Rapport InRat - 18 Augustus 2013

Page 1

Agteros word wragtig kragtig

InRat 9 Bylae tot Rapport

18 Augustus 2013

EcoSport: Gaan die 800 die 1200 opvreet?

8

S贸selyk Ford nuwe

wegholsukses

3

5

Honda (em)Brio se stert ontwikkel

Amper identies, maar is die een R180k beter as die ander?

4


2 InRat

18 Augustus 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226

Op dié einste pan gaan die Bloodhound­ vuurpylkar vol­ gende jaar 1 600 km/h probeer haal. Dis heelwat vinniger as ’n Lamborghini FOTO: SPEED­ WEEK

Advertensies Attie Bekker E­pos: attie.bekker @media24.com Tel: 011 713 9545

Varkehemel vir ‘bikers’

D

Skou AMID

ie jaarlikse motorfietsskou van Amid (die vereniging van motorfietsinvoerders en -verspreiders) is van 8 tot 11 Augustus in die Johannesburgse skousentrum, Nasrec, gehou. Met ’n paar vervaardigers minder in die uitstalruimte, asook Edward Makwana, Rob Holder en Greg Coet­ minder nuwe uitzee by hul wenner | FOTO: VERSKAF reikings as verlede jaar, was dit duidelik die ekonomie knyp. Tog was daar meer as genoeg om motorfiets-liefhebbers te laat kwyl. Om soveel verskillende motorfietse en toebehore onder een dak te hê, is ’n biker-paradys. Yamaha het sy splinternuwe straatfiets, die MT-09, asook die Bolt uitgestal. Albei kom later vanjaar. ’n Ander interessante nuweling is die KTM 390 Duke, wat ’n groot verbetering sal wees op die gevrekte 125 Duke. Deel van die verrigtinge was die bekendmaking van die eerste Pirelli Motorfiets van die Jaartoekenning. Die wenner hiervan was die nuwe BMW R 1200 GS (foto bo), tweede was die nuwe KTM 1190 Adventure en derde Triumph se Daytona 675 R. – Willem van der Berg

Citroën DS3 diesel

Spoed in jou bloed A

s jy iewers tussen 14 en 23 September ’n klompie dae vry het, kan jy die huis verf, die swembad regmaak of gaan rugby kyk. Of jy kan na Hakskeenpan, 260 km noordwes van Upington ry en vasstel hoe vinnig jou kar of motorfiets oor die pan kan beweeg. Ja, dis amper tyd vir die tweede Kalahari Desert Speedweek. Dit was verlede jaar ’n reuse­sukses. Toe was die vinnigste rygoed ’n Lamborghini Aven­ tador teen 308 km/h en ’n turboaangejaagde Su­ zuki Hayabusa teen ’n verspotte 321 km/h – op grond. Maar daar was ook ’n ou wat sy pizza­skoe­ ter laat “klok” het. Glo op ’n kalender . . . Haas jou dus na Speedweek se webtuiste by www.speedweeksa.com en skryf in as deelnemer of toeskouer. Moenie uitstel nie, want die organi­ seerders verwag dubbel soveel besoekers en ry­ goed as verlede jaar. InRat het Woensdagaand be­ spreek en ons hoop om jou op die pan te sien. By die afgelope Amid­motorfietsskou in Johan­ nesburg (berig hiernaas) het die Gautengse LUR vir vervoer, dr. Ismail Vadi, verduidelik dat motor­ fietse en fietse ’n belangrike deel uitmaak van Gauteng se nuwe 25 jaar­ stedelike vervoerplan wat môre bekend gestel word. Ons sal graag wil

OnsRyding

DS3 maak sy litte los S

edert die Citroën DS3 by ons aangeDie DS3 is heelwat minder kamerasku as Rozanne se an­ sluit het, het hy hoofder kêrel | FOTO: ROZANNE DE JAGER saaklik ’n stadsjapie-bestaan gevoer. Toe Rapport se reisbylae, wer vasgehou. Teen die tyd dat ek by Rondrits, my ’n week lank Tuinroete toe Swellendam verby is, was die pad goed stuur om oor ’n klomp vakansieplekke te nat, maar die Citroën het soos kougom gaan skryf, kon ek die DS3 vat om einde- aan die teer geklou en ek het veilig by al lik sy bene te rek. my bestemmings aangekom. My rit het in Kaapstad begin en vir die Die date het einde se kant toe gestaan, daaropvolgende vyf dae het ek beplan en ek het die amper 500 km terug Kaap om ’n rapsie meer as 1 000 km te ry. toe aangepak. Ek het vir hom ’n drankie Dit was my en die Citroën se first date op Mosselbaai gekoop, en al kon ek net en eerste indrukke is mos die belangrik766 km uit bietjie minder as sy 46 literste. Sy oulike lyfie is beslis iets vir die tenk kry, is hy steeds ’n cheap date wat oog en in die son blink sy viooltjie-kleur- nie te veel geld uit my sak jaag nie. dak te pragtig. Oplaas het die trietsige weer weggebly Met enige suksesvolle afspraak probeer en die turbodieselenjin het gebrand om jy jou beste voet (of wiel) voorsit, en litte los te maak. Hy het hom goed gedra soos ons die draaie van die Rooiels-pad tydens ons rit en ek het hom (en myself ) aangepak het, het hy behoorlik begin afop die oop pad getrakteer. Sy turbo-enjin show. Sy voorwiele het stewig in draaie het my ’n lekker wolwefluit gegee soos geklou en hy het my in beheer laat voel. ek tjoef-tjaf deur die ratte gedraf het. Ek het rustig tot op Gansbaai gery, en Nes ’n ware gentleman het die Citroën die ritrekenaar se afstand-voor-leeg-syfer ook belowe om my veilig huis toe te het van 760 km tot by 940 km geskuif. neem. Die afspraak was suksesvol, en As ’n mens heelpad só kan ry, het ek ge- nie net het hy my bewys dat hy ’n verdink, kan ek dit dalk selfs tot weer terug antwoordelike kêrel is wat my belange in die Kaap maak! op die hart dra nie, maar dis ook heerlik Verby Hermanus, op pad na Wildernis, om saam met hom gesien te word. Met het die wolke dik en laag oor die berge so ’n aantreklike voorkoms, hoe dan nou kom hang en die res van my rit het in anders! Ek het sy nommer gevat en belogure weer plaasgevind. Die reën het uitwe om hom te bel as ek weer die langgesak en ek het die stuurwiel effens stypad moet aandurf! – Rozanne de Jager

sien hoe die plan tweewiel­voertuie gaan beskerm teen dodelike, swak padoppervlakke en die vol­ skaalse wetteloosheid op ons paaie. InRat se mo­ torfietsryers sal maar vir eers nog gereeld seker maak daar’s nie gate in ons onderklere nie, mits ons dalk in ongevalle beland. Terloops, nie alle mo­ torfietsryers is maniakke nie. Die meerderheid toer en pendel beskaafd. Bêre asseblief jou selfoon wanneer jy motor bestuur, sodat jy nie ’n tweewie­ ler doodry en in die tronk gaan sit vir strafbare manslag nie. Nog ’n groot gebeurtenis op vanjaar se motorka­ lender is die Johannesburgse Motorskou van 18 tot 27 Oktober (www.jhbmotorshow.co.za). Dis ’n kans om opwindende konsepmotors asook nuwe motors en vragmotors te sien voordat dit in motorhande­ laars se vertoonlokale beland. As deel van die skou sal die finaliste vir die 2014 SA Motorskrywersgilde en WesBank se Motor van die Jaar­kompetisie be­ kend gemaak word. Justus Visagie (InRat) en Eg­ mont Sippel (Rapport) is onlangs aangewys as le­ de van die beoordelaarspaneel. Sluit gerus by die kompetisie se Facebook­blad aan by www.face­ book.com/wesbankcoty. ; Volg ons op Twitter: @RapportInRat

Nissan Navara Titanium

KitsToets

Titaniese Navara­waarde

T

itanium. Sterker as staal . . . Wel, dis wat Nissan jou wil laat glo met ’n spesiale model van sy bewese, maar nou al lank in die tand, Navara-dubbelkajuitbakkie. Met dié weergawe (ook ’n woordspeling op Titan, Nissan se groot Amerikaanse bakkie wat sterk op die Navara trek) probeer die Frans-Japannese vervaardiger weerstand bied teen die verwoede Hilux-, Ranger- en KB-aanslag in die plaaslike mark. En om eksklusiwiteit te verleen, is produksie tot net 200 beperk*. Wat is nuut en interessant aan die Titanium-weergawe? Standaard-ingesluit is ’n bosbreker, bakbedekking en trekstang, asook spesiale titaniumkleurige kantspieëls, deurhandvatsels, sierrooster en agterbuffer. Robuuste BF Goodrich-veelterreinbande en spesiale titaniumkleurige allooiwiele rond die prentjie af. O, en dan is daar ook Titaniumkentekens en ’n spesiale sleutelhouer. Nog bykomstighede wat bestel kan word, is spesiale kantplate, rubbervloermatte, kolligte, seil-sitplekbedekkings, ’n snorkel en navigasiestelsel. Die standaard-Navara vertoon klaar doelgerig en slaggereed, maar ons silwer toets-Titanium (dis ook in wit en swart beskikbaar) met sy bonkige bande en ander bybehore het reg gelyk om die rofste Dakar-terrein te pak. Met sy aggressiewe uiterlike sou ’n mens verwag dat Nissan sy kragtige 170 kW turbodiesel-V6 in dié ryding sou aanbring, maar ongelukkig is die Titanium slegs met die 2,5 liter- viersilinder-turbodiesel (128 kW en 403 Nm) beskikbaar. Hoewel taamlik kragtig is dié enjin maar raserig en effe onverfynd. Binne is die Titanium goed toegerus (lugversorging, elektries-beheerde ruite

Die Navara se voorkoms blyk tydloos te wees | FOTO: QUICKPIC en -spieëls, togbeheer, veelfunksie-leerstuurwiel met vertikale verstelling alleen, sesluidspreker-klankstelsel en Bluetooth), maar ruimte agter is taamlik beperk. Tog, met ’n grondvryhoogte van 230 mm, ’n bewese vierwielaandryfstelsel (met sluitewenaar) en daardie aggressiewe bande is die Titanium opgewasse vir enige veldry-uitdaging. Voeg daarby sy sleepvermoë van 3 000 kg en ’n prys van R425 000 (byna R18 000 minder as ’n normale 4x4 SE, selfs met al sy bykomstighede) en R383 200 vir die 4x2-model (byna R20 000 goedkoper as die vergelykbare SE-model) en dis duidelik dié spesiale model bied stewige waarde vir geld in die Navara-reeks. – Ferdi de Vos * Met die druk van InRat was daar nog 50 nuwe Titanium-eenhede te koop, volgens Nissan. SYFERS PRYS R383 200 (4x2); R425 000 (4x4) ENJIN 2,5 liter dCi turbodiesel, 128 kW en 403 Nm RATKAS sesgang-handratkas, 4x4 of 4x2 WAARBORG Drie jaar of 100 000 km; diensplan drie jaar of 90 000 km, diensintervalle 15 000 km OORWEEG OOK Ford Ranger Wildtrak, Toyota Hilux Dakar


18 Augustus 2013

InRat 3

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Baas van die sypaadjies

Nuut

Ford EcoSport

S

tel jou voor: Jy’s ’n jong Suid-Afrivoertuig – ’n goeie alternatief tot die kaanse salaristrekker. Jy’s gelukkig Juke. Sy kompakte afmetings maak hom met jou byderwetse Ford Fiesta- of die ideale voertuig vir die stad – maklik Kia Rio-luikrug, maar baba nommer om te bestuur, goeie sig na buite, hope Die EcoSport twee is op pad. Dit is tyd vir ’n groter pakplek (sy bagasiebak kan 362 liter sluk) kan glo deur ryding. Hoe nou gemaak? ’n Middelklasen rugleunings agter wat afsonderlik vowater meer sedan pas nie by jou beeld nie. Veldryrentoe vou as jy groter goed wil vervoer. as ’n halwe ers is die inding, maar jy wil ook nie jou Die EcoSport-reeks het ’n vier jaar of meter diep hele salaris aan brandstof of maandelikse 120 000 km-waarborg wat ’n vier jaar of ry. Net die paaiemente bestee nie. 60 000 km-diensplan insluit. ding vir Ford het – nes Nissan met sy ougat – Corlette Heyns Johannesburg Juke – die gaping in die mark gesien en se strate ná pas sy eie bekostigbare babaluikrug-opPRYSE ’n wolkbreuk stelte onthul. Behalwe sy hoë ryposisie Van R199 000 vir die 1.5 TiVCT Ambiente | FOTO: met ’n nuttige penshoogte (200 mm) en tot R249 000 vir die 1.5 TDCi Titanium QUICKPIC parmantige kamma4x4-voorkoms, is hierdie voorwielaangedrewe knaap ten beste goed vir sypaadjies klouter en koel lyk – nie vir Kalahari-avonture nie. Soos sy naam verklap, is die EcoSport ’n brandstofdoeltreffende voertuig met ’n sportiewe, veelsydige aanslag. Die reeks is plaaslik met ’n keuse van drie enjins (twee is turbo-aangejaag) en drie verskillende toerustingspakkette bekend gestel, naamlik Ambiente, Trend en Titanium in volgorde van luuksheid en toerusting. Die enjins wat ons by die mediabekendstelling in Durban kon ervaar, was die 1,5 liter-turbodiesel (66 kW en 205 Nm) en die bekroonde Ecoboostturbo-petrolenjin van 1 liter (92 kW en 170 Nm) – elk met ’n vyfgang-handratkas. ’n Outomatiese sesgang-weergawe is ook beskikbaar – VANAF ongelukkig met die enjin wat die flouste is – die turbolose 1,5 liter-petrol. Die intreevlak-weergawe het dieselfde enjin, gekoppel aan ’n handratkas. Die EcoSport se kajuit maak ergonomies sin. Die plastiek in al die afwerkingspakkette is te hard en lyk effe goedkoop, maar die binneruim is prakVANAF VANAF VANAF ties en veelsydig, met genoeg bergplekkies. Die hele ‘n Mahindra sal die vrag kan dra – Met sy uitstekende ontwerp, bied die reeks beskik oor lugversorging, ’n Mahindra enkel en dubbelkajuit uitstekende krag en uithouvermoe. verkoelbare paneelTaai en sterk – daar is ‘n Mahindra wat jou vrag sal dra! kissie, ’n vierluidspreker-klankstelsel en ’n stuur wat teleOm enige Mahindra te TOETSBESTUUR, SMS ‘RAPPORT’ na 42267 of skopies- en hoogteSKAKEL 0861 MAHINDRA* of gaan na www.mahindra.co.za of verstelbaar is. Veiligheidseienskappe besoek ‘n Mahindra-handelaar vir spesiale aanbiedinge op die hele reeks. vir elke variant sluit ABS en ses lugsakke Sluit by ons aan Sluit by ons aan in, terwyl die Titaop Facebook op Twitter nium-weergawes Mahindra-South-Africa Mahindra SA stabiliteitsbeheer (ESP) het. mahindra.co.za Die EcoSport is ’n gemaklike en veelsydige, prettige

HIER’S ’N BAKKIE MET MURG IN SY PYPE.

R234 900

R164 900

R129 900

MAH4973A

R159 900


4 InRat

18 Augustus 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Trollie vir trollie

Lexus GS 250 vs Kia Optima GDi

Kia daag Lexus uit HET DIE DIREKSIE JOU VLERKE GEKNIP? OF HET DIE DA DALK JOU STADSRAAD OORGENEEM? AS JY JOU DRIEPUNTSTER OF ZEN­WEELDE VIR IETS BESKEIE MOET VERRUIL, HOEF JY NIE NOODWENDIG ’N FOLTERING DEUR TE MAAK NIE, REKEN PIETER­JOZUA ERASMUS EN JUSTUS VISAGIE.

D

aar is deesdae heelwat druk op groot maatskappye om die snoeiskêr in te lê in bonusse vir die topbestuur. Maria Ramos het byvoorbeeld verlede jaar haar kontantbonus opgegee ná ’n stel treurige resultate van Vandag-Môre-Altyd-Saam. Ja, uitspattigheid is uit en besuiniging is in. Dis slegte nuus vir eiendomsagente op Hermanus en vervaardigers van groot, luukse motors soos Infiniti, Jaguar en Lexus. Maar as daar nie meer “swak” motors is soos sommige (dalk oningeligte) individue beweer nie, maak dit mos nie saak as die koets vir ’n perdekar verruil word nie? Of hoe? InRat het twee sedanmotors gery wat albei groot, luuks en mooi is: Die Lexus GS 250 en die Kia Optima GDI. Die relatief nuwe Lexus GS 250 behoort tot die vierde GS-generasie. Hy ding mee met ’n 2,5 liter- V6-petrolenjin wat 154 kW en ’n beskeie 253 Nm na die agterwiele stoot deur ’n sesgang-transmissie. Dié ratkas se oorskakelings gebeur seepglad, maar dit voel soms of die ratkas te lank aan die ratte vashou, waarskynlik omdat die maksimum wringkrag eers teen ’n hoë 4 800 r/min daar uitkom. Beheervrate kan self ratte wissel met spane agter die stuur. Versnelling gebeur sonder vuurwerk maar die sportiewe klank van die V6 is ’n lekker verrassing. Die bestuurder kan uit drie rymodusse kies, naamlik Eco, Normal en Sport wat die GS 250 as’t ware verskillende persoonlikhede gee. Oppad kerk toe? Eco-modus, baie dankie. Lus om keel oop te maak? Draai die aluminiumknop na regs, na Sport. So ja, nou word die klein V6 beter benut. Die GS se binne-afwerking staan vir geen Duitse weeldewa terug nie. Die toerustingvlak is hoog, met onder meer leerbekleedsel, sitplekke (met geheue-

funksie) wat verhit of verkoel, en ’n tamaai hoëdefinisie-kleurskerm van 30 cm. Funksies op die skerm word beheer met ’n soort rekenaarmuis. Al die ander kontroles is maklik verstaanbaar. Met ’n bagasiebak van 530 liter sal die GS twee gholfsakke en twee of drie toksakke vat, wat hom die ideale voertuig vir ’n gholftoer na Fancourt maak. Die GS hanteer verbasend goed vir ’n motor wat nie met sportiewe verrigting verbind word nie. Sy bak bly lekker plat deur die draaie en hy sweef oor klein hobbels en gate. Die Lexus GS250 kos R524 700. Nie sleg waarde vir geld nie, sy gehalte en toerustingvlak in ag geneem. Maar hoe gemaak as jou motortoelae teruggesnoei is na minder as R400 000? Wat koop jy nadat jy in jou kussing gehuil het? Een opsie kom uit Suid-Korea in die vorm van die Kia Optima GDi. Kia het ’n goeie reputasie en sedert die Duitse ontwerper Peter Schreyer hulle ontwerp, bou Kia aantreklike rygoed. Ons pêrelwit Optima het dan ook heelwat oë in die parkeerterrein gelok. Afgesien van die allooivellings wat aan ploegskare herinner, is die Optima ’n aanloklike motor en dalk selfs mooier as die meer eksklusiewe Lexus. Onder die Optima se enjinkap sit ’n 2,4 liter- viersilinder-petrolenjin wat krag deur ’n sesgang-outo’kas na die voorwiele gelei. Die enjin ontwikkel nou 148 kW (voorheen 132 kW) en 250 Nm (voorheen 231 Nm) omdat die petrol nou direk in die silinders ingespuit word, pleks van in die inlaatpoorte. Maar die enjinklank laat jou dink jy ry op die Duitse Autobahn voordat jy 60 km/h bereik. So asof die GDI-eenheid, soos ’n asma-lyer, nie genoeg asem kry nie. Op die snelweg versnel en toer die Optima lekker, totdat jy van rigting moet

