Rapport InRat 17 Maart 2013

Page 1

7 Daar’s lewe in sukkelende stasiewa­segment

InRat Bylae tot Rapport

17 Maart 2013

Isuzu KB wil ander eentonners

deur die modder kom sleep

3

FOTO: DESMOND LOUW

5 Spesiale Nissan GT­R vir SA het meer brul en byt

4

Die Subaru Forester is dood. Lank lewe die ware koning

Sprint GT is byna volmaak en sy prys ’n verrassing

6


2 InRat

17 Maart 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

’n Wenner om van te droom

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226

D

Advertensies Attie Bekker E­pos: attie.bekker @media24.com Tel: 011 713 9545

Mej. Dipstiek gee raad Beste mej. Dipstiek Ek wil baie graag ’n klein oopdakkarretjie koop, maar my vriende spot my en sê net meisies of haarkappers ry sulke karre. Stem jy saam, en wat stel jy voor? My begroting is omtrent R250 000, maar ek sal beslis nie omgee om minder uit te gee nie. Ek hoor graag van jou. Chris, Durbanville Hallo Chris Jou vriende is reg: Die meeste klein oopdakmotortjies is vir vroue en haarkappers. Jy weet dit ook – dis hoekom jy raad gevra het! Gelukkig is Dipstiek heel bewus van styl en sy weet van enkele uitsonderings. Hier is hulle: Die Porsche Boxster, die Nissan 350Z Roadster en veral die Honda S2000. ’n Ouer Porsche 911 Targa sal ook deug. Let wel, daar is geen viersitplek­afslaankappe op hierdie lys nie. Die 350Z en die S2000 pas straks by jou begroting in. Die 350Z het ’n ikoniese ontwerp; Dipstiek dink hy is mooier as sy opvolger, die 370Z. Die laaste van die 350Z’s het heelwat meer krag as die vroeë weergawes. Koop dus die jongste een wat jy kan. Die Z sal eendag versamelaarstatus hê. Die Honda S2000, wat nie meer gemaak word nie, is reeds ’n versamelstuk, en al is hy meer beknop as die Z, is dit ’n besondere stuk ingenieurswese met ’n enjin wat soos ’n motorfiets s’n kan “rev” – tot 9 000 r/min. – en taai genoeg is om dit te kan vat. On­ derdele is egter nie volop nie. Dan is daar twee grensgevalle in jou prysklas, naamlik die Mazda MX­5 en VW Golf. Jy kan hulle oorweeg, maar dan moet jy in jou vrye tyd aan hokgevegte deelneem, ’n bierbottel met jou tande kan oopmaak en ’n telefoongids kan opskeur. Anders gaan jy beslis ge­ spot word. Dipstiek wil liewer niks sê van die seildak­Mini Cooper, VW Eos, oopdak­Renault Mégane en Peugeot 307CC nie. @ Mej. Dipstiek is ’n geregistreerde maatskaplike werktuigkundige. Stuur jou kwelvrae gerus aan D.I.P.S.T.I.E.K., per adres justus.visagie@media24.com.

KopKrap

Vul­in­die­woorde 02 Verskaf deur XWord.co.za

V E R S E K E R I N G

Skryf elke woord in die lys hieronder op die regte plek in 3­letterwoorde Agt Oud Rat

4­letterwoorde Help Laan Reis Snel

5­letterwoorde Kaart Robot 6­letterwoorde Sirkel Skrape

7­letterwoorde Deurpad Rigting Verkeer 11­letterwoord Versekering

aar word ’n Porsche Boxster toe sowaar as Suid­Afrika se Motor van die Jaar aangewys. ’n Omstrede keuse, want hy kos omtrent R600 000. Die reaksie? ; “Dis so ’n eksklusiewe kar. Ek dink die kompe­ tisie is belaglik,” sê Corlette Heyns, wat vir InRat skryf. ; “Ek en my gesin doen alles saam. My dogters sal nie in die Boxster kan saamry nie,” sê Attie Bekker, InRat se advertensiebaas. ; “Ek voel die Toyota 86 moes gewen het,” is die mening van Willem van der Berg, wat vir InRat skryf en redakteur is van Bikeroutes.co.za. ; “Dis onvanpas in hierdie tyd van gordel styf­ trek, sê Angelique Arde van die tydskrif Personal Finance. Ook op Facebook het lede van die breë publiek hulle ongeloof uitgespreek. Is daar dan meriete in die Boxster se oorwin­ ning? Beslis. Hoe die kompetisie werk, is dat die Boxster eintlik met ander sportmotors soos die Mercedes­Benz SLK 200 AT, Audi TTS Roadster* en BMW Z4 28i AT meeding. Om te wen moet die Boxster dus aansienlik beter as die hierdie groepie wees. Luidens berigte (of dan lofliedere) is hy. Daarby moet die Porsche uitnemendheid in die motorwêreld verteenwoordig. Die kompetisie­orga­ niseerder, Christo Valentyn, sê oor die vraag of die Porsche “verdien” om te wen die vraag moet eer­ der wees “is dit ’n waardige wenner?”. “Daarop is die antwoord ja,” sê hy. “Die paneel het bevind die Boxster troon uit bo sy direkte mededingers en verskuif die doelpale in sy segment. Hy voldoen dus aan die vereiste van uitnemendheid, wat dit

SA se Motor van die Jaar, die Porsche Boxster FOTO: PORSCHE ’n waardige wenner maak.” As ’n mens hierdie kriteria opweeg, is dit ver­ staanbaar dat die Porsche kan wen. Anders moet ons sê Johan van Waterkloof mag nie universi­ teitstoelating kry nie omdat hy meer bevoorreg grootgeword het as Gift van Alexandria. Nee, die Boxster is nie ’n motor vir die massas nie en die meeste van ons sal nooit een ry nie. Ek dalk ook nie (ons wag nog dat Porsche een aan InRat beskikbaar stel). Ek het wel die nuwe Por­ sche 911 Carrera Cabrio PDK gery en dit was soos ’n droom. Dit beteken nie die Toyota 86 is nie meer my eerste keuse nie. Hy’s waarskynlik net soveel pret soos die Boxster, teen die helfte van die prys. En binnekort gaan sy dak ook kan oop­ vou. Dan sal daai Porsche met een oog oop moet slaap. Justus Visagie @ryveilig op Twitter Volg ook @RapportInRat op Twitter Hierdie uitgawe van InRat word opgedra aan Arno Oberholzer, die psigiater (of “kop­mechanic”, soos hy homself genoem het) wat vir InRat geskryf het. Hy is op 1 Maart oorlede ná ’n motorfietsongeluk. * Die TTS Roadster word nie meer in Suid­ Afrika verkoop nie en die TTRS Roadster is in die Boxster S se prysklas.

Ek en my wiele E

ELMA MASPERO (NÉE SMIT)

lma Maspero van Johannesburg is ’n te­ levisie­ en radioaanbieder wat bekend­ heid verwerf het as Lady Rugga. In haar vrye tyd slaan sy graag gholfballe langs haar man, Richard, en sy het ’n voorliefde vir vinnige karre.

Wat ry jy, en wat is jou ryding se beste en swakste eienskappe? Ek ry ’n Volkswagen Jetta 4 1.6 met ’n outomatiese ratkas. Hy is allesbehal­ we vinnig, rats of glamorous, maar dit was ’n winskopie met verskriklike lae kilometers en my gholfsak pas lag­lag in die enorme bagasiebak. Die outomatiese ratkas is ook ’n absolute moet in Johannesburg. Jou beste herinnering met jou kar? Ek en my sussie Minette het laasjaar Oppikoppi toe ge­ ry. Ons het nou wel nie in ’n rekordtyd daar aan­ gekom nie, maar die kattebak was ons klerekas, omdat die tent te klein was. Watter vervoermiddel sal jy koop met R5 miljoen? Kan mens ’n seiljag of helikopter kry vir R5 miljoen? Of ’n lugballon! Ek dink ’n lug­ ballon sal perfek wees. Gee my ’n oplossing vir die volgende ver­ voerprobleme: brandstof wat ál duurder word en die oormag motors en vragmotors op ons paaie. Ek dink ons behoort almal meer fiets te ry en, waar moontlik, naby aan die werk te woon. Vragmotors sou nie so broodnodig ge­ wees het as ons spoorweg­infrastruktuur voldoen­ de was nie. Ek reken daar kan groter klem ge­ plaas word op die opgradering van ons spoorweë – vir passasiers én vragvervoer. Het jy al ooit geryloop? Nee, gelukkig nie! Het jy al ooit ’n kar se vensters van binne laat toewasem? Dit hang af wat jy bedoel! In Nieu­Seeland het ek en my man in November 2011 (aan die einde van die Wêreldbeker­rugby­ toernooi) een oggend met ons gehuurde motortjie byna vasgeval in die geweldige sneeu wat oornag by die Whakapapa­ski­oord geval het. Gelukkig het die oord se bussie ons gou opgepik! Vertel my van jou eerste kar. Wie’t jou ge­ leer bestuur en het jy Die Toets maklik ge­ slaag? My ouers het in 1981, toe hulle getroud is, ’n silwer VW Golf gekoop. Ek het in matriek – 23 jaar later! – met ou Agatha leer bestuur (ons moes ’n klassieke naam vir haar kies). My Pa het my vroeg in matriek leer bestuur en dit het aan­ vanklik maar moeilik gegaan. Ek het die toets die eerste keer gedop, maar toe ek hom uiteindelik deurkom, was daar geen keer aan my nie. Dees­

dae is ek veral ’n meester van parallel­parkering! Swets jy ander padgebruikers in die pri­ vaatheid (en klankdigtheid) van jou eie mo­ tor? O, ja! Wie doen dit nié? My man is die ge­ duldigste mens wat ek ken, en selfs hy laat waai wanneer taxi’s voor hom intrek. Ek sit sommer die toeter by en maak my frustrasie duidelik. Wie gaan vanjaar Formule 1 wen? Ek het baie lanklaas Grand Prix gekyk – mag ek gou my oom bel? Waarna luister jy wanneer jy ry? Ek is ’n groot radioliefhebber. Ek kan na by­ kans enige stasie luister en spring gereeld uit blo­ te nuuskierigheid van die een na die ander – nie agter musiek aan nie, maar om te hoor wat ander radioaanbieders doen. Watter toestel wil jy die graagste in jou kar ingebou hê? As ek in my kar kon klim, ’n plek in die GPS intik en met die druk van ’n knoppie daar kon wees, sou ek die gelukkigste persoon op aarde wees. Enigiets anders wat ons van jou en motors moet weet? Ek is mal daaroor om vinnig te ry. En ek is mal oor groot karre – gee my ’n lekker fris 4x4 of ’n BMW 7­Reeks eerder as ’n klein, plat nommertjie.


17 Maart 2013

InRat 3

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Isuzu mik hoog met KB nr. 6 G

eneral Motors Suid­Afrika het groot planne met sy sesde geslag Isuzu KB­bakkie wat vandeesweek in ’n Groot Vyf­wildreservaat bekend ge­ stel is – in só ’n mate dat die GM­pak­ draers sommer van die Groot Ses praat. Dis nie ydel geselsies nie, want die jongste KB is nie net in alle opsigte beter as sy voorganger nie, maar sy bou­volu­ mes gaan ook groter wees. GMSA beplan om die bakkie na tot 21 lande uit te voer. Ook die omvattende modelreeks met drie bakvorms (enkel­, dubbel­ en ver­ lengde kajuit), vier afwerkingsvlakke (Ba­ sies, Fleetside, LE en LX), vier enjinkeu­ ses (drie turbodiesels en ’n petrolenjin) en sewe 4x4’s, beklemtoon die erns waar­ mee GMSA hierdie produk bejeën. Tereg so, want die KB is al 40 jaar ’n staatmaker in die plaaslike mark (as ’n mens die Chev LUV as sy voorloper er­ ken), en was in ’n stadium ook die top­ verkoperbakkie. Om dié gloriejare te laat herleef het GM sy huiswerk goed gedoen. Altesame 1.3 miljoen toetskilometers is in die KB se plaaslike ontwikkeling afge­ lê, en ’n rits aanpassings is aangebring, waaronder beter plaatmetaal vir die laai­ bak, ’n aangepaste agteras met elektronie­ se sluitewenaar, ’n stewiger koppelaar, beter luginduksie­ en verkoelingstelsel, asook fyn verstellings vir die veerstelsel. Dit het vrugte afgewerp, want met ons toetsrit het die KB se rygerief en die plooibaarheid van sy veerstelsel in alle padomstandighede beïndruk. Sy groter asafstand (45 mm langer) en 50 mm bre­ er wielsporing dra beslis hiertoe by. Nog ’n pluspunt is sy uitmuntende die­

selenjins. Isuzu is ’n voorloper wat die­ seltegnologie betref – meer as 23 miljoen diesels het al sy fabrieke verlaat. Dit word gestaaf deur die verbeterde 3.0 D­Teq in die topweergawes, wat nou 130 kW en 380 Nm wringkrag lewer. Dié enjin het die minimum turbotraagheid, werk stil en glad, en handhaaf ’n balans tussen kraglewering en suinige verbruik. Die 2.5 D­Teq (85 kW en 280 Nm) is net so uit die vorige geslag oorgedra, ter­ wyl ’n 2,5 liter­diesel met laedrukturbo (85 kW en 170 Nm) later kom. Die enkele petrolenjin is ’n 2,4 liter­ viersilinder (in die Basis­, Fleetside­ en LE­modelle), lewer 112 kW en 233 Nm, en het verbaas met sy gewilligheid. ’n Nuwe vyfgang­outokas is nou be­ skikbaar in die 3.0 D­Teq 4x4­dubbelka­ juit, en dié model behoort gewild te wees. Die res het vyfganghandratkaste. Stileringsgewys wyk die nuwe KB van sy voorganger se hoekige lyne af, en hoe­ wel konvensioneel, is die ontwerp skoon en prakties. Die turbo­tussenverkoeler is nou vorentoe geskuif, wat ’n luginlaat op die enjinkap oorbodig maak. Nie net dra dit by tot sy ontwerp­eenvoud nie, maar laat die bakkie ook voldoen aan die jong­ ste vereistes vir voetgangerveiligheid én dra by tot ’n laer sleurkoëffisiënt. Die nuwe KB is 260 mm langer, 60 mm breër en 60 mm hoër as sy voorganger, wat meer binneruimte en ’n groter laai­ bak moontlik maak. Binne is daar meer skouerruimte vir die voorste passasiers, die deuropeninge is groter (die Verlengde Kajuit­model het nou Flex­deurtjies wat na agter oopmaak) en in die dubbelkajui­

Nuut

Isuzu KB­reeks Die nuwe Isuzu KB is hier om in die Ford Ranger en VW Ama­ rok se slaai te krap FOTO: QUICKPIC

te het die agterste passasiers 25 mm meer beenruimte. Die instrumentepaneel het eenvoudige, funksionele lyne, maar sy harde plastiek­ afwerking pla. Die res van die binneruim is netjies en ruim, met genoeg pak­ en bêreplekke, en nuutontwerpte, gerieflike sitplekke voor en agter. Nog ’n verbetering is die vierwieldryf­ beheer wat nou deur ’n Terrain Com­ mand­draaiknop op die middelkonsole beheer word, en ’n sluitewenaar is stan­ daard in die Fleetline­, LX­ en LE­model­ le, terwyl die LE­ en LX­modelle outoma­ tiese lugreëling het. Die nuwe KB presteer as dit kom by sleepvermoë en laaikapasiteit. Die KB 300 het ’n sleepvermoë van 3 500 kg, terwyl die ander 2 100 kg kan sleep. Die LX 300 4x2­dubbelkajuit kan 1 133 kg laai, en die KB 240­basismodel tot 1 146 kg. Met uithaler­enjins, nuutgevonde ruim­ te, stewige gedrag op en van die pad af, goeie laairuimte en klasleier­sleepvermoë is die nuwe KB die regte produk op die regte tyd. Met sy mededingende pryse, lojale klantebasis en ’n indrukwekkende geskiedenis is hy slaggereed vir die ver­ kopestryd in die mededingende eenton­ bakkiemark. – Ferdi de Vos

PRYSE DIESEL Enkelkajuit KB 250 D-Teq – R229 300 KB 250 Fleetside D-Teq – R242 700 KB 250 Fleetside D-Teq (veiligheidstelsels) – R244 900 KB 250 LE – R274 800 KB 250 LE 4x4 – R315 700 KB 300 LX – R311 700 KB 300 LX 4x2 – R362 300 Verlengde Kajuit KB 250 V/kajuit LE – R290 700 KB 300 V/kajuit LX – R359 400 KB 300 V/kajuit LX 4x4 – R412 300 Dubbelkajuit KB 250 Dubbelkajuit LE – R363 200 KB 250 Dubbelkajuit LE 4x4 – R384 100 KB 300 Dubbelkajuit LX – R410 400 KB 300 Dubbelkajuit LX (outo) – R423 400 KB 300 Dubbelkajuit LX 4x4 – R464 400 PETROL Enkelkajuit Isuzu KB 240 Basismodel – R218 900 Isuzu KB 240 Fleetside – R233 700 Isuzu KB 240 Fleetside 4x4 – R258 500 Isuzu KB 240 LE – R253 200 Dubbelkajuit Isuzu KB 240 Dubbelkajuit LE – R309 100 Isuzu KB 240 Dubbelkaj. LE 4x4 – R380 200

Hyundai i20 1.4 CRDi

Nuus

Vlagskip­diesel vir i20­reeks P

raat van goeie tydsberekening. Met brandstofpryse wat nuwe hoogtes bereik, het Hyundai nou, kort op die hakke van sy intreevlak­1,2 liter Moti­ on, ook ’n suinige turbodiesel in sy i20­ reeks bekend gestel. Hyundai noem dié vlagskip die 1.4 CRDi Glide. Sy viersilinder­turbodiesel ontwikkel 66 kW teen 4 000 r/min. en 220 Nm wringkrag van 1 500 r/min. tot 2 750 r/ min. Met sy sesgang­handratkas is die verbruik 5 liter/100 km in die gekombi­ neerde Europese verbruiktoetssiklus. Dis ’n welkome 20 km/liter, wat ’n realistiese

ONS IS

reikafstand van sowat 1 000 km beteken met sy 45 liter­tenk. Sy CO2 ­uitlaatgaslesing van net 110g/km beteken dat g’n sogenaamde “groen taks” betaalbaar is nie, en dis ook goeie nuus dat die enjin volgens Hyundai tevrede sal wees met die onsuiwerder 500 ppm­diesel. Op ons roete, wat die Bainskloofpas in­ gesluit het, het die klein diesel se wring­ krag ons beïndruk, maar dit kos kwistige ratgebruik om hom binne sy optimale toerkurwe te hou. Eerste rat is kort (wees ook bedag op die kort koppelaarspeling) terwyl sesde

Met petrolpryse wat weghol soos korrup­ sie in die regering is dit tyd om ’n klein turbodiesel te oorweeg. Soos die Hyundai i20 CRDi Glide | FOTO: QUICKPIC

SO SEKER

net ’n snelrat is vir platpad­gebruik en glad nie deug vir bergwerk nie. Die CRDi se Glide­afwerking beteken ’n “volhuis” toerusting wat dit, gemeet aan die toerustingvlakke van sy mededin­ gers, ’n stewige waardepakket maak. Ingesluit in die koopprys van onder R200 000 is ’n vyfjaar­ of 150 000 km­ waarborg, ’n vyfjaar­ of 150 000 km­pad­ bystandpakket en ’n driejaar­ of 60 000 km­diensplan. Diensintervalle is 15 000 km. Alles in ag genome behoort dié i20­model stewige aanklank te vind in die mark, maar dalk moet Hyundai oor­ weeg om ook ’n intreevlak­diesel beskik­ baar te stel. – Ferdi de Vos PRYS Hyundai i20 1.4 CRDi – R195 900

DAT ONS JOU HUIDIGE

KAN SNY DAT ONS JOU

R400 KONTANT SAL BETAAL AS ONS NIE KAN NIE. OUTP/198/A

SMS ‘SPAAR’ NA 44166

STANDAARD TARIEWE GELD.

EN ONS SAL JOU DADELIK TERUGSKAKEL. *T’S EN V’S GELD.


4 InRat

17 Maart 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

2013 Nissan GT­R (R35)

Godzilla bly maar ’n monster D

ie lewe op die kruin is nie maklik nie. Of jy die seemonster Godzilla is wat Tokio platslaan, of Godzille wat Tokyo (Sexwhale) se party in die Wes­Kaap verslaan, daar is altyd iemand wat jou wil onttroon. Die Nissan GT­R R35, wat in 2009 ver­ skyn het om sy opposisie se baantye van Fuji tot die Nürburgring te vernietig, word ook Godzilla genoem. En sy skep­ per weet hy moet dié monster se tande skerp hou sodat hy sy legendariese status kan behou. Dis presies wat Kazutoshi Mizuno en sy ingenieurs gedoen het by die Nürburg­ ringbaan en die 24­uur­uithouren wat daar gehou word. Sover is die GT­R R35 jaarliks verbeter – met ingrypende veranderings in 2011 – en dan ook onlangs vir vanjaar. Nissan het ook ’n spesiale baangefokusde weer­ gawe vir Suid­Afrika onthul – vir diege­ ne wat Godzilla liewer Saterdae op die renbaan ry as om in die buurt af te show. Later meer oor dié weergawe. Dís wat nuut is in die 2013­reeks. Die 3.8 liter­V6­enjin ontwikkel steeds 397 kW en 628 Nm, maar reageer gouer op versnellerinsette teen medium en hoë

Die motor wat Helen (God)Zille eintlik behoort te ry – om by haar onverskrokkenheid te pas | FOTO: NISSAN enjinomwentelings danksy nuwe brand­ stof­inspuiters wat meer beheerbaar is. Die turbo ’n nuwe uitlaatklep, en olie­ druk in die enjin word stabieler gehou. Dan is die vering aangepas vir ’n sag­ ter rit, maar ook om die motor se swaar­

tepunt te verlaag. Nissan sê die GT­R se bak is stewiger gemaak sodat die stuur beter reageer en die motor stabieler voel. Diegene wat meen die GT­R se binne­ ruim steek af by die Porsche 911 s’n, sal bly wees om te hoor dat ook hier verbe­

Chevy Spark

Nuut

Spark kry nuwe vonk T

ot onlangs toe was die Spark net in L en LS­gewaad beskikbaar, maar toe maak die Spark Campus verlede jaar sy verskyning as ’n goed toegerusde ba­ sismodel. Nou het Chevrolet vyf Sparks om van te kies, waaronder die Spark Pronto, ’n mikro­paneelwa. Die ander nu­ weling is die luukse LT. Die Spark se voorkoms is subtiel ver­ ander. Die voorkant is ligweg verfraai met nuwe hoofligte en ’n breër sierroos­ ter. Al die Sparks se stertligte lyk ook ietwat anders, maar jy sal fyn moet kyk. Die bestaande LS en topklas LT se mis­ lighulsels het nou ’n chroomrandjie, en albei kry ’n drukvlerkie agter op die dak. ’n Chroomgordellyn is ook op die LT aangebring én sy bagasiebakdeksel kry ’n horisontale chroomstrepie. Klein verande­ ringe is aangebring aan die posisie van die knoppies in die middelkonsole en die gehalte van die plastiek in die moderne binneruim lyk ook beter. Die ster van die bekendstelling, met opsionele sportstrepe, was inderdaad die

Produkte vir Amarok

-

Suspensies Onderstelbeskermingsplate Snorkels Kant-beskermstawe

terings aangebring is. Daar is ook ’n op­ sie van handgestikte donkeroranje leerbe­ kleedsel teen R50 000. Die Track Pack­GT­R kry onder meer rensitplekke van koolstofvesel, spesiale 20”­wiele, ’n sportuitlaatstelsel en sport­ vering. Daar’s ook ’n lugverdeler van koolstofvesel voor om die bakvorm glib­ beriger te maak. En die agtersitplek kan uitgehaal word. (Gerugte dat dit aan mense op plotte verkoop word vir hulle stoep kon teen druktyd nog nie bevestig word nie…) Voor en nadat jy jou in die GT­R op ’n renbaan begewe, moet jy die motor – on­ geag watter variant jy ry – na ’n Nissan­ hoëverrigtingsentrum neem sodat hulle die motor kan nagaan, die wielsporing stel en smeer waar nodig. Dit kos onge­ veer R2 700; word nie deur die diensplan gedek nie; en as jy dit nie doen nie, ver­ val die motor se waarborg. Elke GT­R het ’n driejaar­ of 50 000 km­diensplan en ’n driejaar­ of 100 000 km­waarborg. Die motor moet el­ ke ses maande of 10 000 km versien word. Pryse begin by R1 398 200 en die Track Pack­weergawe kos R1 743 700. – Justus Visagie

Spark LT. Nou hoef jy nie meer ’n nier te verkoop om in ’n koel ryding gesien te word nie, want jy kan die Sports Decal Package (R3 021) aanskaf in swart, wit of silwer strepe. Dit laat die Spark LT soos ’n klein spierpaleis lyk, veral saam met die mooi allooiwieletjies en dakrelings. Die driehoekige chroom­uitlaatpyp lyk veral ougat, en daar’s flikkerliggies in die syspieëls. Jy kan ook die kajuit opdollie om by die kleur van jou Spark LT te pas – die knalrooi LT wat ek by die bekend­ stelling bestuur het, het rooi­en­grys vi­ nielsitplekke gehad en ook rooi insetsels in die swart instrumentepaneel. Dis ’n kombinasie wat werk en kos niks ekstra nie. Daar is ook drie ander prettige bin­ nekleure te kies. As jy die Spark Pronto se bagasiebak­ deksel oplig, sien jy heel eerste daar is nie agtersitplekke nie. Volgens Chevrolet is daar ’n nismark vir ’n klein aflewe­ ringsvoertuig, en die Pronto is die ant­ woord daarop. Hy het dieselfde veilig­ heidskenmerke as die Spark Campus,

Produkte vir T4 en T5

- Suspensies - Onderstelbeskermingsplate

Produkte vir Touareg

- Suspensies

Die Spark­reeks het ’n nuwe niggie van die bo­dorp bygekry | FOTO: QUICKPIC maar sy laairuim gee jou pakplek van 876 liter. Die Pronto sal ook goed werk vir ’n jong paartjie se sporttoerusting – maar dan moet hulle nog nie dink aan ’n gesin nie. Die agterste deure het ongeluk­ kig vensters, wat beteken enige skelm kan loer wat beskikbaar is, en die Pronto het nie ’n alarm nie. Ons toetsrit in die Natalse Noordkus het gewys die Spark is stewig en solied op die pad – dit voel nie asof hy wil oor­ tiep of omwaai nie. En tipies Chevy ska­ kel die ratte lekker glad oor. Die Spark­ reeks se lewendige 1.2 liter­enjintjies bly onveranderd met kraglewering van 60 kW en 108 Nm, met heelwat krag wat

reeds teen lae enjintoere beskikbaar is. Veiligheidskenmerke? Selfs die intree­ vlak­Campus en ­Pronto het onder meer sluitweerremme (met elektroniese rem­ kragverspreiding), twee lugsakke, ’n sleu­ telgeaktiveerde sentrale sluitstelsel, stuur­ kolom wat in ’n botsing meegee, hoë remlig, immobiliseerder, lugreëling en kragstuur. Alle Sparks, met die uitsonde­ ring van die Pronto, het ’n alarm. Die Spark, Spark LS en Spark LT kry ’n afstandbeheerde sentrale sluitstelsel by, en die LS en LT se deure sluit vanself wanneer jy wegtrek. Die LT het twee by­ komende sylugsakke en parkeersensors agter. Isofix­ankerpunte vir kinderstoel­ tjies is standaard by almal behalwe die Pronto­paneelwa. Die waarborg en padbystanddiens duur vyf jaar of 120 000 km. Die versiening­ periode is jaarliks of elke 15 000 km. ’n Opsionele diensplan van drie jaar of 60 000 km is beskikbaar teen R6 600. – Ané Theron PRYSE Spark 1.2 Spark 1.2 Spark 1.2 Spark 1.2 Spark 1.2

Pronto – R101 500 Campus – R106 100 – R113 600 LS – R123 000 LT – R136 500


17 Maart 2013

InRat 5

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Subaru Forester

Fiat Qubo

Nuut

Volwaardig Forester H

oratio Hornblower. Diegene wat die meeste – of dalk al twaalf – boeke oor dié fiktiewe held in die Britse vloot gelees het, sal jou gou vertel watter van sy avonture hulle gunsteling­ verhaal is. Dit beteken nie ander Horn­ blower­avonture is van mindere waarde nie; dis net dat sekere boeke oor sy eska­ pades meer aanklank vind by spesifieke lesers. Subaru se Forester het sedert 1997 vir hom ’n stewige nismark uitgekerf en – soos die Hornblower­boeke – ’n lojale ge­ volg opgebou. In die proses het hierdie sportnutswa een van Subaru se gewildste én belangrikste modelle geword. Tog erken Subaru die eienaarsverwag­ tinge wat met die eerste geslag Forester geskep en in die tweede uitgebou is, het in die derde weergawe verwater geraak – veral wat veldryvermoë betref. Subaru gee egter die versekering dat die oorspronklike Forester se kerneien­ skappe terug is in weergawe 4.0. En, soos daardie spesiale Hornblower­boek, behoort die nuweling meer aanklank by sy teikenmark te vind, maar ook onder ander kopers. Waarom? Wel, buiten vir sy beter af­ werking en ergonomie, ’n string tegnolo­ giese verfynings, nuutgevonde ruimte en uitstekende veiligheidstelsels, word ’n mens onmiddellik getref deur die nuwe Forester se ritgehalte en rygerief. Heelwat moeite is gedoen om die jong­ ste weergawe se bewese veerstelsel – MacPherson­stutte voor en dubbelmikke agter – verder te verfyn. Op rowwe grondpaaie en klipperige terrein is sy rit heerlik soepel, terwyl hy op teer en glad­ de gruis stewig geplant en maklik be­ heerbaar voel. Die outomatiese Foresters het behalwe Subaru se simmetriese vierwielaandry­ wing ook ’n nuwe X­Mode­funksie wat veldry vergemaklik. Dié stelsel, soortge­ lyk aan BMW se xDrive, beheer die en­ jinspoed, die middelste en agterste ewe­ naar, die remme en kloubeheerfunksie om wieltol verder te keer. Anders as Hornblower is die jongste Forester­ontwerp nie juis avontuurlik nie. Dis in die pas met Subaru se jongste korporatiewe stilering, maar sy lyne en neusstilering (met uitsondering van die

Die Fiat Qubo bring welkome styl na ’n vervelige marksegment FOTO: QUICKPIC

Knap ku­bussie K

Die Forester beskik weer oor die eienskappe wat die eerste twee modelreekse so ge­ wild gemaak het | FOTO: SUBARU XT se aggressiewe sygleuwe) trek nogal op dié van die vorige Hyundai Santa Fe. Die nuweling het ’n langer afstand tus­ sen die voor­ en agteras en is ruimer binne met 505 liter pakplek (488 liter vir modelle met ’n elektriese agterklap). Die binne­afwerking is smaakvol en die stile­ ring, veral die instrumentpaneel se ont­ werp, gegrond op dié van die stylvolle XV. Sy sitplekposisie is hoër, die vloer agter is herontwerp vir beter ruimtebe­ nutting, en sy deure maak ook wyer oop as sy voorganger s’n. Die 2.0 X­intreemodel se viersilinderen­ jin (110 kW en 198 Nm) is gekoppel aan ’n sesgang­handratkas, terwyl die volgen­ de drie, met X­, XS­ en XS Premium­af­ werking, almal ’n 2,5 liter­enjin het (125 kW en 235 Nm) wat krag deur ’n nuwe outomatiese palwisselratkas (CVT) na al vier wiele stuur. Vir eers is daar g’n dieselweergawe nie. Die reeks word afgerond deur die avontuurlustige 2.0 XT Lineartronic met turboaangejaagde direkte­inspuiting­enjin wat ’n stewige 177 kW en 350 Nm uit­ skop vir ’n 0­100 km/h­versneltyd van 7,5 sek. en topspoed van 210 km/h. Hoewel hy minder krag uitskap as dié van die tweede geslag­XT Prodrive Fores­ ter (185 kW en 360 Nm), is die nuwe XT meer verfynd en bestuursvriendelik, en

Die muis wat brul D

ie onverskrokke Volkswagen word onregverdig gespot omdat hy klein enjins inspan, soos die 1,2 liter­TSI in die Golf en Touran, en die 2,0 liter­TDI in die Amarok. “Net melk en Coke kom in twee liter,” spot die Hilux­ en Cruiser­ manne. Maar hoe klink die gedagte van ’n piepklein eenliter­driesilinderenjin in ’n Ford Fiesta? Malligheid? Aikôna. Ons het hom onlangs gery en hy trek soos ’n John Deere, danksy ’n maksimum kragle­ wering van 92 kW en 170 Nm. Enjinmakers maak geruime tyd al hulle produkte kleiner en kombineer dit dan met ’n turbo. Dis deel van ’n groter wed­ loop om motoreienaars meer skiet vir hulle (brandstof)skille te gee. Doeltreffen­ der enjins, dus. Ford sê die nuwe enjin sal in ideale omstandighede gemiddeld slegs 4,3 li­ ter/100 km gebruik. Dit het toevallig mo­ torvervaardigers se wensdenkery onder bespreking geplaas, want nie een van ons kon met die toetsrit naby daardie syfer kom nie. Selfs teen 100 km/h op ’n ge­ lykpad het die verbruikmeter by 6­7 li­ ter/100 km rondgehang. En volgens die hoofingenieur, Andrew Fraser, is ver­ bruikmeters akkuraat. Aan die positiewe kant het die kook­

water­enjintjie warm verrigting – hy kan (gewone) 1,6 liters uitstof, veral in die suurstofarm binneland. Die Fiesta se stuur, vering en hantering is ook puik. Boonop voel jy die pad deur die stuur­ wiel, wat mense wat daarvan hou om te bestuur sal waardeer. Dan is daar die sogenaamde Ford SYNC (in die top­Fiestas) wat die eienaar in staat stel om sy telefoon en iPod met stembevele te beheer. In die goedkoper Fiestas is dit ’n R6 670­opsie. Die nuwe Fiesta het sowaar nog ’n kaart teen sy bors – eintlik ’n sleutel. Hy noem dit MyKey, en dis die beste ding sedert die opsporings­program wat ver­ nuftige ouers stilletjies op hulle kinders se slimfone installeer. (Wat!? Jy weet nie van dié app nie?). Die MyKey­stelsel maak dit vir ouers moontlik om die Fiesta met groter ge­ moedsrus aan jong bestuurders te leen. Pretbederwer­pa kan die motor program­ meer sodat die topspoed en die volume van die klankstelsel beperk word. Die jongeling kan ook nie veiligheidstelsels (soos glybeheer) afsit nie en die radio speel baie sag totdat die sitplekgordels vas is – as Pa dit so beveel. Al is die verbruiksyfer van die eenliter

’n beter verrigtingspakket as sy wille­ wragtig­voorganger. Die reeks het ’n omvattende toerusting­ vlak, met ’n veelfunksie­inligtingstelsel, trukamera en veelfunksie­stuurwiel as standaardtoerusting in die intreemodel. Die XS het ook allooiwiele, ’n elektries­ verstelbare bestuurdersitplek en ratspane agter die stuurwiel, terwyl die XS Premi­ um en XT onder meer ’n dubbelvolume­ sondak, leerbekleedsel en kragbeheerde agterklap bykry. Voeg daarby die modelreeks se vyfster­ gradering in die streng Europese bot­ stoets, en dis duidelik dat die nuweling in alle opsigte ’n volwaardige Forester is – ’n ryding waarmee gesinne Hornblo­ wer­avonture kan beleef. O, en vir diegene wat dalk wonder oor die Hornblower­analogie... Wel, dalk het die letterkundiges of CS Forester­aanhan­ gers dit al uitgewerk. – Ferdi de Vos PRYSE 2.0 X sesgang-handrat – R329 000 2.5 X Lineartronic CVT – R359 000 2.5 XS Lineartronic CVT – R389 000 2.5 XS Premium Lineartronic CVT – R429 000 2.0 XT Turbo Lineartronic CVT – R529 000 ; Pryse sluit ’n driejaar- of 75 000 km diensplan in.

