Februarie 2014
`n handelsmerk van
GWK-direkteur is nasionale beesprodusent van die jaar Produksienavorsing en Presisieboerdery presteer in 2013
Regstelling gemaak in minimum loon vir plaaswerkers
Unieke implement vir besproeiingsgebiede gedemonstreer
UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS
Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936
Inhoud
2 Redaksioneel Die wonderwerk van nuwe lewe . . . 3 Geestelike akker Ook jý is sy ribbok-kind! 4 Agrikalender 5 Damme en reënval 6 Landbouwenke
26 Presisieboerdery Gebruik hammerkopskare vir goeie opheffing en deurlugting.
10 Beesprodusent vir 2013.
28 GWK NUUS - GWK Meganisasie skenk grassnyer aan Jeugkamp. - Unieke implement aan publiek gedemonstreer. 32 KOMMUNIEK KIEKIES Mense.
8 GWK: Direksie en Bestuur 10 LANDBOUSAKE 10 Aktueel GWK-direkteur is nasionale beesprodusent van die jaar. 16 Wat aandeelhouers moet weet Dís nuus in die GWK-groep. 18 Presisieboerdery en Produksienavorsing GWK Presisieboerdery en Produksienavorsing presteer. 22 Presisieboerdery Lusern – 30 ton / hektaar / jaar.
34 Vir die jongspan Pret op die plaas.
22 30 t lusern / hektaar / jr.
36 VROUE Leefstyl Hanteer intense irritasies . . . 38 Gesondheid Op `n gesonde nuwe jaar! 39 Resep Biltongslaai met botterskorsie.
32 Wenkiekie
40 Agterblad Giel se bottel loop oor . . .
36 Intense irritasies . . .
Redaksioneel
Met die eerste uitgawe van Kommuniek vir hierdie jaar wens ek graag vir elkeen van ons aandeelhouers `n jaar vol nuwe lewe toe. Mag u elkeen vanjaar in u boerdery hierdie wonderwerk keer op keer ervaar. Ons is besonder trots om vandeesmaand een van ons direkteure, mnr. Hennie Coetzee van Prieska, geluk te wens met sy aanwysing as nasionale beesprodusent van die jaar vir 2013. In ons maandelikse rubriek, Wat aandeelhouers moet weet, hou ons aandeelhouers op hoogte met die jongste verwikkelinge in die GWKgroep. Vandeesmaand is dit groot nuus dat PwC die waardasieproses voltooi het en nou voortgegaan kan word met die volgende stap in die GWK/OVK-amalgamasiegesprek. Lees meer hieroor en ander opwin-
dende gebeure in die GWK-groep op bl. 16. GWK Presisieboerdery en Produksienavorsing het die afgelope jaar van krag tot krag gegaan en kan met reg trots wees op hul werksaamhede. Ons kyk hierdie maand na waarmee dié span hulle in 2013 besig gehou het. Ons kyk ook na die gebruik van hammerkopskare om goeie opheffing en deurlugting in die grond te verseker. Dan kom lusern onder die loep, waar suksesvolle produksie aan hoë opbrengste gekoppel kan word. Ons maak ook `n draai by die Soon le Roux Jeugkamp buite Prieska, wat GWK onlangs met `n grassnyer vir die terrein geborg het, en kyk na die unieke implement vir besproeiings-
gebiede wat onlangs naby Douglas aan die publiek gedemonstreer is. En dan kom die dames aan die beurt en kyk ons na `n paar maklike wenke om in 2014 meer gesond te leef. Ons maak `n biltongslaai met botterskorsie en leer om met intense irritasies saam te leef. Oudergewoonte wag Piet op die agterblad met `n lekker storie. Hierdie maand loop Giel se bottel oor en moet hy besluit of hy kans sien vir `n vrou in sy lewe! Lekker lees!
Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)
Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730
VOORBLADFOTO Bertie Theron
Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628 Advertensies Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za 2
Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za
Tot volgende keer.
ler
Carien Grob
Redakteur
Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.
depositphotos
Met die ingang van 2014 is ons as gesin ryklik geseën met die opwagting van ons tweede seuntjie, Joah. Terwyl ek sy piepklein lyfie bewonder, besef ek daagliks wat `n wonderwerk nuwe lewe is . . .
Geestelike akker “ . . . Hy maak my voete soos dié van `n ribbok; op hoë plekke laat Hy my veilig loop.” Habakuk 3:19b Ook jý is sy ribbok-kind! “Ek is moedeloos! Dit gaan so sleg met my en ek voel so ver van God af. Het Hy my vergeet?”, lees die desperate SMS op my foon. Ja, ook jý het waarskynlik al gestoei met `n droogtetyd in jou lewe, God gesmeek om jou lewe te verander, Hom gevra om jou van sy trou te verseker . . . en dan gewonder of Hy jou wél lief genoeg het om altyd by jou te wil wees. In sulke tye kan ons gerus weer die boek Habakuk lees en hoor hoe moedeloos gesmeek hierdie man
van God was. Hy wou so graag hê dat die Here sy volk van die Babiloniërs moes red. Dit het immers gelyk asof die vyand met moord wegkom terwyl God blind is daarvoor. Dis dan wanneer die Here hom met groot deernis antwoord en sê: Wag geduldig al voel dit of dit stadig gaan. Wees seker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie. (Habakuk 2:3) Hoewel die Here nie dadelik hul swaarkry wegneem nie, het Habakuk geweet dat God op sy bestemde tyd wel die volk sal bevry.
Hy het sonder twyfel gewéét dat God nooit sy kinders in slegte tye los nie of sal toelaat dat die bose met hulle weghardloop nie. Onthou vandag: Ook jý is sy ribbokkind! Daarom sal Hy, wanneer jy oor moeilike terrein beweeg, jou veilig laat loop. Here, hou my vandag styf vas asseblief.
Milanie Vosloo
Uit Laat sy liefde jou lei, uitgegee deur Cum. 3
Veilingskalender en Veilingspryse Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Kimberley-aanteelveiling Sasolburg K端pfort BonsmaraveilingA Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Kimberley Ile de France Molopo-veiling Hertzogville-veiling
20 Februarie 21 Februarie 25 Februarie 26 Februarie 27 Februarie
Hendrik Steyn-aanteelveiling, Verkeerdevlei Tippie Dormehl-dormerveiling Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Griekwastad-veiling Boshof-veiling
gerhard steenkamp
11 Februarie 13 Februarie 14 Februarie 18 Februarie 19 Februarie 20 Februarie
Veilingspryse vir lewendehawe - Januarie 2014 06/01 - 09/01
13/01 - 17/01
20/01 - 24/01
25/01 - 31/01
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Slagosse
R13.00
Slagosse
R12.00
Slagosse
R12.00
Slagosse
R11.00
Slagkoeie
R12.50
Slagkoeie
R12.00
Slagkoeie
R12.00
Slagkoeie
R11.00
Maer beeste
R10.20
Maer beeste
R9.50
Maer beeste
R10.00
Maer beeste
R9.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R18.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R18.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R17.90
Ligte kalwers (180-200kg)
R16.00
Swaar kalwers (201-250kg)
R17.10
Swaar kalwers (201-250kg)
R18.00
Swaar kalwers (201-250kg)
R16.80
Swaar kalwers (201-250kg)
R16.00
Swaar kalwers (250kg +)
R16.30
Swaar kalwers (250kg +)
R17.00
Swaar kalwers (250kg +)
R15.00
Swaar kalwers (250kg +)
R15.50
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Slaglammers
R22.00
Slaglammers
R21.80
Slaglammers
R20.00
Slaglammers
R20.00
Stoorlammers
R20.50
Stoorlammers
R21.00
Stoorlammers
R20.00
Stoorlammers
R18.80
Kruislammers
R22.40
Kruislammers
R21.00
Kruislammers
R19.00
Kruislammers
R18.00 R11.00
Slagooie
R17.10
Slagooie
R15.00
Slagooie
R14.00
Slagooie
Maer ooie
R15.00
Maer ooie
R14.00
Maer ooie
R13.00
Maer ooie
R11.00
Klein bokkies
R23.00
Klein bokkies
R26.00
Klein bokkies
R24.00
Klein bokkies
R22.00
Jong bokke
R21.50
Jong bokke
R25.00
Jong bokke
R24.00
Jong bokke
R22.00
Bokooie
R15.00
Bokooie
R19.00
Bokooie
R15.00
Bokooie
R13.00
4
Damme en temperature Huidige stand van damme % Vol 120
Hartsrivier
Spitskopdam
47
Rietrivier
Kalkfonteindam
30
Modderrivier
Krugersdriftdam
25
60 40 20
0
Werklik
Langtermyn
Vaalharts
99 41 16 18
80
Rietrivier
Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam
Vaalrivier
100
Barkly-Wes
88 73 95
Douglas
Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam
Oranjerivier
ReĂŤnval 25 Desember 2013 - 24 Januarie 2014
Hopetown
Dam
Prieska
Riviersisteem
Werklike vs. langtermyn reĂŤnval
Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Douglas Skaal
Douglas Lunenburg
50 40 30 20 10 0
50 40 30 20 10 0
25 Desemer 2013 - 24 Januarie 2014
25 Desemer 2013 - 24 Januarie 2014 Max
Max Langtermyn
Min
Min Langtermyn
Max
Max Langtermyn
Prieska Green Valley Nuts
Min
Min Langtermyn
Barkly-Wes Ulco 40 30 20 10 0
50 40 30 20 10 0
25 Desemer 2013 - 24 Januarie 2014
25 Desemer 2013 - 24 Januarie 2014 Max
Max Langtermyn
Min
Min Langtermyn
Max
Max Langtermyn
Rietrivier
Min
Min Langtermyn
Hopetown Lilydale
50 40 30 20 10 0
50 40 30 20 10 0
25 Desemer 2013 - 24 Januarie 2014
25 Desemer 2013 - 24 Januarie 2014 Max
Max Langtermyn
Min
Min Langtermyn
Vaalharts Jan Kempdorp
Max
Max Langtermyn
Min
Maandelikse voorspelling Februarie 2014
50 40 30 20 10 0
25 Desemer 2013 - 24 Januarie 2014 Max
Max Langtermyn
Min Langtermyn
Min
Min Langtermyn
Inligting verkry van GFCSA
5
Landbouwenke Mielies Indien baie vogtige en
reëntoestande heers, moet voorkomend teen noordelike blaarskroei gespuit word. Dit kan veral op swaarder gronde voorkom. Heelwat aanplantings gaan in bestuiwing- en pitsetstadiums en moet geensins droogtestres ondervind nie. Gaan aanplantings gereeld deur vir bolwurm-vreetskade.
