2 minute read

Vennootskap integreer praktiese presisie- en pasgemaakte gewas-oplossings

Revolute Systems en NexusAG het ‘n vennootskap gevorm waarin die waarde van presisie kunsmistoediening, besproeiingsuitleg en opbrengsbestuur verder ontsluit word om ‘n omvattender diens aan produsente te kan lewer.

Met gewasbestuur, tegniese advies en innovering is NexusAG een van die grootste rolspelers in Suid-Afrikaanse landbou. Revolute Systems het in 2017 geopen met hul eerste vlagskipproduk, EMIGrondskandering, om produsente te help om grondvariasie beter te bestuur.

In die afgelope vyf jaar het twee oud-Maties, Jacobus Els en Berno Greyling, Revolute Systems se tegnologie-oplossings tot holisties presisiedatadienste ontwikkel. Die twee maatskappye deel die waardes van samewerking, kennis-uitruiling, doeltreffendheid en praktiese oplossings.

Jacobus Els, een van die stigters van Revolute Systems.

Volgens ‘n verklaring baat Revolute en NexusAG se spanne albei daarby om voortaan hul kennis en kundigheid te deel, om ’n nog meer omvattende diens aan kliënte te kan lewer. Dit sal hulle in staat stel om innoverende en praktiese oplossings te ontwikkel sodat voldoen kan word aan veranderende bedryfsvereistes.

Uiteindelik sal die integrasie van praktiese presisie en pasgemaakte gewas-oplossings produsente ondersteun om doeltreffender, winsgewender en volhoubare besighede te kan bedryf.

Boerdery-insette word ten volle benut om pasgemaakte gewas-oplossings te kan verskaf. Dit word bewerkstellig deur Revolute Systems se produkte, soos vrugte- en blomkartering; grond-EMI-kartering; plantgesondheidsmonitering en bestuurshulpmiddels vir presisieboerdery, te kombineer met die kundigheid van NexusAG se gewasadviseurs.

Revolute Systems se vrugte- en blomkarteringstegnologie, RevScout, is die afgelope drie jaar ontwikkel. Hierdie tegnolo- gie bestaan uit kameras en ’n veldrekenaar wat op ’n vierwielmotorfiets of trekker gemonteer word en vrugte teen ’n grondspoed van tot 10 km/h tel. Ná afloop van die opname word die GPS-aangetekende vrug- en blomtellings na die RevToolbox-platform oorgeplaas. Dit is maklik om te gebruik en produsente kan die verwerkte kaart van verskille in die vrugte- en blomlading dadelik bestudeer.

Revolute se EMI-tegnologie kan hoëdefinisiekaarte van grondvariasie skep deur EMI-grondskandering te gebruik. EMI-grondskandering identifiseer grondverskille deur elektromagnetiese golwe deur die grond te stuur. Die sein kan grondvariasie op drie dieptes bepaal om ’n presisiegrondvariasiekaart te skep.

Dit toon verskille by onderskeidelik 25, 50 en 90 cm en teiken grondmonsternemings en stel grondvariasiegrense op. Hierdie inligting is dadelik ná skandering beskikbaar en kan vir besproeiings-ontwerp en presisiekunsmistoediening gebruik word.

Hierdie metode meet grond elektriese geleiding (EG) van die hele grondliggaam en kan potensieel dui op verskille in waterinhoud, tekstuur, organiese materiaal en soutinhoud.

Ondersoeke word geloods om oorsake vir variasie op te spoor waarna tegnieke vir die die opheffing van die variasie oorweeg word.

Die datumreeks-opsie maak voorsiening om volledige fenologiese periodes te wys - nie soos met ’n hommeltuigfoto nie, maar in video. Dit vergelyk grond-, terrein- en opbrengskaarte en skep opbrengsskattings. Dit skep veranderlike dosistoedieningskaarte van kunsmis en van plantgesondheid-, grond- of vrugteladingsones. Die stelsel laai kaarte van Google Earth® af, sodat dit maklik met die plaas bestuur, Nexus gewasadviseurs en Nexus Tegnies gedeel kan word.

NexusAG se gewasadviseurs is produsente se vennoot met volhoubare gewasbestuursprogramme. Hulle vorm deel van ’n omvattende span gewasspesialiste en kundiges van bedryfsliggame en internasionale en plaaslike verskaffers, wat op die voorpunt van nuwe tegnologiese ontwikkeling bly.

Revolate se leuse om presisie vir produsente prakties te maak, sluit gevolglik baie goed by NexusAG se doelstellings aan.

Vir meer inligting oor die nuwe vennootskap se voordele kan belangstellendes met NexusAG skakel by 021 860 8040 of besoek die webtuiste www.nexusag.net of www.revolutesystems.com.

NexusAG en Revolute Systems - ’n vennootskap wat praktiese presisie en pasgemaakte gewasoplossings bied wat produsente toelaat om insetkostes meer doeltreffend te bestuur.

In die huidige ekonomiese klimaat bly die bestuur van insetkoste uiters belangrik en die doetreffende integrasie van tegnologie in landbou praktyke stel gewasadviseurs en produsente in staat om insetkostes te minimaliseer terwyl ’n kwaliteit oes steeds die top-prioriteit bly!

NexusAG-gewasadviseurs kan u nou ondersteun met hul kundigheid om pasgemaakte gewasoplossings te ontwikkel wat boerdery-inse e optimaliseer deur presisie-ka ering en -moniteringsdienste in samewerking met Revolute Systems.

Vrugte- en blomka ering, grond-EG-ka ering, plantgesondheidsmonitering, en presisieboerderybestuurhulpmiddels bevorder verbeterde doeltreffendheid deur:

•veranderlike dosis kunsmistoedieningsprogramme, •geteikende grondgesondheid- en besproeiingstrategieë, en •deklaag- en dreineringsplanne.

Dié integrasie van praktiese presisie en pasgemaakte gewasoplossings ondersteun u om meer doeltreffende, winsgewende en volhoubare boerdery-besighede te bedryf.

This article is from: