Rapport InRat 16 Junie 2013

Page 1

BMW se R 1200 GS roep jou naam

Subaru Forester XT: Mamma sal wil ‘rallies’ ry

5

Bylae tot Rapport

16 Junie 2013

Cerato gee sedansegment

4 ’n klap op die boud 3

Is ’n klein Ford die land se beste blitsbuks?

Infiniti M37: Voortreflike motor met ’n moeilike taak

InRat 7

6


2 InRat

16 Junie 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226

Advertensies Attie Bekker E­pos: attie.bekker @media24.com Tel: 011 713 9545

Sê nou net Outa verloor sy hofsaak O

m die instelling van die e­tol­stelsel in die hof te beveg, kos die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) meer as R12 miljoen. Die R1 miljoen wat hy onlangs van die Demokratiese Alliansie (DA) ontvang het, was dus baie welkom. Volgens Outa se voorsitter, Wayne Duvenage, sal Outa geld van enige mens of instansie aanvaar, mits dit wettiglik bekom is. Vroeër vanjaar het Outa verlof gekry om te appelleer teen die hooggeregshof se uitspraak dat e­tol wettig is. Die saak is uitgestel om in September in die Appèlhof in Bloemfontein aangehoor te word. Volgens die Suid­Afrikaanse Nasionale Padagentskap, beter bekend as Sanral (en soms as Scamral), is daar al 600 000 digitale e­skyfies (e­tags) verkoop, maar volgens Duvenage is dit nader aan 60 000 en dus nie ’n groot persentasie van Gauteng­provinsie se 3,5 miljoen mo­ toriste nie. Maar daar bestaan natuurlik ’n groot “Wat as?”. Wat as Outa die hofsaak teen Sanral verloor en Gautengse motoriste die realiteit van e­tol moet aanvaar? InRat het met verskeie regskenners gepraat en almal volg ’n wag­en­kyk­benadering. Hulle wou dus nie ’n mening lug oor hoe iemand wat die nuwe tolstelsel boikot, vervolg kan word nie omdat die reg nog nie sy loop geneem het nie. Sanral stoom voort met die uitvoering van e­tol, al het die spreek­ woordelike vet antie nog nie in die Appèlhof gesing nie. Indien jy wil weet hoeveel jy gaan hoes as die e­tol finaal goedge­ keur word, kan jy die e­tolrekenaar op http://tollcalc.sanral.co.za/etoll gebruik. Diegene wat Outa geldelik wil ondersteun, kan dit doen op www.outa.co.za/site/legal­fund.

VerbruikersRaad

Hou koers as jy ’n Garmin koop M

otoriste en ander padgebruikers op soek na ’n Garmin GPS­wins­ koop moet lig loop vir ’n onderneming genaamd GPS­RSA, ook bekend as Na­ vi Technology Group. Dit het aan die lig gekom nadat een van InRat se spanlede ’n Garmin Mon­ tana 600­navigasietoestel van GPS­RSA.com bestel het. Die aan­ bod het ’n klomp bykomstighede, soos ’n motorfiets­klamp, inge­ sluit, wat dit vir die koper onweerstaanbaar gemaak het. Toe die toestel aankom – dis van die VSA versend – was dit duidelik dat dit nie nuut was nie, maar ’n reggemaakte (refurbished) eenheid. E­pos­boodskappe aan GPS­RSA het halfgeletterde en onbevre­ digende antwoorde gekry of op dowe ore geval. Op sy webtuiste verskaf hy ’n kantooradres in Kaapstad se internasionale konven­ siesentrum, maar ’n ontvangsdame in die gebou het ietwat verleë genoem dat dit slegs ’n “geregistreerde” adres is. Daar’s ook geen antwoord as ’n mens GPS­RSA se telefoonnommer bel nie. Met ’n besoek aan Garmin Suider­Afrika se dienssentrum in Honeydew, Gauteng het die tegnikus gesê die digitale kaarte op dié Montana is nie wettig nie, maar ’n “gekraakte” weergawe. Die nadeel hiervan is dat dit ’n verouderde weergawe kan wees en daarom sal toekomstige kaart­opgraderings teen die volle kaart­ koste wees. Dis in teenstelling met baie van Garmin se wettige verbruikers wat wel sal kwalifiseer vir ’n korting op opgraderings. Die winskoop van ’n droom­GPS het nou na ’n kat in ’n sak ge­ lyk. Die betrokke bestuurders van Garmin SA het reëlings getref sodat wettige kaarte asook die korrekte sagteware op die Montana gelaai word. “Ons sal mense wat vir GPS­RSA se slenter geval het, help waar moontlik. Dis egter veel makliker om uit die staan­ spoor Garmin­produkte by ’n gemagtigde handelaar te koop. Ver­ bruikers kan ook direk aankoop van Garmin se webwerf www.garminonline.co.za,” sê hulle. Lesers wat hulp nodig het, inligting verlang of wil seker maak dat ’n spesifieke handelaar nie ’n swendelaar is nie, kan Garmin SA bel by 0861 Garmin / 427 646 of e­pos info@garmin.co.za.

Prêt­à­porter M

otorvervaardigers beskou nismodel­be­ kendstellings gewoonlik as van mindere belang, maar met die plaaslike buiging van die DS3 Cabrio het Citroën letterlik uitge­ haal en gewys . . . Nou waarom so ’n événement spectaculaire vir ’n model met beperkte verkoop­potensiaal? Wel, twee redes: Die DS­reeks het hom reeds as ’n treffer hier bewys (byna 33% van alle Ci­ troëns wat plaaslik verkoop word, is DS­model­ le) en, oui, dié afdak­model is vir die Franse vervaardiger ’n pasgemaakte beeldbouer. Want wat ontwerp­flair betref, behoort stylbe­ wuste kopers die DS3 Cabrio, met sy sardientjie­ blik­afrolkap á la Citroën 2CV, so begeerlik te vind soos die jongste prêt­à­porter (gereed­om­ te­dra) kledingstuk uit Parys of Milaan. Die DS3 Cabrio se terugvou­seildak gee ook ander voordele, soos goeie onderstel­stewigheid omdat die basiese DS3­vorm behoue bly, en die feit dat lapdak selfs teen snelhede van tot 120 km/h in 16 sekondes met die druk van ’n knoppie afgeslaan kan word. Die vlagskip­THP 155 Sport se aantreklikheid is ook nie net veldiep nie. Onder sy kort enjin­ kap is die wakker, turbo­aangejaagde 1.6 liter Prince­petrolenjin, gesamentlik deur die PSA­ Groep en BMW ontwikkel, wat vanjaar vir die sewende keer as Internasionale Enjin van die Jaar in sy kategorie bekroon is. In DS3­gewaad ontwikkel dié kragbron 115 kW teen 6 000 r/min en 240 Nm wringkrag teen ’n lae 1 400 r/min – teenoor 135 kW/5 500 r/min en 240 Nm/1 600 r/min in die Mini Cooper S­af­ slaankap. Tog, hoewel effens stadiger as die Mini wat topspoed betref (214 km/h teenoor 225 km/h), blits die 150 kg ligter Citroën net so vinnig soos die Mini tot 100 km/h (7.3 s). Sy uitmuntende DS3­onderstel maak hom meer vlugvoetig as die afdak­Mini in die draaie, maar nog nie heeltemal so rats soos sy luikrug­ boetie nie, wat nog 25 kg minder weeg. Tog is sy ritgehalte net so goed, en beslis nie so tande­ klap­hard oor die riffels soos die Mini nie. Met die dak op is daar effense windsuising, maar dis heelwat minder in ander afdakmodelle, en beslis nie steurend nie. Die skerm agter die

Citroën DS3 THP 155 Sport Cabrio

Die dak maak soos ’n sardientjieblik oop, maar daar’s niks fishy daaraan nie | FOTO: CITROËN bestuurder, wat warreling in die kajuit moet verminder, werk egter nie so goed nie, en selfs al maak Citroën aanspraak daarop dat die Ca­ brio 245 liter se pakplek het, is dit onprakties, want die agterste laailuik is te klein. Dié paar haakplekke tersyde, is die DS3 Ca­ brio ’n prettige ryding en in THP 155­vorm be­ slis die beste afslaankap­ryding in sy klas, veral as sy prys van R291 900 (sonder opsies) in ag geneem word. Twee makker weergawes – die VTi 82 met 1,2 liter­driesilinderenjin (60 kW/118 Nm) en VTi 120 met 1,6 liter­viersilinderenjin (88 kW/160 Nm) – is ook beskikbaar, met verskeie (en heel ver­ warrende) toerustingpakkette, maar wat ons be­ tref, is die kragtiger model die crème de la crème. Die DS3 Cabrio is op ’n uiters spesifieke mark van kieskeurige kopers gerig; diegene wat styl en uniekheid in hul ryding soek. En as ’n styl­ volle afdak­ryding jou geval, het dié aanloklike Franse prikkelpop al die bates daarvoor. – Ferdi de Vos PRYS R291 900 ENJIN 1.6 liter-petrol met turbo, 115 kW en 240 Nm RATKAS Sesgang-handratkas, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 7.3 s en 214 km/h topsnelheid; 5,8 liter/100 km OORWEEG OOK Mini Cooper S Convertible, VW Golf Cabriolet 1.4 TSI Comfortline

So taai soos ’n tier ’N

Motorfietstoer van 4 000 km gaan nie sommer mense se aandag trek nie. Indien die toer onderneem word vir die bewusmaking van veelvuldige sklerose (die meeste mense ver­ wys sommer na dié siekte as MS) sal daar dalk meer belangstelling wees. Maar dis ’n heel an­ der saak wanneer iemand wat dié siekte het die toer onderneem, meestal op sy eie. Dit is wat Johann Nothnagel (58) van Kaapstad verlede maand* gedoen het. MS is in 2009 by Johann gediagnoseer, maar hy het toe ook besef die siekte het hom al se­ dert sy skooljare beet. Dit veroorsaak dat die liggaam se immuunstelsel die senuweestelsel aanval. In Johann se geval het dit veroorsaak dat hy beheer oor sy regterbeen verloor het en daarom beweeg hy met ’n kruk rond. Andersins het hy erge pyn in sy bene, ’n aanhoudende ge­ sing in sy ore en sy sig is nie goed nie. (Hy dra spesiale lense wanneer hy ry.) Dit was nie die eerste keer dat Johann so ’n toer voltooi nie. Twee jaar gelede het hy dieself­ de gedoen op sy Buell Firebolt XB12R. Die mo­ torfiets is intussen verkoop en toe Triumph Suid­Afrika van Johann se avontuur te hore kom, het hy ’n Triumph Tiger 800 vir Johann geleen. Met sy kruk netjies teen die fiets vas het hy die pad gevat. Deur Victoria­Wes, Hoopstad, Parys, Pretoria, Durban, Mthatha, Port Eliza­ beth en George. “Die Karoo was maar moeilik; dis maar moei­ lik daar op die beste van tye. Te stil en alleen. En tussen Mthatha en Port Elizabeth was die pad iets vreesliks en het dit gereën. Maar an­ dersins was die hele trip eintlik heerlik en het als goed verloop,” vertel hy. Iewers by ’n petrolpomp het ’n man na Jo­ hann toe gekom, na die kruk beduie en gevra, “Ry jy nog bike ná ’n ongeluk?”.

KitsToets

OpToer

VS­bewusmakingsreis Johann sit vir die eer­ ste keer op die nuwe yster wat hom ver moes dra FOTO: JUSTUS VISAGIE

“Baie mense loer maar en wonder wat gaan aan. Hulle is natuurlik verras om die eintlike storie te hoor.” Amper oral waar Johann oornag het, het an­ der motorfietsryers hom vir ’n ent op die pad vergesel. Op pad na Port Elizabeth het baie mo­ torfietsryers by hom ingeval. En waar hy toe stilhou, het ’n hele klomp mense hom ingewag, ook ’n hele klomp mediaverteenwoordigers. “Toe ek in Stilbaai stilhou het ’n vrou na my toe gestap. ‘Jy was op die TV,’ het sy gesê en geld in my hand gedruk. Die mense se onder­ steuning was regtig ongelooflik.” Die Triumph was vir hom iets heeltemal an­ ders as sy Buell, maar hy het die fiets gou begin geniet. “Hy het goeie wringkrag, ’n goeie kruis­ spoed, hy sit baie lekker en hanteer soos ’n veertjie. Ek het hom gekoop toe ek terug is.” In Mei volgende jaar sal Johann die toer weer aanpak. Dié keer op sy eie Triumph. – Willem van der Berg Volg Johann gerus op www.facebook.com/Un­ chainingMS en laat weet hom indien jy volgende jaar wil saamry. * Mei is veelvuldige sklerose­maand.


16 Junie 2013

InRat 3

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Cerato vat jou van grys na grasieus

Nuut

Kia Cerato

treklike toevoeging tot Kia se plaaslike reeks en ’n puik gesinsmotor – sonder dat dit lyk of sy eienaar se idee van op­ winding ’n Sudoku­raaisel is. Wie weet – dalk kry Kia nog die on­ moontlike reg en maak sedans weer sexy. Maar dan sal daardie turbo­enjin ook moet hand bysit. – Justus Visagie

T

wee dekades gelede was jy nogal ’n van die Cerato is die baga­ jong kokkedoor as jy by die veldfliek siebak wat so groot is dat of roadhouse stilgehou het met ’n Jetta jy ’n eggo kan hoor, die CLi of ’n Corolla TwinCam GLi. Die rele­ stilte wanneer hy toer en vante eienskappe wat hulle gedeel het, is ’n waarborg van vyf jaar PRYSE die begrippe “spoed” en “sedan” (’n se­ of 150 000 km (daar’s ook Cerato 1.6 h’rat EX R219 995 danmotor het vier deure en ’n bagasie­ ’n diensplan en padby­ Kia se ontwerpers bly kolskote skiet, soos die nuwe Cerato 1.6 outo EX R229 995 bak). Deesdae het die Corolla so ’n verve­ stand). Cerato bewys | FOTO: QP Cerato 2.0 h’rat EX R249 995 lige beeld onder stylbewuste, suksesvolle Die SX­variante, wat bo Cerato 2.0 outo EX R259 995 jonges dat die ou wat een ry, dit amper die EX’e inskuif, het ook elektroniese sta­ hy op ’n glibberige pad beheer oor die Cerato 2.0 h’rat SX R279 995 as ’n voorbehoedmiddel kan gebruik. biliteitsbeheer en ’n stuur wat vanself ef­ motor gaan verloor. Cerato 2.0 outo SX R289 995 Niemand gaan jou boontoe nooi vir Fran­ fens draai om die bestuurder te help as Die nuwe Cerato is ’n verfynde en aan­ Opsionele sondak (slegs vir 2.0) R6 000 se koffie met só ’n kar nie. Maar wat gebeur as jy ’n stywe dosis Gangnam­styl uit Suid­Korea in die sedan­deeg inroer? Nie so vervelig nie, nè? Ja, dis die nuwe juweel in Kia se kroon en sy naam is Cerato. Die vorige geslag­Cerato wat deur dié nuweling vervang word, was geensins lelik nie. Die nuweling is eg­ ter nie net met smaak ontwerp nie, maar stewiger en sportiewer as sy voorganger. Jy voel dit as jy ’n kronkel­ paadjie vat en ’n paar ligte tydren­ moves maak. Die kar voel rats, gehoor­ saam en gewillig. Soos in die Hyundai Elantra kan die bestuurder kies of hy ’n ligte of swaar stuurgevoel wil hê. Of iets tus­ senin. Die tweeliter­ enjin is bevredigend (ons het nie met die 1.6 gery nie), maar gaan niemand bang ry nie. As jy vuur­ werk wil hê moet jy wag vir die Cerato­ koepee, oftewel Koup, wat glo ’n turbo­aangejaagde petrolenjin sal hê. Ons glo Kia sal voor die versugting van hul aanhangers swig en dié enjin ook in ander Kia’s sit. ’n Beskaafde bin­ Vanaf Vanaf Vanaf neruim is niks nuut in dié Koreaanse ry­ goed nie. Die Cerato is nie snoep met sy standaardtoerusting nie en ouderge­ SsangYong bied jou dit alles en nog meer met die Rexton W, Korando en Actyon Sports. Verfrissende nuwe woonte is Bluetooth stilering en voorkoms, ‘n kragtige en brandstof-doeltreffende petrol of diesel enjin, asook uitstekende bou asook USB en iPho­ ne/iPod­koppeling kwaliteit en topklas kenmerke om jou stads- of buitelugleefstyl te pas. ingesluit. Elke Cera­ to het ses lugsakke, LED­dagryliggies, Om enige SsangYong te TOETSBESTUUR, SMS ‘RAPPORT’ aan 45135, of snelheidsbeheer, en SKAKEL 0861 SSANGYONG* of gaan na www.ssangyong.co.za of die tweeliters het al­ mal leerbekleedsel Besoek ‘n SsangYong Handelaar vir Spesiale aanbiedinge regoor die hele reeks. vir die sitplekke. Die outo’s en hand­ Sluit by ons aan op Facebook Sluit by ons aan op Twitter SsangYong-South-Africa SsangYong SA ratkaste het (elk) ses gange. Ons het die handrat­weerga­ we bestuur en dit was moeilik om die koppelaar geleidelik te laat los, waarvoor ons punte aftrek. Uitstaan­kenmerke

BELEEF DIE

RUIMTE

R379,995

R289,995

R269,995

SSA4533A

>>> Beleef die Veiligheid, Gemak, Ruimte en Avontuur.


4 InRat

16 Junie 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Subaru Forester 2.0 XT Lineartronic CVT

PadToets

Woelige vastrapper het ’n tier in sy tenk E

k is ’n blitsbuks­ en sportmotor­ meisie. Ek hou van ratse rygoed wat vinnig reageer en goed hanteer. Dit vat ’n spesiale spesie Es­joe­wie om my hart vinniger te laat klop – nie die gewone lomp en trae spul nie. Sover was die Porsche Cayenne GTS en Audi Q3 dus die enigste uitsonderings. Maar nou het die Subaru Forester XT, met ’n petrolenjin van ’n beskeie twee liter groot, sowaar ook daarin geslaag om my dopamienvlakke die hoogte in te laat skiet. Nes die Cayenne GTS. Wat maak ’n Forester besonders? Nes ander Subaru’s draf hy met ’n bokserenjin rond. ’n Voordeel van dié soort enjin (met plat pleks van regop si­ linders) is dat hy laag in die onderstel gemonteer kan word. Die Forester se swaartepunt is dus naby aan die grond, wat vir skitterende hantering, balans en bakbeheer sorg. Al staan sy bonkige lyf 220 mm bo die grond, kan jy hom deur ’n bergpas looi sonder om te voel hy gaan omkantel. Heerlik! Nog ’n Forester­pluspunt is sy heeltyd­ se aandrywing deur al vier wiele en ag­ terste vastrap­ewenaar wat vanself sluit as die voor­ of agterwiele begin tol. Hy’t ook onafhanklike vering met dubbele mikke agter, en Subaru se X­modus (elektronika wat hom makliker teen steil, ongelyke opdraandes laat klou). Hy’t nou wel nie ’n laestrek­ratkas nie, maar die Forester is gewis nie tot mak grondpaad­ jies beperk nie.

Ek is nie besonder vertroud met vier­ trek­ry nie, en het by Deon Joubert, ’n voormalige renkampioen en motorkenner, op sy plaas gaan kuier. Ons het die For­ rie behoorlik getoets. Deon het hom ver­ beel hy jaag ’n McLaren op Kyalami en het skoon vergeet van die morsige stuk grond onder ons. Hy’t soos ’n besetene op draaie afgestorm, die stuur geruk en pluk nes my chiropraktisyn my nek be­ werk, en selfs ’n paar noodstoppe uitge­ voer. Ek sê dankie vir die Forester se dina­ miese beheerstelsel (wat elektroniese sta­ biliteitsbeheer, noodremhulp en ABS­ remme insluit), anders was ek dalk nie vandag hier nie. Die Forrie se padhouvermoë is indruk­ wekkend! Sy veiligheidstelsels is slim ge­ noeg om ’n moontlike noodsituasie of be­ stuursfoute vanself reg te stel. Dit het nie vir een oomblik gevoel of die motor buite beheer was nie. Sou die motor gerol of teen ’n boom vasgejaag het, was daar ge­ lukkig die gemoedsrus van sewe lugsak­ ke, pedale wat terugtrek en ’n stuur wat in die geval van ’n botsing sal meegee. Dis hoekom die Amerikaanse verseke­ ringsinstituut vir hoofwegveiligheid (IIHS) onlangs bevind het die nuwe Fo­ rester is die veiligste ryding in sy klas as jy in ’n telefoon­ of lamppaal gaan vasry. En sy beskeie tweeliter­oondjie? Danksy hoë turbodruk sal hy ’n hele klomp groot enjins aan hul brandstof laat verstik. Die Forester bied die bestuurder

