InRat

Page 1

Ford se nuwe Kuga trek sy swaard

Renault Clio 4 herskryf die reëlboek

4

5

Kia Sorento beleef ’n stille revolusie

Ons ry BMW se supersoniese bromponies

10

InRat 5 Bylae tot Rapport

21 April 2013

Nuwe A­Klas gaan jou hart en beursie

verower 3


2 InRat

21 April 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226

OnsRyding

Advertensies Attie Bekker E­pos: attie.bekker @media24.com Tel: 011 713 9545

Citroën DS3 e­HDi 90 Style

DS3 moet ons ’n ding of twee wys… NADAT ONS DIE TAAI EN BETROUBARE TOYOTA FORTUNER NÁ SES MAANDE VAARWEL GEROEP HET, HET CITROËN SUID­AFRIKA INGESTEM OM EEN VAN SY MOTORS VIR ’N HALWE JAAR BY INRAT TE LAAT WOON.

D

ie sexy Franse model wat by ons aanluit, is ’n Citroën­turbodiesel, die DS3 e­HDi 90 Style. Hoekom het ons juis dié ryding gekies? Daar is drie redes. Eerstens is die DS3 een van die mooiste buksies in sy klas, InRat se nuwe wiele, die Citroën DS3 waar die Mini Cooper e­HDi 90 Style. | FOTO: DES LOUW oorheers. Citroën het doelbewus weggebly van ’n retro­ontwerp soos dié van die Mini, Volkswagen Kewer en Fiat 500, en met groot welslae met iets meer futuristies voren­ dag gekom. Met 115 kW en ’n woelige 240 Nm wringkrag – en ’n lyfie wat nie veel meer as ’n ton weeg nie – was die DS3 Sport een van die hoogtepunte van 2010. Maar teen R282 775 (die huidige prys) val hy beslis nie in baie jong mense se prysklas nie. (Jy kry wel ’n effens goedkoper – turbolose – “Style”­weergawe.) Omdat die DS3 ’n sukses is in Suid­Afrika, het Citroën besluit om dié reeks plaaslik uit te brei. Nou is daar ’n 1,2 liter­VTi 82 te koop vir R200 000 (hy word eersdaags in InRat bespreek) en dan, so vars uit Frankryk soos ’n croissant uit die oond, dié tur­ bodieselweergawe met 66 kW en ’n stewige 230 Nm, teen ’n prys van R251 900. Dis dan die eerste rede: Die DS3 is ’n begeerlike ryding. Dis nou as jy nie bang is vir Franse motors nie. Baie Suid­Afrikaners is steeds lugtig nadat hulle hul vingers verbrand het – vroeër was daar ’n gebrek aan onderdele (en dit was dúúr), versienings het jou eweneens bankrot gemaak, en die waardes het geval. Geluk­ kig is daar heelwat tekens dat dié droewige situasie verbeter het. Ses maande is nie lank nie, maar dit kan ons meer insigte gee oor dié pyne as die gewone leenperiode van sewe dae*. As iets fout gaan, sal ons daaroor verslag doen, en wanneer ons hom te­ rugbesorg, sal ons bepaal in hoe ’n mate sy waarde verminder het. Die “leefbaarheid” van Franse motors soos die Citroën DS3 is dus die tweede rede waarom ons beheer en toesig oor hom het. Die derde rede is die brandstofprys. Petrol­ en hibriedmotors (dink aan die BMW 116i en Toyota Yaris HSD) behaal deesdae voortreflike verbruiksyfers, maar die dieseltjies wen steeds die af­ stand­vir­jou­rand­oorlog op die langpad, en soms ook in die stad. En as brandstof later duurder word as enkelmoutwhisky, wil ’n mens elke laaste meter daaruit put. Volgens die motorbedryf se gestandaardiseerde dog optimistiese maatstaf gebruik die diesel­ DS3 minder as 4 liter/100 km – dis 25 km/liter – iets om na uit te sien! – Justus Visagie * Gewoonlik bring motors ’n week by InRat deur – soms net ’n dag of twee. PRYS R251 900 ENJIN 1 560 cc-viersilinder-turbodiesel RATKAS Vyfgang-handrat, voorwielaandrywing KRAG 68 kW @ 4 000 r/min. en 230 Nm @ 1 750 r/min. VERRIGTING 0-100 km/h in 11.3 sek. en 182 km/h; 98g CO2/km VERBRUIK 3.7 F/100 km (27 km/liter, in die ou taal) BRANDSTOFTENK 46 F BAGASIEBAK 285 F NAVERKOPE Driejaar- of 100 000 km-waarborg, vierjaar- of 60 000 kmdiensplan. Padbystand vir drie jaar. OORWEEG OOK Ford Fiesta 1.6 TDCi Trend, VW Polo 1.6 TDI Comfortline, Toyota Yaris XR HSD, fietsry, voetslaan AFSTAND AFGELÊ 0 km

WEN!

Top Gear­fees

Geniet Vadersdag saam met ‘Top Gear’ D

ie Top Gear Festival keer op 15 en 16 Junie vanjaar terug na die Moses Mabhida­stadion in Durban vir ’n motorskouspel wat met ’n ongelooflike versameling rygoed en ­talent spog. Die fees is deel van die Top Gear Live­wêreldtoer en sluit in ’n opwindende stadionvertoning en wed­ renne op Durban se spesiale straatrenbaan. Die stadionvertoning is ’n aksiebelaaide spektakel wat geskep is deur Top Gear se produksiespan. Dit word aangebied deur Jeremy Clarkson, James May en The Stig, en plaaslike persoonlikhede, internasio­ nale waaghalse, Top Gear se unieke spesiale effekte en vreemde opgeboude motors sal te sien wees. Die voormalige F1­kampioen Mika Häkkinen sal ook in aksie wees. Nog goeie nuus is dat die straatrenbaan vanjaar groter en beter sal wees. Besoekers sal toer­ tjies, wedrenne, uitdagings en van die wêreld se beste motors in Durban se strate kan sien. Van die wedrenne op Motorsport Suid­Afrika se kalender – wat gewoonlik op bane soos Kyalami uitgespook word – sal op Durban se straatbaan beslis word. Om die 90ste verjaardag van die Le Mans­uithouren te vier sal 14 ikoniese renmotors wat aan dié 24­ uur­wedren deelgeneem het, op die straatbaan ry. Besoekers kan ook ’n uitstalling propvol ander skaars en duur pragmotors geniet, sowel as die nuutste gadgets, motortoebehore en motortegnolo­ gie. Ander hoogtepunte is die Action Zone met free­ style­motorfietstoertjies (FMX), Shell se waaghals­ skool, 4x4­aksie en veel meer. Besoekers sal ook teen R100 per persoon met ’n knortjor kan ry. Die Top Gear­fees is een van die lekkerste manie­ re om Vadersdag deur te bring, en gesinspakette is beskikbaar teen R1 750 (2 volwassenes en 2 kinders

onder 16). Die Sondag Classic­gesinspakket vir 16 Junie sluit in: ; 4 x Classic­kaartjies vir die Top Gear­stadion­ vertoning (begin 13:30) ;4 x kaartjies (staanplekke) vir die straatbaan (begin 09:30) ;toegang tot die hele feesterrein (9:00­20:00) Om hiervoor te bespreek, sowel as ander kaartjie­ pakkette wat wissel van die basiese kaartjie teen R250 tot R2 100 vir die heel beste, besoek www.topgearfestival.co.za Vir meer inligting oor die reispakkette, besoek www.edusport.co.za Bly op die hoogte van die aanloop tot die fees deur Facebook (topgearfest); Twitter (@topgearfest­ sa) en www.topgearfestival.co.za. Vir ’n kans om een van vier stelle dubbel­ kaartjies vir die Sondag te wen, moet InRat­ lesers slegs EEN van die volgende doen: ;“Like” Rapport InRat op Facebook ;Volg ons op Twitter by @RapportInRat ;Teken ’n portret* van Jeremy Clarkson en pos dit aan Kompetisie 1, Posbus 6367, Roggebaai 8012 ;Oortuig ons in 50 woorde of minder waarom jy ’n kaartjie moet kry. Pos dit na die adres hierbo. * Slegs vir kinders onder 16. Reëls: Die sluitingsdatum is 13 Mei 2013 en inskry­ wings moet ons voor of op dié datum bereik. Geen werknemers van Media24 of hulle naaste familie mag deelneem nie. Onthou om jou kontakbesonderhede in te sluit. Bepalings en voorwaardes is by www.topgear­ festival.co.za. Parkeerkaartjies moet apart gekoop word by www.iticket.co.za.

Ek en my wiele HERMAN LENSING H erman Lensing is kosredak­ teur van die vrouetydskrif SARIE – hy stel later van­ jaar sy eerste kookboek bekend. Volg hom op www.twitter.com: @HermanLensing Wat ry jy, en wat is jou ry­ ding se beste en swakste eien­ skappe? Ek het pas vir my ’n nuwe Nis­ san Juke gekoop. Ek is mal oor haar: Sy is lekker kompak, maar dit voel steeds of jy in ’n SUV ry. Dis jammer ek het nie die geduld gehad om te wag vir die outoma­ tiese model wat later vanjaar kom nie. Jou beste herinnering met ’n kar? My eerste kar was ’n Fiat Uno – ek en hy het alles oral saam gedoen. Die eerste keer dat ek vars porcini­sampioene uit die woud gaan haal het, was met my Uno. Die kar was daarna nooit weer dieselfde nie, want blykbaar is Uno’s nie ge­ maak vir woude en grondpaaie nie. As ek een op die pad sien, proe ek skielik die aardse smaak van daai porcini­sampioene. As jou kar ’n gereg was, wat sou dit wees, en hoekom? ’n Soufflé. Dit verg moeite en jy moet die meto­ de haarfyn volg om sukses te behaal. As jy die resep regkry, is jou gaste vir jare nog afgunstig! Ek hou van afshow – of dit nou met my kar of in my kombuis is! Watter ryding sal jy met R5 miljoen koop? Ek ken nie baie karname nie, maar in The De­ vil Wears Prada klim Meryl Streep uit ’n Merce­ des S­Klas wat in my kop vasgehaak het. Ek het die kans gehad om in een te ry, en dis ongeloof­ lik. Daar is selfs ’n yskas op die agtersitplek! Jy voel belangrik as jy die deur toemaak! Padkos of McDonalds? Ek is van die ou skool en nostalgies, en daar­ om is padkos my ding. My vriende weet al: As ons verder as die Hugenote­tonnel by die Paarl ry, is daar padkos in die kar. (Daar is áltyd droë­ wors in die kar.) Het jy al ooit geryloop? Nee, ek is veels te bang iemand met ’n vuil kar laai my op.

