Kia Cerato word jonk en jeukerig Kia Koup
Wat bied ’n woonwa van R780 000?
InRat 4
9
20 Oktober 2013
Mahindra Reva E20
Johannesburgse Motorskou
VW Cross Coupé
10
Bylae tot Rapport
Skouspel
van staal
Suzuki GV wys hakskeen op Hakskeenpan Mazda6 BMW X4
Ons ry HD se jongste oorlogskepe
11
Honda NSX
2 InRat
20 Oktober 2013
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Dis weer tyd vir vuisslaan
InRat Redakteur Justus Visagie Epos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226
D
Advertensies Attie Bekker Epos: attie.bekker @media24.com Tel: 011 713 9545
RevFest
Kom deel in die brullende aksie op Midvaal O
p Saterdag 23 November gaan die Midvaal-renbaan, Digital Car World en Powerflow Exhaust Edenvale makietie hou. Die laaste byeenkoms van die Noordelike reekskampioenskap word gehou, maar saam met die baanren-aksie vind die Rev Fest plaas. Bring jou pronkstuk, stel hom ten toon in die “Poets en Pronk”-afdeling, of laat sy enjin brul. As jy die beoordelaars (en die toeskouers) beïndruk, kan jy met ’n lekker prys wegstap! Tussendeur kan toeskouers die volgende wedrenne geniet: Silvercup, Imperial Modified Production Cars, Imperial Super Saloons (al drie vol motors wat so woes is dat hulle in geen ander kampioenskap toegelaat kan word nie), Comsol VW Challenge vir die Golf- en Polo-aanhangers, Inex Legends, Midvaal Historiese Renmotors en die enkelsitplekker Formula Monoposto-renne. Kom geniet ’n dag propvol pret, pragmotors en opwindende motorsport vir net R50 per persoon, met gratis toegang vir kinders jonger as 16 jaar. Midvaal is naby Vereeniging en Meyerton. Die GSP-koördinate is S26˚ 36.911 / E28˚ 03.624. 0 016 364 1277.
harnas in jaag, is dat ’n duur motor ie maande het verby gevlieg en soos die Boxster met ’n motor van dis weer tyd vir die SuidAfrikaan byvoorbeeld R150 000 kan meeding. se Motorskrywersgilde om een motor InRat het dit al ad nauseam verduide uit te sonder as die beste ryding wat lik, maar hier is die refrein weer: Die die afgelope jaar bekend gestel is. wenner moet die ander in sy klas Teen die tyd dat InRat drukpers toe is, was slegs die halfeindfinaliste reeds baie ver uitstof om te kan wen. ’n bekend. Maar gister, op 19 Oktober, is Audi A3 moet dus soveel beter as die nege finaliste bekend gemaak (na (byvoorbeeld) ’n BMW 1Reeks wees dat InRat reeds gedruk is). Ons weet as wat ’n Ford Fiesta (byvoorbeeld) nie wie hulle is nie, maar onder hulle beter is as ’n VW Polo. Verder moet sal die volgende sterk kandidate tel, die wenner uitnemendheid in die mo Justus Visagie glo ons: Audi A3 Sportback 1.4, Ford torbedryf verteenwoordig. Fiesta ST, Kia Cerato, Lexus IS, Merce Die kompetisie word deur Wesbank desBenz A 220 CDI, Peugeot 208 GTi, VW Golf aangebied en die wenner word op die aand van 19 GTi en Volvo V40. Februarie aangewys. Hy staan bekend as 2014 se Verlede jaar se wenner was die Porsche Boxster Motor van die Jaar. – ’n omstrede keuse omdat eienaarskap van dié Die meeste van hierdie finaliste sal van vandag (soort) motor buite die bereik van die meeste mo tot 27 Oktober by die Johannesburgse Motorskou toriste is en die Boxster nie in groot getalle ver (JIMS) te siene wees, saam met ander opwinden koop nie. Dis ironies, omdat die Boxster, teen so de produksiemodelle en konsepmotors. Blaai na wat R656 000, oor die algemeen goedkoper is as bladsy 6 en 7 om te sien wat daar gebeur en om een van SuidAfrika se topverkopers, die Land Ro aan ons JIMSkompetisie deel te neem. ver Discoverydiesel. – Justus Visagie Nog iets wat sommige lede van die publiek die @ryveilig en @RapportInRat op Twitter
Kameras te kies en te keur A
Moenie die Canon Expo misloop nie.
OnsRyding
Citroën DS3 diesel
Fransman gaan berge toe
s jy altyd na die volmaakte foto streef, moet jy Canon se jaarlikse Canon Expo by die Sandton-konferensiesentrum bywoon. Hier kan jy lesings deur suksesvolle fotograwe bywoon, die jongste Canon-produkte sien en teen skoupryse koop. Daar sal ook kompetisies aangebied word, met Canon-pryse op die spel. Hou die webtuiste www.csaexpo.co.za dop vir aankondigings. Die ekspo duur van 29 November tot 1 Desember van 10:00 tot 18:00. Toegang is gratis. Canon is ’n borg van ons JIMS-kompetisie.
Minder pyn van Jan Taks D
I
nRat se Citroëntjie het tot dusver ’n maklike lewe gehad en daarom het ek besluit om hom op ’n interessante uitstappie te neem. Na ’n plek waar hy dalk ’n avontuur of twee kan beleef: Lesotho, die land van berge en wêreldklas bergpasse. Ek het hom met laeswaeldiesel (50 dpm) volgemaak en die N1 uit die Kaap gevat na die Lesotho Sky, ’n bergfietswedren waar ek moes foto’s neem. Kort ná die Paarl kry Citroën se kind sy eerste toets – op die Dutoitskloofpas. Die kwik val van 10 °C na vriespunt. Sneeuvlokkies dwarrel en kom tot rus op die teer. Nou pak ek die draaie versigtig aan, maar besef gou dié mannetjie is nie bang nie en sy knortjor-hantering op die bevrore pas verras. Net daar, net 100 km van ons vertrekpunt, besef ek die stuur se direkte gevoel praat met my. En Fransman of nie – ons praat dieselfde taal. Die pad word lank en slap en die sonnige Karoo verwelkom ons met skilderagtige wolke. Die snelheidsbe-
Ons Citroën DS3 diesel se verbruik was 5,5 liter/100km (18,2 km/liter). Ons vermoed die bestuurder se regtervoet was ’n bietjie swaar | FOTO: DESMOND LOUW heerstelsel werk soos ’n droom en hou die naald op 125 km/h, wat die gemiddelde brandstofverbruik laat daal tot 4,5 liter/100 km. By die Lesotho-grenspos verkyk mense hulle aan die persdak mannetjie. Ek verstaan hoekom. Van elke hoek gesien is die DS3 vir my beeldskoon. Voor is dit die kamma-luginlate by die LED-liggies wat my aandag trek en dit laat die motor breër en stewiger lyk. Dan is ek gek oor sy swart-enblink allooiwiele en hoe hulle lyk wanneer hulle draai. Die ruite wat van weerskante aaneenlopend tot agter krul rond dié motorkunswerk af. Ek is nog altyd ’n aanhanger van Franse motorontwerp en die DS3 het dit herbevestig. Ek ry uit die hoofstad, Maseru, en volg my GPS na my eindbestemming, Ramabanta. Daar is berge so ver soos
die oog kan sien en die mense is gaaf en behulpsaam. Daar is seuntjies wat met hul donkies loop of tuisgemaakte sokkerballe skop, oupas wat met osse ploeg dat die stof so trek en ek in my Franse motortjie met Bob Dylan wat deur Bluetooth van my selfoon speel. Hoendervleis was dus op die spyskaart. Ná vier dae is ek terug in Kaapstad – 2 680 km het nog nooit so maklik gevoel nie. Ek en my nuwe Franse vriend neem afskeid. My oë soek heeltyd na ander DS3’s op die paaie, maar ek sien min. Nou vra ek myself twee vrae: Hoekom besoek so min mense die hart van Suidelike Afrika? En hoe lank gaan dit neem voordat mense besef Citroën het ’n wenresep in die DS3 en dat die meeste van die kritiek teen Franse motors nie meer geld nie? – Desmond Louw
aar is iets wat wetsgehoorsame SuidAfrikaners meer senuagtig maak as die Curriebeker-eindstryd, e-tol en die jaarlikse stakingseisoen: Ons “belastingseisoen”. Tussen al die papierwerk en syfers deur moet daar ook noukeurig boekgehou word van die afstand wat ’n mens vir werkdoeleindes ry, sodat Jan Taks ’n bietjie geld daarvoor kan terugbetaal. Gelukkig het ons nou ’n oulike hulpmiddel om hierdie proses minder pynlik te maak, genaamd Little Logbook. Dié klein GPS-gegronde toestelletjie prop by jou motor se 12 V-kragpunt in en bou dan rekord op van die motor se gebruik: wanneer jy waar gery het, sowel as jou snelheid op enige gegewe tydstip. Prop hom weekliks in by jou rekenaar se USBpoort, en al daardie inligting word beskikbaar gestel. Die sagteware wys die ritte op ’n digitale kaart, met behulp van Google Maps, en die gebruiker moet dit dan merk as werkgebruik of persoonlike rit. Die sagteware skep dan ’n dokument wat saam met jou belasting-dokumente aan die SAID gestuur word as bewys van werkgebruik. Die Little Logbook is nie net nuttig vir belastingdoeleindes nie. Omdat hy snelheid ook opteken, is dit ’n baie gerieflike manier om te bepaal hoe vinnig jou motor bestuur is en waar – nuttig om te kyk of spoedbeperkings oortree is, en of verbode gebiede besoek is. Ons sal in ’n volgende uitgawe van InRat meer vertel oor hierdie toestelletjie, maar as jy dadelik meer wil weet, besoek www.littlelogbook.co.za.
20 Oktober 2013
InRat 3
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Botox vir BMW 5-reeks N
BMW 5reeks
á vier jaar en ’n miljoen verkope die 550i se 4,4 liter- dubbel-turbo V8 wat is BMW se 5-Reeks onlangs ontnou 330 kW ontwikkel. rimpel. Die wysigings verbeter sy Maar krag en elektronika kan nie die brandstof-doeltreffendheid, en stel nuwe 5-Reeks se ouderdom wegsteek nie. Seelektroniese speelgoed bekend. Kosmedert hierdie generasie bekend gestel is, ties het daar min verander: nuwe voue het die Mercedes E-klas en Jaguar XF inDie 5 GT in die voorbuffer en nuwe agterligte is al grypende vernuwings ondergaan, en Auwat ’n mens kan sien, maar hy kry ook di het ’n splinternuwe, liggewig A6 losge- se agter nuwe luginlate en ’n plastiekpaneel onlaat. Lojale 5-Reeks-kopers gaan hulle eg- stewe is diep mas der die bak wat die lugvloei onder deur ter min daaraan steur en sy vele seer sodat die motor verbeter. positiewe eienskappe (en die naamplaatdit nou Die sedan se boggelrug-boetie, die jie) waardeer. aantrekliker Gran Turismo, ontvang ook ’n herontDis net jammer die plastiese chirurge lyk | FOTO: werpte agterent wat hom effens beter kon nie bietjie vet onder die vel uitsny BMW laat lyk, en die bagasieruim vergroot na nie. – Martin Pretorius 500 liter – ’n verbetering van 60 liter. Xenon-hoofligte is nou standaard-toerusting, met nuwerwetse LED-hoofligte as opsie. Die groot nuwigheid is in die binneruim te vind. Daar is nou ’n klomp ekstra toerusting op die iDrive-spyskaart, onder meer BMW se “Conciergediens”. Lui mense kan padaanwysings, vulstasie-inligting en selfs hotelverblyf direk van BMW se hulpsentrum bekom. Dit vorm deel van BMW se “ConnectedDrive”-stelsel, wat die motor omtrent in ’n mobiele kantoor verander. E-pos, sosiale netwerke soos Facebook en Twitter, en selfs internet-radio kan via die stelsel gebruik word. Met al die slim Sleepkapasiteit nuwe elektronika en van 2,5 ton verbeterde aërodinamika gee die 5 tog steeds dieselfde bestuurservaring as voorheen. Dit is ’n groot, swaar motor, en met die elektronies-beheerde skokbrekers in sy gemaksmodus is die ritgehalte sag, maar dit laat hom ook bietjie rondwieg. Nou nie soos ’n skip ter see nie, maar nogtans merkbaar. Dis beter om 6.5" per 100Km* 2.2" mHawk Turbo-diesel Sport-modus te kies (of êrens in iDrive na die vering-verstellings te gaan soek) om die bakwerk se bewegings onder beheer te 6 lugsakke Raakskermnavigasie** 7-sitplek-SNV hou, sonder om veel ritgerief in te boet. Die elektriese ’n Mahindra sal jou bevry – vry van die beperkinge van die alledaagse roetine; vry kragstuur het egter om te gaan waarheen en wanneer jy wil sodat jy die beste jare van jou lewe kan altyd ’n vae gevoel geniet. Taai en robuus – daar is ’n Mahindra wat by jou leefstyl sal pas. rondom die reguit*Gekombineerde brandstofverbruik **Beskikbaar op die XUV500 W*-modelle vorentoe-posisie. Dieselfde agtgangOm enige Mahindra te TOETSBESTUUR, SMS ‘RAPPORT’ na 42267 of koppelomsetter ouR1 per SMS SKAKEL 0861 MAHINDRA* of gaan na www.mahindra.co.za of to’kas verrig die ratskuiwe, maar met besoek ‘n Mahindra-handelaar vir spesiale aanbiedinge op die hele reeks. slimmer sagteware om – saam met die Sluit by ons aan Sluit by ons aan verlaagde sleursyfer op Facebook op Twitter – brandstofverbruik Mahindra-South-Africa Mahindra SA te verbeter. Al die enjins in die reeks lewer genoeg krag om die motors met onbehoorlike haas voort te stu, met
Nuut
HIER’S OP WEKE IN DIE STAD, VIR NAWEKE IN DIE BOS.
VANAF
mahindra.co.za
MAH5321A
R269 900
4 InRat
20 Oktober 2013
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Nuus
Kia Cerato luikrug
Cerato skud sy stert af E
endag lank, lank gelede (1998) in ’n ver land (Suid-Korea) is die Kia Sephia gebore. Die woord Sephia moes die begrippe styl, elegansie, kragtigheid en ideaal versinnebeeld. Maar die Sephia was ’n lelike eendjie en beslis nie kragtig nie. Gelukkig het die sprokie nie daar geëindig nie. Die eerste generasie Cerato het die Sephia in 2004 vervang en vanjaar is die derde generasie Cerato hier onthul. Die Cerato sedan het in Mei voet aan wal gesit en nou kan verbruikers die luikrug bekom. Met sy sportiewe ontwerp, gehalte-afwerkings en hope plek binne gaan die Cerato-luikrug beslis ander spelers in die mededingende C-segment van die motormark bedreig. Die Cerato is beskikbaar in drie toerustingvlakke en twee enjinkeuses, die 1.6 EX, 2.0 EX en die 2.0 SX, wat kopers ’n lang lys eersteklas geriefskenmerke, funksies en veiligheidstoerusting bied wat ’n mens nie normaalweg in hierdie kom-
pakte segment aantref nie. Die 1,6 liter- viersilinder-enjin lewer 95 kW teen 6 300 rpm met 157 Nm se wringkrag teen 4 850 rpm. Vir ’n bietjie meer woema sal die 2,0 liter jou 118 kW gee teen 6 500 rpm en 194 Nm wringkrag teen 4 800 rpm. Al die variante is beskikbaar met ’n sesgang-handrat- of sesgang-outo’ratkas. Die toetsrit by die bekendstelling was moeitevry, gemaklik en pret. Sodra jy die 1,6 liter opwen om in sy optimale toerestrek te loop, is daar geen keer aan dié sportiewe buksie nie. Sy hantering is goed en neutraal, veral deur skerp draaie. ’n Lange lys veiligheidskenmerke help die bestuurder om altyd in volle beheer van die motor te wees. As jy binnekort ’n nuwe ryding gaan koop, kan jy met gerustheid gaan loer na wat hierdie stylvolle luikrug jou kan bied teen pryse wat by R230 000 begin. Kyk ’n mens vandag na die eertydse Sephia terug is dit duidelik dat die ont-
LED’s in die agterste hulsels laat die Cerato modern en duur lyk | FOTO: QUICKPIC werpers ’n bril of twee nodig gehad het, want die Sephia was allesbehalwe stylvol. Dit laat ’n mens ook besef hoe ver Kia gekom het oor die jare en hoe hierdie einste Cerato getransformeer het in die motor wat dit vandag is: ’n motor wat jy met trots kan ry en wat die koppe sal laat draai. Die Kia Cerato luikrug het ’n vyf jaar
Tata Xenon XT
Tata durf die gesinsman aan
Die Xenon XT bied ’n kragtige, verfyn de enjin en sy ver koopprys is billik. Ander fasette het egter aandag no dig. Tata wen dus ’n skermutseling, maar verloor nog die oorlog | FOTO: TATA SA
N
adat die Tata Xenon-bakkies wye aanvaarding gevind het in die landbou-, konstruksie- en mynbedrywe, is daar pas ’n nuwe weergawe bekend gestel. Die XT-reeks sluit enkel- en dubbelkajuitvariante in, met agter- of vierwielaandrywing. Hulle stem grootliks ooreen met die ouer Xenon-bakkies, maar beskik oor nuwe kenmerke wat hulle aanloklikheid as taai buitelewe- of gesinsvoertuie sal aanwakker, reken Tata. Kosmetiese veranderinge is gering, met nuwe allooiwiele en ’n gechroomde sierrooster as die grootste nuwighede. Die rigtingwysers is ook van die modderskerms na die truspieëltjies geskuif. In die binneruim pryk ’n nuwe raakskermklankstelsel met navigasie, Bluetooth en MP3-versoenbaarheid – standaard-toerusting op alle weergawes, behalwe die en-
kelkajuit 4x2. Die grootste toevoeging tot die binneruim is egter die twee lugsakke voor – belangrik vir ’n gesinsvoertuig. Die groot nuus is die Xenon XT se verbeterde enjin. Gegrond op die vorige 2,2 liter-viersilinder, maar met ’n nuwe turbo-aanjaer, is sy kraglewering op van 103 kW na 110 kW teen 4 000 rpm. Wringkrag is onveranderd teen 320 Nm, maar is nou al daar tussen 1 500 en 3 000 rpm – ’n 500 rpm wyer toerestrek as voorheen. Aan ’n dieselenjin maak so ’n wye wringkragpiek ’n reuse-verskil, omdat dit ratwisselings verminder en egaliger versnelling moontlik maak.
Die nuwe enjin is eintlik die hoogtepunt in die XT, want hy trek sterk van luierspoed af, lewer sy krag in ’n mooi konstante stroom, en bly verfynd. Tata reken die XT’s se brandstofverbruik is nou 12% laer as voorheen, maar het nie amptelike syfers bekend gemaak nie. Ongelukkig kort die res van die bakkie nog werk voordat hy regtig as gesinsvoertuig indruk sal wek. Sy stuuraksie is vaag, die ritgehalte op slegte paaie herinner aan ’n vroeë-1990’s Hilux, en hy hol die pad vol as ’n mens hard rem trap. Ander XT’s by die bekendstelling het dieselfde gedrag getoon – dus nie ’n geïso-
of 150 000 km-waarborg en ’n vyf jaar of 90 000 km-diensplan. – Jeanette Kok → Jeanette is ’n voormalige renjaer. Sy gesels oor motors op Groot FM en Radio Tygerberg op Dinsdae en Donderdae. PRYSE Van R229 995 vir die Cerato 1.6 EX handrat tot R299 995 vir die Cerato 2.0 SX outo.
leerde defek op ons toetsvoertuig nie. Voorts is windgeruis steurend, deels omdat pad- en enjingeraas heel goed gedemp is, en die kajuit mag effe knap wees vir groot Suid-Afrikaners. Die Xenon XT sal dus nie waarlik gewild wees in die gesinsmark nie, maar dit beteken nie hulle is sonder meriete nie. Met pryse tussen R189 995 vir die enkelkajuit 4x2 en R269 995 vir die dubbelkajuit 4x4, ’n standaard-diensplan vir vyf jaar of 90 000 km, ’n vier jaar of 120 000 km-waarborg en vier jaar se padbystand behoort koop- en instandhoudingskostes laag te wees. Verder kan selfs die dubbelkajuit 4x4 amper ’n ton hanteer (1,2 ton vir die enkelkajuite), wat saam met sy bewese taaiheid sal beteken dat bouers, tuindienste en ander ondernemings hulle nog gretiger sal opraap. Die GWM Steed5 bied egter ’n meer verfynde alternatief vir soortgelyke geld, en ’n mens kan ook nie die oer-oue Nissan NP300 vergeet nie. Gesinsmanne sal egter steeds liewer soek vir ’n netjiese tweedehandse Hilux. – Martin Pretorius PRYSE Van R189 995 vir die enkelkajuit 4x2 tot R269 995 vir die dubbelkajuit 4x4
20 Oktober 2013
InRat 5
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
G’n pap vertoning I
s jy een van Suid-Afrika se motoriste wat meen paploopbande is ’n tegnologie-foefie wat veral deur Europese motor- en bandevervaardigers aan ons opgedwing word? Die debat oor paploopbande se wenslikheid al dan nie in plaaslike padtoestande duur al geruime tyd en terwyl die meeste motoriste nog twyfel oor dié bande se beweerde voordele, dwing vervaardigers soos BMW, Mini en MercedesBenz hulle om dié bande te gebruik. Behalwe dat die meeste nuwe rygoed uit dié Duitse stalle nou met paplopers toegerus word, kom baie van hulle nou sonder noodwiel. Daar is nie eens ’n Marie-biscuit in die bagasiebak nie! Dis genoeg om enige motoreienaar met ondervinding van Suid-Afrikaanse padtoestande hewig te ontstig. G’n wonder dat hulle mor oor die dêm Europeërs wat in hul alwysheid dink hul paploopgoed sal hier werk nie. Daar is egter stewige redenasies vir die gebruik van dié bande, veral met paploop-tegnologie wat sy derde fase betree: Dit bespaar gewig en ruimte, want dit is nie nodig vir ’n noodband nie, wat dus ook die bagasieruim vergroot. Dis veiliger, want sou ’n band begin pap loop, bly die voertuig steeds hanteerbaar, wat die moontlikheid van ’n ongeluk verminder. Dis ook veiliger in ’n ander sin (veral in Suid-Afrika se wettelose omstandighede), want jy hoef nie stil te hou om ’n pap band te vervang nie. Dis ook gerieflik, want jou reis word nie onderbreek nie, hoewel jy moet aankruie, sou jy jou aan die vervaardiger se voorskrifte steur . . . Maar wat sê die skeptici? Wel, koste is ’n faktor, want paploopbande is duurder as gewones, en kos ook meer om op te sit. Ook is ’n banddruk-monitorstelsel nodig wanneer paploopbande gebruik word, en dit beteken nóg koste. Voorts het dié bande ’n hoër rolweerstand (onder meer weens hul gewig) wat brandstofverbruik kan verhoog, en ’n harde ritgehalte vanweë stewiger sywande, wat ook meer padgeraas kan veroor-
Vat so, jou nare band! Wie’s nou baas?! FOTO’S: DESMOND LOUW
Die Continentalband weier om sy naam te laat gat maak. Selfs ná 140 km. saak. Nog ’n kwelpunt is beskikbaarheid, want net ’n beperkte getal handelaars het voorraad van paploopbande, en nog minder kan dit op die wiel pas. Die grootste kwessie is egter die snelheid- en afstandbeperkings. Die aanbevelings wissel, maar ’n 80 km/h-spoedperk geld in alle omstandighede, sou jy ’n pap wiel kry. Die bandvervaardiger Continental beveel ’n 80 km/h-perk aan (afhangende van die padtoestande en ander omstandighede), en dan ook net vir 80 km, terwyl Drive Alive ’n afstand-perk van 240 km (met ligte vrag), 145 km met middelslag-vrag en net 48 km met ’n swaar vrag en sleepwa, alles teen 80 km/h, aanbeveel. Behalwe die lae snelheid is die kort
aanbevole afstande ’n wesentlike probleem, want, anders as in Europa, is die afstand tussen sommige plekke hier maklik meer as 100 km. ’n Mens wil mos nie heelpad tussen Upington en Springbok sit en wonder of die beskadigde band gaan hou nie? Daarom het ons besluit om een van die jongste paploopbande op die mark te toets om te sien of dit wel sal hou, en hoe dit vaar teen die vervaardiger se voorskrifte. Hyundai het ons goedgunstiglik ’n i30 1.6 Premium geleen, en ons het ’n nuwe Continental ContiPremiumContact SSR (Self Supporting Runflat) 205/55R16 vir die toets daarop gepas. Nadat ons ’n stewige sny in die sywand gemaak het (soortgelyk aan wat ’n skerp klip sou doen), het ons sowat 100 kg in die Hyundai se bagasiebak gelaai (omtrent dieselfde as ’n stewige vakansievrag) en die pad noord gevat, van Kaapstad af. Die plan? Om aanvanklik 80 km ver teen 80 km/h te ry, dit daarna vir nog 20 km te handhaaf (vir ’n totaal van 100 km) en dan ná 100 km/h te verhoog vir nóg 40 km. Afhangende van die toestand van die band, sou ons dan die laaste 60 km teen 120 km/h aflê om te sien of die band vernietig word. Die eerste 80 km teen ’n kruiende 80 km/h het sonder voorval verloop. Selfs met die linker-agterband wat pap loop, was daar g’n voelbare verskil aan die Hyundai se hantering nie, en die band was ook nie uitermatig warm toe ons stilhou nie. Ook die volgende 20 km het rustig verbygegaan met g’n noemenswaardige verskil in bandtoestand nie alvorens ons die spoed tot 100 km/h opgestoot het. Behalwe dat die Hyundai links agter effens losser in draaie gevoel het, was daar verder niks te rapporteer nie. Ná 40 km het ons stilgehou en die Conti-paploopband ondersoek. Dit was effens warmer as die ander, maar daar was geen noemenswaardige loopvlak- of sywand-verwering nie. Om die waarheid te sê, dit
ASX jaag waarde na
Dié gesiggie raak nie toevallig op ons paaie bekend nie | FOTO: MITSUBISHI nie, maar die beskikbaarheid van ’n handrat-GLS beteken kopers kan elke denkbare luukse kry, sonder die huilende palwisselratkas (CVT) se lui verrigting. Die Rockford-Fosgate-klankstelsel is iets om te beleef, met sy nege luidsprekers en bas-luidspreker. Dit beteken jou musiek kan in die volgende sekuriteitskompleks gehoor word, terwyl dit in die motor klink of jy reg
voor die verhoog sit by ’n musiekuitvoering. Ek twyfel of dit werklik nodig is, want die ander weergawes se ses luidsprekers sorg ook vir goeie klank, maar hulle kan dalk sukkel om die kinders se “wanneer is ons daaar!?” uit te doof. Verder is dit ’n ASX nes ons hom onthou. Elkeen beskik oor hope toerusting, onder meer sewe lugsakke, parkeersensors agter, snelheidsbeheer, reëngevoeli-
Aktueel
het gelyk of dit maklik nog 200 km sou kon aflê. Die laaste 60 km plus terug Kaap toe het ons teen normale snelwegpas afgelê, en selfs teen 120 km/h het die Hyundai te alle tye beheerbaar gevoel, ook links agter. Laatmiddag, met sowat 230 km afgelê, was ons veilig tuis en die Conti-paploopband het van buite feitlik splinternuut gelyk, met net effense verwering aan die loopvlakwand. Hoe sy binnegoed egter teen dié tyd daar uitgesien het, is ’n ope vraag. Wat wel seker is, is dat die paploopband ons toets met vlieënde vaandels geslaag het. Nie net het dit die aanbevole afstand (teen die aanbevole snelheid) maklik kafgedraf nie, dit het meer as dubbel die afstand – én teen hoër snelhede – sonder enige probleem afgelê. Dit wys ook dat Conti uiters konserwatief is met sy veiligheidsvoorskrifte vir dié soort bande, want ons toets het bewys dit kan heelwat langer afstande én hoër snelhede hanteer – wat groter gemoedsrus by gebruikers behoort in te boesem. – Ferdi de Vos
Ferdi huiwer om die band stukkend te steek, so ver van die huis af...
Mitsubishi ASX
D
ie Mitsubishi ASX, ’n kruis tussen ’n melkbaard-veldryer en ’n luikrug, is vir moeitelose, gemaklike vervoer gebou, met ’n skeut grondpad-talent om hom ’n lekker wegbreekvoertuig te maak. Mitsubishi het egter aandag gegee aan markverwagtinge, en die ASX-reeks uitgebrei deur twee nuwe variante by te voeg. Die hoogste spesifikasievlak GLS is nou beskikbaar met ’n vyfgang-handratkas ook, en bied as standaard ’n kragtige Rockford-Fosgate-klankstelsel, nes die ander nuweling, die outomatiese GLS AT RF (Rockford-Fosgate). Die ander drie variante bly soos hulle was, te wete GL, GLX en GLS AT, en die reeks deel ’n tweeliter-petrolenjin met ’n maksimum van 110 kW en 197 Nm en gemiddelde verbruik van 7,5 liter/100 km, volgens Mitsubishi. Dit klink nie na vreeslike groot nuus
Paploopbande
Nuut
ge ruitveërs, outomatiese hoofligte, lugversorging en Bluetooth-versoenbaarheid. Die GLX kry ’n trukamera, verhitte leersitplekke, ’n raakskerm-klankstelsel en ’n allemintige glasdak (wat nie kan oopmaak nie). Die GLS spog verder met xenon-hoofligte, wieltolbeheer en stabiliteitsbeheer – met die RF-opsie wat daardie wilde klankstelsel bysit. Op die pad voel die ASX soos ’n middelslag-luikrug in stapskoene. Die stuuraksie is lig en akkuraat, maar tog vaag. Die ritgehalte is goed en kajuitgeraas is gedemp. Daar is genoeg ruimte binne en die bagasieruim behoort groot genoeg te wees vir ’n weeklange vakansie. Daar lê ook ’n volgrootte noodwiel onder die bagasieruim se vloer. Die Mitsubishi ASX is ’n waardige keuse in ons oorbevolkte sportnutsmark, met die nuwe variante wat verseker dat ’n koper die ideale motor sal kan vind. Uit ’n reeks van wenners hoort die basiese GL heel bo-op die podium, met sy kombinasie van puik kenmerke en ’n aantreklike prys. – Martin Pretorius PRYSE Van R284 900 vir die 2.0 GL tot R349 900 vir die 2.0 GLS AT (outo) RF
6 InRat
20 Oktober 2013
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Johannesburgse Internasionale Motorskou
’n Saal vol warm staal H
ier is ’n kort gids tot aantrekkings wat jy by JIMS kan sien
* Audi In sy fleur was die bestaande Audi S3 die wêreld se beste sportluikrug en daarom is daar groot belangstelling in sy plaasvervanger. Die nuwe A3-sedan is ook by JIMS te sien. * BMW Net toe Mercedes-Benz dink hy steel die kollig met sy GLA, trek BMW die doek van die X4 af. Dis kleiner en minder windmaker as die X6 en behoort byna so gewild soos die Ranger Rover Evoque te wees. Die nuwe 4-Reeks is ook daar. * Chevrolet Al kom hulle selde hierheen, bly Amerikaanse kragkarre gewild by SuidAfrikaners. Soos die Camaro ZL1 Convertible met sy 6,2 liter- drukaangejaagde V8 wat 432 kW en 754 Nm ontwikkel. Gelukkig kom die Sonic RS volgende jaar. Sy 1,4 liter-turbo-enjin lewer 103 kW en 200 Nm. * Citroën Die Citroën GQ is een van daardie skoumotors wat die oë laat rek. Hy’s as die GQ-leser se ideale voertuig gekonseptualiseer en sal die ontwerp van toekomstige Citroëns inspireer. ’n Meer realistiese voertuig is die C4 Picasso, ’n klein gesinswaentjie soortgelyk aan die Toyota Verso. * Ford Ford reken as Honda se Accord kopers in Suid-Afrika kan vind, sal sy pragtige Fusion-sedan ook huise kry. Ons stem saam, selfs al word voertuie soos die Kuga al gewilder, ten koste van sedans. Iets wat jy moet sien, is Ford se waarlik treffende Evos-konsepmotor. * GWM Eindelik kan ons GWM se antwoord op die Toyota RAV, die H6, bekyk. Hy word eersdaags plaaslik losgelaat, eers met ’n tweeliter-turbodiesel en later met ’n 1,5 liter-petrol met turbo. Die Steed 5-bakkie se opvolger, Steed 6, sal ook aandag trek. * Honda As jy ’n skare sien, weet jy jy is naby Honda se verruklike NSX-sportmotor. Sy koms oor ’n jaar of drie behoort so ’n groot opskudding te veroorsaak soos die Nissan GT-R toe hy in 2008 uit sy hok geklim het.
Die Opel Mokka * Hyundai InRat het baie tyd vir die Hyundai Veloster, dus het ons die turbo-weergawe gister deeglik by JIMS besnuffel. Dis ’n groot oomblik vir Hyundai omdat sy aanhangers al lank neul vir dié 152 kWenjin. * Infiniti Infiniti wys sy Q50 (sedan), wat ’n waardige teenstander vir die Lexus IS en BMW 3-Reeks behoort te wees. Red Bull se Formule 1 -renmotor is ook hier te sien. * Jaguar Land Rover Land Rover stel die nuwe Range Rover Sport bekend, wat net so gewild sal wees soos sy voorganger. Hou ook ’n oog oop vir Jaguar se XFR-S en XJR. * Kia Kia is sinoniem met sensuele bakontwerp en die Cerato Koup spreek hiervan. Hy het feitlik dieselfde warm turbo-oond (152 kW en 264 Nm) as die Hyundai Veloster, wat hom die vet sal gee om by sy voorkoms te pas. * Lexus Die nuwe Lexus GS is binne weke in Suid-Afrika te koop. Dis ’n voorwielaangedrewe sedan wat die kajuitruimte van ’n GS bied vir minder as die prys van die kompakte IS. * Mahindra Die Mahindra Reva is ’n oulike dog ietwat koddige elektriese luikrugmotortjie wat maar 830 kg weeg. Sy motor ontwikkel 30 kW en 92 Nm en sy reikafstand is 160 km. * Mazda Mazda se sexy 6 is by JIMS. Hy word aangedryf deur ’n 2,2 liter-turbodiesel, wat voortaan ook in die CX-5 te kry sal wees. Boonop word die Mazda3 vertoon – die luikrug en die sedan.
Jou besonderhede: * Mitsubishi Mitsubishi wys die klein Mirage, wat vir Suid-Afrika bestem is. Hy het ’n driesilinder-petrolenjin van 1,2 liter (59 kW) en ’n handratkas of palwisselratkas. Die nuwe Outlander word ook uitgestal. * Mercedes-Benz Die lokaas hier is die pragtige GLA, ’n kruisvoertuig met elemente van ’n koepee en ’n veldryer, soos die BMW X4. Nog ’n motor wat kamera-voos gaan wees, is die kragtigste een in sy reeks, die SLS AMG Black. * Nissan Nissan trakteer skoubesoekers op ritte in die volkome elektriese LEAF, wat dan ook amptelik by JIMS bekendgestel word. Hy wys ongelukkig nie volgende jaar se Qashqai nie, maar die Resonance-konsep is ’n kyk werd. * Opel Opel spring op die Nissan Juke en Mini Cooper se lawaaiwa met sy prentjiemooi Mokka (met voorwiel of 4x4) en yskoel ADAM. Die Nürburgring-uitgawes van die Corsa OPC en Astra OPC sluit by hulle aan. * Peugeot InRat hunker steeds na die 147 kWPeugeot RCZ en noudat die RCZ-R (199 kW) uit is, gaan ons nie ’n oog toemaak nie. Kom besigtig ook die astrante 2008 “cross-over”. * Renault Renault gooi ’n slang in die duiwehok met sy Clio RS 200 -hitsbuks, met ’n 1,6 liter- turbo-petrolenjin (147 kW en 240 Nm) en dubbelkoppelaar-ratkas. Die nuwe Koleos is ook daar. * Toyota Die nuwe Corolla is hier, met ’n langer asafstand, groter binneruim en ’n 1,4 liter-turbodieselenjin (een van ’n verskeidenheid kragbronne). Hy sal dalk minder aandag kry as die skone oopdak Toyota 86. * Volkswagen Volkswagen se groot aantreklikheid is die indrukwekkende Cross Coupé -konsep, wat binnekort vervaardig sal word, glo ons. Die nuwe BlueMotion Golf TDi is ook daar. Sy verbruik is glo net 3,2 liter/100 km Ander vervaardigers wat uitstal sluit in FAW, Isuzu, Jiangling, MG, SsangYong en Tata. Moenie die vragmotors vergeet nie en gaan bekyk Kawasaki, Triumph, Moto Guzzi en Aprilia se motorfietse. ; Datums, tye en toegangsgeld Die skou duur tot Sondag 27 Oktober. Skou-ure: 09:00 tot 18:00 (hekke sluit om 19:00). Toegang: Volwassenes R100; kinders (12-16) R50; kinders (6-12) R20; kinders (onder 6) gratis; en pensioentrekkers R50. Kaartjies is beskikbaar by die hek of Computicket. Besoek www.jhbmotorshow.co.za.
Naam:________________________ Adres:________________________ _____________________________ _____________________________ IDnommer: ___________________ Het jy ’n geldige rybewys?________ Is jy al skuldig bevind aan ’n verkeersoortreding?______________
Voorwaardes en bepalings 1. Die reëls en inligting van die kompetisie blad maak deel uit van die voorwaardes en bepalings van deelname. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle be palings, reëls en voorwaardes. 2. Geen direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van InRat of van die bor ge of betrokke agentskappe, of ’n lewens maat, ouer of familielid of enige sakevennoot of assosiaat van ’n mens wat hierbo genoem is, mag deelneem nie. 3. InRat behou die reg voor om foto’s van die wenners te neem en dit te publiseer. 4. Indien wetgewing of verandering aan wetgewing dit vereis, sal InRat die reg voor behou om hierdie promosie te beëindig. In hierdie geval stem deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle kragtens hierdie promosie het, asook dat hulle geen regseis teen InRat, sy agente of borge sal in dien nie. 5. InRat kan nie verantwoordelik gehou word vir enige onvoorsiene onkoste rondom die aanvaarding van ’n prys nie. 6. Alle deelnemers vrywaar Media24 of In Rat, sowel as die betrokke borge en agent skappe, van alle skade en/of koste voortsprui tend uit eise wat die deelnemer kan hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die pryse. 7. Die beslissing van die redakteur van In Rat oor enige geskil in verband met die spel en pryse is finaal. 8. Indien enige mens wie se naam geldig getrek is jonger as 18 jaar is, sal die prys aan sy/haar ouer of voog toegeken word. 9. Die kompetisie sluit op 31 Desember 2013 om middernag. Deelnemers kan soveel inskrywings stuur as wat hulle wil om in aan merking te kom vir die pryse. 10. Die wenners van die hoofpryse sal op 6 Januarie 2014 om 12:00 deur ’n prystrekking bepaal word. Die wenners sal telefonies in kennis gestel word. 11. Die pryse sal die wenners drie weke ná die trekking bereik. Die motors sal egter be skikbaar gestel word wanneer dit vir die ver vaardiger moontlik is en voor die einde van 2014. Die wenner van die eerste prys moet ’n geldige rybewys hê.
20 Oktober 2013
InRat 7
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Kompetisietyd! Dit is hoe die kompetisie werk: 1. Haal dié dubbelblad uit InRat. 2. As jy die Johannesburg Interna sionale Motorskou gaan bywoon,
moet jy na Peugeot en Citroën se uitstalruimtes gaan en ’n stempel van elkeen kry. 3. Wanneer jy die twee stempels
Johannesburgse Internasionale Motorskou het, pos die blad aan InRatJIMS, Posbus 6367, Roggebaai, 8012 om ons teen 31 Desember 2013 te be reik. 4. As jy die skou nie kan bywoon nie, het jy gelukkig steeds ’n kans om te wen. Neem die blad na ‘n
Peugeot en ‘n Citroënvertoonlokaal en kry ’n handelaarstempel van elk. (As die handelaarstempel nie beskik baar is nie, sal die verkoopsbestuur der se handtekening aanvaar word.) 5. Pos die blad aan InRatJIMS, Posbus 6367, Roggebaai, 8012 om
WEN!
ons teen 31 Desember 2013 te be reik. 6. Inskrywings kan ook by Rapport se kantore in Auckland Park of Kaap stad afgelewer word. (epos justus.visagie@media24.com of bel 011 713 9532 vir die adresse)
Wen met JIMS & InRat In samewerking met Citroën, Peugeot, Canon en Midas en ter viering van die Johannes burgse Interna sionale Motor skou (JIMS) gee InRat jou die kans om bobaas pryse te wen.
Peugeot RCZ R
Citroën GQ
; Eerste prys: Ry ’n week in ’n luukse Peugeot en ’n week in ’n luukse Citroën. ’n Canon PowerShot D20 kamera; en ’n Midas 90stuk gereedskapstel. Peugeot 2008
Citroën C4 Picasso
Besoek Peugeot se uitstalling by JIMS of ’n Peugeothandelaar en skryf in! STEMPEL HIER
; Tweede prys: ’n Canon PowerShot D20 kamera en ’n Midas 90stuk gereedskapstel.
Besoek Citroën se uitstalling by JIMS of ’n Citroënhandelaar en skryf in! STEMPEL HIER
; Derde prys: ’n Midas 90stuk gereedskapstel.
18 - 27 OKTOBER 2013
JOHANNESBURG INTERNATIONAL
JHB EKSPO-SENTRUM, NASREC
® ®
MOTOR SHOW
TRUCK & BUS SHOW
www.jhbmotorshow.co.za Vertoning: 09h00 - 18h00
Toegangsgeld: Volwassenes R100*, Kinders 6 - 12 jaar R20, Kinders 13 - 16 jaar R50
*Reg van toegang voorbehou Onderskryf deur:
In samewerking met
Geakkrediteer deur:
'n Afdeling van
FirstRand Bank Bpk. 'n Gemagtigde finansiëledienste- en kredietverskaffer
NKRKV20.
8 InRat
20 Oktober 2013
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Nuut
GWM C20R
GWM C10
Astrante Chinese stadsmuise Die grappies oor die stilering van Chinese motors het hiermee opgedroog... Die GWM C20R in aksie. Inlasfoto: Die GWM C10 | FOTO’S: QUICKPIC
A
s ’n mens nou na Toyota kyk, is dit moeilik om te glo dat hy aanvanklik motors gebou het wat op ouer Westerse ontwerpe geskoei was. Die eerste Toyota het ’n Chev-gegronde enjin gebruik, met sy onderstelontwerp en stilering by onderskeidelik Ford en Chrysler gesteel. Maar wat het dit met die GWM C10 of sy C20R-boetie te doen? Eenvoudig: Nes die Japanners van ouds, het hedendaagse China nie regtig ’n kultuur wat vertroud is met oorspronklike motorontwerp nie, en dus moes hulle die afkyk-kuns vervolmaak. Moet egter nie dink die storie is so eenvoudig nie, want soms is die nagebootste produk beter as die motor waarop hy gegrond is – en dit is presies wat GWM met hierdie tweeling reggekry het. As ’n mens mooi kyk is die ou Toyota Yaris se skelet nog sigbaar, en die enjins is ’n kloon van die Daihatsu Sirion se 1 500-vierplaatstofie. Hulle is egter ge-
noegsaam verbeter om trots te staan tussen nuwer mededingers, danksy die GWM-ontwerpte binneruim en vooraansig, met beter standaard-toerusting as waarvan die meeste vorige-geslag Yarisse kon droom en ’n welkome kraginspuiting danksy die groter enjin. Daarom is die C10 en C20R aanloklike aanbiedings in hul marksegment. Die C10 is al geruime tyd in Suid-Afrika beskikbaar en het onlangs ’n nuwe neus gekry om beter in plaaslike kopers se smaak te val. Die 1,5 liter-enjin gelei 77 kW en 138 Nm deur ’n vyfgang-handratkas na die voorwiele, en hoewel daar min wringkrag teen lae toere is, het hy ’n lewendige karakter en die toereteller se naald loop graag na die rooilyn. Die skyfremme (by al vier wiele) geniet hulp van die sluitweerstelsel met elektroniese remkragverspreiding, en die insittendes baat verder by twee lugsakke voor. Die C20R is geskoei op die C10, en
Spoedkoets met styl en sjarme J
y is verskoon as jy glo die ikoniese 911 is die enigste model wat die naam Porsche waardig is. Dit kan egter nie verder van die waarheid wees nie. Vakmanskap, werkverrigting, karakter en ’n ryk erfenis kan nie altyd aan die uiterlike gemeet word nie – ’n lessie wat ek gou, of liewer vinnig, geleer het met die jongste Porsche Panamera se bekendstelling. Porsche se hoofdoel is om die Panamera as ’n luukse sportmotor te posisioneer. Daarom is daar ook heelwat veranderinge aan die onderstel en suspensie gemaak, om te verseker dat die rit so gemaklik as moontlik is, sonder om die amper 2 ton-spoedkoets soos ’n skip te laat hanteer. Hoewel die Panamera op die oog af nie veel anders vertoon as die vorige model nie, is die buiteontwerp tog ligweg gewysig. Die nuwe lyne, gekoppel aan veranderde luginlate en opsionele LED-hoofligte, laat dié spoedkoets onge-
twyfeld aggressiewer vertoon, sonder om onelegant te wees. Die binneruim is ook nie onaangeraak gelaat nie. Luuksheid is tot ’n hoër vlak geneem (met elektries-verstelbare agtersitplekke as voorbeeld) met gemak en funksionaliteit hoog op die prioriteitslys. Ons Duitse vriende het duidelik aan alles gedink, want die praktiese uitleg van die instrumentpaneel en posisionering van al die verstelknoppies wat jou lewe vergemaklik, laat die bestuurder so tuis voel soos bier by bratwurst. Die grootste verandering in die nuwe Panamera is in die werkverrigting. Met die keuse van ’n turbodiesel en petrolenjins met en sonder turbo (van 3,0 liter tot 4,8 liter), is daar werklik iets vir elke Rupert, Oppenheimer en Motsepe se smaak. Daar is selfs ’n hibridiese model om die gewete te sus. Porsche het dit reggekry om nie net meer krag uit die onderskeie enjins te
bied plastiek-bakbekleding vir ’n ruwe voorkoms, unieke buffers met silwer insetsels, dakrelings, meer penshoogte en 16 duim-allooiwiele teenoor die C10 se 15 duimers. ’n Sportnutsvoertuig is hy nie, maar die ekstra stileringstoerusting laat hom spiekeries lyk. Albei motors het gesplete agtersitplekke wat vorentoe kan skuif vir ekstra bagasieruimte en rugleunings wat effens kan teruglê, vir ’n gemakliker sitposisie. Ander luukses sluit in: ’n klankstelsel met CD en USB-insette, kragstuur, lugversorging en parkeersensors agter. Die C20R voeg hierby tweekleur-leerbekleedsel, terwyl die C10 duursame materiaalbekleedsel het. Maar daar is iets wat nié op sy spesifikasieblad pryk nie: daardie gomreuk wat ’n mens met Chinese motors vereenselwig. Die bougehalte is indrukwekkend, met plastiekpanele wat goed vervaardig is en mooi pas, en nie een van die twee toetsvoertuie het ratel-
geluide laat hoor nie. Daar is geen teken van kostebesparings by dié twee Chinesies nie. Die bestuurservaring is aangenaam vir kompakte motors, met wakker verrigting, vasvoetige padgedrag en min kajuitgeraas. Veral die C20R het in hierdie opsig verras, met verbasende gretigheid om sy bestuurder te laat glimlag deur die draaie, danksy daardie groot allooiwiele en vet tekkies. Hierdie stadsmuise bewys dat GWM motors bou wat teen die beste kan meeding, maar dit word ook in hul pryse weerspieël. Teen R139 900 vir ’n C10 en R154 900 vir ’n C20R verteenwoordig hulle nie meer absolute winskopies nie, maar gemeet aan hul gehalte, toerusting en bestuurservaring, bied hulle steeds buitengewone waarde vir geld. – Martin Pretorius PRYSE C10 R139 900 C20R R154 900
Porsche Panamera
Die Panamera Turbo kan van 0100 km/h versnel in 4.1 sekondes | FOTO: PORSCHE tap nie, maar ook om die petrolenjins se brandstofverbruik te verbeter. Die dieselenjin is groter as die vorige een en daarom bietjie dorser, tog kan ’n mens nie help om te wonder hoe hy soveel woema uit so min olie kan wring nie. Die Panamera Turbo se 4,8 liter, 382 kW en 700 Nm is ’n ander saak, maar tog belowe Porsche dat jou algehele brandstofverbruik slegs 10,2 liter/100 km sal wees. Ons sal dit met ’n knippie sout neem,
veral as jy gereeld wil voel hoe hierdie turbo 100 km/h van stilstand haal in net 4.1 sekondes. – Carl Kritzinger → Luister na Carl se motorpraatjies op Groot FM (Dinsdae) en Radio Tygerberg (Donderdae). PRYSE Van R900 000 vir die Panamera Diesel tot R1 946 000 vir die Panamera Turbo; die Turbo Executive se prys is onbekend.
20 Oktober 2013
InRat 9
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Kyk so ’n briljante vent! T
oe die Duitse Fendt-woonwaens hul verskyning in ons land gemaak het, was dit duidelik dié reuse is in ’n klas van hul eie. Dis eksklusiewe produkte het die kroon gespan op die plaaslike woonwamark. Jy loop hulle nie op elke tweede staanplek raak nie. InRat het die 2014-weergawe van die vlagskipmodel, die Fendt Brillant 700, van nader bekyk. Die “700” dui op die lengteruimte van die binneruim, ’n hele 7 m, en die woonwa is 9,34 m lank. Die GVM-syfer is ’n stewige 2 400 kg en hy het twee asse. Om dié meneer van ’n woonwa te sleep, het jy dus ook ’n meneer van ’n sleepvoertuig nodig; in ons geval, ’n nuwe Mercedes-Benz GL350 BlueTEC. Dié weelde-handelsmerke vul mekaar goed aan en sal ’n mens sowaar amper R2 miljoen uit die sak jaag. Nommerpas vir Albert en Charlene van Monaco se Elandsbaai-wegbreek. Voordat jy inklim, sien jy die trappies na binne word verlig. Dan verwelkom ’n oorvloed ruimte jou, met kandelaarligte, platskerm-televisie en leersitkamerstel daarby. Daar is ondervloerse verhitting, want wie wil nou snags voet op koue vloer sit, asook lugversorging en ’n ventilasiestelsel om jou so koel soos jou sauvignon blanc in die Afrika-somers te hou. Die hoofslaapkamer het ’n gerieflike dubbelbed met aparte hoogteverstelling weerskante. Brad kan dus effens regop lê en lees, terwyl Angelina plat lê en slaap. Daar is gerieflike kassies met kragpunte, ’n smukgebied met ’n wasbak, ’n verbasend ruim aparte stort en ’n elektriese spoeltoilet. Dié hele gebied kan apart van die res van die woonwa vir totale privaatheid toemaak. In die middel van die woonwa is die kombuis, asook die vermaak- en kroeggebied. Elke kas is slim gebou om die beskikbare ruimte uitstekend te benut. Toebehore werk met ’n kombinasie van 12 V, 220 V of gas en so kan die yskas die bier
Koninklike veldryer maak sleep maklik Ons sleepvoertuig, die 2013 MercedesBenz GL350 BlueTEC, is die dieselvariant van die jongste GLreeks wat onlangs in SuidAfrika onthul is. Dié model bied meer krag en kajuitruimte as sy voorganger en was dus die perfekte sleepmaat vir die Fendt Brillant 700. Dan is hy boonop ‘n veldryvoertuig van formaat,
Nuut
Fendt Brillant 700
As jy water op jou kleinhoewe soek en ruolie raak boor, moet jy dié sleepkombinasie oorweeg. Inlasfoto: Jy mag dink jy’t in Mark Shuttleworth se seiljag wakker geword wanneer jy in die oggend jou oë oopmaak | FOTO’S: JOHANN VAN TONDER EN FENDT koud hou, ongeag of jy by ’n buitenste kragpunt is. Die kombuisgebied beskik ook oor ’n stoof-en-opwas-kombinasie, mikrogolfoond en groot yskas/vrieskaskombinasie, terwyl die ligte oor die werkruimte met ’n sagte aanraking aangeskakel word, nes binne ’n Jaguar. Die platskerm-televisie kan na die sit- of slaapgebied geswaai word en DStv-punte is standaard. Terwyl die klem op luuksheid lê, is veiligheid nie agterweë gelaat nie. Die
wat vyfgraadveldroetes kan baasraak. Van die oomblik toe ons die Fendtwoon wa gehaak en gekoppel het, het die Benz se bedryfstelsel naatloos met die Brillant s’n ge skakel. Nie net het die Mercedes aan die 12 Vtoebehore in die woonwa krag voorsien nie, maar die bedryfstelsel in die motor kan jou selfs waarsku as een van die woonwa se ligte nie werk nie. Terloops, behalwe die ge wone agter en flikkerligte, pryk daar ook helder LEDdagligte (voor), misligte, hoë rem ligte en wit truratligte op die Fendt.
woonwa beskik oor brand- en gassensors, anti-swaai meganismes om hom stewig op die pad te hou, asook ander praktiese goed soos vlieëgaas voor die vensters – alles standaardtoerusting. Dis maklik om beïndruk te wees met so ’n duur wa, maar is dit nog kampeer? Veral as jy die Fendt met ’n radiobeheerkontrole op jou staanplek tuismaak en die hoekstutte outomaties ontplooi. Volgens Geert Jurgens, van Jurgenswoonwa-faam, lok dié luukse woonwaens
Die GL350 BlueTEC word deur ’n 3F V6 turbodiesel aangedryf wat 190 kW en ’n magtige 620 Nm ontwikkel. Met dié soort krag het die GL geen probleme ondervind om die groot woonwa te sleep nie en kon hy selfs ’n lopie van 0100 km/h in minder as 12 sekondes aflê! Met byna 2 ton aan die haak, sit dit nie in enige sleepvoertuig se broek nie. PRYS Die Mercedes-Benz GL350 BlueTEC kos R966 246.
tradisionele kampeerders asook ’n nuwe groep kopers: vermoënde en avontuurlustige gesinne en paartjies wat nie noodwendig in ’n woonwa wil gaan sit nie, maar dit as ’n basis of huis weg van die huis wil gebruik, terwyl hulle die omgewing met bergfietse, kajakke of stapskoene verken. Jurgens meen ’n spoggerige weeldewa soos dié bied die luuksheid van ’n vakansiewoonstel of -huis sonder die belasting, instandhoudingskoste of die sekuriteitsrisiko van ’n vaste bate. Hy is van mening dat dié vakansiehuis van plek tot plek skuif en ’n mens dus nie jaarliks na dieselfde nuuskierige buurman hoef terug te keer nie. Die 2014 Fendt Brillant kos R780 000 en dit sluit die lugversorging, tent en noodwiel in. Die onderstel is gegalvaniseer en elke Fendt het ’n vyfjaar-roes- en waterlekwaarborg. Die elektriese toebehore het elk hul eie waarborg. – Johann van Tonder → Johann van Tonder is ’n vryskut-motorjoernalis. Hy bied ’n motorprogram aan op Radio Kaapse Kansel en skryf vir publikasies landwyd.
10 InRat
20 Oktober 2013
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
GrootToer
Suzuki Grand Vitara 2.4 Summit
Vat my pan toe, Suzy! T
oe InRat se redakteur my vertel van sy plan om van Kaapstad tot in die Kalahari te ry vir Speedweek (artikel hieronder), en boonop ’n draai in Namibië te maak, het ek gedink dis ’n grap. Totdat ek besef het ek gaan sy mede-bestuurder wees. Op die oggend van 19 September het ons ’n week se kampeertoerusting en beddegoed vir die Kalahari se temperatuur-uiterstes in die Suzuki Grand Vitara se groot bagasiebak gelaai en laat waai. Dit het gevoel of die verkeer op die N7 kruip. Eers by Klawer, waar ons vir koffie en petrol stilgehou het, was die pad stil en oop. Dit het sag en aanhoudend gereën, en die tekkies van die Grand Vitara, met permanente vierwielaandrywing, het op die nat teer vasgetrap. Die Grand het geen koppelpunte vir ’n MP3-speler of USB-stokkie nie, maar ons kon ses CD’s in die speler se magasyn laai. Ella Fitzgerald, Miles Davis en Fréderic Chopin het ons deur die Knersvlakte en Namakwaland se blomtapyt tot op Springbok gesien, waar ons volgemaak het. Dit was nog ’n stywe 375 km Upington toe, waar die gawe garde van Le Must River Residences ons oornagplek gegee het. Daar aangekom was dit ná nege. Luuks, maar billike Le Must, aan die oewer van die Oranje, is ’n oase. Vroeg die volgende oggend het ons koers gekies Mier toe, 225 km langs die Rooiduinroete. Van Askham het die Garmin Montana besluit om ons op die smal weg tot op Hakskeenpan te lei, waar Speedweek gehou word. Teen die tyd dat ons rugsakke hulle in ons tent bevind het, was ons en die Suzuki met ’n laag rooi stof bedek. Die wind waai toe al twee dae lank aaneen. Ons het selfoonvideo’s gesien van mense wat aan die groot, sentrale bedoeïentent se pale klou terwyl die wind dreig om alles so plat soos die pan te vee. Die bedoeïentent is die hart van Speedweek en bevat die groot skerms waarop besoekers die spoedfees-kaperjolle kan dophou, sowel as die kroeg en eetkamer waar heerlike, tradisionele geregte aan Speedweekers voorgesit word.
Die getroue Grand Vitara, met Hakskeenpan in die agtergrond | FOTO: JUSTUS VISAGIE
Syfers PRYS R369 900 ENJIN 2,4 liter viersilinder petrol, 122 kW @ 6 000 r/min en 225 Nm @ 4 000 r/min RATKAS Vyfganghandratkas, vierwielaan drywing, hoë en laestrek VERRIGTING 0100 km/h in 11.7 sekondes en 180 km/h topsnelheid; 8,9 li ter/100 km (volgens Suzuki) OORWEEG OOK Subaru XV 2.0i of GWM H5 2.0 VGT Op dag twee het Justus die Suzuki laat ondersoek sodat hy op die “baan” kan jaag. ’n Wind van 20 km/h het reg van voor gewaai en die band links voor het stadig gelek. Boonop was die “baan” al vertrap en het dit soos ’n verbrokkelende teerpad gelyk. Maar ’n mens gaan nie Speedweek toe sonder om die groot plakker op jou deur te kry wat wys jy het oop ketel gery op die strook van 5 km nie. Al ry ’n mens dan net jou een toegelate oefenlopie. Die Suzy het mooi
Wat is Speedweek? As jy ’n avontuurlustige spoedvraat is, is daar ’n kuur vir jou toestand: Kalahari De sert Speedweek. Sowat 250 km noord van Upington, naby Klein Mier, lê ’n mooi dog troostelose stukkie Kalahariaarde genaamd Hakskeenpan. Wat doen ’n mens met 600 km2 van pure plat verlatenheid? As jou naam Jan Els is, reël jy jaarliks ’n okkasie waar motor, motorfiets en spoed entoesiaste saam kampeer, kuier en enigiets met wiele kom jaag op die spesiaal voorbe reide baan van 7 km. Speedweek se leuse? “If it’s got wheels, we’ll time it!” Die verskeidenheid voertuie is groot: Enig iets van ’n 1959 Austin Morris tot die 2010 Suzuki Hayabusa waarmee Jannie van Nie kerk die vinnigste snelheid van 310 km/h op gestel het. Die vinnigste vierwieldeelnemer, teen 303 km/h, was ’n 2012 Lamborghini Aventador met Greg Parton agter die stuur. Speedweek is nie al waarvoor Hakskeen pan goed is nie. Dit is ook nie hoekom 300 lede van die plaaslike gemeenskap elke klip pie groter as 10 mm met die hand verwyder het nie. Hakskeenpan is die perfekte plek om
geloop, maar sy bestuurder het die fout begaan om van vierde na vyfde te skakel, wat die snelheid drasties laat daal het. Dit was te laat om te herstel en die Grand het ’n teleurstellende 140 km/h gehaal, sowat 20 km/h stadiger as die spoed waarteen ek ’n vragmotor duskant Pofadder verbygesteek het. Omdat Suzy ons nog ver moes neem, het ons besluit een lopie sal deug en begin planne smee vir ’n vinniger ryding vir volgende jaar. Ná twee gesellige dae op Hakskeenpan het ons na Keetmanshoop in Namibië vertrek, die geboorteplek van my ouma, wat onlangs op 91 heengegaan het. Ons was nuuskierig om te sien hoe die landskap daar lyk en ná lang, sanderige grondpaaie, met kampstoof-koffie tussendeur (en die Suzuki se ewenaar gesluit), het ons Keetmanshoop bereik. Die dorpie was so stil en verlate dat ons besluit het om die kokerboomwoud daar naby te besoek. Hier het ons ’n igloe-huis vir die nag by Quiver Tree Lodge betrek. Met ’n Tafel Lager en ’n padkaart oop op ons voorstoepie besluit ons toe om Riemvasmaak naby Augrabies (terug in Suid-Afrika) te besoek. Ook het ons
Dis hoe die Bloodhound gaan lyk. Sy wiele is kaal aluminium (geen rubber) en ’n vuurpyl én straalenjin dryf hom aan FOTO: BLOOD HOUNDSSC. COM ’n nuwe grondspoedrekord van minstens 1 610 km/h op te stel. Dis vinniger as ’n koe el uit ’n .357 Magnumrewolwer en veel vin niger as die spoed van klank! Die “kar” wat beoog om dit reg te kry, heet die Bloodhound SCC (vir supersonic car), uit Brittanje. Die Bloodhoundbende het die ondersteuning van onder meer die Noord Kaapse regering, Rolex en MTN. Die Bloodhoundprojek “Engineering Ad venture” wil jongmense oor wetenskap, teg nologie en wiskunde opgewonde maak. Dis op dié voorwaarde dat Brittanje ’n Eurojet vegvliegtuigenjin aan Richard Noble en Kie.
van die Bloodhoundprojek leen. Die kar sal hiermee en met ’n vuurpyl aangedryf word. En die man in die Bloodhound? Vleuel kommandeur Andy Green, rekordhouer van die grondspoedrekord wat in 1997 in die Black Rockwoestyn in Nevada, Amerika op gestel is, in die Thrust SSC. Dié gevaarte het 1 228 km/h gehaal. – Ané Theron ; Die eerste Speedweek is verlede jaar gehou. Els en sy span reël ook die AllTar Speedweek wat jaarliks op die aanloopbaan van die Upingtonlughawe plaasvind. Besoek www.speedweeksa.com en www.bloodhoundssc.com.
reeds verblyf daar naby gehad, by Khamkirri Lodge, wat vir ons ’n luukse tent met ’n Oranjerivier-uitsig voorberei het. Van die netjiese houtdek het ons gesien hoe die son anderkant die rivier sak. Die klipperige berglandskap op pad na Riemvasmaak het aan die Richtersveld herinner en die rooskwarts het soos manna gelê. Daar aangekom wou ek in die warmwaterbron gaan lê, maar Justus het ’n gids gekry en daar gaat ons. Hoewel ek toe agter sit, was die sig uit die voertuig goed en daar was heelwat plek vir my knieë. Twee grootmense sou met gemak langs my kon inpas. Ons het die Molopo-roete gevat en die ratkas is deur die draai van ’n skakelaar na laestrek oorgeskakel. ’n Kombinasie van enjin-remming en die rempedaal teen afdraandes, en genoeg krag teen opdraandes, oorkom alle hindernisse, maar ’n ekstra 2 of 3 cm penshoogte sou welkom gewees het. Daardie aand het ons in Namakwaland by die Kamieskroon-hotel oornag, wat lyk asof dit in ’n tydkapsule vasgevang is, maar op die goeie ou boere-manier. Die eienaar, Helmut Kohrs, die groot, gerieflike kamers en ’n heerlike ontbyt het aan gasvryheid van ouds herinner. Terwyl die landskap voor my verander het, het ek aan die Suzuki se goeie en swak punte gedink. Sy petrolverbruik van 10,4 liter/100 km was miskien nie fantasties nie, maar die 2,4 liter-enjin was gewillig. ’n Mens moet wél die ratkierie roer as jy krag benodig vir ’n bult. Wat gepla het, was die sentrale sluitstelsel wat soms net die bestuurder se deur oopsluit. Dit help niks as jy gou iets van die agtersitplek wil gryp nie. Die Suzuki se hantering, vir ’n voertuig met ’n laestrek-ratkas, is indrukwekkend en daar is stabiliteitsbeheer vir gemoedsrus. Waarde vir geld is dié Suzuki se grootste bate, want met soveel duur, ‘sagte’ veldryers, wat eintlik niks beteken op rowwe terrein nie, is die Suzuki soveel beter. Boonop draai hy op ’n tiekie, wat stad-maneuvers stresvry maak. As sy pens net bietjie hoër van die grond af was as 20 cm, sou ’n mens kans gesien het vir driftiger avonture. Altesaam 500 km later het die Koeberg-kragstasie dynserig op die horison verskyn. Ons het nagenoeg 2 500 km afgelê, met 33 uur se sit. Sal ek die Grand Vitara koop? Beslis. Maar dit sal die goedkoper Dune-variant wees (R307 900) met dieselfde enjin en 4x4-vaardighede. – Ané Theron
20 Oktober 2013
InRat 11
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
HarleyDavidsonreeks vir 2014
MotorSport
Nuut
Vettel in beheer D
is nou byna ’n uitgemaakte saak. Sebastian Vettel is onkeerbaar op pad na sy vierde wêreldtitel in Formule Een nadat hy verlede week in Japan en ook in Singapoer in sy Infiniti Red Bull geseëvier het. Ná sy sege op die Suzuka-baan is die Duitser 90 punte voor sy naaste teenstander, Fernando Alonso, met net 100 punte nog beskikbaar in die laaste vier renne. Die Spanjaard, wat vierde was in Japan in sy Ferrari, het ná die ren toegegee sy aanslag op die titel is verby. In Japan was dit ook duidelik dat die Red Bull-span die titelstryd so gou doenlik wil besleg, want hoewel Mark Webber, Vettel se Aussiespanmaat, uit die eerste posisie weggespring en tot met die eerste
kuipebesoek voor die jong Duitser was, is sy renplan skielik van ’n tweestop- na ’n driestop-strategie verander. Dit het in Vettel se guns getel, en hy het uiteindelik gerieflik gewen, gevolg deur Webber en die Fransman Romain Grosjean, wat aanvanklik voorgeloop het totdat die Red Bull-jaers hom kon inhaal en verbysteek. Alonso, wat in die agtste plek weggespring het, het goed gejaag om ná ’n stryd met Nico Hülkenburg (Sauber), Nico Rosberg (McLaren) en sy spanmaat Felipe Massa vierde te eindig. Vettel is nou volkome in beheer van die kampioenskap en behoort met die volgende ren in Indië weer die titel te beklink.
OnsRyding
Op die tuisfront het die Castrol Toyota Hilux-span sy segetog in die voorlaaste ronde van die Donaldson- nasionale veldrenreeks voortgesit en ook die produksievoertuigkampioenskapsreeks beklink. Hoewel Duncan Vos en Rob Howie die Ford-Handelaars 400-ren gewen het, was vierde plek genoeg om te verseker dat hul spanmaats Anthony Taylor en Dennis Murphy as die nuwe kampioene gekroon word. Chris Visser en Japie Badenhorst (Ford Ranger) was tweede ná Vos/ Howie, gevolg deur hul spanmaats Lance Woolridge en Ward Huxtable. Die finale ren in die reeks, die Atlas Copco 400, vind einde aanstaande maand in Westonaria plaas. – Ferdi de Vos
Triumph Tiger 800XC
Van links: Die Tiger, die skrywer en een misterieuse, kamerasku mens by wie die skrywer moontlik romanties be trokke is | FOTO: WILLEM VAN DER BERG
Tiger dra twee met gemak O
ns mans lewe die meeste van ons dae in ’n illusie. Dan glo ons, onder meer, dat motorfietse mooi vroue soos ’n superkragtige magneet aantrek. In die tyd toe ek so bietjie veldrenne gery het en op my koelste gevoel het, het ek glad nie ’n meisie “opgetel” nie. Met my swart Yamaha XT 660 R het ek een of twee passasiers ge-lift en ’n opflikkering van belangstelling en hoop beleef. Ná die Yammie het my KTM 640 Adventure op sy beurt alles en almal afgeskrik met sy gebulder en vibrasies. Nou het ek ’n BMW F 800 GS Triple Black en hy is so warm soos Ryan Gosling wat ’n back summie oor ’n stapel Guesshandsakke maak. Maar ek draai nie juis die vroue se koppe nie. Nie dat ek meer wil nie, want ek het waaragtig die mooiste Vrystater ooit oortuig om van my te hou en dit sonder hulp van ’n motorfiets. Maar sedert InRat se Triumph Tiger 800 XC ook hier in my erf staan, wil Daleen net op die “Triomf ” ry. Dié fiets maak duidelik ’n tier iewers wakker. En ons weet al klaar die Tiger 800 ís sexy. Daleen weeg omtrent soveel soos
’n groterige poedel (dis nie veel nie, vir die kat-mense), daarom is dit moeilik om ’n omvattende mening te gee oor hoe die Triumph hanteer met ’n passasier agterop. Ek en die Triumph was geensins bewus van haar teenwoordigheid nie. Met sy lekker wringkrag dra die Tiger ’n passasier met groot gemak. Die vering hanteer die ekstra gewig sonder om te kreun en die agterste modderskerm gaan nie sommer teen die wiel druk nie. As dit wel gebeur, moet jy ’n diplomatiese manier vind om jou passasier se aansienlike gewigsprobleem te bespreek. Maar wat sê Daleen? “Ek kan voel hy het baie wringkrag. Nè? Dis mos wringkrag wat maak dat hy so sterk wegtrek?” Ja, Daleen is reg. Volgens haar moes sy behoorlik klou as ek die Tiger se oor getrek het. Haar armspiere was die volgende dag styf van die klou met die versnelling en keer met die remmery. Want selfs met die ekstra gewig op was die fiets se ABS-remme steeds dodelik en het ons so vinnig soos jy “briek” kan sê tot stilstand gekom. Die sitposisie is baie gemaklik, sê
Daleen. “Ek sit nie so hoog soos op ander fietse nie. Op die 1200 GS BMW het ek baie hoër as jy gesit en al wat ’n tor is, het bo-oor jou en teen mý kop vasgevlie.” ’n Mens kan wel die ou agter die stuur se sitplekhoogte verstel en op sy laagste sal hy wel laer as die passasier s’n wees. Maar nie soveel laer soos op ander fietse soos die 1200 GS nie. (Ek het my sitplek op die Triumph op sy hoogste verstelling gehad.) Die Tiger verskaf nie veel beskerming teen die wind van voor nie en teen 180 km/h het Daleen hieroor bietjie gekla. ’n Gemaklike spoed was 150 km/h. Dis verbasend hoe gemaklik die Tiger teen hoë snelhede is. Met ’n passasier. Daleen het ook genoem dat die sitplek vir haar effe aan die harde kant was. Hou in gedagte dat sy nie baie saam met my ry nie. ’n Mens se boude word mos ryfiks. Ná ’n lekker wye draai het ons bo-op Naval Hill in Bloemfontein stilgehou en oor die stad gekyk. Ons het soos rolprentsterre gevoel. Alles te danke aan die Triumph. – Willem van der Berg
Die Fat Bob (bo) is net kosmeties vernuwe, maar die Ultra se enjin word nou met Jack Daniels en Coke Light verkoel | FOTO: HARLEYDAVIDSON
Bekend maar nóg beter T
radisie is ’n tweesnydende swaard, want hoeveel behou jy en hoeveel moet jy vernuwe? Dit is ’n swaard wat koshuislede, byvoorbeeld, elke jaar in die helfte sny: die administrasie en verligtes wil hê hulle moet transformeer en die verkramptes wil hê die eerstejaars of gr. 8’s moet hondekos eet. Met ’n handelsmerk ouer as 110 jaar kan jy dink dat Harley-Davidson-mense daar in Milwaukee snags wakker lê oor dié dilemma. Daar is mededingers, soos Victory, asook fasette van die Harleys wat aandag benodig het. Soos die koffers op die toer-Harleys, wat gevoel het asof hulle teen ’n afslagprys in China gemaak is en boonop met ’n gesukkel oop- en toegemaak het. “Gemaak” is verlede tyd, want die tasse is een van die 2014-reeks se verbeterings. Skielik is dit lekker om dié koffers – sommer met die een hand – te gebruik. Boonop lyk die tas agter die passasier platter, maar het nou plek vir twee volgrootte valhelms. Ons praat maar eers oor bagasie, want die volgende vernuwing is ’n skok: waterverkoeling. Ja, HarleyDavidson het twee verkoelers aangebring ( jy sal hulle moeilik raaksien) sodat die Electra Glide Ultra Limited se groot dubbel-V-silinderenjin van byna 1 700 cc komkommerkoel bly. Dit het die vervaardiger in staat gestel om meer krag, 3 kW en 8 Nm, uit die ou grote te tap, sonder dat hy gaan oorverhit of juis anders klink as tevore. Die vernaamste nuwigheid moet die verbeterde remme wees. Die groot Harleys het al geruime tyd sluitwerende remme (ABS) maar hulle het nie altyd gevoel of hulle ’n halfton staal en vlees tot stilstand kan bring nie. Gelukkig verskil die nuwe remme soveel van die oues soos Miley Cyrus van Carike Keuzenkamp. As jy rem, ruk die fiets amper tot stilstand soos Billy Ray toe hy sy dogter by die MTVtoekennings sien “dans” het. Van die kollig gepraat – die groter Harleys se hoofligte is aansienlik verbeter en die top-weergawes het sowaar byderwetse LED-hoofligte gekry – iets waarvan die meeste motors nog net kan droom. Die skakelaars waarmee die ligte en talle ander funksies beheer word, verstel nou ook makliker onder ’n mens se duim. Een van dié funksies is ’n nuwe multimedia-inligtingstelsel wat satellietnavigasie (GPS) insluit. Dit bevat ook ’n musiekspeler sodat jy Miley, Carike óf Billy Ray se musiek koordloos (deur Bluetooth) van ’n gepaste iPod of selfoon kan speel. Daarom is dit goed om te weet die versterker en klankstelsel verwring 90% minder as voorheen, volgens HarleyDavidson. Die opknappings wat hy aangebring het, is die vrug van talle onderhoude met bestaande eienaars en passasiers. Mammie se gerief het dus ook aandag gekry en die armleunings is nou meer regop sodat haar arms nie afgly nie. Nog ’n nuwe geriefskenmerk is ’n verstelbare gleuf in die windskerm, wat help om die hoek van die lugstroom van voor te verander sodat dit die ryer se valhelm minder karnuffel. Pa het darem ook ’n breër sitplek gekry. Pleks van nuwe verfkleure en dalk ’n ander modderskerm het Harley-Davidson sy luukse toerfietse vanjaar deeglik hersien, wat maak dat hulle soveel meer genot verskaf as voorheen. En dit sonder dat die fanatici kan kla dat dit nie meer ’n Harley is nie. – Justus Visagie PRYSE Die 2014 Harley-Davidson-reeks wissel van R95 600 tot R425 450.
XXX LJB DP [B
15223OFyt
Glo in jouself. Moenie huiwer nie. Moenie jou eie krag onderskat nie. Moenie nederig wees nie. Moet nooit opgee nie. ‘Nooit’ is nie ’n opsie nie. Nuwe Cerato5 Dit het ‘Sportitude’.