Vegetables & Fruit May/June 2022

Page 32

GENERAL

Swart swaan-gebeure knel SA se vrugtebedryf Die afgelope meer as 24 maande se bekommernis en tasbare inkomsteverliese in die Suid-Afrikaanse vrugtewaardeketting word toenemend groter. Die hoofbydraers is die voortslepende gevolge van makro-gebeure, waaroor weinig tot geen beheer uitgeoefen kan word nie. Uitdagings in Suid-Afrika se hawens is egter nie die enigste stok in die wiel nie. Jan Greyling

Pere

MEDEWERKER

Einde April het Freshplaza berig dat Suid-Afrika tot en met Week 16 altesaam 8,6 miljoen kartonne van 12,5 kg plaaslike pere uitgevoer het – ’n toename van sowat 1% vir die jaar tot datum. Tot op daardie tydstip het Suid-Afrika 29% meer pere as in die vorige seisoen na Europa gestuur – ’n direkte uitvloeisel van die uitermatige uitdagings met uitvoer na Rusland, waar die peerbedryf met 48% gekrimp het. Verkope binne Afrika het met 45% toegeneem.

D

it is veral die sosio-ekonomies-logistiese struikelblokke wat die waardeketting in die bedryf negatief raak. Aanvanklik was die Covid 19-pandemie en die wêreldwye inperkings die sondebok. Tans is die uitwerking van Rusland se inval in Oekraïne op noodsaaklike grondstowwe, brandstof en wêreldinflasie geensins gunstig vir die bedryf nie - veral in Europa en die VSA.

32

VEGETABLES & FRUIT | MAY • JUNE 2022


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.