8 minute read

R120 million investment in Redsun

An investment to fuel further growth of one of South Africa’s leading raisin processors and more than double its number of jobs

One Thousand and One Voices (“1K1V”), a private equity fund of which the limited partners are comprised exclusively of industry-leading families, announced that Norfund, the Norwegian investment fund for developing countries, has invested R120 million in raisin processor and distributor Redsun Dried Fruit and Nuts.

Redsun, located along the banks of the Orange River, is expanding its operations with two new state-of-the-art facilities, which will help it to grow its market share in the R490 billion healthy snacks market.

Redsun is majority-owned by Denver and Stellenboschbased private equity fund One Thousand & One Voices. 1K1V’s portfolio companies, including Redsun, have exported over R960 million worth of products from Africa to over 35 countries. This economic activity has created thousands of jobs. 1K1V invested growth capital in the company in 2015, enabling them to expand its operations and increase its production by over 160%, supported by sourcing product from 270 farmers in Southern Africa annually. Today, they are one of the leading raisin producers in Africa, exporting 95% of its produce to Europe, the Americas and Asia.

South Africa has an optimal climate for high-quality natural raisin production due to its hot and dry conditions. According to Hendrik Jordaan, President and CEO of 1K1V, demand for South African raisins has risen after water shortages and rising labour costs in the USA impacted production levels, providing Redsun with a significant opportunity to gain global market share. Norfund’s investment in a company committed to sharing high-quality products with the rest of the world is just one of the ways to increase economic activity and reduce poverty levels in Southern Africa.

The growth investment by Norfund will enable Redsun to double its current capacity by building the sole raisin processing facility in Vredendal, the fastest-growing frontier for raisin production in South Africa. Vredendal provides diversification and logistical benefits due to it being based in a different intake region with a unique climate that is close to Cape Town, one of Africa’s main ports.

The company is also diversifying its dried fruit and nut offering by building a pecan nut facility adjacent to its Keimoes raisin facility as it entrenches itself in the fastest growing crop along the Orange River. These growth projects are expected to more than double Redsun’s current employees from 163 to 390.

Peter Kuilman, CEO of Redsun, says: “Redsun is part of the dynamic, growing dried fruit and nut industry in South Africa. The Norfund investment in Redsun will enable us to expand our capacity in terms of product and volume, to supply our customers around the globe with high quality, healthy raisins and pecans.”

André Kemp, investment manager at Norfund says it is a strategic opportunity to be part of Redsun's next growth phase, as it diversifies the business into further dried fruit and nut categories and expands raisin processing capacity in the growing Vredendal region while creating good jobs in rural South Africa. “We are impressed with the impact 1K1V’s involvement has had on the company and region and look forward to exploring additional collaborations with them in the future.”

Nuwe lewe in sitrus met dekgewasse en kompos

‘n Toename van soveel as 300% oor die verloop van ses jaar in koolstof in sandgrond en verbeterde grondsuur deur die oordeelkundige aanplanting van tussenry-dekgewasse in sitrusboorde – dit is die werklikheid wat Martli Slabber, besturende direkteur van Hexrivier Sitrus, en haar span in die Citrusdal-vallei in die Wes-Kaap ondervind.

Jan Greyling

MEDEWERKER

Slabber het tydens 2022 se Landbouherlewingskonferensie op Stellenbosch gesê dat ’n laboratoriumvergelyking tussen grondontledings van 2015 en 2021, wat op dieselfde diepte van 30 cm in twee verskillende boorde geneem is, dié verbetering bevestig.

Sy beskou grond, water en biodiversiteit as ononderhandelbaar. By Hexrivier Sitrus het dekgewasse en minimumbewerking die koolstof-inhoud van grond in party boorde verdubbel en selfs verdriedubbel. Dit lei tot beter waterhouvermoë en katioon-uitruiling.

Grondtemperature in die boorde het gemiddeld met tot tot 5 °C verminder omdat winterdekgewasse tydens die wintermaande die koolstof sekwestreer en weer in die somer ‘n deklaag vorm. Die vermoë om vog beter te behou, sterker wortels en minder soute help die sitrusbome om droogte beter te weerstaan.

Hexrivier Sitrus verkies om ‘n dekgewasmengsel te gebruik wat die mikrobiese grondlewe deur optimale stikstof- en koolstofvervaardiging bevoordeel. Dit sluit ‘n kombinasie van wintergraan, peulgewasse en inheemse plante in.

Die gevolg van herlewingspraktyke in die boorde is ‘n toekomsbelegging. Al die organiese materiaal op die plaas word gekomposteer. Aanvullend hiertoe help hul erdwurmboerdery sóveel met natuurlike bemesting dat geen fosfaat of kalium in die afgelope tien jaar vir die organiese boorde nodig was nie. Volgens Slabber het voëlgetalle en die teenwoordigheid van diere en insekte ook baie toegeneem.

Mylpale langs die pad

Slabber boer sedert 1989 met sitrus op hul familieplaas. Hexrivier Sitrus het ‘n geskiedenis van uitsonderlike hoogtepunte. Oupagrootjie Dirk Visser en sy nageslag se rol in Hexrivier Sitrus se ontwikkeling is opvallend. Dekades lank het hy en sy twee naamgenote, Slabber se oupa en pa, groot bydraes tot landbou gemaak.

Oupagrootjie Dirk Visser het met pionierswerk die eertydse wingerde ten volle met sitrusboorde vervang. Hy het ‘n waterkanon ontwikkel wat bome tot 30 m ver kon natspuit en haar pa – almal Dirk Vissers – het die mikrospuit-vestiging, die outomatisering van besproeiingstelsels en die uitbreiding van die boerderybesigheid ontwikkel.

Vandag bestuur Slabber die familie-onderneming se sitrusplase. Dit bestaan uit sowat 150 ha lemoene, mandaryne en organiese suurlemoene. Pa Dirk Visser se vyf dogters, wat Slabber insluit, is trustees en direkteure van Hexrivier Sitrus, hul bedryfsmaatskappy en die filiaalbesighede.

Hexrvier Sitrus se hoofmarkte is Europa, die Midde-Ooste en Amerika. Hulle het sowat vier jaar gelede begin om self hul organiese sitrus uit te voer. Sodoende hou hulle die vinger op die pols met die logistiek van produkte wat selfs nog vinniger op winkelrakke moet wees.

Nuut gedink

Die draaipunt het in 2010 gekom toe hulle die plaas se potensiaal hersien het. Dit was veral die produkverspreiding en die ou boorde met kultivars van min verbruikerswaarde wat verander moes word na meer gesogte, moderne kultivars. Die besproeiing is opgegradeer na drupbesproeiing toe en ver-

Martli Slabber glo daar is ruimte vir spesifieke en beproefde konvensionele en ook vir herlewingspraktyke.

Foto: Jan Greyling

beterde dreinering is aangebring. Hulle het óók 6 ha sitrus herplant om plantwydtes reg te stel.

Inkomste uit hierdie aanpassings is gebruik om ou boorde te vervang. Destyds se 95% lemoene is omgeskakel na net 40% konvensionele lemoene, 30% mandaryne en 30% organiese sitrus. Al die aanplantings op gehuurde grond is nou ook volkome organies.

Tans is die aandag ten volle op herlewingslandbou. Hierin speel dekgewasse, biologiese beheermaatreëls waar moontlik, en omvangryke kompostering die hoofrolle. Met dekgewasse in die boorde en die organiese boorde is daar nie ‘n risiko van gif nie. Sodoende word grond rondom die bome doelmatig te gebruik.

‘n Verskeidenheid kontantgewasse bedek die grond en verbeter grondlewe. Die gewasse sluit murgpampoen, roketslaai, heerbone en patats in. Die boorde word selfs deur hoenders en beeste (ook hoëdruk) bewei. Opbrengs uit die dekgewasse is vir die gebruik van die plaasgemeenskap.

Dekgewasse sorg dat lewendige wortels regdeur die jaar in die grond tussen en in die sitrusrye bly. Saad-inenting geskied deur bio-diversiteitskompos. “Ons het geen pes- of plaagbeheermiddels nodig nie en deurlopende monitering van voedingstowwe in die grond laat die boerdery, die boorde en ons volhoubare winsgewendheid blom,” sê Slabber.

In aansluiting by die afwesigheid van gif in die organiese boorde was daar in die onlangse jare weinig residu wanneer oestyd aanbreek – dikwels minder as 50% van die minimum vereiste. Hexrivier Sitrus geniet akkreditasie vir die Food Safety Modernisation Act (FSMA) en vir GlobalGAP.

Luister en leer

Slabber glo vordering sal nie sonder nuwe kennis moontlik wees nie. Bereidwilligheid om te luister en te doen maak verbeterde opbrengste en besparing moontlik. Vir haar is die werk van wyle Frank Honiball baie rigtinggewend. Sy ag ook die omvangryke navorsingswerk van Citrus Research International (CRI) baie hoog.

Honiball het in 1975 by die Letaba Landgoed begin werk. Saam met dr Stephan Kamburov, ‘n voorligter van Outspan, het hy ‘n nuwe strategie ontwikkel om rooidopluissiekte se weerstand teen chemiese beheermiddels op Letaba te oorkom. Die gevolg van hul omkeerstrategie was radikaal. Tussen 1974 en 1980 is Letaba se uitgawe vir pesbeheermiddels meer as gehalveer, terwyl produksie met 263% gestyg het, ondanks ‘n afname van 11% in bome wat vrugte kon bydra.

Slabber sê rooidopluissiekte het vroeg in die negentigs by hulle in die Citrusdal-vallei organo-fosfaat-weerstandig geword. Hierin was Honiball se werk van groot waarde. Hulle moes biologiese beheer doen om grootskaalse rooidopluisbesmetting baas te raak. Biologies-voordelige insekte is gebruik om die voorkoms van valskodlingmot, mieliekewers en witvlieg (Aleurothrixus floccosus) vas te vat.

Unieke strategie vir elke stelsel

Slabber glo daar is ruimte vir spesifieke en beproefde konvensionele en ook vir herlewingspraktyke. Sy sê die bevordering van natuurlewe en die herlewing van grond is vereistes vir herlewingslandbou en vir konvensionele boerdery – sonder grond is daar nie ‘n boerdery nie. Haar ervaring het haar egter geleer dat elkeen van die twee stelsels ‘n unieke strategie vereis.

Sy glo produsente moet besef dat hulle op heilige grond staan wat vir voedselproduksie uitgesonder is. Dit is boere se verantwoordelikheid om hierna om te sien en dit is belangrik dat ervare boere hul sesde sintuig sal leer vertrou en die grond se produksiepotensiaal en waterbestuur sal prioritiseer.

Sy sê water is skaars en word skaarser. By Hexrivier Sitrus word sowat 25% van die waterbehoefte jaarliks vroeg in die somer deur swaartekragbenutting aangevul. Spoedvariasieeenhede is by al hul pompe aangebring en bykomende boorgate is gesink.

Vir Slabber en die Hexrivier Sitrus-span is dit belangriker om op die vermeerdering van inkomste te konsentreer, eerder as op die besparing op uitgawes.

This article is from: