Rapport InRat - 19 Januarie 2014

Page 1

InRat Bylae tot Rapport

WEN met ons nuwe motorblokraai

19 Januarie 2014

2 Motor van die jaar:

Is dit vanjaar dié

3

Dakar: Dís wat skeefgeloop het

Kia Cerato: Duitse ontwerp, Koreaanse waarde

5

briljante Lexus se beurt?


2 InRat

19 Januarie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226

Hisense Infinity Prime 1

MotorSport

Hoë-verrigting slimfoon J

Advertensies Attie Bekker E­pos: attie.bekker @media24.com Tel: 011 713 9545

Motorkalender reeds in volle vaart Wie sou kon raai dat ’n i20 so woes kan lyk? | FOTO: QUICKPIC

W

anneer jy hierdie sin lees, is twee van 2014 se groot­ ste motorgebeurtenisse so te sê afgehandel. Die Da­ kar­uithouren is verby en ons hoop Giniel de Villiers (Imperial Toyota Hilux) het darem ’n plek op die podium behaal. Volgende week is twee van Rapport se motormense, Eg­ mont Sippel en Justus Visagie, op pad na Pretoria om die kandidate vir 2014 se Wesbank Motor van die Jaar te evalu­ eer en vir die beste een te stem. Die stemming sal ook van­ deesmaand afgehandel wees, waarna die wenner op 19 Fe­ bruarie onthul word. Dis ’n groep sterflinge wat die wenner kies en daarom is dit ’n subjektiewe proses. Al stem jy nie met die kriteria, die proses of keuse van wenner saam nie is een ding seker: die nommer­een motor sal ’n waardige wenner wees wat “mo­ torkuns” en uitmuntendheid verpersoonlik. Dis hoofsaaklik omdat daar veel meer uitstekende as flou finaliste is. En omdat die Porsche Boxster verlede jaar gewen het, het hy die weg gebaan vir sportmotors en ander eksotika, wat die uitslag nog meer onvoorspelbaar maak. Van eksotika gepraat: Suid­Afrika gaan op die ekonomie­ front ’n stamperige jaar beleef. En dit terwyl die gemiddelde huishouding in Suid­Afrikaners se skuldlas reeds 76 persent van sy besteebare inkomste beloop. Goed, daar is baie van ons wat nie in dié put van ellende sit nie, maar dalk is dit tog tyd om ’n slag te gaan kyk hoe briljant kleiner, bekostig­ bare rygoed deesdae is. Veral met die prys van brandstof wat ook vanjaar skerp gaan styg. Gautengers is gelukkig omdat hulle kan bespaar deur te weier om e­tolgeld te betaal! @RapportInRat op Twitter en facebook.com/inrat

KopKrap

Tegno

Hyundai span i20 in WRC in V

anjaar, 2014, is ’n belangrike jaar vir Hyundai se nuwe motorsportafdeling. Nadat hy slegs ses maande gehad het om die splinternuwe i20-tydrenmotor te toets, het sy vuurdoop in vanjaar se Wêreld-tydrenkampioenskap (WRC) vandeesweek in die veeleisende Monte Carlo -tydren begin. Een van die Hyundai-span se jaers, Juho Hänninen, sê hy is realisties oor hul verrigting vanjaar, maar dat daar geen rede is hoekom hulle nie volgende jaar kan wen nie. Vanjaar is dus grootliks ’n verkenningsveldtog vir Hyundai Motorsport. Hyundai se vier jaers in die WRC is Thierry Neuville, Juho Hänninen, Dani

Suzuki­blokkiesraaisel #1

Sordo en Chris Atkinson (navigators uitgesluit). Hyundai sê hy het die i20 as grondslag vir die tydrenmotor gebruik omdat die motor “nader aan gewone mense is”. Dié vierwielaangedrewe blits gebruik ’n turboaangejaagde 1.6 liter-enjin wat 200 kW en 400 Nm ontwikkel. Die motor weeg 1200 kg (volgens die regulasies. ’n Spanwoordvoerder sê die jaers het in die toetsperiode 4 700 liter petrol uitgery, drie GoProkameras stukkend gery en ses groot Spaanse Bellotta-hamme verorber. Om te sien hoe Hyundai en die ander deelnemers in die WRC vaar, kan jy wrc.com besoek

y sal verbaas wees om te hoor wat alles by InRat opdaag om getoets te word. Toe die vervaardiger van elektroniese toebehore, Hisense, sy Infinity Prime 1-selfoon vir ons wou stuur, was ons eers nie juis entoesiasties nie. Want hoekom sal ’n mens enigiets anders as Samsung, Apple, Sony, LG of HTC koop? Nuuskierigheid het egter die oorhand gekry. Die Infinity Prime 1 voel swaar in ’n mens se hand en dit is deels te wyte aan sy groot battery wat maklik twee dae hou, teenoor my Samsung Galaxy S4 s’n wat binne ’n dag flou is. Dit maak die Prime effens dikker as die jongste Android-slimfone, maar nie so dat dit pla nie. Hy het wel nie ’n iPhone se bougehalte nie. Een van sy interessante kenmerke is dat hy twee SIM-kaarte kan vat, sodat jy byvoorbeeld oproepe op Vodacom kan maak en Cell C vir goedkoop internet-data gebruik. As liefhebber van goed wat vinnig versnel, het ek die spoed waarteen die Prime 1 se verwerker werk, waardeer. Dit is vinniger as my Galaxy S4 en ’n kollega het opgemerk dat dit ook vinniger as sy iPhone 5 is. Dit is waarskynlik te danke daaraan dat Hisense nie aan Android gaan torring het deur tierlantyntjies en twak by te voeg nie. Die jêm op die brood is ’n helder skerm met ’n skerp beeld en meestal realistiese kleure. Die Prime 1 word nie met ’n selfoonkontrak verkoop nie en is dus ideaal vir iemand wat nie 24 maande lank ’n strop om die nek wil hê nie of liewer vooraf betaal (prepaid). Maar die beste van alles is dat die Prime 1 slegs R3000 kos. Hy is by kalahari.com te koop. – Justus Visagie

Wen met Suzuki G

ebruik die letters in die gekleurde blokkies om die naam van een van Suzuki se motors (binnekort plaaslik beskikbaar) te vorm. Bykomende leidraad: “water”. SMS jou antwoord en jou naam en van na 073 575 1774 voor of op Dinsdag 21 Januarie. Slegs een SMS per telefoonnommer. Deelname impliseer aanvaarding van die voorwaardes wat op aanvraag

beskikbaar is van justus.visagie@media24.com.

Die wenner ontvang ’n Explorer 4x4 Medibox wat ideaal is vir viertrek-entoesiaste en motoriste. Dié sterk, kompakte, stofdigte noodhulptassie bevat eenvoudige noodhulpinstruksies en die inhoud is in netjiese kompartemente verdeel. Bel J Pretorius by 082 793 7174 of e-pos info@medhealthkits.co.za of besoek www.medhealthcarekits.co.za vir meer inligting.

Leidrade Dwars 3 – Iets wat besonder mooi is (soos ’n splinternuwe motor) (8) 6 – Treurlied oor die dood van ’n be­ minde (6) 8 – Rivier in Afrika (3) 9 – Enigeen van die aantal omwente­ linge om ’n baan wat nodig is om ’n wedren te voltooi (6) 11 – Werkman wat duike in die metaal van ’n voertuig herstel (13) 16 – Paraffiensoort (5) 17 – In die VSA dui ’n motor se spoed­ meter __ per uur aan (3) 19 – Dit wat ’n mens (of ’n motor) ge­ noem word (4) 20 – Arts se titel (afk) (2) 22 – Genl. Dwight D. Eisenhower se

bynaam (3) 24 – In die ou dae kon ’n mens ’n sy­ kous hiervoor gebruik in ’n enjin (10) 26 – Motorvensters word hiervan ge­ maak (4) 27 – Getalteken (5) Af 1 – Die ruimte agter in ’n baie klein motortjie kan so beskryf word! (6) 2 – Buitenste sirkelvormige rand van ’n ysterwiel (7) 3 – Motorbrandstof (6) 4 – Die draak steek (4) 5 – Voertuig met ’n tentdakkie wat deur perde getrek word (6) 7 – Onderdeel in uitlaatstelsel van ’n motor wat geluid van ontsnappende

gasse sagter maak (10) 10 – Verhoed dat motor gly (afk) (3) 12 – Dit kan ’n denkbeeldige sirkel om die aarde wees, of ’n motoronderdeel! (7) 13 – ’n Mens doen dit met jou lisensie­ skyfie teen jou motor se voorruit (4) 14 – Swemvoël met plat bek (4) 15 – Loer (3) 17 – Neersien op (5) 18 – Horisontaal verkeer (2) 21 – Spoedkameras werk soms met hierdie toestel wat radiogolwe uitstraal (5) 23 – Middelstuk van ’n wiel waardeur die as gaan en waarin die speke vassit (4) 25 – Hektaar (afk) (2)


