I Wie gaan eerste oor die wenstreep seil?
InRat Bylae tot Rapport
17 Februarie 2013
Hmmm...
jy lyk bekend...
Die Golf VII is hier 3 Nuwe Santa Fe gaan teenstanders opdreun
Oopdak足M6 se byt so erg soos sy blaf
4
5 Ninja 300: Beslis nie vir vet grootmense
9
2 InRat
17 Februarie 2013
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
InRat Redakteur Justus Visagie Epos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226
Advertensies Attie Bekker Epos: attie.bekker @media24.com Tel: 011 713 9545
Nuut
Motorvervaardigers doen hul werk ál beter
M
otorskrywers is in die gelukkige posisie om meestal rygoed met minder as 10 000 km op die “klok” te ry. Dan is hulle feitlik splinternuut en gehaltekwessies steek nie sommer kop uit nie. Dit terwyl die res van die samelewing hul motors veel verder en langer ry. Dis waarskynlik hoekom lesers soms wonder hoe motors met ’n mindere reputasie vir gehalte en betroubaarheid net soveel ruimte in motorpublika sies kry as die staatmakers. Die ideaal sou wees om motors te toets wan neer hulle 100 000 km of selfs meer afgelê het. Maar om sulke motors te bekom, is onmoontlik. En as ons byvoorbeeld ’n Honda met ’n Toyota vergelyk, hoe weet ons watter lewe elkeen gelei (of gely) het? Het die Toyota elke aand binne ge slaap terwyl die Honda op ’n myn gewerk het?
Wanneer ons dus rygoed evalueer, is daar ’n mate van tonnelvisie betrokke. (Laat weet gerus as u ’n oplossing het.) Wat ons wel kan doen, is om te skryf oor die navorsing wat deur organisasies soos Ipsos en JD Power gedoen word waarin hulle eienaarstevre denheid ondersoek. Laasgenoemde se VSAkan toor het die afgelope week bevind dat eienaars van die volgende motors ná drie jaar die minste probleme daar ondervind: Lexus, Porsche, Lincoln, Toyota en MercedesBenz. Dis ’n pluimpie vir Suid Afrika se MercedesBenz aanleg, wat duisende CKlasmotors na die VSA uitvoer. Die top 3probleme is windgeraas, remme wat raas en verf wat afdop of verbleik. Nuwe proble me wat kop uitsteek is elektroniese foute met na vigasiestelsels en stembeheer. Oor die algemeen is daar vanjaar minder klagtes oor motors as voor heen, wat beteken motors se gehalte verbeter tog. Al kan jy hulle nie meer met ’n tang en ’n stuk bloudraad regmaak nie.
Ek en my wiele EMO ADAMS D Spring gou en kry ’n Renault Roxy! Die model en branderplankryer Roxy Louw is die nuwe ambassa deur van die Renault Sandero. Om die vennootskap tussen dié twee tuisgekweekte modelle te vier, is 100 Roxy Louwgeïnspireer de Sandero Stepwaymodelle by Rosslyn naby Pretoria gebou. Die motors is in rooi of swart beskikbaar (50 per kleur), elk met Roxy se seeskilpad en hibiskus “Cowabanga”embleem daarop. ’n Blau punktBluetoothMP3klankstelsel met USBsok en ’n TomTom LI VEnavigasieeenheid is eksklusiewe ekstras in dié spesiale uitga we. | FOTO: QUICKPIC
Nuut
Ná ’n lang wag is Opel se Astra OPC hier. Hy’s die kragtigste in sy klas en ontwikkel ’n maksimum van 206 kW @ 5500 r/min. en 400 Nm @ 2500 – 4500 r/min met sy 2.0 literviersilinderturbo enjin. Die handratkas is ’n sesgangeenheid en ’n beperkteglipewe naar verhoed dat al daardie krag, wat na die voorwiele gaan, nie die hantering bederf nie. Die Astra OPC kan van 0100 km/h ver snel in net 6,2 seconds en sy topsnelheid is 250 km/h, volgens Opel | FOTO: QUICKPIC
ie sanger en liedjieskry wer Emo Adams is ge bore en “getoor” op Mit chells Plain in die Kaap. Adams se debuutoptrede was op negejarige ouderdom in Da vid Kramer en Taliep Petersen se District 6 – The Musical. Hy is deesdae 35, met ’n string optredes en liedjietreffers on der sy belt. Wat ry jy? ’n Hyundai iX35 Limited Edition, 2012model. Hy is wit met swart tinted vensters. Ek het hom al so vyf maande. Jou ryding se beste en swakste eienskappe? Sy beste eienskap is dat hy outomaties is. Sy slegste eien skap? Hy’s outomaties… Jou beste herinnering met jou kar? Ek het nog nie so baie ervarings met die kar nie, want hy’s nog ’n bietjie jonk. Ek wil hom graag nog lekker oopmaak op die langpad langs die kus. Ek is veral erg oor die Ooskus, Knysna, Mosselbaai – al daardie mooi plekkies. Watter vervoermiddel sal jy koop met R5 miljoen? Vir wat sal ek met al daai geld net een wil koop?! Maar as ek net een mág koop, sal ek my eie kar ontwerp, miskien iets in die Jaguarrange. Gee my ’n oplossing vir die volgende ver voerprobleme: olie wat al skaarser en duur der word, en die oormag motors en vragmo tors op ons paaie? Daar is nie ’n oplossing vir olie nie. Vragmo tors moet net ’n sekere tyd van die dag toegelaat word om op ons paaie te ry. Het jy al ooit ’n kar se vensters van binne laat toewasem? Hell, yeah! In die winter, as die kar te warm is binne, dan wasem die vensters mos toe. Wie het jou geleer bestuur? My pa het my geleer toe ek twaalf jaar oud
was. Sy oë was swak in die aande, dan moes ek die stuur wiel vashou terwyl hy ry en ek langs hom sit. Het jy Die Toets maklik geslaag? Ek het, ja. Dit was ’n breeze omdat ek al van twaalf af ge leer ry het. Maar ek gaan nie lieg nie, daai learner’s license vrae was nogals tricky. Swets jy ander padge bruikers in die privaatheid (en klankdigtheid) van jou eie motor? Natuurlik doen ek dit – al mal doen dit. It comes automa tically with driving. Wie gaan vanjaar die Formule 1kampioenskap wen? As jy sê Formula 1, praat jy sekerlik nie van die hotel nie? Luister, ek is sekerlik die enigste persoon wat sy TVlisensie betaal, maar nooit kans kry om televisie te kyk nie. So, frankly, I ha ve no idea. Waarna luister jy wanneer jy ry? Dit hang van my bui af; my musieksmaak is só wyd dat mense wat my iPod luister, dink die ver skeidenheid liedjies is vreemd. Amy Winehouse en Michael Bublé is gunstelinge, Afrikaanse mu siek is groot. Ek love om te ry en dink, want it calms me down, so ek moet ’n bietjie wegkom elke nou en dan. Watter toestel wil jy die graagste in jou kar ingebou hê? Daar moet ’n recordknoppie op die CDplayer wees. As daar ’n tune op die radio kom wat jy smaak, kap jy net die knoppie en dit save die song vir jou. Enigiets anders wat ons van jou en motors moet weet? Ja, ek ry nie klein karretjies nie, want dit voel of ek nie in hulle kan asemhaal nie. Bring on the big guns!
Nissan vry na jonges en plaas fokus op veiligheid
N
issan het, in ’n po mer sal wegry in ’n nuwe ging om nóg meer Micra, uitgedos in sy of haar jong mense na sy eie ontwerp. handelsmerk te lok, ’n pret Nissan het ook onlangs ’n tige kompetisie bekend ge groep vroulike motorjoerna stel. Dit word My Ride, My liste op ’n defensiewe en ge Rules genoem, en skeppen vorderde bestuurkursus ge de individue word aange stuur waar ’n spesiale lesing moedig om hulle eie Nissan oor die voorkoming van ka Micra te “ontwerp”. Met ’n pings ook aangebied is. Ons slim, gebruikersvriendelike instrukteur, Mangi Mazibuko webblad kan jy in ’n jap van die Nasionale Kaping trap jou eie digitale Micra voorkomingsakademie (wat opdollie deur die bakwerk ook die kursus aangebied met uitspattige kleure te Die skrywer by een van het), sê bestuurders ken nie verf en met tatoeëermerke die uitspattige Micra’s hulle rygoed se beperkinge en graffiti te beplak. Gaan nie. Jou moderne motor of kyk gerus op Nissan se Facebookblad weeldewa – met al sy veiligheidstelsels – (www.facebook.com/nissansouthafrica) – is slegs doeltreffend as jy weet hoe om dis groot pret! Die kompetisie eindig op dit te gebruik. Dis noodsaaklik dat jy die 31 Maart 2013 en een gelukkige deelne vermoëns en beperkinge van ’n motor
ken. Indien moontlik, moet jy jou eie mo tor op ’n glybaan gaan ry of in ’n be stuurkursus gebruik. Ons het onder meer ervaar hoe dit voel om verskillende Nissans van 120 km/h tot ’n noodstilstand te bring. Ek het ge leer om die rempedaal hárd en sonder ophou te trap, en nie die remme onder broke te trap soos in ouer motors sonder sluitweerremme nie. Ons het ook oor lug sakke en sitplekgordels gesels. Deesdae is die meeste motors toegerus met SRSvei ligheidsgordels (“Secondary Restraint Sy stem”) – dít beteken die lugsak sal nie oopgaan as die persoon nie vasgegespe is nie. Dus, mense, buckle up! Elke dag sterf 38 mense op ons nasio nale paaie. Ek kan met die grootste oor tuiging sê elke SuidAfrikaanse motorbe stuurder sal baat vind by ’n defensiewe of gevorderde bestuurskursus. ’n Mens is
nooit te oud om te leer nie, en al gaan dit jou enigiets tussen R2 000 en R4 000 uit die sak jaag, kan dit jou én ander se dood verhoed. Die lesing oor hoe om ’n kaping te keer was ewe insiggewend. Ons wil nie ons gedagtes met negatiewe dinge besoe del nie, maar dis ons verantwoordelik heid om paraat en bewus te bly van die gevare om ons. Richard Brussow, oud polisieman en bekwame stiger van die Kapingvoorkomingsakademie (www.hi jack.co.za), het ons geleer hoe om kapings te vermy, maar ook hoe om gevaarsitua sies te hanteer en ontlont. Iets eenvou digs wat almal van ons kan doen, is om seker te maak naasbestaandes en vriende het ons motor se registrasienommer – so doende spoor jy mense soveel makliker op. En onthou: Jou lewe is meer werd as jou voertuig. – Corlette Heyns
17 Februarie 2013
InRat 3
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Hoe meer dinge verander, hoe meer bly Golf dieselfde
M
Volkswagen Golf
Nuut
Elke nuwe Golfvariant het 7 lugsakke en sta biliteitsbeheer | FOTO: QUICKPIC
oontlik die grootste gebeurtenis om verdere botsings te help voorkom (dit op vanjaar se motorkalender – gebeur dikwels). Op die pad het die Golf selfs groter as die Top Gear ons beïndruk met sy puik balans tussen skouspel in Durban – is die koms van goeie ritgehalte en onwrikbare hantering. langer toetsrit neem en volledig verslag handrat – R264 900 die nuwe Golf, nommer sewe in die Iets wat wel gepla het, was ’n effense doen. – Justus Visagie 1.4 TSI BM Comfortline (90 kW) 7-gangreeks. Maar as jy na hom kyk, gaan jy windgeraas by die voorste passasier se DSG-outomaties – R279 400 heel moontlik dink InRat en Volkswagen venster. Ek en ’n tydskrifkollega het dit PRYSE 2.0 TDI Comfortline (81kW) 5-gang-handrat probeer jou ’n rat voor die oë draai, dat in twee van die Golfs opgemerk. Dit kan 1.2 TSI BlueMotion (BM) Trendline (77 kW) – R282 300 VW die Golf 6 as die 7 probeer opdis. egter wees omdat hulle besonder vroeë 6-gang-handrat – R233 800 1.4 TSI BM Highline (103 kW) 6-gang-handAndreas Mindt, ’n lid van die ontwerp uitgawes van die motor is – ’n probleem 1.4 TSI BM Trendline (90 kW) 6-gang-handrat – R293 600 span, het met die motor se bekendstelling wat nie tot ’n enkele vervaardiger beperk rat – R246 700 2.0 TDI BM Highline (110 kW) 6-gang-DSGverduidelik hoe moeilik dit is om stilis is nie. InRat sal die Golf binnekort vir ’n 1.4 TSI BM Comfortline (90 kW) 6-gangoutomaties – R334 800 ties van die Golf wenresep af te wyk. “Die kar moet op 200 m herkenbaar wees as ’n Golf,” sê Mindt. “Daar’s net twee ander motors met dié eienskap: die Porsche 911 en Land Rover Defen der,” sê hy. Dís dan hoekom die 7 soveel soos die 6 lyk. Volgens Mindt was die grootste in spirasie vir die nu weling die Golf 1 en 4. “In Duitsland het ’n Golf 4 ’n hoër herverkoopwaarde as ’n Golf 5.” Maar al eet jy nie Volkswagen se “evo lusieleer” vir soet koek op nie, beskik die Golf 7 oor eien skappe wat vir ko pers in dié klas sterk argumente bied. Hy is oor die algemeen effens goedkoper as die Golf 6, onder meer danksy die Volks wagengroep se nu we “MQB”onderstel wat in verskeie mo XUV 500’S VANAF delle gebruik kan word en skaaleko nomiebesparing be vorder. Die ster van die Golfreeks is geluk kig ook die goed koopste. En moenie hom op sy 1,2 liter enjintjie takseer nie, want dié klein tur bokragbron gee 175 Nm wringkrag van ’n bitterlik lae 1 550 r/min. Dit beteken al die wringkrag is feitlik onmiddellik daar wanneer jy vetgee, en omdat hy deur ’n turbo aange SCORPIO D-KAJUITE VANAF XYLO VDV’S VANAF jaag word, “verloor” hy minder krag as byvoorbeeld ’n tur bolose 1,6 liter wan neer jy hom in die ’n Mahindra sal jou bevry – vry van die beperkinge van die alledaagse roetine; binneland se dun vry om te gaan waarheen en wanneer jy wil sodat jy die beste jare van jou lewe lug ry. Hy het nou wel nie die volledig kan geniet. Taai en robuus – daar is ’n Mahindra wat by jou leefstyl sal pas. onafhanklike agter vering waarmee die duurder Golfs gese Om enige Mahindra te TOETSBESTUUR, SMS ‘RAPPORT’ na 42267 of en is nie, maar spog SKAKEL 0861 MAHINDRA* of gaan na www.mahindra.co.za of wel met onder meer stabiliteitsbeheer, se besoek ‘n Mahindra-handelaar vir spesiale aanbiedinge op die hele reeks. we lugsakke, ’n ses ganghandratkas en Sluit by ons aan Sluit by ons aan lugreëling. op Facebook op Twitter Van veiligheid ge Mahindra-South-Africa Mahindra SA praat: Die nuwe Golfs het ’n outoma mahindra.co.za tiese remfunksie wat vanself ankers gooi in ’n botsing
’N VIERING VAN JONK WEES, VRY WEES.
R259 900
R229 900
R224 900
4 InRat
17 Februarie 2013
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
PadToets
BMW M6afslaankap
BMW het homself alweer dwars gehou en die lapdakM6 voor die koepee onthul. Die skakelaars voel duursaam en die be heerknoppies vir die klankstelsel en lug versorging is maklik om te gebruik. FOTO: BEADLEPHOTO.COM
Die vreemde geval van die oopdakM6
AFSLAANKAPMOTORS HET GEWOONLIK ORDENTLIKE KARAKTEREIENSKAPPE – DINK MAAR AAN DIE GOEDGEMA NIERDE MAZDA MX5, DIE BEDEESDE MERCEDESBENZ SLKVIERSILINDERS OF DIE BOKKAPATER VAN OOPDAKKE: DIE PEUGEOT 306 CC. MAAR SOMS VIND JY EEN WAT ’N BOSE MUTASIE ONDERGAAN HET. SOOS DIE BMW M6 MET DIE SWART KAPMANTEL, SKRYF PIETERJOZUA ERASMUS.
D
ie onthulling van ’n nuwe BMW deur sy Mafdeling – waar witjasse die enjins ekstra perde gee – laat motormalles wêreldwyd regop sit om te sien hoeveel meer brutaal die troonopvol ger gaan wees. En soos Dr Jekyll of die wrede Patrick Bateman in American Psy cho is die Mmotors nie lelik nie. Die nuwe BMW 6Reeks se stilering is ’n groot verbetering op dié van sy voor ganger, en selfs die “afgeroomde” 640d wat InRat onlangs bestuur het, het ’n pragtige ontwerp. Wanneer die nuwe oopdak6reeks die Mbaadjie aantrek, lyk hy verbasend ge woon. Die aggresiewe voorste lugskorte, wye wielboë en vier uitlaatpype verklap egter aan entoesiaste dat 560 befoeterde perde (412 kW) onder die enjinklap skuil. Anders as in sy voorganger, waar ’n vyf literV10 die bande laat rook het, tree ’n nuwe 4,4 literV8 aan vir diens. Daar is egter twee turbo’s daarop vasgeskroef, wat die maksimumwringkrag na ’n in drukwekkende 680 Nm kan opjaag, teen oor sy voorganger se “beskeie” 520 Nm. Hierdie wringkrag is al teen ’n lae 1 500 r/min. beskikbaar, wat beteken jy kan jou passasiers sommer al met die wegtrek slag skrikmaak. Binne is die M6 se afwerking van ’n hoë gehalte. Nie dat jy iets anders ver wag van ’n motor wat amper R1,5 mil joen kos nie. (Ons toetsmotor se opsies
Produkte vir Amarok
-
Suspensies Onderstelbeskermingsplate Snorkels Kant-beskermstawe
het die prys opgejaag tot R1,7 miljoen). My tweejarige dogter, Ané, het duidelik besonder goeie smaak, want sy het ’n vreeslike keel opgesit toe ons haar uit die motor tel. Daar is knoppies wat die ratskakelings, gewig van die stuurgevoel en die ferm heid van die vering verstel. Daar is ook drie bestuursmodusse: Comfort, Sport en SportPlus, waar jy die petrolpedaal se re aksie, ingrypingspunt van die stabiliteits beheer, snelheid van die ratskakelings, gevoel van die stuur en die vering kan stel. As jy Comfort kies, voel dit of jy in ’n 640d rondrits, en die intimiderende M6 is verbasend maklik om mee saam te leef. SportPlus is die ander kant van die M6 se persoonlikheid: Dan word die sta biliteitsbeheer afgeskakel en alle verstel lings is op maksimum. Daar is ook ’n M1 en M2knoppie op die vet Mstuur wiel waar jy jou eie groepering van ver stellings kan programmeer. Ons toetsmo tor se M1knoppie het al die verstellings op maksimum gehad. En wie is ons om hiermee fout te vind? Die M6 het twee sitplekke agter, maar die spasie daar is skraps. Die sagte (elek triese) afslaandak kan tot op ’n snelheid van 40 km/h oop of toemaak. Hoe loop hy? Wanneer jou regtervoet entoesiasties raak met die wegtrekslag en die M6 kort daarna derde rat haak, besef jy die groot Duitser beplan nie om enig
Produkte vir T4 en T5
- Suspensies - Onderstelbeskermingsplate
Produkte vir Touareg
- Suspensies
Syfers PRYS
R1 485 500 (sonder opsionele ekstras)
ENJIN
4,4 F-agtsilinderpetrolturbo
RATKAS
Sewegang-dubbelkoppelaar-outomaties
KRAG
412 kW @ 6 000 r/min. en 680 Nm @ 1 500 – 5 750 r/min.
VERRIGTING
0-100 km/h in 4,3 sek. en topsnelheid beperk tot 250 km/h
VERBRUIK
10,3 F/100 km en 239g CO2/km
BAGASIEBAK
300 F & 350 F (onderskeidelik met die dak af- en opgeslaan)
BRANDSTOFTENK
80 F
NAVERKOPE
Vyfjaar- of 100 000 km-Motorplan
OORWEEG OOK
Jaguar XKR-afslaankap, Porsche Carrera S Cabriolet of ’n rit op die Cobra by Ratanga Junction
Vervaardiger se syfers
sins op te hou versnel nie. Die oorskake ling van die sewegangratkas (die dubbel koppelaarsoort) is seepglad en sonder onderbrekings wat die vloei van krag be tref. Die 0100 km/hnaelloop is binne 4,3 sek. verby, en ná slegs 13,1 sek. kan hy teen 200 km/h draf. Mamma! Wanneer die ratte oorskakel terwyl jy hard ver snel, blaf die Beemer se uitlaatpype en hy skop jou in die rug. Lekker! Van bakrol (wanneer ’n voertuig oor leun in draaie) is daar geen teken nie, en die M6 hanteer soos ’n jagluiperd wat sy prooi jaag. Goed, ’n vet jagluiperd, want dié M6 weeg 2 ton. Dit is omtrent ’n hal we ton meer as die (veel duurder) McLa ren 12C Spider! Net soos Dr Jekyll nie van Mr Hyde kan ontsnap nie, is die teendeel ook waar: Al is die M6 ’n maniak, bly hy deels ’n gentleman se koets. Daar’s dus plek vir bagasie en die rit gaan nie ver oorsaak dat jy gereeld ’n draai moet maak by jou rukenplukdokter nie. Die vorige geslag M6 was ’n plesier om entoesiasties te bestuur, maar die SMG ratkas was besluiteloos teen stadige snel hede. Die nuwe model se MDCTratkas en V8turbo is ’n veel bruikbaarder kom binasie op ’n alledaagse basis. Hy speel dus die rol van Jekyll én Hyde baie goed. En dit is beslis ’n pakket wat jou laat glimlag. Veral as jy een van daardie Mknoppies druk!
17 Februarie 2013
InRat 5
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Nuut
Stormsterk Santa Fe
Hyundai Santa Fe
D
it was ’n donker, stormagtige nag... Goed, kom ons begin weer. Son der ’n cliché. Wel, dit wás ’n donker, stormagtige nag. Een met ’n sneeustorm, yswind en vrieskoue. Dit was Januarie 2000, en ons was op pad van New York af Detroit toe. In ’n sneeustorm. Die rede? Om die jongste metaal op die Detroitse Motorskou te gaan waardeer, en padlangs was al uit weg, want die lughawens was bottoe. Dít was die omstandighede rondom my eerste kennismaking met Hyundai se Santa Fe – in daardie stadium nog net ’n konsepryding waarmee die Koreaanse vervaardiger skougangers verras het. Dié eerste Hyundaiprobeerslag in die sportnutsmark was potsierlik in vele op sigte, maar ondanks mediabedenkinge het dit in Amerika ’n storm los verkoop. Plaaslik was dit nie so suksesvol nie, maar die tweede geslag, wat in 2006 die lig gesien het, het ’n meer konvensionele voorkoms en afwerking gehad en het gou ’n nis uitgekerf as ’n bekostigbare alter natief tot duurder mededingers uit Ame rika, Japan en Europa. Hierdie model is in 2010 finaal hersien, met onder meer ’n nuwe dieselenjin en sesgang outomatiese ratkas, en verlede jaar is die langer en breër derde geslag vir die eerste keer in New York gewys. En nou is hy hier. Plaaslik bestorm hy die mark met drie weergawes – ’n 4x2 en twee 4x4’s – met verskillende afwerkingsvlakke: Premium, Executive en Elite. Die Premium is slegs met 4x2voorwielaandrywing en vyf sit plekke beskikbaar, terwyl die ander 4x4 aandrywing het en plek vir sewe mense. Die Premium kry ook 17duimbande, ter wyl die Executive met 18duimers en die Elite met 19duimbielies toegerus is (elk een met sy eie wielpatroon). Soos met die iX35 en ander nuwe Hyundaimodelle kom die “Fluidic Sculp ture”ontwerp van Peter Schreyer, nou stylgrootbaas van Hyundai én Kia, en Thomas Bürkle sterk na vore in die San ta Fé, maar hy het ook sy eie unieke ont werpkonsep genaamd “Storm Edge”.
Van vaal en vervelig tot vars en prettig
Vlymskerp stilering deur HyundaiKia se begaafde ontwerpers maak die Santa Fe mooier as Duiste veldwaens wat die helfte meer kos | FOTO: HYUNDAI Binne is die afwerking modern en ver beeldingryk, in pas met Hyundai se stre we na “moderne premium” produkte. Die middelkonsole en instrumentepaneel met blou agtergrondbeligting lyk futuristies en is netjies, met skaflike materiale en ’n goeie afwerking. As standaardtoerusting is daar afson derlike outomatiese lugreëling vir die be stuurder en voorste passasier (dit kan ook verstel word om agter te verkoel), ’n verkoelde paneelkissie, ’n goeie klankstel sel met ses luidsprekers en beheerknop pies op die stuurwiel, asook Xenonhoof ligte, elektriese invousyspieëls en ’n ou tomatiese reënsensor met spoedsensitiewe ruitveërs. Die groter binneruim en verbeterde sit plekposisie beteken meer been en kop ruimte voor, en groter deure maak in en uitklim makliker as in sy voorgangers. Ook die tweede ry sitplekke bied goeie
sitgerief, maar die platvousitplekkies ag ter in die sewesitplekmodel is net vir tjokkers. Pakplek is ruim, en die vyfsitplekmo del het plek vir meer as ’n kiloliter baga sie, terwyl die sewesitplekmodelle 994 li ter kan sluk. Die Elite het ook bykom stighede soos ’n elektriese handrem met outomatiese houfunksie, ’n trukamera en ’n vollengte sondak, maar in geeneen is voorsiening gemaak vir ’n ingeboude sa tellietnavigasiestelsel nie. Soos in sy voorganger is die turbodie selenjin van 2,2 liter en sesgang outoma tiese ratkas die enigste keuse. Met 145 kW en 436 Nm wringkrag wat van ’n lae 1 800 r/min. beskikbaar is, is die nuwe linge se verrigting heel gangbaar. Die 4x4modelle het ’n ewenaarslot ag ter, maar sonder laestrekratte bly hulle veldvermoë beperk tot sand en mak kliproetes. Dis ook ’n ope vraag hoe die
PRYSE Santa Fe R2.2 Premium 4x2 5-sitplek – R434 900 Santa Fe R2.2 Executive 4x4 7-sitplek – R459 900 Santa Fe R2.2 Elite 4x4 7-sitplek – R499 900
Nuut
Toyota Auris
T
oyota werk hard om lewe en emosie in sy rygoed te blaas. Eers was dit die betowerende 86, en onlangs is die nu we Auris plaaslik bekend gestel. Die Auris is ingrypend verander. Hy lyk nou vaartbelyn – hy’s laer as voor heen – en sportief, met ’n houding wat die oog tref. Sy verbeterde lugdinamika, laer swaar tepunt en ’n gewigsverlies van sowat 50 kg dra by tot ’n beter rit, hantering en brandstofverbruik, sê Toyota. Al het hy nog dieselfde onderstel as sy voorganger, is die nuwe Auris ’n raps ruimer. Die bagasieruim is gerek en sluk nou 360 liter teenoor die vorige model se 283 liter. Dis ’n hele rugsak meer. Die binneruim steek wel effens af teen die res van die motor. Die gehalte is eer steklas, maar die ontwerp van die silin dervormige instrumentepaneel lyk verou derd en oninteressant. ’n Glanspunt is die nuutontwerpte, uiters gemaklike sit
Koreaanse Nexenbande in plaaslike toe stande sal vaar. (Ek het nog nooit van dié naam gehoor nie.) Die nuwe Santa Fe se netjiese voor koms, goeie toerustingvlak en bewese vei ligheid (’n vyfstertoekenning van die streng Europese NCAPbotstoetse), maak dit ’n waardepakket wat ’n stewige waar borg en vyfjaar of 90 000 kmdiensplan insluit. As daar ’n petrol model, ’n hand ratopsie, en dalk ’n sewesitplek4x2mo del beskikbaar was, meen ons mededin gers soos die BMW X3 en Audi Q5 sou hulle middein ’n enorme Koreaanse storm bevind het. – Ferdi de Vos
Die nuwe Auris is ’n wittebroodspeelpakkie teenoor sy oumabloomervoorganger | FOTO: QUICKPIC plekke asook die dik, leerbedekte stuur wiel – standaard in alle Aurisvariante. Met die bekendstelling het ons slegs die 1,6 literhandratweergawes (almal met ses gange) onder hande gehad. Die rit en hantering is tipies Toyota – voor spelbaar en bekwaam – maar moenie vuurwerk verwag van die 1.6 literenjin
se 97 kW en 160 Nm nie. Hy lýk wel soos ’n vurige blitsbuksie, maar is nie. In die vlagskipXRreeks kry jy ook ’n outomatiese opsie – die palwisselratkas (CVT). Opwindende nuus is dat ’n petrol elektriese hibriedmodel teen einde Febru arie bekend gestel word. Veiligheidskenmerke vir die reeks sluit
in sluitweerremme, remkragverspreiding en remhulp, maar geen stabiliteitsbeheer nie. Dít terwyl die hele VW Golfreeks dié belangrike veiligheidseienskap het. Die goedkoper modelle is gepantser met vier lugsakke, wat minder is as al die Golfs se sewe. Die XR’s kry wel gordyn lugsakke plus ’n knielugsak vir die be stuurder by. Toyota sê die hibried sal sta biliteitsbeheer hê. Standaardluukshede vir die reeks sluit in lugreëling, ’n klankstelsel met beheer knoppies op die stuurwiel, ’n USBiPod sok en snelheidsbeheer. Die 1.6 XSweergawe het bykomende luukshede soos ’n vertoonskerm met ’n truratkamera, ses luidsprekers, sportsit plekke voor, misligte en Bluetooth. Die vlagskipXR pronk met leerbe kleedsel, outomatiese lugreëling, verhitte sitplekke, outomatiese hoofligte en sleu tellose toegang. Die nuwe Auris is in ses kleure be skikbaar, wat ’n lewendige oranje, Infer no Metallic, insluit. Die Auris het ’n drie jaar of 100 000 kmwaarborg en ’n vyf jaar/90 000 kmdiensplan. – Corlette Heyns PRYSE Auris 1.3 Auris 1.6 Auris 1.6 Auris 1.6 Auris 1.6
X – R195 000 Xi – R217 500 XS – R228 600 XR – R253 200 XR CVT – R265 600
6 InRat
17 Februarie 2013
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
PadToets
Volkswagen CC 2.0 TDI DSG
Syfers
Statig, maar matig
PRYS
R387 600
ENJIN
2,0 F- viersilinderturbodiesel
RATKAS
Sesgang-DSG-outomaties, voorwielaandrywing
KRAG
125 kW @ 4 200 r/min. en 350 Nm @ 1 750 – 2 500 r/min.
VERRIGTING
0-100 km/h in 8,6 sekondes en 220 km/h topsnelheid
VERBRUIK
5,5 F/100 km en 144g CO2/km
BRANDSTOFTENK BAGASIEBAK
70 F 532 F
NAVERKOPE
Driejaar- of 120 000 km-waarborg, vyfjaar- of 100 000 kmdiensplan, versien elke 15 000 km
OORWEEG OOK
Audi A4 2.0 TDI Multitronic SE, BMW 320d Steptronic
Vervaardiger se syfers
Met sy vaartbelynde, vloeiende fatsoen herinner die CC aan ander sogenaamde “vierdeurkoepees” soos BMW se 6Reeks Gran Coupé en MercedesBenz se CLS. Hy maak hulle amper oorbodig en kos aansienlik minder | FOTO: NP
OF JY NOU SAAMSTEM ’N MENS KAN ’N VIERDEURMOTOR ’N KOEPEE NOEM OF NIE, DIE VOLKSWAGEN CC IS SÓ VER FYND EN GERIEFLIK DAT JY NÁ ’N WEEK AGTER DIE STUUR NIE MEER OMGEE NIE, REKEN ANÉ THERON.
D
ie VW CC was nog altyd ’n be geerlike ryding. Maar met die ver anderings wat aangebring is om dié weeldewa binne en buitelangs op te kikker, is hy nou selfs nóg bekoorliker. Die lenige lyf en primaballerinagrasie sorg dat mense die kar met groot bewon dering aanstaar. En as die nuwe LED dagliggies eers skyn, is die CC selfs moeiliker om mis te kyk. Die binneruim is klassiek en minima listies, soos ’n swart Calvin Klein aand rok. Daar is nie ’n enkele faset wat oor geslaan is nie: Elke knoppie, liggie en handvatsel lyk en voel na gehalte. Ek het heeltyd ’n verskoning gesoek om iewers heen te ry. En omdat die die
sel net hou en hou en hou, kon ek om trént met die CC rondrits. My eerste rit van 145 km was van die Kaapstadse middestad af tot by ons huis op Hermanus – met die R44, of “seeom”, soos die Overbergers dit noem. Ek was al by Kleinmond, 100.7 km uit die Kaap, toe die ritrekenaar wys ek kan nog 1 040 km ry. ’n Paar dae later moes ek Caledon toe (met die N2) om aansoek te doen om ’n nuwe IDboekie. Die man wat my vinger afdrukke neem, gesels opgewek oor die CC wat voor die geboutjie staan. “Mevrou,” sê hy, “ek wil net vir jou sê jy het ’n pragtige motorkar, maar hy bring die verkeer hier tot stilstand. “Niemand op Caledon het nog ooit so
Tunland se 4x2 trap ’n stewige spoor F
oton, China se grootste vervaardiger van handelsvoertuie, het die netjiese Tunland ISF 2.8 4x4 verlede jaar in Suid Afrika bekend gestel. Twee nuwe 4x2 weergawes het pas by hulle aangesluit: die basiese Comfort teen R249 950 en die Luxury (met onder meer donkergrys leer sitplekke) teen R269 950. Foton glo die Tunland 4x2 gaan die 4x4 help om ’n klompie kopers by bakkieland se groot kokkedore soos Toyota en Ford af te vry. Met die bekendstelling in Johannesburg het ek net met die Luxuryweergawe be stuur, en al was dit ’n korterige rit, het ek dit só geniet dat ek niksvermoedend te vinnig deur ’n spoedlokval geseil het – een wat mooitjies aan die onderkant van ’n bult gesit het. Die Tunland se hoogte punt is sy ywerige Cumminsturbodiesel enjin van 2,8 liter wat 120 kW en 360 Nm wringkrag beskikbaar stel en wrag gies lekker trek wanneer hy moet. Die afwerking in die kajuit is goed, en die knoppies en kontroles lyk of dit ge
bou is om te hou, anders as waaraan ons gewoond is in soveel Chinese rygoed. Die agterste ry sitplekke het ook verbasend baie uitstrekplek, meer as baie van sy mededingers. Die enigste afrondingsfout jie was te bespeur op die USBprop se rubberhuls, wat gelyk het of dit met iets warms in aanraking was. Ons het ook gesukkel om die ritrekenaar se skrif te lees in helder lig. Die ratkas was effens stram, maar dit sal dalk losser raak wan neer ’n mens dit baie gebruik. Dit was geensins raserig terwyl ons gery het nie. Die Tunland is beslis een van die mooier bakkies op die pad. Hy lyk sterk en eiesoortig – veel beter as sy onaan sienlike ouboet, die Thunda. Die buiten ste deurhandvatsels het besonder mooi detail en die deure voel lekker stewig met die oopen toemaakslag. Die vensters is elektries, maar die Luxuryweergawe s’n het ook ’n antiknypfunksie. Wat veiligheid betref, is daar twee lug sakke vir die voorste insittendes. Sluit
’n motor gesien nie.” Op pad terug besluit ek om met die minder goeie R320 langs terug te ry, om my avontuurlus se onthalwe. Halfpad is daar egter ’n bordjie wat sê die pad is toegemaak en motoriste moet die grond pad deur Tesselaarsdal neem. Dis ’n ver late en stowwerige uitstappie, en twee keer kom ’n haastige boer in ’n bakkie verbygejaag. My gemiddelde spoed is so 85 km/h, want ’n grondpad is niemand se speelmaat nie. Maar die CC gedra hom perfek. Die veringstelsel absorbeer elke skok, en die enigste ratelgeluid is my handsak se metaalhandvatsels. Ek geniet die pragtige roete met die gerustheid dat die glybeheer die CC se wiele rotsvas op die aarde hou. Kfm speel lekker musiek uit die uitstekende klankstelsel, en on danks die grondpad is dis verbasend stil in die kajuit. ’n Halfuur later kom ek eindelik op die R43teerpad anderkant Stanford uit waar ek kan regs draai Her manus toe. Die pad is weereens stil… en
ek sit voet in die hoek. Wat so lekker is van die lewendige tweeliterturbodiesel is dat die kraglewering so geleidelik en be skaafd gebeur, maar terselfdertyd met se kerheid en oorgawe. Die sesgang outo matiese ratkas se oorskakeling gebeur só saggies dat ek skaars daarvan bewus is. Die stuur voel effens ligter as wat ek sou verkies, maar dis nie werklik iets om oor te kla nie. As parallelle parkering jou doodsteek is, kan jy met die druk van ’n knoppie die parkeerhulp aktiveer. Die CC se sen sors kan dan ’n parkeerplek tussen ander karre “sien” wanneer jy verby ry. Sodra jy die kar dan in trurat gesit het, kan jy maar die stuurwiel los en kyk hoe hy vanself draai tot jy netjies in die parkeer plek staan. Al wat die bestuurder hoef te doen is rem. Ek was lanklaas so traag om ’n kar te rug te gee, ook omdat die 70litertenk nog ’n derde vol diesel was! Teen R387 600 is die CC TDI DSG ’n goeie kopie, veral as jy sy rygenot, gerief en gehalte in ag neem – om nie eens te praat van al die geld wat jy op brandstof gaan be spaar nie. Behoort jy eerder ’n Audi A4 2.0 TDI Multitronic (R368 500) of BMW 320d Steptronic (R408 500) te koop? Miskien, maar dan moet jy jou reg maak om heelwat harder te hoes vir sommige ekstras. In die CC is dinge soos die parkeerhulp en verhitte leersitplekke standaardtoerusting.
Foton Tunland 2.8 ISF 4x2 (dubbelkajuit)
Nuut
Chinese bakkies maak vordering wat gehalte betref. Die nuwe dubbelkajuitTunland 4x2 is ’n voorbeeld hiervan | FOTO: VERSKAF weerremme met elektroniese remkragver spreiding plus remhulp is standaard. Die deure sluit vanself wanneer ’n mens weg ry, daar’s ’n alarmstelsel en die ligte het ’n “volg my huis toe”funksie, wat bete ken hulle bly aan terwyl jy buite in jou handsak grawe vir jou voordeursleutels. Volgens Foton kan die Tunland 2,5 ton sleep. Wat meer wil jy van ’n dubbelka juitbakkie in hierdie prysklas hê? Naver
kope sluit ’n driejaar of 100 000 km waarborg in, plus ’n tweejaar of 40 000 km diensplan en drie jaar se padby stand. PRYSE Tunland 2.8 ISF 4x2 Comfort (dubbelkajuit) – R249 950 Tunland 2.8 ISF 4x2 Luxury (dubbelkajuit) – R269 950
17 Februarie 2013
InRat I
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Motor van die Jaar Aangebied deur Wesbank en die SuidAfrikaanse Motorskrywersgilde
Watter wa gaan die kroon dra? VANDEESWEEK HET 29 LEDE VAN SUIDAFRIKA SE MOTORSKRYWERSGILDE DIE 12 FINALISTE IN VANJAAR SE MOTOR VAN DIE JAARKOMPETISIE BY DIE GEROTEKTOETSBAAN NABY PRETORIA GEËVALUEER. NADAT HULLE GESTEM HET, SAL DIE WENNER OP 6 MAART BY ’N GLANSDINEE IN JOHANNESBURG AANGEKONDIG WORD. HIER IS DIE TWAALF, MET ’N KORT INRATMENING OOR ELKEEN.
BMW 320i outomaties – R379 000
Kia Rio 1.4 TEC Hatch MT – R182 995
Nissan Juke 1.6 DIGT Tekna – R279 900
Die Beierse ikoon pryk al ses keer op dié trofee – die meeste van al die deelne mers tot nog toe. Statistiek tel dus in sy guns. Die outomatiese 320i sorg vir ’n gerieflike dog sportiewe bestuurservaring, veral danksy die turboaanjaer onder die kap – dié lewendige perd laat sy voor ganger, die “ou” 320i, soos ’n donkie voel. Jy kan maar jou geld op hom sit.
Die Rio is die hoofkarakter in Kia se suk sesverhaal. Hy bring stilistiese opwinding na ’n saai segment, met byspelers soos die Hyundai i20, VW Polo, Opel Corsa en talle vergeetbare Chinese waentjies. Dan is hy nog vrygewig toegerus én nie te duur nie. ’n Gebrek aan verrigting in die Hoëveld se dun lug is al wat hom kan kelder.
Die Juke se verdelende ontwerpstyl het op die minste slegte buurmanskap ver oorsaak en op die ergste huwelike ver woes. Nou verkoop hy soos ANClidmaat skap voor Mangaung. Dié turboweergawe verskaf die bestuursgenot van ’n Golf GTI, maar jy kan hom steeds met gemak teen ’n sypaadjie op ry.
Ford Ranger 3.2 XLT turbodiesel4x4 (dubbelkajuit) outo maties – R456 992
Lexus GS 350 EX – R584 900
Die VW Amarok het die weg gebaan vir bakkies om by die agterdeur in te glip en in ’n motorkompetisie mee te ding. Bak kies het wel nie hulle eie kompetisie nie, en die Overbergse boere praat van ’n bakkie as ’n “kar”. Tog gaan die Ranger nie wen nie, want van die beoordelaars sal nie gemaklik wees met sy deelname nie. Al is dit ’n wonderlike bakkie.
Hyundai i30 1.8 Executive – R257 900 Die i30 is die skoonheidskoningin in sy klas en is goed toegerus, en voel na ge halte. Maar die enjin en hantering inspi reer ’n mens nie juis nie. Daar sal ook ’n sentiment wees dat haar sedanbroer, die Elantra, verlede jaar gewen het en dat die troon nie weer in die Hyundaistal moet staan nie. As ’n mens af en toe terpentyn onder sy stert kon verf, sou sy kanse ook beter gewees het.
Die nuwe GSreeks, wat groottegewys in die MercedesBenz Eklas se liga speel, is ’n uitmuntende motor. Maar hy verteen woordig nie so ’n groot sprong vorentoe dat hy die beoordelaars opgewonde gaan maak nie. En dan is daar altyd die moontlike persepsie dat die GX ’n glorifi ed Toyota Camry is.
MercedesBenz B180 CDI BlueEfficiency 7GDCT – R343 000 Kyk na die nuwe BKlas en nuwe AKlas wat binnekort land, en dit word duidelik dat MercedesBenz die gemiddelde ouder dom van Merckopers heelwat gaan af bring. Die B180 CDI is ’n ruim, veilige, le wendige ryding. Ongelukkig herinner die voorkoms ’n mens steeds ’n bietjie aan ’n broodwa, en sy rit is te hard. Die ver vaardigers moes hom liewer in ’n “sagte” veldryertjie verander het. Dís mos wat al mal nou koop.
Opel Meriva 1.4T Cosmo – R265 500 Die Opel Meriva is ’n lekker ruim mikro minigesinsbussie met ’n vars voorkoms. Sy deure maak na weerskante toe oop soos kasdeure, wat dit maklik maak om kinders en oumense in te laai. Die turbo enjintjie is lewendig, maar uiteindelik is die Meriva eenvoudig net nie “hoof stroom” genoeg om met die louere weg te stap nie.
Porsche Boxster (2.7 PDK) – R589 000 Porsches is perfek in byna elke opsig. Hulle is nie altyd visueel aanvaarbaar nie (dink maar aan die Panamera en ouge slagCayenne) maar hou vir ewig, behou hulle waarde en sorg vir bedwelmende rygenot. Porsche SuidAfrika kon egter steeds nie daarin slaag om ’n Boxster vir InRat te stuur nie, dus kan ons nie ’n eerstehandse mening gee nie.
Range Rover Evoque Si4 Dynamic 5deur – R616 800 Die koms van die Evoque (uitgespreek “Iewouk”, volgens Jaguar Land Rover) het ryk, verveelde, trofeehuisvroue tydelik oor iets ander laat praat as Botox, Jimmy Choo se uitverkoping en by watter spa jy ’n bietjie meer as net ’n massering kan kry. Hy’s mooi, maar verdien nie heelte mal die ophef nie. Hy staan egter ’n goeie kans om te wen.
Toyota 86 High Spec 6MT – R334 500 Nes Mazda bekostigbare roadsters terug gebring het met die MX5, het Toyota nou die bekostigbare sportkoepee (met agterwielaandrywing) laat herleef. Die 86 is ’n plesiermasjien en as jy eers die sleu tel in jou hand het, kan ’n dinamietkers dit nie losskiet nie. Twee dinge pla: die bagasiebak het net genoeg plek vir ’n Barbiepop se klere, en sy verrigting ly moontlik ook te veel op die Hoëveld.
Toyota Yaris 1.5 HSD Xs – R230 600 Die Yaris HSD is ’n vreugde om te be stuur en perfek vir tieners wat snags Ma se kar wil “leen”, omdat hulle hom op batterykrag geruisloos by die motorhuis kan uitry. Die Yaris HSD verteenwoordig weldeurdagte, bekostigbare hibriedtegno logie – die elektriese motor se battery is byvoorbeeld nie in die bagasiebak nie. Al wen hy dalk nie is hy reeds pendelmo tor van die jaar in ons oë.
