ink Vrydag
Jaargang 1 Uitgawe 5
13 Maart
is Grat
2015
Die drie Z’s gisteraand by Spier.
Zoid Zolani Zanne
FOTO: NARDUS ENGELBRECHT
’n Blik op 9/11 van New York se ongure strate ’n Uitmuntende debuut deur Jaco van Schalkwyk Nou beskikbaar in winkels en as ’n eBoek alibi klub strip ad.indd 1
2015/02/19 12:39 PM
KINGJAMES 32877
Bl. 2
13 Maart 2015
Ink
Ink
13 Maart 2015
Bl. 3
O volksliedjie, jou mooie ding
Bo is ’n werk deur die kunstenaar Juanette Smuts. Dit vorm deel van Alex Hamilton se Opskiet-gallery op die agterstoep by die US Kunsmuseum waar werk van nuwe kunstenaars daagliks uitgestal word. Van die liedjies wat in die O... FAK-uitstalling gebruik is, is “Ou Tante Koba”, “Blink Vosperd”, “Saai die Waatlemoen” en “Hoe Ry die Boere”. Indien feesgangers nog van die kuns wil besigtig, bel gerus vir Alex Hamilton by 084 409 6801. FOTO: NARDUS ENGELBRECHT
Viermanskap verdien regte ‘groupies’ 1 o’Clock, 2 o’Clock Rock. Akoestiese rockvertoning. De Vette Mossel. Gister om 13:00 en vandag om 13:00.
D
ie jongspan ken ook nie altyd hul plek nie. Dit is die gedagte wat my, ongelukkig, bygebly het ná Bed on Bricks se middagete-verskyning gister in De Vette Mossel. Voorsanger Mike Hardy het “Lunch time!” uitgeroep in sy verwelkoming. Dit was heel gepas. Die gehoor het hoofsaaklik bestaan uit ’n klomp jong manne wat oënskynlik hul koshuisherderspastei vir roosterkoek en
mossels verruil het. Een het gespog met ’n T-hemp van Die Heuwels Fantasties en ’n ander was netjies uitgevat in ’n kraaghemp en das. Nie jou deursnit groupies nie. Nie een keer het die knape opgekyk van hul borde, of opgehou om met hul makkers te gesels ten einde die gesoute viermanskap op die verhoog die erkenning te gee wat hulle toekom nie. Wat ’n jammerte! Want Hardy, Dave van der Linden (kitaar), Schalk van der Merwe (baskitaar) en Tim Rankin (tromme) weet darem maar wraggies wat hulle doen. Hulle het hul nie van stryk laat bring deur die ongeërdheid
waar kuns en innovasie
van hul gehoor nie. Hul vertoning was net só professioneel en energiek soos een wat ek destyds saam met ’n skare mense in die Kasteel
ontmoet
sal
die
in Kaapstad bygewoon het. Hardy het genoem hulle speel al van 2003 op Stellenbosch saam en beskou dit as home ground.
wêreld
...
ag
l glim sing
on
twi
kke
FNB kondig met trots hul borgskap van die US Woordfees 2015 aan. FNB is verbind daartoe om die kunste in al sy vorms te bevorder, want ons glo die uitdrukking van artistieke talent verg kreatiwiteit en verbeelding. Dit is sleutelkenmerke van innovering, wat vir ons by FNB naby aan die hart lê.
FNB en US Woordfees maak
sin ssaam.
www.FNBenUSWoordfees.co.za First National Bank - ’n Afdeling van FirstRand Bank Beperk. ‘n Gemagtigde Finansiële Dienste en Kredietverskaffer (NCRCP20).
l
Hulle verdien meer respek hier op eie bodem. Of verwag ek te veel van seuns met honger mae? Gelukkig is diegene wat waarskynlik CD’s van die band besit aan die einde getrakteer op die treffer “Humanarium”. Teen dié tyd het die meeste van die jong latte al verkas. Ek hoop van harte Bed on Bricks kry ’n beter, meer gepaste opkoms wanneer hulle vandag om 13:00 by die Protea Hotel Tegnopark optree. Want enige band wat die stilte tussen note met dieselfde respek as die riffs hanteer, verdien regte groupies. – Marenet Jordaan
Bl. 4
In
13 Maart 2015
Draadloos
Een, twee, drie – jy’s op die lug Wat verg dit vir ’n radiostasie soos RSG om van die Woordfees af uit te saai? Ilza Roggeband het uitgevind.
Cobus sê tot siens Dit is waaskynlik Cobus Bester se laaste jaar by die Woordfees as een van die aanbieders van Monitor. Hy tree die einde van die maand af ná bykans 36 jaar by die SAUK, waarvan hy net minder as sewentien jaar by Monitor deurgebring het.
D
is nie sommer net van die karavaan nader sleep en begin uitsaai nie, sê Foeta Krige. Dit is dié deurwinterde radioman se agste jaar wat hy as RSG se uitvoerende regisseur van nuusaktualiteit by die Woordfees betrokke is en elke slag verg dit ure se voorbereiding. “ ’n Week voor die fees begin kom daar reeds ’n tegniese span van Kaapstad om te begin opstel,” sê hy. “En ’n dag voor die regstreekse uitsendings is daar ’n droë lopie om te kyk of alles vlot.” UITDAGINGS “Wil jy ’n eerlike antwoord hê?” vra hy en lag. “Dit is om die redaksielede almal die eerste oggend betyds vir die vergadering te kry. Almal kuier rond en bont en halftien moet mens ’n paar uit die Happy Oak jaag en hulle herinner dat ons hier is om uit te saai! “Eintlik is die grootste uitdaging die infrastruktuur,” sê hy. “Daar was ’n tyd toe alles nog met persoonlike rekenaars gewerk het. Die tegniese mense moes kom en nuwe netwerke skep. Daar was baie drade en netwerkkabels en een klein foutjie kon sorg dat ons van lug af gegaan het. Hier sit dalk 300 mense voor die verhoog, maar ons moet onthou dat daar 580 000 mense daar buite is wat ook luister. Ons moet aan hulle ook dink.” Hy sê die Woordfeesuitsending verskil van ander feesuitsendings aangesien die hele span in Stellenbosch is en die programme in hulle geheel van hier af uitgesaai word. “Die aard van die Woordfees bepaal dat ons hele span hier moet wees,” sê hy. “Met ander buiteuitsendings kan jy nog wanneer daar ’n tegniese fout is oorskakel na die ateljee in Johannesburg, maar nie hier nie, want daar is niemand in Johannesburg nie – ons is almal hier.” Die span wat vanjaar vir Monitor, Spektrum en Naweek Aktueel sorg is agtien sterk, sestien uit Johannesburg en twee uit Kaapstad. SPANWERK Albert Claassen en Ricardo McCarthy kom ’n week voor die tyd om op te stel. Daar is drie aanbieders: Cobus Bester, Anita Visser en Suzanne Paxton. Krige is uitvoerende regisseur en Wessel Pretorius, Suna Venter en Melissa Tighy is regisseurs. Iris Bester is ’n gasaanbieder op Spektrum. Die uitsaai in Stellenbosch bestaan darem nie net uit werk nie, sê Krige. “Hierdie is ons jaarlikse spanbou. Ons deel woonstelle, deel kamers, eet saam en kuier saam.” Vir Spektrum kan daar voor die tyd beplan word, maar nie vir die oggendprogram Monitor nie. “Iris sal byvoorbeeld lank voor die tyd onderhoude met skrywers
BESTE BESTER: Die man met die fluweelstem, Cobus Bester, groet binnekort Monitor om met ’n heel nuwe lewe te begin.
