Loopbaangids 2012

Page 1

Y J T A W N E O D L I W G A A R G EPING O R U O J S N E VOLG IN JOU LAND STELLING LANG E B U O J S N E VOLG OëNS M R E V U O J S VOLGEN IKHEID L N O O S R E P VOLGENS JOUOU TAAL IN J

r e i n a m , op só

OOP H S M O K E O T T LEER ME E G N A L S N E VAN LEW D I E H D N I S E RMOë E ‘N G V S G N I T T E S MET DEUR OUSELF J N A V S I N N E MET K LF GLO IN JOUSE UDING WE HO E I T I S O P ‘N T ME MAAK E T L I K S R E V BEREID OM ‘N

U O J R E DAT AND ETAAL! B R O O V DAAR 0861 25 24 23 www.helpendehand.co.za


inhoud AFDELING

IS DAAR ‘N TOEKOMS IN SUID-AFRIKA? Daar is ‘n toekoms vir alle jongmense in SA Regstellende aksie en my beroepskeuse Social responsibility and human rights Hoe verander HOOP jou toekoms?

Flip Buys Dirk Hermann Rhoda Khadalie Lindie Stydom

7 8 9 11

Johan Kruger Paul Joubert Henk Schalekamp Steve Booysen Andre Gouws 22

15 15 17 19

Annette Taljaard Louis Jacobs Louis Jacobs Danie Brink

25 27 31 35

Paul Steyn Marthinus Visser Philip Minnaar Louis Jacobs Francois Smit Annette Taljaard

39 40 41 43 46 49

Wikus Buys Bertus Swanepoel Hettie Britz Lynette Beer Louis Jacobs

53 54 55 56 58

Theuns Eloff Paul Steyn Andre Vermeulen Hettie Britz Kobus Neethling

63 64 65 66 68

Karin Venter Karin Venter Gideon du Plessis Flip Buys Henk Schalekamp Solidariteit

71 72 73 74 76 78

VERSEKER JOU TOEKOMS Die vaardigheidskrisis in SA en jou loopbaankeuse Skaars vaardighede onder die vergrootglas Bepaal jou toekoms deur entrepreneuriese denke en vaardighede Entrepreneurskap – Riglyne om ’n besigheid te begin ’n Toekoms as Entrepreneur

KIES ’n RIGTING! Die belang van beroepsvoorligting vir jongmense Hoe kies ek ’n beroepskeuse? Hoe maak ek vakkeuses? Die belang van Wiskunde vir my toekoms

KIES JOU KAMPUS... Grade, diplomas en sertifikate Voltyds vs deeltyds Jou roetekaart na ’n beter toekoms Watter ander studie-/ toekomsmoontlikhede is daar? Finansiele advies 101 Waar in SA kan ek gaan studeer?

WAT AS EK NOG ONSEKER IS? Die krag van my roeping Hoe kan ek myself beter leer ken? Jy is uniek.. Wie is ek regtig en hoekom doen ek die dinge wat ek doen? Hoe maak ek onsekerheid minder?

DIE LEWE AS LEWENSLANGE LEERPROSES Lewenslange leer - ’n deel van die moderne wêreld ’n Leerpad vir volgehoue leer Weet jy hoe om te leer? Ontwikkel jou gawes en talente Kreatiwiteit en die onvoorspelbaarheid van vandag en môre

DIE WêRELD VAN WERK Stel jou eerste CV só saam! Jou eerste onderhoud Nuwe werknemers: Slaggate binne die werksplek Tien goue reëls om ‘n sukses van jou werksloopbaan te maak Om te rus is net so belangrik as om te werk Beskerming binne die werksplek


O

VOORWOORD

m jou beroep te kies, is seker een van dié belangrikste keuses van ’n jongmens se lewe. Ek is oortuig dat nie veel dinge behalwe die keuse oor jou geloof en jou huweliksmaat belangriker is as beroepskeuse nie. Ons spandeer nie verniet meer as die helfte van ons lewens as werkende wesens nie. Dus is dit heeltemal verstaanbaar as hierdie keuse baie groot uitdagings bied en gepaardgaan met ’n groot mate van onsekerheid en vrees. My wens is dat hierdie loopbaangids baie van die onsekerheid en vrees uit die weg sal ruim.

Mag jy die uitstekende inligting wat hierin vervat is, so aanwend dat dit jou sal help om ’n beroep te kies waarin jy jou roeping sal kan uitleef en waarin jy daagliks vreugde sal kan vind. Die meer as veertig jaar wat jy gaan spandeer aan jou beroep, is net eenvoudig té lank om dit te spandeer aan iets waarvoor jy nie werklik lief is nie. Maak dubbeld seker jy kies die beroep wat dit sal bewerkstellig eerder as ’n beroep wat aan ander minderwaardige standaarde soos geld of status voldoen. Sterkte Dr. Danie Brink (Uitvoerende Direkteur van Solidariteit Helpende Hand)

MEDEWERKERS

H

ierdie splinternuwe Loopbaangids word met trots aan jou gebring deur Helpende Hand Beroepsleidingsdienste. Na die eerste uitgawe kon ek letterlik nie wag om weer aan die werk te spring om nuwe idees en gedagtes by die bestaande gids te werk nie. My wens is dat hierdie uitgawe meer het om te bied en dat dit vir elkeen wat dit lees, hoop skep!

VOOR JY WEGSPRING ! ! Dit is belangrik dat jy die hele gids sal deurwerk om ‘n totale prentjie te vorm van wat vir jou voorlê in die volgende paar jare. Selfs al voel jy dat daar gedeeltes is wat nie op jou van toepassing is nie, kan jy altyd iets raak lees wat jouself of iemand anders later kan help. Werk een afdeling op ‘n slag deur en beantwoord of deurdink al die vrae wat daar vir jou gevra word. Daar sal regdeur die gids ikone wees wat elkeen ‘n ander betekenis het en ‘n ander aksie van jou verwag. Maak daarvan gebruik!

Die ikone lyk so: Beantwoord die vraag.

Deurdink die vraag baie goed. Skryf jou gedagtes hieroor neer in die werkboek.

Vind uit.

Die gids is opgedeel in temas wat jy kan verwag in die volgende paar jare. Jy is nou nog op skool en daarom gaan die grootste gedeelte van die gids oor hoe om keuses op skool te maak wat jou toekoms gaan beïnvloed. Voordat ons stap vir stap deur vakkeuses, studierigtings en onsekerhede gaan, moet jy eers vir jouself besluit of jy hoop het! Hoop gee jou iets om aan vas te hou wanneer tye onseker is en maak jou sterk om verder te werk selfs al weet jy nie wat wag in die toekoms nie. Om op te som, haal ek graag die Prediker aan:

“Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet. Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou, maar moenie vergeet dat God van jou rekenskap sal eis oor alles nie. Hou kommer uit jou hart en vermy wat jou liggaam kwaad doen. Ook die jeug en die jonkheid kom tot niks.” Prediker 11:9, 10 Seënwense en lekker lees! Karin Venter (Helpende Hand Beroepsleidingsdienste: projekte)

BEDANKINGS

D

ankie aan elke medewerker wat help skryf het aan die gids en bereid was om sy/haar kennis met die jeug van ons land deel. Verder ook vir elke ondersteuner wat hul insette gelewer het om ‘n verskil te maak met hul talente en om te help skep aan ‘n hoopvolle toekoms in ons land. ‘n Spesiale woord van dank gaan aan die DAGBREEK TRUST vir hulle finansiële bydrae om hierdie hersiende tweede uitgawe die lig te laat sien!

3


Helpende Hand

Beroepsleidingsdienste Vir Solidariteit Helpende Hand is die toekoms van kinders baie belangrik en daarom wil ons ’n gevoel van hoop vir ons kinders skep wanneer hulle aan hul toekoms dink. Om dié rede is die Beroepsleidingsdiens binne Helpende Hand geskep, toegespits om deur “opheffing deur opleiding” die armoedesirkel teen te werk.

D

ie beroepsleidingsdiens is in 2010 van stapel gestuur om die finale en deeglike afronding in ’n kind se ontwikkeling en voorbereiding op die grootmenswêreld te verseker. Die beroepsleidingsdiens vorm deel van Helpende Hand se Gemeenskapsdiens afdeling en word gegrond op die vier boustene van Helpende Hand, naamlik roeping, selfstandigheid, verantwoordelikheid en werk. ‘n Wye spektrum van projekte en inisiatiewe is daarop gemik om aan kinders ’n hoopvolle toekoms te gee. Leerders word dus gelei om die regte beroepskeuses te maak en om hul belangstellings en vermoëns te ontdek. Sodoende word hul bemagtig om die regte keuses aangaande hul roeping en loopbaan te maak en ‘n hoopvolle toekoms vir hulself te verseker. Die verskillende programme en projekte is daarop gefokus om: • Lewensvaardighede te ontwikkel • Jongemense met kennis oor skaars en kritiese vaardighede te bemagtig en • Toekomshoop te skep

Beroepsleidingsdienste se projekte: Professionele beroepsvoorligting - Die doel van Helpende Hand Beroepsleidingsdienste is om aan jongmense ‘n diens te verskaf ten opsigte van vakkeuses en beroepskeuses ten einde in ‘n suksesvolle loopbaan te staan. Die psigometriese toetse word landswyd afgeneem en omsluit persoonlikheid, belangstellings en aanleg. Verskillende pakkette word aangebied na aanleiding van unieke behoeftes. Loopbaangids - Die gids, wat spesifiek vir jongmense saamgestel is, se doel is om jongmense te help om ingeligte loopbaankeuses te maak. Dit verskaf inligting oor skaars vaardighede, wys die belang van

4

roeping uit en moedig jongmense aan om ’n entrepreneursingesteldheid te ontwikkel. Skaduwerk-veldtog - Met die Skaduwerk-veldtog kan leerders eerstehands ervaar hoe hulle toekoms en hul beroepswêreld eendag kan lyk. Jou alles-in-een-loopbaan-webblad! - Besoek www.loopbaan.co.za en bly op hoogte van die belangrikste Afrikaanse beroepsleidingsnuus. Bobaasberoepe en beroepsnuus - Elke week word ’n beroep of relevante opvoedkundige kwessies op die radioinsetsel Bobaasberoepe bespreek. Daar word met kenners en studente gesels om meer oor elke beroep uit te vind. ’n Artikel oor ’n skaars vaardigheid of interessante onderwerp oor onderwys, verskyn maandeliks hier as deel van die bobaasberoepe reeks. Virtuele Loopbaanskou - Daar het ’n definitiewe behoefte aan alternatiewe opleidingsgeleenthede vir skoolverlaters en jong volwassenes ontstaan. Vir die rede het ons ‘n platform vir ’n virtuele loopbaanskou geskep waar opleidingsinstansies gratis hulle dienste kan adverteer. Loopbaannuus - Daar word maandeliks ‘n elektroniese nuusbrief uitgestuur na alle skole, onderwysers en ander belangstellendes oor verskillende aspekte rakende vakkeuses, loopbaankeuses en ander interessante inligting wat gebruik kan word in die klaskamer. Gemeenskapsprojekte vir skoolkinders Solidariteit Helpende Hand kry gereeld navrae van ouers, kinders en onderwysers wat ’n skooltaak (UBUNTU-taak) moet doen en graag ’n helpende hand wil verleen vir “Maak elke dag Mandela-dag”. Die gemeenskapsprojek-take vereis dat skoolkinders betrokke moet raak om hul gemeenskap ’n beter plek te maak. Vir meer inligting oor al ons projekte en dienste, besoek WWW.LOOPBAAN.CO.ZA Kontak Helpende Hand Beroepsleiding by 012-6444390 of stuur ’n epos na loopbaan@helpendehand.co.za




is daar ’n toekoms in sa?

Hoofstuk 1 Daar is ’n toekoms vir alle jongmense in Suid-Afrika Flip Buys uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging

D

aar is ’n groot toekoms vir alle opgeleide jongmense in Suid-Afrika, ongeag hulle velkleur. Die werkloosheidskoers onder jong witmense is onder 5%, by verre die laagste onder al die rassegroepe. Die rede hiervoor is die puik onderwys wat julle nog danksy die goeie skole kry. Daarom is dit beslis nie nodig om moedeloos oor die toekoms te wees nie. Te veel hoor mens jong witmense sê: “Wat help dit tog om te studeer, ek sal tog nie werk kry nie.” Dis sommer ’n simpel redenasie. Gewapen met ’n goeie kwalifikasie, is jou kanse baie beter om ’n goeie werk te kry. Maar sonder kwalifikasies is jou kanse bitter skraal om werk te kry, al is jou vel nou watter kleur ook al. Die harde werklikheid is dat ’n mens sonder goeie opleiding nie in diens geneem gaan word nie. Suid-Afrika het ’n geweldige tekort aan opgeleide mense – van alle rasse. Hierdie tekort is só groot dat werkgewers dit as een van hulle heel grootste probleme beskou. Dis vir baie besighede so groot probleem dat hulle nie kan uitbrei of nuwe projekte begin nie. Daar is net nie genoeg opgeleide mense wat hulle kan aanstel nie! Die gevolg hiervan is dat die land se groeikoers ’n plafon bereik het. Ten spyte van die baie (swak opgeleide) werkloses, is daar sowat 500 000 oop poste in die ekonomie. Dit kan nie gevul word nie, want daar is nie genoeg opgeleide mense nie.

Onderwys- en opleidingstelsel Die rede hoekom daar nie genoeg opgeleide mense is nie, is dat soveel as 80% van die openbare skole in die land prakties nie in ’n werkende toestand is nie. Dit beteken dat daardie skole so swak is dat die meerderheid leerders wat daaruit kom, nie goed genoeg opgelei is om ’n werk te kan kry nie. Die meeste se onderwys was so swak dat hulle

selfs moeilik verder opgelei kan word Maar dis nie net sekere skole wat probleme het nie. Die naskoolse opleiding het net so ’n knou gekry as gevolg van swak regeringsbesluite wat die stelsel benadeel het. Dit is ’n skande dat veral swart jongmense so deur die staat in die steek gelaat word, en dit beteken dat die toekomspad oop is vir jongmense wat bereid is om op te offer en goeie opleiding te gaan soek. Gesaghebbende tydskrifte soos die Britse Economist sê dat die histories Afrikaanse skole nog wêreldklas is. Volgens hierdie tydskrif het hulle steeds ’n prestasiekultuur, ondersteun deur dissipline en kinders wat hard werk. Dit gee die meerderheid Afrikaanse kinders ’n groot voorsprong as dit by werksoek kom – wat ’n mens in die statistieke kan sien. Volgens wêreldwye opnames is die Wiskunde-standaard in die oud-model C-skole 10de op die ranglys in die wêreld, en selfs beter as dié in lande soos Amerika, Australië en Nieu-Seeland! Wiskundestandaarde is gewoonlik ’n aanduiding van die algehele standaard van skole. Ons kan dus tereg sê ons skole is van wêreldklas gehalte.

Universiteite Gelukkig is daar nog talle uitstekende universiteite in die land! Daarom wag daar ’n blink toekoms op jongmense wat ’n goeie kwalifikasie by ’n goeie universiteit kry, en bereid is om hard daarvoor te werk. Daar is ongelukkig hopeloos te min wit jongmense wat aan universiteite gaan studeer. Waar 70% van jongmense in Europa aan ’n universiteit studeer, doen minder as 30% wit jongmense in Suid-Afrika dit! Daarom bied Suid-Afrika sulke goeie geleenthede, en is die mededinging vir uitsoek-werksgeleenthede nie naastenby so sterk soos oorsee nie. Selfs staatsmaatskappye soos Eskom neem deesdae weer groot getalle wit jongmense in diens.

Kurkprop en grafgrawer Jong gekwalifiseerdes moet net nie bang wees om onder te begin nie. Net ’n grafgrawer begin bo! Sorg dat jy tydens jou studies ondervinding begin opdoen, en begin onder op die leer as dit moet. Dit is moeilik om sonder ondervinding ’n goeie pos by ’n goeie werkgewer te kry, maar as jy jouself bewys kan jy soos ’n kurkprop boontoe skiet. Mense praat vandag oor die krisis in swart opleiding, en aanvaar dat wit jongmense goeie opleiding kry. Maar dit is regtig kommerwekkend dat daar so min wit jongmense gaan studeer. Dit is onbegryplik hoe mense dink dat hulle in ’n ingewikkelde ekonomie sonder opleiding ’n goeie werk kan kry. Die statistieke sê dat ’n derde van wit

7


jongmense die skool verlaat voordat hulle matriek geslaag het. Nog ’n derde kry matriek sonder universiteitstoelating. Die ergste is dat van die derde wat wel universiteit toe kan gaan, net minder as die helfte dit wel doen. Veral jong mans gaan studeer nie verder nie! Natuurlik is dit so dat dit duur is, of dat mense ver van universiteite af bly, of dat jou ouers miskien nie studeer het nie en dat jy moontlik dink jy is nie daarvoor uitgeknip nie. Maar niks in die lewe wat die moeite werd is, kom verniet of maklik nie. Die meeste mense wat groot sukses in die lewe behaal het, het groot opofferings gemaak; dit het nie maklik gekom nie. Opleiding bly steeds die beste belegging wat jy in jou eie toekoms kan maak. Moet dus nie skaam wees om deeltyds te werk terwyl jy studeer, of deeltyds te studeer terwyl jy werk nie. En moenie ophou as jy klaar studeer het nie. As jy jou werk geniet, word die leer lekker! Maak jou gereed vir lewenslange leer, want kennis verouder deesdae blitsvinnig. Moet ook nie net mik vir ’n goeie werk by ’n goeie werkgewer nie. Hoekom kan jy nie self eendag ’n goeie werkgewer word nie? Daar is baie rigtings wat dit vir jou moontlik gaan maak om self ’n besigheid te begin, as jy regtig wil. Jy hoef nie tien onderskeidings te hê om dit te kan wees nie. Ja, ’n mediese dokter kan sy eie praktyk hê, maar net so ook ’n haarkapper, ’n sweiser of ’n rekenmeester.

Tweede beste

Net ‘n grafgrawer begin bo!

Ons voorouers het ’n leidende rol gespeel om Suid-Afrika die voorste staat op die vasteland te maak. Dis nou ons beurt om iets te doen. Maar om sukses te behaal, moet jy nooit met die tweede beste tevrede wees nie. Veral nie van jouself nie! Jy studeer lankal nie meer vir ’n onderwyser of jou ouers nie. Jy werk aan jou eie toekoms. As jy nie die beste vir jouself gee en gun nie, gaan niemand anders dit doen nie. Pak daarom die bul by die horings, en moenie verskonings van jouself aanvaar nie, al is dit goeies soos armoede, moeilike huislike omstandighede of ander krisisse. Jy skuld dit aan jouself om die beste van jou talente en jou kanse in die lewe te maak. Daarom, gebruik jou talente, leer vir jou ’n kwalifikasie los, en vervul jou roeping: dan lê die toekoms vir jou oop – veral in Suid-Afrika!Miskien besef jy vandag vir die eerste keer dat min mense werklik bo begin! Hoe voel jy oor die feit dat jy nie ‘n grafgrawer gaan wees nie? Miskien besef jy vandag vir die eerste keer dat min mense werklik bo begin! Hoe voel jy oor die feit dat jy nie ‘n grafgrawer gaan wees nie? Maar wat van die huidige situasie in Suid-Afrika, kan jy nou wonder. Wat as jy nie ‘n kans gegee word nie? Dirk Hermann sê dan: “Skep ‘n kans vir jouself.”

8

Regstellende aksie en my beroepskeuse Dirk Hermann adjunk uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit

“W

at help dit om te studeer indien ek in elk geval nie, as gevolg van regstellende aksie, gaan werk kry nie?” Hierdie bykans moedelose vraag word gereeld aan my gevra. Regstellende aksie is en bly ’n kopseer vir veral jong Suid-Afrikaners. Hulle voel hulle word onbillik vir die verlede gestraf. Hierdie gevoel is geregverdig. Baie jongmense word drievoudig deur regstellende aksie gestraf. Eerstens sukkel hulle om beurse te kry, tweedens sukkel hulle om toelating vir sekere vakrigtings te kry en derdens sukkel hulle dikwels om toegang tot die arbeidsmark te kry. Jongmense mág dus maar kwaad wees vir regstellende aksie.

Belangrike definisies! •••Regstellende aksie Regstellendeaksiemaatreëls is maatreëls wat ontwerp is om te verseker dat toepasklik gekwalifiseerde persone uit aangewese groepe gelyke werksgeleenthede het en in alle beroepskategorieë en vlakke van die arbeidsmark van ´n gegewe werkgewer billik verteenwoordig word. •••Regstellendeaksieplan ´n Aangewese werkgewer moet ´n regstellendeaksieplan voorberei en implementeer om redelike vordering tot gelyke indiensneming in dié werkgewer se werksmag te maak. •••Regstellendeaksiekandidaat Verwys na swart mense (Afrikaan, kleurlinge en Indiërs), vroue en mense met gestremdhede. •••Absolute verteenwoording Die ideologie dat die werkersamestelling van elke vlak van ´n werksmag ´n presiese weerspieëling van die land se demografie moet wees. •••Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) Die ekonomiese bemagtiging van alle


swart mense, insluitende vroue, werkers, die jeug, mense met gestremdhede en mense wat in landelike gebiede deur middel van uiteenlopende maar geïntegreerde sosio-ekonomiese strategieë.

Hoe nou gemaak? Die vraag is egter hoe hanteer ’n jongmens, wat deur die wetgewing benadeel word, regstellende aksie? Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseaangeleenthede het onlangs gesê dat witmense bevoordeel word deur regstellende aksie omdat hulle gedwing word om ondernemers te word en om skaars vaardighede aan te leer. Hulle raak dus afhanklik van hulleself. My oproep aan jongmense is om self verantwoordelikheid te neem. Jy mag nooit sê: as gevolg van regstellende aksie het ek nie meer ’n toekoms nie. Jy moet altyd sê: as gevolg van myself en my eie harde werk, het ek ’n toekoms hier in Suid-Afrika. Ek wil enkele riglyne vir jongmense neerlê om ten spyte van regstellende aksie ’n blink toekoms te skep. 1. Soek jou roeping Jy is gekies vir ’n spesifieke taak hier op aarde. Jy moet altyd soek na wat dit is. Jy sal jou roeping vind deur te luister na jou natuurlike belangstelling, natuurlike aanleg, deur gebed en die leiding van die Heilige Gees. 2. Kry goeie beroepsvoorligting Deel van die soeke na jou roeping is om die wetenskaplike instrumente wat beskikbaar is, te gebruik. Sorg dat jy goeie beroepsvoorligting kry. Dit sal jou help om ’n passing te vind tussen jou belangstelling, jou aanleg, jou roeping en die vraag in die mark. Die werksplek het te gesofistikeerd geraak om net in te storm. 3. Leer ’n entrepreneuriese vaardigheid aan Almal van ons is nie entrepreneurs nie. Indien jy ’n entrepreneuriese aanleg het, moet jy dit vertroetel. Om vir jouself te werk is altyd die beste manier om vry te kom van die bepalings van regstellende aksie. 4. Kies jou loopbaan sorgvuldig Sorg dat jy moeite doen om soveel moontlik inligting te bekom oor die beroepsloopbaan wat jy beplan. Ondersoek al die verskillende vertakkings daarvan en kry voor die tyd blootstelling daaraan. Gaan besoek mense wat reeds in die praktyk staan.

5. Studeer verder Kennis verdubbel elke drie jaar. Jy kan dus nooit dink dat matriek die einde van jou leerpad is nie. Matriek is bloot die begin van jou leerpad. Persone met ’n kwalifikasie, hoër as matriek, se werkloosheidsyfer is radikaal laer as persone wat bloot matriek het. 6. Studeer in die regte rigtings Indien jy moeite doen om loopbaanrigtings te kies, wat binne jou belangstelling en aanleg val, maar waar daar tekorte in Suid-Afrika is, is jou kans om werk te kry byna 100%. Veral skaars en kritiese vaardighede is in praktyk vry van regstellende aksie. Die arbeidsmark, veral in die privaat omgewing, kyk nie na mense se velkleur indien daar tekorte is nie. Solidariteit het verskeie veldtogte aan die gang om jong Suid-Afrikaners te bevry van regstellende aksie. Die vakbond poog onder andere om die regstellende aksie-wet te wysig. Indien jy egter studeer en reg studeer, kan jy jouself vry maak van regstellende aksie. Jy moet ook op die Here vertou dat hy vir jou ’n toekoms sal gee in die rigting waar hy jou roep.

Sterkte met jou keuse! As jy vandag vir die eerste keer gehoor het van skaars en kritiese vaardighede, beteken dit dalk dat jy anders gaan moet begin dink oor die toekoms wat jy vir jouself

Social responsibility and human rights Rhoda Kadalie menseregte aktivis

T

he language of human rights in South Africa has unfortunately created a culture of entitlement rather than a culture of responsibility. This is understandable, given our history of apartheid. Thank God, apartheid is gone and we can now

9


He decided to build a windmill.

10

all get on with our lives. With 18 years into our democracy, it is a pity that we do not have leaders who invite us to build South Africa together. So, it is important that we all take responsibility to create a society in which we all can happily coexist; one which allows for freedom of association, freedom of expression, freedom of speech, and freedom to be who we want to be. Freedom however comes with responsibility and obligations, because freedom means we are now free – even to destroy ourselves. But youth implies creating something new; creating a society that will guarantee the survival of your children and your children’s children. Have you heard about the 14-year old Malawian boy, William KamKwambe? Having to drop out of school due to droughts and famine stalking Malawi in the early 2000s, he went to the library to study how to create electricity for his mother’s house in the village. He decided to build a windmill, given that that was the only commodity in abundance in his village. He experimented with bicycle parts, plastic pipes, car batteries and tractor fans and collected wood to build the tower. He used a heated nail and the cob of a mielie as a screw-driver. Fellow villagers ridiculed him, calling him mad, even bewitched, but before long his windmill was buzzing, creating electricity for his home. Soon after, he created five more windmills, the tallest 11.2 metres. Those who made fun of him came from far and wide to charge their cell phones and to listen to reggae music. Today William is a graduate from the African Leadership Academy and travels the world as a young entrepreneur extolling the virtues of the green economy. William has turned adversity into opportunity. No obstacle was too big for him. Often hungry, he continued to experiment until he realised his vision. Today, education means embracing the world with all its challenges. We can no longer be narrow about our academic and career ambitions. Acquiring multiple skills, being open-minded, and embracing what the world has to offer, are the ingredients to success. Many economists did not see beyond their narrow business and financial approaches to the world. Then the financial crisis hit the USA and Europe. Suddenly entrepreneurship has acquired a broader vision to encompass social and broader innovation components. Business schools across the world now include social entrepreneurship and social innovation into their curricula. MBA students are now required to think beyond numbers. They need to understand how the entire world works; for example, why human rights and cultural rights often contradict each other; how can we align human and cultural rights; how can adversity create opportunity; how can the green economy coexist with the market economy? To quote Prof Jonathan Jansen: “Education is a means of advancement”, not in the narrow

personal sense of the word, but also in the broader sense of advancing society. Given all the challenges facing South Africa, from poverty, unemployment, poor education, poor health-care, and so on, we have a responsibility to “turn education into a vehicle for hope”, to quote Jansen again!

Hoe verander hoop jou toekoms? Lindie Strydom Projekbestuurder by Helpende Hand en TV-aanbieder

M

ichelle (16) wou nog altyd toneel speel. Sy is deel van die skool se dramagroep en wen elke jaar die eisteddfod, maar haar pa het lankal gesê mens speel nie vir ’n lewe nie! Sy sal ’n “regte” graad moet swot en ’n “regte” werk moet kry. Sy het gehoor van ’n kort dramakursus in die skoolvakansie en het stilletjies die pamflette, saam met haar opgehoopte spaargeld, op haar pa se bedkassie gaan neersit ... Johan (15) droom daarvan om eendag vir die Springbokke rugby te speel. “Waar wil jy my handtekening hê?” of “Moet ek vir jou losiekaartjies vir die Wêreldbeker reël?” is sy standaard antwoord as sy pelle hom terg oor hy na die rugbyoefening nóg skoppe oefen. Hy werk vakansies by sy oom se ouditeursfirma om hopelik eendag ’n voet in die deur te kry. Suné (17) se ouers is beide sendelinge in Afrika en sy het tussen preekstoele en opheffingsprojekte grootgeword. Die tweedehandse klerewinkel wat sy in Hammanskraal begin het, het reeds vir drie gesinne werk geskep en die projek brei nou uit om ook nuwe produkte soos beddegoed en komberse van afvalmateriaal te maak. Suné gaan volgende jaar kleuteronderwys by Tukkies swot met ’n Helpende Hand-beurs. Michelle, Johan en Suné het iets anders. Iets wat maak dat hulle anders opstaan in die oggend. Iets soos ’n magneet of ’n kompas, ’n vertroue dat iets goed voorlê. Iets wat hulle anders laat leef en speel en kuier en leer en werk en dien en spaar.


Hulle het hoop. Hoop wat nie ’n gewig of omtrek of diepte of grootte het nie, maar nou reeds elke dag hulle toekoms verander. Mense met hoop... • het ’n dringendheid vir vandag – hulle besef daar is net soveel geleende tyd en maak die meeste van elke oomblik; • is bereid om hulleself sekere dinge te ontsê: as ek Vrydagaand saam met my pelle gaan drink, gaan ek net nie so goed shape in Saterdag se game nie!; • is realisties oor hulle vermoëns, maar optimisties oor hulle groeipotensiaal; • is hardwerkend, aanpasbaar, leerbaar en leergierig; • is proaktief en nie bang om nuwe dinge te probeer of uit foute te leer nie; • kyk nie vas in beperkings soos omstandighede, geld of mense se opinies nie; • gun elkeen sy plekkie in die son en is nie bedreig deur ander se sukses nie; • leef met selfvertroue en God-vertroue; en • lê nie ’n eier as daar gal gebraak word nie en soek altyd ’n oplossing vir ’n uitdaging.

uiteenlopende gawes en dank God dat ons van mekaar verskil! Te veel kere word ons lam gelê deur onsself met ander mense te vergelyk. God gee en God neem, Hy stel aan en Hy maak bekwaam. As ek myself moes moeg maak omdat ek nie grappe kan vertel nie, het ek nooit ’n spreker, aktrise of aanbieder geword nie! 3. Kyk om jou Daar is mense wie werklik die pad saam met jou wil stap, wil sien dat jy ’n sukses maak en jou potensiaal bereik en jou drome verwesenlik – soms jou ouers en ander kere ’n juffrou of ’n sportafrigter. Vra raad en bêre daardie kosbare stukkies aanmoediging vir die dae wat jou skouers effens hang. Hoop is nie net Michelle en Johan en Suné se bate nie, maar is ook beskikbaar vir Melissa en Pieter en Lindie en Kobus en elkeen wat dit wil hê! Kies dit!

Kies dit! Het jy hoop vir jou toekoms? Voel jy of daar vir jou ´n toekoms is in Suid-Afrika? Miskien is dit nodig dat jy van vandag af jou uitkyk op die lewe en jou toekoms moet verander.

Waar kry mens hierdie soort hoop? In my eie lewe waar ek in Graad 10 vir almal vertel het ek gaan eendag in Egoli speel as Stephen Edwards se meisie, en toe presies daardie rol losslaan die jaar na skool, het ek hoop in die volgende plekke ontdek. 1. Kyk boontoe Heb12:1–3: “Terwyl ons dan nou so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat so maklik verstrik en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die begin en voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins. Hou Hom voor oë dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.” Dis in verhouding met God, in die avontuur van Jesus se voetspore en met Hom voor oë waar ek God se plan en roeping vir my lewe ontdek en begin leef! Daar kan nie hoop en roeping en drome of ’n lewenstaak sonder verhouding wees nie, want God is die bron van al hierdie dinge! 2. Kyk binnetoe Sien raak wat God in jou belê het en begin daarmee woeker. Oefen en slyp jou unieke en

Hulle het hoop

11


hoop

Boodskappe van

Andries Hendrik Potgieter

B

aie dae was daar onsekerhede in my gedagtes van wat die toekoms mag inhou en waarheen dit sou gaan. Baie oggende het ek wakker geword met die vrees; my kans op n goeie lewe is verby. Daar is ‘n skrif wat soveel vir my beteken elke keer wanneer hoop en toekoms nie saam in my gedagtes verskyn het nie.

“Want ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle n hoopvolle toekoms te gee.” - Jeremia 29: 11 In hierdie geskrewe gedeelte gee die Here vir my vrede en die wete dat al kom daar swaar tye, is dit nie onheil en teëspoed wat my omsingel nie. Ek is op ´n staptog na geestelike sowel as wêreldse wysheid van groter dinge wat jou hart kom vul met vreugde, hoop en ywer. Ek kan met vrymoedigheid getuig dat die grootheid van God ons kan vul met vrees; maar bowenal moedig Sy goedheid ons aan om Hom met hoop te volg - dis die paradoks van geloof. My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die Ewige Lewe en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. NIEMAND sal hulle uit my hand ruk nie. (Jesus van Nasaret; Johannes 10: 27-28) - Andries Hendrik Potgieter, sanger, skrywer en motiveringsspreker

Karlien van Jaarsveld

H

oop is om die musiek van die toekoms te hoor, maar om die vertrou en geloof te hê om vandag al daarop te kan dans. God gee vir ons ‘n toekoms van hoop maar omdat ons dit nie in ‘n tyd sien wat ons pas nie raak ons ongeduldig en verloor ons geloof in die goed wat God vir ons wil gee. Sy gedagtes is ver bo ons sin, ons sal nog net ten dele verstaan want ons is vleeslik, maar eendag sal God alles ten volle openbaar. Maar ons moet nou in die hoop van die wete staan dat God in beheer is en Hy jou nie sal ‘drop’ nie. Jy ‘drop’ jouself wanneer jy geloof en hoop verloor in die dinge wat nog onsienbaar is vir ons. Glo in die hoop van die toekoms al sien jy dit nog nie. - Karlien van Jaarsveld, Bekende Afrikaanse Sangeres

Jak de Priester

P

asop vir negatiwiteit! Dis aansteeklik! Al is almal om my negatief, het ek besluit ek gaan positief bly. Die lewe is kort. As jy gesond is, kan hoor, kan loop, kan sien en ´n hart het met liefde, kan jy die stukkende, negatiewe wêreld verander! Glo in jouself en alles wat jy aanpak, dis die begin van enige sukses! Moenie volg nie... lei eerder die wêreld. - Jak de Priester, sanger-liedjieskrywer

12




Verseker jou toekoms

Hoofstuk 2 Die vaardigheidskrisis in Suid-Afrika en jou loopbaankeuse Johan Kruger

hoof van die Solidariteitnavorsingsinstituut en kommunikasie

D

ie kies van ’n loopbaan is vir elke jongmens ’n unieke, maar soms ook ’n spanningsvolle tyd. Uiteindelik laat jy die skoolbanke agter en kan jy fokus op ’n loopbaan wat werklik by jou pas. Hierdie keuse is vir jou ’n groot stap vorentoe en hierdie besluit is iets wat op die minste ’n aantal jare jou dag-totdag se verrigtinge sal bepaal. ’n Belangrike aspek om van kennis te neem in die uitoefening van jou loopbaankeuse, is die vaardigheidskrisis wat in Suid-Afrika heers. Die vaardigheidskrisis hou vir ’n jongmens, wat op die punt staan om ’n loopbaankeuse te maak, belangrike voordele in. Dit is dikwels moeilik vir ’n jongmens om die arbeidsmark te betree nadat hy of sy ’n bepaalde kwalifikasie bekom het. In Suid-Afrika is daar ook nog die toepassing van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging om mee rekening te hou. Dit is belangrik om ’n loopbaan te kies wat jou toegang gaan gee tot die arbeidsmark en sal verseker dat jy in aanvraag bly. Dit is juis hierom dat dit belangrik is om kennis te neem van die tekort aan vaardighede wat in ’n groot aantal sektore in Suid-Afrika bestaan. Om jouself te bekwaam in ’n loopbaan binne een van hierdie kategorieë van skaars vaardighede kan vir jou groot voordeel inhou wanneer jy die arbeidsmark betree. Natuurlik besef ek dat die keuse van ’n loopbaan nie alleen daaroor gaan om werk te kan kry nie, maar dit gaan ook oor vervulling van jouself binne ’n loopbaan wat vir jou as individu gepas is. Tog is dit belangrik om in die SuidAfrikaanse konteks kennis te neem daarvan dat individue wat sekere vaardighede het,

eenvoudig makliker werk kry en vorder in hulle loopbaan weens hulle gesogte stel van vaardighede. Indien jy dus jou weg kan oopsien om jouself binne een van hierdie velde van skaars en kritiese vaardighede te kan bekwaam, kan dit vir jou voordelig wees wanneer jy in die toekoms die arbeidsmark betree en jou eie potjie moet krap. ’n Aantal studies het reeds bevind dat die vaardigheidskrisis in Suid-Afrika ’n beperking op ekonomiese groei plaas. Deloitte & Touche het byvoorbeeld in Junie 2007 ’n verslag bekend gemaak wat aandui dat 81% van maatskappye sukkel om gepaste werkers te kry, terwyl 76% van maatskappye sê dat hulle groot probleme ondervind met die werwing van regstellendeaksiekandidate. Paul Joubert, ’n navorser by Die Solidariteit Navorsingsinstituut het in Desember 2011 ’n verslag oor skaars vaardighede geskryf. Die inhoud daarvan is vandag steeds toepaslik en het die skaarsheid van vaardighede selfs nog meer aktueel geword. Die onderstaande paragrawe is uittreksels uit sy verslag. Jongmense wat hulle in ’n skaars en kritiese vaardigheid kwalifiseer, het ’n blink toekoms wat wag. Die onderstaande beroepsrigtings gee ’n goeie aanduiding van velde waar daar tekorte is.

Skaars vaardighede onder die vergrootglas Paul Joubert

Senior Navorser by Solidariteit Navorsingsinstituut

Die Suid-Afrikaanse Arbeidsmark

D

it is belangrik om ’n loopbaan te kies wat jou toegang gaan gee tot die arbeidsmark en sal verseker dat jy in aanvraag bly. Dit is juis hierom dat dit belangrik is om kennis te neem van die tekort aan vaardighede wat in ’n groot aantal sektore in Suid-Afrika bestaan.

15


Suid-Afrika het ’n jong bevolking. Veel meer mense bereik jaarliks werkende ouderdom as wat aftree of weens ander redes ophou werk. In die ouderdomsgroep van 25 tot 54 – die meeste mense se mees produktiewe jare – is ongeveer 83% van alle mans en 64% vroue besig om te werk of besig om aktief na werk te soek.

Die invloed van opleiding in die arbeidsmark Daar is duisende werksgeleenthede vir jongmense wat hulle matrieksertifikaat beskou as die beginpunt van ’n tersiêre studieloopbaan in rigtings waarin daar tekorte bestaan. Matrieks wat nie die moeite doen om verder te studeer nie, sal egter sukkel om werk te kry. Mense sonder matriek, se arbeidsopnamekoers – die persentasie wat wel werk – is ongeveer 30%. Daarteenoor is die arbeidsopnamekoers van mense met matriek 50%, terwyl mense met ’n tersiêre kwalifikasie se arbeidsopnamekoers tot 80% is. Mense met matriek as hoogste kwalifikasie maak wel ’n groeiende deel van die volwasse bevolking uit. Ongelukkig het ’n matrieksertifikaat nie veel meer waarde as onvoltooide sekondêre opleiding of selfs geen formele opleiding in die arbeidsmark nie. Dit beteken egter nie dat ’n matrieksertifikaat onbelangrik is nie – dit is ongetwyfeld belangrik, omdat dit deure na verdere opleiding oopmaak. Die werkloosheidskoers vir mense met tersiêre opleiding is slegs sowat 8%, teenoor die algehele werkloosheidskoers van sowat 25%. Tersiêre opleiding bevorder dus ’n persoon se kans op indiensneming tot ’n baie groot mate. Tersiêre opleiding verhoog ook boonop potensiële verdienste, omdat ’n persoon met meer kennis en die vermoë om daardie kennis toe te pas, meer waarde kan toevoeg in ’n werksituasie. Die menslike samelewing is op kennis gebou – dit is waar vooruitgang en verbetering van lewensomstandighede vandaan kom. Persone met die kennis om ’n verdere bydrae tot hierdie verbetering te maak, sal altyd goed vergoed word daarvoor.

Verdere opleiding Uit die voorafgaande paragrawe is dit duidelik dat matrikulante alles in hul vermoë behoort te doen om verdere opleiding te kry, selfs dié wat baie goeie punte in bruikbare skoolvakke behaal het. ’n Matrieksertifikaat bied geen waarborg van indiensname nie. Verdere opleiding is die beste manier om te keer dat matrikulante deel word van die meer as 50% werkloosheidskoers onder die Suid-Afrikaanse jeug wat jonger as 25 jaar is. Daar is natuurlik nie vir alle matrikulante plek by universiteite nie, en sommige kry ook nie toelating nie weens onvoldoende matriekpunte of ander redes. Daar is egter talle ander tersiêre opleidingsinstansies waarby daar ingeskryf kan word, solank daar vooraf vasgestel word dat die instellings opleiding op ’n goeie standaard bied.

16

Die matrieks wat die arbeidsmark in 2012 en 2013 wil betree, gaan dit moeilik vind om werk te kry – veral om ’n werk te kry wat goeie vergoeding bied. Hiermee word niemand natuurlik afgeraai om wel vir werk, enige werk, te soek nie. Enige werk is beter as om te sit en niksdoen. Die beste opsie is egter om verdere opleiding te kry. Dit hoef nie by ’n universiteit te wees nie. Daar is talle tegniese en beroepsgerigte rigtings wat ingeslaan kan word.

Arbeidsmark-teenstelling skep geleenthede vir jongmense wat verder studeer Volgens Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, bestaan daar ´n interessante teenstelling in Suid-Afrika se arbeidsmark. SuidAfrika het ´n reuse werkloosheidsprobleem, met miljoene swak geskoolde mense wat wil werk, maar nie die tipe werk kan doen wat in ´n moderne ekonomie vereis word nie, selfs al is daar miljoene geleenthede beskikbaar. Daar is dus hoop vir veral matrieks wat verder wil studeer. Matrieks moet nie die einde van matriek as die einde van sy of haar leerpad sien nie, maar as die begin. Indien ’n matrikulant verdere moeite doen om hom of haar in ’n nuttige vaardigheid te bekwaam, is hy of sy byna seker van werk. Die goue formule is dus nie net om verder te studeer nie, maar om in die regte rigting verder te studeer. Vir sulke matrikulante wag daar ’n blink toekoms. Goeie maniere om te bepaal of ´n spesifieke studierigting wel deure sal oopmaak in die beroepswêreld, is om te gesels met persone wat reeds in daardie beroep staan, of met industrie-organisasies. Solidariteit het reeds ´n aantal beroepsrigtings geïdentifiseer wat vir matrikulante aantreklike beroepsmoontlikhede sal bied, maar daar is nog talle ander, buiten hierdie lys.

Solidariteit se top 10 beroepsrigtings: • • • • • • • • •

Ambagslui Verpleegkunde Maatskaplike werk Mediese dokters Aptekerswese Rekeningkunde Inligtingstegnologie Onderwys Ingenieurswese

Kies slim!

“Matrikulante wat besluit om enige van dié studierigtings te volg, sal plaaslik en internasionaal moontlikhede kan najaag. Dit is veral hierdie beroepsrigtings wat aan matrikulante ’n blink toekoms kan gee” Flip Buys.


Deur die skaars vaardighede in ag te neem met die maak van jou loopbaankeuse kan ‘n jong Suid-Afrikaner self ‘n toekoms bou. Verder kan jy ook daarmee help om ´n toekoms vir die res van die land se mense te verseker, of dit nou is deur te sorg vir goeie infrastruktuur, goeie gesondheidsorg, of deur enige ander noodsaaklike diens te lewer.

Bepaal jou toekoms deur entrepreneuriese denke en vaardighede Mnr. Henk Schalekamp adjunk uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit

E

endag lank, lank gelede was dit moontlik gewees om slegs met ’n goeie kwalifikasie die volwasse wêreld tegemoet te stap. Dit was maklik om ’n eerste werk te kry en was die omstandighede so gunstig dat dit selfs somtyds moontlik was om ’n loopbaan by die werkgewer te maak en eers weer met aftrede daar uit te stap. Die werkgewer het vir jou voorsien deur ’n aftreeplan en mediese fonds en kon jy sonder kommer jou oudag geniet.

Weg is daardie dae! Verwelkom die dae van verandering, toenemende kompetisie en vermenigvuldiging van inligting. Die werk wat jy oor tien jaar gaan doen mag bes moontlik nog nie vandag bestaan nie. Suid-Afrika het bykomend tot hierdie globale veranderinge in die ekonomie ook in 1994 polities verander. Die Afrikaner is vandag ’n minderheidsgroep in Suid-Afrika met ’n Westerse herkoms en kultuur. As groep het ons baie om voor dankbaar te wees. ’n Geskiedenis van ’n klein arm volkie wat suksesvol in Afrika geword het. Die resultaat daarvan is dat ons vandag geleenthede het om te leer, toegang tot kapitaal het en lid is van ’n gemeenskap wat

