Tuisteskeppers juig oor Duster
’n Viertrek vir die dwarstrekkers
4
3
’n Blaar land in Waterkloof
Is die A45 AMG te warm vir sy wiele?
6
2
InRat Bylae tot Rapport
15 September 2013
Infiniti Essence
Vuurwarm
nuus uit Frankfurt &Kalifornië
4&5
VW Golf R
2 InRat
15 September 2013
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Die toekoms is hier. Amper...
InRat Redakteur Justus Visagie Epos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226
B
Advertensies Attie Bekker Epos: attie.bekker @media24.com Tel: 011 713 9545
Duster jaag deur die spinnerakke A
Nuut
fgesien van ’n huisie by die see wil almal ’n 4x4 hê. Hy hoef nie in die veld te ry nie, hy moet net lyk of hy kan. Renault se nuwe Duster lyk reg, maar kan ook stof opskop. Dit lyk soos ’n tipiese sagte veldryer soos die Nissan X-Trail, maar Renault vergelyk hom met klein sedans soos die Corolla omdat hy in hierdie prysklas val. Met die bekostigbaarste weergawe, die 1.6 Expression vir R194 000, kan baie motorkopers nou die voordele van ’n groot bagasieruim en hoë pens geniet. Vir soveel geld kan jy nie duur leersitplekke verwag nie. Tog het alle variante van die Duster ABS-remme, lugsakke, lugversorging, elektriese vensters en sentrale sluitstelsel met afstandbeheer. Die luukser Dynamique-weergawes het ook ’n navigasiestelsel. Binne is harde plastiekpanele oral te sien, maar dit lyk nie uit plek nie en die rubbervloer maak die Duster ’n praktiese kinderkarweier en ontspanningsvoertuig. Daar is 475 liter se pakplek in die bagasiebak – heelwat meer as in ’n Corolla (348 liter) of in ’n Ford Focus sedan (385 liter). Maar die agterste passasiers boet beenruimte in hiervoor. Met sy pens 210 mm bo die grond kan die Duster oor meer as net ’n sypaadjie klim. Die 1.5 Dynamique 4x4 is vernuftig oor rowwe dele van ons roete en ons het hom met gemak deur ’n hindernisbaan gestuur. Die sesgang-ratkas se eerste rat is baie kort en dit maak ietwat op vir die feit dat die Duster nie met laestrek toegerus is nie. Die viertrekweergawes het drie rymodusse: voorwielaandrywing, Auto (vierwielaandrywing met krag outomaties versprei soos wieltol bespeur word) en Lock (gelyke krag en wringkrag na voor en agter). Die Auto-rymodus het puik gewerk op die grondpad en het die Duster stewig op die pad gehou terwyl ons deur draaie geskiet het. Die 1.5 dCi-enjin, wat ook in Nissans te kry is, ontwikkel ’n skaflike 80 kW en 240 Nm. Dit gaan jou nie teen die rugleuning vaspen nie, maar dié ryding is nie vir ’n kwartmyl-versnelren gemaak nie. Die 1,6 liter-petrolenjin lewer 75 kW en 145 Nm, maar was nie by die bekendstelling te ry nie. Renault sê brandstofverbruik vir die 1.5-diesel is 5,5 liter/100 km en die 1.6-petrol s’n 7,5 liter/100 km. Die Duster is prakties, prettig en gerieflik. Hy bied meer mense die opsie om te gaan stof opskop. Ons kan al hoor hoe brom die Discovery- en Fortuner-eienaars. – Willem van der Berg
Renault Duster Die duurste Duster kos R239 900 FOTO: RENAULT
OnsRyding
y die Frankfurtmotorskou, waar InRat die afgelope week rondge loop het, het al die vervaardigers die media probeer oortuig hoe omge wingsvriendelik hulle is. Die fokus is beslis steeds op lae brandstofverbruik en alternatiewe aandrywing, hetsy elektries, aardgas of waterstof. Sonder uitsondering word ongeloof like brandstofverbruiksyfers verkondig, gewoonlik vir hibriedmotors. Hoe klink ’n MercedesBenz SKlas wat 3 li ter/100 km gebruik, ’n Porsche Panamera teen 3,6 liter/100 km, of ’n Volvo XC60 se 1,8 li ter/100 km? Omtrent almal maak deesdae sulke onmoontlike bewerings. As die vervaardigers tog net eerlik wou wees. Daardie syfers kan net behaal word in ’n laborato rium, met batterye wat volgelaai was aan die be gin van die verbruikstoets, en met die enjin wat so
min doen dat versnelling onmerkbaar is. Die utopie van bekostigbare motors wat reuseafstande verslind terwyl hul le hoofsaaklik op skoon lug loop, lê nog ver in die toekoms. Een ding is egter seker: die era van die elektriese massamarkmotor is op hande. Nissan*, Volkswagen en BMW is die leiers in hierdie wedren, en die produkte is indrukwekkend in eie reg, veral as die heelwat duurder en onbe kende Tesla bygereken word. Maar tot hul pryse en reikafstand vergelyk kan word met tradisionele motors, sal die beste oplossing nog steeds in doeltreffende binnebrandenjins, bespa rende rygewoontes en openbare vervoer lê. – Justus Visagie Volg @RapportInRat of @ryveilig op Twitter * Nissan begin volgende maand met plaaslike verkope van sy volkome elektriese Leaf. Sien bl. 4.
Ek en my wiele G
errie Pretorius is een van Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse sangers en nou ook aanbieder van die program Leef jou reis met Gerrie Pretorius op kykNET. Hy gesels met InRat oor Matilda, asook sy getroue bakkie wat hom op sy Afrika-reise vergesel. Wat ry jy? Wat is jou voertuig se beste en swakste eienskappe? ’n Nissan Navara 4x4 dCi Auto. Hy is ’n geharde bakkie en neem my moeiteloos na enige plek in Afrika. Sy swakste eienskap . . . hy is dors! Jou beste motor-herinneringe? Ek het ’n 1959 Beetle gehad en haar naam was Matilda. Ons het met haar vir ons matriekvakansie Plettenbergbaai toe gery. Watter vervoermiddel sal jy aanskaf as ons jou ’n koopbewys van R5 miljoen gee? ’n Seiljag. Dit is ’n uiters duur stokperdjie en ek sal graag die wêreld daarmee wil verken. As jy wou hê jou motor moet ’n verlengstuk van jou persoonlikheid wees, wat sou jy koop? Die Nissan Pathfinder 3.0 dCi V6. Het jy al geryloop? Ja, in my studentejare het ek dit baie gedoen. Het jy al ooit ’n motor se vensters van binne laat toewasem? Ja, dikwels! Wie’t jou geleer bestuur en het jy die rybewystoets maklik geslaag? Ek het myself sommer geleer op die kleinhoewe waar ek grootgeword het. Ek bestuur al van laerskool af en het my rybewystoets ook die eerste keer geslaag. Swets jy ander padgebruikers in die privaatheid (en klankdigtheid) van jou eie motor? Ja . . . nogal gereeld. Ek wens meer mense kan
Gerrie Pretorius en sy Nissan Navara 4x4 | FOTO: VERSKAF hul truspieëltjies reg gebruik. Wie gaan vanjaar Formule 1 wen? Ek dink Sebastian Vettel het ’n goeie kans. Waarna luister jy wanneer jy ry? Stilte. Maar ek is gewoonlik op my foon! Watter toestel wil jy die graagste in jou motor ingebou hê? ’n Hands free kit vir my foon! Maar eintlik het ek alles wat ek nodig het. My bakkie is volledig toegerus vir al my Afrika-toere. Wat is jou droom-job in die motorbedryf of motorsport ? Ek wou nog altyd ’n renjaer wees, maar deesdae sal ek nie omgee om ’n toerleier in Afrika te wees nie.
Citroën DS3 eHDi 90 Style geleentheid om ’n trekker te bestuur, gryp dié ervaring aan. Hy’t byvoorbeeld ’n rem vir elkeen van die groot agterwiele sodat jy hom soos ’n oorlogtenk kan draai deur net een wiel te rem. Groot pret. Ja, net soveel pret soos die DS3, ondanks sy tekortkomings en dat dit een van die natste naweke van die seisoen was. Ons het 260 km gery en dit het gelyk asof die brandstoftenk dit nie juis agterkom nie. En daar gaan die Wit Blits alweer, op pad na die Lesotho Sky-bergfietsren in . . . Lesotho. – Justus Visagie
Wit Blits skrik nie vir ’n nat pad I
nRat se Citroën DS3 werk besonder suinig met brandstof en daarom wil almal hom leen wanneer daar verder as 150 km gery moet word. Toe ons die Stellenbosch-omgewing vir ’n reisartikel moes gaan verken, is die Wit Blits se anker gelig. Min het ons geweet dat iets soos “Wit Weerligstraal” ’n meer gepaste naam sou wees, want onweerswolke het soos ’n armada in die wynland se hemel saamgepak. Gelukkig het die DS3 reeds gewys dat hy waterbestand is (InRat, 18 Aug.) en sy glybeheerstelsel gee verdere gemoedsrus op nat
GERRIE PRETORIUS
Ons DS3 met die Bonne Esperance hotel agter hom | FOTO: WILLEM VAN DER BERG paaie. Terloops, dis hoe glybeheer (ook bekend as stabiliteitsbeheer) werk: ’n Sensor in die motor se middelpunt bepaal of die motor te veel of te min om die middelpunt beweeg teenoor die rigting waarin die stuurwiel die motor stuur. As dit nie ooreenstem nie, omdat die voorwiele of agterwiele hul greep op die pad verloor, kan die motor vanself ingryp en ’n wiel rem of die enjinkrag verminder. Só kry die motor dan weer
koers, sonder dat die bestuurder enigiets hoef te doen. Op pad na die wynlandgoed Delheim het die eerste druppels geval en die DS3 het ons daaraan herinner dat sy agtervering te hard is deur sy stert op die pad na die kelder te laat wip. Die stamperige rit het my op die volgende ryding voorberei: ’n John Deere-trekker. Die plaasbaas het ingestem dat InRat een ry. As jy ’n stadsjapie is en jy kry ooit die
SYFERS PRYS R251 900 ENJIN 1 560 cc-viersilinder-turbodiesel RATKAS Vyfgang-handrat, voorwielaandrywing KRAG 68 kW @ 4 000 r/min en 230 Nm @ 1 750 r/min VERRIGTING 0-100 km/h in 11.3 sek. en 182 km/h; 98 g CO2/km (volgens Citroën) VERBRUIK 5,1 liter/100 km (ons syfer) BRANDSTOFTENK 46 liter AFSTAND AFGELÊ 3 226 km
15 September 2013
InRat 3
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Geheime wapen D
Nuut
Mitsubishi Pajero Sport
ie herlewing in die bakkie-gegronke, stabiliteitsbeheer en sluitweerremme. Dis maklik om de sportnutsmark tel momentum Ander standaardtoerusting sluit in ’n van die Pajero op met Mitsubishi se deeglik gepo- raakskerm-klankstelsel met beheerknopSport te ver leerde nuwe Pajero Sport wat pas op ons pies op die stuurwiel, ratspane, USB- en geet in ’n are paaie losgelaat is om oorlog te voer met Bluetooth-versoenbaarheid, ’n trukamera na waar die die Fortuner, Trailblazer, Everest en en afsonderlike lugversorging vir die Fortuner die Pathfinder. Hy lyk baie soos voorheen, voorste en agterste insittendes in die superster is met klein veranderings buite aan die ligruim sewesitplek-kajuit. Sy agterste ry FOTO: te en buffers, en grootliks dieselfde binsitplekke vou plat in die vloer in en dit MITSUBISHI neruim. Maar onder sy vel is die verandoen wondere vir sy laairuimte. Bougederinge ingrypend en maak dit die Sport halte is deurgaans goed, met duursame de vir ’n voertuig met so ’n wye reeks Die Pajero Sport het die regte kombiselfs begeerliker as voorheen. leersitplekke as standaardtoerusting. sterk punte. Sy waarborg geld drie jaar nasie van waarde en bruikbaarheid wat Die vernuwing begin by die enjin en Die kaneel op die melktert is sy pryshom ’n wegholsukses behoort te maak. ratkas, waar ’n splinternuwe 2,5 liter-turkaartjie: R435 900 vir die 4x4-handrat en of 100 000 km en hy het ’n diensplan vir vyf jaar of 90 000 km. – Martin Pretorius bodiesel met 131 kW en 400 Nm (350 Nm R445 900 vir die 4x4-outo is goeie waarvir die outo-variant) by die ou 3,2 liter oorneem, en ’n nuwe vyfgang-outo’kas die ou viergang-eenheid vervang. Die enjin is heelwat kleiner as voorheen, en ’n vyfgang-ratkas is nie regtig groot nuus in ’n wêreld waar 7- en 8-gangers begin gewild raak nie, maar die nuwe oond lewer 11 kW meer as sy voorganger en die ratkas hou die enjin altyd binne sy doeltreffende toerestrek. Hy’s suinig met die voggies ook, met gemiddelde verbruiksyfers van 7,8 liter/100 km vir die handrat en 8,5 liter/100 km vir die outo, volgens Mitsubishi. Hierdie dinge is belangrik in ’n voertuig wat ewe tuis moet wees in die veld as op pad na die skool of bergfietsren. Gepraat van veldry: ons het tydens die bekendstellingsrit by die De Wildtviertrekterrein noordwes van Pretoria in die bos gaan speel – iets VANAF wat ons terloops ten sterkste kan aanbeveel vir eienaars van dié soort voertuig. Die Pajero Sport was indrukwekkend op die snelweg wat ons daarheen geneem het, sowel as in ruwe terrein. Die hoofweg-ritgehalte is glad danksy agterste kronkelvere en hersiene voorsuspensie. Daar is VANAF VANAF VANAF heelwat penshoogte en as-artikulasie en die kombinasie van ‘n Mahindra sal die vrag kan dra – Met sy uitstekende ontwerp, bied die sy laestrekratkas en middel- en agterste Mahindra enkel en dubbelkajuit uitstekende krag en uithouvermoe. ewenaarslotte beteTaai en sterk – daar is ‘n Mahindra wat jou vrag sal dra! ken die bestuurder reken lag-lag met obstruksies af. Die Om enige Mahindra te TOETSBESTUUR, SMS ‘RAPPORT’ na 42267 of enjin lewer meer as SKAKEL 0861 MAHINDRA* of gaan na www.mahindra.co.za of genoeg wringkrag net bo luierspoed besoek ‘n Mahindra-handelaar vir spesiale aanbiedinge op die hele reeks. om maklik teen rotse uit te stap. Sluit by ons aan Sluit by ons aan Die nuwe Pajero op Facebook op Twitter Sport se deugde Mahindra-South-Africa Mahindra SA strek egter verder, want hy het ’n volmahindra.co.za ledige lys veiligheidseienskappe, danksy ses lugsak-
HIER’S ’N BAKKIE MET MURG IN SY PYPE.
R234 900
R164 900
R129 900
MAH4973A
R159 900
4 InRat
15 September 2013
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Nuus
Infiniti se Essencekonsepmotor. Bombardeer asseblief Nissan se grootbase met epos sodat Infiniti hom bou | FOTO: NP
’N DATSUN VIR SUIDAFRIKA IN 2014 MET GENOEG PLEK VIR MENS EN BAGASIE – MET LUGVERSORGING – VIR R99 900. MOTORS WAT NAMENS JOU KAN BESTUUR, SONDER OM BESTUURPLESIER WEG TE VAT. DAT DIE NISSAN MURANO BINNEKORT IN ’N SWAAN GAAN ONTLUIK.
D
is net enkele van die nuuspunte wat aan die lig gekom het by die Nissan360-konferensie wat InRat onlangs in Kalifornië in die VSA bygewoon het. Nissan gebruik dié geleentheid, wat elke vier jaar gehou word, om die media te vertel wat in sy broeikas is. Nog ’n groot storie is dat Nissan ons
nie verder gaan terg nie en homself daartoe verbind het om die Leaf teen omtrent R430 000 in Suid-Afrika te verkoop van die derde week in Oktober. Die prys sluit die installasie van ’n laaier van ongeveer R30 000 by die koper se huis in. (Sien berig onder) Opwindende nuus vir kopers wat nie
Nissan Leaf is eindelik hier D
ie Leaf sal volgende maand teen ongeveer R430 000 in Suid-Afrika te koop wees. “Nissan is die eerste handelsmerk wat die verkoop van elektriese voertuie in Suid-Afrika verken en ons is baie trots daarop,” sê Mike Whitfield, Nissan SA se uitvoerende hoof. Die Leaf se reikafstand is omtrent 175 km en dit neem hom 8 uur om deur ’n gewone kragprop vol te laai. Die Leaf is dus ’n stadsmotor en ’n gesin sal waarskynlik steeds met sy ander motor na ’n vakansieplek moet ry. Om die Leaf met Eskom-krag vol te laai, sal ongeveer R24 kos, maar daar is reeds enkele geboue in SA wat hul eie, volhoubare krag met sonpanele opwek
en so ’n laai-sessie sal dus gratis wees. Die Leaf se battery (wat die motor aandryf ) sal 5 tot 10 jaar hou en kan dan herwin of elders gebruik word, aangesien hy steeds 80% van sy oorspronklike kapasiteit sal hê. Die prys van ’n nuwe battery is nog nie bekend nie. Die Leaf se elektriese motor ontwikkel 80 kW en 280 Nm en die motor haal snelhede bokant 145 km/h. Hy het dieselfde geriefstoerusting as gewone motors, soos lugversorging, ’n trukamera en satellietnavigasie. Verkope van die Leaf in al 17 lande waar hy reeds beskikbaar is, het onlangs die 70 000-kerf verbygesteek. – Justus Visagie
die R2 miljoen- Nissan GT-R kan bekostig nie (nie eens oor 288 maande nie) is dat Nissan sy verrigting-subhandelsmerk Nismo op meer van sy modelle van toepassing gaan maak. Die Nismo-weergawes van die Juke en die 370Z word reeds vir Suid-Afrika ondersoek. Albei bied kragtiger enjins, sportiewer vering en glibberi-
Nissan LEAF
InRat 5
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Nuus
Nissan 360
Nissan verklap geheime by bosberaad
15 September 2013
ger bakpanele as hul alledaagse stalmaats. Alle Nismo-variante sal egter nie aansienlik kragtiger wees nie. Die Juke Nismo se maksimum kilowatt-syfer is byvoorbeeld slegs 7 kW meer as die Juke 1.6 DIG-T se maksimum van 140 kW. Terloops, een van die konsepmotors by die konferensie, die Extrem, dui daarop dat die bestaande Juke se opvolger steeds aweregs sal lyk, maar nie meer soos die padda in jou agtertuin nie. Dis ’n ontwerp wat ongetwyfeld by selfs meer mense byval sal vind. Behalwe die verrigtingsmotors soos die Juke-R, waarmee ons vir kort afstande kon ry, het Infiniti se konsepmotors die asem weggeslaan en oë laat blink. Ons kon ongelukkig nie die splinternuwe Infiniti Q50, wat met die 3-Reeks, A4, IS (Lexus) en C-Klas gaan meeding, bestuur nie. Sy hantering en vlak van bestuursgenot behoort puik te wees as hy aard na sy EX- en FX-broers wat al meer ’n jaar lank eienaars in SA vind. Ook omdat die Formule 1-kampioen, Sebastian Vettel, Infiniti se ingenieurs met die ontwikkeling hiervan gehelp het. Gehaltegewys stel sy instrumentepaneel egter teleur; dit is minderwaardig aan die Nissan Qashqai en X-Trail s’n. En wat van die blikbreine wat jou moet help bestuur? Nissan se mense wat hulle met veiligheid en ontwikkelings vir die toekoms bemoei, sê jou motor gaan die rol van ’n “waardevolle assistent” vervul. Jy sal steeds kan vet gee, rem en stuur, maar as jy jou nie daarby gaan bepaal soos jy moet nie, gaan die motor jou bas red. As dié idee ’n stap verder gaan en motors wat outonoom is, beskikbaar word, sal jy die vryheid hê om iets anders te doen terwyl jy ry – iets wat sommiges reeds bemeester het deur grimering aan te wend of per SMS te klets op pad werk toe. – Justus Visagie → Nissan besit Infiniti en Datsun
Nuus
Frankfurtmotorskou
Nuus
VWgroep domineer op Frankfurt D
Hyundai se nuwe i10 sal volgende jaar in SA land. Dis die kort model by die agterdeur wat hom so groot laat lyk | FOTO: NP
Nuwe i10 gaan opskudding maak HYUNDAI HET PAS SY NUWE i10 AAN DIE WÊRELD GEWYS, EN MET DIE BEKENDSTELLING HET ’N KOLLEKTIEWE OPGEWONDENHEID UIT DIE GROOTKOPPE VAN DIÉ KOREAANSE VERVAARDIGER GESTRAAL.
D
Hoe ver kan jy ry met R24 se petrol? Die Leaf kan 175 km met R24 rand se Eskom krag ry. Maar ons weet nog nie wat ’n nuwe battery gaan kos nie... | FOTO: NP
Frankfurtmotorskou
ié selfvertroue is maklik om te verstaan, want sy nuweling het ’n klomp uitstaande kenmerke. Dié stadsmotortjie is by Hyundai se sentrum in Russelsheim, Duitsland ontwerp, word in ’n splinternuwe aanleg in Turkye gebou, en is direk gemik op die Europese supermini-marksegment. Die goeie nuus is dat hy klaar bevestig is vir aankoms in Suid-Afrika teen die middel van 2014, en dat hy sal mik om in te pas tussen die bestaande i10en i20-modelle. Daarom sal ons hom aanvanklik net kry met die 1,2 liter-enjintjie (64 kW) en omvattende toerusting, maar steeds
teen ’n mededingende prys. Moenie dink daar is meer as net sy voorganger se naam behou nie, want Hyundai het seker gemaak sy nuwe kleintjie op alle fronte kan meeding met die Europese markleiers. Hy het glo ’n stiller kajuit as sy mededingers danksy uiters gevorderde klankdemping, bied meer kajuitruimte en het ’n groter bagasiebak as sy teenstanders. Daar is heelwat aandag aan die detailontwerp gegee, soos ’n koolstofvesel-behandeling op sekere ratkas-onderdele, net om die ratskakeling te verbeter en ’n langer lewensduur te verseker. Gerief en padhouvermoë is verbeter
danksy nuwe voor- en agteras-ontwerpe, en vering wat opgestel is volgens Europese (en dus ook Suid-Afrikaanse) motoriste se voorkeure. Die i10 se veiligheid het ook onder die vergrootglas gekom, en hy spog nou met stabiliteitsbeheer, ABS vir sy skyfremme voor en agter, en ses lugsakke. Alle variante het ook elektriese vensters en iPod/USB-versoenbaarheid – iets wat nog ongewoon is in die goedkoper buurte van die motormark. Soos gebruiklik sal die i10 ’n waarborg van vyf jaar of 150 000 km hê. Dié oulike ryding kan vir Hyundai die deur na die harte van ’n nuwe geslag kopers oopmaak. As hy so lekker is om te bestuur soos hy is om na te kyk, en Hyundai kan die prys billik hou, gaan hy stapels van hulle in ons land verkoop. Die inval vanuit Suid-Korea duur onverpoos voort . . . – Martin Pretorius
ie Volkswagen-groep se perskonferensie tydens die Frankfurtse motorskou was ’n reuse-geleentheid. Dis nie aldag dat een maatskappy so ’n lang rits nuwe modelle ten toon stel nie – en daar is iets vars in elke segment van klein stadsmotortjies tot die super-luukse klas. Aan die een kant is daar ’n reeks elektriese en hibriedvoertuie, waaronder die e-Golf met 85 kW en 270 Nm en die Panamera S e-Hybrid (waarvoor hulle verbruik van 3,1 liter/100 km aandui), en aan die ander kant is daar ’n nuwe Bentley Continental GT V8S met 386 kW en 680 Nm. En moenie dink die konsepmotors het die korter lootjie getrek nie, want Audi het twee nuwe konsepte uitgereik: Die vreemde Nanuk (dink aan ’n R8 op stelte met ’n 400 kW 5,0 liter- V10-turbodiesel,) en die pragtige Sport Quattro, met sy 515 kW-hibriedkragbron. Die relevantste nuus vir Suid-Afrika is egter die nuwe Golf R, wat vroeg in volgende jaar hier aankom. Die plaaslike weergawe sal ’n maksimum van 206 kW en 380 Nm met sy 2.0 TFSI-enjin ontwikkel – genoeg om van stilstand tot 100 km/h te snol in 4.9 sekondes as ’n DSG-ratkas die krag na die 4Motionviertrekstelsel stuur. Verrigting is duidelik steeds ’n fokuspunt in Wolfsburg. Sy pryskaartjie is ook goeie nuus: verwag dat hy minder as R500 000 gaan kos – heelwat minder as ’n Mercedes-Benz A45 AMG, sonder om verrigtingsgewys juis terug te staan. Aan die ander kant van die VW-stal het Audi ook goeie nuus vir Suid-Afrikaners, want die verruklike nuwe A3 Cabriolet gaan ook vroeg in 2014 sy opwagting in ons land maak. Verwag dieselfde enjinkeuses as die luikrug-model, maar heelwat stewiger pryse. Audi het ook die verfrisde A8 bekend gestel, met heelwat nuwe tegnologie soos volledige LED-hoofligte en verbeterde multimedia- en internetverbinding. Met so ’n reeks opwindende nuwe modelle om hul reeds suksesvolle stal uit te brei, staan Volkswagen en Audi gereed om ’n selfs groter deel van die mark oor te neem. Ons sien uit na nog opwindende nuwelinge uit hierdie groep. Veral Porsche se nuwe 911 Turbo en verbeterde Cayenne S Diesel. – Martin Pretorius
6 InRat
15 September 2013
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
Nuut
MercedesBenz A45 AMG 4MATIC
Chucky die ‘Transformer’ M
ichael Bay is ’n rolprentvervaardiger bekend om lokettreffers soos Armageddon en die Transformers-reeks. Die storielyn en karakterontwikkeling is beperk, maar dié flieks laat gehore nietemin na hul asem snak, want daar is geen tekort aan spanning en skouspelagtige ontploffings nie. Bay het ’n eweknie in die motorwêreld – AMG, Mercedes-Benz se verrigtingshuis. Want hoewel hulle selde delikaat is, bied elke AMG-motor ’n oormaat drama, geraas en (vinnige) aksie. Nes Transformers. En nou is daar ’n vervolgprent vir die skop-skiet-en-donner C63, SLS en SLK55: Die A45 AMG, met ’n amper identiese storielyn, nuwe akteurs en ’n klomp nuwe spesiale effekte. In dié geval voorsien ’n fantastiese nuwe tweeliter-vierplaatstofie die ontploffings. Gegrond op die Merc A250 se enjin, maar bygewerk met versterkte binnegoed, meer turbo-druk, en verbeterde verkoeling- en uitlaatstelsels, ontwikkel hy ’n merkwaardige 133 kW/liter (in terme van enjingrootte) vir ’n totaal van 265 kW, met 450 Nm se wringkrag. ’n Sewegang- dubbelkoppelaar-outo’kas en wegspringbeheer gee woeste verrigting: hoe klink 0 tot 100 km/h in 4.6 sekondes (vinniger as ’n C63 of BMW M3) en ’n beperkte topspoed van 250 km/h? Dis darem nie net spoed en drama nie, want as ’n mens mooi ry, reken Mercedes hy sal lig op sous wees ook. Die klankbaan sal ook oë laat rek en ore tuit, want in Sport-modus knal die uitlaat soos ’n kanon met elke ratwisseling. Die verrigting op die pad is selfs indrukwekkender as die naakte syfers, want dis eintlik nie ’n enjin onder die kap nie, maar ’n kernreaktor. Met die lepel in die vloer gebêre vou jou ingewande om jou rugstring, en dit voel asof die karretjie die horison gryp en in jou skoot laat val. Dáár word in ’n asemteug híér, en meer krag is altyd be-
