4 minute read

Pampoengewasse en tamatiekwaliteit

Sakata Saad belê reeds langer as 100 jaar in intensiewe navorsing wat lei tot die produksie van variëteite wat produsente toelaat om groente van uitstekende kwaliteit te produseer. Goeie kwaliteit is tot almal se voordeel en sorg dat die produsent, handelaar, verwerker en uiteindelik die verbruiker ‘n waardevolle produk ontvang. In hierdie artikel verskaf Sakata graag besonderhede van hulle nuwe wennervariëteite, asook van ‘n paar ou staatmakers.

Sakata het veral oor die afgelope jare bekendheid ver werf vir hulle botterskorsies van hoë kwaliteit. Met variëteite wat hoë opbrengste, sterk, groeikragtige plante en siekteweerstand teen poeieragtige meeldou bied, het Sakata nuwe standaarde gestel vir botterskorsies in Suid-Afrika. Dit is geen wonder dat Quantum deesdae gesien word as die bedryfstandaard vir warm seisoenproduksie van botterskorsies nie. Quantum lewer eenvormige, mediumgrootte vrugte met uitstekende interne kwaliteit en smaak. Dit beskik oor ‘n uitste kende opbrengspotensiaal met vrugte wat nie maklik kraak nie.

Barnacle Bill is Sakata se F1 baster-Hubbard-skorsie wat homself op verskeie maniere oortref het. Barnacle Bill bied ‘n groot voordeel aan produsente wat vroeg wil oes en steeds goeie kwaliteit vrugte verwag, deurdat die variëteit tot 10 dae vroeër as Chicago Warted geoes kan word. Die vrugte beskik oor ‘n baie goeie raklewe en uitstaande interne kwaliteit.

Waatlemoene bly ‘n gesogte lekkerny en die verbruik daarvan neem steeds toe. Die tekstuur en smaak van ‘n waatlemoen is baie belangrike kenmerke wat in ag geneem moet word in die keuse van nuwe variëteite. Sensei, Sakata se Crimson Sweet-tipe waatlemoen voldoen aan hierdie vereistes. Sensei beskik oor uitstekende interne kwaliteit met ‘n uitsondelike dieprooi kleur. Die vleis is baie ferm, dit het uitstekende smaak en kraak nie maklik intern nie.

Sakata spog ook met ‘n nuwe geslag van spanspekvariëteit met ‘n lang raklewe, genaamd Majestic. Die vleis se tekstuur is ferm en het baie goeie suikerinhoud (Brix) van tussen 14% en 16%. Majestic is wyd aangepas vir warmseisoenproduksie en die plante is groeikragtig met goeie verdraagsaamheid teen hitte.

Invictus* is ‘n nuwe parthenocarpic Engelse komkommer van Bayer wat deur Sakata bemark word. Die vrugkwaliteit van hierdie variëteit is uitstekend en dit het eenvormige, donkergroen en reguit vrugte wat nie neig om nekke te vorm nie. Invictus* is wyd aanpasbaar en beskik oor ‘n baie goeie siektepakket.

Die verbruiker van grysskilpampoene verkies ‘n variëteit met goeie smaak en tekstuur, terwyl die produsent fokus op goeie raklewe. Sampson is Sakata se grysskilpampoen wat aan al hierdie eienskappe voldoen. Sampson is geneties só saamgestel dat die skil ‘n sterk waslaag het vir die behoud van kwaliteit en raklewe. Dit beskik oor sterk, groeikragtige plante met ‘n uitstekende opbrengspotensiaal en kan in somer- en winterproduksiegebiede geplant word. Die vrugte is ferm, dit het ‘n klein saadholte en kan tot ses maande opgeberg.

Tamaties is ’n baie belangrike groentegewas in die Suid-Afrikaanse mark en is regdeur die jaar in groot aanvraag. Marktendense wys dat die prys van tamaties grootendeels deur vraag en aanbod bepaal word. Produsente word hierdeur onder groot druk geplaas met stygende insetkoste, wisselvallige opbreng-

Heidi.

Barnacle Bill.

Quantum 1.

ste en ’n laer aanvraag op die markte. Hierdie faktore dwing die produsent om deeglike strategieë gereed te kry sodat die hoogste moontlike kwaliteit tamaties op die regte tyd op die mark geplaas kan word. Sakata het in die afgelope jare verskeie nuwe tamatievariëteite in die onbeperkte ronde segment vrygestel. Die Heidi-tamatie word gekenmerk deur goeie vrugkwaliteit, eenvormige vruggrootte en ’n goeie siektepakket. Die plante het ’n goeie blaarbedekking en is baie groeikragtig wat dit minder vatbaar maak vir algemene blaarsiektes. Heidi kan in die oop land of onder beskerming geproduseer word.

Parisa* is ’n nuwe tamatievariëteit uit Sakata se plaaslike teelprogram. Dit word gekenmerk deur ’n kompakte plant met kort internodes wat eenvormige vrugte met goeie kwaliteit produseer. Parisa* presteer gedurende die hoofseisoen baie goed onder beskerming in nethuise en in plastiektonnels.

Sweet melon Majestic.

Die bogenoemde variëteite is maar ’n druppel in die emmer uit Sakata se produkreeks. Vir meer inligting oor hierdie produkte of om die totale produkreeks te sien, besoek gerus Sakata se webwerf by www.sakata.co.za.

* Eksperimenteel: Hierdie variëteit is steeds eksperimenteel, maar registrasie is reeds ingedien vir Suid-Afrikaanse kultivarlysting

VRYWARINGSKLOUSULE: Die inligting is gebaseer op Sakata se waarnemings en/of inligting van ander bronne. Aangesien gewasprestasie afhang van die interaksie tussen die saad se genetiese potensiaal, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, insluitend bestuurspraktyke, gee Sakata geen uitdruklike waarborg of deur implikasie vir die gewasprestasie in verhouding tot die gegewe inligting. Sakata aanvaar nie enige aanspreeklikheid vir enige direkte verlies, wat te wyte aan enige oorsaak of as gevolg daarvan mag ontstaan nie. Lees asseblief eers Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.

This article is from: