Bybelverbruik

Page 1

1


INHOUDSOPGAWE BLADSY! INHOUD 4!

!

Metodologiese Verslag: Meningsopname

5 - 6! !

Metodologiese Verslag: Data Insameling & Respondente

8!

Metodologiese Verslag: Data Verwerking & Publikasie en Verspreiding

!

9 - 10!!

Opsomming: Lees

11 - 12!

Opsomming: Dink

13 - 14!

Opsomming: Doen

15 - 16!

Opsomming: Deel

17 ! !

Wat Leer Ons?

19!

Verbruik Ons Die Bybel?

!

20 - 21!

Ontsluit Die Bybel

23!

!

Addendum: Ekerk Bybelverbruik Meningsopname

24!

!

Meer Oor Ekerk Navorsing

2


3


METODOLOGIESE VERSLAG

4

Hierdie deel van die verslag het ten doel om die toegepaste werkswyse en metode van navorsing bloot te lê. Die volledige studie is empiries saamgestel insoverre die data verifieërbaar en objektief ingesamel, verwerk en gepubliseer is. Enkele streng wetenskaplike en akademiese komponente is uitgelaat ten einde voorsiening te maak vir ’n meer verteenwoordige, verstaanbare en aktuele verslag. MENINGSOPNAME Die meningsopname is saamgestel deur Mynhardt van Pletsen en Pierre Engelbrecht, onder toesig en met insette van Prof Stephan Joubert en Prof Kobus Schoeman (UOVS). Die vrae is opgestel om die volgende vier onderafdelings te toets: * Die demografiese identiteit van die respondent * In watter mate die Bybel gelees word * Hoe daar oor die Bybel gedink word * Of die Bybel aanleiding gee tot enige praktiese handelinge en gedrag * Of respondente enigsins hulle Bybelse ervarings met ander sal deel, en tot watter mate Die meningsopname bestaan uit veertien multi-keuse vrae (hierby ingesluit), met enkele geleenthede vir die respondent se eie teks insette.


DATA INSAMELING

5

Die meningsopname is in beide gedrukte en digitale formaat beskikbaar gestel. Gedrukte vraelyste is op ’n enkele A5 bladsy aan weerskante gedruk en aan respondente uitgedeel tydens die volgende geleenthede: * Bybelskole by plaaslike gemeentes * Eredienste * Skole Digitale vraelyste is saamgestel op die SurveyMonkey platform, waarna die direkte skakel op verskeie ander platforms gepubliseer is, waaronder: * Die ekerk.org webblad * Sosiale media platforms, insluitende die ekerk Facebook en Twitter gemeenskappe * Die ekerk weeklikse epos nuusbriewe RESPONDENTE Geen respondente is weerhou daarvan om die vraelys in te vul nie, net soveel as wat geen spesifieke respondente geteiken is nie. Die vraelys is met enkele uitsonderings eksklusief versprei onder beide tradisionele en informele geloofsgemeenskappe tydens byeenkomste, ten einde die opinies en menings van gewone gelowiges te peil. Respondente en gemeenskappe is nie ewekansig gekies nie, maar die demografie word deursigtig gekommunikeer, ten einde gebruikers self die geleentheid te gee om die toepaslikheid van die data en toepassings te bepaal. Na afloop van die twee maande insamelingstydperk het 1,404 respondente die menigsopname suksesvol ingevul. Die gekombineerde demografie van al die respondente lyk soos volg:


Hoe oud is jy?

Wat is jou geslag?

6


Skakel jy aktief by ‘n plaaslike gemeente in?

Waar is jy woonagtig?

