InRat 17 November 2013

Page 1

’n Tier grom in die Tankwa

Lank, lenig en luuks; dis die Fiat 500L

5

4

7

InRat Bylae tot Rapport

17 November 2013

Mercedes­Benz CLA

Range Sport hou van swem en spoed

Ferrari Spider: profeet vir die ongelowiges

6

n a d y h Kan d r e e k r e v s k i n doen? 3


2 InRat

17 November 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Finaliste aangekondig

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226

Boek

Advertensies Attie Bekker E­pos: attie.bekker @media24.com Tel: 011 713 9545

Bike – The Longer Road. Deur Greg Beadle

Nuttige ‘biker’-boek

Die finaliste in die 2014 WesBank / SAGMJ Motor van die Jaar -kompetisie is nou bekend. ’n Paneel van 30 lede van die SAGMJ (Suid-Afrikaanse Motorskrywersgilde) het hulle uit 40 semifinaliste gekies. Die nege finaliste is (in alfabetiese volgorde): 2013 Audi A3 Sportback 1.4T FSI Manual 2013 Jaguar F-TYPE 3.0 V6 S 2013 Lexus IS 350 F-Sport 2013 Mercedes-Benz A 45 AMG 2013 Peugeot 208 GTI 2013 Porsche Cayman S 2013 Renault Clio4 66kW Turbo Dynamique 2013 Volkswagen Golf 7 1.4 TSI 90kW Comfortline DSG 2013 Volvo V40 D3 Geartronic Excel Die volgende stap in die beoordeling is ’n

D

ubbeldoel-motorfietse, die soort wat op teer en grond kan ry, het wêreldwyd ’n vinnig groeiende gier geword. Deesdae word daar sommer van avontuurmotorfietse gepraat en dit is hoogmode. Dis veral die leefstyl van vryheid en rondrits wat erg aantreklik lyk en menige kantoorwerker laat kwyl. Vele koop dan ook vir hulle van dié motorfietse. Die koper is dikwels ’n ouer mens wat nie voorheen motorfiets gery het nie. Vir dié maagde is ’n handleiding glad nie ’n slegte idee nie. Greg Beadle, ’n bekende fotograaf in die avontuurfietskringe, het onlangs sy tweede boek oor avontuurroetes uitgereik. Dié boek, Bike – The Longer Road, bevat vier roetes wat onderskeidelik deur Namibië, Botswana, Zimbabwe en Mosambiek loop. Die vyfde roete vat jou reg om Suid-Afrika, al teen die kus langs. Beadle het die roetes deur Namibië en Zimbabwe gery en die ander roetes is deur ander avontuurryers afgelê. Elke roete word in storievorm beskryf. En tussen geskiedkundige feite en humoristiese vertellings is daar waardevolle inligting oor die toestande van paaie, waar jy moet afdraai en waar jy kan oornag. Dit sou dalk beter gewerk het as die inligting oor verblyf en paaie eenkant uitgestip was, maar die feit bly staan, as jy deur die stukke in die boek gelees het, gaan jy ’n baie goeie idee hê van wat om te verwag en waar om te ry. Elke roete het ook ’n goed gemerkte kaart wat daarmee saamgaan met GPS-koördinate en interessante plekke daarop. Behalwe die roetes is daar profielonderhoude met onder andere Charlie Boorman, Ewan McGregor se mede-reisiger in Long Way Round en Long Way Down, en Alfie Cox, die SuidAfrikaanse motorfietslegende wat al aan verskeie Dakar-renne deelgeneem het. Daar is ook inligting oor avontuurmotorfietse, motorfietstoerusting en -klere. Dit is ’n gawe handleiding as jy onlangs vir die eerste keer ’n avontuurfiets aangeskaf het of dalk wil. En sou jy ’n hardebaardryer wees met heelwat stof agter die blad, sal jy kan baat vind by die roete-inligting. Oor die algemeen maak die boek jou lus om onmiddellik te pak en ver te gaan ry. – Willem van der Berg ; WEN! WEN! WEN! Bike – The Longer Road word deur MapStudio uitgegee, is in sagteband en beslaan 192 bladsye. Die boek is op Loot.co.za beskikbaar en kos R254. Om een van drie eksemplare te wen, SMS die antwoord op die volgende vraag na 073 575 1774: Met watter avontuurmotorfiets ry InRat deesdae? Die kompetisie sluit vanaand om middernag en die gewone reëls is van toepassing.

COTY

tweedag-evaluering in Januarie, onder meer by die Gerotek-toetsgerief naby Pretoria asook openbare paaie. Aspekte soos estetika, bougehalte, ergonomie, brandstofverbruik, omgewingsvriendelikheid, veiligheid en waarde vir geld word in ag geneem. Die beoordelaars sal ook toegang hê tot onafhanklike toetssyfers en onderdeelpryse. Elkeen van die finaliste word beskou as ’n voorbeeld van uitstaande motoringenieurswese, en die wenner moet ’n toonbeeld van veelsydigheid en uitnemendheid wees. Die wenner sal aangekondig word by ’n glansgeleentheid in Februarie. Volg die verloop van die kompetisie op Facebook by WesBank Car of the Year of op Twitter by @wesbankcoty.

