stilte om haar hoorbaar word, dink sy met verligting aan die twee uile wat het net betyds opgedaag het, om haar te red van ’n fatale fout. Sy was op die punt om van haar notas te begin voorlees, al was dit dan net om Anna Viviers tegemoet te kom. Die notas is ’n refrein in haar kop, sy kan dit woord vir woord opsê. Het sy dit dan nie self beleef en neergeskryf nie? Net soos sy dit ook gaan publiseer onder haar naam!

100


Fees van die Uile

Emma sit, soos gewoonlik slapeloos, in die vensterbank van haar kamer. Sy kan die tafels en stoele net vaagweg onderskei in die maanstrale, wat deur die blare van die ou, gevestigde kameelbome, val. Hulle teetuin, hare, sowel as ou Tarka en Maria, haar getroue twee helpers s’n. ‘Oasis Teetuin,’ nie baie oorspronklik nie, maar sinvol. Dit staan op die uithangbord wat hulle langs die grootpad opgesit het. Haar oë dwaal oor die werf, soos haar gewoonte is. Iets het verander, maar sy kan nie dadelik haar vinger daarop lê nie. ’n Ligte skok trek deur haar toe sy in die rigting van die rivier kyk. Die vuurtjie, wat altyd by ou Tarka en Maria se huis, dwarsdeur die nag brand, is nie daar nie! Onwillekeurig soek haar oë na die luiperd wat altyd op ’n tak van ’n boom langs die watertenk lê, en dié is ook nie daar nie. Sy kyk weer om seker te maak. Die skaduwee van twee uile, wat op die nok van die dak sit op, trek haar aandag. Emma maak ’n afwerende beweging met haar hand deur die venster om hulle te verwilder. Asof dit die teken is, begin hulle om die beurt met hulle onrusbarende geroep. Dit is meer as twee jaar gelede dat sy die laaste maal die uile gehoor het. Die volgende dag het sy een van die uile, dood in die visdam, sien dryf.

101


So Helder soos Vandag...

Daardie selfde oggend het Luca, haar man, na ’n afwesigheid van ’n jaar weer teruggekom! Sy koms en skielike verdwyning vier maande later, het agterdog gesaai, vrae is gestel deur ’n ieder en ’n elk, en het meestal onbeantwoord gebly. Emma het geswyg. Sy was té besig om die plaas van ondergang te red en het haar min gesteur aan al die bespiegelings. Sy het nie veel van ’n keuse gehad nie. Ou Tarka het dieselfde nag wat Luca weg is, ook verdwyn. Asook die ou, antieke haelgeweer, wat in die kelder was, toe hulle die plaas gekoop het. Vrae oor wat van ou Tarka geword het, het Maria vaagweg beantwoord met ’n onbegryplike: “Dis sy voorvaders, Nonna. Hy sal terugkom”! So dit was net sy en Maria wat sake aan die gang moes hou. Een Sondagmiddag na Emma se gebruiklike swemsessie in die Kraairivier, het sy die luiperd wat altyd in die hoogste boom op ’n tak gelê het, met haar oë gesoek soos haar gewoonte was. Hy was nie daar nie. Sy het verbaas vasgesteek. Waar is hy? het sy gewonder en toe lag gekry vir haarself. Natuurlik sal hy soms afklim om te jag of water te drink! Sy het aangestap, haar gedagtes besig met alles wat die volgende dag gedoen moes word. Net voor sy afdraai en die voetpad huistoe vat, het sy die luiperd opgemerk. Hy het langs die voetpad tussen ’n paar rosyntjiebosse gelê. Sy geel oë was op haar gerig en sy stert het nie gekwispel nie. Iets wat kenmerkend is by luiperds. Iets was verkeerd! Toe eers het sy die

102


Fees van die Uile

slagyster aan sy regter voorpoot gesien. Sy het ontsteld huistoe gedraf. Wat staan haar te doen? Emma het skuldig onthou van die rewolwer wat in haar slaapkamer versteek was. Dis nadat sy dit tussen Luca se klere gekry het toe hy met ’n koorssiekte, sy pad terug gekry het na Oasis. Sy kon nie besluit wat daarmee te doen nie. Miskien het sy dit onbewustelik as iets waarmee sy haarself kan beskerm teen die luiperd wat elke nag in ’n boom by haar huis gelê het. In die begin het sy hom nooit heeltemal vertrou nie. Soos die maande aangeloop het, het sy meer gerus geraak. En natuurlik was daar ook nog ander roofdiere, en selfs soms rondlopers. Dit sal ironies wees as sy nou die luiperd se lewe neem, terwyl hy, volgens ou Tarka, gesorg het vir haar veiligheid! Emma het dankbaar Maria se raad gevolg. “Los hom, Nonna, hy sal sy poot afkou, dis wat roofdiere doen,” het Maria gesê. Dit het afgryslik geklink en sy kon dit nie heeltemal glo nie. Maar sy kon nog minder die dier doodskiet. Of enige ander dier. En Maria was reg. Eendag toe Emma weer gaan stap, het die luiperd op sy gewone plek gelê, sy oë het haar gevolg soos sy gewoonte was, terwyl sy stert stadig en rustig heen en weer gekwispel het. En dit was ná ou Tarka se terugkoms, tot groot verligting van haar en Maria, wat dinge begin verander het. Die teetuin, voel sy, het sy in desperaatheid

103


So Helder soos Vandag...

aangepak. Sy het niks gehad om te verloor nie! Die teetuin is nou net meer as ’n jaar aan die gang en het haar gered uit haar geldelike bekommernisse. Eendag, moedeloos oor onbetaalde rekenings, het sy weer haar nood by Maria gekla. “Nonna, dis ’n baie groot huis, ses slaapkamers en jy bly hier stoksielalleen! Waarom verhuur jy nie party kamers nie?” “Jy meen soos ’n losieshuis?” vra Emma. Sy het die weeshuis onthou en gesidder. Oral mense dag en nag!“Maar aan wie sal ons dit verhuur? Ons is te ver van die dorp af,” het sy probeer entoesiasme wys. “Nee, Nonna, ek het nou die dag in een van jou tydskrifte gelees van ’n gastehuis. Ek sal kos maak, ons het genoeg groente, daar’s nog die troppie skaap en die hoenders. Ou Tarka kan...” “Wat van my?” vra ou, Tarka waar hy op die houtkas met ’n beker koffie sit. Maria begin vir hom verduidelik van ’n gastehuis waaraan hulle dink. Hy gee ’n snork. “En wie dink julle moet hierdie trappe op en af klim elke dag soos ’n pakdonkie met al hulle goeters! En dit nog met ’n blinde oog ook. Gee hulle buitekant kos, op die stoep, of sommer op die gras onder die bome! Soos jy hoenders sal kosgee!” was sy verontwaardigde reaksie. En so het Oasis Teetuin begin, Ou Tarka se breinkind. Sy het ’n ophef gemaak van sy idee, seker meer as wat nodig was. Maar ou Tarka het gevoel dit

104


Fees van die Uile

was nie genoeg nie. Hy het aangedring dat die teetuin na hom vernoem word. “Dit móét Tarka’s Teetuin wees!” het hy aangedring. “Wie sal by ’n plek kom eet, met ’n Boesman naam?” het Maria vererg gevra. Daar het het ’n stryery in hulle klik-klak tongval ontstaan, waaruit Maria blykbaar as wenner getree het. Later het Emma weer die argument onthou, toe sy sien hoeveel ou Tarka bydra tot die welvaart van hulle besigheid. Emma besef sy moes ’n oomblik ingesluimer in die vensterbank, met haar kop gestut op haar hande in die oop vensterraam. Sy word wakker van Tarka en Maria se stemme onder haar slaapkamervenster soos hulle verbystap op pad kombuis toe. En dis Vrydag! Dit sal ’n besige naweek wees. Al vyftien tafels is vol bespreek, Saterdag en Sondag. Sy sal ten minste nog vyf tafels moet bykoop, want dit raak vakansietyd. En ou Tarka, het sy plek volgestaan. Al die los werk, grassny, tafels en stoele skoonmaak, soms verskuif stoeptoe as reën gedreig het, en die gaste het sy krom Afrikaans in ’n vreemde dialek amusant gevind. Soms het Emma die gevoel gekry dat ou Tarka eintlik die eienaar van Oasis was! Sy én Oasis kan nie sonder hom klaarkom nie. Emma trek vinnig aan, haastig om aan die gang te kom. Maar sy stap eers vinnig uit tuin toe. Sy voel energiek en gelukkig. Hulle gaan die naweek genoeg

105


So Helder soos Vandag...

geld maak sodat sy die laaste van haar rekenings kan aflos en nog oorhou vir ekstra tafels. Daar waai ’n ligte wind uit die ooste, ’n soet, skoon geur van blomme hang oor die tuin en in die bome koer duiwe rustig. ’n Vredige toneel. En dis soos hulle kliënte dit verkies. ‘Oasis Teetuin, is gewild en word nog gewilder. En selfs toe sy die dooie uil op die water in die visdam opmerk, doen dit nie afbreek aan haar gevoel van welsyn nie. Met Luca se eerste terugkeer in 1958, het daar gedurende die nag ook ’n uil op die dag geskreeu en die anderdag oggend dood in die visdammetjie gelê. Vir haar was dit blote toeval. Maar daar was, en is nog steeds ’n bygeloof oor ’n uil wat in die nag op jou dak skreeu: iemand in die huis gaan sterf. Dis ’n ou oorlewering uit die tyd toe mense gesterf het aan koorssiektes. Aan die begin van die epidemies, het hulle geglo, het die geroep van ’n uil op die dak van ’n huis, aangedui dat iemand daar gesterf het en dus begrawe moes word. Soos die siekte in felheid toegeneem het, het die roep van die uil op die dak van ’n huis, mense gewaarsku om weg te bly, sodat hulle nie die dodelike siekte aansteek nie! Die uil is sedertdien gesien as ’n boodskapper van die dood. Maar Emma sou nie so ver gaan nie, vir haar, as sy eerlik moet wees, was hulle miskien net draers van slegte tyding. As jy ’n verband fórseer

106


Fees van die Uile

aan dinge wat verkeerd loop. Wat heel moontlik tog verkeerd sou geloop het, ten spyte van een of ander gebeurtenis. Dan is daar is natuurlik ou Tarka met sy een-oog en die luiperd met ’n afpoot, wat sy aan die waarskuwende teenwoordigheid van ’n uil moet toeskryf, volgens ou Tarka. Emma sit in haar motor bo-op kliprant en wag vir die trein om te vertrek. Die onweer het al nader beweeg en weerligstrale deurkruis die lugruim. Eenmaal, in een van die skerp, verblindende ligstrale, lyk dit asof sy die luiperd, op net drie pote, vir een sekonde lank, sien verby beweeg. Dit is net ’n gedagte, weet sy, want in haar boek is ou Tarka een van die belangrikste karakters. En jy kan nie aan hom dink sonder die luiperd nie. Sy onthou weer sy woorde wat sy seker deur haar boek al ’n paar maal herhaal het:: “Die uil het die boodskap gebring dat Luca terugkom, Nonna, en jy sien wat gebeur het!” het hy verwytend gesê, en sy kop skuins gedraai, sodat Emma, sy wit, lewelose regteroog kon sien. En met sy hand rivier toe gewys: ‘Ek en die Kat wag vir hom!” Toe sy vinger nat ge-lek en boontoe gewys. “Omukuru, weet!”(God.) Dan het sy maar net woordeloos weggedraai en na die ou, Victoriaanse huis, met die datum op die gewel: 1910. Aan die opknapping van die huis, wat vir hulle

107


So Helder soos Vandag...

altwee eintlik die aantrekkingskrag was, moes meer spandeer word, as waarop hulle gereken het. Dan was daar die noodsaaklike verbeterings wat aangebring moes word as hulle suksesvol wou boer. Behalwe nog die lopende koste van elke dag. Dit sou ook tyd neem vir die plaas om te produseer. Die geld het opgeraak, Luca moes uitspring en omdat daar geen werk op die dorp was nie, het hy werk in die stad aanvaar. Hy het gereeld geld gestuur en eenmaal ’n jaar, met sy verlof huistoe gekom. Met die hulp en kennis van ou Tarka, ’n boorling van die geweste, het sy ’n groentetuin en vrugtebome aangeplant. Hulle het twintig hektaar van die grond geploeg en mielies gesaai, met die oog op aankoop van nog ’n paar koeie. Later ’n voerland aangelê waarop die skaap kon wei, en ’n hoenderboerdery waarvan hulle eiers en slaghoenders op die dorp kon verkoop. Maar daar was bedryfkostes en onvoorsiene uitgawes, soos ’n nuwe part vir die kragkop of ’n part vir die windpomp wat breek. Daar was altyd net genoeg om die uitgawes te dek, maar nie vir uitbreiding, sodat die grond meer produktief kon wees nie. Luca het bly werk, later ongereeld geld begin stuur en toe een jaar nie huistoe gekom nie. Sy en ou Tarka en Maria kon in hulle basiese behoeftes voorsien, maar sy was genoodsaak om ’n gedeelte van die skaap en die beeste te verkoop. En Emma het besef dat sy ’n ander plan sal móét maak as sy die plaas wou behou. En vir haar was dit lewensnoodsaaklik; want was

108


Fees van die Uile

die enigste sekuriteit wat sy nog in haar lewe geken het! Die plaas was vir haar soos ’n skulp wat haar beskerm het. Die plaas en natuurlik haar man, Luca... Die plaas aan die buitewyke van die dorp, langs ’n bosryke rivier, het baie besoekers gedurende die nader gelok. Soos die plaasbedrywighede afgeneem het, het Veral maanligaande wanneer jy die verskeidenheid diere vir ure deur jou venster kan sit en dophou. Hase en springhase is volop en het hulle van die begin af sonder vrees tuis gemaak. Ystervarke en vlakvarke het ’n tydjie geneem om gewoond te raak aan die veiligheid van hulle nuwe omgewing. Widsbokkies bly altyd agterdogtig op die rand van die tuin en laat spaander by die geringste ongewone beweging of geluid. Soms, as jy stip kyk, sien jy selfs ’n koedoe of twee tussen die bome raak. Daar was ’n salige, helende rustigheid op die plaas. Emma se oë dwaal na die Kraairivier wat sedert die begin van Desember begin styg het, skaars merkbaar vir haar. Sy het nog haar ou roetine gevolg, ten minste eenkeer per week dit deurgeswem tot by die anderkanste wal, en terug. Die drif was wel toe onder water, maar dit het al vantevore gebeur. Maar ou Tarka het klaar begin skimp dat hulle een van die dae by haar in die groothuis sal moet kom bly. Sy het saamgespeel en gesê hy moet van klippe ’n baken pak so honderd meter van hulle huisie af en sodra die water hulle bereik, kan hulle kom intrek. Maar voordat dit kon gebeur, het sake onverwags ’n

109


So Helder soos Vandag...

nuwe, tragiese wending geneem. Terwyl Emma op die kliprant wag vir die trein om te vertrek, het sy tyd om weereens terug te dink aan daardie laaste aand, die aand van die skietery en dood, óf ontsnapping van Luca en Susan, soos daar ook beweer is. Soos sy sit en luister het, vroeër die aand, na al die stories, het sy om die beurt woedend en dan hulpeloos gevoel. En partykeer, moet sy nou teenoor haarself erken, skuldig en aandadig aan die tragedie, soos baie van die luisteraars beweer het. Skuldig en aandadig? Wil sy van haarself weet. Al wat sy kan doen is om so eerlik moontlik te wees, om die jare wat verby is, én sy miskien kon vergeet het, in ag te neem. Maar dít kan nie haar doelwit wees nie: om haar geheue die skuld te gee en so haar optrede die nag te regverdig nie! Dit was Desember, 1960, Luca was terug, vir goed, soos hy beweer hy het selfs van ’n gesin begin praat. Maar Emma het voorbehoude gehad. Luca het geen belang in die plaas gehad nie, het net heeldag aan sy boot gepeuter of vir ure daarmee verdwyn rivier op. Hy was veronderstel om aan te gaan met die groentetuin, maar ou Tarka het geweier om saam met hom te werk. En die ergste van alles was dat Oasis Teetuin begin agter uitgaan het. Dit was hoofsaaklik as gevolg van die onverklaarbare styging van die Kraairvier. Daar was soveel negatiewe berigte in die media oor die snaakse

110


Fees van die Uile

verskynsel, dat mense die Teetuin begin vermy het. Emma, het een nag, dit was die derde nag, wakker geword, en Luca was nie in die bed langs haar nie. Sy het saggies opgestaan, want ou Tarka en Maria moes noodgedwonge ook in die huis intrek, die onwettige rewolwer wat sy tussen Luca se klere gekry het, onder die vloerplank uitgehaal waar sy dit weggesteek het Sy het net drie van die vyf patrone in die magasyn geplaas en versigtig die trap afgesluip. Na al die jare was sy nog steeds skrikkerig vir die afpoot luiperd en natuurlik was daar ook moontlik ander roofdiere wat haar kon aanval. Só het sy haar optrede regverdig, destyds. Maar waar sy nou hier in die motor sit op pad om te gaan uitvind wat werklik gebeur het, moet sy haarself afvra wat haar werklike motivering, daardie nag, vir haar optrede was. Sy het nog nooit eers vantevore ’n wapen hanteer nie! Was dit nie ou Tarka se woorde wat sy onthou het nie: Nyoka, verwysende na Susan, die slang wat jou in die hakskeen byt! Wat as sy Susan en Luca by mekaar kry? Ontmoet hulle mekaar snags? Wat as dit waar is...? Emma het eers versigtig rond gekyk en toe voetjie vir voetjie, bang om te val, deur die water nader gesluip na die rivier. Die yskoue water het later opgestoot tot oor haar kuite en die, slymerige modder het haar gang vertraag. Sy was skaars tien tree van die rivierwal af toe sy stemme hoor, sag, fluisterend, ’n man en ’n vrou. Dis

111


So Helder soos Vandag...

vrou het gelag, sag, maar Emma het die stem herken: dit was Susan! Maar wie was die man? Dit kan Piet Smal wees, Susan se man. Emma het nog ’n tree nader gestap. In die helder maanskyn wat plek, plek deur die boomtakke geval het, het sy Luca gesien. Luca háár man en haar gewese, beste vriendin, Susan, saam in sy boot! En sy het skielik haar gesprek met Susan, lank gelede, onthou. Emma het destyds, half desperaat, nadat Luca nie teruggekeer het Oasis toe nie, gaan verneem of Susan, saam met wie hy groot geword het, nie dalk kan dink aan ’n verklaring vir sy vreemde optrede nie. Gedurende die gesprek wat Susan, tergend en spottend hanteer het en Emma toenemend verneder gevoel het, het Susan tartend gesê: “Miskien wéét ek waar Luca is, Emma!” Sy het ’n oomblik besluiteloos, gedagteloos bly staan, toe ’n roering bo in die groot kameelboom reg bokant die twee niksvermoedendes, haar aandag trek. Die was die afpoot luiperd en hy het reg gemaak om te spring. Sy ore was teruggetrek, sy geel, uitdrukkinglose oë gerig op die boot, sy skouerspiere saamgetrek om te spring. Sonder om te dink het sy twee skote afgevuur op die luiperd, toe sy besef wat sy gedoen het, dat hy dalk gewond is, en haar kan agterna sit, het sy omgeswaai en probeer vlug. Maar die momentum van die omswaai van haar liggaam het haar, haar balans laat verloor.

112


Fees van die Uile

Emma het in die koue, modderige water geval, en terselfdertyd die knal van nog twee skote gehoor, afkomstig uit die rigting van Halte 5. Dit was eensklaps so stil asof selfs die natuur sy asem ophou, selfs die krieke het opgehou skreeu. En toe het die nagmerrie begin. Susan se wanhopige, skreiende doodskrete, het die stilte laat breek soos glas. Tussen deur kon Emma Luca se pleitende, sterwende stem hoor. ”Emma...! Emma...! Help my...! Help my, asseblief, Emmaaa...!” Emma het verdwaas, huilend opgesukkel uit die koue water en begin terugstrompel rivier toe. “Ek kom, Luca!” het sy geskreeu, maar haar stem was net ’n stottering deur die slymerige modder in haar mond. “Ek kom...!” Maar arms het haar vas gegryp, iemand het die modderbesmeerde rewolwer wat sy nog steeds krampagtig vas gehou het, versigtig uit haar hand verwyder. “Kom, Nonna,” het sy Maria se troostende stem gehoor, “dis als verby. Kom ons gaan huistoe, kom, kom...” “Ja, dis als verby, Nonna! Jy het die nyoka en die omuhona dood geskiet! My voorvaders het gepraat!” het ou Tarka gesê. Hulle sê: Die mens moet slange se koppe verbrysel, want hulle byt jou in die hakskeen. So staan daar ook in die Groot Boek geskryf! Maar jy sal moet vlug, die polisie sal nou net hier wees, hoor ek my voorvaders fluister! Kom, maak

113


So Helder soos Vandag...

gou, Nonna!” “Die polisie? Maar dit was nie ek wat vir Luca en Susan geskiet het nie, ou Tarka! Het jy mal geword?” Ek het die luiperd geskiet! Hy wou uit die boom op hulle in die boot spring!” forseer sy haar stem deur die modder. “Ek sal mos nie my man dood skiet nie! Iemand het van die anderkanste wal, van Halte 5 se kant af, geskiet!” Ou Tarka het die rewolwer se magasyn oopgemaak en gewys na die een patroon daarin. “Dit was vyf patrone, Nonna, en hier is net een oor. En dit was vier skote wat ons gehoor het! Is ek reg, Maria?” “Jy’t gehoor wat die Nonna sê, Tarka. En ek het dit ook soos die Nonna gehoor! Dit was van Halte 5 se rivierwal af. Seker Piet Smal wat wraak geneem het op sy vrou en haar geliefde!” “Komaan, hou op met praat! Nog ander mense sou die skote gehoor het, Nonna! En hier staan ek met die rewolwer in my hand! Jy moet vlug, Nonna, en die ding saam vat! Ek laat my nie vang vir goed wat julle witmense aanvang nie! Dis net soos ons grond wat julle van ons voorvaders gevat het, en óns moet altyd die prys betaal!” Emma besef dat hy die waarheid praat. Sy kan nie langer hier bly nie, en waarom sal sy? Luca is dood en al haar drome is begrawe onder die water van die Kraairivier. Woorde wat sy gelees het, kom by haar op: ‘alles sal terugkeer soos dit was.’ Net die afpoot luiperd, wat met sy geel oë haar

114


Fees van die Uile

dophou en twee uile wat aan mekaar hulle onheils boodskap verkondig, is getuies van Emma von Bratt se ontsnapping dié nag. Met net ’n bondel op haar rug swem sy vir die laaste maal deur die Kraairivier waar sy en Luca gereeld geswem het daardie eerste, gelukkige jaar van hulle huwelik. Die afpoot luiperd bly hou haar dop met sy uitdrukkinglose, geel oë en sien hoe sy papnat, en bewend uitklim op die wal by Halte 5 en wegglip in ’n trok van ’n goederetrein wat wag sodat al die vrag gelaai kan word. Die weer het opgesteek en weerligstrale verlig die veld vir ’n sekonde, en word gevolg deur donderslae wat al nader kom. Sy hoor hoe die trein vertrek, skakel weer die motor aan, en om haarself terug te bring na die werklikheid, ook die radio. Sy moet haar gedagtes agter mekaar kry, want vir haar ontmoeting met Piet Smal voel sy nog nie ten volle gereed nie. Emma laat die motor luier, wag nog, nie seker waarop nie. Sy staar of gehipnotiseerd na die blitse wat aanhoudend die duisternis om haar verlig, hoor die verpletterende donderslae, en weet dat die storm nou oor Oasis woed. Haar en Luca se plaas waar al hulle drome begrawe lê, nie net onder water nie, maar ook onder hulle eiewaan dat hulle, hulle eie lewe kan reël soos dit hulle pas. Maar natuurlik is daar vir laasgenoemde altyd ’n

115


So Helder soos Vandag...

prys wat betaal móét word! En sy is nie van plan om ’n kwytskelding te verwag van haar aandeel in die Oasis tragedie nie. Sy sal betaal wat ook al van haar ge-eis werd! Sy sal haar sienswyse, waarvan sy altyd so seker was in haar manuskrip, weer in oënskou moet neem. Veral nadat sy vroeër die aand soveel opinies van ’n ieder en ’n elk gehoor het. Dit het deurgeskemer dat sy, Emma von Bratt, as die skuldigste gesien is, al was daar ook van sommige gesprekvoerders simpatie met haar. En, dink Emma, terwyl sy staar na die storm wat oor Oasis woed, sy het in die jare van haar afwesigheid haarself té veel krediet gegee. ‘Jy word onskuldig bevind, Emma von Bratt, en ontslaan’, het die Regter gesê. En wie was die Regter? Syself ? Maar dis menslik om jou optrede te probeer regverdig, weg te kruip agter verskonings. Wat sal die uitspraak wees as Piet Smal hómself aanstel as Regter? Waarom begin sy nou twyfel aan die wysheid om haar boek: Die Legende van Oasis, te publiseer? Terwyl sy so na aan die einde is, die slot, Hoofstuk 20, wat die legende sal afsluit. Maar daarvoor sal sy Piet Smal sienswyse óók nodig hê! Miskien kan hy meer lig werp op die nag, twintig jaar gelede toe sy alle bande met Oasis en sy mense gebreek het en gevlug het. Sy wou daarmee haar verlede uitdelg asof dit nooit bestaan het nie.

116


Fees van die Uile

Soos die papie wat uit sy kokon ontsnap, later ’n vlinder word en triomfantlik ’n nuwe lewe binne vlieg. Maar die lewe van ’n vlinder is kortstondig! Sy is vyfen- veertig jaar oud en soms voel dit vir haar of sy nog nooit regtig gelewe het nie. Geen kind of kraai nie, en al wat sy kan wys vir al die jare wat sy haarself verbete gedryf het: ’n onvoltooide manuskrip! Hoe pateties, hoe arm is sy nie aan ’n gevoelslewe nie! Hoe bejammerenswaardig, want haar lewe is verby. ‘Deur die sprinkane opgevreet’, soos die Bybel sê. Die sagte musiek van ’n simfonie konsert, waarna sy nie juis geluister het nie, word onverwags onderbreek deur ’n man se stem. Sy stel die radio harder. “Hier volg ’n noodberig! Ons herhaal: hierdie is ’n noodsein! Almal in die omgewing van die plaas Oasis, asook Halte 5 moet onmiddellik ontruim! Die huis op Oasis het onder die water verdwyn, Halte 5 is oorstroom en ’n goederetrein het ontspoor! Ek herhaal: dit is ’n noodberig! ’n Vloed water is besig om uit die weste aan te rol en die omgewing te oorstroom! Almal moet ontruim! Hier volg ’n Noodberig... Maar Emma luister nie verder nie. Sy gryp haar briewetas waarin die manuskrip is, probeer die motordeur oopkry, maar die stormwind is te sterk. Sy veg tevergeefs om die deur oop te kry en voel hoe die motor stadig teen die kliprant begin afloop. Sy weet sy huil, voel die warm trane oor haar wange

117


So Helder soos Vandag...

rol, probeer dit nie afvee nie, klou net desperaat vas aan die briewetas teen haar bors. Die reën hang soos ’n wit, ondeursigbare gordyn om haar. Haar huis is weg, Halte 5 oorstroom, Piet Smal waarskynlik dood. En sy gaan nie weer vlug soos die eerste maal nie, dink Emma. Dit was ’n lafaard se optrede! Sy het haar mense in die steek gelaat. En nou op die einde, om darem nog iets meer te doen as net oor hulle te skryf, gaan sy haar lot inwerp by die mense wat altyd lewend gebly het vir haar, oor wie sy geskryf het en nooit vergeet het nie. Emma voel hoe die motor deur die stormwater opgelig word, dan heen en weer swaai, soos ’n tol in die rondte begin draai. Die oorverdowende geraas van die donderslae en die strome water, vul die spasie in die motor, om haar, sy snak na asem, haar mond is vol water, sy voel dit druis teen haar ore. Maar selfs bo hierdie inferno hoor sy nog die eentonige, weemoedige hoe...hooo...hoe...hooo... van honderde, duisende uile wat uit haar huis gevlug het, toe dit onder die water wegraak. Hulle het ontsnap en vlieg ’n nuwe lewe tegemoet. Soos sy gedink het, sy doen toe sy gevlug het van Oasis af twintig jaar gelede! Maar sy het nie! Soos ’n wilde dier wat dag na dag sal terugkeer na die stinkende reste van sy prooi, het sy ook bly knaag, knaag aan haar verlede. Wat het haar verhoed om ’n nuwe te begin? Was dit nie eintlik haar skuldgevoel wat aan haar bly knaag het nie? Wat haar,

118


Fees van die Uile

slaaploos, nagte laat rondrol het nie? Dit was soos ou Tarka, gesê het, probeer sy eerlik met haarself wees. Sy moes daardie verskriklike nag, vier skote afgevuur het! Want sy het toe sy die rewolwer tussen Luca se vuil bondel klere gekry het, dit net so vinnig moontlik onder die los vloerplank gaan wegsteek. En nooit weer daaraan geraak tot daardie betrokke nag nie. Die magasyn hou vyf patrone. Emma weet sy was onhandig, want sy het nog nooit ’n vuurwapen vantevore hanteer nie. En blind van woede oor haar onkunde, soos Piet dit genoem het, ‘ wat onder haar neus gebeur’. Sy wou wraak neem. Sy het haarself nie tyd gegun om te dink nie en blindelings begin vuur. Eers, as sy reg onthou na die afpoot luiperd in die boom, en heelwaarskynlik na die twee niksvermoedende verliefdes in die boot, Luca en Susan. Haar man en Piet Smal se vrou, Susan. Maar daar was nog twee skote van oorkant die rivier uit die rigting van Halte 5. Toe sy daarheen kyk, verdwaas en geskok oor wat sy pas gedoen het, het sy die lang, maer gestalte van die stasiemeester, Piet Smal in die maanlig sien staan. Daar was ook nog ou Tarka met die haelgeweer in sy besit. Wat was sy aandeel in die tragedie? Sy het nooit sy bewering dat daar net een patroon in die magasyn was, nagegaan nie! En hy het altyd wraak gesweer op die Omuhona en die Nyoka! Tog is die lyke van Luca en Susan nooit gevind nie.

119


So Helder soos Vandag...

Selfs nie nadat die polisie duikers ingebring het om te help soek nie. Geen lyke nie, geen bewys van moord nie. Maar om nou daaraan te dink, terwyl sy die dood in die oë kyk, is nutteloos. Sy staar onsiende na die wit reëngordyn voor haar. En om haar. Nêrens is enige lig te bespeur nie. As sy net die sterre kon sien, sou sy geweet het waar sy is! Want die sterre oor Oasis, die formasie daarvan, is in haar brein graveer. Soos die gesig van ’n geliefde, al is dié al jare lank nie meer daar nie. Sy druk die briewetas teen haar liggaam vas soos jy met ’n geliefde kind sal doen. Sy móét dit red, want dis al wat sy van haar lewe kan wys! “Asseblief, asseblief...” pleit sy. “Asseblief, red my, red ons...!” Emma weet nie by wie sy pleit nie, want sy weet dit is te laat. Skielik sien sy hoe die water in twee dele skeur, dit vorm ’n tonnel voor haar waar ’n verblindende lig brand. Asof sy vlerke gekry het, vlieg sy die lig tegemoet. Voor haar sien sy die afpoot luiperd, ou Tarka en Maria, Luca en Susan en Piet Smal. Almal volg die lig al dieper en dieper die nimmereindigende tonnel in. Emma se boek sal onvoltooid bly, saam met haar in die watermassa begrawe word. Soos dit hoort! ’n Legende het nooit ’n einde nie! In die volksmond verander dit gedurig. Daar word bygelas, weggelaat of verdraai. En om kampvure, miskien eensaam in die veld, buite op die gras op warm someraande of om ’n

120


Fees van die Uile

kaggel in die winter sal die legende voortleef. Dekades lank. Die Legende van Oasis en Emma von Bratt, die Uilvrou.

121


Woonplek van Geeste

E

lke jaar, vir die afgelope vyf jaar al, kom Maryn Erlank terug na Die Skeurvallei, “die woonplek van geeste...” so lei een van die vele legendes! Die inwoners van die kontrei, fluister dit graag vertroulik, in die oor van enige een wat wil luister. Sommige lag of skeer gek daarmee, ander soos syself, blykbaar, laat haar beïnvloed daardeur. Of oorweeg ten minste die moontlikheid van die legende! Sy klim stadig uit teen die trappies wat na die terras voor die hotel, lei. Sy is moeg van die lang rit uit die Kaap tot hier in Suide van Suidwes, naastenby duisend kilometers. Deur die lang, donker nag met net die helder motorligte wat die swart van die teerpad breek, het sy soms getwyfel of dit die motor is wat beweeg. Dit was asof die ligstreep ’n lang wit arm was, wat haar verbete en reddeloos na haar eindbestemming trek. Daar wag al heelwat nuuskieriges op die terugtog van die stappers, sien Maryn. Die tafel waar sy en Riek in die verlede, altyd gesit het, is leeg. Asof dit nog steeds elke jaar vir hulle gereserveer word! Of dat dit vermy word omdat sy nog gereeld elke jaar daar opdaag. Of miskien het die kelner, Petros, iets daarmee te doen.

122


Woonplek van Geeste

Maryn vleg tussen die tafels deur, bewus van die fluistering wat sy hier en daar hoor en die nuuskierige blikkke. Soos vantevore hinder dit haar nie. Maar tog moet sy soms wonder wat haar dryfveer is, om haar jaar na jaar, só bloot te stel aan die nuuskierige waarnemings en bespiegelings van vreemdelinge. Is dit om haar gewete te salf ? Haarself ’n rat voor die oë te draai? Is dit haar onderbewuste wat haar terug dwing? Maar sy weet ook dat dit eintlik, die onsekerheid van wat werklik gebeur het, is wat haar altyd laat terugkeer. Elke jaar, soos nou weer, maar baie sterker, voel sy weer Riek se teenwoordigheid aan. Miskien is dit maar net omdat sy hom so vereenselwig met die plek, dat sy teenwoordigheid amper tasbaar kan voel. Kan dit wees dat hy lewendig uit daardie inferno van die Groot Vloed, die eerste en mees verwoestende in menseheugenis, gekom het? Maar sy wéét tog dat dit onmoontlik is! Geen mens kon daardie watervloed oorlewe het nie! Selfs Riek met sy ensiklopediese kennis van die natuur moes die watervloed ’n onbekende, bonatuurlike, onoorwinlike faktor gewees het. Maar waarom bly sy haarself blameer vir sy dood? Want dis soos ’n moordenaar sal optree: om altyd terug te keer na die toneel van die moord! Asof gedrewe deur ’n onbekende, onverklaarbare mag waaroor sy geen beheer het nie. ’n Uitgeslape, uiters bekwame meester wat al die kaarte in sý hand hou! Sodat jy net

123


So Helder soos Vandag...

’n hulpelose toeskouer in die spel bly. Of ’n marionet waarvan die toutjies na willekeur deur ’n onbekende demoniese meester getrek word, en jy willoos en outomaties reageer. Was die meester nie maar altyd Riek nie? Selfs haar ouers is onbewus van die sieklike obsessie wat sy met die verlede het. Wat sy hulle wysmaak, is dat sy ou vriende besoek. Sy weet hulle glo haar nie. Hulle weet dat sy om een of ander rede nie vrede kan maak met die verlede nie. Maar hulle verstaan, troos hulle mekaar. Sy het haar man en kind daar verloor. Dit moet deel van ’n helingsproses vir hulle dogter wees! Dus neem hulle hierdie keer ook, soos gewoonlik, afskeid van hulle dogter, bekommerd oor haar welsyn, wat hulle elke maal voor haar vertrek, besluit om nie te wys nie. Die gedagte dat hulle haar nie weer sal sien nie, kom nooit by hulle op nie. Hulle is al gewoond aan hierdie jaarlikse uittog, wat sy blykbaar gedwonge voel om te doen. “Maryn Erlank is weer hier,” herken van die gereelde besoekers haar. “Dit is al die hoeveelste maal! Dis of sy nog steeds verwag dat haar man, Riek, as gids van die stappers, enige oomblik sal verskyn! Of sy is nie oortuig is dat hy wel verdrink het ses jaar gelede nie! voeg iemand by. Kyk hoe lyk sy! Nie meer soos ’n mens nie, maar soos ’n gees! Siestog, bejammer ’n vrou haar! Die arme, arme mens! So oud geword in vyf jaar se tyd! Wys

124


Woonplek van Geeste

net hoe sy nog oor die kind treur. En natuurlik ook oor haar man, Riek, voeg sy vinnig by, versigtig om nie miskien aanstoot aan iemand te gee nie . Maryn weet sy word bespreek. Sy neem die mense hulle nuuskierigheid nie kwalik nie, want hier sit sy al wéér op die ou, bekende terras, en wag soos die ander besoekers, op die terugkoms van die seëvierende stappers. Mense sal blý wonder oor haar teenwoordigheid hier, elke jaar. Van sóveel belang kan die ses-dae staptog tog nie vir haar inhou nie, sal hulle tereg redeneer. Daar moet iets anders agter skuil! Dis net menslik dat hulle nuuskierig sal wees oor haar gereelde verskyning, dink Maryn. Sy het geword soos dieselfde eetmaal wat jaar na jaar opgedis word, en nooit afgesaag raak nie, eerder in smaak toeneem met verloop van tyd! Sy het haarself voorgeneem, elke dag van die jaar wat verby is, dat sy nog éénkeer sal probeer, om dít wat haar bly ontwyk, soos ’n skoenlapper wat jy probeer vang, en elke keer vlieg dit weer net buite jou bereik, hierdie jaar tot ’n einde sal kom. Dat dit die laaste jaar is wat hulle haar wéér sal opdis soos ’n rare, maar seldsame bord kos. Tussen die tafels deur, met die trappies, op en af, speel kinders uitgelate, loer nuuskierig en koggelend by die kroegdeur in, waar ’n lang, blonde vrou hulle telkens moet verwilder. Dan kyk sy beskuldigend oor

125


So Helder soos Vandag...