7


DATA VERWERKING 8

Die navorsingspan het die rou data verwerk, en gegewe die vier hoofgroeperinge van lees, dink, doen en deel, die data gesorteer om die vrae soos aan die begin van hierdie verslag gestel so doeltreffend as moontlik te kan antwoord. Die SurveyMonkey elektroniese platform is ingespan om die data volledig weer te gee en getalle en persentasies korrek te bereken. Tydens die dataverwerking-proses is gepoog om die onderliggende patrone, neigings en tendense van Bybellesers en gebruikers te identifiseer. Die insigte wat deur hierdie proses ingewin is, het weer op hule beurt gedien as riglyne vir die formulering van spesifieke tekortkominge in gelowiges se Bybel-gewoontes. Die identifisering van hierdie gapings was insiggewend, en het die navorsingspan uiteindelik in staat gestel om praktiese toepassings vir plaaslike gemeentes en geestelike leiers voor te stel, ten einde gelowiges se Bybel-blootstelling vir meer effektiewe lewensverandering en geestelike groei te rig. PUBLIKASIE EN VERSPREIDING Die finale teks is saamgestel deur die hele navorsingspan, en al die medewerkers het bygedra tot die finale verwoording van beide die data en die toepassings daarvan. Die verslag is so uitgelê om ’n maklike lees ervaring te fasiliteer, en word in ’n elektroniese formaat gepubliseer wat maklik aflaaibaar en deelbaar is. Die verslag word ook vergesel deur ’n stel infografika illustrasies, wat elke komponent van die navorsing eenvoudig en verstaanbaar uitbeeld. Hierdie grafika kan dan ook deur gebruikers apart afgelaai en gebruik word in die aanbieding en verspreiding van die verslag. Die publikasie is beskikbaar op ekerk.org, en sal wyd bemark en bekendgestel word op al die ekerk elektroniese kommunikasie kanale, asook tydens enige en alle ekerk optredes, seminare en ander aflyn-byeenkomste. Die verslag en die grafika is onderhewig aan ’n Creative Commons kopiereg lisensie, wat beteken dat enige gebruiker die materiaal kosteloos kan aflaai en gebruik vir nie-kommersiële doeleindes, insoverre die karakter en strekking van die verslag nie verander of aangepas word nie.


OPSOMMING VAN DIE DATA LEES Ons verstaan en uiteindelike doen van die Bybel, begin tog by hoe dikwels, korrek en deeglik ons die Bybel lees! Die navorsing toon aan dat gelowiges die Bybel gereeld lees, met tot 66% van die respondente wat aangedui het dat hulle die Bybel daagliks lees. 20% van die mense lees die Bybel weekliks, 2% lees maandeliks, terwyl onderskeidelik 10% en 2% aangedui het dat hulle die Bybel selde of nooit sal lees. ’n Oorwegende meerderheid dui aan dat hulle verkies om die Bybel in die aand te lees, terwyl die kleinste persentasie mense die Bybel hoegenaamd deur die dag sal lees. Slegs 2 uit elke 100 lesers erken dat hulle ooit ’n Bybelboek of meer op een slag sal deurlees, terwyl die meeste lesers verkies om hulle met enkele versies op ’n slag besig te hou.

9


10


DINK Hoe, wanneer en waar ons die Bybel oordink het ’n groot invloed op of die Woord enigsins ons lewens beïnvloed. Ons sien dat tot 67% van gelowiges hulle tradisionele Bybellees- of stiltetyd beperk tot 15 minute of minder, wat min tot geen tyd toelaat vir enige reflektiewe gedagtes of gebed. 25% sal 30 minute of minder daagliks in die Woord spandeer, terwyl ’n minderheid van 14% ooit meer as 30 minute opsy sal sit vir die lees en oordink van die Woord. Op die vraag of mense die Bybel by die huis of by enige ander plek lees, het slegs 5% van alle respondente erken dat hulle die Bybel by die werk, winkels, kuierplekke of enige ander plek behalwe die huis sal lees. Vir 95% van alle gelowiges word die Bybel uitsluitlik by die huis gelees. Wat die verskillende dele van die Bybel aanbetref, verkies ’n meerderheid van 67% om in die Nuwe Testament tyd te spandeer, terwyl die oorblewende 33% die Ou Testament verkies. Wanneer respondente egter kan kies tussen kleiner komponente van die Skrif, verkies die meeste mense, tot 47%, die tekste in Psalms en Spreuke! Verder lees mense die graagste Paulus se briewe (31%), die evangelies (25%), profetiese boeke (13%), die historiese tekste (5%), en dan laastens die wettiese geskrifte (3%).