Ford Fiesta

Nuut

Alle nuwe Fiestas het vier deure en ’n agterluik. Die tweedeurmodel is ongeluk­ kig iets van die verlede | FOTO: QUICKPIC besonder optimisties, is dié Fiesta nie die enigste motor op die mark wat aan hier­ die waan ly nie. Die nuwe Fiesta­reeks is uitmuntend en staan nie ’n enkele tree terug vir enige van sy teenstanders nie. – Justus Visagie PRYSE Fiesta 1.4 Fiesta 1.6 Fiesta 1.4 Fiesta 1.6 Fiesta 1.0 Fiesta 1.0

Ambiente – R164 400 TDCi Ambiente – R178 400 Trend – R 187 600 TDCi Trend – R 201 400 EcoBoost Trend – R211 200 EcoBoost Titanium – R231 500

an die Fiat Qubo werklik as ’n nuwe model beskryf word? Wel, hy’s dalk nuut in Suid­Afrika, maar dié snoetbussie is al vyf jaar in Europa en elders beskikbaar. Fiat­Chrysler het as deel van ’n markuitbreidingsveldtog (en moont­ lik ook weens trae Europese verko­ pe) besluit om die Qubo hierheen te bring, en al het hy ’n boksvorm, bring dié ryding welkome styl in die intreeklas vir veeldoelvoertuie. Vergeleke met die Toyota Avanza en Nissan Livina met hul bussielyne sorg die Qubo se forse neus en uit­ geboude wielboë vir ’n fris houding wat sy hoogte verbloem. Hoewel die vyfsitplekveeldoeler op die Fiorino­paneelwa gegrond is, laat gekleurde buffers en syskorte saam met netjies gestileerde agter­ en syruite die voertuig soos ’n pas­ sasiersryding lyk. Die Qubo se groot skuifdeure weerkante, wat in­ en uitklim mak­ liker maak – plus sestien verskillen­ de sitplekkombinasies (die sitplekke kan ook opgevou of uitgehaal word as deel van Fiat se “vrye ruim­ te”­konsep) – maak dit ook meer veeldoelig as sy mededingers. ’n Diep en breë laairuimte van 330 liter (650 liter as jy tot teen die dak gaan) dra verder daartoe by, veral as ’n mens in ag neem dié spasie word ’n massiewe 2 500 liter as jy die sitplekke uithaal. Dan kan jy items van tot 2,5 m inpas. Ook die moderne T­vormige in­ strumentepaneel is in die pas met wat jy in dié klas veeldoeler ver­ wag, met oorgenoeg pakplek in die middelkonsole en paneelkissie. ’n Blue&Me­stelsel met MP3­leser en USB­sok, asook ’n leerbedekte stuurwiel met stuurgemonteerde be­ heerknoppies, is standaard. Onder die enjinkap is ’n 1,3 liter­ Multijet­turbodiesel (55 kW en 190 Nm), of ’n 1,4 liter­petrol (54 kW en 118 Nm). Volgens Fiat gee die diesel­ Qubo ’n gekombineerde verbruiksi­ klus van net 4,6 liter/100 km. Met die bekendstellingsrit was dit gou duidelik die gewillige diesel met sy heerlike wringkrag is die model wat ons verkies. Onthou tog om die hoogste graad diesel (50 ppm) in te gooi, want die enjin is vir “skoon” Euro 4­vlak­brandstof ontwerp. Hoewel die petrolweergawe lekker draf as hy eers op spoed is, kos dit ’n gekarring van die vyfgang­hand­ ratkas om hom daar te kry. En ter­ wyl dié 1,4 liter dalk nog op kus­ vlak kan deug, gaan hy in die Hoë­ veld beslis swaar trek. Teen R199 900 vir die diesel, waarby ’n driejaar­ of 100 000 km­ waarborg en ­diensplan ingesluit is (met diensintervalle 30 000 km), teenoor R207 500 vir die petrolaan­ gedrewe Avanza 1.5 TX en R211 700 vir die Grand Livina 1.6, meen ons die Qubo behoort hoog te pryk op die wenslys van jonger gesinne wat ’n stylvolle veeldoelbussie wil hê. – Ferdi de Vos PRYSE Qubo 1.4 petrol – R177 990 Qubo 1.3 turbodiesel – R199 990


6 InRat

17 Maart 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

Triumph Sprint GT Die Sprint GT is ’n toerfiets wat dink hy’s ’n superfiets | FOTO: TIM MOOLMAN

Pasop vir die

toergogga… MARLON BRANDO OP ’N TRIUMPH THUNDERBIRD. STEVE MCQUEEN OP ’N TRIUMPH TR6 TROPHY. BOB DYLAN OP ’N TRIUMPH TIGER. LOUIS FOURIE OP ’N TRIUMPH SPRINT GT.

G

oed, dalk is die laaste een nie veel van ’n ikoon nie. Wel, nog nie. Triumph het byna sy ikoonstatus verloor toe hy 23 jaar gelede amper ban­ krot gespeel het. Maar die Britse vervaar­ diger is besig om hom as legende te her­ vestig: Toonaangewende modelle soos die moderne Speed Triple en Daytona, her­ siene retro­modelle soos die Bonneville, en ’n motorfiets wat eintlik in ’n klas van sy eie behoort, die 2.3 liter­Triumph Rocket III, het Triumph laat groei, en vandag het hy ’n 5%­markaandeel in die wêreld en 15% van die Britse mark. Met die Sprint GT 1050 blaas Triumph lewe in die sporttoer­kategorie. Dis ’n grootskaalse opkikkering van die vorige Sprint ST – ja, die bike het sommer ’n nuwe naam kry. Die GT staan vir gran turismo,’n aanduiding van Triumph se klemverskuiwing met dié fiets: ’n bietjie

minder sport en meer toer. As Bob Dylan vra hoeveel paaie ’n man moet stap voor jy hom ’n man kan noem, het hy dalk gedink aan sy eie dae op die 1965 Tiger, want hier gaan dit oor hoeveel paaie jy kan ry. Lang paaie. Die GT maak dit maklik om by die langpad­ hardeboude aan te sluit. Die GT behou die aluminium­balkraam waaraan die legendariese reguit driesilin­ derenjin hang. Dié enjin het ’n evolusie ondergaan sedert dit oorspronklik in die Daytona en Speed Triple gebruik is. Met die gedaanteverwisseling van ST na GT is die enjinbeheerstelsel geherkalibreer en lewer hy nou maksimum wringkrag teen 6 300 r/min. – dis 1 200 r/min. laer as die ST se syfer. Maksimum kraglewering is met 3 kW verhoog, en die verandering van die uitlaatstelsel na ’n vryvloeiende drie­in­een­pyp dra hiertoe by.

Boudjies… of borsies? D

ie Audi A4 was nog altyd, soos die BMW 3 en Merc C, hoog in aan­ vraag, en die verkoopsyfers bewys dit. Selfs al ry jy ’n ouerige model, kan nie­ mand stry dié motors beïndruk die sta­ tusbewustes onder ons net so éffens nie. Die A4 is onlangs vernuwe – om die aanslag van die nuwe 3­Reeks te weer­ staan. Omdat ek die nuwe BMW 320­tur­ bodiesel bestuur het kort ná sy bekend­ stelling, kon ek my nie weerhou om die twee te vergelyk ten opsigte van ont­ werp­ en gemakskenmerke nie. Die A4 is ongetwyfeld ’n mooi motor, hoewel dit jammer is daar’s nie veel aan sy uiterlike wat hom van ander Audi­se­ dans onderskei nie. Sy binneruim, hoewel gesofistikeerd en stylvol, beskik ook nie oor die 3­Reeks se karaktervolle gevoel nie. Die leersitplekke se insetsels van ele­ gante gaatjies­suède het my laat wonder hoe lank dit mooi gaan bly – behoede jou as jy iets daarop gaan mors. As jy

beplan om ’n jong gesin rond te ry, kies iets meer alledaags. Die BMW se beheerknoppies is ook meer bereikbaar. In die A4 moet ’n mens ver strek as iemand jou die kans gee om verby te steek en jy wil die knoppie vir die noodflikkerligte druk. Die A4 se peperduur MMI 3G­naviga­ siestelsel (R22 200) is ook taamlik inge­ wikkeld, en die lugreëlingknoppies onno­ dig moeilik om te “tune”, terwyl die 3­Reeks se navigasiestelsel (ook R22 200) logieser is én lekkerder om te gebruik. Met die kragtige drieliter­turbo onder die kap verg dit ’n goeie skoot selfbeheer­ sing om by die spoedgrens te hou. Ek het BMW se funksie gemis waar die mo­ tor se spoed plus die wettige snelheids­ perk op die pad teen die voorruit gepro­ jekteer word – al kos dié heads­up display ’n stywe R14 700. Die A4 het darem ’n “bestuurdersinligtingstelsel” wat soortge­ lyke inligting tussen die snelheidsmeter

Syfers PRYS

R109 500

ENJIN

1050 cc, waterverkoel, reguit driesilinder

RATKAS

Sesgang, kettingaandrywing

KRAG

96 kW @ 9 200 r/min. en 108 Nm @ 6 300 r/min.

VERBRUIK

5,8F/100 km (reikafstand 340 km)

BRANDSTOFTENK SITPLEKHOOGTE

20F 815 mm

GEWIG

265 kg (saam met brandstof en ander vloeistowwe)

NAVERKOPE

Tweejaarwaarborg en tweejaar-AA-lidmaatskap. Versien elke 10 000 km

OORWEEGOOK

BMW R1200RT, Honda VFR1200F, Yamaha FJR1300

Vervaardiger se syfers

Audi A4 3.0T FSI S­tronic

Die A4 lyk soos enige ander Audi­sedan, maar wie gee om as dit vir die groter A6 aangesien word? | FOTO: ANÉ THERON en toereteller vertoon, maar jy moet tog ’n sekonde of twee jou oë van die pad af­ haal om dit te sien. Die A4 se drieliterenjin is nie vraatsig met die sous as jy sy vurige verrigting in ag neem nie, en die ritrekenaar het ’n verbruik van sowat 10 liter/100km aange­ dui. ’n Funksie wat die enjin afsit wan­ neer die kar stilstaan, sorg dat jy nie pe­ trol mors by ’n rooi verkeerslig nie.