II InRat
17 Februarie 2013
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Finalis
Promosieartikel: Toyota 86 High Spec 6MT
Ikoon van ’n nuwe orde
T
oyota en motorry-pret... dis soos “militere intelligensie” of “korrupsievrye regering” – ’n oksimoron. Wel, dalk was dit voorheen die geval, maar nie meer nie. Want nou het Toyota die 86 die lig laat sien, en dis sekerlik die prettigste sportkoepee wat die laaste paar jaar op die toneel verskyn het. Dit het egter nuwe bloed, in die vorm van Akio Toyoda, agterkleinseun van die stigter van Toyota, én motorsport-insig (Toyoda hou graag sy lyf renjaer en het selfs sy eie motorsportspan) gekos om
Finalis
die 86-projek op dreef te kry. Om so ’n bekostigbare volbloed-sportmotor te bou het Toyota teruggekeer na die basiese beginsels wat motorry prettig en genotvol maak – lae gewig, genoeg krag en ’n stewige dog plooibare onderstel. Boonop het die maatskappy se sportmotor-erfenis inspirasie verskaf, met die klassieke klein Toyota Sport 800 wat die bokser-uitleg vir die enjin vasgelê het, terwyl die pragtige Toyota 2000GT ontwerprigting gegee het. Dis egter die Co-
rolla Levin AE86, oftewel “Hachiroku”, wat die geestelike voorganger vir die nuwe 86 is. Ook interessant is dat dié model toegerus was met ’n vroeë weergawe van die 4A-GE-enjin wat nou kultusstatus hier geniet, en ook die enigste twee Toyotas wat hier aangewys is as Motor van die Jaar – die Corolla Twin Cam in 1986 en die Corolla GLi Executive in 1989 – aangedryf het. Die 86 is spesifiek ontwerp om soveel as moontlik pret teen die laagste moontlike prys te bied. Daarom het Tet-
Die opwindende Toyota 86 kondig ’n nu we era by dié motorreus aan FOTO: QUICKPIC suya Tada, die hoofingenieur, en sy Subaru-eweknie, Toshio Masuda, hand en tand vir drie kernkomponente baklei: agterwielaandrywing, geen turbo-aanjaer nie, en gewone bande. Die 86 se turbolose bokser-enjin, met ’n boorwydte en slaglengte van 86 x 86 mm, ontwikkel ’n stewige 147 kW teen 7 000 r/min. en 205 Nm wringkrag tussen 6 400 r/min. en 6 600 r/min., wat dan deur ’n sportiewe sesganghandratkas en Torsen-vastrapewenaar na die agterwiele herlei word. Die plooibare enjin, seepgladde ratkas, nuwe onderstel met MacPherson-stuttipe voorvering en dubbelmik-agtervering, ’n gewig van net 1 239 kg, asook ’n lae swaartekragmiddelpunt (460 mm) en gewigverspreiding van 53:47, sorg dat die 86 uitmuntend hanteer. Binne is die vorm, uitleg en samestelling van die instrumente, die posisie van die stuurwiel, die werking van die skakelaars, asook die vorm en afwerking van die sitplekke geheel daarop gefokus om ’n optimale ry-ervaring te bewerkstellig. Met sy unieke dryfstelselformaat, kompakte ontwerp, ligte gewig en goeie krag-tot-gewig-verhouding wat sorg vir suiwer hantering, dinamiese ratsheid en uitstekende draaivermoë, is die luukse 86 High Spec 6MT (teen ’n prys van R334 500) beslis spesiaal. Hy het al klaar ’n hele spul titels agter sy naam, soos Top Gear se Motor van die Jaar en die Nieu-Seelandse Motor van die Jaar (albei vir 2012) en daarom meen ons dié ratse klein koepee het ’n goeie kans om ook hier met die titel weg te stap.
Promosieartikel: Toyota Yaris 1.5 HSD Xs
Hibriede tegnologie vir die mensdom D
ie Yaris HSD vorm deel van Toyota se strategie om hibriede weergawes vir elk van sy reekse te ontwikkel. Of jy met dié tegnologie saamstem of nie, dis hier om te bly. Hierdie motor bewys hibriede tegnologie werk ook in klein motors (die Yaris HSD is die kleinste en bekostigbaarste volhibried wat nou beskikbaar is), wat dit toegankliker maak vir ’n breër kopersmark. Die HSD onderskei hom van ander Yaris-weergawes met ’n eksklusiewe, lugdinamiese stileringspakket, en dié baadjie is nie net mooi nie, maar ook funksioneel. Die groter luginlaat voor met hersiene buffer-ontwerp verseker goeie verkoeling vir die hibriede aandrywingstelsel, en talle komponente onder die motor verbeter lugvloei om die Yaris die beste sleursyfer in sy klas – net 0,286 Cd – te gee. Binne is daar ook eksklusiewe hibried-kentekens en -kenmerke. Die driedimensionele instrumente het silwerkleurige ringhulse, en ’n Toyota Touchstelsel in die middelkonsole bevat ’n hibried-energiemonitor, sowel as die beheerknoppies vir die lugreëling. Buiten vier lugsakke het die Xs ook sluitweerremme met elektroniese remkragverdeling, noodremhulp, asook stabiliteitsbeheer, wat die Yaris ’n vyfsterbotsgradering in die streng EuroNCAPtoetse besorg het. Sy verkleinde hibriede aandrywingstelsel bestaan uit ’n hersiene weergawe van die 1,5 liter Atkinsonsiklus-petrolenjin met VVT-i in die tweedegeslag-Prius (55 kW en 111 Nm wringkrag), gekoppel aan ’n elektriese motor, kragomsetter, kragverdelingstoestel en dubbelmotorratmeganisme wat gehuisves word in ’n
Stygende brandstofpryse maak die Yaris al meer begeerlik. Boonop is hy pret om te bestuur | FOTO: QUICPIC ligte, kompakte transmissiehuls. Die elektriese motor wek 45 kW en 169 Nm op, en sy 144 V-nikkelmetaalhidriedbattery is klein genoeg om onder die agtersitplekke te pas, wat beteken die HSD behou die 286 liter-bagasieruim van die gewone model. ’n Kleiner E-CVT-palwisselratkas met twee bykomende rymodusse, Eco en EV, dryf die voorwiele aan en gee die HSD
aanvaarbare verrigting en uitstekende verbruik – volgens Toyota net 3,8 liter/100 km met CO2-uitlaatgasse van net 88 g/km – die beste in sy segment. Sonder ’n koppelaar, aansitter, alternatorband of tydketting in sy aandrywingstelsel behoort die HSD se instandhoudings- en loopkoste laer te wees as dié van ’n gewone petrolmotor, en die Xsvariant se prys van R230 600 is ook re-
latief mededingend. In die laaste jare het ’n hele klomp hibriede rygoed finalisstatus behaal in die Motor van die Jaar-kompetisie, maar die trofee het hulle tot dusver ontwyk. Die Yaris HSD is sekerlik die beste hibried-kandidaat tot dusver, maar of daar genoeg waardering gaan wees vir sy gevorderde tegnologie en groen getuigskrif, gemeet aan sy prys, bly ’n ope vraag.
17 Februarie 2013
InRat III
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Promosieartikel: Lexus GS350 EX
L
Die spil waarom als draai
Die GS se aantreklike, spoelvormige neus pryk op al meer Lexusmodelle | FOTO: LEXUS te help. Binne is die EX weelderig uitgevoer met sagte leer, en daar’s ’n middelkonsole wat uit een soliede stuk aluminium gesny is, netjiese houtgrein-afwerking en die motorwêreld se grootste elektroniese multiskerm. Met meer kop-, knie-, been- en voetruimte as sy voorganger; hersiene deuropeninge vir makliker toegang; en ’n groter, dieper en wyer bagasiebak het
die nuweling ’n innoveringsprys losgeslaan op die wêreldwye Automotive Interior Expo in 2012. Buiten sy byna ongeëwenaarde lys van standaard-toerusting het die GS350 ook ’n juweel van ’n enjin. Die 3,5 literV6 met VVT-i grom heerlik wanneer hy sy 233 kW en 378 Nm deur ’n sesgangECT-i- outomatiese opvolgratkas met Drive Mode Select-beheer (Eco-, Normal-
en Sport-modus) aan die agterwiele beskikbaar stel. Paddinamika was ook ’n fokuspunt, en met ’n stewiger onderstel, wyer spoor, 18-duim-bande en hersiene veerstelsel is die GS nou heerlik vasvoetig – en selfs prettig – in die draaie... Die jongste Lexus verdien sy status as finalis, want in sy nuwe gewaad is hy opgewasse teen die beste in sy klas.
10006255JB/
JHB/A
exus, in teenstelling met ander weeldemotorvervaardigers soos Mercedes-Benz, BMW en Audi, het vyf jaar laas ’n finalis in die Motor van die Jaar-kompetisie gehad: die indrukwekkende Lexus LS460. Met dié vervaardiger se uitmuntende vertoning in die Amerikaanse JD Power-gradering vir bougehalte die afgelope dekade, tesame met sy goeie naam vir betroubaarheid en duursaamheid, sou ’n mens verwag méér van sy produkte sou oor die jare heen as finaliste gekies word. Nou, waarom nie? Wel, behalwe vir ’n kleiner produkverskeidenheid, het sy motors, weliswaar topklas, nog nooit werklik visueel uitgestaan nie. Wat stilering betref, het die Japannese weeldevervaardiger agtergebly, veral gemeet aan sy Europese mededingers. Maar dít het nou verander, want met die nuwe Lexus GS350 EX is ’n nuwe, meer radikale, ontwerprigting ingeslaan – wat vergestalt word in die nuwe spoelvormige rooster wat voortaan op alle Lexus-modelle sal pryk, die sogenaamde Spindle. Dié ontwerpkonsep het sy oorsprong in die lang geskiedenis van Toyota (waarvan Lexus deel is), want voordat die motorreus karre gebou het, het hy weeframe vir die tekstielbedryf vervaardig, en die spoel, met sy kenmerkende vorm, was letterlik die spilpunt van dié weefmasjiene. In moderne Lexus-gestalte vorm dit ’n mooi aërodinamiese geheel saam met die aggressiewe voorbuffer. Versonke projektortipe hoofligte en LED-dagryligte dra by tot die sportiewe gevoel, en agter is dit te sien in ’n buffer met ’n lugverspreider en L-vormige LED-ligte met spesiale vinne om lugdinamika aan
Finalis
die2013motorvandiejaarfinaliste NET EEN STAL DEK ’N KWART VAN DIE WEDREN
Met ’n kwart van die Motor van die Jaar 2013 finaliste wat uit die Toyota-groep kom, kan Lexus GS 350 EX, Toyota 86 Hoë Spesifikasie handrat en Toyota Yaris 1.5 HSD XS bestuurders net so trots voel soos ons.
IV InRat
17 Februarie 2013
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Finalis
Promosieartikel: MercedesBenz B180 CDI BlueEFFICIENCY 7GDCT
Die nuwe BKlas slaag daarin om ’n kompakte veeldoelvoertuig sportief én jeugdig te laat lyk | FOTO: QUICKPIC
In ’n ander(se) klas W
aar’s die dae toe ’n MercedesBenz nog, wel, soos ’n Merc gelyk het? Deesdae gee Stuttgart die toon aan met treffende, onkonvensionele ontwerpe, maar tradisionele sedanlyne is nou in weinig van sy modelle te bespeur... Dit het alles begin toe die Duitse vervaardiger sy weeldemarkfokus laat vaar en ook in ander marksegmente begin speel het. Die gevolg hiervan was die radikale A-klas – ’n aweregse ingenieurstudie in vernuftige ruimtebenutting, maar met geen lyne wat sy stamboom verklap nie. Ook die B-klas kort daarna het wat ontwerp en uitleg betref, die voorbeeld van die A-klas gevolg – in skerp teenstelling met die BMW 1-Reeks en Audi A1, tradisioneel Merc se mededingers, wat die tradisionele lyne van hulle groter stalmaats nagevolg het. Die tweede geslag B-klas bou voort op sy voorganger se nalatenskap, in wat Mercedes beskryf as “ ’n nuwe era vir
die kompakte sport-toermotorklas”. In wese beteken dit die nuwe B-klas is net so gerieflik en ruim soos die vorige model, maar aansienlik doeltreffender, ratser en dinamieser wat ontwerp en tegnologie betref. Dit sien ’n mens ook in die B-klas se afmetings – die nuweling is langer en breër as sy voorganger, maar byna 50 mm laer. Sy buitestilering het steeds miniveeldoeler- gekruis met luikruglyne, maar hy is nou meer verfyn en sportief elegant met ’n sleurkoëffisiënt van net 0.26. (Die nuwe A-klas, in wese ’n kleiner, bonkiger weergawe van die B-klas, is onlangs in ’n Duitse kompetisie aangewys as die mooiste motor van die jaar – dit wys Mercedes se nuwe ontwerpstyl vind wél aanklank...) Binne is die sitplekhoogte in verhouding tot die pad met 86 mm verlaag, maar die sitposisie is nou meer regop. Terselfdertyd is kopruimte aansienlik verbeter, asook beenruimte agter. Soos wat ’n mens van ’n Mercedes-
Benz verwag, is die binneruim afgewerk met materiale van hoë gehalte, en hy spog met toerusting wat normaalweg net in duurder rygoed te kry is. Drie toerustingvlakke – Sport, Exclusive en Night – is beskikbaar, elkeen smaakvol in eie reg. ’n Wêreld-eerste in die kompakte klas – en standaard in die B-klas – is ’n radargegronde botswaarskuwingstelsel met remhulp wat deur middel van klankwaarskuwings die gevaar van botsings van agter verminder. Hierdie “demokratisering” van veiligheid word voortgesit met ander Mercedes-Benz-ontwikkelings soos Pre-Safe en Attention Assist, asook die Comandmultimediastelsel en ECO-stop-rystelsel. Boonop het die B-klas splinternuwe enjins met onder meer direkte inspuiting en turboaanjaging, asook dubbelkoppelaar- of handrat-transmissiestelsels, wat tot 21% suiniger is as hulle voorgangers. Die B180 CDI se derde geslag viersilin-
der-turbodieselenjin van 1,8 liter, wat 80 kW en 250 Nm teen ’n lae 1 400 r/min. lewer, is die eerste diesel wat dwars in ’n Mercedes-Benz gemonteer word. Die enjin lewer ongelooflike verbruik(4,4 liter/100 km) en uitlaatgassyfers (121 g CO2/km) en is saam met die nuwe kompakte 7G-DCT-dubbelkoppelaar-ratkas in die B-klas ontwikkel. Drie kenmerke gee die B180 CDI besonder ratse hantering: sy laer swaartekragpunt, ’n nuwe vierskakel-agteras en ’n verbeterde elektroniese stabiliteitsbeheerprogram. ’n Sportveringstelsel met stewiger skokbrekers en ’n elektromeganiese Direct Steer-stuurstelsel is ook beskikbaar. Alles in ag genome is die nuwe B180 CDI (outomaties) ’n anderse dog uiters welkome toevoeging tot Stuttgart se stal, en sy prys van R343 000 is in Mercedes-Benz-terme heel skaflik. Moontlik kan dié model Mercedes-Benz weer ná 26 jaar ’n Motor van die Jaar-toekenning besorg.
17 Februarie 2013
InRat V
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Maak plek vir die volgende generasie. Die nuwe Mercedes-Benz B-Klas. Met ’n weelderige binneruim en vindingryke veiligheidskenmerke soos Botsingvoorkomingsbystand, ’n intelligente radar-gebaseerde vermydingstelsel, is die nuwe B-Klas aan die voorpunt as dit by praktiese motors met ’n lekker jong geaardheid kom. Maak sommer vandag nog ’n draai by jou naaste handelaar of vir meer inligting besoek www.mercedes-benz.co.za/b-class.
%BJNMFS IBOEFMTNFSL
* Nou beskikbaar in petrol- en dieselmodelle. Voertuigspesifikasies mag verskil vir Suid-Afrikaanse mark.
