Kommuniek Desember 2013

Page 1

Desember 2013

`n handelsmerk van

GWK-direksie vir nuwe termyn op Jaarvergadering aangewys

Aandeelhouers weer bevoordeel deur GWK se prestasie

GWK beding hulp vir droogtegeteisterde produsente

GWK Meganisasie innoveer met jongste landbou-tegnologie



Inhoud 2 Redaksioneel

26 Presisieboerdery

`n Helder somerkersfees . . .

Fusarium beïnvloed opbrengs.

3 Geestelike akker

32 Lewendehawe

Wanhoop jy of hoop jy?

Fokus om bulle voor te berei wat ekstensief goed sal aanpas.

4 Agrikalender 34 Op die Veeplaas 5 Damme en reënval

Pryssiklus vir speenkalwers.

6 Landbouwenke

38 Finansiële Landbou Advies

8 GWK: Direksie en Bestuur

Benchmarking-dae bied uitstekende platvorm om van mekaar te leer.

10 Direksie aangewys.

40 Jongboere 10 LANDBOUSAKE 10 Aktueel

GWK-aandeelhouer as Agri SA se jongboer van die jaar aangewys.

GWK-direksie vir nuwe termyn op Jaarvergadering aangewys.

42 GWK NUUS

Dames geniet kuier in volkleur saam met GWK en Volksblad.

- Top bedryfspunt en EVA-besigheid aangewys. - Nasionale rekord op Braunviehveiling behaal.

14 Wat aandeelhouers moet weet

46 KOMMUNIEK KIEKIES

Dís nuus in die GWK-groep.

Kleur van die seisoen.

15 Ons Besigheid

48 DIE SKOPSKOEN

Aandeelhouers weer bevoordeel.

Twee maande sonder rugby . . .

16 Ons Besigheid

50 Vir die jongspan

GWK beding hulp vir droogtegeteisterde veeprodusente.

Pret op die plaas.

13 Aktueel

17 Openings

- Hopetown Meganisasie geopen. - Bearing & Belting verskuif. - GWK open besproeiingswinkel.

16 Droogtehulp.

46 Wenkiekie

52 VROUE Leefstyl

Laat jou goeie dade uitkring . . . 54 Gesondheid

Hou gesond vakansie . . . 20 Meganisasie en Ingenieurswerke

GWK Meganisasie innoveer met jongste landboutegnologie.

55 Resep

Kaasmuffins met mielies en sprietuie vir die Kerstyd.

22 Presisieboerdery

Sojaboonproduksie in die NoordKaap: `n Oorsig.

56 Agterblad

Ma is binnekort op Facebook . . .

52 Laat jou dade uitkring.


Redaksioneel

Namate `n mens ouer word, besef jy egter hoe bekorend die warm Kersdae hier in Afrika in werklikheid is. Familie kuier saam, braai soos net ons Suid-Afrikaners kan en die kinders speel tot laataand buite in die soel somerlug. Nietemin breek hierdie tyd van die jaar altyd amper onverwags gou aan, maar sodra `n mens die Kersmusiek in die winkels hoor speel, kan jy die jaar se werk aan jou lyf voel en besef jy dat die rustyd wat voorlê welverdiend is. In hierdie uitgawe doen ons aan by die Algemene Jaarvergadering wat onlangs in Kimberley gehou is en waar die afgelope finansiële jaar in oënskou geneem is. Ons kyk ook hoe aandeelhouers weer vanjaar deur GWK bevoordeel word

en na die droogtehulp wat GWK vir droogtegeteisterde veeprodusente beding het. Dan doen ons aan by GWK Meganisasie en Ingenieurswerke op Hopetown wat onlangs `n tak geopen het, Bearing & Belting op Douglas wat die tak op sy nuwe perseel geopen het en die besproeiingswinkel wat GWK op Douglas oopgemaak het. Ons kyk hoe GWK Meganisasie met die jongste landboutegnologie innoveer en kry `n oorsig oor sojaboonproduksie in die Noord-Kaap. Dan kuier ons naby Barkly-Wes waar die Berg Landbouvereniging onlangs `n insiggewende buldag aangebied het. Peter Milton bespreek die pryssiklus van speenkalwers en ons wens mnr. Attie Scholtz van Douglas geluk met

sy aanwysing as Agri SA se jongboer van 2013. Ons neem vandeesmaand afskeid van oom Gemsbok en bedank hom graag dat hy die afgelope twee jaar sy rugby-kwinkslae met ons lesers gedeel het. En dan leer die vroue hoe om hul goeie dade te laat uitkring en hoe om gesond vakansie te hou. Piet sluit ons Kersuitgawe gepas af met `n storie oor sy ma wat voor Kersfees op Facebook wil wees! Ek wens u graag elkeen `n Geseënde Christusfees toe. Mag u `n welverdiende ruskans geniet! Tot Februarie . . .

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730

VOORBLADFOTO Landzicht-wyn. Foto: Gerhard Steenkamp

Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628 Advertensies Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za 2

Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

ler

Carien Grob

Redakteur

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

depositphotos

Toe ek klein was, het die gedagte aan `n wit Kersfees `n soort bekoring ingehou. Sneeuvlokkies wat sag teen die ruit val en die wêreld spierwit inkleur terwyl die Kersliggies flonker en geskenke wag om oopgemaak te word . . .


Geestelike akker Die ryk man het ook gesterf en is begrawe en sy siel het na die doderyk gegaan. Daar, terwyl hy gefolter word, het hy Lasarus in die verte by Abraham gesien. Lukas 16:22b-23 Om saam met God die ewigheid in So word daar baie verhale vertel te stap is ... waarlik réde! van sterwende ateïste wat op hul Om sonder God te leef, is om leeg sterfbed in doodsangs was . . . of in Vader, ek wil elke dag van hierdie lewe te leef. genadebesef na God geroep het. én die ewigheid sáám met U leef. Om sonder Hom te sterf, vreesaanGeredde kinders van God sterf daarenteen ánders. Hulle gaan die jaend. Daar word vertel dat Stalin – die ewigheid met `n stuk vrede tegemoet Milanie Vosloo omdat hulle wéét dat die dood geen man wat verantwoordelik was vir Uit Laat sy liefde jou lei, 80 miljoen Russe (die meeste Chris- verskrikking inhou nie. tene) se dood – se eie dood `n wre- Hulle is kennelik bewus van die feit uitgegee deur Cum. de gesig was om te aanskou. dat die dood maar net `n oorgang is na die vólle lewe saam met hul Daaroor het sy dogter gesê: “Dit was `n nagmerrie om my pa te sien Here. sterf!” Ons kan nie kies waar, wanneer en hoe ons gaan sterf nie, maar so lank Lenin het weer gesterf na `n nag van geestelike wanhoop waarin hy as wat ons leef, het ons tyd om te dwarsdeur die nag vurig om vergifnis kies hoe ons wil voel . . . wanneer vir sy sonde gepleit het. ons die dood tegemoet gaan. Wanhoop of hoop jy?

3


Veilingskalender en Veilingspryse Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Hertzogville Kersfeesveiling

10 Desember 12 Desember

Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Boshof Kersfeesveiling

gerhard steenkamp

3 Desember 5 Desember

Veilingspryse vir lewendehawe - November 2013 04/11 - 08/11

28/10 - 31/10

11/11 - 15/11

18/11 - 22/11

25/11 - 29/11

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R12.40

Slagosse

R12.20

Slagosse

R12.00

Slagosse

R12.00

Slagosse

R11.50

Slagkoeie

R12.00

Slagkoeie

R12.20

Slagkoeie

R12.00

Slagkoeie

R12.00

Slagkoeie

R11.20

Maer beeste

R10.00

Maer beeste

R10.50

Maer beeste

R10.00

Maer beeste

R10.00

Maer beeste

R9.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R18.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R18.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.20

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R17.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R18.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R17.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.50

Swaar kalwers (250kg +)

R16.00

Swaar kalwers (250kg +)

R17.00

Swaar kalwers (250kg +)

R17.00

Swaar kalwers (250kg +)

R16.30

Swaar kalwers (250kg +)

R16.00

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R19.00

Slaglammers

R20.00

Slaglammers

R19.00

Slaglammers

R19.00

Slaglammers

R20.00

Stoorlammers

R19.00

Stoorlammers

R19.00

Stoorlammers

R19.00

Stoorlammers

R19.00

Stoorlammers

R20.00

Kruislammers

R18.00

Kruislammers

R19.00

Kruislammers

R18.50

Kruislammers

R17.80

Kruislammers

R19.00

Slagooie

R15.00

Slagooie

R14.00

Slagooie

R12.00

Slagooie

R11.00

Slagooie

R15.00

Maer ooie

R14.00

Maer ooie

R13.00

Maer ooie

R11.00

Maer ooie

R10.00

Maer ooie

R14.00

Klein bokkies

R23.00

Klein bokkies

R24.00

Klein bokkies

R23.00

Klein bokkies

R21.00

Klein bokkies

R22.00

Jong bokke

R22.00

Jong bokke

R23.00

Jong bokke

R23.00

Jong bokke

R21.00

Jong bokke

R21.00

Bokooie

R15.00

Bokooie

R17.00

Bokooie

R15.00

Bokooie

R15.00

Bokooie

R15.00

4


Damme en temperature Huidige stand van damme % Vol

Spitskopdam

51

Rietrivier

Kalkfonteindam

39

Modderrivier

Krugersdriftdam

33

40

30 20 10

0

Werklik

Langtermyn

Vaalharts

Hartsrivier

50

Rietrivier

60 20 19 21

ReĂŤnval 25 Oktober - 22 November 2013

Barkly-Wes

Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam

Vaalrivier

60

Hopetown

79 61 99 96

Prieska

Dam Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam Boegoebergdam

Oranjerivier

Douglas

Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Douglas Skaal

Douglas Lunenburg

50 40 30 20 10 0

50 40 30 20 10 0

25 Oktober - 22 November 2013

25 Oktober - 22 November 2013 Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn

Prieska Green Valley Nuts

Min

Min Langtermyn

Barkly-Wes Ulco 50 40 30 20 10 0

40 30

20 10 0

25 Oktober - 22 November 2013

25 Oktober - 22 November 2013 Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn

Rietrivier

Min

Min Langtermyn

Hopetown Lilydale

50 40 30 20 10 0

50 40 30 20 10 0

25 Oktober - 22 November 2013

25 Oktober - 22 November 2013 Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn MAANDELIKSE VOORSPELLING

Vaalharts Jan Kempdorp

Min

Min Langtermyn

Desember 2013

Maandelikse voorspelling Desember 2013

40

30 20

10

Modderivier

0

25 Oktober - 22 November 2013 Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Inligting verkry van GFCSA

5


Landbouwenke Katoen Plante se wortelstelsel is diep

gevestig en waterverbruik neem drasties toe. Verseker dat die grondprofiel vol is teen die begin van die blomstadium – dit behoort teen einde Desember te wees. `n Eerste groeireguleerderbespuiting met Pix kan teen `n

ligte dosis gedoen word. Dit sal die plante effens terugsit en internodes verkort sodat dit nie vegetatief te veel groei nie. Dit is belangrik dat bolset so naby as moontlik aan die hoofstam is. Gaan lande gereeld deur en inspekteer vir insekte soos blaaspootjie en wurms.

Groente en rankgewasse Doen onkruidbeheer op

rankgewasse aangesien groot opbrengsverliese kan voorkom indien onkruiddruk te hoog is.

Sit byekorwe neer om bestuiwing te verbeter.

Laat aanplantings wat begin rank, kan nou stikstof-topbemesting

ontvang. Mikro-elemente kan toegedien word om bestuiwing en vrugkwaliteit te verbeter.

Lusern Doen vroegtydig grondontledings

deur die pH en die magnesiumvir aanplantings wat in die herfs en kalsiuminhoud van die grond gedoen gaan word. bepaal. Indien die pH laer as is 6.5, moet Indien kaliumtekorte voorkom, bekalking gedoen word. Die kan KCl @ 200kg/ha in die hoeveelheid en soort kalk word midsomer toegedien word.

Droëbone Neem grondmonsters en doen

Desember gedoen word om vroeë rypskade vry te spring. grondvoorbereiding vir plant van Droëbone is baie sensitief vir droëbone. aalwurm. Pas beheer toe deur Tradisioneel word droëbone met Temik te plant. Sistemiese vroeg Januarie geplant, maar bespuitings kan later plaasvind. aanplantings kan vanaf 20

Wingerd Wingerd is tans in vrugset. Kyk

uit vir meeldou en donsige skimmel, veral in koeler, bewolkte weer. Dit is beter om voorkomend te spuit. Stuifswael is effektief as voorkomende behandeling. 6

Vroeë tekens van meeldou

kan op rose in die omgewing gesien word voordat die wingerd simptome wys. Dit is belangrik dat wingerd nie waterstres voor die finale rypwording ervaar nie.

Saadbed moet fyn en ferm wees. Droëbone is sensitief vir Atrasien. Maak seker van die afbreekperiode in die grond indien dit die vorige seisoen toegedien is.


Grondbone Aanplantings ná koring

kom tans op en is in die jong saailingstadium Lande kan met `n roleg (duisendpoot) bewerk word indien waaiprobleme voorkom. Doen die bewerking slegs wanneer die plante `n paar blare het en goed geanker is, anders sal te veel skade aangerig word. Maak die oppervlakte grof en water kan `n ruk lank weggehou word om die plante kans te gee om te herstel.

Wanneer die grond begin

kraak met opkoms, kan `n ligte, vinnige besproeiing gedoen word. Vermy aanhoudende besproeiing, dit strem wortelontwikkeling. Vroeë aanplantings wat begin blom, kan met gips gestrooi word indien dit nie voor plant toegedien is nie. Reël vir die neem van blaarmonsters om die voedingstatus van veral vroeë aanplantings vas te stel.

Mielies Doen wetrip vroegtydig om wortelskade tot die minimum te beperk, waterinfiltrasie en

wortelontwikkeling sal verbeter. Kyk uit vir stamruspes en beheer vroegtydig.

Pekanneute Sinkbespuitings kan nog

tot in Januarie gedoen word. `n Maksimum van vyf bespuitings behoort voldoende te wees deur die seisoen. Onkruidbeheer en besproeiing moet deurgaans voortgaan. Waterbehoeftes verhoog heelwat; bome moet nie aan droogtestres

blootgestel word tydens vrugontwikkeling nie. Die laaste somersnoei kan nog in Desember gedoen word. Begin uitkyk vir geelpekanplantluis en doen bespuitings vir skurfsiekte indien nodig. Saailinge word vanaf November tot Februarie geokuleer.