19 Januarie 2014

InRat 3

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

MotorSport

Dakar­veldren

Diesel, druk, drama en die Dakar D

ie Dakar-veldren het ’n manier om soos ’n muishond op die laaste oomblik sy stert te lig.... Daarom kan mens nie aannames maak of voorspellings waag oor hierdie ren maak nie, want die stank kan jou lelik tref. Tog, met die skrywe hiervan (Donderdagmiddag) was ’n paar dinge oor Dakar 2014 duidelik; naamlik dat turbodieselkrag beslis ’n voordeel in vanjaar se ren geniet het, dat ’n oorwig in getalle beslis tel, en dat dit lyk of onderduimse spantaktiek sy kop nou selfs in dié marathonavontuur begin uitsteek. Met die voorlopige uitslag van hierdie wêreldbekende ren reeds bekend teen die tyd wat jy hierdie lees, is die aanname dat Giniel de Villiers en die Suid-Afrikaanse Toyota-span nie ’n gesogte en geskiedkundige oorwinning behaal het nie. Daarvoor was die gaping tussen hom en die voorste Mini’s te groot, en was hy ook onder groot druk van die horde Mini-jaers agter hom. Wat my terugbring na my vorige stelling: De Villiers en sy Hilux V8 was eintlik die enigste werklike bedreiging vir die Mini-oorheersing in dié ren. Selfs Carlos Sainz in sy SMG kon nie die mas opkom nie. Maar soos in die staaltjie “ons was honderd teen een, en het ons daai een opgemors”, het Giniel uit die staanspoor ’n opdraande-stryd gestry. Nie net was dit ’n geval van getalleoorwig nie, die maxi-Mini’s met hul BMW-turbodiesels het gewis ook ’n kragen wringkragvoordeel geniet – wat duidelik te siene was in die trajekte hoog in die Andes (waar die lug uiters dun is), asook teen stewige steiltes in die woestyn-trajekte. ’n Goeie vriend het sy frustrasie met hierdie toedrag van sake só opgesom: “Mini’s hoort gedra te word; en nie mee in dekselse woestynrenne gejaag te word nie...” Tog was De Villiers ’n ernstige bedreiging vir X-Raid en sy voorste jaers, die Dakar-koning Stéphane Peterhansel en Portugees Nani Roma. Só erg was dit dat spantaktiek eindelik tot swak sportmanskap gelei het. Giniel is vir lank deur die Mini-jaer Vladimir Vasilyev opgehou toe laasgenoemde verhoed het dat die Suid-Afrikaner hom verbysteek, wat strydig is met Dakar-regulasies. Ná die trajek het die normaalweg bedaarde en kalm Stellenbosser warm woorde met die Mini-span gewissel. Dit het ’n ernstiger nadraai gehad, want Glyn Hall, spanbaas van die Imperial Toyota -span, het ’n amptelike klag oor onsportiewe gedrag by die organiseerders aanhangig gemaak. Die uitslag daarvan is nog onbekend. Bygesê, Toyota se planne vir die ren het ook nie uitgewerk nie. Die tyd wat De Villiers met kragstuurprobleme in die eerste trajek verloor het, het die span duur te staan gekom, veral omdat dié

Die hoogte van die water is ’n goeie aanduiding van die Giniel­Hilux se spoed | FOTO: DAKAR.COM

Chris Visser se Ranger in gelukkiger dae, vroeg in die veldtog | FOTO: FORD SA

Riaan van Niekerk het sy staal gewys en uitmuntend gevaar | FOTO: DAKAR.COM

Stéphane Peterhansel en sy navigator, Jean­Paul Cottret | FOTO: DAKAR.COM eerste paar trajekte die Hilux gepas het – soos sy groentjie-spanmaat, Leeroy Poulter, met sy goeie tye bewys het. Vandaar was Giniel rug teen die muur, en toe die spanne in Chili draai, was hy

reeds byna ’n uur agter die voorlopers. Wat die ander Suid-Afrikaanse Toyotajaers betref: Poulter en Rob Howie het moedig probeer, maar is deur probleme gekniehalter, en het ook baie tyd verloor

deur die private jaers Thomas Rundle en Juan Moir te help. Die Ford-span met hul Suid-Afrikaans geboude Rangers onder leiding van Neil Woolridge het, soos te wagte, swaar geleef. Aanvanklike meganiese probleme het die Argentyne Lucio Alvarez en Nicci Graue duur gekos, maar soos die ren gevorder het, het hulle al hoe beter gevaar, en selfs tot vyfde plek algeheel op van die trajekte gevorder. Vir Chris Visser en Japie Badenhorst was dit ’n kwaai vuurdoop. ’n Duin het hulle uitgevang en die Ranger het gerol. Gelukkig is hulle nie erg beseer nie, hoewel Visser mediese behandeling moes ontvang. Die enigste werklike ligpunt vanuit ’n Suid-Afrikaanse oogpunt was die motorfietsjaer Riaan van Niekerk (KTM) se bestendige vertoning. Van Niekerk het weer gewys hy kan saam met die groot honde jag, en hopelik sal hy aanstaande jaar volle KTM-fabrieksjaerstatus gegun word. Vir Toyota en Ford lê heelwat besinning voor. Dis duidelik dat die regulasies nou dieselkrag bevoordeel, dus sal iets drasties gedoen moet word om die speelveld meer gelyk te maak, enersyds deur reëlveranderinge, andersins deur die diesel-opsie te oorweeg. Die tyd sal leer. – Ferdi de Vos


4 InRat

19 Januarie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

ToetsRitte

Mitsubishi Pajero Sport 4x2

Vier­by­vuurvreter ‘ ’N

Mens moenie dié motor ry as jy moeg of vaak is nie. Hy bestuur so maklik dat jy aan die slaap sal raak . . .” Aan die woord (en stuur) is my pel Werner na afloop van ’n week lange toervakansie deur die suide van KwaZulu-Natal. Vir baie motors – die soort wat hulle roem op bestuursgenot – is so ’n uitspraak ’n doodsvonnis. Maar vir die Mitsubishi Pajero Sport beteken dit hy het sy taak byna foutloos verrig. ’n Sportnutsvoertuig is mos veronderstel om mense, hul pakkasies en padkos na die verste hoeke van die land te kan neem, ongeag die pad- of weerstoestande. Die Pajero Sport 4x2 het hom meesterlik van dié taak gekwyt.

Hy het ook, selfs sonder ’n viertrekstelsel of ewenaarslot, doodluiters teen die Sani-pas uitgekruie toe die bevlieging ons pak om iets te gaan eet by die hoogste kuierplek in Afrika, die Sani Mountain Lodge. Sulke veelsydigheid verdien meer as net ’n goedkeurende kopknik. Terloops, die Sani-pas is nie enige ryding se speelplek nie, want sonder die regte voertuig is dit maklik om van die pad te gly en honderde meters ondertoe in ’n opgerolde bondeltjie yster te eindig. Selfs met die Pajero Sport 4x2 se goeie bergklimvermoë sal ek daardie pas nie in die winter, wanneer die pad toegesneeu en met ys bedek is, aandurf nie. Dit is waarvoor die 4x4 Pajero Sport daar is. Die nuwe 4x2-variant vul ’n gaping in

Mercedes­Benz CLS 63 AMG Shooting Brake

die Pajero Sport-modelreeks. Sy verkoopprys is nie net billik nie, maar sy toerustinglys is propvol en vollediger as sy teenstanders s’n. Aan die debietkant is daar turbo-traagheid en teleurstellende brandstofverbruik in die stad. As ’n gesinsvoertuig wat amper enige plek kan uitkom, is die Pajero Sport 4x2 egter heeltemal suksesvol en ’n volwaardige teenstander vir die agterwielgedrewe Toyota Fortuner 2.5 VGT. – Martin Pretorius ; ’n Langer weergawe van dié artikel is op die web by rapportinrat.co.za/mitsubishi-pajero-sport-4x2 PRYS R 420 000

Die 4x2 wat dink hy’s ’n 4x4 | FOTO: WERNER MORGENROOD ENJIN 2,5 liter-viersilinder-turbodiesel; 131 kW en 350 Nm RATKAS Vyfgang- koppelomsetter-outomaties, agterwielaandrywing VERRIGTING 0-100km/h in 12 sek. en topsnelheid 176 km/h; 8,5liter/100km OORWEEG OOK Toyota Fortuner 2.5 D-4D Auto en Ford Everest 3.0 TDCI 4x2 (as jy kan saamleef met sy bladvere agter).

Volkswagen Amarok Dubbelkajuit 2.0 BiTDi 4Motion Auto Highline

Die ideale voertuig vir die Mafia­baas se gesin wanneer hulle lughawe toe moet jaag om na Mexico te vlieg | FOTO: MBSA

Shooting Brake is ’n groot kanon S

tel jou die volgende voor: Jy is ’n skatryk sportmotor-entoesias. Jy het twee kinders en ’n vrou met meer skoene as breinselle. Sy weet nie hoe om lig te reis nie en die kinders ook nie. ’n Tweesitplek-Mercedes SL is op jou wenslys, maar jy wil naweke saam met jou gesin kerjakker. Hoe nou? Jy kan jou Capitec-aandele dank dat Mercedes-Benz die oplossing het in die vorm van die CLS 63 AMG Shooting Brake* teen R1 380 000. Want hy het ’n sportmotor se vaart en eksklusiwiteit, maar is eintlik ’n luukse, kwaadgemaakte stasiewa. Toe ek die Shooting Brake by Century City in die Kaap vir ’n toetsrit gaan haal het, het al die knoppies en liggies in die binneruim my aanvanklik dronkgeslaan. Die hoof van die AMG-afdeling was gelukkig daar om enkele van die funksies te verduidelik. Maar niks het my voorberei op die diep brulgeluid van die 5,5 liter V8 toe ek die aansitknop druk nie! Dit klink so mooi dat ek met oop vensters wou rondry. Dit is natuurlik nie oral aan te beveel nie, veral wanneer die navigasiestelsel jou deur die wilde dele van die Kaap lei. Jy kan kies in watter ratkas-, veringen verrigtingmodus jy wil ry: as jy die ratkas se spesiale beheerknop draai tot by Sport Plus, moet jy jouself voorberei: een nies of kuggie terwyl jou voet op die petrolpedaal is en jy word vorentoe geslinger teen die spoed van wit lig. Die Shooting Brake waarmee ek gery het, het heelwat opsionele ekstras

gehad, soos die Driver Assistance Plus-pakket van R17 200. Dit bestaan uit Lane Keeping Assist, Blind Spot Assist en Distronic Adaptive Cruise Control. Laasgenoemde hou ’n veilige volgafstand met die voertuig voor jou en sal self rem of versnel indien nodig. As jy sug van moedeloosheid omdat sulke goed ver buite jou begroting val, oorweeg die Honda Accord Exclusive Tourer (of ’n jong, gebruikte een vir omtrent R300 000). Dit is die middelklas se Shooting Brake met baie van dieselfde tegnologie, waarvan alles standaardtoerusting is. Hy kan selfs die kurwes van die pad self volg as jy ’n paar sekondes agter die stuur sou insluimer. Die goeie nuus is dat die slimmighede wat ons aanvanklik net in duur motors soos die Shooting Brake kry, tog later hul weg na goedkoper motors vind. – Ané Theron ; ’n Langer weergawe van dié artikel is op die web by rapportinrat.co.za/mercedes-benz-cls-63-amgshooting-brake PRYS R1 382 600 ENJIN 5,5 liter-V8-petrol met turboaanjaer; 386 kW en 700 Nm RATKAS Sewegang-outomaties; agterwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 4.4 s en 250 km/h (beperk) topsnelheid; 10,1F/100 km OORWEEG OOK Porsche Cayenne Turbo * Die naam “shooting brake” kan vertaal word as “jagwa”, wat eintlik ’n luukse stasiewa is.

Die ‘Outorok’ se verrassende verrigting is genoeg om die manne aan hul vitamien B en C (brannas en Coke) te laat stik | FOTO: QUICKPIC

Tradisie se voet ’N

Vierwielaangedrewe dubbelkajuitbakkie met ’n outomatiese ratkas? Sonder ’n ekstra, kort ratkierie? Dit voel vir ’n tradisionalis soos ’n jack russell sonder ’n bal, rugby kyk sonder ’n braai of ’n tent sonder ’n koelboks. Iets skort. Volkswagen se “4Motion” staan vir permanente vierwielaandrywing en in hierdie geval is dit aan die ander kant van ’n outomatiese ratkas met agt gange. 4Motion is ’n “intelligente” aandrywingstelsel wat krag heeltyd tussen die wiele versprei en wat meer krag stuur na waar dit nodig is. Die outo’kas skakel naatloos oor, wat beteken dat jy nooit in die verkeerde rat is nie. Saam maak hierdie twee tegniese kenmerke van die nuwe Amarok ’n heerlike anderpad-voertuig. Die bakkie het ’n enjin van “net” twee liter, maar sy kraglewering is ’n ruk gelede verhoog tot by 132 kW en die wringkrag tot 420 Nm. Dit is sterk genoeg vir bykans alle terreine en te danke aan twee turbo-aanjaers. Hy is op ’n rit na Ponta Malongane en Ponta do Ouro in Mosambiek getoets. Tot by die grens by Kosibaai het hy beïndruk met sy rygerief en trekkrag. Die bakkie was taamlik swaar gelaai, maar het glad en maklik enige snelheid behou. Hy het ook moeiteloos teruggeskop na laer ratte en die vele suikerrietvragmotors en taxi’s naby Pongola gewillig verbygesteek. Maar toe ons eers anderkant die grens die sandpaaie slaan, het my oë waarlik oopgegaan. Jy hoef nooit jou beker/glas/blikkie/bottel neer te sit nie. Met een hand stuur hy heel ligvoets terwyl sy unieke aandry-

wingstelsel by die oppervlak en die helling aanpas. Daar is min huiwering voordat hy vastrapplek vind wanneer die sand skielik dieper word. Die Amarok sal angstigheid oor onvoorspelbare terreine en sanderige paaie laat verdwyn, ook by onervare bestuurders. Anders as sy handrat-eweknie het dié outo-weergawe nie ’n laestrekratkas nie. Eerste en tweede rat vervul dié funksie en die koppelaar kan tydelik “gly” vir nog meer trekkrag. Dit gebeur alles terwyl jy in ’n funksionele, maar tog ook luukse kajuit sit. Daar is lugversorging vir Afrika-sissies, ’n goeie klankstelsel en ’n opsionele afstand-alarm vir wanneer jy parkeer. Nuttig, maar tog ook R5 450 ekstra. Leerbekleedsel kos ’n verdere R6 750. Die Amarok met die lang naam en die outomatiese ratkas is vir mense wat iets anders soek wat handelsmerk en (mooi) stilering betref. Hulle kry as bonus ’n gesofistikeerde, doeltreffende 4×4 wat die dinkwerk vir jou doen. – Dirk Jordaan ; ’n Langer weergawe van dié artikel is op die web by rapportinrat.co.za/ volkswagen-amarok-dubbelkajuit-2-0-bitdi4motion-auto-highline PRYS R488 400 ENJIN 2 liter- viersilinder-turbodiesel; 132 kW en 420 Nm RATKAS Agtgang- koppelomsetteroutomaties; vierwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 10.9 sek. en 179 km/h topsnelheid; 8,3 F/100 km OORWEEG OOK Ford Ranger 3.2 XLT 4×4 6AT Diesel, Nissan Navara 2.5dCi 4×4 LE D/C (AT)


19 Januarie 2014

InRat 5

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

ToetsRit

OnsRyding

Kia Cerato 2.0 SX Auto sedan

Triumph Tiger 800 XC

Ontwerpersrokkie van Mr Price

Die Tiger is ’n Sportavontuurlang­ padstadsfiets | FOTO: TRIUMPH

’n Fiets wat by jou tuxedo pas I

As jy op voorkoms koop, sal ’n Cerato jou esteties bevredig vir veel minder as die prys van ’n A­klas Benz | FOTO: QUICKPIC