Teen R529 000 is die Forester nie in die gewone gesin se prysklas nie, maar as jy bereid is om sonder die turbo en ’n klompie luukshede klaar te kom, kan jy die ba­ sisvariant vir R329 000 koop. | FOTO: QUICKPIC ’n keuse van drie rymodusse: Die I­mo­ dus is vir die verstandige klomp wat pro­ beer om Subaru se idealistiese petrolver­ bruiksyfer van 8,8 liter/100 km te haal. Dit is ideaal vir spitsverkeer of vir diege­ ne met swak harte. In die Sport­modus versnel die Forrie heelwat vinniger en dit is ideaal vir alle­ daagse rywerk. Druk jy egter die Sport Sharp­knop, verander hy in ’n wilde­ wragtig: Sodra jy jou regtervoet op die versneller plant, skiet die Forester voren­ toe soos ’n jagluiperd wat sy prooi be­ storm. Sny ’n lyn Lineartronic is Subaru se naam vir sy palwisseltransmissie (CVT). Dié soort ou­ to’kas se eentonige geneul irriteer my ge­ woonlik grensloos. Ek was egter aange­ naam verras met hoe stil en doeltreffend so ’n ratkas met ’n kragtige turbo­enjin in die Forester saamwerk. Ratspane agter die stuur laat die bestuurder toe om self die kunsmatige “ratte” oor te skakel. Ander glanspunte is die outomatiese oop­ en toemaak van die bagasieklap, ’n trurat­kamera, sleutellose toegang en ­aansitter, ’n puik klankstelsel, outomatie­

se lugversorging en ­ruitveërs, leerbe­ kleedsel en ’n sondak. Die Forester XT reageer gewis vinniger as ander tweeliter­turbo’s wat ek al be­ stuur het. Hierdie sportiewe persoonlik­ heid, uitstekende padhouvermoë en ’n ruim, praktiese lyf maak hom so vol­ maak soos wat ’n ryding kan wees. – Corlette Heyns PRYS R529 000 ENJIN 2,0 F- viersilinderpetrol-bokserenjin, turbo-aangejaag RATKAS 8-gang-outo (CVT-tipe), vierwielaandrywing KRAG 177 kW @ 5 600 r/min en 350 Nm @ 2 400 – 3 600 r/min VERRIGTING 0-100 km/h in 7.5 sek en 210 km/h topsnelheid VERBRUIK 8,5 liter/100 km en 197 g CO2/km BRANDSTOFTENK 60 F BAGASIEBAK 488 F NAVERKOPE Drie jaar of 100 000 km-waarborg en drie jaar of 75 000 km-diensplan (padbystand ingesluit). Versien elke 15 000 km OORWEEG OOK BMW X3xDrive 28i Steptronic, Landrover Freelander 2 2.0 Si HSE AT

Toep!

Nuttige diesel­toep vir boere D

ie nuwe iPad­diesel­toepassing uit die Landbouweekblad­stal kan van groot nut vir boere wees om ’n dieselra­ bat van Jan Taks te kan eis. Dié dieselrabat beloop jaarliks meer as R1 miljard. Dit is ’n vergunning deur die SA Inkomstediens aan boere vir sekere werksaamhede om kos te produseer. Landbouweekblad het sy diesel­toep ont­ werp om boere in staat te stel om gerief­ lik rekord te hou van dieselgebruik op die plaas. Die toep is vir die Apple iPad

beskikbaar en kan van Landbou.com se hulpmiddel­kategorie afgelaai word*. Daarmee kan gebruikers op ’n maklike manier ál hul voertuie, soos bakkies en trekkers, elk afsonderlik op die toep aan­ teken en die dieselgebruik sodoende aan­ teken. Daarna kan die inligting verwerk en in die korrekte formaat vir die SAID aangebied word. Luidens ’n vroeëre verklaring deur die SAID het oudits wat onderneem is, ge­ toon dat boere dikwels nie voldoen aan

die riglyne en vereistes van die Doeane en Aksyns Wet (Wet 91 van 1964) nie. Dié wet vereis dat logboeke vir elke voer­ tuig wat “plaasdiesel” gebruik, bygehou moet word. Johan Pienaar van Agri SA bevestig dat die SAID voortaan streng administra­ tiewe voorwaardes gaan afdwing vir boekhouding vir dié besparing. En hier kan die Landbouweekblad­dieseltoep van groot waarde wees, sê ’n woordvoerder van die tydskrif. Daar word ook beoog

om die toep vir Android­toestelle te bou. Landbouweekblad werk nou saam met Agri SA en Graan SA om toekomstige bywerkings van die toep te laat inpas by die behoeftes van boere. Die bedrag vir die terugbetaling van diesel beloop tans R1,75 per liter op 80% van die toegelate dieselverbruik vir produksiedoeleindes in boerdery. – Korrespondent * Of maak die app­winkel op jou iPad oop en voer “landbou diesel” in die soek­kassie in.

Kom na Safari Centre vir al jou noodsaaklike aankope voor jou safari-vakansie dié winter!

Quality Assured

kis l) mo Am dekse e 0 (la R11

sus

pen

sie

ak

r

k Da

Ysk a gra s en ‘n tis sak

27GCDXV55/16-06-13/Inrat

BLOEMFONTEIN CENTURION DURBAN

051 430 7670 012 663 5572 031 566 5200

KAAPSTAD ** MEADOWDALE MENLYN

021 595 3910 011 454 5322 012 348 3253

PORT ELIZABETH PRETORIA-OOS VEREENIGING *

041 367 2265 012 809 4410 016 422 7155

UPINGTON * 054 331 2655 * Franchise-winkel ** Onafhanklike winkel

www.safaricentre.co.za 0861 SAF 4x4 / 0861 723 494


16 Junie 2013

InRat 5

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Ford Fiesta ST

Nuut

Nuut

Toyota Verso

Baie blyer oor dié karweier

Die wilde klein Fiesta in sy natuurlike habitat – die renbaan | FOTO: QUICKPIC

Ford maak vuur onder die blitsbuksies N

á ’n lang stilte het Ford weer ’n warm Fiesta op ons paaie losge­ laat om oorlog met die VW Polo GTI te voer. Die twee sal vuisslaan totdat die nuwe Peugeot 208 GTI en Renault Clio RS ook tot die stryd toetree. Ons het laasgenoemde twee nog nie bestuur nie (hulle sit eersdaags voet aan wal), maar kon die Fiesta ST onlangs op sy bekendstelling laat bande kook. Met die eerste oogopslag lyk die Fiesta ST nie veel anders as sy minde­ re stalmaats nie. Daar is unieke buf­ fers, en hy hurk bietjie nader aan die pad danksy spesiale vering. Treffende 17 duim­allooiwiele rond die prentjie af, en is die fokuspunt van die ST se sportiewe stilering. Die algehele prent­ jie is doelgerig en treffend, deels omdat die gewone Fiesta steeds een van die aantreklikste motors in sy klas is. Die­ selfde geld die binneruim: daar is min afwykings van die standaard­Fiesta, maar die aluminiumpedale, leerbeklede stuurwiel en Recaro­sportsitplekke is leidrade dat dié variant spesiaal is. Die bestuurservaring is egter ’n heel­ temal ander storie. En dis ’n storie oor woema, want onder die kap sit ’n 1,6 liter­turbo­enjin en bruis. Syfers van 132 kW en 240 Nm is niks om oor skaam te wees nie, maar die kersie op die enjin­koek is die sogenaamde over­ boost­funksie wat enige tyd vir tot 20 sekondes beskikbaar is. Dit stoot maksimum wringkrag op na 290 Nm, en volgens ons berekeninge beteken dit dat maksimum­krag styg na omtrent 145 kW. Gevolglik verander die Fiesta ST in ’n formidabele naelloper wat met ’n 0­100 km/h­lopie in 6.9 sekondes af­