Nuus
Volvo FH
So vinnig soos ’n koeël uit ’n Colt 45, maar dalk nie meer as ’n ongeleide missiel nie | FOTO: NP skikbaar. Soos alle AMG’s is die A45 hoofsaaklik gefokus op waansinnige verrigting. Dis die eerste viersilinder-AMG, en die eerste witwarm A-Klas. Voorwielaandrywing se vermoë om hope krag doeltreffend op die pad neer te sit, is beperk en daarom is die A45 toegerus met ’n Haldex-viertrekstelsel en herontwikkelde suspensie. Die resultaat is dramaties anders as die gewone, louwarm A-Klas. Dit sou min beteken as die A45 net vinnig in ’n reguit lyn was, want spoed moet ook afgeskud kan word. Die AMGremme was selfs ná vier vinnige rondtes om Kyalami steeds kragtig, al het die pedaal effens pap begin voel. Ongelukkig het die baan-rondtes ook kwaai stuurtraagheid getoon, waar die motor se
Kokkedoor van Korea D
Volvo FH Vragmotor van die Jaar Volvo Vragmotors se nuwe FHreeks is in Moskou as die Vragmotor van die Jaar vir 2014 aangewys. Die toe kenning is gemaak deur van Europa se voorste kommersiële voertuig joernaliste, wat 25 publikasies ver teenwoordig. Die eerste besending FHvragmotors sal binne drie weke in SuidAfrika aankom. Mark Eras mus, besturende direkteur van Volvo Trucks SuiderAfrika, sê plaaslike ko pers sal gou uitvind die nuwe Volvo FH is gebou met die bestuurder in gedagte en met ’n fokus op die verbetering van winsgewendheid van ’n vervoermaatskappy. “Die nuwe FHreeks het belangrike innovering waar dit tel: brandstofdoeltreffend heid, ergonomie, hantering, aktiewe en passiewe veiligheid en ’n klomp ander tydbesparende eienskappe.”
neus reguit beur ondanks die bestuurder se beste pogings met die stuurwiel. Dis sekerlik veilig vir die meeste bestuurders omdat die motor dan gouer spoed verloor totdat hy kan begin draai, maar nie regtig pret nie. Op die renbaan is sy hantering beslis nie so vloeiend soos ’n Mitsubishi Evo s’n nie, maar met die regte tegniek kan ’n mens hom tog vinnig deur draaie slinger. Die Haldex-stelsel sorg ook vir baie padgreep, maar hy het ’n aggressiewe tegniek nodig: rem hard, pluk die stuur (om die motor in die draai in te dwing), hoop die ratkas gehoorsaam jou bevele en voer baie petrol sodat die ewenaar krag na agter gelei om die stuurtraagheid te neutraliseer. Op die pad is hy egter uiters vasvoetig, rats en verbasend gemaklik vir ’n motor
is ’n lekker probleem om te hê: Om die mees gepaste veldryer te kies wanneer daar so ’n klomp verskillende modelle beskikbaar is. Hy moet mooi wees, maar die slaggate kan vat. Hy moet ’n kamerorkes kan vervoer, maar nie lomp wees om te parkeer nie. Hy moet genoeg pluk in sy agterstewe hê, maar hy moenie die sous vreet nie. Hy moet die Swartbergpas in ’n wolkbreuk kan aandurf, maar op Sy dop lyk bekend, maar sy binnegoed is byna die N1 moet hy ry soos ’n 3-Reeks volkome nuut | FOTO: QUICKPIC BMW. Die Kia Sorento, wat vroeër vanjaar vernuwe is, is omtrent so bagasiebak enorm. As jy die vals bodem naby as wat jy hieraan gaan kom. oplig, is daar geheime kompartemente Net ’n fanatikus sal kan sien hoe die wat perfek is vir Barbie en Ken se huis, veelsydige Sorento buitelangs ontrimpel is, maar veranderings aan sy meganika is swembad en perdestalle. Hoewel die Sorento se lang lyf bietjie ingrypend en die kajuit het ook onder oorleun in die draaie, gaan ek dit nie die snydokter se mes deurgeloop. teen hom hou nie, omdat sy 2,2 literHulle wat graag in die ry bo-aan die bliksemstraal-turbodieselenjin die langinstrumentepaneel vashou, sal bly wees dat dit nou van die sagter, luukser soort pad so moeiteloos verorber. Dié enjin, plastiek gemaak is. Daar’s ’n raps meer wat net op laeswael-diesel mag loop, het beenruimte as voorheen vir die agterste ’n nuwe uitlaatgas-hersirkulasiestelsel passasiers en kinders klim maklik in en wat minder koolstofdioksied vrystel. Volsitplekgordels “prop” moeiteloos langs gens die ritrekenaar was ons stadsverhul stoeltjies in en uit. Binne is die kajuit bruik 7,2 liter/100 km en ons langpadsyselfs stiller as voorheen teen hoofwegfer 6,9 liter/100 km, met die ECO-knop snelhede. ingedruk om die enjin rustiger en minOmdat die volgrootte noodwiel onder der dors te maak. Met sy gretige enjin die Sorento se pens gemonteer is, is die en lywige gestalte in ag geneem, is enig-
met so ’n sportiewe veerstelsel. Maar soos met elke Bay-fliek, sal die connoisseur verlang na dieper talent. Die ander kwelpunt is die lae toerustingsvlakke en hoë prys. Al die veiligheidsdinge is daar (dit bly ’n Mercedes), maar teen R600 000 verwag ’n mens darem ’n luukse soos outomatiese lugversorging – dit is egter opsioneel. Dit ter syde is die A45 ’n dramatiese nuweling met genoeg AMG-heid om entoesiaste se harte woes te laat klop. In ’n wêreld van vervelig-dog-vinnige blitsbukse staan hy beslis uit, soos Child’s Play se wrede pop, Chucky, wat in Toy Story beland het. – Martin Pretorius → Transformers 4 “Age of Extinction”, met Mark Wahlberg en Nicola Peltz as pa en dogter, word volgende jaar uitgereik.
KitsToets Kia Sorento 2WD iets onder 9 liter/100 km uitstekend. Die sesgang-outo’kas werk stil en doeltreffend, maar die ligte en vae stuurgevoel kom nie naby aan ’n BMW se direkte stuur nie. Die lysie van veiligheidstoerusting is lank vir dié “goedkoper”, voorwielaangedrewe Sorento se prys (die 4x4-weergawe is duurder). Behalwe ses lugsakke en wegtrekhulp op hellings is daar onder meer ook elektroniese stabiliteitsbeheer. Nog iets wat in sy guns tel, is dat hy nie vet of lomp voel in dun strate of parkeerplekke nie en dat sig na buite goed is. Die Sorento is ’n veilige, gesofistikeerde, ruim en aantreklike ryding wat sy man staan tussen die groot kokkedore van Sportnutsland. – Ané Theron SYFERS PRYS R408 000 ENJIN 2,2 F- viersilinder-turbodiesel, 147 kW en 436 Nm RATKAS Sesgang-outo, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 9.7 sekondes en 190 km/h topsnelheid; 7,2 F/100 km NAVERKOPE Gewaarborg vir vyf jaar of 150 000 km; diensplan vir vyf jaar of 100 000 km, versien elke 20 000 km OORWEEG OOK Hyundai Santa Fe 2.2 Premium 4x2 outo, Mitsubishi Pajero Sport Di-D 4x4 outo
15 September 2013
InRat 7
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |
MotorSport
Kimi Räikkönen sluit hom by Scuderia Ferrari aan | FOTO: FERRARI
Meesterskuif F
ormule Een Die terugkeer van “Ysman” Kimi Räikkönen na die Ferrari-span om aanstaande jaar se F1-seisoen saam met die vurige Fernando Alonso aan te pak, is ’n meesterskuif van die Maranellomanne en hul grootbaas Luca di Montezemolo. Waarom? Wel, as jy ’n briljante, dog knorrige Spanjaard in jou midde het (wat erg ontevrede met jou kar se verrigting is), soek jy iets om hom te motiveer, iets om hom te dwing om elke gram van sy potensiaal te gebruik. Hopelik tot wanneer sy kontrak einde 2015 tot ’n
einde kom. Wat dan beter as om ’n koel, kalm Fin, wat al ’n wêreldkampioen in ’n Ferrari was, en, soos liewe Fernando, uiters bedrewe agter ’n F1-stuurwiel is, in te bring om die kwynende vuur in die Spanjaard aan te blaas? Ferrari moes dié sakie goed deurdink het, want om Räikkönen na die rooi span terug te lok, het sekerlik tandetrek gekos (onthou, hy’s deur dié selwerse span in 2009 die deur gewys, ’n jaar voordat sy kontraktyd verstryk het). Die voorwaardes is ’n aanduiding hiervan: Gerugte wou dit hê die Fin sou net ’n jaarkontrak kry; dis nou twee jaar en
kom beslis teen ’n stewige prys. En laaste maar nie die minste nie, daar’s g’n sprake van no. 2-jaer-status (soos met Felipe Massa) nie. Ferrari en Di Montezemolo se wense is nou vervul met die beste jaerskombinasie in jare. Dit was 60 jaar gelede dat twee wêreldkampioene, Alberto Ascari en Nino Farina, vir die grootste span in F1 gejaag het. Maar soms moet ’n mens versigtig wees waarvoor jy wens. Hoe Ferrari (lees Di Montezemolo) die soms onvoorspelbare Räikkönen, én die uiteenlopende persoonlikhede van die Fin en Alonso gaan bestuur, is ’n ope vraag. Skimbeelde van Tambay en Arnoux by Ferrari, die “droomspan” van Senna en Prost by McLaren, of Hamilton en einste Alonso, ook by McLaren, doem op – en dit kan alles in trane eindig. En wat nou van Massa? Of Lotus hom in Räikkönen se plek sal vat, is onwaarskynlik. Nico Hülkenberg, wat nou vir Sauber jaag, is sekerlik die beste kandidaat, en dit kan dan beteken dat Massa by Sauber eindig – waar hy sy F1-loopbaan begin het. Wat dié seisoen betref, is Sebastian Vettel (Red Bull) ná opeenvolgende seges in die Belgiese Grand Prix op Spa-Francorchamps en Italiaanse Grand Prix op Monza feitlik onkeerbaar op pad na sy vierde wêreldkampioenskaptitel. Hy’s nou 53 punte voor Alonso, wat in albei renne die naaswenner was. Die Duitser se oorwinning op Monza was ook die Red Bull-span se 40ste F1-sege. En aanstaande jaar sal hy nóg ’n Aussie, Daniel Ricciardo, wat nou vir Scuderia Toro Rosso jaag, as spanmaat hê. SA-tydrenreeks Die verdedigende SA kampioene Mark Cronjé en Robin Houghton (Ford Fiesta
Promosie
Sleep woonwa só na kykNET Buite Ekspo
D