FOETA-TASTIES: Foeta Krige, RSG se uitvoerende regisseur van nuusaktualiteit.
“
Die grootste uitdaging is om al die redaksielede die eerste oggend betyds vir die vergadering te kry.
AGTER DIE GRENSE : Uitsendings by kunstefeeste verg ure se voorafbeplanning deur tegniese personeel voordat omroepers agter die mikrofoon kan inskuif.
kan reël,” sê Krige. “Monitor is egter ’n dag-totdag uitsending. Die hoof van Eskom is byvoorbeeld vandag geskors. Ons sal môreoggend daaroor moet praat.” Krige sê een van die groot verskille tussen buite uitsaai en ateljee-uitsendings, is beligting. “Wanneer ons in die oggend hier aankom, is dit nog pikdonker. In die beginjare het ’n paar verdwaalde drawwers of ooms wat gaan stap het kom kyk wat ons doen, maar deesdae begin mense al van halfsewe inkom om ’n sitplek te kry.” Is hy bang dat ’n lid van die gehoor dalk iets onbesonne kwytraak? Nee, sê Foeta, hy is amper banger vir die mense wat elke dag inbel. “Ons het ’n uitgelese en baie gesofistikeerde gehoor by die Woordfees.”
O, KRISIS Krisisse was daar al.“Soos die keer wat ek in die nag wakker geword en gehoor het Cobus is so siek, hy brul soos ’n leeu. Anita het toe nog net Spektrum aangebied, maar ek het haar halfvier in die oggend gebel om te sê sy moet opstaan, sý bied vanoggend Monitor aan.” Krige en sy span het al legendes as gaste gehad op die Woordfees. “Verlede jaar was André P. Brink hier. Dan was daar al mense soos Deon Meyer en PG du Plessis. Wat veral lekker is, is om ná die tyd saam met hierdie mense te kuier.” Een van die grootste voordele van uitsaai by die Woordfees is dat hulle hul luisteraars kan ontmoet. “Sowat 38% van hulle woon in die Wes-Kaap,” sê Krige. “Dis goed dat die aanbieders en joernaliste dié mense ontmoet. Hulle moet weet vir wie hulle uitsaai.”
“Ek tree af,” sê Cobus, “maar ek gaan dit nog steeds aanbied omdat my pos gevries is en hulle nog nie iemand in my plek kan aanstel nie. Hoe lank dit gaan neem, sal ek nie kan sê nie.” Die Woordfees is vir hom veral spesiaal vanweë die “konsentrasie van begaafde mense”, sê hy. “Dis skeppende mense wat goeie geselskap is. Ek ontmoet ook mense wat luisteraars is en dalk vir ons skryf en nou kan ek ’n gesig by die naam sit. Die Woordfees is vir my anders as ander feeste omdat daar ’n bepaalde belangstelling is. Ek hou ook daarvan dat dit kompak is.” Wat wag vir hom ná RSG? “Ek het reeds ’n nuwe lewe begin en is betrokke by ’n maatskappy wat onderwysmateriaal deur verskillende media verskaf. Dis al wat ek nou kan sê.” Niemand is onvervangbaar nie. “Ek het dalk my sterk punte, maar ’n volgende ou gaan dalk ’n nuwe ervaring bring of anders na dinge kyk. Dit sal ’n fout wees om te verwag dat die persoon wat my vervang dieselfde aanslag en belangstelling as ek sal hê. “Sommige ouens praat van ’n persoon wat ’n brand, ’n handelsmerk, is. Ek dink die program moet die handelsmerk wees, nie die aanbieders nie. Ek sal teleurgesteld wees as ek weggaan en daar is nie mense wat sê die nuwe ou is beter as Cobus Bester nie.” Waarna sien hy uit? Die een ding waarna hy uitsien, is om sy tweelingseuns vir ’n slag skool toe te kan neem. “Hulle is in matriek en ek het hulle nog nooit by die skool gaan aflaai nie. Ek weet dit klink dalk eenvoudig, maar dit is iets wat ek nog altyd gemis het.”
“
Niemand is onvervangbaar nie. ’n Volgende ou gaan anders na dinge kyk as ek.
Ink
13 Maart 2015
Bl. 5
PARALLEL UNIVERSE With the Woordfees happening on one side of town, life still carries on. More than 300 students attended a speech by the controversial Julius Malema. PHOTOS: NARDUS ENGELBRECHT
‘Bringing Julius to Maties is historical’
T
he turn-out for Julius Malema’s talk yesterday in the Humanities building was so high that evacuation and safety regulations were ignored to accommodate everyone. The venue was only designed to seat 300 students. Prof Amanda Gouws of the Department of Political Science struggled to introduce the EFF
party leader while a crowd of frustrated students who had not been permitted into the venue, started chanting outside the closed doors. The students’ protests grew so loud that speakers inside the venue became inaudible. At Malema’s request campus security opened the doors and allowed a stream of cheering students to pour in. According to Asisipho
Ouma se handwaaiertjie nie vandag nodig nie Feesgangers wie se sweet die afgelope paar dae soos ’n koshuis-geyser gedrup het weens die hitte, kan vandag ’n gedeeltelik bewolkte dag verwag met koeler temperature. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ’n maksimum van 25°C
en ’n minimum van 15°C. Die wind gaan na verwagting 27km/h waai. Daar word voorspel dat dit die hele dag gedeeltelik bewolk gaan wees. Los maar jou ouma se Victoriaanse handwaaiertjie by die huis en hou lekker fees!
Tyawana, an EFF-supporter and student at Stellenbosch University, Malema’s visit to Stellenbosch had been long awaited. “Stellenbosch is different to all the other universities,” Tyawana said. “Black people are the minority here, and the people who usually speak here don’t normally appeal to the black community. Bringing Julius to Stellenbosch was
a change. It’s historical.” Malema drew a far bigger crowd, and more enthusiasm, than Mmusi Maimane, parliamentary leader of the DA, who had visited the campus some weeks ago. Tyawana believes this happened because Malema is so different from the speakers that usually address Stellenbosch University students.
“The EFF has young intellectual members and people are beginning to relate to them,” Tyawane says. “To have a party full of young people who are not scared is appealing to every black student on this campus.” Tyawane believes the controversy surrounding Malema also helped to draw a crowd. – Melissa da Costa
Bl. 6
Ink
13 Maart 2015
Sorg dat studente reg is vir werkplek
‘Ek slaan my oë op’
Praat Saam. RSG aktualiteitsprogram. Plataankafee. 12 Maart om 08:00. ’n Goeie universiteit deel nie net boekekennis uit nie. Dit gaan eerder oor menslike en leierskapsvaardighede en die leer van kritiese denke. Daar moet na mentorskap gekyk word en daar behoort ’n kultuur geskep te word dat ’n mens nooit werklik afgestudeer is nie, maar vir die res van die jou lewe sal aanhou leer. Probleemoplossing, kreatiewe denke en besluitnemingsvaardighede behoort ook vroeër in die opleidingsproses geposisioneer word. Só het gassprekers Donderdagoggend op RSG se inbelaktualiteitsprogram Praat Saam die kwessie van formele universiteitsopleiding opgesom. Hulle was prof. Stan du Plessis, makro-ekonoom van die Universiteit Stellenbosch, prof. Bennie Anderson, medestigter van die Da VinciInstituut, en prof. Mari Jansen van Rensburg van Unisa se Sakeskool vir Bedryfsleierskap. Du Plessis het gesê dit lyk nie of daar enige aanduidings is dat daar probleme met formele kwalifikasies in die arbeidsmark is nie. Maar dit beteken egter nie dat alles goed en wel is nie. Anderson het gesê daar was die afgelope 20 jaar baie ontwikkelings op akademiese gebied met groot getalle mense wat gereed gekry is vir die arbeidsmark. “Die probleem is dat daar tog aanduidings is dat mense nie werklik opgelei is om die werk te doen nie.” Daar is nie genoeg gesprekvoering tussen die akademie en die werkplek nie. “Ons het ʼn lang Europese geskiedenis van akademiese opleiding en kwalifikasies, maar nog nie mooi gaan kyk of ’n persoon werklik ’n verlangde taak kan verrig nie.” Daar is nie soseer ’n bekommernis oor die akkreditasie en registrasie van kwalifikasies nie, maar wel of universiteite verstaan wat die behoefte van die werkplek vandag is. Jansen van Rensburg het gesê boekekennis gaan nie sakeondernemings se probleme oplos nie. Wat ontbreek, is konteks. Om net ervaring te hê is ook nie die oplossing nie. Hiervoor verander die wêreld te vinnig. Sy bly egter positief oor die onderrigstelsel. “Ons is besig om te verstaan wat verwag word en aandag daaraan te gee. – Gerhard Cloete
Menslike advertensieborde: Dié twee jong mans het op die feesterrein rondgeloop om reklame te maak vir die toneelstuk ...van ons vaders wat nog môre in die Attie van Wijk Ouditorium opgevoer word. Die regie word deur André Gerber hanteer. FOTO: NARDUS ENGELBRECHT
Gesprek eindig op ’n wrang noot
Hoort God in skole? Ontleding Gaan God skool toe? Oor die grondwetlikheid van godsdiens in skole. 12 Maart om 11:00. In ’n hofsaak wat eersdaags in die hooggeregshof aangehoor word, neem die Organisasie vir Godsdienste-onderrig en Demokrasie (OGOD) ses skole hof toe om die grondwetlikheid van hul godsdiensbeleid en –beoefening te toets. In ’n vol Boektent het Hans Pietersen, stigter van OGOD, die gesprek ingelei deur te sê hulle organisasie beywer hulle dat elke kind in sy of haar skool volledig welkom moet voel. Dit mag nie gebeur dat ’n wetenskaponderwyser kreasionisme op grond van sy geloofsoortuigings bevorder ten koste van evolusie wat deel van die kurrikulum is nie. Ook mag ’n onderwyser nie vir kinders sê dat ’n Hindoe- of Moslem-maatjie van hulle eendag hel toe sal gaan nie. Pietersen het duidelik laat blyk dat hulle nie téén godsdiens in skole is nie. Hulle wil juis méér godsdienste in skole tot hul reg sien kom sodat kinders kan leer om persone wat ánders glo volledig te respekteer. OGOD het ’n probleem met skole wat hulself die reg tot ’n Christelike etos toeëien. “Sou dít beteken kinders wat ongehoorsaam is moet gestenig word? Wat behels so ’n etos?” Hy het voorts gesê dat hulle nie gekant is teen Afrikaanssprekende mense nie alhoewel die meeste klagtes wat onder hulle aandag gebring word, uit Afrikaanssprekende skole kom. Klagtes teen uitsprake soos: “In hierdie skool buig ons die knie voor Christus en kom geloof eerste.” Kinders moet keuses hê wat godsdiens betref, en in ’n klein plattelandse dorp is daar nie ’n groot keuse van skole nie, sou ’n kind ongemaklik met so ’n etos wees. Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-
Teologiese gesprek
“... at Nicaea the Church had opted for the paradox of the Incarnation, despite its apparent unncompatibility with monotheism”: Karen Armstrong: A history of God. Oor iets waarvan ek die oorsaak nie kan agterhaal nie, sug ek: “Die Vader weet”. Die vyfjarige wat geen woord by hom laat verbygaan nie wil weet: “As jy Vader sê, bedoel jy God?” Ek moet vinnig dink en antwoord tentatief: “Ja, ek dink so” en met oortuiging konstateer hy: “God en Jesus is een mens.” Dis hoe hy die inkarnasie kan verstaan waarvan hul juffrouens ons skoon kleintjies met die ouers se toestemming – vrywillig of gedwonge – moet leer, al het in 325 die biskoppe by Nicaea langdurig daaroor beraadslaag en al het die leraar, Jesus van Nasaret, die vuil straatkinders van sy dag – toe sy dissipels hulle van hom weg wou dryf – omarm en beveilig en nie hulle nie, maar slegs die afkerige omstanders in die Tora onderrig.
– Lina Spies
Afrkaanse Skole (FEDSAS) het dit duidelik gemaak dat hy as Christen praat. Ook het hy beklemtoon dat Suid-Afrika een van die lande is waarin alle godsdienste voorkom en dat ons vir die wêreld ’n voorbeeld is as dit kom by godsdiensverdraagsaamheid. In ons nuwe demokratiese bestel het ons ’n grondwet wat vryheid van godsdiens waarborg. Dit sê dat ’n mens kan glo soos jy wil en jou geloof kan bely en uitleef – ook in die openbare domein. En daar is fantastiese stories oor hoe dít in skole gedoen word. Henk Botha, professor in Konstitusionele Reg aan die Universiteit Stellenbosch, lê ook
soos Colditz, klem daarop dat godsdiensbeoefening by staats- of staatsondersteunde skole kan plaasvind mits daardie beoefening die reëls nakom wat deur die tersaaklike openbare gesag gemaak is; dit op ’n billike grondslag geskied; en bywoning daarvan vry en vrywillig is. Beperkings rakende die rol van godsdiens in die openbare sfeer skep juis ruimte vir verskillende godsdienste om naas mekaar te kan bestaan. Vryheid beteken nie óf daar beperkings moet wees nie, maar hóé dit gedoen moet word. Hiermee wil die Grondwet help. Vir hom is dit belangrik dat daar geen dwang op enige kind mag wees om aan ’n sekere godsdiensaktiwiteit deel te neem nie. Vir Pietersen gaan demokrasie juis om vryheid en vrywillige deelname. Hy vra: “Is beheerliggame (FEDSAS) die openbare gesag waarna daar in die Grondwet verwys word, of is dit die nasionale departement van onderwys? Die hof sal hierdie belangrike uitklaring moet maak.” Vir hom is saalopeninge ’n grys gebied waaroor hy en sy organisasie nog nie ’n duidelike antwoord het nie. Volgens Colditz bepaal die beheerliggaam van ’n skool die reëls, ook rakende godsdiensonderrig, godsdienste-onderrig en godsdiensbeoefening. Elke openbare skool is ’n regspersoon op sy eie. Daarom is die beheerliggaam van daardie skool die bevoegde gesag. En waar onderwysers buite perke gaan met uitsprake op grond van hul godsdiensoortuigings, moet dit by die hoof en beheerliggaam aangemeld word wat dit beslis sal ondersoek. Die gesprek het in ’n baie goeie gees geskied. Tog, reg aan die einde toe Pietersen geleentheid gegee is vir ’n slotgedagte, het hy gesê: “Paul, ek sien jou in die hof ”. Hierop het Colditz geantwoord: “Sien, dis die gesindheid. Daar word nie gesprek gevoer nie.” Die belangrikste vraag, volgens dr. Jeanette de Klerk-Luttig, Stellenbosse opvoedkundige, bly: Wat is in die beste belang van die kind? – Chris Jones
Ink
ink
Redakteur – Jacolette Kloppers Uitgewer – Hannelie Cronjé Uitleg – Johnn-Grant Munro Teksredakteur – Liesl Peyper Fotograwe – Nardus Engelbrecht en Salmon Becker Senior skrywers Marenet Jordaan; Marina Griebenow; Herman Lategan; Wayne Muller; Ilza Roggeband Naudé van der Merwe Met dank aan die US se Departement Joernalistiek
Friday the 13th Today is Friday the 13th, a date which causes a lot of fear for superstitious people. Here at the Woordfees there isn’t any time to waste on such superstitions. In fact, if you wear orange today you might just get lucky and win a prize. Walk past the Sasol Art Museum between 13:00 and 14:00 and find the orange people.
‘As alles blou is’ In die stuk As alles blou is, is die skrywer, Alexander Siebrits, vervang met Henry Doyle, en die aktrise, Esperance Potgieter, is vervang met Kika Smit.
13 Maart 2015
Bl. 7
Met spys en drank...
Die pad na ’n man se hart loop deur sy maag Feesgangers spoel monduit oor brood-en-botter-sake (en slegte kos). MATHILDA en NICO DU PLESSIS van Pretoria: “Net nie De Vette Mossel nie, ons is moeg vir vis! Ons eet by die Dros, of een van die straatkafees op Stellenbosch. Hulle kan rêrig meer van ’n verskeidenheid kos hier aanbied. Maar daar is lekker wyntjies by die Erfurthuis.” JOHN en NELLIE POTGIETER van Somerset-Wes: ”Ons het feeskos by Spier geëet. So ’n worsbroodjie ding of ’n hamburger, dit was sommer rubbish. Jy dink dit gaan nice kos wees, maar rêrig. Jy kry so ’n mushy spul uie en die worsie is nie lekker nie. Dit was nie so goed nie. Ons het wel wyn gedrink by Oude Libertas.”
NICO en LEONORA VAN DER VYVER van Stellenbosch: “Ons het koffie en bier by die Khaya (op die feeskern) gedrink. Dit was regtig sleg. Die koffie het gebrand en was baie flou. Ons eet gewoonlik buite. Die Basic Bistro en Java was baie lekker!”
GOUDINA KLOPPER, Isa Carstens, 23: “Ek was by De Vette Mossel. Hulle mosselpot wen altyd. Ons het ook daar brandy en Coke gedrink, en ’n bottel wyn.”
MONRÉ VISSER, Wilgenhof, 20: “Ons gaan saans De Vette Mossel toe. Die visborde is baie lekker. Verlede week het ek snoek daar geëet. Ek drink ook wyn daar.”
Bl. 8
Ink
13 Maart 2015
Toneel
Karakters verlei en manipuleer Skuldeiser. Toneel. Hoërskool Stellenbosch. Vandag om 11:00 en môre om 20:30.
M
et die gehoor se welverdiende warm applous aan die spelers in regisseur Ilse van Hemert se produksie van August Strindberg se Skuldeisers, tref die gedagte ’n mens skielik dat twee van die gewildste produksies by die Woordfees vanjaar deur 19de eeuse dramaturge geskep is. Strindberg verskil aansienlik in styl en aanslag van die ewe gewilde Die Seemeeu deur Anton Tsjechof, byvoorbeeld in sy hantering van dialoog, maar albei steun sterk op die nuwe teaterkonvensies wat die begin van die modernisme ken-
merk. Die aksie is sterk karaktergedrewe en hul innerlike emosionele lewe bepaal en oorheers die uiterlike gebeure. Anna-Mart van der Merwe speel die rol van Tekla, André Odendaal is Gustav en Stiaan Smith is Adolph. Van Hemert vertaal vir hierdie produksie ’n weergawe deur David Greig wat in Londen met groot sukses onder spelleiding van die bekende akteur Alan Rickman opgevoer is. Greig se verwerking is knap, op die man af – ook letterlik – en sonder onnodige versiering. Met sy benadering tot die dialoog spits hy die aandag toe op die brute krag en skoonheid van woorde wat die karakters in
staat stel om te verlei, manipuleer, wond, prys en af te breek. Strindberg het ook ’n reputasie as ietwat van ’n vrouehater, glo die gevolg van die opkoms van die vrouevryheidsbeweging net in die tyd toe sy huwelik aan’t verbrokkel was. Daarom het hy ’n voorliefde om vroue soms as bloedsuiers uit te beeld wat mans gebruik en dan uitspoeg. Hy bieg glo dat dit eintlik gesetel is in sy desperate liefde vir vroue. In Skuldeisers is daar egter ’n kinkel en benewens die sterk vrouekarakter wat die mans se harte breek, skep hy ook ’n manskarakter wat selfs nog meer geslepe is. Tekla en Adolph is getroud, maar terwyl sy eendag uit is, bieg