Lexus ES nou hier Die Lexus ES bied nie alleen ’n prestige­naam­ plaatjie nie, maar ’n reusagtige kajuit en baga­ sieruim, taamlik flinke verrigting, goeie hante­ ring, ’n stil ry­ervaring en amper enige denkba­ re luukse, teen ’n haas onweerstaanbare prys. Teen R435 900 gee die ES250 sy teenstanders bloedneus. Die ES300h (hibried) kos R515 000. Lees die volledige berig oor die ES nou op www.rapportinrat.co.za | FOTO: LEXUS

MotorSport

Formule Eenrondomtalie N

oudat Sebastian Vettel se kragvertonings in Indië en Abu Dhabi verseker het dat hy vir die vierde opeenvolgende jaar as F1-wêreldkampioen gekroon word, het die aandag verskuif na die rondomtalie van spanne en jaers vir aanstaande jaar, terwyl die F1-grootbaas Bernie Ecclestone steeds deur ’n string korrupsie-aanklagte in die gesig gestaar word. Die 83-jarige Ecclestone, wat in 40 jaar F1 sy eie multi-miljardrand sakeryk gemaak het, staan tereg op aanklagte van omkopery in Brittanje, Amerika en Duitsland waarby meer as R6 miljard betrokke is. Indien hy skuldig bevind word en beheer oor die sport verloor, sal dit beslis ’n omwenteling, nee, eerder ’n revolusie, in F1 ontketen. Wees egter verseker dat die F1-poppemeester nie sonder slag of stoot sal oorgee nie. In al sy jare in beheer van F1 het hy al vele sulke aanklagte en hofsake oorleef. Intussen duur die jaer-mallemeule onverpoos voort. Ná sy aankondiging dat hy aanstaande jaar vir Ferrari gaan jaag en ’n rampspoed-vertoning

in Abu Dhabi, het Kimi Räikkönen se verhouding met Lotus só vertroebel dat hy nie vir die span in die laaste twee renne (in Austin, Texas, VSA, en São Paulo, Brasilië) sal jaag nie. Die Fin voer aan hy wil van ’n rugbesering herstel, maar sy geldprobleme met Lotus het beslis ’n rol in hierdie besluit gespeel (Fernando Alonso sukkel ook met rugprobleme, maar sal wel vir Ferrari in aksie wees). Räikkönen se sitplek in dié renne word deur Heikki Kovalainen, wat al voorheen vir Lotus gejaag het, ingeneem. Die Brasiliaan Felipe Massa se skuif na Williams was sekerlik die belangrikste aankondiging ná die Abu Dhabi-ren en dit is interessant dat sy rentegnikus Rob Smedley ook na Williams kan vertrek. Met hom en Valtteri Bottas by die Britse span, beteken dit Pastor Maldonado is nou sonder plek, hoewel hy deur Force India en Sauber oorweeg kan word. Ook Sergio Perez kan in die kuipelaan bly staan as McLaren die nuweling Kevin Magnussen (seun van die Deen en voormalige McLaren-jaer Jan Magnussen) met Jenson Button kombineer. Met Nico Hulkenberg op pad na Lotus sal die Mexikaan dus sake met Maldonado moet uitspook om ’n plek by Sauber, of met Paul di Resta rondom Force India. Intussen stoomroller Vettel en Red Bull ongestoord voort, en die oorwoë gevoel is dat dié oorheersing gaan voortduur, tensy een van die ander spanne ’n stewige lugdinamiese of enjindeurbraak kan bewerkstellig. – Ferdi de Vos

Vaarwel, praktiese pierewaaier D

ie koms van die pienkvoete verander jou lewe onherroeplik: Laat slaap is verby, so ook uiteet by enige plek behalwe die Spur. Vakansieplekke moet ’n plons-swembad, klimraam en kinderklub hê. Moet jy dus ook ’n bus aanskaf en jou oorblywende bietjie losloper-mojo inboet? Beslis nie. My laaste week in InRat se modieuse langtermynmotor, die Citroën DS3 e-HDi 90 Style, het bewys dat ’n mens klein kindertjies én ’n smeulende stukkie Franse dinamiet kan vereenselwig. “Maar die DS3 het net twee deure!” kan ek die ontstoke mammas in my geestesoor hoor uitroep. Dit is nie ’n probleem nie, want omdat dit so maklik is om die voorste sitplekke na voor te laat kantel en skuif, doen my kinders dit sommer self. Kinderslotte is onnodig, want daar is geen agterdeure nie. Hoewel die knie- en kopruimte vir

Nuus

grootmense knap is, is daar hope plek vir vier- en sesjarige beentjies in hul booster-sitplekkies. Dit verg ook net een hand om hulle self mee vas te gord, want die gespe beweeg nie rond nie. As jy ’n baba in ’n stoel moet vasmaak, kan jy ook in die kar inpas, wat jou rug se gesonde voortbestaan sal verleng. Daar is net te min stoorplek vir waterbottels en die paneelkissie is beknop, maar die 285 liter-bagasiebak is groot genoeg vir swembadspeelgoed, inkopies en piekniek-toebehore. Maar genoeg oor die praktiese goed. Die DS3, wat wel effe stamperig ry, wen soveel punte met sy pragtige voorkoms en duursame binneruim, dat ’n mens geneig is om sy foutjies oor te sien. En terwyl elke vervaardiger deesdae op die “retro”-wa spring, is die DS3 se stilering skaamteloos futuristies. Die “swewende” dak en haaivin-Bpilaar is nie iets wat jy onder elke mo-

OnsRyding Citroën DS3 e­Hdi

spaar sal jy moontlik die kinders deur universiteit kan sit. Die DS3 sit regmerkies in al die regte boksies: Pragtig. Prettig. Prakties. – Ané Theron

Die DS3 laat die kollig opnuut op Citroën skyn | FOTO: DESMOND LOUW tor-ontwerper se lessenaar uitskop nie. Dit was dus met ’n knop in die keel wat ek die DS3 by InRat se kantoor in Kaapstad gaan aflaai het. Maar eers het ek langs die skilderagtige R44 of Clarence-rylaan gery tot daar, en my verlustig in die DS3 se rats houding en stewige vastrap deur die kronkels. Met die geld wat jy op brandstof be-

KOOPPRYS R251 900 (Februarie 2013) PRYS NOU R249 900 (Nuut) ENJIN 1 560 cc- viersilinder-turbodiesel; 68 kW en 230 Nm RATKAS Vyfgang-handrat, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 11.3 sek. en 182 km/h VERBRUIK 3,7 liter/100 km en 98g CO2/km (volgens Citroën) ONS VERBRUIK 5,12 liter/100 km AFSTAND AFGELÊ 6 717 km NAVERKOPE Drie jaar of 100 000 km-waarborg, vier jaar of 60 000 km-diensplan, padbystand vir drie jaar. OORWEEG ook Ford Fiesta 1.6 TDCi Trend, VW Polo 1.6 TDI Comfortline


17 November 2013

InRat 3

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Hemelse ster

Mercedes­Benz CLA

Nuut

O

nthou jy die Mercedes-Benz 190E? vervolmaak is, want dit is! Soos die Hy het naby die einde van sy proOns het dié fenomenale motor gery in CLS word duksietyd (1993) in Suid-Afrika ’n hoëspoed-gimkana op die Robertsondie CLA aangekom as voorganger van die C-klas. vliegveld in die Wes-Kaap. Sy hantering, ook deur In hierdie tyd het die eerste E-klas (die remme en elektroniese hulpmiddels is Benz as W124) soos onkruid op die room van die fantasties en jy sal sukkel om hom buite ’n vierdeur­ middelklas se opritte gestaan. In teenbeheer te kry. koepee stelling hiermee was die 190E verfrissend Die AMG beskik ook oor vierwielaanbeskryf. anders. Later het die C-klas homself indrywing en ’n sewegang-dubbelkoppeFOTO: gegrawe totdat hy op sy beurt die aspilaar-sportratkas met drie verskillende MBSA rant-kapitalis se Corolla is. Daarom was verstellings. Die goeie nuus, vir die siele bruik van 6,9 liter/100 km, aldus Benz. Pryse van R349 726 vir die CLA 180 tot dit weer tyd vir iets nuut en jonk. wat hom kan koop, is dat die AMG ook Die CLA se ster skyn helder. Benz se R679 000 vir die CLA 45 AMG. Met sy aanloklike nuwe A-klas het ’n lam in wolfsklere kan wees in die verkoopsmense gaan bontstaan. – Jeanette Kok-Kritzinger Benz gewys sy motors vir jonges hoef brandstofdoeltreffende modus, met vernie noodwendig die Smart-kenteken te dra nie. Die A is nou in sedan-vorm beskikbaar en sy naam is CLA. Die reeks bestaan uit vier turbo-variante, naamlik die petrolgedrewe CLA 180, CLA 200 en CLA 45 AMG, en diesel- CLA 220 CDI. Met die CLA se bekendstelling het die nuwe generasie hoë wringkrag- turbo-enjins my weer verstom. Verder het Mercedes-Benz ’n wêreldrekord opgestel omdat die CLA se lugsleurkoëffisiënt slegs 0.22 is. Dit beteken alles denkbaar is gedoen om lugweerstand te beperk, wat tot lae brandstofverbruik lei. Benz sê die CLAreeks se verbruik wissel van 4,2 tot 4,5 liter/100 km vir die CLA 220 CDI en 5,4 tot 5,7 liter/100 km vir die CLA 180 en CLA 200. Ons sal een van hulle ’n week lank moet ry om te sien hoe akkuraat dit is. Praat van toekennings – die CLAreeks het reeds toekennings vir ontwerp en styl ontvang. G’n wonder nie, want die perfekte alchemie van konkawe en konvekse kurwes verleen ’n sportiewe INSL. BTW. en dinamiese voorkoms wat, tesame met die “diamant”-sierrooster en driepuntster, onmiskenbaar Mercedes is. Dié elegante voorkoms word binne die motor voortgesit met boumateriale van besonder Scorpio S-cabs R159 900 Genios vanaf R164 900 Boleros vanaf R131 900 hoë gehalte. Niks kon my egter voorberei op die su‘n Mahindra sal die vrag kan dra, sonder kompromie, sonder personiese CLA 45 verskoning en met ‘n onbeskaamde, robuuste konstruksie. AMG nie en ek was mahindra.co.za Die Mahindra enkel- en dubbelkajuit bied uitstekende krag weer ’n vyfjarige en uithouvermoë regdeur die reeks. Nou is Mahindra trots om voor ek my eerste jou nou ‘n nuwe 5 Jaar, 150 000 km Powertrain Waarborg Barbie gekry het. te gee op alle nuwe Scorpio Dubbelkajuit Bakkies. Hierdie CLA 45 AMG se 2,0 literturbo-enjin, wat ’n allemintige 265 kW en 450 Nm uitskop, *Bybehore hier aangedui nie deel van standaard toerusting nie sing asof sy uitlaatklank in ’n ateljee

HIER’S ’N BAKKIE MET MURG IN SY PYPE.

Vanaf

MAH5466A

R239 900


4 InRat

17 November 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Fiasko van verlede vergete Fiat 500L

D

ie laaste keer toe Fiat ’n slim en moderne gesinsbussie aan die Suid-Afrikaanse motormark kom voorhou het, was dit ’n Fiasko. Sy naam was Multipla en hy het heerlik gery en ’n ruim en praktiese binneruim gehad. Maar gesinne wat hom gery het, is so byna uit die samelewing verwerp. Want as jy en jou gesin in dié brulpadda by ’n piekniek of braai opgedaag het, was almal hul eetlus kwyt. Dit was nie ’n mooi ryding nie en sy ontrimpeling het hom net leliker gemaak. Gelukkig het Fiat nie dieselfde fout met sy jongste bussie gemaak nie. Sy ontwerp is baie duidelik geskoei op die gewilde klein Fiat 500 en dit werk. Goed, hy’s dalk nie so petite-lieftallig soos die kleintjie nie, maar hy het oorgenoeg deugde om ’n plek op jou kortlys te verdien. Een hiervan is ruimte: vir die passasiers en bagasie. Daar is ’n oorvloed beenruimte agter en die bagasiebak het plek vir ’n onaardige hoeveelheid tasse. Nog ’n glanspunt is die turbodiesel-enjin in die Lounge-variant. Dis ’n stil, gladde eenheid met ’n wye toerestrek, wat ratskuiwe tot die minimum beperk. Die rathefboom skuif lekker in die diesel- en in

Die groot 500 laat jou voel of jy Alice in Wonderland se krimp­doepa gedrink het | FOTO: FIAT

baie geduldig is, sal jy met hierdie enjintjie kan saamleef. Soos sy kleinboet, wat verbasend veilig is vir so ’n klein motor, het die 500L oorgenoeg veiligheidstoerusting. Die vernaamste hiervan is ses lugsakke en elektroniese glybeheer. LED-liggies voor verleen nie net karakter nie, maar maak die motor ook sigbaarder. Iets wat plaaslike kopers lugtig maak vir Italiaanse en sommige Franse fabrikate is dat hulle nie soveel werkswinkels het soos byvoorbeeld Volkswagen en Toyota nie. Fiat se grootbaas in SuidAfrika, Trent Barcroft, sê Fiat het 51 handelaars, natuurlik met werkswinkels, en dat daar teen die einde van volgende jaar 57 sal wees. Verder word alle Fiats en Alfa Romeo’s verkoop met ’n omvattende instandhoudingsplan wat drie jaar of 100 000 km duur. Die 500L is ’n stylvolle, veilige gesinsbussie wat pret is om te bestuur en die kilometers kan opslurp. Hy verdien oneindig meer sukses as die Multipla. – Justus Visagie

die petrolweergawe. Die petrolenjin is sterk genoeg aan die kus en sonder ’n groot gesin en ’n vakansietrek aan

PRYSE Van R232 990 vir die 1.4 Easy tot R278 990 vir die 1.6 MultiJet (diesel) Lounge

’n Vier met vuur D

ie 4 is die jongste toevoeging tot die magtige BMW-stal en hiermee beklemtoon hy weereens sy sportiewe aanslag. Sportief, ja, maar bekyk hom van nader en dit is duidelik dat dié wa ’n 3-Reeks-koepee is. Die vraag is: is hy meer as bloot ’n 3-Reeks waarvan twee deure AWOL is? BMW sê ja, en hy kan dié stelling bewys. Die 4 is laer en breër as die 3 en sy swaartepunt is – op 500 mm – die laagste van alle BMW-passasiersmotors wat nuut te koop is. Die enjinkap is ook langer as die 3 s’n en daar is ’n keep by elke voorwiel wat BMW “Air Breathers” noem. Lug word glo van voor na agter en uit deur dié kepe gevoer om lugdinamika te verbeter. Verder is die motor ’n tikkie minder elegant as sy voorganger, maar beslis meer gespierd, met heupe en stert wat nou lekker stewig lyk. Voorlangs is xenon-ligte standaardtoerusting en LED-hoofligte is ’n opsie. Die binneruim is stylvol en prakties uitgelê, en BMW se jongste vermaak- en inligtingstelsel voldoen in al jou tegnolo-