M

y kollega Corlette Heyns sê sy sal eerder afval eet voordat sy ’n sedan koop. En as ’n mens kyk na die getal vaal sedans op die pad, veral die bekostigbare soort, kan ek haar punt insien. As jy nog altyd ’n oog gehad het vir ’n motor met Duitse lyne, maar nie elke maand al jou geld op ’n motorpaaiement wil blaas nie, is die karaktervolle Kia Cerato dalk die een vir jou. Die kurwes van die nuwe Cerato is atleties en vloeiend, danksy die hoofontwerper Peter Schreyer, wat eens Audi’s ontwerp het. LED-liggies bokant die hoofligte lyk soos wenkbroue en die rooster – in die vorm van Kia se “tiersnoet” – lyk asof hierdie kietsie ’n adellike herkoms het. Hoog geposisioneerde agterligte wat om die stert vou, wek ’n sportiewe indruk. Maar is die Cerato so sportief soos wat hy lyk? Ek het die outomatiese tweeliterCerato op my gunsteling-toetsroete, Rooiels na Gordonsbaai (R44), geneem om te kyk wat in sy broek sit. Sy hantering in die draaie is puik, selfs

op ’n nat pad. Omdat ek die luukse SXvariant bestuur het, het ek ook elektroniese stabiliteitsbeheer as vangnet gehad. Die enjin is wel ’n bietjie raserig as jy skielik vet gee, maar die Cerato is ook ’n uiters beskaafde motor waarin ’n mens rustig kan cruise en ’n mooi uitsig deur sy groot ruite geniet. Die SX het sogenaamde ratspane agter die stuurwiel as jy self ratte wil wissel, en ek het dit so verkies. Kia se Flexsteerfunksie stel die bestuurder in staat om die draai van die stuur ligter of swaarder te maak en ek kon die verskil tussen Sport, Comfort en Normal duidelik voel. Die 2.0 SX outo wat InRat getoets het, is die duurste hings in die Cerato-stal en beter toegerus as ’n Navy SEAL. ’n Skermpie (met raak-funksie) in die middelkonsole wys wat die tru-kamera my wys, die klankstelsel klink goed, en daar is ’n gevoel van gehalte in die draai en druk van elke knop. Loon dit jou om ’n hele R307 000 op te dok vir die SX-variant? As jy nie gereeld in die verkeer sit nie en slim wil koop, sou ek die handrat-intreevlak- 1.6

EX (R234 00) aanraai. Sy 1,6 liter-enjin het genoeg krag (95 kW/194 Nm) en toerusting soos dagryliggies, Bluetooth, ’n leerstuurwiel, misligte voor, lugversorging-uitlate vir die agterste ouens, “welkom tuis”-ligte en ’n swetterjoel ander goed is ingesluit. ’n Waarborg van vyf jaar of 150 000 km, diensplan van vyf jaar of 90 000 km en drie jaar se padbystand tel ook in elke Cerato se guns. Maar of jy die goedkoopste of duurste Cerato koop, is dié sedan se voorkoms genoeg om die sedan se naam in ere te herstel. Corlette kan dus ’n Cerato-sedan koop en sy hoef nie eens afval te eet nie. – Ané Theron PRYS R307 000 ENJIN 2,0 liter-viersilinder-petrol; 118 kW en 194 Nm RATKAS Sesgang-outomaties, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 9.3 sek. en 205 km/h topsnelheid; 7,2 liter/100 km OORWEEG OOK Honda Civic 1.8 Elegance Auto- sedan

Son, sand, see, Suzuki I

n Desember en Januarie was InRat se Swift, soos duisende ander motors, vakansiewiele. Terwyl een lid van die InRat-groep die rubbervreter-paaie van die Tankwa-Karoo met ’n “sagte” viertrekvoertuig gaan aandurf het, het die Swift in Kaapstad agtergebly om stranddiens te doen en pelle en familielede te karwei. Twee van sy glanskenmerke het uitgestaan: dat twee volwassenes in groot gemak agter kan sit, sonder om te voel dat hulle in ’n Kerskalkoen gestop is en dat die outomatiese lugversorger (jy kies eenvoudig die temperatuur) die Swift se kajuit yskoud maak. Amper so koud soos ’n instap-yskas in ’n drankwinkel. Nog ’n eienskap van die Swift was hoe maklik hy parkeer en gapings vat in ’n vakansiestad wat tot barstens toe vol is. Sy stuur voel ook nie meer kunsmatig soos toe hy splinternuut was nie. Gelukkig was dit nooit nodig om meer as twee mense se bagasie te vervoer nie, want as jy meer as dit wil laai, sal dit eers vakuumverpak moet word met Verimark se vakuumverseëler. Die Swift se bagasiebakgrootte is 211 liter teenoor die VW Polo se 280 liter. Maar dit is nie al nie . . . Suzuki het vandeesweek aangekondig dat die GLS

Die Swift word voortaan met Bluetooth, LED­dagryliggies en snelheidsbeheer toe­ gerus | FOTO: SUZUKI Swift voortaan Bluetooth het vir foonoproepe maak deur die motor se klankstelsel, asook vir die koordlose speel van musiek van ’n toepaslike selfoon of musiekspeler. Vir meer gemak op die langpad is daar nou snelheidsbeheer sodat die motor nie weghol nie. Die Swift GLS is kosmeties verfris en loer nou na ander padgebruikers met LED-liggies, wat hom bedags sigbaarder maak. Daar is ook nuwe allooiwiele met ’n sportiewer ontwerp. Behalwe hiervoor – en ’n neus wat effens anders lyk – is

OnsRyding Suzuki Swift GLS

die ou en nuwe Swift die spreekwoordelike vinkel en koljander. Die enigste nuwe bykomstigheid wat ons begeer, is die Bluetooth. Met die stygende brandstofprys, wat altyd ’n doring in die vlees sal wees, het ons gehoop om ’n beter verbruiksyfer te behaal, maar die lesing is steeds 6,1 tot 6,2 liter/100 km of net bo 16 km per liter, in die ou taal. Ons het nog ’n maand of twee met die Swift oor. As die Suidoos ons in die rug waai, kry ons die syfer dalk af na onder 6 liter/100 km. – Justus Visagie AANKOOPPRYS R184 900 ENJIN 1 372 cc-viersilinder-petrol; 70 kW en 130 Nm RATKAS Vyfgang-handrat, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 10.9 sek. en 170 km/h topsnelheid VERBRUIK 5,5 liter/100 km en 132 g CO2/km (volgens Suzuki) PETROLTENK 42 liter AFSTAND DEUR INRAT AFGELÊ 2 210 km NAVERKOPE Waarborg van drie jaar of 10 000 km en diensplan van vier jaar of 60 000 km. Versien elke 15 000 km. OORWEEG OOK Ford Fiesta 1.4 Ambiente

emand vra my onlangs of dit moeiliker is om ’n artikel te skryf oor ’n swak motorfiets as ’n goeie een. Ek sê toe nee, dit is makliker om ’n ryding af te kraak as te prys. Met die Triumph Tiger XC is ek nou in so ’n penarie. Nou goed, vir die doel van hierdie artikel gaan ek hiper-krities probeer wees. Uhm . . . die flikkerligte se knoppie is ongemaklik geleë en lyk of hy gaan breek as jy hom te rof hanteer. Die hooflig se skakelaar is ook ongemaklik geleë. Twee ongemaklike knoppies. That’s it, soos die Engelse sê. Om deur die verkeer te vleg, is ’n plesier – al is die stuurstang effens wyd. Kraglewering is van so ’n aard dat die 800 cc-driesilinder teen lae toere meer as genoeg wringkrag het. Regdeur die toerestrek woel die drieling onder jou en por mekaar aan. Die toere klim so vinnig dat jy soms moet vashou asof jou lewe daarvan afhang. Gelukkig het die Tiger ’n lang eerste rat. Ratwisseling is glad, akkuraat en vinnig, en deur die ratte tot by sesde versnel hy egalig. Die drie silinders sing soos die Drie Tenore en bo 7 000 r/min klink hy soos ’n sportfiets. Maar bo 9 500 r/min skree hy soos Guns N’ Roses in ’n sinkgebou. Tog is daar min vibrasie en die kraglewering duik nie afwaarts of gaan staan stil soos met ’n enkel- of tweesilinder nie. Dit is ook ’n baie mooi motorfiets. Met ’n effense trek op die gewilde BMW F 800 GS, maar mooier en sonder die Donald Duck-bek. Die windskerm lyk nie soos ’n nagedagte nie en is duidelik saam met die motorfiets ontwerp. Dis ’n klein skerm, maar hy weer die wind net genoeg om nie die arms dood te trek nie. Ek kon maklik 500 km ver ononderbroke ry. Die Tiger is soos ’n sagte oliemassering teenoor die Harley Davidson Softail Slim* wat ’n eina- Thai-massering is. Ek kán ’n hooligan wees op ’n motorfiets, maar die Tiger het my rustig laat ry. En tog het ek geweet – as ek die krane oopdraai om uit ’n gevaarlike situasie te kom, sal die Tiger dit met gemak doen. Vir my is die Tiger die perfekte motorfiets, maar elkeen se definisie van volmaaktheid verskil. Vir my is vryheid om te gaan waar ek wil allerbelangrik en avontuurfietse gee dit. Teerpad, grondpad, sandpad, sinkpad, kortpad, langpad. Enige pad. Gee hom seep en politoer en hy sal selfs by jou tuxedo pas. Dit is ’n pragtige, egte veeldoelmotorfiets wat sy eienaar in elke situasie sal bevredig. En selfs met net 800 cc skree hy vir die langpad. – Stephan Lourens * rapportinrat.co.za/harley-davidson-softail-slim