Adolph in die openingstoneel teenoor ene Gustav in ’n gastehuis waar hulle almal tuis is dat hy baie jaloers is op sy vrou. Deur verdagmakery, leuens en innuendo slaag Gustav daarin om Adolph se jaloesie te stook tot op die uiterste, met tragiese gevolge. Die rede vir Gustav se optrede word eers aan die gehoor blootgelê met Tekla se terugkeer van die winkels. Odendaal en Van der Merwe is nie net opgewasse vir mekaar as hul onderskeie karakters nie, maar ook as akteurs. Hulle ervaring is duidelik en hulle bring deurgaans die beste in mekaar uit, met Odendaal wat slinks, sardonies en stilweg sy wraak bewerk, terwyl Van der Merwe verleidelik, speels en pragtig Strindberg se
Hartstog
Juliana Venter in The Phantom Globe, wat gisteraand by die fees te sien was. Sy was deel van Mud Ensemble, ’n groep wat kultusstatus in die 90’s bereik het met hul unieke klank van elektroniese, orkestrale en poëtiese opera. foto: nardus engelbrecht
femme fatale tot lewe bring. Smith vaar ook goed as die onsekere en goedgelowige jong eggenoot vol iepekonders. Skuldeisers is nie een van Strindberg se bekendste werke nie. Ná aanskoue van Van Hemert se produksie wonder ’n mens tog waarom nie. Benewens die humoristiese oomblikke wat by die meeste aanklank vind, is daar ook hoogs interessante waarnemings omtrent verhoudings wat – hoewel dalk ’n bietjie sinies – eintlik meer hedendaags voel as iets wat in die 19de eeu geskep is. Maar daarin lê die bekoring van Strindberg. Hy bly eietyds en hierdie produksie laat behoorlik reg geskied aan sy unieke stem. – Marina Griebenow
Wat is ‘proper’ Afrikaans dan? “Reg of weg?” Wat word deesdae met proper Afrikaans bedoel? “Ons hét standaard Afrikaans nodig,” bevestig ’n feesganger gisteraand in die gehoor by die Frederik van Zyl Slabbert diskoersreeksgesprek oor hoe daar bepaal word wat proper Afrikaans is. Die gehoor bestaan hoofsaaklik uit ouer mense en iewers klap iemand hande. Tog stem die paneellede, Ivor Price, Gerda Odendaal en Nadia Marais, nie noodwendig saam nie. “Taaldebatte is meer verdelend as opbouend,” sê Price. Al drie beaam taal is ’n dinamiese ding, wat sowel konteks as tydsverbonde is. Dus kan iets soos proper Afrikaans nie bestaan nie. Hulle hou ook vol dat Afrikaans betrokke is by ’n magstryd en dat sogenaamde “standaard” Afrikaans bepaal word deur diegene met mag. Tog moet ons nie huiwer om nuwe vorme van Afrikaans te aanvaar nie. “Deur alles te wil suiwer, is ongesond vir ’n taal,” sê Marais. – Mila de Villiers
Afrikaanse droompaartjie van die planke Erik Holm en Tinarie van Wyk Loots. Teatergesprekke. Erfurthuis. 12 Maart. Die laaste van die reeks suksesvolle teatergesprekke waarvan Saartjie Botha die gasvrou was, was met Eric Holm en Tinarie van Wyk Loots. Dit was vir my vanuit ’n persoonlike oogpunt een van die hoogtepunte van my jaar (en die fees) tot dusver. Hoekom? Omdat hierdie twee mense saam op die verhoog ’n charisma, sjarme, en hartlikheid het wat aan jou kom vasplak. Dit sit aan jou soos ’n moskombers. Erik Holm in sy rolstoel is ’n samesmelting van weerloosheid, maar hy is ook ystersterk. Hy is aantreklik, sy blou oë die kleur van die water waarin hy geduik het, en hy het ’n emosionele register wat vibreer van die verhoog af tot in jou boesem.
Hy en sy geliefde, Tinarie, ’n vrou met ’n magtige teenwoordigheid, is wragtigwaar die paartjie van die oomblik. ’n Mens kan maar sê die meetsnoere het vir hulle in lieflike plekke geval. Albei het die hoofkarakters in Dogma vertolk. Erik is ook te sien in die debuutproduksie bloublou, ’n eenmanstuk wat spesiaal vir hom ontwikkel is, terwyl Tinarie in ’n verhoogverwerking van André P. Brink se Orgie speel. Ek het hom ook ’n gedig hoor voordra in Filmverse, “Timotei Sjampoo”, deur Gert Vlok Nel, wat ’n uitsonderlike vertolking was. ’n Mens hoop Margot Luyt van Vers en Klank neem notisie, hier is ’n stem wat gemaak is vir gedigte. Erik en Tinarie het gepraat oor Dogma, en oor hoe fisies veeleisend die stuk was. “Maar dit het my sterker gemaak,” het Erik gesê. “Kyk my arms, kyk my kon-
Erik Holm en Tinarie van Wyk Loots in Dogma. FOTO: VERSKAF densmelkmagie! Ek het gesweet en spiere ontwikkel.” Sy eenmanstuk blou-blou is eintlik ’n tipe huldeblyk aan sy familie, “aan die mense wat my so mooi bygestaan het, en steeds bystaan”. In die begin was hy bekommerd daar sal nie werk wees vir ’n akteur in ’n rolstoel nie, maar daar is. “En ek is trots daarop, daar is werk, en ek werk hard. En ek hoop om aan te hou hard werk. Ek het
geleer ek hoef nie so Calvinisties te wees oor alles nie. ’n Mens hoef mos nie skaam te voel as jy voel jy word gewaardeer nie. Ek kan mos trots voel sonder om vol van myself te wees.” Hy lag as mense sê hy is ’n rolmodel. “‘Rol’, juis daai woord, soos in rolstoel.” So stuur hy homself die heeltyd op. Saartjie sê: “Man, jy moet daaraan dink om ’n stand-up comedian te word.” Sy sê ook mense besef nie hoe lank hy is nie. “Ek het nou die dag weer na iets gekyk waarin jy nog geloop het. Jy is lank!” “Ja, ek was 1, 98 meter. Vandat ek in die rolstoel is, is ek nou 2 meter.” Sy begeerte is om graag ’n villain te speel, “iemand wat evil is; ek wil gehaat word.” Dit gaan nie maklik wees nie,” skerts Saartjie. Einste, hoe gaan ’n mens hom haat? “Jy wil hom dan soos ’n roomys lek en opeet,” sê ’n
vrou langs my. Tinarie sal moet oppas, die vroue in die gehoor het gespin soos katte. Tinarie koekeloer liefdevol na sy kant toe; jy kan sien die liefde borrel soos die stomende warmwaterbronne van Montague tussen dié twee. Sy vertel van hoe sy vir ’n lang ruk net in Engels gewerk het. Op ’n dag vra Nicola Hanekom vir haar om in Lot op te tree. Meteens is dit asof sy huis toe gekom het. “Dit was so lekker om weer in Afrikaans te speel; om woorde en idiome te gebruik wat jy net nie in Engels kan sê nie.” Hulle droom om soos in Dogma weer aan ’n stuk te kan werk waarin in hulle saam speel. Mag daai droom bewaarheid word. Tussen die twee van hulle is Afrikaanse teater geseën en verryk met iets kosbaars. En hoe vreemd, dat ’n ongeluk ook later ʼn seën kan wees. – Herman Lategan
Ink
13 Maart 2015
Bl. 9
Toneel
Digter sou 100 jaar wees
Leer ken Eybers in vers en klank Eeu van Eybers. Musiek. Met Olga Leonard, Babette Viljoen en Trudie Prinsloo. Teks en regie: Lize Beekman. Fismersaal. Vandag om 16:00 en 15 Maart om 11:00.
Louis van Niekerk (Robert) en Wilna Snyman (June) deel ’n intieme oomblik in die bekroonde toneelstuk Son. Maan. Sterre. FOTO’S: SALMON BECKER
‘Son. Maan. Sterre’ tref tussen die oë Son. Maan. Sterre. Toneel. Fismersaal. Môre om 11:00.
