Vegetables & Fruit January/February 2022

Page 26

GENERAL

Trosse tafeldruiwe stroom weer in Die huidige Suid-Afrikaanse tafeldruifseisoen kan tussen 70,6 miljoen en 77,77 miljoen 4,5 kg ekwivalente kartonne se wêreldklas-vrugte lewer. Jan Greyling MEDEWERKER

D

ie eerste oeskatting vir die 2021/22-seisoen van die SuidAfrikaanse Tafeldruifbedryfvereniging (SATI) bevestig dat die skattings vir hierdie oesjaar grens aan die totale lewerings wat tydens die 2020/21-oes behaal is. Willem Bestbier, uitvoerende hoof van SATI, het in Stellenbosch aan lede van die Landbouskrywersvereniging van SuidAfrika gesê die gemiddeld van die geskatte opbrengs uit al vyf produksiestreke is 74,2 miljoen kartonne – baie na aan die volle lewering van die vorige seisoen. “Hoewel nuwe aanplantings van die hoëropbrengskultivars

na verwagting vanjaar hul volle opbrengs sal lewer, dui 2021 se wingerdsensus op ‘n afname van 536 hektaar tafeldruiwe, met ‘n daling vanaf 21 100 ha tot 20 564 ha.” Die sensus vorm die grondslag van die eerste seisoenale oesskattings vir 2021/22 in die bedryf. Meer skattings sal met die oesseisoen se verloop volg. Die eerste oesskatting is onder leiding van Jacques Ferreira, inligtings- en stelselsbestuurder by SATI, bereken. Die skatting berus op die beste moontlike beskibare inligting, ondervinding, waarnemings, die jongste wingerdsensus en historiese inligting. Oeskattings word in noue samewerking met produsente en besdryfspesialiste gedoen, verteenwoordigend van al die produksiestreke. SATI gebruik hierdie forum om so spoedig as NA BLADSY 28

Tabel 1: Die eerste oesskatting vir 2021/22-tafeldruifseisoen (miljoen 4,5 kg ekwivalente kartonne).

Skatting 2021/22-seisoen

Werklik gepakte hoeveelhede

Lae beraming

Hoë beraming

2020/21

2019/20

2018/19

Noordelike provinsies

7,70

8,30

7,88

6,10

7,12

Oranjerivier

18,50

21,20

18,51

19,86

19,21

Olifantsrivier

4,30

4,50

4,44

3,32

2,37

Streek

Bergrivier

17,80

19,50

20,06

16,27

13,79

Hexrivier

22,30

24,20

24,00

20,60

18,65

Totaal

70,60

77,70

74,89

66,15

61,13

26

Willem Bestbier, uitvoerende hoof van SATI.

VEGETABLES & FRUIT | JANUARY • FEBRUARY 2022


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.