ie kykNET Buite Ekspo begin volgende week by die Mbiziwoonwapark naby Bela-Bela in Limpopo. As jy jou woonwa daarheen sleep, kan jy die volgende wenke van Jurgens-karavane oorweeg. 1. Die belangrikste aspek van sleep is die kombinasie van die sleepvoertuig en woonwa. Die totale massa van die woonwa – vol gelaai – moet minder wees as die sleepvoertuig se tarra. Indien die woonwa wel swaarder is, moet dit met elektriese of hidrouliese remme toegerus word. 2. Die druk van die woonwa se bande moet hoog wees en dieselfde geld die sleepvoertuig se agterste bande. Raadpleeg die woonwa en motor se handleidings of kry inligting van die woonwa-handelaar. Op swak grondpaaie moet die banddruk verminder word en dan dadelik verhoog word voordat jy weer op ’n teerpad ry. 3. Die sleephaak se hoogte is uiters belangrik en moet tussen 350 en 465 mm bo grondvlak wees. Laat die sleephaak aanpas as dit nie die geval is nie, deur byvoorbeeld ’n sakplaat te gebruik. ’n Permanente haak is veiliger as die tydelike soort. 4. Dis belangrik om die woonwa reg te pak, met die swaar artikels in die neus – raadpleeg die handleiding vir besonderhede. Watertenks moet leeg wees wanneer jy ry, behalwe as daar geen water by die bestemming is
nie. Dan is ’n vol tenk beter as halfvol, want dit verhoed dat die water binne die tenk(s) rondbeweeg. 5. ’n Woonwa moet gereeld versien word om te verseker dat sy remme deeglik werk en dat daar geen skade aan die asse is nie. Die wiele, bande, skokbrekers en wielsporing moet ook reg en gesond wees. Verseker ook dat die woonwa se stertligte werk – dis onwettig om te sleep as dit buite werking is. 6. Stabiliseerders is van groot waarde, maar hul vermoëns moenie oorskat word nie. Dis eintlik ’n noodmaatreël. In die meeste gevalle kan jy bloot jou voet van die versneller haal en die stuurwiel reguit vorentoe hou as die woonwa onstabiel raak, sodat dit herstel. 7. ’n Sleepvoertuig met ’n lang asafstand sleep beter as een met ’n kort wielbasis. Maak seker die agterste vering is styf genoeg, veral as jy met ’n veldvoertuig sleep. 8. Gebruik woonwa-spieëls as jy nie die agterste hoeke van die woonwa in jou motor se kantspieëls kan sien nie. 9. Dis onwettig en gevaarlik om nog ’n sleepding agter die woonwa te sleep. 10. Moenie vinniger as 100 km/h ry nie. Kom liewer veilig en ontspanne by jou bestemming aan. ; Die kykNET Buite Ekspo vind van 20 tot 22 September by die Mbizi-woonwapark, 8 km buite Bela-Bela (Warmbad) op die Thabazimbi-pad plaas. Besoek www.ekspo.co.za.
S2000) het hul voorsprong in vanjaar se reeks nog verder gerek met ’n gerieflike oorwinning in die Ford-handelaarstydren in Gauteng en is nou 25 punte voor hul naaste teenstanders, Jan Habig en Robert Paisley (Basil Read Ford Fiesta S2000). Habig en Paisley het teenspoed gehad en kon die ren net 11de voltooi, maar die jong Henk Lategan en Barry White (Volkswagen Sasolracing Polo S2000) het weer hul potensiaal gewys deur tweede te eindig, gevolg deur die Castrol Toyota Yaris-spanne van Johnny Gemmell/ Carolyn Swan en Leery Poulter/Elvéne Coetzee. Die sesde ronde in die reeks, die Toyota Kaapse handelaarstydren, het hierdie naweek plaasgevind. SA-veldrenreeks Anthony Taylor en Dennis Murphy (Castrol-Toyota Hilux) het met ’n vierde opeenvolgende oorwinning in die Donaldsons SA-veldrenreeks hul voorsprong in dié reeks tot 20 punte vergroot. Die paar het die Vryburg 400 van begin tot einde oorheers, terwyl hul spanmaats, Duncan Vos/Rob Howie, weer die naaswenners was, met die voormalige kampioene Chris Visser en Japie Badenhorst (Ford Ranger) derde. Quintin en Kallie Sullwald (Elegant Fuel BAT Venom) het die spesiale voertuigklas, asook klas A, in Vryburg gewen, gevolg deur Nardus Nel en sy seun Louis in hul Wrapsa BAT. Die KwaZulu-Natallers Clint Gibson en Gary Campbell (Porter) loop egter nou voor in die kampioenskap nadat hulle ’n goeie derde plek in dié veldren behaal het. Die volgende ren in die reeks, die Ford-handelaarsren, vind aanstaande maand in die omgewing van Thaba ’Nchu in die Vrystaat plaas. – Ferdi de Vos
www.kia.co.za
Laat ’n blywende indruk vir R3999 per maand.
TWEEWIELAANGEDREWE 2.0 MAN IGNITE SPORTAGE
10% DEPOSITO
25% BALLONBETALING
9% RENTEKOERS
TERMYN 72 MAANDE
Rentekoerse word aan die heersende prima koerse gekoppel, onderhewig aan veranderinge. Die transaksie is onderhewig aan die goedkeuring van krediet deur KIA Finance, ’n afdeling van MFC, ’n afdeling van Nedbank Beperk. Nedbank Beperk is ’n gemagtigde verskaffer van finansi le dienste. Nedbank Beperk is ’n geregistreerde kredietverskaffer kragtens die NKW (NCRCP 16). Die prys sluit aanvangsgeld van (R1140) asook ’n maandelikse diensfooi van (R57 p/m) uit. Die transaksie is slegs van toepassing op die geadverteerde spesifikasies. Enige addisionele bykomstighede sal onderhewig wees aan afsonderlike bepalings en voorwaardes. Die koste vir padbystand is uitgesluit. E&OE.
Facebook www.facebook.com/KiaMotorsSA
Twitter twitter.com/KiaMotorsSA
15149OFyt
Ons het goeie nuus – die lang gewag vir die KIA Sportage is uiteindelik verby. Besoek vandag nog jou naaste handelaar om joune te kry. Ons w t jy kan nie wag om ’n blywende indruk te laat nie.