V
yf karakters sit op stoele in ’n ry langs mekaar op die verhoog, nes mense by ’n ondersteuningsgroep wat angstig wag om hul storie te vertel. Oliver (Wilhelm van der Walt) is slim, het astrofisika of iets gestudeer. Hy is egter ’n vreemde, ongemaklike jong man wat sy PhD-studies in Engeland opgeskop het en nou in Tamboerskloof, Kaapstad, woon. Bubbles (Greta Pietersen) het van “Transvaal” Kaap toe getrek en is presies soos haar naam suggereer – borrelend en bekkig op soek na ’n bronstige man. Megan (Nicola Hanekom) is ’n paar maande swanger, nie op haar mond geval nie, maar het eintlik nie veel van ’n ruggraat nie; of dalk het sy. En dan is daar Robert (Louis van Niekerk), seker in sy sewentigs, wat langs sy vrou, June (Wilna Snyman), sit. Robert en ’n verpleegster sien om na June, wat nou in ’n rolstoel is en net deur middel van kreungeluide kommunikeer. Op die oog af het die vyf mense niks met mekaar gemeen nie. En dan begin hulle gesels. Oor liefde, seks, ambisie, pedofiele, skuldgevoelens, haat, p**s en p**l. Minuut vir minuut word die drade van hul monoloë gespin
Ter viering van Elisabeth Eybers se 100ste verjaardag, is Lize Beekman gevra om ’n produksie saam te stel om hulde te bring aan hierdie formidabele digter se lewe. Die drie stemme wat lewe bring aan die gedigte is Olga Leonard, Babette Viljoen en Trudie Prinsloo. Hulle het ook die gedigte gekies wat in die produksie gebruik word. “Die oorsprong van die gedagte vir ’n Eeu van Eybers was by Olga, Babette en Trudie,” sê Beekman. “Hulle het my gevra of ek hulle sal help met die produksie – toonsettings, samestelling van bindingsteks en afronding.” Een van die grootste uitdagings was om die gedigte te kies wat in die produksie gebruik gaan word. “Elisabeth Eybers se oeuvre strek oor meer as 70 jaar en meer as 800 gedigte,” sê Beekman. “Haar lewe van 92 jaar was deurleef en verweef met haar intense waarneming van die eksterne – haar omgewing en geliefdes – en ook haar interne reise deur emosies en ervaringe. Die grootste uitdaging is om in 60
“
Ek het geluister en rigting en hulp gegee. Soms het ek geskaaf en geslyp.
minute selfs in die kleine ’n bietjie van dit alles te probeer weergee.” Die toonsettings van die gedigte is deur Leonard, Viljoen en Prinsloo gedoen, maar Beekman het wel insae gehad. “Die gedigte is tussen hulle verdeel en hulle het afsonderlik na my toe gekom met hulle toonsettings. Ek het geluister en rigting en hulp gegee. As hulle vasgehaak het, het ek vir hulle vertrekpunte gegee. Ek het soms gevra dat hulle oor begin, en soms het ek geskaaf en geslyp – aan sommige meer as ander.” Die produksie is nie net vir mense wat Eybers se werk ken nie, sê Beekman. “As jy hou van digkuns, sal jy ’n mooi ervaring hê. As jy hou van mooi musiek, sal jy dit geniet. Meer nog, dis ’n geleentheid om Elisabeth Eybers beter te leer ken. Vir my persoonlik was dit ’n verrykende ervaring en ek glo dat dit ook vir ander sal wees.” – Ilza Roggeband
Nicola Hanekom (links) in die rol van Megan, saam met Wilhelm van der Walt as Oliver en Greta Pietersen as Bubbles. tot gesprekke. Iewers is daar ’n fyn, dog snydende draad tussen die karakters. En algaande bou die spanning op totdat die draad byna breek. Saartjie Botha se Afrikaanse vertaling (en verplasing) van die jong Britse dramaturg Alice Birch se debuutwerk, Many Moons, tref jou tussen die oë. Birch se stuk delf diep in die menslike psige en laat die drade daarvan uitrafel. Die krag van die teks lê in die manier waarop Birch stukkie vir stukkie beitel aan die karakters sodat die gehoor al die kante van hul beeld kan sien. Die stuk herinner aan ’n ander Britse dramaturg Sarah Kane (1971-1999) se Crave, en Birch het al in koerantonderhoude gesê Kane het inderdaad ’n invloed op haar werk.
Christiaan Olwagen, verantwoordelik vir die regie en ontwerp, skep een van die langste en senutergendste spanningslyne wat ek in ’n lang tyd ervaar het. Nes jy dink breekpunt gaan binne ’n sekonde bereik word, dan is dit bloot nog ’n stappie nader aan die uiteindelike katarsis. Die stel van vier stoele, ’n rolstoel, ’n opblaas-haas en ’n groot tros helderkleurige ballonne verleen verdere stukrag aan die teks. Son. Maan. Sterre. boei en ontstig jou; presies wat goeie teater behoort te doen. Dit is eintlik daardie kinkels in die verhaal en hoe dit manifesteer wat van dié teaterstuk ’n sukses maak. Gaan kyk maar self. – Wayne Muller
Kloksgewys van bo is Trudie Prinsloo, Babette Viljoen, Elisabeth Eybers en Olga Leonard. FOTO: VERSKAF
Ink
13 Maart 2015
Bl. 10
Skrywersfees
Kort en kragtig is Steinmair se resep Deborah Steinmair: Moestas. Erfurthuis. 10 Maart. As kind het sy hard probeer om nie uit te staan nie. “Ek was nog nooit aweregs nie; ek dink ek was juis die teenoorgestelde,” het Deborah Steinmair in haar gesprek met Jonathan Amid, deeltydse dosent in Engels aan die US gesê. Steinmair se derde boek in haar raaiselroman-reeks, Moestas, het pas verskyn. Haar boeke is byna stroomop, het Amid haar gepols, maar Steinmair het verskil. “Nee. Ek skryf wat ék wil lees. Soos alle skrywers skryf ek om gelees te word. Ek wil mense aanraak met dit wat ek skryf. Ek probeer beslis nie stroomop wees nie.” Waar kom haar kleurryke karakters vandaan? “Hulle woon onder die vloerplanke in my kop en meld by my aan.” Sy erken haar skryfproses is soms onkonvensioneel. “Ek skryf soms onder druk omdat ek ’n voorskot by ’n uitgewer gevra het.” Sy glo ook in kort hoofstukke, kort sinne en dat daar niks oorbodig in haar skryfwerk moet wees nie. “Dalk het dit iets daarmee te doen dat ek eintlik ’n digter wou wees.” Met Moestas, met kindermolestering as een van die temas, weet sy nie presies wat die vonk was wat die boek tot gevolg gehad het nie. “Ek wonder nou wat eerste gebeur het. Dalk (die bewerings) oor oom Solly (Ozrovech), dalk iets wat met my gebeur het. Ek kan nie onthou nie,” het sy gesê. (Die man wat Steinmair as vierjarige gemolesteer het, het haar in 2014 per SMS gekontak om te sê hy is jammer.) Hoe kry sy dit reg om humor te gebruik selfs met so ’n gewigtige tema, wou Amid weet. “Humor is noodsaaklik. Jy moet téén die sentiment skryf en dit lig hou om mense se aandag te hou. Skryf is nie mandjies vleg nie, dis nie terapie nie. Jy moet al ’n greep daarop hê en hopelik leer mense iets daaruit. “Om ’n boek te skryf, is amper soos ’n droom, ’n bal wat aan die rol gaan en later weet jy nie wat eerste gekom het nie. Jy kry ’n idee en dan moet jy net begin.” Daar gaan nie ’n vierde boek in die reeks wees nie, sê sy. “Ek moet nuwe speelmaats kry. Ek is nou klaar met hierdie karakters en ek voel daar is soort van closure vir elkeen van hulle.” – Ilza Roggeband
Pragboek bied ure se kykplesier Noord-Kaapse Dorpe. Erfurthuis. 9 Maart.
