6 minute read

Roes hoef jou nooit weer onkant te vang nie

Roes op aartappelblare.

“Voorkoming is beter as genesing.” Hierdie ou spreekwoord is steeds relevant, veral in die lig van siektes op aartappels, en verduidelik die klem wat op voorkomende siektebeheer gelê word.

Voorkoming is nie sommer verkoopspraatjies nie: laboratoriumproewe met produkte van suksinaat-dehidrogenase-inhibeerder (SDHI) het swak beheer van vroeë roes op aartappels getoon, selfs wanneer toediening net twee dae na inokulasie – en voordat enige simptome sigbaar was – plaasgevind het. Voorkomende beheer van vroeë roes op aartappels is uiters belangrik vir doeltreffende beheer.

Uit historiese moniteringsdata van Lambertsbaai is dit duidelik dat die risiko vir vroeë roes in die huidige seisoen hoër is as in die vorge twee seisoene. In die Warden-distrik was die risiko vir vroeë roes die hoogste tydens die 2018/19-seisoen.

Druk van stygende insetkoste

Onder huidige omstandighede kan produsente nie onnodige toedienings van kunsmis, plaagdoders of ander insetmiddele bekostig nie en moet die beste moontlike opbrengs op insetbeleggings verkry word.

Dit laat die vraag: hoe kan produsente terselfdertyd onnodige insetkoste vermy en siektes voorkomend beheer? Syngenta het onlangs ‘n diens bekendgestel wat aartappelprodusente waarsku wanneer toestande gunstig is vir die ontwikkeling van die twee belangrikste siektes, naamlik vroeë en laatroes.

Hierdie diens kombineer data van weervoorspellings en siekterisikomodelle om waarskuwings te ontwikkel vir spesifieke weerstasies of die streke rondom ‘n weerstasie.

Produsente kan vir die diens registreer en kies tydens watter maande hulle waarskuwings wil ontvang vir elk van die weerstasies wat hulle aandui. Dit het geen sin in om gewaarsku te word as daar nie ‘n oes op die lande is nie.

Waarskuwings word Maandae en Donderdae uitgestuur met ‘n risikovoorspelling vir die volgende vyf dae. Wanneer geen risiko vir die volgende vyf dae verwag word nie, kry produsente nie ‘n waarskuwing nie. Waarskuwings word per WhatsApp of epos gestuur en sluit ook ander inligting, soos spuittoestande, in.

Kontak die Syngenta-verspreider of verkoopsbestuurder vir enige navrae, of stuur ‘n epos aan andre.labuschagne@ syngenta.com .

sing voor in die koor

3 redes om CHORUS® te kies:

Laat CHORUS® die kitaar slaan: van Alternaria tot Venturia beheer CHORUS® siektes in ’n wye reeks gewasse insluitende Uie, Neutbome, Kern en Steenvrugte Groen is in die kollig: Met sy groen band etiket verseker CHORUS® gemoedsrus vir jou geïntegreerde plaagbestuur Om te meet is om te weet: Met eMAT kan die residuprofiel van CHORUS® en ander produkte in die spuitprogram teen oestyd voorspel word

CHORUS®. Laat gewas-siektes jou stem hoor.

AANGEDREWE DEUR

ELEKTRONIESE MARKTOEGANGS- HULPMIDDEL

Orvego® – die innoverende swamdoder met Initium®

• Hoogs effektiewe beheer van laatroes in ʼn IPB*-program. • Uitstekende reënvastheid verseker langdurige beskerming vir jou aartappels, selfs tydens vogtige toestande. • Gunstige toksikologiese en eko-toksikologiese profiel.

Orvego® – verseker uitstekende gewaskwaliteit en opbrengs.

* Geïntegreerde Plaagbestuur

Voldoen aan die verbruiker se behoeftes

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk • Sestiendestraat 852, Midrand, 1685 • Posbus 2801, Halfweghuis, 1685 • Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 • Webwerf: www.agro.basf.co.za • Mobiele webwerf: m.agro.basf.co.za Orvego® Reg. Nr. L9185 Wet Nr. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Initium® 300 g/ℓ. Dimethomorph 225 g/ℓ. Versigtig. Verwys asb. na die produketiket vir gebruiksaanwysings. Orvego® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF.

Bereik volle potensiaal met BASF se oplossings vir aartappels en tamaties

BASF is toegewy aan boerdery deur innoverende en tegnologies-gevorderde oplossings aan die mark te voorsien. Een van die mees onlangse innoverende oplossings wat BASF bekendgestel het, sluit Orvego®, die swamdoder met Initium® in, wat aan die verbruiker se behoeftes voldoen en ook hoogs effektiewe beheer van laatroes in ’n weerstandbestuurprogram vir aartappels lewer.

BASF Gewasbeskerming het ’n globale benadering wat alle insette en terugvoer van boere, landbou- en plaagbestuurkundiges in ag neem.

Met die bydrae en samewerking van alle partye, is BASF in staat om ’n aktiewe navorsings- en ontwikkelingspyplyn, ’n innoverende portefeulje van produkte en dienste, asook spanne en kenners in beide laboratoriums en in die veld, in stand te hou. Sodoende streef BASF daarna om te verseker dat kliënte se ondernemings suksesvol is.

BASF beskik oor ’n produkreeks wat verskeie uitdagings in aartappel- en tamatieverbouing aanspreek, onder andere produkte vir effektiewe insekbeheer en ’n innoverende swamdoderreeks vir siektebeheer in aartappels en tamaties.