verander. Dan voel die stuur dooierig en dit verg ’n tikkie konsentrasie om die motor presies te plaas. Padgeraas en growwe oppervlakke vind ook soms hul weg tot in die kajuit. Gepraat van die kajuit; die binne-uitleg is eenvoudig en sonder fieterjasies, maar kan nie die duurder Lexus se gehalte ewenaar nie. Die Optima se kragtoer is die bondel toerusting wat jy kry. Voorste sitplekke (met waaiers binne) wat warm of koud maak, geheue-funksie vir die bestuurder se sitplek, outo-lugversorging, Infinityklank, xenonligte met wassers en liggies op die kante wat skyn wanneer die motor skerp draai, reën-sensitiewe ruitveers, Bluetooth, truratkamera en parkeersensors agter is alles deel van ’n lang lys standaardtoerusting. Pieter-Jozua se dogtertjies, Mia en Ané, was opgeklits met die Optima se enorme sondak. “Wys ons weer die wolke, Pappa!” het die twee gedurig van agter geroep. ’n Hoop afkortings soos ABS, EBD, BAS, ESC en TCS beskryf die Optima se veiligheidstelsels. Teen 505 liter sluk die Kia se bagasiebak ’n snars minder as die Lexus s’n. Die lengte van die Optima (4 845 mm) is soortgelyk aan die Lexus GS (4 850 mm) en daar is oorgenoeg beenruimte vir passasiers in die Optima, maar nie soveel soos in die Lexus nie. Die Kia Optima is ’n goeie motor ondanks enkele tekortkomings en teen R349 995 uitstekende waarde vir geld. Die groot vraag is egter: is die Lexus R174 705 beter as die Kia Optima? Of anders gestel: sou jy die Lexus aanskaf of die Kia Optima én ’n Kia Rio vir ongeveer dieselfde spul geld? Wel, Warren Buffet sou die Kia neem en nog Coca-Cola-aandele met die R174 705 koop . . . Dis goed om te weet daar is puik waarde in die motormark te vind mits jy jou huiswerk doen. Jy sal ook verbaas

Hulle is ewe groot, ewe aantreklik en al­ bei luuks. Sal jy byna R175 000 meer vir die linkerkantste een betaal? | FOTO: GI­ DEON VAN DER WATT wees as jy sien hoeveel luukshede – soos waaiers in die sitplekke wat jou agterstewe koel waai – het hul weg van Bentleys en Maybachs na massamotorprodukte gevind. Só nou, jy kan maar ophou huil. SYFERS ; LEXUS GS 250 PRYS R524 700 ENJIN 2,5 liter, V6, petrol RATKAS Sesgang-outo, agterwielaandrywing KRAG 154 kW @ 6 400 r/min., 253 Nm @ 4 800 r/min. VERRIGTING 0-100 km/h in 8.8 sek. topsnelheid 230 km/h VERBRUIK 8,9 liter/100 km (gemiddeld), 215 g CO2/km BRANDSTOFTENK 66 liter BAGASIEBAK 530 liter NAVERKOPE Vier jaar of 100 000 km-waarborg en diensplan, versien elke 15 000 km OORWEEG OOK BMW 528i, Jaguar XF i4T ; KIA OPTIMA GDI PRYS R349 995 ENJIN 2,4 liter, viersilinder, petrol RATKAS Sesgang-outo, voorwielaandrywing KRAG 148 kW @ 6 300 r/min., 250 Nm @ 4 250 r/min. VERRIGTING 0-100 km/h in 9.5 sek. topsnelheid 210 km/h VERBRUIK 7,8 liter/100 km, 189 g CO2/km BRANDSTOFTENK 70 liter BAGASIEBAK 505 liter NAVERKOPE Vyf jaar of 150 000 km-waarborg en vyf jaar of 90 000 km-diensplan, versien elke jaar of elke 15 000 km OORWEEG OOK Honda Accord 2.4 i-VTEC, VW Passat 1.8 TSI Comfortline DSG


18 Augustus 2013

InRat 5

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Honda Brio Sedan

Jeep Grand Cherokee

Nuus

Die Grand Cherokee bied ’n sagte rit, luukse kajuit en volwaardige veldryvermoëns | FOTO: QUICKPIC

Vinniger Grand word stadiger dors

N Wat ontwerp en stilering betref het die Brio ’n suksesvolle transformasie van baba­luikrug na klein sedan gemaak. Inderdaad ’n prestasie | FOTO: QUICKPIC

Pienkvoet­ ‘spec’­ Brio vir jou baba A

s jy dink die Honda Brio moes liewer Honda Embrio heet (omrede hy klein en op jonges gemik is), kan jy nou ’n groter Brio koop. Jip, Honda het die baba ’n ruim bagasiebak gegee. So flankeer hy nou met eerstekeer-kopers en jong gesinne wat baba-stootwaentjies rondry eerder as inkopiesakke van Young Designers Emporium. Binnelangs lyk alles bekend as jy al in ’n Brio gery het. Die instrumentepaneel se uitleg is eenvoudig, modern en skoon, hoewel die kleurkombinasie effens koddig lyk. Dit slaan my dronk dat Honda gehou het by ’n donker-beige vir die sitplekke. Dit gaan dalk ’n klomp ouers afsit, want tensy jy ’n draak is (of InRat se redakteur) wat eet in ’n motor verbied, gaan die sitplekke nie onbepaald netjies bly nie. Verder lyk alles heel skaflik. Die intreevlakTrend-variant is draadloos-loos, maar die Comfort-variant het ’n vierluidspreker-klankstelsel wat ’n radio, CD-speler, sowel as USB- en Auxpoorte insluit. Die Brio Comfort ontvang ook geriefstoerusting soos klankstelsel-knoppies op die stuurwiel, misligte voor, modderklappe en allooiwiele. Die bestuurdersitplek is hoogteverstelbaar. (Besoek www.honda.co.za vir ’n volledige toerustingslys.) As jy agter inskuif en jou bene uitstrek, voel jy ’n bietjie soos Alice in Wonderland nadat sy die krimp-konkoksie genuttig het, want daar is oorgenoeg kop- en beenruimte. En omdat die Brio Sedan net 30 kg swaarder as die luikrug is, sal jou brandstoftoelaag steeds die mas opkom. Die gemiddelde verbruiksyfer wat Honda aanvoer vir die handrat-Brio is ’n realistiese 6,1 li-

ter per 100 km, terwyl die outomatiese Brio se syfer as net onder die 7 liter aangedui word. Aangesien die 65 kW 1,2 liter i-VTEC Brio se verbysteekrespons bietjie traag is, sal ‘geduldig wees’ jou mantra moet word, of jy sal die Brio naby sy wringkragpiek van 109 Nm teen 4 500 r/min moet hou. Iets noemenswaardigs vir ’n motor in dié prysklas, is die snelheid-aanpasbare stuurwiel wat lig voel in die dorp en meer stabiel op die langpad. Omvattende veiligheidstoerusting is vir Honda ’n moet, al kos die intreevlak- Brio Sedan Trend net R127 900. ABS-remme met elektroniese remkragverspreiding (EBD) is standaardtoerusting. So ook twee lugsakke voor, ’n hoëvlakremlig en Honda se ACE (Advanced Compatibility Engineering) bakstruktuur, wat volgens die vervaardiger die effek van botsingsenergie op passasiers verminder. En die alarmpie wat verhoed dat jy jou hoofligte aan vergeet? ’n Stukkie standaard-toerusting in die Brio’s wat dikwels nie in bekostigbare motors te vinde is nie. (Die groot, diep bagasiebak van 405 liter steek boonop ’n volgrootte noodwiel weg.) Met die koms van die sedan het Honda die Brio Hatch Trend tot die luikrugreeks toegevoeg. Hy kos R119 100 en het dieselfde toerusting as die Brio Sedan Trend. Die waarborg vir die reeks geld drie jaar of 100 000 km en die diensplan twee jaar of 30 000 km. – Ané Theron PRYSE Brio Sedan Trend – R128 900 Brio Sedan Comfort – R136 900 Brio Sedan Comfort Outo – R146 900

