InRat - 19 Mei 2013

Page 1

Merc GL laat ML armoedig lyk

InRat 5 Bylae tot Rapport

Audi A3:

19 Mei 2013

Só ’n

Sportback kort jam

5

3

Geely Emgrand EC7 het dalk die laaste lag

4

Subaru BRZ beweeg uit Toyota 86 se skadu


2 InRat

19 Mei 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226

Advertensies Attie Bekker E­pos: attie.bekker @media24.com Tel: 011 713 9545

Nuut

Wat is ons kollektiewe IK? A

s ’n mens sê jou medelandsbur­ gers is oor die algemeen dom, loop jy seker die gevaar om as ’n intellektuele snob uitgeskel te word. Maar oorweeg die volgende scenario en sê dan jy huldig nie dieselde mening nie. Jy ry saam met twee passasiers op ’n baie lang grondpad in die Tankwa­Karoo. Dis ’n pad wat gewoonlik verlate is, maar vandag deel jy dit met ’n konvooi van omtrent 100 motors. Daar’s nie ’n bries in die lug nie en daarom is die stof so verstikkend dig dat jou sig tot om­ trent 10 m beperk is. Jy kan dus nie sien hoe ver die ander voertuie voor of agter jou is nie. Die bestuurders is moeg (of babelas) en geïrriteerd ná dae se gefuif by die Afrika Burn­fees. ’n Gevaarlike si­ tuasie of ’n sogenaamde ongeluk wat wag om te gebeur. Tog is jy so te sê die

Nuut

enigste drommel wat op elitistiese, geni­ ale wyse die hoofligte en (sowaar ook) die misligte van die Nissan Navara waar­ mee jy ry, aangeskakel het. Dit verbeter die bakkie se sigbaarheid veelvuldig en maak die rit aansienlik veiliger vir jou en die ander padgebruikers. Dis eenvoudig verstommend hoeveel mense nie dié eenvoudige beginsel kan snap of toepas nie. Nee, dis skynbaar heeltemal te ingewikkeld of gevorderd. Wat Suid­Afrikaners wél goed kan doen, is om snags (en bedags – wan­ neer daar géén mis, stof of rook is nie) met hul misligte aan te ry. Dan plaas dit stremming op ander bestuurders se oë en is eintlik onwettig. As jy nie weet waar om jou voertuig se misligte af of aan te sit nie, lees die instruksiehandlei­ ding of vra jou man, vrou, buurman, pel

of werktuigkundige. Onthou: baie motors het misligte voor en agter. Van slim mense gepraat . . . dit was verstommend om te sien hoe ’n menigte mense in ’n ry gestaan het toe Burger King onlangs in Kaapstad sy deure oop­ gemaak het. Net ’n bietjie meer verba­ send as om te sien hoe motoriste soms toustaan om vir die e­toll­stelsel te regi­ streer. Ja, goed, daar is ’n kans dat die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (OUTA), Cosatu en hul medestryders nie die mas gaan opkom nie . . . Maar is dit nie voortydig om nou al die wit vlag te hys en te registreer nie? Laat weet ons gerus wat jy dink by www.facebook. com/inrat. Besoek sommer ook rapport­ inrat.co.za – ons webtuiste kom eindelik op dreef nadat ons die regte “drywer” daarvoor gekry het.

Nuus

Fiat Panda

Citroën DS3 Cabrio

Oopdak­rakker Die interessante oopdak­weergawe van Citroën se DS3 is vroeër vandeesweek in die Wes­Kaap bekend gestel. Drie DS3 Cabrio­modelle is nou beskikbaar – die VTi 82 (1,2 liter­driesilinderenjin, 60 kW/118 Nm), VTi 120 (1,6 liter­ viersi­ linder, 88 kW/160 Nm) en THP 155 (1,6 liter­ viersilinder turbo­enjin, 115 kW/240 Nm). Op die bekendstelling het die DS3 THP 155­model se turbo­ enjin weer met sy plooibaarheid geïm­ poneer, sy ritgehalte is goed en sy han­ tering en padmaniere van die boonste rak. Die VTi 82 met Design­pakket kos R219 900 (sonder lugversorging), die VTi 120 Style kos R258 900, terwyl die top­ model THP 155 Sport vir R291 900 be­ skikbaar is. | FOTO: CITROËN

OnsRyding

Honda, McLaren weer saam Italiaanse troeteldier is hier Fiat het pas sy nuwe Panda in Suid­Afrika bekend gestel. As sy voorganger ’n maatstaf is, is dit ’n ryding wat jy moet toetsbestuur. Fiat is ’n meester as dit by die bou van prettige, veilige klein motors kom en het sedert die jare tagtig meer as 6,4 miljoen Panda’s verkoop. Die nuwe Pan­ da Pop kos R139 990 en die Lounge­weergawe kos R154 990. Albei word aangedryf deur ’n vyfgang­handratkas en ’n 1,2 liter­enjin (51 kW en 102 Nm). Petrolverbruik is glo net 5,2 liter/100 km. ’n Verklaring van Fiat sê elektroniese stabiliteitsbeheer is deel van die Panda se veiligheidspak­ ket: uitstekend vir ’n motor in dié prysklas. | FOTO: FIAT

Skou

Citroën DS3 Diesel Die DS3 is nie perfek nie, maar dit lyk of ons nog gaan juig oor sy brandstofverbruik | FOTO: DESMOND LOUW

Die weduwee se kruik A

s jy jou Sondagskool­huiswerk ge­ trou gedoen het, sal jy die storie van die weduwee se kruik onthou. Vol­ gens die boek Konings het dit wonder­ baarlik aanhou olie gooi totdat sy al haar skuld kon betaal met die opbrengs van dié olyfolie. Byna elke dag wat ek met die Citroën ry, dink ek aan dié Bybelverhaal. Dis omdat die “afstand tot leeg”­syfer wat die ritrekenaar wys, telkens na 300 km terugkeer. Dis asof hy die afgelope twee weke daar vasgehaak bly. Wanneer my regtervoet swaar is, daal hy wel tot 250 km, maar wanneer ek rustiger ry, styg die afstand wat ek met die oorbly­ wende diesel kan ry weer na 300 km, met die petrol­“naald” nou amper op kwart. Dit beteken ons kan – met ’n bietjie geluk – ’n totale afstand van 900 km uit omtrent 46 liter haal. Vir ’n splinternuwe enjin wat 85% van sy rye­ ry in die stad gedoen het, is dit mos sommer bakgat. Ondanks sy goeie verbruik, is die die­

Honda gaan met McLaren kragte saamsnoer om van 2015 as McLaren Honda in Formule Een mee te ding. Honda het F1 die eerste keer in 1964 betree en was destyds net een van drie spanne (die ander twee was Ferrari en BRM) wat sy eie enjin en onderstel gebou het. In hul tweede jaar in F1 het Richie Ginther die Japannese span sy eerste oor­ winning in die RA272 in die Mexikaanse Grand Prix besorg. In 1967 het Honda nog ’n sege behaal – dié keer met die RA300 met John Surtees agter die stuur, maar het in 1968 aan F1 onttrek. Honda het weer in 1983 as enjinver­ skaffer tot F1 toegetree en sy suksesvolste tydperk was van 1987 tot 1992. Die kombinasie van McLaren, Honda, Alain Prost en Ayrton Senna het in hierdie tyd vyf vervaar­ digerstitels en jaerskampioenskappe verower. Die foto (1963) is van Soichiro Honda by sy eerste F1­motor. FOTO: HONDA SA

seltjie ’n wakker rakker wat soos ’n projektiel vorentoe skiet as die turbo­ aanjaer teen omtrent 1 700 r/min voluit begin blaas. As hy nie werk nie en die Citroëntjie stadig beweeg of stilstaan, vang die enjin ’n power nap as ’n mens die ratkas uit rat haal en die koppelaar los. Dit dra by tot die motor se lae ver­ bruik. As die bestuurder die koppelaar intrap, vat die enjin in ’n oogwink. Die partikelfilter (wat roetdeeltjies moet vang om lugbesoedeling te ver­ minder) hou dalk nie hiervan nie, maar die handleiding sê die “SERVICE”­liggie sal aangaan as verstopping van die fil­ ter begin en dan moet jy vinniger as 60 km/h ry totdat die liggie afskakel. Dis mos die soort instandhouding waar­

van ons hou! Met plaaslike diesel se hoë swaelinhoud, sal ek dalk nie te lank hoef te wag nie. – Justus Visagie PRYS R251 900 ENJIN 1 560 cc-viersilinder-turbodiesel RATKAS Vyfgang-handrat, voorwielaandrywing KRAG 68 kW @ 4 000 r/min en 230 Nm @ 1 750 r/min VERRIGTING 0-100 km/h in 11.3 sek. en 182 km/h; 98g CO2/km VERBRUIK 3,7 liter/100 km (27 km/liter in die ou taal) – Citroën se syfer BRANDSTOFTENK 46 liter ONS VERBRUIK 5,7 liter/100 km (volgens ritrekenaar) AFSTAND AFGELÊ 614 km

Ferrari­inval by Montecasino

O

p Sondag 26 Mei keer die Swart Hings terug na Montecasino se Piazza vir die jaarlikse skoudag en Con­ cours d’Elegance van die Suid­Afrikaan­ se Ferrari­klub (SEFAC) in Johannes­ burg. Vir die eerste keer sal daar ’n wer­ kende Ferrari Formule Een­renmotor teenwoordig wees. Jean Alesi het in die 1991­seisoen in dié Ferrari 643 meege­ ding en dis beslis ’n vername toevoe­ ging tot die meer as 70 ander Ferrari’s wat die klassieke Daytona en Boxer so­ wel as die vuurvreter F40 en opwin­ dende 458 Spider insluit. Die voorsitter van SEFAC, Barry Si­ mon, sê: “ Daar is min dinge wat die hart op ’n koue wintersoggend so warm laat klop soos die klank van fynproe­ wer­Ferrari’s.” SEFAC, wat in 1967 gestig is, is die wêreld se oudste Ferrari­eienaarsklub. Die SEFAC­skoudag word van 10:00 tot 16:00 gehou. Toegang is gratis. Kontak Alison Strydom by 0 011 483 0007 of alison@sefac.co.za vir nader besonderhede.


19 Mei 2013

InRat 3

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Grappies op ’n stokkie

Geely Emgrand EC7

Nuut

die stuur te ver en te naby aan die in­ strumentepaneel. edink “Made in China” en “gehalte” een stuk by my bestemming te kry. Dis Albei variante het stylvolle 16”­allooi­ hoort nie in dieselfde sin nie? Ge­ mos nie asof Chinese motors al dekades sierwiele met 215/55R16­bande wat goeie dink Chinese motors is ’n grap? Dink lank op die pad is nie . . . G’n styl­ikoon nie, maar niemand sal aan­ padhouvermoë bied. weer. Geely het pas sy splinternuwe Sy lysie veiligheidseienskappe, wat Om op te som: Jy sal die Emgrand EC7 weelde­subfabrikaat, Emgrand, plaaslik ABS, elektroniese remhulp en skyfremme stoot neem nie | FOTO: GEELY se foutjies met ’n glimlag vergewe, want bekend gestel. Hoewel dit nie in dieselfde op al vier wiele insluit, het my senuwees wind­ en padgeraas en die ratelvrye ka­ jy kry “baie” kar teen ’n sakpas prys. klas as ander “weelde­afdelings” (soos gou laat bedaar. juit; maar die enjin klink soms te besig. Die motor word gerugsteun deur Geely Toyota se Lexus) is nie, is dit steeds ’n Die EC7 is die eerste en enigste Chine­ Die vyfgang­handratkas is effens stram, se waarborg van vyf jaar of 100 000 km gehalteproduk wat Chinese motorstan­ se voertuig (van ’n onafhanklike vervaar­ dalk omdat hy nuut is. Op die oop pad (diensplanne kos ekstra) en padbystand daarde oortref. diger) wat vyf sterre in die Chinese bot­ het ek nie ’n sesde rat gemis nie. vir twee jaar. Die Emgrand EC7 is by 40 Die Geely Emgrand EC7 se prys van singstoets en vier sterre (uit vyf) in die Die stuurgevoel is lig en betreklik ak­ Geely­handelaars landwyd beskikbaar. R149 900 vir die GL Luxury en R164 990 Euro­NCAP­botsingstoets losgeslaan het. – Corvette Heyns vir die GT Executive, maak hom ’n aan­ Die EC7 word aangedryf deur ’n viersi­ kuraat, maar effens vaag teen hoër snel­ hede. Iets wat gepla het, was die stuur­ PRYSE treklike waarde­vir­geld produk met hope linder­petrolenjin van 1,8 liter (102 kW en kolom wat nie reikverstelbaar is nie. In EC7 GL Luxury – R149 900 gemak­ en veiligheidstoerusting. Die enig­ 172 Nm) en sy verrigting was bevredi­ EC7 GT Executive – R164 990 ste verskil tussen dié twee variante is by­ gend. Iets wat onverwags was, is die min ’n gemaklike sitposisie vir my bene was komende kantlug­ sakke vir die Execu­ tive (die Luxury het slegs twee), elektro­ niese kloubeheer, ’n sondak en ’n elek­ tries beheerde be­ stuurdersitplek vir die GT Executive. Met die eerste oogopslag lyk die EC7 soos meneer Corolla en mevrou Polo­sedan se kind, met ’n skeut Merc C­Klas. Dis net die prominente rooi, goud en swart Em­ grand­kenteken wat verklap dat hy nu­ we Beijing­bling is. Die motor voel solied en die bouge­ halte is goed. Met die oop­ en toemaak van die deure het ek nie daai leë kof­ fieblik­klank van ’n goedkoop ryding ge­ hoor nie. Binne word jy be­ groet met ’n keuri­ ge, stylvolle kajuit. Iets wat onmiddellik opval is die oor­ vloed kop­ en been­ ruimte voor en ag­ ter. Nog ’n pluspunt is sy enorme baga­ siebak van 680 liter wat die vakansieba­ gasie van ’n gesin van vyf sal insluk. SCORPIO D-KAJUIT VANAF Albei weergawes van die EC7 het kamma­leersitplekke wat duursaam lyk en lekker sit. Ander gemakseienskappe sluit outo­lugversor­ ging, elektriese ven­ sters, outomatiese hoofligte en agterste parkeersensors in. Die middelkonsole is ergonomies goed uitgelê. Dit bevat ’n CD/radio met MP3­ verbinding en outo­ SCORPIO E-KAJUIT VANAF GENIO E-KAJUIT VANAF BOLERO E-KAJUIT VANAF matiese lugversor­ ging. Sy instrumen­ tehuisie is klein, ‘n Mahindra sal die vrag kan dra – Met sy uitstekende ontwerp, bied die dog maklik leesbaar en die sagte blou Mahindra enkel en dubbelkajuit uitstekende krag en uithouvermoee. agtergrondbeligting Taai en sterk – daar is ‘n Mahindra wat jou vrag sal dra! lyk deftig. Die plas­ tiekmateriaal van die instrumentepa­ Om enige Mahindra te TOETSBESTUUR, SMS ‘RAPPORT’ na 42267 of neel en stuurwiel is SKAKEL 0861 MAHINDRA* of gaan na www.mahindra.co.za of effens hard, maar lyk duursaam. besoek ‘n Mahindra-handelaar vir spesiale aanbiedinge op die hele reeks. Voordat ek die 95 km tussen Geor­ Sluit by ons aan Sluit by ons aan ge en Plettenberg­ op Facebook op Twitter baai moes aanpak, Mahindra-South-Africa Mahindra SA wou ek darem eers seker maak dat die mahindra.co.za EC7 oor voldoende veiligheidstoerusting beskik om my in

G

’HIER’S ’N BAKKIE MET MURG IN SY PYPE.

R234 900

R159 900

R164 900

R129 900


4 InRat

19 Mei 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Ford Transit en Tourneo

Ford maak jou lus vir ’n bus O

nder die volgrootte mensekarweiers en paneelwaens is daar ’n klompie wat die segment oorheers, met die Volkswagen Transporter, Hyundai H1, Mer­ cedes­Benz Vito en Toyota Quantum wat koppe stamp. Ford klim nou ook in die kryt met sy nuwe Transit­wa en Tourneo­bussie. Hoekom is dit groot nuus vir Suid­Afri­ kaanse vlootkopers en gesinne? Wel, die Transit­paneelwa is al dekades lank ’n top­ verkoper in Europa en die VSA, dus weet Ford hoe om dié soort voertuie te bou. Ons het sy broer, die Tourneo Trend­mensekar­ weier, gaan ontmoet om te sien waaroor die bohaai gaan. (Die Transit was beskikbaar vir inspeksie, maar ongelukkig nie om te be­ stuur nie.) Die Tourneo se knap stilering val onmid­ dellik op. Die ontwerpers het Ford se aan­ treklike familie­gesig aangepas by die hoeki­ ge bakwerk, en dit werk. Binne is die materi­ aal­ en bougehalte deurgaans hoog. Die Transit en Tourneo is elk beskikbaar met ’n kort of lang asafstand (SWB en LWB), albei in Ambiente­ of Trend­spesifikasie. Die Tourneo Ambiente bied nege sitplekke, agt lugsakke, lugversorging en ’n radio/CD­spe­

ler met ’n USB­poort en Bluetooth. Die ses­ gang­handratkas is gekoppel aan ’n 2,2 liter­ turbodiesel wat ’n maksimum van 74 kW en 310 Nm ontwikkel. Die Trend se enjin lewer ’n frisser 92 kW en 350 Nm en hy beskik oor Ford se gesofistikeerde SYNC­foon­en­ver­ maakstelsel, afsonderlike agterste lugver­ sorging en parkeersensors voor en agter. Die Transit­paneelwaens bied grootliks dieselfde spesifikasielys, maar bied ’n ekstra variant: Die SportVan met ’n 118 kW / 385 Nm­enjin, ’n spesiale stileringspakket en verhitte sportsitplekke. Dit is ’n raaisel hoekom die Tourneo nie ook met hierdie toe­ rusting beskikbaar is nie . . . Die indrukwekkendste kenmerk, teen­ woordig in die hele reeks, is die sogenaamde Torque Vectoring Control, dieselfde tegnolo­ gie wat help om die Ford Focus se voorwiele onder beheer te hou deur draaie en op gladde oppervlaktes. Dit werk soos ’n bom, met geen wieltol nie, selfs al probeer 350 Nm om band­ greep te verbreek. Die goeie nuus eindig nie by die toerusting en stilering nie, want die Tourneo bestuur heerlik. Die elektriese kragstuur beheer die groot minibus maklik, terwyl die hoop wringkrag bulte afransel. Die ligte koppelaar

Die Tourneo is ’n groot kanon wat groot happe uit sy teen­ standers se koek gaan vat | FOTO’S: QUICKPIC

Die Transit, ’n wegholsukses in vele lan­ de, is nou plaaslik te koop | FOTO: QP is progressief, die remme is kragtig, ritgerief is voortreflik, en daar is min kajuitgeraas. Dit alles maak van die Tourneo ’n moeitevrye

Subaru BRZ

Sy bloed is blou D

aar heers ’n neiging in die motorbe­ dryf om verantwoordelikheid van bestuurders weg te neem. Hierdie neiging is verantwoordelik vir tegnologie soos dubbelkoppelaar­outo’ratkaste asook hulpmiddels soos glybeheer wat die kans op ’n botsing aansienlik verklein. Voorts word rygoed se omgewingsimpak ook ge­ durig verminder, wat dikwels die einde van groot, brullende enjins beteken. Die resultaat is ongelukkig telkemale toestelle wat hulself as motors voordoen. Verminderde verantwoordelikheid vir veiligheid is goed en wel, maar wat word van diegene wat dit werklik geniet om te bestuur? Die antwoorde kan gevind word in die Toyobaru 86/BRZ ­tweeling, ofte­ wel die Toyota 86 en Subaru BRZ. Dié vuurwaens se dinamika word wyd aan­ geprys, want hul hantering en lewendige stuurreaksie laat enige entoesias glimlag. Hulle sit die beheer weer terug by die bestuurder, maak staat op enjins wat moet gil om te werk en bied ’n analoog­ ervaring in ’n digitale wêreld. Hulle her­

Behalwe ’n eksklusiewer kenteken bied die Subaru BRZ ook meer neutrale hantering as sy neef, die Toyota 86 | FOTO: NP inner aan ’n era toe motors nog persoon­ likheid gehad het. Die pryse van die Toyota 86­reeks wis­ sel tussen R298 500 en R351 900, en die Subaru BRZ kos R389 900. Die ekstra geld koop nie ekstra toerusting nie, hoe­ wel die BRZ ’n meer omvattende instand­ houdingsplan het. Spesifikasievlakke op albei is iedergeval goed. Net soos die 86 High bied die BRZ sleutelvrye toegang, verhitte sitplekke, 17 duim­allooiwiele, xenon­hoofligte, ’n klankstelsel met USB­ konneksie, sewe lugsakke en vyf­stadium stabiliteitsbeheer. Voeg daarby die Su­ baru­spesifieke drukvlerkie, leer­en­ seemsleer­bekleedsel en sport­uitlaatstel­

sel, en ’n mens kan begin insien hoekom die BRZ duurder is as die top­86. Die verskil tussen 86 en BRZ is ook in die bestuurservaring te vinde. Danksy ’n unieke suspensie­opstelling is die Subaru stabieler deur draaie en geniet hy meer klouvermoë voordat hy stert swaai. Selfs wanneer die greep­limiete verbygesteek is, gedra die BRZ hom met meer grasie as die hiperaktiewe Toyota en dis ook makliker om die motor te balanseer met die petrolpedaal en stuurwiel. Die ander verskil is danksy daardie sport­uitlaat. ’n Diep brom word ’n heer­ like gesing wanneer ’n mens die toere opjaag. Dis iets wat gereeld moet gebeur,

metgesel. Verrigting is klas­mededingend, met ’n topspoed van 157 km/h vir alle varian­ te. Die amptelike brandstofverbruik wissel tussen 6,6 en 7,3 liter/100, volgens Ford. Danksy hul puik dinamiese eienskappe, treffende stilering, goeie toerustingvlak, ge­ rief en mededingende pryse gaan die Ford Transit en Tourneo hul teenstander slapelo­ se nagte gee, terwyl vlootbestuurders en ge­ sinne sal glimlag. – Martin Pretorius Pryse wissel van R302 700 vir die Transit Ambiente SWB tot R414 700 vir die Tourneo Trend LWB. Die reeks Transits en Tourneo’s wat nou bekendgestel is, is die Custom­reeks. Hul gro­ ter broers, wat nie die Custom­naam dra nie, sal volgende jaar hier wees.

