Die Albertyner 28/03/2014

Page 1

VOLUME 2 : UITGAWE 1 28 MAART 2014 ONDERSTEUN ASB ONS BORGE-HULLE MAAK DIE KOERANT N WERKLIKHEID

Die kwartaal DEMI JONCK - WAT ‘N STER 3 Dogters in die OP O/12 tennisspan. Santé Venter neem deel

aan die Spar riviermyl. 2014 Kleure byeenkoms. Graad 1's se eerste dag in Albertyn. Karakter transformasie in Albertyn. O/9 en O/10 Netbalkliniek. Bulletjie braai by die Anibrand fees. Graad R uitstappies.

Atletiek Demi is gekies vir die Nelson Mandela Metropool span om in Umtata te gaan deelneem in hoogspring en spiesgooi. Sy behaal ʼngoue medalje in hoogspring met ʼnhoogte van 1.40m en ʼnbrons medalje in spiesgooi met ʼn afstand van 21.20m. Sy word gekies vir die Oos-Kaap span wat in die Paarl in die Weskaap aan die S.A. byeenkoms vir laerskole gaan deelneem. Tennis Demi is ook as lid van die O.P O/12 Tennis span gekies. Hulle gaan in die April vakansie aan die Synergycup-kompitisie in Kaapstad deelneem waar hulle teen Boland en W.P sal meeding. Netbal Demi is ook gekies vir die plattelandse span wat aan die finale proewe vir die OP-span gaan deelneem.

2014 Leerlingraadskamp. 2014 Valentyn-Sokkie.

Recognition is the best inspiration

-Maslow, philosopher


Bladsy 2

28 MAART 2014

Demi Jonck, Keileigh Gouws en Logan Heyns is al drie as lede van die OP O/12 tennisspan gekies. Hulle gaan al drie aan die Synergycup-kompetisie in die Kaap deelneem waar hulle teen Boland en W.P sal meeding. Hulle is ook al die lede van die Albertyn dogters 1ste tennisspan.

SantĂŠ Venter het op Sondag, 15 Februarie 2014 deelgeneem aan die Spar Riviermyl. Daar het SantĂŠ 'n 9de plek behaal in die dogters O/12 afdeling.


28 MAART 2014

Bladsy 3


Bladsy 4

28 MAART 2014

Laerskool Albertyn kleure byeenkoms 2014

BLOU WAS ONS WENSPAN!


28 MAART 2014

Rekords verbeter in velditems: -D 12 jaar – Spiesgooi – Santé Venter -D 12 jaar – Skyfwerp - Demi Jonck -S 12 jaar – Spiesgooi – Ryno Potgieter -S 12 jaar – Skyfwerp – Jayden Schultz -D 13 jaar – Spiesgooi – Bernadine Bronkhorst -S 13 jaar – Spiesgooi – Lee Reynolds -S 13 jaar – Skyfwerp – Arno Coetzee

Uitstaande prestasie hierdie seisoen (2014) Drenico Kilian: Vir die Nelson Mandela Metropool span gekies om in Umtata te gaan gewigstoot. Demi Jonck: Gekies vir die Nelson Mandela Metropool span om in Umtata te gaan deelneem in spiesgooi en hoogspring. Sy behaal ʼn goue medalje in hoogspring en ʼn brons medalje in spiesgooi. Sy gaan neem ook deel in die Paarl in die Wes-Kaap aan die S.A. byeenkoms vir laerskole.

Bladsy 5


Bladsy 6

28 MAART 2014

Ons eerste dag in Albertyn


28 MAART 2014

Bladsy 7


Bladsy 8

28 MAART 2014

Karakter transformasie by Albertyn “Om die jeug van ons land groot te maak en op te voed, is die verantwoordelikheid van ELKE volwassene. Dis waarom ons opvoeders al die hulp nodig het wat hulle moontlik kan kry. Karakter Transformasie is 'n program wat nie net die individu inspireer tot 'n beter lewe nie; om beter besluite te maak en hulleself en hulle reputasie te beskerm met waardes en etiek nie; dis verder 'n hulpmiddel en eenvoudige metode waarmee waardes en karakter aan almal en enige iemand oorgedra kan word, veral ons kinders.” Karakter Transformasie het gekom om te bly, want dit het nie net 'n groot verskil in Laerskool Albertyn gemaak nie, dit het ons skool omgedop. Dit was 'n voorreg om die kursus te doen en die karakter transformasie met 'n positiewe gesindheid en passie oor te dra. Ons eerste pilaar, nl. respek, was sekerlik die beste karakter-eienskap om mee te begin. Respek kan nie afgedwing word nie - dit word verdien. Die gebruik van die handjie waarmee respek geassosieer word, het so 'n groot impak op die leerders gehad. As die onderwyseres in die klas inkom, steek die leerders hul hand op en toon daarmee respek aan die onderwyseres. Môre-sê was die volgende: “Ek respekteer myself (hou oop hand teen eie bors), ek respekteer my maats (wys met oop 'waai hand' na die res van die klasmaats) en ek respekteer my juffrou (wys hand na juffrou).” Daarna hou ek (die opvoeder) my 'respekhand' na die kinders en hulle sê: “Juffrou respekteer my”. Vir my as opvoeder is dit verskriklik belangrik dat elke kind moet weet dat hy of sy uniek is, en dat Juffrou hom of haar respekteer. Dit is nooit nodig om te 'vra' vir stilte nie. Sodra juffrou haar hand ophou, begin die een leerder na die ander dieselfde doen, en almal raak stil. Een oggend, terwyl ons bid, steek een van my leerders sy hand op ('respekhand') waarna hy sê: “Ek steek my hand op, want ek respekteer Jesus.” Met die Graad 3's het dit wonderlik gewerk dat die leerders daaraan moet werk om hul balkie te verdien. Betroubaarheid en al die ander balkies wat daarop gevolg het, was 'n groot aanmoediging om die waardes uit te leef. Die leerders was so trots daarop en dis baie interessant dat die leerders die balkies in die spesifieke volgorde dra waarop die verskillende pilare behandel word. Tydens omgee-maand het die leerders in my klas name uit 'n mandjie getrek. Gedurende dié tydperk het hulle hul geheime maat bederf met kaartjies, briefies en klein geskenkies. Groot was die verrassing aan die einde van die maand om te sien wie sy of haar omgeemaatjie was. Ons spesiale hoekie in die klas is deur die leerders self verfraai met die kleur van die betrokke pilaar wat spesiale aandag geniet het. Elke leerder het 'n naamkaartjie wat op die klas se deur aangebring is. Sodra die leerders een van die balkies ontvang het, is dieselfde kleur kolletjie op sy spogkaartjie aangebring. Al die leerders het met groot trots aan die einde van die jaar 'n pragtige sertifikaat ontvang omdat hulle so mooi daarna gestrewe het om aan al die karaktereienskappe te werk. Ons gebed is dat die waardes en karakter wat by die kinders gekweek word, werklik 'n groot transformasie in hul lewe teweeg sal bring. “Opvoeders… jy het 'n kind vir 'n jaar, maar daardie kind het jou vir die res van jou lewe!” M. Steenkamp


28 MAART 2014

Bladsy 9

Burgerskap Respek

Omgee

Verantwoordelikheid

Betroubaarheid Regverdigheid


Bladsy 10

28 MAART 2014

O/9 en O/10 Netbalkliniek gehou by Albertyn Laerskool Albertyn se 0 / 9 e n 0 / 1 0 netbalspanne het op 15 Februarie 2014 'n heerlike Netbalkliniek gehad. Dit was 'n lieflikke dag waar die dogters netbaltegnieke kon aanleer en saam as 'n span kon groei. Hulle het dit verskriklik baie geniet en is vuur en vlam vir die netbalseisoen wat voorlĂŞ.


28 MAART 2014

Bladsy 11

Albertyn leerders by Anibrandfees bulletjie braai


Bladsy 12

28 MAART 2014

Graad R en ons uitstappies


28 MAART 2014

Bladsy 13


Bladsy 14

28 MAART 2014

2014 Leerlingraadskamp op die Welgelegen plaas Plaasgevind op 7&8 Maart 2014 op die Welgelegen plaas op die Cockcombpad Die kinders het aan die volgende verskillende aktiwiteite deelgeneem: vlottebou, swem in die watergat, perdry, nagmars, vuurmaaktegnieke ens. Die kinders moes ook konsert hou. Hoe aangenaam verras was almal nie. Die kinders het ware talent as dit kom by toneelspeel.


28 MAART 2014

Bladsy 15

SP (Lucky Peanut) Die kamp was asemrowend. Ek sal enige tyd weer wil gaan. Ek het so baie geleer oor hoe om ʼngoeie leier te wees en het darm nie seergekry nie. Ek het lekker tafeltennis gespeel. Ek sal baie graag na Benjamen se huis toe wil gaan. Monique Marais (Roshy Micky) Beste kamp ooit!!! Ons het baie geleer oor hoe om ʼngoeie leier te wees en dat jy jou span maats nodig het. Ons was lekker bang vir Benjamen by nagmars. Ek sal enige tyd weer gaan. Go !!! Underdogs!!!

Marcelle Viljoen (Fishy Sella) Dit is die beste kamp ooit! Ek wens ons kon weer gaan. Ons het mekaar met modder gegooi by die dam. Die nagmars was lekker. Die stories van Benjamen is nogal scary maar ek het dit geniet.

Brandon Daniel (Tennis Menis) Dit is die beste kamp wat jy ooit kan aan dink. Ek dink dit verander jou as jy op so ʼn Jade Perie (Twittie Minnie) Dit was die beste natuurlike ervaring wat ek al ooit ervaar het. Ons het baie geleer oor kamp gaan en dit hoe om saam te werk as ʼnspan. Ons het ook geleer van onsself en die goed wat ons kan leer jou om in die doen om onsself te verbeter. Ons het ook baie opwindende aktiwiteite gedoen soos veld te leef. Die storie van perdry, ʼnnagmars, ʼnhindernisbaan. Die kos was ook nogal lekker. Ek sal enige tyd weer Benjamen was daarheen gaan. scary maar dit was lekker en ek Alwyn Marx (Kwagga Marx) Brandon Beligan (Bumble Bee) Die kamp was uitstekend! Ek sal enige tyd weer het nie daaraan Die kamp was lekker. Ek sal weer gaan, dit was lekker. Ek sal graag na Benjamen se geglo nie. gaan maar wil niks weer klim nie. huis gaan as ek weer daar is en niks klim nie. Ek sal Die stories wat rondloop was nie na die watergat wil gaan nie. Uitstekend! scary. Die hindernisbaan was moeilik veral as jy baie groot is. Nikita Roux (Malles Dalles) Welgelegen kamp was die lekkerste leerlingraadskamp ooit. Al het ons seergekry en al was ons in spanne gedeel was dit heerlik. Die vlotte wat ons moes maak was dalk ʼnflop maar ons het dit lewendig gemaak. Die spookstories was heavy scary. Ek kon nie slaap nie maar tog sou ek weer wou gaan. GO HEROS!!!


Bladsy 16

28 MAART 2014

Albertyn Valentyn-Sokkie 2014


28 MAART 2014

Bladsy 17


Bladsy 18

28 MAART 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.