Stronkboorder is ook opgemerk en boor gewoonlik in die stam en basis van die pluime. Koppe kan ook later aangeval word. Bolwurm begin inkom by die pluimstadium en veral in die jong kopstadium. Motlokvalle kan uitgesit word om die motvlugte te monitor. Sodoende kan voorkomende bespuitings vroegtydig beplan word.
Aartappels Aartappels is in die jong,
Saad moet nie lank in die son lê
gevestigde stadium en laat voor plant nie. aanplantings word nog gedoen. Maak seker kultivars en Onthou dat uitgeloopte moere generasies word nie vermeng in opberging ook met virus en nie. aartappelmot besmet kan word. Plant eerder `n bietjie vlakker en erd op as om te diep te plant. Die beheer van opslag is krities Hoe vinniger die plante opkom, om virusbesmetting te beperk. hoe beter. Maak implemente skoon wanneer van een land na `n ander Wanneer plante opgeërd word beweeg word met plant. (± 20 cm hoog), moet waterstres vermy word aangesien bruinskurf Plant moere wat goed uitgeloop het – dit bespoedig die bevorder word as waterstres opkomproses. voorkom.
Droëbone Aanplantings behoort in die jong Hou by met skedulering en gevestigde tot blomstadium te wees. Pas onkruidbeheer versigtig toe om wortelskade te voorkom. Droëbone is gevoelig vir versuiptoestande. Besproei daarom oordeelkundig, veral op swaarder gronde. Mikro-elemente soos boor en molibdeen kan tydens die vroeë blom- en peulstadiums toegedien word. 6
maak seker plante ondervind nie droogtestres nie. Bone is gevoelig daarvoor tydens vroeë peulset. Monitor aanplantings vir bolwurm en luise en spuit vroegtydig. Spuit voorkomend vir swamsiektes soos bruinroes, donsige skimmel en poeieragtige meeldou, veral tydens vogtige, nat periodes.
Grondbone Doen opvolg aalwurm-
beheer, veral op grond met `n geskiedenis daarvan. Kalsiumtoedienings kan nog gedoen word om sekondêre peuldrag se pitkwaliteit te verbeter. Dit sal ook weerstand teen aalwurm verbeter. Voorkomende beheer van blaarsiektes soos blaarvlek is belangrik om `n goeie opbrengs, asook voldoende hooi te verseker. Die hooi het goeie voedingswaarde
en kan gebaal word.
Pas besproeiing aan
soos die waterbehoefte verhoog aangesien peulset nou plaasvind Wees versigtig om nie te oorbesproei nie, veral nou in die reënseisoen. Gee swaar water en laat toe om redelik goed af te droog. Dit help om blaarsiektes te beperk. Wees op die uitkyk vir bolwurm en blaaspootjies. Spuit vroegtydig as die investasie hoog is.
Pekanneute Die laaste sinkbemesting
vir die groeiseisoen word in Januarie toegedien. Gaan normaal voort met besproeiing en onkruidbeheer – dit is veral belangrik by jong
aanplantings. Plaagbeheer moet deurentyd toegepas word, veral vir stamen basboorders, geelpekanplantluis en skurfsiekte.
Lusern en weiding Begin grondvoorbereiding vir lusern en meerjarige weidingsmengsels wat vanaf middel Maart geplant kan word. Neem grondmonsters om voedingstatus van die grond te bepaal. Moet verkieslik nie lusern met lusern opvolg nie. Die kieming en opkoms kan
benadeel word deur inhiberende stowwe wat lusern afskei. Weidings vir herfsaanplantings sluit in meerjarige raaigrasse, klawers, langswenkgras, hawer en stoelrog. Voersorghum-aanplantings kan einde Februarie uitgeploeg word.
Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.
7
Direksie en Bestuur Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Johan Jacobs
Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human Johan Jacobs Tertius Marais Mattheus Maree
Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid
Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker
Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen
Hoofbestuur Finansiële Direkteur Johann Klopper
Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis
Uitvoerende bestuurspan Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849
Sekretariaat, Regsdienste en Risikobestuur Kleinhandel Freek Meyer Johan du Plessis 083 644 0022 071 623 7286
Saad, Gewasproduksie en Opkomende Boere Jozua Haarhoff 082 808 8579
Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111
Finansiering en Finansiële Landbou-advies Kobie Greyvensteyn 082 808 4178
Westra Eddie Ueckerman 082 804 7545
Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531
Vleisbedrywe Alex Cilliers 082 808 3063
Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121
Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383
Finansies en Stelsels Andri Bezuidenhout 071 686 8844
Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547
Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163
Bemarkingskantoor: Oos-Kaap Wikkie Burger 079 519 1630
Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656
Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710
Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778
Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103
Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995
Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190
8
Missie en Visie
Bestaansrede
Om as agri-besigheid volhoubare welvaart binne die voedselvoorsieningsketting te skep vir deelnemende belanghebbendes.
Visie
Om die agri-leier in die voedselwaardeketting te wees.
Missie
Ons genereer markgerigte besigheidsoplossings in agrien voedselvoorsiening op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur: � innovasie; � dinamiese leierskap; � energieke uitvoering en � eienaarskap gerugsteun deur gevestigde en nuwe handelsmerke.
GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.
Waardesisteem
Ons optrede word gerig deur: � spanwerk; � integriteit; � menswaardigheid; � deursigtigheid; � toegewydheid; � verantwoordbaarheid; � aanpasbaarheid en � kliëntegerigtheid.