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

7


Direksie en Bestuur Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Johan Jacobs

Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human Johan Jacobs Tertius Marais Mattheus Maree

Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker

Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen

Hoofbestuur Finansiële Direkteur Johann Klopper

Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis

Uitvoerende bestuurspan Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

Sekretariaat, Regsdienste en Risikobestuur Kleinhandel Freek Meyer Johan du Plessis 083 644 0022 071 623 7286

Saad, Gewasproduksie en Opkomende Boere Jozua Haarhoff 082 808 8579

Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111

Finansiering en Finansiële Landbou-advies Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Westra Eddie Ueckerman 082 804 7545

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Vleisbedrywe Alex Cilliers 082 808 3063

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383

Finansies en Stelsels Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547

Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Bemarkingskantoor: Oos-Kaap Wikkie Burger 079 519 1630

Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656

Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710

Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778

Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103

Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

8


Missie en Visie

Bestaansrede

Om as agri-besigheid volhoubare welvaart binne die voedselvoorsieningsketting te skep vir deelnemende belanghebbendes.

Visie

Om die agri-leier in die voedselwaardeketting te wees.

Missie

Ons genereer markgerigte besigheidsoplossings in agrien voedselvoorsiening op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur: � innovasie; � dinamiese leierskap; � energieke uitvoering en � eienaarskap gerugsteun deur gevestigde en nuwe handelsmerke.

Waardesisteem

Ons optrede word gerig deur: � spanwerk; � integriteit; � menswaardigheid; � deursigtigheid; � toegewydheid; � verantwoordbaarheid; � aanpasbaarheid en � kliëntegerigtheid.

Geseende Kersfees! Geen tyd is meer gepas om dankie te sê nie. In die feestyd dink ons graag aan elkeen wat in 2013 tot GWK se groei en sukses bygedra het. Aan elke personeellid en klant, dankie vir die passie en positiewe kultuur waarmee u daagliks help om ons besigheid te bou. Baie sterkte met die besige tyd wat in Desember voorlê. Mag u elkeen ook die landboujaar suksesvol afsluit en `n welverdiende ruskans saam met u geliefdes geniet.

Johann Klopper

namens GWK se Direksie en Bestuur

www.gwk.co.za


Mnre. Johan Jacobs (verkies tot onder-voorsitter van GWK se direksie), Frank Lawrence (herkies as voorsitter van GWK se direksie) en Doepie du Plessis wat op die Algemene Jaarvergadering tot GWK se direksie verkies is. Grafika: Kobus van Wyk

Aktueel

Carien Grobler

GWK-direksie vir nuwe termyn op Jaarvergadering aangewys

G

WK se Direksie, Hoofbestuur, aandeelhouers en personeel het onlangs by die Horseshoe Motel in Kimberley byeengekom om die finansiële jaar in oënskou te neem. Die maatskappy se Direksie vir die nuwe termyn is ook tydens dié geleentheid aangewys. Mnr. Frank Lawrence van Kimberley is tot Voorsitter van die Direksie herkies en mnr. Johan Jacobs van Douglas tot Ondervoorsitter. Mnre. Willem Mülke van Kimberley, Frans Wiid van Hopetown en Koos van der Ryst van Barkly-Wes is tot die Direksie herkies. 10

Mnr. JP du Plessis van Luckhoff is as nuwe lid tot die Direksie verkies. Du Plessis (Doepie) en sy vrou Clarissa woon met hul twee dogtertjies op die plaas Onverwacht in die Luckhoff-omgewing waar hy in vennootskap met sy broer, Francois, boer. Die boerdery bestaan hoofsaaklik uit Dohne-merino’s en Swartkopdorpers, Bonsmara- en Nguni-beeste. Du Plessis het in 1989 sy B. Agric.graad aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf waarna hy as bedryfsbestuurder by CTM gewerk het voordat hy in 1991 voltyds begin boer het. Hy was nog altyd by georganiseerde landbou betrokke en dien onder meer

op die jongboerkomitee van Vrystaat Landbou. Hy is die voorsitter van die Luckhoff Boerevereniging, voorsitter van die skoolbeheerliggaam en voorsitter van die finansiële diensgroep van die NG Gemeente Luckhoff. Hy was bevelvoerder van die Fauresmith-kommando tot en met die sluiting daarvan. Du Plessis het voorheen vyf jaar lank op GWK se direksie gedien en is vertroud met GWK se sakebelange en bestuur. Hy meen dat GWK die beste landboubesigheid in Afrika is en beskou dit as `n voorreg om op die direksie te dien. Sy visie vir GWK is volhoubare groei,


gefokus op die vertakkings wat `n langtermyn optimale opbrengs vir aandeelhouers kan verseker. Hy meen dat die maatskappy moet wegdoen met “winsvreters”. Hy glo dat GWK so ver as moontlik in die waardeketting betrokke moet wees om sodoende die effek van die middelman te minimaliseer en die maksimum prysvoordeel vir produsente te beding. Verslag van die Voorsitter van die Direksie “Sukses word behaal deur die geleenthede wat `n mens aangryp, maar ook deur die harde werk wat ingesit word om dit deur te voer. “GWK met sy innoverende en entrepreneuriese gees skep `n goeie platform hiervoor met `n gesonde balans tussen die sterk fokus op groei en konsolidasie.” Só het mnr. Frank Lawrence, Voorsitter van GWK se Direksie, in sy verslag gesê. Volgens Lawrence het GWK nieteenstaande uitdagende omstandighede daarin geslaag om sy winssyfer tot voordeel van aandeelhouers te verhoog. Die maatskappy het weer in terme van sy finansiële en ander prestasies aan die verwagting voldoen. “In die jaar in oorsig het die vennootskap tussen personeel, bestuur, aandeelhouers, verskaffers en ander belanghebbendes GWK weer onderskei. Die maatskappy se positiewe kultuur en `n strewe om volhoubaar te groei het ons reg geposisioneer om uitdagings die hoof te bied, belangrike doelwitte te behaal en onsself vir die toekoms te rat,” sê hy. Lawrence meen die jaar 2013 was `n uitdagende en volatiele jaar vir Suid-Afrika wat die landbou, politiek en ekonomie betref. “Ek is egter bly om te sê dat GWK in die jaar in oorsig uitstekende resultate gelewer het. Ons behou ons fokus op ons kliënte en om effektiwiteit deurlopend te verbeter. Dit is die grondslag vir ons vol-

Mnr. Frank Lawrence luister aandagtig terwyl mnr. Johann Klopper (Finansiële Direkteur van GWK) die Korporatiewe Oorsig aan die Jaarvergadering voorhou.

Mnre. Dawie Roodt (spreker tydens die Algemene Jaarvergadering), Koos van der Ryst en Willem Mülke (GWK-direksielede). gehoue strategie om sakegeleenthede te ondersoek, in die waardeketting te groei en ons markplek te vergroot.” Korporatiewe Oorsig Mnr. Johann Klopper, Finansiële Direkteur van GWK, het in die Korporatiewe Oorsig van die Jaarverslag gesê die GWK-groep vorder teen `n stewige pas in die uitvoering van sy strategiese doelwit om vertikaal nader aan die gebruiker te integreer en

geografies uit te brei om sodoende al hoe meer waarde vir aandeelhouers te bewerkstellig. “Die maatskappy se wins voor toevallings aan aandeelhouers het as deel hiervan met 13% tot R113,8 miljoen gestyg. Die direkte voordeel vir ons aandeelhouers in die vorm van kortings het daarom dienooreenkomstig met R9,8 miljoen tot R86,3 miljoen toegeneem.” Hy het daarop gewys dat die GWKgroep ondanks uitdagings in die


Mnre. Johan Kruger (Uitvoerende bestuurder: GWK Meganisasie en Ingenieurswerke), Johann Klopper (Finansiële Direkteur van GWK) en Goolam Akharwaray (munisipale bestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit).

Mnre. Cloete Nortjé (Bemarkingsbestuurder: Grondbone) en Andreas Snyman (Uitvoerende Bestuurder: Oliesade en Pekanneute), me. Elmarie Jacobs (Uitvoerende Bestuurder: Graanbemarking) en mnre. Johan Fourie (Bedryfshoof: Pekanneute) en Fanus Linde (Bestuurder: Lusern en Veevoere).

GWK is hier . . . en oral

www.gwk.co.za

landbou `n positiewe uitkyk behou, soos gesien kan word in die groot kapitaalprojekte wat in die jaar in oorsig aangepak is. “Westra se koringmeule en beskuitjie- en pastafabrieke, asook die siloprojek op Prieska, is sprekende voorbeelde van hoe GWK voortgaan met investering om meer waarde vir ons aandeelhouers te ontsluit.” As deel hiervan het GWK ook Midlands Veterinary Wholesalers (MVW) bekom en sodoende sy toetrede as leier in die dieregesondheidsmark gemaak. Hierdie stap stel GWK in staat om innoverende oplossings in hierdie segment van dieregesondheid aan ons klante te bied. Die Mededingingstribunaal het ook die kooptransaksie van Meat to Market (`n beesabattoir op Jan Kempdorp) deur GWK goedgekeur en GWK beskik nou oor 100% belang in dié maatskappy. “Ons is ook trots op die nuwe besproeiingswinkel op Douglas waarmee ons in die toekoms selfs beter aan ons klante se besproeiingsbehoeftes sal voldoen,” het Klopper gesê. “GWK het ook onlangs `n bemarkingskantoor in die Wes-Kaap geopen. Dié kantoor sal al GWK se inen uitvoertransaksies volledig hanteer. Die oogmerk is om slim, buite die boks oplossings vir klante in die landbou-omgewing te bied en ons kundigheid in die verhandeling van landboukommoditeite, -insette en -toerusting hier tot die voordeel van ons klante aan te wend.”


Bo links: Me. René Basson (bemarkingsbestuurder: Intiem-tydskrif), Chris Chameleon en mes. Jo van Eeden (redakteur van Volksblad), Elna Willemse (verteenwoordiger van Flordis). Bo regs: Die dames luister na me. Jo van Eeden. Regs: Die dames loop tussen die stalletjies rond. Foto’s: Tania Fourie

Dames geniet kuier in volkleur saam met GWK en Volksblad

G

WK het weer vanjaar in samewerking met Volksblad `n propvol damesprogram tydens die Algemene Jaarvergadering aangebied. Aandeelhouers se gades is by die Horseshoe Motel in Kimberley aan die hand van die tema Volkleur vermaak. Die bekende sanger Chris Chameleon het die gaste gaande gehad met sy sang, terwyl mes. René Basson (bemarkingsbestuurder: Intiemtydskrif) Jo van Eeden (redakteur van Volksblad), die dames geïnspireer het met hul praatjies oor lewe/gemeenskap. hoe `n vrou harmonie in die huwe- Tussendeur het die dames die lik en haar gesin bring en Volkleur verskeidenheid stalletjies met klere, – wat beteken dit vir my in my werk/ juwele en ander pragartikels deur-

gestap en het me. Elna Willemse (verteenwoordiger van Flordis) hulle op hoogte gebring van die jongste natuurlike medisyne. 13


depositphotos

Ons Besigheid

Wat aandeelhouers moet weet

Dís nuus in die GWK-groep

W

om `n meer uitgebreide produklegte op Modderrivier vorder reeks (wat insluit John Deeregoed en is op skedule. Foto’s elkom by hierdie maand klere, buitelewe-toerusting en `n van die vordering met die prose uitgawe van ons rukwekery) en `n beter inkopiejek is op GWK se webwerf (www. briek waar ons die jongervaring aan ons kliënte te bied. gwk.co.za) beskikbaar. Kliek op ste nuus aan ons aandeelhouers Ons wil egter ons produsent-klandie “Westra Modderrivier Ontwikdeurgee. te verseker dat die Kimberleykeling”-skakel heel onder op die � Soos in die vorige uitgawe gehandelstak steeds in al u landtuisblad. noem is, is PwC deur GWK en boubehoeftes sal voldoen. � GWK het in Oktober en NovemOVK aangestel om waardasies ber Korporatiewe Klantegespreks- � Die GWK Algemene Jaarvergavan albei maatskappye te onderdering het op Woensdag 6 Noforums oor die hele GWK-bedieneem en word verwag dat die vember 2013 by die Horseshoe ningsgebied gehou. Tydens die waardasies teen 15 Desember Konferensiesentrum in Kimberley gespreksforums is terugvoer ge2013 voltooi sal wees. Ná ontplaasgevind. gee oor GWK se finansiële presvangs van die waardasies sal dit Die volgende persone is vanuit deur albei maatskappye geëvatasie die afgelope jaar, sowel as die Oos-streek tot GWK se Direkvordering met projekte. Die OVKlueer word, waarna gesprekke sie verkies: amalgamasie is ook tydens dié met die oog op moontlike amalMnr. Doepie du Plessis geleenthede bespreek. Ons begamasie weer sal voortgaan. Mnr. Frans Wiid dank graag elkeen wat die fo� Die projek vir die uitbreiding van Mnr. Koos van der Ryst rums bygewoon het. Ons het die stoorkapasiteit op Prieska vorder Mnr. Willem Mülke. interaksie met ons produsente goed en die silo’s sal gereed baie waardevol gevind. Mnr. Frank Lawrence is weer deur wees om tydens die eerskomende die Direksie tot Voorsitter verkies � Opgradering van die GWK-hanseisoen koring in te neem. en mnr. Johan Jacobs tot Onder� Die bou van die Westra Koringdelstak in Kimberley het begin. voorsitter. Baie geluk aan albei! Die doel van die uitbreidings is meule, beskuitjie- en pasta-aan14


Ons Besigheid

Aandeelhouers weer bevoordeel

A

andeelhouers van GWK wat die afgelope 15 jaar konstant met GWK besigheid gedoen het, gaan vanaf volgende jaar elke jaar `n kontant-inspuiting ontvang. Die langtermyn rotasie van GWK se aandeelhouersfondse begin amptelik in 2014. Nóg goeie nuus is dat GWK en sy aandeelhouers ondanks groot uitdagings in die landbou in die finansiële jaar geëindig 31 Mei 2013 weereens uitstekend presteer het. Dit is duidelik uit die opsomming van die GWK-groep se prestasie wat in Tabel 1 gewys word. Volgens mnr. Johann Klopper (Finansiële Direkteur) is kortings weer soos in die verlede verklaar op grond van die besigheid wat produsente met GWK gedoen het. “Dieselfde beginsel sal weer vir die huidige finansiële jaar (31 Mei 2014) geld.” (Sien Tabel 2.) Klopper verduidelik die kontantgedeelte wat uitbetaal is beloop 10% en verteenwoordig rente op aandeelhouerslenings, asook korting betaal. “Die kortings van R86,2 miljoen is verdeel per GWK-besigheid volgens die besigheid wat produsente met daardie besigheid gedoen het.” Die toevallings aan produsente per GWK-besigheid word in Tabel 3 gewys. Klopper sê die lojaliteit van GWK se aandeelhouers word vanaf volgende jaar beloon met aandeelhouersfondse van 15 jaar gelede wat in 2014 begin roteer. Dit is `n langtermyn-belegging van aandeelhouers wat dan voortaan jaarliks `n kontantopbrengs vir aandeelhouers sal oplewer.

Omset Wins voor toevallings aan aandeelhouers Toevallings aan aandeelhouers Aandeelhouersfondse Totale bates Opbrengs op aandeelhouersfondse

R 6 353 R 110 R 113,7 R 660,9 R 2 714

miljoen miljoen miljoen miljoen miljoen 18,9%

Tabel 1. Die GWK-groep se prestasie. Rente betaal op aandeelhouerslenings Korting betaal aan aandeelhouers Totale toevallings Kontantgedeelte van toevallings aan aandeelhouers uitbetaal

R 27,4 miljoen R 86,2 miljoen R 113,7 miljoen R 11,3 miljoen

Tabel 2. `n Kort uiteensetting van toevallings aan produsente. GWK-besigheid Aartappels Direkte Insette Durum Gars Katoen Kleinhandel Koring Lusern en Veevoere Meganisasie en Ingenieurswerke Mielies Oliesade Saadproduksie Simba-mielies Sojabone en Sonneblom Veilings Versekering Waxy-mielies Wyn Totale korting

Korting 2012/2013

Korting vir elke R 1,000 se besigheid gedoen

R 1,5 miljoen R 14,2 miljoen R 1,8 miljoen R 2,0 miljoen R 0,7 miljoen R 10,6 miljoen R 11,1 miljoen R 0,9 miljoen R 5,2 miljoen

R 34,04 R 20,22 R 50,87 R 36,49 R 18,23 R 23,55 R 17,14 R 8,30 R 35,63

R 14,7 miljoen R 6,5 miljoen R 6,4 miljoen R 2,0 miljoen R 0,1 miljoen

R 17,86 R 139,11 R 194,45 R 85.01 R7,24

R 0,5 miljoen R 6,5 miljoen R 1 miljoen R 0,5 miljoen R 86,2 miljoen

R 1,75 R 72,61 R 29,47 R 80,69

Tabel 3. Toevallings aan produsente per GWK-besigheid (kort uiteensetting). “GWK bedank graag al ons klante en sukses bygedra het. Mag u `n geseënde aandeelhouers wat die afgelope finan- feestyd hê en `n welverdiende ruskans siële jaar tot die maatskappy se groei en saam met u geliefdes geniet.” 15


gerhard steenkamp

Ons Besigheid

GWK beding hulp vir droogtegeteisterde veeprodusente

G

WK sal tot 15 Desember 2013 spesifieke veevoerprodukte teen minder as die heersende kosprys by spesifieke handelstakke aan sy aandeelhouers in droogtegeteisterde gebiede beskikbaar maak. Mnr. Wim van Rooyen (Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte), sê GWK moes eenvoudig meganismes vind om veeprodusente by te staan. “Die erge droogte wat op die oomblik in die Noord-Kaap én ander dele van die land heers, dwing veeprodusente om hul diere teen `n hoë koste te voer in afwagting op reën. Dit is in belang van die hele Suid-Afrika dat ondersteuning 16

vir dié produsente geïmplementeer word.” Van Rooyen sê GWK Handel het gehelp om die verlaagde pryse met

Suid-Afrikaanse verskaffers van veevoere te beding. SA Feed Phosphates, `n volfiliaal van GWK, en Molatek, was bereid om GWK by te staan en sodoende hul produkte teen `n verlaagde prys aan produsente beskikbaar te maak. Die waarde van die ondersteuning kan afhangende van die aanvraag vir die produkte honderdduisende rande beloop. Molatek Meester 20 gaan teen R102 per 40kg sak (BTW uitgesluit) aan aandeelhouers van GWK by GWK se handelstakke op Hopetown, Kimberley, Griekwastad en Prieska beskikbaar wees. SA Feed Phosphates se produkte word by die volgende GWK-handelstakke teen die volgende verlaagde pryse aan aandeelhouers van GWK beskikbaar gemaak:

Kimberley Skaapkonsentraat Vol skaap Bees 42 Winterlek

Droogtehulp Verkoopprys R158.60 R134.60 R127.60 R126.60

Hopetown Skaapkonsentraat Vol skaap Bees 42 Winterlek

Droogtehulp Verkoopprys R162.05 R138.05 R131.05 R130.05

Griekwastad Skaapkonsentraat Vol skaap Bees 42 Winterlek

Droogtehulp Verkoopprys R163.20 R139.20 R132.20 R131.20

Prieska Skaapkonsentraat Vol skaap Bees 42 Winterlek

Droogtehulp Verkoopprys R161.00 R137.00 R130.00 R129.00


Ons Besigheid Openings

Hopetown Meganisasie geopen

G

WK Meganisasie en Ingenieurswerke is onlangs uit die handelsgebou na die gebou langs GWK Bande geskuif. Hier is ook `n werkswinkel oopgemaak. Met hierdie skuif voldoen die tak op Hopetown aan die Dealer of tomorrow-konsep van John Deere Suid-Afrika. Mnre. Johan Kruger (Uitvoerende Bestuurder: Meganisasie en Ingenieurswerke) en Petrus van Niekerk (Bedryfshoof: Onderdele), me. Marika van Onselen (Klerk: Admin), en mnr. Jannie van der Merwe (John Deere-tegnikus).

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Ons Besigheid Openings vervolg

Bearing & Belting verskuif

G

WK Bearing & Belting op Douglas het na `n nuwe perseel in Loch Roperstraat verskuif. Die nuwe perseel het ook ruimte om tweedehandse landboutoerusting uit te stal. Voor: Mnre. Marting Lourens (FAG), Johan Kruger (Uitvoerende Bestuurder: Meganisasie en Ingenieurswerke), Lukie Coetzee (BI) en George Wheeler (Verkoopsbestuurder: Meganisasie). Agter: Mnre. Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel), Walter Lockhart, Basie Hitge en Danie Louw (BI), Gawie Maré (Bolt Fast), Stefan Havenga (Bearing & Belting) by die opening. Inlas: Die span van Bearing & Belting op Douglas is van links me. Hanelie

Wheeler en mnre. Stefan Havenga, Karel Williams en Jimmy du Raan.

GWK open besproeiingswinkel

I

n die lig van die groot aanvraag vir besproeiingstoerusting, sowel as kundigheid op die gebied, het GWK `n besproeiingswinkel op Douglas geopen. “Die doel hiervan is om die besproeiingsbesigheid in GWK Kleinhandel te optimaliseer en meer effektief te bestuur, sê mnr. Willie Wigget (Bestuurder: Besproeiing). “Met die opening van die winkel kan dié afdeling meer doelgerig bestuur word en die fokus op die behoeftes van ons besproeiingsklante geplaas word.” Volgens Wigget stel die nuwe winkel die afdeling in staat om voorraad en produkreekse uit te brei, `n dienste-afdeling vir die optimalisering van stelsels daarstel en kundige personeel tot die beskikking van klante stel. 18

GWK se besproeiingspan saam met mnr. Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel, tweede van links) voor die nuwe besproeiingswinkel op Douglas. “Met die opening van die winkel neem GWK `n unieke stap en is die span oorgehaal vir die nuwe era wat voorlê,” sê mnr. Anton Visagie (Bedryfshoof: Handelswinkel en Besproei-

ing). Dié spesialis-afdeling gee aan klante die kans om met kundiges saam te werk om bestaande stelsels uit te brei en nuwe stelsels te ontwerp en op te gradeer.”


SA Feed

Phosphates

Ons is fosfaat SA Feed Phosphates besef dat die begin van somer en die groen sappige weiding ‘n nuwe behoefte by jou diere skep. Voldoende fosfaataanvullings is nodig om jou diere se prestasie en produksie te verhoog en hulle in topkondisie te hou. Die reeks produkte wat ons bied is ontwikkel om enige produksie-eenheid in staat te stel om by verskillende produksie-omstandighede en -behoeftes aan te pas. Voer nou: • • • • • •

Feedphos P21 Feedphos P12 Feedphos P6 Superphos P18 Superphos P9 Aquafos

Ons produkte dra by tot jou kudde se reproduksie-doeltreffendheid. Vir verdere navrae, skakel ons gerus by (053) 441-3300 of stuur ‘n e-pos na info@safp.co.za.


Ons Besigheid

Meganisasie en Ingenieurswerke

GWK Meganisasie innoveer met jongste landbou-tegnologie GWK Meganisasie bly voortdurend aan die voorpunt van innovasie deur die jongste landbou-tegnologie plaaslik aan produsente beskikbaar te maak. Die XDR Kombinasie Planter GWK Meganisasie het die behoefte onder produsente geïdentifiseer om gelyktydig die grond voor te berei en te plant (no-till aanplanting). Na aanleiding hiervan is die XDR* Kombinasie Planter in samewerking met John Deere en Orthman ontwikkel. Die John Deere 1750 mielieplanter en Orthman strip-til is gekombineer en ingenieursveranderinge is aangebring om `n unieke implement die lig te laat sien.

Die eerste model sal op 2 Desember op Douglas aankom vir demonstrasie waartydens verteenwoordigers van John Deere ook betrokke sal wees om die korrekte implementering van

die kombinasie te verduidelik en opleiding aan GWK se personeel en klante te verskaf. XDR* = John Deere en Orthman strip-till kombinasie.

GWK bring implement na SA Die 2410 John Deere-beitelploeg is ingevoer vir `n GWK-klant wat die potensiaal raakgesien het van hierdie implement wat in daardie stadium slegs in Amerika beskikbaar was. GWK Meganisasie het die nodige navorsing gedoen en die 2410 met sy 18 m werkwydte en 57 beiteltande suksesvol ingevoer en opleiding aan die klant verskaf. Dié beitelploeg is ontwerp vir presisie en akkurate dieptebeheer wat baie belangrik is vir die bewaring van vog en die plasing van kunsmis. Die implement is met “Accudepth” toegerus, wat beteken dat die imple-

ment in die kajuit verstel kan word deur verstellings op die John Deere 2630-skerm te maak. Die implement is in verskeie groottes en sleepsoorte met tandplasings en

aanhegstukke beskikbaar. Die raam is `n “Tube-Thru-Tube”-ontwerp om die implement te versterk en geen ander implement in hierdie klas vergelyk op die oomblik daarmee nie.

20


`n Eerste in Afrika GWK Meganisasie het vier revolusionêre John Deere 7760 RMW-katoenplukkers na Suid-Afrika ingevoer om aan die behoefte van GWK en sy aandeelhouers te voldoen. Dié plukkers is ontwikkel om te bespaar op hande-arbeid, sowel as ekstra masjinerie om katoen te bewerk en vervoer. Die 7760 baal die katoen sodra dit gepluk is. Só `n baal weeg 2-2,5 ton en is 2,3 m hoog en 2,4 m breed. Die plukker het die kapasiteit om tot 72 (72 modules x 2,5 ton per baal = 180 ton katoen) bale te vorm voordat die magasyn herlaai moet word met `n drielaag plastiek wat tot ses maande gewaarborg is teen ultravioletstrale, reën en wind. Die elektronika van die plukker is hoogs gevorderd en die plukker-operateur kan programmeer by wie en op watter land hy pluk. Elke module word dan elektronies gestoor en `n RFID-plakker word op die plastiek aangebring, sodat `n

mens dadelik weet aan wie die module behoort sodra die RFID ingelees word. Die 7760 is toegerus met `n 13,5 L Powertech Enjin wat 390 kW ver-

plaas. Die masjien kan ingevoer word met 4-6 Pro16-plukkerkoppe en die rywydte kan verstel word van 8101016 mm, afhangend van watter rywydte geplant is.

GWK Meganisasie voer baler in Die John Deere 1434C groot baalpers is deur GWK Meganisasie ingevoer om die baler in Suid-Afrikaanse toestande te toets en uiteindelik die volledige reeks John Deere-balers aan ons klante te bied. Eienskappe � Hoë kapasiteit rotor � ISObus-gereed � Ses enkelknoop meganismes (nuwe, revolusionêre konsep wat die beste van die dubbelknoopen enkelknoop-meganisme in een saamvat) � 46 Slae per minuut � 23 Messe op kerfsisteem wat verstelbaar is na gelang van watter lengte die materiaal moet wees � Driemeter baalkamer Die 1434C is vir jare se gebruik in � Volledige outomatiese ghriessisalle toestande met minimale staantyd teem ontwerp. � Maklike baaltou-vervanging

Die baler met die nodige tegniese ondersteuning is beskikbaar in die GWK-bedieningsgebied. 21


depositphotos

Presisieboerdery

Armand van Eck GWK Bedryfshoof: Presisieboerdery, Suid-streek

Sojaboonproduksie in die Noord-Kaap: `n Oorsig

S

op die saad verseker dat die plant self ojabone word reeds `n gerui- deur middel van `n simbiotiese prome tyd met groot sukses in die ses in sy stikstofbehoeftes kan voorsien. Dit is altyd belangrik om te ontoostelike deel van die GWKbedieningsgebied verbou. hou dat enige grondtoestand wat die Dit word grootliks in `n wisselbouplant benadeel die Rhizobium ook sal stelsel met koring en mielies verbou. benadeel. Die doel van hierdie artikel is om ver- Die entstof kan op verskillende mabouingspraktyke uit te lig wat tot die niere toegedien word, naamlik poeisukses van sojaboonproduksie bydra. ervorm op die saad, vloeibaar in die plantvoor of vloeibaar op die saad voor plant. Elkeen het sy voordele en Enting Die enting van Rhizobium-bakterieë beperkings en dis goed om daarvan

depositphotos

22

kennis te neem. Poeiersaadbehandeling � Baie goedkoop met `n raklewe van tot nege maande. � Saam met kleefmiddel toegedien. � Vermy planterbaktoedienings. Vloeibaar � Rakleeftyd is ses maande tot twee jaar. � In plantvoor toegedien of as saadbehandeling.


� Bevat beskermende produk, kan vooraf in grond toegedien word. Entstof (isolate) is nie almal dieselfde nie. Isolaat WB74 is die isolaat met die mees stabiele simbiotiese eienskappe, wat merendeels op sojabone gebruik word. Vra altyd na die soort isolaat as entstof aangeskaf word. Op grond waar nog nie sojabone geplant is nie, sal dit wys wees om `n dubbeldosis entstof toe te dien. Plantpraktyke Opbrengste word nadelig beïnvloed deur temperature bo 30˚C (dus die aanplantings in die tradisioneel koeler gebiede). Met minimum bewerking is dit egter moontlik om oppervlaktemperature deur middel van reste te manipuleer. Dit is baie voordelig vir jong saailinge. Die regte plantdatum is belangrik. Te vroeë aanplanting kan lei tot oormatige vegetatiewe groei met swak opbrengs. Te laat kan weer veroorsaak dat die plant sy peule te laag dra, wat dan die stroopproses benadeel. Plantdatum is ook `n debat wat verskil van produsent tot produsent. Middel November kan gesien word as `n goeie, gemiddelde plantdatum. Die meeste sojabone word in reste geplant. Tydens die plantproses moet gepoog word om die plante so gelyk as moontlik uit die grond te kry. Dit verseker `n goeie stand van die begin af. Plantestand moet voldoende wees om sodoende genoeg plante vir `n goeie opbrengs te verseker. `n Goeie plantestand sal `n goeie peulhoogte verseker sodat `n minimale hoeveelheid peule tydens die stroopproses verlore gaan. Hiervoor is 300 000450 000 plante/ha voldoende. Rywydtes is gewoonlik 45-50cm. Nouer, asook wyer rye behoort aangeplant te word. Navorsing toon dat hoër opbrengste meer gereeld moontlik is met nouer aanplantings

as wyer aanplantings by dieselfde plantestand. Met strip-till-bewerkings word 76 cm-aanplantings egter beproef en tyd sal leer of dit betekenisvol is ten opsigte van opbrengs asook siektebeheer. Die soort kultivar moet deur proefaanplantings bepaal word. Sien GWK se proefresultate op sojabone vir `n aanduiding. Onbepaalde groeiers word grootliks in die GWKbedieningsgebied aangeplant. Bemesting 1 ton sojaboonpeule onttrek: 6080N, 7P, 20-30K kg/ha. Stikstof Sojabone is swaar verbruikers van stikstof, maar die stikstofbindende knoppiesbakterieë stel die plant in staat om in sy stikstofbehoefte te voorsien. Simbiotiese stikstofbinding kan in meer as 70% van die plant se behoeftes voorsien. Stikstof word selfs in die grond agtergelaat, maar die hoeveelhede verskil tussen grondsoorte. In sommige gevalle word tussen 20-40 kg in die grond agtergelaat. `n Neiging bestaan om sojabone in die R1-stadium met stikstof te bemes. `n Swaelbevattende misstof soos ammoniumsulfaat werk hier baie goed, aangesien swael belangrik vir stikstofbinding deur stikstofbindende bakterieë is, asook vir proteïeninhoud van die graan. Navorsing toon dat sojabone `n hoogtepunt in stikstofbehoefte bereik tydens die graanvulstadium (R1-R6). In geval van hoë potensiële opbrengs, kan die stikstofbindende bakterieë sukkel om aan die behoefte te voldoen. Grondstikstof word dus ook benodig om hoë produksie te handhaaf (1520 kg/ha N is voldoende). Fosfate Sojabone reageer goed op algehele grondvrugbaarheid. Sojas is baie gevoelig vir kunsmis-

brand in die band. Hoë peile moet dus vermy word. Sagte produkte, soos MAP, doen baie goed en die plant se fosfaatbehoefte word dan in geheel tydens die plantproses toegedien. Plantmengsels word ook met groot sukses uitgestrooi. Dit is goeie praktyk om die grond se voedingstatus op voorafgaande gewasse op te bou aangesien sojabone bekend staan as `n “voeder van ou kunsmis” (150-200 kg MAP met plant is voldoende op goed opgeboude grond). Kalium Sojabone is `n ryk voeder van kalium. Op grond wat goed opgebou is, kan onttrekking bemes word (60-75 kg K na gelang van voedingstatus). Waar kalium egter `n probleem is en ander katione onderdrukking kan veroorsaak (Ca), kan meer kalium toegedien word. Drie toedienings deur die seisoen met `n laaste gedurende blom, is `n goeie praktyk. Mikro-ëlemente Op hoë pH-grond kan verskeie tekorte in mikroëlemente voorkom. Met `n blaarmonster kan vinnig vasgestel word watter tekorte voorkom en die spesifieke element kan toegedien word. Molibdeen is baie belangrik by enige peulgewas, want dit help met binding van atmosferiese stikstof deur Rhizobium. Dit is meer belangrik vir bakterieë as vir die plant. Blaarbespuitings op grond wat arm is aan molibdeen word aanbeveel. Natriummolibdaat is `n goeie produk om te gebruik. Siektes en plae Sclerotinia sclerotiorum Sclerotinia sclerotiorum het onlangs groot skade in die GWK-bedieningsgebied aangerig. Dit is `n swam wat die vaatbondels van die plant blokkeer en dan veroorsaak dat die plant verwelk en vrek. Die siekte het verskeie gashere, wat 23


dan ook kan veroorsaak dat `n sojaaanplanting op `n reeds besmette land geplant word. Die siekte kan verskeie jare en onder uiterste toestande in die grond oorleef. `n Uitbraak kom dus meestal as gevolg van grondoordraging voor. `n Koeler, vogtige mikroklimaat onder die blaredak gee aanleiding tot die ontwikkeling van swamdrade, wat dan daartoe lei dat die stam verwelk. `n Klimaatstoestand van 90%+ RH en temperature rondom 24˚C is bevorderlik vir die siekte. Die beheer van hierdie siekte is baie kompleks. Swambespuitings moet met genoegsame water vermeng word sodat die hele plant benat kan word. Blaarbespuitings is nutteloos aangesien dit die stamme is wat aangetas word. Verskeie verbouingspraktyke kan gevolg word om `n gunstige mikroklimaat vir die swam te beperk. Die mees uitvoerbare een is om `n diep profiel te bewerkstellig sodat swaar water (20 mm+) toegedien kan word. Dit sal verhinder dat plante heeltyd vogtig bly en `n mate van plantafdroging bewerkstellig. Gesels met u landboukundige aangesien die praktiese uitvoerbaarheid hiervan uitdagings bied. Aalwurm Aalwurms doen veral op sandgrond baie skade aan opbrengste. Min beheer word egter toegepas. Chemiese beheer werk doeltreffend, maar maak seker dat die produkte op sojabone geregistreer is, om enige skade aan die gewas self te voorkom. Wisselbou kan aalwurms doeltreffend beheer. Vatbare gewasse word afgewissel met nie-vatbare gewasse vir `n spesifieke aalwurm. Dit rek die tydperk tussen twee vatbare gashere uit sodat aalwurmpopulasies nie hand uitruk nie. Biologiese middels is oral beskikbaar en word met groot sukses gebruik. Gesels egter met u landboukundige oor produkte omdat hierdie nog `n 24

duister gebied vir baie is en swendelmaatskappye oral opduik met wonderprodukte wat nie altyd onder ons toestande werk nie.

tot blomstadium te beheer.

Samevatting Sojabone is `n uitstekende gewas vir wisselbou. Dit bring mee dat koringBolwurm opbrengste minder wisselvallig is as Bolwurm kan groot skade aan blaar- in die verlede. oppervlaktes asook peule aanrig en Verskeie siektes op koring word ook is die probleem waarvoor meestal minder waargeneem nadat sojabone gespuit word. as `n wisselbougewas ingebring is. Dit kan egter doeltreffend beheer Sojabone sal nog vir lank `n groot rol word. Landinspeksies moet gereeld in ons wisselbou speel. geskied om beheer toe te pas. Luise en rooispinnekop kom na ge- Bronne lang van die seisoen voor en word � Pannar-produksiehandleidinggespuit indien dit waargeneem word. reeks: Sojabone � In-season fertilization for high Onkruidbeheer yield soybean production, R.E. Sojaboon het `n oorskadu-effek naLamond, T.L. Wesley dat die plante toegemaak het, wat � Groei en ontwikkeling van die soonkruide doeltreffend beheer. jaboonkultivars by verskillende ry`n Goeie plantestand moet gehandwydtes, De Jager 2004 haaf word. Verskeie voor- en na-op- � Proteïennavorsingstigting, Wilma koms-onkruiddoders is beskikbaar, MacPherson wat onkruid kan beheer. � Graan SA Met Round-up Ready-kultivars is dit � Soybean Growth and managemoontlik om onkruid met Round-Up ment, D.A. McWilliams et al.



Foto 1.

Presisieboerdery Bertus Jacobs GWK Presisieboerdery en Produksienavorsing

Fusarium beïnvloed opbrengs

M

ielies (Zea mays L.) is wêreldwyd `n belangrike voedselbron. Volgens Marais (2013) is die wêreldvooruitskatting vir 2012/2013 ongeveer 950 miljoen ton. In ontwikkelde lande word 80 tot 90% van die geproduseerde mielies as veevoer gebruik. In ontwikkelende lande daarenteen, is mielies `n direkte voedselbron vir tot 200 miljoen mense (Marais, 2013). In die GWK-bedieningsgebied word mielies meestal in gewasrotasie met koring of gars verbou en omdat al 26

hierdie spesies van die grasfamilie is, word mielies en koring deur `n wye verskeidenheid patogene geteiken. In `n studie deur die Landbou Navorsingsraad (LNR) tussen 2006/ 2007 en 2010/2011 naby Winterton is gevind dat stam- en wortelvrot in no-till-mielies groei en opbrengs dramaties beïnvloed. Opbrengsverliese van tot 19% is aangemeld (Lamprecht et al, 2013). Die griminearum-spesiekompleks (FGSK) kan in 13 afsonderlike spesies verdeel word. Geen effektiewe manier bestaan op die oomblik om die fungusse van die FGSK te beheer nie.

Wanneer monokultuur toegepas word (mielies wat koring opvolg), neem die inokulum in die grond toe en word hoër vlakke van besmetting verkry (Craven, 2013). 2013-Mielieseisoen Tydens die 2013-mielieseisoen is in mielielande in die GWKbedieningsgebied opgemerk soos gesien kan word in Foto 1. Foto 2 en 3 vergelyk die siek en gesonde plante met mekaar, terwyl foto 4 en 5 die wortels van gesonde en siek plante vergelyk. Foto 6 vergelyk die koppe van die siek en gesonde plante.


Moontlike oorsake Die status van `n plaag in `n landbou-omgewing is nie vas nie. Dieselfde spesie, wat as plaag kan funksioneer en ekonomiese verliese veroorsaak, kan ook van geen betekenisvolle waarde wees nie. Faktore wat die status van `n plaag beïnvloed, word in Figuur 1 aangedui. Hiervolgens word die potensiële plaagorganisme eers `n plaagprobleem wanneer al die faktore teenwoordig is. `n Gunstige gasheer (gewas) moet beskikbaar wees, die omgewing moet gunstig wees vir die plaag sowel as die gasheer en genoegsame tyd moet beskikbaar wees vir die plaag om die gasheer te besmet. Dit beteken `n patogeen soos FGSK kan byvoorbeeld in `n mielieland teenwoordig wees, maar as klimaatstoestande nie gunstig is nie en genoegsame tyd vir besmetting nie beskikbaar is nie, sal die patogeen nie plaagstatus bereik nie en gevolglik geen oesverliese tot gevolg hê nie. Die FGSK kan met stremmingstoestande geassosieer word (Craven, 2013). Stremming kan onder meer deur blaarinfeksies, vogstremming (te nat of te droog) en gebrekkige grondvrugbaarheid veroorsaak word. Die patogeen oorleef as mycelium in plantreste of in die grond waar dit die plant direk kan beïnvloed deur wortels wat stam- en wortelvrot kan veroorsaak. Volgens Janse van Rensburg (2013) het dit `n saprofitiese sowel as `n patogeniese stadium, wat die mielieplant op enige stadium van die plant se ontwikkeling kan besmet. Dit kan ook van een land na `n ander beweeg deur spore wat in die lug vrygestel is en saam met luggolwe beweeg, waarvan daar tydens `n mielieseisoen voldoende in die lug is. Stronkboorder kan as vektor dien om die FGSK van plant tot plant te versprei (volwasse stadium) en wonde te veroorsaak wat die fungus kan toelaat om die plant binne te dring (larwestadium). Hoë stikstofvlakke,

Tyd

Gewas

Plaag

Omgewing

Figuur 1. Plaagpiramide aangepas uit Norris et al (2003).

Foto 2.

Foto 3.

Foto 4.

Foto 5.

lae kaliumvrugbaarheid, te nat toestande in die middel- tot laatseisoen ná `n droë vroeë seisoen, en vogstremming tydens die vroeë seisoen en graanvul is alles faktore wat stremming kan veroorsaak.

Ondersoek Uit `n deeglike ondersoek wat saam met prof. Bradley Flett (LNR Potchefstroom en Noordwes Universiteit), dr. Rikus Kloppers (Pannar), dr. Sandra Lamprecht (LNR Stellenbosch), en me. 27


492 458 422 350 358 411 420 398 464 376 414 390 398 462

434 403 359 292 309 353 366 341 408 325 361 335 350 406

1000 korrel massa (g)

88.1 88.1 85.2 83.3 86.4 86.0 87.2 85.8 88.0 86.6 87.3 86.0 88.0 87.9

41.3 38.7 37.0 30.0 40.3 35.0 38.3 35.3 40.7 33.0 40.3 33.7 42.3 33.7

% verlies op 1000 korrel massa 6.39 18.32 12.26 7.78 18.49 15.97 19.70

45 40 35 30 25 20 15 10 5 Siek

Gesond

Siek

Gesond

Siek

Gesond

Siek

Gesond

Siek

Gesond

Siek

Gesond

0

Figuur 2. Die invloed van fusarium op duisendpitmassa van mielies. precht is die volgende gevind: graminearum was in die algemeen hoër in die geïnfekteerde plante se wortels as in die gesonde plante. Phaeocytostroma ambiguum en Phialophora ceicola was in drie van die vyf wortelkroonmonsters hoër in die gesonde plante as in die siek plante. Pyrenochaeta terrestris was in vier van die vyf wortelkroonmonsters hoër by gesonde plante vergeleke met siek plante.

Verdigting Lande wat besmet was, was almal verdig en het beperkte wortelontwikkeling gehad, wat tot `n maksimum van 30 cm in die grond gestrek het (sien Foto 7). Tydens spesie-identifikasie van plant- Opbrengsdata monsters gestuur aan dr. Sandra Lam- Kaarte van opbrengsmonitors ver28

Dors %

Tabel 1. Vergelyking tussen dorspersentasie en duisendpitmassa van gesonde en siek plante.

Siek

Blaarontledings Kalium en boor was in onderskeidelik 86% en 90% van die gevalle hoër by die gesonde plante teenoor die siek plante. Fosfor en yster was onderskeidelik 71% en 76% hoër by die siek plante teenoor die gesonde plante. `n Positiewe verband is met die boorinhoud in die blare gevind – die ontleding by die gesonde plante was dus hoër as by die siek plante en `n positiewe neiging bestaan teenoor die kalium%. Duisendpitmassa en dorspersentasie Tabel 1 toon dat daar geen wesenlike verskille in dorspersentasie tussen gesonde en siek plante was nie, maar wel `n verskil ten opsigte van duisendpitmassa. In al die gevalle was die duisendpitmassa van die siek plante laer asdié van die gesonde plante. Die persentasieverlies wissel tussen 6,39% en 19,7%. Figuur 2 stel die neiging van duisendpitmassa van gesonde en siek plante grafies voor.

Gesond Siek Gesond Siek Gesond Siek Gesond Siek Gesond Siek Gesond Siek Gesond Siek

Gesond

Grondontledings Vanuit die grondontledings vertoon die grondvrugbaarheid by siek plante beter as by gesonde plante. Die afleiding kan gemaak word dat siek plante nie die voedingstowwe effektief benut het nie. In 81% van die monsters was die Ca% hoër by die siek plante as by die gesonde plante. Die hoë Ca% kon tot die onderdrukking van ander elemente gelei het.

Kopgewig(g) Pitgewig(g)

Duisendpitmassa (g)

Sonia Mari (LNR Potchefstroom) in die GWK-bedieningsgebied gedoen word, het die volgende voorlopige resultate te voorskyn gekom:

toon in die algemeen die swakker kolle (met fusarium besmet) in die lande soos in Figuur 3. Soos uit die duisendpitmassa afgelei, kan opbrengsverliese tussen 6 en 19% wissel, afhangende van die graad van besmetting. Hierdie ondersoek is `n studie wat oor drie jaar sal strek om die FGSK te monitor. Moontlike beheermaatreëls Volgens Janse van Rensburg (2013) is die resultate op verskillende kultivars van die LNR nie konstant oor


`n aantal seisoene nie. Dit beteken dat daar nie op die oomblik kultivars is met genoegsame en betroubare weerstand nie. Geen swamdoders is ook tot op datum in Suid-Afrika teen fusarium geregistreer nie en die doeltreffendheid van beskikbare chemikalië moet nog bepaal word (Craven, 2013; Janse van Rensburg, 2013). Wisselbou met nie-gasheergewasse is belangrik en is `n praktyk wat deur die breë GWK-bedieningsgebied toegepas moet word om besmettingsdruk te verminder. Grondvoedingstatus moet gebalanseerd wees. Blaarmonsters kan help om tekorte en elemente soos kalium en boor, wat onderdruk word, te hanteer. Grondverdigting en gevolglike anaërobiese toestande tydens besproeiing verhoog die moontlikheid van fusarium. Maak seker alle verdigtingslae is doeltreffend opgehef en bestuur watertoediening volgens dit wat die grondprofiel en beskikbare wortels kan hanteer. Opheffing van verdigting bevorder dreinering en verhoog wortelgroei. Die penetrometer is `n baie handige instrument (mits dit reg toegepas word) wat produsente met bewerkingsbesluite kan help. Waterskedulering van mielies moet nie geminag word nie (let wel, lande moet steeds fisies gemonitor word, hetsy met `n grondboor of graaf!). Die hoë voorkoms van reën tydens die einde van Maart het oorbenatting tot gevolg gehad en kon die plante onder stremming plaas. Onder anaërobiese toestande is die opnames van verskeie voedingstowwe baie laag. Loging van boor (tekorte op blare) onder nat toestande, tesame met groot toedienings van stikstof (albei anione), kan veroorsaak dat boortekorte kan voorkom. Boor is `n baie belangrike katalisator, wat die biologiese opeenvolging in plante begin. Sonder voldoende boor en kalium sal die plante dus onder stremming wees, wat die vat-

Foto 6. baarheid vir fusarium sal vergroot. Plantreste word in die algemeen as `n belangrike bron van inokulum beskou. Deur dit dus te verwyder, kan dit teoreties help om die siektvoorkoms te beperk (Craven, 2013). Voorkom stremming by plante en hou plante so lank as moontlik gesond. Insekte, soos stamboorders, wat plante kan beskadig, moet beheer word. Monitor lande gereeld vir blaarsiektes en tree vroegtydig op. Weerstand teen blaarsiektes, stamboorders, `n goeie stabiliteit en hoë opbrengspotensiaal is eienskappe wat `n genetiese voorsprong aan basters gee (Craven, 2013; Janse van Rensburg, 2013). Verwysings � Craven, M. (2013, Oktober). Houtskoolvrot. `n Prominente stamvrot in die mielieproduksie

Foto 7.

van 2012/2013. SA Graan , pp. 35-36. Craven, M. (2013, Oktober). Wortel- en kroonvrot by mielies onder bewaringsboerderystelsels. SA Graan , pp. 25-26. Farina M et al. (2013, Mei). Anhydrous ammonia`s effects on notill maize yield, root rot and soil health. SA Graan , pp. 32-34. Janse van Rensburg, B. (2013, Oktober). How to manage ear rot and fumonisin production. SA Graan , pp. 38-39. Lamprecht S et al. (2013, Maart). Fungal pathogens associated with crown and root rot of no-till maize in Kwa-Zulu Natal. SA Graan , pp. 74-75. Norris RF, Caswell - Chen EP & Kogan M. (2003). Concepts in Integrated Pest Management. New Jersey: Prentice Hall.

Figuur 3. Stroperkaart van `n land wat met fusarium besmet is. Let op die kolle van fusarium wat voorgekom het. 29


Lewendehawe

Fokus om bulle voor te berei wat ekstensief goed sal aanpas Die Berg Landbouvereniging van Barkly-Wes het onlangs `n buldag aangebied met die tema Hoe hanteer ek my bul vir optimale produksie? Mnr. Joël Herholdt (Nasionale Verkoopsbestuurder van Molatek Veevoere) het die produsente oor voeding toegespreek en sy voorlegging in artikelformaat aan Kommuniek beskikbaar gemaak.

T

ydens die afronding en voorbereiding van veilingsbulle moet die bulteler se fokus wees om `n bul vir die mark voor te berei wat ekstensief goed sal aanpas. Die bul moet ook voldoende nageslag onder ekstensiewe toestande produseer. Oorvet, onfiks bulle wat nie voldoende aangepas is om die vesel in weiding effektief te verteer nie, verloor kondisie. Weens swak kondisie word hul libido onderdruk, wat geweldige verliese aan inkomste vir die kommersiële beesprodusent kan beteken. Suksesvolle bultelers speen hul bulkalwers op sewe maande en daarna word hulle op weiding uitgegroei. Hierdie bulle moet addisionele aanvulling in die vorm van `n produksielek tot en met die afrondingsfase kry. Die ideaal is dat so `n bul teen `n minimum gemiddelde van 750 g per dag oor 365 dae groei. 30

Die bulle word dan vir vyf maande afgerond sodat hulle as teelbulle op 24 tot 36 maande verkoop word. Die hoeveelheid aanvulling verskil tussen die droë en die groeiseisoen weens die verskil in voedingswaarde in die weiding.

min kragvoer is gewoonlik die probleem. Oorvet bulle pak vet aan rondom die testes en dit veroorsaak dat daar groot temperatuurvariasie in die testes ontstaan, wat weer lei tot swak semenproduksie. Oorvet bulle is onfiks en pas ook moeilik aan in hul nuwe omgewing. Die ideale kondisie vir bulle tydens die dekseisoen is 3 tot 3,5. Bulle, wat tydens die dekseisoen in `n swak kondisie is, produseer nie voldoende semen nie en verloor ook libido. Teelbulle stap ongeveer 7,5 km/dag in die dekseisoen. Daarom is dit belangrik dat bulle fiks moet wees met die regte kondisiepunt tydens die dekseisoen.

Probleme met verkeerde bulafrondingspraktyke Oorvet en te maer bulle Kommersiële beesprodusente kla dikwels dat die bulle wat in die mark beskikbaar is, te vet is. Die teendeel is dat die kommersiële produsent nie maer bulle op veilings wil koop nie. Die ideale kondisiepunt vir bulle by veilings is 3,5 op `n kondisiepuntskaal van een tot vyf. Maer bulle verkoop gewoonlik moei- Opblaas en asidose lik op veilings. Onvoldoende beplan- Bulle, wat vanaf weiding kom, se rumenmikrobes is aangepas om vesel ning, asook die voorsiening van te

Mnre. Joël Herholdt (Nasionale Verkoopsbestuurder van Molatek Veevoere), Martin Seyfferdt (bekende keurder), Ben Erasmus van Bayer en James Faber (produsent en voorsitter van die NKRPO.) Foto’s: Tania Fourie


hoewe ontsteek. Die vaatjies swel en raak te groot vir die gaatjies. Die drukking veroorsaak pyn en maak dat die bul nie gemaklik loop nie.

Produsente tydens die buldag op die plaas At Last in die Barkly-Wes distrik. te verteer en nie stysel nie. Dit is daarom uiters belangrik dat die bulle reg op die afrondingsrantsoene aangepas moet word. Die rumen-pH van weidende beeste is tussen 6,5 en 6,8. Wanneer oorgegaan word na afrondingsrantsoene sonder `n behoorlike aanpassingsfase, verhoog die melksuurproduksie in die rumen. Dit gebeur omdat daar nie genoeg mikrobes in die rumen is wat die melksuur kan benut nie. Die rumen-pH verlaag na onder vlakke van 5,8 wat asidose veroorsaak. Tydens asidose (suurpens) word die papillae van die rumenwand beskadig. By erge gevalle vind vergiftiging plaas, wat vrektes veroorsaak. Dit neem die rumen ongeveer 21 dae om te herstel, maar die beskadigde dele gaan nooit weer voedingstowwe absorbeer nie. Hierdie bulle sukkel later om op weiding aan te pas en ook hul kondisie te handhaaf. Gewoonlik is die rumen-pH van afrondingsrantsoene van voerkraalbeeste tussen 5,8 en 6,0. In die geval van bulafrondingsrantsoene moet die rumen-pH nie laer as 6,1 wees nie. Opblaas gaan gepaard met asidose, maar kan ook in sekere gevalle `n genetiese probleem wees.

Opblaas kom gewoonlik voor waar die rantsoen te fyn is, of waar vlakke van ionifoor in rantsoene te laag is. Opblaas kom ook voor waar ruvoervlakke in die dieet te laag is. Korrekte kripbestuur moet toegepas word. As bulle lang periodes sonder voer staan en weer gevoer word, kan dit lei tot rumensteurnis. Organe kan beskadig wees Die rumen se wand verdun weens asidose wanneer rumen-pH te laag daal. Weens die verdunde wand dring skadelike bakterieë deur die wand en veroorsaak lewerabsesse. Pasteurella, wat voorkom tydens strestoestande, kan ook die longe beskadig. Laminitus Laminitus kom voor waar die diere reeds tekens van subkliniese asidose wys. Die dier loop baie moeilik en verduur baie pyn. Die hoewe sit aan die lewende weefsel van die poot vas deur duisende klein bloedvatryke vleisvingertjies. Hierdie vingertjies is ook die wortels van die hoef en pas in gaatjies in die harde hoef in. Die gifstowwe, wat veroorsaak word deur die lae rumen-pH, beland in die bloed en veroorsaak dat die bloedvaatjies in die

Hoefprobleme Hoefprobleme kan veroorsaak word deur verskeie faktore, soos byvoorbeeld genetika, voedingsteurnisse soos asidose, voedingstekorte/-wanbalanse en die omgewing. Die meeste hoefprobleme, soos uitgroeikloue, is geneties van aard. Voldoende proteïen speel ook `n belangrike rol in die vorming en groei van hoewe. Asidose veroorsaak dat die hoef versag en die hoefhegtingsgrade aan die been van 45 na 30 grade verklein. Wanneer die hoef `n normale 45 grade is, word die gewig eweredig op die hoef geplaas en is die slytasie ook gelyk. Met die verandering van die hoek verplaas die bul se gewig na die agterste deel van die hoef en daarom groei die klou uit. Sink, koper en vitamien B12 speel `n rol om gesonde hoewe te verseker. Magnesium, fosfaat, kalsium, vitamien A en D is verantwoordelik vir die ontwikkeling van die hoef. `n Oormaat kalsium in rantsoene en in water onderdruk die opname van die meeste spoorelemente en waar gebarste hoewe voorkom, is daar meestal `n sinktekort. Sink is verantwoordelik vir die hardheid van die hoef en veral die gedeelte waar die haar en die hoef bymekaar kom. Indien daar `n tekort aan sink is, kry die bulle gewoonlik fyn barsies bokant die hoef. Die bakterieë dring daardeur en veroorsaak dan vrotpootjie. Tekens van sinktekort is waar daar skurfte om die stertwortel, skurfte net bokant die hoef en ook om die nek voorkom. Spoorelemente kan voor die dekseisoen en met afronding vir veilings inspuitbaar aangevul word. Raadpleeg u veearts of `n voedingkundige in die verband. Interaksie vind plaas tussen spoorelemente. `n Oormaat van die een kan die opname van die ander 31


beïnvloed. Daarom is dit uiters belangrik dat dit gebalanseerd aan bulle voorsien moet word. Die terrein waar die bulle beweeg speel ook `n groot rol. Bulle wat in bergagtige kampe loop, kan hul hoewe sny en ontsteking kan voorkom. Die haarkleed en myte In die winter is myte `n probleem en maak dit kaal kolle op die haarkleed. Die myte veroorsaak ook `n skurfte op die testes, wat groot irritasie veroorsaak. Dit lei tot laer voerinname, wat swakker groei bewerkstellig. Dit is raadsaam om bulle in die somer teen interne parasiete te doseer en in die winter kan `n inspuitbare produk gebruik word (vir interne en eksterne parasiete). Maak net seker dat dit wel myte ook kan beheer. Te lae vlakke van ionifoor in diëte Ionifore is in enige bulafrondingsrantsoen van kardinale belang. Die ionifoor moet egter teen die regte vlakke in die rantsoen ingesluit word. Ionifoor voorkom opblaas en asidose en bevorder voeromset. Monensin moet teen 30 mg/kg (88% DM-basis) in die finale rantsoen ingesluit word. Die ionifoor in die dieet verhoog die produksie van propioonsuur, wat doeltreffender as asynsuur vir groei benut word. Die verhoogde propioon suurvlakke en laer verliese van metaangas verhoog die doeltreffendheid van energieverbruik.

ste fase van die voerperiode. Korrekte aanpassing van die rumen verseker dat die rumen nie beskadig word nie en sodoende kan die bul makliker op weiding aanpas. Bulle moet vir minstens 21 dae aangepas word op die afrondingsdiëte. In die geval waar kragvoer en ruvoer in `n kafeteriastelsel gegee word, moet bulle nie meer as 1% van hulle liggaamsmassa in kragvoer kry vir die eerste 21 dae nie en ruvoer moet ad lib beskikbaar wees.

die middag en 60% in die oggend. Die hoë somertemperature het `n groot invloed op die inname van die rantsoen; daarom die groter hoeveelheid voer in die middag na 16:00 wanneer dit begin afkoel.

Veselvlakke en vesellengte Goeie gehalte ruvoer is die basis van enige goeie bulafrondingsdieet. Hoe swakker die ruvoer, hoe minder verteerbare energie is beskikbaar daaruit tydens vertering. Lae suurbestande vesel soos lusern, tef, akkerAfrondingsfase boonhooi en kuilvoer werk uitstekend Wanneer `n volvoerstelsel gebruik in bulafrondingsdiëte. Bulafrondingswenke word, moet hoër ruvoervlakke en Die veselvlakke en die %-insluiting Afrondingstydperk laer graanvlakke in die dieet ingesluit van ruvoer in bulafrondingsdiëte is As dit by afronding van bulle vir veiword. Die volvoerdieet moet ook teen hoër as in normale voerkraaldiëte ling kom, is beplanning die wagwaar ons kalwers afrond vir die slagwoord. Die ideale afrondingstydperk 2,8% van liggaamsmassa in twee van bulle is vyf tot ses maande. Daar dele gevoer word. Waar `n kafeteria- mark. Tydens die afronding van speenkalmoet genoeg tyd beskikbaar wees om stelsel gebruik word, kan die bul 2% van sy liggaamsmassa in kragvoer wers word die dieet sodanig gefordie bul behoorlik aan te pas op die muleer om die rumen uit te daag hoë graan dieet. Daar is dan ook ge- ontvang en ruvoer ad lib. Die hoeveelheid kragvoer moet in om maksimaal te funksioneer en om noeg tyd om die bulle stelselmatig die maksimum groei te bewerkstellig. laaste maand voor die veiling weer by twee dele per dag aan die bul voorsien word. In die somer moet 60% In die geval van bulafrondingsdiëte hoër veselvlakke aan te pas. van die hoeveelheid in die middag moet die fokus wees om die rumen gevoer word en 40% in die oggend. gesond te hou, om sodoende weer Aanpassingsfase Die aanpassingsfase is die belangrik- In die winter ruil dit om, met 40% in ekstensief op weiding te kan funk-


as kragvoer. Dit wys ook vir die teler dat hierdie bulle nog nie goed aangepas is nie. Wanneer die mis klein, sagte miskoekies is, is dit `n aanduiding dat die Klein kampies Dit is ideaal om bulle in kleiner kam- bees aangepas is en meer voer kan gegee word. pies af te rond. Dit gee die bul die Die ideale miskoek by afronding van geleentheid om te beweeg en sodoende fiks te bly. Plaas die voerbak- bulle is so groot soos `n papbord met ke weg van die water om die bulle te `n duik in die middel. Wanneer die mis pap is en suur ruik met borrels in, Mieliegruis forseer om te loop. Waar mielies in die rantsoen gebruik is dit `n teken van asidose. Wanneer In gevalle waar kampe nie gebruik mis `n grys kleur kry as dit verdroog word, moet dit met `n 25 mm sif ge- word nie, moet 50 m2 staanoppermaal word. Anders as in die dieet van vlak en 50 cm voerkripspasie per bul is dit ook `n teken van asidose. melkkoeie, moet die mielies nie te fyn verskaf word. Aanpassing van bulle vir die mark gemaal wees nie. Die ideaal is mieliegruis. Chop kan ook baie effektief Water Die meerderheid van die rumenmiin buldiëte gebruik word. Water speel `n belangrike rol in die krobes in die voerperiode is styselverterende bakterieë. totale inname van droë materiaal. Dit is dus belangrik dat die veselverKoringsemels Die krippe moet dus minstens elke terende mikrobes aan die einde van Koringsemels is `n uitstekende protweede dag skoongemaak word om die voerperiode weer vermeerder duk in afrondingsrantsoene vir bulle. goeie voerinname te verseker. word deur hoër ruvoerinsluiting in die Die insluitingspeil kan tussen 15 en rantsoen. Wanneer die ruvoervlakke 18% wees. Koringsemels het hoogs Vetpersentasie in dieet verhoog word, verklein die papillae verteerbare vesel en dit gee ook adDie vetpersentasie in diëte vir bulle weer soos by diere op ekstensiewe disionele proteïen in die rantsoen. moenie hoër as 6% wees nie. Wanweiding. Die insluiting van koringsemels verneer die vet te hoog is, vorm dit `n laag ook die styselvlak van die dieet. lagie oor die vesel. Die mikrobes kan Waar kragvoer in `n kafeteriastelsel teen 2% van liggaamsmassa gegee dan nie die vesel benut nie en dit word, verlaag dit na 0,5% en verskaf Selfvoerders veroorsaak asidose. Die kafeteriastelsel, waar `n selfvoer- Te hoë vetpersentasie kom veral voor dan ad lib ruvoer. Verskaf die volvoerder volgemaak word en ruvoer ad waar chop saam met oliesade of ka- dieet teen 1% van liggaamsmassa en ad lib ruvoer. toensaad gebruik word. lib verskaf word, is nie gewens by Produksielekke kan ook teen 3 kg/ afronding van stoetbeeste nie. bul/dag verskaf word met ad lib Die bees vreet aan die einde van die Mis is die barometer Die mis van bulle gee vir die produ- weiding of ruvoer. voerperiode baie minder ruvoer en sent `n baie goeie aanduiding van meer kragvoer. Molatek is `n verskaffer van GWK. Die stelsel veroorsaak dat die rumen die inname en die rumenstatus. Wanneer die mis klein en hard verKontak gerus u naaste GWK-bedryfsbeskadig kan word, veral wanneer toon, is dit `n aanduiding dat die in- punt vir meer inligting oor Molatek se temperatuurskommelinge voorkom. produkte. name laag is met meer veselinname Met groot skommelinge in temperasioneer en optimaal vesel te verteer. Die vesellengte speel `n belangrike rol in die dieet. Die vesellengte moenie te fyn wees nie. Die ideaal is 25 mm. Wanneer die vesel te grof is, meng dit nie deeglik deur nie en as dit te fyn is, veroorsaak dit opblaas en asidose. Maal die ruvoer deur `n 30 mm tot 50 mm hamermeulsif.

tuur tussen dag en nag is kragvoerinname hoër en kan dit verteringsteurnisse meebring.


Foto`s: Tania Fourie

34


Op die veeplaas Peter Milton

Pryssiklus vir speenkalwers In ons laaste veerubriek vir vanjaar bespreek mnr. Peter Milton, boerderykonsultant en lewendehawekenner, die pryssiklus van speenkalwers.

D

ie koei/kalf-teler/produsent besit 90% van die drie miljoen kommersiële koeie in Suid-Afrika. Altesaam 14% word gebruik om grasgevoerde of weivleis (grade AB en B) te produseer. Hierdie diere het gesnyde tande (een tot vier) en sal met die sny van tand vyf as graad C geklassifiseer word. Die Suid-Afrikaanse klassifikasie is die beste in die wêreld en na my mening 50 jaar voor sy tyd. Dit is maklik om in `n landelike abattoir te gebruik – kyk net na die tande wat die ouderdom van die dier en ook die sagtheid van die vleis aandui. Die vetdikte dui die vetpersentasie op die karkas aan wat belangrik is vir die gesondheid van die verbruiker. `n Graad A2-karkas het 66% spier (vleis), 16% been en 18% vet met `n sagtheid van minder as 95 Newton (afhangend van die ras). Grafiek 1 toon die pryssiklus van speenkalwers. Ek noem dit die vierdag tot 361 dag = 365 dae in `n jaar. Op die twee aste van die grafiek is die speenkalfprys per kilogram vir `n 230 kg-kalf met `n glyskaal van drie sent per kilogram vir ligter kalwers en minus drie sent per kilogram vir swaarder kalwers. Dag 1 = 16 Januarie (week 3) Teen hierdie tyd van die jaar moet

voerkrale teruggebring word na kapasiteit ná die hoë slagsyfers sonder hervul tydens die feestyd, aangesien weeklikse verkope nie in hierdie tyd aktief is nie en karweiers met verlof is. Die prys kan 20c meer wees vir `n 230 kg-kalf wat gelyk is aan R46. Dag 2 = 27 Februarie (week 9) Hierdie kooptyd moet met `n rekenmeester bespreek word. As jy ander beeste gekoop of verkoop het, sal dit `n invloed op jou aanbieding hê. Kom ons sê 100 kalwers van 230 kg teen R4 255 of R425 500 op jou balansstaat of omsetsyfers. Uit `n biologiese perspektief moet alle kalwers bo 165 dae gespeen

en verkoop word. Kleurkodering van kalwers vir die geboortemaand sal die produsent in staat stel om diere op die 15de van `n maand te selekteer. Speen op 180 dae met 15 te veel of 15 dae te min, d.w.s. die oudste kalf sal 195 dae oud wees en die jongste kalf 165 dae met `n gemiddeld van 180 dae. Vroeë speen sal `n beter kondisie by die koei tot gevolg hê. Die beste tyd om te speen is voor die eerste koue van die jaar of in die helfte van April. Graanprodusente praat van `n oes wat koueskade kry en die opbrengs wat met `n sekere persentasie afneem. Koeie verloor 30-40 kg met die 35


Speenkalfpryse Bud 14

Mildex

R 21.00

119

R 20.50

116

R 20.00 113 R 19.50 110 R 19.00 107

R 18.50

104

R 18.00

101

R 17.50

98

R 17.00

95

R 16.00

92

R 15.50

89

2-Jan 9-Jan 16-Jan 23-Jan 30-Jan 6-Feb 13-Feb 20-Feb 27-Feb 6-Mrt 13-Mrt 20-Mrt 27-Mrt 3-Apr 10-Apr 17-Apr 24-Apr 1-Mei 8-Mei 15-Mei 22-Mei 29-Mei 5-Jun 12-Jun 19-Jun 26-Jun 3-Jul 10-Jul 17-Jul 24-Jul 31-Jul 7-Aug 14-Aug 21-Aug 28-Aug 4-Sep 11-Sep 18-Sep 25-Sep 2-Okt 9-Okt 16-Okt 23-Okt 30-Okt 6-Nov 13-Nov 20-Nov 27-Nov 4-Des 11-Des 18-Des 25-Des 1-Jan

R 16.50

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 B1

Grafiek 1. eerste koue van die jaar. Met `n gespeende kalf is die invloed van die koue nie so groot nie en gaan die koei makliker deur die winter.

Dit is hier belangrik om daarop te let dat die eet van vleis deur godsdiens beïnvloed word. Die Jode en ZCC eet byvoorbeeld nie vark nie. Sommige groepe verkies Dag 3 = 24 Julie (week 30) weer om bok en lam te eet aangesien Hierdie week is 150 dae of 21 weke hulle meer blêr wanneer die keel voor Kersfees. In hierdie tyd word tydens offering afgesny word. Chrisbeeste tot 500 kg gevoer om `n 60% tene eet egter grootliks beesvleis oor slagpersentasie te behaal, wat `n kar- Kers- en Paasfees. kas van 300 kg sal oplewer. Dit is moontlik omdat karkasse ontbeen word. Twintig jaar gelede het karkasse 200 kg geweeg, wat `n toename van 5 kg per jaar oor die afgelope 20 jaar toon. Hierdie klein veranderings word soms nie deur produsente raakgesien nie, wat dan nie in staat is om hul teelbeleid aan te pas om die nuwe vereistes te behaal nie. Feestyd-aankope strek oor `n tydperk van 30 dae of tot 25 Augustus en is afhanklik van die karkasgrootte en of dit ontbeen word of nie. Dag 4 = 27 November (week 48) Aankope in hierdie tyd is vir die Paasnaweek. 36

Opsomming � Moet asseblief nie teelseisoene aanpas op aan hierdie vereistes te voldoen nie, maar speen met neusringe op 180 plus 15 dae = 195 dae of -15 dae = 165 dae. � Onthou om in harmonie met die natuur te boer. � Verkoop slegs in die vensterweke vir winsgewende beesboerdery.


Een van die groot voorregte van die feestyd is om dankie te sê aan elkeen van ons klante en u elkeen `n Geseënde Kersfees en `n voorspoedige 2014 toe te wens!

Kontak: Peter Milton Sel: 083 630 8868 • E-pos: info@petermilton.co.za • Web: www.PeterMilton.co.za GPS Koördinate: S 30°17.554' E 25° 42.936' • S 30.29258° E 25.71561° • S 30° 17' 33" E 25° 42' 56" Kuilfontein, Springfontein, 9917 • Posbus 29498, Danhof, 9310


Finansiële Landbou Advies

Links bo: Produsente tydens die benchmarking-dag op Douglas. Links onder: Die benchmarking-dag op Prieska. Bo: Me. Karlien van Zyl (Bedryfshoof: Finansiële Landbou Advies) aan die woord. Foto’s: Tania Fourie en Bertie Theron

Benchmarking-dae bied uitstekende platvorm om van mekaar te leer

T

wee suksesvolle Benchmarkingdae is onlangs op Douglas en Prieska aangebied. Die Benchmarking-groepe bestaan uit produsente in `n spesifieke gebied, wat in twee seisoene opgedeel word. “Jy hoor miskien om die braaivleisvuur wat jou buurman gestroop het, maar die vraag behoort te wees hoeveel dit hom gekos het om daardie oes te stroop,” sê me. Karlien van Zyl (Bedryfshoof: Finansiële Landbou Advies). “Een seker ding in hierdie onseker 38

tye is dat insette vir produsente deurlopend duurder word en dat produkprysstygings nie noodwendig gekoppel is aan hoeveelheid waarmee insetkostes styg nie.” By die onlangse Somergewas Benchmarking van GWK is hierdie feit weer bevestig. By dié bespreking is in diepte na mielies, lusern, aartappels en grondbone gekyk. “Alle insette, opbrengste en prysings word anoniem op die besprekingsdag vergelyk en uitskieterdata word deur die span landbou-ekonome verduidelik,” sê van Zyl.

“Tegniese inligting soos bewerkingsmetodes word ook ondersoek. Sensitiewe inligting uit die balansstaat word later individueel met kliënte bespreek.” Hierdie diens word as `n alleendiens of as deel van `n jaarlikse pakket aangebied wat dan ook deurlopende finansiële ondersteuning insluit. Hierdie dienste word alles gerugsteun deur die Finansiële Landbou Advies-besigheid binne GWK. Vir inligting kontak Karlien van Zyl by 082 384 4672.


GWK Veilings . . .

wens u `n Geseënde Feestyd toe Hoofbestuurder: GWK Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen 053 298 8200 083 444 3411 wimvr@gwk.co.za

GWK Veilings wens al ons kliënte en vriende `n Geseënde Kersfees en voorspoedige 2013 toe. Baie dankie vir u getroue ondersteuning. Mag u die welverdiende ruskans saam met u geliefdes geniet.

Uitvoerende Bestuurder: GWK Veilings Willie Meyer 051 250 4077 071 680 4103 williem@gwk.co.za Bedryfshoof-Noord, Kimberley Deon Klopper 053 832 5227 082 802 8483 deonk@gwk.co.za Bedryfshoof-Suid, Humansdorp Jan Erasmus 087 820 4532/ 082 924 6096 jane@gwk.co.za Kimberley Schalk Erlank (Stoetvee) 082 558 6891 schalke@gwk.co.za lewendehawe@gwk.co.za Bloemfontein Willie Snyman (Stoetvee) Pr.Sci.Nat. 082 375 2524 jacusta@mweb.co.za Humansdorp Renier Zietsman (Afslaer) 082 491 5182 renierz@gwk.co.za Kimberley Jan Buys (Afslaer) 083 680 8929 Lewendehawe@gwk.co.za

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Mnre. Louw Steytler (voorsitter van Graan SA), Attie Scholtz (onder-voorsitter van die Vaallus-landbouvereniging en Agri SA se jongboer vir 2013), Van der Spuy Botes (Voorsitter van die Douglas Landbou-unie) en Gellie Geldenhuys (sekretaris van die Douglas Landbou-unie).

Jongboere Tania Fourie

GWK-aandeelhouer as Agri SA se jongboer van die jaar aangewys

M

nr. Attie Scholtz, `n GWK-aandeelhouer van die Douglas-omgewing, is onlangs as Agri SA/Toyota SA se jongboer van die jaar aangewys. Scholtz het tydens `n gala-geleentheid in Johannesburg die sleutels van sy splinternuwe Toyota Hilux 2.7 VVTi hoëromp Raider-bakkie van mnr. Calvyn Hamman van Toyota SA ontvang. Die Douglas Landbou-unie het Scholtz (onder-voorsitter van die Vaallus-landbouvereniging) as finalis vir die 2013 Jongboer-kompetisie be40

noem. Nadat hy aanvanlik as die Noord-Kaapse streeksfinalis aangewys is, het Scholtz as nasionale finalis gekwalifiseer. Die evaluasie is deur `n paneel bekende landbouspesialiste behartig en Scholtz het met agt ander streekfinaliste meegeding. “Ek wil niemand uitsonder nie, maar wil graag mnr. Gellie Geldenhuys vir GWK bedank dat hy aanhoudend druk op my geplaas het om in te skryf. As dit nie vir hom was nie, het ek glad nie deelgeneem nie. “Ek bedank ook graag al die ander instansies en persone wat `n bydrae

tot my boerdery maak en my gebring het waar ek vandag is.” Die Douglas Landbou-unie het Scholtz tydens hul onlangse jaarafsluiting met hierdie uitsonderlike prestasie gelukgewens. Mnr. Louw Steytler (voorsitter van Graan SA) het die produsente by hierdie geleentheid oor grondhervorming toegespreek en spesifiek verwys na die bydrae wat georganiseerde landbou tot die ekonomie maak en hoe belangrik dit is dat jong en opkomende produsente by georganiseerde landbou betrokke is.



GWK Nuus TOP BEDRYFSPUNT EN EVA-BESIGHEID AANGEWYS GWK se toekenning vir bedryfspunt van die jaar gaan vanjaar aan die Rietrivier-depot en is op die onlangse Bestuursvergadering deur mnr. Charles Donald (Produkte Depotbestuurder: Modder- en Rietrivier) ontvang. Die toekenning vir die besigheid wat die beste ten opsigte van sy EVA-doelwitte presteer het, het gegaan aan GWK Oliesade en is deur mnr. Andreas Snyman (Uitvoerende Bestuurder: Oliesade en Pekanneute) ontvang. Mnre. Charles Donald (Produkte Depotbestuurder: Modderrivier en Rietrivier), GWK se bedryfspunte is op grond Abie Kufote, Piet Waterboer en me. Christina Bezuidenhout (Bedryfshoof: van streng kriteria geëvalueer, wat die Graansilo en Depot Produktehantering). volgende insluit: Handel, store Fisieke voorkoms van store Algehele voorkoms van die oorAlgemeen (stooruitleg, stapelings, voorraad, loopstoor (rakke, produkkategoris Geboue en strukture (sekuriteit, sakke en palette, buitevoorraad, ering, yskaste en voorraad). klanteparkering, naamborde en asook die stoor en werf). Klantediens (klanteklagtes, trollies aanduidings, veiligheids- en waar Brandstof, gas en bande (rybaan, en mandjies, verpakking, pryse en skuwingstekens en geboue). kiosk, bande, gas, gashok, pompkodes). Fasiliteite (kantore, toilette en aantoerusting, hystoerusting, toebe Voorraadbestuur (toestand van trekkamers, kombuis, eetkamers, voorraad, dooie voorraad, voorhore). vullishokke en sluitkaste). raadvlakke, voorraadopnames, Algehele voorkoms van die win Maatskappy-voertuie (fisieke kel (rakke, produkkategorisering, brandstofkontroles, ontvangslokaal, voorkoms, instandhouding, logo en advertensies, yskaste en voorraad ontvang van voorraad op stelsel). logboeke). en vloere). Finansiële bestuur. Administrasie.

Mev. Annelise Krugel (Bemarkingsassistent: Oliesade), mnr. Andreas Snyman (Uitvoerende Bestuurder: Oliesade en Pekanneute) en me. Mari-Lize Mathee (Administrasiebestuurder: Spesialisprodukte). Mnr. Cloete Nortje, Bemarkingsbestuurder: Grondbone) was afwesig toe die foto geneem is. 42


NASIONALE REKORD OP BRAUNVIEH-VEILING BEHAAL `n Nasionale rekord is onlangs behaal op die Braunvieh-veiling wat te Kimberley gehou is. Altesaam 13 bulle is tydens die veiling aangebied waarvan 12 verkoop is. Die hoogste prys, wat ook die hoogste prys is wat tot nog toe op `n GWK-veiling behaal is, was R62 000.

Van links is mnre. Gawie Naude van Barkly-Oos (verkoper), Willie Meyer (Uitvoerende Bestuurder: GWK Veilings), Willem Naude van Barkly-Oos (verkoper), Deon Klopper (Veilingsbestuurder: Kimberley en afslaer by die betrokke veiling) en JB Bornman van Bultfontein (koper).

Seënwense vir die feesgety Dit was ’n jaar vol uitdagings wêreldwyd, maar ek sien uit na ’n voorspoedige nuwe jaar waarin ons aan u finansiële welstand sal voortbou. Hoop u sal ’n bietjie welverdiende rus geniet gedurende die feesseisoen. Mag dit vir u en u geliefdes baie vreugde inhou.

Sanlam CI0932RS1750BPA

U vriendskap en lojale ondersteuning word opreg waardeer.

Maryke van Niekerk

Hennie Faber

Finansiële Adviseur

Finansiële Adviseur

053 830 1306 079 529 5658

053 298 2017 082 922 6676

maryke@sanlam4u.co.za

www.sanlam.co.za

GELISENSIEERDE VERSKAFFER VAN FINANSIËLE DIENSTE

henniefaber@sanlam4u.co.za

Anelle Bester

Finansiële Adviseur 053 573 0011 072 551 7196

anelleb@sanlam4u.co.za

Frans Fouche Finansiële Adviseur 053 861 1053 082 456 0472

fransfouche@sanlam4u.co.za



Barkley Wes - 053 531 0631

Luckhoff - 053 206 0071

Douglas - 053 298 8200

Marydale - 054 871 0027

Griekwastad - 053 343 0029

Modderrivier - 053 581 0037

Hartsvallei - 053 401 0556

Niekerkshoop - 053 354 0910

Hopetown - 053 203 0865

Prieska - 053 353 1151

Kimberley - 053 831 2740

Beskikbaar by GWK-handelstakke

innoveer landbou

www.gwk.co.za


Ons mense

Kiekies

Wenner Suzanne Wiid van Modderrivier

Tema vir Des.

Kersfees Ons deel graag met ons lesers hul wedervaringe tydens die Kersvakansie.

46

Tema vir Feb.

Mense Foto’s van mense vertel `n storie . . .

Tema vir Mrt.

Vrede `n Mens vind soms vrede in `n landskap, `n toneel uit `n tuin of `n dier se gedrag . . .


Tweede

Hes-Mari Coetzee van Hartsvallei

REテ記S

Die inskrywing moet die tema van die betrokke maand weerspieテォl. Die foto moet deur die deelnemer self geneem wees. Foto`s per e-pos mag nie kleiner as 500kb wees nie. Deelnemers se naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum vir inskrywings is die 20ste van elke maand. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Maandelikse pryse 1ste R500 kontant 2de R300 kontant 3de R200 kontant Stuur foto`s na Derde Johan Koen van Jacobsdal

carieng@gwk.co.za

47


Oom Gemsbok

Die Skopskoen

Twee maande sonder rugby . . .

D

soos die Tukkies en die Leeus . . . vir ander `n jaar van vasbyt en bou, agsê vrinne soos die Bulle . . . en ander weer `n So kom ons dan weer aan jaar van teleurstelling en pyn, soos die einde van nog `n jaar met ons laaste Skopskoen-rubriek van die Griekwas en WP . . . en sommiges weer `n jaar van ongekende 2013. `n Jaar waarop baie van ons kan te- blydskap en trots, soos die Tukkies, rugdink aan die wonderlike oomblik- Pumas en Sharks. ke van vreugde en hartseer, blydskap So is die “asse” elke jaar weer deel van ons woordeskat: As die WP maar en trane waarmee hierdie wonderkon aanpas by `n ander spelpatroon like spel van rugby ons weer vir 11 . . . of as die Bulls nie vyf keer pale maande vermaak het. toe geskop het in die halfeindrondte Wat sal ons sonder die spel doen? teen die Brumbies nie. Daar om die braaivleisvure, of ná As die Bokke vroeër teruggekom het kerk, ná afloop van die veiling of in die Curriebeker en as Heyneke vir voor `n vergadering? Wat is nou lekkerder as om elkeen sy daardie wedstryd Aplon gespeel het . . . en as die grensregter net gesien eie opinie en eie weergawe van `n het die speler se voet was uit ... en as uitslag of speler te kan gee? Wat is nou lekkerder as om met jou die skeidsregter hulle lankal gestraf het. As ons net daardie lynstaan buurman of skoonseun te redeneer oor `n span, spelpatroon of speler? gewen het . . . en as ons nie so baie beserings gehad het nie . . . en as die Rugby is orals ter sprake. Vir somwêreld plat was . . . mige was dit `n jaar van verrassing, 48

Die jaar 2013 sal onthou word vir die Sharks se kliniese Curriebekeroorwinning op Nuweland en vir die Bokke se hoogs suksesvolle jaar, waarin hulle slegs teen die All Blacks verloor het. Met soveel kennis en top afrigting behoort 2014 groot sukses vir die Sharks in te hou. Die Bokke sal dan `n jaar van die volgende Wêreldbeker af wees en hopelik begin die Bokke van volgende jaar af die All Blacks meer gereeld pakslae te gee. Sterkte aan al die rugbymanne vir die twee maande van geen rugby nie. Dis erg, glo my! `n Baie geseënde Kersfees aan al my getroue lesers en rugbyliefhebbers. Dalk loop ons mekaar eendag weer langs die veld raak . . . Tot weersiens Oom Gemsbok



Pret op die plaas Vir die jongspan

Vind jou weg van die onderkant van die Kersboom na die ster . . .


innoveer finansiĂŤle boerderybeplanning www.gwk.co.za Kontak JG Horn (landbou-ekonoom) by 053 298 8298 FinansiĂŤle Landbou Adviesdienste


Leefstyl

Carien Grobler

Laat jou goeie dade uitkring . . . Navorsing wys goeie dade teenoor vriende, familielede en vreemdelinge maak `n mens werklik meer gelukkig. Die Kerstyd is die perfekte tyd om `n slag weer op jou medemens te fokus . . .

A

an die begin van die elfjarige Trevor McKinney se jaar in graad sewe, het sy onderwyser in sosiale wetenskap, Eu52

gene Simonet, aan die klas `n werksopdrag gegee om `n plan te bedink en uit te voer om die wêreld `n beter plek te maak. Die plan waarmee Trevor vorendag gekom het, was to pay it forward, `n piramideskema wat op goeie dade eerder as geldelike voordeel gegrond is. To pay it forward beteken dat die ontvanger van `n guns of goeie daad op sy beurt iets vir `n derde persoon doen. Trevor begin toe deur `n guns vir

drie mense onderskeidelik te doen en elkeen van hulle te vra om `n guns vir drie ander mense te doen. Só het hy toe `n netwerk van goeie dade begin. Trevor, `n karakter uit die boek Pay it Forward deur Catherine Ryan Hide en ook later die rolprent met dieselfde titel, het mense oor die wêreld heen geïnspireer om op hul medemens te begin fokus. Hoewel hy nie altyd suksesvol was nie, het sy planne uiteindelik geluk in verskeie mense se lewens, sowel as sy


eie, gebring. Prof. Sonja Lyubomirsky, `n sielkundige aan die Stanford Universiteit in Amerika, het onlangs `n studie gedoen waartydens studente gevra is om elke week vyf goeie dade van hul keuse te doen. Die studente wat goeie dade verrig het, het almal hoër vlakke van geluk as die kontrolegroep gehad en het teen die einde van die studie van ses weke op hul gelukkigste gevoel. Lyubomirsky se studie was die eerste om te bewys dat goeie dade `n direkte invloed op `n mens se welstand het. Sy meen die belangrikste rede waarom goeie dade `n mens so goed laat voel, gekoppel kan word aan die feit dat dit mense laat voel dat hulle iets doen wat die moeite werd is en iets beteken. “Om gaaf te wees teenoor ander mense het verskeie sosiale implikasies. Hulle mag dalk baie dankbaar wees of besluit om ook `n goeie daad teenoor jou te doen. Nietemin sal enige reaksie veroorsaak dat `n mens se beker van geluk oorloop.” Verskeie ander navorsingstudies het bewys dat goeie dade ook `n positiewe invloed op `n mens se gesondheid het. Deelnemers het deurgaans vertel dat hulle `n gevoel van euforie ervaar, minder gespanne voel en meer kalm is. Dit word toegeskryf aan die feit dat die liggaam sy natuurlike pynstillers, naamlik endorfiene, afskei wanneer `n mens goed doen aan ander. Lyubomirsky se werk wys egter daarop dat goeie dade teenoor ander mense vervelig kan word. In `n opvolgstudie het sy gevind dat mense wat hul goeie dade afwissel deur byvoorbeeld een dag by `n tehuis vir haweloses te help en die volgende dag iets spesiaals vir `n vriendin te doen, meer gelukkig is as mense wat dieselfde goeie daad oor en oor doen. “`n Mens het verskeidenheid nodig, anders raak dit vervelig,” sê Lyubomirsky. “Dan word dit werk, soos die

take wat ons elke dag verrig.” Om egter te vermy dat `n mens goeie dade as sleurwerk begin beskou, stel sy voordat `n mens kreatief dink oor onverwagte goeie dade, soos om na jou almal mater toe terug te keer om `n onderwyser te verras wat jou jare gelede geïnspireer het. Doen dit só: Wees oplettend. Wanneer `n mens daarna oplet, is daar oral om jou geleenthede om ander mense te help. Een mens kan nie die wêreld verander nie, maar `n mens kan wel in jou direkte omgewing `n verskil maak en ander inspireer om dieselfde te doen. Sien`n vreemdeling raak. `n Mens hoef nie iemand te ken om `n verskil in daardie persoon se lewe te maak nie. Die goeie dade wat die grootste verskil maak, is dié wat onverwags gedoen word. Moet egter nie iemand kies van wie jy iets terugverwag nie, maar beloon jouself met die wete dat jy iemand anders se las ligter gemaak het.

nuut daartoe om mense in nood raak te sien. Dink werklik aan ander. `n Mens is geneig om slegs aan jouself te dink, sowel as aan die dinge wat jy graag wil bereik. Nietemin kan `n klein gebaar van welwillendheid, soos om die deur vir iemand oop te hou of iemand te help wat swaar dra, `n groot verskil maak. Dit verg nie tyd of beplanning nie, maar wel dat `n mens die mense om jou werklik moet raaksien. Gaan uit jou pad. Doen iets wat nie van jou verwag word nie. As iemand byvoorbeeld `n rak in `n winkel omstamp, help vinnig om dit op te ruim. Daar is wel personeel wat dit kan doen, maar jy kan iemand anders se dag maak deur vriendelik te gesels terwyl jy help en `n bietjie van jou tyd af te staan.

Soek na wie jou nodig het. Die mense wat jou nodig het, is nie altyd binne `n mens se gesigsveld nie. Soms is dit nodig dat `n mens aktief soek na mense wat hulp nodig Laat jou dade uitkring. het en in wie se lewens jy `n verskil As iemand teenoor wie jy `n guns be- kan maak. wys jou daarvoor wil bedank deur iets terug te doen, vra daardie persoon Reik uit. om eerder drie ander mense te kies `n Vreemdeling is `n vriend wat jy aan wie hy `n guns sal bewys. Hiernog nie ken nie. Reik uit na ander die mense moet dan dieselfde doen deur ook met vreemdeling te kommuen uiteindelik een goeie daad in `n nikeer. Bied byvoorbeeld aan om iets wye netwerk van goeie dade laat uit- vir iemand van `n hoë winkelrak af te kring. haal wat met `n baba in haar arms staan. Gee wanneer jy ontvang. Wanneer jy daarvan bewus word dat Wees kreatief. iemand aan jou `n guns bewys het, Wanneer `n mens eers begin om maak `n nota om drie mense te kies goeie dade teenoor ander mense te teenoor wie jy `n goeie daad kan verrig, raak dit so lekker dat `n mens verrig. selfs meer wil doen. Deur kreatief te dink oor die plekke waar `n mens Volg die regte benadering. `n verskil kan maak, sal eindelose Om werklik goed te doen aan ander, moontlikhede ontbloot word. Onthou moet `n mens jouself daagliks daar- dat dit nie saak maak hoe groot of op instel om op die uitkyk te wees vir klein jou guns of goeie daad is nie, plekke waar jy `n verskil kan maak. maar wel dat jy jouself oopstel om Verbind daarom jouself elke dag op- ander se behoeftes raak te sien.


Gesondheid Carien Grobler

Hou gesond vakansie . . . Nadat jy hard gewerk het om die somervakansie met `n skoon lessenaar te begin, is dit uiteindelik tyd om af te skakel – die somer is hier! Ongeag of jy op die strand gaan ontspan of die binneland gaan ontdek, kan `n breek in `n mens se roetine dit moeilik maak om `n gesonde leefstyl voort te sit en die kilo’s van jou heupe af te hou. Al die pret beteken dat jy dalk mag terugkeer huis toe en nie so verfris voel soos jy beplan het nie. Dit hoef egter nie die geval te wees nie. `n Paar slim keuses tydens jou vakansie sal jou aktief en energiek hou en jou help om die meeste uit jou aftyd te haal . . .

Geniet die omgewing. Stap of ry fiets om te omgewing te verken. Vergeet van bustoere en verken jou vakansiebestemming terwyl jy kalorieë verbrand. Pak `n rugsak met gesonde versnaperinge, kry vir jou `n oefenmaat en verdien jou aandete! Pak versnaperings in. Neem jou eie versnaperings saam om die hongerpyne weg te hou as jy vir die dag uitgaan. Dit sal jou geld spaar en jou weghou van al die ongesonde opsies wat beskikbaar is. Gesonde toebroodjies, gesondheidstafies en gedroogde vrugte is goeie keuses wat maklik saamgeneem kan word. Wees avontuurlustig! Breek weg uit die groef waarin jy in die werkjaar verval en gebruik jou vakansie om `n nuwe aktiwiteit te probeer. Jy kan gaan seil, rotsklim of abseil. Wat jy ook al kies, daag jouself uit om iets nuuts aan te pak terwyl jy weg is. Wees versigtig vir buffets Met soveel heerlike keuses, hoe kies `n mens? Gebruik `n middelslag bord wat jou sal aanmoedig om kleiner porsies te skep en skep soveel groente en vrugte en groente as moontlik. As jy werklik lus is vir iets wat jy weet om jou heupe gaan beland, skep net `n baie klein porsie daarvan in.

Behou die balans Dit sal `n sonde wees om jouself nie in `n roomys te verlustig terwyl jy langs die strand sit nie. Probeer egter om jou ander etes en versnaperings gesond te hou op dae wat jy van jou normale eetpatroon gaan afwyk.

Bly by die gewone. `n Relatief konstante dieet help beter om `n konstante gewig te behou as om drastiese stappe te neem. As jy nie gewoonlik `n supergrootte wegneemete eet of sakke vol skyfies verslind nie, moenie nou begin nie.


Resep

Kaasmuffins met mielies en sprietuie vir die Kerstyd Resep 500g bruismeel knippie sout halfkoppie melk halfkoppie olie Twee eiers blikkie geroomde suikermielies kwartkoppie suiker koppie gerasperde kaas fyngesnyde sprietuie na smaak

Metode � Voorverhit die oond tot 200°C. � Meng die bestanddele met `n vurk in `n groot mengbak. � Skep lepelsvol in `n gesmeerde muffin-pan. � Bak 25 minute of tot ligbruin.

55


Agterblad

Uit Piet se pen . . .

Ma is binnekort op Facebook . . .

H

oe laat ry ons? As Ma eers só vra, weet ek sy is haastig huis toe. Die oumense by die aftree-oord wil al weet wanneer sy terugkom. Saterdagoggend val ons in die pad. Ma het klaar gekuier vir die jaar. Presies `n week by ons en presies `n week by my broer. Haar plaasklere en -skoene los sy by die laaste een waar sy gekuier het. Ses maande voor haar volgende kuier, begin sy reël dat haar klere op die regte plek is wanneer sy weer kom. Op pad na Britstown begin Ma uitvra na al die bekendes saam met wie sy oor die jare heen tennis gespeel het. Sy vra uit na die Van der Merwes, die Raaths en die Bothas. Sy kan nie glo dat mense nie meer tennis speel nie. Op 77 is sy nog `n woelwater op die baan. Op Victoria-Wes stry ek en Ma oor waar haar skoonma laaste gebly het. Die huis wat ek haar wys, kan sy glad nie onthou nie. Ek onthou nog presies hoe ons as kinders onder die bome gespeel het. Ouma het `n Opel Kadett gehad wat ons op en af in die motorhuis gestoot het. “Hoe kan Ma nie onthou nie?” wil ek ongedurig weet. “Nee man, jy verbeel jou!” Al wat sy kan onthou, is dat Ouma die Kadett in Pretoria teen `n pilaar afgeskryf het. Pa het glo destyds gereël dat die een wat die kar wou hê die skade aan die pilaar moes herstel. “Kom ons wed oor Ouma se huis,” sê Ma. Ma wil altyd wed as sy dink sy is reg. “Goed,” sê ek, “ons maak dit sommer R5 000.” “Onthou net, ek wil dadelik my geld hê,” sê Ma. Ons kan by my oom uitvind wie die weddenskap gewen het. 56

Ma wys met haar vinger in my rigting. “Die vorige keer wat ek en jy gewed het, het ek ook nie my geld gekry nie,” waarsku sy. (Dit kan ek nie onthou nie.) By Maanhaarspruit anderkant Victoria-Wes vertel Ma hoe Pa en sy broer jare terug, drie-uur in die oggend, koffie teen die pad gedrink het. Sy broer van Noblesfontein het die koffie gebring. Ons was dan op pad na my ander ouma op Worcester. Dit was in die dae voor lugversorgers. Op Worcester het ek as vyfjarige die eerste keer met `n inryteater te doen gekry. Daar was groot opgewondenheid oor die nuwe inry wat oopgemaak het. Ouma het voorgestel dat ons die fliek My broer se bril gaan kyk. Ons het met ouma se Hillman gery. Die Hillman se naam was Poepertjies. Hoekom weet ek nie. Miskien het dit iets te doen gehad met sy dreuning. (Sal maar liewer nie vir Ma vra nie, want ek moet ook vir weddenskappe betaal wat sy verloor.) Sal nooit vergeet hoe ons by elke venster `n luidspreker wou aansit nie. Ouma het vir Poepertjies seker `n honderd keer vorentoe en agtertoe getrek, maar die twee luidsprekers wou net nie gelyktydig bykom nie. Ná `n hewige gespook het die teaterbestuurder nadergekom en verduidelik dat jy net een luidspreker per motor gebruik. Op Beaufort-Wes moes ons net gou gaan kyk waar Ma-hulle as kinders gebly het. Op Laingsburg eet ons iets. Ma is honger, sy sal betaal. Ek kan sommer die ete se geld aftrek van die R5 000 van ons weddenskap, sê sy. “Onthou net, as Ma verloor moet Ma die R120 plus die tip by die R5 000

bysit,” lig ek haar in. Ma knik bevestigend. Vieruur arriveer ons by die aftree-oord in Durbanville. Dit reën en Ma stel voor dat ons sommer by die kelderparkering inry. “Ry tog net stadig, die veiligheidshek maak baie stadig oop,” waarsku sy. Die oumense ry hom gereeld van sy spore af. (Almal wat nog motors het, parkeer hier.) Skaars het ons gestop en Ma vlieg uit om die trollies vir die bagasie nader te bring. Ek vra na die oop parkeerplekke. “Die karre is almal afgevat,” kom Ma se antwoord. “Hoe bedoel Ma nou?” wil ek weet. “Alzheimers, man! Jy kan mos nie bestuur as jy daaraan ly nie. Die kinders moet dan net eenvoudig die karre kom afvat.” Dit klink wreed. Sy vertel hoe haar buurman vir haar weggery het toe hulle winkel toe is. “Kan jy glo, toe ek hom bel, weet hy nie eers ek het saam met hom gery nie. Vergeet sommer om te stop by die valhekke ook. Voordat sy kinders die kar kom vat het, moes hulle die valhek drie keer vervang. Kyk hoe vol duike is daai ou vrou se kar,” wys sy. Ek raak haastig toe `n ou oom die kelderverdieping met `n erg gestampte kar binnestorm. (baie petrol en min clutch). Op pad na Ma se woonstel verduidelik sy presies wie waar bly. Ons sien selfs waar ou Jorrie bly wat twee meisies aanhou. Die een glo heel skaflik, maar die ander een vrek lelik. Miskien is Ma maar net `n bietjie jaloers. My hart is seer toe ons ry, maar Ma is gelukkig waar sy is. Sy is haastig om haar nuwe selfoon te leer ken. Voor Kersfees wil sy op Facebook wees . . .


GWK Graan . . . innoverende bemarking Kontak die graanverkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan. BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885 DOUGLAS Ig Pretorius 082 906 1672 Franco Geldenhuys 071 401 2487

GWK Graan vestig gerusstelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graanbemarking en graanhanterings dienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK graan is dit die produsent wat saakmaak!

HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676 LUCKHOFF Hendrikus Keulder 082 888 6295 MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736 PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Ficksburg Esperansza van der Walt 082 805 0885

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


GWK Versekering . . .

wens u `n Geseënde Feestyd toe Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

Ons bedank graag al ons kliënte vir u ondersteuning deur die jaar. Mag u `n Geseënde Feestyd saam met u geliefdes geniet en `n mooi jaar in 2014 op u wag. Geniet die rustyd en ontspan . . . want u is by GWK verseker.

Hopetown Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602 Douglas Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680 Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775 Douglas Wilmarie v/d Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123 Barkly-Wes René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548 Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911 Hopetown Josef Pelster Krediet-en Lewensversekering 082 883 4474

GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.