East Rand Magazine

Page 1

Die Oosrand Tydskrif MARCH/MAART 2015

Magazine

Stadsboer

Baba & Kleuter kompetisie ’

PRAGTIGE NADINE

Springs - Brakpan - Nigel - Benoni - Kemptonpark - Edenvale - Boksburg - Bedfordview - Heidelberg

www.eastrandmagazine.co.za


5 14

12

4 & 5 - NĂĄdine 14 - Baba & Kleuter Kompetisie en LAPA boeke 12 - Carien Botha 18 - Stadsboer 20& 21 - Park Meadows Competition 22 - Ballade vir ‘n Enkeling 23 - Pet Competition 26 - From the Kitchen 31 -Technobuzz 32 - Motoring 38 - MARCH DIARY

34

Cappuchinos, East Rand Mall

Plaaskombuis, Brakpan Lakeview Hospital, Benoni SA Homeloans,Boksburg

30

18 28 Carli Mostert & Riana Nel

Tashana van Niekerk and Giovanni

Chris-Jan & Nadia with Dozi and PJ Powers

Sales Debbie Louw Amanda van Heerden Design Michelle Kruger



Nádine Nádine verf met woorde op haar nuutste Afrikaanse album. En die titel is heel gepas... “Skildery”. Nádine is terug met 'n splinternuwe Afrikaanse album, “Skildery” wat jou verseker gaan stom slaan en verras! Haar nuwe album bevat 13 nuwe, oorspronklike liedjies, waarvan “Skildery” en “Tyd” definitief groot gunstelinge onder die publiek sal word. Na 18 jaar in die musiekindustrie is hierdie Nádine op haar heel beste. Die meeste van die liedjies is deur die vervaardiger van die album, Johan Oberholzer, geskryf. Vaughan Gardiner het twee liedjies geskryf, naamlik “Ek is vrou” en “Daai liefde”, en Ernie Bates was vir “Soen my glimlag” verantwoordelik. Nádine se ouma het ook haar werk neergepen en die uiteinde is die liedjie “Ou Murasie”. Nádine self het “Gaan groot of gaan huis toe” geskryf met haar inspirasie vanaf die televisieprogram, “Musiek Roulette”, waarvan sy die aanbieder is. Sy sluit elke keer dié gewilde musiekprogram af met die woorde: “Gaan groot of gaan huis toe”. Die gehoor by die laaste Skouspel-vertoning by Sun City se reaksie het bewys dat “Tyd”, een van die liedjies op die nuwe album, 'n nuwe treffer in die kategorie vir ballades gaan wees. Nádine het vir die gehoor 'n voorsmakie van haar nuwe album gegee en die mense het haar toegejuig. Vir die langarm-dansliefhebbers is daar 'n liedjie, “Hout op die vure”, en “Juvenile” is die bonussnit op “Skildery”. Dié album word onder haar eie etiket, Nádine Musiek, bekend gestel. Nádine was deurlopend betrokke by die hele proses, van die liedjies se skryf en opnames tot die redigering, video-opnames en bemarking van die album. Coleske behartig die verspreiding van “Skildery”. Haar kristalhelder stem, borrelende persoonlikheid en die vermoë om lirieke sielvol oor te dra, het haar van die begin af gewild gemaak by die publiek. Die publiek kan deesdae 'n ander kant van Nádine ook leer ken as aanbiedster van die populêre musiekprogram “Musiek Roulette” en as vervaardiger van haar nuutste Afrikaanse album. Meer oor Nádine… MEER AS 500 000 ALBUMS VERKOOP IN HAAR TUISLAND Nádine is een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars met verkope van meer as 500 000 CD's in haar geboorteland, Suid-Afrika, alleen. Suid-Afrikaners luister al meer as 15 jaar lank na haar musiek, met haar debuut album wat die lig gesien het toe sy 13 jaar oud was. Haar kristelhelder stem, haar borrelende persoonlikheid en die vermoë om lirieke sielvol oor te dra, het haar van die begin af gewild gemaak by die publiek. In 1997 het Nádine die verhoog gedeel met die Spice Girls en Billy Ocean tydens die "Two Nations in Concert" in Johannesburg. THIS TIME I KNOW Nádine skryf vele platinum- en goue status-toekennings agter haar naam. Sy doen ten minste 120 vertonings per 4

jaar, en nie net in haar geboorteland nie. Sy is ook 'n bekende gesig in Europa, en sy word internasionaal bestuur deur 'n Belgiese maatskappy. Haar album, “This time I know”, is in samewerking met die top-Sweedse vervaardiger, Nick Manic, opgeneem. Die titelsnit was dadelik 'n treffer, terwyl liedjies soos “Made up my mind” en “Coming home” net so gereeld deur radiostasies gespeel is. BESTE POP-ALBUM Haar Europese avontuur het in die somer van 2009 behoorlik vlam gevat met vertonings daar, asook 'n toer na Nieu-Seeland. Sy sluit die jaar op 'n hoogtepunt af toe “This time I know” die gesogte Vonk-toekenning vir beste pop-album in Suid-Afrika wen.