Die ratverhoudings en wringkrag­aan­ passings verleen aan die GT uitnemende langpadvermoëns. Dis selde nodig om aan die rathefboom te karring en die fiets versnel lag­lag as jy ’n voertuig ver­ bysteek. ’n Wielbasis wat 7.6 cm langer is as die ST s’n verbeter stabiliteit teen hoë snelheid, iets wat veral merkbaar is wanneer die naald tot op maksimum ge­ druk word. Of so sê hulle. Die GT se ongeveerde gewig (alles on­ der die veerstelsel) is ook verminder om die wiele beter op die pad te hou, iets wat die ekstra kraglewering selfs meer werd maak met versnelling en in draaie. Vergeleke met eergister se Triumphs is die GT sommer luuks. Buiten die TR6 van Great Escape­faam het Steve Mc­ Queen ’n aangepaste Triumph gebruik vir sy eie deelname aan woestynrenne. Daai was goggas­tussen­tande dae van bike­ry. Met ’n nuwe windskerm is die GT se rygemak aansienlik verbeter: Die bestuurder en passasier sit gemaklik op ’n dik sitplek en die uitlaat is aan die kant pleks van onder die sitplek, wat help om die passasiersitplek laer en uit die “wind” te hou. ’n Nuttige grypraam is ook aangebring as die passasier iets soek om aan te klou. Die vering kan verstel word vir ekstra gewig – as jy ’n groot passasier het of die 31 liter­sykoffers (standaard) volstop. ’n Opsionele top box van 55 liter is ook beskikbaar. As dit nie genoeg is nie, koop ’n groot stasiewa. Op die roete van Randburg na Tzaneen het die GT tot sy reg gekom. Sluitweer­ remme is standaard en stel jou in staat om so ’n raps later te begin rem voor ’n draai, wat help om te vergoed vir die langer wielbasis. Die uitstaande kenmerk van die Tri­ umph Sprint GT is nie enige spesifieke talent nie, maar eerder hoe goed alles harmoniseer en vertroue inboesem sodat jy die fiets kan geniet. Wees maar versig­ tig vir daai versneller: Die GT kan met gemak hoë snelhede bereik en handhaaf, sommer so ongemerk. Daar is ongelukkig ’n groot tekort aan kleurkeuses vir die GT: Pacific Blue of Lunar Silver, presies een opsie meer as vir ’n Model T Ford. En vir ’n fiets wat op toer gemik is, bly die 20 liter­petrol­ tenk ietwat knap. Die GT is darem nie dors nie – hy was die wenner van ’n To­ tal­besparingsrit in die Padfietsklas (1 001 cc en hoër). Maar eintlik soek ek nou vir fout waar daar bitter min is om te kry. Met die GT is Triumph in die kol. – Louis Fourie

17 Maart 2013

InRat 7

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Hier’s spasie vir die nasie! W

anneer ek in die verkeer agter ’n Toyota Avanza beland, wonder ek hoekom iemand so ’n broodblik­op­wiele koop. Toe vind ek uit wat hy kos. Ja, Toyota se ontwerpers was dalk te besig met die fraaie Auris om hulle te veel te bemoei met die Avanza. En die binneruim is omtrent so opwindend soos ’n vyfdag­interskole­krieketwedstryd. Kom ons vergeet dus van die visuele, en fokus eerder op sy sakpas­prys en funksionaliteit. En troos jou daaraan dat sy eenvoud met hope gebruiksvriendelik­ heid gepaardgaan. Dan moet jy jou ook afvra hoe ’n mens die sewesitplek­mense­ karweiertjie sal gebruik. Het jy spanne kinders wat gedurig rondgekarwei moet word? Of het jy dalk ’n gastehuis wat ge­ reeld besoekers by die lughawe moet gaan op­ of aflaai? My week met die Avanza 1.5 SX outo­ maties (R191 500) het my nogal laat won­ der of laasgenoemde wel moontlik is. Daar ís heelwat sitplekke, maar met ’n gas se agterstewe op elkeen wonder ek waar die bagasie sal inpas. As jy die der­ de ry sitplekke platslaan, is daar heelwat plek vir koffers in die bagasiebak, maar nie vir meer as drie gaste s’n nie (hoog­ stens vier). Die konfigurasie en rondskuif

van die sitplekke is belaglik maklik – jy het amper net jou pinkie daarvoor nodig, wat beteken die derde ry is ook besonder toeganklik. Beenspasie is beperk. Tensy die agter­ bankers Japanners is, of korter is as 1.7 m, gaan dit ’n stywerige affêre wees. Die gaste kan hulle darem verlustig aan die mooi Suid­Afrikaanse landskap, want sig na alle kante toe is uitstekend vir die bestuurder én passassiers. Die lugreëling werk ook besonder goed, en ek het op­ hou tel aan al die bêreplekke vir water­ bottels en ander los items tot by die heel agterste sitplekke. Die 1.5 liter­enjin is waarskynlik nie gebou vir resies jaag nie en dreun taam­ lik deurdringend wanneer jy die lepel hard trap. Die enjin skop net 76 kW uit, maar omdat die Avanza se bakwerk lig is, het hy darem genoeg lewe in hom om ’n gaping te kan vat, veral in die stad. (Die viergang­ outomatiese ratkas, wat al­ tyd ’n wenner is in swaar verkeer, verge­ maklik dinge verder.) Ek dink die Avanza gaan ’n beter koop wees vir ’n sokkerma in die stad met kortbeen­spruitjies; iemand wat nie meer as ’n kwartmiljoen kan of wil hoes vir ’n Mazda5 of Chevrolet Orlando nie. Teen

Toyota Avanza 1.5 SX outo

KitsToets

Die Avanza se bak het spiere bygekry, maar gaan steeds geen skoonheidstitel verower nie | FOTO: QUICKPIC R191 500 is die Avanza ’n ou staatmaker wat prys, brandstofdoeltreffendheid, ruimte en betroubaarheid betref. Lugsak­ ke voor, sluitweerremme met elektroniese remkragverspreiding, kragstuur, ’n immo­ biliseerder, alarm, kinderslotte agter so­ wel as ’n volgrootte noodwiel vorm deel van die begrotingsvriendelike pakket. – Ané Theron

SYFERS PRYS R191 500 ENJIN 1.5F-petrol; 76 kW en 136 Nm RATKAS viergang-outomaties, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in ± 12 sek. Topsnelheid onbekend. 7.2F/100km OORWEEG OOK Doeltreffender voorbehoeding, ’n Grand Livina 1.6 Acenta

Nuut

Audi allroad

Twee allroad­weergawes is beskikbaar – ’n petrol en diesel, al twee turbo­aange­ jaag en baie lewendig. Die petrolenjin skop 155 kW en 350 Nm wringkrag uit, terwyl die dieselweergawe, wat suiniger is met brandstof, ’n maksimum van 130 kW en 380 Nm lewer | FOTO’S: MOTORPICS

Met die ontrimpeling wat die A4­reeks verlede jaar ontvang het, is die kajuit selfs ’n lekkerder plek om te wees

KitsToets Die Audi se stuur is hiper­akkuraat en vertel jou mooi wat die voorwiele doen. Die vering is ook nie besonder hard vir ’n sportsedan nie. Ek vermoed dié Audi se direkte mede­ dinger, die BMW 335i, is die een vir my. Maar as die A4 nog altyd jou hartsnare geroer het, gaan die ontrimpelde 3.0T FSI waarskynlik jou voete onder jou uitslaan. Soos party ouens van boudjies hou en ander van borsies (ons praat van Kentuc­ ky Fried Chicken), sal jy uiteindelik self moet besluit of jy ’n Audi­ of ’n BMW­ mens is. – Ané Theron PRYS R504 000 ENJIN 3.0 liter-V6-turbopetrol, 200 kW en 400 Nm RATKAS Sewegang-dubbelkoppelaar-outo, quattro-vierwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 5,4 sek. en 250 km/h topsnelheid; 8,1F/100 km OORWEEG OOK BMW 335i Steptronic, Volvo S60 T6 Geartronic R-Design

Moderne geskiedenis E

endag, nie te ver in die toekoms nie, sal ’n monument vir die “histo­ riese” sedan opgerig word. Jy weet, daai vierdeur bokse­op­wiele waarin baie van ons grootgeword het. En dié monu­ ment sal reg langsaan ’n nuwer een hê – vir stasiewaens. Besoekers sal in hulle waterstofaangedrewe 4x4’s en “cross­ overs” opdaag om hulle te verkyk aan die vreemde boksvorms van dié klassieke en veteraanmotors. Audi dink waarskynlik ook so. Daarom sal elkeen van sy drie stasiewa­modelle

(of, soos Audi dit noem, Avants) voortaan spesiale talente hê om hulle bo die vlak van die gepeupel se stasiewa te verhef. Die jongste en veelsydigste is die A4 allroad; ja so met ’n kleinletter­a gespel, net soos die q in quattro, wat op sy beurt aandui hy kan met vier wiele trek. Dink aan die A4 allroad as ’n paar lig­ te velddrafskoene teenoor ’n Toyota Land Cruiser wat dan ’n paar rotsklimskoene of swaardiens­staptoerskoene is. Soos sy Q7­, Q5­ en Q3­boeties is die A4 allroad nie ontwerp om die taaiste

4x4­roetes te tem nie, maar om ’n reis op goeie grondpaaie veilig en maklik te maak. Sy pens, wat met staalplate be­ skerm word, ry 18 cm bo die grond; aan­ sienlik hoër as die ander A4 Avants s’n. Dit gee die allroad daardie allerbelangrike sypaadjie­parkeervermoë asook die vaar­ digheid om wydsbeen oor hoë middel­ mannetjies in die veld te ry. Die ander twee Avants is die baie vin­ nige S4 (245 kW) en die helvinnige RS4 (331 kW). Maar dis die allroad wat ons onlangs op grond­ en teerpaaie gery het, en hy het ’n ontsagwekkende greep op albei oppervlakke getoon. Selfs toe ’n on­ ervare kollega skerp grondpaddraaie teen ’n hoë spoed gevat het… met net een hand op die stuur. Op teerpaaie, waar veel hoër snelhede behaal word, het die afwesigheid van ba­ krol beïndruk (wanneer ’n kar oorleun in ’n draai). Op sinkplaatpaaie was die rit heel ge­ rieflik, maar die petrolweergawe wat ons gery het, het soms ’n sagte ratelgeluid van die middelkonsole laat hoor en die

skokbrekers het twee keer deurgestamp. Diegene wat gereeld groot afstande op bedenklike grondpaaie gaan aflê, moet liefs ’n Toyota Fortuner of Nissan Path­ finder koop, omdat die allroad nie vir langdurige hardearbeid gemaak is nie. Nee, die allroad is bedoel vir daai mooi “aktiewe leefstyl”­mense waaroor bemar­ kers fantaseer (en wat dikwels net ’n fan­ tasie is). Al gebruik jy die allroad slegs vir jou daaglikse pendeltog en die rit gim toe, sal jy deksels oulik lyk in dié unieke ryding. Die son het nog nie heeltemal gesak vir dié waens nie. – Justus Visagie PRYSE A4 allroad 2.0T FSI quattro® S-tronic – R433 000 A4 allroad 2.0 TDI quattro® S-tronic – R438 000 S4 Avant 3.0T S-tronic – R637 000 RS4 Avant S-tronic – R875 500 ; ’n Omvattende onderhoudsplan van vyf jaar of 100 000 km is ingesluit.


8 InRat

17 Maart 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

Lexus GS350 EX

Weelde verweef met sportiwiteit

G

ou, noem die name van vyf top­ klas Japannese gholfspelers. Goed, diegene wat gholf volg, sal moontlik Ryo Ishikawa kan noem. En dalk Shingo Katayama. Of miskien Ai Miyazato, Isao Aoki en Masashi Ozaki. Maar dis hoogs onwaarskynlik. Noem nou die name van die top­ Ame­ rikaanse, Duitse of Suid­Afrikaanse gholfsterre? Glad nie moeilik nie, nè. Lexus sit met dieselfde dilemma. Wan­ neer die vleisbraai­gesprek oor weeldewa­ ens gaan, hoor jy BMW, Mercedes­Benz, Audi, Land Rover en selfs Jaguar, Jeep en Volvo. Maar Lexus is gewoonlik net ’n nagedagte... Sedert sy ontstaan in 1989 het Lexus hom goed in die Amerikaanse weelde­ mark gevestig, maar hy sukkel steeds om ’n stewige vastrapplek in Suid­Afrika – én Europa – te kry, ondanks ’n bewese rekord vir betroubaarheid en bougehalte. Die rede is die sterk beeld en hoë pro­ fiel wat die Duitse Drie plaaslik het, wat dit moeilik maak vir Lexus (en ja, ook ander weelde­handelsmerke) om sy stem­ pel af te druk en die verbeelding aan te gryp – net soos ’n Japannese gholfspeler. Konserwatiewe ontwerpe in ’n tyd dat veral Merc en Audi die stileringsgrense verskuif, het ook nie gehelp nie. Maar nou, soos Ishikawa met sy pienk uitrus­ ting in die Amerikaanse Ope gholftoer­ nooi, kom Lexus ook met nuwe, meer ge­

waagde, ontwerpe vorendag. Hierdie nuwe stileringsrigting, geken­ merk deur ’n opmerklik nuwe sierrooster, is in die GS­reeks vergestalt toe dit in 2011 by die Pebble Beach Concours d’Ele­ gance (ja, op die beroemde Amerikaanse gholfbaan) die eerste keer aan die wêreld gewys is. Die spoelroosterkonsep het sy oor­ sprong in die lang geskiedenis van Toyo­ ta (waarvan Lexus deel is), want voordat die motorreus begin karre bou het, het hy weeframe vir die tekstielbedryf ver­ vaardig, en die spoel met sy kenmerken­ de vorm was letterlik die spilpunt van hierdie weefmasjiene. In GS­gedaante vorm die sierrooster ’n aantreklike lugdinamiese geheel met die aggressiewe voorbuffer, versonke projek­ tortipe hoofligte en LED­dagryligte – wat hom breed en doelgerig laat vertoon. Aan die kante langs is daar trekke van sy derdegeslag­voorganger, maar sy atle­ tieser lyne word saamgevat in ’n buffer met geïntegreerde lugverspreider en L­vormige LED­agterligte met spesiale vinne om aërodinamika te verbeter. Die EX se deure maak lekker wyd oop, en soos ’n mens kan verwag, is dié wa weelderig: Daar’s sagte leer vir die sit­ plekke, stroke in die middelkonsole wat uit een stuk aluminium gesny is, en net­ jiese houtgrein­afwerking. Hoewel die buite­afmetings feitlik die­

’n Alles­in­een­kar wat net aanhou ry N

á omtrent ses maande by ons was dit tyd dat InRat die Fortuner groet. Aanvanklik wou ons nie ’n Toyota gehad het nie, want wat skryf ’n mens nou eintlik oor ’n voertuig wat nooit ernstig lol nie? Gelukkig was daar af en toe ’n fout – nie iets wat ’n eienaar wil hê nie. Maar wie wil nou net goeie nuus lees? (Goeie nuus verkoop mos nie koerante nie, al gee sommige lesers voor hulle wil nie van die “slegte nuus” lees nie, terwyl hulle Huisgenoot dan skelm deurblaai…) Wat het gelol? Die lugsakke se waar­ skuwingsliggie het gebrand en die klank­ stelsel wou soms nie van ’n USB­stokkie af musiek speel nie. Market Toyota in Kaapstad, wat puik diens lewer, het albei foute kosteloos (onder waarborg) herstel. Twee maande later het die lugsakliggie wéér geskyn, maar dit was omdat die skede vir die bestuurder se sitplekgordel stukkend was. Nadat dit (weer kosteloos) vervang is, het die waarskuwingsliggie nie weer aangegaan nie.

Met die odometer op amper 20 000 km het ons die ’Tuner laat versien. Dit was ook kosteloos, omdat die voertuig ’n diensplan het tot 90 000 km of vyf jaar (wat ook al eerste bereik word). Indien die diensplan nie meer geldig was nie, sou die versiening ’n raps oor R2 000 ge­ kos het. In die tyd dat die Fortuner by ons was, het ons ongeveer 10 000 km afgelê en die verbruik was gemiddeld 10,9 li­ ter/100 km (of 9,2 km/liter). Hiervan het ons nie gehou nie ; Net vier gange vir die outomatiese ratkas. Dit het nie werklik gepla nie, maar die dieselverbruik sou waarskynlik laer gewees het met ’n sesgangratkas. Die Amarok is dan al met ’n agtgang­ outo­ matiese ratkas te kry! ; Die gebrek aan satellietnavigasie. Die skerm is daar – hoe duur kan dit dan vir Toyota SA wees om GPS in die fabriek by te sit? ; Die agtersitplekke (die derde ry) kan

Die GS350 EX kos ’n stywe R584 900, maar omtrent als waarvoor jy in die Duitse weeldewaens ekstra betaal, is by die prys ingesluit | FOTO: QUICKPIC

Syfers PRYS ENJIN

R584 900 3.5F-V6-petrol

RATKAS

Sesgang-outo, agterwielaandrywing

KRAG

233 kW @ 6 400 r/min. en 378 Nm @ 4 800 r/min.

VERRIGTING

0-100 km/h in 6.3 sekondes en 235 km/h topsnelheid

VERBRUIK

9.4F/100 km en 223g CO2/km

BRANDSTOFTENK BAGASIEBAK

66F 530F

NAVERKOPE

Vierjaar- of 100 000 km-waarborg met omvattende onderhoudsplan. Versien elke 15 000 km

OORWEEG OOK

Mercedes-Benz E300 outomaties, BMW 528i outomaties, Audi A5 Sportback 3.0 TFSI

Vervaardiger se syfers selfde is as dié van sy voorganger, het die nuwe GS meer kop­, knie­, been­ en voetruimte, asook ’n groter, dieper en breër bagasieruim – volgens Lexus byna 25% groter.

Fortuner 3.0 D­4D 4x4 outo

Ons Fortuner in aksie toe hy teen die Chev Trailblazer te staan gekom het. Die Fortuner het gewen | FOTO: PEET MOCKE nie in die vloer invou nie en die stuur­ wiel kan nie nader gestel word nie. ; Daar’s niks wat die bagasieruim be­ dek nie – jou goed lê oop en bloot. Ge­ lukkig is die ruite getint. ; Die kar moet elke 10 000 km ge­ diens word. ; Fortuners is so volop soos kakiebos. Hiervan het ons gehou ; Hy is táái. Ná 11 000 km hardepad

Die bestuurdersposisie is ook beter, en die Remote Touch­aanraakstelsel vir die uitstekende klankstelsel en S­Flow kli­ maatbeheer (wat ’n waarnemingsensor gebruik om lugvloei op passasiers te rig) is verskuif vir beter ergonomie. ’n Analoë horlosie rond die binne­de­ tail mooi af, maar alles word oorheers deur ’n enorme elektroniese vertoon­ skerm met ’n tru­kamerafunksie. Dié stelsel, met nuwe glybeheer­knoppe wat beter werk, is beter as sy voorganger s’n, maar steeds ’n nagmerrie om te gebruik en geensins intuïtief nie. Die GS350 se juweel van ’n enjin, tesa­ me met die EX se lys standaardtoerus­ ting wat langer is as ’n Buthelezi­toe­ spraak, vergoed egter daarvoor. Druk die aansitterknop en die 3.5 liter­V6 met wisselende kleptydreëling (VVT­i) grom heerlik. Met 233 kW en 378 Nm wring­ krag hoef hy wat verrigting betref, vir g’n Duitser terug te staan nie. Druk hom deur die toere met sy ses­ gang ECT­i­ outomatiese opvolgratkas in Sport­modus (Eco en Normal is ook be­ skikbaar met die Drive Mode Select­be­ heer), en veral bo 4 000 r/min. begin sy seepgladde V6 opgewonde saamgesels. Asof die enjinklank nie inspirerend ge­ noeg is nie, is die nuwe GS ook dinamies gesproke ’n belewenis. Behalwe dat hy wyer trap, is sy onderstel stewiger en lig­ ter (dansky rojale gebruik van alumini­ um), en ondervinding met die Lexus LFA­supermotor sorg vir ’n nuwe sub­ raam en hersiene veringverstelling agter. Sy hantering is nou soos ’n ligter dog fermer dryfstok in ’n goeie gholfspeler se hande: meer beheer met minder moeite. En selfs wanneer die 18­duim­agterbande op die klougrens protesteer, bly die GS stewig op koers. Bygesê, die string standaard­veiligheid­ stelsels laat jou nie rêrig toe om na har­ telus te speel nie, behalwe as jy die VSC­ en TRC­glybeheerstelsel voor jou rit af­ skakel. Ook die stuur is ’n aks te lig teen laer snelhede, maar dis waarskynlik ’n kwessie van smaak. In die geheel gesien, verweef die nuwe GS350 EX nou weelde en heerlike sporti­ witeit om ’n moderne en aantreklike ta­ pisserie te vorm. Met model­nuwelinge soos dié moet die Lexus­handelsmerk dopgehou word. Net soos jong Ishikawa... – Ferdi de Vos

OnsRyding met meestal vernielsugtige motorskry­ wers (voor hy nog by InRat aangekom het), asook ’n rowwe ryery in Lesotho as kameravoertuig, was daar nooit ’n piep of ’n ratelgeluid te hoor nie. ; Omdat die bandprofiel so hoog is, is dit omtrent onmoontlik om die allooiwie­ le teen sypaadjies te krap. ; Die agtersitplekke (derde ry) kan heeltemal uitgehaal word (en nie net plat­ vou nie). ; Luginlate in die dak hou die tweede en derde ry insittendes koel. ; Voldoende veiligheidseienskappe soos ses lugsakke en stabiliteitsbeheer. ; Die gevoel dat jy hom net kan pak, jou visums kry en koers kies Noord­Afri­ ka toe – sonder meganiese teëspoed. ; Sy veldryvermoë. Die Fortuner is nie volmaak nie, maar watter motor is? Nie eens die Porsche Boxster nie. Maar as jy ’n staatmaker wil hê wat relatief bekostigbaar is, nie te veel van sy waarde verloor nie, en die skool­ lopie net so goed soos ’n week in die gramadoelas hanteer, is daar eintlik net een keuse: ’n Fortuner. – Justus Visagie


17 Maart 2013

InRat 9

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

Volkswagen Kewer 1.2 TSI Design

Somerromanse met ’n Kewer O

HAVASWW-D61856/A

ns almal ken daai verspotte vakan­ siesindroom wat Desembermaande kuslangs uitbreek. Sodra die Groot Trek binnelanders die Kaap tref, is daar ewe skielik ’n aansteeklike, lawwe luim in die lug – al dryf die verkeer ons teen Duiwelspiek uit. Dis juis aan die vooraand van die soge­ naamde silly season dat ek toevallig agter die stuur van die derde geslag (of tweede Nuwe) Kewer ingeskuif het. Ek was eint­ lik nog besig om ’n Mercedes B­klas te evalueer toe ek en InRat se redakteur mekaar by ’n vulstasie kry om in ’n kon­ vooi na ’n werksfunksie buite Stellen­ bosch te ry – hy met die Kewer en ek met die Merc. Maar die oomblik toe dié wulpse bult­ rugbesie my oog tref, het ek op die plek Kewer­koors ontwikkel, wat my soos ’n lawwe vakansieromanse gehipnotiseer het. Ek moes eenvoudig dadelik met die Kewer ry. Ná die 40 km­rit na die Spier­wyn­ landgoed was ek behoorlik verslaaf aan dié ougat besie. Eers het ek gesmeek… en daarna botweg geweier om die sleutel te­ rug te gee. Wat maak die Kewer so betowerend? Ag, sommer die hele pakket. Hy bied vir seker meer as sy voorganger: ’n beter rit, hantering, gemak, verrigting, voorkoms en veiligheid. Dis ook ’n ryding wat met jou hart praat; ’n pretbuks wat my weer

Die nuwe Nuwe Kewer is meer sportkoepee en minder blommekind FOTO: QUICKPIC

Syfers PRYS

R240 100

ENJIN

1.2F-viersilinderturbopetrol

RATKAS

Sesgang-handrat, voorwielaandrywing

KRAG

77 kW @ 5 500 r/min. en 175 Nm @ 1 5504 100 r/min.

VERRIGTING

0-100 km/h in 10.9 sekondes en 180 km/h topsnelheid

VERBRUIK

5.9F/100 km en 137g CO2/km

BRANDSTOFTENK BAGASIEBAK

55F 310F

NAVERKOPE

Driejaar- of 120 000 km-waarborg, en vyfjaar- of 60 000 kmdiensplan. Versien elke 15 000 km.

OORWEEG OOK

Audi A1 1.4 TFSI Attraction, Mini Cooper Coupé

Vervaardiger se syfers soos ’n agtienjarige student laat voel het. Laf, ondeund en lus vir die lewe. Die jongste Kewer word gekenmerk deur skoner, skerper lyne wat hom spor­ tief en dapper laat lyk. Sy soliede bak­

werk lyk ook meer na ’n oorspronklike Volla s’n as die 2001­weergawe. Die neus is platter en langer, sy lyfie breër, én hy’t ’n breër spoor. Binne verras ’n interessante mengel­ moes van retro­ en moderne ontwerp­ elemente. Die oop metaaloppervlakke on­ der die vensters en paneelbord (dieselfde kleur as die bakwerk), die leersitplekke (R8 600) met horisontale stiksels asook die piepklein metaalpaneelkissie herinner alles sterk aan eersdae se Volkies. Ander elemente, soos die radio en lugreëlingska­ kelaars, is by die Golf geleen. Die toename in afmetings beteken meer passasier­ en bêreplek, maar langerate sal in die fetus­posisie moet sit op die agter­ bank. Die deure maak wyd oop en toe­ gang tot dié sitplekke is maklik. Die onderstel is die Golf 6 s’n, wat be­ teken hy word met sy voorpote aange­ dryf, anders as die oorspronklike Volksie. Sy groter wielspoor sorg vir uitstekende hantering. Ek het hom geraps om ’n paar draaie, maar die Kewer se 16 duim­poot­ jies het bly klou soos ’n krismiskewer aan ’n gaatjiesgordyn. Van sy beskeie enjin­kapasiteit het ek nie veel verwag nie, maar die 1.2 turbo se verrigting het my verbaas. Wat ek die meeste geniet het, was die enjinkrag wat oombliklik beskikbaar is sodra jy aan die

petrolpedaal raak. Daar’s geen gewag vir die turbo om aan die gang te kom nie, en die ratverhoudings is goed gespasieer met kort, egalige oorgooie. My ry­ervaring in die stad en op die snelweg was een groot avontuur. Op die snelweg was dit opvallend hoe stil sy binneruim is. Jy hoor skaars pad­, enjin­ en windgeraas. Die vering voel ferm, maar tog is die rit nie stamperig nie. (Kewer­entoesiaste kan gerus die Maart­uitgawe van die plaaslike Top Gear koop – twee skrywers van dié publikasie het die einste Kewer wat ek bestuur het, na Die Hel in die Karoo geneem – op die uitdagende “slegs 4x4”­pad. Die Kewer het oorleef, sonder ernstige beserings.) Sy veiligheidskenmerke is omvangryk en sluit stabiliteitsbeheer, wegtrekhulp en ses lugsakke in. Standaard­geriefstoerusting is maar snoep. Snelheidsbeheer, agt luidsprekers, ’n immo­alarmstelsel en lugreëling is om­ trent so ver as wat dit gaan. Vir die res moet jy ekstra hoes. Die Kewer is geen winskopie nie, maar daar’s dinge waaraan aan ’n mens nie ’n prys kan heg nie. Soos die betowerende skoenlappers­in­jou­maag­ekstase wat jy beleef agter die stuur van ’n Kewer. – Corlette Heyns

SEIL DEUR 2013 MET WINSKOPE WAT RONDOM JOU ONTWERP IS jou VOLVO S60

jou VOLVO C30

om jou beter rond te karwei

maak dit ’n stylvolle jaar

joune vanaf r4 495 PM * 0 %DEPOSITO

joune vanaf r3 430 PM *

Verdere aanbiedinge sluit in die Volvo S60 T3 Handrat Essential teen R3 960 pm met slegs ‘n 10% deposito.

Periode

60 Months

kleinhandelprys

R322 900

rentekoers

3.09%

Ballon

R90 412

Deposit0

0%

Totale koste vir kliËnt

R355 721

Meer aanbiedinge sluit in die Volvo C30 2.0 Handrat Essential teen R4 100 pm met slegs ‘n 0% deposito.

Periode

60 Months

kleinhandelprys

R276 300

rentekoers

3.59%

Ballon

R77 308

Deposit0

10%

Totale koste vir kliËnt

R279 674

your VOLVO S60 jou VOLVO XC60 & volvo V60** yours from r4 495 PM * 0 %DEPOSIT JOUNE MIN R25 000 **Sit DIT teen jou INRUILBEDRAG, TREK DIT van jou inruilprys af of struktureer JOU EIE PERFEKTE aanbod.

DIE WÊRELD HET TOE NIE TOT ’n EINDE GEKOM NIE – GAAN BELEEF DIT

VEELSYDIGHEID IS STYLVOLLER AS OOIT

Volvo Car Financial Services

vir nog fantastiese aanbiedinge besoek jou volvo handelaar vandag

volvocars.co.za volvomadeforyou.co.za

BF&W. Bepalings en Voorwaardes geld. *Modelle mag verskil van wat vertoon word. Totale koste sluit aanvangs- en maandelikse versieningskoste in. Prys sluit BTW en CO ² emissiebelasting in. Rentekoers gekoppel. Aanbod eindig 31 Maart 2013. Alle finansieringsaanbiedinge onderhewig aan kredietgoedkeuring deur Volvo Car Finansiële Dienste. ’n Afdeling van Wesbank. ’n Afdeling van FirstRand Bank Ltd. ’n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste en Krediet. NCRCP20.


10 InRat

17 Maart 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

Mazda BT­50 3.2 SLE 4x4 Dubbelkajuit Wat is ’n avontuurbakkie sonder ’n biet­ jie grimering? | FOTO: EPPY STRYDOM

Hoog & droog

WANNEER ’N MENS IN ’N SEDAN SIT EN ’N BULLEBAKKIE TREK LANGS JOU IN, ERVAAR JY ’N GEVOEL VAN INTIMIDA­ SIE, EN SOMS DINK JY OOK OOR DIE KLEINMANNETJIE­SIN­ DROOM. MAAR KLIM SELF IN SO ’N BAKKIE EN KYK SOOS ’N KONING BO­OOR DIE KARRE UIT… EN MAAK KENNIS MET JOU EIE ARROGANSIE. DEUR EPPY STRYDOM.

D

ie afgelope tien jaar het bakkies omtrent in uitgerysde spiertiere ontaard. Krag is nie meer genoeg nie – grootte wys ook nou wie’s baas. Ek het die 3.2 liter turbodiesel 4x4 ou­ tomaties van Mazda op ’n pretrit na Xai­ Xai in Mosambiek geneem, en sommer met die wegtrekslag verhewe gevoel. Jy sien die wêreld anders as jy skielik in jou bure se erf kan inkyk. Nie eens die groot oranje Putco­busse kon my intimi­ deer nie. Hoewel ek meer van ’n “cruiser” is wat daarvan hou om dinge rustig te vat, het dit nogal selfdissipline gekos om nie teen 160 km/h voort te stoom nie. Die bakkie het baie woema. Teen 140 km/h moet jy net ’n bietjie harder op die versneller druk om die jaagduiwels gas te gee – met swart dieselwolke wat uit die uitlaatpyp bol wanneer jy in die groot syspieël kyk. Die spieëls is maklik drie of vier keer groter as dié van ’n gewone motor. Dit lyk omtrent so groot soos my bromponie se sitplek. Vir my is die spieëls nood­ saaklik, want die hoë bak en kappie be­

perk jou sig in die middelste truspieëtjie aansienlik. Gelukkig het die BT­50 ’n musiekinstrument vir wanneer jy in tru­ rat ry: Hoe nader jy aan iets agter jou kom, hoe vinniger begin die instrument piep. Die spesiaal gemaakte kap met ge­ tinte vensters kon agter en aan weers­ kante sluit, sodat jy vinnig kan raakvat wat jy wil hê. My rugsak en die paar sakkies kruideniersware het bra verwese gelyk in die kort, breë bak – byna soos die klompie Leeus­ondersteuners op Coca­Colapark verlede jaar. Met ’n breed­ te van meer as 1,5 m is daar oorgenoeg pakplek vir twee gesinne se bagasie – én hulle osse en esels. Om die bakkie se tenk vol te maak ruk natuurlik jou sak. Met ’n brandstof­ tenk van 80 liter sal dit nou meer as R1 000 kos om hom vol te maak, en daarmee gaan jy omtrent 900 km ry. Met my rustige styl was ek in my noppies om te sien hoe die dieselverbruik dag ná dag daal, totdat die instrumentepaneel later ’n syfer van 8.2 liter/100 km wys (in die ou taal 12.2 km/liter). Dis natuurlik ook

Cruzie­roer­my­nie

D

ie Cruze­sedan het naam gemaak met sy gawe prys, betreklik goeie bougehalte, ’n string standaard­ items en ’n vyfster­botstoetsgradering in Europa. Maar gits, dis ’n oninspirerende stuk metaal. My ketel het meer houding as dié knaap. General Motors het onlangs die luikrugweergawe hier begin verkoop. Is hy opwindend? Daar’s heelwat positiewe dinge wat die kortgat­Cruze ’n aantreklike opsie maak vir die gemiddelde salaristrekker. Soos hoe prakties sy binneruim uitgelê is, met hope beenruimte vir die voorste en agter­ ste passasiers en genoeg kopruimte vir hemelbesems agter. Vier of vyf grootmen­ se sal lag­lag van die Kaap tot in Mpu­ malanga kan ry. Die laairuim sluk 413 liter – dís groot vir ’n luikrug, en net ’n raps kleiner as

byvoorbeeld die Polo Vivo sedan s’n. Die sitplekke is lekker groot en ferm, en die seilagtige bekleedsel van goeie ge­ halte. As jou peuter se McFlurry onder­ stebo op die sitplek land, gaan jy darem nie te veel swets terwyl jy die gemors skoonmaak nie. Die leerstuurwiel vat lek­ ker, maar die plastiek in die kajuit is te hard en goedkoop na my smaak. Die 1.6 LS se standaardtoerusting sluit in ’n ritrekenaar, Bluetooth en ’n USB­ prop, stuurwielbeheerknoppies met snel­ heidsbeheer, elektriese ruite en syspieëls (wat boonop verhitbaar is), lugreëling en ’n sentrale sluitstelsel. Wat veiligheid betref, kry jy daardie al­ lerbelangrike stabiliteitsbeheer, sluitweer­ remme met remkragverspreiding en ’n volle ses lugsakke. Die 1.6 liter­petrolenjin se werkverrig­

Syfers PRYS

R474 500

ENJIN

3.2F-viersilinderturbodiesel

RATKAS

Sesgang-outo, vierwielaandrywing

KRAG

147 kW @ 3 000 r/min. en 470 Nm @ 1 7502 500 r/min.

VERRIGTING

0-100 km/h in sowat 11 sekondes en topsnelheid onbekend

VERBRUIK

9.1F/100 km en 238g CO2/km

BRANDSTOFTENK

80F

BAK

1.55 m lank en 1.56 m breed. 1 082 kg vragvermoë

NAVERKOPE

Vierjaar- of 120 000 km-waarborg, en vyfjaar- of 90 000 km-diensplan. Versien elke 15 000 km

OORWEEG OOK

Ford Ranger 3.2 TDCi XLT 4x4 outomaties; Toyota Hilux 3.0 D-4D 4x4 outomaties; of die nuwe Isuzu

Vervaardiger se syfers danksy die feit dat ek en my bagasie saam net sowat 100 kg geweeg het. Wat voorkoms betref, het die nuwe

Chev Cruze 1.6 LS luikrug

BT­50, wat plaaslik aanmekaar gesit word, nie meer aparte modderskerms nie. Dis nou een soliede bak met kurwes wat pragtig gegiet is en ’n gladde, vloei­ ende indruk wek. Ek is nie mal oor die vooraansig nie, en die agterkant kan gaan met ’n Disprin. Die instrumente is groot en maklik leesbaar, met heelwat inligting wat in die vierkantjie tussen die toereteller en snel­ heidsmeter aangedui word. Die Blue­ tooth­ radio­en­foonstelsel is maklik be­ heerbaar danksy ’n paneeltjie op die stuurwiel wat jy met jou linkerduim kan verstel. Ek het meestal CD’s by die voor­ laaier ingedruk, maar die bakkie het ook ’n USB­sok. Kort ná die verpligtinge by die grens­ pos en die eerste billike tolhek in Mo­ sambiek, moet ek besluit of ek die grondpad oor Moamba na Xai­Xai gaan neem, of teerpad langs deur Maputo gaan ry. Dit kos nie veel wik en weeg voor ek links draai nie. Teerpad is vir motors en ek is immers agter die stuur van ’n vuurvreter­willewragtag. Die grondpad begin kort ná Moamba… en dan begin die avontuur. Die papnat pad word plek­plek ’n moddersous wat al my konsentrasie verg – dis beslis nie ’n roete wat ek in die reënseisoen in ’n motor sal aandurf nie. Voor die dieper damme in die pad skakel ek oor na 4x4 en ry dan deur ’n erewag van bruin water. Anderkant uit skakel ek terug na 4x2 – ek geniet die verstellings soos ’n kaptein op ’n militêre missie. Een keer begin die bakkie in die modder gly, maar gelukkig onthou ek die raad van ’n vriend: Wanneer jy na links gly, moet jy die stuurwiel na links draai, hoe vreemd dit ook al voel. Die Mazda beur voort soos ’n boot deur slik. Ek voel hoe my hart bokspring. Vrou­alleen, sonder ’n selfoon of kaart, op ’n afgeleë grondpad in ’n land van Shona en Portugees… die avontuur is groot, werklik en verruklik. Op ’n kol hou ek stil vir ’n trop beeste wat die pad vol staan. Ek klim uit om ’n bietjie bene te rek. Toe dit later duidelik word dat hulle nie gaan beweeg nie, be­ styg ek die bakkie en voer my Putco­be­ weging met kalm deernis uit. Die grondpad na Xai­Xai is sowat 50 km korter, maar toe ek die aansluiting na die teerpad kry, is ek nie seker of ek noodwendig tyd gespaar het nie. Maar die bakkie spog nou met modder­ere­ kleure. Wanneer ek met die tweespoor­ sementpaadjie teen die beboste duin uitry tot by die vakansiehuis waar ek afsaal, vergeet ek die eerste keer dat ek ’n outo­ matiese voertuig ry en trap die “koppe­ laar” – die ABS­soort – lekker diep in. Dis net die sitplekgordel wat keer dat ek deur die voorruit vlieg.

