East Rand Magazine

Page 1

Die Oosrand Tydskrif JANUARY/JANUARIE 2015

Magazine

Voorspoedige 2015 Back to School Tips

10 Gewigsverlies wenke vir ‘n nuwe jy

STEVE HOFMEYR

Springs - Brakpan - Nigel - Benoni - Kemptonpark - Edenvale - Boksburg - Bedfordview - Heidelberg

www.eastrandmagazine.co.za


4

32

4 - Steve Hofmeyr 8 - Gewigsverlies wenke 15 - Back to School Tips & Tricks 16 - LAPA boeke 24 - Weight Loss Planner 28 - Our Food Page 32 - TechnoBuzz 36 - Care Care Check List 38 - JANUARY DIARY

15

24 28

Heidelberg and Kempton Park every month

Cappuchinos, East Rand Mall

Plaaskombuis, Brakpan Lakeview Hospital, Benoni SA Homeloans,Boksburg Heidelberg Mall



Steve Hofmeyr Steve Hofmeyr is meer as net ‘n musikale instelling hy is ‘n handelsmerk met 26 jaar se momentum om hom te dra om nog meer sukses in die volgende 50 jaar van sy lewe te bereik Steve Hofmeyr is al vir dekades lank hard aan die werk – nie net as 'n gewilde vermaaklikheidster nie, maar ook as 'n persoonlikheid by wie mense op 'n emosionele, kulturele en patriotiese vlak aanklank vind. Sy derde Toeka-huldeblyk is pas vrygestel en hy het ook onlangs sy 9de boek, STEVE HOFMEYR 50, voltooi. Met hoofstukke soos Kaalvoetdae, Deurbraakjare, Celebs & Selfies, In aksie, Erfenis, Films & TV, Oppipad en Oppiplanke, vertel die treffersanger sy storie met behulp van foto's wat deur verskillende mense geneem is – van fotograwe, sy aanhangers en span, tot hy self. Steve het al baie hoogtepunte in sy loopbaan bereik, van albums met multiplatinumverkope en topverkoperboeke, tot suksesvolle televisiereekse, geselsprogramme, en uitverkoopte konserte regoor die wêreld. Naas 'n liedjieboek, met meer as 200 oorspronklike (opgeneemde) liedjies, kon Hofmeyr reg deur sy ryk loopbaan kwalteitwerk lewer, verhoudings bou en kritici verkeerd bewys. As akteur, suksesvolle skrywer, televisiepersoonlikheid en dikwels omstrede sosialemedia-kommentator, het Hofmeyr nog altyd intens daarop gefokus om stories te vertel deur musiek, wat aanklank vind by kultuurbewustes asook by diegene wat bloot die ritme van drie en 'n half minute se pret wil voel. “Ons fragmenteer die oomblik,” sê hy. “My liedjies wys iets van die dinamiek van Afrikaans, en die lekkerste deel van kultuur is dat dit nie gereguleer kan word nie.” Steve het oor die jare 'n musikale monument vir Suid Afrikaanse nostalgie en Afrikaanse vermaak geword en ry steeds die golf van daardie sukses. “Ek het 'n bietjie van my waagmoed om te eksperimenteer afgeskud,” vertel hy egter. “Maar ek poog om steeds my kant te bring by liriese inhoud en lekker, soliede konserte. Dis lank nie meer iets wat ek doen nie, maar iets wat ek is!” Danksy jare se ondervinding in die musiek- en vermaaklikheidsbedryf, is sy stem vandag groter en beter as ooit. “Ek kan letterlik hoër note bykom,” sê hy oor die omvang van sy stem. “Ek het as 'n kroegsanger begin, maar geleer om myself darem tegnies te verbeter. En as 'n mens onder begin het, is daar immers nog baie geleenthede om mense te beïndruk,” grap hy.Alhoewel Steve ongetwyfeld 'n begaafde outeur, akteur en musikant is, het sy popstatus al enkele terugslae beleef – was daar geen einde aan die teenvoeter van prestasie, inspirasie en loopbaanvieringe nie. “Ek word omgekrap deur realiteite in politiek en die 4

samelewing,” erken hy. “Ek sing nie genoeg hieroor nie. Musikaal gesproke is daar egter vandag 'n magdom uitstekende Afrikaanse kunstenaars – wat almal iets te sê het – en dís 'n wonderlike ding. My doel was altyd om die Afrikaner/Boer 'n deelnemer te maak in die vieringe in die wondere van Suid Afrikanerskap, maar vas te skop teen dit wat ons kulturele bestaan kan uitsmoor. Ek's deel van 'n minderheidskultuur. Paranoia is ons reg. Ek's 'n kunstenaar wat uit mense sing, nie vir hulle nie. Ek sit die gevoelens en gedagtes van die meeste mense in woorde om. Ek's trots op my liberale wortels, hoewel ek as kunstenaar en kultuurdier behoudend is,” sê hy met 'n gemaklike glimlag. Vandag het Hofmeyr die reg verdien om die golf te ry wat hy help skep het. “Ek's dol oor die diversiteit wat my lewe my bied,” bevestig hy. “Ek word jaarliks rolprentrolle aangebied, waarvan ek soms aanvaar. Elke vier jaar waag ek weer 'n musiekblyspel, solank my knieë nog hou. Ek hou daarvan om te skryf en my helde dop te hou soos wat hulle ouer word. Want daar was altyd iemand voor jou, wat beter was, wat jou iets sal leer.”


Daar is ook 'n ander kant aan Steve, een wat oor meer as net pop, rock en volkmusiek gaan. “Ek is dankbaar vir daardie nuwe spasie. Dis waarvoor die boeke daar is. Musiek, in vergelyking daarmee, volg 'n duidelike pad sonder afleidings na die goedvoel-vermaak waarvoor dit bedoel is.” Musiek is Steve se veilige plek. “Ek weet dit, daarom misbruik ek die platform meestal nie. Maar skryf is taaier, neem meer tyd in beslag. Ek werk tans aan my negende boek.” “Daar is 'n vlak van integriteit waarna ek altyd, selfs as popkunstenaar, gestreef het,” gesels hy verder, “en ek wil graag glo dat ek daardie balans volhou. Dit was egter nooit my oorspronklike voorneme nie, maar uit die genade van onse muses het dinge so uitgewerk. Ek was nog altyd te ontspanne as kunstenaar om te geforseerd te wil wees.” “Vandag staan ek sterk en doen ek met elke verhoogoptrede die besigheid van vertolking, niks meer en niks minder,” sê Hofmeyr. “Ek's steeds mal daaroor. Daar is dus iets te sê vir ouer word. Vandag speel ek vir verskillende gehore, wat almal vir verskillende redes daar is. En my musikale lakmoes sê vir my dat mense daarvan hou. As dit stop, sal ek ook.” Steve het sedert 1987 al heelwat gereis, opnames in Los Angeles gemaak en vir 'n rukkie in België gewoon om opnames en optredes saam met Dana Winner te doen. So tussen die skryfwerk en opnames (met onder andere Patrizio Buanne), plaaslike en wêreldtoere deur, is 27 uitmuntende albums uitgereik, waarvan altesaam meer as tweemiljoen kopieë verkoop is. Sewe rolprente en sewe musiek-DVD's later, bestaan daar geen twyfel dat Hofmeyr werk en die kuns van 'n lewe-in-treffers vervolmaak het.In daardie tyd het hy sy formele opleiding as akteur op televisieskerms en die silwerskerm met sy aanhangers gedeel. Hy het van die mees onweerstaanbare musiek opgeneem en sewe topverkoperboeke geskryf, waarvan vier volbloed-romans is. STEVE HOFMEYR 50, wat onlangs voltooi is, is 'n fotobiografie wat 'n kant van hom wys wat sy aanhangers nog nooit gesien het nie. “Ek het 'n vermoë om mense te kry om saam te speel, op te staan, ken te lig, saam te praat en te baklei, sonder om ooit saam te stem,” erken Hofmeyr. “Ek stuur gehore na 'n ruimte waar hulle veilig voel. Eintlik voel ek soos Elvis toe hy op 'n keer gesê het: 'Ek weet nie wat dit is nie, maar dit werk'. Die ou vuurvreter Friedrich Nietzsche het ook gesê: 'Ek luister na musiek vir my eie gemak.' Ek dink ek kan heeltemal met daardie manier van luister saamleef.” Volgens hom was 2008 tot 2014, tot op datum, sy produktiefste jare. In hierdie tyd moes hy weer op sy voete kom na 'n egskeiding, siekte en selfs publieke oordeel en spot. Maar hy het as 'n oorwinnaar, vol inspirasie, net groter hoogtes bereik met elke nuwe projek wat hy aangepak het. “2008 was 'n keerpunt,” bevestig hy. “Dit was 'n soort Rubicon – niks was weer dieselfde daarna nie. Daar was 'n duidelike transformasie en ek kon dit voel. Ek is nou meer in pas met dit wat rondom ons afspeel, en ek doen verslag oor al dié dinge met behulp van die mediums wat tot my beskikking is.” In 2011 het Steve letterlik sy stem verloor en dit het nie net vanself weer teruggekom nie – 'n ontnugtering wat hom