WORLD PEACE SONG FESTIVAL Nádine is die eerste Suid-Afrikaner om die "World Peace Song Festival" te wen. Op 16 Februarie 2010 word die geliefde Suid-Afrikaanse sangeres deur OGAE Italië as wenner aangewys met "This Time I Know It's For Real". In die proses skop sy stof in die oë van Coldplay (Engeland se inskrywing) en Ladyhawke (Nieu-Seeland). Volgens Nádine het die toekenning vir haar “baie selfvertroue” gegee om die album in Europa sowel as Asië uit te reik. TOP OPVOERDER – TEATERSTER – CHINA HIER KOM ONS Haar talent is nie net tot musiekoptredes beperk nie; sy het ook 'n slag in die teater. In 2012 is Nádine genomineer vir die Suid-Afrikaanse Teatertoekennings vir haar hoofrol as Maria Magdalena in "Jesus Christ Superstar". Die Toco Asië-span sien haar raak en is dadelik verlief op haar. Hulle maak dan ook planne om haar aan gehore in Shanghai, Beijing, Wuhan, Wenzhou, Tianjin en Changsha bekend te stel. "LIGHT IN THE SKY" NOMMER EEN TREFFER In Desember 2012 reik Nádine 'n nuwe Kers-album uit. "Christmas in South Africa" fokus op die multi-kulturele trots van SA, met liedjies wat tot mense se harte spreek in tale soos Afrikaans en Zoeloe. "Light In The Sky", Nádine se treffer van einde 2012, kry speeltyd in Suid-Afrika en België. Die liedjie was onder andere nommer een op Jacaranda Top 20, een van Suid-Afrika se gewildste radiostasies. 2013 & 2014 - DIE BEGIN VAN GROTER DROME Nádine het 2013 afgeskop met 'n landwye toer, gevolg deur voorbereidings vir 'n nuwe Engelse- en Afrikaanse album. Die twee nuwe albums beloof lekker popmusiek met 'n tikkie rock en 'n geurtjie van elektro. Sy is ook 'n bekende gesig by Huisgenoot Skouspel, een van die grootste en gewildste musiekproduksies in Suid-Afrika. 'N NUWE TV STER IS GEBORE Suid-Afrikaanse televisiekykers kan eersdaags hulle gunsteling sangeres op die kassie sien wanneer opnames in Mei 2014 begin vir 'n nuwe musiekprogram. Nádine is as aanbieder gekies van “Musiek Roulette” wat op SABC2 uitgesaai gaan word. Die ikoniese produksiemaatskappy, Stemburg Produksies, is die vervaardiger. 'n Lekker bonus is dat sy nie net aanbieder gaan speel nie, maar ook self gaan sing. Die program beloof om 'n reuses sukses te wees, nie net vanweë die interessante komponente in die musiekspelprogram nie, maar ook met die aanbieder se persoonlikheid.

Gaan kry Nádine se splinternuwe album ‘SKILDERY’ beantwoord die maklike vraag en staan ‘n kans om ‘n hamper ter waarde van R1000 te wen Vraag : In watter liedjie verskyn die woord “streel”? Epos jou antwoord na eamworld@wol.co.za met jou naam en kontak nommer - Wenner sal bekend gemaak word op Nádine se Facebook blad die 31ste Maart 2015.

5


Elize Launspach 083 280 4584 / 011 811 5776

Cnr 3rd Ave & 3rd Street Geduld , Springs







Tussen ons... Vinkel en koljander, die een is NIE soos die ander! Kinders tussen die ouderdom van agt en dertien maak restaurant kwaliteit disse in 'n japtrap? Hoe is dit moontlik om op so jong ouderdom al soveel kennis te hê oor wat se kruie en speserye gebruik moet word om iets besonders na die tafel te bring? So rukkie terug het ek "Master chef Jnr" gekyk en ek was uit die veld geslaan.