VI InRat
17 Februarie 2013
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Promosieartikel: Range Rover Evoque Si4 Dynamic vyfdeur
Finalis
’n Fantasie word verwesenlik T
oe Jaguar Land Rover sy LRXkonsep in 2008 die eerste keer by die Detroit-motorskou aan die wêreld gewys is, was almal onmiddellik verlief. “Alles goed en wel,” het die skeptici gesê, “maar die eindproduk sal nooit so lyk nie. Nie nadat die boontjietellers al die pret bederf het nie.” Drie jaar later is die produksieweergawe van die konsep onthul… en die Evoque gedoop. Wat merkwaardig is, is dat die Evoque so te sê ’n spieëlbeeld van die LRX-konsep is – iets wat nie dikwels gebeur nie, omdat ontwerpers se fantasieë te duur is om werklikheid te word. Die Evoque betower bewonderaars nie net met sy voorkoms nie, maar ook met die binneruim. Kopers van sogenaamde premiummotors wil graag hulle persoonlike stempel op hulle ryding afdruk. Daarom gee Range Rover elke eienaar die geleentheid om sy of haar Evoque vir sy (lewen)styl te bou. ’n Groot aantal samestellings van kleure, materiale en toerusting is beskikbaar, dinge soos kontrasterende dakkleure en pragtige ontwerpinterieurs. ’n Lang “panoramiese” glasdak (standaard) laat die kajuit oop en lig voel. Die Range Rover Evoque Si4 Dynamic beskik oor ’n viersilinder-2,0 liter-turbopetrolenjin met lae brandstofverbruik en ’n elastiese karakter wat ywerige versnelling bied, ook teen lae enjinomwentelings. Al vier wiele word aangedryf deur ’n sesgang- outomatiese ratkas wat met ’n elegante roterende knop pleks van ’n rathefboom beheer word. Met 177
Die Evoque trek nog net soveel aandag soos die LRXkonsep wat motorskougangers in 2008 laat swymel het | FOTO: NP kW en 340 Nm wringkrag is die Evoque in staat tot ’n 0-100 km/h-versneltyd van 7,6 sek., terwyl die gemiddelde brandstofverbruik ’n bewonderenswaardige 8,7 liter/100 km is. Die stuur is besonder akkuraat, en daar is ratspane agter die stuurwiel indien die bestuurder graag self ratte wil wissel. Die elektriese kragstuur is snelheidsensitief en voel dus lig in die stad, maar bied op die ooppad groter weerstand. Om draaie voel die Evoque rats, kompak en vasvoetig, en daar’s byna geen sprake van ’n bak wat oorleun nie. Die vierwielaandrywingstelsel, weg-
trekhulp-funksie, outomatiese remfunksie teen hellings en Terrain Response maak die Evoque ewe vaardig op ’n nat teerpad as op ’n slegte pad na ’n wildsplaas óf selfs uitdagender terrein – alles in ongekende styl. Die Range Rover is baie goed toegerus wat veiligheid en gemak betref. Daar is onder meer ’n navigasiestelsel, truratkamera en parkeerhulp voor, ’n kristalhelder klankstelsel met 11 luidsprekers, afdraandebeheer, stabiliteitsen glybeheer, anti-rolbeheer, verstelbare beligting vir die binneruim, Trailer Stability Assist (as daar ’n sleepstang is) en
sewe lugsakke. Die 8”-raakskerm (dis 20 cm) tussen die bestuurder en voorste passasier is só ontwerp dat die passasier ’n DVD kan kyk terwyl die bestuurder die kaart op die navigasiestelsel dophou. Die hoek waaruit ’n mens na die die skerm kyk, bepaal wat jy sien. Die Range Rover het reeds ’n magdom toekennings ontvang – selfs die gewilde TV-program Top Gear se Motor van die Jaar- asook “Jeremy se Motor van die Jaar”-prys.) Niemand sal dus verras wees as die Evoque Si4 Dynamic vyfdeur ook as Suid-Afrika se Motor van die Jaar gekroon word nie.
17 Februarie 2013
InRat VII
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Finalis
Promosieartikel: Nissan Juke 1.6 DIGT Tekna Met sy aweregse voorkoms en emmers vol rygenot is Juke die kaart wat al die ander kan troef | FOTO: QUICKPIC
Astrante kalant A
s daar een finalis in vanjaar se Motor van die Jaar-kompetisie is wat uitstaan vanweë sy andersheid, is dit die Nissan Juke 1.6 DIG-T Tekna (met leersitplekke). Dié interessante, astrante kalant ly aan ’n erge persoonlikheidskrisis, en is in gewone motorterme onklassifiseerbaar. Hy val onder die generiese spesie-
beskrywing van ’n crossover-voertuig in die sportnuts-genus, met die kompakte B-segment as subgenus. Sy amper organies amfibiese lyne is te danke aan die radikale Qazana-konsepryding van 2009, wat só goed ontvang is dat hy met relatief min veranderinge tot die produksie-Juke gevorder het – selfs die rooi motorfietstenk-mid-
delkonsole en swewende instrumentepaneel is behou… Die Juke se ontwerp kan – soos ’n bulhond – beskryf word as mooi van lelikgeit. Dis dié onkonvensionele, eiesoortigheid wat hom so begeerlik maak. Sy kompakte afmetings, veelsydige pakruim, asook sy vet tekkies en hoë sitposisie dra by tot sy verleidelikheid.
Binne is die vlagskip-Tekna (met leersitplekke) boordens toe vol van elektroniese speelgoed. ’n Veelfunksie-stuurwiel (wat lyk of dit uit ’n 370Z geleen is), verhitte sitplekke, elektries-beheerde ruite en syspieëls, togbeheer, outomatiese klimaatbeheer en ’n gevorderde klankstelsel is alles standaard. Ook die I-CON-bestuurbeheer is interessant, want met dieselfde draaiknoppe beheer jy die klimaatbeheerstelsel én bestuursmodus. In D-modus kan jy kies tussen die Eco-, Normal- of Sport-verstelling, terwyl die beligtingskleur verander wanneer die klimaatmodus verstel word. Die Juke maak egter nie net op sy andersoortige stilering staat nie. Sy 1.6 DIG-T-enjin het ernstige skop, met 140 kW teen 5 600 r/min. en ’n stewige 240 Nm wringkrag. Die 0-100 km/h-lopie draf hy in minder as 8 sekondes kaf. Krag word deur ’n sesgang-handratkas na die voorwiele gestuur, en met konvensionele MacPherson-stutte (met ’n subraam) voor en wringstaafstelsel agter is sy hantering verrassend bekwaam, veral as jy sy ryhoogte en groot wiele in ag neem. Sal die Juke ’n waardige Motor van die Jaar-wenner wees? Beslis, want sy onortodokse stilering, tesame met ’n veelsydige, sportiewe pakket met ’n goeie toerustingvlak en redelike prys (R279 900), maak hom ’n voorloper wat marktendense betref. Dis taamlik seker dat ander vervaardigers ook die Juke-resep gaan beproef.
VIII InRat
17 Februarie 2013
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Finalis
Promosieartikel: Kia Rio 1.4 TEC luikrug
Gewilde groot kleinding S
edert die bekendstelling van die nuwe Kia Rio-luikrug in November verlede jaar het dié kleinding wat verkope betref, goed gevaar in die plaaslike mark, en ook met heelwat toekennings en pryse – nasionaal én internasionaal – weggestap. Dis nie moeilik om redes hiervoor te vind nie, want die derde geslag Rio beskik oor al die kenmerke wat ’n ongekende bloeitydperk vir dié Koreaanse vervaardiger ingelui het. Dit word verder bevestig deur plaaslike uitkloptoetse in sy klas waarin die klein Kia-topverkoper uitmuntend vertoon het. Die benoeming van die Rio vir vanjaar se Motor van die Jaar-kompetisie onderstreep Kia se opgang verder, want dis die derde opeenvolgende finalis uit sy stal – die Picanto was verlede jaar ’n finalis, en die Sportage in 2010, vir die 2011-kompetisie. Vergeleke met sy voorganger (om nie eens te praat van die eerste geslag nie!) het Kia ’n kwantumsprong geneem met dié nuweling, wat verlede jaar op die Geneefse Motorskou aan die wêreld onthul is. Die Rio is, danksy Peter Schreyer, ’n verdere evolusie in Kia se ontwerpfilosofie wat met die Sportage en Picanto gestalte gekry het, en is ligjare verwyder van sy voorganger se doodgewone, vervelige stilering. Voor gee die reeds kenmerkende “tierneus”-sierrooster, met die Kia-kenteken nou bo-op en nie deel daarvan nie, saam met die voorste buffer en lugskort die kar ’n robuuste, amper aggressiewe voorkoms. En net vir afronding het die TEC-model ook dagryligte (én LED-ligte agter) – heel ongewoon in hierdie segment. Sy korter oorhang voor (25 mm minder), 15 mm laer daklyn en groter glasoppervlak, tesame met ’n stewige wigvorm, laat die Rio dinamies en sportief vertoon, en die TEC-model se 17-duimwiele dra verder hiertoe by. Die Rio is ook langer (20 mm) en breer as sy voorganger, met ’n langer asafstand (70 mm meer), wat meer binneen bagasieruimte beteken, en sy laer daklyn gee hom ’n sleurkoëffisiënt van
Die Kia Rio 1.4 TEC luikrug beskik oor die voorkoms, toerusting en gehalte om vanjaar se wenner te wees | FOTO: QUICKPIC 0,32. Ook sy binne-ontwerp is nou verfynd en byderwets, met sterk horisontale lyne vir ’n groter gevoel van ruimte, ’n drie-silindriese instrumentepaneel vir goeie leesbaarheid, en beter materiale (die TEC-model het leersitplekke) met goeie afwerking. In kort: Die Rio voel binne soos ’n groter ryding in ’n hoër klas, en dit word versterk deur sy lys van toerusting, wat insluit klankbeheer op die stuurwiel, ’n radio-CD-speler met onder meer handvrye Bluetooth en ses luidsprekers, klimaatbeheer, ’n parkeerhulpstelsel en reënsensitiewe ruitveërs. Onder die enjinkap is die Rio TEC-
model met Kia se verbeterde Gammaenjin van 1,4 liter met dubbele CVVT (voortdurende kleptydreëling) toegerus, wat sorg vir ’n lewendige 79 kW en 135 Nm wringkrag. Dit gee die Rio mededingende verrigting en verbruik – tussen 5,4 liter/100 km en 6,4 liter/100 km, volgens Kia – met ’n CO2-uitlaatgas-gradering van 151 g/km vir die sesgang-handratmodel. Ook die veerstelsel – MacPhersonstutte voor en ’n gekoppelde wringstaafas, oftewel CTBA, in Kia-taal, agter – is in die geheel herontwerp vir beter hantering en padhouvermoë. Die agtervering is stewiger om stuurtraagheid teen
Motor van die Jaar
Byna 30 jaar se kampioene
Hoe kan ’n sportmotor met ’n bakkie meeding? V
ir diegene wat nie verstaan hoe ’n kar van R183 000 en een van R616 000 teen mekaar mekaar te staan kom nie – onthou, die beoordelaars se opdrag is om elke ryding in sy segment te oor weeg. Streng gesproke kom die Kia Rio dus nie teen die Range Rover Evoque te staan nie. Die 86 ook nie teen die Ran ger nie. Dit werk só: Die Lexus 350 EX (’n fi nalis) moet byvoorbeeld beter geag word as sy klasmaat, die BMW 528i (wat nie ’n finalis is nie). Op sy beurt moet die Yaris HSD (’n finalis) beter wees as die Honda Jazz Hybrid (nie ’n finalis nie). En sy oorhand oor sy klaslede moet die grootste van al die kandidate wees. Hy moet dus ligjare beter wees as die ander rygoed in sy klas. Die bane by Gerotek stel die paneel in staat om die voertuie te evalueer op roetes wat ontwerp is om die voertuie te toets op ’n soortgelyke manier waarop die gemiddelde eienaar hulle sou gebruik. Die toetsdae gee die beoordelaars die
Die BMW 528i was 1997 se wenner FOTO: BMW geleentheid om hulle weer met die voer tuie vertroud te maak en te let op spesi fieke aspekte soos die estetika, bougehal te, ergonomie, brandstofverbruik, omge wingsvriendelikheid, veiligheidstoerusting en waarde vir geld. Hoewel al die finaliste as voorbeelde van uitstaande ingenieurswese geag word, kan daar net een wenner wees, en in die oë van die paneel sal daardie
te werk, en wielbeweging is nou 10 mm groter. Wat veiligheid betref, is die TEC-weergawe met ses lugsakke toegerus, en aktiewe stelsels soos sluitweerremme met elektroniese remkragverspreiding is standaard. Dit is dus duidelik dat die Rio 1.4 TEC met sy prys van R182 995 (waarby ingesluit is ’n vyfjaar- of 100 000 km-waarborg en vierjaar/60 000 km-diensplan) goeie waarde vir geld bied. Moet dus nie verbaas wees as die Rio ’n tweede agtereenvolgende Motor van die Jaar-titel aan ’n Koreaanse vervaardiger besorg nie.