weereens laat besin het oor sy werk en hoe hy dit doen. “Ek het opgepak en 'n maand lank in Europa gaan toer, waar ek nie 'n woord gesê het nie,” onthou hy. “Gelukkig het ek herstel en daarmee saam het die besef gekom dat dit uiters belangrik is, om die tempo waarteen ek werk, te beheer as ek onbepaald wil aanhou met wat ek doen en wíl doen.” Buiten vir “plantkunde en kosmaak”, het hy sy hand al aan alles gewaag en in elke dissipline 'n gehoor gevind. “Ek het drama studeer en alles wat daaruit gespruit het, het my lewe geword,” vertel hy. “Teater, televisie, skryf, rolprente en musiek – dit is nou alles deel van my. Die boek-ding was waarskynlik onvermydelik. Hoewel dit nie my hooffokus is nie, kon ek dit gelukkig stadig benader. Ek vind ek moet skryf, en soos elke ander aspek van my loopbaan, vind die een baat by die ander.” “Ek het gelukkig vroeg in my loopbaan gesien dat alles nie bloot rock 'n roll is nie maar 'n dissipline. Ek het ontsag vir hierdie ding wat ons doen. Ek is verslaaf daaraan, en dít is moontlik hoekom ek nooit moeg raak vir enige aspek van dit waarmee ek geseën is nie.” Steve Hofmeyr is meer as net 'n musikale instelling – hy is 'n handelsmerk met 26 jaar se momentum om hom te dra om nog meer sukses in die volgende 50 jaar van sy lewe te bereik. Volg hom op: Twitter - @steve_hofmeyr, Facebook - www.facebook.com/steve.hofmeyr; en hou webbladblog, www.stevehofmeyr.co.za, dop vir toerbesonderhede en nuus.

TOEKA 3 vertoning by Carnival City die 6de Desember

WEN EEN VAN STEVE SE NUWE BOEKE ‘STEVE HOFMEYR 50' OF ‘N TOEKA 3 CD SMS STEVE & JOU VOLLE NAAM NA 078 198 4969 5







* * * *

Weddings Portfolios Studio Functions


Maternity open day Life Dalview Clinic invites you to attend a free pregnancy workshop in our Little Life unit.

Date: Time: Venue:

14 February 2015 10h00

Life Dalview Clinic maternity unit

For more information and to book your seat contact MarlĂŠ Erasmus at Life Dalview Clinic by 8 February 2015 on 011 747 0747 or email marle.erasmus@lifehealthcare.co.za Free gift bags, talks, demonstrations and a tour of our Little Life unit

You carry your little one wrapped in love and warmth.

We are here to carry you. www.lifehealthcare.co.za




MAAK TYD VIR JOUSELF IN 2015

ES MEER... E L Ensiklopedie van kennis

Hierdie allesomvattende ensiklopedie bied ’n splinternuwe benadering tot naslaan-werk vir die hele gesin. Dit is in samewerking met die gesaghebbende Smithsonian-instituut geskep, en danksy die heel nuutste 3D-grafika-tegnologie verken dit die wonders van die wêreld in ongeëwenaarde detail. ISBN-nommer: 9780799366570 | Hardeband - 255mm x 300mm 360 bladsye - R394 .95

Lekker en vinnig: Kosblikkos Saamgestel deur Hendri Warricker Wees die held van die kosblikbrigade met tuisgemaakte energiestafies, lekker vetkoeke, biltongmuffins en kaaskoekstafies vir die soettande. Hierdie praktiese boek sal die gesin laat uitsien na die daaglikse avonture in hulle kosblik. “Lekker!” sal hulle jubel. “En vinnig,” sal jy dankbaar sug terwyl jy in ’n oomblik van vrede jou eie kosblik oopmaak. ISBN-nommer:9780799370140 Sagteband - 210mm x 235mm 48 bladsye - R49 .95 WEN ‘N BOEK VAN LAPA UITGEWERS SMS - LAPA EN JOU VOLLE NAAM NA 078 198 4969


BACK 2 SCHOOL PROMO 6 - 31 JAN

SHOE

EM PIRE

WE shoe AWAY HIGH PRICES

34 North Rand Road | Boksburg | 1459 011-823 6964 | 011-823 2572 | info@shoeempire.co.za


27 - 28 FEBRUARY 2015 @ CARNIVAL CITY

THE BIGGEST SHOW TO HIT SA IN 2015! Blackbyrd // Bok van Blerk // Claire Johnston // Elvis Blue // Jay // Theuns Jordaan










Our Food Page.... Beef Lasagna (serves 4-6) Serve your lasagna with a fresh salad, and perhaps a slice or two of garlic bread. Ingredients: 250g packet instant lasagna sheets ½ cup freshly grated mozzarella cheese ½ cup freshly grated cheddar cheese ½ cup thickened or pouring cream ¼ cup freshly grated parmesan cheese

Method: 1.

Preheat oven to 180°C.

2.

Brush a shallow ovenproof dish with melted butter or oil, line with lasagna sheets – breaking them to fill any gaps. Set aside.

3.

To make cheese sauce, melt butter in a medium pan. Add flour and sit for one minute. Remove from heat. Gradually add milk, stirring until mixture is smooth. Return to heat. Cook, stirring constantly, over medium heat until sauce boils and thickens. Reduce heat, simmer for three minutes. Remove from heat, add cheese, salt and pepper. Stir well until combined and set aside.

4.

To make meat sauce, heat oil in a large pan. Add onion and garlic and stir over low heat until onion is tender. Add mince. Brown well – breaking up with a fork as it cooks. Stir in undrained, crushed tomatoes, wine, oregano, basil, salt and pepper. Bring to boil. Reduce heat, simmer 20 minutes.

5.

Spoon one-third of the meat sauce over lasagna sheets. Top with one-third of the cheese sauce. Arrange a layer of lasagna sheets on top.

6.

Continue layering, finishing with lasagna sheets. Sprinkle with combined mozzarella and cheddar cheese.

7.

Pour cream over the top. Sprinkle with parmesan.

8.

Bake for 35-40 minutes or until bubbling and golden.

