3 minute read

LOOPDOP

Next Article
APPS

APPS

Address: Cnr Ennis & Oosthuise Streets, Ermelo Tel: 017 819 7519 Business Hours: TOPS at SPAR Mon-Fri: 07h00 - 19h00 Sat: 07h00 - 19h00 Sun: 08h00 - 14h00 TOPS Customer Care Tel: 086 031 3141

Address: Cnr Ennis & Oosthuise Streets, Ermelo Tel: 017 819 7519 Business Hours: TOPS at SPAR Mon-Fri: 07h00 - 19h00 Sat: 07h00 - 19h00 Sun: 08h00 - 14h00 TOPS Customer Care Tel: 086 031 3141

Advertisement

DARLING SE HILLBROW

HIERDIE UITGAWE SE LOOPDOP VAT VOORWAAR ’N LEKKER LANG DRAAI. SO LANK, ONS LYS SOMMER TWEE TOPSE IN TWEE PLEKKE.

om saam met hom om daai klavier konsert te hou. Met dié dat vyf van sy ses gaste Vlaminge was, was die gort gaar. Hy was die man wat vir Stef Bos Suid-Afrika toe gebring het. Hulle het saam die liedjie “Awuwa” geskryf. En Johannes sing dit vir ons. Net vir ons.

In 1996 het ek ’n Belgiese meisie gehad. Hilde van Hove. Sy het op ’n dag ’n rugsak gepak en die wêreld ingevaar. In Kaapstad aangekom, het sy eers op die berg verlief geraak en later op my. Ahem ...

In dieselfde jaar het ’n wonderlike ding sy ontstaan gehad in die Weskusdorpie genaamd Darling. Die verwaarloosde ou treinstasie het herrys as Pieter DirkUys se Evita se Perron. Dit was ’n nuutjie en mense moes eers aan die idee gewoond raak. As Pieter Dirk-Uys ’n Evita Bezuidenhoudtkonsert daar aanbied, dan kom die mense. Maar alhoewel die Perron elke naweek oop was, kon Pieter nie al die shows behartig het nie. Dus is daar heeltyd ander shows op roterende basis aangebied. In die middel van die winter van einste ’96 het vier Vlaamse vriende van Hilde na Suid-Afrika gereis. Sy was in daardie stadium ’n gekwalifi seerde SATOER-gids en het ’n skitterende reiservaring vir haar vriende georganiseer. Sy was veral goed om altyd nuwe, onverwagte en verrassende goed te ontdek. En het daarom oral goeie informante gehad.

So kry sy ’n boodskap van een van dié informante in Darling dat Johannes Kerkorrel op kort kennisgewing besluit het om ’n show te kom doen in Evita se Perron. Onmiddellik weet sy dit

sal ’n hoogtepunt vir die Belge gewees. Veral met Johannes se konneksie, vriendskap en saamsing met Stef Bos (wat in daardie jaar nog in België was). En sy bespreek ’n tafel vir ses. Die show was gereël om nege-uur te begin na al die gaste nou lekker geëet het en behaaglik terugsit met ’n wyntjie. Dus het ons so net na sewe aangesit. Kos en wyn is bestel en dinge loop klopdisselboom. Ek weet nou nie of dit was dat Johannes te vinnig besluit het om ’n show aan te bied nie en of hy dalk in daai jaar nog te uitgesproke en liberaal was vir die kuise Darling-mense of wat nie, maar hier teen nege-uur is dit nog net ons ses in die saaltjie.

Teen kwart-oor het Johannes op die verhogie langs die grote vleuelklavier gaan sit. Hy het deur sy speellys geblaai en so kort-kort hoopvol opgekyk of daar nie dalk ’n bus laatkommers opgedaag het nie.

Ek was oortuig hy sou die show uit verleentheid maar los, maar nee, Kerkorrel was ’n pro. Hy het bloot ses stoele in ’n halfmaan om sy klavier drapeer, ’n vars bottel rooi oopgemaak en ons genooi Sy voel die ritme van die nag En tyd het nou vir haar gaan staan En al wat sy wil doen is Sy wil dansen, dansen, Altyd blywe dansen Vra haar niet waarom Sy dans tot die oggend kom

En ons sing saam en almal wil blywe dansen. Lank na twaalfuur speel Johannes ’n lang stuk sielvol op die klavier. Met die laaste note wat oor die leë Perron wegrol, kyk hy vir ons.

“Dankie vrinne, dit was maklik die beste show van my lewe.” Hy maak klaar met my gunsteling. Seker maar omdat ek daar gebore is.

En dis lank na twaalfuur En die Hillbrow-toring stuur Sy se in in die nag, sy sein in die nag Sy sein vir die mense wat wag, o ...

En gee, gee, gee. Gee, gee, gee Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate Gee jou hart vir Hillbrow Ja, gee jou hart vir Hillbrow.

Teen kwart-oor het Johannes op die verhogie langs die grote vleuelklavier gaan sit. Hy het deur sy speellys geblaai en so kort-kort hoopvol opgekyk

This article is from: