3 minute read

LOOPDOP

Next Article
SOCIAL MEDIA

SOCIAL MEDIA

LUILEKKER DAE. IN DIE WILDTUIN. UITKAMP MET PELLE. LEKKER KOS EN KUIER. WAT KON DAN SKEEF LOOP?

’N KAMPPLEK NABY KIRKWOOD S o is ons toe aan by Kamdeboo Nasionale Park op pad die Oos-Kaap in. Met die kamp op, die vuur brand en my glas diepgoue Skotse water aan my sy, het ek geweet, hier kom ’n ding.

Advertisement

Die volgende aand, net anderkant Somerset-Oos kry ons ’n cottage wat al 200 jaar staan op die plaas Glen Avon. Grasdak ... sulke dikke mure ... kaggels, alles. Koninklik.

Daar het ons so lekker gekuier dat ek later tot my ontsteltenis besef het dat my gesogte Skotse water steeds in die ou plaaskombuis op die geelhoutafel staan. Dit was amper so erg soos die kar wat gebreek het, maar ons kom later daarby uit.

Ons het Cookhouse misgery en kortpad Middleton toe gevat. Dan is daar nog Patterson voor jy Addo kry. Maar nie een van dié plekke het eers ’n negosiewinkel nie.

Hoe ook al, met die kamp staangemaak, is my whisky soek. Ek besef dat Addo se winkel daar is vir noodvoorrade. Kirkwood lê 40 kilometer verder. Naby genoeg, want daar is ’n Tops. En Tops hou my spesiale Skotse water aan.

Die volgende dag, op soek na olifante bo-op die berg, loop staan die kar. Ek doen toe maar wat enige ou doen wat niks weet van enjins nie. Klim uit, maak die bak oop en kyk nikssiende na die drade en goeters. En hoop dat iemand wat weet asseblief stop. Uiteindelik het iemand gestop en ons brand gesleep. Tog terug by die kamp was die kar so deurmekaar dat niks meer wou werk nie. Dit is nou natuurlik Vrydagagtermiddag. Ons kry iemand om ons in te sleep Port Elizabeth toe, maar eers Maandagoggend.

Daar sit ons in die Addo tussen die vet spekbome in ’n kampplek met net ’n klein tweemantentjie en twee stoele. En die yskassie. Die ding is, die hele naweek lê voor vir diere kyk, maar daarvoor het mens mos wiele nodig. Darem het ek Skotse water. So besluit ons om toeriste te word en bespreek plek op die safari-voertuig vir die volgende oggend. Ten duurste as jy nie dollars het nie. Sesuur vloog ons uit die tent, maar loop in mekaar vas, so dik is die mis. Bibberkoud en misblind ry ons die wildtuin in. Die soeklig wys nie eers twee meter ver nie.

Maandagoggend is ek saam met die sleeptrok PE toe en later die middag terug met ’n gehuurde kar. Kyk, die stukkende kar is eintlik meer ’n kampwa en die huurkar was maar piepklein. Ten minste had ons wiele om diere mee te soek. En die mis het weggebrand ...

Die goeie nuus kom twee dae later. Die kar is reg. Daarmee saam probleem nommer 212. Hoe gemaak met al ons kampgoed in ’n piepklein tjorrie? Dis hier waar Addo se mense regtig deel geword het van die storie. Hulle stuur twee manne met ’n bakkie en karwei alles van die kampplek tot by Ontvangs. Daar besluit die kamphoof ons pak sommer alles in haar eie persoonlike kantoor. Dan weet sy dis veilig tot ons dit op pad terug kom haal.

So kruie ons deur die wildtuin en kry twee leeus wat ’n buffel gevang het. Daaroor was ek dankbaar. In PE kry ons die kar so goed soos nuut. Daaroor was ek dankbaar. Terug in Addo kry ons al ons kampgoed ongedeerd. Daaroor was ek dankbaar.

Maar ek was die dankbaarste oor Kirkwood se goue Skotse water ... Kirkwood Tops Address: 15 Main Street, Kirkwood Tel: (042) 230 0450 Business Hours: TOPS at SPAR Mon-Fri: 09h00 - 19h00 Sat: 09h00 - 19h00 Sun: 09h00 - 13h00 TOPS Customer Care Tel: 086 031 3141

Daar het ons so lekker gekuier dat ek later tot my ontsteltenis besef het dat my gesogte Skotse water steeds in die ou plaaskombuis op die geelhoutafel staan.

This article is from: