‘n Nuwe Era 2019 JAARBLAD
2020
2021
l l l 2022 l In 2022 sal eeu oue tradisies nagelaat word
DIE HOËRSKOOL RUSTENBURG
MATRIEK 2019
2
INHOUD VOORWOORD VAN HOOF & ADJUNKHOOFDE............................................4 DEPARTEMENTSHOOFDE & VAKHOOFDE.................................................... 5 ONS GROET MNR. DANIE GREYLING......... 6 ADMINISTRATIEWE PERSONEEL................ 7 SPORT PERSONEEL & TERREIN ASSISTENTE...................................8 GESKIEDENIS VAN SKOOL........................... 9 MATRIEKS GROET........................................ 10 RUSTIERAAD, VLR & OMGEELEIERS................................................ 11 MATRIEKRAAD.............................................. 15 KOSHUISRADE.............................................. 16 RHS MATRIEKUITSLAE 2018..................... 18 PRYSUITDELING........................................... 20
GRADE: • GRAAD 8...................................................26 • GRAAD 9.................................................. 33 • GRAAD 10................................................ 40 • GRAAD 11................................................. 46
SKOOLLIED 1. Teen die hange van Magalies met sy fiere Eeufeestop deftig rys die Rustenburgse Hoërskool teen die bloue hemel op; wie se leuse, hoog en edel, elke leerling moet bewaar: Ken jouself in woord en wandel, wees getrou waar jy ook vaar. (2x) 2. Ken jouself by les en studie, op kultuur- en sportgebied. Ken jouself in die vervulling van jou naasteliefd’ en plig. Eer en roem moet jy versamel vir jou skool en dorp alom; nie alleen in jongelingsjare maar tot gryse ouderdom. (2x) 3. Deur jou skool is jy ontwikkel Ja, gestaal ook vir die taak wat jy eendag so sorgvuldig sal moet uitvoer hier op aard Dink terug aan lang vervloë blye jeugherinnerings, neem die grootste plek nog altyd, jy ons Skool, in harte in. (2x) 4. Teen die hange van Magalies met sy fiere Eeufeestop deftig rys teen bloue hemel, jy, my Hoërskool, altyd op. Ken jouself en bloei bestendigook die nakroos sal jou eer vir die volk deur jou gevormVaderland en God tot eer! (2x)
• KRINGE IN DIE BOS............................... 52 • GRAAD 12................................................ 54 • MATRIEKAFSKEID.................................. 62 • VALENTYNSBAL..................................... 65
SPORT.......................................................... 66 KULTUUR....................................................114 • AITSA-TOEKENNING............................ 122 • DIE FICUS-KOERANT...........................123 • REVUE......................................................130 • KUNSWERKE..........................................134
SKAKEL: KOOR BOHEMIAN RAPSODY SKAKEL: MATRIEKAFSKEID 2019 SKAKEL: MNR. EN MEJ. RUSTIE SKAKEL: KRINGE IN ‘N BOS
• MNR. & MEJ RUSTIE............................136
RHS-PERSONEEL..................................138
3
VOORWOORD VAN HOOF Die Onse in My pond Teen die hange van die Magalies rys die Hoërskool Rustenburg… suksesvol en stewig gegrondves met ons belangrikste bate – MENSE. Leerders, opvoeders en ouers wat groot droom en dan die daad by die woord voeg, wat proaktief en doelgerig strewe na dit wat die beste is. Ons mik altyd na hoër en kyk altyd verder en bereik die hoogtes wat ander laat duisel... Hierdie boom se wortels is diep geanker en word gevoed uit ‘n tradisie van 97 jaar. By Ons skool is My sukses Ons sukses en Ons sukses is ook My sukses. Prestasie en mylpale word deur Ons almal gevier, want ons is ‘n skool. Deur harde werk, selfdissipline, toegewyd doelwitgedrewe, kan ons skool ook ons plek in die onderwys van die land afbaken.
Rusties – waardeer dit wat julle het, waardeer die onderwysers, die buitemuurse aktiwiteite en akademiese eise, want voor jy jou oë knip, is dit deel van die verlede en bly slegs die foto’s oor van ʼn onbesorgde jongmenslewe wat verby is. Neem dus jou tyd en blaai rustig deur die jaarblad kyk na elke foto en herleef elke oomblik in stadige aksie. “Eenmaal ʼn Rustie, altyd ʼn Rustie!” Ons as RUSTIES staan vir R = RESPEK U = UITNEMENDHEID S = SELFDISSIPLINE T = TOEGEWYDHEID I = INTEGRITEIT E = EMPATIE S = SELFSTANDIGHEID Rustiegroete D. GREYLING
Dit is hier waar akademie, sport en kultuur hande vat sodat ons Rustie-kinders binne vyf jaar hulself leer ken – NOSCE TE IPSUM – hulle eie voetspore vind om selfstandig na hul skooljare te kan funksioneer.
Danie Greyling Waarnemende Hoof (2017 - 2019)
By Ons word kreatiwiteit aangemoedig, inisiatief beloon, geleenthede geskep en menslike potensiaal ontwikkel.
1984 - 2019 (35 jaar by die Hoërskool Rustenburg)
Ek is ‘n trotse Rustie. Is JY?
ADJUNKHOOFDE
Anita van Heerden (2002-2019) Finansies & Openbare betrekkinge
Willie Ochse (1991-2019) Gr. 10 - 12 Akademie & Geestelik maatskaplik
Andries Minnaar (1991-2019) Geboue, Terrein & Koshuis
Mardie Steenekamp (2013-2019) Gr. 8 - 9 Akademie & Kultuur
Rusties verwelkom ons nuwe Hoof Mnr Hennie Pieterse (1 November 2019)
4
Victor Schultze (2010-2019) Sport & Sosiaal
DEPARTEMENTSHOOFDE
Marianne Ray LO
Manda Nelson Wiskunde
Hilde Ross Engels
Michelle Pieterse Natuurwetenskappe
Elmarie Geldenhuys Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe & Kultuurhoof
Amori Korb Wiskundige Geletterdheid & Kuns
Sandra van der Spuy Afrikaans Huistaal
Niёl Blignaut Sosiale Wetenskappe
VAKHOOFDE
Elsa Morris Afrikaans Huistaal
Louwrene Coetzee Engels
Jean Grobler Natuurwetenskappe
Amanda Nel FT / RTT
Melinda Coetzee Opvoedkundige Leiding
5
ONS GROET MNR DANIE GREYLING (WAARNEMENDE HOOF)
“Leierskap is aksie, nie posisie nie” Mnr. Danie Greyling het vir die afgelope drie jaar die posisie van waarnemende hoof beklee. Die bogenoemde aanhaling is bewys dat hy by uitstek ‘n man van aksie is, maar ook ‘n innoverende denker- die ideale man om die skoene van skoolhoof vol te staan! Alhoewel mnr. Greyling nie die jaar aftree nie (wel volgende jaar), neem ons afskeid van hom as hoof. Mnr. Herman Venter, ‘n voormalige skoolhoof, se opsomming van mnr. Greyling spreek boekdele: “Hy kan innoverend dink, besluite neem, standpunt inneem, aanmoedig en inspireer, maar ook teregwys en vermaan waar dit nodig is. Sy optrede is altyd ‘n toonbeeld van kalmte - hy voel homself selde bedreig in ‘n situasie.” Hierdie optrede bevesig ook die feit dat sy weermagopleiding van hom die man gemaak het wat hy vandag is. Hy vertel graag staaltjies uit sy weermagdae waar hy ook die rang van majoor beklee het. Die Rusties was trots om mnr. Greyling as hoof te hê. Hy is altyd netjies en professioneel en het sekerlik die blinkste skoene in die ganse Rustenburg! Hy is waardegedrewe en leef sy waardes uit sonder om hoogheilig te wees. Hy het ‘n stoute kant, wat die personeel altyd baie geniet. Sy stories getuig van ‘n speelsheid, fyn waarnemingsvermoё en ‘n sin vir humor. Mnr. Greyling is ‘n familieman wat alles sal gee vir sy gesin. Hy het egter die personeel en leerders ook as familie beskou en onder sy vlerk geneem. Sy deur was vir almal oop. Hy was betrokke by RHS vanaf 1985, waar hy as Wiskundeonderwyser begin het. Hy was ‘n geliefde onderwyser, ‘n mens wat met mense kan werk. Hy was vrygewig met sy tyd en sou enigiets doen vir sy kollegas, leerders en medemens, en het as rolmodel in kinders se lewens bygedra om kinders se lewensomstandighede te verbeter. Vanaf 1986 tot 2006 was mnr. Greyling atletiekorganiseerder. Hy was deel van ‘n groep mense wat RHS se atletiek help lig het tot waar ons herhaaldelik interhoёrwenners was tot en met die tyd toe interhoёratletiek in Rustenburg doodgeloop het. Mnr. Greyling het ook in rugby as ‘n puik afrigter (“Coach”) sy merk gemaak en was in 1995 saam met mnr. Dawie Naudé afrigters van die eerstespan wat in die Direkteurstrofee se finaal gespeel het. Daarna het mnr. Greyling en mnr. Minnaar in 2004 en 2005 onderskeidelik die Beeldtrofee gewen met hulle O/15 en O/16-spanne. Wat die skool betref, los hy beslis ‘n nalatingskap met sy bydrae tot nuwe geboue en opknapping van die terrein. Hy het onder meer deel gehad in die beplanning en oprigting van Klub 500, die konferensielokaal, personeelwoonstelle, nuwe klaskamers, die verandering van die Den en die bou van die onthaallokaal. Hy was in beheer van die koshuise en het die tradisie van sementvoetspore begin. Sy nalatenskap lê ook in die onderhandeling vir die Spar-gronde en die omskepping van die bushalte na die Hexrivierkwekery. Die feit dat mnr. Greyling op die beheerliggaam as gekose lid vanaf 1988 tot op hede gedien het, getuig van die onwrikbare vertroue wat die personeel in hom het. Hy is ‘n man wat waardegedrewe is en was ‘n voorbeeld vir ons almal as ‘n ware leier. “A leader is one who knows the way, goes the way and shows the way.”- John Maxwell Dankie vir alles, mnr. Greyling. Ons salueer u!