reken en ’n topspoed van 220 km/h haal. Hierdie syfers weerspieël egter steeds nie die entoesiasme waarmee die ST homself na die horison slinger nie. Daar is onder alle omstandighede moeitelose krag beskikbaar. Alles gaan egter nie oor spoed en versnelling nie, want die ST spog met verbeterde remme, en die sport­sus­ pensie is opgestel om maksimum be­ stuurplesier te verseker. Die ritgehalte is effe stram, maar die Recaro’s sorg dat die insittendes nie verontrief word nie. Die hoogtepunt is egter die manier waarop die klein ST met draaie afre­ ken. Padhouvermoë is verbete, reaksie op stuurinsette is oombliklik en be­ heerbaarheid is eersteklas – selfs wan­ neer die greeplimiete lank reeds verby­ gesteek is. Dit is deels danksy Ford se Enhanced Torque Vectoring ­ewenaar­ beheer wat wieltol beperk. Die resul­ taat is ’n motortjie wat presies gaan waarheen hy gestuur word, met mini­ mum moeite, maar met maksimum be­ vrediging vir die bestuurder. Die lys positiewe eienskappe groei verder wanneer ’n mens die prys sien: R254 500 is rofweg R25 000 minder as die Polo GTI, maar sluit Xenon­hoof­ ligte, Ford SYNC Multimedia, en ’n vier jaar of 60 000 km diensplan in – alles opsioneel ekstra vir die Polo. Of die Polo se DSG­ outo’ratkas ’n voor­ deel bied in hierdie soort motor is ’n ope vraag, maar die feit bly staan dat die Fiesta ST uitstekende waarde bied. Met sy buitengewone bestuurplesier en eersteklas verrigting, kan die ST dalk net die verrigtingswinskoop van die jaar wees. – Martin Pretorius

Net ’n snytjie hier en ’n inspuiting daar en die Verso word ’n sexy bussie | FOTO: QP

T

oyota het sy gewilde Verso­snoet­ bussie onlangs op ’n skalpel­safari gestuur. Die opmerklikste verande­ ring is ’n nuwe snoet wat nou so skerp soos die nuwe RAV4 en Auris s’n lyk: beslis meer kwaai as saai. Nuwe LED­dagryliggies helder die Ver­ so se knorrige gevreetjie op sodat jou jongste darem nie ten aanskoue daarvan aan die skree sal gaan nie. Die kajuit se gehalte is aansienlik ver­ beter. Die plastiekpanele voel sag onder jou vingers en die beligting binne is nou ’n vriendelike oranje kleur. Die rathef­ boom se hoë plasing voel natuurlik en die ratskuiwe lekker kort en glad. ’n Hoë bestuursposisie en breë uitsig deur die voorruit laat jou voel jy’s eerder in ’n luukse veldryer as ’n menskarweiertjie. Om die sitplek­konfigurasies te veran­ der, was nie so maklik soos ek verwag het nie, maar ek het laerugprobleme daarvoor te blameer. Daar is wél ’n mag­ dom verskillende maniere om hulle te rangskik. Die tweede ry het baie uitstrek­plek vir die grootmense, maar die derde ry (twee sitplekkies) is taamlik beknop en eintlik net vir die kortvolk bedoel. Met die agter­agterbankers se stoele wegge­ vou, is die bagasiebak ’n spelonk van 440 liter. Daar is nog bêreplekkies onder die mat van die bagasiebak. Op die langpad hanteer die Verso meer soos ’n vaartbelynde luikrug as ’n lomp mensedraer. Die elektriese krag­ stuur is opgeskerp omdat gefrustreerde renjaer­pappas dalk gekla het oor ’n dooie stuurgevoel. Dis stil in die kajuit en teen 120 km/h meng pad­ of windge­ raas nie in met Tannie Carike se Kinder­ land 4 nie. Die Verso wieg ook nie deur die draaie nie – goeie nuus vir ouers met

kinders wat karsiek raak. Op die bekendstelling het albei Verso’s (wat beskikbaar was) se enjins geskitter. Die 1,8 liter­petrol en 2 liter­turbodiesel loop stil, reageer vinnig en raak nie som­ mer uitasem teen die steiltes uit nie. Toerustinggewys het alle Verso’s nou stabiliteitsbeheer en sewe lugsakke, be­ halwe die intreevlak S­variant wat vyf het. Die S­weergawes het wél misligte agter en voor en verhitbare kantspieëls met geïntegreerde rigtingwysers. Daarby het die SX onder meer tweekleur­allooi­ wiele, snelheidsbeheer, ’n raakskerm vir foonoproepe en so meer, en ’n truratka­ mera. Die TX bou verder hierop met ge­ deeltelike leersitplekke, buitenste chroomaksente, ’n sleutellose aansitter, dubbelarea­lugversorging en ’n Sensor Pack. (Dit bestaan uit outo­ruitveërs en ­hooflige sowel as ’n truspieël wat snags vanself verdof en sonskerms vir die ag­ terste kantvensters.) ’n Verkoelbare, dub­ bele paneelkissie is in elke Verso te kry. Hoewel die meeste gesinne deesdae sportnutse verkies – wat byna nooit ’n grondpad sien nie – behoort die Verso se mooi nuwe gesig, veelsydigheid, goeie hantering en hope pakplek ’n klomp ver­ standige kopers van die stads­4x4­bende af oor te wen. ’n Drie jaar of 100 000 km­waarborg en ’n vyf jaar of 90 000 km­diensplan is by die prys ingesluit, asook ToyotaCare­ padbystand vir drie jaar of 100 000 km. – Ané Theron PRYSE Verso 1.6 S sesgang-handrat – R261 900 Verso 1.6 SX sesgang-handrat – R284 300 Verso 1.8 TX sesgang-handrat – R314 200 Verso 1.8 TX CVT-outo – R326 100 Verso 2.0D TX sesgang-handrat – R329 900


6 InRat

16 Junie 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

I

nfiniti, Nissan se weelde­handelsmerk, is nog ’n onbekende entiteit in Suid­ Afrika – in só ’n mate dat menige sy kenteken met dié van Chinese vervaardi­ gers verwar. Die handelsmerk, wat aanvanklik in die VSA en Japan bekend gestel is, stel egter nou sy produkte in sleutelmarkte wêreldwyd bekend – ’n toonbeeld hier­ van is Infiniti se borgskap van die Red Bull F1­span. Infiniti het aanvanklik klem geplaas op sy EX en FX weelde­sportnutsrygoed, maar onlangs is ’n blinkswart petrolge­ drewe weergawe van sy M­model aan In­ Rat beskikbaar gestel. Die M37 S Premium ding in ’n mark mee waarin die oorheersing van die Duit­ se Drie onbeperk is. En hoewel plaaslik nuut, is die M al geruime tyd oorsee te koop (dit behoort voor einde vanjaar ver­ vang te word deur die nuwe Q50). Gesien teen dié agtergrond het die M ’n byna onmoontlike taak om homself, óf die handelsmerk, hier te vestig. Maar, in die paar dae wat ek met die M37 deurge­ bring het, het hy onder my vel ingekruip. Nie heeltemal nie, maar darem . . . Die M se ontwerp – geïnspireer deur branders in die see – is ’n mengelmoes van half sinlose kartels en kurwes. Die geheel is imposant, maar ook visueel lomp en swaar, en die besliste sierroos­ terlyne skakel beswaarlik in by die geboë afwerking van die res van die bakwerk. Tog verleen die groot 20 duim­wiele en laaghurkende silhoeët van die M in S Premium­gewaad ’n sportiewe aura aan die weeldesedan, asook ’n stewige pad­ teenwoordigheid. Die ontwerplyne binne het ook onvoor­ spelbare kurwes. Die deurpanele en in­ strumentpaneel se kartelvorme eggo sy buite­aansig en die res sou nie uit plek lyk in die kajuit van ’n privaat straler nie. Die besige uitleg is aanvanklik ver­ warrend, maar ’n mens raak gewoond aan die werking van die verskillende funksievlakke rondom ’n volkleur­raak­ skerm gegroepeer. Sy toerustingvlak is hemelhoog en, in teenstelling met meeste van sy Duitse mededingers, is toerusting soos outoma­ tiese lugversorging wat die lugtoevoer suiwer en ioniseer, sleutellose aanskakel­ en toegangsbeheer, ’n 2GB­hardeskyf­

PadToets

Infiniti M37 S Premium

Eksklusiewe sportweelde . . . teen ’n prys

’n Winskoop gemeet teen die Duitse Driemanskap, maar sy opvolger gaan ’n groter winskoop wees | FOTO: NP klankstelsel met 16 Bose­luidsprekers (die klankgehalte is iets om te beleef!), elek­ tries beheerde sitplekke voor, parkeersen­ sors voor en agter gekoppel aan ’n tru­ kamera, asook ’n elektriese sondak alles standaard toerusting. Sy imponerende en gerusstellende vei­ ligheidspakket sluit in ses lugsakke, sta­ biliteitsbeheer, blindekol­waarskuwing en ­intervensie, intelligente togbeheer met volgafstand­hulp, baanverlaat­ en bot­ singswaarskustelsels. En dis nodig, want as jy die M se 3,7 liter­V6 ordentlik in Sport­modus kielie, stu hy die relatiewe swaar sedan in net oor 6 sek. verby 100 km/h en gerieflik tot sy 250 km/ h­snelperk. Die 235 kW­enjin, afkomstig van die Nissan 370Z­sportmotor, is ’n ju­ weel, maar hy wil goed opgewen word voordat hy sy beste lewer – sy kragpiek is immers 7 000 r/min. Die M37 se sewegang­outo’kas kan in vol outomatiese of met twee groot spane langs die stuurwiel beheer word en,

vreemd genoeg, is ratwisselings die glad­ ste in outo­modus met Sport­verstelling. Daar is ook normale, eko­ en sneeu­ verstellings, en in eko­modus is ratwisse­ lings langsaam en sit die versnellerpedaal hom fisiek teë as jy te rof met hom te werk gaan. ’n Vreemde sensasie! Met sy groot 20­duimers en vierwiel­ stuurstelsel (die agterwiele kan een graad draai) voel die M37 S stewig geplant in die draaie en selfs met plat 40­profiel­ bande is sy rygerief en ritgehalte van die beste in sy klas. Maar hoewel sekuur, is sy stuurgevoel vaag – in só ’n mate dat dit afbreuk doen aan die bestuursgenot, want jy voel onbetrokke en nooit werklik deel van die padpret nie. In geheel beskou doen die Infiniti om­ trent alles reg: Hy’s weelderig en vinnig genoeg om by die Duitsers te kan kers vashou. Hy’s ook eksklusief, wat hom vir sekere kopers aantreklik sal maak. Maar selfs met ’n volhuis toerusting is sy prys (R730 305) hoog teenoor wat die

Nissan Murano

Seiljag vir die landrotte T

oe die eerste Murano byna ’n dekade gelede sy verskyning gemaak het, het ek en my man in Saoedi­Arabië gewoon. Ons het grappenderwys na hulle as woestyngoggas verwys, omrede hulle so onaantreklik was en ’n topverkoper on­ der die plaaslike inwoners. Op Donder­ dagmiddae – hul Sondagmiddag­ekwiva­ lent – het die Murano’s in die duine rondgejaag dat jy net kopdoeke, sandale en sand sien spat. Intussen het die tweedegeslag­Murano opgeduik en sy buite­ontwerp is myns insiens heelwat verbeter sodat hy nou spiekeries lyk. Die sierrooster lyk nie meer of dit uit 1990’s­Amerika ontsnap het nie en die agterligte trek op ’n Infini­ ti – Nissan se weelde­handelsmerk. Die binneruim is weelderig en bied heelwat luukse toebehore, wat by die prys ingesluit is. Die puik navigasie­ en klankstelsel is omtrent identies aan die kleiner, peperduur Infiniti EX 37 GT (R626 000) s’n waaroor InRat reeds ver­ slag gedoen het. ’n Mens kan dit direk op die raakskerm of met ’n draaiknop verstel, en ’n graad in kernfisika word nie vereis nie. Die klankstelsel se 9,3 GB “Music Box” sorg dat jy musiek van jou bestaande CD’s blitsvinnig kan ‘opneem’ en stoor.

Hy’t dalk nie BMW se snobwaarde nie, maar alle luukshede en veiligheidstoerusting is by die koopprys ingesluit en met sy gehalte skort niks | FOTO: ANÉ THERON Die 3,5 liter­V6­petrolenjin se diep, mu­ sikale brom is so mooi dat dit amper hartseer is dat sy klank so gedemp is in die binneruim. Die Murano is uitstekend geïnsuleer teen pad­ en windgeraas. Selfs al trap jy hom tot by 150 km/h maak dit bykans geen verskil aan die suiwer klank wat uit die 11 Bose luidsprekers (stan­ daardtoerusting) kom nie.

Die Murano se seepgladde outo’kas is van die palwissel­soort (CVT) en die aan­ spraak dat dié soort transmissie brand­ stofdoeltreffendheid bevorder, is vir eens waar. Ons verbruiksyfer was ongeveer 10,5 liter/100 km (9,5 km/liter) vir ’n 50­ 50­kombinasie van dorp en langpad. Die Murano se hantering is effens min­ der indrukwekkend. Ek het al menige

Q50 waarskynlik gaan kos. En laastens laat sy onbetrokke, verwyderde bestuurs­ ervaring jou verwagtinge van ’n goeie weelde­sportsedan half onvervuld. – Ferdi de Vos PRYS R730 305 ENJIN 3,7 liter V6 RATKAS 7-gang-outo’kas, agterwielaandrywing KRAG 235 kW @ 7 000 r/min. en 360 Nm @ 5 200 r/min. VERRIGTING 0-100 km/h in 6.2 sek. en 250 km/h topsnelheid (beperk) VERBRUIK 10,2 F/100 km en 235 g CO2/km BRANDSTOFTENK 80 F BAGASIEBAK 500 F NAVERKOPE Drie jaar of 100 000 km waarborg, vyf jaar of 100 000 km instandhoudingsplan, drie jaar of 100 000 km padbystand. Versien elke 15 000 km OORWEEG OOK Mercedes-Benz E300 outo, Lexus GS350 EX, BMW 535i outo, Audi A6 3.0T FSI Quattro S-tronic

KitsToets sportnuts soos die Nissan X­Trail en Infi­ niti EX op die kronkels van die Akkedis­ bergpas tussen Stanford en Napier be­ stuur, wat gevoel het asof hul wiele beter vastrap. Die Murano se stuur voel so as­ of dit ’n seiljag oor die water stuur. Ge­ lukkig is daar gesofistikeerde stabiliteits­ beheer as vangnet. Een van die Murano se sterkste punte is die goeie hoeveelheid ruimte wat die agterbankers het. Met albei my kleuters in hul karstoele, kan ’n lang of breë ou­ ma of oupa met gemak tussenin pas. Jy sal selfs ’n derde karstoel daar kan inkry as Mamma dalk vroeër ’n pilletjie oorge­ slaan het, wat beteken dat ’n sewesitplek­ gesinswa nie op die kaarte hoef te wees nie. Daar was net ’n tekort aan bêreplek­ kies in die kajuit, veral vir bottels. Daar kan Nissan gerus iets by die Franse mo­ torvervaardigers leer. As jy lief is vir langpad ry, ’n groeien­ de gesinnetjie en ’n fris salarispakket het en van die fyner dinge in die (buite)lewe hou, moet jy die Murano oorweeg. – Ané Theron PRYS R588 900 ENJIN 3,5 liter- V6 petrol, 191 kW en 336 Nm RATKAS Sesgang- outomatiese palwisseltransmissie, vierwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 8.0 sek. en 210 km/h topsnelheid; 10,9 liter/100 km OORWEEG OOK Jeep Grand Cherokee 3.6 V6 LTD, Audi Q5 3.0T FSI SE quattro, BMW X3 xDrive28i Steptronic


16 Junie 2013

InRat 7

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

BMW R 1200 GS

Tradisie se voet! M

oenie krap waar dit nie jeuk nie, sê die spreekwoord. BMW Mo­ torrad, BMW se motorfietsafde­ ling, het hom min hieraan gesteur en omtrent oral gaan krap aan sy topverko­ per, die R 1200 GS. Die resultaat is ’n splinternuwe weergawe wat onlangs aan die plaaslike media onthul is. Ou BMW­manne het hulself amper oranje geskrik toe hulle hoor BMW het aan die koeëlvaste bokser­enjin loop kar­ ring. Die 1 170 cc tweesilinder­enjin is nou deels waterverkoel en nie slegs olie­ en lugverkoel, soos wat dit die afgelope 30 jaar was nie. Die twee klein waterver­ koelers wat netjies deur die plastiekpane­ le aan die voorkant van die fiets versteek word, hou saam maar net 1,2 liter water. Die water word deur sekere dele van die enjin gelei wat die warmste word. Dit word presisie­verkoeling genoem. Eienaars van die vorige 1 200 GS­model gaan wel skrik as hulle die nuweling se versneller oopdraai. Hoewel 92 kW en 125 Nm nou nie na ’n ruimtelike verskui­ wing lyk teenoor die vorige 81 kW en 120 Nm nie, voel hy soos ’n vuurpyl teen­ oor die “ou” 1 200 GS. Daar is alomteen­ woordige krag. Maak nie saak in watter rat en teen watter snelheid nie; as jy die oor draai, skiet daardie motorfiets voren­ toe. Van 120 km/h tot 200 km/h in ’n oogknip. Die wringkrag is verstommend en Vrystaatse boere gaan ploeë en plan­ ters agter aan wil haak. Waar die kraglewering op die vorige model baie beskaafd was, is dit nou soos ’n klein ontploffing. Die nuwe ride­by­ wire­versneller is een van die redes hier­ voor. Dit beteken ’n sensor in die ver­ sneller stuur inligting elektronies na die enjin se beheerstelsel wat dan die kleppe elektronies verstel. Verder bied dit die ou agter die stuur vyf verskillende ry­modusse wat bepaal hoe skerp die kraglewering is en wan­ neer en hoe die ABS en stabiliteitsbeheer (ASC) inskop en hoe die veerstelsel hom

Klein diesel is ’n randrekker I

n die vorige berig oor Citroën se DS3 diesel, wat ses maande lank by InRat inwoon, was ons vol hoop dat ons 900 km uit sy eerste tenk diesel sou kon tap. Op net onder 848 km was ons egter bekommerd dat ons dalk op pad Kaap toe sonder brandstof sou gaan staan, ná ’n besoek aan Stikland. Ons draai toe in by ’n Engen­vulstasie in Tygervallei en vra die joggie om met 50 dpm­diesel vol te maak, met die pomp op outomaties. Toe die pomp met ’n hik en ’n klik op­ hou om sy duur inhoud in die DS3 se slukderm af te gooi, wys die teller 43,37 liter. Volgens my berekening het ons dus 848 km gery met 43 liter diesel. Dit kom neer op ’n verbruiksyfer van 5,1 liter/100 km of amper 20 km/liter, meeste in die stad gery. Wat beteken elke kilometer het 61c gekos, met slytasie, ver­ sekering en paaiemente uitgesluit. So wat dink jy daarvan, meneer FJ Cruiser? En jy, mevrou Discovery V8? As ’n medisyne teen die brandstofpyne stof die Citroëntjie julle lelik uit. Maar min motors is perfek en die DS3 diesel is geen Porsche Boxster nie. Eintlik is daar net een klippie in die spreekwoordelike skoen en dis die vering. Ja, die rit op die 205/45/R17 Bridgestone Potenza­bande is voorspelbaar hard,