KitsToets stuur kan ek ook nie regtig fout vind nie. Daar’s min wat skeel met die Cruze­ buks. Hy gaan dalk nie motorentoesiaste se hartsnare roer nie, maar hy’s darem minder vaal as sy sedan­boetie. Vir ko­ pers wat groter waarde heg aan funksio­ naliteit as opwinding, sal dié waarde­vir­ geld­luikrug nommerpas wees. Jy kan mos altyd begin valskerm­ spring as jy meer opwinding soek, of hoe? – Corlette Heyns

Een van die uitstaande kenmerke van die luikrug­model is hope kopruimte agter FOTO: QUICKPIC ting is wat ’n mens verwag van daardie grootte. Teen bulte uit moet jy die ratkie­ rie woel om op dreef te bly. Die ratte skakel maklik en glad oor, maar op die ooppad het ek ’n sesde rat gesoek. Die kar voel stewig, en met die hantering en

PRYS R215 600 ENJIN 1.6 liter-viersilinderpetrol; 91 kW en 155 Nm RATKAS Vyfgang-handrat, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 12.8 sek. en 188 km/h topsnelheid; 6.7 liter/100 km OORWEEG OOK Ford Focus 1.6 Ambiente, Hyundai i30 GLS, Toyota Auris 1.6Xi


17 Maart 2013

InRat 11

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

MotorSport

Scuderia Ferrari toets en oefen in Melbourne vir vanjaar se eerste Formule Een­ronde wat daar gehou word | FOTO: FERRARI

Groen vlag vir Formule Een F

ormule Een Vandag is D­dag vir vanjaar se Formule Een­seisoen, en teen die tyd dat jy dié verslag lees, kan die uitslag van die Australiese Grand Prix in Mel­ bourne dalk al bekend wees. Op grond van hulle vertonings in die amptelike toetssessies in Spanje was die spanne van Mercedes en Ferrari beslis die voorseisoen­gunstelinge, met McLaren en Lotus op hulle hakke, terwyl Force India en die kampioenspan, Red Bull, be­ stendig dog onopwindend gelyk het. Ondervinding het egter geleer dié toets­ sessies is geensins ’n barometer vir ren­ pas nie, en daarom kan Red Bull nie on­ derskat word nie. Verlede maand het ons voorspel Mark Webber is die man om dop te hou, met sy spanmaat en die ver­ dedigende kampioen, Sebastien Vettel, die naasgunsteling. Indien dit ’n warm Australiese herfs­ dag is, kan bandeverwering ’n groot rol speel, wat spanne met die beste strategie sal bevoordeel – veral Lotus en Kimi Raikkonen, en Ferrari se Fernando Alon­ so en Felipe Massa. Maar wie weet, dalk kan Nico Rosberg en Lewis Hamilton hulle Mercedes­voor­ vertoning ook in ’n rensege omskep, ter­ wyl McLaren se Jenson Button kan ver­ ras, mits sy motor hou. Wêreld­tydrenreeks (WRC) Sébastien Ogier en Julien Ingrassia het die veelsydigheid van hulle VW Polo R verlede naweek bevestig deur die Mex­ ikaanse tydren te oorheers. Die Franse paar het 16 van die 23 trajekte gewen, en daarmee gewys die Polo is nie net goed op teer en sneeu nie, maar ook op gruis­ paaie. Ná dié oorwinning, saam met ’n tweede plek in Monaco en ’n sege in Swede, is hulle nou in die WRC­reeks 31 punte voor hulle naaste teenstanders, Sé­ bastien Loeb en Daniel Elena (Citroën DS3), wat nie aan die Mexikaanse ronde deelgeneem nie. Ogier was 3 min. 28.9 sek. voor Mikko Hirvonen (Citroën DS3), met die Belg Thierry Neuville (Ford Fiesta) wat sy eer­ ste WRC­podiumplek behaal het. Die vierde ronde in Portugal is van 11 tot 14 April.

geraak ná ’n slegte landing wat die uit­ laatstelsel gebreek en kragstuur­vloeistof laat ontvlam het. Die vlamme is geblus, maar hulle kon nie voortjaag nie. Hulle het die volgende dag ingevolge Superally­ regulasies weer deelgeneem en is uitein­ delik dertiende geplaas. In die tweewieldryf­kampioenskap vir S1600­motors het die nuwelinge Thilo Himmel en Armand du Toit, in die nuut­ ontwikkelde tydren­Toyota Etios verras deur die klas gerieflik te wen. Hulle is gevolg deur Guy Botterill­Simon Vacy Ly­ le (Toyota RunX) en Ashley Haigh­Smith­ Craig Parry (Ford Fiesta). Die volgende nasionale ren, die Sasol­tydren, is op 19 en 20 April in Mpumalanga.

Dave Charlton, een van SA se suksesvol­ ste renjaers, is verlede maand oorlede SA Tydrenkampioenskap Vars terug uit Brittanje, waar hulle met ’n Ford Fiesta WRC­motor aan die Mal­ colm Wilson­Tydren deelgeneem en vyfde algeheel geëindig het, het Mark Cronjé en Robin Houghton (Ford­Handelaarspan Fi­ esta S2000) verlede week in die Total­ tydren in snikhete toestande in KwaZulu­ Natal koning gekraai. Die huidige SA kampioene het 10 van die 13 trajekte ge­ wen en die ren meer as ’n minuut voor die staatmakers Jannie Habig en Robert Paisley (Basil Read­Ford Fiesta) voltooi. Derde was JP Dameaux en Hilton Auf­ fray in hulle Span Total­Toyota Auris, wat hulle ook ’n sege in die S2000­uitda­ ging besorg het. Vir die Sasol Racing VW­span was die tydren ’n nagmerrie. Hergen Fekken en Pierre Arries (VW Polo S2000) is ná ’n ongeluk vroeg uit, en kort daarna is En­ zo Kuun (met Guy Hodgson) ook van die pad af. Die jong Henk Lategan, saam met Barry White, het die VW­vlag hoog laat wapper en was Vrydagaand algeheel der­ de, maar in Saterdag se eerste trajek het hy teen ’n brug gebots en hulle Polo het aan die brand geslaan. Hulle was onge­ deerd. Ook Johnny Gemmell­Carolyn Swan se Castrol­Yaris het aan die brand

Nasionale Veldrenkampioenskap Ford Racing se nuutontwikkelde Ford Ranger het ’n droom­wêrelddebuut ge­ maak deur die RFS 400­veldren, die eer­ ste ronde in die Donaldson­ nasionale veldrenreeks, oortuigend te wen in die hande van die jong Lance Woolridge en Ward Huxtable. Daarmee het die 21­jarige Woolridge ook die jongste jaer in die plaaslike veld­ ren­geskiedenis geword wat ’n nasionale kampioenskapsren wen. En om alles te kroon was sy gesoute spanmaats Chris Visser en Japie Badenhorst tweede in ’n soortgelyke Ranger 5.0 V8. Woolridge het ook die vinnigste tyd in die voorloper­tydtoets opgestel en dit op­ gevolg met ’n foutlose vertoning in die ren. Visser en Badenhorst het petrol­ drukprobleme met hulle Ranger ervaar, maar deurgedruk en van vyfde tot twee plek opgeskuif. Malcolm Kock en Johan Burger was derde in ’n Toyota Hilux. Die Ford­span het met dié vertoning deeglik met hulle aartsvyande, die Cas­ trol­Toyota Hilux­spanne van Duncan Vos­Rob Howie en Anthony Taylor­Den­ nis Murphy, afgereken. Die spesiale voertuig­afdeling en klas A is deur Clint Gibson en Gary Campbell (Dirt Components Porter) gewen, met die huidige kampioene, Evan Hutchison­Da­ nie Stassen (Motorite BAT Venom) twee­ de, gevolg deur Lance Trethewey­Carl Wichmann (LT Earthmovers BAT) en Daniel Brookes­Gavan Gray (Ducatus

Property BAT). Die volgende ronde in die reeks, die nuwe Nkomazi 400, is op 12 en 13 April in die distrik Malelane, Mpumalanga. Motorsportman van die Jaar Die Dakar­held Giniel de Villiers is einde verlede maand as Bridgestone en die SA Gilde van Motorjoernaliste se Mo­ torsportman van die Jaar aangewys vir 2012. De Villiers, wat dié toekenning in 2006 ook gewen het, is vereer vir sy der­ de plek in verlede jaar se Dakar­ren, asook sy eerste plek in die klas vir pe­ trolaangedrewe 4x4­voertuie. Vanjaar se wenner van die Colin Wat­ ling­toekenning vir uitstaande bydrae tot motorsport is Glyn Hall, motorsportbaas van die Toyota­Motorsportspan wat verle­ de jaar die Suid­Afrikaanse veldrenjaers, ­navigators, en ­vervaardigerskampioen­ skappe gewen het, tweede was in die na­ sionale tydrenreeks en derde en tiende was in die Dakar­ren. In memoriam: Dave Charlton Dave Charlton, een van Suid­Afrika se suksesvolste en mees gerespekteerde ren­ jaers, is einde verlede maand in die ou­ derdom van 76 in Johannesburg oorlede. David William Charlton, oftewel Char­ lie, is in Yorkshire, Engeland, gebore, maar sy ouers het na Suid­Afrika geïm­ migreer toe hy tien was. Hy het in Springs grootgeword en in 1960 op 24 aan sy eerste motorren, op die Oos­Londense Grand Prix­baan, deel­ geneem – en dit gewen. Hy het ook sy laaste wedren, een vir bekendes in 1990 op die Zwartkops­renbaan, gewen. Charlton het aan dertien Formule Een Grand Prix­wedrenne deelgeneem en was ononderbroke van 1970 tot 1975 Suid­ Afrika se kampioenrenjaer. Hy het in 1965 in sy eerste wêreldkam­ pioenskap­Grand Prix gejaag en daarna tussen 1967 en 1975 aan nog ses Suid­ Afrikaanse Grands Prix deelgeneem. Charlton het in 1971 in die Britse Grand Prix gejaag met ’n Lotus 72 in Lucky Strike en Sasol­kleure, en in 1972 aan die Franse, Duitse en Britse rondes van die F1­wêreldkampioenskap deelgeneem. – Ferdi de Vos


12 InRat

17 Maart 2013

XXX LJB DP [B XXX LJBTB NPCJ

singh&sons KIA/4071/INRAT-Rocks

,MFJO WFSBOEFSJOHT BBO POT SFNNF

NBBL sO HSPPU WFSTLJM BBO KPV WFJMJHIFJE

%*& /68&

s/ ,-&*/ 7&3"/%&3*/( ."", s/ (3005 7&34,*-

sO 7FSTLJM WBO NN BBO POT SFNTLZXF CFUFLFO sO WFSCFUFSJOH WBO N JO SFNBGTUBOE


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.