Hunter® 24 SC: As produsent kan jy nie bekostig dat aartappelmotlarwes jou aartappels en rooispinmyte jou tamaties beskadig nie. Daarom het jy ’n voorkomende blaarinsekdoder soos Hunter® 24 SC nodig. Hunter® 24 SC beheer aartappelmotlarwes en rooispinmyte hoogs-effektief deur inname. Geen kruisweerstand teenoor ander insekdoders is bekend nie, wat die produk ideaal maak vir gebruik in ’n insekweerstandbestuurprogram. Hunter® 24 SC toon ook buitengewone nawerking in die beheer van aartappelmotlarwes en rooispinmyte vir gemoedsrus. Die uitstekende reënvastheid een uur na toediening verseker vinnige opname in die blaar met translaminêre beweging sodat aartappelmotlarwes en rooispinmyte wat nie direk aan die bepuiting blootgestel is nie ook beheer word.

Fastac® SC is nog ’n betroubare oplossing vir die beheer van aartappelmot en klein-kommandowurm op aartappels en Afrika bolwurm op tamaties. Die kragtige formulasie word nie deur sonlig of temperatuur benadeel nie. Fastac® SC is bekend vir ’n hoë uitklopaksie wat vinnige beskerming teen vreetskade bied. Fastac® SC is ook mengbaar met ander behandelings vir gerief en koste besparing.

Bellis® se kenmerkende dubbele wyse van werking met vinnige opname en verspreiding in die blare, bied effektiewe beskerming teen vroeë roes wat die opbrengs en kwaliteit van aartappels en tamaties verseker. Die kombinasie van boscalid en F500® dra by tot betroubare siektebeheer en pas uitstekend in ’n weerstandbestuurprogram. Vinnige opname en translaminêre vervoer van die aktiewes in die blare verseker volledige beskerming van die blare wat opbrengs en kwaliteit van aartappels en tamaties bevorder. Gerieflike lug- en grondtoediening maak Bellis® die ideale keuse in ’n vroeë roes spuitprogram. Die uitstekende formulasie van Bellis® het ook geen addisionele bymiddels nodig nie. Indien Bellis® teen die hoër dosis reeds by knolinisiasie van aartappels toegedien word mag ’n beduidende opbrengsverhoging ondervind word.

Orvego® kombineer die innoverende swamdoder Initium® , wat aan ’n nuwe klas chemie behoort met dimethomorph, nog ’n beproefde swamdoder van BASF vir uitstekende laatroes beheer. Die unieke formulasie is gerieflik om te gebruik deur vinnig in water te meng en bly in suspensie sonder om uit te sak. Hierdie eienskappe bring mee dat die produk vinnig aan die die waslagie op die blare heg sodat buitengewone reënvastheid bewerkstellig word. Die aktiewes word geleidelik vrygestel en tydens vogtige toestande (soos dou) vergroot die beskermde area om sodoende effektiewe voorkomende beheer van laatroes op aartapples te verseker.

Acrobat® WG, word vinnig in die plant opgeneem om reënvastheid te verseker. Dit is onmiddelik beskikbaar in die plant vir voorkomende beskerming tydens toestande wat gunstig is vir laatroes- ontwikkeling en as siektedruk toeneem op aartappels en tamaties. Die translaminêre sowel as lokaal sistemiese eienskappe van dimethomorph in die formulasie verseker volledige beskerming van die blare, binne sowel as buite. Die sistemiese sowel as kontak werking sorg vir matige genesende aksie en uitstekende voorkomende beskerming teen laatroes. Die aktiewes in Acrobat® WG beperk verskeie stadiums van die swam se ontwikkeling en werk spoorvorming teë wat gevolglik siektedruk verlaag en die risiko van herinfeksie verlaag. Met ’n kort onthoudingsperiode van 3 dae vir aartappels en 5 dae vir tamaties kan Acrobat® WG tot laat in die groeiseisoen gebruik word om laatroes suksesvol te beheer. Dié gevestigde staatmaker pas uitstekend in ‘n voorkomende laatroesbeheerprogram op beide aartappels en tamaties in.

Kry gemoedsrus met beproefde betroubare produkte van BASF wat opbrengs en kwaliteit van aartappels en tamaties bevorder.

Bellis® Reg. Nr L7817 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: F500® 128 g/kg. Boscalid 252 g/kg Versigtig. F500® - Pyraclostrobin. Hunter® 24 SC Reg. Nr L8307 Wet 36 van 1947. Aktiewe bestanddeel: Chlorfenapyr 240 g/ℓ. Skadelik. Fastac® SC Reg. Nr L4992 Wet 36 van 1947. Aktiewe bestanddeel: Alpha-cypermethrin 100 g/ℓ. Skadelik. Orvego® Reg. Nr L9185 Wet 36 of 1947. Aktiewe bestanddele: Initium® 300 g/ℓ. Dimethomorph 225 g/ℓ. Versigtig. Initium® - Ametoctradin. Acrobat® WG Reg. Nr L6526 Wet 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Dimethomorph 90 g/kg. Mancozeb 600 g/kg. Versigtig. Lees asseblief produketikette vir volledige gebruiksaanwysings. Acrobat® WG, Bellis® , F500® , Fastac® SC, Hunter® 24 SC, Initium® en Orvego® is geregistreerde handelsmerke van BASF.

This article is from: