3 minute read

LOOPDOP

Next Article
DIARISE THE ITEMS

DIARISE THE ITEMS

DIE GEHEIM VAN DIE BOONTJIESOP

BOONTJIESOP IS NIE SOMMER NET BOONTJIESOP NIE. OM DIT REG TE MAAK, MOET JY FYN KAN VERNEUK ...

Advertisement

Tops At Carolina Address: 28 Voortrekker, Carolina Tel: (017)843 2890 Business Hours: TOPS at SPAR Mon-Fri: 09h00 - 19h00 Sat: 09h00 - 19h00 Sun: 08h00 - 19h00 Public Holidays: 10h00 - 17h00 TOPS Customer Care Tel: 086 031 3141

Ons het elke jaar wintervakansies Krugerwildtuin toe gegaan vir twee weke. Dié jaar was daar ’n bonus. Ek het saam met my grootste vriend, Dewald, na sy ouma en oupa se plaas naby Carolina gegaan vir die twee weke voor ons wildtuinvakansie sou begin. Dan sou my pa-hulle my daar kom oplaai op pad Kruger toe. Elf jaar oud op ’n plaas in Carolina-distrik is hemel op aarde. Oom Hans het my leer trekker ry. Ek het leer om ordentlik perd te ry. Help bees slag. Ons het gaan “jag” met windbukse. Oom Hans het duidelik gesê net swartkraaie. Hulle is vuilgoed. Uitheems. Ek het nou nie heeltemal verstaan wat “uitheems” beteken nie, maar swartkraaie was die teiken.

Ek onthou hoe ons dorp toe gery het om by die hotel te gaan varkkos haal. Al die oorskiet in asblikdromme agterop die bakkie. Dan sit ek en Dewald op die deksels om te keer dat die sop-en-sous nie uitspat nie. Borselkop in die wind. Grondpadstof op die tande.

En sononder as die Hoëveld sy koue begin uithaal, word daar stronkvuur in die kaggel gemaak. Die huis het nog op ’n Lister geloop en die plaaslyn het drie kortes en ’n lange gesein. En in die kombuis het die Aga-koolstoof gekook. So grote met ses plate. Regs agter was altyd ’n groot ketel steunend vol warm water.

Deur die week was daar huishulpe, maar tannie Lenie het naweke self gesorg vir kos. En wintertyd was elke Saterdagaand boontjiesoptyd. Háár boontjiesop. Sy het eintlik Vrydagaande al met daai soppie begin. In die groot erdepot is uie stadig in botter gesoteer, dan die beesskenkels wat bruin gebraai word. So kom daar groentes en dinge by en dié bedryf staan en kreun saggies deurnag op die Aga. Terwyl die bruin boontjies in water week. Iewers langs die pad gebeur die magiese. Saterdagaande as die boontjiesop se reuk die hele huis begin versier, met die Lister se doef-doef gerusstellend daar ver agter iewers, kom oom Hans se groot plesier van die week. Hy haal die bottel Sedgwick’s Old Brown Sherry uit (deesdae R46,99 by Tops in Carolina), twee sjerrieglasies en stap na sy Lenie toe.

“Sjerrietjie vir jou my ding?” vra hy.

“Jy weet mos ek drink niks nie, Mannetjie,” antwoord sy hom. “Behalwe Nagmaal ...”

“Ek weet, maar ek hoor maar net weer.”

“So sjarmant ... steeds.” Dan gaan sit hy by die kombuistafel, skink vir hom ’n soop en kyk hoe sy die sop klaarmaak. Liefde is ’n ritueel. Hy wag sy oomblik af. Hy weet sy gaan nou al die leë bakke wasbak toe vat. Die wasbak wat buite sig van die Aga is.

Daar gaan sy; hy vlieg op met die bottel sjerrie in die hand en gooi ’n lekker dollop in die sop, roer vinnig en gaan sit weer onskuldig op sy plek.

So uur later kom die groot wit boerbrood met die swart kors uit die oond. Dik snye word gesny. Plaasbotter smelt weg. Die boontjiesop stoom jou in ’n beswyming in in die groot, wit sopborde.

Oom Hans slurp behaaglik deur sy oorhangsnor. Dis net met dié sop wat hy mag.

“Wat maak dat jou boontjiesop die lekkerste in die wêreld is?” “My geheime bestanddeel,” antwoord sy.

“Wat is dit?” “Ek kan mos nie sê nie. Dan’s dit mos nie meer geheim nie.”

“Tjorts,” sê oom Hendrik en lig sy weeklikse glasie sjerrie. Saterdagaande as die boontjiesop se reuk die hele huis begin versier, met die Lister se doef-doef gerusstellend daar ver agter iewers, kom oom Hans se groot plesier van die week.

This article is from: