
4 minute read
Trosse tafeldruiwe stroom weer in
Die huidige Suid-Afrikaanse tafeldruifseisoen kan tussen 70,6 miljoen en 77,77 miljoen 4,5 kg ekwivalente kartonne se wêreldklas-vrugte lewer.
Jan Greyling
MEDEWERKER
Die eerste oeskatting vir die 2021/22-seisoen van die SuidAfrikaanse Tafeldruifbedryfvereniging (SATI) bevestig dat die skattings vir hierdie oesjaar grens aan die totale lewerings wat tydens die 2020/21-oes behaal is.
Willem Bestbier, uitvoerende hoof van SATI, het in Stellenbosch aan lede van die Landbouskrywersvereniging van SuidAfrika gesê die gemiddeld van die geskatte opbrengs uit al vyf produksiestreke is 74,2 miljoen kartonne – baie na aan die volle lewering van die vorige seisoen.
“Hoewel nuwe aanplantings van die hoëropbrengskultivars na verwagting vanjaar hul volle opbrengs sal lewer, dui 2021 se wingerdsensus op ‘n afname van 536 hektaar tafeldruiwe, met ‘n daling vanaf 21 100 ha tot 20 564 ha.”
Die sensus vorm die grondslag van die eerste seisoenale oesskattings vir 2021/22 in die bedryf. Meer skattings sal met die oesseisoen se verloop volg.
Die eerste oesskatting is onder leiding van Jacques Ferreira, inligtings- en stelselsbestuurder by SATI, bereken. Die skatting berus op die beste moontlike beskibare inligting, ondervinding, waarnemings, die jongste wingerdsensus en historiese inligting.
Oeskattings word in noue samewerking met produsente en besdryfspesialiste gedoen, verteenwoordigend van al die produksiestreke. SATI gebruik hierdie forum om so spoedig as
Tabel 1: Die eerste oesskatting vir 2021/22-tafeldruifseisoen (miljoen 4,5 kg ekwivalente kartonne). Skatting 2021/22-seisoen Werklik gepakte hoeveelhede
Streek
Lae beraming
Hoë beraming 2020/21 2019/20 2018/19 Noordelike provinsies 7,70 8,30 7,88 6,10 7,12 Oranjerivier 18,50 21,20 18,51 19,86 19,21 Olifantsrivier 4,30 4,50 4,44 3,32 2,37 Bergrivier 17,80 19,50 20,06 16,27 13,79 Hexrivier 22,30 24,20 24,00 20,60 18,65 Totaal 70,60 77,70 74,89 66,15 61,13 NA BLADSY 28
Willem Bestbier, uitvoerende hoof van SATI.







Trosse tafeldruiwe stroom weer in
VANAF BLADSY 26
moontlik op seisoenale afwykings en verwikkelinge te reageer.
Bestbier sê wanneer die jongste sensus met die 2019 opname vergelyk word is daar nou 1 234 hektaar minder tafeldruifwingerde in die land. “Dit beaam die konsolidasie van die plaaslike bedryf.”
Anton Viljoen, voorsitter van SATI sê, te midde van internasionale handelstoestande en die impak van die Covid-19 pandemie sal Suid-Afrikaanse produsente daarop fokus om “na basiese dinge” terug te keer. “Produsente sal op die bestuur van optimale groei, trosvoorbereiding, verpakking en die behoeftes van verbruikers let.”
Aangesien die twee vroeë streke, die Noordelike Provinsies en die Oranjerivier, vroeg in November begin oes het, maar die mid- tot laterstreke - Olifantsrivier, Bergrivier en die Hexrivier – eers teen middel Desember ten volle op dreef kom, is daar baie faktore wat die oeskatting en finale lewering kan raak. “Ons boer onder die uitspansel en daar kan baie gebeur.”
Volgens Clayton Swart, kommunikasiebestuurder van SATI kan veral wind en onvoorsiene hael soms sake deurmekaar krap. “Produsente het oor die afgelope meer as 125 jaar egter hierdie uitdagings ten beste leer bestuur.”
Swart is trots op nuwe kultivars wat na 15 tot 20 jaar en miljoene rande se ontwikkelingskoste, deur die Nietvoorbij Infruitec Instituut van die Landbounavorsingsraad en plaaslike en internasionale kommersiële teelprogramme die lig sien vir produksie-uitdagings en verbuikervoorkeure - soos vir pitlose tafeldruiwe. ”Elke moontlike nuwe kultivar word oor baie seisoene lank ontleed. So word daar onder meer gekyk hoe dit kleur, smaak, ryp word, stoor, siekteweestandig is, verskeep en so meer, voordat dit moontlik geregistreer en geplant kan word.”
Swart benadruk die bedryf se verbintenis tot die vestiging van nuwe toetreders. “Ons help hulle om as bestuurders, spanleiers en voormanne en -vroue te groei. Ons verleen bystand met besigheidsplanne en voorleggings vir finansiering vir nuwe grond of verbeteringe soos moderne koelkamers, pakstore of tegnologie, waar dit lewensvatbaar is,” sê hy.
Viljoen sê plaaslike produsente bestuur die werklikheid ten beste “om te verseker dat ons gesogte gehalte gehandhaaf word”.
“Ons boere se omvangryke beleggings in plantmateriaal soos die nuutste produsent- en verbruikervriendelike kultivars, moderne pakgeriewe, tegnologie, koelkamers, toerusting en mense spreek van hul strewe om die strawwe internasionale etiese, omgewings- en sosiale standaarde te handhaaf en die verskaffers van die lekkerste tafeldruiwe ter wêreld te bly,” sê Viljoen.

Are you doing business with a REGISTERED AGENT?
FRESH PRODUCE LIVESTOCK EXPORTS
It is a criminal offence for a person to act as an agent without registering with the Agricultural Produce Agents Council (APAC).
Do not support illegal traders and only use the service of a registered agent as reflected on our website.