Foto - Johnny van Excel-ART Photography

Ek is amper agt en twintig en verbrand nou nog van my disse. Kosmaak is 'n talent wat ek duidelik nie het nie. Ek hou van eksperimenteer en doen dit graag, maar moenie dink jy gaan van my probeerslag hou nie, ek het beslis die gawe gekry om, of te min, of natuurlik te veel van 'n spesery in gooi, om dit na iets te laat probeer proe. As jy besluit om "reg" te begin eet en die vetjies af te gooi, is jou opsies beperk met ekstra lean mince, hoender, tuna, broccoli en nogmals broccoli. Dis toe wat ek besluit om my mince optekikker met so bietjie curry poeier. Die reuk was fantasties en ek kon nie wag om my gegeurde mince te eet nie. Die enigste probleem is, ek eet nie eintlik “spicy” kos nie. Ek voel dis 'n straf as jou mond brand en so koue sweet jou voorkop bedek, praat nie eers van 'n loop neus nie. Toe probeer ek my meesterstuk, en natuurlik word ek gestraf. Met 'n glas melk het ek dit toe nou maar in gewurg, en dis toe dat ek besef, speserye is werklik iets besonders. So uniek in sy eie manier. Mens kan ook nie als net saam meng nie, byvoorbeeld kaneel en curry sal nooit saam werk nie, maar as jy mooi daaroor dink kan dit in 'n drie gang maaltyd werk. Curry kan in die voor of hoofgereg voorkom en met nagereg is dit kaneel se beurt om jou smaak sintuig te prikkel. So vorm dit 'n eenheid. Dink net as jy bekend staan vir jou liplekker curry bredie…. Jy is woes besig om als voor te bery en gaar te maak. Terwyl jy besig is in die kombuis daag jou gaste in hul vol getalle op, reg om jou meesterstuk te geniet. Daar is vlinders in jou maag van opgewondenheid, en jy weet hierdie gaan weer 'n treffer wees. Nou net om die laaste speserye by te gooi… Jy soek na jou geheime boksie met jou spesiale mengsel wat jy self gemeng het, waar kan dit tog wees? Dit was altyd in die spens. Tyd staan nie stil nie en jy vind dit nie… Jou gereg is nie voltooi nie. Net daardie een teelepel uit jou geheime boksie het die gereg van n meesterstuk na een helse flop laat verander. So vind ek die mens ook. Ons is net soos kruie en speserye. Party mense hou van curry en ander van borrie, dit wil sê, almal kan nie van almal hou nie, maar dis nie die einde van die wêreld nie, jy is dalk Tiemie, Gemmer of Kaneel, en daar is ander “geregte” waar jy dalk die spesiale bestandeel is. Die geheim is om die bypassende spesery wat ander komplimenteer te wees, en dan is jy deel van n meesterstuk. Dis hoe ek spanwerk sien. 12

As mense net wil saam staan om 'n beter uitkoms vir sy medemens te help maak, sal ons loshande master sjef wenners van ons lewens wees. As mens sukses wil behaal in jou werksplek, of selfs jou dag tot dag lewe moet ons besef dat 'n resep gevolg moet word, al die bestandele moet eers saam gemeng word om die eindproduk te maak. Almal speel 'n rol wat dan 'n eenheid vorm. Moet jouself nie onderskat nie, vind jouself en besef jy is soos die spesiale curry mengsel wat op die einde van die dag wel 'n verandering kan maak. Dit gaan nie maklik wees nie, jy moet kyk wat werk vir jou. Miskien is jy nie 'n mild curry nie maar 'n " very hot curry". So leer ons om besluite te maak oor wat se spesery jy gaan gebruik saam met jou. Wat ek probeer sé is dat elkeen uniek is, jy het jou spesiale plek. Die kruks is, dat as mens samewerking het in die werksplek, of jou huishouding selfs jou dag tot dag lewe kan die uitkoms net 'n meesterstuk wees. Waarvoor wag jy? Moenie wegkruip soos die geheime boksie met die spesiale mengsel nie. Wees deel van 'n wen resep.

Geskryf deur

Carien Botha



NUUT OP DIE RAKKE Kom hier, Karnallie! Jenny Oldfield, vertaal deur Jaco Jacobs Prys: R89.95 ISBN: 978-0-7993-6689-1 “Ek glo dit nie!” sê Vicki en haar mond val oop. “Wow!” fluister Tessa. Sy herken ook die seuns. “Dis...” sis Vicki uit die hoek van haar mond. “Ek weet!” sê Tessa. Daar is geen twyfel nie. Hulle het so pas vir Rian, Lukas, Christo en Sheldon raakgeloop. Die vier lede van Warrelwind. Lukas, wil sy Jack Russell, Karnallie, vir die plaaslike hondeskou inskryf. Maar Karnallie is 'n ondeunde klein kalant – en hy is baie ongehoorsaam! Hy gaan beslis chaos by die skou veroorsaak. Wat meer is, Lukas toer die hele tyd. Hoe kan hy na Karnallie kyk? Vicki en Tessa belowe om te help. Sal hulle Karnallie betyds kan afrig?

Mooi so, Toffie! Jenny Oldfield, vertaal deur Jaco Jacobs Prys: R89.95 ISBN: 978-0-7993-6690-7 Karnallie was 'n reusesukses met daardie klein lyfie van hom. Nou is daar sommer baie werk vir Vicki en Tessa. Hulle agentskap, Modderspore, bars uit sy nate. Woelige honde, siek katte, vet marmotte en stoute hamsters, niks is te groot of te klein vir Modderspore nie. Toffie is 'n skugter vulletjie wie se ma dood is. Vicki en Tessa maak versigtig vriende met die perdjie, maar net toe hulle vordering begin maak, vind hulle uit dat Toffie dalk binnekort weggeneem gaan word. Hoe gaan die meisies Toffie se eienaars oortuig om haar te laat bly?

SMS - LAPA & FULL NAME TO 078 198 4969 and you can win a book!





In die kollig Stadsboer skep klanke van emosies, passie, lewe en liefde vir die afgelope 3 jaar met die huidige lede van die groep. Stadsboer het oorspronklik begin 7 jaar gelede en vandag deel hulle nogsteeds dieselfde passie as destyds. Sedertdien het die groep verander in baie maniere. Hulle probeer altyd nuwe dinge, terwyl hulle musiek respekteer. Dit het hulle gebring tot waar hulle vandag is... Augustus 2012 het hulle hul eerste treffer genaamd "Tussen Die Duine“ vrygestel. Die musiek video verskyn op kykNET se beroemde program, Jukebox, sowel as hul musiek kanaal 146 op 'n daaglikse basis. "Tussen Die Duine" verskyn ook op die "Treffer na Treffer vol 4" DVD en die lied is vrygestel op die “Liefde Gaan Groot" album in Februarie 2013. Die lied het toe deur die ore van die luisteraars op verskeie radiostasies bekendheid verwerf.

Stadsboer sien daarna uit om op te tree op die groot verhoë waar die Afrikaanse legendes hul voetspore gelaat het vir hulle om te volg. Hul doel is om 'n huishoudelike naam in ons land te word en hoop om 'n verandering met hul musiek en lirieke te maak. “Musiek is wat ons aan die lewe hou. Dis wat ons inasem, dis wat ons praat. Dis ons passie, ons drome, ons liefde in woorde. So ons hou aan sing en ons hou aan skryf, want dis al, wat ons, kan wys” -Stadsboer Om hulle te bespreek, kontak Wian Smith by wian@wiansmith.co.za. Volg hulle gerus ook op Facebook, Stadsboer, op Twitter, @Stadsboer, om te sien waarmee hulle besig is!

In 2014 word Stadsboer gekies as een van tien kunstenaars wat ‘n R50 000 musiek video wen in die kykNET Musiekvideoprojek (MVP) kompetisie. “Meer As Genoeg” was een van twee liedjies wat hulle ingeskryf het en het ‘n wen-indruk tussen name soos Jack Parrow en Jan Blohm gemaak. “Meer As Genoeg” verskyn ook op die “Afrikaans Is Groot Vol. 7” Cd wat einde 2014 bekend gestel is. ‘MEER AS GENOEG’ is beskikbaar op AFRIKAANS IS GROOT Vol 7





BEKENDES LAAT BALLADE VIR ‘N ENKELING TREFFER HERLEEF Vanaf 20 Maart 2015 kan Suid-Afrikaners weer die nostalgie agter Ballade vir 'n Enkeling herleef nes in die jare tagtig - dié keer op die grootskerm met 'n nuwe en vars benadering tot hierdie legendariese storie. Bekende Suid-Afrikaanse akteurs soos Donnalee Roberts, Rolanda Marais, Armand Aucamp en Jacques Bessenger, asook nuwelinge Christia Visser, Edwin van Jaarsveld, Luan Jacobs, Miles Petzer en ander het saam met The Film Factory se gesoute filmspan 'n nuwe baadjie vir die ikoniese TV-reeks aangetrek. Hierdie treffer-reeks, wat in 1987 kykrekords laat spat het, se storie word nou weer vertel – dié slag onder leiding van die knap jong regisseur, Quentin Krog. Krog was reeds betrokke by baie van Suid-Afrika se voorste film-, televisie- en teater-projekte. Sy onlangse optredes as rolprentakteur sluit in Blitzpatrollie, asook kykNET se dramareekse Donkerland, Vloeksteen en Boland Moorde, asook Swartwater (SABC) en die kykNET-kortfilm Buurtwag. Sy mees onlangse reeks as regisseur was die TV-reeks Sterlopers. Ballade vir 'n Enkeling word ook onthou vir die treffertemas Voshaarnooi, geskryf deur Louis van Rensburg en Ballade vir 'n Enkeling, geskryf deur Richard van der Westhuizen. Louis en Richard het ook saam gewerk aan die klankbaan vir hierdie reeks wat goue status bereik het. Nou, in 2015,word hierdie treffers in 'n nuwe gedaante aangebied deur Joshua na die Reën en Die Heuwels Fantasties. Joshua na die Reën, met sy vars en unieke klank, is verantwoordelik vir 'n nuwe weergawe vanVoshaarnooi;terwyl Die Heuwels Fantasties hul eie klank aan Ballade vir 'n Enkeling gee.Voshaarnooi se enkelsnit tref radiostasies op 29 Januarie 2015 en sal gevolg word deur die uitreiking van die musiekvideo eksklusief op Jukebox kykNET 146 op 21 Februarie 2015. Ballade vir 'n Enkeling se enkelsnit word ook gedurende Februarie 2015 uitgereik met die opvolgvideo wat vroeg in Maart gewys sal word. “Toe Ballade vir 'n Enkeling destyds op televisie vertoon is, was ek nog 'n kleuter, maar die belangstelling in die

reeks van ons ouers se kant af het oorgespoel na ons toe. Ek onthou vaagweg waaroor die storie gegaan het, maar wat ek soos gister onthou is die tydlose musiek wat die reeks uniek gemaak het. Dit is 'n voorreg en eer dat die span agter Ballade vir 'n Enkeling my hierdie geleentheid gegee het om Voshaarnooi te kan sing.” Joshua na die Reȅn “Ballade vir 'n Enkeling is 'n classic! Dis 'n song wat ons almal ken. Dis 'n eer om die kans te kry om so iets aan te pak. Ek wonder wat Richard gaan sê…” – Hunter Kennedy – Die Heuwels Fantasties Ballade vir 'n Enkeling is 'n romantiese speurverhaal en sal die nostalgie uit die tagtigerjare weer opnuut laat opvlam, maar gaan dié keer ook 'n nuwe geslag betrek. Die geheimsinnigheid, gekoppel aan die liefdesverhaal, sal elkeen wat daarna kyk van voor af betower. Niemand sal onaangeraak hier uitstap nie. Die storie en die draaiboek is geskryf deur Leon van Nierop en is vervaardig deur Danie Bester van The Film Factory met die bekroonde kinematograaf Tom Marais agter die kamera. Die roman, wat ook deur Leon van Nierop geskryf is en deur Tafelberg Uitgewers uitgegee is, is reeds vanaf Augustus 2014 op die rakke. Ballade vir 'n Enkeling word plaaslik op 20 Maart 2015 op die groot skerm uitgereik. Ster Kinekor Entertainment is die verspreiders. Publieke skakels: Webwerf: www.balladefilm.co.za Facebook: www.facebook.com/BalladefilmTwitter: @Balladefilm #MoenieDinkNiedoenNet Lokprent skakel: https://www.youtube.com/watch?v=j2uM0InbwFA&list=UUfsrw7HOXt4Gv05cuSJIug



www.eastrandmagazine.co.za

TO ADVERTISE Contact Debbie






3 STOREY LUXURY HOUSE BELLA BELLA AREA R3,800,000-00

4 BEDROOMS ENSUITE BATHROOMS - 2 X LOUNGES & DINING ROOMS LOVELY OPEN PLAN KITCHEN - 2 X STORE ROOMS 2 X DOUBLE GARAGES ; TOP & LOWER LEVELS BUILT IN BAR ENTERTAINEMENT AREA - WALK IN CELLAR MIDDLE LEVEL OUTSIDE BALCONY BRAAI AREA 3 X BALCONYS & PARTIALLY FURNISHED

CONTACT DAVE 079 053 1410 FOR INFORMATION








Wys hierdie ad & kry 10% a vertensie fslag op jou karwas!!