6 InRat

19 Januarie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

MotorVanDieJaar Lexus IS350 F­Sport

Nege puik motors veg om die kroon Audi A3 1.4T FSI Sportback Handrat

Die hare gaan waai en die olie spat

Jaguar F­Type 3.0 V6 S

D

Audi A3 1.4T FSI Sportback Handrat Audi se mededinger bied netjiese stilering, ’n praktiese en ruim vyfdeur-luikrug-bakwerk, uitstekende bougehalte, en ’n seepgladde rit. Voeg daarby sy standaard onderhoudsplan vir vyf jaar of 100 000 km en lang lys standaardtoerusting, en dit word amper onmoontlik om met die A3 1.4T Sportback fout te vind. Sy 1.4-liter turbo-enjin ontwikkel 90 kW en 200 Nm, en sy gemiddelde brandstofverbruik is ’n prysenswaardige 6.4 liter/100 km. Die vorige geslag Sportback 2.0T het in 2006 met die trofee weggestap, en ons sal hoegenaamd nie verbaas wees as die geskiedenis homself vanjaar herhaal nie. Prys: R 299 000

Jaguar F-Type 3.0 V6 S Een van net twee sportmotors in vanjaar se kompetisie, is die Jaguar F-Type 3.0 V6 S dalk die beste keuse in die F-Type -reeks. Sy drukaangejaagde V6-enjin sorg vir indrukwekkende verrigting danksy 280 kW en 460 Nm, en met ’n topsnelheid van 275 km/h en 0-100 -versnelling in 4.9 sek. is daar geen tekort aan opwinding nie. Hantering is eersteklas danksy ’n stewige bakwerk en goeie vering. Dan praat ons nog nie eers van die sensuele bakontwerp en musikale uitlaatklank nie. Hy sukkel met net twee dinge: bagasieruimte is amper afwesig, en teen amper R1-miljoen is hy vêr bo die meeste kopers se bereik. Prys: R 999 900

Die ander finaliste verskyn op bl. 8

Lexus IS350 F-Sport Sy stilering is ongewoon, maar die Lexus IS350 F-Sport is ongetwyfeld die sterkste aanslag nóg op die Duitse Driemanskap se oorheersing in die kompakte sportsedanoorlog. Soos alle Lexus-motors is hy baie goed toegerus, sy padgedrag is sportief danksy goeie vering en agterwielaandrywing, en sy kajuitontwerp en -gehalte vergelyk goed met die BMW 3-reeks en Audi A4, al is sy binneruim effens knap. Selfs sy prys is redelik, gegewe sy ellelange lys standaardtoerusting. Al wat regtig teen hom tel is dat sy 3.5-liter V6 enjin nie so wringkragtig of brandstofdoeltreffend is soos sy kompetisie se kleiner turboaangejaagde eenhede nie. Prys: R 571 500

ie finaliste in die WesBank/ SAGMJ-Motor van die Jaarkompetisie vir 2014 is nou in die pylvak om die kroon vir hierdie gesogte toekenning. Die nege rygoed wat deur die 30 jurielede van die gilde uit ’n kortlys van 40 semifinaliste aangewys is, sal vandeesweek ’n streng tweedaagse evalueringsessie op die wêreld-erkende Gerotek-toetsterrein naby Pretoria deurloop. Die finaliste (in alfabetiese volgorde) is die: ; Audi A3 Sportback 1.4T FSIhandrat; ; Jaguar F-TYPE 3.0 V6 S; ; Lexus IS 350 F-Sport; ; Mercedes-Benz A 45 AMG; ; Peugeot 208 GTI; ; Porsche Cayman S; ; Renault Clio4 66 kW Turbo Dynamique; ; Volkswagen Golf 7 1.4 TSI 90 kW Comfortline DSG; ; en die Volvo V40 D3 Geartronic Excel. Vandeesweek se evaluasie is die belangrikste deel van die beoordelingsproses en stel die beoordelaars in staat om die motors onafhanklik te toets in die

soort toestande waarin hulle veronderstel is om gebruik te word. Die roetes en modules wat gebruik word, is juis ontwerp om die voertuie te toets in alledaagse toestande wat gewone eienaars sou gebruik. Spesifieke aspekte, soos ontwerp, bougehalte, ergonomie, brandstofverbruik, omgewingsbewustheid, veiligheidseienskappe en waarde vir geld, sal gemeet word. Die beoordelaars sal ook toegang hê tot onafhanklike verrigtingstoetsdata, vergelykbare pryse en toerustingsdata van RGT Smart, sowel as vergelykende onderdelepryse wat deur Malcolm Kinsey saamgestel is. Daar kan egter net een wenner wees, en dit sal die model wees wat volgens die paneel die beste aspekte van voertuiguitnemendheid verpersoonlik – die grootste vereiste vir die Motor van die Jaar. Die wenner sal in Februarie 2014 tydens ’n gala-geselligheid aangekondig word. Suid-Afrika se Motor van die Jaar-kompetisie word die afgelope 29 jaar deur WesBank geborg, met medeborgskap van Hollardversekering en Motul.

Interessante feite • BMW hou die rekord vir die meeste wenners in die SA Motor van die Jaar­kompetisie (1988, 1990, 1993, 1997, 2001 en 2011). • Audi, Opel en Volkswagen het die SA Motor van die Jaar­titel elk drie keer gewen. Honda, Renault en Toyo­ ta het elk twee wenners gehad.

• Alfa Romeo, Ford, Hyundai, Maz­ da, Mercedes­Benz, Nissan en Volvo het die titel elk een keer gewen. • Porsche het in 2013 die eerste keer aan die kompetisie deelgeneem – en gewen. Die Boxster is die eerste afslaankapmotor én die eerste sport­ motor wat die titel verower het.


19 Januarie 2014

InRat 7

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Promosie-artikel

D

anksy ’n oorwoë modelvernuwingsveldtog wat sowat twee jaar gelede begin het, word Lexus nou ’n meer gerekende mededinger in die weeldemotorklas. Plaaslik het sy GS350 EX dié nuwe tydvak vir die Japanse vervaardiger ingelui deur as finalis in verlede jaar se Motor van die Jaar-kompetisie verkies te word. En nou het sy splinternuwe, kleiner IS350 met F-Sport-afwerking dieselfde vermag. Ja, Lexus se top-vertoning in die Amerikaanse JD Powers-gradering vir bougehalte die afgelope dekade en sy goeie naam vir betroubaarheid en duursaamheid het ’n rol hierin gespeel, maar sy nuwe stileringsrigting is deurslaggewend. Dié radikale nuwe ontwerp (geskoei op die spilpunt van weefmasjiene wat deel is van Toyota en Lexus se lang geskiedenis) maak die nuwe IS uiters aantreklik, en sy F-Sport-baadjie laat dit boonop sportief vertoon. Die vlagskip-IS kan aan sy dieper sierrooster met ’n hoër “heuplyn” en voorste buffer herken word. Dit het ’n unieke L-vormige heuningkoek-afwerking en verchroomde raam. Ook pronk die model met 18-duimwiele met ’n Y-speek-ontwerp en ’n donker, metaalvlok-afwerking wat dit as deel van die LFA-bloedlyn identifiseer. Binne onderskei sy instrumentepaneel met bewegende middelring (geërf van die LFA) en eksklusiewe sportsitplekke en pasgemaakte binneruim-detail hom van sy mindere stalmaats. Die kernpunt van die nuwe IS se ontwikkelingsprogram was uitstaande rydinamika, sonder om die inherente rygemak van Lexus prys te gee. Daarom is die onderstel en romp ligter, dog stewiger as dié van sy voorganger. Die voorste veerstelsel is hersien, en ’n