De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445
www.gwk.co.za
10
Aktueel
Carien Grobler
GWK-direkteur is nasionale beesprodusent van die jaar
M
nr. Hennie Coetzee (GWK-direkteur) van Prieska is onlangs as die nasionale beesprodusent vir 2013 aangewys. Die kompetisie vir hierdie gesogte toekenning word jaarliks gehou met Voermol as hoofborg en koördineerder van die kompetisie. Verskeie ander instansies en belanghebbendes in die landbou tree ook as borge van die kompetisie op. Die beoordelaars vir 2013 se kompetisie was proff. Johan Greyling en Hennie Snyman van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se departement Vee-, Wild- en Weidingkunde en mnr. Hendrik van Pletzen van Voermol. Coetzee, `n Bonsmara-produsent van die plaas Lowerland naby Prieska, se boerdery is deur die beoordelaars as besonder gediversifiseerd beskryf. Die boerdery, met die leuse Art, Science and Philosophy, bestaan uit akkerbougewasse soos mielies, koring, aartappels, uie, katoen, grondbone, droëbone en lusern onder be-
Mnr. Hennie Coetzee (nasionale beesprodusent van die jaar en GWK-direkteur) en sy seun Bertie, wat onlangs by die boerdery aangesluit het om te help met die bemarking van die boerdery, die stoetery en wynmaak. Foto’s: Bertie Theron
Coetzee en proff. Johan Greyling (links) en Hennie Snyman (regs) van die Universiteit van die Vrystaat. Greyling en Snyman het saam met mnr. Hendrik van Pletzen van Voermol as beoordelaars van die Nasionale skaap- en beesprodusent van die jaar opgetree. Foto: Verskaf sproeiing, terwyl edel-wyndryfkultivars soos Cabernet Sauvignon, Merlot, Petit Verdot, Shiraz en Viognier sedert 2001 verbou word. Pekanneutbome is ook intussen op die plaas aangeplant. Sedert 2003 het die beesboerdery `n toenemend groter rol in die boerdery begin speel en is akkerbougewasse afgeskaal en met aangeplante weiding vervang. Prieska- en Niekerkshoop is tradisioneel skaapwêreld. Die Coetzee`s se voorgeslagte het met Merino`s, Karakoele en later Dorpers geboer. In die jare 90 is beeste ingebring en
vandag word feitlik al die weiveld deur beeste benut. Coetzee vertel dat hy altyd `n liefde vir hoëgehalte-, produktiewe en aanskoulike beeste gehad het en gevolglik is Hencoe Bonsmaras in 2005 geregistreer. Natuurlike veldweiding beslaan 97% van die totale plaasoppervlakte. Die langtermyn gemiddelde reënval is 250 mm per jaar en die weidingkapasiteit vir die omgewing is 18 ha per grootvee-eenheid (GVE). Met behulp van `n weidingkundige konsultant is `n veldbestuurstelsel ontwikkel waar die een helfte van die 11
Bo en inlas: Coetzee verbou sedert 2001 edel-wyndryfkultivars soos Cabernet Sauvignon, Merlot, Petit Verdot, Shiraz en Viognier. veld die hele jaar rus en die ander helfte bewei word. Die gevolg van lang rusperiodes is dat klimaksgrasse oor die laaste aantal jare aansienlik toegeneem het en op die oomblik is die veelading 15,75 ha per GVE. Swarthaak kom toenemend in die gebied voor, maar met effektiewe bestuursmaatreëls is hierdie indringerprobleem in `n groot mate op Coetzee se plase uitgeskakel. Die besproeide weiding bestaan uit eenjarige hawer, rog en wieke in die winter en eenjarige bastervoersorghum in die somer, asook mielie-oesreste en meerjarige langswenk- en kropaargras. Die besproeide weiding word vir kort tydperke strategies in die voervloeibeplanning gebruik. Dit vind plaas wanneer koeie en verse kalf en diere afgerond moet word vir die jaarlikse produksieveiling. Byvoeding en lekke word selektief en strategies aangewend om aan te pas 12
by die soort weiding en produksiestadium van die diere. Twee kalfseisoene per jaar word toegepas en koeie kalf vanaf 1 Maart en 1 September. Waar die teelseisoen aanvanklik 90 dae was, word dit nou tot 75 dae verkort. Verse word op 18 maande gedek met `n teikengewig van 320 tot 350 kg. Die teeldoelwit is om produktiewe, aanskoulike, vrugbare, aanpasbare en funksioneel doeltreffende beeste te teel. Wat vrugbaarheid betref, is die mikpunt `n gemiddelde tussenkalfperiode van minder as 380 dae, `n ge-
middelde ouderdom met eerste kalf van minder as 28 maande en `n gemiddelde reproduksie-indeks van meer as 110. Wat produktiwiteit betref is die mikpunte `n speengewigverhouding van kalf tot koei van meer as 50 %, `n geboortegewig-verhouding van tussen 6 en 8 %, `n lae voeromsetverhouding en `n hoë gemiddelde daaglikse toename van twee maal hoër as die rasgemiddelde. Vir funksioneel doeltreffende beeste is langslewendheid `n vereiste. Koeie moet tien kalwers in twaalf jaar speen. Daarby is kalwingsgemak,
Coetzee se diverse boerdery bestaan uit akkerbougewasse soos mielies, koring, aartappels, uie, katoen, grondbone, droëbone en lusern onder besproeiing
’n Nuwe jaar bring nuwe geleenthede ’n Nuwe jaar is sinoniem met nuwe geleenthede, maar dis ook ’n tyd om te reflekteer en terug te kyk op die mylpale wat jy behaal het. Wanneer dit by finansiële beplanning kom, is dit belangrik om voort te bou op ’n stewige fondasie. Ek sien daarna uit om elke geleentheid aan te gryp, om dit te assesseer en seker te maak dat
Sanlam CI5002RS1807BPA
dit in elke van my individuele kliënte se doelwitte pas. Ek hoop dat ons in 2014 saam nuwe hoogtes sal bereik.
Maryke van Niekerk
Hennie Faber
Finansiële Adviseur
Finansiële Adviseur
053 830 1306 079 529 5658
maryke@sanlam4u.co.za
www.sanlam.co.za
GELISENSIEERDE VERSKAFFER VAN FINANSIËLE DIENSTE
053 298 2017 082 922 6676
henniefaber@sanlam4u.co.za
Anelle Bester
Frans Fouche
Finansiële Adviseur
Finansiële Adviseur
anelleb@sanlam4u.co.za
fransfouche@sanlam4u.co.za
053 573 0011 072 551 7196
053 861 1053 082 456 0472
“Die vermoë van `n dier om deurlopend goeie kondisie te behou is belangriker as oormatige bespiering.” `n goeie temperament, goeie kloue, uiers, skrotum, skede, kop, bek en stertaanhegting absolute vereistes. Aanpasbaarheid word bewerkstellig met die blootstelling van kalwers, terwyl hulle soog, aan `n verskeidenheid voedingstoestande saam met hul moeders. Bulkalwers moet, nadat hulle `n semi-intensiewe fase D-groeitoets geslaag het en aan `n strawwe keuring van die Bonsmara-stelsel onderwerp is, strawwe veldtoestande in `n ongenaakbare en harde wêreld kan oorleef voordat hulle op `n veiling aangebied kan word. Wat aanskoulikheid betref, is die uitgangspunt dat bouvorm ekonomies belangrike eienskappe en veral produksie- en reproduksieteelwaardes moet komplementeer.
Die vermoë van `n dier om deurlopend goeie kondisie te behou is belangriker as oormatige bespiering. Vir die kommersiële beesprodusent is die kilogram vleis geproduseer per teelkoei of die kilogram vleis geproduseer per hektaar van die allergrootste belang. Gehalte en ras speel `n al hoe groter rol in die prysbepaling en die effek daarvan op wins per hektaar raak al hoe groter. Voorkomende siektebeheer word gedoen deur die beeste jaarliks teen lamsiekte, miltsiekte, sponssiekte, Pasteurella en beesvirusdiaree in te ent. Afhangend van die seisoen en weersomstandighede, word beeste teen slenkdalkoors en droëgalsiekte of anaplasmose geënt. Verse word gespuit teen besmetlike
misgeboorte, ensoötiese aborsie en campylobacter. Beeste word gereeld met Multimin en vitamien A gespuit, veral voor dekseisoene en kalfseisoene. Bemarking is `n ekonomiese wetenskap en om toegang tot alle bemarkingskanale te kan verkry, dit te behou en uit te brei, word 5 % van die begrote omset van die jaarlikse produksieveiling vir bemarking begroot.
Met dank aan proff. Johan Greyling en Hennie Snyman van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se departement Vee-, Wild- en Weidingkunde en mnr. Hendrik van Pletzen van Voermol vir die in diepte inligting oor die boerdery.
Nasionale beesprodusent van die jaar GWK is trots om een van ons direkteure geluk te wens met hierdie uitsonderlike prestasie.
www.gwk.co.za
innoveer landbou
Rietrivier 28 Februarie - 1 Maart
In samewerking met
e i d t e M
a n F t a s s l t e ie s w u e H
Vrydag 28 Februarie 2014:
(Toegang sluit Die Heuwels Fantasties in)
14h00 – Energie Ekspo op terrein 14h00 – Stalletjies open 17h00 – Biertuin open 18h00 – Landboudal Wildveiling 20h00 – Opening acts (Oros in `n lang glas en vele meer) 21h00 – Heuwels Fantasties
Toegang (Vrydag): R100 per persoon
Saterdag 1 Maart 2014: 08h00 – Manne ontbyt 08h00 – Stalletjies open 09h00 – Kindervermaak begin 10h00 – Gholf afslaan 10h00 – Damesprogram (“High Tea”) 12h00 – Idols 12h00 – Potjiekoskompetisie begin 18h00 – Prysuitdelings 18h00 – Beoordeling van potjiekos 19h30 – Dans
Toegang (Saterdag): Volwassenes - R50 Kinders bo tien jaar - R30
www.gwk.co.za
Skakel Cindy Janse van Rensburg by 083 797 4565 vir navrae oor die ekspo.
depositphotos
Ons Besigheid
Wat aandeelhouers moet weet
Dís nuus in die GWK-groep
W
masie met OVK. elkom by hierdie maand � Die GWK-direksie het sekere veedroogtehulp-pakkette aan se aflewering van ons ruGWK-aandeelhouers goedgebriek waarin ons graag die jongste nuus uit GWK aan ons keur. Van die pakkette sluit die konsolidasie van GWK-veeproaandeelhouers deurgee. duksierekeninge en die herstruk� PwC het die waardasieproses voltuering van bestaande huurkooptooi en die volgende stap in die paaiemente in. Skakel gerus u GWK/OVK-amalgamasiegesprek is `n ontmoeting met PwC op plaaslike kredietbestuurder vir meer besonderhede. 17 Februarie waarna die twee maatskappye dit met mekaar sal � GWK se direksie het besluit dat GWK se graan-stoorkapasiteit bespreek en `n analise oor die moontlike voor- en nadele van op Modderrivier met 30 000 ton amalgamasie sal doen. uitgebrei word. Beplanning vir die projek is reeds aan die gang. � Die Direksie het besluit om `n � Die GWK-besproeiingswinkel Besturende Direkteur op `n perhet in November 2013 geopen manente basis vir `n tydperk van drie jaar aan te stel. Die kontrak en bied `n eenstop, uitgebreide diens om aan al u besproeimet die suksesvolle kandidaat sal ingsbehoeftes te voldoen. Uiters onderworpe wees daaraan dat positiewe terugvoer is reeds van die pos vakant sal raak indien voortgegaan word met amalgaons kliënte oor die winkel ont16
�
�
�
�
vang en ons is baie opgewonde oor hierdie innoverende konsep wat deur GWK ontwikkel is. Goedkeuring is verleen dat `n pekanneut-sorteringsaanleg deur GWK opgerig word en beplanning in hierdie verband is reeds gevorderd. Vanweë die wesenlike groei in GWK se besigheid in die Hartswater/Taung/Magogong-gebied, gaan `n kredietbestuurder en kredietklerk vir die omgewing aangestel word. Dit sal bydra om die hoë diensvlakke tot voordeel van ons kliënte te handhaaf. Die opgradering van die Vaalrivier-diensstasie op Douglas is voltooi en ons is vol vertroue dat die opgradering `n beter koopervaring vir ons klante sal bied. Die opgradering van die rybaan en kiosk op Prieska is ook begin.
18
Presisieboerdery en Produksienavorsing
Dup Haarhoff Uitvoerende Bestuurder: Presisieboerdery en Produksienavorsing
GWK Produksienavorsing en Presisieboerdery presteer
M
et hierdie artikel gee ons graag aan ons aandeelhouers `n kykie na die afgelope jaar se werksaamhede van die Presisieboerdery- en Produksienavorsingspan ten opsigte van optredes. Hoewel hierdie optredes belangrik is om inligting aan ons kliĂŤnte deur te gee, maak dit egter `n klein gedeelte van hierdie span se werk uit. `n Groot aantal landboukundige en grondkundige artikels is in 2013 ter ondersteuning van ons optredes in Kommuniek gepubliseer. Ons bedien ook op die oomblik 53 produsente met presisieboerdery- en 117 produsente met skeduleringsdienste. Die vraag na hierdie dienste groei toenemend. As `n mens hierby die groot aantal Demonstrasies tydens proewe voeg wat die span op verdie bewerkingsdag op skeie vlakke van intensiteit doen, kan Jacobsdal. ons met reg trots wees. Optredes: Kongresse en simposiums Die span het die afgelope jaar die voorreg gehad om op uitnodiging by
Links en onder regs: Produsente kyk na `n demonstrasie tydens `n groentoer wat die afgelope jaar in Douglas aangebied is. Foto: Tania Fourie 19
verskeie geleenthede op te tree. Die feit dat ons uitgenooi is, sê iets van die erkenning wat verskeie instansies gee aan die werk wat binne GWK ten opsigte van presisieboerdery gedoen word. � SA Geo Kongres in Fort Hare – Remote sensing as a tool for precision farming under irrigation in the Northern Cape. � SABI (Suid Afrikaanse Besproeiingsinstituut) Kongres in Parys – Irrigation scheduling as part of precision farming in the GWK area. � UP – `n praktiese klas in Pretoria – The GWK approach to precision farming, basic principals of irrigation scheduling, tillage practices in the Northern Cape. � SASRI (South African Sugar Research Institute) in Durban GWK: Precision farming (A holistic approach on irrigation farming making use of technology). Optredes: Skole � Landboudal – Jaarlikse grondkunde praktiese sessie op die proefplaas. � Landboudal opedag – Bewerkingsdag. � De Aar skool opedag – Die landboukundige beroep (voorligting sessie). Optredes: Boeredae � Bewerkingsdae – Hopetown, Luckhoff, Jacobsdal en Groblershoop. � Groentoere: Twee groentoere is in die Douglas-omgewing gebied. Werksessies � Biologiese dag – Douglas � Skeduleringswerksessies – Douglas, Vaalharts en Modderrivier. � Presisieboerdery-werksessie met Internasionale span en universiteite – Douglas. � Bewerkingswerksessie met grondkundige van Texas (Orthman) – Douglas. 20
Die proefstopertjie wat gebruik word om proewe te stroop. Boereverenigings Verskeie boereverenigings is toegespreek oor gewasverbouingspraktyke, bewerking en waterskedulering. Studiegroepe Studiegroepe van VKB, Ottosdal- en Sonop-boereverenigings is by GWK oor presisieboerdery toegespreek. Hierdie besoekers was almal baie beïndruk met wat GWK t.o.v. presisieboerdery aan sy produsente bied. Waternavorsingskommisie (WNK) GWK dien op twee projekte, naamlik: � The methodology to monitor the status of water logging and salt affected soils on selected irrigation schemes in South Africa. � Water use efficiency of irrigated
Agricultural Crops determined with satellite imagery. Die voordeel van optredes Deur ons nasionale optredes het ons oor die jare heen geweldige goeie netwerke opgebou met universiteite, die Landbou Navorsingsraad (LNR), Waternavorsingskommissie, ander agri-besighede en verskeie tersiêre instellings. Plaaslik is dit vir ons uiters belangrik dat die toekomstige produsente (skoliere) opgelei word en solank aan GWK se werkswyse blootgestel word. Boeredae en werksessies slyp landboukundiges sowel as produsente om sodoende dié doelwit te bereik: Optimale opbrengste op `n volhoubare manier deur van innoverende oplossings gebruik te maak wat deur tegnologie gesteun word.
GWK Presisieboerdery bied verskeie dienste aan
die produsent. Dit sluit `n verskeidenheid presisieboerderypakkette en besproeiingskedulering in. Inligting soos satellietbeelde van produsente se plase word in GWK se Graan Inligting Stelsel (GIS) gestoor. Die besigheid bied ook verskeie ander landboukundige dienste aan om ons produsente se oeste te optimaliseer. Kundigheid en `n netwerk van landbouwetenskaplikes oor die land heen, maak dié besigheid uniek in die industrie.
Van plant tot die kos op jou bord is GWK elke tree daar vir jou . . .
Al
m
le
eN
Nu w e
AN
on tw
AA t
ik ke li d ng
GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.