gie behoeftes. Die bestuurder kan selfs daarmee e-pos dikteer, maar daar was nie tyd om dit te toets nie. Die agtersitplekke is soos twee enkelsitplekke gevorm en veral kopruimte is knap. Die BMW 4-reeks bied tans twee enjinkeuses: die 428i-viersilinder met ’n maksimum kraglewering van 180 kW/350 Nm en die 435i-sessilinder met ’n smeulende 225 kW/400 Nm. Albei enjins gebruik BMW se TwinPower turbo-tegnologie, wat sorg vir gladde en moeitevrye versnelling in enige situasie. Die 428i word toegerus met ’n sesgang-handrat of agtgang- outomatiese dubbelkoppelaarsportratkas. Laasgenoemde is standaardtoerusting vir die 435i. Die 4 se hantering is ongetwyfeld van die boonste rak. Dis te danke aan ’n 50:50 gewigsverdeling (voor en agter) en daardie lae swaartepunt. Die 4 is geplant in lang, vloeiende draaie en rats deur korter tegniese draaitjies, met genoeg krag en moeitevrye skakeling tussen ratte. Die stuur het wel soms oorsensitief gevoel op ongelyke padoppervlakke.

boord, maar ek sal nie verbaas wees as hy met so ’n vrag sal sukkel nie, veral in ons suurstof-arm binneland. Maar as jy

Nuut

BMW 4­Reeks

Sê “4­Reeks”. Nie “3­Reeks­koepee” nie | FOTO: BMW BMW het genoeg gedoen om die 4-reeks-koepee ’n identiteit van sy eie te gee. En dit is nou soveel lekkerder om langs die braaivleisvuur te sê jy ry ’n 4-reeks, as om te probeer verduidelik wat ’n koepee is of dat jou 3-Reeks-koe-

pee werklik, régtig spesiaal is. – Carl Kritzinger PRYSE Van R448 000 vir die 420i tot R703 800 vir die 435i met M-Sport-pakket


17 November 2013

InRat 5

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Wen!

Nuut

Range Rover Sport II

Bobaas-pryse dalk joune In samewerking met Citroën, Peugeot, Canon, Midas en die Johannesburgse Internasionale Motorskou (JIMS) gee InRat jou die geleent­ heid om bobaas­pryse te wen. Eerste prys ’n Week in ’n luukse Peugeot en ’n week in ’n luukse Citroën ’n Canon PowerShot D20­kamera ’n Midas 90­stuk gereed­ skapstel Tweede prys ’n Canon PowerShot D20­ kamera ’n Midas 90­stuk gereed­ skapstel Derde prys ’n Midas 90­stuk gereed­ skapstel ; Dis hoe die kompetisie werk 1. Haal hierdie blad uit InRat. 2. Neem dit na ’n Peugeot­ en ’n Citroën­ vertoonlokaal en kry ’n handelaarstempel van elk. (As die handelaarstempel nie beskikbaar is nie, sal die verkoopsbestuurder se handte­ kening aanvaar word.) 3. Pos die blad dan aan InRat­JIMS, Posbus 6367, Roggebaai, 8012 om ons teen 31 Desem­ ber 2014 te bereik. 4. Inskrywings kan ook by Rapport se kantore in Auckland Park of Kaapstad afgelewer word. (e­pos justus.visagie@media24.com of skakel 011 713 9532 vir die adresse) Jou besonderhede: Naam _____________________________________________ Adres ______________________________________________ _____________________________________________________ ID­nommer________________________________________ Het jy ’n geldige rybewys? ______________________ Is jy al skuldig bevind aan ’n verkeers­ oortreding? _______________________________________ ; Voorwaardes en bepalings is op aanvraag beskikbaar van justus.visagie@media24.com. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.

Besoek ’n Citroën­ handelaar en skryf in! STEMPEL HIER

Besoek ’n Peugeot­ handelaar en skryf in! STEMPEL HIER

Wegkom­motor Die nuwe Range Rover Sport het sensors wat waarsku as die water waardeur jy wil ry, te diep is | FOTO: NP Justus Visagie

E

k het pelle wat vroeër jare so erg oor hul karre was dat hulle nooit grondpad gery het nie. Behalwe met iemand anders se voertuig of ’n Avis-kar. Die een het ’n Alfa Romeo GT gery en die ander ’n Renault Mégane-koepee. Wel, ons neem hulle nie kwalik dat hulle nie met pieperige Europese motors op Afrika se grondpaaie wil ry nie, sal die Hilux-manne sê. Ek het hieraan gedink toe ek onlangs met die nuwe Range Rover Sport op ’n stamperige, klipperige grondpad naby Bronkhorstspruit gery het. Maar eers ’n bietjie agtergrond oor die Ranger Rover Sport. Verkope van dié Rangie het in 2005 ’n aanvang geneem en ongeveer 380 000 is verkoop, teen ongeveer R1 miljoen elk (maak maar daardie som). ’n Kommersiële sukses dus, wat maklik uit sy kolossale, wiegende ouboet se skadu beweeg het. Al het die meeste Sports net teer getrap, is hulle allesbehalwe nutteloos in die veld. Hulle het ook ’n hemelse ry-ervaring gebied: sportief, luuks en gerieflik. Daarom het die nuweling groot rubberstewels om vol te staan en moet hy boonop heelwat ligter op brandstof