want die tweeliter­bokserenjin ontwikkel steeds ’n maksimum van net 147 kW en 205 Nm, aan die bokant van sy toere­ strek. Gelukkig is die sesgang­handratkas ’n plesier om te gebruik, met ’n kenmer­ kende Subaru­gevoel. Die krag gaan na die agterwiele deur ’n beperkte­glip ewe­ naar wat wieltol deur draaie beperk. Dié kombinasie lewer ’n 0­100 km/h­lopie van 7.6 sekondes by seevlak en ’n topsnelheid van 226 km/h, presies dieselfde as die 86. Brandstofverbruik is skaflik, met Subaru wat 7,8 liter/100 km aangee terwyl die rit­ rekenaar tydens ons padtoets ’n goeie 8,6 liter/100 km gewys het. ’n Knelpunt by dié soort motor behels die waardepersepsie. ’n Golf GTI of Fo­ cus ST bied beter werkverrigting en meer ruimte vir soortgelyke geld. Dié redenasie neem ongelukkig nie in ag hoeveel genot ’n mens kan put uit ’n ligte, agterwiel­ aangedrewe koepee nie. As pretmotors is die 86 en BRZ in ’n klas van hul eie, met die BRZ se hantering wat hom verder verhef. Die BRZ dui ook op ’n herlewing binne Subaru en dis ’n feit wat die petrol in enige entoesias se are sal laat bruis. ’n Mens kan sê die BRZ is 100% Subaru, nie net 86% nie . . . – Martin Pretorius


19 Mei 2013

InRat 5

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Mercedes­Benz GL­Klas

Waarvan ML­eienaars droom B emarkingsmense in diens van mo­ torvervaardigers is nie onnosel nie. Hulle weet hoe om ’n roete te kies om die ryding wat hulle bekendstel, te vlei. Nie almal doen dit (altyd) nie, maar as hulle sê dit ry so sag soos ’n Merce­ des S500, maar klim berg soos ’n Gelän­ dewagen, wil ’n mens jou oë uit ongeloof rol. As jy dan nog na die nuwe GL se bande kyk en sien hulle is meer gepas vir Garsfontein as die gramadoelas, ver­ moed jy Mercedes­Benz se bemarkers het petrol gesnuif. Voordat ons op die bekendstellingsrit vertrek, wys hulle ons eers hoe die mooi, maar logge GL­Klas homself kan (paral­ lel)parkeer, sonder dat die bestuurder aan die stuurwiel raak. Nie sleg vir so ’n walvis­op­wiele nie, maar ons het dit al voorheen gesien. Eers toe ons op die hoofweg klim, word ek van sy talente be­ wus. Sy vervaardiger sê hy’s so stil binne soos die komende S­Klas en dit klink ook nie na ’n wolhaarstorie nie. ’n Mens merk ook op hoe sag die GL ry, sodat jy byvoorbeeld veel vinniger oor spoedhob­ bels kan ry as wat winkelsentrum­ont­ wikkelaars ooit voorsien het. Die binne­ ruim koester ’n mens: Daar’s meer leer binne as by ’n Hell’s Angels­saamtrek en meer hout as in Timber City, met ivoor en renosterhoring­afwerking waarskynlik ook op die opsielys. Daar’s sweerlik ook iets in die GL wat die vrystelling van se­ rotonien aanhelp, want toe ons by die

Nuut

Met sewe mense aan boord is daar min plek vir bagasie. Moenie daaraan dink om dit op ’n dakrak te sit nie – jy sal uit jou ghrênd woonbuurt verban word | FOTO: MBSA

Die GL se reguit heuplyn maak hom veel mooier as die ML | FOTO: MBSA Killarney 4x4­baan naby Durban aankom, het ek gevoel soos ’n ou wat die wenpun­ te in ’n Super 14­eindstryd aangeteken het en dit in Teazers vier. Dit blyk toe dat

geld tóg geluk kan koop. Ondanks die loopvlak van die bande, wat meer tuis op teer as modder of sand behoort te wees, het die GL 350 en GL 500 (wat laestrek en ’n middelste ewenaarslot het) wonderbaarlik oor of deur elke hindernis, rots of sloot gery. Die wiele tol­tol net so ’n bietjie, dan vat die elektronika oor en laat die wiele wat vastrapplek het, hul ding doen. Lugvering is standaardtoerusting en kan die GL se pens sowaar hoër as 300 mm lig. Dié vering beïndruk ook wanneer jy klaar in die modder gespeel het en aanstoot na jou oornagplek by Sabi Sabi of een van daai ander R6 000­ per­nag lodges. Dan vergeet die GL dat hy ’n sewesitplek­veldwa is en voel so lig op sy voete soos Justin Bieber terwyl hy

jou en ses passasiers veilig laat voortsnel. Soos dikwels die geval in dié prysklas, is al waaroor ’n mens kan kla, wel, die prys. Die Franse praat nie van window shopping nie, maar “venster­lek” of lèche­ vitrine. As jy soggens poeletjies kwyl by die plaaslike Merc­toonlokaal sien, moet jy weet die ML­eienaars was daar. – Justus Visagie PRYSE GL 350 BlueTEC 4MATIC (diesel) – R966 246 GL 500 4MATIC BlueEFFICIENCY – R1 106 859 GL 63 AMG – R1 669 636 ; ’n Ses jaar of 100 000 km­ Premium­ Drive instandhoudingsplan is by die ver­ koopprys ingesluit.

‘Yuppy’­ikoon kom weer

D

ie beste nuus vir eienaars van die 2006­2012 Audi A3 Sportback is die nuwe, 2013­Sportback. Nie om­ dat almal dadelik gaan “opgradeer” nie, maar omdat die meeste mense nie tussen dié twee kan onderskei nie. Gee jou “ou” A3 ’n leksel politoer en hy gaan jare lank nog vars en kontemporêr lyk. Ja, sy ontwerp is konserwatief en alles­ behalwe uitspattig, net soos die Golf 7 s’n (met wie die A3 ’n onderstel deel). Dis weereens ’n geval van moenie aan ’n wenresep torring nie. Die A3 Sportback volg kort op die hak­ ke van die tweedeur­A3 wat verlede jaar plaaslik bekend gestel is. Wat is anders aan die Sportback, behalwe die twee ek­ stra deure? As jy mooi kyk na die Sport­ back se uitgebeitelde agterkant sal jy op­ merk dat die agterligte meer hoekig ver­ toon, soos die groter Audi’s s’n, veral die A5 Sportback. Die afstand tussen die voor­ en agterwiele is ook langer om meer ruimte te skep vir agterste passa­ siers. Die pynlik minimalistiese binne­ ruim en dun, seweduim (18 cm) ­kleur­

Audi A3 Sportback

Dis die nuwe A3 Sportback – maar nie dat jy sal agterkom nie FOTO: AUDI skerm wat bo uit die instrumentepaneel verrys sodra die enjin aanskakel, is die­ selfde as in die tweedeur­A3. Die gehalte van die binneruim is so goed soos groter Audi’s wat veel meer kos. Stembeheerde Bluetooth, lig­ en reënsensors, ’n leerbe­ dekte stuurwiel, sewe lugsakke, en stabi­ liteitsbeheer is standaardtoerusting. Op die bekendstelling naby Durbanville in die Wes­Kaap het ek twee van die vier beskikbare variante beproef: Die top­ klas Audi A3 1.8T FSI S­tronic SE en die A3 1.6 TDI S­tronic S. Die 1.8 T FSI (132 kW en 250 Nm) sou kon doen met ’n rapsie meer lood in sy potlood, en sy

S­tronic (dubbelkoppelaar, sewegang) ou­ to’kas was soms traag om ratte te wissel. Ek verkies die 1.6 TDI S­tronic (77 kW en 250 Nm). Hoewel sy kragsyfers nie witwarm op papier is nie, is hy in werk­ likheid begeesterd. Die R12 000 wat hy meer kos as die 1.4T FSI S tronic, (R307 500) gaan ook gou uitgekanselleer word deur minder besoeke aan die vul­ stasie. Die gekombineerde verbruiksyfer wat deur Audi aangegee word, is ’n dik­ vir­’n­daalder 3,9 liter/100 km, wat realis­ ties gesproke 5,3 liter/100 km sal wees. Alle SE­variante is toegerus met Audi Drive Select wat die A3 sy padmaniere

laat verander soos die bestuurder goed­ dink en elemente soos die stuur, suspen­ sie, versnelling (en brandstofverbruik) aanpas. Op die Comfort­verstelling sweef jy oor die hobbels soos op ’n towertapyt, maar in Dynamic word hy so woelig soos ’n kleuter wat by ’n kinderpartytjie was. As jy sy stuurwiel­ratspane inspan om ratte te wissel, raak die bestuurservaring nog meer opwindend. Albei A3’s klou aan die pad soos klitsgras aan ’n poedel. Van Augustus sal daar ’n 1.2T FSI S­handrat beskikbaar wees asook ’n 1.8T FSI­handrat SE en ’n 1.8T FSI quattro S­tronic. ’n Vyf jaar of 100 000 km­ Audi Freeway plan is by die verkoopprys ingesluit. – Ané Theron PRYSE Audi A3 Sportback R290 500 Audi A3 Sportback R307 500 Audi A3 Sportback R319 500 Audi A3 Sportback R339 000

1.4T FSI handrat S – 1.4T FSI S-tronic S – 1.6 TDI S-tronic S – 1.8T FSI S-tronic SE –


6 InRat

19 Mei 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

Husqvarna Nuda 900

Jy kan kies: 125 besoeke aan jou terapeut (teen R800 per sessie) of die Nuda | FOTO: WILLEM VAN DER BERG

Onbeskofte ondier N

adat ek met ’n gebalde vuis in die lug verby ’n 300­jarige tante in haar Corolla jaag (sy ry ver onder 80 km/h in die 60 km/h­sone), gly ek sy­ waarts tot stilstand by die rooi lig – langs ’n kakiekleurige man in sy enorme Hilux in. Hy kyk af na my op die kleine­ rige Husqvarna 900 Nuda. Ek gluur te­ rug terwyl my regterhand die versneller so pluk­pluk. Groen lig. Ek skiet weg, haak tweede en laat die voorwiel ’n ruk in die lug hang. Dit gebeur terwyl ek beplan hoe ek bo­oor die taxi voor my gaan ry. Dames en here, dit is ’n 40 sekonde­ tydgleuf in my driedag­toetsrit op Husqvarna se Nuda. Soos sy naam aan­ dui, is dié ’n kaal motorfiets, of naked road bike. Dit beteken daar’s geen oortol­ lige plastiek (ons noem dit sommer Tup­ perware) aan die fiets nie en die raam is ontbloot. Ook die enjin met sy lipstiffie­ rooi nokas­deksel. Kaal, met rooi lipstiffie aan . . . Nee dis nie Viagra wat brand nie, Meneer, dis jy wat die Nuda se agterwiel laat rook. In jou kop. As jy egter hoor watter enjin Husqvar­ na so mooi versier het vir die Nuda gaan jy ’n pil teen skok wil sluk: die tweesilin­ der 798 cc van BMW wat in die F 800 GS gebruik word. Dit kom nadat BMW Husqvarna vir ’n wyle besit het en daar heelwat samewerking tussen dié twee was. Die BMW­enjin is vergroot na 898 cc toe en daarom skop die Nuda 77 kW en 100 Nm uit teenoor die F 800 GS se kalmer 63 kW en 83 Nm. Hoewel die Husqy se maksimum wringkrag eers teen 7 000 r/min beskik­ baar is, voel hy soos ’n John Deere op jet fuel elke keer wanneer jy die versneller draai en hy vorentoe pyl met ’n lieflike