De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445
www.gwk.co.za
Magersfontein Memorial Gholf Landgoed
Jou “putt” na ‘n alles-in-een Leefstyl Fietsry | Gholf | Roei | Visvang | Spa | Restaurant
the ViLLaGe boetiek behuisinG Vanaf R999 000 Gesels met Doreen 082 452 1594
depositphotos
22
Presisieboerdery André Prins Bestuurder: Navorsing en Tegniese dienste
Lusern – 30 ton / hektaar / jaar
W
Kultivarkeuse hoefte kan in warm klimaatstoestande insgewende lusernproLusernkultivars verskil na aanleiding tot 13 mm per dag styg. duksie is nou gekoppel van hulle vermoë om deur die winDie lusernplant gebruik gemiddeld aan hoë opbrengste. ter te produseer. Hierdie eienskap tussen 75 en 100 mm water vir die Die insetkoste vir `n opbrengs van word as die kultivar se dormansieklas produksie van een ton droë mate30 ton/ha is ietwat hoër as vir 20 weergegee. Kultivars met `n dorman- riaal. Lusern is gevoelig vir versuipton/ha, terwyl ander kostes soos be- sie van vyf tot ses is kultivars wat toestande en dus is die aanbeveling werking konstant bly. In dié artikel, wil semi-dormant is en nie sterk deur die om swaar water te gee met langer ons kortliks kyk na van die belangrik- winter groei nie. Kultivars met `n dor- afdroogperiodes. ste faktore wat nodig is vir `n hoër mansie van nege tot tien kan deur Dit is belangrik om te onthou dat die opbrengspotensiaal. die winter produseer. By die produkplant reeds met hergroei begin voorsie van 30 ton/ha is kultivars met dat dit gesny word. Die plant gebruik Vestiging `n hoë dormansiewaarde nodig sodus steeds water in die tydperk waar `n Groeikragtige, digte stand vorm dat `n snit in April en Augustus gesny daar gebaal word. Dit is dus belandie basis van hoë opbrengste. kan word. Die tyd van sny verskil tus- grik om so vinnig as moontlik die `n Groeikragtige stand word deur sen die kultivars en elke kultivar moet gesnyde lusern en bale te verwyder. faktore soos goed gedreineerde apart geëvalueer word om te verseDie meeste plantvoedingstowwe grond, grond wat diep wortelstelsels ker dat die kultivar op die korrekte word in `n opgeloste vorm saam met ondersteun en grond met `n hoë stadium gesny word. Kultivars moet die water opgeneem. Indien water vrugbaarheid verseker. gesny word as die nuwe groeipunte beperk is, sal opname van voeLusern het `n penwortel, wat 2,5 tot ongeveer 4-5 cm lank is. Indien dit dingstowwe onderdruk word. 4 meter diep in goed gedreineerde te laat gesny word, word die groeigrond kan ontwikkel. punte afgesny en sal hergroei stadiBemesting Dit is belangrik om ploegsole van ger plaasvind. Lusern is `n hoë voeder van die vorige gewasse op te hef deur middel meeste voedingselemente (sien van diep bewerking. Waterbestuur Tabel 1). Hoewel luserngrond goed voorberei Water het `n direkte impak op lumoet word, moet aanplantings op sernproduksie. Waterskedulering Stikstof (N): Lusern is `n peulgewas grond met `n stewige saadbed gemoet by die tyd van die jaar aangeen dus bestaan `n simbiose met skied. pas word. Lusern het gemiddeld 7-8 Rhizobium, wat stikstof uit die grond Die klei-inhoud van die grond speel mm water per dag nodig. Hierdie be- bind. Goed gevestigde Rhizobium `n rol in die saadbed, waar `n optweede blaar, timum plantdiepte van 2,5 cm op eerste blaar, drieblarig eenblarig sandgrond en `n plantdiepte van epikotiel saadlob 1,25 cm op swaarder grond verkies hipokotiel word. Lusern kan in die herfs gevestig word en is met opkoms weerstandig teen koue skade. As die tweede blaar (eerste drievoudige blaar) egter 0-10 dae 10-15 dae 15-30 dae ontwikkel, is die plante baie meer vatbaar vir koue skade (sien figuur Figuur 1. Lusern – saailing-ontwikkeling. Bron: Dodds & Meyer, North Dakota aangeheg). State University, 1984. 23
kan tot 270 kg N/ha bind. Die beste tyd om die Rhizobium te evalueer is agt tot tien weke na vestiging. Daar behoort vyf aktiewe nodules naby die basis van die plant te wees. Aktiewe Rhizobium is sigbaar as nodules wat rooi vertoon as dit oopgesny word. By die produksie van 30 ton/ha lusern kan dit wel nodig wees om op sekere tye deur die loop van die seisoen bykomende stikstof toe te dien. Fosfor (P) en kalium (K): Alle peulplante reageer op die toediening van fosfaat. Die simbiose tussen die plant en Rhizobium word ook deur optimale vlakke van fosfaat in die grond bevoordeel. Lusern benodig groot hoeveelhede fosfaat en kalium en die rol hiervan moet sinergisties gesien word. Genoegsame fosfaat is nodig vir suksesvolle vestiging en goeie wortelontwikkeling, terwyl kalium noodsaaklik is om beter weerstand teen sekere siektes te bied, winteroorlewing te verhoog en ter wille van standhoudendheid, dus verhoogde opbrengs. In studies wat in Kansas, Amerika, uitgevoer is, is gevind dat fosfaatbemesting sonder kaliumbemesting, of by onvoldoende teenwoordigheid van kalium, groter nadelige gevolge op opbrengs en oorlewingsvermoë het as wat aanvanklik gedink is. Lusernopbrengs word deur drie komponente bepaal: die spruit- of uitloopselmassa, aantal stamme per eenheidsoppervlak en die aantal plante per eenheidsoppervlak. In hierdie studie is gevind dat die totale jaarlikse opbrengs toegeneem het met fosfaat- en kaliumbemesting, terwyl dit nie die geval by kaliumbemesting alleen was nie.
Voedingstowwe deur lusern uit die grond onttrek Voedingselemente Onttrekking in droëmateriaal (kg/ton) P 2.7 K 21.0 Ca 13.0 Mg 2.7 S 2.7 B 0.04 Mn 0.05 Fe 0.15 Zn 0.02 Cu 0.0045 Mo 0.00009 Tabel 1. Mikroëlemente: Plante gebruik mikroëlemente in klein hoeveelhede. `n Tekort aan enige noodsaaklike element sal `n plant se groei belemmer. Die belangrikste mikroëlemente by lusern is molibdeen (Mo), kobalt (Ko), boor (B) en sink (Zn). Molibdeen en kobalt is betrokke by die omsetting en binding van stikstof deur die plant. Boor is betrokke by proteïensintese, terwyl sink belangrik is by die opname van voedingstowwe soos fosfaat.
Die GWK Kostegids gee `n riglyn vir die produksie van 20 ton lusern per hektaar. Die totale insetkoste by lusern ouer as een jaar beloop R21 352 per jaar. By die opbrengs en `n lusernprys van R1 950, sal `n brutowins van R18 169 behaal word. Indien die insette aangepas word vir 30 ton lusern/ha, sal die insetkoste toeneem tot R27 428/ha en sal `n brutowins van R31 641 behaal word. Insetkoste van lusern neem dus met R6 076/ha toe, maar die brutowins verhoog met Algemene bemestingsaanbeveling R13 472/ha. Daar is dus `n rendeOndersoek is ingestel na praktyke ment van R2,21 op elke rand wat van produsente wat reeds hoë opbykomend spandeer is. brengste deur die jaar kry. Die voordeel van die huidige pryse Een van die groot faktore is goeie moet egter in heroorweging geneem waterbestuur met tussen 150 en 200 word indien die pryse van lusern sou mm water per snit, wat in besproeidaal. Met die huidige insetkoste kan ings van ongeveer 25-35 mm/bepryse tot R1 136/ton droë materiaal sproeiing toegedien word. daal voordat die hoër opbrengs onBemesting word gereeld gedoen en ekonomies raak. die beste reaksie word verkry waar fosfaat en kalium na elke snit toege- Samevatting dien word. In totaal word tussen 90 As goeie bestuurspraktyke aan die en 120 kg P/ha en 120 tot 220 kg dag gelê word, is die moontlikheid K/ha per jaar toegedien. Mikroëlegoed dat 30 ton lusern/ha geprodumente soos sink, boor en molibdeen seer kan word. Sekondêre elemente: Tekorte van word na elke tweede snit toegedien. Om dit te bereik, moet insette versekondêre elemente is gewoonlik hoog word en neem die risiko van skaars, behalwe in die geval van Ekonomie van hoër opbrengste produksie toe. Danksy die huidige swael. Swael is belangrik by proteïen- Een van die grootste oorwegings vir lusernpryse kan goeie winste behaal sintese en by noodsaaklike aminohoër opbrengste is die ekonomiese word, maar as pryse daal, moet die sure. voordeel wat beter opbrengste inhou. opsie in heroorweging geneem word. 24
Lone
Regstelling in minimum loon vir plaaswerkers gemaak
D
ie minimum loon vir plaaswerkers verhoog op 1 Maart 2014 met 6,4% en nie met 7% soos aanvanklik gekommunikeer nie, het mnr. Hendrik Ackermann (Voorsitter van Agri SA se Arbeid- en Sosiaal-maatskaplike Beleidskomitee) gesê. Die departement van arbeid het verlede week inligting bekend gemaak oor die verhoging van die minimum loon vir plaaswerkers wat op 1 Maart 2014 in werking tree. `n Fout het met die aankondiging ingesluip deurdat
die departement van arbeid die verkeerde kwintiel van die November 2013-Verbruikersprysindeks (VPI) gebruik het om verhoging op die loon vir plaaswerkers te bereken. Nadat Agri SA hierdie probleem met die departement opgevolg het, is die fout reggestel. “Die maandelikse minimum loon vir plaaswerkers verhoog dus van R2 274,82 na R2 420,41, die weeklikse loon van R525 na R558,60 en die daaglikse loon van R105 na R111,72 vir `n negeuur-werksdag. Die uurlikse loon sal van R11,66 na
R12,41 verhoog word. “Werkgewers word versoek om die veranderings in lone aan hul werkers te kommunikeer en verhogings op 1 Maart 2014 te implementeer,” sê Ackermann. In die geval waar werkgewers nie die verhoging kan bekostig nie, kan werkgewers aansoek doen vir variasie. Werkgewers word versoek om met hul werkers te konsulteer voordat sodanige aansoeke ingedien word. Aansoekvorms is op www.agrisa. co.za/committees/labour-social-welfare beskikbaar.
Presisieboerdery
Gebruik hammerkopskare vir goeie opheffing en deurlugting
D
ie doel van hammerkopskare is om verdigte lae of beperkende lae doeltreffend op te hef, sowel as om deurlugting van die grond te verseker. Hammerkop-skare word by die bestaande skare van die skeurploeg (ripper) aangeheg om die hoek waarteen die skeurploegskaar die grond oopbreek met die minimum weerstand te vergroot. Dit wil sê, hoe platter (nader aan 0°) die skaar deur die grond beweeg, hoe minder weerstand sal dit ervaar, met die gevolg dat minder brandstof gebruik word. Die teenoorgestelde geld natuurlik weer wanneer die hoek groter raak (nader aan 90°). Onder 17° blyk dit dat die implement die grond moeilik penetreer. Vir alle praktiese doeleindes word aanvaar dat 19° as doelwit vir effektiewe bewerking gebruik moet word. Dit verseker balans tussen penetrasie, opbreek van grond, sowel as lae weerstand. Die algemeenste tandimplement wat by produsente aangetref word, is die Super 18/19, Super 25 en Super 32 van Rovic Leers. Die 18 staan vir die lengte van die tande, naamlik 18 duim, terwyl die Super 25 se tande 25 duim lank is. Op die oomblik is daar nie `n groot verskil in die prys tussen die 18 duim- en die 25/32 duim-tande
depositphotos
26
Foto 1.
Foto 2. nie, waarskynlik weens `n vraag/ aanbod-situasie. In so `n geval is dit beter om die
langer tande te koop om sodoende meer vryhoogte tydens bewerking tussen die grond en die balk te ver-
kry en, indien nodig, dieper te kan werk. Die 25 en 32 duim-tande is ook sterker as die Super 18-tande. Die CLG van Keverneland kom ook orals voor. Iets om in gedagte te hou, is die feit dat die CLC-tandimplement van Kerverneland net `n beitelploeg is en dus nie effektief gebruik kan word om verdigting op te hef nie. By nadere ondersoek sal opgemerk word dat die CLC-tand van pypstaal gemaak is, terwyl die CLGtand uit soliede staal bestaan. Die langwerpige skeurploegskare, wat in die handel beskikbaar is, word op die skeurploegtande vasgeheg. Bogenoemde werktuie is sodanig ontwerp dat indien die balk van die implement waterpas is en die spanning op die veerblaaie (bokant die tand) van die tand reg gestel is, sal hierdie langwerpige skare teen `n hoek van ongeveer 31° deur die grond getrek word. Vir die Super 18-tande moet die afstand tussen twee skarnierpunte van die veerblaaie 690 mm (±2 mm) wees. Daar is `n ¾ duim-bout bo op die agterkant van die tand om die afstand te stel. As vertrekpunt is dit belangrik om te kyk of die hoek waarteen die langwerpige skare die grond penetreer almal ongeveer dieselfde is. Normaalweg is die tande van hierdie werktuie 450 mm uitmekaar gespasieer. Sommige produsente skuif die tande nader aan mekaar. Vir doeltreffende bewerking met die hammerkoppe moet die punte van die hammerkoppe 150 mm van mekaar wees as die implement van agter of voor bekyk word. Die lengte van die hammerkoppe kan ooreenkomstig die spasiëring van die tande verander word. Aanvanklik kan die lengte van die hammerkoppe verkort word om die beskikbare kilowatts en die ver-
langde diepte bymekaar uit te bring. Die staal wat in Foto 1 en 2 vir die hammerkoppe gebruik is, word Radex 133 (breedte in mm) genoem. Hammerkoppe kan op twee ma-
niere aan die skeurploegskare geheg word. Foto 1 en 2 is volgens die landbouingenieur die regte manier. Sommige produsete is geneig om die hammerkop-skaar op die skeurploegtand vas te sit.
Foto 3.
Foto 4. 27
GWK Nuus GWK MEGANISASIE SKENK GRASSNYER AAN JEUGKAMP
GWK Meganisasie het onlangs `n grassnyer aan die Soon le Roux Jeugkamp naby Prieska geskenk. Dié John Deere D105 Ride On-grassnyer het `n 13 kW-masjien, 1,07 m snywydte en `n snyhoogte van 15-100 mm. Hier is mnre. Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel), Ottie Naude en Orffer Müller namens die Jeugkamp, George Wheeler (Verkoopsbestuurder: Meganisasie) en Johan Kruger (Uitvoerende Bestuurder: Meganisasie en Ingenieurswerke) by die oorhandiging van die grassnyer. Foto: Bertie Theron.
UNIEKE IMPLEMENT AAN PUBLIEK GEDEMONSTREER
G
root opwinding het onlangs naby Douglas geheers waar die John Deere/Orthman XDR* kombinasie-planter aan die publiek gedemonstreer is. Dié unieke implement is die produk van plaaslike innovering deur GWK Meganisasie wat die behoefte onder produsente geïdentifiseer het om gelyktydig die grond voor te berei en te plant (no-till aanplanting). Na aanleiding hiervan is die XDR* kombinasie-planter in samewerking met John Deere en Orthman in Amerika ontwikkel. 28
Mnre. Rod Haarberg (vise-president van Orthman Amerika), George Wheeler (Verkoopsbestuurder: Meganisasie), Rudi Kemp (Bedryfshoof: Sentrale Bedinging Meganisasie) en Lafras Cronjé (Strategiese Bemarkingsbestuurder van John Deere in Sub-Sahara Afrika) by die bekendstelling. Foto: Tania Fourie
Ons mense
Kiekies
Wenner Ockert Struwig van Douglas
Tema vir Feb.
Mense Foto’s van mense vertel `n storie . . .
32
Maandelikse pryse 1ste R500 kontant
Pret op die plaas Vir die jongspan
Omkring die een wat nie pas nie . . .
34
depositphotos
Leefstyl
Carien Grobler
Hanteer intense irritasies . . . Irriterende mense veroorsaak dat `n mens stres ervaar en onnodige energie mors deur kwaad te word. Jy kan hulle egter nie uit jou lewe sny nie, maar jy kán die situasie bestuur.
eers begin gesels, wil ek my hare uit my kop trek! “Ons werk in `n oopplan kantoor en ons lessenaars word slegs deur afskortings van mekaar geskei. Sy bespreek egter haar persoonlike lewe kliphard oor die foon. “Verlede week het sy selfs alles oorvertel wat tussen haar en haar man in `n sessie by `n huweliksberader gek visualiseer gereeld hoe ek beur het!” my kollega se selfoon teen `n Jane, `n sub-redakteur by `n dagmuur stukkend gooi. “Haar luitoon is genoeg om `n mens blad, moet soos miljoene ander mense elke dag hul irritasies met anoor die afgrond te dryf, maar as sy
E
36
der mense verwerk. Irriterende mense en situasies veroorsaak dat `n mens stres ervaar en onnodige energie mors deur kwaad te word. Hoewel `n mens nie `n irriterende kollega, buurvrou of ouer in jou kind se klas heeltemal uit jou lewe kan uitsny nie, kan jy die situasie bestuur. Wat `n ergernis! Dit is nie altyd maklik om op jou tong te byt en jou ergernis met iemand anders weg te steek nie. `n Mens hoef egter nie in die stillig-
heid jou polse af te kou nie. Hier is raad om vyf irriterende persoonlikhede te hanteer:
Die skinderbek. Sy weet alles van almal – of so dink sy. Sy druk voortdurend haar neus in ander se sake en dra `n storie oor ongeag of sy oor die korrekte inligting beskik. Nie net is dit irriterend nie, maar kan jou ook by die werk in `n moeilike posisie plaas. Om só iemand kort te knip, sê bloot: “Kom ons roep vir Helen en hoor haar kant van die saak.”
Die egoïs. Sy stel nie werklik belang in enigiemand anders nie en stuur enige gesprek terug na haarself. Hou dus op om haar uit te vra en op haar aanmerkings te reageer. Glimlag beleefd en handel die sake af wat julle moet bespreek. Daarna kan jy die Intense irritasie gesprek kortknip en sê jy het `n ander Een van die beste maniere om jou afspraak. stresvlakke te verlaag, is om onnodige stres uit jou verhoudings te verwyDie vroetelvraat. der. Irriterende mense waarmee `n Sy is geneig om te familiêr te raak mens noodgedwonge verhoudings en goedsmoeds drukkies uit te deel. móét hê, dra in `n groot mate tot Wanneer jy met haar gesels, vryf sy hierdie stres by. jou arm of raak aan die halssnoer om Hier is tien sleutels om irriterende jou nek. mense te hanteer: Haar persoonlike ruimte is baie klein en sy respekteer nie ander mense met Neem beheer. groter persoonlike ruimtes nie. Die eerste stap om irriterende mense Hoewel dit heeltemal aanvaarbaar is te hanteer, is om te bepaal wat preom beleefd te noem dat jy nie daarsies die irritasie prikkel. `n Mens raak van hou nie, mag dit ongemakliknie bloot geïrriteerd nie, maar word heid veroorsaak. Skep daarom `n deur iets spesifiek geprikkel. hindernis tussen julle! As jy met haar Dit is moontlik die persoon se manier moet praat, hou `n koppie koffie vas van praat, manier van doen of uitkyk of sorg dat daar `n lessenaar tussen tot spesifieke dinge. Dit mag ook julle is. wees dat `n gewoonte jou irriteer, soos `n roker wat onbedagsaam Die kompeteerder. teenoor nie-rokers optree. Sy beskou alles as `n kompetisie en Wanneer jy die oorsprong van jou irhou daarvan om te spog met haar ritasie identifiseer, sal jy waarskynlik besittings, prestasies en gesin. Sy besef dat een negatiewe punt jou siedoen dit waarskynlik omdat sy heim- ning van iemand anders oorskadu. lik na erkenning soek, maar intussen veroorsaak sy groot irritasie. Spring hulle voor. Moenie met haar in `n kompetisie In Stephen Covey se topverkoper The betrokke raak nie. As jy iets verseven habits of highly effective peotel en sy jou in die rede val met haar ple, skryf hy: “Tree op, of iemand an“beter” storie, sê slegs “O, dis lekders sal teenoor jou optree.” ker,” en laat die gesprek eindig. `n Mens moet ook in jou verhoudings inisiatief neem. Neem dus Die deler. stappe om grense te stel en tree Sy deel alles – van haar sekslewe tot daarvolgens op. Moenie op iemand haar besoeke aan die dokter! As sy anders se gedrag reageer nie, maar iets sê wat jou ongemaklik laat voel, tree op voordat dit nodig is. sê vriendelik: “Ek sal dit nie eers met `n Kollega wat jou met irriterende my beste vriendin bespreek nie,” en praatjies verpes, kan vinnig in die bek stap weg. geruk word. Moenie wag totdat só
iemand na jou toe kom nie. Neem eerder vroegmôre die eerste stap en sê iets soos: “Ek het net vinnig kom hoor hoe dit gaan. My dag gaan baie besig wees.” Luister dan `n kort rukkie en verskoon jouself. Onthou dat dit nie jou plig is om `n vriendin vir almal te wees nie. Jy hoef ook nie gunste en gawes aan te dra vir almal wat op jou knoppie druk nie. Behou die regte perspektief. As jy iemand buitengewoon irriterend vind, is die kans goed dat die gevoel wederkerig is. Wanneer jy dus tyd moet deurbring in die geselskap van iemand wat jou irriteer, sal dit help om te onthou dat die ander persoon waarskynlik in dieselfde situasie verkeer. Bly kalm. Wanneer iemand `n mens verkeerd opvryf, is dit maklik om jou humeur te verloor. Moet egter nie kwaad word en begin klippe gooi nie. Verhinder jouself daarvan deur te onthou dat onnodige debatte veroorsaak dat jy meer tyd in die persoon se geselskap moet deurbring. `n Argument gaan waarskynlik geen verskil aan die situasie maak nie en slegs jou stresvlakke verhoog. Argumenteer eerder met mense wat in jou oë geldige argumente aanvoer en wie se sienings jy respekteer. Beveg vuur met water. Om jou humeur te verloor in `n gesprek met iemand wat jou reeds irriteer, sal slegs die situasie vererger. Hoewel dit moeilik is, is die beste oplossing om stil te bly wanneer `n irriterende persoon op die oorlogspad is. Laat hom of haar toe om stoom af te blaas en vra dan of julle die kwessie op `n ander tyd kalm kan bespreek. Gaan dan aan met jou eie dinge. Indien jou antwoord nie die gewenste uitwerking het nie, herhaal dit. Dit is `n manier om grense te stel oor die manier waarop jy bereid is om konfrontasie te hanteer. 37
Gesondheid Carien Grobler
Op `n gesonde nuwe jaar! Die meeste mense se Nuwejaarsvoornemens sluit hul gesondheid in. Hoewel hierdie voornemens waarskynlik teen hierdie tyd reeds `n paar keer in die hek geduik het, is dit makliker as wat `n mens dink om meer gesond te leef. Ons het `n paar topwenke saamgestel om jou hierdie jaar daarmee te help. Hou jou gees gesond BeĂŤindig verhoudings wat nie meer vir jou werk nie, dit vergiftig jou van binne. Jy mis dalk geleenthede om nuwe vriendskappe te smee terwyl jy in `n betekenislose groef sit.
Lag en huil gereeld `n Behoorlike tranedal is goed vir jou, sĂŞ wetenskaplikes. So ook is `n goeie lagbui, wat kan help om ons liggame sowel as ons harte heel te maak. Japanse navorsers het bevind dat lag die liggaam help om `n gesonde immuunstelsel te bou en allergiese reaksies teen te werk.
Gooi vir jou `n glasie `n Glas rooiwyn per dag is goed vir jou! Verskeie studies het dit al bevind, maar onlangse navorsing wys dat die anti-oksidante wat in rooiwyn, olywe en groentee voorkom, kan help om `n mens teen borskanker te beskerm. Die rede hiervoor is dat dit die negatiewe invloed van karsinogene soos passiewe sigaretrook teenwerk.
Sny die suiker Miljoene Suid-Afrikaners ly aan tipe 2 diabetes en die syfers styg daagliks met nuwe lyers wat al hoe jonger word. Wees daarom versigtig vir suiker en maak ook gereeld seker dat jou bloeddruk en cholesterol binne gesonde vlakke val. Wees ook bedag op versteekte suikers deur voedseletikette te lees. Hoe warmer, hoe beter Warm kos met rissies of rooipeper veroorsaak dat `n mens endorfiene, ons natuurlike goedvoel-hormone, afskei. Hierdie hormone het `n kragtige invloed en is ook die rede waarom `n mens goed voel nadat jy geoefen het. Wees egter versigtig om nie te veel te eet van die vetterige skaap- en varkvleis wat dikwels saam met warm speserye gebruik word nie. 38
Eet meer . . . vir minder stres Lae bloedsuiker kan `n mens gespanne laat voel. Eet gereelde, klein en gesonde etes propvol groente, vrugte en neute. Onverfynde koolhidrate help met die produksie van serotonien, wat `n mens goed laat voel. Verskeie kruietees kan ook help wanneer `n mens se senuwees aan skerwe is!
Resep
Biltongslaai met botterskorsie Resep 1 botterskorsie, in blokkies gesny 1 pakkie spek, opgesny 1 ring fetakaas slaaisous van eie keuse knoffelsout na smaak sout en peper na smaak vars pietersielie pasta van eie keuse, al dente gekook 1 koppie parmasankaas 1 koppie biltong, dun gesny
Metode � Rooster die botterskorsie in `n oondpan tot gaar en goudbruin. � Voeg die botterskorsie en biltong by die pasta. � Braai die spek en voeg ook by die pasta. � Breek die fetakaas fyn oor die pasta, biltong en spek. � Meng die knoffelsout en sout en peper met die mengsel. � Voeg slaaisous by totdat al die bestanddele klam is en meng goed. � Gooi parmasankaas bo-oor. � Garneer met vars pietersielie. � Sit voor met vars brood.
39
Agterblad
Uit Piet se pen . . .
Giel se bottel loop oor . . .
O
ujaarsoggend vroeg bel Giel. Sy sonpomp het gister gebreek en Nuwejaar 2014 moet hy op Petrusville wees. Hy klink benoud. Ek sê bring hom gou dan kyk ons. Stiptelik om 09:00 stop die beige 1989 Toyota Hilux voor die stoor. Giel sê hy sou al vroeër hier gewees het as hulle hom nie by die petrolpomp opgehou het nie. “Jy weet daar is mos gedurig een wat my bakkie wil koop. Die bakkie is nie te koop nie en buitendien wil almal hom mos verniet hê. Met hom gaan ek graf toe.” Giel verduidelik presies wat is fout met die pomp. “Jong, hierdie pomp werk blerrie hard” (Klink amper of die pomp tot in Hopetown moet water gooi.) Hy toets die pomp elke dag met `n 2 l-Orosbottel. Met die son op volsterkte moet die pomp hom binne `n minuut volgooi. Hy het die Orosbottel al bitter lank. As sy gedagtes reg is, kom die bottel nog van sy oorlede ma af. Nietemin, gister kon die bottel nie volkom nie. Ek spring aan die werk en Giel maak hom op `n Eskom-kabeltol tuis. Ons gesels lekker. Giel gaan haal die stories ver. Hy vertel hoe hulle as kinders in die rivier geswem het en waarvan die eerste besproeiing by Niekerkshoop ontstaan het. Hy vertel hoe oom Coenie Coetzee jare terug, op die nou bekende Lowerland, begin besproei het. Die tannie het glo op Niekerkshoop skoolgehou. Dit was nie maklike tye nie. Hy en sy broer Hennie het dikwels sommer deur die rivier geswem en by oom Coenie gaan kuier. Menigmaal het hulle oom Coenie moedeloos by die ou diesel40
enjin gekry wat water uit die rivier gepomp het. “Jong, deesdae gaan dit darem heelwat makliker,” verseker hy my. Giel staan benoud nader toe die pomp in stukke op die tafel lê. “Jy moenie aanja nie, maan hy. Daai pomp is blerrie duur.” Die TV-program Boer soek `n vrou kom later ter sprake. Giel sê hy het elke program intens gevolg. Hy ken selfs almal op die naam. Ai, hy is tog so bly ou Jan het liefde gevind. Lyk vir hom die ou is lus vir die ding. Ek stel voor ons skryf hom volgende jaar in. Giel wil niks weet nie. `n Ou vrou is gewoonlik net agter `n man se geld aan, reken hy. Ou Piet Jood wou al so een aan hom afsmeer. Nee, wag eers. Ná `n bietjie oorreding willig Giel tog in. Daar is net een voorwaarde en dit is dat ek hom moet kom help met die briewe se lees. Dit is al wat ek wou hoor. Ons beplan aan ons strategie met die deurlees van die briewe. Ek stel voor ons begin met die foto’s. Giel meen ons moet miskien maar `n bietjie lees ook wat hulle skryf. “Jy weet, dit kan baie ou foto’s wees.” `n Vrou moet nie te dik by hom aankom nie, sy kan liewer hier by hom kom vet word. Kieries is uit en sy moet haar eie ryding hê. Hy wil haar nie wegvat as dinge skeefloop nie, petrol is duur. Sy moet self in die pad kan val. Miskien moet ons tog kyk of daar nie een is wat kan trekker bestuur nie. Hierdie ou waterryery kry hom onder. Die pad is net `n bietjie sleg, so sy sal nie te oud kan wees nie. `n Ou
ekstra vetjie behoort hier nogal handig te pas te kom. Sy trekker se seat is juis baie hard. “Nee wag Piet, netnou neuk sy die Fiat op.” Die trekker het hy nog by die destydse Douglas-koöperasie gekoop. “Spotless, sê ek jou.” Hulle wou R10 000 vir hom hê, maar ek het hulle darem afgestry tot R8 500. `n Mens betaal nie sommer enige prys nie, is sy raad aan my. Jare gelede het hy ook vir hom `n stamperboor aangeskaf. `n Lekker een gekry, maar ai die ou goed bly maar `n gesukkel. Hy is net bang `n vrou kan ook so `n gesukkel afgee. “Moet ons nie maar liewer die hele storie los nie?” wil hy weet. “Nee Gielie, nou druk ons deur,” is my finale aanbeveling. Ek steek `n bietjie voelers uit of ek nie die boormasjien kan koop nie. Giel antwoord nie dadelik nie. Hy dink nou diep. Skuif sy hoedjie reg. Trek sy kortbroek hoog op en staar in die verte. Net miskien moet hy dit tog oorweeg. Die ding staan tog net onder die boom. Sy wiele is al pap. Hy start nie meer met `n sleutel nie en sy brieke is ook nie lekker nie. Ek sal maar met die agterpaaie moet aansukkel na my toe. Die grootste struikelblok in ons transaksie is die prys. Hy weet presies wat hy betaal het. Vir daai prys kan hy hom nooit laat gaan nie. By `n scrapyard gaan hy baie meer kry as wat hy betaal het. Nee wag, ek is nou te gou op hom, seg hy. Hy sal daaroor moet gaan slaap. Die pomp loop en Giel is haastig huis toe. Voor vanaand moet die pomp weer teruggesit word. Hy sal laat weet of die Orosbottel oorloop.
GWK Graan . . . innoverende bemarking Kontak die graanverkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan. BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885 DOUGLAS Ig Pretorius 082 906 1672 Franco Geldenhuys 071 401 2487
GWK Graan vestig gerusstelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graanbemarking en graanhanterings dienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK graan is dit die produsent wat saakmaak!
HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676 LUCKHOFF Hendrikus Keulder 082 888 6295 MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736 PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Ficksburg Esperansza van der Walt 082 805 0885
GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.
innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445
www.gwk.co.za
GWK Bateversekering . . . gewaarborgde gemoedsrus Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773 Hopetown Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602
GWK se versekering waarborg gemoedsrus oor die besittings wat vir jou en jou gesin belangrik is. Met ons kliëntgerigte fokus en innoverende benadering bied ons maakpas oplossings vir elke individu se versekeringsbehoeftes. Kontak ons ook gerus om jou met finansiële beplanning vir die toekoms by te staan.
Douglas Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680 Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775 Douglas Wilmarie v/d Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123 Barkly-Wes René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548 Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911 Hopetown Josef Pelster Krediet-en Lewensversekering 082 883 4474
GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185
GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.
De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445
www.gwk.co.za