Vegetables & Fruit May/June 2022

Page 24

ROOT VEGETABLES

Roes hoef jou nooit weer onkant te vang nie “V oorkoming is beter as genesing.” Hierdie ou spreekwoord is steeds relevant, veral in die lig van siektes op aartappels, en verduidelik die klem wat op voorkomende siektebeheer gelê word. Voorkoming is nie sommer verkoopspraatjies nie: laboratoriumproewe met produkte van suksinaat-dehidrogenase-inhibeerder (SDHI) het swak beheer van vroeë roes op aartappels getoon, selfs wanneer toediening net twee dae na inokulasie – en voordat enige simptome sigbaar was – plaasgevind het. Voorkomende beheer van vroeë roes op aartappels is uiters belangrik vir doeltreffende beheer. Uit historiese moniteringsdata van Lambertsbaai is dit duidelik dat die risiko vir vroeë roes in die huidige seisoen hoër is as in die vorge twee seisoene. In die Warden-distrik was die risiko vir vroeë roes die hoogste tydens die 2018/19-seisoen.

Druk van stygende insetkoste

24

Onder huidige omstandighede kan produsente nie onnodige toedienings van kunsmis, plaagdoders of ander insetmiddele bekostig nie en moet die beste moontlike opbrengs op insetbeleggings verkry word.

Roes op aartappelblare.

Dit laat die vraag: hoe kan produsente terselfdertyd onnodige insetkoste vermy en siektes voorkomend beheer? Syngenta het onlangs ‘n diens bekendgestel wat aartappelprodusente waarsku wanneer toestande gunstig is vir die ontwikkeling van die twee belangrikste siektes, naamlik vroeë en laatroes. Hierdie diens kombineer data van weervoorspellings en siekterisikomodelle om waarskuwings te ontwikkel vir spesifieke weerstasies of die streke rondom ‘n weerstasie. Produsente kan vir die diens registreer en kies tydens watter maande hulle waarskuwings wil ontvang vir elk van die weerstasies wat hulle aandui. Dit het geen sin in om gewaarsku te word as daar nie ‘n oes op die lande is nie. Waarskuwings word Maandae en Donderdae uitgestuur met ‘n risikovoorspelling vir die volgende vyf dae. Wanneer geen risiko vir die volgende vyf dae verwag word nie, kry produsente nie ‘n waarskuwing nie. Waarskuwings word per WhatsApp of epos gestuur en sluit ook ander inligting, soos spuittoestande, in. Kontak die Syngenta-verspreider of verkoopsbestuurder vir enige navrae, of stuur ‘n epos aan andre.labuschagne@ syngenta.com .

sing voor in die koor

3 redes om CHORUS® te kies: Laat CHORUS® die kitaar slaan: van Alternaria tot Venturia beheer CHORUS® siektes in ’n wye reeks gewasse insluitende Uie, Neutbome, Kern en Steenvrugte Groen is in die kollig: Met sy groen band etiket verseker CHORUS® gemoedsrus vir jou geïntegreerde plaagbestuur Om te meet is om te weet: Met eMAT kan die residuprofiel van CHORUS® en ander produkte in die spuitprogram teen oestyd voorspel word CHORUS®. Laat gewas-siektes jou stem hoor. AANGEDREWE DEUR ELEKTRONIESE MARKTOEGANGSHULPMIDDEL

LEES DIE PRODUKETIKET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE: CHORUS® bevat siprodinil (analienpirimidien) (Reg. nr. L5383, Wet 36 van 1947 N-AR 1432 (Namibië)) VERSIGTIG. CHORUS®, die verwantskapraam, die doelwit-ikoon en die woord Syngenta is handelsmerke van ’n Syngenta groepmaatskappy. Syngenta Suid-Afrika (Edms) Beperk, Privaatsak X60, Halfway House, 1685. Tel. (011) 541 4000. www.syngenta.co.za © Syngenta Ag, 2000. Kopiereg van hierdie dokument is voorbehou. Alle onregmatige kopiëring word verbied.

@SyngentaSA | www.syngenta.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.