Vegetables & Fruit May/June 2022

Page 28

GENERAL

Goeie boere van 25 jaar gelede was waarskynlik kunstenaars met groen vingers, terwyl vandag se beste boere wetenskaplikes met analitiese vermoëns is wat die interaksie tussen grondgesondheid, boomgesondheid, vrugte, klimaat en die natuur verstaan.

Bedryfsleiers gesels oor 30 jaar in die vrugtebedryf Bekendes in die vrugtebedryf gesels oor verandering – wat leer die afgelope dertig jaar ons oor die toekoms? Anna Mouton HORTGRO

“E

k kan onthou in my eerste jaar by Fruitways, in 1997, was ek by ’n oes-af-funksie gewees. Daai jaar was dit die eerste keer wat Graymead 35 000 kratte appels gepluk het. Nou pluk ons die laaste paar jaar meer as 70 000 kratte appels op dieselfde plaas,” vertel Hein Keulder, uitvoerende hoof van die Fruitways Groep. “In ’n periode van 20 tot 25 jaar het ons produksie verdubbel – basies in een geslag van bome.” Keulder skryf hierdie vooruitgang aan stapsgewyse verbetering toe. Hy reken dat goeie boere 25 jaar gelede waarskynlik kunstenaars met groen vingers was, terwyl vandag se beste boere wetenskaplikes met analitiese vermoëns is wat die interaksie tussen grondgesondheid, boomgesondheid, vrugte, klimaat en die natuur verstaan. “As ek die res van ons besigheid beskou – verpakking en bemarking – sien ek presies dieselfde,” sê Keulder. “Verbeteringe in tegnologie, mensvaardighede, stelsels en bestuur maak dat dít wat ons vandag doen en dit wat ons 25 jaar gelede gedoen het, wêrelde van mekaar verwyder is. Daar is

28

by my geen twyfel dat ons as ’n bedryf daarsonder dood sou gewees het nie.” Volgens Keulder is na-oes-vrugtegnologie tans een van die mees gesogte vaardighede in die bedryf. “Waar jy in die verlede ’n fabriek bedryf het met min insig en invloed verder af in die ketting, moet jy nou verstaan wat jy met hierdie vrug, wat op hierdie datum, onder hierdie omstandighede gepluk is, oor die volgende twaalf maande kan doen om die kliënt te dien.” Na-oes-wetenskap gaan in die toekoms sonder twyfel belangriker word. Keulder sien markkragte as die sterkste dryfkrag van verandering gedurende die afgelope 20 tot 30 jaar, en glo dit sal in die toekoms voortduur. “Fruitways verkoop vrugte in meer as 70 lande oor vier kontinente – ons produk kom binne bereik van die helfte van die planeet se mense. Markkragte gaan die grootste uitwerking op ons hê omdat ons met die wêreld verbind is.” Marktoegang en markpenetrasie is noodsaaklik vir die sukses van ’n bedryf, en Keulder sou graag beter belyning tussen die Suid-Afrikaanse regering en kommersiële bedrywe tot voordeel van die Suid-Afrikaanse ekonomie en samelewing wou sien.

VEGETABLES & FRUIT | MAY • JUNE 2022


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.