Dat jy onder die in­ vloed van die Nuda was, gaan nie in die hof as versagtende omstandighede aanvaar word nie FOTO: WILLEM VAN DER BERG

gebulder. Niks van die F 800 GS se gere­ formeerde gefluister hier nie. Dis donder­ weer wat blou vonke uit die motors om jou slaan. En jy wat voel soos Thor. Jy sien, dis die ding met dié blerrie motorfiets. Hy laat voel jou soos iets of iemand wat jy glad nie is nie. Jackie Chan, Jason Bourne of Travis Pastrana – aan die stuur van ’n aanvalshelikopter. Daar ís wel die opsie om die fiets in rain mode te ry, wat die gedierte muilband om veiliger te wees op nat paaie of vir ie­ mand wat onseker voel agter die Nuda se sweeftuig­wye stuurstang. Maar jy gaan nie in rain mode ry nie. Jy gaan ’n Go­ Pro­kamera op jou helm plak en gly en tol en raas in die strate. Want dis wat

die Nuda graag doen. Jy kan vinnig tot 190 km/h versnel en dan nog vinniger ry. Maar jy kan nie juis daar bly nie, want die wind ruk jou soos ’n ou vadoek rond. Jy wil die hele liewe tyd op die Nuda wees, maar ná drie dae kan jy nie van jou rusbank opstaan nie. Die saal is smal en hard en die 48 mm omgekeerde Sachs­vurk en Sachs*­skok­ breker agter is styf. (Die duurder Nuda R het verstelbare vering.) Die koppelaar is nie lig onder jou vin­ gers nie en maak jou linkerhand effe lam as jy dit baie gebruik. Die ratverwisse­ lings is nie sag en glad nie. Jy moet soms moeite doen met jou linkervoet. Maar dit is een van die heel lekkerste fietse om te

ry. Een van die mooistes om na te kyk. Die beste adrenalien­inspuiting wat jy vir jouself kan koop. Solank jy net onthou, die Nuda pas nie by jou aan nie, jy pas by die Nuda aan. – Willem van der Berg PRYS R99 500 ENJIN 898 cc-tweesilinder, 77 kW, 100 Nm RATKAS sesgang, kettingaandrywing GEWIG EN SITPLEKHOOGTE 195 kg (nat) en 870 mm OORWEEG OOK Rekspronge, ‘BASE-jumping’ of heroïen ; Dankie aan Jetsport vir die gebruik van die Nuda. Skakel 0 051 448 0993/4. * Sachs maak spesialisvering


19 Mei 2013

InRat 7

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Mini Paceman

Formule Een

MotorSport

Fernando Alonso, op pad na sy tweede oor­ winning van­ jaar | FOTO: FERRARI Halt, marsjeer of parkeer? Hy’s dalk om­ strede, maar behoort baie fans te vind | FOTO: MINI

Makierie pas! T

en aanskoue van die sewende model in moderne Mini­gestalte sou sir Alec Issi­ gonis, legendariese ontwerper van die oor­ spronklike Austin Mini, heel moontlik in sy beste drilpeloton­stem gebulder het: “Makie­ rie pas!” (Vir diegene sonder weermagonder­ vinding, dis ’n vervorming van “markeer die pas”, wat in strafdrilsessies sommer net “ ’kierie­pas” geraak het en beteken jy staan op een plek en lig jou voete op en af – son­ der om vorentoe te beweeg.) Want dié nuwe­ ling – volgens Mini se base ’n praktiese krui­ sing tussen die Countryman, luikrug en koe­ pee – marsjeer teen ’n heel ander pas – een wat moontlik heel uit pas met sy oorsprong­ waardes is. Hoe is dié hoogloop­tweedeurryding toe­ paslik in die Mini­reeks? Wel, die antwoord is seker: Wie (behalwe dalk Issigonis en afici­ onado’s van die oorspronklike Mini) gee om? Want die moderne Mini­handelsmerk is juis ingestel om aanpasbaar, dog uit pas te wees met die normale – tot op die punt van ek­ sentriekheid. En dis wat die Paceman so aan­ loklik maak. In wese is dit ’n koepee­Countryman, ge­ grond op dieselfde onderstel, maar met ’n 39 mm laer daklyn en 10 mm laer penshoogte om hom meer sportief te laat lyk. Tot by die B­pilaar (twee­derdes van voor) is hy geheel Countryman, ook wat kajuituitleg betref. Maar dan word hy onderskei deur ’n skuins Evoque­agtige dak, twee agtersitplekke (teen­ oor die Countryman se drie) en horisontale agterligte (’n eerste vir Mini). Die Paceman deel die 1,6 liter­enjin van sy

stalgenote, en is beskikbaar in Cooper (90 kW), turbo­aangejaagde Cooper S (135 kW) en Cooper S met ALL4­aandrywing, met sesgang­hand­ of outo’­ratkaste. Aan­ staande maand is die vuurwarm JCW­weer­ gawe (160 kW) ook hier. In Cooper S­vorm blits die Paceman in net 7.5 sek. tot 100 km/h, selfs al is dit 75 kg swaarder as die luikrug, maar in draaie tel daai ekstra kilo’s teen hom. Tesame met sy hoë ryhoogte het dit vir meer bakrol (oorleun in draaie) gesorg, en met sy stram veerverstellings asook opsionele laeprofiel 19 duim­bande, was sy rit uiters hard, wat die Paceman op kort riffels laat rondtrippel het. Die stuurgevoel is goed, maar vergeleke met die luikrug en koepee se skerp hantering stel dié model se rygerief en padmaniere teleur. Die Paceman se pasverandering maak hom egter uniek, sonder enige noemenswaardige mededingers – hoewel teikenkopers moontlik ook die Nissan Juke sal oorweeg. Sy tekort­ komings gaan ook nie voornemende kopers afsit nie, want dié Mini het styl, en anders as die ander modelle (behalwe dalk die Country­ man) is dit nogal prakties ook. Selfs al meen puriste dié weergawe pas nie werklik in Mini se reeks nie, kan dit dalk ’n nuwe pasaange­ er word. – Ferdi de Vos PRYSE (sonder opsies) Cooper R299 236 Cooper S R360 407 Cooper S ALL4 R411 400 JCW R440 550 (beskikbaar in Junie)

Alonso, koning van Spanje F

ernando Alonso het in Bar­ celona voor duisende Spaan­ se Formule Een­geesdriftiges ’n skitterende renvertoning gelewer om sy tuis­ Grand Prix te oor­ heers en sodoende Ferrari ’n twee­ de sege in die 2013­reeks te besorg. Die Spanjaard het uitstekend vanuit die vyfde plek weggespring, twee plekke in die eerste twee draaie opgemaak, en in die volgen­ de rondte in ’n dapper maneuver tot die tweede plek opgeskuif. Na­ dat die voorste Mercedes van Nico Rosberg begin bandgreep verloor het, is Alonso gou verby en kon hy sy voorsprong van daar af tot die einde beheer. Sy spanmaat Felipe Massa het sy beste vertoning tot nog toe van­ jaar gelewer deur derde te eindig nadat hy in die negende plek weg­ gespring het. Die Italianer kon selfs tweede geëindig het, maar in sy stryd om plekke op te maak, is sy Ferrari se bande só verrinne­ weer dat hy teen die einde nie meer ’n aanslag op die Lotus van Kimi Räikkönen kon maak nie. Räikkönen, op sý beurt, het met goeie renstrategie en bandekeuses gesorg dat hy eers met Sebastian Vettel (Red Bull) afreken, en daar­ na ook vir Massa uit sy lugstroom kon hou om uiteindelik gerieflik in die tweede plek te eindig. Vir Vettel en die Red Bull­span

was dit g’n maklike ren nie. Dit was duidelik die span se motors had nie die spoed in Spanje wat hulle in Bahrein en Maleisië open­ baar het nie. Vettel was vierde, ge­ volg deur sy spanmaat Mark Web­ ber. Tog is Vettel steeds voor op die punteleer, hoewel Räikkönen en Alonso nou nog nader gekruip het. Vir die Mercedes­span was die ren rampspoedig, veral in ag geno­ me die pas wat Rosberg en Lewis Hamilton in die kwalifiserings­ rondtes gehandhaaf het. Rosberg het (in kwalifisering) sy spanmaat om die voorste wegspringplek uit­ gestof, maar in die ren het albei se motors só erg bande gevreet dat hulle byna heeltemal moes besgee. Rosberg was eindelik sesde, gevolg deur Paul di Resta (Force India) en Jenson Button (McLaren), met Hamilton wat maar 12de was. Intussen begin al hoe meer spanne hul misnoeë met die Pirel­ li­bande se klouvermoë uitspreek, veral oor die feit dat dit ware ren­ mededinging demp. Hoe dit die spanne op die kort, draaierige Monaco­straatbaan gaan beïnvloed, is moeilik om te bepaal, maar Alonso het reeds laat blyk Mercedes se jaers moet as gunste­ linge vir dié ren aanstaande week beskou word, gemeet aan hul pas in die kwalifisering. – Ferdi de Vos

Neem ’n administratiewe besluit. Bestuur elke 3 jaar ’n nuwe Audi.

Über Offers Om bo uit te kom moet jy ’n goeie aanbod kan raaksien wanneer een aan jou uitgewys word. Soos die Audi Gewaarborgde Über-aanbod, wat die toekomstige waarde van jou Audi A6, Audi A7 Sportback, Audi A8 en Audi Q7 verseker, sodat jy elke drie jaar in ’n splinternuwe model by die vergadering kan opdaag. Besoek jou naaste Audi Handelaar of audi.co.za vir meer inligting. Prys (BTW ingesl.)

Rentekoers*

Deposito

Periode

Paaiement

Toekomstige Waarde

Somtotaal

A6 2.0T FSI multitronic

R 501 000

2.52%

10%

36 months

R 7 250

R 220 440

R 261 000

A7 3.0 TDI quattro S tronic

R 744 500

1.81%

10%

36 months

R 10 420

R 327 580

R 375 129

A8 3.0T FSI quattro tiptronic

R 976 500

0.37%

10%

36 months

R 12 830

R 429 660

R 481 863

Q7 3.0 TDI quattro tiptronic

R 713 000

4.43%

10%

36 months

R 11 250

R 313 720

R 405 009

Model

*Gekoppel aan FNB prima-rentekoers, tans 8.50%. Bostaande aanbiedinge bereken op standaard-spesifikasie Audi-modelle en ’n beperking van 60 000 km oor die periode. Modelle hier uitgebeeld mag opsionele toerusting wys. Pryse vir opsionele toerusting is nie ingesluit by die geadverteerde bedrag nie. Aanbod geld slegs vir Audi A8 met standaard-asafstand. Somtotaal sluit aanvangsfooi en maandelikse administrasiefooi van R57 in en sluit Gewaarborgde Toekomstige Waarde uit. Rentekoers sal verskil van voorbeeld in hierdie advertensie indien die prys verskil. Alle finansieringsaanbiedinge is onderhewig aan kredietgoedkeuring van Audi Financial Services. Bepalings en voorwaardes geld. Audi Financial Services – ’n afdeling van WesBank – ’n afdeling van FirstRand Bank Bpk. ’n Gemagtigde Finansiële Dienste- en Kredietverskaffer. NCRCP20. Voertuie mag ander spesifikasies vir die Suid-Afrikaanse mark hê.

OGILVY CAPE TOWN 56170/A/3

Vind ’n Handelaar


XXX LJB DP [B XXX LJBTB NPCJ

singh&sons KIA/4071/INRAT-Rocks

,MFJO WFSBOEFSJOHT BBO POT SFNNF

NBBL sO HSPPU WFSTLJM BBO KPV WFJMJHIFJE

%*& /68&

s/ ,-&*/ 7&3"/%&3*/( ."", s/ (3005 7&34,*-

sO 7FSTLJM WBO NN BBO POT SFNTLZXF CFUFLFO sO WFSCFUFSJOH WBO N JO SFNBGTUBOE


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.