6
Danie Greyling Waarnemende Hoof
So ken ons mnr. Danie.
ADMINISTRATIEWE PERSONEEL
Cas Aucamp Faktotum Terrein
Anette Boshoff Dataprosesseerder
Nola Davel Hoof se Sekretaresse
Vanessa Jv Rensberg Koshuismatrone
Petro Grobler Debiteure Klerk
Hantie Meyer Invorderings
Dineo Mogotsi Administrasie
Theresa Graham Rekenmeester
Rita Visser Kassiere
Magda Schutte Administrasie
Juliette Snyman Invorderings
Debbie Stanvliet Ontvangsdame
Doreen van der Berg Finansiële Koördineerder
Leanri Williamson Finansiёle Klerk
Ronel du Toit
Elandri Vorster Skakelbeampte & Bemarking
Franco Pearson IT
Sonja van Lille Laboratorium Assistent
Elmarie Venter Skoolberader
Skakelbeampte Borge & Advertensies
Kobus Voster Faktotum Geboue
Dissipline is die brug tussen doelwitte gestel en doelwitte bereik!
Jan Fourie Dissiplinêre Beampte
Ja, Goddelike dissipline wat gegee word met die doel om iemand reg te help, gaan altyd gepaard met liefde en geduld. 7
SPORT
Victor Schultze Adjunkhoof: Sport
Attie Strauss Sportbemarking
Lizca Marrier d’Unienville Sportsekretaresse
Eugene le Maitre Sportwetenskaplike
Ockert Oosthuizen Sportwetenskaplike
TERREIN ASSISTENTE
Margaret Badisa
Wellos Dan
Jacob Dinake
Ezekiel Kedige
Klaas Kotsedi
Christopher Lebese
David Lesomo
Piet Martin
Johannes Marwane
Maria Matsila
Lazarus Matswi
Jane Mfaladi
Welhemina Mfaladi
David Mkhabela
Koos Mokgadi
Andrew Molefe
Percy Morake
Shadrack Moseki
Maria Mosela
James Motlhaga
Bikase Ntimane
Priscilla Rasogo
Peter Selepe
Markus Segomelo
8
Ruth Tshweunyane
Aaron Wankhanda
Mpho Maleke
GESKIEDENIS VAN DIE SKOOL In die Hoёrskool Rustenburg se wapen is ‘n wildevyboom. Net soos die wildevyboom vas en trots staan, sy wortels diep geanker in hierdie aarde en sy takke wyd uitgesprei vir koelte en kos vir voёls en diere, staan die Hoёrskool Rustenburg ook vasgeanker in die tradisie en prestasies van die verlede en reik ons uit na die toekoms. Indien daar na die wildevyboom gekyk word, kan in verwondering gevra word: “Hoe hoog kan ‘n boom groei?” Die vraag is eintlik: “Wat is jou en my doel op die aarde?” Ophelia het in Shakespeare se Hamlet gesê: “Lord we know what we are, but we know not what we may be.” Die uitdaging vir die onderwys is juis die ontsluiting van elke kind se potensiaal. Dit is waarom die Hoёrskool Rustenburg die volgende visie het: “Ontsluit volle potensiaal deur kwaliteit opvoeding om ‘n onafhanklike volwassene die wêreld in te stuur.” Hoe ontdek die kind sy potensiaal? Die geheim lê in die skool se leuse: “Nosce te Ipsum” - Ken Jouself. Dit beteken dat die kind moet deelneem aan soveel aktiwiteite moontlik en om daarmee persoonlik te groei en te ontwikkel.
SKOOLWAPEN SE BETEKENIS 1. WILDEVYBOOM: Die wildevy is die bekendste boomsoort in Rustenburg. Dit staan vasgewortel in die Suid-Afrikaanse bodem waaruit sy lewe en groeikrag kom. Hy sprei sy wortels dieper en verder en word dus sterker en groter. ‘n Boom wat vas staan en ongunstige toestande trotseer. Die boom se kroon sprei groot en wyd uit en vertoon altyd netjies. Dit is ‘n immergroen boom en ‘n simbool van sprankelende lewe. Dit is ‘n tuiste van voёls en beskerm en voed hulle, daarom het die boom ‘n simbool geword van die ideale en groeikrag van die Hoёrskool Rustenburg.
2. DIE LEMOEN: Die lemoen is kenmerkend van die sitrusbedryf in Rustenburg. 3. LEUSE: Nosce te Ipsum beteken Ken Jouself. 4. GROEN: Is die kleur van die Transvaalse groen veld. 5. ORANJE: Is die kenmerkende kleur van die sitrusbedryf. 6. WIT: Is die kleur van reinheid.
HOËRSKOOL RUSTENBURG
9
MATRIEKS GROET 2019 Simboliese betekenis van die skoolklok: Die nuwe graad 8’s lui die skoolklok na die inhuldiging en aantrek van hul skoolbaadjie as ware Rusties. Hierdie tradisie is simbolies van die begin van hul skoolloopbaan by die Hoërskool Rustenburg en word afgesluit met die laaste lui van die klok aan die einde van hul graad 12-skooljaar. Die nuwe graad 8’s lui die klok na hul splinterkonsertinlywing en met die dra van die skoolbaadjie vir die eerste keer. Dan word die klok gelui om hul welkom te heet by RHS. Die klok word dan vir die laaste keer gelui aan die einde van hul graad 12-skooljaar. Die graad 12-leerders het hul wortels uitgetrek en op ander plekke weer gaan wortel skiet. Hou RHS se naam hoog!
SKAKEL: MATRIEKS LUI KLOK
10
Bo: Bonsaiboompies (graad 8’s) dans vir oulaas vir hul GROOT BOME.
RUSTIERAAD 2019
Voor (L na R): Ankie Malan; Andrea Schutte; Zack Labuschagne; Karla van Staden; Bertus Buitendach; Cara Burger; Me. Vickie Cronje (leierskapvoog); Albert Blignaut; Nicola van der Merwe; Daniël van der Walt; Su-Mari Rochér; Carolien de Wet; Carney Fourie. Middel (L na R): Surette Enslin; Shané Enslin; Monique van der Heever; Marizaan Roothman; Kobus Odendaal; Kayla van Tonder; Jonelle du Toit; Jo-rie Nel; Ilze Visser; Kirsten Potgieter; Magdeli Venter; Michelle Geduld; Nieke Pieterse; Chanté Pyane. Agter (L na R): Elri Lubbe; Nicole Theart; Altus Jacobs; Jana Coetzé; Corneil Taljaard; Kris Vorster; André Rossouw; Anri Liebenberg; Jacques Steyn; Keanu Verwey; Pierre Bergh; André Hartman; Dihan Pienaar (Tati); Faantjie Swart; Sonique Möller; Inge Kruger.
RUSTIERAAD-VOORSITTERS
Van L na R: Karla van Staden (Kultuur); Nicola van der Merwe (Sport); Bertus Biutendach (Nuwe Leerders); Daniël van der Walt (Sosiaal); Albert Blignaut (Hoofseun); Zack Labuschagne (Akademie); Su-Mari Rochér (Christie); Cara Burger (Hoofdogter)
11
VLR GR. 11
Voor (L na R): JP Botha; Teagan Stoltz; Ané Engelbrecht; Jana Geyser; Mnr. Visser Daubert (voog); Frans van Schalkwyk; Estiaan van Tonder; Ané Theron; Marilé Enslin. Middel (L na R): Elisna Nel; Tenika van Heerden; Carla Vermaak; Armandt von Wielligh; Carmen Traut; Remofilwe Dube; Rialet Visser; Leani Bester; Suzanne Strydom; Marelie Prinsloo; Miné Fourie; Refentsi Moabi. Agter (L na R): Antonie Lit; Theo van Zijl; Janco Naudé; Wessel Antha; Dierick Rocher; Jaco Kruger; Cristiaaan Pauley; De Lange Swart; GF Oberholzer; Stephanie Nieuwenhuizen.
OMGEELEIERS GR. 11
Voor (L na R): Veronique van Staden; Shevern Weiss; Danelle van der Walt; Mnr. Visser Daubert; Bernice Impey; Kaylin Jacobs; Susan-Jane Visser. Middel (L na R): Laurika Olivier; Lando Kruger; Marli Coetzee; Kyle Schoeman; FJ Grové; Dehan Baard; Demarco Dosantos; Cornel Smith; Enrique Alexandrov; Ludwig Lodewyckx; John-William Lang.
12