Formule Een

Vettel onkeerbaar in kampioenskap én Kanada

S

Dis die ou vriend wat jy beter as jou broer ken. Maar hy’s nou soveel beter FOTO: WILLEM VAN DER BERG gedra. In Rain­modus is die kraglewering baie rustiger en al die elektroniese hulp­ middels ten volle tot jou beskikking. Die ander kant van die skaal is Enduro Pro­ modus. Hier is die kraglewering aggres­ sief, die ABS slegs voor op aandag, die stabiliteitsbeheer laat ’n mate van wielgly toe en die suspensie is stywer. Die verskillende modusse is maklik om te kies en verstellings kan in die ry plaasvind. Selfs die ABS kan nou in die ry afgesit word. En wanneer die fiets af­ gesit en weer aangesit word, is al jou verstellings nog op hul plek soos jy dit laaste gestel het. Twee hande vol ander klein verstel­ lings is gemaak: Die dryfas is effens lan­ ger en sit nou aan die linkerkant, die uit­ laatpyp sit regs en klink heeltemal an­ ders, die vering en remme is voor en agter verbeter, die koppelaar werk nou

met olie en sal nie die agterwiel laat spring wanneer jy ’n rat of twee laer haak nie. Daar is ook splinternuwe voor­ ligte, die sitplek is nouer, die voetruste effe laer en die pens bietjie hoër. Ja, die oue en die nuwe verskil soos dag en nag. Jy hoef dus nie verder te wonder en jou vrou te vra nie: jy kan jou ou 1 200 laat vaar en die nuwe bul gaan uitsleep. Sy sal ook daarvan hou, want tot die passasiersitplek is beter. ; Prys: R140 800 (ABS­remme inge­ sluit). Om die verskillende ry­opsies, sta­ biliteitsbeheer, elektroniese vering en LED­ligte te kry, kan jy kies uit verskeie pakkette. Die Toerpakket kos R14 100, die Dinamiese pakket R19 995, en die Aktie­ we pakket R8 850. Die waarborg geld twee jaar, ongeag die kilometers. Versien elke 10 000 km. – Willem van der Berg

Citroën DS3 e­HDi 90 Style

OnsRyding

“Ek weet nie hoe­ kom kla mense oor die brand­ stofprys nie,” sê Koos. “Ek gooi nog altyd net R100 in.” FOTO: JUSTUS VISAGIE maar dis nie ’n doodsonde nie. Die lastig­ heid is dat die vering uitgevang word op paaie met ’n opeenhoping van riffels of hobbeltjies. Dan voel die agteras of dit die cha­cha wil doen. Soms gebeur dit selfs (in ’n draai) oor ’n enkele, effens verhewe stukkie teer wat dwarsoor die pad loop. Byvoorbeeld waar ’n nuwe pyp onder ’n teerpad gelê is. Op ’n pad met ’n mooi gelyke oppervlak kan jy die klein DS egter met minagting deur die draaie smyt en hy byt aan die pad vas soos ’n staffie aan ’n ou band. Wat beteken dit vir die deursnee­ko­ per? Wel, moet eerstens nie groot “mêgs” met laeprofielbande (45 of minder) op jou DS3, Polo of Citi Golf – of wat jy ook al ry – sit nie. Dit gee ’n harde rit en word maklik beskadig. As jy op ’n spieëlgladde renbaan gaan speel, is dit ’n ander saak. Tweedens is daar ’n moontlikheid dat ’n motor soos hierdie DS3 e­HDi 90 se rondtrippel op swak stukke pad jou nie

gaan pla nie. Maar as jy ’n bestuur­gees­ driftige is, behoort jy eers die hele DS3­ reeks te bestuur (met verskillende band­ groottes) voordat jy jou handtekening neerpen. En as jy in die Oos­Kaap met sy vrot paaie woon, koop liewer ’n Suzu­ ki Jimny of ’n Hilux­bakkie. – Justus Visagie PRYS NUUT R251 900 ENJIN 1 560 cc-viersilinder-turbodiesel RATKAS Vyfgang-handrat, voorwielaandrywing KRAG 68 kW @ 4 000 r/min en 230 Nm @ 1 750 r/min NAVERKOPE Drie jaar of 100 000 km-waarborg, vier jaar of 60 000 km-diensplan VERRIGTING 0-100 km/h in 11.3 sek. en 182 km/h; 98 g CO2/km VERBRUIK 3,7 liter/100 km (27 km/liter in die ou taal) – Citroën se syfer BRANDSTOFTENK 46 liter ONS VERBRUIK 5,1 liter AFSTAND AFGELÊ 1 055 km

ebastian Vettel het hom met ’n dominante oorwinning in Kana­ da en ’n gedwonge tweede plek in Monaco weer in ’n stewige voorlo­ perposisie in vanjaar se Formule Een­reeks geplaas. Met hierdie ver­ tonings is die jong Duitser nou goed geplaas om sy vierde opeenvolgende wêreldkampioenskap te verower, veral as in ag geneem word dat hy nou puntegewys ’n hele Grand Prix­ sege én ’n vyfde plek voor sy naaste teenstander is. Vettel se oorheersing op die vin­ nige Gilles Villeneuve­renbaan het gewys hy en die Red Bull­span gaan moeilik gestuit word, maar sy ren was g’n foutloos nie – hy het nouliks ontkom van ’n onderonsie met ’n Kanadese muur, en tyd ver­ loor met ’n ongevraagde besoek van die baan af. Tog het hy vroeg in die ren sy kans goed gebruik om die gaping tussen hom en Lewis Hamilton (Mercedes­Benz) te vergroot, terwyl sy titelmededingers soos Nico Ros­ berg (Mercedes­Benz), spanmaat Mark Webber, Fernando Alonso (Ferrari) en Kimi Räikkönen (Lotus) tyd verloor het agter die Williams van Valtteri Bottas, nadat laasge­ noemde in reëntoestande in die der­ de plek gekwalifiseer het. Alonso, wat in die sesde plek weggespring het, het briljant gejaag om deur die loop van die ren by Rosberg, Webber, en ses rondtes voor die einde, by Hamilton verby te kom, om sodoende sy tweede plek te verseker – 14 sekondes agter Vettel. Die Spanjaard en Britse Merce­ des­jaer is gevolg deur Webber, Rosberg, Jean­Eric Vergne (Torro Rosso) en Paul di Resta (Force In­ dia). Felipe Massa (Ferrari), wat in die kwalifiseringsrondtes weer ge­ bots het (sy derde in twee renne), het gewys wat in hom steek deur van die sestiende wegspringplek tot agtste op te skuif. Vir Räikkönen en Lotus was dit ’n moeilike ren. Die Fin se eenstop­ strategie het nie uitgewerk nie, en hy kon net negende klaarmaak na­ dat hy tiende weggespring het. Dit beteken ook hy is nou agt punte ag­ ter Alonso in die kampioenskap. Die Grand Prix is egter oorheers met die nuus dat ’n baanbeampte gesterf het terwyl hy gehelp het om die stukkende Sauber van Esteban Gutierrez te herwin. Die jaers het hul medelye met die familie en vriende van die beampte betoon. In Monaco het Rosberg, wat ge­ sukkel het in Kanada, foutloos ge­ jaag. Die Fin het sy eerste weg­ springplek goed gebruik om die druk van die Red Bull­paar Vettel en Webber te verwerk in ’n ren ge­ kenmerk deur botsings wat selfs tot ’n rooi vlag gelei het. Die gedrag van Sergio Perez (McLaren) in dié ren moet bevraag­ teken word, want by tye was hy ooraggressief, en eindelik het dit ge­ lei tot ’n botsing met Räikkönen, wat tot albei se onttrekking gelei het. Hamilton was eindelik vierde, gevolg deur Adrian Sutil (Force In­ dia), Jenson Button (McLaren) en Alonso. Die volgende ren is die Britse Grand Prix op Silverstone wat oor twee weke plaasvind. – Ferdi de Vos



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.