3 minute read

Review: Ford Ranger Stormtrak

Next Article
Classifieds

Classifieds

Ford Ranger Stormtrak Text: Franco Theron Images:Ford S.A. Die huidige Ford Ranger is al op die mark sedert 2011 en is steeds ’ n treffer in terme van verkope. Hoewel die nuwe generasie Ranger amper hier is, verkoop die huidige Ranger modelle steeds baie goed. Ford het onlangs die “Stormtrak” weergawe bekend gestel as ietwat van ’ n laaste “hoera” vir hierdie generasie.

Advertisement

Die voordeel van Ford se Ranger bakkies, is dat dit plaaslik vervaardig word in Pretoria en dus die parte vinnig bekombaar en relatief bekostigbaar maak. Hierdie, gepaard met Ford se 10-spoed outomatiese ratkas, maak dit uiters vaardig as ’ n werks-voertuig, maar ook as ’ n stedelike voertuig. So gerusstellend is hierdie ratkas, dat die revolusies konstant onder ’ n sagte 2000 toer, terwyl die 2.0l dubbel-turbo enjin nie stadig is om die 157kW en 500Nm te lewer nie. Rondom die Wes-Kaap, sowel as nasionale paaie, het hierdie ratkas dus ’ n puik brandstof verbruik van 9.2l / 100km gelewer, terwyl die enjin en algehele padgeraas onopmerkbaar gegaan het. Hierdie is te danke aan die maksimum krag, wat verkry word teen ’n lae 1500 – 2000 opm, terwyl die maksimum kW teen 3750 opm blootgestel word. Die Stormtrak is eintlik dieselfde bakkie as ‘ n Ranger Thunder, wat ons in 2020 getoets het. Die enigste verskil is natuurlik die kleur skema, sowel as die bykomende elektroniese rolluik, wat met die Stormtrak kom (as standaard). Hierdie laasgenoemde funksie maak die Stormtrak model uiters prakties en kan eenvoudig deur ’ n druk van ’ n knoppie op die sleutel, of binne die kajuit beheer word. Ons praat hier uit ondervinding, siende dat ons te veel die afgelope tyd gesukkel het om swaar rol- of materiaal luike probeer ahaal het. Saam met die elektroniese rolluik, kom daar ook ’ n verdeler, wat bagasie verder kan kompartementaliseer, soos die van braaihout en ‘ skoon ’ bagasie. Hierdie verdeler kan maklik uitgehaal word, sowel as verskuif word.

Die rede waarom bakkies vervaardig en gekoop word, is eerstens om prakties en effektief te wees. Met ’ n sterk aanvraag vir hierdie voertuie om in die stad gebruik te word, skuif die kwessie van diefstal in die lig. Kopers wil graag goedere buite sig in hul voertuie plaas, nes in ’ n SNV. Hierdie elektroniese rolluik is dus die perfekte antwoord. Binne is die Stormtrak dubbelkajuit baie oorreenstemmend met die Thunder en Wildtrak modelle. ’n Kombinasie van leer sitplekke, die Sync3-inligtingstelsel met foonkonneksie, gemaklike beenspasie in die agterste sitplek ry, sowel as elektroniesverstelbare en verhitbare voorsitplekke, maak hierdie een van die voorlopers in die bakkie mark, as dit by algehele gemak kom. Die Ranger se stuurkolom was ook nog altyd een van die ligste en mees maklik beheerbare op die mark. Om die Ranger te bestuur, is selfs meer gemaklik as vele nuwe klein SNV’ s op die mark. Terwyl die nuwe Ranger generasie ingewag word, is daar steeds ’ n goeie rede om die huidige model te koop. Die Stormtrak model dui aan waarom Ford steeds een van die topverkopers is, wanneer dit by bakkies kom. Die Stormtrak (4×2) word tans verkoop vir R815 100, terwyl die 4×4 weergawe ietwat duurder is teen R874 100. Elk van hierdie bakkies, word nuut met ‘ n 4jaar / 120 000km waarborg, en ‘ n 6-jaar/ 90 000km diensplan verkoop.

“ ...is dus die perfekte antwood... ”

This article is from: