6 minute read
Huur van toerusting kan help met kostebestuur
Soos alle ander toerusting het vurkhysers gereelde instandhouding nodig om die beste diens te bly lewer. As noodsaaklike en waardevolle toerusting in daaglikse groente- en vrugtebedrywighede op die plaas en in die pakhuis of laaisone, is werkende vurkhysers onmisbaar in volhoubare produkverbouing, -bewerking en -verpakking.
Jan Greyling
MEDEWERKER
Deeglike instandhouding van ‘n industriële of ‘n basiese vurkhyser het koste-implikasies en dit maak die oorweging van doelvervaardigde vurkhysers landwyd ‘n lewensvatbare opsie.
Oor die rol van vurkhysers kan Goscor Lift Truck Company (GLTC) saam gesels na bykans 40 jaar se ervaring in die verkoop en korttermynverhuring daarvan.
Volgens Tanya Brummer, hoofbestuurder: korttermynverhuring by GLTC, is kostebesparing en risikoverspreiding vir volhoubare, winsgewende produksie sinvol in die sakeplan van ‘n varsprodukteprodusent.
Veral wanneer waardevermindering, instandhouding en markgedrewe herverkoopwaarde van toerusting verreken word, is die aankoop van nuwe toerusting nie altyd ideaal nie. Vurkhysers werk dikwels onder moeilike toestande en gereelde instandhouding is nodig om herstelkoste en onproduktiewe staantyd te beperk.
Fokus op die produksietaak Net soos in die konstruksiebedryf en in die vinnig veranderende omgewing van tegnologie en toerusting, is die korttermynhuur van vurkhysers, wat instandhouding insluit, moontlik meer sinvol as om toerusting self te koop. Eienaarskap van ‘n vurkhyser laat die boer, koelkamer of die pakhuis met ‘n paar uitdagings, wat die korttermyn-huuropsie ekonomies lewensvatbaar maak.
“Sonder dat die boer of onderneming maand na maand moet afbetaal aan vurkhysers, is huurkoste slegs betaalbaar vir die tydperk wanneer bykomende vurkhysers benodig word. Met die instandinghouding ingesluit is daar nie verskuilde of verdere koste nie,” sê Brummer.
In die geval van Goscor is hulle reeds sedert 1984 korttermynverhuurders van vurkhysers. Met groente- en vrugteprodusente landwyd het GLTC takke in Johannesburg, Kaapstad, Pietermaritzburg, Richardsbaai en Oos-Londen, waar hul dienste aan die mark ondersteun word deur die Goscor Industrial & Construction-takke in Nelspruit, Bloemfontein, Gqeberha en George.
GLTC verhuur dieselvurkhysers van 2,5 ton en elektriese vurkhysers van 2,5, 3 en 3,5 ton. “Die toerusting word hoofsaaklik gebruik om vrugte en groente, waar dit nodig is, in koelkamers te pak en om groente en vrugte van die boord af na die sorterings-, graderings- en verpakkingsaanleg te skuif.”
Brummer sê boere, pakhuise en koelkamers het nie nodig om kapitaal vir die behoefte aan vurkhysers af te staan nie. “Aangesien die seisoen in enige groente- en/of vrugtebedryf tussen drie en nege maande lank is, is die huur van vurkhysers, waarby onderhoud reeds ingesluit is, ‘n sinvolle sakebesluit, sonder bykomende kapitale eise.”
Skadehantering Goscor is verantwoordelik vir die basiese herstel, diens en onderdele van enige verhuurde vurkhyser. Sou die verhuurde toerusting egter in diens van die huurder beskadig word, is dit die huurder se verantwoordelikheid om GLTC vir die skade te vergoed.
“Ons verhuringsooreenkoms is volgens die unieke behoeftes van elke huurder baie buigsaam en huurtermyne kan van een dag tot 12 maande of selfs langer wees,” sê sy.
GLTC se korttermynhuur-vurkhysers is almal teen brand en diefstal verseker. “Ons beveel egter aan dat die huurder bykomende versekering teen skade weens ongelukke of onvoorsiene gebeure uitneem.”
In vurkhyserverhuring word elke kliënt se behoeftes anders hanteer. “Alle faktore word in ag geneem wanneer kwotasies voorberei word. Ons neem byvoorbeeld in ag hoeveel ure ons vurkhyser per maand by die huurder gaan werk en kyk na die aard van die werksterrein.”
Die aankoop- en instandhoudingskoste van vurkhysers vereis noukeurige berekeninge waarin die huuropsie dikwels beter is omdat elke deel van die vurkhyser op ‘n tydstip nagegaan moet word. Daar is daaglikse instandhouding, primêre instandhouding, sekondêre en tersiêre instandhouding.
Só sal die olievlakke in die krukas, die banddruk, lugfilter, koelwater, batterykrag en -koppeling, die hidrouliese rem en die handrem, asook brandstofvakke deeglik op die plaas of in die aanleg nagegaan word.
Benewens die vurkhyser se aandrywing en die gereelde nagaan en vervanging van bande, moet laaitoetse en kompressordruktoetse gereeld uitgevoer word. Die werking van die enjin moet gespesifiseerd nagegaan word en dit sluit die transmissiestelsel in.
Verhuring- en naverhuringsdienste word landwyd aangebied vir doelvervaardigde elektriese, diesel- en petrolvurk hysers. “Die besluit om te huur eerder as om te koop is ‘n langtermynbesparing, wat enige groente- of vrugteprodusent in staat stel om hul onderneming met minder kapitaal uit te brei.”
Tamatieprodukte wat werk
Kry doeltreffende beheer van skadelike swamsiektes, insekte en Rooispinmyte met Philagro se kragtige tamatie-treffers: Rooispinmyte • Meothrin® beheer onvolwasse en volwasse myte, terwyl Smite® alle onvolwasse stadia, insluitende eiers dood en wyfies steriliseer. • ‘n Te n k me n g s el van Smite® en Meothrin® is d ie oplo s s in g vir ‘n p op u las ie R ooi s p i n myte w aar ei ers , on vol wa sse n e s e n volwassenes teenwoordig is. Buiten die effektiwiteit is hierdie tenkmengsel ook die perfekte anti-weerstandsbespuiting. • Milbeknock® 1% EC is ‘n is ` n midde l van n a tu u r lik e oors p ron g w at al l e s tad i u ms van d i e Ro o i sp i n m yt l e we n ssi k l u s b e h e e r. H ie rdie p rod u k p as u its tek en d i n ‘ n an ti -w eers tan d s p rog ra m sa a m m e t Smite® en Meothrin® . Afrika bolwurm en Tamatie blaarmyner (Tuta absoluta) • SumiPleo® word met groot sukses aangewend vir die beheer van Afrika bolwurm in tamaties en Aartappelmotlarwes in aartapples. SumiPleo® be hoor t a a n ‘n n u we c h emie groep met geen k ru i s w eers tan d m e t a n d e r p ro d u k t e wa t vi r d i e se l f d e gebruik geregistreer is nie. SumiPleo® het ook onlangs registrasie ontvang vir die beheer van tamatie Blaarmyner. • Sumi-Alpha® 200 EC en Sumi-Alpha® 200 EW is twee middels met goeie UV sonligweerstand wat alle Snywurm spesies en Afrika bolwurm effektief in tamaties sal beheer. Afrika bolwurm en Valslandmeterwurms • DiPel® DF en Florbac® WG is van natuurlike oorsprong met geen onthoudingsperiode voor oes nie, wat beteken dat produsente tamatievrugte selfs tot een dag voor oes, sonder onthouding, teen kleiner Afrika bolwurms en
Valslandmeterwurms kan behandel. • Hie rd ie is mid d els me t ge en i n vl oed op n atu u rl i k e i n s ek vyan d e a so o k b e st u i we rs so o s h e u n i n g b ye h e t n ie wa t s a l verseker dat die boer sy oes op die veilige manier beskerm. Vroeëroes en Botrytis • Sumisclex® SC is ’n ou staatmaker wat nog gereeld met groot tevredenheid toegedien word teen Vroeëroes en
Botrytis op tamaties. Praat gerus met jou naaste Philagro-agent oor betroubare tamatieprodukte wat werk.
RAADPLEEG DIE ONDERSKEIE PRODUKETIKETTE VIR VOLLEDIGE GEBRUIKSAANWYSINGS & -BEPERKINGS Smite® (Reg. nr. L6011, Wet nr. 36 van 1947) bevat etoksasool, versigtig. Sumisclex® SC (Reg. nr. L6377, Wet nr. 36 van 1947) bevat prosimidoon. Sumi-Alpha® 200 EC (Reg. nr. L6452, Wet nr. 36 van 1947) bevat esfenvaleraat, giftig. Sumi-Alpha® 200 EW (Reg. nr. L8821, Wet nr. 36 van 1947) bevat esfenvaleraat, skadelik. Meothrin® (Reg. nr. L6385, Wet nr. 36 van 1947) bevat fenpropatrien, giftig. DiPel® DF (Reg. nr. L6441, Wet nr. 36 van 1947) bevat Bacillus thuringiensis var kurstaki. Florbac® WG (Reg. nr. L5531, Wet nr. 36 van 1947) bevat Bacillus thuringiensis var aizawai. Milbeknock® 1% EC (Reg. nr. L6654, Wet nr. 36 van 1947) bevat milbemektien, versigtig. SumiPleo® (Reg. nr. L8377, Wet nr. 36 van 1947) bevat piradaliel dichloropropeen derivaat, versigtig. Milbeknock® is die geregistreerde handelsmerk van Sumitomo Corporation, Japan. Smite®, Sumisclex®, Sumi-Alpha®, SumiPleo® en Meothrin® is geregistreerde handelsmerke van Sumitomo Chemical Company, Japan. Florbac® en DiPel® is die geregistreerde handelsmerke van Valent BioSciences, VSA.