H
ierdie boek is nie ’n baksteen nie, dis ’n betonblok. Die fotoboek Noord-Kaapse Dorpe is die produk van drie jaar se werk van dr. Jan van der Merwe, ’n antropoloog, en prof. Phillipe Burger, ’n ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat. Burger is ook ’n ywerige fotograaf. Die uiteinde is ’n indrukwekkende boek wat ure se lees- en kykplesier sal bied. “Die Noord-Kaap het my nog altyd gefassineer,” het Van der Merwe gesê. “Dis ’n onbekende geskiedenis en ’n baie diverse
omgewing.” In hulle navorsing het hulle plekke ontdek wat nie eens op kaarte was nie. “As iemand vir my ’n plek in die Noord-Kaap noem waar ek nog nie was nie, gee ek vir hulle ’n bottel wyn,” het hy gespot. Elke hoofstuk in die boek het, benewens die foto’s, ook ’n geskiedenis van die dorp, waar die naam vandaan kom asook ’n narratief van die dorp. “Daar is plekke, veral langs die kus, wat soos Sandton by die see
begin lyk, maar dan is daar plekke soos Hondeklipbaai wat nog ongeskonde is,” het Van der Merwe gesê. Die Noord-Kaap is die een provinsie waar daar nog geen plek naamveranderings was nie en ook die provinsie waar daar, volgens Van der Merwe, net een dorp is wat na ’n vrou vernoem is – Marydale. Hy het ook vertel van Pramberg waar Jan Tieties woon wie se seun as Jan Tepel bekend staan. “Almal wag nou om te kyk wat die kleinkind genoem gaan word,” het Van der Merwe geskerts. Vrystaatse Dorpe en Noord-
Kaapse Dorpe is deur Van der Merwe uitgegee. Hy is egter ook onlangs deur Moeletsi Mbeki (politieke ontleder en die broer van oudpres. Thabo Mbeki) genader vir ’n moontlike borgskap. “Hy wil graag hê ons moet die Oos-Kaap ook doen,” het Van der Merwe gesê. “Die ander provinsies wag natuurlik ook. Ek sal graag NoordWes wil doen en natuurlik is daar die Wes-Kaap. “Daar is juwele op die platteland wat wág om ontgin te word.” Noord-Kaapse Dorpe is by die ATKV Boekwinkel teen R750 beskikbaar. – Ilza Roggeband
‘Ek skryf agter my vingers aan’
‘Ja die trein loop na nêrens...’
Pat Stamatélos: My groot vet Griekse egskeiding. Erfurthuis. 11 Maart.
Die legendariese Piet Botha, Zinkplaat se Basson Laubscher, en Nadia Verster het hul aanhangers by De Vette Mossel behoorlik laat lyf skud met hul country blues. FOTO: SIMON SONNEKUS
FOTO: SALMON BECKER
Henry wil hond ’n hê Herman se paar tong-indie-kies vrae aan Henry: 1. Kaalgat of boxers? Hang af van die seisoen en die strand. 2. Mampoer of water? Die een noodsaak die ander... en andersom...
Debuutwerk bly ’n mens by Henry Cloete: Draalnoot vir ’n janfiskaal. Skywersfees. De Vette Mossel. 11 Maart. Henry Cloete is bekend as ’n rubriekskrywer, internet-ghoeroe, rockster (Die Skynmaagde) en nou ook as skrywer van Draalnoot vir ’n janfiskaal. Cloete het eintlik gepraat oor sy boek, maar het ná die tyd sommer op die verhoog gespring en wild kitaar begin speel. Gaan kyk gerus na van Die Skynmaagde se liedjies op YouTube. Dis slim en aweregs. Terug na die boek, want eintlik
is dit waaroor alles gegaan het. Die roman is ’n lang storie; ek gaan niks daarvan verklap nie. Gaan koop dit en lees dit. Al wat ek kan sê is dat ek die boek gelees het en dat dit maande later steeds by my spook. Dit is ’n verfrissende leeservaring, want daar is nog nooit so iets in Afrikaans geskryf nie. Van die beelde wat daarin voorkom, van die tonele, is amper filmies, en bly ’n mens vir ’n lang tyd by. En wanneer Die Skynmaagde weer naby jou optree, gaan check hulle uit. – Herman Lategan
3. Koos du Plessis of Kerkorrel? Ek weet nie hoe om “nog kole op die vuur” te gooi nie, dit is seker maar ’n Joburg-ding. So, Kerkorrel. 4. Kat of hond? Het nie nou sulke huismaats nie, maar eendag ’n hond. 5. Perlemoen of skaapkop? Skaapkop, maar net as ek die res van hom ook kan hou. 6. Windhoek of Tel Aviv? Nog nie ’n Tel Aviv gedrink nie, so ek sal gaan met die onbekende. 7. Carl Jung of R.D. Laing? Jung, hy’s shadowy, maar cool. 8. Musiek of woorde ’n Mens praat nie ligtelik oor sulke hipotetiese keuses nie.
’n Gepubliseerde boek het laat in haar lewe gebeur, het Pat Stamatélos in haar gesprek met Ilse Salzwedel gesê. “My ma is dood toe ek agt jaar oud was en ek het selfs in my dertigerjare nog gesukkel om dit te verwerk,” het sy gesê. “Ek het gedink ek sal my eie sielkundige wees en het die Olivetti gevat en begin tik. Later het ek gedink dis miskien ’n boek en dit na ’n uitgewer gestuur, maar hulle het ná nege maande laat weet hulle gaan dit nie publiseer nie. “Ná dertig jaar het ek dit weer uitgehaal, dit op rekenaar gesit en baie van die oorspronklike woede uitgehaal. Dit is toe by Kwela gepubliseer.” Sedertdien het Stamatélos groot sukses met haar boeke behaal. Daar was boeke met ernstige temas soos Pastoor en Val van die dice, maar ook humoristieses soos Vier Pat Stamatélos begrafnisse en ’n troue en nou My groot vet Griekse egskeiding. “Ek is in my hart ’n ernstige mens, maar jy kan nie so met ’n somber gesig deur die lewe gaan nie.” Fiksie kom maklik – “ek tik agter my vingers aan” – en sy het vertel ’n nuwe manuskrip lê reeds by haar uitgewers. Sy is ook reeds besig met ’n nuwe boek. “Ek woon in ’n aftreeoord in KwaZulu-Natal en almal daar gee raad. Die boek waarmee ek besig is, is by ’n vriendin en ek het nie ’n idee waar die storie gaan wees wanneer ek by die huis kom nie!” – Ilza Roggeband
Ink
13 Maart 2015
Bl. 11
Klassieke musiek Naudé van der Merwe het gaan kuier by ’n paar musici wat gehore by vanjaar se Woordfees oorrompel met hul bedrewenheid en talent.
