Rapport InRat - 20 Januarie 2013

Page 1

InRat

2

Meneer Gesofistikeerd, die werkersklasheld

5

’n Ferrari­turbo­enjin vir die nuwe Maserati Quattroporte

Bylae tot Rapport

20 Januarie 2013

Tien motors

vir 2013 waarvan

7

Ons leer bromponie ry op die nuwe Vespa LX150

jy móét weet 3&8

‘Hou vas my bier, dan wys ek jou wat dié Cruiser kan doen’

10


2 InRat

20 Januarie 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Ons is reeds daarmee heen

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226

D

Advertensies Attie Bekker E­pos: attie.bekker @media24.com Tel: 011 713 9545

Nuut

Die F12berlinetta (dis hoe Ferrari dit skryf) sal ook vanjaar op ons paaie te sien wees. Hy vervang die 599 GTB en beskik oor ’n V12­ enjin wat petrol teen uiters hoë druk direk in die silinders spuit. Dié kragbron ontwikkel 544 kW en 690 Nm | FOTO: FERRARI

KopKrap

Vul­in­die­woorde 01

ie media en die regering se vervoerdeparte­ mente word daarvan beskuldig dat hulle net sekere tye van die jaar op padveiligheid fokus. Dis nie heeltemal ongegrond nie. Maar dis ook waar dat die padsterftesyfer buite die vakansieseisoen nie juis laer is nie. Dit het bloot tradisie geword dat ’n “dodetelling” in die Desember­ en Paasva­ kansie gehou word en dat belanghebbendes (en die media) dan gereeld daaroor verslag doen. Nog ’n rede waarom padveiligheid dan groot nuus is, is dat daar nie veel ander nuus is terwyl die politici en sakelui vakansie hou nie. Ja, dis als betreklik interessant, maar eintlik bloot akade­ mies. Want wat soos ’n paal bo water staan, is dat padsterftes nie afneem nie. En die oorsake is dinge soos bestuur (of stap) met drank in die lyf, onverskilligheid en onpadwaardige voertuie. Dit kan alles knus onder die sambreel van wet­ teloosheid en ’n traak­my­nie­agtigheid pas. By­ voorbeeld: Twee draughts in ’n uur beïnvloed nie my bestuursvermoë nie. Of: Ek gaan nie ver of vinnig ry nie, my kleuter kan maar tussen die voorsitplekke sit. Dalk is kinders juis die antwoord. Want die grootmense wat gereeld oortree – en dis baie van ons – is al te gewoond aan ons manier van ry, of set in our ways, soos die Engelsman sê. Dalk moet die helfte van die begroting vir wetstoepassing en bewusmakingsveldtogte ingespan word om vir Daantjie Kat laat herleef. Hy steek glo sporadies kop uit, maar om die volgende generasie wetsge­ hoorsamer te help maak, sal hy weer ’n nasionale held moet wees.

FOTO’S LINKS EN ONDER DEUR DESMOND LOUW Terwyl Daantjie ’n lae profiel handhaaf, kan ou­ ers solank die volgende kennis aan hul kinders oordra: ; Gordel jou vas. As jy agter sit tydens ’n bot­ sing, kan jy die voorste passasier tref en sterf – of sy dood veroorsaak. ; Bly van die pad af. Skype of bel waar moont­ lik. Vlieg of ry trein, as jy kan of reis per munisipa­ le bus. En moet veral nie snags ver ry nie. ; Wees geduldig en verdraagsaam. Moenie an­ der se swak padgewoontes persoonlik opneem nie. ; Moenie dat jou elektroniese apparate (iPod, selfoon) jou einde beteken nie. Hou die oorfone uit jou ore. ; Moenie mense se intelligensie oorskat nie en oppas vir voetgangers, fietse en motorfietse. Be­ weeg slegs na die linkerkant van die geelstreep as dit veilig is. ; Hou jou motor padwaardig en pas hom op. Ek het in Desember se artikel oor (o.m.) die Chevrolet Trailblazer genoem dat hy onafhanklike agtervering het, omdat die brosjure so sê. By nade­ re en fisieke inspeksie blyk dit ’n vaste as te wees. Jammer oor dié fout. Mej. Dipstiek sal volgende maand weer verskyn. Justus Visagie @ryveilig op Twitter

Ek en my wiele

Verskaf deur XWord.co.za

ARNO CLOETE

A

Skryf elke woord in die lys hieronder op die regte plek in 3­letterwoorde Ent Gat Gly Lig Pas

Sit Val 4­letterwoorde Bots Duin Lede

Slimkop Om die raaisel te vol­ tooi, moet jy al die woorde hierbo inpas en dan ’n woord maak met die letters in die groen blokkies. Desember se oplos­ sing is langsaan. Die woord is “sleep­ stang”. Hou InRat dop, want ons sal binnekort weer pryse weggee in Kopkrap.

Pomp Stop 6­letterwoorde Gordel Lugsak 7­letterwoord

Tolgeld 8­letterwoorde Grondpad Kenteken 11­letterwoord Kronkelveer

rno Cloete is die nuwe handelaarshoof van Viglietti­motors, invoerders van Ferrari en Maserati in Kaapstad. Hy is pas terug in Suid­Afrika ná ’n vyfjaarkontrak in Abu Dhabi in die Midde­Ooste. Hy beskryf homself as ’n pe­ trolkop wat lief is vir gim en bergfietsry. Wat ry jy, en wat is jou ryding se beste en swakste eienskappe? Ek ry ’n 2012 Maserati GTS Cambiocorsa. Sy beste eienskappe sluit in kraglewering van 338 kW, 0­100 km/h in 4,7 se­ kondes, ’n topspoed van amper 300 km/h, en ’n hemelse enjinklank. Hy is stylvol, gemaklik en begeerlik, en ek is altyd betyds vir afsprake. Swak eienskappe: My vrou wil my skei omdat die kar te veel aandag trek, en ek word gedurig afgetrek deur verkeersbeamptes wat die kar wil bekyk. Die petrolrekening kan ’n bietjie hoog raak, maar wie gee om as jy die rit so baie ge­ niet? Jou beste herinnering met jou kar? Daar is so baie, maar die beste is wanneer die organisa­ sie Reik na ’n Droom minderbevooregte kinders bring vir ’n rit in ons karre en ek die ervaring met hulle deel. Watter vervoermiddel sal jy met R5 miljoen koop? Ek is mal oor karre; dus sal dit ’n kar wees. Ek wil graag ’n Ferrari F40 besit. Gee ons ’n oplossing vir die volgende ver­ voerprobleme: olie wat al hoe skaarser en duurder word, en die oormag motors en vragmotors op ons paaie? Glo my: Die olie raak duurder, maar nie skaarser nie. Laat die oliekonings produksie verdubbel en sodoende oliepryse verlaag, want die produksiekoste per olievat is slegs $5. Verder sal ek ’n reël instel dat vragmotors net in sekere bane mag ry, met spesi­ ale paaie tussen dorpe en stede waarop net vrag­ motors mag ry. Dié reël geld in Abu Dhabi en Dubai met hulle magdom karre en dit werk goed. Het jy al ooit geryloop? Enige herinneringe daarvan? Nee, nog nooit nie. Ek het nog altyd ’n fiets byderhand gehad of ’n bevooregte vriend met ’n kar wat kon uithelp. Het jy al ooit ’n kar se vensters van binne laat toewasem? Ja. En toe klop ’n verkeersbe­ ampte aan die venster. Hy wou my toesluit, maar ons het gelukkig weggekom met ’n waarskuwing. Van toe af het ek sulke dinge maar liewer in ’n huis gedoen. Vertel my van jou eerste kar. Wie’t jou ge­ leer bestuur en het jy Die Toets maklik ge­ slaag? My eerste kar was ’n gestampte 1987 Opel

Kadett 1.8 GSI wat ons op ’n veiling gekoop het. Dieselfe dag het ons die kar – met ’n kontantaan­ passing – geruil vir die “Big Boss” Kadett 2.0 li­ ter GSI. Ek onthou die dag asof dit gister was. Ja, ek het met die eerste keer my rybewys gekry danksy my Pa wat my van st. 1 af elke dag laat bestuur het. Swets jy in die privaatheid (en klankdigt­ heid) van jou eie motor op ander padgebrui­ kers? O ja, maar in die privaatheid van my mo­ tor, aangesien ek al deurgeloop het in ’n voorval van padwoede. Bly maar liewer in jou voertuig! Wie gaan vanjaar die Formule 1­kampioen­ skap wen? Alonso­o­o! Waarna luister jy wanneer jy ry? Wanneer ek nie na die Maserati se enjinklank luister nie, is dit Spirits, die kalmerendste musiek. Watter toestel wil jy die graagste in jou kar ingebou hê? Daar’s baie – kom ons begin met ’n toestel wat jou nommerplate laat “verdwyn”. Enigiets anders wat ons moet weet? Dit gaan ’n baie interessante jaar wees aangesien ons die Ferrari Berlinetta F12, Nuwe Maserati Quat­ troporte en ’n kleiner weergawe Quattroporte op ons vloere gaan sien. Ons het reeds die mooiste modelle – ek praat van karre!


