1 minute read

Gebruikersvriendelike tegnologie op die plaas

Met dié platform kan boere plaasdata in visuele verslae saamvat. InteliGro, ‘n verskaffer van geïntegreerde gewasoplossings, en CropWatch Africa, ‘n spesialis op die gebied van tegnologiese hulpmiddels vir gewas- en plaagmonitering, het kragte saamgesnoer om ‘n platform vir landboutegnologie in SuidAfrika bekend te stel.

Met die platform vir landboutegnologie kan boere plaasdata in visuele verslae saamvat wat hulle in staat stel om beter en vinniger besluite te neem. Die InteliGro-CropWatch platform stel boere in staat om moniteringdata, inligting oor grond, blare en opbrengs, spuitprogramme, satellietbeelde en nog meer in ‘n enkele stelsel byeen te bring.

Die resultaat is ‘n bykans intydse blik van die status van hul gewasse en lande, asook insig in historiese patrone. Hierdie inligting help boere om vinnig en presies aandag aan dringende sake soos plaagbesmettings te gee en om plaasbeplanning en -bestuur te vergemaklik. Roedolf Nieuwenhuis, stigter en besturende direkteur van CropWatch Africa, sê die platform, wat oor die afgelope jare met boere se bydraes ontwikkel is, gee aan boere in SuiderAfrika ‘n hoogs aanpasbare, presisielandbou-oplossing wat vir

stop siektes in hul spore

Twee-stap eenvoud: difenokonasool klaar bestaande vroeë roes infeksies op waarna ADEPIDYN™ tegnologie volgehoue beskerming verleen.

Regte plek, regte tyd: ADEPIDYN™ tegnologie se stadige sistemiese beweging deur die blaar se waslaag verleen kragtige blaarbeskerming en beveilig sodoende die biomassa wat vrugte nodig het om te ontwikkel.

Karboksamied tegnologie, herskep: ADEPIDYN™ tegnologie is ’n nuwe klas karboksamied met ’n sterk affiniteit vir die waslaag op blare. Dit verskaf langer nawerking en reënvastheid binne ’n uur. Slim tegnologie, ongeag die weer.

Eenvoudig. Kragtig. MIRAVIS® Duo.

This article is from: