Gebed metodologiese verslag pdf

Page 1


METODOLOGIESE VERSLAG! ! !

Hierdie deel van die verslag het ten doel om die toegepaste werkswyse en metode van navorsing bloot te lĂŞ.!

!

Die volledige studie is empiries saamgestel insoverre die data verifieerbaar en objektief ingesamel, verwerk en gepubliseer is. Enkele streng wetenskaplike en akademiese komponente is uitgelaat ten einde voorsiening te maak vir ’n meer verteenwoordigende, verstaanbare en aktuele verslag.

!

! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! !


MENINGSOPNAME! ! !

Die meningsopname is saamgestel deur Mynhardt van Pletsen en Pierre Engelbrecht, onder toesig en met insette van Prof Stephan Joubert.!

!

Die vrae is opgestel om die volgende vier onderafdelings te toets:!

! • • • • •

Die demografiese identiteit van die respondent! Hoe gebed daagliks aangewend word! Waar en wanneer gebid word! Waarvoor daar oor die algemeen gebid word! Wat die verwagte gevolg van gebed is!

!

Die meningsopname bestaan uit negentien multikeuse vrae (hierby ingesluit), met enkele geleenthede vir die respondent se eie teks insette.

! ! ! !

!

! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! !

DATA INSAMELING! ! !

Die meningsopname is in beide gedrukte en digitale formaat beskikbaar gestel.!

!

Gedrukte vraelyste is op ’n enkele A5 bladsy aan weerskante gedruk en aan respondente uitgedeel tydens die volgende geleenthede:!

!

• Bybelskole by plaaslike gemeentes! • Eredienste! • Plaaslike geloofsgemeenskappe!

!

Digitale vraelyste is saamgestel op die SurveyMonkey platform, waarna die direkte skakel op verskeie ander platforms gepubliseer is, waaronder:!

!

• Die ekerk.org webblad! • Sosiale media platforms, insluitende die ekerk Facebook en Twitter gemeenskappe! • Die ekerk weeklikse epos nuusbriewe


RESPONDENTE! ! !

Geen respondente is weerhou daarvan om die vraelys in te vul nie, net soos daar ook geen spesifieke respondente geteiken is nie.!

!

Die vraelys is met enkele uitsonderings eksklusief versprei onder beide tradisionele en informele geloofsgemeenskappe tydens byeenkomste, ten einde die opinies en menings van gewone gelowiges te peil. Respondente en gemeenskappe is nie ewekansig gekies nie, maar die demografie word deursigtig gekommunikeer, ten einde gebruikers self die geleentheid te gee om die toepaslikheid van die data en toepassings te bepaal.!

!

Na afloop van die twee maande insamelingstydperk het 895 respondente die verslag suksesvol ingevul. Die gekombineerde demografie van al die respondente lyk soos volg:!

!

• • • •

Hoe oud is jy?! Wat is jou geslag?! Waar is jy woonagtig?! Skakel jy aktief by ’n plaaslike gemeente in?

!

! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! !



DATA VERWERKING! ! !

Die navorsingspan het die rou data verwerk, en gegewe die vier hoofgroeperinge van hoe, waar, waarvoor en wat, die data gesorteer om die vrae soos aan die begin van hierdie verslag gestel so doeltreffend as moontlik te kan antwoord.!

!

Die SurveyMonkey elektroniese platform is ingespan om die data volledig weer te gee en getalle en persentasies korrek te bereken.!

!

Tydens die data verwerking proses is gepoog om die onderliggende patrone, neigings en tendense van die deelnemers te identifiseer. Die insigte wat deur hierdie proses ingewin is, het weer op hulle beurt gedien as riglyne vir die formulering van spesifieke tekortkominge in gelowiges se gebedsgewoontes.!

!

Die identifisering van hierdie gapings was insiggewend, en het die navorsingspan uiteindelik in staat gestel om praktiese toepassings vir plaaslike gemeentes en geestelike leiers voor te stel, ten einde gelowiges se gebedsgewoontes vir meer effektiewe lewensverandering en geestelike groei te rig.

!

! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! !

PUBLIKASIE EN VERSPREIDING! ! !

Die finale teks is saamgestel deur die hele navorsingspan, en al die medewerkers het bygedra tot die finale verwoording van beide die data en die toepassings daarvan.!

!

Die verslag is so uitgelê om ’n maklike lees ervaring te fasiliteer, en word in ’n elektroniese formaat gepubliseer wat maklik aflaaibaar en deelbaar is. Die verslag word ook vergesel deur ’n stel infografika illustrasies, wat elke komponent van die navorsing eenvoudig en verstaanbaar uitbeeld. Hierdie grafika kan dan ook deur gebruikers apart afgelaai en gebruik word in die aanbieding en verspreiding van die verslag.!

!

Die publikasie is beskikbaar op ekerk.org, en sal wyd bemark en bekendgestel word op al die ekerk elektroniese kommunikasie kanale, asook tydens enige en alle ekerk optredes, seminare en ander aflyn byeenkomste.!

!

Die verslag en die grafika is onderhewig aan ’n Creative Commons kopiereg lisensie, wat beteken dat enige gebruiker die materiaal kosteloos kan aflaai en gebruik vir nie-kommersiële doeleindes, insoverre die karakter en strekking van die verslag nie verander of aangepas word nie.



MEER OOR EKERK NAVORSING !

Ekerk Navorsing wil leiers en organisasies help om versigtig te luister, vinnig te leer en voluit te leef! Saamgestel deur Dries Cronje, Pierre Engelbrecht, Stephan Joubert & Mynhardt van Pletsen. Vir meer inligting oor Ekerk Navorsing, besoek gerus www.ekerk.org. Om hierdie inhoud in seminaar vorm te laat aanbied, kontak gerus vir pierre@ekerk.org. Dankie dat jy gelees het! ! Š Ekerk Vereniging 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.