Die koelhouer tussen die sitplekke kan ’n bottel sjampanje vat. Maar as jy só ry, gaan die kurk skiet | FOTO: NP wees, want sy voorganger is dors. Om daarin te slaag, het die ingenieurs grootliks weggedoen met staal en gebruik aluminium in die plek daarvan. Die resultaat? Meer as 400 kg se vet het “weggesmelt”. Nie alleen hoef die enjin nie meer so hard te werk (en te suip) nie, maar ’n ligte voertuig is ook ratser en vinniger as ’n swaar een. Daarom kan jy jou verbeel jy ry ’n Jaguar XF (sedan) wanneer jy die oop pad vat. Tog kan die Range Rover Sport ook gruwelike hindernisse baasraak. By die bekendstelling is ons teen hellings op en af wat absoluut onmoontlik voorgekom het. Ons het ook deur water gery wat so diep was dat die uitlaatpype verdwyn

het. Die onderste gedeeltes van die deurrame was ook onder water, maar niks daarvan het ingesypel nie. (Die Israeliete kan bly wees die Egiptenare het nie sulke Range Rovers gery nie.) Terug na die twee manne wat hul Europese motors van grondpaaie af gehou het: Intussen het hulle so lief geraak vir bergfiets ry, dat die een nie omgee waar hy met sy Audi A4 ry nie en die ander een het so pas ’n Discovery 4 gekoop. En dit bring my by die enigste aspek van die Range Rover Sport II wat my gepla het: Hy voel ongelukkig op klipperige grondpad of sinkplaatpad. Dit klink of die instrumentpaneel en ander panele gaan losskud. Daarby is sy suspensie te hard vir gemak, want sy skeppers verwag van hom om soos ’n sportsedan te hanteer. Maar is dit werklik nodig? Die nuwe Sport is ’n begeerlike motor in vele opsigte. As die armes die Bastille bestorm of die zombies vir my kom, is dit die motor waarmee ek wil vlug. Maar as ek ver ente grondpad in luuksheid wil ry, koop ek die Land Rover Discovery 4 of ’n Toyota Prado. PRYSE Van R824 500 vir die SCV6 S tot R1 263 600 vir die V8 Supercharged HSE Dynamic met drukaangejaagde V8-enjin.


6 InRat

17 November 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

ToetsRit

Ferrari 458 Spider

’n Engelkoor

van agt silinders

Hoe ons die kantspieëls ook al gestel het, daar was altyd ’n blinde kol. Dit is iets wat ’n mens senuagtig maak in ’n motor van R4,1 miljoen | FOTO: DAWIE VERWEY

M

ense wat sê geld koop nie geluk nie, weet nie waar om inkopies te doen nie, sê die skrywer Kathy Lette. Dis waar. As jy dit nie glo nie, gaan ry ’n Ferrari 458 Italia of ’n Triumph Tiger (sien bl. 7). Dit voel of jy deur die lug vlieg en in ’n reuse-bak poeier in die Prozac-fabriek land. Die oopdak- Ferrari 458 Spider het grootliks dieselfde uitwerking, het InRat bevind toe ons dié motor vir een glorieuse dag kon ry. Hy neem dit selfs ’n stap verder, want nou kan ’n mens die son op jou wange voel, wat die produksie van vitamien D stimuleer en jou nog meer eufories laat voel. Dit verg uiterse konsentrasie om ’n 458 Spider in stadsverkeer te bestuur, want jou sitvlak sit net bokant die teer. Dit beperk ’n mens se sig en die motor veroorsaak ’n klein opskudding oral waar jy ry. “Vat my kar onmiddellik huis toe!” skerts ’n minibus-taxibestuurder. “Moet ek hom langs die Lamborghini parkeer?” antwoord ek. “Pasop vir Hospitaaldraai!” roep ’n ou agter op ’n Kia-

bakkie, omdat ’n 458 al sy dinges daar gesien het. Ja, jy’s ’n bietjie uitgelewer sonder ’n dak, maar jy’t in Prozac geval en daarom is alles snaaks en jy’s lief vir almal. By ’n rooi verkeerslig is dit tyd vir ’n lotery. Ek stuur ’n SMS aan my kar-mal vriende en die een wat eerste antwoord, word opgelaai vir ’n “spin”. Ek laat blyk egter nie waarmee ons gaan ry nie. Mukhtar antwoord positief en ek laai hom by sy kantoor op, wat weereens ’n konsternasie veroorsaak. Hy begin alles omtrent die kar en ons rit freneties met sy selfoon se kamera dokumenteer. Ons mik vir ’n pad met kurwes om te kyk wat die Spider in ’n draai maak. Dis ’n bergpas met vloeiende, egalige kurwes en die motor beweeg soos Rudolf Nureyev of Cassius Clay; so asof Ken Block of Jody Scheckter agter die stuur sit, nie ’n wannabe wat oor motors skryf nie. Nee, dit voel nie of my sinapse met die stuur verbind is nie, maar eintlik of dit soos ’n stroombaanbord wat by my akkedisbrein ingeprop is.

Proletariaat se Porsche G

een motorentoesias het as kind ’n plakkaat van ’n diesel-Golf of ’n Hilux-bakkie teen sy kamermuur gehang nie. As kinders kyk ons eerder met blink oë na Porsches en Nissan GT-R’s. Maar met die grootword is daar twee redes hoekom ons selde ’n vurige sportmotor koop: Hulle is onbekostigbaar vir die meeste mense en gewoonlik gruwelik onprakties. Maar hoe gemaak as jy geen nut het vir al die ekstra ruimte van ’n sedan of sportnutsvoertuig nie? En jy geld het vir iets spesiaal, al rek daardie rande nie tot by ’n Porsche se prys nie? Peugeot het dalk die antwoord. Die RCZ is onlangs kosmeties opgekikker. Daardie gapende bek is vervang met ’n mooi nuwe gesiggie om sy identiteit as deel van Peugeot se nuwegeslag-motors te vestig, maar meganies is hy onveranderd. Dit pla nie, want daar het nie veel met die RCZ geskort nie. Ook die binneruim is onveranderd gelaat, behalwe dat die voorpaneel nou beskikbaar is met ’n handgestikte leeroortreksel – die liggrys-en-swart kombinasie in ons pêrelwit-toetsmotor het hom duur laat ver-

toon. Verder het hy steeds die slanke boë aan weerskante van die dak wat die voorste- en agterste wielnisse met mekaar verbind, en die astrante wegvouvlerkie op die bagasiebak bly ook onveranderd. Dit alles sorg dat die RCZ goedkeurende kopknikke van ander padgebruikers kry. Soos te wagte bied hy al die moderne luukshede, met ’n uitstekende iPod/USBversoenbare klankstelsel, navigasiestelsel en outomatiese beheer vir die lugversorging, reënveërs en xenon-hoofligte. Die hoofligte het ook ’n aktiewe rigtingsfunksie wat hulle saam met die voorwiele laat stuur sodat hulle om draaie “kyk”. Dit werk soos ’n droom, en boesem ekstra vertroue by die bestuurder in. Danksy groot vensters is uitsig na buite eersteklas, en omdat die RCZ so plat op die pad sit, is sy hantering vasvoetig deur die kronkels. Die elektriese kragstuur (en 19 duim bande) gee verbasend baie terugvoer na die bestuurder, en sy ferm vering sorg dat bakrol goed beheer word. Die handrat-RCZ ontwikkel 147 kW en 275 Nm danksy ’n 1,6 liter- turbo-stofie,

Die motor reageer oombliklik op stuurinsette en draai perfek in. Dit laat my skielik wonder of ’n “gewone” motor se stuurwiel werklik aan die stuurstang verbind is en of die mechanics ons nie dalk ’n rat voor die oë draai nie. Dis opvallend hoe blitsig die outo’kas ratte wissel, selfs vir diegene wat nie motors ken nie. Trap die rempedaal en die enjin blaf kliphard elke keer wanneer ’n laer rat gehaak word. Dit voel amper te aggressief, asof die enjin deur sy deksel gaan “rev”, maar dit help om die kar se snelheid gou te verminder en verbeter hantering en verrigting in draaie. As jy dit verkies, kan jy self van rat verander deur een van die “spane” agter die stuurwiel te trek. Dis meer bevredigend, maar in swaar verkeer werk die outo’modus beter. Die Spider is nie moeilik om te ry nie. Hy is so maklik om te bestuur soos ’n Audi R8, wat so maklik ry soos ’n Audi A3. Jy kan wel teen 200 km/h ’n gesprek met jou passasier voer sonder om te skree. Maar dan moet jy liefs in sewende rat wees, want in vyf-

Peugeot RCZ Coupe handrat

Die RCZ maak dit onnodig om R1m op ’n Porsche te bestee | FOTO: QUICKPIC wat saam met ses kort ratverhoudings beteken dat hy sy man kan staan teen ander klein koepees. Ook lang snelwegreise is geen beproewing nie: ek het myself telkemale aan die verkeerde kant van die spoedgrens betrap omdat die kajuit so stil is, en omdat die enjin nooit voel asof hy hard werk nie. Hierdie is ’n sportmotor wat ewe gemaklik in die stad as op die langpad is. Die goeie nuus gaan verder as net aanloklike stilering, ’n mooi binneruim en sportiewe padgedrag, want hy is verbasend prakties ook. Die agtersitplekke is nou wel nutteloos en weggesteek onder

de rat gaan ’n hemelkoor van agt silinders elk uit volle bors sing en enige kletsery is dan futiel en oneerbiedig. Ja, die Spider is genoeg om enige ateïs, agnostikus, Darwinis of afvallige te oortuig dat daar ’n hemel is. Maar Ferrari 458 Spider -eienaarskap is soos die Jehova-getuies se siening oor die hemel – dis net vir ’n uiters beperkte hoeveelheid siele beskore. Gelukkig is daar ’n antwoord: vinnige motorfietse. Want niks anders, wat wettig en bekostigbaar is, verskaf dieselfde opwinding nie. – Justus Visagie SYFERS PRYS R4,108 miljoen ENJIN 4,5 liter, V8-petrol; 425 kW en 540 Nm RATKAS 7-gang-dubbelkoppelaar, agterwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in minder as 3.4 sek. en 320 km/h topsnelheid; 11,8 F/100 km OORWEEG OOK McLaren MP4-12C Spider, Audi R8 Spyder V10

ToetsRit die plat agterruit (met sy kenmerkende dubbele hobbels), maar die bagasieruim is reusagtig vir ’n klein koepee. Hy is ’n tweesitplek-motor met genoeg bagasieruimte vir ’n week lange vakansie. Teen R432 900 is die handrat-weergawe nie goedkoop nie, maar met sy verleidelike aansig, sportiewe padgedrag, goeie toerusting en uitsonderlike binneruim sal hy koepee-kopers se harte verower. Want geen motorentoesias het daarvan gedroom om ’n busbestuurder te word nie – en dis nooit te laat om ’n gelukkige jeug te geniet nie! – Martin Pretorius SYFERS PRYS R432 900 ENJIN 1,6 liter, viersilinder-petrol, turbo; 147 kW en 275 Nm RATKAS sesgang-handrat, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 7.5 sek. en 240 km/h topsnelheid; 6,7 liter/100 km NAVERKOPE drie jaar of 100 000 km-waarborg, vyf jaar of 100 000 km-instandhoudingsplan, versien elke 20 000 km OORWEEG OOK Subaru BR-Z (handrat), Mazda MX-5, Audi TT Coupé 1.8T FSI


17 November 2013

InRat 7

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

’n Tier tem die Tankwa Willem van der Berg

D

ie meeste avontuurfietse wat in SuidAfrika verkoop word skop nooit ’n stofwolkie op nie. Dis nie hulle skuld nie. Dis hul eienaars wat nie van die teer wil af nie. Of wag, dalk is dit die fietse se skuld, want avontuurfietse ry veel lekkerder op die oop pad as die meerderheid van motorfietse wat vir teerpaaie gebou word. InRat se Triumph Tiger 800 XC is self ’n bobaas teervreter. Maar om uit te vind of hy van avontuur hou of nie het ek hom van Bloemfontein na Kaapstad gery op ’n klomp morsige grondpaaie. Skuins teen ’n dodelike dwarswind wat my en die Tiger kort-kort van die pad probeer afruk het en ná ’n reënstorm van 20 minute lank haal ek Strydenburg, suid van Hopetown in die Noord-Kaap. Hier het my grondpadroete begin. Dit sou eers naby Ceres in die Wes-Kaap ophou. Tussen Strydenburg en Vosburg kronkel een van my gunsteling-grondpaadjies. Hy is smal, soms net twee spore en hy draai en swaai deur plase, motorhekke en by springbokke en verby. Daar’s hobbels en slote en klippe en sand. Sommer met die indraaislag trek die Tiger sy agterwêreld skeef van lekkerte en skrou hy van plesier soos ek deur die ratte werk. Ek stuur hom eers meer versigtig oor die hobbels en deur die knikke, want my reissak agterop is swaar. Die Triumph steur hom egter min aan die vet sak en skiet sonder om te hik of te stamp deur en oor alles in die pad. Die vering het die ekstra gewig met gemak gedra en ook glad nie gekreun as daar bietjie lugtyd oor die bulte gevang is nie. Daar was nooit ’n oomblik wat die Tiger kop verloor het en die stuurstang begin rondruk het nie. En dit is een van die belangrikste eienskappe van die Tier, hy is merkwaardig stabiel op enige oppervlak. Die fiets se voorwiel voel te alle tye in die pad geplant. Al maak die agterwiel ook watter manewales, die voorwiel stuur reguit vorentoe asof hy van niks weet nie. Van Fraserburg tot in Sutherland het ek die Tiger oor die Rantepad gevat, nog ’n gunsteling-grondpaadjie wat oor berge en deur plase kronkel. Die Rantepad was nat en ek moes my sit ken deur die modderpoele omdat die Pirelli Scorpion-bande nie juis klou nie. Tussen die klowe en oor die klein bergpassies het die Triumph se klank ge-eggo. Ek het gevoel soos Che Guevara en ek het begin planne maak om ’n Tier van my eie te kry. Van Sutherland het vriend Michael Hammond en sy Kawasaki KLR 650 saamgery. Die weer het opgeklaar en teen Oubergpas af het die son ons gepiets. Die sweet het geloop, want dit was ’n gespook om deur die pas se sleg verspoelde dele te kom. Ek was bang die Triumph se pens gaan te laag wees, maar hy is sonder ’n skraap oor al die groot klippe en deur diep slote. Dit was moeilik om die Tiger te beteuel deur die Marslandskap van die TankwaKaroo. Dis asof hy eenvoudig baie meer van 180 km/h as van 110 km/h hou. Michael het ná ’n draai op die fiets stilgehou en sy KLR teruggesmeek. “Die ding se krag is mal. En hy wil net jaag.” Ek moes maar weer die Tier aan sy maanhare gaan gryp. Teen die Klein Cederberg se draaie uit het ons lang, wit merke gelos. By Op die Berg het ons verby geskiet, Gydopas af en toe weer Bainskloofpas op tot in die Kaap, waar ek toe in die sonsondergang gaan stilhou en besluit: elke man moet ’n Tier hê. – Willem van der Berg

Ruskans op die Rantepad tussen Fra­ serburg en Sutherland | FOTO: WILLEM VAN DER BERG

Triumph Tiger 800 XC

OnsRyding PadToets


www.kia.co.za

15502OFyt

Ontwerp wie jy is. Bepaal wat jy wil h . Besluit hoeveel berge jy wil versit. Trotseer jou vrees. En as enigiets in jou pad staan, eet dit. Nuwe Cerato5 Dit het ‘Sportitude’.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.