á bykans 5 miljoen verkope en vier suksesvolle generasies van die Grand Cherokee oor die laaste 31 jaar weet Jeep hoe om ’n luukse veldryer te bou. Die laaste groot modelverandering het in 2010 geskied, dus is die ontwerp steeds vars en modern. Maar Jeep weet daar lê strawwe mededinging uit Duitsland en Japan voor en het sy vlagskip gevolglik verder verbeter. Met die eerste oogopslag het daar nie meer verander as die hooflig- en bufferontwerp nie, maar onder die vel is die verbeterings ingrypend. Daar is ’n nuwe agtspoed-outo’kas wat beter versnelling en laer brandstofverbruik teweegbring. Voorts het Jeep ekstra aandag gegee aan klankdigting om die kajuit selfs stiller te maak, en die binneruim is omvattend vernuwe: Die voorpaneel het ’n nuwe, meer ergonomiese aansig en die materiaalkeuse het ’n opwaartse gehaltesprong geneem. Die voorsitplekke is nou verhit- sowel as verkoelbaar – welkome geriefstoerusting tydens die winter-bekendstellingsrit in die Drakensberge. Onder die instrumentepaneel pryk die jongste UConnect 21 cm raakskerm multimediastelsel met iPod-integrasie en ’n navigasiestelsel as standaardtoerusting. Die res van die meganika het nie veel verbetering nodig gehad nie, maar herkalibrasie van die Quadra-Lift-lugsuspensie sorg vir ’n gladder ritgehalte, gee ekstra penshoogte (tot ’n maksimum van 280 mm) in die veld, en verlaag nou ook die ryhoogte op die oop pad om brandstofverbruik te verbeter. Saam met die Selec-Terrain se vyf verskillende programme (elk geoptimeer vir sand, mod-

der, sneeu en rotsklim, sowel as ’n vol-outomatiese modus) en die elektronies beheerde viertrekstelsel, loop die jongste Grand breëbors met puik veldry-vermoëns. Die reeks bied drie spesifikasievlakke: Limited (luuks), Overland (luukser), en SRT (sportief ). Die Overland voeg toerusting soos ’n leerbeklede voorpaneel en ’n oopskuif-glassondak by die Limited se volledige toerustingslys, tesame met groter allooiwiele. Die SRT gebruik ’n minder veld-georiënteerde viertrekstelsel as die res, en sy toerusting sluit ’n wegspringbeheerstelsel (launch control) en radar-gegronde snelheidsbeheer in. Die bekendstellingsroete het lang ente snelweg ingesluit, waar ons die gladde ratkas, stil kajuit, gemaklike sitplekke en kragtige klankstelsel waardeer het. Die 3.6 V6-enjin se 210 kW en 347 Nm speel maklik klaar met steiltes en verbysteekgeleenthede en die rit is gerieflik. Die ander enjin-opsie is ’n 5.7 V8 (259 kW en 520 Nm), terwyl die SRT se 6.4 V8 ’n allemintige 344 kW en 624 Nm lewer. Ongelukkig gaan die 3.0 V6turbodiesel eers later sy opwagting maak, maar in sy afwesigheid is die bes-gebalanseerde weergawe moontlik die 3.6 Limited. Sy 18 duim-bande gee ’n selfs gemakliker ritgehalte as die Overland se 20-duimers, en hy gee min prys in terme van binneruim-gerief, maar teen ’n groot kostebesparing. Die Grand Cherokee is nog meer mededingend en selfs ’n beter waardeproposisie as tevore. Sy gerief, toerusting, verrigting en veldvermoë laat hom sy plek in die sportnutsmark met trots volstaan. – Martin Pretorius PRYSE 3.6 V6 Limited – R584 000 3.6 V6 Overland – R646 990 5.7 V8 Overland – R679 990 6.4 SRT – R879 990


6 InRat

18 Augustus 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

18 Augustus 2013

InRat 7

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Promosieartikel

Hyundai Elantra en i30

1 2 1

Die treffende stilering van die i30 (links) en Elantra dien as bewys dat die vaandel van swierige bakontwerp nou deur Suid­Korea gedra word FOTO: DESMOND LOUW

’n Aggressiewe neus en vloeiende stilering dui op ’n sportiewe bestuurervaring, maar die vier deure en groot bagasieruim sal verseker dat vroulief en kleinding ewe gelukkig sal wees.

’n Vuurwa vir die hele gesin ONS VERWAG DIE WÊRELD VAN ONS MOTORS OMDAT ONS ’N KLEIN FORTUIN AAN HULLE BESTEE. BEHALWE DAT HULLE RUIM, BETROUBAAR EN BRANDSTOFDOELTREFFEND MOET WEES, VEREIS ONS OOK RYGENOT, LEWENDIGE VERRIGTING EN AANTREKLIKE STILERING. MAAR BESTAAN SO ’N MOTOR?, VRA JOE VOSLOO.

V

roulief het pas die woorde geuiter wat enige geesdriftige bestuurder se bui sal bederf: “Dink jy ’n stootwaentjie sal in die boot pas?” Want ná die euforie oor die nuus dat hul eersteling op pad is, het hy gou besef sy geliefde blitsbuksie of sportmotor bied eenvoudig nie genoeg ruimte om sy groeiende

gesin te karwei nie. ’n Klein gesinsbussie of nutsvoertuig is ’n oplossing, maar dis omtrent so opwindend soos ’n pap snoek. ’n Sportiewe stasiewa met ’n V8enjin sal werk, maar dit sal die doekebegroting en universiteitsfonds opvreet. So ook met ’n groot veldryer. Voordat ons held heeltemal moed verloor, vang die sensuele kurwes van die

Hyundai Elantra, die SA Motorskrywersgilde en WesBank se Motor van die Jaar vir 2012, sy oog: ’n Aggressiewe neus en vloeiende stilering dui op ’n sportiewe bestuurservaring, maar die vier deure en groot bagasieruim sal verseker dat vroulief en kleinding ewe gelukkig sal wees. Dis ook nie leë beloftes nie, want met ’n keuse van twee wakker petrolenjins sal

die verrigting ook sorg vir ’n breë glimlag. Die 1,6 liter lewer 96 kW en 157 Nm danksy dubbele kleptydreëling, en die 1,8 liter skop 110 kW en 178 Nm uit – genoeg om te sorg dat dié gesinsmotor nie lui of vervelig sal wees nie. Die 1,6 liter is beskikbaar met ’n sesgang-handratkas, terwyl die 1,8 liter-variant met ’n keuse van twee sesgang-ratkaste beskikbaar is – handrat of outomaties. Hyundai bied egter nie slegs die Elantra as antwoord op sy gesin se behoeftes nie – daar is ’n selfs sportiewer alternatief in die vorm van die blinknuwe i30. Met dieselfde twee wakker enjins, sportiewe dog gemaklike vering en ’n praktiese luikrugontwerp (wat die laai van ’n fiets en stootwaentjie maklik

maak), bied die i30 plesier en gerief in gelyke mate. Moet ook nie dink die motors skiet enigsins te kort met veiligheid nie, want die i30, sowel as die 1,8 liter Elantra gee die gemoedsrus van ses lugsakke, stabiliteitsbeheer en ABS-remme. Die i30 1.6 het ’n keuse van hand- of outo’ratkaste, terwyl die 1,8 liter-variant slegs met ’n handratkas beskikbaar is. Weereens is almal sesgang-eenhede. Die i30 ken nog ’n oulike truuk, genaamd Flex Steer, waarmee die kraghulp en terugvoer van die stuurwiel verander kan word. Dit beteken dat die stuuraksie lig en direk kan wees in die stad, maar kan verander na swaarder en meer stabiel op die hoofweg. Trurat-sensors sal help om parkeer-stampies te

verminder deur met ’n biep te waarsku as daar ’n obstruksie agter die motor is – ideaal vir daardie besige winkelsentrum se parkeerterrein op ’n Saterdagoggend terwyl skoonma uit die agtersitplek instruksies gee. Gepraat van winkelsentrums: met bagasieruimte van 378 liter in die i30 en ’n reusagtige 485 liter in die Elantra is daar genoeg plek vir weke se proviand sowel as die gevreesde stootwaentjie, speelgoed en doeksakke. Sou selfs meer pakplek nodig wees, bied Hyundai ook ’n opsionele dakrak en Thule-bagasiehouer vir die Elantra, of ’n sleephaak wat hom in staat stel om tot 1 200 kg te sleep – meer as genoeg vir die sleepwaentjie. Die tog na Desember se vakansieoord

sal ook minder van ’n beproewing wees in die nuwe Elantra en i30. Nie net is die kajuit ruim en fluisterstil op die hoofpad nie, maar die sitplekke is uiters gemaklik en die standaard sesluidspreker-klankstelsel bied volledige USB-, iPod-, en MP3-versoenbaarheid in die Elantra en i30, met Bluetooth daarby in die i30. Die Elantra het selfs opsionele DVD-spelers beskikbaar vir die agterste passasiers, dus kan kleinding en skoonma albei geboei word deur hul gunsteling-flieks terwyl jy ’n rustige rit geniet. Die lang lys geriefstoerusting hou egter nie op by die kragtige klankstelsel nie. Ander standaard-kenmerke sluit in: dubbelsone lugversorging wat die inkomende lug filtreer en ’n verkoelde pa-

2

Die i30 se binneruim spreek ook van weldeurdagte ontwerp en die toerustinglys is soos ge­ woonlik omvattend FOTO: QUICKPIC

neelkissie in die i30. Daar is knoppies op die stuurwiel vir die klankstelsel en snelheidsbeheer (sowel as die Flex Steerfunksie op die i30), en die Elantra se hoofligte en ruitveërs skakel outomaties aan en af. Die Elantra en i30 het nie alleen al die eienskappe van ’n uitstaande gesinsmotor nie, maar gee hul eienaars ook gemoedsrus. Hyundai verskaf ’n “5 Year Triple Care” -program, wat moeitevrye eienaarskap verseker. Dit bestaan uit Hyundai se vyf jaar of 150 000 kmwaarborg – steeds een van die beste in die bedryf. Voeg daarby ’n vyf jaar of 90 000 km-diensplan en vyf jaar of 150 000 km se padbystand, en jare se kommervrye bestuursgenot is gewaarborg. Maar kom ons keer terug na ons hoofspeler: die so te sê voormalige blitsbuks-eienaar en sy behoeftes. Dis alles goed en wel dat die Elantra en i30 sal deug as gesinsmotors, maar sal die entoesiastiese bestuurder net so tevrede soos sy gesin wees? Beslis! Die lewendige enjins, gladde ratskakeling en skyfremme voor en agter sorg dat albei Hyundais vinnig kan versnel en selfs vinniger kan stop. Die vering is opgestel om ’n gemaklike ritgehalte te lewer, maar is steeds ferm genoeg dat draaie en kronkelpaaie entoesiasties gery kan word. Die stuur reageer flink en daar’s ’n oorvloed padgreep beskikbaar. Was dit nie vir die ruim kajuit en reuse-bagasieruimte nie, sou ons blitsbukseienaar homself maklik kon wysmaak dat hy steeds in sy klein hitsmotortjie ry. Die verrigting van die 1,8 liter-Elantra (handrat) is verbasend, want hy versnel van 0 tot 100 km/h in 9.3 sekondes, maar lewer nogtans ’n gemiddelde brandstofverbruiksyfer van 6,5 liter/100 km as ’n mens rustig ry. Wie sou kon dink praktiese oorwegings, verrigting en brandstof-ekonomie kan in harmonie saamleef? Hierdie droomverhaal eindig egter nie by die ruimte, toerusting of heerlike bestuurservaring nie, want die Elantra en i30 bied ook voortreflike waarde vir geld. Met pryse wat wissel tussen R226 900 en R270 900 vir die Elantra, en R249 900 tot R270 900 vir die i30, kry die koper toerusting, hantering en verrigting wat sy mededingers laat bloos. Ons blitsbuks-eienaar sal sowaar glimlag, want hy kry nie net ’n sportiewe, verruklike motor nie, maar selfs skoonma sal goedkeurend kopknik oor die vuurwa waarmee die nuwe bondeltjie vreugde rondgery word.


8 InRat

18 Augustus 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

BMW F 800 GS Adventure

Langafstand­langasem M

et BMW Motorrad se aankondiging dat ’n F 800 GS Adventure kom, was daar ’n kollektiewe sug van verligting. Hoog tyd, het motorfietsryers gesê. Party was moeg gespook met die swaar kolos van ’n R 1200 GS Adventure en ander was moeg vir somme maak om te kyk of die F 800 GS se 16 liter-petroltenk genoeg sous gaan vat vir die lang Namibiese paaie. Die bekendstelling van die 800 Adventure is op die motorfietslegende Jan “Staal” du Toit se plaas naby Amersfoort, Mpumalanga gehou. Jan is bekend vir sy knap ryvernuf en die Country Trax-veldrykursusse wat hy aanbied. BMW Suid-Afrika bied kopers van die 800 GS Adventure ’n gratis kursus by enige van Motorrad se opleidingsplekke, onder meer by Country Trax. Met die eerste oogopslag lyk die Adventure soos ’n swanger F 800 GS. Die 24 liter-petroltenk (8 liter meer as die gewone 800 GS se 16 liter) wat onder die saal is, staan taamlik uit aan weerskante. Die raam vir bagasiekiste waarmee die fiets toegerus kan word, beskerm gelukkig die ekstra “vetrolle” daar agter. Die Adventure is ook voor effens breër as die standaard 800 GS, wat help om die wind van jou bene weg te keer. Die Adventure is ook toegerus met ’n gemakliker sitplek, breër voetruste, ’n hoër windskerm, handbeskermers, twee misligte voor asook ’n raam om die enjin te beskerm. Om die groter petroltenk (en sy inhoud) se gewig te dra, is die agterste deel van die raam versterk. Die 798 cc- tweesilinder-enjin is onaangeraak en skop steeds 63 kW en 83 Nm uit. Soos die gewone 800 GS het die Adventure ook ABS-remme, wieltolbeheer (ASC) en elektronies-verstelbare vering (ESA). Die ESA bied drie keuses wat slegs die agtervering verander: hard, sag en normaal. ’n Enduro-rymodus kan met die druk van ’n knoppie op die stuurstang gekies word. Dit laat die agterwiel toe om meer te gly en die ABS en ASC tree dus nie so gou in nie. Dié elektroniese hulpmiddels het volgens my steeds te veel op die grondoppervlakke ingemeng en ek het albei afgesit. Dit skakel ongelukkig vanself aan as jy die fiets af- en weer aan-

Met ’n sitplek wat gemakliker as die standaard 800 GS s’n is, gaan jy die ekstra 150 km wat die groter tenk jou gee, nie aan jou sitvlak voel nie | FOTO: MOTORRAD skakel – ’n eindelose ergernis. Behalwe die groter lyf en ekstra toebehore is dit steeds ’n F 800 GS. Hy klink dieselfde en hy ry dieselfde. Hy voel steeds effens gevrek onder 3 000 toere en ruk maklik dood in tegniese terrein as jy nie die vet mooi beheer nie. Maar ten spyte van die ekstra 15 kg het die Adventure steeds lig gevoel. Ek kon hom maklik deur rowwe plekke stuur, deur die sand laat sny en oor hobbels laat spring. Die suspensie kon alles goed hanteer en het slegs ’n enkele

keer aan die agterkant deurgestamp ná ’n harde landing. Die 800 Adventure behoort hoog op jou lysie te wees as jy ’n ligter toerfiets vir die lang grondpaaie soek. En veral as jy geïntimideer voel deur die R 1200 GS Adventure. – Willem van der Berg SYFERS PRYS R139 500 (ASC, ESA, Enduro-rymodus, verhitte handvatsels en misligte ingesluit) ENJIN 798 cc- tweesilinder-enjin, vloeistofverkoel

Vuurdoop in die stof

OnsRyding Triumph Tiger 800 XC

V

erlede maand het ek vertel van die Triumph Tiger 800 XC se heerlike kraglewering, veral sy wringkrag wat lekker van onder af vasvat. Oor die simfonieë wat een na die ander by die uitlaatpyp uitgeblaas word, het ek liries geraak. Maar dié is geen krag-aap of musikant nie. Dié is eintlik ’n avontuurfiets wat sy staal op grondpaaie moet wys. Kom ons kyk wat maak hy in die stof. Met die opklimslag het ek gevoel my sitposisie op die Tiger is heeltemal anders as op my BMW F 800 GS. Op die Triumph sit ’n mens verder van die stuurstang af. Die tenk is tussen jou en die stuurstang en hoewel dit slegs 19 liter vat (3 liter meer as die BMW), is dit ’n taamlike stuk motorfiets tussen jou en daari handvatsel. Aanvanklik voel dit vreemd deur draaie, maar ek het gou besef ek kan die Tiger heelwat vinniger deur draaie vat as wat ek gedink het. ’n Mens kan hom ook baie verder oorleun in die teerpad-draaie as wat jy verwag. Ek kan wel nie so ver

RATKAS en AANDRYWING Sesspoed, ketting KRAGLEWERING 63 kW @ 7 500 r/min en 83 Nm @ 5 750 r/min TOPSNELHEID 193 km/h BRANDSTOFVERBRUIK 5,7 liter/100 km (teen gemiddeld 120 km/h) PETROLTENK 24 liter GEWIG 229 kg (met olies en petrol) SITPLEKHOOGTE 890 mm of 860 mm NAVERKOPE Tweejaar-waarborg ongeag afstand. BMW On-Call-padbystand vir drie jaar. Versien elke 10 000 km.

Die Tier se standaardbande is meer gepas vir teerpaaie. Sit R2 500 eenkant vir vir ’n paar stoftrappers | FOTO: WILLEM VAN DER BERG vorentoe sit deur gronddraaie as wat ek wil nie, omdat die tenk in die pad is. Die Tiger het nie ’n boek vol elektroniese hulpmiddels wat jou deurmekaar maak nie. Daar is ABS en jy kan dit afsit. Jy moet egter ’n klomp knoppies druk om dit reg te kry. Wanneer die fiets af en weer aangeskakel word, gaan die ABS

outomaties aan, wat onwenslik is. Net die agterste suspensie is verstelbaar. Op gewone grondpaaie voel die suspensie puik. Rowwe duike en gate word met groot gemak hanteer, sonder dat die fiets rondspring of die suspensie te hard voel. Die voor- en agtervering (laasgenoemde is verstelbaar) voel nie

styf of stamperig nie, maar stamp ook nie deur nie. As jy egter oor ’n stuk sinkplaat skiet, voel die vurke wel stamperig. Tog laat die Tiger jou voorlangs nooit in die steek nie. Hy hou sy kop doodstil en beur vorentoe, maanhare in die wind. Voor voel hy deeglik in die grond geplant en jy kan sy agterwêreld lekker deur die gronddraaie swaai. ’n Punt van kritiek is dat ek nie juis gemaklik op die voetruste staan nie omdat die handvatsels te laag is. Hoewel sommige kenners jou dit afraai, sal ek beslis nie omgee as ons Tiger se stuur “gelig” word nie. Die Pirelli Scorpion-bande waarmee die Tiger toegerus is, voel glibberig op gruispaaie. Met ’n stel goeie grondpadtrappers behoort jy soos ’n Dakar-jaer te kan jaag. Die slotsom? Die Tiger 800 XC voel soos ’n bekwame avontuurfiets op grondpaaie moet voel. En terwyl jy deur niemandsland vlie en stof opskop, kan jy maar net nie van die uitlaatpyp se heerlike klankbaan ontsnap nie. – Willem van der Berg


18 Augustus 2013

InRat 9

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Toyota Land Cruiser 70­reeks 4.5 V8 D4­D