Finalis: Lexus IS350 F­Sport

Spindel-kuns

Die IS350 se radikale, sportiewe ontwerp verklap sy klasleidende dinamiese vermoëns | FOTO: LEXUS splinternuwe agterste veerstelsel is ontwikkel om uitmuntende klouvermoë en blitsige reaksie op stuurinsette te kombineer. ’n Nuwe stuurstelsel met veranderlike ratverhoudings (VGRS) sorg vir ligter, gladder en ’n meer akkurate stuurgevoel, met beter reaksie op insette en groter terugvoer na die bestuurder. Dit alles, tesame met sy nuwe Drive Mode Selectstelsel met Sport S+-modus, sorg vir ’n sonderlinge ry-ervaring. Dié modus is gekoppel aan sy AVS-

Promosie-artikel

stelsel (aanpasbare veranderlike vering) wat die F-Sport se padgedrag en romprolbeheer nog verder verfyn – en dit is alles gekoppel aan ’n gesofistikeerde voertuigdinamiese geïntegreerde bestuurstelsel (VDIM). Voeg hierby ’n byna ongeëwenaarde lys standaard-toerusting, asook sy juweel van ’n enjin – ’n V6 van 3,5 liter met VVT-i (228 kW en 375 Nm) – wat danksy ’n inlaatklankversterker (’n knaldemper wat die vibrasie van die inlaatpols versterk en dit as opgekikkerde me-

ganiese klank in die kajuit oordra) heerlik grom, en dit is duidelik waarom die IS-modelreeks, en veral die F-Sport, so hoog aangeskryf word. Soos die GS-model verlede jaar verdien die jongste Lexus sy finalis-status, want in sy nuwe gewaad is dit opgewasse teen die beste in sy klas. Die IS350 F-Sport sal ’n waardige wenner wees, en is beslis een van die gunstelinge – veral as sy prys van R571 500, wat alles wat oop- en toemaak insluit, in ag geneem word.

Finalis: Mercedes­Benz A45 AMG Met die Mercedes­Benz A45 AMG skiet sy vervaardiger die idee van die nederige blitsbuks die stratosfeer in | FOTO: MBSA

Klein botteltjie, sterkste gif M

ercedes-Benz se A-Klas mag dalk die kleinste model in Stuttgart se uitgebreide weeldereeks wees, maar in AMG-gewaad is dit beslis ’n geval van die kleinste botteltjie wat die sterkste gif bevat. Onder sy bonkige enjinkap skuil daar 265 kW se krag en 450 Nm wringkrag wat danksy AMG-kundigheid uit ’n turboaangejaagde viersilinder-enjin van 2.0 liter getap word. Dis ’n ongelooflike 133 kW per liter, selfs meer as waarmee die kragtigste supermotors mee kan spog! Dit stel ook ’n nuwe maatstaf vir kraglerewing in die sogenaamde blits-

buks-klas, wat net weer bewys: As die Driepunt-ster besluit om ’n marksegment aan te pak, doen hy dit sonder voorbehoud. Selfs met hierdie soort kraglewering is die A45 AMG se BlueDIRECT-ontwikkelde enjin uiters doeltreffend wat brandstofverbruik en uitlaatgasse betref. Volgens Mercedes-Benz gee die A45-model ’n klasvoorloper-verbruik van 6.9 liter/100 km (gekombineerde siklus) en 165 g/km wat CO2 betref. Die A45 AMG is egter ook uniek, want dis die eerste AMG-model wat ’n viersilinder-kragbron gebruik. ’n Mens mis daardie kenmerkende V8-brul wat AMG-

modelle tot dusver gekenmerk het, maar die Mercedes-manne het in ’n mate daarvoor vergoed deur die enjinklank te manipuleer om die beste uit die dubbelturbo-sisgeluide te toor. Die AMG Speedshift DCT sewegang dubbelkoppelaar-sportratkas het drie ratwisselmodusse asook ’n ren-wegspringmodus. Om dinamiese uitnemendheid te verseker, is dié kas aan Affalterbach se verrigting-georiënteerde AMG 4Matic-vierwieldryfstelsel gekoppel. Hierdie aandrywing verseker dat die AMG in net 4.6 s van stilstand tog 100 km/h kan versnel en ’n elektronies-beperkte topsnelheid van 250 km/h kan

bereik. Die dryfstelsel verseker ook dat wringkrag tot ’n persentasie van 50:50 na die agterwiele gekanaliseer kan word. ’n Gevorderde driefase-ESP-stelsel (elektroniese stabiliteitsprogram) met ESP dinamiese kurwehulp verseker dat die regte veringverstellings vir die bestuur- en padtoetstande gekies kan word. In sy mees ekstreme vorm kan dit vir rentoetstande verstel word. Die AMG-ontwikkelde spoedsensitiewe stuur is vinnig en sekuur, wat help om die klein blits akkuraat in draaie te plaas, en groot hoëverrigting-remme (geventileer en geperforeer) sorg dat die kleinste AMG op ’n vyfsentstuk kan stop. Bekyk mens die geskiedenis van die Motor van die Jaar in Suid-Afrika, kom mens gou agter dat Mercedes-Benz oor die jare heen male sonder tal ’n model in die groep finaliste gehad het, maar nog net een keer met die trofee kon wegry. Dis byna onverstaanbaar, gegewe dat Mercedes-Benz sinoniem is met gehalte, weelde en betroubaarheid. Moontlik is dit omdat die Driepunt-ster sekere verwagtinge skep, wat daartoe lei dat sy produkte selfs nog strenger geëvalueer word? Of is dit dalk omdat daar ’n premie op die kenteken geplaas word. Hierdie radikale, blitsige en uiters gevorderde luikrug bied die verrigting van (sport)motors dubbeld of drie keer sy prys. Vanjaar gee Mercedes-Benz se “kleinste” model hom sy grootste kans op die gesogte Motor van die Jaar-titel.


8 InRat

19 Januarie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

MotorVanDieJaar

Porsche Cayman S

Wie gaan 2014 se kroon dra? deur Martin Pretorius

Mercedes­Benz A45 AMG

Porsche Cayman S Die tweede sportmotor in vanjaar se kompetisie bou voort op sy kleinboetie se goeie werk, want die Boxster was 2013 se Suid-Afrikaanse Wesbank Motor van die Jaar. Met ’n 3.4-liter Boxer-sessilinder in die middel gemonteer is sy verrigting (danksy 239 kW en 370 Nm) net so opwindend soos sy hante-

ring. Hy’s verbasend prakties ook – selfs al is daar net twee sitplekke, het hy twee bruikbare bagasiebakke en genoeg binneruimte en gerief om enige pad moeiteloos kaf te draf. Die Cayman S is dalk te duur vir die meeste kopers, maar sy weldeurdagte ingenieurswese en prettige bestuurservaring sorg dat hy die leier in sy klas is. Prys: R 868 000

Peugeot 208 GTI Peugeot 208 GTI As moontlik die mees afgeronde junior blitsbuks op die pad, bied die 208 GTI ’n gebalanseerde kombinasie van krag (147 kW en 280 Nm), gerief en heelwat standaardtoerusting. Sy rygemak is eersteklas en hy lyk na ’n winskopie, gegewe sy standaard diensplan en volledig toegeruste kajuit – daar is selfs ’n raakskerm-navigasiestelsel en leerbeklede voorpaneel om die gevoel van luuksheid te verhoog. Sy vering bied ’n aangename kombinasie van gemak en goeie hantering, en verseker dat hy ewe gemaklik op die snelweg as op ’n kronkelpad

Mercedes-Benz A45 AMG Die goedkoopste AMG is nog steeds ’n ware AMG-missiel: vinnig, brutaal, luidrugtig en duur. Die A45 se sterkste verkoopspunt is sy enjin, want sy 2-liter vierplaatstofie lewer ’n verbysterende 265 kW en 450 Nm. In ’n stylvolle klein luikrug-bakwerk met vierwielaandrywing sorg hierdie enjin vir plofbare verrigting, en sy brullende en knallende uitlaatstelsel sorg dat almal daarvan weet. Hy kon dalk ‘n groter aptyt vir vinnige draaie gehad het, maar selfs dit verminder nie die A45 se aantrekkingskrag nie, want hy is só vinnig dat sy stamperige rit, kort toerustinglysie, en skrikwekkende verkoopprys misgekyk kan word. Prys: R 604 117

Renault Clio 66kW Turbo Dynamique

sal wees. Die 208 GTI is miskien nog nie foutloos nie, maar hy kom baie naby aan daardie ideaal. Prys: R 279 900

VW Golf 1.4TSI 90 kW DSG Comfortline

Renault Clio 66kW Turbo Dynamique Die bekostigbaarste motor in vanjaar se kompetisie bevat eienskappe wat hom veel duurder laat voorkom. ’n Raakskerm multimedia-stelsel en verfrissende binneruim-ontwerp sorg dat hy luuks voel, en sy treffende stilering laat koppe draai. Op die pad geniet die bestuurder ’n lekker “groot motor” gevoel van verfynde ingenieurswese, en sy kajuit is gerieflik. Die nadele van die Clio Dynamique is sy piepklein 0.9-liter driesilinder-enjintjie, wat veral aan die Hoëveld sukkel om hom met entoesiasme aan die gang te kry; en sy bakwerk, wat stewiger gebou kon gewees het. Die brandstofverbruik vergoed darem vir sy lui verrigting, met ’n gemiddelde syfer van 5.4 liter/100 km. Prys: R 189 900

Volvo V40 D3 Geartronic Excel

VW Golf 1.4TSI 90 kW DSG Comfortline Die Golf benut dieselfde 1.4-liter turboenjin as die A3 Sportback 1.4 TFSI om ’n bevredigende verbinding van verrigting en lae verbruik te behaal. Die Golf 1.4TSI DSG beskik egter oor ’n sewegang dubbelkoppelaar-outo’kas om hom nog meer tuis in die stad te maak. Die ritgehalte is die beste in sy

klas, die kajuit is stil, bougehalte is uitmuntend, en oulike goed soos Volkswagen se raakskerm multimediastelsel is standaardtoerusting. Hierdie sewende geslag Golf het al wêreldwyd met verskeie, welverdiende toekennings weggestap, en hy het ’n goeie kans om vanjaar met Suid Afrika se prestige-titel ook huis toe te gaan. Prys: R 300 500

Volvo V40 D3 Geartronic Excel Volvo het vir die luikrug-markleiers se hoofslagaar gemik, en ’n kolskoot behaal. Die Volvo V40 is moontlik die mooiste van al die premium-luikrugmotors, en is oorlopens toe volgeprop met nuwe veiligheidstegnologie – hy het selfs ’n lugsak om dwalende voetgangers te beskerm! Die D3-variant gebruik ’n krag-

tige 2.0-liter vyfsilinder dieselenjin wat 110 kW en 350 Nm ontwikkel, maar steeds net 5.2 liter per 100 km gebruik. Sy padgedrag weerspieël Volvo se klem op moeitelose bestuursgenot, met sagte vering en ligte stuur. Hy probeer nie ’n blitsbuks wees nie, maar verorber lang afstande en kronkelpaaie met ewe veel gemak. Prys: R 353 700


19 Januarie 2014

InRat 9

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Promosie­artikel

Finalis: Volvo V40 D3 Geartronic Excel

Sierlike Skandinawiër

D

asook plaaslik – soos wat sy finalis-status in vanjaar se Motor van die Jaar-kompetisie van getuig – goed ontvang Waarom? Wel, sy aantreklike stilering is beslis ’n pluspunt. Die Amerikaanse ontwerper Chris Benjamin het twee jaar in Gotenburg deurgebring om te verseker dat die V40 stileringsgewys ’n egte, eiesoortige Volvo-gevoel het. Sy koepee-agtige luikrug-ontwerp verfyn stileringselemente wat deur Peter Horbury (eertydse hoofontwerper van Volvo) ingebring is, en vervat ook elemente van die klassieke P1800 ES, asook die C30. Veiligheid is ook voorop gestel, en as

deel van Volvo se IntelliSafefilosofie bevat die V40 baanbrekerstegnologie soos ’n (opsionele) voetgangerlugsak wat agter die lip van die enjinkap ontplooi, en voetganger-opsporing met outo-remming wat sy oorspronklike debuut in die S60 gemaak het. Nog veiligheidskenmerke sluit in ’n verbeterde City Safety-stelsel, verbeterde hoofligstelsel, asook opsionele kruisverkeer-radarwaarskuwing en verbeterde blindekol-inlingtingstelsel (BLIS). Dit het verseker dat die V40 ’n goeie vyfstergradering in die jongste Euro NCAPtoetse verwerf het. Behalwe veiligheid is heelwat aandag aan binneruim- en bestuursgerief ge-

skenk. Die instrumentasie is stylvol, dog eenvoudig en intuïtief. Die “My Car”-drukknop laat jou toe om ’n wye reeks funksies te verpersoonlik. Dinamiese rygerief was die derde prioriteit met die V40, want volgens Volvo verbeter dit nie net bestuursgenot nie, maar ook dinamiese veiligheid. Daarom is heelwat aandag geskenk aan die V40 se ritgehalte en demping, en dis beslis ’n klasleier in hierdie opsig. Die D3-model is toegerus met ’n vyfsilinder-turbodieselenjin van 2,0 liter wat 110 kW en 350 Nm wringkrag lewer. Dis gekoppel aan ’n Geartronic outo-sesgangratkas met aan-/afskakel tegnologie, en hierdie kombinasie sorg vir uitmuntende dieselverbruik en net 136 g/km se skadelike uitlaatgasse. Dié skaflike verrigting, tesame met die goedgebalanseerde veerstelsel en ’n string dinamiese veiligheidstelsels (wat stabiliteits- en kloukragbeheer, insluitende draaikloubeheer, insluit) verseker verdere gemoedsrus. Voorts kan jy jou V40 verpersoonlik met ’n stileringstel wat sy lugdinamika verder verbeter en die ryding ’n sportiewe gevoel gee. Als in ag genome, is die V40 ’n uitmuntende pakket in sy klas, met aantreklike stilering, uitstaande veiligheid, goeie dinamika en verrigting, uitmuntende afwerking en in Excel-gewaad ook goed toegerus met ’n mededingende prys van R353 700. Dié wêreldwyse Sweed is beslis ’n sterk kandidaat vir die Motor van die Jaar 2014-kroon.

HAVASWW-D62860/E

is uiters bewonderenswaardig dat Volvo, ten spyte van ’n mengelmoes invloede en ’n redelik woelige korporatiewe geskiedenis, steeds daarin slaag om sy Sweedse kernwaardes van veiligheid, weelde en gehalte gestand te doen. Sy nuwe V40 is ’n goeie toonbeeld hiervan. Dis moontlik die aantreklikste ryding nóg in die Volvo-stal, en ook die model waarmee die maatskappy met sy Skandinawiese wortels die uiters mededingende vyfdeur- premium-luikrugmark kaalvuis pak. Dis ’n groot waagstuk, want om inbreuk te maak in dié segment wat tradisioneel deur die Duitsers oorheers word, is haas onmoontlik. Tog is die V40 (wat die vorige S40 en V50 vervang) oorsee,

Die V40 mag dalk die mooiste van die finaliste wees, maar daar’s selfs meer deugde (en vreugde) binne FOTO: QUICKPIC

Gatskop. Hoekom? Want ons kan Die Volvo V40

2014 Motor-van-die-jaar finalis. Nog ‘n rede om VOLVO te OORWEEG

Volvocars.co.za volvomadeforyou.co.za

Safest car ever tested

Volvo V40 D3 Geartronic Excel


10 InRat

19 Januarie 2014

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

MotorVanDieJaar

Mercedes­Benz 260E – 1987

Vorige wenners •1996 Audi A4 1.8 •1997 BMW 528i •1998 Ford Fiesta Fun •1999 Alfa Romeo 156 T-Spark •2000 Renault Clio 1.4 RT •2001 BMW 320d •2002 Audi A4 1.9 TDI •2003 VW Polo 1.4 TDi •2004 Renault Megane 1.9 dCi •2005 Volvo S40 2.4i •2006 Audi A3 Sportback 2.0T

•2007 Honda Civic 1.8VXi Sedan •2008 Mazda2 1.5 Individual •2009 Honda Accord 2.4 Executive •2010 VW Golf 1.4 TSI •2011 VW Polo 1.6 TDI/ BMW 530d •2012 Hyundai Elantra 1.8 GLS •2013 Porsche Boxster •2014 ?

10011850JB /

/A

Al was die W124­260E ’n waardige wenner, steek hy sleg af by sy voorganger, die W123 | FOTO: ARGIEF

•1986 Toyota Corolla Twin Cam •1987 Mercedes 260E •1988 BMW 735i •1989 Toyota Corolla GLi Executive •1990 BMW 525i •1991 Opel Monza 160 GSi •1992 Nissan Maxima 300 SE •1993 BMW 316i •1994 Opel Kadett 140 •1995 Opel Astra 160iS

LEXUS IS MOTOR VAN DIE JAAR FINALIS

IS 350


19 Januarie 2014

InRat 11

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Promosie-artikel

Finalis: Volkswagen Golf 1.4 TSI 90 kW DSG Comfortline

Wêreld se heel beste motor? A

s motorkenners sê dat Golf VII die wêreld se beste motor is, dink weinig dat dit vergesog is. Trouens, wanneer daar hieroor gedebatteer word, is daar gewoonlik net een ander motor wat in dieselfde asem genoem word: Mercedes-Benz se verstommende en peperduur S-Klas. Die Golf is dus ’n motor-ikoon. “Net soos die Land Rover Defender en Porsche 911 onmiskenbaar is, moet ’n Golf op ’n afstand van 200m as ’n Golf herken kan word,” het Andreas Mindt, wat die Golf VII help ontwerp het, by die plaaslike bekendstelling aan die media gesê. Om die nuwe Golf te skep, was dus ’n enorme uitdaging vir die ontwerpspan. Die Golf is Europa se suksesvolste motor en die maatstaf in sy klas. Hy moet tegelyk ’n evolusie van sy voorgangers wees en sy erfenis erken en tog ook voldoen aan die hemelhöe verwagtings wat sy aanhangers aan hom stel. Dan moet hy boonop tegelyk voldoen aan die ver-

Promosie-artikel

D

ie ongekende belangstelling in die ontwikkeling van die Jaguar F-Tipe het dit sekerlik een van die bes gedokumenteerde en gepubliseerde gebeurtenisse in die motorgeskiedenis gemaak. Ook sy uiteindelike bekendstelling het wye reaksie ontlok, want die Ian Callum-ontwerpte eindproduk, geskoei op die C-X16 konsepmotor van 2011 en die geestelike opvolger vir die ikoniese E-Tipe, het aan al die verwagtinge voldoen... Die tweesitplek-sportmotor met afslaankap het intussen ’n string gesogte toekennings vir ontwerp, dinamika en verrigting ingepalm – en ook gesorg dat Jaguar/Land Rover eindelik weer ’n finalis in die plaaslike Motor van die Jaarkompetisie oplewer. Die F-Tipe sportmotor is ’n ultra-moderne interpretasie van ’n roemryke Jaguar-tradisie en kombineer liggewigstrukture (meestal van aluminium) met drukaangejaagde enjintegnologie en gevorderde elektroniese beheerstelsels. Dit sorg vir uitmuntende verrigting, voorbeeldige padmaniere en uiteraard ’n heerlike bestuurservaring. Moderne ontwerpkenmerke sluit in bixenon hoofligte met geïntegreerde LEDdagligte, en ’n drukvlerk agter wat teen hoër snelhede ontplooi, verskaf ’n bykomstige 120 kg afwaartse druk vir hoespoed-stabiliteit. En sy netjiese lapdak kan in net 12 sek. op- of afgeslaan word. Die onderstel weeg net 261 kg, maar is uiters stewig. Dit het die ingenieurs onder meer in staat gestel om die F-Tipe van die vinnigste stuurrak nóg in ’n Jaguar te voorsien. Bo en behalwe ’n sportveerstelsel het die S-weergawes ook aanpasbare veringverstelling en ’n sluitewenaar, en die V6model word deur Jaguar se nuwe 3.0 liter-enjin aangedryf, wat 280 kW en 460 Nm wringkrag lewer.

Die Golf VII lyk jonk en vars, maar tog ook tydloos | FOTO: QUICKPIC eistes van die modebewuste iPod-generasie, afgetredenes en almal tussenin. Dis net een van die eienskappe wat die Golf so uniek maak: klasloosheid. Danksy ’n tydlose ontwerp, uitstekende gehalte en die gevoel dat jy opeens deel is van die ry-ervaring en in ’n veilige kokon is, het gesorg dat 29 miljoen Golfs al huise gevind het. En nou is die byna volmaakte motor vervolmaak in die sewende geslag. Die nuwe Golf is 100 kg ligter as sy voorganger, wat brandstofdoeltreffendheid, hantering, remafstand en (dus) veiligheid bevorder. Elke Golf – van die intreevlak-variant tot die GTI – beskik oor sewe lugsakke om insittendes te beskerm. Verder is daar die Multi-Collision

Braking System wat outomaties rem indien die motor in ’n botsing beland, sodat opeenvolgende botsings nie maklik kan plaasvind nie. Dié Eienskappe, tesame met glybeheer en ’n elekroniese “XDS”-ewenaarslot vir indrukwekkende hantering, vorm deel van ’n baie lang lys standaardtoerusting. In Comfortline-gewaad bevat die Golf 1.4 TSI laaie onder die hoogteverstelbare voorste sitplekke, verstelbare laerug-ondersteuning, lugreëling met filters, snelheidsbeheer, ’n bykomende 12-V-sok in die bagasiebak, ’n liggie vir die smukspieël, kopligte wat saans vanself aanskakel en 16-duim “Toronto” allooiwiele met 205/5-bande. Maar, soos die Verimark-man sê, dis

nie al nie. ’n Raakskerm van 13 cm, ritrekenaar, elektriese handrem met hellingbeheer, banddrukwyser, stop/ry-stelsel wat die enjin af- en aanskakel en ’n termometer is als deel van die pakket. Maar laat ons nie vergeet van sy elektriese vensters en -kantspieëls, multifunksie-stuurwiel wat volledig verstelbaar is, getinte vensters wat die kajuit koel hou, onafhanklike agtervering en dat al sy wiele skyfremme het nie. Besoek vw.co.za gerus vir die volledige lys van toerusting! Die Golf 1.4 TSI DSG Comfortline is dus boordens toe vol luukshede en veiligheidskenmerke. Maar hoe ry hy? Die antwoord is, fantasties. Die wringkragtige 1.4 liter turbo-enjin (90 kW / 200 Nm) pas die seepgladde dubbelkoppelaar-outo’kas soos ’n snyerspak. Die ratkas skakel ongemerk maar blitsvinnig oor en bevorder boonop brandstofdoeltreffendheid. Dit laat die motor ook rats en vinnig voel. Dis dan ook maklik om aan die verkeerde kant van die snelheidsperk te beland, omdat die kajuit en enjin so stil is! In dié opsig beloon die Golf sy eienaar met ’n ry-ervaring wat tot ’n hoër klas behoort – en dit met gemiddelde verbruik van slegs 5 liter per 100 km. Ja, die Golf is ’n middelgewigbokser wat selfs van die swaargewigte kan klop. ’n Mens voel dit ook wanneer jy agter sit, want daar is 15 mm meer beenruimte as voorheen, asook meer plek tussen die agterste insittendes. Die bagasieruim is enorm – ’n hele 380 liter. Wie’t nou ’n lompe bus of veldryer nodig wanneer ’n moderne luikrugmotor soos die Golf so ruim is? Hoe lyk die Golf 1.4 TSI DSG Comfortline se kans om as Wesbank en die Motorskrywersgilde se 2014-wenner aangewys te word? Laat ons net dit sê: wanneer die Golf in die kryt klim, sal almal behalwe die dapperstes uitklim.

Finalis: Jaguar F­Tipe 3.0 V6 S

Katjie van die baan

Die F­Tipe oorrompel passasier en omstander met sy voorkoms en donderende enjinklank | FOTO: QUICKPIC Gekoppel aan ’n agt-gang Quickshift nouverhouding-ratkas en lanseringsbeheer laat dit dié Kat in net 4,9 s tot 100 km/h versnel en ’n topspoed van 275 km/h is bereikbaar. Sy CO2-uitlaatgassyfer is 234g/km. Die S-modelle is voorts ook toegerus met wat Jaguar ’n “aktiewe uitlaat”-stelsel noem. In wese beteken dit dat die

enjin se uitlaatklank-simfonie met die druk van ’n knoppie in die kajuit versterk kan word . ’n Verstelbare dinamika-program is ook beskikbaar, wat die bestuurder in staat stel om ’n stophorlosie- en Gmeterfunksie te kan programmeer. Al hierdie kenmerke maak van die F-Tipe S ’n bestuursmotor par excellen-

ce, en daar’s niks beter as om na die borrelende V6 se musiek te luister terwyl jy dakloos deur die draaie blits nie. Geoordeel aan die F-Tipe se ontvangs deur die wêreldmedia, asook die toekennings wat dit reeds ingepalm het, kan die F-Tipe se kanse in vanjaar se Motor van die Jaar-kompetisie nie onderskat word nie.



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.