11


12


DOEN Dis wanneer ons lees en oordenking van die Bybel uiteindelik ons gedrag en oortuigings beïnvloed, dat die Woord meer as net ’n studieboek word, en raak dit ’n leefboek wat waarlik ons lewens verander. Mense antwoord oorwegend positief op enige tipe vrae wat handel oor die praktiese toepassing van die Bybel. Tot 75% noem dat die Bybel, ten spyte van veranderende tye en kulture, steeds relevant is tot hulle alledaagse lewens. Dieselfde hoeveelheid respondente het ook aangedui dat hulle gereeld hulle eie gedrag sal aanpas na aanleiding van wat hulle in die Bybel raakgelees en oordink het. Dit mag dalk wees dat gelowiges sal huiwer om aan te dui dat die Bybel min tot geen praktiese toepassing in hulle lewens vind nie. Met die in gedagte neem ons ook die voorafgaande en hieropvolgende statistiek in ag ten einde waarlike lewensimpak te peil.

13


14


DEEL As dit waar is dat ‘wat die hart van vol is, loop die mond van oor’, dan behoort ons te sien dat Bybel-gebruikers se veranderende gedrag en verskuiwende oortuigings deel vorm van hulle gesprekke met vriende, familie en selfs kollegas. Op die vraag of gelowiges hulle ervarings in en om die Bybel met ander deel, het die grootste komponent van die respondente geantwoord dat hulle dit soms of partykeer doen. Slegs ’n derde van Bybellesers is in die gewoonte om met ander daaroor in gesprek te tree. Mense het aangedui dat hulle eie stiltetyd die geleentheid is waar hulle meeste met die Bybelteks in aanraking kom (60%). Tweede meeste was tydens eredienste (40%), dan in geestelike literatuur (17%), en dan tydens gesprekke met vriende of familie (9%). Die plek waar gelowiges die Bybel die minste opmerk, was in die media (7%). Dit wil blyk dat alhoewel gelowiges gereeld met die Skrif te doen het, dit glad nie deursypel in hulle verhoudings met ander mense nie.

15


16


WAT LEER ONS?

17

Daar is dus twee groot leemtes in gewone mense, kerkgangers, Bybellesers en gelowiges se verstaan en toepassing van die Woord: Die Bybel vorm oor die algemeen nie deel van gelowiges se dag tussen 8 uur in die oggend en 5 uur in die middag nie. Die Bybel word geïsoleer tot ’n studieboek wat soos volg gelees word: 1. By die huis 2. In die aand voor ons gaan slaap 3. Enkele versies op ’n slag 4. Hoofsaaklik uit Psalms en Spreuke uit Die Bybel vorm oor die algemeen nie deel van die gesprekke wat gelowiges op informele manier met familie, vriende of kollegas voer nie. Hulle Bybelse ervarings is inherent: 1. Persoonlik 2. Privaat 3. Bedoel vir spesifieke voorafbepaalde geestelike plekke en situasies 4. Afwesig in die gewone loop van sake As leraars en geestelike leiers gelowiges wil begelei in ’n sinvolle en betekenisvolle verhouding met die Skrif, sal ons moet aandag skenk aan die bogenoemde twee leemtes, en saam aan maniere dink hoe ons die Woord van God ’n leefboek kan maak vir gewone mense — iets wat nie net ’n spesifieke tyd en plek het nie, maar eerder soos water elke greintjie van ons lewens beslaan.


18


VERBRUIK ONS DIE BYBEL?

19

Verbruikersmentaliteit kan gesien word as die selfgesentreerde najaag, sosiaal en ekonomies, van objekte om daarin ’n unieke identiteit te vind. Dit word gesien in die koop van die ‘regte’ objekte soos klere of karre waar daar ’n sekere identiteit aan gekoppel is. Dus is wat jy kry, waar jy bly en wat jy ry al wat noodsaaklik is vir jou en waarin jy jou identiteit vind. As ons die vraag dan vra of ons die Bybel benader en lees met hierdie verbruikersmentaliteit, dan moet ons eers kyk na die bogenoemde data: Ons sien heel eerste dat 66% daagliks die Bybel lees, maar dat die meeste dit in die aand lees en amper niemand dit deur die dag lees nie. Dit kan daarop dui dat die mense die Bybel benader met hulle lang dag in hulle bewussyn. Die Bybel word dus benader met my dag se probleme en dit is dan die bril waarmee ons antwoorde soek in die Bybel. Dit in plaas van die Bybel in die oggend lees met die vraag hoe God jou kan gebruik deur die dag vir ander mense in plaas van vir my eie gewin. Die volgende stel data wys vir ons dat 67% van die mense 15 minute of minder tyd spandeer met die Bybel. Dit is baie moeilik om die konteks van die Bybel of die boek waarmee jy besig is korrek of heeltemal te begryp binne hierdie 15 minute. Dan praat ons nie eers van of die hele Bybelboek gelees kan word in daai 15 minute nie, want die data wys ons ook dat slegs twee uit 100 mense lees ’n hele Bybelboek op ’n slag. Dit dui daarop dat ons vinnig na die Bybel gaan met ons dag as vraag en waar ons binne 15 minute ’n antwoord soek. Ons benader die Bybel soos ’n kitsdieet waar ons binne 15 minute resultate soek. Die data wat aandui dat 47% van die mense Psalms en Spreuke verkies as hulle die Bybel benader, ondersteun hierdie probleem. Die laaste stel van die data vra hoe ons dit wat ons lees in die Bybel deel met ander mense. Die data wys ons dat 60% kom die meeste in aanraking met die Bybel as hulle dit self lees, en ’n tweede plek waar hulle die meeste in aanraking kom met die Bybel is tydens ’n erediens. Dit dui daarop dat die Bybel primêr as ’n persoonlike boek benader word waar dit relatief min gedeel en bespreek word in gemeenskap of met ander. Ons het gesien dat ’n verbruikersmentaliteit ’n najaag van ‘ek’ is. Die data wys ons dat die Bybel benader word met hierdie selfde ‘ek’ mentaliteit; wat kan ‘ek’ kry uit die Bybel uit? Wat kan die Bybel vir ‘my’ beteken na ‘my’ dag? En ek benader die Bybel in ‘my’ eie tyd en wanner dit ‘my’ pas. Dit alles wanneer ons gelees het dat die Bybel gelees moet word en gedeel moet word in gemeenskap waar ons God se roepstem moet hoor om Sy Koninkryk te laat kom. Dus altyd gemeenskaps-gerig, op my naaste.


ONTSLUIT DIE BYBEL Ten spyte van al die mooi kerklike belydenisse dat die Bybel die Woord van God is, is dit in sement gegiet langs die meeste mense se bedkassies. Dit het ’n lewensvreemde Boek vir vele geword wat hoogstens nog “stiltetyd-status” geniet. Geen wonder nie dat die bekende kerknavorser, George Barna, aan die einde van 2009 die volgende oor die rol van die Bybel skryf (Joubert 2012:19): “When people read from the Bible they typically open it, read a brief passage without much regard for the context, and consider the primary thought or feeling that the passage provided. If they are comfortable with it, they accept it; otherwise, they deem it interesting but irrelevant to their life, and move on. There is shockingly little growth evident in people’s understanding of the fundamental themes of the scriptures and amazingly little interest in deepening their knowledge and application of biblical principles.” PLAASLIKE BYBELVAARDIGHEDE Wat Suid-Afrika betref, bevind studies deur die Pew Forum on Religion, Afro Barometer, en Ipsos se “Global Advisory” dat 87% van plaaslike mense hulleself as Christene beskou, 62% lees die Bybel saam met hul kinders, 92% glo die Bybel is die Woord van God, 78% glo nog in wonderwerke, en 73% glo die Bybel moet letterlik, woord vir woord, verstaan word. Tog bevind hierdie studies verder dat “... 88% mense meen dat net diegene wat ’n goeie lewe leef gaan hemel toe, 67% glo God gee gesondheid en rykdom aan diegene wat hard genoeg glo, 42% lees die Bybel een keer per week, 54% bring steeds offers aan voorvadergeeste, 52% glo in reïnkarnasie, 47% besoek tradisionele genesers, en moontlik die skokkendste in terme van vergelykings rakende die algemene en morele gedrag van Christene en nieChristene — daar is net ’n 1,2% verskil tussen hulle algemene gedrag te bespeur. Ten spyte van mooi belydenisse oor die Bybel, raak dit eenvoudig nie grond in die korrekte etiese gedrag deur gelowiges nie. Op ’n dag tot dag basis is daar weinig waarneembare verskil tussen die leefwyse van Christene en nie-Christene (Joubert 2012:22).”

20


Koersaanduiders vir effektiewe “Bybel-lewendes”

21

Die Bybel bestaan uit twee testamente, met onderskeidelik 39 en 27 boeke, wat vanuit verskillende invalshoeke vertel God se reddingspad met sy mense en sy wêreld. 1.

2. 3.

4.

5.

6.

Die grootste deel van die Bybel is in verhaalvorm geskryf. God praat nooit in losstaande verse nie, maar in paragrawe, hoofstukke en boeke. Verse en hoofstuk indelings was nooit deel van die oorspronklike geskrifte nie. Stephen Langton is min of meer die eerste persoon wat doer in die dertiende eeu die hoofstuk-indelings vir die Bybel invoeg, soos wat ons dit vandag ken. Wat huidige vers-indelings betref: dit word so laat as 1551 gedoen deur Robert Stephanus. Die Bybel was van die begin af een aaneenlopende teks. Die verskillende Bybelboeke moet daarom van voor tot agter deurgelees word om goed te hoor wat God in elke afsonderlike boek sê. Die Bybel het oorspronklik binne ander kulture en in ander tale ontstaan as ons eie. Ons moet elke Bybelboek se historiese agtergrond in ag neem, anders hoor ons die Bybel verkeerd. Die Bybel is ook vir ons bedoel, maar dit is nie eksklusief vir ons bedoel nie. Ons is nie die eerste lesers van die Bybel nie. Daarom kan ons nie alle beloftes en profetiese uitsprake eksklusief op onsself toepas nie. Regdeur die eeue het God met sy mense deur die Skrif gepraat, asook met ons in ons dag. Die Bybel is bedoel as ’n lees- en leefboek. Ons moet dit nie slegs voor slaaptyd lees as ’n blote “stiltetydboek” nie. Die Bybel is bedoel om dag en nag oordink te word. Dit is bedoel om geëet te word en om deel van ons daaglikse metabolisme te wees. Dit is bedoel om op die lewenspad saam met ons te reis ten einde die lig op ons pad te wees. Die kruis van Christus staan as die brug tussen die Ou Testament en Nuwe Testament. Jesus is die volle openbaring van God. Ons moet beide testamente van die Bybel deur Hom en vanuit sy verlossingswerk aan die kruis lees en verstaan. Sy dood en opstanding is die bril waardeur ons nou terugkyk na God se Eerste Testament en vorentoe kyk na sy Nuwe Testament. Die Bybel is die swaard van die Gees. As die ware Outeur staan Hy agter al die menslike skrywers. Hy inspireer die Bybel self al het die verskillende skrywers hulle eie unieke persoonlikhede, styl en kontekste behou. Slegs die Heilige Gees maak die Bybel lewend. Deur sy oortuigingskrag val die skille van ons oë af om God raak te sien. So nie, is die Bybel maar net letters op papier.

Bron: Joubert, S. 2012. Ontsluit die Nuwe Testament. Vereniging: C.U.M.


22


23


24

MEER OOR EKERK NAVORSING Ekerk Navorsing wil leiers en organisasies help om versigtig te luister, vinnig te leer en voluit te leef! Saamgestel deur Dries Cronje, Pierre Engelbrecht, Stephan Joubert & Mynhardt van Pletsen.

Vir meer inligting oor Ekerk Navorsing, besoek gerus www.ekerk.org. Om hierdie inhoud in seminaar vorm te laat aanbied, kontak gerus vir pierre@ekerk.org. Dankie dat jy gelees het!

Š Ekerk Vereniging 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.