Vegetables & Fruit January/February 2022

Page 12

TOMATOES

Tegnologie bevorder plantgroei op genetiese vlak ’n Vinnig groeiende bevolking en langer lewensjare weens mediese tegnologie, beteken dat die wêreld se behoefte aan voedsel en veevoer teen ‘n vinnige tempo toeneem. Na raming sal ’n toename van byna 100% in landbouproduksie nodig wees om die menslike bevolking in 2050 te onderhou (Elferink & Schierhorn, 2016). Dr Hannes Loubser1, Dr Paul Hills1, Dr Ida Wilson2 en Johan Janse van Rensburg3

derende bakterieë (De Vasconcelos & Chaves, 2019).

1

Hoe C4L-tegnologie gewasproduksie bevorder

Instituut vir Plantbiotegnologie, Departement Genetika, Universiteit Stellenbosch 2 Biorevolution en Departement Agronomie, Universiteit Stellenbosch 3 Oro Agri, Suid-Afrika

L

andbouproduktiwiteit word egter ingeperk deur klimaatsverandering en veral deur gepaardgaande waterskaarste, wat blyk uit grootskaalse wêreldwye droogtes in landbougebiede. Hoër temperature, wisselvallige en onvoorspelbare reënpatrone en uiterste weersomstandighede het verder ook ‘n uitwerking op gewasopbrengste (Challinor et al., 2014). Weens droogtes word gronde brak, wat verdere uitdagings aan gewasproduktiwiteit verleen (Bartels & Sunkar, 2005).

Biostimulante is ‘n deel van die antwoord Biostimulante is produkte wat plante se groei ondersteun en hul help om biotiese en abiotiese stremming te weerstaan. Biostimulante is voordelig vir die plant se eie natuurlike groeiprosesse, onder meer wortels se groei en die simbiose met grondorganismes. Gesonde wortels en die bevolking van grondmikrobe wat deur die wortels gelok word, beteken dat die plant ‘n verbeterde vermoë het om voedingstowwe uit die grond op te neem. Dit bevorder die plant se algemene gesondheid en gevolglik word beter opbrengste van hoër kwaliteit deur die plante gelewer. Verskeie grondstowwe word gebruik in die vervaardiging van biostimulante, insluitend humiensure, ekstrakte van alge en ander plante en ook plantgroei- bevor-

In navorsing by die Universiteit van Stellenbosch is die uitwerking van die C4L-tegnologie biostimulant (C4L) op die plant Arabidopsis thaliana ontleed. Plante wat met C4L behandel is en plante wat geen C4L ontvang het nie, is met soutwater natgelei. Positiewe groei-effekte is in plante wat met C4L behandel was waargeneem. Die metaboliese reaksie van plante het op geen vlak verander nie en die chlorifil-inhoud en biomassa van die plante het, ten spyte van die soutwater waarmee dit natgelei is, toegeneem. C4L het dus ‘n mate van soutstremmingstoleransie aan die plante verskaf (Figuur 1). Laastens is ook opgemerk dat plante se waterhouvermoë (deur die huidmondjies) ook gereguleer was, tot so ‘n mate dat dit plante se vermoë om te groei bevorder het (Loubser & Hills, 2020). Hoewel die versagting van soutstremmings baie duidelik sigbaar was in die plante wat ontleed is, is dit ook moontlik dat ander stremmingsversagtiging kan plaasvind. Volgens Zhu (2016) reageer baie van die gene wat deur soutstremming geaktiveer word, ook op koue of droogtestremming. Dit verhoog sodoende die moontlikheid dat C4L ‘n waardevolle hulpmiddel kan wees in die bemiddeling van ander soorte stremming. Dié moontlikheid sal in die toekoms in opvolgnavorsing by die Universiteit van Stellenbosch ondersoek word.

Veranderinge op molekulêre vlak C4L ontlok fisiologiese reaksies in gewasse wat gewasopbrengs en -gehalte verhoog. Die bogenoemde navorsing het ook die NA BLADSY 14 Figuur 1: Bogrondse biomassaproduksie van Arabidopsis thaliana waneer dit met brakwater natgelei is (a) of wanneer dit ‘n C4L-toediening ontvang het en daarna met brakwater natgelei is (Figuur vanuit Loubser, 2020).

12

VEGETABLES & FRUIT | JANUARY • FEBRUARY 2022


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.