20 Januarie 2013

InRat 3

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

VoorSkou

2013 se motors

‘Is u reg om te bestel?’ VAN ’N SUPERMOTOR TOT ’N SKOLLIE IS ONDER DIE VERNAME MOTORS WAT VANJAAR KOM, EN DIE VOOR­ UITSIGTE LEES SOOS ’N (MEESTAL) SAPPIGE SPYSKAART. DEUR BRAAM PEENS. Die ladies’ rump: Volkswagen Golf 7 Wanneer kom hy? Einde van die maand. Jy moet jou oë skrefies trek om die sewendegene­ rasie­Golf van sy voorganger te onderskei, maar verskille is daar wél. Die voorwiele is 6 cm vorentoe geskuif vir meer binneruim­ te en die hele Golf­gesin was Weigh­Less toe om tot 100 kg se vakansievetjies af te skud, wat hom ratser en suiniger met die sous maak. Dít en VW se XDS­ elektro­ niese ewenaar, wat vantevore slegs tussen die GTi se voorwiele aangetref is, is nou standaardtoerusting in alle variante en gee die bande meer byt in die draaie. Die bougehalte is steeds stratosferies en elke Golf het nou ’n turboaanjaer, met ’n keu­ se tussen ’n sesganghandrat of ’n dubbel­ koppelaar­outokas. Uitspraak: Die hoofstroomkeuse, maar ’n staatmaker en solied soos ’n blok vleis Vis­en­tjips: Renault Duster Wanneer kom hy? Tweede kwar­ taal. Hier’s ’n verrassing wat ’n paar mense aan hulle Gor­ don Ram­ say­“boerewors” sal laat stik. Hy heet die Duster en hoewel daar ’n Renault­ diamant op sy snoet sal pryk, word hy eintlik deur die Franse maatskappy se Roemeense filiaal, Dacia, gebou (en as sulks in Europa verkoop). Die Duster se naam klink miskien soos ’n ding wat ie­ wers in jou besemkas skuil, maar dié Re­ nault ken nie van staak of slaap oppie job nie. Hy’s beskikbaar in ’n 4x2­ of 4x4­formaat; laasgenoemde met ’n ewe­ naarslot en 21 cm­penshoogte. Dié een­ voudige, hardwerkende eseltjie het óf ’n 1.6 liter­petrolenjin óf 1.5 liter­turbodiesel­ enjin aan diens. Daar is sitplek vir vyf volwassenes en die kattebak sluk 475 li­ ter se Castles. In Brittanje begin die Dus­ ter­pryslys by R115 000, hoewel jy in

Mzansi waarskynlik nader aan R200 000 gaan betaal. Uitspraak: Goedkoop plesier, maar sout van die aarde Smirnoff Spin: Ford Fiesta ST Wanneer kom hy? Der­ de kwartaal. Verlede jaar was ’n fees­ maal van pri­ ma blitsbukse, maar vanjaar gaan die sub­ R300k­kategorie vir kookwaterkannetjies behoorlik borrel. Lek jou lippe af vir die Renault Clio RS en Peugeot 208 GTI, maar veral vir die Ford Fiesta ST. Sy ge­ toorde 1.6 litertjie ewenaar die Polo GTI se 132 kW, en as die Fiesta se onderstel enigsins soveel potensiaal het soos die Focus ST s’n, gaan jy hierdie Fordjie ná ’n laat aand by Teaser’s soos ’n opge­ frommelde McDonald’s­kardoesie kan rondsmyt. Lekker. Uitspraak: Sletsappie. Nie so harde­ baard soos sy mampoermondspoel­ouboet die Focus ST nie, maar maak nogtans die jeukerige sewentienjarige in jou wakker. Durky­sous: Mini Paceman Wanneer kom hy? Hopelik nooit. Toe BMW in 2011 besluit het om die Mini as die vier­ deur­Country­ man te ver­ koop, het men­ se met hulle maag gestem en was Imodium in ’n oogwink wêreld­ wyd uitverkoop. Dit was nie net gierig­ heid wat een van die motorwêreld se mees ikoniese tweedeurvorms vermink het om soos ’n walvis te lyk nie; hy’t op die koop toe ’n paar hoëhaakskoene by­ gekry en só sy beroemde dinamiese ver­ moëns saam met sy siel verkoop. Asof dit nie genoeg was nie, bou Mini nou die onsinnige Paceman – ’n tweedeurweerga­ we van die bogsnuiter­Countryman se vierdeurbakwerk. Terloops, dis die se­ wende soort Mini wat jy kan koop. En die laaste twee is twee te veel. Die Pace­

man is ’n skaamtelose poging om Mini­ aanhangers droeër te melk as wat die ANC­regering motoriste met die e­tolstel­ sel wil leeg suig. Dis net so erg soos om jou seun na ’n Spur­sous te vernoem. Uitspraak: Simpel sous, simpel naam, simpel kar. Siesa Chico the clown: Kia Cerato Wanneer kom hy? Mei As jy die gevolge van te veel uiteet om jou mid­ del dra, is daar goeie nuus: Dié nu­ weling gaan laer, langer en breër as die bestaande Cerato wees. Jy hoef ook nie meer ’n sak oor jou kop te trek as jy met hom ry nie, want hy her­ inner aan die groter, aantreklike Kia Op­ tima. Die Koreane is nog stil oor die be­ skikbare enjins, hoewel jy kan aanvaar die Hyundai­groep se nuwe 1.6 liter­enjin (99 kW) met direkte­brandstofinspuiting sal voor in die koor wees. Die vorige Ce­ rato se stuur was so jellie­agtig dat dit gevoel het asof jy jou duim in Ouma se koekstruif druk. En sy binneruim was soos haar sitkamer – duursaam maar verbeeldingloos; uitsluitlik ’n kandidaat vir Avis of kripvreters. Maar Kia het die afgelope drie jaar met rasse skrede verbe­ ter en as die prys reg is, sal hy flink ver­ koop. Die vraag bly egter: Sal jy die Co­ rolla­na­Kia­kopskuif kan maak ná deka­ des se tropmentaliteit? Uitspraak: Goedkoop en gemaklik. Biltongbroodjie: Isuzu KB Wanneer kom hy? Maart Daar’s nie juis fout met die huidige KB nie, maar die VW Amarok en Ford se ram­ kat­Ranger rokkel kopers van die verouderende Isuzu af. Maar nes biltong vergaan taai nie. Daarom is die leerraamonderstel van die nuwe sesdege­ nerasie­KB, wat nes sy voorgangers plaaslik gebou sal word, na bewering 42% sterker as die bestaande een s’n. Die drie bakwerkstyle – siengel kêb, dabbel kêb en ekstended kêb – gaan almal met ’n aggressiewer voorkoms en beter ruim­ tebenutting in die kajuit spog, terwyl ’n motoragtige ritgehalte die oogmerk was – en van sy mededingers op hulle neus

kan laat kyk. Uitspraak: Local bly maar lekker. Crème brûlée: Porsche Cayman Wanneer kom hy? April Die Boxster, wat verlede jaar bekend gestel is, is hemels en Por­ sche wil dié nuutgevonde mo­ mentum vanjaar met die nuwe Cayman behou. Soms is ’n klein toevoeg­ seltjie al wat nodig is om goud van grond te maak. Dink maar net aan ’n noukeurig uitgesoekte wyn saam met ’n droomgereg, of ’n sianiedpil saam met ’n Spur­burger. Daarom kry die Cayman se platses­enjins net klein verbeterings: die 2.7 ontwikkel nou 202 kW pleks van 195 kW en die 3.4­liter 239 kW teenoor 235 kW. Hy het ook by Virgin Active aange­ sluit en spog nou met ’n ligter, stywer bakwerk – alles in die allerheilige naam van goeie hantering. Die Cayman het eko­funksies soos staan/ry en ratwisse­ lings wat optimale verbruik verskaf. Voorbeeldig in die voorkamer; stout in die slaapkamer. Emsie Schoeman sal trots wees. Uitspraak: Die gesellin met ’n hart van goud. Sushi: Mercedes­Benz A­Klas Wanneer kom hy? Mei Daar’s twee soorte wat met die A­Klas ry. Middeljarige vroue wat dink hulle is dertig en der­ tigjarige mans wat wens hul­ le was vroue. Wanneer die nuwe A­Klas egter vanjaar uit die kas kom, gaan hy ook Audi (A3)­ en BMW (1­Reeks)­kopers lok – en dis nie noodwendig manne met donker geheime, handeroom en ’n pienk hemp in die kas nie. Want die A­Klas is getransformeer van snotneus­snoetbus na ’n gespierde dog elegante luikrug, sonder om soos ’n Golf te lyk. Al die enjins sal turboaangejaag wees en direkte brand­ stofinspuiting hê. Die papste een sal 90 kW uitpiepie, terwyl die vierwielaange­ drewe A45 AMG se 261 kW jou die Onse Vader sal laat opsê. Koebaai knakpolsies, hallo Koning Kilowatt. Uitspraak: Vorm en funksie vloei in­ een en word vervolmaak. (Vervolg op bl.8)

Verbeel jou, die motor waarna jy soek kom vind jou ... http://www.carfind.co.za

cfd3576a


4 InRat

20 Januarie 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

Ford Focus ST

Lady van die onderdorp DIS NIE NET RENOSTERS WAT HORINGS HET NIE, LUI DIE LOKLYN VAN ’N AFRI­ KAANSE SOEKMEKAAR­WEB­ TUISTE. NET SO HOEF JY MET DIE KOMS VAN DIE NU­ WE FORD FOCUS ST NIE MEER NET DIE GOLF GTI OP JOU INKOPIELYS TE HÊ NIE, SÊ BRAAM PEENS.

D

ie ekonomie het amper wéér in die hek geduik, honderde renosters is gestroop, en Die Antwoord het ge­ weier om saam met Lady Gaga op te tree. Maar 2012 was onteenseglik ’n uit­ blinkjaar vir blitsbukse. Volkswagen het eerste in Maart die doek van die Golf GTI Edition 35 afge­ trek, gevolg deur Renault se spesiale Mé­ gane Trophy in Mei. Die Ford Focus ST het in die tweede semester sy buiging ge­ maak, terwyl die Opel Astra OPC in die buiteland onthul is en volgende maand hier bekend gestel word. ’n Mens kan maklik ’n lansie breek (of ’n renosterhoring afsaag) vir elkeen van hierdie middelklasmissiele: Die immer­ groen GTI vir sy rotsvaste bougehalte, die Mégane oor hy die vinnigste voor­ wielaangedrewe motor op Duitsland se moordende Nürburgring is, en die Opel vir sy skobbejakkerige brutaliteit. En die Ford? Wel, daar’s ’n paar dinge wat jy van hom moet weet. Eerstens is sy brute 2,5 liter­vyfsilinder­Volvo­enjin van weleer iets van die verlede. Maar die goeie nuus is dat daardie lieflike roggel­ klankbaan darem nie saam met Riaan Cruywagen by die deur uit is nie, hoewel die enjinklank effens kunsmatig na die kajuit gekanaliseer word vir ekstra effek. Dis amper soos om ’n paar sokkies voor by jou Speedo in te druk voor jy strand toe gaan. Looi hom (dis nou die ST, nie wat ag­ ter die sokkies skuil nie) en dit klink steeds of jy na ’n klompie Kruger­leeus in die duister luister. Net soos sy mededingers maak die ST nou staat op ’n tweeliterenjin, wat 184 kW en 360 Nm uitskop. Hy’s voortaan slegs beskikbaar met ’n vyfdeurbak, en binne is die ST ook nou meer Juanita du Plessis as Yolandi Vi$$er. Dit wil sê meer verfynd, nogtans met ’n wil vir woel. Dis ook waar jy hom die meeste gaan waardeer. Die sitposisie is puik danksy

Met subtiele swart plastiek op sy rooster is die Focus ST aansienlik mooier as die ander Focus­variante | FOTO’S: DESMOND LOUW

Syfers PRYS

R309 661 (ST1) en R353 831 (ST3)

ENJIN

2.0 liter-viersilinderpetrol, turboaangejaag

RATKAS

Sesspoed-handrat, voorwielaandrywing

KRAG

184 kW @ 5 500 r/min en 360 Nm @ 2 000 4500 r/min

VERRIGTING

0-100 km/h in 6.5 sek. en 248 km/h topsnelheid

VERBRUIK

7,2 liter/100 km en 169g CO2/km

BRANDSTOFTENK BAGASIEBAK

55 F 316 F

NAVERKOPE

Vierjaar- of 120 000 km-waarborg en vyfjaar- of 90 000 km-diensplan. Versien elke 20 000 km.

OORWEEG OOK

Volkswagen Golf GTI

Vervaardiger se syfers

Recaro­sportsitplekke (lap in die ST1 en leer in die ST3), en die stuur­ en koppe­ laarpedale nie so swaar dat dit voel jy probeer vir Dozi in die pens skop nie – en dít kan jy nie van al sy mededingers sê nie. Die Focus se stuur is so te sê vas­ gesweis aan jou sinapse: Dínk net aan ’n draai en die ST pols jou waar jy hom wil plaas – teen 60 km/h of 160 km/h. Daar’s nog iets: Die maklikste manier om ’n motor van rigting te laat verander is as hy op sy eie as draai. Dis hoekom ’n mens met die indraaislag (op ’n ren­ baan) nog die middelpedaal effens be­ hoort te kielie om die agterwiele los te kry. Hier is die ST glad nie skaam nie – en soos met die wedren­gefokusde Méga­ ne is dit soms sy stert wat eerste begin swaai as jy so hard indraai soos ’n kwaai tiener sy kamerdeur toeklap. Sulke stoute boudjies smeek om ’n drag slae. Ja, die ST beloon jou. Dis ’n motor wat jy as bestuurder elke dag werkswinkel toe en terug kan ry, terwyl jou kraag­ kroon (werk voor, speel agter) koninklik in die oop venster se wind wapper en jy tweedehandse Chesterfield­lug die Boks­ burgse atmosfeer inblaas. Ja, dít pla. En sal altyd. Want in Suid­ Afrika bly ’n Ford ’n Ford. Dit beteken

Rye instrumente kan jou aandag aftrek. Bepaal dit op die pad, want die ST is on­ merkbaar vinnig! jou kraag en jou boude is vir ewig in ’n tweestryd gewikkel oor watter die blouste is. En die eenliter­brandewyn­tweeliter­ Coke­en­drieliter­Ford­grappe het onge­ lukkig nie uitgesterf met die ja­stem van die 1992­referendum nie. In alle ander opsigte is die Ford Focus ST ’n puik blitsbuks – maar hy’s net nie die beste keuse vir Suid­Afrika nie. Wat beteken jy’s weer terug by die Golf GTI, wat ’n man allermins soos ’n renoster laat voel. Braam Peens is assistentredakteur van TopGear Suid­Afrika.


20 Januarie 2013

InRat 5

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Maserati Quattroporte

Ongetwyfeld ’n Maserati en ’n Quattroporte, maar slaan nie juis jou asem weg nie. Kon dit net sowel ’n Infiniti gewees het? | FOTO: MASERATI

Nuwe Quattroporte het Ferrari­turbokrag D

is nie aldag dat ’n nuwe Maserati sy verskyning maak nie – so ’n ge­ beurtenis is spesiaal. Maar die kar self sal deksels spesiaal moet wees om met motors soos die Mercedes S­Klas en BMW 7 mee te ding. InRat is na ’n nat Nice aan die Franse Suidkus om die nu­ we Quattroporte, Maserati se sportiewe limousine, te bestuur. Voor ons inklim, moet jy die volgende van die nuweling weet: Pleks van die Quattroporte 5 se 4,25 liter­ en 4,7 liter­ V8­enjins het die splinternuwe Quattro­ porte 6 ’n kleiner V8 met ’n verplasings­ inhoud van 3,8 liter of ’n V6 van net 3,0 liter. En dié enjins word deur Ferrari vir Maserati gebou.

Elkeen van hulle is met twee turboaan­ jaers toegerus, sodat die nuwe Quattro­ porte nie net kragtiger en vinniger as sy voorganger is nie, maar ook suiniger met brandstof. Hoe kragtig? 390 kW vir die V8 en 301 kW vir die V6. Die V8­weer­ gawe kan 307 km/h haal en het in ideale toestande slegs 4,7 sekondes nodig vir die 0­100 km/h­lopie. (Die syfers vir die V6 is 285 km/h en 4,9 sekondes). Nog iets noemenswaardig is dat een van die V6­variante deur al vier sy wiele aangedryf kan word, amper soos Audi se Quattro’s. (Terloops, Quattroporte beteken “vierdeur” en het nie soos by Audi iets te make met die aandrywingstelsel nie.) Anders as Audi Quattro’s, wat die enjin­

Junior word ’n senior N ie almal hou van turbo­enjins nie. Hulle “klink na niks”, is “onbetrou­ baar”, “duur om te herstel” en ly aan “turbo­traagheid”. Maar as ’n mens die verskil tussen die “ou”, turbo­vrye 320i en die nuwe voel, verdwyn alle protes soos baaiers wanneer ’n Gautenger ’n dolfyn vir ’n haai aansien. Dié protespunte hou ook nie meer al­ mal water nie: Die ingenieurs toor die enjinklank mooi, betroubaarheid is heel skaflik, die herstelkoste (indien nodig) is nie buitensporig nie – veral as ’n onaf­ hanklike spesialis dit doen – en turbo­ traagheid word ál minder.

Voorheen het sommige ouens die “320i”­kenteken skaam­skaam van die motor laat verwyder, maar nou kan hulle dit met trots dra. Die 320i is nie net die bekostigbaarste 3­Reeks nie, maar ry ook heerlik en werk suinig met brandstof. Al wat pla, is die prys. R380 500 groei nie aan bome nie en as jy rojaal met die opsielys te kere gaan, is jy gou­gou duskant ’n halfmil­ joen. Dít terwyl ’n Audi A4 1.8 TFSI (125 kW) R332 000 kos. Die Audi­ en BMW­kamp is egter so lief vir mekaar soos die Voortrekkers en Zulu’s destyds op Geloftedag, daarom

krag gewoonlik na die voorwiele lei tot­ dat hulle gly, dryf die Maserati se enjin die agterwiele aan, totdat hulle kleitrap en die voorwiele dan aan die werk spring. (Die 4x4­weergawe sal aanvanklik nie in Suid­Afrika beskikbaar wees nie.) Die nuwe Maserati is ook groter as sy voorganger, wat sorg vir meer ruimte as despote hulle pote wil uitstrek. Andrea, wat 1,7 m lank is, is heeltemal verdwerg agterin die motor en sy sê daar is kilo­ meters beenruimte. Én, sê sy, die gehalte van die materiale binne is selfs beter as die Mercedes SL 65 AMG, en die agter­ sitplekke vou as ’t ware om ’n mens so­ dat dit voel of jy in ’n kokon is. Die opsi­ onele Bowers and Wilkins­klankstelsel is

BMW 320i outomaties

fenomenaal, voeg sy by. En die ervaring agter die stuur? An­ drea sê sy hou daarvan dat die versnel­ ler­reaksie en vering afsonderlik verstel­ baar is, sodat die bestuurder sportiewe reaksie kan geniet, selfs op swakker pad­ oppervlakke waar jy ’n sagter verstelling vir die vering sal verkies. Vir ’n groot kar voel die Quattroporte baie rats, sê sy, maar die paaie in Nice se wêreld was sopnat en baie besig. “Ek kan dus nie sê hoe die kar reageer as ’n mens hom tot die uiterste druk nie.” InRat sal hopelik later in 2013 die kans kry om dit te doen, wanneer die kar in Suid­Afrika aankom. – Justus Visagie en Andrea Bate

KitsToets moet jy maar die DSTV laat uithaal, oor­ slaan na Black & White­whisky en ophou om jou sekretaresse op “sakereise” saam te neem. Want die 320i is dit werd. – Justus Visagie

Opwindend om te ry, minder opwindend om na te kyk | FOTO: NP

PRYS R380 500 ENJIN 2.0 liter-viersilinder-petrol met turbo KRAG 135 kW en 270 Nm RATKAS Agtgang-dubbelkoppelaar-outo, agterwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 8.11 sek. en 235 km/h topsnelheid; 6.2 liter/100 km OORWEEG OOK Audi A4 2.0 TFSI, Mercedes-Benz C200, Volvo S60 T4


6 InRat

20 Januarie 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

2 1

2

1 HONDA SE BYNA PERFEKTE JAZZ KOS AL MINSTENS R160 000 – DAAROM WAS DIT TYD VIR ’N KLEINER, GOEDKOPER RONDRITSWA. DIE BRIO IS EGTER VIR ONT­ WIKKELENDE LANDE GEBOU: IS HY GOED GENOEG VIR ’N MA VAN TWEE KLEUTERS MET ’N SMAAK VIR DIE FYNER DINGE VAN DIE LEWE?