Al ooit ’n kar se vensters laat toewasem? Nee, ek is te vervelig, én bang vir klein spasies. Jy weet nooit wanneer jy moet weghol nie. Vertel my van jou eerste kar. Wie’t jou geleer bestuur, en het jy Die Toets maklik geslaag? My Pa het my geleer bestuur, in die Uno. Ek het elke oomblik ge­ haat, en ek dink dís hoekom ek tot vandag toe nog nie van be­ stuur hou nie. Ek kom van die platteland af en daar is alles mak­ liker. Ek kan nie eintlik onthou hoe die toets afgeloop het nie, net dat die verkeersbeampte vir my ma gesê het hy kan sien ek is ’n baie goeie bestuurder. Ek glo tot vandag toe hy moet blind gewees het! Swets jy ander padgebruikers in die pri­ vaatheid (en klankdigtheid) van jou motor? Ja – wie doen nié!? Maar soos ek myself ken, is ek die meeste van die tyd eintlik verkeerd. Soos my vriende vir my sê: Jy hoort nie op die pad nie! Wie gaan vanjaar Formule 1 wen? Die man met die rooi Ferrari? (As hy gekook het, sou ek vir seker sy naam geken het!) Waarna luister jy wanneer jy ry? Ek glo aan die krag van musiek en hoe dit my kalmeer of inspirer. As ek ry, speel ek gewoonlik iets soos Pink Champagne, of deesdae het ek my hart verloor op Karen Hougaard. Haar woorde en lirieke laat my ontspan en laat my glo ek kan die wêreld oorneem! Watter toestel wil jy die graagste in jou kar ingebou hê? ’n Nespesso­koffiemasjien! Ek het ’n probleem met slegte koffie. Oral waar ek gaan, soek ek goeie koffie. My lewe sal volmaak wees as ek net my kattebak kan oopmaak en daar’s goeie koffie. Enigiets anders wat ons van jou en motors moet weet? Ek weet baie min van karre af. Ek is die soort mens wat ’n kar koop oor hoe hy lyk en hoe hy my laat voel. My eerste vraag aan die verkoops­ man onlangs was of die kar kragstuur en elek­ triese venters het. Sy antwoord: “Meneer, dis deesdae standaardtoerusting. Ek kan sien ons sal jou moet leer!”


21 April 2013

InRat 3

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

NuweModel

Mercedes­Benz A­Klas

A ja, a... dís mos nou klas!

W

het verras met sy stille gewilligheid. Met die eerste besen­ ding A­Klasse vir die Suid­Afrikaanse mark wat reeds uitverkoop is, sal BMW en Audi moet ligloop... Mercedes is op die oorlogspad. – Ferdi de Vos

anneer Mercedes­Benz se groot­ outo). Die warm A45 AMG (265 kW, base in jeans en sporthemde 450 Nm) sal later volg. verskyn om dié belangrikste Maar hoe gedra Merc se baba hom op model in sy produkreeks bekend te stel, die pad? Met ’n nuwe vierskakel­veerstel­ FOTO: MERCEDES­BENZ moet jy weet: Dis tyd vir gróót verande­ sel agter, ’n herontwerpte vooras en ’n la­ modus, was prettig vasvoetig in die ring. As hulle sonder hul swartpak­mon­ er swaartekrag­middelpunt is die nuwe­ draaie, hoewel die stuurgevoel effe lig is PRYSE derings nog vol selfvertroue ook voor­ ling ligjare beter as sy voorganger. en die ratkas soms traag. Vastrapbeheer A180 – R274 257 kom, moet die nuweling spesiaal wees. Die onderstel is egter só stram dat dit A200 – R297 274 Dít is die splinternuwe, ingrypend ver­ saam met die standaard­paploopbande vir werk goed om stuurtraagheid onder ver­ snelling teen te werk. A250 Sport – R395 479 anderde A­Klas beslis, want in sy nuwe ’n taamlik harde rit sorg, veral in die Waar die A250 Sport beslis die pla­ A180 CDI – R300 000 gewaad vertoon die ryding vir die eerste A250 Sport met sy hoëverrigting AMG­ kaatpop vir die nuwe reeks is, is die die­ A180 CDI outomaties – R310 100 keer gemaklik in sy metaalvel, omgeef veringspakket. Dis egter nie ongemaklik sels moontlik die praktieser rygoed vir A220 CDI outomaties – R355 000 deur ’n aura van eksklusiewe en dina­ so nie, behalwe oor die ergste hobbels. 7G-DCT-outokas (opsie) – R10 500 bykomend miese elegansie. Die A250, met 7G­DCT­ratkas in Sport­ alledaagse gebruik – veral die A180 CDI Volgens sy ont­ werper, Mark Fe­ therston, was die inspirasie vir die A­Klas se stilering golwende duine, met hulle konkawe kruinlyne in kontras met die konvekse wande. Goed, die relatie­ we lang neus met sy sterk trekke oor­ heers moontlik die res en versteur so­ doende die luikrug­ balans, maar dat die A­Klas nou kragda­ dig en slaggereed voorkom, is altemit. Tog is die ont­ werp prakties, want nie net hurk hy nou veel laer as sy voor­ ganger nie; hy het ook ’n klasleidende lugsleursyfer van net 0.27 Cd. Die binneruim borduur voort op die buite­aansig se selfversekerde ge­ voel, met die gehalte van ontwerp, afwer­ king, detail en toe­ rustingvlak wat jou laat voel jy’s in ’n SCORPIO E-KAJUIT VANAF ryding van dubbel die prys. Veiligheidstelsels sluit in Pre­Safe, wat die motor op impak voorberei as hy vermoed daar’s moeilikheid, asook Mercedes se Head­ lamp Assist­stelsel wat die kopligte se reikafstand snags outomaties verstel. Drie toerusting­ vlakke, Urban, Style en AMG Sport, is beskikbaar, asook drie ontwerppakket­ te (Night, Exclusive en AMG Exclusive), GENIO E-KAJUIT VANAF BOLERO E-KAJUIT VANAF plus vele bykomstig­ hede, wat jou alte­ saam tot R95 000 ekstra uit die sak kan jaag. ‘n Mahindra sal die vrag kan dra – Met sy uitstekende ontwerp, bied die Aanvanklik is twee turbodiesel­ Mahindra enkelkajuit uitstekende krag en uithouvermoee. Taai en sterk viersilinderenjins, – daar is ‘n Mahindra wat jou vrag sal dra! die A180 CDI (80 kW, 260 Nm, ses­ gang­handrat) en Om enige Mahindra te TOETSBESTUUR, SMS ‘RAPPORT’ na 42267 of A220 CDI (125 kW, SKAKEL 0861 MAHINDRA* of gaan na www.mahindra.co.za of 350 Nm, 7G­DCT­ outomatiese ratkas), besoek ‘n Mahindra-handelaar vir spesiale aanbiedinge op die hele reeks. beskikbaar, plus drie viersilinder­pe­ Sluit by ons aan Sluit by ons aan trolweergawes, die op Facebook op Twitter A180 (90 kW, 200 Mahindra-South-Africa Mahindra SA Nm), die A200 (115 kW, 250 Nm, 7G­ mahindra.co.za DCT outo) en die A250 Sport (155 kW, 350 Nm, 7G­DCT

’HIER’S ’N BAKKIE MET MURG IN SY PYPE.

R159 900

R164 900

R129 900


4 InRat

21 April 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

NuweModel

Kia Sorento Die nuwe Sorento lyk dalk nes sy voorgan­ ger, maar onder die vel is dit ’n ander storie FOTO: QP

Op pad na die kruin B

aie kan gebeur binne ’n dekade: Modes, musiek en wat kopers van ’n handelsmerk dink, verander soos handomkeer. Hiervan is Kia ’n goeie voorbeeld, want die eerste geslag Sorento het ’n skamele tien jaar gelede sy opwag­ ting in Suid­Afrika gemaak, en toe het die publiek het nie eintlik geweet wat om van hierdie viertrek­sportnutsvoertuig te maak nie. Maar avontuurlustige kopers het gou besef die Sorento is ’n bekostig­ bare alternatief wat boonop sy man kan staan op ruwe terrein. Sedertdien het sake by Kia dramaties verander. Die hoogaangeskrewe Duitse ontwerper Peter Schreyer het hom by die span aangesluit en Kia se produkte stel­ selmatig omvorm tot ’n reeks wat nie net goeie waarde vir geld is nie, maar ook gehalte en styl bied. Ons het die jongste voorbeeld van hierdie ontwerpsfilosofie in die nuwe Sorento gaan ondersoek. Met die eerste oogopslag lyk hy nie juis anders nie. Maar onder die subtiel herontwerpte bakwerk skuil ’n geheel nu­ we vloerpan, herontwerpte vering en ’n