Ingredients – cheese sauce: 60g butter or margarine 1/3 cup plain flour 2 cups milk 1 cup freshly grated cheddar cheese salt and pepper to taste Ingredients – meat sauce: 1 tbsp olive oil 1 onion, finely chopped 1 clove garlic, crushed 500g beef mince 2 x 425g cans tomatoes ¼ cup red wine ½ tsp ground oregano ½ tsp ground basil salt and pepper to taste

Peppermint Crisp Tart (serves 8 - 10) Traditional red Sangria

www.justeasyrecipes.co.za

A typical South African dessert the Peppermint Crisp Fridge Tart is Ingredients: incredibly rich and decadent, but hugely popular all the same.Easy and · 1 orange ;· 1 lemon fast, you can whip this pudding up in 10 minutes! · 1 lime · 1 apple Ingredients: · 1/2 cup sugar · 1/4 cup brandy 2 packets of Tennis biscuits · 1/4 cup orange liqueur 2 sachets of Orley Whip or 500ml cream 1 tin caramel · 2 bottles of red wine peppermint crisp chocolate · 2 cups sparkling water or club soda Method: Directions: 1. Beat the Orley Whip / cream. · Cut the fruit into small pieces 2. Mix in the caramel. · In a large container, combine fruit and sprinkle with 3. Layer the Tennis biscuits and the Orley Whip mixture. sugar. 4. Sprinkle peppermint crisp on top. · Pour brandy and orange liqueur over the fruit and allow to marinate for 1-4 hours. 5. Place in fridge to set. ·

Add the red wine, stir and chill.

·

Serve over ice and top with sparkling water.











JANUARY/JANUARIE ONE REPUBLIC OneRepublic`s Native Tour is their largest to date playing over 185 sold out dates around the world and South African fans are encouraged to get their tickets early to avoid disappointment. 19 & 21 June 2015 @ The Coca-Cola Dome

MICHEAL BUBLE Big Concerts is very pleased to confirm that the multi Grammy award winning, Canadian superstar, Michael Buble, will be returning to South Africa in 2015 for 4 special concert dates. Catch him live in Durban, Cape Town and Johannesburg. 17 - 22 March @ The Coca-Cola Dome

LORD OF THE DANCE Lord Of The Dance: Dangerous Games - a spectacular new staging of the traditional masterpiece - comes to Johannesburg from 14th July 2015 for a limited 4 week run at Montecasino, presented by RSG and M-Net. Another Big Concerts Experience.14 July to 9 August at Teatro at Montecasino

RANDFONTEIN SHOW Randfontein Show Food and Music Festival. It`s all about fun, food and entertainment for the whole family and it`s value for money. It`s the West Rand`s biggest business and social extravaganza. 4 to 8 March at Randfontein Greenhills Stadium.

MAMMA MIA This is the first time in 10 years that the International Tour production of MAMMA MIA! will be performing in Johannesburg. The tour has visited 77 cities in 36 countries and been seen by over 4.5 million people. MAMMA MIA! is celebrating 15 years in London’s West End and is the 9th longest-running show on Broadway. Over 54 million people around the world have fallen in love with the characters, the story and the music that make MAMMA MIA! The ultimate feel-good show. 24 March to 19 April at The Teatro at Montecasino.

KEWL AFRIKAANS MUSIEK FEES Ons top 5 kunstenaars, Kobus Muller, Charlize Berg, Lianie May, Karlien van Jaarsveld en Bobby van Jaarsveld sal elk 'n volledige set van hul treffers en nuwe liedjies opvoer. 7 Februarie - 589 Rubenstein Drive, Pretoria.

#LONDON GOES SA The show will be taking place at Sun International's Carnival City from the 27th of February 2015 to the 28th of February and promises to be one of the most spectacular shows you can see in South Africa The line up is Bok van Blerk, Jay, Elvis Blue, Blackbyrd, Theuns Jordaan and the legendary Mango Groove. Carnival City - 27 to 28th of February 2015


TRADING HOURS - MON to FRI 07:00 to 17:00 / SAT 08:30 to 15:00



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.