D
Charl wil speel tot hy grys is
aar is ’n duidelike hiërargie in die Charl du Plessis-trio. En Charl skroom nie om dit uit te wys nie: “Ek is bo. Héél bo. Geen kwessie daaroor nie.” Dan, sê hy, kom Werner (Spies), want die kontrabas vorm die harmoniese basis van wat ons doen en dan Hugo (Radyn) se tromme. Onthou, tromme is nie regtig ’n musiekinstrument nie. Dis net interessant om na te kyk.” Dit is die soort goed wat die lede van ’n jazz-trio wat al agt jaar lank saamspeel maar van mekaar mág sê. Is daar soms ’n sweempie van jaloesie, of mededinging? “My trio-kollegas Werner en Hugo is albei ontsettend maer en my grootste vrees is om as die vette bekend te staan,” skerts Charl. “Ek is dus chronies geïnspireer om eendag soos hulle te lyk!” Maar eintlik word die jaloesie in kameraderie omgeskakel. “Ons het die vermoë om kliphard vir mekaar te lag en kan sien wanneer daar ’n mood by een van ons drie op die horison aankom. Dis gewoonlik ek of Hugo – Werner is te maer om moody te wees. Dan bly ons tjoepstil of bestel nog ’n gin en tonic.” Die kameraderie weer word omgeskakel in respek. “Hulle is my lewenslyn en
Die Charl du Plessis-trio met Hugo Radyn (links) op perkussie, Charl op klavier en Werner Spies op kontrabas. FOTO: VERSKAF inspirasie en ek kon nie vir beter kollegas in die wêreld gewens het nie.” Enigiemand wat al ’n konsert van dié trio bygewoon het, weet jy gaan lag, maar ook geroer word deur die musiek wat hulle aanpak. Die driestuk is vanjaar by die Woordfees te sien met die uitvoering Charl du Plessis-trio Speel Bach in hulle uniek styl. Dit is verlede jaar as die beste
debuutproduksie by die Vryfees in Bloemfontein bekroon en die trio het reeds na Switserland gereis. Dit is maar net een van die internasionale bestemmings waar dié groep feitlik op ’n jaarlikse basis optree. Charl, wat self al die verwerkings doen, verduidelik die inspirasie agter dié produksie: “Die tema het uitsluitlik met barokmusiek te make en ons eie
unieke interpretasie daarvan. Soos Jacques Lousier in die 1950’s begin het om barokmusiek in nuwe jazz-trio-verwerkings te omskep, hou ons hierdie tradisie lewend deur ons weergawes van bekende musiek uit dié stylperiode.” Charl, oorspronklik ’n Bloemfonteiner wat ’n dosent in klassieke- en jazz-klavier aan die Universiteit van Pretoria is, is ook al langer as 16 jaar bekend as
Nataniël se begeleier. Hy en Juan Oosthuizen (kitaar) tree weer vanjaar saam met Nataniël by die Woordfees op in die produksie Die Maak van ’n Jas. “Ek geniet dit al hoe meer om saam met Nataniël te speel omdat ek myself al hoe meer objektief kan beoordeel wanneer ek by hom is. Ek voel ek word steeds ’n meer onafhanklike persoon, selfs al deel ons ’n verhoog. “Sestien jaar gelede was dit nie die geval nie. Ek was jonk en onervare en kon nie as unieke mens langs hom staan nie,” sê Charl. Maar dinge het verander. “Ons werk baie lekker saam, lag baie en het ’n spangees soos min mense en dit kom ná baie jare se vlieg, reis, oefen, stres, gril en ervaar in sale van Roodepoort tot die Royal Albert Hall in Londen.” Charl sê hy sal in die trio wil speel tot hy eendag grys is. “Dit is vir my ’n musikale comfort zone en ’n stem wat oor jare ontwikkel het. Dit is merkwaardig dat ons drie in dieselfde stad woon en meer as 100 konserte per jaar saam speel en dit is al agt jaar die geval. Ek wil dit bly doen. Ek geniet elke konsert saam met hulle.” Die Charl du Plessis-trio tree môre om 17:30 in die Endlersaal op.
Van wonderkind tot leermeester aan haar alma mater Voor ek ’n woord oor Esthea Kruger skryf, moet ek eers ’n vrywaring verskaf: Ons was in dieselfde jaar BMus-studente aan die Universiteit Stellenbosch (US), so ons ken mekaar langer as ’n dekade. Haar reputasie het haar vooruitgeloop en reeds voor ons aan mekaar bekendgestel is, was daar gerugte van haar talent. Esthea, wat vanjaar as tydelike klavierdosent by die US aangestel is terwyl prof. Nina Schumann en Luis Magalhães met studieverlof is, het die vermoë om ander musici ontoereikend te laat voel. Dit het niks met háár te doen nie. Dit is die res van ons se gebrek
aan selfvertroue. Haar eie reis met die klavier het op vyfjarige ouderdom begin. “Dit was liefde met die eerste oogopslag,” sê sy. “So lank as wat ek kan onthou wou ek klavier speel. Ek het nooit eens ’n ander instrument oorweeg nie. Ek het altyd saam met my ma na my broer se keyboard-lesse toe gegaan en kon nie wag om self te begin nie; ek moes wag tot ek vyf word. En toe dit gebeur toe meld ek aan.” Sedertdien was daar geen keer aan haar nie. Esthea was die uitskieter-student. Sy behaal die hoogste punte in die voorgraadse kursus en in
Esthea Kruger 2009 wen sy die kanseliersmedalje – die eerste keer in tien jaar dat ’n student in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe dit ontvang. ’n Doktorsgraad in uitvoering by die bekende pianis Vladimir Viardo in Texas het gevolg waarna sy verder studeer in
Duitsland. Daar verwerf sy haar meisterklasse-diploma onder Bernd Glemser. En hier is Esthea nou – terug op haar tuisdorp om waar te neem in die plek van haar voormalige leermeesters. Les gee is iets wat sy geniet, sê Esthea. Sy het reeds in Februarie met 19 klavierstudente begin. “’n Mens moet jou benadering kan aanpas na gelang van wat die student nodig het.” En wat van die paar wat nie wil oefen nie? Sy dink ’n bietjie na. “Die studente weet wat ek van hulle verwag. Maar ek glo nie daarin om studente uit te trap wanneer hulle nie oefen nie. Hulle
is almal jong volwassenes en moet verantwoordelikheid aanvaar vir hulle eie keuses. Duitsland sal Esthea waarskynlik weer in die toekoms sien, sê sy, tot sy ’n heeltydse pos in Suid-Afrika kry. Maar vir eers is sy bly om terug te wees op Stellenbosch. “Ek geniet my familie, die berge, die son en die lekker Stellenbosse rooiwyn!” Esthea se Opkomende Ster-uitvoering is môre om 16:00 in die Fismersaal. Sy speel werke van onder andere Brahms en Reger.
Bl. 12
13 Maart 2015
Ink