nuwe, groter binneruim. Die veranderings aan die bakwerk en vering dra nie net by tot ’n gewigsbesparing van 100 kg nie, maar demp ook pad­ en meganiese ge­ raas doeltreffender, terwyl die hersiene binneruim deurgaans met topgehalte sag­ te materiaal spog. Dit alles dra by tot ’n ryding wat met trots sy plek in die luukse sportnutsklas kan volstaan. Die bestuurservaring is ewe indruk­ wekkend. Daar is net een enjin beskik­ baar, ’n 2.2 liter­ viersilinder­turbodiesel wat 147 kW en 436 Nm gee. Die verrig­ ting is indrukwekkend, met geen merk­ bare turbotraagheid nie en buitengewone verfyndheid regdeur die toerestrek. Met die sesgang­ outomatiese ratkas is daar altyd genoeg trekkrag beskikbaar, wat sorg dat jy sonder sukkel verby stadiger verkeer kan kom. Die gemiddelde brand­ stofverbruik is volgens Kia 7.4 liter/100 km, en oor ons toetsroete het die ritreke­ naar ’n goeie 8.6 liter/100 gewys. Die Sorento beïndruk voorts met sy stabiele padgedrag, voorspelbare hante­

ring en gladde ritgehalte, en die skyfrem­ me reg rondom help om die groot motor vinnig en stabiel tot stilstand te bring. Grondpaaie word ook gerieflik en stil kafgedraf, met die 4x4­weergawe wat selfs nóg meer bekwaam is. Indien iets sou verkeerd gaan, is daar ’n volledige stel elektroniese hulpmiddels en agt lug­ sakke wat die insittendes beskerm. Getrou aan Kia se aard het die Sorento ’n klomp toerusting standaard. Twee weergawes is beskikbaar, elk met ’n vyf­ jaar­ of 150 000 km­waarborg: ’n 4x2­vyf­ sitplekweergawe teen R400 000, en ’n 4x4­sewesitplekweergawe teen R480 000. Albei is besonder goeie waarde vir geld: In die 4x2 is outomatiese hoofligte, asook klimaat­ en snelheidsbeheer én

Die stil, sterk soort T

oyota kan met reg sê hy was ’n pio­ nier in die vestiging van die klein tot middelslag “sagte veldryer” toe hy by­ kans 20 jaar gelede die koddige RAV4 losgelaat het. In teenstelling met die tra­ disionele rof­en­onbeskofte 4x4’s met hul laestrekratkas en bakkie­tipe leerraamon­ derstel, was die eerste geslag RAV4 rats, gerieflik en lig op brandstof. Met die bekendstelling verlede week van die jongste RAV4 wonder ’n mens hoeveel vooruitgang die RAV4 in 20 jaar gemaak het. Maak hy steeds sy stem dik in ’n marksegment wat boordens toe vol is? Ja en nee. Nee, want daar is dinge wat ontbreek, soos die dubbelkoppelaar­outokaste, tur­ bo­petrolenjins en spoggerige paneelborde van die Ford Kuga en VW Tiguan. Die RAV4 VX het nou wel ’n agterluik wat elektries oopmaak, maar om die Ford Kuga Titanium s’n te laat oplig beweeg jy net jou voet onder die agterbuffer. Die RAV4 het waarskynlik ook nie die veld­ ryvermoë van die Suzuki Grand Vitara nie, en beslis ook nie die stylvolle bak­ ontwerp van die Kia Sportage nie.

Gelukkig is daar ook deugde wat ’n mens laat “ja” sê. Die vering is puik omdat dit oor die al­ gemeen sorg vir ’n sagte rit, maar as ’n mens die RAV4 vinnig deur ’n draai druk, laat los hy moeilik – al is die pad­ oppervlak ongelyk. Toyota het baie aandag aan lugdinami­ ka gegee ten einde die RAV4 stabiliteit te gee teen hoofwegsnelhede (en hoër), en ook om die binnekant tjoepstil stil te maak, selfs teen verbode snelhede. Hy sê die nuweling het ’n sleursyfer van slegs 0,31 Cd – ongehoord vir ’n veldryer! Die voorruit bevat ook ’n spesiale lagie (’n soort film) wat windgeraas verminder. Die RAV4 voel ruim binne, en twee lang manne kan agter mekaar sit met oorgenoeg beenruimte. Die bestuurdersit­ plek en stuur is meer verstelbaar as voorheen; dus sal diegene met onderge­ middelde afmetings ook ’n gemaklike po­ sisie kan vind. As standaardtoerusting kry die RAV4 nuwe sweepslagwerende sitplekke en sewe lugsakke, waaronder ’n knielugsak vir die bestuurder. Toyota sê die RAV4 se bagasiebak van 547 liter is

leerbekleedsel standaard, terwyl die 4x4­ weergawe daarby nog ’n vollengte oop­ skuifglassondak, verhitte en geventileerde sitplekke, ’n tru­kamera, xenon­hoofligte en 19”­allooiwiele kry. Die Sorento het inderdaad die afgelope dekade baie verander, en is nou ’n volle­ dig afgeronde aanbieding in ’n baie me­ dedingende marksegment. As Kia so aan­ hou, is sy doelstelling om oor ses jaar ’n volwaardige premium handelsnaam te wees ’n sterk moontlikheid. PRYSE Sorento 2.2 turbodiesel 4x2 (vyfsitplek) – R479 995 Sorento 2.2 turbodiesel 4x4 (sewesitplek) – R399 995

Toyota RAV4

Boervroue oral is verheug oor die koms van die nuwe RAV4 | FOTO: TOYOTA die grootste in sy klas, al sit die nood­ wiel nie meer agterop nie, maar onder die kattebakvloer. Hoewel die RAV4’s nie daai windma­ ker dubbelkoppelaar­ratkaste het nie, blink die sesgang­handratkas in die 2.2 D­4D 4x4 GX uit. Sy ratskuiwe voel só lekker dat jy jou kan verbeel jy ry Toyo­ ta en Subaru se briljante 86­sportmotor. Die ratkas, koppelaar en soepel enjin – wat nie die verspotte kort wringkragstrek van sommige diesels het nie – maak dié wa ’n plesier om te bestuur, anders as vele ander handrat­diesels. Die tweeliter­petrolenjin is met ’n min­ der prettige handratkas toegerus, óf ’n palwisselratkas (CVT) met ratspane aan die stuurwiel. Die VX­topvariant het ’n

NuweModel

2.5 liter­viersilinder­petrolenjin met ’n ge­ wone outomatiese ratkas (wat ook met ratspane beheer kan word), en wanneer hy ’n laer rat kies, jaag hy die enjinspoed vir ’n oomblik op sodat die oorskakeling glad is. Die nuwe RAV4 het miskien nie soveel glansryke kenmerke om oor te kraai as sy mededingers nie, maar kopers vind met rede gemoedsrus in sy vervaardiger se rotsvaste reputasie. Soos Wilma Mae­ rien op Rapport InRat se Facebook­blad gesê het: “Toyota, stukkie betroubaar­ heid!” Die nuwe RAV4 behoort geen uit­ sondering te wees nie. Die RAV4 het ’n driejaar­ of 100 000 km­waarborg en vyfjaar­ of 90 000 km­diensplan. – Justus Visagie PRYSE RAV4 2.0 4x2 GX 6-gang-handrat – R279 900 RAV4 2.0 4x2 GX CVT outomaties – R289 900 RAV4 2.2 D-4D 4x4 GX 6-gang-handrat (diesel) – R359 900 RAV4 2.5 AWD 4x4 VX 6-gang-outomaties – R399 900


21 April 2013

InRat 5

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Renault Clio

Hier’s nou Franse sjarme! M

et die vierde geslag Renault Clio wat pas hier sy opwagting ge­ maak het, gaan die kompakte B­segment se hok geskud word – soos ’n baksteen in ’n wasmasjien. Renault se plan met die Clio is dat hy plaaslik suksesvol moet meeding met groot menere soos die Ford Fiesta, Kia Rio, Volkswagen Polo en Hyundai i20. Maar hoe kan ’n mens hulle met mekaar vergelyk? Die Clio se splinternuwe driesi­ linder­enjintjie is dan net 0,9 liter groot! Die geheim lê in die Clio se turbo­aan­ jaer met ’n lae traagheid. Ongeveer 90% van die 66 kW­enjin se maksimum­ wringkrag (135 Nm) is reeds vanaf 1 650 r/min. beskikbaar, en aangesien hy gefor­ seerde lug van ’n turbo kry, bly sy ver­ rigting selfs in die dun Hoëveldse lug by­ na onveranderd. Omdat die aluminium­ enjin klein en lig is, sê Renault die Clio se verbruiksyfer is slegs 4,5 liter/100 km – amper ’n liter (per 100 km) minder as die vorige 1,4 liter­Clio s’n. Op die bekendstelling naby Pretoria het rye “passierooi” en “weerliggeel” Clio’s ons ingewag – en die koppe be­ hoorlik laat draai. Hy spog met gespierde kurwes, en op die snoet pryk die Re­ nault­kenteken groot teen ’n blinkswart agtergrond. Aan weerskante – en dis standaard – pryk dagryligte, die LED­ soort. Die agterdeure se wegsteekhand­ vatsels laat die Clio soos ’n koepee lyk. Ek het slegs een weergawe onder han­ de gehad: die topklas 66 kW Turbo Dy­

Die nuwe Clio is heel moontlik sjarmant genoeg om kopers van enige negatiewe ge­ dagtes oor Renault te laat vergeet | FOTO: QUICKPIC namique (R179 900). Die sjiek binneruim se foutlose bougehalte herinner ’n mens aan dié van ’n Citroën DS4 of VW Golf. Chroomaksente en blinkswart plastiekin­ setsels is soos ’n mooi raam om ’n duur skildery. En hoewel dié outjie heel boaan die pryslys pryk, is die ouens ondertoe geensins slegter daaraan toe as dit by veiligheidskenmerke kom nie. Al drie Clio’s kry stabiliteits­ en glybeheer sowel

as wegtrekhulp, iets wat ongehoord is in dié prysklas. Buiten die gewone sluit­ weerremme met elektroniese remkragver­ spreiding kry almal ook onder meer snel­ heidsbeheer, asook twee voorste en twee sylugsakke. Al drie Clio’s se deure sluit wanneer jy wegtrek, en almal het ’n af­ standbeheerde sluitstelsel. Die ander plusplunt is die seweduim­ raakskerm in die middelkonsole wat die