ryding volwaardige motoruitnemend heid versinnebeeld. SuidAfrika se Motor van die Jaar kompetisie word die afgelope 28 jaar ge borg deur WesBank, met bykomende ondersteuning van Total en Hollardver sekering. Nadat Total onlangs sy betrok kenheid beëindig het, het die smeermid delmaatskappy Motul as medeborg toe getree. – Justus Visagie
Onthou jy nog? Hier’s vammelewe se wenners: 1986 Toyota Corolla Twincam Sprinter 1987 MercedesBenz 260E 1988 BMW 735i 1989 Toyota Corolla GLi Executive 1990 BMW 535i 1991 Opel Monza 160 Gsi 1992 Nissan Maxima 300SE 1993 BMW 316i 1994 Opel Kadett 140 1995 Opel Astra 160iS 1996 Audi A4 1.8 1997 BMW 528i 1998 Ford Fiesta Fun 1999 Alfa Romeo 156 2.0 Twin Spark 2000 Renault Clio 1.4 RT 2001 BMW 320d 2002 Audi A4 1.9 TDI 2003 Volkswagen Polo 1.4 TDI 2004 Renault Mégane II 1.9 dCi 2005 Volvo S40 2.4i 2006 Audi A3 Sportback 2.0T FSI 2007 Honda Civic 1.8 VXi Sedan 2008 Mazda2 1.5 Individual 2009 Honda Accord 2.4 Executive 2010 Volkswagen Golf 6 1.4 TSI 2011 BMW 530d en Volkswagen Polo 1.6 TDI (77kW) Comfortline 2012 Hyundai Elantra 1.8 GLS
17 Februarie 2013
InRat 7
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Nuus
’n Nuwe motor nou makliker bekombaar D
ie koste daarvan om ’n motor te besit maak dit vir baie voornemen de kopers moeilik – en selfs on moontlik – om in ’n nuwe motor te kan wegry, selfs al het huurkoopkontrakte en finansieringspakkette die afgelope jare vindingryker geword. Nou is daar ’n alternatief beskikbaar, maar dit verg ’n kopskuif van die tradisi onele beskouing van motorbesit. Ariva, ’n “motorryplan” wat deur die Imperial en JDgroep onderskryf word, is ’n bekostigbare huurooreenkoms waar by ’n versieningskontrak ingesluit is. Volgens David Smith van LiquidCapi tal, ’n finansiëlediensteafdeling van die Imperialgroep, het die JDgroep gevind tradisionele banke keur tot 60% van aan soeke om voertuigfinansiering af. Tog het heelwat van hierdie voornemende kopers ingevolge die groep se eie kredietvereistes ’n aanvaarbare risikoprofiel. “Met die groep se ondervinding in die toekenning en bestuur van krediet was dit duidelik dat baie verbruikers wat nie aan banke se vereistes voldoen nie, vir Ariva geskikte kandidate is,” sê Smith. ’n Bewys hiervan is die termynaankope van leefstylprodukte binne die JDgroep se portefeulje (waaronder Incredible Con nection), want dit meet verbruikers se vermoë om vasgestelde maandelikse
Die skitterende Kia Picanto is deur Ariva beskikbaar | FOTO: QUICKPIC huurtariewe te delg – die grondslag van Ariva se aanbod. Die Arivaskema is gegrond op ’n mo torverhuringskonsep met volle onderhoud vir die duur van die ooreenkoms – teen ’n vaste maandelikse bedrag. Dit dek die meeste motorkostes sonder die gewone risiko’s van motorbesit, en beskerm die verbruiker teen onvoorsiene uitgawes. Volgens Smith is vasgestelde koste die sleutel tot dié kostesensitiewe intreevlak segment. “Dié vasgestelde maandelikse huurbydraes, waarby versekering inge sluit is, kan in ’n gesin of individu se be groting ingebou word, en dít skep ge moedsrus.” Hy voeg by die vaste koste beskerm
kliënte ook teen inflasie, teen verhoogde versieningskoste en versekeringspremies, asook rentekoersverhogings. “Dit maak dit makliker om jou begroting kommer vry te bestuur.” Tog is die tradisionele beskouing van voertuigeienaarskap in SuidAfrika steeds ’n uitdaging. “Mense glo nog hulle wil hulle ryding besit, selfs al is dit in die meeste gevalle ieder geval die bank s’n,” sê David. “Langtermynmotorhuurooreenkomste is algemeen in die buiteland, maar word nog nie plaaslik so goed aanvaar nie. Ons beskou Ariva as ’n volgende stap om hierdie beskouing te verander en terself dertyd meer SuidAfrikaners die geleent heid te gee om in ’n nuwe motor te ry.” Twee opsies is beskikbaar: “Premium” sluit in omvattende dekking, volledige voertuigversiening en bande vir die kon traktydperk; en “Lite” dek net die huur en versiening van die motor. Ingevolge die voorwaardes kan jy nou ’n nuwe motor ry vir 54 maande (vir tweedehandse of handelsvoertuie is ver huring beperk tot 48 maande) en daar mee saam kry jy: • omvattende versekering, ’n voertuig opsporingstelsel en diensplan; • dagennagpadbystand; • ongelukbystand en bestuur; en
Merconderhoudsplan OGILVY CAPE TOWN 56007/A
Nuus
Ariva
• ’n bonusaansporing aan die einde van die huurooreenkoms. Só kan ’n Kia Picanto 1.0 wat jou op huurkoop R3 493 per maand oor 54 maande uit die sak jaag (met 12 maande padbystand), jou deur Ariva R3 093 per maand kos (met padbystand, ’n diensplan en versekering vir die volle 54 maande ingesluit) – ’n besparing van R400 per maand, dus R21 600 oor 54 maande. Op dieselfde basis sal ’n Toyota Etios 1.5 Xiluikrug op huurkoop R3 686 per maand kos, en met Ariva se “Lite”opsie R3 349. Dis R317 per maand minder, ofte wel ’n besparing van R17 118 oor 54 maande. Maar wat is die beperkinge? Wel, jou keuse van nuwe voertuie is beperk tot die handelsname in die Imperialgroep; alle versiening vir die duur van die oor eenkoms is by Imperialhandelaars (wat beperkte verteenwoordiging in sommige landstreke het); en die klem is op kleiner, goedkoper voertuie. “Ons fokus is op die prysklas onder R150 000,” sê Smith. “Al het Ariva voer tuie in die meeste marksegmente beskik baar, is ons doel om meer verbruikers toegang te gee tot die motormark.” Indien jy sukkel om voertuigfinansie ring te bekom, kan jy Ariva besoek by www.ariva.co.za, die aansoekvorm voltooi en dan kies uit die reeks motors wat be skikbaar is by meer as 250 Arivageak krediteerde handelaars. As jou kredietaansoek goedgekeur word, betaal jy een maand se huur voor uit, en betalings vir die res van die kon traktydperk word per debietorder afge trek. Vir nog inligting kan jy ook 0 0860 0 ARIVA (27482) bel. – Ferdi de Vos
Van die begin van die jaar het elke nuwe Mercedes Benzmotor die nuwe, langer onderhoudsplan FOTO: NP
Besoek vwcommercial.co.za
PremiumDrive gee jou verdere gemoedsrus M ercedesBenz se MobiloDri veonderhoudspakette was altyd ietwat verwarrend, omdat die eienaar se bydrae vir herstel werk en versienings op ’n glyskaal toegeneem het. Nou het Mercedes Benz SuidAfrika PremiumDrive, ’n vereenvoudigde en verbeterde instandhoudingplan, bekend ge stel. Dit is ’n sesjaar of 100 000 kmonderhoudsplan, sonder enige geldelike bydrae wat van die eie naar vereis word. Die plan is in gesluit by die verkoopprys van al le MercedesBenzpassasiersmo tors, ook die Viano, wat sedert 1 Januarie 2013 geregistreer is. Pre miumDrive hou ook ander voorde le in én kan verleng word. “Met die jongste PremiumDrive onderhoudplan verbind ons ons daartoe om aan ons kliënte klas leidende diens te gee, wat verdere gemoedsrus bied,” sê Naeem Has sim, hoof van naverkopediens by MercedesBenz SuidAfrika. Die vernaamste voordele van PremiumDrive is: ; 100 000 km of sesjaaronder houdsplan (wat ook al eerste aan breek). ; Geen eienaarsbydrae in hier die tydperk nie. Bykomende voordele sluit in: ; Padbystand – wat onder meer insleep dek.
; Reiswaarborg – dekking vir verblyf, openbare vervoer en die terugbesorging van die motor in dien dit buite aksie sou wees ver der as 100 km van die voertuig se lisensieowerheid af. ; Bykomende hulp vir noodge valle soos ’n pap battery of beska digde bande. Kopers het ook die geleent heid om PremiumDrive teen ’n koste te verleng. Die volgende TopUp planne is beskikbaar, met geen bydrae wat van die eienaar vereis word nie: ; PremiumDrive 100: agt jaar of 100 000 km ; PremiumDrive 140: agt jaar of 140 000 km ; PremiumDrive 160: agt jaar of 160 000 km ; PremiumDrive 180: agt jaar of 180 000 km Slegs een van die opsies hierbo kan in ’n voertuig se leeftyd ge koop word. Bestaande eienaars op die stan daard MobiloDriveplan (Mobilo 120) wie se motor minder as 60 000 km afgelê het, kan betaal om na PremiumDrive oor te skakel. MercedesBenzeienaars met na vrae kan 0800 1333 55 bel of ’n epos stuur na mbsa_customer_ser vices@daimler.com. – Korrespondent
Maak kleingeld van selfs die grootste taak. Caddy. Met ongeëwenaarde veelsydigheid, lae brandstofverbruik, bewese betroubaarheid en lae lopende koste, is enige uitdaging kinderspeletjies vir die Caddy. Sterk en ekonomiese petrol en TDI enjins beteken dat die Caddy terselfdertyd ’n betroubare werkesel en ’n aanwins op jou suksespad sal wees. Daarby is die Caddy beskikbaar met twee verskillende asafstande wat binneruimte van tot 4.3m3 en ’n loonvrag van tot 800kg bied. Besoek www.vwcommercial.co.za of jou naaste Volkswagen Handelaar en toetsbestuur die Caddy vandag.
Commercial Vehicles
8 InRat
17 Februarie 2013
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Alfa Romeo Giulietta 1.4 Turbo MultiAir Distinctive TCT
KitsToets
KitsToets
Renault Grand Scénic 1.6 dCi Dynamique
Dubbelkoppel ’Taljaner
Die TCTGiulietta gebruik minder brandstof as sy handrateweknie | FOTO: NP
N
ee, anders as wat jy dalk dink, is dié nie ’n verslag oor die berugte Silvio Berlusconi nie. Sy “bunga bunga”partytjies was ’n koppelary van ’n ander aard… En nou blyk dit hy wil so waar weer Italië se premier wees! Gelukkig gebeur ander (goeie) dinge ook daar – dinge soos heerlike pastage regte, vooruitstrewende modes en die ontwikkeling van lieflike, emosiebelaaide rygoed. In dié opsig het Alfa Romeo eg ter die pad vir ’n wyle byster geraak. Nie so erg soos Berlusconi nie, maar tog... Want toe die Fiatpakdraers in Turyn (Alfa Romeo se base) besluit Giulia en Giulietta word net syfers, is dieAlfaont werpe tegelyk van emosie gestroop. So was die 155, 156, 164 en 166 elk maar net nóg ’n nommer in die karwê reld (goed, goed, die 147 en 159 had ’n bietjie persoonlikheid). Dit het die GT, die Brera en eindelik die MiTo gekos om die Milaanse hartstog te laat herleef. En met Alfa Romeo se eeufeesvieringe in 2010 is Giulietta ook weer na die party tjie toe genooi. Sy’t ná ’n kwarteeu soos ’n feniks uit die as verrys – verrassend en verruklik, en hopelik sal sy in haar jongste gedaan te sorg dat Alfa ook die fenikstruuk af leer. Sover lyk dit of sy dit vermag, want kopers wêreldwyd word deur haar bates verlei – ook met die jongste toevoeging tot haar tegnoarsenaal: ’n TCTdubbel koppelaar outomatiese ratkas, soortgelyk aan Volkswagen se DSGratkaste. In wese is dit twee parallelle elektro niesbeheerde ratkaste: een vir gelyke, en een vir ongelyke ratte, elk met sy eie koppelaar. Dit beteken die volgende rat kan geskakel word terwyl die vorige een nog gesluit is, wat ratwisselings blitsvin nig en sekuur maak vergeleke met ’n handratkas. Omdat die TCTratkas met Alfa se DNAprogram saamwerk wat ook rem
KitsToets
ming, enjinverrigting en voertuigstabiliteit beheer, is dit besonder doeltreffend. Die TCTmodel is 0,1 sek vinniger van 0 tot 100 km/h as die handratweergawe, het 10% beter petrolverbruik as ’n gewone outomatiese ratkas, en stel ook minder koolstofdioksied (121 g/km) vry. Daar is ook ’n stoprystelsel vir die enjin, wat nóg brandstof bespaar. AlfaRomeo se agente verkondig dan ook TCT is die “beste outomatiese ratkas in sy klas wat betref sy verhouding doel treffendheidtotverrigting”. Wel, gekop pel aan die gewillige 1.4 MultiAirturbo enjin werk die stelsel lekker – veral wan neer jy die Dynamicmodus in die Alfa DNAbeheerstelsel kies. In die ander twee modusse – Normal (vir stadsverkeer) en All Weather (vir gladde padoppervlakke) – is wisselings maar traag. Normal kan nog deug, maar vergeet van laasgenoemde in ons land se normaalweg warm, droë omstandighede... Alles in ag genome: Het Giulietta se ratkasnuutjie my oortuig? Wel, die enjinklank met ratwisselings is pure lekkerkry (baie soos dié van ’n GTI met DSG) en die skakelings self ska flik, maar dis nog nie so intuïtief en su perglad soos die beste in die mark nie. Dalk is dit net omdat ek nog vir Giu lietta van ’85 met nostalgie onthou, maar handrat is steeds die een vir my... – Ferdi de Vos SYFERS PRYS R321 290 ENJIN 1,4F-turbopetrol, viersilinder, 125 kW en 250 Nm RATKAS Sesgang-outomaties, dubbelkoppelaar, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 7,8 sekondes en 218 km/h topspoed; 5,2F/100 km OORWEEG OOK VW Golf GTI DSG, Audi A3 1.8T FSI 132 kW S-tronic, Volvo V40 T4 Powershift Excel
Dis een van die lekkerste bussies wat ’n mens kan koop. Hou ook die tweede handse mark dop vir winskope, veral nou dat die waarborg lank duur | FOTO: NP
Dié snoetbus stel jou gerus N
adat ek, my ma en twee kleuters op die Kaapstadse internasionale lughawe geland het ná ’n kuier in Bloemfontein, was dit die Grand Scé nic 1.6 dCi wat op ons gewag het. Na dat die kaartvormige sleutel aan my oorhandig is, stap ons met ’n oorvol bagasietrollie die snoetbus tegemoet. Ek het alwéér die “sleutel” iewers in my handsak gedruk, maar die Grand Scénic se deure sluit oop nadat ek net liggies aan die deurhandvatsel geraak het. Ek installeer gou die kinders se karstoeltjies en pak die ruim bagasie bak vol koffers. Met almal vasgegord, druk ek die aansitknop en die 1.6 literturbodiesel enjin spring aan die werk. Ek is in my noppies dat ek dié nuwe enjin op die proef kan stel, want Renault sê dis die kragtigste 1,6 literproduksiedieselenjin ter wêreld. (Terloops: hierdie turbodie sel is nou ook in die Renault Mégane beskikbaar.) My ma, wat gereeld saam met my in toetskarre ry, vind die blinkswart en chroomafwerking van die binneruim stylvol en duursaam. Ons het die ge bruikersvriendelike Carminat Tom Tomnavigasiestelsel (standaard) tot ons beskikking en dié word terstond aangeskakel. Sy beheerknop sit gerief lik onder jou handpalm wanneer jy jou voorarm op die middelste armleu ning laat rus. Nou kan hy ons waar sku teen die spoedkameras tussen die lughawe en Hermanus, want ek kan voel hierdie enjintjie wil lóóp. ’n Mens sit lekker hoog, en dié Re nault bestuur allermins busserig. Toe die Grand Scénic ’n week later
SYFERS PRYS R324 900 ENJIN 1.6 liter-viersilinder-turbodiesel, 96 kW en 320 Nm RATKAS Sesgang-handrat, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 11,1 sek. en 195 km/h topsnelheid; 4,4 liter/100 km OORWEEG OOK Toyota Verso 2.0 D-4D TX
Honda Accord 2.4 iVTEC Tourer Exclusive
Die wa met superkragte A
terugneem Kaapstad toe, het ek sy draaivatvermoë tot die uiterste beproef. Selfs al vat jy die draaie vinnig, voel die Scénic vas op sy voete. Tipies turbodiesel hou die Grand Scénic daarvan om in die regte rat te wees, veral in die stad. As jou ratkeu se te hoog is vir die snelheid waarteen jy voortkruie, vrek hy, maar dan ska kel die enjin wonderbaarlik weer dade lik vanself aan. Soos gewoonlik prop Renault soveel as moontlik standaardgeriefs en vei ligheidstoebehore in, en daarom is wegtrekhulp teen hellings ingesluit by die gewone prys. Die beenruimte wat die derde ry opslaansitplekke bied, is nie genoeg vir groot en uitgevrete ou ens nie, maar die kortvolk geniet dit om “in die boot” te sit. Die Grand Scénic is ’n omvattend toegeruste, moderne gesinsbussie met hope panache. Boonop gaan hy jou baie kilo’s en goeie verrigting gee vir baie min diesel. Renault se relatief nu we vyfjaar of 150 000 kmwaarborg en vyfjaar/100 000 kmdiensplan be hoort voornemende kopers meer ge moedsrus as voorheen te gee. – Ané Theron
s iemand vir my gesê het ’n stasie wa kan sexy wees, sou ek in my mou gelag het. Dié voertuie herinner my altyd aan Amerikaanse TVreekse uit die jare sewentig – lomp, bokserige karre wat voorstedelike moedertjies ry om hulle spruite by sokkeroefeninge en balletklas se te gaan aflaai. Toe kry ek die vaartbe lynde Honda Accord Tourer Exclusive om te ry… en daar verdwyn al my voor opgestelde idees. Dié stel wiele is eerder ’n luukse sport stasiewa, gebou vir langpadgerief en spoed. Al is die kragstuur dalk ’n aks té hulpvaardig, hanteer hy skitterend. Die Tourer se agterstewe is skaars 2 cm langer as die sedan s’n; dus is hy geensins moeiliker om te parkeer nie, al lyk dit so. Met die lang lys van stan daardtoerusting kan jy doodseker wees op die geriefs of veiligheidsfront word
niks oorgeslaan nie. (Jy sal wel die hand leiding moet deurblaai, want regdeur die kajuit is daar ’n magdom knoppies.) Buiten die stabiliteitsbeheer wat selfs ’n swaaiende sleepding tot bedaring kan bring, was dit die Advanced Driver As sist System – of ADAS – wat my die meeste beïndruk het. Deur dié stelsel word die Tourer se snelheid eerstens verminder wanneer hy ander voertuie voor “gewaar” en die snel heidsbeheer aan is. Dan is daar ook Lane Keep Assist, wat die Tourer tydelik in sy baan sal hou en selfs om geleidelike draaie kan stuur in dien die bestuurder sou insluimer. Die derde ADASfunksie is Collision Mi tigation Braking, wat die bestuurder eers waarsku en dan remme aanslaan as jy te deur die blare is om te besef jy gaan in iets vasry. Nommerpas vir pendelaars.
Teen 406 liter is die Accord Tourer se ba gasiebak nie juis enorm nie | FOTO: NP Die bedrywige N2 tussen Kaapstad en SomersetWes kan selfs op ’n goeie dag ’n hoofpyn wees, maar met dié stelsel was dit ’n stresvrye rit. Die swart leersitplekke bied goeie on dersteuning, en die bestuurdersitplek het ’n geheuefunksie sodat jy en jou weder helfte elkeen ’n gunstelingposisie kan berg. Albei voorsitplekke kan verhit word, en die boksie onder die bestuurder se linkerelmboog kan verkoel word. As jy sonlig op jou kroon wil voel, kan jy die elektriese sondak oopmaak. Ry jy gereeld snags langpad? High Beam Assist domp die hoofligte vanself sodat aanko mende motoriste nie verblind word nie.
Die openwakker 2,4 literiVTECpe trolenjin se 148 kW en 234 Nm sorg vir die nodige opwinding. As die noodwiel volgrootte was pleks van ’n Mariebe skuitjie, het dié wa volpunte gekry. – Ané Theron SYFERS PRYS R435 600 ENJIN 2.4 liter-viersilinderpetrol, 148 kW en 234 Nm RATKAS Sesgang-handrat, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 8,5 sek. en 222 km/h topsnelheid; 8,9 liter/100 km OORWEEG OOK Volvo V60 T5 Excel
17 Februarie 2013
InRat 9
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Skepties, ja, maar ook verras
PadToets
Kawasaki Ninja 300
SKEPTIES. DIT WAS MY GEVOEL VOORDAT EK DIE NUWE KAWASAKI NINJA 300 VIR ’N WEEK LANK SOU TOETS. EK BEDOEL, 300 CC? RÊRIG, MNR. DIE REDAKTEUR? DEUR BERT KIRSTEN.
E
HAVASWW-D61856/A
k het hard probeer om nie dié ge gewe ysterperd in die bek te kyk nie. Die syfers het my beslis nie ra send opgewonde gemaak nie: ’n 296 cc enjin wat 29 kW uitbeur teen 11 000 r/min. en 27 Nm teen 10 000 r/min. Maar desondanks skryf Kawasaki op sy web werf ’n Europese joernalis het ’n spoed van 180 km/h gehaal op die Duitse auto bahn. Hoe groot is hierdie jaertjie, het ek gewonder. Sy kop steek seker nie bo die skerm uit as hy regop sit nie. Ek was maar bra skepties. Toe ek egter voor die babaNinja staan, was ek baie beïndruk met die stilering. Hy het duidelik by sy groter broers afge kyk. Die windskerms se ontwerp is ag gressief, en diegene wat nie vertroud is met motorfietse nie, sal met die eerste oogopslag nie sommer raai dat dié par mantige outjie net ’n 300 cc is nie. Nê rens op die fiets is ’n plakker of teken wat sy beskeie enjingrootte verraai nie. Die woord “Ninja” is die enigste skrif op die tenk – die letters is ook so reg uit die jare tagtig toe die eerste Ninjas ver skyn het. Die windskerm is ontwerp om warm lug van die enjin weg van die ryer
se bene af te lei, wat help om jou koeler te hou in stadige verkeer. Maar hoe gedra die motorfiets hom in vinnige verkeer? Oor die algemeen het die Ninja nie gesukkel om my 85 kg saam met die N1verkeer tussen Pretoria en Johannesburg te vervoer nie. Opdraen des was ’n bietjie moeilik, en soms moes ek tot twee ratte laer gaan om die snel heid konstant te hou. Omdat die Ninja se maksimumkrag eers teen baie hoë enjinomwentelings be skikbaar is, moet die ryer aansienlik meer “teenwoordig” en aktief wees met ratverwisseling en versnelling. Wat die ratwisseling betref, is die glipkoppelaar ’n aangename verrassing. Dié funksie kom van renfietse af, en ’n mens kry dit meestal in groter modelle. Dit keer dat die agterwiel sluit wanneer die ryer in ’n draai ’n laer rat haak. Daarby leen die Ninja, met sy lae sitplekhoogte van 785 mm en massa van net 172 kg hom tot ligvoetse passies in die stad en verkeer. Die instrumentasie is soos baie van vandag se motorfietse ’n kombinasie van analoog en digitaal. Die snelheid, horlo sie, brandstofmeters en twee ritmeters is
Dis maklik om die klein Ninja 300 vir sy wilder ouboet, die Ninja ZX6R, aan te sien FOTO: TIM MOOLMAN
Syfers PRYS
R59 995
ENJIN
296 cc, waterverkoelde parallelle-tweesilinder
RATKAS
Sesgang, kettingaandrywing
KRAG
29 kW @ 11 000 r/min. 27 Nm @ 10 000 r/min.
GEWIG
172 kg, “opgetop”, reg vir die pad
VERBRUIK BRANDSTOFTENK
2,63 F/100 km 17 F
NAVERKOPE
Tweejaarwaarborg, onbeperk met 6 000 kmdiensintervalle
OORWEEG OOK
Suzuki GW250 InaZuma, Honda CBR250R
Vervaardiger se syfers digitaal, maar die 13 000 r/min.rooilyn jaag jy op ’n analoë wyserplaat.
Die Ninja probeer ook politiek korrek wees deur “Eco” op sy digitale gesiggie te flits sodra hy glo die optimale kombina sie van spoed en brandstofverbruik is be reik. Volgens Kawasaki kan die Ninja nogal suinig wees op brandstof, naamlik 2,63 liter/100 km (dit is 38 km/liter). Op die oog af lyk my aanvanliklike skeptiese gevoel nou onvanpas. Die Ninja se brandstofverbruik en grootte lyk aan vaarbaar en die motorfiets is glad nie on aansienlik nie. Dit bly egter ’n 300 cc. Die oor moet té hard en aanhoudend ge draai word om ordentlike krag uit hom te kry. Dalk was my amper veertigjarige, 85 kglyf net te veel vir hom. Manne soos ek gaan nie van hom hou nie – te dik, te oud en wil vinniger ry. Vir die geduldige (en ligte) pendelaar en onervare ryer is die Kawasaki 300 Ninja nommerpas, met die moontlikheid dat daar wel ’n bietjie woema beskikbaar is wanneer dit nodig is. Jy gaan hom ontgroei, maar ’n mens moet êrens begin.
SEIL DEUR 2013 MET WINSKOPE WAT RONDOM JOU ONTWERP IS jou VOLVO S60
jou VOLVO C30
om jou beter rond te karwei
maak dit ’n stylvolle jaar
joune vanaf r4 495 PM * 0 %DEPOSITO
joune vanaf r3 430 PM *
Verdere aanbiedinge sluit in die Volvo S60 T3 Handrat Essential teen R3 960 pm met slegs ‘n 10% deposito.
Periode
60 Months
kleinhandelprys
R322 900
rentekoers
3.09%
Ballon
R90 412
Deposit0
0%
Totale koste vir kliËnt
R355 721
Meer aanbiedinge sluit in die Volvo C30 2.0 Handrat Essential teen R4 100 pm met slegs ‘n 0% deposito.
Periode
60 Months
kleinhandelprys
R276 300
rentekoers
3.59%
Ballon
R77 308
Deposit0
10%
Totale koste vir kliËnt
R279 674
your VOLVO S60 jou VOLVO XC60 & volvo V60** yours from r4 495 PM * 0 %DEPOSIT JOUNE MIN R25 000 **Sit DIT teen jou INRUILBEDRAG, TREK DIT van jou inruilprys af of struktureer JOU EIE PERFEKTE aanbod.
DIE WÊRELD HET TOE NIE TOT ’n EINDE GEKOM NIE – GAAN BELEEF DIT
VEELSYDIGHEID IS STYLVOLLER AS OOIT
Volvo Car Financial Services
vir nog fantastiese aanbiedinge besoek jou volvo handelaar vandag
volvocars.co.za volvomadeforyou.co.za
BF&W. Bepalings en Voorwaardes geld. *Modelle mag verskil van wat vertoon word. Totale koste sluit aanvangs- en maandelikse versieningskoste in. Prys sluit BTW en CO ² emissiebelasting in. Rentekoers gekoppel. Aanbod eindig 31 Maart 2013. Alle finansieringsaanbiedinge onderhewig aan kredietgoedkeuring deur Volvo Car Finansiële Dienste. ’n Afdeling van Wesbank. ’n Afdeling van FirstRand Bank Ltd. ’n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste en Krediet. NCRCP20.
10 InRat
17 Februarie 2013
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
MotorSport
Dakartydren 2013
Nylstroomse yster tem Dakar DIE NYSTROOMSE SAKEMAN SAREL VAN BILJON HET VERLEDE MAAND VRIEND EN VYAND BY DIE DAKARTYD REN VERRAS. OP SY QUAD FIETS HET HY IN SY HEEL EERSTE DAKAR DIE VOORSTE RYERS BEHOORLIK LAAT STOF KOU. WILLEM VAN DER BERG HET MET HOM GE SELS.
H
et jy al gehoor van Chuck Norris? Deesdae dra hy ’n Sarel van Bil jonThemp. Dis nou ná Sarel se Man van Staalvertoning in vanjaar se Dakartydren in SuidAmerika. Sarel het Dakaraanhangers én deelne mers verras toe hy in sy eerste Dakar die voorste quadjaers onder die klippe en sand gejaag het met sy EATV 690 (dié quad word oorsee omgebou en gebruik die KTM 690enjin). Hy het tot ’n algehe le derde plek gevorder, maar toe val Sa rel sy quad op die tiende skof behoorlik uitmekaar. “Ek het die oggend van die 11de skof eers 15 minute voordat die eerste motor fietse begin wegtrek, in die kamp aange kom. Ek wou aangaan, want anders was alles verby. Maar die organiseerders het gesê ek het nie geslaap nie en daarom is dit te gevaarlik. Hulle wou nie dat ek wegspring nie. Dit was ’n moerse argu ment. Ek het ’n dokter gaan spreek en hom gevra om my te toets. Hy’t allerhande toetse gedoen: Dan moet ek op een been staan, dan op die ander een, een arm in die lug en al sulke nonsens, en toe sê hy ek is reg – ek kan maar gaan.” Sarel spring weg toe sowat vyf karre al klaar die pad gevat het. Sy quad is nie in ’n gesonde toestand nie, want die werk tuigkundiges het nie tyd gehad om dit
Nommer 277 sit ’n stofskerm tussen hom en die vyand agter hom | FOTO: VERSKAF reg te maak nie. Hy ry dus sonder voor remme en ’n beskermingsplaat onder die quad verder. “So het ek daai dag aangekarring, en net gesorg dat ek die kamp haal. Die vol gende dag het ek ook agter weggespring en deur die stof aangesukkel. Die der tiende skof het ek gewen. Toe is net die laaste skof oor. Ek het gereken ek kan hom maar piets, want môre is daar niks oor nie. En ek het hom óók gewen.” Dit was egter die eerste van drie skofte wat hy gewen het – nommer 8 – wat hom trane in die oë laat kry het. “So 32 km voor die einde het ek besef ek loop voor. Ek was skoon skrikkerig. Sommer bang iets gebeur en iemand kom verby my. Jy wil versigtig ry sodat niks gebeur nie, maar jy wil ook jaag sodat jy kan voor bly. Die laaste kilometer het ek trane in my oë gehad. Ek was só bly. Dit het gevoel ek het die hele ding gewen. Ek was in die sewende hoenderhemel.” Die laaste ent na die einde toe het die
toeskouers langs die pad saamgedrom en sy naam geskreeu en hom toegejuig. Een vrou het selfs haar hemp opgeruk toe Sarel verbykom. Uit volle bors het sy hom ondersteun… “Die mense daar is so cluedup met wat aangaan op elke dag se skof. Hulle volg alles op hulle foon. Die Argentyne is absoluut Dakarmal. Een aand by ’n mo torhawe waar ons petrol ingegooi het, het hulle om my saamgedrom en gevra of hulle kan foto’s neem. Een ou het selfs ’n foto van my geneem saam met sy pap baba. Die kind se kop het sommer so skeef teen sy skouer gelê.” Die duine is groot, sê Sarel. “Dit is monsteragtig. Ons het ’n slag 1,6 km lank teen ’n duin afgejaag tot teen die see.” En die hitte verskriklik. “Jy drink elke dag omtrent 8 liter wa ter. Terwyl ons wag om weg te spring, kruip die ouens onder hulle motorfietse in om skaduwee te kry. Die oggend toe
ons oor die Andes ry, was dit rondom 10 °C. Drie uur later was dit 46 °C.” Sarel het in ’n eenmantentjie op ’n op blaasmatras geslaap. “Die eerste paar aande slaap jy maar half sleg. Dit raas basies regdeur die nag in die kamp. Maar hier teen die einde kon jy een van die generators binnein my tent staan maak, ek sou steeds slaap.” Op die laaste skof het Sarel se grootste verrassing van die Dakar by die eind streep op hom gewag: sy vrou, Annalene. Sy vertel: “Ek was in Lima [Peru] vir die wegspring, maar het verder die hele ren van die huis af [in SuidAfrika] ge volg. Dit het my senuwees gedaan ge maak om elke dag vir nuus en uitslae te wag. Elke aand tot in die oggendure. Ek het besluit om Sarel te gaan verras by die einde, dit maak nie saak hoeveelste hy eindig nie. Ek is ongelooflik trots op hom. Hy’s my ysterman.” Toe hy sy helm by die eindstreep af haal en Annelene stap na hom toe, kry Sarel ’n groot knop in sy keel. “Al wat ek kon sê was, ‘wat de f— maak jy hier’.” Ja, elke ysterman het maar sy sagte plekkie. ; Sarel bedank alle ondersteuners vir hulle boodskappe en bystand en die blote feit dat hulle hom en sy vordering gevolg het. Hy het algeheel 21ste geëindig in die quadafdeling. (Slegs 21 uit 38 quadfietse het die Dakar voltooi.) ; Ander SuidAfrikaners wat goed ge vaar het in die Dakar: V Giniel de Villiers, in sy Toyota Hilux, eindig algeheel tweede (voertuie) en eer ste in sy klas (petrolaangedrewe 4x4’s) V Riaan van Niekerk (KTM) eindig al geheel 13de (motorfietse) en eerste as nu weling. Dit was sy eerste Dakar. V Darryl Curtis (KTM) eindig algeheel 32ste (motorfietse). Hy het die laaste drie skofte in erge pyn gery nadat hy ’n row we val gehad het. Dit was sy tweede Da karpoging. V Brett Cummings (Honda) eindig al geheel 43ste (motorfietse). Dit was sy eer ste Dakar.
OnsRyding Toyota Fortuner 3.0 D4D 4x4 outomaties
Fortuner hyg glad nie in Namakwapark
D
ie Namakwa nasionale park naby Kamieskroon en Springbok in die NoordKaap is bekend vir sy prag tige landskap en mooi veldlewe. Dis ’n gebied wat ’n mens liefs moet besoek met ’n 4x4, bakkie of iets wat nie vir grond paaie skrik nie. Wat minder bekend is, is dat die Na makwapark ook die voorloper is van ’n bewaringsinisiatief waar Anatoliese her dershonde geteel word. Die honde word dan vir kleinveeboere gegee sodat hulle kuddes teen roofdiere kan beskerm. Ge volglik stel die veeboere minder strikke, wat minder onskuldige diere in die slag laat bly. Omdat die hondekosmaatskappy vir wie ek werk, by die projek betrokke is, wou ek gaan kyk hoe dit daar gaan. InRat het van die projek gehoor en hulle Fortuner vir die reis aangebied. Soos met enige wegbreeknaweek kom ek, my vrou, Annelie, en ons seun Jou bert drie uur later weg as wat die plan was. Dit veroorsaak natuurlik dat die rit deur die pragtige Pakhuispas op pad na Clanwilliam heeltemal te vinnig verby glip, want ons wil nie in die donker by ons naweekblyplek aankom nie. By Klawer hou ons darem stil vir ’n lekker Wimpyburger. Die 550 km na Ka mieskroon gaan verbasend vinnig verby. ’n Mens besef nie regtig dat jy heuwels
op en af ry nie, want die Fortuner se turbodiesel sorg vir meer as genoeg krag. Ek het my reggemaak vir ’n stewige die selrekening, maar was verbaas oor die heel skaflike verbruik van ongeveer 10 li ter/100 km. Dis ’n bietjie swaarder as my Toyota Verso, maar ek sal beslis teen die einde van die maand nog kan kos koop. Die laaste 30 km tussen Kamieskroon en die park is ’n rowwe stukkie pad. Die Fortuner kwyt hom egter goed van sy taak en ons kom daar aan sonder stywe rugspiere en lam bene. Die Saterdagoggend is ons vroeg uit die vere om soveel as moontlik uit die dag te put. Die sonsopkoms is iets om te aanskou: Dit begin mistig… en dan breek die son bietjie vir bietjie deur. Ons het die blomme blykbaar met ’n maand ge mis, maar die veld is steeds ongelooflik mooi. Die honde word op ’n afgekampte deel van die park gehou. Dis belangrik dat ’n werkende Anatoliese hond nie te veel aan mense blootgestel word nie, want dan raak hulle geheg aan mense en doen nie die werk waarvoor hulle opgelei word nie. Die sukses van die hondeprojek be rus daarop dat hulle deel word van die skaap of boktrop waar hulle ingeskakel word. By die park kan gaste wel reël om die teelprojek te besoek of selfs na ’n
Ounooi se honne! Elanza met een van die projek se honde | FOTO: HANNO KOEN werkende hond te gaan kyk. Daar is nog geen prys daarvoor vasgestel nie, maar gaste kan gerus ’n donasie maak om die projek te ondersteun. Die projekstatistiek toon ’n dramatiese verskil: Kleinboere wat 3040 diere per jaar verloor het, het nou of geen verliese meer nie, of verloor hoogstens 5 stuks vee. En die impak op die omgewing is enorm. Duisende veeboere gebruik strik ke en gif om hulle vee te beskerm. Agt uit elke tien diere wat só vrek, is nie diere wat eintlik in die boer se visier is nie. Pleks van jakkalse en rooikatte vrek skilpaaie, luiperds, jagluiperds,
muishonde en erdwolwe. Elanza en Bernard van Lente, wat in die Namakwapark werk, is die projekbe stuurders. Hulle het ’n passie vir die om gewing en groot liefde vir die honde. As mens daaraan dink dat Kahlua, Zorro, Mata Hari en Kie. so ’n groot verskil maak aan die ekostelsel, kan jy verstaan hoekom die Nasionale Parkeraad en Nu troscience betrokke is. Ná die kuiertjie by Elanzahulle is dit tyd om die Fortuner so ’n bietjie te toets. Dele van die park is slegs met ’n 4x4 be gaanbaar. Op pad na die swemdam ry jy met ’n lang pad teen die berg af. Terwyl jy so afsak in die kloof en terugkyk na die huisies teen die rand, wonder jy hoe maklik jy weer bo gaan uitkom. Die ant woord: Baie maklik met ’n Fortuner. Wat meer wil jy hê? Pragtige natuur skoon, oop horisonne en koue lugreëling vir wanneer die kwik by 30 ºC gaan draai. Ons sluit die reis af met ’n vleisie oor die vuur en ’n yskoue glasie sauvig non blanc. Dan is dit tyd om die pad terug Paarl toe te vat. Op pad trek ons gou af by by die Kardoesiepadstal in die Piekeniers kloofpas naby Citrusdal om bene te rek, en dan is ons weer vort. Normaalweg is so ’n vinnige heenenweertjie uitputtend, maar die Fortuner het dit laglag kafge draf. – Hanno Koen ; Besoek die webwerf www.anatoliandogs.co.za/sponsor.html as jy geld wil skenk vir die projek.
17 Februarie 2013
InRat 11
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
MotorSport
Nuwe bloed, nuwe spanne F
Mark Webber en Sebastian Vettel by Infi niti Red Bull Racing se nu we RB9 FOTO: QUICKPIC wees... Vanjaar sal ook die eerste volle jaar vir Monisha Kalterborn, uitvoerende hoof van Sauber, as spanbaas wees. Dié In diesgebore Oostenryker is die eerste vroulike spanbaas in Formule Een. O, en Ferrari oorweeg dit om weer die hulp van die (afgetrede) SuidAfrikaans gebore Rory Byrne in te roep om te help met die ontwikkeling van sy 2014motor – dis nou wanneer die F1regulasies dra maties verander. Nadat die bekendstelling van die span ne se renmotors afgehandel is, was alle oë op Jerez in Spanje vir die seisoen se eerste toetssessies. Hoewel ’n mens nie te veel uit dié toetse moet aflei nie, gee dit wel ’n aanduiding van die onderskeie spanne se rengereedheid en motorbetrou baarheid. Vir die verdedigende kampioenspan, Red Bull, het sake steeds rooskleurig ge lyk, want in die hande van die heersende kampioen, Sebastien Vettel, kon die nuwe RB9 uit die staanspoor ’n vinnige pas handhaaf, én hy was betroubaar. Ook Lotus se E21, met Kimi Raikkonen en Roman Grosjean agter die stuur, het sy potensiaal getoon (twee vinnigste tye in die vierdagtoets op Jerez), terwyl Fer rari se Felipe Massa ook ’n vinnigste rondtetyd vermag het, weliswaar op die sagste Pirelliband wat beskikbaar is. Mercedes se W04debuut het proble
Die F1 Grand Prixkalender 1 – 17 Maart: Australië 2 – 24 Maart: Maleisie 3 – 14 April: China 4 – 21 April: Bahrein 5 – 12 Mei: Spanje 6 – 26 Mei: Monaco 7 – 9 Junie: Kanada
8 – 30 Junie: Brittanje 9 – 7 Julie: Duitsland 10 – 28 Julie: Hongarye 11 – 25 Augustus: België 12 – 8 September: Italië 13 – 22 September: Singapoer
14 – 6 Oktober: Korea 15 – 13 Oktober: Japan 16 – 27 Oktober: Indië 17 – 27 Oktober: Abu Dhabi 18 – 17 November: VSA 19 – 24 November: Brasilië
maties begin, en Hamilton se eerste pro beerslag het in ’n botsing teen die bande muur geëindig nadat die agterremstelsel gefaal het. Jenson Button het sommer gou die nuwe McLaren MP428 se spoed gewys, terwyl Sauber se taamlik radikale C32 bestendig vertoon het, net soos die VJM06 van Force India. Die spanne het net ’n week oor om da ta te verwerk en verstellings te maak vir die finale toetse in Barcelona voor hulle na Australië vertrek. Ons voorspellings? Wel, Red Bull is die gunsteling (hou vir Mark Webber dop...), maar moenie Lotus en McLaren onderskat nie. En Ferrari? Nou ja, kom ons kyk hoe verloop dinge in Barcelona... Wêreldtydrenreeks (WRC) Sébastien Ogier en Julien Ingrassia het in verlede naweek se Sweedse tydren ge wys hulle goeie vertoning in die Monte Carloren was g’n vloekskoot nie. Ná hulle tweede plek in Monaco het hulle in Swede die eerste keer in die nu we VW Polo R ’n WRCoorwinning be haal. Hulle het die wintertydren oorheers en 41,8 sek. voor die huidige kampioene Sébastien Loeb and Daniel Elena (Citroën DS3 WRC) klaargemaak. Derde was Mads Østberg en Jonas An dersson (Ford Fiesta WRC), net 6,1 sek. voor JariMatti Latvala en Miikka Anttila (VW Polo R). Ogier is nou drie punte voor Loeb in die kampioenskap, met Øst berg derde, terwyl Citroën twee punte voor Volkswagenmotorsport is in die vervaardigerskampioenskap. Die derde ronde in die reeks vind van 7 tot 10 Maart in Mexiko plaas. SA Tydrenkampioenskap Volkswagenmotorsport het plaaslik ’n borgskap van die brandstofreus Sasol be kom vir die 2013seisoen, en volgens die span lui dit vir die span ’n nuwe era in
die nasionale reeks in. Vanjaar sal die span drie Polo S2000 spanne inskryf, met die veterane Enzo Kuun saam met Guy Hodgson, en Hergen Fekken saam met Pierre Arries wat deur die jongeling Henk Lategan en sy naviga tor, Barry White, bygestaan sal word, ter wyl Gugu Zulu en Carl Peskin weer die S2000uitdaging met ’n Sasolracing Polo Vivo sal pak. Die VWSasolvennootskap beteken die huidige kampioene, Mark Cronjé en Ro bin Houghton (Ford Fiesta) sit nou son der ’n borgskap, maar moet hulle geen sins onderskat nie. Dié paar is onlangs deur Malcolm Wilson, hoof van MSport wat die Fiesta tydrenmotors bou, uitgenooi om op 2 Maart met ’n Fiesta WRCmotor aan die Malcolm Wilsontydren in Brittanje deel te neem. Cronjé se spanmaat van verlede jaar, Jon Williams, is ook nog borgloos, maar die verwagting is dat hy wel aan die plaaslike reeks sal deelneem, met sy pa, Doug, as navigator. Toyota is hard besig om twee nuwe Yaris S2000motors te bou om die ou Aurisse te vervang waarmee die Castrol Toyotaspan die afgelope vyf jaar deelge neem het. Verlede jaar se naaswenners, Johnny Gemmell en Carolyn Swan, sal weer saam met Leeroy Poulter en Elvene Coetzee in die Yarismotors in aksie wees, terwyl Wilro Dippenaar en Nic van der Westhuizen in die ouer motors aan die S2000uitdaging sal deelneem. Die Dakarspesialis Giniel de Villiers sal aanvanklik met sy Imperial Toyota Auris jaag totdat ’n derde Yaris voltooi is (moontlik al in April, vir die Sasoltyd ren). Sy navigator vanjaar is Greg Go drich, wat voorheen vir Charl Wilken in ’n Fiesta S2000 genavigeer het. Jan Habig en Robert Paisley, wat laasjaar vierde was, keer ook weer terug in hulle Basil ReadFord Fiesta. In die S2000uitdaging sal die Span Totalduo JeanPierre Damseaux en Mo hammed Moosa (Auris S2000) en Morné Janse van Rensburg (VW Polo Vivo) ook in aksie wees. In die tweewieldryfkampioenskap vir S1600motors sal Craig Trott, nou saam met Janine Lourens, weer in sy Span To talToyota RunX deelneem, met verlede jaar se klaswenner Ashley HaighSmith (BP CastrolFord Fiesta) sy grootste me dedinger. Vanjaar neem HaighSmith ook aan die JuniorWereldtydrenreeks deel, wat beteken dat hy helfte van die plaasli ke seisoen sal misloop. Die eerste nasio nale tydren word op Vrydag 8 en Sater dag 9 Maart in KwaZuluNatal gehou. – Ferdi de Vos
BY OUTSURANCE SAL ONS AGTEROOR BUIG VIR JOU. ONS SAL ONS UITERSTE BES DOEN OM JOU GELD TE SPAAR OP JOU MOTORVERSEKERING. AS ONS NIE JOU HUIDIGE PREMIE KAN KLOP NIE,
SAL ONS JOU
R400
KONTANT BETAAL.
SMS “SPAAR” NA 44166
DTW STANDAARD TARIEWE GELD.
EN SIEN HÓÉ VER AGTEROOR ONS SAL BUIG OM JOU GELD TE SPAAR.
*T’S EN V’S GELD.
OUTP/120/A
ormule Een Vandag oor ’n maand skop die nuwe Formule Eenseisoen in Mel bourne, Australië, af, en buiten nuwe bloed en skommelinge in die bestuur van die spanne, is daar ’n hele vyf nuwe ja ers hulle F1debuut op die Australiese stadsbaan maak. Die insluiting van dié jongelinge, die Mexikaan Esteban Gutiérrez (Sauber), die Fin Valterri Bottas (Williams), die Brit Max Chilton, die Brasiliaan Luiz Razia (Marussia) en die Nederlander Giedo van der Garde, het weer die debat rondom sogenaamde “betaaljaers” in F1 laat op vlam (dit is ouens wat hulle eie borge – en hope geld – inbring). Hulle koms beteken ervare jaers soos Kamui Kobayashi, Heikki Kovalainen, Bruno Senna, Vitaly Petrov, Timo Glock, Pedro de la Rosa en Narain Karthikeyan bevind hulle skielik in die wildernis. By gesê, die sluiting van die HRTspan het ook hiertoe bygedra. De la Rosa het intussen ’n plekkie ge vind as toetsjaer vir Ferrari, maar Kobay ashi (wat selfs geld van sy ondersteuners probeer insamel het om sy plek te pro beer behou) en Kovalainen sal beslis ge mis word. Daar ís nog ’n plek oop by Force India, maar alles dui daarop dit sal óf deur die Duitser Adrian Sutil óf die Fransman Jules Bianchi gevul word. Michael Schumacher se uittrede het tot ’n jaersrondomtalie gelei, met Lewis Ha milton wat sy plek by Mercedes inge neem het as Nico Rosberg se spanmaat, en Sergio Pérez wat na McLaren skuif. Nico Hulkenberg het Force India verlaat om hom by Sauber aan te sluit, en Cater ham het Charles Pic van Marussia afge rokkel. Ook aan spanbestuurskant was daar verskuiwings. Norbert Haug is ná 22 jaar by Mercedes weg, vermoedelik omdat die Silwer PyleF1span die afgelope drie jaar nie aan die verwagtinge voldoen het nie. Die Oostenryker Toto Wolff, wat aan dele besit in die Williamsspan, is in sy plek aangestel, met Niki Lauda steeds in ’n nieuitvoerende rol. Dit laat ’n mens wonder wat Ross Brawn se posisie is en hoe lank hy nog by Mercedes gaan
XXX LJB DP [B
%&4*(/&3 5&$)/0-0(: "T KZ sO ,JB 3JP 5&$ MVJLSVH CFTJU HFMVL +Z XBT HFMVL +ZsU POTMBOL WPPS .PUPS EJF WFSMJFG POT .PUPS WBOMJFGHFLSZ EJF +BBS GJOBMJT WBOCFPPSEFMBBST EJF +BBS GJOBMJT MBOL PQ WPPS EJF CFPPSEFMBBST "T KZ "T OPH 3JP CFTJU OJF CFTPFL sO ,JB IBOEFMBBS PG OPHKZOJF sO OJF 3JPsO CFTJU OJF CFTPFL sO ,JB IBOEFMBBS PG XXX LJB DP [B XXX LJB DP [B PN sO UPFUTSJU CFTQSFFL PN sO UPFUTSJU UF CFTQSFFL FOUFSBBL WFSMJFG FO SBBL WFSMJFG