Die Albertyner - 27/6/14

Page 1

VOLUME 2 : UITGAWE 2 27 JUNIE 2014 ONDERSTEUN ASB ONS BORGE-HULLE MAAK DIE KOERANT N WERKLIKHEID Die kwartaal Wat sê Mnr Lampies.... O/13 Rugby spanboukamp Graad R en Graad RR uitstappies

Jaco skop homself na ʼndubbele SA kampioen! Jaco van Greunen, ʼn Graad 6 leerder van Laerskool Albertyn was tans as ʼndubbele SA kampioen gekroon by die JSKA Nasionale kompetisie wat gehou was in Pretoria op 30 Mei 2014. Joco was ʼnbobaas teen sy teenstanders en het weggeloop met 2 goue medaljes. Jaco is ʼnlid van die L&J Karate klub en word afgerig deur Jaco van Staden. Baie geluk met die uitstekende prestasie en hou aan om tot die hoogtes te skop.

Ons musikante presteer by die Despatch Kunsfees

Recognition is the best inspiration

-Maslow, philosopher


27 JUNIE 2014

Bladsy 2

Wat sê mnr. Lampies......... Geagte Ouers/Voogde Die afgelope ses maande het soos mis voor die son verdwyn! ʼnKwartaal met sy besondere hoogtepunte en dan ook die frustrasies van die Departement van Onderwys wat ons nie in een dag opgelos gaan kry nie. Die kwartaal was weereens gekenmerk met baie beplanning en voorbereiding ten opsigte van nuwe KBA veral in graad 7. Baie dankie aan die kollegas en leerders wat geweldige aanpassings moes maak, veral die verhoogde slaagvereistes. Ek is voorwaar trots op die hoë standaard van onderrig en werk wat verrig word vanaf graad R tot graad 7. Baie geluk aan leerders wat regdeur ʼnhoë gehalte werk lewer en vir baie wat die afgelope kwartaal pragtige vordering getoon het. Ouers en voogde kan met reg trots wees op hulle kinders. As skool is ons ook dankbaar dat die getalle steeds groei. Die afgelope kwartaal het ons 25 nuwe leerders ingeskryf wat baie bemoedigend is. Ten opsigte van ʼnpositiewe groei het die Departement nog steeds 1 kollega botallig verklaar wat by Laerskool Innes geplaas is. My opregte dank aan Mev. L. Hattingh wat vir 17 jaar staatmaker werk in al die verskillende fases gelewer het. Haar besondere toewyding, liefde en aandag by die LSEN fase word opreg waardeer. Ek is ook baie dankbaar vir waardevolle insette wat sy gelewer het by atletiek, landloop, tennis, VCSV en die leerlingraad. Ons sal haar beslis mis, maar gun haar net die mooiste by haar nuwe tuiste. Ons beste wense vergesel haar. Baie sterkte aan Mev. Katie Adams wat in ʼnBeheerliggaam aanstelling die pos van Mev. Hattingh sal waarneem. Een van die besondere hoogtepunte van die kwartaal was weer die pragtige samewerking van ons ouers en voogde. Die munt-'n-blokkie insameling het die pragtige bedrag van R21 000.00 ingesamel. Baie geluk aan Daniël van der Merwe graad 7 wat die meeste geld ingesamel het. Die OOV en sameroepers is tans druk besig met die voorbereidings vir ons jaarlikse basaar op Vrydag, 1 Augustus 2014. Dankie aan ouers en voogde wat reeds ruim skenkings hiervoor gemaak het. Baie geluk aan leerders wat op buitemuurse gebied die skool met trots verteenwoordig het. Geluk aan Nikita le Roux wat ʼnspesiale toekenning ontvang het tydens die Kunsfees op Despatch. Spesiale vermelding aan Jaco van Greunen wat ʼndubbele goue medalje by die SA Karate Kampioenskappe in Pretoria verower het. Van my kant af baie dankie aan die leierspan en die personeel en studente wat elke dag uit hul pad gaan om te verseker dat u kind ʼnhoë standard van onderrig ontvang. Aan die Beheerliggaam baie dankie vir hulle positiewe insette met die bestuur van die skool. Dit bly my voorreg om die skool saam met hulle op ʼnbeskeie wyse te dien. My opregte dank aan Mnr. André van der Berg en sy span werkers wat deurlopend verseker dat die skool en sportgronde altyd netjies en versorg is. Aan die sekretaresses vir die reuse bydrae om te verseker dat die skool se administrasie daagliks op datum is my opregte waardering daarvoor. Dankie aan elke leerder wat daagliks daarna streef om die karaktertransformasie by die skool te handhaaf. Dit is u kind(ers) wat dit daagliks vir ons ʼnwonderlike voorreg maak om met hulle te werk. Aan elkeen wat hard gewerk het, lê daar ʼnheerlike winter vakansie voor die deur ! Geniet dit saam met julle gesinne en familie, slaap bietjie laat in die koue en geniet die voorreg om deel van ʼngesin te wees. LAMPIES LAMBRECHTS SKOOLHOOF


27 JUNIE 2014

Bladsy 3


Bladsy 4

27 JUNIE 2014

Die Graad R en Graad RR klasse en hul uitstappies. Laerskool Albertyn se Graad R en Graad RR klasse het weer n opwindende 2de kwartaal agter die rug. Ons hoogtepunt was natuurlik ons besoek aan Bayworld in Port Elizabeth. Ons almal en n hele groep ouers het die rit met die munsipale bus terdee geniet. Ons het lekker piekniek gehou, saam die groot ou rob, Lucky hande geklap en ons het selfs vir “Nemo� gevind. Die groot dinosuaresse was natuurlik n hoogtepunt en van die maatjies het selfs aan n slymerige koue slang gevat. Die tannie van Bayworld het vir ons van die skoenlapper se lewensiklus geleer. Dit was regtig n prettige en interessante dag. Baie dankie aan elke ouer wat saam gegaan het en die dag saam met ons gedeel het. Ons het ook in die laaste week van die kwartaal n draai by die Brandweer gaan maak.


27 JUNIE 2014

Bladsy 5


Bladsy 6

27 JUNIE 2014

Ons musikante presteer by die Despatch Kunsfees

Die volgende musiekleerlinge van Laerskool Albertyn het baie goed presteer tydens die onlangse Despatch kunsfees. Goud vir blokfluit: Nikita Le Roux (A+); Gabrielle Jordaan (A) Goud vir klavier: Agnitha Van Wyk (A); Megan Mostert (A) Silwer vir klavier: Grace van Wyk (B); Anri Swart (B); WilmĂŠ van Wyk (B+); SantĂŠ Venter (B); Anke Saayman (B); Monique Marais (B); Jade Perie (B) Brons vir klavier: Jean-Marie Jonker (C); Bianca de Beer (C); Emmanuel Plaatjies (C) Saam met hulle op die foto is die musiekonderwyseres, Me. Liesel Murphy. Nikita le Roux is ook genooi om tydens die Prestige aand van die kunsfees op te tree. Tydens die geleentheid is sy aangewys as die beste junior in die instrumentale afdeling van die kunsfees.

Email: uitenhage@bmgworld.net Tel: +27 41 922 9090 Fax: +27 41 992 3946

5 Mitcell Street, Uitenhage


27 JUNIE 2014

Bladsy 7

Die Splinternuwe Nissan Sentra ELEGANT & STYLVOL

Die splinternuwe Nissan Sentra keer terug met n ongeĂŤwenaarde kombinasie van nuwe-geslag tegnologie en opvallende gesofisikeerde styl. Van sy toonaangewende, gretige enjin en puik brandstofdoeltreffendheid tot sy treffende, moderne buitekant en ruimte binne, is die splinternuwe Nissan Sentra onversetlike swier teen n bekostigbare prys.

R198 900 SLEGS BY

Besoek ons by: Kerkstraat 36, Uitenhage Tel: 041 994 1800 E-pos: sales@grp1.co.za

Die Beste In Hierdie Geweste


Bladsy 8

27 JUNIE 2014

O/13 Rugby spanboukamp op Jeffrey’s Baai Laerskool Albertyn se O/13 rugbyspan het Vrydag, 4 April 2014 na Jeffrey's Baai vertrek na hul spanboukamp om voor te berei vir die 2014 rugbyseisoen. Gedurende die naweek het die seuns aan verskeie spanbou en fiksheid aktiwiteite deelgeneem. Saterdag het die seuns baljaar by die “Supatubes” en by die see waar hulle ʼn lekker wedstryd “touchies” op die strand gespeel het en daarna gaan afkoel het in die see. Die aand het hulle ook ʼnlekker ete by die Spur geniet. Dit was n baie lekker naweek en die seuns het alreeds begin om die vrugte te pluk van die naweek.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.