’n Kuga vir elke sak en bas

D

ie tweede geslag Kuga, wat pas in Suid­Afrika vrygestel is, gaan jou mond laat water. Hy’t houding en styl, en sy gespierde lyf maak ’n sterk in­ druk. Hy lyk baie na sy suksesvolle voorganger, wat slegs met ’n dorserige 2.5 liter­turbopetrolenjin beskikbaar was – teen ’n hoë intreevlakprys van R375 000. Nou het Ford nuwe, doeltreffender en­ jins vir die Kuga­reeks – almal turboaan­ gejaag: Daar’s ’n lewendige 1.6 liter­petro­ lenjin asook ’n tweeliter­dieselbrander. Die 1.6 liter­EcoBoost­petrolenjin is met twee kraguitsette beskikbaar: ’n 110 kW met ’n sesganghandratkas en voorwiel­ aandrywing, en ’n gatskop 134 kW, ge­ koppel aan ’n gladde sesgang­ outomatie­ se ratkas met vierwielaandrywing. Die diesel­Kuga (120 kW en 340 Nm) het ’n sesgang­ outomatiese ratkas en vierwiel­ aandrywing. Die Kuga­reeks is beskikbaar in drie afwerkingvlakke. Standaardtoerusting vir die hele reeks sluit in sleutellose aansit­

ter (met ’n knop op die paneelbord), snelheidsbeheer, Ford se Sync­Bluetooth­ mediastelsel, en allooiwiele. Daarby het elke Kuga ook sewe lugsakke (waaronder ’n knielugsak), stabiliteitsbeheer, vastrap­ beheer, opdraande­wegtrekhulp, ABS­ remme en sleepwa­stabilisering. Hierby voeg die Trend­afwerking onder meer leersitplekke, parkeersensors, ’n So­ ny­klankstelsel met nege luidsprekers, en outomatiese lugreëling. Glanskenmerke van die Titanium­afwerking (dis nou saam met al die eienskappe hierbo) is Curve Control, wat die stuur aanpas as jy ’n draai te vinnig of verkeerd benader. Daar’s ook ’n slim stelsel waarmee jy die agterluik kan oopmaak sonder om die sleutel of jou hande te gebruik: Jy be­ weeg net jou voet onder die agterbuffer en siedaar – die luik lig op. Jy hoef die sleutel slegs in jou (hand)sak te hê. As jy nog R35 000 wil uithaal, kan jy jou Titanium Kuga toerus met die Titani­ um Option Pack wat heelwat bykomende

NuweModel

gesofistikeerde Media Nav­multimediastel­ sel huisves (standaard op die Expression en Dynamique), toegerus met Suid­ Afrikaanse padkaarte. Dit was baie mak­ lik om uit te pluis, en het ons mooi na die roete se eindpunt gelei. Dit dui ook die spoedgrens aan van die pad waarop jy ry. Telefoonoproepe kan jy maak deur middel van Bluetooth, en met die Media Nav­stelsel kan jy musiek van ’n slim­ foon speel. ’n Ingeboude navigasiestelsel in dié segment was tot dusver net ’n ver­ beeldingsvlug. Die Clio ry soos ’n duurder, sportiewer motor – die elektriese stuur het ’n gewig­ tige, stewige gevoel. In die laer ratte is daar wel ’n bietjie turbo­traagheid, maar as jy eers die Clio gewoond geraak het en weet wanneer om ratte oor of terug te skakel, is hy meer as gewillig. Die nuwe Clio is ’n wenresep. Met be­ standdele soos sy hartebreker­voorkoms, omvattende veiligheidskenmerke, uitste­ kende bougehalte, ordentlike verrigting, ruim bagasiebak van 300 liter, puik navi­ gasiestelsel en smaakvolle binneruim is hy voorwaar ’n klasleier. Alle Clio’s het ’n vyfjaar/150 000 km­ waarborg en 24­uur­padbystand. – Ané Theron PRYSE Clio 55 kW Authentique – R149 900 Clio 66 kW Turbo Expression – R169 900 Clio 66 kW Turbo Dynamique – R179 900

Ford Kuga

NuweModel

Geen teenstander gaan die Kuga troef nie | FOTO: QUICKPIC

stuur en padhouvermoë van beide weer­ gawes. My enigste kritiek is dat die ve­ ring té hard was vir ’n morsige grond­ pad. Binne is die afwerking eersteklas; al die luukshede is daar en die Kuga steek net mooi niks af teen enige mededinger nie; inteendeel, sy hope standaardtoerus­ ting en gesofistikeerde ontwerp slaan sy teenstanders teen die planke. Die Kuga het ’n vierjaar­ of 120 000 km­waarborg. Diensplanne is onderhewig aan enjintipes. – Corlette Heyns

veiligheidskenmerke insluit. Hieronder tel baanverlaat­gonsers, blindekol­waarsku­ wing en Active City Stop, wat die kar vanself rem wanneer ’n mens in spitsver­ keer bestuur en teen minder as 30 km/h ry. Jy kry ook parkeerhulp – dus parkeer die kar homself netjies sonder dat jy aan die stuurwiel hoef te raak. Met die bekendstelling het ek en my medebestuurder eers die diesel (120 kW en 340 Nm) en die 134 kW­petrol­handrat gery. Ons was vol lof oor die ritgehalte,

PRYSE Kuga 1.6T Ambiente 110 kW (4x2) – R285 000 Kuga 1.6T Trend 110 kW (4x2) – R289 900 Kuga 1.6T Trend outo 134 kW (4x4) – R364 900 Kuga 1.6T Titanium outo 134 kW (4x4) –R398 900 Kuga 2.0 TDCi Trend Powershift (4x4) – R384 900 Kuga 2.0 TDCi Titanium Powershift (4x4) – R418 900


6 InRat

21 April 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

DieGrootStorie

21 April 2013

InRat 7

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

DieGrootStorie

De breede en de smalle weg

1 2

op ’n ysterperd D

ie doring­ en populierbome weers­ kante van die pylreguit pad skep amper ’n natuurlike tonnel. So ’n ent in die pad af, onder die bome, is ’n groepie mense besig om ’n urn op te warm, een van daai grotes wat jy altyd in kerke sien. Oor luidsprekers sing ie­ mand van Jesus. Dit is vroegoggend. Die eerste Sondag van die maand. Onder die bome is vier mense wat hulle net voorstel as Casper, Alexis, Tony en Donald. Elkeen dra ’n leerbaad­ jie met die wapen van die Christian Mo­ torcycle Association (CMA) agterop vas­ gestik. Hulle voel­voel of die urn warm word en pak lekkergoed en koeldranke op ’n grys staaltafel reg. Dit lyk na ’n minibasaar. “Ons kom maar vroeg sodat alles reg

is voor almal opdaag,” vertel Casper. Almal? Hier is net ’n stuk teerpad en baie bome tussen die Glen­landboukolle­ ge en die Modderrivier, sowat 30 km noord van Bloemfontein. Wie’s almal? “Hulle sal nou begin aankom.” Casper glimlag skeef na my kant toe en ek glimlag terug. Ek weet nie eens of ek reg gehoor het nie, want die gospel kom met mening deur die luidsprekers. Dit klink te hard so in die stilte onder die bome. Die urn is warm en hulle maak koffie. “Jy weet hierdie event is toetentaal on­ wettig, nè. Dis ’n openbare pad en hier mag nie drags gehou word nie. Maar die ding is, niemand reël dit nie. Dit gebeur spontaan. Twaalf jaar al kom ons elke eerste Sondag van die maand hier byme­

Top Gear se Stig of die aartsengel Michael? FOTO’S: WILLEM VAN DER BERG

2

Of jy ’n biker is of nie, die veld bring die mens nader na die Skepper

3

Barend (in die geel t­hemp) bid vir Jan Com­ brinck en sy gesin

4

Ene Jaco verf swart strepe met sy KTM Super Duke se agterwiel

3

Engel

’N KERK WAAR DIE GEMEENTELEDE MET HULLE MOTOR­ FIETSE AAN VERSNELRENNE DEELNEEM EN DIE YSTER­ PERDE GESEËN WORD? WILLEM VAN DER BERG KON DIT NIE WEERSTAAN NIE… HY’T OP SY BIKE GEKLIM EN SAAM GAAN KERK HOU.

1

kaar. Die CMA kom gee vir die mense ’n boodskap en koffie, maar dis nie ons ding nie,” sê Casper en glimlag weer skeef na my kant toe. “Die hele ding vind volgens ongeskre­ we reëls plaas. Niemand check niemand nie. Die ouens wat jaag, doen dit op hul­ le eie, sonder ’n afsitter. Almal weet wat om te doen. Maar voor hulle jaag, hou ons eers ’n diens.” Bo die lofprysinge onder die bome word ’n ander klank hoorbaar. ’n Ge­ skrou, asof ’n ondier met lelike maag­ krampe op pad is. Dan sien ek motor­ fietsligte in die pad af kom. Die fietse blits verby en vir ’n sekonde of drie word die luidsprekers uitgedoof. Net voor die staalbrug wat oor die Modderrivier span, draai die motorfietse om. Party se ligte skiet op en die fietse kom neus in die lug teruggejaag. Maar hier waar die gospel onder die bome hang, trek hulle af en soek skaduwee. Al hoe meer motorfietse maak hulle opwag­ ting. Daar is mans op fietse, vroue op fietse, mans en vroue op fietse. Leer­ baadjies en kortmouhemde. Kawasaki Ninja’s, Honda Blades en Suzuki Busas.