die gaste, asof om hulle attend te maak, dat sommige van die ouers hulle plig versuim. Maar niemand steur hulle aan die stille teregwysing nie. Maryn wonder of die kinders die afgelope vyf ook hier jaar ook hier gespeel het. Wanneer dit by kinders kom, het sy haarself geleer om hulle mis te kyk, geen erkenning te gee aan hulle teenwoordigheid nie. Dis ook die rede waarom sy ophou skool hou het. Want sy bly ’n vergelykings maak: só oud sou hy gewees het, só ’n ’n klein swart krulkop soos sy pa, en miskien het hy haar blou oë geërf. Ná die onbegryplike, tragiese ongeluk, het sy ’n week later, in die hospitaal bygekom. Sy was nie verbaas oor die tydsverloop nie. Dit kon honderd jaar ook gewees het. Tyd was vir haar ’n onbegryplike konsep en van geen belang nie. Haar ernstige kopbeserings het haar nie gepla nie. Sy was nie bewus daarvan nie. Net af en toe het die verblindende pyne wat deur haar kop geskiet het, haar vir ’n oomblik, bewus gemaak van haar omgewing, en die witgeklede dokter en verpleegsters wat in en uit die kamer beweeg het. Later, met die dokter se toestemming, is vrae deur die polisie aan haar gestel. Maar blykbaar kon sy nie die gebeure samehangend wéérgee nie. Sy kon die onbegrip van haar woorde op hulle gesigte lees. Sy het ook nie verstaan waarom dít só belangrik was nie. Alleroorheersend in haar was die verterende, pynlike, nog onaanvaarbare wete, dat sy die kind

126


Woonplek van Geeste

verloor het. Vir die pyne in haar kop kon sy ’n pil sluk vir verligting. Maar daardie ander sielsuitmergelende pyn wat haar laat voel het, asof die bloed wat in haar hart pomp, deur ’n reusehand uitgepers word, het sy geen verweer gehad nie. En die een persoon wat sou verstaan het, het sy soms ge-yl, want die kind was ook tog ook deel van hom, was haar man, Riek, en hy was nie aan haar sy nie! Dit het tyd gevat voordat sy kon verstaan waarom hy afwesig was: hy was óók dood! Soektogte na Riek se liggaam, deur die polisie en vrywilligers, is gereël. Daar was ondervragings deur die polisie om uit te vind, wat presies gebeur het. Getuies wat op die toneel was, was vaag oor wat gebeur het. Alles het té vinnig gebeur. En buitendien het die mistigheid wat oor die landskap gehang het, veroorsaak deur die massas neerstortende water, die uitsig belemmer. En die oorverdowende geraas het bygedra tot die verwarring. Haar ouers het uit die Kaap gekom om haar by te staan. Haar finansiële sake is afgehandel, en soos toe sy nog ’n kind was, het sy weer by hulle gaan woon. ’n Jaar later het Riek se familie laat weet dat daar ’n roudiens vir hom gehou is. Hulle het dit blykbaar nie nodig ge-ag om haar betyds te laat weet nie! Sy was buitendien soos ’n vreemdeling vir hulle. In al die jare van hulle getroude lewe het sy haar skoonouers net twee maal gesien. En Riek se onverklaarbare stroefheid by die

127


So Helder soos Vandag...

ontmoetings het haar vernederd laat voel. Asof hy hom skaam vir haar. Natuurlik het dit bygedra tot hulle ongemak, en so het hulle vir mekaar onbekendes gebly. Daar het vrae oor die tragiese gebeurtenis bly hang. Bespiegelings, verdraaiings en veronderstellings deur die publiek, het die saak meer verduister as belig. Die twee families het geswyg. Daar was geen gepaste woorde wat hulle verlies sou verlig nie. Maryn het weer by ’n kleuterskool begin skoolhou. Ná ’n jaar het sy bedank. In elkeen van die kleuters het sy haar kind gesien, soos hy sou gelyk het. “Waarom martel ek myself so? vra Maryn halfhardop toe sy trane op haar wange voel. Sy kyk vinnig, selfbewus rond na die opgewonde, vrolike gaste om haar. Soos kinders wat vry gelaat is uit die skool vir vakansie, dink sy . En wonder of daar ooit ’n tyd was wat sy ook só gevoel het. Of daar ooit weer ’n tyd sal aanbreek waar sy ’n gevoel van vreugde sal ervaar? Sy vee ongemerk haar trane af en kyk rond waar die ou, bekende kelner, Petros, is. Sy is honger en dors na die lang rit. Sy sien hom by ’n tafel waar vier gaste sit. Dis duidelik dat hy iets aan hulle vertel, met sy kenmerkende, dramatiese handgebare en swaar Nama-aksent. Skielik draai al vier hulle koppe om na haar te kyk. Maryn knik haar kop liggies in groet, half-spottend, asof sy húlle betrap het in ’n wandaad. Hulle snap die mening en kyk vinnig anderpad. Die blonde vrou lyk

128


Woonplek van Geeste

vaagweg bekend vir Maryn. Sy is seker sy het haar al iewers gesien, net vaagweg, vlugtig... “Daar is die spookvrou, weer,” herhaal Petros om seker te maak dat hy hulle aandag het. “Sy kom elke jaar terug om haar man te soek. Haar siel kan nie rus nie, want sy is ’n gees! Sy wéét hy lewe nog!” “Is sy een van die goeie geeste of een van die boses?” spot een man en klap Petros vertroulik op die skouer. “Julle mense met julle bygelowe!” “Ons het hom dan begrawe, Petros!” roep die blonde vrou verontwaardig uit. “Jy was dan een van die draers op Riek se begrafnis! Was jy nie?” “Maar, Miss Maria, daar was niks in daardie kis nie! Dit was so lig soos ’n veertjie! protesteer hy verontwaardig. “Praat julle van Riek Erlank, die fotograaf ?” vra die ander man wat sovêr net geluister het. “Ja, die man wat verdrink het die dag, nou ses jaar gelede, met die Groot Vloed wat Die Skeurvallei getref het. Mense wat dit belewe het, sê dit was die eerste in menseheugenis!” antwoord Maria. “Dan neem ek aan dat dit net sy gees is,” hy wys met sy vinger in die kroeg se rigting, “ wat daar agter die kroegtoonbank staan en drankies skink!” Almal bars uit van die lag. Petros klap sy tong ergerlik en stap reguit na waar Maryn sit. “Miss Maryn is weer hier?” groet hy haar. “Geeste kom altyd terug na hulle woonplek,” sê hy sag. “Altyd! Want hulle kan nie rus kry nie. Hulle soek en soek...”

129


So Helder soos Vandag...

“Ai, Petros, ek kom altyd terug om vir die stappers te wag. Dit het al ’n gewoonte geword!” Sy wys om haar na die ander mense. “Soos hulle ook. En ek verlang maar seker na julle!” terg sy om die onderwerp van ‘geeste’ te vermy. Maar Petros hou by sy storie. “Miss Maryn weet geeste het nie net twee oë nie. Hulle het nog ’n oog tússen die twee oë. Miss moet met daardie oog ook begin kyk!” “Petros ek het dors en is honger. Ek het ’n vêr pad gekom. Bring vir my ’n glas water, tee en toebroodjies, asseblief.” “Goed, Miss Maryn. Ek sê maar net van die derde oog. As Miss nou net saam met my wil stap tot in die kroeg, sal die derde oog iets sien, wat Miss weer lekker sal laat slaap en...” “Asseblief, Petros...” Maryn is verlig toe ’n ander kelner haar bestelling bring. Sy kyk terloops na die tafel waar die blonde vrou gesit het, maar daar sit nou ander mense. Sy sien Petros in die kroegdeur staan, sy gesig uitdrukkingloos. Hy was reg toe hy gesê het: “hulle bly soek,” menende geeste, dink sy. Maar dit geld vir háár ook. Sy blý soek na die waarheid soos na ’n staaf goud wat iewers begrawe is. As sy net die verborge plek kan kry! Was dit háár skuld, Riek s’n of net die sameloop van omstandighede? begin haar gedagtes haar weer teister. Of moontlik, soos sy haarself soms wil wysmaak: dat ’n derde, onbekende persoon, wat in die dieptes van die Die Skeurvallei woon, ook betrokke was?

130


Woonplek van Geeste

Maar sy is tog nie bygelowig nie! wys sy haarself tereg. Het die misterie van hierdie woestynland dan haar gesonde denke só vertroebel? Soms kry sy die gevoel dat die land en sy mense teen haar werk om alle geheime verborge te hou! Miskien wéét die inwoners van die streek as hulle in fluistertoon van “die woonplek van geeste,” praat! Miskien is dit nie só vêrgesog van haar, om aan ’n onbekende, derde persoon te dink nie! “Die woonplek van geeste,” word daar herhaaldelik aan besoekers vertel. Sy voel weer die ou, bekende siddering van vrees, wat haar altyd hier oorval, en haar gesonde denke belemmer. Sy sien hoe haar hand liggies bewe toe sy haar tee inskink. Sy staar nikssiende na die opgeruimde vakansiegangers terwyl sy eet. Dit is ’n helder sonskyndag, net oor die klowe huiwer nog ’n mistigheid. Af en toe herinner ’n geniepsige vlaag westewind hulle daaraan dat dit winter is. Daar heers ’n vakansiestemming, die mense lag en gesels in afwagting op die stappers wat vandag terugkeer. In hierdie kontrei is dit ’n gebeurtenis, het sy geleer sedert sy hier kom woon het. Later trek Maryn ’n trui aan, haal haar sigarette uit en probeer weer lees in ’n tydskrif, wat sy op pad gekoop het. Asof sy daarmee die fluisterende, vreesaanjaende stemme van inwoners van hierdie onherbergsame vallei, wil verjaag: “----wanneer emosies buite beheer is, lei die

131


So Helder soos Vandag...

legende, is dit wys om gevaarlike plekke te vermy---” Én gevaarlike en onvoorspelbare mense, dink Maryn. Twee mense wat gehoop en geglo het dat ’n vakansie saam alle probleme opgelos het! En was daar ’n derde persoon wat hulle geluk wou dwarsboom? Haar gedagtes talm ’n oomblik hier. Soos dit al onvermydelik geword het. Dis altyd asof daar iets is wat sy behoort te onthou. Iéts! Een of ander gebeurtenis, gesigte van mense, of woorde, wat sy al jare lank in herinnering probeer roep, maar wat haar bly ontwyk. Maar wat? Wat presies het op daardie lotsbepalende dag gebeur? Wat was die laaste woorde wat sy en Riek gewissel het? Wie was nog op die toneel? Daar moes nog mense gewees het, wat die tragies ongeluk sien gebeur het. Die nuus van die ergste vloed ooit, wat in aantog is, sou mense daarheen laat stroom het. Soms is dit asof daar ’n herinnering huiwer van ’n rooi sportmotor wat agter haar stilgehou het. Agter die stuurwiel was ’n jong, blonde vrou. Sodra sy tas om die werklikheid daarvan vas te vat, verdwyn dit weer asof ’n swart gordyn daarvoor getrek word. Haar aandag was gevestig op Riek, wat reeds op die nat rotse langs die afgrond gestaan en foto’s neem het. As sy net enigiets kan onthou wat daardie dag gebeur het, sal sy die gebeure kan lostorring soos ’n stuk verbroude breiwerk. Sy sal kan sien waar sy argeloos steke laat val het, of die beoogde patroon

132


Woonplek van Geeste

verloor het. Of as sy die gesig van íémand kan onthou. Daar was íemand wat haar aandag afgetrek het van die steierende Riek, wat al swaarder teen haar aangeleun het. Sý aandag was weer elders gevestig, nie op die gevaar waarin hulle verkeer het nie. Sy onthou die artikel wat sy een of ander tyd in ’n tydskrif gelees het: ‘Wanneer jy ’n traumatiese ondervinding gehad het, skryf die sielkundige, sny jou brein die ergste daarvan uit. Om jou kans te gee om te herstel. Maar mettertyd sal jy onthou. Dit kan jare vat, maar eendag sal jy onthou. Soos jy soms net die buitelyne van ’n nagmerrie sal onthou, maar die kern van jou vrees nie kan herroep nie. Dit wat jou met ’n skok sal laat wakker skrik, natgesweet. En ’n verblindende vrees vir die donkerte om jou. Totdat jy na ’n oomblik terugkeer na die werklikheid en besef dat dit net ’n nagmerrie was.” Maryn wonder of sy ooit sal wakkerskrik uit dié nagmerrie, waarmee sy nou al vyf jaar worstel. En wil sy? Maar dis tog waarom sy elke jaar terugkeer hierheen, is dit nie? vra sy haarself weer af. Of sal die waarheid erger wees as die twyfel en skuldgevoel? Maar sy weet sy moet haarself regruk en met haar lewe aangaan. Weer trou, kinders hê. Die onheilspellende bygelowe en miskien, die onnodige, sielstergende skuldgevoel, van haar af wegwerp. Na

133


So Helder soos Vandag...

waar dit hoort! Terug werp met veragting, terug in die meedoënlose Skeurvallei. Tussen die bose geeste van die geheimsinnige vallei! Sodat die stemme van die goeie geeste hoorbaar kan word. Of sy moet iets doen, sodat almal swyg! Tussen die bose geeste gaan woon, hulle leer ken en verwoes! Sodat geen mens meer deur hulle getreiter kan word nie. Soos sy op hierdie oomblik nie! Dan hoor sy weer die treiterende, sielstergende woorde: “---die duisende geeste, boos en goed, wat jaloers oor Die Skeurvallei waak, is oud en genadeloos,” fluister inwoners sag by jou oor. Húlle besluit wie daar hoort, en wie nie-----net met die verloop van tyd, duisende jare, ’n miljoen jare, kan jy dié kennis verkry. Só wag die dwase geeste reikhalsend na die goeie mens om hom te verlei tot die bose-----sodat hy sy eie verdoemende lot kan regverdig. Hulle laat niks in hulle pad staan nie! ---kyk, jy is vasgekeer, in ’n tronk waaruit jy kan ontsnap, as jy na my luister, eggo hulle verleidelike stemme in jou ontvanklike oor---” Het jý geluister na dié verleidelike stemme? Of het hý geluister en was sy oor meer ontvanklik as joune? Waarom het hy jou nader geroep na die gladde, nat rotse, terwyl jy gekla het oor naarheid en duiseligheid? Bly aandring het! En dit terwyl jy swanger was met julle eerste kind! Die kind wat nou...

134


Woonplek van Geeste

Genadiglik word haar teisterende gedagtes verdring deur die meedoënlose, fluisterende stemme: “---die wyse geeste reik met genade en erbarming uit na die kwade mens om dié te verander. Voordat dit te laat is! Om hom weg te raap voor die versoeking té groot word en hý of sý as een van die miljoene bose geeste oor die vallei begin heers---” Wie het daardie dag oor Die Skeurvallei geheers, toe Riek afgestort het in die donker diepte van die miljoene kuseks, verwoestende en versmorende water? Maryn se ontstellende gedagtes word onderbreek deur die geraas van toeters, motordeure wat toeklap en luidrugtige stemme. ’n Stroom nuwe aankomelinge bestyg die terras en verdwyn in die kroeg. Sy staar hulle belangeloos agterna. En wonder of waarom niks ooit hier verander nie. Selfs die vreemdelinge lyk bekend! En dis nog dieselfde ou, bekende terras met sy wit plastiek meubels, sy bruin klipvloer en verbleikte sambrele. Dit kan selfs dieselfde mense wees wat ses jaar gelede ook hier gesit het! As iets maar verander het, al was dit dan net nuwe stoele in ’n ander kleur! Dit voel of tyd gestol het hier. Soos in haar. Is dit net ses jaar gelede dat hulle ook hier op die terras by die vakansieplek gesit het? Sy en haar man, Riek? Sy voel so oud, soos een van die geeste wat al duisende jare in die vallei woon. Is sy éen van die goeie geeste of éen van die bose geeste? Vir die antwoord op dié vraag wag sy al jare.

135


So Helder soos Vandag...

Sy weet sy sal sélf die vraag moet beantwoord! Het sy kwytskelding van háár skuld aan die ongeluk, kom soek? Het Riek sy balans verloor op die nat rotslys? Wou hy haar saam met hom trek? Of was dit maar net die sameloop van omstandighede en die gevolge wat haar met ’n skuldgevoel gelaat het? Daardie dag op die terras was hulle tog gelukkig? Sy móét dit glo, want dit is al wat haar kan kwytskel van die donker berou. Maar was hulle werklik? “Volgende winter stap ons weer Die Skeurvallei, Maryn,” het hy daardie dag gesê. “En hierdie keer kom jy saam, of hoe?” Sy stem was nie vraend nie, maar eerder honend. Of spottend, omdat sy nie die uitdagings van die oneindige woestynland kon baasraak nie. Het hy werklik vergeet dat hulle volgende jaar dié tyd ’n kind sal hê? “Het jy vergeet van die baba, Riek?” Sy kon nie die ergernis nie uit haar stem hou nie. “O, ja, die kind! Natuurlik het ek nie vergeet nie! Jy herinner my tog gereeld daaraan!” Voordat sy nog aan ’n gepaste antwoord kan dink, sonder om te wys hoe seergemaak sy is deur sy venynige woorde, word hulle aandag afgetrek. Een van die terugkerende stappers, ’n frisgeboude man met ’n rooi volbaard, het vasgesteek toe hy hulle sien. Hy het met uitgestrekte hand nader gestap en Riek hartlik gegroet. “Hallo, ou Riek!” het hy vrolik uitgeroep en Riek

136


Woonplek van Geeste

se hand oordadig geskud. “Hallo, Flip,” het Riek halfhartig gegroet. “Wat maak jy in dié geweste?’ “O, kuier by familie hier, dis mos die jagseisoen! Het kom biltong soek!” Hy het uitbundig gelag asof hy ’n grap vertel het. Dit het gelyk asof Riek hom teësinnig aan Maryn voorstel. “Flip dis my vrou, Maryn.” Flip se oë het opsommend oor haar lyf gegaan. Hy het duidelik gewag op ’n uitnodiging om by hulle aan te sluit. Toe dit nie kom nie, het ’n rooi gloed oor sy gesig uitgeslaan. Hy het skielik vooroor geleun asof hy nie wil hê Maryn moet hoor nie. “Maria sê sy het groot nuus vir jou,” het hy amper fluisterend gesê. Toe Riek niks sê nie het hy weggestap en oor sy skouer gesê: “Groot nuus, as jy verstaan wat ek bedoel, ou Riekie!” “Is hy ’n vriend van jou, Riek? En wie is Maria?” het Maryn verontwaardig gevra. Die man se voortvarendheid het haar teen die bors gestuit. “Maria is ’n joernalis by die Môrester waar ek werk, soos jy weet, en ou Flip is haar handlanger. Hy is ’n moeilikheidsoeker, en eendag...” Sy het hom in die rede geval. “Wat bedoel die man met ‘groot nuus,’ Riek?” Sy kon die agterdog nie uit haar stem weer nie, en sy wou ook nie. Skinderstories het al haar ore bereik, maar sy het besluit om dit te behandel met die veragting wat dit verdien. “Seker maar ’n nuwe projek waarvan ek foto’s

137


So Helder soos Vandag...

moet neem,” het hy die saak afgemaak. “Verlede winter was julle op daardie staptoer in die Kalahari, onthou ek. Het Maria julle vergesel as joernalis?” Maryn het sy antwoord gevrees. Riek het sy stoel hardhandig terug gestamp. “Ja, dis wat sy doen! Dis haar werk! Wat is dit met al die vrae, Maryn?” Die vorige winter was hulle reeds getroud! Die koue hand van onsekerheid het haar keel laat toetrek. Elke winter was Riek een van die gidse wat staptogte dwarsdeur die land gereël en onderneem het. “Die buitelug, die landskap, die uitgestrektheid van Afrika, is my lewe! As ek ingehok word, sal ek my menswees verloor! Ek soek nuwe horisonne, nuwe ervarings... En jy dit geweet toe jy met my getrou het, Maryn!” het hy elke maal herhaal, wanneer sy gekla het oor sy uithuisigheid. Hy was ook ’n fotograaf en was altyd bereid om saam met een of ander ekspedisie te gaan om foto’s te neem. Dit het nie saak gemaak waarheen nie. En hoe lank hy wegbly nie. En kan doen wat jy wil, sonder enige verpligtinge! wou sy byvoeg, maar het geweet dat hy reg was. Sy hét geweet! Selfs haar ouers was skepties oor die wysheid van hulle huwelik. Sy het in ’n huis groot geword waar vrouens beskerm en gekoester is. Hier het sy blootgestel gevoel, en sedert haar swangerskap bang en alleen. Maryn word teruggeruk uit haar gedagtes, toe die

138


Woonplek van Geeste

mense op die terras skielik uitbundig begin hande klap met krete van aanmoediging, wolwefluite en gelukwensings aan die eerste aankomelinge. Daar heers altyd ’n gees van feestelikheid om dié geleentheid elke jaar gedurende die winter. Dis ál tyd van die jaar wat dit moontlik is om die staptog te onderneem, in die somer is dit té warm. Die stappers begin terugkeer na ’n ses-dae lang staptoer deur die onherbergsame Skeurvallei. Die lugspieëlings in die vroegoggendlig, skep soms ’n prentjie, waar dit lyk asof hulle lang ente deur die lug sweef. Dan skielik is hulle skaars sigbaar, verlore in die mistigheid vir ’n oomblik, en dan rek hulle weer uit soos ’n stuk gomlastiek wat jy trek, en verander in lang, wit gedaantes, soos in ’n spookstorie. Sy haal haar donkerbril af en knip haar trane weg. Sy sal wag net totdat die laaste stapper die terras bereik, dan gaan sy in haar motor klim, die verlede agter haar laat en die lang pad terug vat huistoe. Dié besluit laat haar in ’n mate ontspan en sy sak terug in die stoel met ’n sug. Sy weet dat dié besluite van haar kortstondig is. Maar sy gee haar ’n oomblik oor aan ’n gevoel van ’n kosbare bevryding. Maryn bly staar na die aankomende stappers, maar haar gedagtes is terug by die dag, ses jaar gelede. Op pad terug dorp toe, het Riek oor die projekte wat hy die jaar nog moes afhandel, begin gesels. Al wat in haar gedagtes gemaal het was die onbekende

139


So Helder soos Vandag...