H

die enjin se woema, maar dit kon erger gewees het. Die gawe vyfspoedratkas en mooi rat­ hefboom voel en lyk of dit in ’n heelwat duurder motor hoort. Ek was ook ver­ baas oor die hoë gehalte van die klank­ stelsel met sy vier luidsprekers – g’n blikkerige klank hier soos in sommige in­ treevlak­motortjies nie – én daar’s kop­ pelpunte vir ’n USB­stokkie en iPhone. Die weelderige swart vloermatte voel nie net luuks onder jou kaal voete nie, maar help ook om klanke van buite te demp. My oudste broer – en mede­motoren­ toesias – het ook die Brio vir ’n spin ge­ vat toe hy op Hermanus kom kuier het, en die gerieflike bestuursposisie en al die spasie bo sy kop het hom opgeval. On­ danks sy grootte is die Brio ruim binne. Met die Paarliete, Stellenbossers en Ka­ penaars wat ons parkeerplekke in De­

n sy helderrooi veldrypakkie het die Geely LC Cross wat ons bestuur het, heeltemal opvreetbaar gelyk. Sodra ek uit dié parmantige karretjie klim, het mense kom ondersoek instel of die kenteken probeer uitmaak. Dis ’n aandagtrekker soos min. Maar ek het gou vasgestel langpadry is nie sy sterk punt nie en jy sal geduldig moet wees wanneer jy ’n stadige ryding wil verbysteek. Sy 1,3 liter­oondjie is in staat tot 63 kW en 110 Nm. Ek sou hom nie sommer verder as 130 km/h druk nie, omdat die stuur taamlik los voel en teen hoë snelhede nie veel vertroue in­ boesem nie. Jy gaan dus nie sommer spoed­boetes inryg nie. Die rathefboompie voel losserig, maar die oorskakeling is gemaklik en glad. Wat hantering betref, het ek erger ver­ wag weens sy hoër penshoogte (18 cm), maar die LC Cross het my beïndruk om die draaie en stewig gevoel op die pad.

PRYS

R119 800

ENJIN

1,2 F- viersilinderpetrol

RATKAS

Vyfgang-handrat, voorwielaandrywing

KRAG

65 kW @ 6 000 r/min en 109 Nm @ 4 500 r/min

VERRIGTING

0-100 km/h in 12.2 sek. (topsnelheid onbekend)

VERBRUIK

5,6 F/100 km en 133g CO2/km

BRANDSTOFTENK BAGASIEBAK

35 F 161 F

NAVERKOPE

Driejaar- of 100 000 km-waarborg en tweejaar- of 30 000 km-diensplan. Versien elke 15 000 km

OORWEEG OOK

Hyundai i10 1.25 handrat, Kia Picanto 1.2 EX, Toyota Etios XS, Ford Figo 1.4 Ambiente, Nissan Micra 1.2 Visia+

Vervaardiger se syfers

Geely LC Cross

’n Panda in Rambo­klere I

Syfers

Die binneruim is stewig en taamlik goed afgewerk, hoewel dit nie die Honda Jazz se gehalte ewenaar nie. Die bekleedsel se kleur is onprakties ­ oortreksels is jou voorland

sember kom beset, is die Brio net die karretjie om te hê. Die mikro­kattebak is effens belaglik, maar het darem ’n mooi glas­agterklap. Ek kon twee groot swartsakke vol lakens en handdoeke in die bagasieruim pas toe ek wassery toe is. Die agterste rugleuning kan vorentoe vou, wat die pakplek verdriedubbel, maar dan kan net een mens saam met die be­ stuurder ry. Die sentrale sluitstelsel sluit ook nie die bagasiebak oop of toe nie – dit moet jy self met die sleutel doen. Die goeie nuus hieroor is darem dat jou be­ sittings dan eintlik veiliger is daarin, want as skelms jou afstandbeheer se sein blokkeer soos deesdae die truuk is, gaan hulle nie so vinnig toegang kry tot die bagasieruim nie. Die Brio se hantering is indrukwek­ kend vir so ’n klein motortjie, en hy leun min oor in die draaie. Die stuurgevoel is taamlik lig, soos dit hoort by ’n stadsry­ ertjie, maar ongelukkig ook ietwat vaag. Die bougehalte is goed, soos ’n mens van ’n Honda verwag. Die Brio se veiligheids­ toerusting sluit in twee lugsakke en sluit­ weerremme met elektroniese remkragver­ spreiding. Daar’s ook ’n hoë remlig agter. Met sy kordate gesiggie en stomp stert het die nuwe Honda Brio binne ’n week in my hart gekruip. En teen R119 800 is die Brio ’n karretjie wat sin maak – en jy hoef nie geriewe soos lugreëling en elektriese vensters prys te gee nie. Met Honda se reputasie vir betroubaar­ heid en goeie herverkoopwaarde gaan baie Brio’s base kry. – Ané Theron

KitsToets hare waai, al lyk die luginlate se hortjies of hulle nie vir ewig gaan hou nie. Die feit dat die (volgrootte) noodwiel op die agterklap sit, beteken ook die kattebakkie sluk meer as wat jy dink. Nee, die bougehalte is nie watwonders nie, maar met veiligheidstoerusting soos ses lugsakke, sluitweerremme met rem­ kragverspreiding asook sy­impak­veilig­ heidstawe, sal jou ma en pa dalk snags beter slaap. Standaard­tru­parkeersensors beteken ook die kans op ’n “brandewyn­ vlek” is skraler. As jy iets vars en vrolik wil hê waarin jy lekker op die kampus kan rondrits, mag jy dalk net verlief raak op dié oulike motortjie. – Ané Theron

Met ’n in­ drukwek­ kende toe­ rustingvlak bied die LC Cross puik waarde vir swaar ver­ diende rande FOTO: ANÉ THERON Hobbels moet ’n mens egter liewer stadig aandurf. Die LC Cross is bedoel vir niks rowwer as ’n goeie grondpad nie, en sy boendoebreker voorkoms is bloot vir kos­ metiese effek. Wat wél in sy guns tel, is sy ougatfak­ tor. Maar is die Geely LC Cross, teen R110 000, goeie waarde vir geld? Ja en nee. Die binneruim is modieus, maar

Honda se rotsvaste reputasie vir be­ troubaarheid sal genoeg kopers lok en sy prys maak hom bekostigbaar vir eerste kopers FOTO’S: HONDA

baie plastiekerig. Die stuurwiel se hoogte kan verstel word, al is dit net met ’n haarbreedte. Die klankstelsel met USB­ sok het ses luidsprekers en is heel ska­ flik, wat help teen die enjin­ en padge­ raas in die kajuit. Die paneelkissie met sy skuifdeurtjie is slim ontwerp om ruimte optimaal te benut. Die yskoue lugreëling (standaard) kan blaas dat die

PRYS R110 000 ENJIN 1,3 liter-viersilinder-petrol, 63 kW en 110 Nm RATKAS Vyfgang-handrat, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 14,9 sekondes en topsnelheid 145 km/h; 6,9 liter/100 km OORWEEG OOK Hyundai i10 1.25 handrat, Renault Sandero 1.4 Ambiance, Tata Indica 1.4 LSi

InRat 7

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Honda Brio 1.2 Comfort handrat

Parmantige platsnoet

onda het intreevlakkopers en jong mense in sy visier met die oulike nuwe Brio. Die binneruim se drie­ kleurpalet is smaakvol, maar wat Honda besiel het om die sitplekke met beige ma­ teriaal oor te trek sal nugter weet. My kleuters is dadelik verbied om enigiets buiten water in die kar te drink, en eet­ goed was taboe. Op die eerste dag van die skoolvakan­ sie het ek uit Hermanus gery om die Brio in Kaapstad te gaan haal, en die N2 was ’n miernes van karre vol vakansie­ gangers. Toe ek op pad terug in die Kaapse vyfuurverkeer beland, was ek meteens bly oor die Brio se kompakte af­ metings. Jy woerts alte maklik tussen die karre deur, en omdat die Brio so klein en die bakwerk so lig is, is die 65 kW en 109 Nm onder sy enjinkap voldoende. Die lugreëling steel ongelukkig ’n bietjie van

20 Januarie 2013

Vespa

RySkool

Ek ‘like’ die lewe op ’n Vespa SEDERT SY TWEE JAAR GELEDE HAAR MOTOR VERKOOP HET, RITS MARIAN VAN WYK OP MINIBUSTAXI’S ROND TUS­ SEN DIE KAAPSE STADS­ KOM EN SEEPUNT – EN WONDER OF SY DALK ’N BROMPONIE MOET AAN­ SKAF. SY HET VIR INRAT DIE VESPA­AKADEMIE SE RYLESSE OP DIE PROEF GESTEL.

‘O

ns ry bike, al reën dit, maar jy gaan dit nie like nie…” sê Tho­ mas Conradie van Vespa in die Kaapse Waterfront toe ek bel om my ryles uit te stel, want die sluise van die hemel het oopgegaan. Ek was meer as twintig jaar laas op ’n motorfiets en reken hy’s reg. Ek gaan dit nie like nie. Maar die middag is die lug weer blou. Ek ontmoet die handelaarshoof, Mike Eastaugh, by die toonlokaal. Die espres­ so­masjien en valhelms saam met die ry kleurryke Vespas straal pure Italiaanse ontwerp uit. Mike bied espresso aan en skuif ’n vrywaringsvorm nader… Ek te­ ken, klouter agterop die bloedrooi Vespa en ons glip deur die verkeer na die par­ keerterrein reg oorkant. Toe ons daar aankom, gesels Mike eers oor die basiese dinge: Jy klim altyd van links af op; só hou jy balans om ’n draai; en gebruik liewer eers net die ag­ terrem (links op die stuur). En daar gaat ek – skaars 30 km/uur, maar in ’n parkeerterrein kan jy nie vinniger nie en ek’s lus om daai versneller oop te draai. Ek loer na die pad, maar die ver­ keer lyk intimiderend. “Volgende keer,” sê Mike asof hy my gedagtes lees. “Ons kopers kan vir gra­ tis rylesse kom tot hulle gemaklik is. Ons help hulle selfs om hulle rybewys te kry.” ’n Paar dae later lift Mike my na ’n stil pad in die hawe met die Vespa LX150. Hier kry ek dadelik die sleutels, saam met wat ek altyd as sy beste wenk sal beskou: “Moenie skrik as jy in die spieëls kyk nie; alles lyk nader en gro­ ter as uit ’n motor. Moenie stres oor wat agter jou gebeur nie; ál waaroor jy moet dink, is die onnosel dinge wat ander be­ stuurders kan aanvang.” Ek het nou “gekwalifiseer” om die voorrem te gebruik (regs op die stuur, waar die versneller ook is) en maak die versneller lekker oop. Ek zoem tot by die einde van die pad, op en af, die son bak op my arms, maar die wind fluit koel in my ore. Ek sien myself rats deur die stadsverkeer vleg, Clifton toe, sonder parkeerprobleme… Ek waai en toet vir Mike wat sy rug staan en strek. En toe is ek so te sê bo­ op die spoedbult – te laat vir rem. Maar ek voel amper niks nie. Duidelik goeie vering (daar’s dubbelaksie­skokbrekers voor en agter). Boonop weeg dié meneer 110 kg, wat jou seker op koers sal hou as die Kaap se suidoostewind tier? On­ der die sitplek skuil ’n vernuftige haak

Marian se wederhelf hoef nie jaloers te raak nie ­ dis als deel van die les

Breker met die piepstem CHEV SE NUWE UTE­ BAKKIE IS SOOS ’N POEDEL MET ’N OOG­ KLAP: HY MAAK NIE­ MAND BANG NIE. HOE­ WEL HY KWAAI LÝK – ONS TOETSWEERGAWE DRA IMMERS DIE “SPORT”­TJAP – IS HY EFFENS LIG IN DIE BROEK. DEUR MARINDA LOUW.

H

‘Antisipeer die onnosel goed wat moto­ riste kan doen’

Die nuwe Vespa LX150 het drie kleppe vir beter verbruik en verrigting FOTO’S: DESMOND LOUW vir tot vier inkopiesakke. Daar’s ook ’n paneelkissie en bêreplek vir jou val­ helm. Én dan gee hy jou nog ’n allemin­ tige 55 km per liter (1,8 liter/100 km) volgens Mike. Superkoel, reken ek. “Well done,” sê Mike toe ek weer stil­ hou. “Wil jy terugry dan lift jy my?” Ek voel baie gevlei en net die wegtrek voel effens anders. Voor ons doem die be­ drywige sirkel op, maar die Vespa glip rats tussen ’n groot rooi bus en ’n Hon­ da Accord in. Ek kyk in my spieëls en skrik amper. Dit lyk dan of die Honda bo­op my is, maar dan onthou ek Mike se raad en sien die ou in die Honda glimlag. Ek haal die bus in, en dis waar dinge ingewikkeld raak. Dis ’n ander storie om jou balans te hou as die bus voor jou voor ’n spoedbult amper tot stilstand kom. Die spoedmeter tuimel na onder 20 km/h en ek moet mettertyd my voete uitsteek. Maar ons is so te sê by die toonka­ mer. Ek skakel my flikkerlig aan en sien in my linkerspieël Mike steek sy arm uit. En ek sê selfvoldaan: “Moenie worry nie, my flikkerlig is aan.” Ek parkeer (ek gee toe, effens wankelrig) en haal nie eens my valhelm af nie voor ek sê: “Waar kry ek ’n gids vir die leerlingli­ sensie?” Want jy sien, Thomas, ek like dit, en ek like dit sommer baie. Die nuwe Vespa 150LX kos R54 950. Be­ soek www.vespa.co.za vir meer inligting of bel 021 425 7944 .

PadToets

Chev Ute Diesel

Daar is drie Utes met dieselfde 1,3 liter­diesel­ enjin, maar verskillende buiteafwerkings en toerusting binne | FOTO: MARINDA LOUW

oe lyk hy buite? ’n Mooi kleur, so ’n donker see­ blou, het talle mense opgemerk. Die Chev Utility Sport met sy 1,3 liter­die­ selenjin lyk sportief met daai treffende voorligte en gatskop­knopstêre. Sy ag­ terkant laat mense weer kyk, maar is só hoog dat dit jou sig na agter versper wanneer jy parkeer. Ja, jy kan ’n heng­ se vrag agterop laai, maar in die prak­ tyk moet jy uitklim en die omgewing bespied vir hindernisse voordat jy kan waag om parallel te parkeer. ’n Dubbele sierrooster, kopligte wat swart omraam is, en ’n lae voorprofiel gee dié bakkie ’n hardebaard voorkoms. Die Sport­weergawe het ook allooiwiele, misligte en ’n drukvlerkie agterop die dak. Die laaibak het vier hegpunte bin­ ne­in en ses stewige plastiekhake buite­ om waarmee jy ’n vrag kan anker. Daar’s ook ’n volgrootte noodwiel onder die laaibak. Hoe lyk hy binne? Soos kantoormeubels in ’n goewer­ mentskantoor. Die bekleedsel is ’n praktiese grys, en die interieur is ge­ woon en nie besonder gemaklik nie. Die instrumentpaneel is ewe grys, dien­ lik en duidelik uiteengesit. Die binnepa­ nele se afwerking voel baie plastieketig en lyk of dit net te maklik gaan krap of verweer. Die draadloos speel lekker hard – daar’s ses luidsprekers – en jy het ge­ noeg gaatjies en sokke vir USB’s, don­ kerbrille en lipstiffies. Daar is Blue­ tooth­skakeling vir jou selfoon, en al wat jy moet doen om te bel is om die persoon se naam te sê. Agter die sit­ plekke is ’n ruim pakplek van 164 liter – lekker om inkopies, gimklere of ’n windbuks te bêre. Al twee sonskerms het ’n smukspieëltjie. Die stuurwiel en bestuurdersitplek is hoogteverstelbaar en die syspieëltjies verstel elektronies. Veiligheidskenmerke? Twee lugsakke voor, ’n stuurkolom wat wegvou in geval van ’n botsing, en sy­impakstawe beskerm die insittendes. Sluitweerremme en elektroniese rem­ kragverspreiding help om jou vinnig tot stilstand te kry. Daar is ’n immobili­ seerder, alarm en afstandsluitbeheer. Wat nogal oulik is, is die vensters wat outomaties toemaak sodra jy die deur van buite sluit. En hou jou duim op die remote­knoppie en die vensters skuif oop wanneer jy jou deur oopsluit. Die deure sluit vanself sodra jy vinniger as 15 km/h ry. Hoe ry hy? Soos ’n 1,3 liter­diesel. Daar’s wel ’n relatiewe verbetering op die krag van die ou 1,7 liter dieselenjin (ook 55 kW), maar niks om oor huis toe te skryf nie. Inteendeel, die pos sal waarskynlik vóór die bakkie by die huis aankom – die enjin is maar flou. Dit neem’n hal­

Syfers PRYS

R195 800

ENJIN

1.3F-viersilinder-diesel, turboaangejaag

RATKAS

Vyfgang-handrat, voorwielaandrywing

KRAG

55 kW @ 4 000 r/min en 170 Nm @ 1 750 2 500 r/min

VERRIGTING

0-100 km/h in 14 sek. en 150 km/h topsnelheid

VERBRUIK

5,5 F/100 km en 145g CO2/km

BRANDSTOFTENK

558 F

LAAIBAK

1 180F, 1.68 m lank; maks. vrag 703 kg

NAVERKOPE

Vyfjaar- of 120 000 km-waarborg. Versien elke 20 000 km.

OORWEEG OOK

Nissan NP200 1.5 dCi High

Vervaardiger se syfers we dag om tot by 100 km/h te versnel en die topspoed is maar 150 km/h. Hou vas jou kakiehoed... Wat ook gepla het, is die turbo se traagheid om aan die gang te kom teen lae enjinspoed. Ratskakeling is glad en sekuur – ook maar goed, want die en­ jintjie gaan van jou verwag om die ratte báie te gebruik. Maak seker daar is ge­ noeg plek voor aankomende verkeer as jy ’n lorrie of twee wil verbyvat. Met ’n vrag van 300 kg sit hy gemaklik en ste­ wig op die pad, maar met ’n leë laaibak voel hy nogal hard geveer. Min padge­ raas en ’n gerieflike binneruim sorg vir ’n aangename bestuurservaring, maar die min krag in die lae ratte was frus­ trerend in stadsverkeer. Chevrolet sê die Utility moet verkies­ lik op laeswaeldiesel (50 ppm) loop, maar hy kan ook swaelryke diesel (500 ppm) gebruik. Wat gaan die mense sê? Mooi kleur. Dis nogal duur vir ’n klein bakkie. Ougat. Wie gaan hom koop? Iemand wat ’n klein, brandstofdoel­ treffende dieselbakkie wil hê. Die 1,4 li­ ter­petrolvariant Sport (68 kW en 120 Nm) is omtrent R27 000 goedkoper – met dié bedrag kan ’n mens die tenk ongeveer 48 keer volmaak. Dis iets om oor te dink. Waarvan hou ek? Die spasie en pakplek in die binne­ ruim. Groot laaibak. Brandstofdoeltref­ fendheid – byna 1 000 km per tenk as jy mooi bestuur. Waarvan hou ek nie? 1,3 liter­enjin en min krag met ’n bil­ like vrag. Turbo­traagheid. Prys. InRat sê... Die Ute kan nogal vrag dra, maar die enjin is net te lig in die broek om baie harde werk te doen. Hy’s egter heelte­ mal goed genoeg as jy twee nat honde of ’n bergfiets wil laai, maar vergeet daarvan om meer as 400 kg teen 120 km/h te karwei. Die bakkie is suinig met diesel, maar met ’n klein enjin en groot laaibak kan hy net­net hond haaraf maak as ’n praktiese halftonner.