Selfs ’n paar bakkies en karre. Casper draai die volume effens op en kom staan weer met sy skewe glimlag by my. “Ons wag nou net vir Barend.” Terwyl ons wag, gee manne mekaar broederlike drukke. Gesinne slaan kampstoele op, en weerskante van die luidsprekers begin groepe teen die pad saamkom. Casper­hulle se basaartafel raak bedrywig. En dan begin ’n ou in ’n CMA­leerbaadjie sy KTM Super Duke rev. Hy wheelie op en af voor die luid­ sprekers en mense verby. Later stop hy en begin al in die rondte spin. Die im­ mergroen burn out wat bikers soms voor ’n kroeg of ’n Steers op die parkeerter­ rein doen. “Lekker, Jaco!” skreeu ’n ou van onder die bome. Jaco is nou amper net ’n skim in die rookbolle. Hy is net weer onder die bo­ me dan kom ’n polisievoertuig verby. Stadig. Oor die swart kringe in die pad. Twee klein meisies beduie na die stre­ pe. “Dis hoeveel keer die oom doughnuts gemaak het.” Ek het nie gesien toe hy aankom nie, maar ’n man in ’n geel CMA­hemp en

donker leerbroek en stewels het skielik ’n mikrofoon in die hand en gesels oor die luidsprekers. “Staan nader mense, staan nader.” Barend. Mense begin om hom in die pad sit. Ander bly op hulle kampstoele onder die bome. Verder weg is enkelinge wat nie nader staan nie. Nietemin vra Barend oor die luidsprekers of hulle hom kan hoor. “Baie mense, as hulle hoor hulle gaan in die hel brand, sê ‘so what?’. Maar hul­ le het geen benul waarvan hulle praat nie. Die hel, mense, brand nie soos ’n bi­ ke se exhaust nie. Dit brand vir ewig.” Selfs dié wat nie nader wou staan nie, kyk op na Barend waar hy in die pad op en af stap met ’n Biker­Bybel in die een hand. Sy preek is vol sprockets, kettings en wheelies. Hy moedig almal aan om soos hulle met hulle bikes maak, “altyd te check of al die boute vas is”. Skietgebedjies en rympies, maan hy, gaan ’n mens nêrens bring nie. Hulle moet bid. “Ek wil jou challenge om die sondaars­ gebed te bid. Bid: ‘Here van nou af ry ek my fiets tot eer van Jou’ ”. Hy sluit af met sy eie gebed. “Niemand van ons, Jesus, idle hier af in die pad nie. Ons sit alles in daai fiet­ se. Wees ons handlebars.” Die ouens wat nie wou nader staan nie, is eerste op hulle fietse. Hulle jaag ’n paar keer op en af in die pad, so asof

4 hulle net gou seker maak van hulle handlebars. Een ná die ander kry die manne hulle fietse aan die gang en beweeg dan nader aan die Landboukollege waar hulle onder ’n boom bymekaar kom. Twee fietse kom onder die boom uit en trek langs mekaar in die pad in. Hul­ le ry stadig langs mekaar, en dan, regoor ’n padbord, gee al twee gas. Die enigste teken dat 400 m verby is, is ’n klein rooi

driehoek aan die kant van die pad. Die fietse skiet teen ’n angswekkende spoed – en met ’n onaardse geskreeu – verby die driehoekie. Die jaagduiwels kry nie ’n luide toejui­ ging nie. Langs die pad kyk mense stil na die fietse wat in pare verby vlieg. Casper se gospelmusiek speel ook sag­ gies in die agtergrond terwyl hy saam met Barend tussen die mense deur be­ weeg. Onder die bome staan baie mense

en wag op Barend. ’n Siek vrou. ’n Man wat onlangs geskei is. Barend bid met sy hande op hulle kop of hande. Hy salf, waar nodig, met olie. Casper is by soos ’n dissipel, met sy hande ook op of om skouers. ’n Gesin om ’n swart 1999­model Ya­ maha R1 wag ook op Barend. Die Com­ brincks. Hulle het ’n groot benoudheid beleef toe Jan (38) twee weke vantevore ’n maagbreuk gehad en boonop ’n hart­ aanval gekry het toe ’n bloedklont deur sy hart is. Barend moet Jan se R1 van­ dag seën en met olie salf. Jan het self sy fiets tot hier gery, van Bloem af, die dok­ ter se voorskrif en sy vrou se waarsku­ wings ten spyt. “Hier kom hy, hier kom hy,” fluister Jan se vrou opgewonde as Barend nader stap. Die groepie bondel om die R1 saam en Barend gooi ’n klein houertjie olyfolie op die fiets se tenk uit. Jan sit sy hand op die tenk, in die olie, en dan bid Barend. Die gebed raak kort­kort weg as fietse verby jaag, maar daar onder die doring­ boom is die belangrikste hoorbaar. “Jesus, hou die Bose weg van hierdie man en sy bike.” Wanneer die jaery ophou en die mo­ torfietse oor die staalbrug of agter die rye bome verdwyn, kry ek vir Barend alleen in die koelte. “Ek doen dit al 12 jaar. Ek het een Sondagoggend ’n paar outjies hier met hulle fietse gekry en gevra of ek vir hul­ le ’n stukkie uit die Bybel kan lees. Jy’t nou self gesien hoe het dit gegroei. Hier­ die is ’n spesiale plek. Die Here is hier­ so. Hier in die veld onder die bome. Soos ’n regte biker.” Barend druk sy valhelm oor sy kop en die trane in sy oë.


8 InRat

21 April 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

Regstellende aksie SOMS KRY JY UIT ’N ONVER­ WAGSE OORD HULP – SOOS ’N SINT BERNARD MET DIE MITIESE VAATJIE BRANDEWYN OM SY NEK WANNEER JY JOU IN ’N SNEEUSTORM BEVIND. OF DIÉ WARM WORSHOND VAN BMW VIR DIE (SIELKUN­ DIG) ARMOEDIGES, SKRYF BRAAM PEENS.

V

andag se media kan veral van twee goed beskuldig word: bloed­ dorstigheid en wensdenkery. Berigte oor geweld vind daagliks plaas, byna wellustig – daaroor hoef ’n mens niks meer te sê nie. Wat hiermee gelyk­ staan, is die hunkering na hoop – oftewel grype na grashalms – gewoonlik wanneer die geskarrel na ’n bemarkbare voorblad­ storie laatnag voor druktyd op sy ergste is. Dink maar aan die rits “Ramaphosa vervang Zuma eersdaags”­koerantplakka­ te wat in die nadraai van Mang­gha­ hoeng lampale landwyd laat kromtrek het. Het jy al ooit die McDonald’s­mag­ naat enigiets sinvols hoor sê na sy inhul­ diging? Flou makou. En meer onlangs Mamphela Ramphele wie se nuwe “politieke platform” eerder Stoelgang as Agang behoort te heet. Asseblief. Nie dat Suid­Afrika – en nog minder die Afrikanerman – nie dors is vir goeie nuus nie. Dinge lyk duister: As Lulu Xingwana nie haar mond uitspoel nie, moet Kurt Darren sy plaas verkoop as bewys dat dinge deesdae meer poef­poef as doef­doef gaan in die Afrikaanse mu­ siekbedryf. Petrol is peperduur; jy’s vies vir jouself dat jy destyds jou rekeninge na die rug­ graatlose FNB toe geskuif het; jou vrou se elke tweede sin is “you go, girl” soos sy jou selfoonlugtyd mors en jou tot ge­

ie mark vir luukse middelslag­koe­ pees mark word plaaslik deur die duitsers – BMW, Mercedes­Benz en Audi – oorheers. Maar nou is daar ’n japanne­ se alternatief wat die status quo bedreig. Die charismatiese Infiniti g37 coupé G37 se voorkoms laat hom dadelik uitstaan: ’n Geronde neus lei deur bultende wielnisse en ’n vloeiende daklyn na ’n stomp, ag­ gressiewe stert. Die kajuit is ver agtertoe, en daar is visuele elemente wat ’n mens herinner aan die Nissan GT­R­supermo­ tor – g’n wonder nie, want Infiniti be­ hoort aan Nissan. Groot allooiwiele rond die sportiewe prentjie af. Die G37 maak gewis ’n individualistiese stelling, en dis ’n belangrike eienskap vir kopers van dié soort motor, omdat hulle wil uitstaan. Wanneer ’n mens inklim, is daar nóg goeie nuus. Die materiale wat vir die bin­ neruim gebruik word, is deurgaans top­ gehalte; daar is insetsels met ’n satynagti­ ge metaal­afwerking op die middelkonso­ le en voorpaneel wat sorg vir ’n sportiewe atmosfeer; en jy word omtrent omring deur sagte leer. Die S­weergawe, wat ons bestuur het, het uitsonderlik ge­ maklike sportsitplekke wat, net soos die stuurwiel, op verskeie maniere verstel­ baar is met die druk van ’n knoppie. Jy kry maklik die bestuursposisie vir jou, met ’n goeie uitsig reg rondom. Die G37 onderskei hom van sy mede­

BMW M135i

BMW se Blou Pil bied soveel meer lang­ durige be­ vrediging as die far­ maseutiese maatskap­ py Pfizer s’n FOTO: NP weld dryf; jou laaitie stel deesdae meer belang in bie­bie­em as Die Bulle; en bo­ wenal is jou baas ’n BEE­baanbreker: Jou bloedsweet het dekades lank die weg ge­ baan vir sukses, hy’t oornag ingekom en alles gebreek. Jy haat jou lewe. Jy slaan jou verslane oë op na die vaalbruin Hoëveldse lug. Waar sal jou hulp vandaan kom? Van BMW, dís waar. Kyk, min dinge (buiten jou sekretaresse wanneer dit tyd is vir verhogingsgesprek­ ke – kom ons noem haar San­Marie) sit so lekker keel op soos ’n Beierse reguit­ ses wat pak kry. En die sensasie is so­ veel beter wanneer daar ’n M­kenteken agterop pronk – nes daai spuitende swart dolfyntjie op San­Marie se bronsoranje boudjie. Net een haakplek: Jy bly in Sunnyside, nie Silver Lakes nie, en jy is dus so te sê finansieel impotent. Maar daar’s ’n blou (­en­wit) pil vir el­ ke probleem. Sy naam is die M135i en hy’t genoeg lood in die potlood sodat San­Marie jou sommer elke dag sal smeek vir ’n tugverhoor. Nog minder hoef jy die maatskappy se boeke te kook om hom te koop, want die M135i kos net R458 814. Daarteenoor kos ’n bloubloed­ M3 (dis nou die een wat jou baas met sy

dingers met ’n hoë vlak van standaard­ toerusting, soos ’n hardeskyf­gebaseerde multimediastelsel, “slim” Bi­Xenon­hoof­ ligte en ’n raakskerm vir die sentrale be­ heersentrum. Die stelsel is een van die bestes wat ons nóg teëgekom het – alles is logies en daar is geen tydsvertraging tussen inset en reaksie nie. Wat veiligheid betref, skort hier om­ trent niks nie: Daar is ses lugsakke en alle moontlike elektroniese hulpmiddels vir die bestuurder, asook ’n stelsel wat die agterwiele saam laat stuur om die draaisirkel te verklein en stabiliteit teen hoë spoed te verbeter. Krag word na die agterwiele gestuur deur ’n sewegang­ outomatiese ratkas. Padgedrag is eersteklas, met goeie klou­ vermoë en uitstaande stabiliteit in draaie, en dinge gebeur oombliklik as jy die stuurwiel werk. Dis g’n wonder nie, want onder die vel van dié stylvolle koepee klop die hart van ’n sportmotor: die Nis­ san 370Z se onderstel en enjin. Die G37 se 235 kW is voldoende, maar 360 Nm is aan die lae kant vergeleke met die turboaangejaagde mededingers. Die enjin voel darem heerlik elasties wanneer die toere opgejaag word, en die gladde koppelomsetter­ratkas sorg dat die enjin altyd sy beste werk kan doen. Die kar versnel binne 5,9 sekondes 0­100 km/h, en die remme bring die G37 net so moei­ teloos tot stilstand as wat hy versnel.

PRYS

R458 814

ENJIN

3.0F-reguit-sessilinderpetrol, turboaangejaag

RATKAS

Agtgang-dubbelkoppelaar-outo, agterwielaandrywing

KRAG

235 kW @ 5 800 r/min. en 450 Nm @ 1 250 5 000 r/min.

VERRIGTING

0-100 km/h in 5.1 sek. en 250 km/h topsnelheid

VERBRUIK

7.5 F/100 km en 175g CO2/km

BRANDSTOFTENK BAGASIEBAK

buitemuurse getender verdien het) om­ trent dubbel soveel. Die grootpappa­M3 se vierliter­V8 ont­ wikkel 309 kW, 400 Nm en versnel van 0­ 100 km/h in 4,9 sek. Daarteenoor maak die M135i 235 kW, 450 Nm en haal 100 km/h binne 5,1 sek. Die geheim lê in die feit dat sy drieliterenjin met ’n turbo aangejaag word. Net twee tiendes van ’n sekonde stadiger vir amper R400 000 minder? Dís nou regstellende aksie! Hoe vermag hy dit? BMW maak sy standaard­135i warm, dis hoe. Nes jou swaer in Boksburg met sy 1996 Citi Golf. Maar is dit ’n rasegte M? Nee. Die 1­reeks­M is die werklike wil­ lewragtig­1M (waarvan net 54 in SA is) met sleutelonderdele wat hy by die M3 leen (jy kan dit voel ook), terwyl die M135i opgebou is uit ’n versameling on­ derdele uit BMW se bestaande produk­ reeks deur ’n sustermaatskappy met die naam M Performance. Maak dit saak? As jy ’n puris is, ja. Almal hou van Glenfiddich, maar die meeste ouens se sak strek deesdae net tot by Two Keys. Die spoed bly ewe soet en albei maak jou ewe vatbaar vir opset­ like saakbeskadiging, maar die klassever­ skil is tog onaanvegbaar daar. Die M135i is ’n verpersoonliking hier­

Sushi in die Sauerkraut D

Syfers

52 F 360 F

NAVERKOPE

Tweejaarwaarborg (onbeperkte kilometers) en vyfjaar-onderhoudsplan. Versien elke 15 000 km

OORWEEG OOK

Tweedehandse BMW M3, Subaru WRX STI of bedank en gebruik jou pensioen om die M135i nuut aan te skaf

Vervaardiger se syfers van. Hy spreek tot die ek­wil­maar­ek­ kannie ou wat nooit topbestuur gaan haal nie en hom op ander maniere moet laat geld – soos om te transformeer tot die Tier van Teazer’s wat vir almal ’n dop wil koop in Vrydagnag se sterwende ure. Die M135i is vrekvinnig, hy brul, hy laat jou soos Don Johnson in Misdaad in Miami voel, hy’t twee deure – maar hy lyk soos ’n worshond. Sy stuur voel ook soos silikoon en die stuurgemonteerde spane van die DCT­weergawe se ágt­ spoed­outokas hou jou vingers besiger as Tatiana s’n tydens ’n tafeldans. Maar daar’s ten minste altyd ’n rat vir elke draai. Dus nie volpunte nie, maar hierdie BMW gee alles wat hy het met integriteit en oorgawe. Dís die soort nuus wat jy nie in die koerant lees nie, maar met hart en siel kan – en wil – vertrou. Hy roep. Braam Peens is die assistentredakteur van TopGear Suid­Afrika.

Infiniti G37 Coupé S

KitsToets

Omdat Infiniti nog die rykes se oë moet vang, verskaf sy lae verkoop­ volumes eks­ klusiwiteit FOTO: QP Boonop is die rit stil en glad. Twee dinge pla wel: Die eerste is be­ perkte bagasieruimte. Die laairuimte is vlak en die laai­opening klein, maar dis van mindere belang aangesien sulke voertuie meestal nie as gesinsmotors ge­ koop word nie. Die ander is brandstof­ verbruik – volgens Nissan is die syfer 11,4 liter/100 km. In die praktyk sal dit heelwat hoër wees. Hier is ’n motor soos die Audi A5 2.0T FSI S­tronic die Infiniti ver vooruit. En wat dinamiek betref? Hoe vergelyk die G met die Audi A5 3.0T FSI? Ek dink die Audi sal die Infiniti pak gee. Die Audi se quattro­stelsel trap ongeloof­ lik goed vas in draaie, en die 3.0T­enjin het meer woema, kilowatt­tekort ten spyt. Die G­koepee is wel ’n “suiwerder” kar

met ’n natuurliker stuurgevoel. Dis soos om analoog (Infiniti) en digitaal (Audi) te vergelyk. Ek dink wel die (ou) BMW 335i­koepee is beter as albei. Vir die suksesvolle sakeman of tender­ preneur is die Infiniti G37 Coupé ’n aan­ loklike keuse. Maar die Duitsers sal eers met oop oë hoef te slaap wanneer die G se opvolger opdaag. – Martin Pretorius PRYS R671 878 ENJIN 3,7 liter-V6-petrol, 235 kW en 360 Nm RATKAS Sewegang-outomaties, agterwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 5,9 sek. en 250 km/h topsnelheid; 11,4 liter/100 km) OORWEEG OOK Audi A5 Coupé 3.0T FSI quattro S-tronic, Mercedes-Benz E250 CGI Coupé


21 April 2013

InRat 9

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Nissan Pathfinder SE

Pathfinder SE hoef nie paaie te vind S

portnutsvoertuie (of dan “SUV’s”) is die antwoord op die meeste ge­ sinne se behoeftes: Daar’s genoeg plek om mense én hulle bagasie te kar­ wei, plus geharde meganika en ekstra penshoogte om ons paaie te trotseer. Die koperspubliek stem saam en koop hordes van dié soort voertuie. Een van hulle, nou bekostigbaarder as tevore, is die Nis­ san Pathfinder, in SE­gewaad. Dié goedkoper Pathfinder het die Toyo­ ta Fortuner, Mitsubishi Pajero Sport en Chevrolet Trailblazer duidelik in sy vi­ sier, en hoef glad nie terug te staan vir enige van hulle nie. Die vernaamste verskil tussen hom en die ander bakkiegebaseerde veldryers is dat die Pathfinder volledig onafhanklike agtervering het, wat sorg vir ’n gladder ritgehalte en stabieler padgedrag. Teen R451 000 vir die sesspoed­handratweer­ gawe en R470 000 vir die vyfgang­outo­ maties is die Pathfinder SE ’n indruk­ wekkende pakket. Vierwielaandrywing, ses lugsakke, snelheidsbeheer, ’n kragtige klankstelsel, outomatiese lugreëling met drie sones en 17­duim­allooiwiele is stan­ daardtoerusting. Buiten dat hy nie leersitplekke het nie, het dit by die SE se bekendstelling nooit gevoel asof ons met ’n intreevlakweerga­ we te make het nie. Hy het egter, anders as sy mededingers, net vyf sitplekke in

die kajuit pleks van sewe. Die 2,5 liter­turbodiesel (140 kW en 450 Nm) is kragtig, en gekoppel aan die handratkas is daar in alle omstandighede meer as genoeg krag beskikbaar, met die ritrekenaar wat ’n gemiddelde brandstof­ verbruik van 9,0 liter/100 km aangedui het. Die ratwisselings in die outomatiese weergawe is seepglad, maar hy is nie so lewendig óf lig op diesel soos die hand­ ratweergawe nie. Die outokas is ook te gretig om ’n laer rat te kies, wat die en­ jin laat raas. Die Pathfinder SE se ander sterk punt is sy vermoë van die teerpad af. Om ons bestemming te bereik moes ons omtrent 40 km grondpad aandurf. Die Pathfinder

het dit danksy die uitstaande vering en elektronies­beheerde vierwielaandrywing maklik kafgedraf. Stabiliteit is uit die boonste rak, en selfs skielike rigtingver­ anderings gebeur sonder drama. Die skyfremme reg rondom het, saam met die elektroniese vangnette, het gesorg dat ons sonder sukkel by ons bestemming uitkom. Ons het ook ernstige veldwerk gaan doen, waar die laestrek­ratkas met die draai van ’n knoppie inskop. Klip­ koppies, slote, riviere, en los sand kon nie die Pathfinder stuit nie. Die outomatiese weergawe het ’n uiters doeltreffende afdraandebeheer, maar selfs daarsonder het die handratmodel sonder neukery teen die steilste bulte afgestap.

Die skry­ wer wys hoeveel pret ’n gesinswa soos die Pathfin­ der kan wees FOTO: ROSS HOLGATE

Daar is baie wringkrag net bo luierspoed beskikbaar, wat dit maklik maak om oor rotse en bulte te kruip. In sy klas is die Pathfinder feitlik son­ der gelyke. Die kombinasie van onaf­ hanklike agtervering, rygerief, ’n goeie toerustingsvlak, ruimte, behendigheid in die bos, brandstofdoeltreffendheid en ge­ rief maak die Pathfinder SE uitstekende waarde. Die oorlog in sportnutsland is hewiger as ooit tevore. – Martin Pretorius PRYSE Pathfinder 2.5dCi 4x4 SE handrat – R450 900 Pathfinder 2.5dCi 4x4 SE outo – R470 900


10 InRat

21 April 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

BikeRally PadToets

BMW C650 GT & C600 Sport

Dié ponies galop! DIE DING VAN ’N BROM­ PONIE IS DAT MOTORFIETS­ OUENS DIT NOOIT AS ’N MOTORFIETS SAL AANVAAR NIE, SKRYF WILLEM VAN DER BERG. JOU KNIEË IS BLOOT TE NA AAN MEKAAR OP SO ’N RYDING – FINISH EN KLAAR.

D

it was interessant om te hoor wat die BMW­bemarkingsmense se aanslag sou wees toe BMW Motor­ rad se nuwe super­scooters in die toonlo­ kale aanland. Sommige het dit beskou as net die ding vir avontuurlustiges, dié ding om van die sypaadjie tot op die ope vlaktes te kom. Ander het gesê dis iets vir mense met ’n fyner en meer gesofisti­ keerder smaak, iets wat jou van die kan­ toor tot by jou skemerkelkie kan neem. Nou ja, dis nie leuens nie, maar die C650 GT en C600 Sport is steeds brom­ ponies. En bromponies word myns in­ siens aangeskaf as goedkoop en maklike vervoer in die stad. Daarom ry baie stu­ dente met ’n bromponie. Maar die BMW­ponies is glad nie goedkoop nie. Die GT, die luukser weer­ gawe van die twee, kos R121 500, en die Sport R113 350. Albei het ’n tweesilinder­ 647 cc­enjin met presies dieselfde kragle­ wering (44 kW en 66 Nm), al wek die benamings dalk ’n ander indruk. Die GT het bloot heelwat meer luuks­ hede, soos die elektronies­verstelbare windskerm, verhitbare sitplekke en ver­ hitbare handvatsels, asook ’n alarmstelsel met afstandbeheer. Die GT is effens gro­ ter en swaarder, en daarom is die Sport effens flinker en meer ligvoets in die stadsverkeer. Albei het genoeg pakplek onder die sit­ plek vir een padhelm. Die Sport het egter ’n truuk wat die GT nie het nie: Die kompartement onder die sitplek kan ver­ der uitvou sodat daar selfs plek is vir twee helms. Ek het die meeste tyd op die GT deurgebring. Hoe ry hulle? Daar is iets omtrent ’n bromponie wat ’n mens gou vertroue gee. Dalk is dit

KitsToets

Bill Davidson kom ook in Margate kuier | FOTO: VERSKAF

Die BMW C650 GT (links) en C600 Sport is die regte medisyne vir BMW Motorrad­ aanhangers wat moeg is om in spitsverkeer ratte te wissel | FOTO: BMW omdat jy meer natuurlik sit, amper soos in ’n kar. Of dalk is dit omdat jy net die oor moet draai en briek en nie hoef te wonder in watter rat jy is nie. Dié twee BMW’s voel soos enige ander “draai­en­ laat­waai”­bromponie, asof hy net een lang rat het. Dit is ook die geval; daar is geen koppelaar of ratte nie. Die voor­ en agterremme word albei voor op die stuurstang beheer, amper soos dié van ’n trapfiets. Al twee die bromponies het sluitweerremme en glybe­ heer, en albei dié veiligheidskenmerke werk besonder goed. Wanneer ek baie hard aan die remme getrek het, het die wiele glad nie gesleep nie en die fiets het vinnig tot stilstand gekom. Ek kon wel op ’n tweespoor­grondpaadjie met die glybeheer se kop smokkel en die brom­ ponie deur draaie laat gly as ek vetgee. Maar die meeste ouens wat relatief be­ skaaf en op teer ry, gaan beslis groot baat vind daarby. Versnelling is goed en jy gaan ’n paar fris karre agterlaat. Op die N1 het ek ge­ sien hoe ’n paar koppe opruk toe ek teen ’n bonatuurlike snelheid verbyskiet – die GT ook verbasend stewig en stabiel. Moet jy jou na BMW haas? Hierdie is ongelukkig nie van daai bromponies wat op petroldampe ry nie. BMW sê jy sal sowat 4,4 liter/100 km ge­ bruik as jy konstant teen 90 km/h ry. Dit

eesdae skop ’n mens omtrent ’n Nis­ san X­Trail agter elke bos uit – am­ per soos ’n Volkswagen Polo. ’n Mens hoor ook dikwels kommentaar soos “nie­ mand kla ooit oor ’n X­Trail nie”, “ ’n X­Trail weier om te breek” of “Piet is al op sy derde een”. Hoekom het hy so ’n lojale gevolg? Die LE­dieselvariant, die vlagskip in die X­Trail­reeks, het vir ’n week op Her­ manus by ons kom kuier, want ek wou weet hoekom hy so gewild is. Want kom ons wees eerlik: Daar ís mooier sport­ nutsvoertuie op ons paaie. Só is ons ge­ sin een Sondag in die X­Trail Napier toe vir middagete. My man is agter die stuur, want hy wil graag voel hoe dié Nissan ry, terwyl ek deur die handleiding wil blaai en in die motor rondsnuffel. Nissan het die X­Trail se binneruim goed deurdink, en hy is uiters kinder­ vriendelik: Die kleintjies agterin het uit­ stekende sig deur die lang, wye, vensters, wat beteken dis ook ’n goeie wildtuinkar. Die growwerige materiaal waarmee die binneruim uitgevoer is (dis nou buiten

PRYS C650 GT – R121 500; C600 Sport – R113 350 (sluitweerremme, glybeheer en verhitte handvatsels ingesluit) ENJIN 647 cc-vierslag-tweesilinder RATKAS Palwissel-outomaties (CVT). Aandrywing deur ketting in oliebad. KRAG 44 kW @ 7 500 r/min. en 66 Nm @ 6 000 r/min. VERRIGTING 175 km/h topsnelheid VERBRUIK 4.4 F/100 km teen 90 km/h en 5.6 F/100km teen 120 km/h BRANDSTOFTENK 16 F SITPLEKHOOGTE 795 mm GEWIG 261 kg (met brandstof en ander vloeistowwe) NAVERKOPE Tweejaarwaarborg (onbeperkte kilometers). Versien elke 10 000 km OORWEEG OOK Yamaha T-Max 530, Gilera Fuoco 500, Suzuki Burgman AN400

Nissan X­Trail 2.0 dCi 4x4 LE outo

M

argate in KwaZulu­Natal sal weer gasheer speel vir die land se grootste gratis motorfietsby­ eenkoms, die jaarlikse Harley­Da­ vidson Africa Bike Week. Dit is die vyfde keer dat die fees gehou word, en vanjaar word ook Harley­David­ son se 110de verjaardag gevier. Met so ’n mylpaal word duisende motor­ fietsgeesdriftiges, gesinne en lede van die Harley­eienaarsgroep (HOG) verwag. HOG­lede wie se lidmaat­ skapgeld op datum is, sal die kans hê om Bill Davidson, agterkleinseun van die stigter William Davidson, te ontmoet. Bill gaan ook die fees open. Vanjaar se Bike Week, van 26­29 April, waarborg opwinding vir die hele gesin. Voornemende besoekers kan uitsien na aktiwiteite soos die amptelike Harley­Davidson­hande­ laarsuitstalling, musiek­bands, ’n ei­ enaarskou, kroeë en kuierplekke, dag­en­nag­straatpartytjies, Harley­ Davidson­toetsritte en ’n massaop­ tog en vlagparade. Vir meer inligting oor die 2013 Africa Bike Week besoek www.afri­ cabikeweek.com en “like” die Face­ book­bladsy www.facebook.com/ HarleyDavidsonAfrica. – Korrespondent

moeilike grondpaaie, waar ’n mens nóg versigtiger moet ry, draai jy die knop na “Lock”. Verder sorg stabiliteitsbeheer, wegtrekhulp en gevorderde ou­ die leersitplekke) is nie die tomatiese afdraanderemming deursneetipe wat gou smerig dat die bestuurder in beheer en sal lyk as vetterige vingertjies veilig bly. daaraan raak nie. Nadat ons om ’n paar onbe­ Die ruim paneelkissie kan skofte draaie is, hoor ek daar­ verhit én verkoel word, en so die aand hoe my man die ook die twee bekerhouers die X­Trail se padhouvermoë om naaste aan die deure – as die die braaivleisvuur prys. Die lugreëling se hortjies toe is, X­Trail 2.0 dCi 4x4 is perfek verkoel dit jou koeldrank of vir die Sandton­mamma wat hou jou koffie warm. jaag om haar Pilatesklas te Ek dink die kinders was ver­ Die X­Trail diesel LE met outokas was vir ’n week lank ’n ge­ haal, sowel as die Bear Grylls­ wilde lid van die Theron­gesin | FOTO: ANÉ THERON baas hoeveel boeke en kleur­ tipe wat sy tande in die veld potlode in die rugleuningsak­ met ’n sprinkaan borsel. kies voor hulle kan pas. Die hoeveelheid gruis, en hy bestuur nie soos ’n groot, – Ané Theron bêreplek en houers in die kajuit sorg dat lomp veldryer nie. geen los items hulle weg tot onder jou Al is hy nie ’n hardebaard­4x4 soos ’n PRYS R462 900 ENJIN 2.0 liter-viersilinder-turbodiesel, voete vind nie. En die verwyderbare laaie Pathfinder nie, deins hy nie terug vir ’n 110 kW en 320 Nm onder die vloer van die enorme kattebak sandduin of boendoepaadjie nie. Sy “in­ RATKAS Sesgang-outomaties, vierwielhet selfs kompartemente. telligente” All Mode­4x4­i­stelsel besluit Maar dis net enkele van sy geriefsken­ self wanneer hy die meeste wringkrag na aandrywing merke. Die eintlike rede hoekom ek dié die wiel met die meeste vastrapplek moet VERRIGTING 0-100 km/h in 11 sek. en 188 km/h topsnelheid; 7.4 liter/100 km X­Trail sal aanskaf as my skip inkom, is stuur. As ’n mens dié stelsel se beheer­ OORWEEG OOK Ford Kuga 2.0 TDCi Titanioor hoe hy ry. Danksy onafhanklike ag­ knop draai tot by “Auto”, ontleed die um Powershift, Honda CR-V 2.2 (diesel) tervering is sy hantering op teer net so X­Trail die oppervlak waarop jy ry en Elegance goed soos deur kronkels, hobbels en pas daarby aan. Vir ekstra vastrap op

Die X­faktor is híér D

gaan nie in die stadsverkeer gebeur nie. Ek het 6 liter/100 km gehaal, wat dit glad nie ’n brandstofbesparende ryding maak nie. In die stad het ek BMW se superbrom­ ponies terdeë geniet, maar hulle is nié goedkoop nie. Jy kan ’n klein brandstof­ doeltreffende karretjie kry vir dié pryse. Of ’n ordentlike motorfiets. Een wat jou iets tussen jou knieë gee. ; Rapport InRat se toetsbromponies is deur Sovereign Motorrad in Bloemfontein verskaf. Sovereign Bloemfontein, 0 051 400 0000 of www.sovereignbmw.co.za.

Africa Bike Week vier HD se 110de verjaardag


21 April 2013

InRat 11

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

MotorSport

Alonso se Chinese kragtoer F

ormule Een Dit was weer in China duidelik waarom Fernando Alonso as die voorste jaer in Formule Een beskou word, want dit was die Spanjaard se uit­ stekende taktiese oordeel en perfekte ren­ strategie wat hom en Ferrari in Sjanghai hul eerste sege vanjaar besorg het. Vanuit sy derde wegspringposisie het Alonso uitstekend weggespring, en voor die eerste draai al is hy verby Kimi Raik­ konen (Lotus). Vyf rondtes later is hy by Lewis Hamilton verby toe die bande van dié se Mercedes greep begin verloor het. Daarna het die Ferrari­jaer sy motor se bande opgepas en die wedren meesterlik oorheers terwyl Raikkonen, Hamilton en Sebastien Vettel (Red Bull) sake om die tweede plek uitgespook het. Bygesê, Raikkonen kon meer van ’n faktor gewees het as hy nie aan die begin soveel tyd agter Hamilton verloor het nie, en ook nie met Sergio Perez slaags ge­ raak het nie. ’n Stukkende neusstuk ná sy onderonsie met die McLaren­jaer het hom 0.15 sek. per rondte gekos. Vettel se bandestrategie (hy het heel laaste sagte bande opgesit) het vir opwin­ ding teen die einde gesorg toe hy die Brit en Fin teen meer as 5 sek. per rondte in­ gehaal het, maar uiteindelik was dit nie genoeg nie, en ’n verheugde Hamilton het sy podiumplek behou. Jenson Button het ’n bestendige wedren gejaag en vyfde geëindig vir McLaren, ge­ volg deur Felipe Massa in die tweede Ferrari, wat beter kon gevaar het as hy nie aanvanklik sy motor se bande so mishandel het nie. Vir Mark Webber was die China­wed­ ren selfs ’n groter misoes as die Maleisie­ se Grand Prix. Hy kon nie ’n kwalifise­ ringstyd opstel nie omdat sy Red Bull Renault sonder brandstof gaan staan het, en in die ren is hy uit nadat ’n wiel los­ gekom het. Ná Vettel se vermetelheid in Maleisië om spanopdragte te verontagsaam en Webber verby te steek vir die oorwin­ ning, is dinge nie lekker in die Red Bull­ kamp nie. Dit kan die span nog duur te staan kom, veral met Ferrari en Lotus wat nou sterk begin vertoon. Ook is weerstand aan die opbou teen die Pirelli­bande wat so gou kloukrag verloor. Dit verdof die F1­skouspel, want die jaers moet só erg na hul bande om­ sien dat ware renmededinging gedemp word. Dit het ook bygedra tot die besluit

GebruikteMotor

Ferrari se Fernando Alonso kry eindelik die kans om ’n eerste plek te vier | FOTO: FERRARI dat die sagte bande nie vir vandag se Grand Prix­wedren in Bahrein gebruik sal word nie. Met drie renne wat afgehandel is, loop Vettel nog voor in die kampioenskap, met Raikkonen tweede en Alonso derde. Nog ’n stewige Alonso­vertoning in Bah­ rein kan hierdie prentjie verander... Wêreld­Tydrenreeks (WRC) Sébastien Ogier en Julien Ingrassia (VW Polo R) het ’n driekuns in die WRC behaal deur die Portugese tydren in die Algarve te wen. Die Franse span se sege was egter nie so maklik as tevore nie, want koppelaarprobleme het Mikko Hir­ vonen (Citroën DS3 WRC) tot binne tref­ afstand gebring, maar eindelik moes die Fin besgee en met die naaswennerplek tevrede wees. Ogier se Finse spanmaat, Jari­Matti Latvala, was derde, meer as 3 minute ag­ ter Hirvonen, nadat hy die voorlaaste tra­ jek met tweewielaandrywing voltooi het.

van die maand

Ogier is nou 54 punte voor Hirvonen op die punteleer, en met Volkswagen wat ook voor is in die Vervaardigerskampi­ oenskap, is die VW­span besig om sy doelwitte vir vanjaar – om ondervinding in die WRC op te doen – te hersien en voluit vir ’n kampioenskapsoorwinning te gaan. Die Rus Evigny Novikov (Ford Fie­ sta RS) was vierde, gevolg deur die Da­ kar­spesialis Nasser Al­Attiyah in ’n soortgelyke motor, en die derde Polo R, in die hande van die Noorweër Andreas Mikkelsen. Die vyfde ronde in die reeks vind van 1 tot 4 Mei in Argentinië plaas. Nasionale Veldrenkampioenskap Die Ford Racing­span oorheers sake in dié reeks deurdat die voormalige SA kampioene Chris Visser en Japie Baden­ horst (Ford Ranger V8) eerste oor die eindstreep was in die Nkomazi 400 wat twee weke gelede in die Malelane­omge­ wing beslis is. Dié paar is nou ook voor in die kampi­

Hyundai Veloster

oenskapsreeks nadat hulle die naaswen­ ners was in die RFS 400. Hulle het 34 sek. voor Gary Berthold en Siegfried Rousseau geëindig in hul Atlas Copco Hi­ lux, met die kampioene, Duncan Vos en Rob Howie (Castrol Toyota Hilux) derde en hul spanmaats Anthony Taylor en Dennis Murphy kort op hul hakke. Die Klas D­stryd is gewen deur die jongelinge Jason Vente en Vincent Alle­ mann in ’n Hilux. In die afdeling vir spesiale voertuie het Colin Matthews en Alan Smith in hul Century Racing CR3 die rekordboeke herskryf deur die eerste Klas P­span te word wat drie algehele oorwinnings be­ haal in nasionale veldrenne. Hulle is gevolg deur twee Sullwald­pa­ re, Herman en Wichard (Porter), en Quinton en Kallie (BAT Venom). Die volgende ronde in die reeks, die Toyota­Handelaar 400 Sugarbelt­ren, vind op 17 en 18 Mei in KwaZulu­Natal plaas. – Ferdi de Vos

NuweModel

Een van die mooiste mo­ tors wat geld kan koop, met ’n simfoniese enjinklank om by sy voor­ koms te pas FOTO: VERSKAF

Maserati GT­S A

s jy in die uitvoerbedryf is en dank­ sy die swak rand ’n meevaller gekry het, wil jy dalk jou sak ligter maak met so ’n Maserati GT­S met min kilometers op die klok. Net die klank van sy enjin is ’n miljoen rand werd. MODEL EN VARIANT Maserati GT-S Cambiocorsa F1

PRYS R1 449 000 ENJIN 4,7 F-V8 KRAG 323 kW, 490 Nm JAAR 2012 KM-LESING 6 000 Kontak Viglietti­motors vir meer inlig­ ting: 021 464 3560, arno.cloete@ferra­ ri.co.za, www.maserati.co.za

Die Hyundai Veloster­koepee met sy interessante uitleg (twee deure links en een regs) is vandeesweek plaaslik bekend gestel. Dié model, wat deur ’n nuwe 1.6 li­ ter­viersilinderenjin met direkte inspuiting (GDI) aangedryf word, sal met ’n ses­ gang­handratkas of dubbelkoppelaar­ outomatiese ratkas (DCT) beskikbaar wees. Die gewillige enjin ontwikkel 103 kW teen 6 300 r/min. en 167 Nm wring­ krag teen 4 850 r/min. – genoeg vir ’n 0­100 km­versnellopie van 9,7 sek. (handrat) en ’n topsnelheid van 201 km/h, sê Hyundai. Die handrat kos R259 000 en outomaties R276 700. | FOTO: QUICKPIC


12 InRat

21 April 2013

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

XXX LJB DP [B XXX LJBTB NPCJ

singh&sons KIA/4071/INRAT-Rocks

,MFJO WFSBOEFSJOHT BBO POT SFNNF

NBBL sO HSPPU WFSTLJM BBO KPV WFJMJHIFJE

%*& /68&

s/ ,-&*/ 7&3"/%&3*/( ."", s/ (3005 7&34,*-

sO 7FSTLJM WBO NN BBO POT SFNTLZXF CFUFLFO sO WFSCFUFSJOH WBO N JO SFNBGTUBOE


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.