Maria en die insinuasie wat Flip gemaak het. Dít was ’n manier wat Riek gehad het: Om ernstige kwessies en probleme te vermy asof dit nie bestaan nie! “Teen September sal alles afgehandel wees en dan kan ons met vakansie gaan,” het Riek se woorde tot haar deurgedring. Toe sy nie dadelik antwoord nie, het hy bygevoeg: “Net waarheen jy wil, Maryn.” Dit was duidelik dat hy die ongemaklikheid van vroeër uit die weg wou ruim. Gewoonlik weier hy om met vakansie te gaan, vernaamlik as dit na een van die stede is! Hy is altyd met vakansie, is altyd een van sy swak grappies, waaraan sy al gewoond geraak het. “Dit sal wonderlik wees, Riek!” Sy was verbaas oor haar skielike entoesiasme, effens geveins, want sy was nie seker of hy dit bedoel nie, en of hy dit nie net as ’n paaimiddel gebruik nie. “Ons kan ’n draai by my ouers maak en ’n tyd by die see gaan deurbring!” Dan kan sy die baba uitrusting in een van die vele winkels, waar sy ’n wye keuse het, koop, miskien iets vir die huis, of selfs vir haarself, as die begroting dit toelaat, het sy gedink. Maryn het haar voorgeneem om die onsekerheid wat sy voel oor haar man, wyslik te verban. Daar is ook die kind waaraan sy moet dink. Sy en Riek is die kind se ouers en dis die belangrikste aspek, nie hulle onderlinge verskille nie. In die helfte van September het hulle met vakansie vertrek. Hulle het die deur agter hulle gesluit, min

140


Woonplek van Geeste

wetende dat nie een van hulle sal terugkeer na die plek, waar hulle vier jaar saamgewoon het nie. ’n Maand later, was hulle op die lang, uitputtende pad terug, toe Riek skielik die stilte verbreek: “Daar was ’n wolkbreuk oor die hooglande, Maryn!” het hy opgewonde oor sy skouer uitgeroep na waar sy agter in die motor gesit het. “Die ergste wat die land nog beleef het, het van die oumense verklaar. En al daardie water is op pad na Die Skeurvallei! Dit het nou net oor die radio gekom! En jy weet wat dit beteken, Maryn?” Sy was moeg na die lang pad en kon nie deel in sy opgewondenheid nie. “Nee Riek, ek weet nie!” het sy ongeduldig geantwoord. “Al daardie water, tonne daarvan is op pad na Die Skeurvallei. Dit sal ’n skouspel wees! Ek móét eenvoudig gaan fotos neem!” “Maar dis ’n ompad en ek is moeg! Ek wil by die huis kom, bad en rus!” “Komaan, Maryn! Dit was ’n lekker vakansie, was dit nie? Kom ons geniet dit tot op die laaste! Amptelik is ons tog nog met vakansie. Nie waar nie?” Sy moes toegee dat die vakansie ’n sukses was. Al die griewe en misverstande tussen hulle is uit die weg geruim. Selfs haar agterdog jeens die onbekende Maria het die wyk geneem. “Nou, maar goed, Riek, het sy teësinnig ingestem. “As jy so sterk daaroor voel!” “Dit sal die eerste maal wees wat ons so iets

141


So Helder soos Vandag...

saamdoen, weet jy Maryn. En miskien die laaste maal...” Sy vroeëre vrolikheid het verdwyn. Daar was ’n treurige, half verwytende klank daar in. Sy het verbaas na haar man langs haar gekyk. Soms het hy in ’n vreemdeling verander. Hierdie was een van die kere. “Wat op aarde bedoel jy, Riek? Die laaste maal...?” Dit was ’n broeiende, warm dag, maar dit het meteens gevoel of daar ’n kilheid die atmosfeer binnegesluip het. “In die lyn van die werk wat ek doen, het ek al soveel maal met natuurrampe te doen gehad, mense sien sterf oor een enkele misrekening, ’n mistasting, ’n vergissing,” het hy gesê asof hy iets aan ’n dom kind voorlees. Uit ’n oninteressante teksboek. “Kom ons gaan huistoe, Riek! Waarom skielik die morbiede praatjies? Jy maak my bang en ek is moeg...” Dit was net so goed sy het nie gepraat nie. “’n Aanname dat niks verkeerd sal gaan nie, solank daar iemand anders is om op te steun nie. Iemand anders wat die verantwoordelikheid namens jou sal dra. Sodat jy vrygespreek is van enige blaam!” Hy het terloops, half-spottend na haar gekyk. Sy het die gevoel gekry dat hy haar gedagtes kon lees, en weet dat sy hom sou vra: “Praat jy van jouself ?” Maar sy was nie van plan om die vakansie stemming vêrder te bederf nie. Hy het reeds genoeg gedoen. Daar het ’n wit wasigheid oor die landskap om Die Skeurvallei gehang. Fyn sproeireën het geruisloos

142


Woonplek van Geeste

neergesif. Bosse en bome het soos swart gedaantes voor hulle opgeduik en langs die motor verdwyn soos voortvlugtiges. Toe Riek skielik weer praat, het sy onwillekeurig geruk soos sy skrik. “Iets dryf my hierheen, Maryn,” het hy gesê, “of dit trek my, dis soos ’n magneet!” asof hy verskoning vra. “Iets of iemand...” “Seker die voorvadergeeste, Riek,” het sy gespot, en gelag om die angel uit haar woorde te neem. Maar hy het nie gelag nie, net skaars hoorbaar gefluister: “dis onvermydelik, soos die dood...” Maryn besef nie dat sy huil nie, trane verblind haar oë, en sy voel verlig toe sy sien die mense om haar lag en kyk na die kroeg. Niks verander hier nie, dink Maryn terwyl sy luister na die bakleiery in die kroeg. Sy sien hoe twee mans hardhandig by die kroegdeur uitgestamp word. Een struikel en val op sy rug, sy bos woeste, rooi baard lyk of dit aan die brand geslaan het. Dan dring die wete plotseling tot haar deur. Dis Flip Buys, die man wat ses jaar gelede die saadjie van agterdog, jeens Riek, in haar kop geplant het! Sy moet wegkom hier! Voor Flip Buys haar sien! Maryn gryp vervaard haar handsak, vleg so vinnig as wat sy kan tussen die tafels deur, hardloop teen die trappe af, oor die pad en stop uitasem by haar motor. Haar hand bewe so dat sy sukkel om die motordeur oop te sluit. Sy draai verskrik om toe sy iemand na

143


So Helder soos Vandag...

hoor roep. Haar oë soek onwillekeurig na Flip Buys, alhoewel sy hoor dis nie sy stem nie. “Mar... Mar... Maaa!” Dit voel of die klanke van haar naam, al die leë ruimtes in die omgewing vul en dan genoodsaak is om vêrder te soek vir uitkomplek. Dit bons van haar ore af, word opgeslurp deur die diep, donker klowe. Dan word dit terugwerp tot teen die kranse, sodat die eggo’s weer terugvlieg tot by die oorsprong op die terras voor die hotel, en daar wag vir ’n vêrdere bevel. Dit voel vir Maryn asof die eggo haar oë met geweld saamgetrek het tot by die man wat daar staan. ’n Lang, maer man met deurmekaar swart, krulhare,’n kamera oor sy regterskouer gehak, en ’n donkerbril op sy oë. “ Riek...!” skreeu sy, haar lippe vorm sy naam, maar daar is geen klank nie. Dit kan niemand anders wees nie! Selfs sy kenmerkende houding, die regteskouer laer as die linker een, asof dit afgetrek word deur die gewig van die kamera! Dan sien sy nou met al drie haar oë, dink sy onsamehangend, soos Petros haar spottend aangeraai het! Dis Riek wat daar staan, maar hy is dood! Maar wie anders kan dit wees? Dis ál wie dit kan wees! Haar man, Riek. Sy behoort tog haar man te ken! En dis die ou, bekende stem. Maar die stem wat sy nou net gehoor het, het ’n heeltemal ander intonasie. Nie soos daardie laaste dag wat hulle saam was nie. Toe was die stem ’n opgewonde, vreugdevolle uitroep

144


Woonplek van Geeste

van iemand wat ’n geliefde verwelkom na ’n lang afwesigheid. Vandag is is dit hartseer, vol verlange, soos die afskeidsgroet aan ’n geliefde wat jy nie weer sal sien nie. Maryn het onbewustelik begin terug beweeg na die terras, maar die mense, nou op hulle voete om die stappers aan te moedig, versper haar gesigsveld. Petros staan nog in die kroegdeur, sy hand bokant sy kop gelig in ’n afskeidsgroet. Sy kon later nie onthou wanneer sy die motor aangeskakel en begin ry het nie. Sy is net bewus daarvan dat sy stil gehou het by die afdraaipad na Die Skeurvallei. Hoe sy tot daar gery het oor die sinkplaat pad en die spoelslote outomaties vermy het, kan sy nie onthou nie. Dit is asof die motor op eie stoom tot daar beweeg het. Links van haar strek die teerpad, gerusstellend, soos ’n swart lint tot teen die horison. Regs kan sy reeds daardie dreigende, onheilspellende mistigheid wat oor die vallei hang, sien. ’n Rilling trek deur haar asof sy die sproeireën op haar vel kan voel, soos ses jaar gelede. Toe eers besef sy dat sy geluidloos huil, trane loop oor haar wange, drup oor haar ken rol teen haar nek af. Dis haar trane wat die mistigheid skep, want om haar lê die droë landskap, ’n helder , winters sonskyndag. Sy bly besluiteloos sit. Wat sal sy doen? Moet sy die teerpad vat of afdraai na die afgronde?

145


So Helder soos Vandag...

Toe onthou sy weer Riek se treurige stem, net voor sy weggery het van die terras af. Die verlange wat sy daarin gehoor het. Hy mis haar, het sy stem die boodskap oorgedra. Waar hy ook mag wees! Dit is nou vir haar baie duidelik dat hy kontak met haar wil maak. Die ou, bekende, byna reeds vergete gevoel van sy nabyheid in die verlede, bereik haar in ’n vloed van geluk en weldadigheid. Sy druk die toeter van die motor ritmies saam met ’n onbedwingbare lagbui wat haar oorval, en ’n gevoel van verlossing deur haar stuur. Duiwe vlieg verskrik uit die doringboom op die kant van die pad, reg voor haar. Hulle maak ’n paar draaie deur die lug en kom sit dan weer ongesteurd in die boom. Meteens twyfel sy nie meer watter pad sy moet vat nie. Sy draai die motor se neus na regs en ry stadig en versigtig deur die los, ronde, bruin klippe. Die sonskyn dag, die lig op die duiwe se vlerke op hulle vlug, en die son wat weldadig in die motor inskyn, wek in haar ’n vreugde wat sy al vergeet het. Nie soos daardie noodlottige dag ses jaar gelede nie. Waarom sy nie toe besef het dat daar iets onheilspellends omtrent die dag was nie, bly nog steeds vir haar ’n raaisel. Riek met sy wye kennis van die land moes tog besef het dat daar iets vreemds en dreigends in die natuur geskuil het. Vandag is so heeltemal anders. Dis of sy vir die eerste maal hier kom, selfs haar gevoelens het verander.

146


Woonplek van Geeste

Sy voel asof die plek haar verwelkom na haar lang en eensame tog deur verwildering en wanhoop. Sy probeer onthou die presiese plek waar hulle parkeer het, stop ook daar en los die sleutel in die slot. Sy wil net verlaas gaan afskeid neem en sal aanstons weer vertrek om ’n nuwe lewe te begin. Maryn klim stadig en rustig af met die uitgetrapte paadjie wat deur duisende voete daar getrap is deur die eeue. In haar verbeelding kan sy haarself voorstel, dat baie jong vroue deur die eeue, kalbas op die kop, in die kuile hier kom water skep het. Soos sy afklim voel sy die hitte toeneem in intensiteit. Die son skyn nou reg van bo-af en weerkaats teen die swart rotswande en verblind haar. Sy het in haar haas haar donkerbril, wat sy afgehaal het om haar trane af te vee, in die motor vergeet. Sy gaan staan, probeer skerm met haar hand bokant haar oë, die skerpste strale van die son uit. Waarom het sy nog nooit vantevore, jaar na jaar teruggekom híérheen nie? Afgeklim ondertoe soos sy nou doen nie? As sy ’n antwoord soek, moet dit tog hier lê! Sy probeer bepaal presies waar sy en Riek gestaan het, net voor die ongeluk. Hulle laaste oomblikke saam. Dit moet daar wees, dink sy, op die hoogste rotse wat sy gedeeltelik van onder af kan sien. Sy meet die hoogte wat hy moes geval het met haar oë. Honderd meter? Sy kyk af na die skerppuntige rotse reg onder. Maar die siedende water sou hom weggevoer

147


So Helder soos Vandag...

het voordat hy die rotse kon bereik het. Hy kon nie daarop geval het nie, dink sy verlig. Net of dit enige waarde het! Hy is dood! Hy was ook een van die ongelukkige slagoffers van die verskriklike vloed wat soveel verwoesting oor die land aangerig het en die dood van soveel onskuldige mense geëis het. Maryn herroep met ’n siddering van vrees die eindelose, meedoënlose massa water wat haar en Riek ingewag het by Die Skeurvallei ses jaar gelede... Riek en Maryn kan reeds die bulderende water hoor toe hulle stilhou. Riek stap vooruit en begin fotos neem. Maryn stap stadig nader en gaan staan; sy wil nie afkyk in die kolkende water nie, sy voel naar en siek. Riek staan op die rand van die afgrond, sy kamera gerig op die water. Hy kyk om na haar met ’n uitnodigende, dog onpeilbare glimlag. “Kom bietjie nader, Maryn, jy kan niks daarvandaan sien nie!” skreeu hy om homself hoorbaar te maak bo die oorverdowende, neerstortende water. “Kom, kyk dis asemrowend mooi!” Maryn stap versigtig voetjie vir voetjie nader, bang dat sy dalk op die nat, gladde rotse kan gly. Sy strek haar hand huiwerig uit na hom en beweeg stadig nader, maar steek vas toe sy die massa spierwit water sien. Dit lyk soos ’n pot kokende melk wat deur ’n onsigbare hand gestook word. Dit styg al hoër en hoër en kan enige oomblik begin oorkook, het sy vreesbevange gedink.

148


Woonplek van Geeste

“Kom aan, Maryn!” vorm sy mond die woorde en sy sien die ongeduld op sy gesig. “Ek is naar, Riek,” protesteer sy, maar weet dat hy haar nie hoor nie. Sy vat sy nat regterhand wat hy na haar uitsteek. In sy linkerhand klem hy die kamera vas. “Komaan! komaan...!”skreeu hy. Sy gesig is vertrek van inspanning en ongeduld. Hy pluk haar onverhoeds hardhandig nader, sy struikel effens en herwin haar balans toe sy langs hom op die gladde rots staan. Hy is besig met ’n spel, flits dit deur haar brein, ’n demoniese spel, tartend, roekeloos, asof hy die dood uitdaag! Hy is net soos hierdie water, het sy ontnugter gedink. ’n Natuurramp! Tot dáár kon sy die gebeure onthou. Daarna het haar geheue ’n stikdonker kamer geword, waar sy tevergeefs na ’n deur of venster soek, om te ontsnap. Alles was uitgewis soos jy jou spore in sand kan doodvee met jou hand. Asof jy nooit daar geloop het nie! Sy onthou die eerste tydperk van haar lewe, dertig jaar, wat gestrek het van haar kinderdae, haar huwelik met Riek en hulle lewe saam. Die laaste vyf jaar het sy haar tydsbegrip verloor, of dit het haar verloor! Die tweede tydperk van haar lewe het begin met haar bewuswording van witgeklede figure wat om haar beweeg. Maar sy kon nooit weer die weklikheid, soos sy die begrip verstaan, herwin nie. Sy het geword soos ’n skip sonder ’n bemanning, wat uitgelewer is

149


So Helder soos Vandag...

aan die buie van die see. Maryna voel hoe die strale van die striemende hitte haar oorweldig. Haar natgeswete klere kleef aan haar lyf en sy voel duiselig van die diaboliese lig. Sy moet uitkom hier! Dis ’n plek van onheil! Al getuig alles om haar dat dit net ’n doodgewone wintersdag is. Maar sy het teruggekom vir die laaste maal vas te stel wat wérklik daardie verskriklike dag gebeur het. Al het sy vroeër, vir ’n kort, wonderlike oomblik, haarself mislei of getroos dat sy hom op die terras gesien en sy geliefde stem na hoor roep het. Maryn begin stadig, moeg van die uitmergelende hitte, terugklim, al met die kronkelende voetpad langs boontoe. Halfpad gaan staan sy weer, uitgeput, hartseer, bewus van die futuliteit van haar optrede. Niks kan Riek terugbring nie. Die dood is finaal.! Sy staar weereens, intens, na die plek waar hulle gestaan het, op die plat gladde rotslaag, omtrent drie voet hoër as die grondoppervakte. As sy net iets van hulle laaste oomblikke saam kan onthou! Enigiets. Eers is nie bewus van die verandering wat plaasvind nie. Die skerp lig, maak dit eers byna onsigbaar, maar die teenwoordigheid van ’n dowwe flikkerende liggie agter haar oë, wis die skerp sonstrale uit. Dis of iemand ’n vuurhoutjie getrek het om ’n kers aan te steek in ’n donker huis. Dan begin die liggie stadig beweeg deur die huis. Van een donker kamer na die volgende, verdryf dit die duisternis, sodat alles in

150


Woonplek van Geeste

die vertrek sigbaar word. Dan bereik dit haar waar sy in ’n stikdonker kamer wag. Die liggie vedryf die duisternis, waarin sy al die jare vertoef het. Alles wat voorheen verborge was, word bloot gelê soos die inhoud van die kamer waar sy is. Soos ’n riller waarna jy kyk, begin die gebeure van ses jaar gelede voor haar afspeel. Hulle, Maryn en Riek, haar man, staan op die rand van die afgrond van Die Skeurvallei, skaars een tree weg van die gevaar. Die rotslaag, drie voet hoër as die grondoppervlakte, waarop hulle staan is nat, glad en glibberig. Dit lyk of hulle soos twee drenkelinge aan mekaar vashou, altwee van mening dat die een die ander tot hulp kan wees. Of soos twee verlore siele in ’n makabere dans van die dood. Riek is effens van balans af nadat die kamera uit sy hand geglip en oor die afgrond gerol het. Asof die verlies van die gewig van die kamera in sy regterhand sy balans versteur het. Maryn klem desperaat sy linkerhand vas, want sy voel hoe hy vastrapplek met sy voet soek om nader aan haar te beweeg. Sy steier effens toe sy, sy volle gewig teen haar skouer voel aanleun. Hy skreeu iets, sien sy aan die vorm wat sy lippe maak. “Ma...!” Die donderende water doof die klank uit. “Ma...!” skreeu hy weer. “Ek is hier!” skreeu sy terug, maar dis duidelik dat hy niks hoor nie.

151


So Helder soos Vandag...

Maryn klem sy hand nog stuiwer desperater vas. Onder haar voete is dit nat en glibberig. “Asseblief,” pleit sy aan mekaar, maar weet nie aan wie die smeking gerig is nie. “Ek is hier!” skreeu sy weer en weer. Sy sien hoe hy lag, uitbundig lag, sy tande nat, skitterend in die fel lig. Riek bly staar oor haar regterskouer na iets dáár. Maryn draai haar kop stadig, versigtig na regs en kyk vlugtig na wat sy aandag trek. Die blonde vrou wat vroeër in ’n motor langs haar parkeer het, kom laggend aangestap, ’n baba in haar arms. “Ma... ria!”skreeu hy aanhoudend, sy lippe byna teen Maryn se oor. “Ma...ria...!” Dan dring dit soos ’n verswelgende vuur deur haar: Flip Buys se insinuasies oor ’n verhouding wat Riek met ene Maria sou gehad het en sy sinspeling dat daar ’n baba op pad is. Dis hierdie vrou, Maria, na wie hy so desperaat roep, so buite van vreugde om haar te sien. En hulle baba, natuurlik. Maryn het gevoel hoe haar ongebore kind wild protesteer, onrustig roer en skop in haar, asof smagtend na suurstof. Steekpyne het deur haar liggaam geskiet. Sy het gegil, haar mond wyd gesper, asof in doods angs, en gevoel hoe koue, lawende water haar mond volstroom. Maar sy was nie in staat om te sluk nie. Krampe het haar liggaam dubbeld laat vou. Sy het desperaat Riek se steeds vasklouende hand

152


Woonplek van Geeste

gelos en haar maag vasgegryp. Laaste wat sy gesien het, was hoe hy oor die afgrond val en in die donderende, silwerwit watermassa verdwyn. Maryn het gevoel hoe sy val, hoe haar kop ’n harde voorwerp tref. En daarna niks. Maar dit maak nie van haar ’n moordenaar nie, dink sy nou waar sy op die rand van die afgrond staan. Dit was bloot dat sy haar ongebore kind wou beskerm. Dit was bloot die onverklaarbare sameloop van omstandighede, troos sy haarself. Of was dit die bose geeste van die Skeurvallei wat daardie dag hulle grusame dade kom pleeg het? Die skroeiende sand dring deur haar skoensole. Die deurdringende geskril van sonbesies, die ongenaakbare son, laat haar ’n oomblik duisel. Sy hoor ’n motordeur toeklap, nog besoekers het opgedaag. Maryn stap stadig terug na die rotslaag waar sy en haar man Riek, eeue gelede, so voel dit, maar dis net ses jaar gelede, gestaan het, daardie noodlottige dag. In haar onderbewuste was die wete weggesteek, daarom het sy verplig gevoel om elke jaar teug te keer. Dit het ’n obsessie geraak, wat haar lewe verwoes het. Dit het haar lewe tot stilstand gebring. Maar nou weet sy en die wete in haar is ’n verlossing. Dis asof sy jare geslaap het en so pas wakker geskrik het! Maar wat van hulle kind? Dis éintlike die rede, as sy eerlik moet wees, waarom sy terugkeer elke jaar. Sy kan nie net haarself blameer, of onverklaarbare

153


So Helder soos Vandag...

omstandighede, of denkbeeldige boes geeste nie. Iemand moet die skuld dra! En dit was Riek met sy onbesonne optrede. Hy is die moordenaar! Maar hy is dood! Wat help dit om teen die prikkels te bly skop? Maar is hy werklik dood? Wie het sy minder as ’n uur gelede op die terras gesien? Gehoor hoe hy na háár roep: “Maryn! Maryn!” Háár naam! Nie weer die naam van daardie ánder vrou nie! Maar dit was seker haar verbeelding. Wat verstaanbaar is, want hy en hulle kind is nooit uit haar gedagtes nie. Elke dag van die jaar, ses jaar lank al. Maar sy is nou klaar daarmee. Sy sal nou in haar motor gaan klim, haar ouers iewers vandaan bel en sê dat sy op pad is. Terug huistoe kom. Maar sy bly staan, nie besluiteloos nie, net asof sy nog wag vir die regte antwoord, iets wat haar finaal sal verlos van die verlede. Soos ’n naelstring wat geknip moet word sodat ’n nuwe lewe kan begin. Maryn onthou dat daar nog besoekers opgedaag het, maar sy hoor of sien hulle nie. Sy word bewus van iemand se teenwoordigheid, kyk om haar rond, maar al wat sy sien is die droë landskap, mirages wat oor die rante dans en ’n stofduiwel wat stadig, warrelend verby trek. Sy skerm haar oë met haar hand en tuur in die rigting waar sy ’n motordeur hoor klap het. Sy dink sy hoor die klik- geluid van ’n kamera soos iemand ’n foto neem, maar is nie seker nie. Dit kan ook die klap geluid wees van ’n tak wees. Miskien ’n een of ander bok wat verby beweeg. Sy draai stadig in

154


Woonplek van Geeste

die rigting vanwaar die klank gekom het. Die skaduwee van iemand wat agter ’n rots skuil, trek ’n donker streep in die helder sonlig. As dit ’n kamera was, dink Maryn, mag dit Riek wees, maar kan ook net die van ’n besoeker wees. Riek het gedurig foto’s geneem, hy het ’n obsessie met kameras gehad. As dit sy kamera was, dan het haar oë haar nie bedrieg nie: dit wás hy op die terras! “Riek,” fluister sy, asof sy bang is om die dode wakker te maak. Hy kan tog nie lewend wees nie. “Maryn,” antwoord hy voor sy hom nog kan sien. “Dis ek, Maryn, ek moet jou dringend sien. Maar wil jy my sien?” Hy klink gemaak-onseker, ’n manier wat hy gehad het wanneer hy spot. Haar eerste reaksie is een van irritasie. Dis nie nou tyd vir gekskeer nie, wat hy gewoonlik in die verlede gedoen het, wanneer ’n situasie erns vereis het, en hy dit wou afskaal na die belaglike! Ten koste van haar. Verstaan hy nie dat te veel gebeur tussen toe en nou nie! Wat van haar kind, hulle kind? Maar was dit werklik Riek wat gepraat het? ’n Gevoel van onwerklikheid, een van angs, oorweldig haar. Sodat sy begin bewe in die geniepsigheid van die ongenaakbare son. Is dit nie net maar wensdenkery dat sy se stem gehoor het nie? Of praat hy met haar uit die doderyk? Uit sy watergraf ? Maryn tuur oor die Skeurvallei, waar die versengende sonstrale bibber en beef, en kan dit skaars vereenselwig met die siedende, dodelike

155


So Helder soos Vandag...

watermassa wat daardie noodlottige dag donderend, afskrikwekkend alles in sy pad saam gevoer het op pad na die Atlantiese oseaan. Vir Riek ook, hy net so onbelangrik soos ’n boomstomp of ’n dooie dier. Sy skerm haar oë met haar hand en kyk af tot waar vlymskerp rotspunte oral deur die warm, skroeiende sand uitsteek. Dodelik as jy daarop sou val, veral vanaf die hoogte op die rotsplaat waar sy staan. Dit lyk onwerklik en onheilspellend. Asof dit miskien eeue gelede gebruik kon gewees het om misdadigers te straf. Of uit die weg te ruim. Nie ’n wonder dat die inwoners van die vallei so behep is met bose geeste nie. Maryn draai haar oë weg en span haar in om haar gedagtes in toom te hou. Met dié sien sy uit die hoek van haar oog die skaduwee agter die rots. Rats soos roofdier spring hy uit sy skuiling en land ligvoets langs haar op die rotsplaat. Sy slaag net daarin om ’n gil van skok te onderdruk. “Hallo Maryn,” groet hy doodgewoon soos hy elke dag gedoen het wanneer van een van sy ekspedisies teruggekeer het toe hulle nog getroud was. “Jy lewe, Riek!” Haar stem bewe, maar kan nie haar vreugde verberg nie. “Hoe is dit moontlik? Ek het met my eie oë gesien hoe jy in daardie afgryslike watermassa val...” “Vergeet daarvan,” sê hy en draai sy rug doelbewus na die afgrond, asof met dié gebaar die verlede kan uitwis.

156


Woonplek van Geeste

“Vergeet die verlede, dis die toekoms waaraan ons moet dink!” Hy steek sy hand uit en neem hare. Vreugde en hoop, solank laas ervaar, vul haar hele wese: Haar man is terug! Nog dieselfde donker krulhare, blou oë soos die see op ’n stil, lomerige somersdag, kamera oor die skouer. “Ja, jy’s reg Riek, dis die toekoms waarom ons moet dink,” haar woorde klink vir haar leeg en vals. Net ’n rympie wat mens opsê om dieper emosies weg te steek. “Maar hoe op aarde het jy dit oorleef, Riek? Dis nie menslik moontlik nie! Ek het jou in daardie watermassa sien verdwyn...” “My kennis van die natuur en die rampe wat ’n mens kan tref, het my gered, Maryn> en dit was ook nie die eerste maal nie! En jy ken die uitdrukking: ‘die kat het sewe lewens’. Dis ek!” Maryn wil haar arms om hom slaan, hom teen haar vasdruk en weer die bekendheid van sy liggaam ervaar. Maar iets in sy houding weerhou haar. Hy hou nog haar hand liggies in syne en sy sien hoe hy soek na woorde, iets om te sê. “Ek’s bly jy het hierheen gekom, Maryn. Sodat ons onbelemmerd kan praat, weg van nuuskierige oë en skinderpraatjies... “Maar ek het nog elke jaar terug gekom, Riek! Waarom nie eerder nie? Waarom my onder die indruk laat dat jy dood is. En almal op die terras het saam gespeel in hierdie gemene, sinistêre klug, tot Petros

157


So Helder soos Vandag...

ook!” “Ek dink hulle wou dit makliker maak vir jou, want hulle het geweet hoe sake staan,” sê hy en los haar hand om die kamera oor sy skouer reg te druk. “Waarvan praat jy, Riek? Wat se sake?” Hy antwoord nie, maar sy lees sy antwoord in sy oë. Sy voel hoe die hitte onder haar skoensole opstyg na haar knieë, na haar heupe, haar longe voel asof dit met ’n gifgas gevul word, sy snak na haar asem. Die drukking in haar kop maak haar duiselig. Sy wonder of die sonbesies al die tyd wat hulle hier gestaan het, vir die laaste maal, so sieldodend, irriterend geskreeu het. Want die onuithoudbare klank het gemeng met die verterende hitte in haar kop waar dit trag om elke breinsel te vernietig. Maryn staar verdwaas na die vreemdeling voor haar, haar man, die pa van die kind wat hulle verloor het. Sy sien sy lippe beweeg, hoe sy lippe die woord vorm, maar haar ore aanvaar dit nie: egskeiding! Dan sê hy: “Maria verwag weer ’n baba...” Dis soos ’n outomatiese handeling: jou asemhaling, jou hartklop, jou oogknip... Maryn stamp met altwee haar hande, met al haar krag Riek reg voor sy bors en sien hoe hy oor die afgrond val. Soos ’n lappop wat jy van jou af wegslinger wanneer jy genoeg daarmee gespeel het. Toe sy haar motordeur oopsluit hoor sy nog sy doodskrete. Sy weet hy lê gekruisig op daardie

158


Woonplek van Geeste

vlymskerp rotspunte. Maar miskien is dit krete van pyn. Want sy onthou sy woorde en troos haarself daarmee. “Ek ken die natuur en sy rampe wat die mens tref! Ek is soos die kat wat sy sewe lewens het, soos dit in sprokies vertel word, Maryn!” Die motor moes beweeg het, maar sy kan nie onthou dat sy enige aandeel daarin gehad het nie. Sy is by die uitdraaipad en voor haar strek die swart teerpad so reguit soos ’n pyl uit ’n boog tot teen die horison. Agter haar het die Skeurvallei verdwyn in die lugspieëlings. Eers is Maryn net bewus van die eentonige klank van die motorbande op die teerpad. Dis ’n refrein waarna jy nie doelbewus luister nie. Dan verander die klank na ’n liedjie uit haar skooldae: ‘Die kat kom weer, en die ander dag more was die kat weer daar!’ Aanhoudend, sielstergend: ‘Die kat kom weer, die kat kom weer...’ Op die spoedmeter sien sy dat sy honderd kilometer weg van die Skeurvallei is. Dat sy besig is om haar toekoms in te ry, die verlede met verligting agterlaat. Sy sal haar ouers iewers vandaan bel en laat weet dat dit haar laaste besoek was en dat sy terugkeer huistoe soos toe sy nog ’n kind was. As sy deur die nag ry, behoort sy ligdag in die Kaap te wees. Sy sal vir haar werk soek, enigiets solank sy net nie met kinders moet werk nie. “Maria verwag weer ’n baba,” het Riek gesê. Asof dit vanselfsprekend was

159


So Helder soos Vandag...

dat sy dit sal aanvaar. Moét aanvaar. En haar kind, hulle kind was dood! Maar sy het nie, daarom het hy met sy lewe betaal. ’n Oog vir ’n oog, ’n lewe vir ’n lewe! Maryn stop later, bel haar ouers, wat versigtigverheug klink, tap petrol in en val weer in die pad. Die klank van die bande op die teer klink anders. Dit klink nou soos die fluisteringe van honderde ontstelde siele, rusteloos, veroordelend, beskuldigend. Sy ry stadiger, vermeerder spoed, maar die fluisteringe het die ruimte van die motor binne gedring en warrel om haar kop. “Toemaar,” fluister sy terug. “Ek belowe ek sal elke winter terugkeer, ek laat julle nie in die steek nie. Ek sál terugkom en op die terras kom wag vir die stappers wat uitgeput terugkeer van hulle ses dae lange staptog deur die meedoënlose Skeurvallei. En my oë sal soek na die toerleier, die lang, donker man met ’n kamera oor sy skouer. Hy sal na my toe stap waar ek vir hom sal wag by die tafel waar ons altyd gesit het. Hy sal plaasneem en groet: “Hallo, Maryn!” Dóódgewoon.’

160


Wrakhout

J

ulle is van die eerste vakansiegangers op Paradysstrand, daardie doodgewone, maar tragiese dag in Desember 1980. Jy en Benjy, jou vierjarige seuntjie. Die son glinster op die skoongewaste sand, die lug is ’n dromerige, blouselblou met spierwit wolke, soos wasgoed uitgehang in die son. En die see is só stil, asof dit in ’n winterslaap gegaan het, om te rus, krag op te bou, uitgelewer aan sy onbedwingbare giere van opstand en verwoesting. Net ’n ou visterman staan roerloos teen ’n sandduin en staar na die see. Sy visstok is regop in die sand langs hom geplant. Dit lyk asof hy waghou oor die strand, oor die seevoëls, die seewrak, en die uitgestrektheid van die see. Of hy peins oor die geheime wat in die donker dieptes bewaar word. Geheime waaroor die massas water jaloers waak. Oor die lewende sowel as die dode. Oor sy linkerskouer dra hy ’n vrag witgebleikte wrakhout, wat sy lang, maer lyf potsierlik afrem grond toe. Sy lang hare en baard is spierwit asof hy sy kop in room gedoop het. Hy lyk verwese, maar sy oë, skrefies getrek teen die skerp lig, blink van afwagting. Dit lyk of hy wag vir ’n geliefde wat jare gelede vertrek het en enige oomblik kan terugkeer. Miskien staar hy ook in mededoë na die verroeste 161


So Helder soos Vandag...

wrak van ’n skip, wat eens triomferend al die giere van die see kon trotseer, en nou vernederd op die rotse, naby die strand uitgewerp is. Die eb en vloei van die see laat dit lyk asof die skeepswrak probeer om los te woel uit die greep van die skerp, puntige rotse. Soos ’n reusagtige, swart seemonster wat dit selfvertrouend té na aan die land gewaag het, en die prys moes betaal. Die maspale het oorgehel en wys beskuldigende vingers na die land. Honderde seevoëls sit daarop, soos wit krale in ’n string geryg. Op so ’n volmaakte dag lyk die skeepswrak soos ’n aanklag, teen iets of iemand. Dinge moes daardie betrokke dag, met die stranding van die eens trotse vaarder op die onvoorspelbare see, verskriklik verkeerd geloop het. Selfs ou, ervare seemanne moes, met al hulle kennis van die see, hulle daardie dag misreken het. Jy voel ontroer, half skuldig dat jy so gelukkig is. Dat niks op so ’n dag kan verkeerd loop nie. Met die voortdurende beweging van die water, kan jy net-net die wrak se naam uitmaak: ‘Survivor’. Hoe ironies nou, maar met hoeveel vertroue én bravade gedoop, jare gelede, miskien selfs ’n eeu. Later stap die ou visterman met ’n vrag wrakhout en sy visstok by julle verby. Hy kyk lank na Benjy. “Sy naam is Benjy,” antwoord jy en kyk na jou vierjarige seuntjie wat verdiep in sy spel met sy groen emmertjie speel. “En my naam is Maria.” “My naam is John, maar almal noem my

162


Wrakhout

‘die visterman’. Die see is onvoorspelbaar op Paradysstrand, Maria,” waarsku hy. Veral as jy hierdie kusstrook nie ken nie! Vermy ten alle koste die rotse! Bly eerder weg daar,” vermaan hy. “Dankie, dankie,” antwoord jy, haastig om die verf te begin meng. Dit moet net reg wees! Jy sal die verf meng die sonstrale wat op die water speel, ’n goudblond vir Benjy se blonde hare. En blou, blou vir sy oë, asof jy die verfkwas in die hemelruim gedoop het. Jy moet die onskuld, die drome van jou seun vasvang, die latere belofte! En die agtergrond moet reg wees, presies reg! Dit kan die skildery maak of breek! Benjy swaai sy groen emmertjie heen en weer, koggel die seevoëls en sit nie vir ’n minuut stil nie. “Kyk net hoe ry die seeperdjies op die see, Benjy. Eendag sal ek vir jou ’n seeperdjie koop! En ’n dolfyn om op te ry,” belowe jy om sy aandag te kry. Maar jy sukkel om aan die gang te kom. Benjy wil speel, kan nie stil sit nie, en jy pak eers die verfgoed weg. Nog vakansiegangers daag op, kinders hardloop gillend vooruit met Benjy agterna. Die rotse waarteen die ou visterman, John, gewaarsku het, vorm deel van die strand, skaars drie voet hoër. Dit lyk uitnodigend soos ’n skoon, geskropte tafel waarby jy kan aansit vir ete. Onskadelik! dink jy. Hy het seker al so deel van die strand en die see en die duine geword, dat hy dit seker sy plig ag om vakansiegangers raad te gee.

163


So Helder soos Vandag...

Jy soek hom onwillekeurig met jou oë, en sien hoe hy teen ’n duin uitstrompel, skeefgetrek deur die vrag wrakhout oor sy skouer. Hy woon seker in een van die gehuggies in die straat agter die duin, wat jy vanoggend gesien het, toe jy en Benjy op pad strand toe was. Gebruik seker die wrakhout om vuur te maak. Benjy hardloop nog steeds agter die streep kinders aan, sy groen emmertjie in sy hand. Op die witgewaste rotse is reeds mense, kinders ook, sien jy. Dit stel jou vêrder gerus. Vanaf die rotse kan jy nog ander vergane skepe sien, sê ’n vrou. “In die dynserigheid, as jy mooi kyk, lê nog twee skeepswrakke.” Sy wys met haar vinger. “Daar en daar...” “Wees versigtig, waarsku ’n man agter hulle. Dit word nie verniet die ‘Skedelkus’ of ‘Seekus van die Dood’ genoem nie! Al lyk die see so kalm, verberg dit soms branders wat onverwags, opstandig oor die stilte, op hierdie rotsbank kom breek!” Jy haal weer jou skildergoed uit en begin kleure meng. Jy meng en toets die kleure. Net die regte kleure sal doen. Die regte agtergrond. Jy kyk peinsend na die kind, verdiep in sy spel op ’n plat rots skaars ’n armlengte van jou af. Hy speel met turkoois kraletjies van geheime oorsprong en gekleurde stukkies potskerf wat julle in die skeure van die rotse versamel het. Seevoëls krys in die lug en in die verte draai ’n dun spiraal rook op in die lug. Seker ’n vaartuig, vroegtydig gewaarsku deur

164


Wrakhout

die mishoring, teen die verraderlikheid van die see aan die Atlantiese kus. Jy meng die verf noukeurig, die goudkleur van die son se strale op die water vir sy hare. Vir die kleur van sy oë sal jy die verfkwas in die blou van die hemel doop. Dit moet net reg wees! Jy tuur op in die lug, maak seker. Nog so ’n titseltjie blou, dink jy en meng, nog ’n bietjie... Vir net ’n sekonde, ’n oogwink, neem jy jou oë van jou spelende kind af toe iemand van die strand af begin skreeu. Dis John, die ou visterman, wat met krom bene aangehardloop kom, sy arms swaaiend in die lug. Mense om jou begin gil en vlug skreeuend terug strand toe. Wanneer jy terugkyk, sien jy, soos in ’n koorsdroom, ’n gods onmoontlike nagmerrie, ’n donker skaduwee op die rotse afpeil, ’n swart roofvoël, ’n albatros, wat met sy koue, uitgespreide vlerke jou en Benjy toevou. Toe is dit net jy. Waar is hy? Waar is Benjy? ’n Kind kan nie in ’n oogwink, ’n sekonde, net verdwyn nie. Sulke dinge gebeur net met ander mense, nalatige mense. Maar Benjy is weg. Jy probeer vasklou aan die gladde rotse, forseer jou oë oop, voel hoe die soutwater jou oopgesperde mond vul en jou longe brand. Hande trek jou met geweld van die rotse af. Jy hoor stemme, maar weet nie wat hulle bedoel nie. Hy’t verdrink, hy’s dood...! Waarvan praat hulle. Natuurlik is Benjy nie dood nie!

165


So Helder soos Vandag...

Hy speel net wegkruipertjie met haar. Wanneer sy hom kry sal hulle op die sand rondrol van die lag. Sy gil dit uit vir almal om te hoor, maar dis of niemand haar hoor nie. Nog stemme. Hoopvol. “Wanneer strande so vol is, kan ’n kind maklik wegraak. Agter ’n maatjie aan of in sy eie drome verlore. Ons moet net bly soek!” Nog stemme, verwytend. “Daar is die ma! Wat gaan soek sy op die rotse met ’n kind? Ken nie die kus nie? Dis nie ’n verskoning nie. Daarom moes sy versigtiger gewees het!’ Ander stemme, gesaghebbend. “Hoë deinings en swak sig maak dit onmoontlik vir duikers om uit te gaan. Soda die weer verbeter! Helikopters sal bly soek, maar reddingsbote kan nie uitgaan voor die see nie kalmer word nie. Sig is swak. Maar daar is hoop. Miskien, wie weet?” Die stemme, jy hoor die klank, maar die woorde dring nie deur tot jou bewussyn nie. Al wat jy hoor is soos die sisgeluid van ’n brandyster wat in rou vleis gedruk word. Jou vleis, jou hart. Daar was jy, daar was hy. Daar was ander mense, kinders, selfs ’n hond het snuffel- snuffel om die kinders gedraai. Almal vrolik op die rotsplaat, in helder, warm sonskyn. Seemeeue het krassend oor julle geduik, laer, al laer. Of hulle ’n boodskap het om af te lewer, om jou te waarsku teen die verraad waarvan hulle instink hulle reeds bewus gemaak het. Jy kon die skeurende,

166


Wrakhout

doellose geveg van die skeepswrak, teen die kettings van die rotse wat hom hulpeloos gevange hou, bo die gelag van die kinders hoor. En skielik, in ’n eindelose sekonde, was dit nét jy op die rotsplaat. Jy en skuimende swart modder water en toue seewier wat glibberig aan jou bene en arms gekleef het. En die swaelreuk van ontbindende dooie liggame van seediere. Waar was Benjy? Jy wou hom nog skilder... Jy weet jy gil, jou kop teruggegooi, soos in doodsangs, jou mond ’n donker diepte, sonder geluid. Maar dit was die stilte om jou wat die druising in jou kop laat opstoot het, sodat alles soos ’n windpompwiel begin om jou begin ronddraai het. Jy word bewus van die oorverdowende, verpletterende slae van die branders en die skroeiende, skrynende eggo’s van wanhoop wat donderend in jou kop slaan en jou lyf laat ruk soos dié van ’n gewonde dier. Jy probeer tevergeefs om weer op die rotsbank te klim. Telkens word jy teruggedryf, sodat jy hygend op die sand in mekaar sak. Die yskoue water van die brekende branders wat deur die wind gedryf word en oor jou val, voel soos dodelike lawa. Meteens is dit donker, asof ’n swart, ondeursigtige gordyn toegepluk is deur ’n onsigbare hand. Jy loop slingerend op die nat, koue sand langs, jou arms voor jou uitgestrek soos ’n blinde. Jy hoor en voel die

167


So Helder soos Vandag...

teenwoordigheid van iets of iemand naby jou. Strandwolwe of jakkalse huil hongerig agter jou, volg jou op ’n afstand. Jy gil en huil, weeklaag saam met hulle. Julle stemme waai weg met die wind. Jy struikel en val, voel hulle warm asems snuffelend op jou lyf. Jy begin grawe met jou hande in die sand , soos ’n honger dier, met sy pote. Dieper en dieper grou jy, jy wil deurbreek na waar daar weer lig sal wees. Dan krap jy weer die gat toe soos ’n kat sal doen met sy uitskot. Bly grawe en grou soos ’n dol, sterwende dier, gat na gat, grawe jy en gooi toe, soekend. Om uit hierdie duisternis van swart versmorende wanhoop te ontsnap. Die strandwolwe hou jou van ’n afstand dop. Jou hande sny stukkend op verroeste koeldrank blikke, bottelstukke, skerp splinters dryfhout, slierte klewerige seewier klou aan jou vas. Jy slinger dit woedend, kragteloos terug in die branders. “Sluk! Sluk! Jou gulsige, honger monster! Wat lafhartig skuil agter spierwit branders wat jy weerloos breek op die strand!” gil jy hulpeloos en met ’n noodkreet, wat stol in jou keel: ‘Benjy! Benjy!” Weer en weer werp jy jouself met desperate hernude krag, jou laaste krag, in die swart, stormende branders. Weer en weer, aanhoudend veg jy teen die oormag, vrieskoue water. Elke maal werp dit jou terug soos ’n willose stuk dryfhout tot op die strand. In... uit... in... uit... Jy bly snakkend na asem lê, jy verstik, sout water

168


Wrakhout

loop uit jou keel, jou ore, jou oë is toe asof jy dood is. Soos Benjy. Skroeiende branders breek oor jou, jy voel hoe die sand onder jou beweeg en jou saamvat. Maar die volgende brander stoot jou weer uit. Jy bly lê té moeg om te beweeg. Eers rus. Later sal jy doen wat gedoen moet word. Arms tel jou op, sleepdra jou oor die strand tot bo-op ’n duin. “Dis ek, Maria”, kom die stem van die visterman. “Nou loop jy self,” sê hy uitasem. “Dat jou bloed kan sirkuleer. Jy wil tog nie regtig jou lewe neem nie, wil jy? Wat van Benjy? Hy kan nog opgespoor word, lewend. Miskien dryf hy iewers op ’n stuk wrakhout rond, en kan hy opgepik word deur ’n reddingsboot. Gee dit tyd, gee dit tyd, Maria.” Hy tel die hoop dryfhout langs hom op, sit dit oor sy skouer en stap aan. Onder in die straat tussen die duine sien ’n huisie. Daar brand ’n dowwe lig, wat aan en af gaan, soos ’n hand wat jou naderwink. Jou bene wil nie beweeg, jou tande klap op mekaar, jy proe die sout van bloed in jou mond, jou klere voel swaar van die koue water wat daar gevries het. Halfpad gly jou voete onder jou uit en jy rol teen die duin af, tot onder, waar jy kragteloos in ’n bondeltjie bly lê. Die ou visterman stap by jou verby asof hy jou nie sien nie, en verdwyn in sy huisie. Jy kruip agterna tot in die deur, waar hy jou weer optel en na die badkamer

169


So Helder soos Vandag...

lei. Hy wys jou waar alles is, watte, ontsmettingsmiddel, pynpille. Hy gee vir jou ’n pienk, verslete kerspit kamerjas. Dit ruik na kanferolie. “Dit was my oorlede vrou s’n,” sê hy. “Sy kon nie langer wag vir ons seun om terug te kom nie.” Jy sukkel om uit jou nat, klewerige, klere te kom, trek die ou kamerjas aan, ontsmet jou hande en die snyplekke aan jou bene en voete. Vat ’n handdoek om jou hare droog te vryf. Hy gee vir jou ’n glas stroopsoet, warm melk toe jy langs die stoof kom sit. Die glas is warm in jou hande, maar jy kan jouself nie sovêr kry, om drink nie. Benjy, onthou jy, met sy bottel melk en sy blou oë, groot gerek, soos hy luister na ’n storie wat jy vertel. Totdat sy oë toegaan en jy die bottel, leeg gedrink, een kant sit, en hom versigtig toemaak sodat hy nie die koue sal voel nie. Totdat sy oë toegaan... sodat hy nie koud kry nie... “Drink dit!” dring die ou visterman aan, sy stem sag, oorredend. “Die see bring een of ander tyd weer alles wat hy gevat het, uit. Maar jy weet nooit waar nie,” sê hy. Jy gil vir hom: “Bly stil! Bly stil! Maar jy kry nie jou lippe geroer nie. “Daar is nog hoop, troos hy. Want jy gaan nie die onmoontlike aanvaar nie, ek weet en verstaan dit maar alte goed!” Hy roer in ’n pot op die stoof en ’n walm van ’n vleisgereg vul die kamer. Jy drink die melk stadig, hou

170


Wrakhout

hom belangeloos dop, terwyl hy eetgerei op die tafel uitpak. Daar is nog hoop, het hy gesê. Jy hou vas aan die woorde, herhaal dit sag vir jouself. “Daar is nog hoop...” “Daar is nog hoop, het jy gesê. En jy sê jý verstaan hoe ek voel?” Jou stem is skor, net ’n verbitterde fluistering. “Hoe kan jy ooit verstaan?” “My seun was ’n matroos, Stefaans was sy naam, is sy naam. Stefaans van Antwerp. Twintig jaar gelede het hy vermis geraak in ’n storm op see. Ek het verhuis en hier vir hom kom wag, hier langs die see. Oor die baie skepe, waarvan ek gelees het, wat hier langs ‘Die seekus van die Dood’, gestrand het. Want ek het ’n kom wag vir ’n antwoord. Van die skuldige! Die see! Dis al wat jy kan doen, en dis al troos wat jy het, totdat jy bevestiging van sy dood kry. Dán eers kan jy jou kind begrawe. Finaal afskeid neem. En ek het twintig jaar gewag, twintig jaar...” Hy skud sy kop asof hy dit self nie kan glo nie.. “En?” vra jy bloot uit manierlikheid. Kan die man dan nie verstaan nie! Waarom praat hy van begrawe? Benjy is net weg! Jy voel byna dankbaar vir die teisterende pyn in die stukkende plekke aan jou hande en voete, en nerfaf geskraapte knieë. En die steekpyn wat jou liggaam teister met die geringste beweging wat jy maak. Dit is darem bewys dat jy nog lewe, al verstaan jy nie waarom nie!

171


So Helder soos Vandag...

Jy is nie dood nie. Nog nie. As jy lewe sal jy Benjy bly soek al vat dit ’n leeftyd! En daarna. “En het die see jou al geantwoord, John?” vra jy met bewende stem, onbelangstellend, effe smalend vir die ou man wat jou net probeer troos met sy praatjies! “Ja, Maria, hy het. Na twintig jaar van wanhoop en verdriet, het hy geantwoord. Nou kan ek oplaas my seun begrawe!” Hy klink verheug daaroor. In sy hand hou hy iets vas wat die vorm van ’n boek het. “Kyk, Maria! Dis sy dagboek, Stefaans se dagboek!” Jy kyk vir die eerste maal regtig na die ou man, seker al in sy sewentigs, wat so opgewonde soos ’n kind, oor sy fonds is. Sy knieë is eelterige, blou knobbels, soos sy hande, sy vingers, kort, knoetserige uitgroeisels. Die gesig vol diep plooie, soos ploegvore. Sy hare en baard soos wit, droë wintergras. “Hoe weet jy, John?” vra jy met meer warmte in jou stem. “Kyk hier!” Hy sit die dagboek voor jou neer. Net die vorm is dié van ’n boek, vêrder lyk dit eerder na een of ander vreemde fossiel. Dis van ’n geelbruin kleur, nat en koud toe jy dit by hom vat. Dis hard soos ’n stuk hout, met swart uitgroeisels, soos vratte. Die blaaie van die dagboek is teen mekaar gepleister, en vorm ’n soliede eenheid. Jy draai dit om en om en bekyk dit van alle kante. Jy kyk vraend op na die ou man wat bekommerd kyk hoe jy dit hanteer. “Stadig, stadig, Maria,” keer hy, sy stem begaan asof oor ’n kind wat dalk sal seerkry. Hy vat die dagboek uit jou hande, vou dit toe in ’n lap en gaan sit

172


Wrakhout

dit op ’n stoel langs die stoof. “Dit moet droog word,” sê hy net. “Ek ken die see hier, as dit moontlik is om dit te ken. Vandag het dit geseëvier oor die mens, maar môre sal dit kalm en rustig uitgestrek daar lê, onskuldig en anapologeties oor sy wandade. Dan sal...” Maar jy val hom in die rede. “Jy meen... ék moet óók... solank vir ’n... antwoord wag?” stotter jy. Jy sukkel om woorde te vorm, asof jy vroeër stom was. Of daar geen nodigheid meer is om te praat nie. “Dis onmoontlik!” gil jy dit uit, tog is jou stem skaars ’n fluistering. “Ek wag op ’n wonderwerk! Op goeie nuus: Dit is ’n vergissing, sal iemand kom sê. Sulke dinge gebeur wanneer vakansiegangers strande oorstroom. Mense raak weg, soos dit lyk. Kom terug, verbaas dat hulle gemis is.” Hy knik sy wit kop instemmend, op elke woord wat jy sê. “Maar dis veral kinders, het iemand ook gesê,” begin jy weer moeisaam praat. “Hulle glip in ’n oogwink weg. Agter ’n maatjie aan of weg in ’n verbeeldingsvlug!” “Onvoorspelbaar soos die see, is kinders,” voeg hy by. “Benjy kan nie dood wees nie! Ek sal dit nooit aanvaar nie,” skree jy wanhopig. “Hy speel net wegkruipertjie, wag vir my om hom te kom soek. En as ek hom kry, hoe sal ons lag!” “Ja, ja,” stem hy saam. “Dis moontlik, dis moontlik. Dis soos wanneer goeie nuus oor ’n sterwende jou

173


So Helder soos Vandag...

bereik: Die sieke is buite gevaar. Die dood is gefnuik. ’n Wonderwerk het gebeur! Dit was net ’n misgissing,” gaan die visterman voort, sy stem sag, troostend, soos hy met ’n kind sal praat. Sulke dinge gebeur wanneer strande oorstroom met vakansiegangers. Mense raak weg, word gevind. Soos oumense en kinders. Veral kinders. Wat onvoorspelbaar is. Soos die see!” eggo hy jou woorde. Troostend soos ’n wiegelied. Maar golf na golf van rou emosies oorweldig jou, sodat die kos in jou mond dik word en jy dit moet afwurg. Jy slinger tussen hoop en wanhoop. Dit is so stil dat jy die horlosie teen die muur kan hoor tik. Die warmte in die huis het opgedamp teen die ruite en druppels loop soos trane daarteen af. Jy sien hoe sy oë telkens na die dagboek op die stoel draai. “Dit,” hy stap en tel die dagboek op, haal die lap af en kom sit oorkant die tafel by jou, “sal my nog jare vat om te ontsyfer wat in my seun se dagboek geskryf is. Ek het twintig jaar gewag vir nuus van hom en hier hou ek dit in my hande!” Jy probeer belangstel. “Maar dit sal onleesbaar wees! Dit was twintig jaar in die see, soos jy gesê het, John!” sê jy, jou stem skril van ongeduld. Hy praat voort asof hy onbewus van jou teenwoordigheid is. “Ek sal elke blad versigtig lig, baie versigtig, sodat dit nie dalk skeur nie. Dan sal ek dit laat droog word in die son, elke blad apart, een vir

174


Wrakhout

een. Dit kan jare neem.” Hy streel liefkosend oor die deurweekte, ou boek. Dan kyk hy afwagtend na jou, opsommend, asof hy jou met ’n groot geheim kan vertrou. “Weet jy wat, Maria? Nie al die blaaie is vasgeplek teen mekaar nie. Kyk!” Hy plaas die koue, nat dagboek versigtig voor jou op die tafel, draai dit om en lig die agterste buiteblad. “Kyk daar!” Al wat jy sien is dowwe inkstrepe. Jy lê vooroor op die tafel om iets te kan uitmaak. Vir jou lyk dit soos ’n spinnerak, geweef deur die spinnekopwyfie met ragfyn blou drade. “Dis onleesbaar, John! Dis net ’n warboel blou strepies! Egiptiese hiërogliewe uit vergange se dae?” “Wag, wag,” keer hy, spring op en gaan vroetel in ’n laai. “Hier’s ’n vergrootglas.” Hy stoot die dagboek nader. “Kyk nou weer, Maria. En sê my wat jy sien, asseblief!” Jy trek die dagboek nog nader, jou naels swart en gebreek, jou vingers bewend en stram van koue. Buk oor die ou, verweerde dagboek en probeer lees wat daar geskryf staan. Dit lyk soos ’n lys van name, een onder die ander, omtrent agt lyne. “Sien jy iets, kan jy enige letter uitmaak, Maria? Enige iets?” Jy beweeg die vergrootglas op en af, nader, vêrder, maar alles bly onleesbaar. Om die vergrootglas stil te hou om te fokus is buite jou vermoë, jou hand ruk te veel van die koue. Jy maak die dagboek toe, plaas die

175


So Helder soos Vandag...

vergrootglas terug daarop. “Kyk net weer, die laaste lyn, sien jy nie daar iets wat soos ’n dubbel ‘oo’ lyk nie? Kyk fyn, jy is nog jonk, jou oë nog sterk. Ouderdom het my oë verswak, na die jarelange getuur in die skerp lig van die see.” Hy spring op en gaan werskaf by die stoof. “Ek gaan die vuur stook en vir ons sterk, warm koffie maak, Maria. Die nag is nog lank. Daar is nog baie, baie tyd! Jy wil tog nie al gaan slaap nie?” Jy antwoord nie. Hoe kan jy gaan lê en slaap, warm toegemaak, en jou kind is iewers buite koud en alleen! Jóú hande moes hóm eers altyd toemaak, die kombersies knus om hom gevou, voor jý kon gaan slaap! Later plaas hy ’n ketel koffie op die tafel. Skink vir elkeen ’n beker vol en gee joune aan. Die hitte van die warm beker, die gloed uit die stoof, vorm ’n skrille teenstelling met die koue waterdruppels wat teen die ruite afrol, soos dié oor jou wange. “Kom, nou, Maria, drink,” sê hy saggies, bevelend. “Daar lê vir ons ‘n lang nag voor. Sal jy my help om daardie name te ontsyfer, asseblief.” Sy stem klink soos ’n smeking. Hy skuif weer die dagboek en vergrootglas tot voor jou. “Natuurlik, John, as dit moontlik is,” antwoord jy half skuldig. Dis die minste wat jy kan doen na alles wat jy vir jou gedoen het! “Wat was jou seun se naam nou weer? Dan kyk ek of ek dit kan uitmaak.”

176


Wrakhout

“Nee, nee,” protesteer hy. “ Sy naam kan júís nie daarby wees as dit sy dagboek is nie! Dis sy maters, ander matrose, wie se name agter in geskrywe staan. Sy naam sal vóór in die dagboek wees! Jy skryf tog nie jóú naam agter in jou eie dagboek nie!” verduidelik hy soos vir ’n stompsinnige kind. “Natuurlik nie, John. Ek verstaan. Ek sal weer probeer.” Dis vir jou om het ewe wat jy doen. Jy móét wag vir die dag, sodat die soektog voort gesit kan word. Sekerlik sal hulle Benjy kry. Hy skuif ongeduldig rond op sy stoel, spring op en stop nog hout in die stoof, sodat vonke uitspat en soos vuurvliegies om hom rondvlieg. Jy kyk weer na die onleesbare blou skrif, soek na die dubbel ‘oo’ waarvan hy gepraat het, maar kan dit nie kry nie. Hy peuter nog doelloos rond in die kombuis, maar bly jou afwagtend dophou. Die vertrek het warm geword, amper broeierig, sodat jy sukkel om jou oë oop te hou. “Dit is warm genoeg, John,” protesteer jy toe hy nog ’n drag wrakhout met ’n donderslag op die vloer langs die stoof neergooi. Dit lyk of hy jou nie hoor nie. Hy lig ’n stoofplaat op en begin van bo-af hout indruk. Vonke spat om hom rond, party vlieg boontoe, dak toe. Jou oë volg dit onwillekeurig, half gehipnotiseerd, tot waar dit in die grasdak verdwyn. Dis ’n grasdak dring dit stadig deur na die ontvanklikheid van jou trae brein.

177


So Helder soos Vandag...

“Wees versigtig, John! Die grasdak kan aan die brand raak. Druk terug daardie hout! Kyk waar staan die vlamme al!” Hy moes die angs in jou stem gehoor het, want hy druk die hout terug en sit weer die stoofplaat op. “Maar dit gaan ‘n lang, koue nag wees en ons het soveel om te doen!” Hy kom sit weer afwagtend by die tafel. “Kon jy al van die name uitmaak, Maria?” vra hy, sy hande en wit baard swart van die roet. Of selfs net ’n paar letters...” “Nee, John, nog nie, maar soos jy sê: ’n lang nag strek voor ons uit,” sê jy paaiend. Ek het iewers gelees: ‘Tyd het sy eie tyd, hy laat hom nie aanjaag nie.’ Dit het ek self ervaar toe ek Benjy begin skilder het. Om hom stil te laat sit, net ’n paar minute, om die regte agtergrond te kry, want dit is van die uiterste belang, die agtergrond...” Jou woorde ruk jou tot stilstand, tot die besef: Die regte agtergrond...? Maar jy het die afgryslikste agtergrond gekies! Die pikswart roofvoël met sy uitgestrekte kloue, en versmorende, koue, nat vlerke... Jy weet nie dat jy huil nie, hoor net die rou snikke wat uit jou bors ruk, sien die traandruppels wat geluidloos op jou stukkende hande, en vuil naels val. Later sien jy weer ’n glas melk voor jou op die tafel. En die ou, verslete dagboek en vergrootglas, en die visterman wat weer hout in die stoof begin pak. Jy moet hom keer voordat hy die huis aan die brand steek, want dis byna dag en reddingsbote sal

178


Wrakhout

kan uitgaan, helikopters sal laag oor die see vlieg, vrywillige soekgeselskappe sal die duine fynkam! Jy moet daar wees as hulle Benjy kry... ’n Stuk hout val uit die stoof op die vloer en begin rook. Jy kyk afwagtend na die visterman. Gaan hy dit nie optel en terug sit nie? Maar hy staar voor hom uit, sy mond hang half oop sodat jy sy bruingevlekte stompie tande kan sien. Sy oë is twee, koue blou splete. Rook hang die kamer vol en gee aan die atmosfeer ’n onheilspellende kwaliteit. “Wanneer het die dagboek uitgespoel, John?” vra jy, terwyl jy die stuk hout weer terug druk in die stoof. Jy moet die onrealiteit van die oomblik breek. “Het ek jou nog nie gesê nie, Maria?” Hy stap agterdeur toe. “Vandag, net na Benjy ... weg is. Toe ek wegstap van die rotse af, het dit daar gelê, op die strand, oop en bloot. Só, het ek gedink, die see het eers ’n offerande gevra voor hy Stefaans terug gegee het. Benjy is weg, maar Stefaans is terug!” Hy stap by die agterdeur uit en jy hoor hoe hy buite tussen die wrakhout werskaf. Sy woorde, dit wat hy pas gesê het, kry nie vastrapplek in jou rede nie, dit wil nie insink, want dis té skokkend onaanvaarbaar: Jou Benjy as offer vir sy Stefaans! Jou lewende kind vir ’n dagboek, net ’n fossiel, so oud soos tyd! Toe jy sy voetstappe hoor naderkom, raap jy woedend, vasbeslote, die dagboek op, pluk die voordeur oop en hardloop. Eers net weg! Om so gou

179


So Helder soos Vandag...

as moontlik uit die visterman se gesigsveld te wees. Jy sal later dink, besluit. Maar waarvan jy seker is, sekerder as van jou lewe, is dat jy die dagboek gaan teruggee aan die hongerige monster, die see. Wat léwendes insluk en dóód uitspoeg: Die ongevoelige, onvoorspelbare see! Waar dit hoort! Sodat hy versadig word, en die lewendes met rus laat! “En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel... As die waters onder die hemel dan offers vra, sal jy in ruil vir Benjy, vir Stafaans, John se seun, in die vorm van hierdie afgryslike, ou dagboek, aan hom teruggee! Jy hardloop blindelings teen die duin uit, die los sand nog warm om jou voete, van die dag se hitte. Op die kruin skep jy eers asem, die dagboek ’n remmende stuk lood in jou hand. Op die golwe dans fosfor asof dit die sterlig vasgevang het. Die skeepswrak is ’n donkerder skaduwee in die donkerte wat jou omring. Die plaat rotse was hoër op, probeer jy jou rigting vasstel. Vêrder regs. Dis soos jy en Benjy die oggend saam met ander vakansiegangers julle weg gebaan het. Daar hang ’n swaelgeur in die lug wat wedywer met die walglike, reuk van verrottende karkasse wat op die strand uitgespoel het. Die sand onder jou voete is klam en klewerig. Dit vertraag jou spoed, die dagboek word al swaarder, jou asem jaag. Maar daar is net een plek waar jy die dagboek kan gaan offer sodat Benjy gespaar kan word: die rotse

180


Wrakhout

waar julle gestaan het, en hy verdwyn het asof deur ’n onsigbare hand gegryp! Die rotse is nat en glibberig, jy klouter desperaat vorentoe, kruip tot op die plek. Hier het Benjy gestaan! Net hier, besluit jy. Jy sal dit nooit vergeet nie? Nou, dink jy, nóú is die oomblik van waarheid! Hierdie daad van jou sal alles reg te stel soos dit eers was, sal alle pyn uitwis, sodat jy en Benjy weer op die ongerepte, skoon sand van die strand kan speel, in die weldadige son kan stap, jy sy skildery kan voltooi... Jy kom versigtig orent, vat die dagboek met altwee jou hande vas, maar laat sak dit weer toe jy die rooi gloed teen die lugruim sien. Die dag breek al, sien jy, die lang donker nag is verby. Nou kan die soektog na Benjy weer begin! Dan dring tot jou deur dat die rooi gloed agter die duine uitslaan. Die son kom oor die see op, weet jy, in die Ooste. Jou gesig is na die Weste gekeer. Dis ’n brand, die visterman sy huis is aan die brand! Maar dit kan ook nie wees nie. Want teen die gloed sien jy hom, sy hare en baard soos ’n wit baken in die donker, aangestap kom met ’n kind aan die hand. En in sy ander hand sy visstok, regop in die lug opgesteek. As ’n rigtingwyser vir jou. “Benjy!” skreeu jy. “Ek kom!” Jy druk die dagboek teen jou bors vas en spring af in die see, net langs die rots waar Benjy gestaan het. Daar is geen tyd, geen nodigheid vir offerandes meer nie. Hulle is voltallig! Die visterman met jou kind, Benjy aan die hand, jy

181


So Helder soos Vandag...

met sy kind teen jou bors gedruk. Jy skop desperaat met jou voete, haastig om by die visterman en Benjy te kom. In jou arms klou jy die dagboek krampagtig vas. Jy besef dat die dagboek jou vordering belemmer, as jou arms vry is, sal jy gouer die strand bereik. Maar met leë hande. Die visterman het Benjy gekry. Hulle is op pad hierheen! Wat sal jy vir hom sê? Julle is tog ’n viertal wat verewig hier op Paradysstrand sal bly! Dié gedagte laat skop jou met hernude krag, beur met al jou krag vorentoe. Jy wriemel jou lyf heen en weer soos ’n slang as hy sy pad tussen klippe deur soek. Maar jy vorder nie vorentoe nie, die golwe is besig om jou vêrder en vêrder die see in te trek Die rooi, helder gloed agter die duine word dowwer en dowwer. Die visterman en Benjy word al kleiner, dit lyk asof hulle wegstap. Of miskien is dit net die trane in jou oë wat alles dowwer maak. Of die sout water wat in jou oë brand. Dis omdat jy nog lewe dat die see jou nie wil teruggee aan die land nie! Eers wanneer jy dood is, sal hy jou uitspoeg op die strand, iewers. Maar jy sal hom nie sy sin gee in sy demoniese spel nie! Jy sal terugveg tot die dood toe. Dit sal tyd vat, weet jy. Baie tyd om die strand te bereik, om Benjy weereens teen jou hart vas te druk. En die dagboek van die visterman se seun, Sefaans, in sy arms terug te plaas. Toe éérs verstaan jy die

182


Wrakhout

onoorkomelike waarheid van die woorde wat deur die eeue net ’n slagspreuk geword het: ‘Tyd het sy eie tyd, hy laat hom nie aanjaag nie!’ Dekades later sal besoekers aan Paradysstrand julle vier oor die strand sien stap. Jy met Benjy aan die hand, die ou visterman, en langs hom ’n jong matroos, sy seun, Stefaans. ’n Ywerige joernalis, wat sy merk wou maak by sy koerant, het ’n paar foto’s geneem van die vier ‘spoke’ soos daar soms na hulle verwys is. Hy was van plan om die spookstorie die nek in te slaan. Hy het verskeie foto’s geneem, meestal met een van die skeepswrakke in die agter grond. Na hy dit ontwikkel het, was sy teleurstelling groot. Daar was nie ’n teken van die vrou met die kind aan die hand nie, ook nie van die ou visterman en die jong matroos nie. ________________________ Attéla.

183



Gedigte



Ontnugtering So helder soos vandag kon ek nog nooit my spoor terugvat na die begin van ontnugtering toe swart, tweebeen wywe kwylend deur my huis gesluip het in die nag.

187


So Helder soos Vandag...

Verlies Met dieper kennis van jouself verval ou aanvaarde waardes laat jou eensaam worstel met ’n skerper, dieper pyn sodat jy langsamerhand weer dieper delf.

188


Plaasmoord Verwoede swart honde lek gulsig aan droĂŤ bloedspore in die gang lig speels bene teen spierwit dooie mure stik in die rook van lekkende vlamme buite bars krieke los in vrolike sang

189


So Helder soos Vandag...

Dors Dagbreek kry haar in die voetpad saam met diere snel sy na ’n plek om haar dors te les haar weer heel te maak

190


Ek en jy As ek jy was en jy ek wie dink jy was die gek as ons saam aansit by die tafel spierwit gedek met swart borde op elke plek.

191


So Helder soos Vandag...

Saaier Soos ‘n hond draf sy al op die spoor van die ploeg haar pa stap oor die lande met swaaiende hande saai die mielies oor die grond haar ma sing en staar blind na die son.

192


Dors Dagbreek kry haar in die voetpad deur diere na die drinkplek oopgetrap soos ‘n swart dol hond soek sy water om haar dors te les om haar te heel van haar smaad.

193


So Helder soos Vandag...

Slapende Mens, word wakker staan op uit die slaap maak oop die Bybel hef ‘n lofsang aan dis Hy wat daar gaan.

194


Refrain Beyond the limits of my endurance I decided to die again for the fourth, fifth time when does it passes or is suffering just a refrain?

195


So Helder soos Vandag...

Kring Half vergete woorde bring jou terug tot in die kring van herinnering dit is verby.

196


Sies Sigaret as op die strykplank op die vloer op die kas beskuldigende vingers swaai voor jou oĂŤ hulle vergeet van vuil baddens en toilette wat versorg is deur baie jare met liefdevolle mededoĂŤ.

197


So Helder soos Vandag...

Wie weet Eendag, wie weet sal ek na ou vergeelde foto’s van jou kyk en dit sal blyk dat ek vergeet het wie jy was net vervlietend sal trane teen my ooglede brand sal ek onthou wie jy was wie weet.

198


Dagbreek Toe die haan kraai was sy reeds buite om hout te kap te kyk hoe breek die nuwe dag slapende hoenders vlieg vervaard uit die bome toe sy met een hou die stomp voor haar kloof so die nuwe dag loof.

199


So Helder soos Vandag...

Haan Toe die haan kraai is sy reeds in die tuin in haar eie klein eenvoudige bestaan vlamme verdelg die slapende stad dooie voĂŤls val uit die bome die haan stotter in sy bloed.

200


Slang As ek na die HoĂŤveld/ se onverskillige oordadigheid kyk en vergelyk met die strakke uitgestrektheid van my land dan weet ek dat die slang hier onsigbaar seil jou listig in die hakskeen byt.

201


So Helder soos Vandag...

Donker Deur diep donker hole worstel ek deur versmorende, swart modder op na die lig wat aanhoudend bly vlug voor my starende oĂŤ.

202


Kind Ek kyk na hom in stille vertedering en sien jou toe jy jonk was en mooi wonder hoe jy nou lyk daar in die vreemde familie kring.

203


So Helder soos Vandag...

Wag Hoe lank nog, Heer, moet ek wag vir vergetelheid en rus waarna ek smag.

204


Lig Die somer het vanjaar so ongemerk gekom terwyl ek in ‘n winterslaap van pyn verlore was o, hou my vas desperaat gespartel het vir ‘n straal van lig maar nou versteur dit my ewewig/ my vas.

205


So Helder soos Vandag...

Kiewiet Om vroeg in die oggend die kiewiet se roep te hoor voor stilte verbreek word deur stads rumoer bevestig weer jou aards verbondenheid wat jy nooit verloor.

206


Vergeet Soos die spore van jou vingers deur water verdwyn kosbare herinneringe een vir een begin jy weer moeisaam ‘n nuwe toekoms leef weldra is dit ook daarmee heen.

207


So Helder soos Vandag...

Gebod U verteer my met U toorn met U onverbiddelike gebod my naaste lief te hĂŞ soos myself diĂŠ les moet ekself eers leer myself te min maar daarin is geen sin verkieslik sal ek liewer almal eer.

208


Verdriet Hoe worstel ‘n mens deur die jare van menswees en verdriet wanneer jy verniet iets beter verwag op ’n latere dag.

209


So Helder soos Vandag...

Pyn Moeg geworstel met jare van pyn tas ek soekend in die donker na verlossing strek my hande uit na die dowwe lig wat spoedig weer verdwyn

210


Kind Saam met verskrikte diere beur die kind deur bosse en bome vlug voor verwoestende vlamme gedra deur die wind.

211


So Helder soos Vandag...

Slang Sy maak vir haar ‘n lang los gewaad uit ‘n ou verslete laken in die wye koel ruimtes skuil sy met haar geswolle maag die adder sirkel/ pik haar teen die slaap.

212


Terug In die nag vergesel ek die son op sy pad na die Weste waar my land dromend wag op die dag.

213


So Helder soos Vandag...

Sal ek? Sal ek ooit weer teen ‘n duin gaan droom die koue water om my voete voel kameeldoring peule versamel in my rok versigtig loer na klein kaal voëltjies in ‘n nes die visarend hoor roep?

214


Jy Sê my jy sodat ek verstaan waar is jy heen waarheen gevlug uit veilige erbarming leë holtes in my hart gelaat ek soek jou in stil swart strate in vergeelde blaaie van ‘n brief waarom het jy my verlaat?

215


So Helder soos Vandag...

Slag Ek spring vervaard op uit die bed toe ‘n bliksemstraal die skoorsteen plet maar dis maar net ‘n aanmaning uit ‘n ander Plek.

216


21 Desember met dagbreek stap ek na my kantoor skakel die rekenaar aan wonder hoe om te begin om weer die geseënde gevoel wat Kersfees altyd bring terug te win. Want hierdie jaar dobber ek rond in vertwyfeling geskep deur woorde, van ydele redakteurs wat briewe opinies, rubrieke breinloos oor koerantblaaie vomeer. 22 Desember net soos die vorige dag soek ek rigting uit die doolhof van verwarring staar gedagteloos na die screen só voel Jan Rap en sy maat wat hulle reg die gee om onsin kwyt te raak. 23 Desember word gebore met ‘n stille belofte van verandering botsende gedagtes, ongegronde vrese, ontreddering skuif verlossend na die verlede verwaai soos blare in die wind. 24 Desember word met trompet geskal aangekondig op die Oosterkim vanwaar ook die Wyse Manne die ster gevolg het na Betlehem.

