Vegetables & Fruit January/February 2022

Page 15

TAMATIES

Uitdagings en geleenthede in die tamatiebedryf

‘n Tamatie-aanplanting waar die blare laatroes ontwikkel het as gevolg van bewolkte, nat toestande.

Met die La Nina- “Little Girl” verskynsel wat nou oor die land aanwesig is, het verbruikers en produsente uitgesien na ‘n goeie reënseisoen Johan Stronkhorst

D

ie reënpatroon het egter reeds vroeg in die seisoen begin met intense storms wat wydverspreid oor die land waargeneem is. Produsente is egter negatief beïnvloed in gebiede waar die weerpatroon gepaard gegaan het met hael en sterk winde, wat gewasse beskadig het. Sommige produsente was genoodsaak om oor te plant, aangesien die skade net té erg was vir enige ekonomiese voordeel. Gewasse is verder aan grondvoorbereidings, uitplantings, oes- en spuitpraktyke blootgestel. Die meeste verbruikers, veral in die stede, ervaar ongerief met slegs ‘n ligte reënbui – dit beteken die beplande grassny of piekniek word ontwrig. Vir produsente is reën egter ‘n saak van oorlewing. Indien dit te veel of te min reën, kan boere nie

GROENTE & VRUGTE | JANUARIE • FEBRUARIE 2022

grond voorberei, beddings maak of gewasse uitplant nie. Dit beteken ook dat saailinge wat gereed is vir uitplant se aflewering uitgestel moet word, ouer plantjies word gevolglik uitgeplant en daar kan dus reeds oesverliese ter sprake wees. Wanneer gewasse uitgeplant is, moet bemesting, besproeiing en plaagbeheer gedoen word. Indien produsente nie in die lande kan kom om te spuit nie, kan sekere siektes groot skade aanrig. Siektes soos laatroes of peste soos Tuta absoluta kan binne enkele dae ‘n algehele verlies aan blaaroppervlak veroorsaak, wat aanleiding kan gee tot lae opbrengste of ‘n oesverlies. Miljoene rand se verliese is in Desember 2021 deur tamatieprodusente gely. In landboukringe is ‘n welbekende spreuk: “As ‘n tamatieoes jou in die moeilikheid bring, is die volgende tamatie-oes NA BLADSY 16

15


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.