Bosbieliekry V8­krag V

ra enige wildboer of avontuurvraat watter werkesel hy verkies, en die antwoord sal elke keer die Toyota Land Cruiser-bakkie wees. Dis met reg ook, want dié waens het hulself al oor dekades bewys as kanniedood kontinent-krakers. Die kombinasie van ’n geharde onderstel, onbreekbare meganika en weergalose kloutertalent skep ’n voertuig wat amper enige plek kan bereik. Omdat hulle wêreldwyd so gewild is, sal niemand ooit sukkel om herstel-onderdele te vind as die ondenkbare gebeur en iets verkeerd loop nie. Wakker verrigting of ligte brandstofverbruik was egter nog nooit op die Land Cruiser-bakkie se lang lys deugde nie – die ou 4.2 Diesel-stoof se skamele 96 kW en 285 Nm teen 2 200 r/min kan beswaarlik merkbare versnelling lewer, terwyl die 4.0 V6 Petrol heelwat woema het, maar suip soos ’n student in jool- of karnavaltyd. Dié beperkings het beteken die 70-reeks het nog nie tot sy reg gekom as toervoertuie nie, selfs al kan hy enige terrein die hoof bied. Toyota het geluister na kopersversoeke vir meer trekkrag en laer verbruik, en bied nou ’n antwoord met die nuwe 4.5 V8 D4-D, beskikbaar in enkel- en dubbelkajuitvariante, sowel as ’n stasiewa. Die 151 kW en 430 Nm klink nog steeds skraps in vandag se terme, maar die

maksimum wringkrag is konstant tussen 1 200 en 3 200 rpm, wat beteken die ratkierie kan meestal uitgelos word. Hoofweg-verrigting en verbysteek-versnelling is moeiteloos, en daar is selfs ’n lekker V8-dreuning as die lepel in die vloermat gebêre word. Brandstofverbruik het ook drasties verbeter en Toyota dui ’n gemiddelde syfer van 11,55 liter/100 km aan. Die 70-reeks is egter nie ware snelwegmasjiene nie, want so indrukwekkend soos wat sy verrigting op die oop pad is, word sy sterkpunte eers in die bos ten toon gestel. Toyota het ons op ’n taamlik strawwe veldry-baan losgelaat, waar die V8 D4-D baie indrukwekkend was. Met hope wringkrag van luierspoed af beskikbaar en ewenaarslotte agter en in die middel, is geen uitdaging te groot vir hierdie brekers nie. Daar is net een kwelpunt met die V8 Cruiser: sy brandstof-vereiste. Hy mag slegs 50 dpm diesel drink, wat tot reiskomplikasies kan lei, veral buite ons landsgrense. Die 70-reeks V8 D4-D sal welaf avonturiers dus laat glimlag – solank hulle nie te ver in Afrika invaar nie. Die enjin sal nie ingee as jy in ’n noodgeval 500 dpm moet ingooi nie, maar as jy dit gereeld doen, soek jy moeilikheid. Die dubbelkajuit en stasiewa het elk ’n 130 liter-tenk, en die enkelkajuit het twee 90 liter-tenks. Die sessilinder- 4.2 Dieselen V6 4.0 petrolenjins is nog beskikbaar.

V8­krag maak die 70­reeks­Cruiser moontlik die begeerlikste en gedugste veldryer in die land. Maar hy loop slegs op 50 dpm­diesel | FOTO: QUICKPIC So met die nuwe V8 70-reeks saam het Toyota ook verbeteringe aan die FJ Cruiser aangekondig. Die groot nuus is die byvoeging van kruipbeheer. Dis ’n stelsel wat die bestuurder toelaat om voete heeltemal van die pedale af te haal, terwyl die voertuig sy eie spoed reguleer. Dit help die FJ om teen steil hellings uit te klouter of af te kruip. Vyf voorafbepaalde kruipsnelhede word deur ’n draaiknop op die oorhoofse konsole gekies. Daar is ook ’n tweede brandstoftenk gepas, wat die FJ se totale petrol-ka-

Promosie Só vuil maar só lekker. Mod­ derpret by ver­ lede jaar se Buite Ekspo FOTO: VERSKAF

kykNET Buite Ekspo gaan weer kóók vanjaar

B

eskou jy jou as behendig agter ’n 4x4 se stuur? Staan jou pelle en hul voertuie opsy wanneer ’n riviertjie oorgesteek moet word? Dan moet jy volgende maand ’n draai maak by die LA Sport 4x4-uitdaagreeks op Saterdag 21 September by die kykNET Buite Ekspo naby Bela-Bela. Dáár wag ’n 4x4-uitdaagbaan wat onder meer bestaan uit ’n moddergat, buitebandgat, boomstompe en motorwrakke. Daar is verskillende afdelings (klasse) en daarom kan ’n standaard4x4 sonder spesiale suspensie of kompetisietoerusting ook deelneem. Dis reg, ja – jy moet jou eie voertuig bring. Daar sal groot uitdagings wees in die afdelings vir die meer ervare deelnemers en die spesiaal-aangepaste voertuie gaan monde laat oophang. Die inskrywingsgelde is op die terrein betaalbaar met inskrywing op die Saterdag tussen 07:00 en 09:30 en net twee mense per voertuig word toegelaat. Sake sal dan tot 18:00 uitgespook word! Op die Sondag sal die publiek kans kry om

Nuus

saam met die uitdaagvoertuie te ry teen ’n klein tarief per persoon. Die ervaring waarborg om die adrenalien te laat pomp! Daar is ook ander lekker adrenaliengedrewe aktiwiteite wat gedurende die naweek op die terrein aangebied word, soos veldrenritte saam met N1 4x4 Pretoria en hindernisritte saam met André de Villiers van Safari 4x4 Roetes, die bekende 4x4-program op kykNET. Powered Flight bied helikoptervlugte aan en vir die meer waaghalsiges bied hy ook bekendstellingsvlugte waar jy self agter die stokke kan inskuif, onder die wakende oog van ’n instrukteur. En as jy nou regtig iets anders soek – kom ry ’n kameel saam met Camel Friends! Die kykNET Buite-Ekspo vind van 20 tot 22 September by die Mbizi-woonwapark, 8 km buite Bela-Bela op die Thabazimbipad plaas. Besoek www.ekspo.co.za vir meer inligting. Vir enige raad oor 4x4-bestuur of ’n kwotasie op 4x4-toebehore, kontak gerus jou naaste LA Sport-tak. Besoek www.lasport.co.za vir kontakbesonderhede en sluit aan by die LA Sport 4WD Megastores Facebook-blad.

pasiteit tot 159 liter laat styg. Dit gaan ’n fortuin kos om hom te hervul, maar ten minste gaan dit nie meer nodig wees om dit so gereeld te doen nie. – Martin Pretorius PRYSE Land Cruiser 70-reeks V8 D4-D: R527 000 (Enkelkajuit) R567 600 (Dubbelkajuit) R587 500 (Stasiewa) Land Cruiser FJ Cruiser: R462 200 (FJ Sport: R485 200)


10 InRat

18 Augustus 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

Moto Guzzi Stelvio 1200 NTX

Tweewiel­Lamborghini I

taliaanse trekker. Dis wat deur my gedagtes geskiet het toe ek die eerste keer op die Moto Guzzi Stelvio 1200 NTX wegtrek. Dit was ’n besonderse ervaring met hope wringkrag en ’n allemintige gebrul, diep vanuit die hart van sy V-enjin. Die tweesilinderenjin, dwars gemonteer in tipiese Moto Guzzi styl, tesame met sy Italiaanse stilering, maak die Stelvio ’n aangename alternatief in die arena waar die gewilde BMW R 1200 GS baasspeel. Soos die alomteenwoordige GS is die Stelvio gebore om die kilometers op te vreet. Sy 32 liter-tenk gee ’n geraamde reikafstand van 480 km, afhangende van die hoeveelheid bagasie, ’n passasier en die ryer se lus vir om die fiets se oor te draai. Boonop sal die fiets jou toelaat om die minder bekende agterpaadjies en grondpaadjies te verken, aangesien die motorfiets beslis ’n tweeledige teer- en grondpadvermoë het. Die motorfiets kom juis met twee aluminium-sytasse toegerus by die winkel uit, wat hope pakplek gee. Die Stelvio NTX word ook met ’n rits ander bybehore verkoop, naamlik langafstandligte, ’n oliebak- en enjinbeskermer van aluminium, handbeskermers, ’n ekstra-groot verstelbare windskerm, ABS-remme, glybeheer (albei kan afgeskakel word) en silinderkopbeskermers. Die instrumentasie is ’n kombinasie van analoog en digitaal. Die enjinspoed (in r/min) word op ’n tradisionele wyserplaat aangedui, met die rooilyn wat by 8 000 begin. Die digitale instrumente wys die brandstofvlak, tyd, temperatuur, snelheid en ritmeter. Ek sou graag ’n rataanwyser wou sien. Soos die BMW GS, die Yamaha XT 1200 Z Super Ténéré en Honda se VFR 1200 X Crosstourer, het die Stelvio ’n dryfas wat die Italianer se 113 Nm wringkrag na die agterwiel gelei. Sommige meen ’n dryfas vir motorfietse in dié segment, met hul grootte en langafstandryvermoë, is onmisbaar. ’n Dryfas vereis minder instandhouding as ’n ketting en is dus een ding minder om in gedagte te hou wanneer daar getoer word. Hoewel dié perd ’n allemintige 272 kg

Die skrywer, hier in aksie gesien, voel dat die Stelvio meer tuis is op teer as op ruwe gruispaaie | FOTO: LOUIS FOURIE (reg om te ry) weeg, voel hy beslis nie lomp en onhandig op die pad, in die stad en om draaie nie. Hy is altemit na die Stelvio-bergpas in Italië genoem, waar daar nie minder nie as 84 haarnaalddraaie is. Verder help die verstelbare sitplek (820 mm-840 mm) ’n bietjie om Kortgat en Vadertjie Langbeen tegemoet te kom. Ander verstellings wat elektronies aan die Stelvio gemaak kan word, is die vurke en skokbreker om aan te pas by die massa van die ryer(s), hoeveelheid bagasie en padoppervlak. So gepraat: hoewel die Stelvio met gemak op sowel teer as grondpad kan ry, weeg hy net eenvoudig te veel. Met ’n massa van meer as 30 kg swaarder as die BMW R 1200 GS sou ek nie op veel erger as ’n mooi grondpad met dié kalant ry nie. Veral nie met die buitebande waarmee hy van die vertoonlokaal se

Baviaan klim die berg A

s jy wil weet of enige 4x4 sy man kan staan in die bos, gee dit vir my om te ry. Want, wat ek van 4x4-ry af weet, grens aan gevaarlik. Nee wag, dalk is ek te “hard” op myself. Ek weet darem genoeg om myself ’n gemiddelde 4x4-bestuurder te noem. Isuzu het ons genooi om die relatief nuwe KB-reeks in die Baviaanskloof in die Oos-Kaap te ry en ek het gehoop ek sal nie met die trek deur die kloof ’n aap van myself maak nie. (Baviaan is Nederlands vir bobbejaan.) Isuzu het drie weergawes van die 4x4 KB aan ons beskikbaar gestel, waarvan die enigste petrolenjin die KB240 was. Die ander twee KB’s was die 250- en 300-dieselweergawes. Met ons aankoms in Port Elizabeth, is ons verwelkom deur die Isuzu Driving Academy-span, wat belowe het om ons stap vir stap deur die Baviaanskloof te lei. Vir die volgende dag of twee sou ons die KB’s nie net aan die langpad blootstel nie, maar ook ry waar Jan Alleman dit nooit sal waag nie. Dag een was ’n kombinasie van lang, reguit teerpaaie, wat ons deur dorpies soos Willowmore en Steytlerville geneem het, en lekker breë grondpaaie wat die bakkie se padhouvermoë op los gruis goed getoets het. Anders as sommige an-

der bakkies, soos die Hilux, wip die KB nie sy stert as die bestuurder vinnig van rigting verander nie. In dié opsig is hy meer motor as bakkie. Daar was ’n lekker verrassing aan die einde van die dag – ’n styl rots- en gruispaadjie, tot bo-op een van die uitkykpunte. ’n Kort verduideliking oor hoe ons dié ou “bultjie” moet aandurf, is gevolg deur ’n eenvoudige versoek: as jy voel jy’s nie opgewasse om die belaglike steil 300 m hoë berg baas te raak nie, moet jy liewer saam met een van die ander dapper siele ry. Niemand wou Bang Jan wees nie en almal het met (uiterlike) bravade agter die stuur ingeskuif. Die KB het dié taai klim maklik baasgeraak, te danke aan ’n goeie veringstelsel en genoeg wringkrag. Ons het voorwaar geklim waar ’n bobbejaan ’n kierie nodig het en die rit is oneindig sagter as sy voorganger se gestamp. Dag twee was ’n kombinasie van rivierkruisings, nou paadjies met loodregte kranse en steil, modderige bergpasse. Ons het ’n kans gekry om elkeen van die drie variante bestuur. Die twee diesels is sonder twyfel die beste. Die KB240 se petrolenjin kon op alle terreine saam met sy dieselboeties loop, maar dit was

vloer losgelaat word nie. Die Moto Guzzi het ’n eiesoortige eienskap wat my op die eerste dag verras het. Wanneer die enjin stilstaande luier en ek draai sy versneller om die mooi klank van daardie “vee-twin” te gooi, kantel die motorfiets effens na regs. Ek het dieselfde effense kanteling in ’n draai ervaar – dit het my ietwat onkant betrap, maar ek het gou daaraan gewoond geraak. Dié kanteling word toegeskryf aan die dwars montering van die enjin. Met die silinderkoppe wat so weerskante toe uitsteek, kan hulle die ryer se knieë nogal warm maak in stadige verkeer. Lekker in die winter, maar dalk nie so aangenaam op ’n warm somersdag nie. Die Moto Guzzi Stelvio 1200 NTX is ’n karaktervolle motorfiets en reg in die kol vir diegene wat “iets anders” soek in die mark vir groot avontuurfietse. Hy trek

Isuzu KB 4x4

aandag waar hy gaan en het selfs vrae van ander padgebruikers by verkeersligte ontlok. Net soos die ander Italiaanse trekker, Lamborghini. – Bert Kirsten SYFERS PRYS R165 995 ENJIN 1 151 cc – olie- en lugverkoelde V-tweesilinder RATKAS Ses gange, dryf-as KRAG 77 kW @ 11 000 r/min en 113 Nm @ 10 000 r/min GEWIG 272 kg, opgetop, reg vir die pad. Verbruik 6,75 liter/100 km of 14,8 km/liter (nie-amptelik) BRANDSTOFTENK 32 liter NAVERKOPE Tweejaar-waarborg ongeag van afstand; versien elke 10 000 km OORWEEG OOK Honda VFR 1200 X, BMW R 1200 GS, Yamaha XT 1200 Z Super Ténéré, KTM 1190 Adventure

VeldRit

Die Isuzu KB 4x4 is met ’n petrolenjin te koop, maar ’n turbodiesel is wat jy wil hê. GM beveel 50 dpm­diesel aan, maar hy loop wel op 500 dpm | FOTO: GMSA duidelik dat dit meer inspanning en bestuursvernuf benodig. Ná ure se pret het ons die pad terug na Port Elizabeth aangedurf. Vir oulaas kon ons die bakkies se bene rek en oor ons bestuursindrukke gesels. Die KB 4x4 maak dit moontlik om ’n bietjie avontuurlustig te raak – maak nie saak hoe gesout jy is wat veldry betref nie. Sy gedrag op die oop pad was ook goed en bevestig dat vandag se bakkies nie net

vir boere en bosbekruipers bedoel is nie, maar ook vir gewone ouens wat op soek is na ’n veelsydige en indrukwekkende ryding. Is hy my eerste keuse as ek ’n viertrekbakkie wou koop? Die KB is goed, maar hy het steeds nie die spektrum van talente van die Ford Ranger of Volkswagen Amarok nie. – Carl Kritzinger ; Carl gesels gereeld oor karre en motorfietse op Radio Tygerberg en Groot FM.


18 Augustus 2013

InRat 11

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

MotorSport

Volvo 60­reeks

Nuus

Ford gaan Dakar toe F

ormule Een In ’n aksiebelaaide ren in Hongarye het Lewis Hamilton gewys Mercedes moet nog nie afgeskryf word in vanjaar se Formule Een-kampioenskap nie. Die Brit het sy uitstekende kwalifiseringsvertoning met ’n beheerste sege in die ren opgevolg. Danksy die kronkelrige, stadige Hungaroring-baan wat nie so ’n bandvreter is nie, kon hy sy Mercedes se skoeisel oppas en is hy nooit werklik deur Kimi Räikkönen (Lotus) en Sebastian Vettel (Red Bull) bedreig nie. Räikkönen moes egter, veral in die laaste rondtes, hard veg om die heersende kampioen agter hom te hou, maar hy het weer die beste uit sy motor gehaal om as naaswenner nou weer die tweede plek op die F1-punteleer in te neem. Met sy derde plek is Vettel met 172 punte nou 38 voor Räikkönen, terwyl sy spanmaat Mark Webber die potensiaal van die Red Bulls beklemtoon het deur van laaste op die wegspringrooster eindelik vierde te eindig – voor Fernando Alonso (Ferrari). Ná die ren het die ontevrede Spanjaard Ferrari se mededingendheid erg gekritiseer, in só ’n mate dat Luca di Montezemolo hom moes teregwys, hoewel die Ferrari-grootbaas ook aangedui het hy verstaan Alonso se frustrasie . . . Intussen bly die groot vraag: Wie gaan Mark Webber se plek by Red Bull inneem? In hierdie stadium vry Red Bull (en Ferrari) na Räikkönen, terwyl dit lyk of Alonso ook op Red Bull se lys kan wees. Wees verseker dat daar by die Belgiese Grand Prix op Spa-Francorchamps op 25 Augustus heelwat interessante verwikkelinge gaan wees, ook wat betref die korrupsie-ondersoek teen F1-grootbaas Bernie Ecclestone. Wêreld-tydrenkampioenskap (WRC) Met die WRC-seisoen nou oor die halfpadmerk is Sébastien Ogier feitlik verseker van die kampioenskapskroon. Die Fransman, wat ook in Sardinië en Finland in sy VW Polo WRC geseëvier het, kan met ’n goeie vertoning in die tydren van Duitsland einde vandeesweek al as kampioen gekroon word. SA-tydren Mark Cronjé en Robin Houghton, die heersende kampioene, het hul derde oorwinning in vanjaar se seisoen

Die S60 (bo), V60 en XC60 is buite en binne hersien | FOTO: VOLVO

XC­perfeksie V

Die Dakar­Ranger se kragbron is ’n Mustang­V8 | FOTO: FORD SA behaal deur die Volkswagen-tydren in die Oos-Kaap in hul Ford Fiesta S2000 te oorheers. By die eindpunt in Port Elizabeth was die paar anderhalf minuut voor Jan Habig en Robert Paisley (Basil Read Ford Fiesta), en daarmee het hulle hul puntevoorsprong tot 5 (88 teenoor 83) gerek. Die oorheersing deur die Fords is beklemtoon deurdat Habig/Paisley byna 3 minute voor Giniel de Villiers en Greg Godrich (Imperial Toyota Yaris) geëindig het. Vir die VW Sasolracing Polo-span kon Hergen Fekken en Pierre Arries ’n vyfde plek losry, gevolg deur hul spanmaats Enzo Kuün/Douglas Judd, terwyl verlede jaar se wenners, Johnny Gemmell en Carolyn Swan, sewende was in hul CastrolToyota Yaris. Die S1600-uitdaging is deur Clint Weston en Christof Snyders (Citroën C2) gewen, gevolg deur Craig Trott en Janine Lourens (Span Total-Toyota RunX). SA-veldren Anthony Taylor en Dennis Murphy (Castrol-Toyota Hilux) het hul goeie vertoning in vanjaar se SA Veldrenreeks voortgesit met ’n derde opeenvolgende oorwinning in die Sun City 400-veldren verlede maand. Vir die Castrol-Toyota-span was dit ’n goeie ren, want Duncan Vos/Rob

Chery J2 bring waarde na sy klas O p skool het ons almal so ’n outjie in ons klas gehad: nie die sterkste, slimste, mooiste of vinnigste in die groep nie, maar hy (of sy) kon respek afdwing deurdat hy so hard aanhou probeer. Tot dusver was die meeste van Chery se produkte sulke outjies. Ontwerp en gebou in China deur mense wat nie werklik verstaan wat die Weste van ’n motor verwag nie. So kon hulle eenvoudig nie Suid-Afrikaanse kopers lok nie – sterk waardeproposisie ten spyt. Maar miskien gaan die klaskamer nou ’n onderlangse fluistering beleef, want Chery het die nuwe J2-luikrug Woensdag in Suid-Afrika bekend gestel in die taai B-segment waar motors soos die Kia Rioluikrug, Hyundai i20 en Peugeot 208 ingegrawe is. Dis ’n groot verbetering op die meeste van Chery se vorige produkte, want nie net het hy die toerusting om monde te laat water nie, maar sy stilering is boon-

Howie, die heersende kampioene, was tweede in hul Hilux, gevolg deur die Ford Rangers van Chris Visser/Japie Badenhorst en Lance Woolridge/Ward Huxtable. Taylor en Murphy is 10 punte voor Visser en Badenhorst op die punteleer, met Vos en Howie in die derde plek. Ford nou ook in Dakar Die Ford-renspan het bevestig dat dié vervaardiger twee Suid-Afrikaans geboude Ford Rangers vir die Dakar 2014-ren, wat van 5 tot 18 Januarie in Suid-Amerika plaasvind, ingeskryf het. Die doelgeboude Rangers word in Pietermaritzburg deur Neil Woolridge Motorsport voorberei. Die span word deur Ford se wêreldontwikkelingsgroep (SVT) bygestaan. Die span se jaers is ’n mengsel van internasionale en plaaslike manne. Die belowende Argentynse jaer Lucio Alvarez (wat vanjaar en verlede jaar in ’n Toyota Hilux aan die Dakar-ren deelgeneem het) sal saam met sy mede-jaer Ronnie Graue in die een Ranger jaag, terwyl die voormalige SA veldrenkampioene Chris Visser en Japie Badenhorst hul Dakar-vuurdoop in ’n tweede Ranger sal beleef. Intussen is die Dakar-voorbereiding van die Toyota Imperial-span in volle gang. Die span het onlangs gefokusde toetswerk in die Namib-woestyn ter voorbereiding gedoen. – Ferdi de Vos

op modern en aantreklik. Die gladde lyne lyk onmiddellik sportief, met ligte wat ver om die hoeke vou, met net genoeg knoppe en bulte vir ’n interessante fatsoen. Vyftienduim-allooiwiele is deel van die pakket. Binne lyk sake belowend, want die voorpaneel is netjies uitgelê en als is stewig aanmekaargesit. Die gom-reuk wat sommige Chinese rygoed kenmerk, teister die neusgate, maar die radio/CD het ses luidsprekers en USB/MP3-versoenbaarheid; daar’s lugversorging, kragstuur, twee lugsakke, ABS-remme, elektriese ruite en -spieëls, asook misligte voor en agter – alles ingesluit by sy verkoopprys van R129 900. ’n Waarborg van vyf jaar of 120 000 km en diensplan vir twee jaar of 30 000 km verdien ook vermelding. Teen hierdie lae intreeprys is daar ander vrae wat ook gestel moet word, en die J2 gee die regte antwoorde: die bagasieruim is een van die grootste in sy

Chery J2 1.5 TX

Die Chery J2 sal hard moet baklei om ko­ pers uit hul Vivo’s te kry | FOTO: CHERY marksegment, daar is heelwat binneruimte (al is die voorsitplekke klein en die bestuurdersitplek effens hoog gemonteer), en sy padgedrag is aanvaarbaar vir ’n begrotingsbewuste B-segment-luikrug. Brandstofverbruik kan dalk aan die hoë kant wees, met ’n beloofde syfer van 7,4 liter/100 km.

erbeel jou jy ry in jou nuwe Volvo S60, V60 of XC60. Terwyl jy jou deurmekaar kuif in die truspieël orden, verskyn ’n kind skielik in die pad voor jou. Gelukkig het jou Volvo reeds die kind sien kom en betyds gerem, selfs al was die kind op ’n fiets. Want die Volvo S60-sedan, V60stasiewa en XC60-grondtrapper is nie net verfraai nie, maar is nou heelwat slimmer as hul voorgangers, veral ten opsigte van veiligheid. So wat is nog nuut? Driver Alert Control monitor of jy getrou binne jou baan bly. Nuwe, slim hoofligte pas hul helderheid outomaties by die omgewing en ander verkeer aan. Pad-inligting (soos die snelheidsgrens) word prominent in die instrumentepaneel gewys. Bluetooth laat jou musiek koordloos van ’n iPod/slimfoon speel. Die opsionele BLIS (Blind Spot Information System) wat blindekolle uitskakel, kan nou veel verder agter jou sien. Plat hefbome agter die stuur – die sogenaamde ratspane – is nou opsioneel by die outo’ratkaste beskikbaar. Kosmetiese veranderings? Die 60-reeks is deeglik “styfgetrek” en het ’n nose job gekry. Die Volvo’s se horisontale lyne word voor en agter beklemtoon met ’n breër, chroomlose sierrooster, groter kenteken en doelgerigte, wolfagtige hoofligte. Die binneruim se skoon, Sweedse ontwerp het elegante nuwe houtinsetsels. Ongekompliseerde beheerstelsels is van ’n hoë gehalte, veral die beeld en letters in die 18 cmskerm van die Adaptive Digital Display. Dié skerm het sy debuut in die asemrowende V40 gemaak en laat jou toe om die instrumente se voorkoms beduidend te verander. Opsionele Sensus Connected Touch (ook stemgeaktiveer) bied ’n internetkonneksie. Volvo het ook aangekondig dat die XC60 se ouboet, die groot en gewilde XC90, in 2015 hier sal wees. As jy dus moeg is vir Duitse “techno”, kan jy met ’n geruste hart na Sweedse “metal” oorskakel. – Ané Theron ;Pryse wissel van R329 600 vir die S60 T3 Manual Essential tot R622 600 vir die XC60 T6 Geartronic AWD R-Design.

Nuut Chery gee die kraglewering aan as 72 kW en 140 Nm, maar dit voel asof iemand omtrent 15 eenhede van elk gegaps het. Verrigting is dus aan die lui kant, maar die J2 kan steeds gemaklik vinniger as die nasionale spoedgrens ry – al vat dit ’n rukkie om daar te kom . . . Daar is beslis geen sportiewe neigings in die onderstel of enjin nie, maar die ritgehalte is glad en die kajuitgeraas is verbasend min teen hoofweg-snelhede. Die Chery J2 bied eienskappe en ruimte wat net in groter, duurder aanbiedings beskikbaar is, teen ’n prys wat hom direk teen ander intreemodelle laat meeding. Gegewe sy spesifikasie en diensplan kan hy dalk net begin om verkope van die skraps-toegeruste VW Vivo te steel. ’n Ford Fiesta of ’n Kia Rio is hy beslis nog nie, maar gee kans: soos die Chinese nou verbeter, kan die volgende modelle dalk net ’n verrassing oplewer. – Martin Pretorius ;Die Chery J2 1.5 TX kos R129 900


www.kia.co.za

#surprising ..

Lugreeling Radio/CD met MP3/iPod/USB-verbinding Bestuurder- & Passasier-lugsakke Voorste Misligte

Picanto LX Vanaf R990 pm *

#standard

Vir meer inligting besoek surprisingisstandard.co.za R1472

R1915

Deposito % 35%

15%

15%

Groot Eindbedrag % 40%

35%

0%

*Al 3 transaksies word volgens ’n prys van R121 995 oor 72 maande bepaal. Rentekoerse word aan die heersende prima koerse gekoppel, onderhewig aan veranderinge. Die transaksie is onderhewig aan die goedkeuring van krediet deur Kia Finance, ’n afdeling van MFC, ’n afdeling van Nedbank Beperk. Nedbank Beperk is ’n gemagtigde verskaffer van finansi le dienste. Nedbank Beperk is ’n geregistreerde kredietverskaffer kragtens die NKW (NCRCP 16). Die prys sluit aanvangsgeld van (R1140) asook ’n maandelikse diensfooi van (R57 p/m) uit. Die transaksie is slegs van toepassing op die geadverteerde spesifikasies. Enige addisionele bykomstighede sal onderhewig wees aan afsonderlike bepalings en voorwaardes. Die koste vir padbystand is uitgesluit. E&OE.

14897OFyt

VERRASSING 1 VERRASSING 2 VERRASSING 3 Maandelikse Paaiement R990


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.