Kersfees 2008

217


So Helder soos Vandag...

Sunnyside Ek hardloop in die wind deur trane verblind deur die donker nat strate van Sunnyside Dreigende honde met slepende tonge volg my soos skaduwees in Sunnyside. ‘n Skoot knal in die nagtelike stilte die gil stol in my keel in Sunnyside. In die park voer ek honderde wit duiwe onder die bome lê duisende swart lyke in Sunnyside. Grys woonstelblokke staar blind na strate met krioelende swart miere Op die spierwit kussing onder my kop vorm ‘n bloedrooi blom uit my bloed in Sunnyside.

218


Vlug ‘n Warboel van nasies vlug verwilderd na stasies in dreigende nagtelike ure bid vir oop grense verwelkoming deur honde nie mense.

219


So Helder soos Vandag...

Niks Hierdie aardse bestaan wat lewe heet snel ongemerk verby na die donker spleet van niks waarvan niemand nog iets weet.

220


Einde Al wat jy op die einde kan verklaar as jy alles in berekening bring is waarom het ek God nie meer bemin waarom het ek hom nie meer aanbid en meer besing.

221


So Helder soos Vandag...

Anderkant Hoe kom dit vriende dat ek julle ook hier sien by die feesmaal van verlore siele is julle ook toegang geweier aan die Anderkant troos julle self/ hierdie is vir ons die regte kant.

222


Boeke My ma verbrand weerlose boeke in gulsige vlamme swart krul die blaaie in ligte laaie terwyl die stories knetterend sterf in die vuur slaan die horlosie die laaste uur.

223


So Helder soos Vandag...

Skaduwee So ontwykend soos jou skaduwee draf hy soos ‘n siek brak al op jou spoor hou jou in die oog, bespied jou totdat jou skaduwee verdwyn in die niet.

224


Vennootskap Hierdie vennootskap tussen ma en kind wat julle jare lank vonnis tot onvolkomenheid sal eendag na doellose lyding sonder meer ontbind.

225


So Helder soos Vandag...

Spleet Daardie dag wanneer jy voor jouself sal staan agter donker glas ‘n spleet van lig sal sien duisende sterre in jou kop sal bars dĂĄn sal jy weet.

226


Ma My ma is ‘n vrolike mosbol van ‘n vrou lag oopbek soos ‘n kind prys die Heer met blye galme hang spierwit lakens in die wind.

227


So Helder soos Vandag...

Narre Oom Angus Buchan prys here en die Heer Vader Jakob sing en dans sal sy wami reghou vir die dag waarop Oom Angus biddend wag.

228


Dood Die trillende spiere van weerlose diere wat wag op die dood.

229


So Helder soos Vandag...

Slakke Ek vleg my pad deur strome swart slakke op sypaadjies van die stad die pers, pers bome verlore in drome van ‘n tyd wat was.

230


Koors Deur die oog van die venster staar sy nikssiende na dakke en mure van onsigbare bure wat onrustig slaap in die nag sweterig droom van die dag.

231


So Helder soos Vandag...

Weg In nagwake op die plaas luister ek na motors wat verbygaan wag ek tevergeefs op jou terugkoms in drome verwelkom ek jou weer vir die laaste keer

232


Sand Vermoeid snel ek oor die skroeiende singende sand van my land droom van koel groen valleie vanwaar ek spruit/ uit ‘n Noordelike land.

233


So Helder soos Vandag...

Middestad Moeisaam leer ek lui, hardgebakte waiters goeie maniere om te spel in die kombuis beweeg ladies uit die townships soos dragtige koeie verseker my dat hulle net Engels verstaan staar met gebroke swart oĂŤ na die kos eendag hoop ek sal God my verlos uit die Middestad.

234


Rante Ek bring vir jou geel grassade gepluk tussen groen kameeldoring bome teen vĂŞr rosige rante wat rustig slaap in eeu-oue drome.

235


So Helder soos Vandag...

Lunch Uit gate en strate peul hongerige diere sak toe op die buit tussen die tafels hardloop waiters soos ontstoke wit miere slinger hompe bloederige vleis na gapende monde berei hulle voor vir die volgende ronde. Met kispakkies aan en geslote stadsgesigte huiwer hulle in die deur sodat jy eers moet kennis neem van hulle gewaande belangrikheid doen eers hoorbaar die tafelgebed gil dan hooghartig op waiters vir diens. Vetties val voorspelbaar in nĂĄ die lunch crowd se vertrek die personeel sug verlig en skakel oor na laagste rat dra koeke en terte aan na die tafels spoedig verdwyn dit in ‘n gapende gat. Strome waiters doen aansoek vir ‘n job en gratis verversings wat hulle skaai om terug te neem na hongerige kinders oumas en oupas wat wag in die straat om nuwe tricks leer van die proletariaat. Soos bronstige diere stroom hulle na neutrale

236


grond om te paar met verloopte lustige oĂŤ staar hulle hunkerend na mekaar probeer ongemerk ‘n gewillige waiter te bevoel om te eet en te paar is die enigste doel.

237


So Helder soos Vandag...

Plaaspad Soos ek en jy voorheen in die plaaspad langs gewandel het hand aan hand strompel ek nou alleen na jou in ‘n verre vreemde land.

238


Nis Deur die versmorende mis vertoef ek in die nis waar ek is.

239


So Helder soos Vandag...

Vlees Opgesluit in ‘n donker sel van lyding soek ek die sleutel van die deur wat my sal lei na salige bevryding van my verrottende vlees.

240


Balans Skommel en skud met ‘n verwoede pluk ruk hy my van balans die sement snel my toe tref my weerlose lyf in ‘n makabere dans.

241


So Helder soos Vandag...

Verraad Onheil skuil in my woning is ‘n gas aan my tafel die eenvoud van my denke het my onbevoeg verklaar jaar na jaar.

242


Huis Ek bou ‘n huis met ruimtes en trappe van kartonne en ou kaste stadig verweer dit en verswelg my verdwyn soos sinkende skepe se maste.

243


So Helder soos Vandag...

Ma My ma het my leer sing en werk en lag vir daardie dag weet ek nou wanneer alles verdwyn in die nag van verwildering en pyn.

244


Terug Dagbreek hef ek ‘n lofsang aan sing ‘n lied aan die son wat triomfantlik sy reis onderneem van horison tot horison in my Vaderland.

245


So Helder soos Vandag...

Verlange Sou dit my beskore wees om weer op reis na ou beminde plekke terug te gaan sal ek verwonderd staar na hersenskimme van myself in ‘n ou vergete raam.

246


Windpomp My ma staan met die vadoek voor die deur en sing/ blymoedig ‘n Psalm tot haar Heer in die lug draai roofvoëls wat wag vir ‘n prooi ek huiwer en vlieg dan bo uit die boom in sorgloosheid en glorie getooi.

247


So Helder soos Vandag...

Klug Toe ek verraai uit my vaderland moes vlug in die jaar des Heer negentien-en negentig het ek nie geweet dat ek ook hier sou moes aansit vir die ou bekende klug.

248


Nag Vroegoggend eintlik nog nag kom en gaan swart wesens op soek na die dag wat hulle weer terugwerp in die nag.

249


So Helder soos Vandag...

Preek Van die preekstoel af hoog op sy troon het priesters nog altyd geheul met ons droom van geslag tot geslag.

250


Familie Familie met berekende gemeenheid verwoes mekaar stelselmatig ondermyn die stelsel deur die Skepper daar gestel maar bid nogtans lang regverdige gebede volgens hulle is als dan weer wel.

251


So Helder soos Vandag...

Dier Dis nie nodig om ‘n dol hond op te spoor hy slaap langs jou grom in die nag en wag en wag. Alleen. Die eensaamheid omvou my soos genade versorg die kneusings en die wonde na lang troostelose vermoorde jare omarm my nog net een stonde.

252


Horison Voor haar reik die teerpad met lang gulsige arms na vlugtende skaduwees van onbekende horisonne duisende sterre soos goudgeel blomme ontplof in haar kop soos skreeuende alarms.

253


So Helder soos Vandag...

Graf Elke Kersaand was ek gedaag om kerkhof toe te gaan om blomme te plaas op vreemdelinge se grafte nou loop ek weer in koorsdrome dieselfde pad sonder vrees en bewing begeef ek my nou op die ou bekende baan. Seuntjie. Ek sien hom nog seuntjie van my hart ’n klein parmant eiehandig sy eie tas gepak wag voor die hek reg om te vertrek.

254


Gordyne Waarom hang ek voor vensters/ gordyne om die lig uit te sluit as ek liewer op die dak wil woon om ver te kyk.

255


So Helder soos Vandag...

Ruimtes Ruimtes het nog altyd my hart laat sing hier dwaal ek bedroĂŤ tussen grys woonstelblokke saam met honderde soekende mense goddank vir die herinnering.

256


Slag Totaal alleen nooit eensaam raai ek wat aan anderkant wag onafwendbaar die laaste slag.

257


So Helder soos Vandag...

Sterre Op warm someraande lê ons op oopgegooide seile op die sand my pa leer ons die name van flikkerende sterre van astroloë wat ‘n pad kon vind na ‘n ander land waar in die nag vuurvliegies brand.

258


Godsdiens Godsdiens met moedersmelk gemeng was my beskore miskien van een te veel sodat ek soekend steeds soekend tas om my rond godverlore.

259


So Helder soos Vandag...

Wolke Bokant hartseer pers bome word spierwit wolke verwoes deur die wind wat argelose vreugde daarin vind

260


Skaap Iemand begelei my soos ‘n skaap Tussen doodskiste deur om te kies en te keur vir my laaste slaap kan jy nou meer

261


So Helder soos Vandag...

Besin SĂŞ nou jy is wys genoeg om deur die demoniese spel te sien sal jy besin en omdraai of jou lewelank bly wroeg dis nou genoeg

262


Reisigers Predikante langs die pad en ander verhewe op hul troon verheug hulle wanneer hulle reisigers die verkeerde weg kan toon.

263


So Helder soos Vandag...

Vraag Wat is die antwoord vra die mens wanneer die uurglas dreig om leeg te loop antwoord dan sommer self wat was die vraag

264


Ouma My ouma dra ‘n lang swart rok haar snuifblik in haar hand kam geduldig my lang gekoekte hare dra my aan die Skepper op

265


So Helder soos Vandag...

Demoon Vir maande lank veg ek met ‘n onbekende demoon soos met ‘n roofdier wat my liggaam wil verslind bedags staar ek afwesig na ou bekende dinge bid dis maar net ‘n droom. Klaarheid. Ek verwag nie ‘n prys van jou nie al wat ek soek is die waarheid nie vir myself nie maar vir jou kom in hemelsnaam tot klaarheid.

266


Engel Die Engel van duisternis is op my spoor volg my al jare om te hoor van sonde en berou maar ek ontwyk dit goedertrou.

267


So Helder soos Vandag...

Hersenskim In hierdie lyding en verwildering wat ons lewe noem deur wie en waarom is net ‘n hersenskim

268


Paradys Ek matig my aan om deur te gaan na die verbode paradys van sy huis

269


So Helder soos Vandag...

Pad Moet nooit vergeet dat jy jou rigting kan verloor saam begin sing in die gekkekoor selfversekerd die pad wat afdraai vat na wie weet wat

270


Reis Ek weet nie wanneer die reis begin het waarheen ek op pad is na ‘n nuwe oggendstond of dit reeds die einde van die dag is

271


So Helder soos Vandag...

Gedagtes Versaak my nie nou edele gedagtes gebore uit soveel boeke slinks ontwyk dit my skuil om donker hoeke stel my genadiglik vry

272


Poel Na doellose omswerwinge is ek ‘n stilstaande vergete poel miskien was dit van die begin af die doel. Dryfhout. Soos doellose dryfhout gevang in ‘n donderende see stort ons oor die afgrond na benee.

273


So Helder soos Vandag...

Holtes In die skaduwee het bitter water die holtes vol gespoel waaruit sy haarself desperaat bly laaf totdat die son se strale op die poel die water soet maak en koel. Sandveld. In die Sandveld/ kyk ek na draaiende aasvoĂŤls eet soet frank bessies van ‘n bos tarentale vlug voor my voetstap honderde geel blomme sif op my kop.

274


Graf Onthou om blomme te sit op jou ouma se graf te peins oor wat nou ook op jou wag. Stilte. Die stilte diep soos eensaamheid omhels my in die skemeruur troos my met tere erbarming laat dit wel wees hierdie uur. Flamink. Die pienk flamink is van koers gedwing deur die skroeiende vleuels van die westewind snakkend na lug word dit deur modder verslind. Slaaf. Vrou van een, ma van twee slaaf van drie knielend by dooie drome wonder sy wie was wie.

275


So Helder soos Vandag...

Rus Eendag sal jy gaan rus troos dienaars van geloof my vroom staar oor my kop na niks waar hulle blykbaar reeds woon. Geloof. Ek het gehoor predikers sê die hemel is ‘n plek van rus hoe weet hulle dit blykbaar was hulle al daar en pas die rus hier toe. Baan. Daar is ‘n baan waarop die son sal gaan op afgebakende weë eeue gelede van die begin af aan.

276


Vertrek Sommige sĂŞ jou dood is die einde ander dit is die begin dit is net die bevestiging van jou vertrek. Siekte. Blindelings tas ek om my rond na die woorde van my kind se stem staar deur troebel water na sy mooi gesig steek my arms uit om hom te red.

277


So Helder soos Vandag...

Balans Tussen soete droom en harde werklikheid probeer ek tevergeefs myself balanseer met my kop in die wolke stort ek aanstons weer reddeloos neer

278


Ma Met onsiende oĂŤ strompel ek uit in die nag die aarde kantel ‘n oomblik op sy as duisende sterre val na benede my ma is dood

279


So Helder soos Vandag...

Estimasie My honderde goeie kwaliteite volgens eie estimasie floreer welig soos goed bemeste onkruid. Medies. Na ses maande van passiewe onverwoordbare lyding argeloos los gelaat deur dikgevrete vervaardigers dokters, aptekers waarsku ek die niksvermoedende ongeĂŤrgde dom siele die koning is kaal.

280


As ek weet Gun my net die kans om te gaan woon in murasies deur donker reĂŤnwoude verskans. Gruisklippertjies. Die dae van my lewe is soos ‘n kloppende wond want alles waarin/ ek geglo het het geword soos gruisklippertjies in my mond.

281


So Helder soos Vandag...

Verbyster Jy ervaar met verbystering hoe selfs mense in familiekring genoeĂŤ vind in leuens versin om hul tot eie val te bring

282


Lig Soms sal in my brein in stiller tye ‘n helder poel van lig verskyn my redding in bitter lyding

283


So Helder soos Vandag...

Hou my vas Die somer het vanjaar so ongemerk gekom terwyl ek in ’n winterslaap van pyn verlore was hou my vas desperaat gespartel het vir ’n straal van lig maar nou versteur dit my ewewig hou my vas

284


Vergeefs Soos spore van jou vingers deur water verdwyn kosbare herinneringe een vir een begin jy weer moeisaam ’n nuwe toekoms weef weldra is dit ook daarmee heen soos spore van jou vingers deur water verdwyn

285


So Helder soos Vandag...

Medici Na ’n jaar en half van onnodige, sinnelose lyding argeloos losgelaat deur witgejaste Hippokratis edeliede waarsku ek julle dom, vertrouende siele die konings is kaal

286


As jy weet As jy net verlaas die kans kon kry om weer te gaan woon in ou murasies in onbegaande woude net weer swem in diep helder strome gom eet uit eeu-oue bome sal jy op vlerke van ragfyn drome daarheen sweef as jy net weet.

287


So Helder soos Vandag...

Slak Sy maak vir haar lang los rokke uit ou verslete lakens in die wye koel ruimtes skuil sy soos ’n slak laat sy ’n taai, slymerige spoor rooi gekleur van haar lewensbloed

288


Ma Die wêreld kantel op sy as duisende sterre reën op my neer ’n donker tonnel sluk my in my ma is dood

289


So Helder soos Vandag...

Reis Sy weet nie wanneer die reis begin het waarheen sy op pad is na ’n nuwe oggendstond of dit reeds die einde van die dag is

290


Besinning SĂŞ nou jy is wys genoeg om deur die spel te sien sal jy besin en weer begin of net aanhou wroeg?

291


So Helder soos Vandag...

Tronk Ek woon in ‘n huis gehak aan ander huise soos krale in ‘n string bedags sit en staar ek gedagteloos na die spreiers wat toonloos sing

292


Sterrekunde Op warm someraande lĂŞ ons op oopgegooide seile op die sand my pa leer ons name van flikkerende sterre terwyl vuurvliegies om ons hulle liggies laat brand

293


So Helder soos Vandag...

Bedwelming Soekend veg ek deur slymerige bamboes deur veelkleurige sterwende seevier op na die lig ontsnap uit versmorende doolhowe uit my mond stort gistende visse met bloederige grynslag volg die haai my spoor

294


Klippe Hy beitel klippe met sy hande om hom vlieg duisende vonke vuurvliegies maak nes op sy kop

295


So Helder soos Vandag...

Kaapkruis Toe jy weer by Kaapkruis kom was die eensaamheid nog daar en sy bekende spore in die sand wat vir jou wag om dit saam te neem. Maar jy sal altyd wagtend bly langs sy spore in die lome sand saam met seevoëls op die golwe ry die nagvog met jou lippe vang. Eendag sal hy oor die duine kom Al op sy heilige spore langs En jy sal laggend oor hom vlieg herinneringe onder jou vlerk gevou. Miskien sal jy hom volg tot in die eindelose loom woestyn Waar jy reeds dekades woon En wag vir rawe om brood te bring. Want jy het al die korrels warm sand getel Ook die helder sterre bokant jou Terwyl naggeluide jou ore skeur En vet wit wurms jou lyf verteer. Sy stem hoor jy oor die koue see Hoog en skril soos van ’n honger kind. Strandwolwe wag kwylend saam met jou Mis omsluier jou soos ’n kokon Waar drogbeelde dreigend stoom rooi strelende tonge om jou liggaam vou

296


Maar as die son die mis verjaag En God sy vinger na die aarde wys Sal hy op my heilige spore weer verskyn En vog saambring om van te leef.

297


So Helder soos Vandag...

Verlies Met dieper kennis van jouself skyn ou aanvaarde waardes kwyn laat jou leeg en eensaam met ’n dieper pyn sodat jy weer dieper delf Waar die Wind my ken. Eendag wil ek terugaan na waar die wind my ken soos ’n minnaar in my oor fluister deur blarehemel my in omhelsing vou soos ’n bruidegom oor die oseaan vlieg om my te gryp waar ek staan

298


Afstand Alles is so vĂŞr het verdwyn in die niet die berge die wolke die mense my drome my hand soek blindelings tas desperaat gryp so naby het dit verskyn.

299


So Helder soos Vandag...

Susanna My suster Susanna is ’n kok van formaat sy kook vleis aartappels en rys my kinders verorber dit gulsig soos hondjies want ek woon in die ouvrou se skoen

300


Estimasie II My honderde goeie kwaliteite volgens eie estimasie groei soos onkruid in goed bemeste grond ek plant voort in eindelose spasie

301


So Helder soos Vandag...

Strome Deur eindelose ruimtes stuur ek snags my hunkerende drome na dorstige diere wat onrustig vertoef langs slapende strome.

302




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.