MARCH / MAART ONE REPUBLIC OneRepublic`s Native Tour is their largest to date playing over 185 sold out dates around the world and South African fans are encouraged to get their tickets early to avoid disappointment. 19 & 21 June 2015 @ The Coca-Cola Dome

DANIE BOTHA 27 Maart @ 19h00 AGS Jesus is Lig, Eastvale Springs Kaartjies R50 pp - Kinders 7 - 12 R30 pp - Kinders onder 7 jaar is gratis.Kom luister na Danie Botha se boodskap van Hoop & Inspirasie Kontak Juanita 072 125 3177 of Paula 0832818569

LORD OF THE DANCE Lord Of The Dance: Dangerous Games - a spectacular new staging of the traditional masterpiece - comes to Johannesburg from 14th July 2015 for a limited 4 week run at Montecasino, presented by RSG and M-Net. Another Big Concerts Experience.14 July to 9 August at Teatro at Montecasino

RANDFONTEIN SHOW Randfontein Show Food and Music Festival. It`s all about fun, food and entertainment for the whole family and it`s value for money. It`s the West Rand`s biggest business and social extravaganza. 4 to 8 March at Randfontein Greenhills Stadium.

On the Big Screen... Based upon the perennial favourite TV series of the same name, which itself was a spin-off from Aardman Animation's Wallace & Gromit series, this stop-frame animated movie follows Shaun the sheep and his flock into the big city where they head en masse to rescue their farmer, who was forced by Shaun's mischief to leave the farm. Max Simkin repairs shoes in the same New York shop that has been in his family for generations. Disenchanted with the grind of daily life, Max stumbles upon a magical heirloom that allows him to step into the lives of his customers and see the world in a new way. Sometimes walking in another man's shoes is the only way one can discover who they really are. Based upon the book written by local author Leon van Nierop, and the 1980's tv series it spawned, this drama focuses on the mysterious disappearance of celebrated writer Jacques Rynhard (Armand Aucamp), and the investigative hunt for him launched by journalist Carina (DonnaLee Roberts). Christa Visser, Rolanda Marais and Jacques Bessenger co-star.

MAMMA MIA This is the first time in 10 years that the International Tour production of MAMMA MIA! will be performing in Johannesburg. The tour has visited 77 cities in 36 countries and been seen by over 4.5 million people. MAMMA MIA! is celebrating 15 years in London’s West End and is the 9th longest-running show on Broadway. Over 54 million people around the world have fallen in love with the characters, the story and the music that make MAMMA MIA! The ultimate feel-good show. 24 March to 19 April at The Teatro at Montecasino.

LIPIZZANER SHOW Enjoy your Sunday morning in the country with white Lipizzaner stallions. Get to visit the stable courtyard, meet the riders and more. Definitely an outing for the whole family. Lipizzaner Centre, Kyalami

THE BENONI ART ROUTE The Benoni Art Route, which is in its second year, is an initiative of a number of artists producing a diverse range of art for sale such as Sculptures, Oil Paintings, Knives, Poetry Paintings, Stained Glass, Watercolours and Hand Blown Glass. Open on the last Sunday of the month between 10am and 3pm - Cost: Free Barbara Janke t 011 969 6105 e barbara@thecrucible.co.za a www.benoniartroute.co.za


furniture

fa c t o ry showroom

More than simply individual pieces of furniture, each room in your home should be an extension of your style offering functionality and beauty. Made in our very own factory to ensure excellence in design and manufacturing. Visit our showroom to discover a wide range of furniture and accessories to make this a reality.

l e at h e r co u c h e s & c h a i r s

• Services & R ates for Design Tr ade Professionals

plasmas, bookshelves & displays

dining tables, sideboards, servers

b e d s , p e d e s ta l s , d r e s s e r s

office furniture & occasional chairs

Counter FURNISHERS Point springs: 160 Wright Road Nuffield 011 363 3703

BETHAL: 24 Moses Kotane St. Mpumalanga 017 647 2077

HERMANUS: Hemel-en-Aarde Vallei, next to Hermanus Pietersfontein. 082 417 2183

mbombela: Amanzi Street Riverside Park, 013 590 5018

Pretoria : Solomon Mahlangu Drive – Next to Makro 012 940 6807

Customer Care: 086 999 0340

www.woodenways.co.za Find us on Facebook!



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.