8 InRat

20 Januarie 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

KitsToets

Ferrari California

Die California bekoor waar hy ookal gaan, maar as jy hom skuins van agter beskou, lyk sy boude te groot | FOTO: DAWIE VERWEY

Die elkedagse Ferrari F

acebook is soms die internet­ekwi­ valent daarvan om kaalstert te hardloop terwyl jy inligting oor jouself oor ’n megafoon uitskree. Nee, dis selfs nóg doeltreffender, veral as jy iets sappigs doen soos om met jou pêl se vrou te lol, of ’n dag lank met ’n Ferrari ry sonder om jou vriende elkeen vir ’n spin te vat. (Van jou pêlle sal verkies dat jy liewer met hulle vrou lol as om hulle oor te sien...) Die Ferrari California is onlangs verbe­ ter: Hy ontwikkel 22 kW meer krag en bereik sy wringkragpiek vroeër én hou dit langer daar. Dit is dié verbetering wat ons die kans gegee het om die Cali vir die eerste keer te ervaar. As jy agter die stuur van ’n Ferrari in­ skuif, voel jy amper soos ’n tienermeisie wie se pa R7 000 opgedok het sodat sy vir 10 minute met Justin Bieber kan tan­ de tel. Maar as die beswyming verby­ gaan, merk ’n mens op die binneruim be­ vat heelwat houtskoolkleur plastiek, by­

voorbeeld om die luginlate, wat effens ontuis lyk in ’n ryding van amper R3 miljoen. Gelukkig word die aandag gou hiervan afgetrek deur die prominente geel toereteller in die middel voor jou, ’n tradisionele eienskap waaroor ek moeilik uitgepraat raak. Regs op die stuurwiel pryk die soge­ naamde Manettino­skakelaar van rooi­ pienk vliegtuigaluminium wat die keuses (in hoofletters) tussen COMFORT, SPORT en ESC OFF (glybeheer afgeska­ kel) aandui. Links op die roer staan ’n bloedrooi knop met ENGINE START daarop. Waar jou linkerhand val, is drie groot knoppe: LAUNCH, R (trurat) en AUTO. Eersgenoemde help om die vinnigste wegtrektye te behaal, en met die druk van laasgenoemde wissel die bestuurder tussen outomaties en “handrat”, wat dan behels dat jy die spane op die stuurko­ lom trek om na ’n hoër of later rat oor te skakel. Die regterspaan trek jy om die

motor in eerste rat te sit. Die California is vinniger as wat hy voel, en dit het my effens teleurgestel, veral noudat soveel verrigtingsmotors vu­ rige turbokrag het. Maar dit is ook ’n toonbeeld van hoe verfynd die motor is. Die versnelling druk jou nie vas nie, maar vind geleidelik en verleidelik plaas. Voor jy jou oë uitvee, staan die naald op 220 km/h, terwyl die passasiers dink dis 160 km/h – ek het gevra. Terloops, die voorste passasier was gemaklik, maar die “sitplekkies” agter is net geskik vir tuindwergies of skootbrakke. (Jy kan ook kies om hulle in die fabriek as bykomen­ de bagasieplek te laat inrig.) Al is die Cali ’n afslaankapmotor, is sy bakwerk absoluut stewig. Die bakwerk en onderstel is van aluminium, wat sterk en lig is. Goeie ritgehalte beteken jy kan hom elke dag ry, en die bagasieruim is ’n normale 340 liter groot (240 liter met die staaldak weggevou). Die enjinklank is hemels. Dit herinner

Wat is nuut vanjaar?

Toyota Auris

Jaguar F­Type

(Vervolg van bl.3) Dooswyn: Toyota Auris Wanneer kom hy? Eerste kwartaal Die nuwe Auris is nie so nuut soos jy dink nie, maar eintlik ’n veranderde weergawe van die bestaande model. Sy turbolose 1.6 liter­eenheid ontwikkel ’n gesonde 97 kW en dis hier waar die maar’s begin, want uit die staanspoor het hy kwaai teenstanders. Maar die Golf 7 het ’n splinternuwe en beter platform. Maar die Volkswagen­ groep se kleiner, doeltreffender, kragtiger enjins sit die turbolose Japanners (en Ko­ reane) ore aan. Maar die Golf is beter af­

gewerk. Maar, maar, maar. En jy gaan el­ ke keer in jou Toyota Auris heimlik wens jy het liefs die Golf gekoop wanneer een verby ry. Uitspraak: Doen die job, maar nie die fynproewerskeuse nie.

Enkelmout­whisky: Jaguar F­Type Wanneer kom hy? Derde kwartaal Daar was lanklaas soveel afwagting vir ’n nuwe Jaguar; waarskynlik in 2007 vir die XF. Noudat die C­X75­supermotorpro­ jek gestaak is, is alle oë op die F­Type

aan die huil van ’n Maserati, maar is driftiger en ongeduldiger, met ’n effens hoër toonhoogte. Eendag, lank gelede, was Ferrari’s en ander supermotors hard, ongemaklik, on­ prakties en selfs onbetroubaar. Maar net soos die Porsche 911 en Audi R8 is die California so bruikbaar en mak soos ’n Golf TSI – wanneer jy hom so wil hê. Dit maak hom – net soos die Porsche en Audi – ’n eksotiese kunswerk vir alle­ daagse gebruik. Iets wat prakties gaan wees wanneer jy elke week nóg ’n pêl vir ’n spin moet vat. – Justus Visagie PRYS R2 851 000 ENJIN 4,3 liter-V8-petrol; 360 kW en 505 Nm RATKAS Sewegang-dubbelkoppelaar-outo, agterwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 3,8 sek. en topsnelheid 310 km/h; 15,7 liter/100 km OORWEEG OOK Audi R8 GT Spyder, Mercedes-Benz SL 65 AMG

VoorSkou afslaandak­sportmotor om die handels­ merk ’n adrenalieninspuiting te gee. Dáárvoor is elke ding op sy plek: verstel­ bare vering en ’n keuse uit drie drukaan­ gejaagde enjins wat elkeen die F­Type se agterwiele deur ’n agtgang­outokas aan­ dryf (twee 3­liters wat onderskeidelik 250 kW en 279 kW ontwikkel, asook ’n Pap­ pa wag vir jou­5­liter­V8 met 364 kW). Sy voorkoms help natuurlik ook: Dis een van die sexyste lywe naas daardie kelne­ rin wat haar tip verdien nog lank voor sy die smerige spyskaart oor die taai ta­ fel voor jou laat gly het. Lanklaas het jou lieste so gebrand. Uitspraak: Volrond en sensueel soos fluweel. Spoed met Britse bloed. Braam Peens is die assistent­redakteur van TopGear Suid­Afrika.


20 Januarie 2013

InRat 9

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

Mitsubishi Lancer Evolution X

Syfers PRYS

R700 000

ENJIN

2.0 liter-viersilinderpetrol, turboaangejaag

RATKAS

Sesgang-dubbelkoppelaar-outo, vierwielaandrywing

KRAG

217 kW @ 6 500 r/min en 366 Nm @ 3 500 r/min

VERRIGTING

0-100 km/h in 5.8 sek. en 242 km/h topsnelheid (Car)

VERBRUIK

10,6 F/100 km en 240g CO2/km

BRANSDSTOFTENK BAGASIEBAK

55 F 136 F

NAVERKOPE

Driejaar- of 100 000 km-waarborg en driejaar- of 75 000 km-diensplan. Versien elke 7 500 km.

OORWEEG OOK

Subaru WRX STi, Audi S4, Chrysler 300C SRT-8

Vervaardiger se syfers

Vinnig en eksklusief. Maar nie sonder foute nie. Soos ’n diens wat elke 7 500 km vereis word | FOTO’S: DESMOND LOUW

Fantasie vir die fanatici DIE EERSTE BESENDING VAN 20 PEPERDUUR EVO X’E IS REEDS VERKOOP. JY SAL VERGEEFS PROBEER OM HUL EIENAARS TE OORTUIG DAT R700 000 ’N MAL PRYS IS, SKRYF JUSTUS VISAGIE.

A

s jy jou broeksak hard geskud het en gevolglik in ’n Lancer Evoluti­ on X (“Tien”) rondry, kan jy jou maar regmaak om jou kopie te verdedig of te verduidelik. Die drukvin op die ba­ gasiebak asook luggate in die enjinkap en by die wiele is die hoofredes. Jy en die kar gaan as “zef” bestempel word en as jy haar foonnommer wil kry, sal jy jou storie agtermekaar moet hê. Jy sal moet sê dat die Evo eintlik ’n adellike tydrenmotor is wat verdwaal het en hom nou in die stad bevind. Dat sy vering, remme en eletronika hoogs geso­ fistikeerd (en duur) is sodat hy sy teen­ standers op glibberige grondpaaie kan

vermorsel. En al lyk hy grotendeels soos sy bedeesde boetie, die gewone gesin­ sedan­Mitsubishi Lancer, het hy die soort inratversnelling (40­60 km/h in 1.13 sek., volgens Car) wat jou soos ’n maniak laat glimlag. Vat haar vir ’n wilde spin en sy gaan daarna moontlik haar kinders in jou oë sien. Dis alles goed en wel, maar wat gebeur wanneer die wittebrood verby is? Nou moet jy jouself oortuig dat die harde stampe, wat deur die vering kom en kraak­ en stampgeluide in die kajuit maak, ’n regverdige prys is vir die uitste­ kende padhouvermoë. Wat ons by die hantering bring. Op die

Die langpad is ’n lekker pad

Die binneruim is baie dieselfde as die ge­ wone Lancer s’n. Maar die geld is aan die meganika bestee en dis waar dit hoort

renbaan en selfs (soms) in die stad het die voorste bande teleurstellend maklik hul houvas op die pad laat los toe ek be­ gin draai het – iets wat stuurtraagheid genoem word. Dis onaangenaam, maar die motor se blikbrein sit nie en slaap nie: Wanneer die voorwiele gly, word meer krag na die agterwiele gelei omdat hulle vas trap. Op Killarney­renbaan, wat jou nie maklik vergewe as jy die teer verlaat nie, kon ek voel hoe plat die Evo se spesialis­ vering (Bilstein­skokbrekers en Eibach­ kronkelvere) hom deur die draaie hou en hoe rats hy beweeg. En as jy die stuur­ traagheid kan tem, sal hy teen ongeloofli­

Toyota Fortuner 3.0 D­4D 4x4 outo

JUSTUS VISAGIE VOLTOOI SY TOG DEUR DIE SUID­KAAP NA DIE BOOMHUIS BY WILDERNIS

D

ie De Hoop­natuurreservaat is sowat 30 km van Malgas. Ek volg die rig­ tingwyser na die pont en trek die ’Tuner in ’n groot bloekomboom se skadu, van waar ek eers dié besigheid aanskou. ’n Kanadese paartjie in ’n gehuurde Hyundai Atos parkeer langs my en die man kyk verlangend na die Fortuner. Hy groet en sê die piepklein Atos se kruiwa­ wiele kon nie so lekker met die rowwer stukke van die grondpad “cope” nie. In­ tussen het die pont by ons kant van die oewer opgedaag. Ek ry stadig tot op die “vaartuig” en die Atos parkeer agter my. Die pont word steeds deur menskrag aangedryf – straks sy interessantste eien­ skap. ’n Staalkabel span oor die Breederi­ vier en die ouens trek die pont deur her­

haaldelik van kant tot kant te loop – in die teenoorgestelde rigting as waarin die pont beweeg. Jy hoef hulle darem nie jammer te kry nie. Hulle is sterk en ge­ oefen vir hul taak en ek vermoed hulle kry heelwat fooitjies – veral van toeriste (ek inkluis). Dit kos R40 en as jy dieself­ de dag terugkom, kan jy die kaartjie weer gebruik. Ná dié avontuur draf die Tuner lekker van Malgas af op die grondpad na Wit­ sand en van daar na Heidelberg, waar ek weer op die N2 klim. Hier stel ek die snelheidsbeheer op 105 km/h en ry rustig ooswaarts. Diesel was (en is steeds) vrek duur en ek besef die verbruik gaan hoër as gewoonlik wees met die staanbrander­ plank op die dak.

ke snelhede om draaie swiep. Die probleem is egter dat die Evo X al vyf jaar oud is. Goedkoper motors soos die Renault Mégane RS Cup (R400 000) vernietig hom dus op ’n renbaan – en dít sonder die bykomende greepvoordeel van vierwielaandrywing. Soos ’n welspreken­ de oud­renjaer aan InRat gesê het: “Die Nissan GT­R wys die weg aan vir vier­ wiel­sportmotors en die Europese ver­ vaardigers is op die voorpunt van voor­ wielaandrywing. Die Evo X en Subaru STi is in niemandsland.” Dis deels omdat daar in die jare negentig ’n aangrypende tweestryd in die wêreldtydren­arena tus­ sen die Mitsubishi Lancer Evolution en die Subaru Impreza WRX STi was. Al wat hiervan oorbly, is stowwerige tydren­ games in Incredible Connection se wins­ koopmandjie. Asof daar nie reeds genoeg slegte nuus is nie, oordink ook die volgende. Suid­ Afrika, Australië, Nieu­Seeland en Euro­ pa kry die makker 217 kW en 366 Nm­ weergawe van die Evo X, terwyl kopers in Brittanje, Japan en die VSA veel krag­ tiger Evo’s kan koop. Soos die kranksin­ nige beperkte­uitgawe­Evo X FQ­400 met 300 kW en 542 Nm. Maar soos ons gereeld preek, spoed en krag is nie alles nie en plaaslike Evo­ko­ pers kry darem ook peperduur vering, puik remme, puik hantering, gesofisti­ keerde stabiliteitsbeheer, eksklusiwiteit en sewe lugsakke. En as jy jare lank drome oor die Evo X gekoester het en nou ’n kleinhuisie vol geld het, sal niks anders jou tevrede stel nie. Dis nou as jy een in die hande kan kry.

Jy kan al die pad met die N2 ry, of jy kan die Breederivier só oorsteek My bestemming is ’n boomhuis tussen Wildernis en Sedgefield. Enkele kilome­ ters verby Wildernis draai ek op ’n paad­ jie af wat vinnig in sinkplaat­grondpad ontaard. Die Fortuner se vering is nie van die gerieflikste nie weens ’n vaste as agter en ’n leerraamonderstel, en kort voor lank hou ek stil om die banddruk tot omtrent 1.4 bar te verminder. Nou ry

OnsRyding

ek lekkerder en die laaste kilometers na Eagle’s Call en hul boomhuis glip in rela­ tiewe gerief verby. Die laaste treë na die boomhuis is egter so steil, sanderig en bebos dat ek die Fortuner onder los. Die “huis” is so groot soos ’n ruim slaapkamer en wanneer die wind sterk waai, wieg die hele ding. Maar darem nie so dat ’n mens nie ’n oog kan toemaak nie. En die uitsig oor die vallei en ’n meer vergoed hiervoor. Eilandmeer is lekker naby en die volgende oggend is ek vroeg uit die vere en met die staanplank soontoe om te gaan roei. Ná ’n viernag­uitstappie vat ek en die Fortuner die N2 reguit terug Kaap toe, betyds voor die vakansiegangers op die Moederstad begin toesak. Besoek www.eaglescallwilderness.co.za as jy in die boomhuis of kothuis wil tuisgaan of kry hulle by www.budget­getaways.co.za. Die Fortuner se verbruik was 9.34 li­ ter/100 km oftewel 10.73 km/liter.


10 InRat

20 Januarie 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Toyota Land Cruiser 78 Dubbelkajuit

Toe tiep die Cruiser… HY GRINNIK TELKENS AS HY HOOR OF SIEN WAT MENSE IN DIE DUINE EN OOR HINDERNISSE MET HULLE VELDRYERS AAN­ VANG… TOTDAT DIT MET HÓM GEBEUR HET, SKRYF JUSTUS VISAGIE.

Só leer ’n mens

G

eniet, jy dit, vra Francois Ros­ souw entoesiasties terwyl ek die Land Cruiser 78 versigtig teen ’n klompie rotse in ’n droë rivierloop laat uitbeur. Ek en hy ry ’n graad 5­ viertrekroete by die bekendstelling van die nuwe Land Cruiser­dubbelkajuit en opgekikkerde Land Cruiser 78 “Troopie”. “Ja en nee,” antwoord ek. “Dis lekker wanneer ek die ‘lyn’ deur die hindernis vind, sonder dat jy hoef te beduie hoe ek moet ry, maar ek kry die arme voer­ tuig jammer.” Oomblikke later spring Margaret Pre­ torius langs my in die Cruiser, nadat Francois uitgeklim het om die hindernis­ se vorentoe te inspekteer. Omdat sy die bekendstelling gereël het, wil sy ook weet of dit ’n sukses is tot dusver. Ek herhaal wat ek vir Francois gesê het en vertel haar InRat was verlede jaar onge­ lukkig wat toetsmotors betref – dis nou wat stampe en skrape en so aan betref. Terwyl ons praat, voel ek hoe die voertuig na regs oorleun terwyl ek sta­ dig na links draai om ’n helling met die naam Die Muur te bestyg. My navigator is nêrens in sig nie. Ek dink aan die gids se woorde: “Dit gaan voel of hy wil omval, maar hy sal nie.” En toe val die Cruiser om. Die rotsplaat waarop ek sekondes gele­ de gery het, is nou millimeters van my regterwang af. Ek het verwag Margaret sou op my val, maar sy het haarself met een van haar regterhand se naels gestut. (Sy kry duidelik genoeg kalsium in.) “Sit af die enjin!” skree sy en ek maak soos sy sê. Binne sekondes het sy haar­ self op en uit die linkervenster gehys en staan ongedeerd langs die Cruiser. In die jare tagtig het ek na genoeg episodes van McGyver en The A­Team gekyk om te weet ek beter vinnig uit, voordat die voertuig ontplof. Ek klouter uit soos ’n matroos uit ’n duikboot en wag dat iemand my wakker maak en gerusstellend sê dit was net ’n nagmerrie. Vergeefs.

‘Ag sjym, hy’t sy bier ook omgegooi...’ | FOTO: ELMINE BOTHA Binne sekondes is die organiseerders, Toyota se mense en kollegas van ander media by. Derick Lategan neem beheer van die recovery. Hy stuur ’n Toyota Prado op teen Die Muur sodat hy kan help om die 78 van die linkerkant af met sleepstroppe regop te trek. Omdat die Prado so hoog staan – op Die Muur se kruin – trek hy dus nie net sywaarts nie, maar ook boontoe. Daarom moet daar van die ander kant af gestoot word om die gestrande Cruiser op sy wiele te kry. Derick en sy span sit ’n lugdomkrag waar daar ’n bietjie plek is onder die 78 se regterflank. Nou’s dit tyd vir spanwerk. Terwyl ’n Cruiser 79­bakkie se uitlaatpyp die lug­ domkrag opblaas, trek die Prado doer bo versigtig terwyl omtrent agt van ons help om die gevalle 78 regop te stoot. Nie lank daarna nie staan Ta weer op al vier bene. Toe wag ons ’n rukkie, draai die sleutel... en hy loop. Maar daar’s nog te veel olie in die silinders en die enjin wil teen maksimum toere loop! Om hom dan te laat vrek moet jy ’n lae rat kies en die koppelaar los. Ons maak so. Nou word die Cruiser in vierde rat ge­ sit en daarna deur mannekrag vorentoe en agtertoe gewieg sodat die olie terug na die oliebak syfer. Weer draai die aan­ sitter, en nou loop die enjin rustig.

Besoek jou vulstasie minder die jaar

Ons voltooi die stukkie van die roete wat oor is en kies koers na ons middag­ ete­plek sowat 45 km verder. Omdat die regterdeur se vensterraam effens gebuig het, kan die (elektriese) venster nie toe nie. Maar die lugreëling blaas lekker koel sodat die somerse Karoohitte wat inwaai, nie juis pla nie. Voor middagete kry Derick ’n vier­ pondhamer in die hande en slaan die raam met vier houe reguit sodat die venster kan toeskuif. Die laaste bietjies olie in die silinders laat die Cruiser soos ’n stoomtrein rook, totdat alles verbrand is. Daarna ry ons die lieflike Swartbergpas – ongetwyfeld die mooiste in Suid­Afrika – en kom laatmiddag sonder enige teëspoed op Prins Albert aan. * Francois Rossouw het sy loopbaan as dieselwerktuigkundige begin en is een van die mees ervare en berese 4x4­ouens in die land. Hy lei die RSG­4x4­klub se toere reg oor Afrika. Margaret Pretorius is die be­ stuurder van African Outdoor Group (AOG), en Derick Lategan die eienaar. Sy suksesvolle onderneming lewer dienste aan motorvervaardigers en ­invoerders. Teen druktyd het die Troopie ’n verdere 2 000 km afgelê. InRat sal binnekort oor die dub­ belkajuit Cruiser verslag doen nadat ons hom bestuur het.

Ek het heelwat uit dié ervaring ge­ leer, en ander kennis is net weer bevestig: 1. Vra jouself af: Is dit noodsaaklik dat ek hier ry? Is daar dalk ’n meer gepaste ompad? Dis verál belangrik as daar water is. 2. Die bestuurder moet seker maak hy en sy navigator – wat buite die voertuig beduie waar om te ry – ver­ staan mekaar. As jy nie doodseker is nie, hou stil en máák seker. 3. Die navigator moet besef sy ver­ antwoordelikheid vir die voertuig en insittendes se veiligheid is net so groot – of selfs groter – as dié van die bestuurder. Hy moet ook nie die bestuurder oorskat nie! 4. Hou arms altyd binne die voer­ tuig. Behalwe natuurlik as jy eenarm­ opstote met 2,3 ton op jou rug kan doen. 5. As die voertuig op sy kant of dak lê, moet die enjin dadelik afgeskakel word sodat die suiers nie ongesmeer of “droog” beweeg nie. 6. Die redding van die voertuig moet stadig en noukeurig beplan word, en een moet leiding neem en gehoor­ saam word. Probeer om die voertuig terug te kry waar hy was, omdat daardie posisie bekend is. 7. Gebruik die regte sleeppunte (of recovery points) aan die onderstel – nie die sleephaak waarmee waentjies getrek word nie. Raadpleeg die voer­ tuig se handleiding hiervoor. 8. Baie belangrik: Maak seker nie­ mand sal beseer word as ’n tou, sleepstrop of kabel breek nie, of as die voertuig weer op sy bande land of dalk terugval nie. 9. Sorg dat al die vloeistowwe weer is waar hulle moet wees en dat daar nie massas olie in die silinders bo­op die suiers is nie. Eers dan kan jy die enjin aanskakel. Wieg die voertuig wanneer hy regop is sodat die olie na die oliebak kan terugloop. 10. Die meeste soortgelyke 4x4­ voorvalle veroorsaak nie veel skade aan mens of ryding nie. Ongeveer 90% daarvan gebeur terwyl die voer­ tuig herwin word. Wys iemand aan wat die “veiligheidsbeampte” of waar­ nemer kan wees. Dit kan ’n man, vrou, kind of onkundige wees.

Wenner: 2012 Total Economy Run AWD Vo l Vu gen de lst 80 asie

0k m

f na va

R335 000

Drie-jaar-/75 000 km-instandhoudingsplan Konstante simmetriese vierwielaandrywing 5-Ster-EuroNCAP- en 5-Ster-ANCAP-veiligheidsgradering

SUBARU CENTURION H/V Hendrik Verwoerdrylaan en Ou JHB-pad (R101) & Hendrik Verwoerdrylaan, Centurion 0860 SUBARU / 012 653 7309 www.subarucenturion.co.za


20 Januarie 2013

InRat 11

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

MotorSport

SA­jaers laat vlag hoog wapper in Dakar­ren GINIEL DE VILLIERS HET DRIE REËLS VIR DIE WÊRELDBEKEN­ DE DAKAR­WEDREN: MOENIE VOORSPELLINGS WAAG NIE, DAARVOOR IS DINGE TE ONVOORSPELBAAR; OM TE KAN WEN MOET JY EERS KLAARMAAK; EN OM GOED TE VAAR MOET JY ’N KONSEKWENTE PAS HANDHAAF. ÉLKE DAG…

W

el, met hierdie stuk gaan InRat ongelukkig die eerste reël moet verbreek, want teen die tyd dat jy hierdie lees, sal die voorlopige uitslag van die 2013­wedren heel moontlik al be­ kend wees. Nadat die vreesaanjaende Fiambala­ trajek in Argentinië – die elfde van die vyftien dae lange marathon­ren en die plek waar De Villiers verlede jaar hope tyd verloor het – vanweë vloedwater kortgeknip is, was die “Stil Een”, soos Giniel in Dakar­kringe bekend staan, al­ geheel tweede in die voertuigafdeling. En met net nog twee trajekte in Chili wat voorlê, was die Toyota Imperial Hi­ lux­span in ’n gerieflike posisie om – onvoorsiene probleme uitgesluit – hulle podiumplek deur Copiapo en La Serena tot in Santiago te verdedig. Naaswenner­status in dié strawwe ren oor ongenaakbare terrein sal ’n fantastie­ se – en ook welverdiende – resultaat wees (verlede jaar was De Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz, derde) wat goed by Toyota Suid­Afrika se langter­ mynplanne vir Dakar sal inpas. Tog is dit jammer die Suid­Afrikaanse span het vroeg in die ren heelwat tyd verloor weens ’n vasval in die duine, ’n navigasiefout en oorverhitte remme, want dit het die Franse Dakar­veterane Ste­ phane Peterhansel en Jean­Paul Cottret (X­Raid Mini) ’n goeie tydbuffer gegee. Met ’n voorsprong van meer as 50 mi­ nute behoort Peterhansel vandag sy twaafde (en tweede opeenvolgende) Da­ kar­sege te kan vier – ’n ongelooflike prestasie, veral in ag genome dat hy dit op twee én vier wiele vermag het. Oor die laaste podiumplek wil ons eer­ der nie bespiegel nie, behalwe om te noem dat dit heel moontlik aan nog ’n Mini­span sal behoort. Wat die ander Suid­Afrikaners betref: Die Hilux van Giniel se spanmaats Dun­ can Vos en Rob Howie is op dag drie in

Peru ná ’n tweede rolslag om veiligheids­ redes onttrek (die raamwerk het gebuig), terwyl die Dakar­nuwelinge Johan van Staden en Mike Lawrenson (McRae) ná ’n lelike rolslag en hope verlore tyd moe­ dig bly voortjaag het, maar op die sesde dag moes onttrek. In die motorfietsafdeling het die Franse Dakar­veteraan Cyril Despres (KTM) ná ’n stadige begin algaande sterker begin vertoon, en hy behoort vandag in Santia­ go op die boonste sport van die podium te staan. Wat die ander podiumplekke betref, is die stryd tussen Despres se Portugese spanmaat Ruben Faria, die Chileen Fran­ cisco Lopez Contardo en die Slowaak Ivan Jakes, almal op KTM­fietse. Wat die Suid­Afrikaanse aanslag betref, het Riaan van Niekerk (Broadlink­KTM) uitstekend gevaar in sy eerste Dakar, en sy meer ervare spanmaat Darryl Curtis heeltemal oorskadu. Van Niekerk behoort onder die voorste twintig jaers te wees in Santiago, en ’n plek in die toptien is moontlik. Curtis was met twee trajekte oor algeheel twin­ tigste – dus is ’n plek in dié uitgelese ge­ selskap ook moontlik. Dis egter die moedige vertoning van Sarel van Biljon (E­ATV) in die vierwiel­ motorfiets­klas wat selfs die gehardste Dakar­ondersteuner aangegryp het. Dié Nylstroomse sakeman het vriend en vy­ and verras deur in sy eerste Dakar­tyd­ ren met gesoute manne soos die Argen­ tyn Marcos Patronelli, ’n Dakar­kampi­ oen, af te reken. Van Biljon het ná ’n relatief besadigde begin die voorlopers een vir een ingehaal. Hy het die agtste trajek kort voor die rusdag in San Miguel de Tucuman gewen en was in daardie stadium algeheel derde in die quad­afdeling. In die volgende trajek het hy egter sy fiets beskadig en net met geluk en gena­ de die dag se eindpunt gehaal. Hy was

Giniel en Dirk se Imperial Hilux vlieg so ’n bietjie om die bande te “spaar” FOTO: TOYOTA egter nou feitlik laaste, maar het begin terugveg, en met twee trajekte oor was hy reeds weer agttiende op die ranglys… Hou dié man van Modimolle aanstaande jaar dop! ; Vir die finale verslag en uitslae van die ren lees die Dakar­blog op www.rapportinrat.co.za Wêreld­tydrenkampioenskap (WRC) Sebastien Loeb (Citroën DS3 WRC) het sy “uittree”­jaar in die wêreld­tydren­ reeks met ’n paar skittervertonings in die Monte Carlo­tydren begin. Die Fransman, wat reeds agt wêreld­ tydrenkampioenskappe agtereenvolgens gewen het, neem vanjaar net aan vier van die agt renne in die WRC­reeks deel, maar kan selfs met net helfte van die punte ’n bedreiging wees in dié opwin­ dende kampioenskap. Vir Volkswagen, ’n nuweling in die reeks, het die seisoen op ’n hoë noot af­ geskop toe Sebastien Ogier, ’n voormalige

spanmaat van Loeb, ’n trajek­oorwinning in die splinternuwe Polo R behaal het. ; Vir die finale uitslae van die Monte Carlo­Tydren in Monaco lees die blog op www.rapportinrat.co.za Formule Een Mercedes­Benz het die kans in Formule Een se “af”­seisoen aangegryp om sy nuut­ontwikkelde enjin vir die 2014­sei­ soen aan die media te vertoon. Dié turbo­ aangejaagde V6­enjin van 1,6 liter behoort dieselfde soort krag as die huidige 2,4 li­ ter­V8­enjins te lewer en toer nou reeds tot 15 000 r/min. (teenoor die 18 000 r/ min. vir die bestaande enjins). Volgens die Merc­manne is kwellings dat dié enjins se klank gedemp en onop­ windend gaan wees, heeltemal onge­ grond. “Die enjinklank se frekwensie gaan hoër wees, veral met die turbo wat teen 125 000 r/min. (nee, dis nie ’n tik­ fout nie) toer,” sê Andy Cowell, die pro­ jekleier. – Ferdi de Vos


XXX LJB DP [B

%&4*(/&3 5&$)/0-0(: "T KZ sO ,JB 3JP 5&$ MVJLSVH CFTJU HFMVL +Z XBT HFMVL +ZsU POTMBOL WPPS .PUPS EJF WFSMJFG POT .PUPS WBOMJFGHFLSZ EJF +BBS GJOBMJT WBOCFPPSEFMBBST EJF +BBS GJOBMJT MBOL PQ WPPS EJF CFPPSEFMBBST "T KZ "T OPH 3JP CFTJU OJF CFTPFL sO ,JB IBOEFMBBS PG OPHKZOJF sO OJF 3JPsO CFTJU OJF CFTPFL sO ,JB IBOEFMBBS PG XXX LJB DP [B XXX LJB DP [B PN sO UPFUTSJU CFTQSFFL PN sO UPFUTSJU UF CFTQSFFL FOUFSBBL WFSMJFG FO SBBL WFSMJFG


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.