uitnemendheid en volhoubare vooruitgang omhels. Afrikaners se toekoms word vandag weer soos in die dertigerjare uitgedaag. Die Grondwet se gebrek aan die beskerming van groepe en die ANC se oorheersende ideologie van verteenwoordigheid en die nasionale demokratiese revolusie, het tot gevolg dat Afrikaners op hulself aangewese is ten einde ’n toekoms te verseker. Hierdie omstandighede is glad nie gunstig nie, maar opsigself ’n geleentheid om ons as groep onlosmaaklik deel van Afrika te vestig. John Kane-Berman, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV), het onlangs by ’n seminaar van Solidariteit gesê dat Afrikaners die eintlike bevoordeeldes van regstellende aksie is, aangesien hulle uitgaan en suksesvolle entrepreneurs word. ’n Entrepreneur is iemand wat ’n geleentheid vir ’n idee, produk, besigheid of diens identifiseer en dit uitvoer deur self verantwoordelikheid te neem en die volle risiko te dra vir die uitkoms daarvan. ’n Entrepreneur skep sy eie toekoms ongeag sy omstandighede, omdat hy iets aanbied wat die mark vra. Die ekonomiese krag van vraag en aanbod is sterker as enige diskriminerende praktyke en die Afrikaner kan dit gebruik om suksesvol te word. ’n Entrepreneur is egter ’n spesifieke tipe mens en ons is nie almal entrepreneurs nie. Om suksesvol te wees beteken nie dat ons entrepreneurs moet word nie, maar dat ons baie by entrepreneurs kan leer om onsself suksesvol te maak. Deur hierdie entrepreneuriese denke en vaardighede kan elkeen vir homself ’n toekoms skep. Vervolgens word sewe entrepreneuriese denke en vaardighede, wat in enige beroep of rigting gebruik kan word, bespreek. 1. Jou toekoms is in jou eie hande Selfverantwoordelikheid staan sentraal tot die definisie van ’n entrepreneur. ’n Entrepreneur is iemand wat verantwoordelikheid neem vir die risiko en geleentheid vir sy inisiatief. ’n Entrepreneur skep sy eie toekoms deur ’n duidelike langtermynideaal daar te stel wat deur die bereiking van ’n reeks korttermyndoelwitte verwesenlik word. ’n Entrepreneur werk met ’n plan en alles in die lewe word benader as ’n geleentheid en besigheid. Dieselfde geld vir alle Afrikaners, die individue wat self verantwoordelikheid neem vir hulle dade beskik oor die vermoë om die toekoms te beïnvloed en te verander, terwyl die toekoms gebeur met diegene wat nie self verantwoordelikheid aanvaar nie. Die Afrikaner moet homself toenemend meer posisioneer om die

17


geleentheid in alles raak te sien. ’n Gekwalifiseerde dokter is byvoorbeeld in die eerste plek ’n kundige, maar hierdie kundigheid moet ook met ’n goeie besigheidsin beskikbaar gestel word. Dit is belangrik dat jou eie kundigheid as kommoditeit beskou word en dit soos enige produk suksesvol bemark en bedryf word. Selfverantwoordelikheid se tweelingboetie is selfvertroue, dit is absoluut belangrik om ’n positiewe selfbeeld te handhaaf en so die nodige selfvertroue te kry om jou eie toekoms te beplan en te bou.

Handhaaf ‘n positiewe selfbeeld

2. Kundigheid laat die wêreld draai Entrepreneurs is nie altyd daarvoor bekend dat hulle oor goeie kwalifikasies beskik nie, maar alle suksesvolle entrepreneurs is kundige en bekwame mense. In vandag se tyd is daar talle maniere waardeur kundigheid bekom kan word. Universiteit toe gaan is nie die enigste manier waardeur jy jouself kan bekwaam nie, dit is vir professionele beroepe die ideaal, maar bied die wêreld soveel meer. Die verskil tussen ’n loodgieter wat vir ’n salaris werk en ’n loodgieter wat aan die stuur van sy eie suksesvolle besigheid staan, het ook met kundigheid te make. Die gewone loodgieter is kundig in sy vakgebied, maar die ander een het kundigheid bekom oor hoe om ’n besigheid suksesvol te bestuur. ’n Goeie suksesvolle mentor help jou om tyd te wen deur te leer uit sy kundigheid. Dit is nie die groot algemene lesse in die lewe wat die verskil maak nie, maar die klein goedjies wat jou onderskei van die res. Mentorskap is ’n wonderlike manier waardeur mens die kunsies van die lewe goedkoop kan leer. 3. Skaarsheid is jou vriend ’n Suksesvolle entrepreneur omhels skaarsheid as ’n geleentheid. Dit is baie voordelig vir ’n entrepreneur om dienste en produkte te bied wat uniek is in die mark en nie beskikbaar is nie. Dit is dieselfde om te studeer in ’n rigting waardeur jy jouself kan onderskei as iemand met kennis en vaardighede in ’n rigting wat nie vryelik beskikbaar is nie. Hierdie kundigheid en kennis maak jou gesog, en kan jou aanbod van kundigheid nie geïgnoreer word wanneer die vraag daarna groter as die aanbod is nie. 4. ’n Positiewe houding sien die glas half vol Daar is ’n baie groot verskil tussen die korrekte identifisering van die probleem en die korrekte identifisering van die oplossing. Beide is belangrik, maar die oplossing is wat vir ’n entrepreneur die geleentheid bied om waarde te skep en toe te voeg. Dieselfde geld vir mense wat nie noodwendig entrepreneurs

18

is nie. ’n Positiewe houding skep die gemoedstoestand en geleentheid om nie net die probleem te identifiseer nie, maar belangriker om die oplossings vir die probleme te kry, toe te pas en in die proses ’n verskil te maak. Foute bly deel van die lewe en ons is seker daarvan dat ons foute sal maak, maar ’n positiewe houding stel ons in staat om uit foute te leer en op te staan wanneer jy gefaal het. 5. Deursettingsvermoë en gedetermineerdheid trek die wa deur die drif Winston Churchill het gesê dat sukses nie finaal is nie, en om te faal, nie fataal (die einde) is nie, maar dat dit die durf om aan te gaan is wat tel. Deursettingsvermoë en gedetermineerdheid om suksesvol te wees, is een van die kerneienskappe van suksesvolle entrepreneurs. Malcolm Gladwell, die bekende skrywer van The Tipping Point en Blink: The Power of Thinking Without Thinking, het in sy onlangse boek Outliers: The Story of Succes geskryf dat almal wat vir iets bekend geword het, meer as 10 000 ure daaraan gewerk het. Die Beatles het vir meer as 10 000 ure gesing, Bill Gates het vir meer as 10 000 ure programmeer en Mozart het vir meer as 10 000 ure aan sy meesterstukke gekomponeer. Dit beteken dat jy indien jy twee ure per dag spandeer waarin jy uitnemend wil wees, jy vir twee ure, sewe dae per week vir 13.5 jaar moet werk waarin jy uitnemend wil raak. Dit is dus belangrik om te hou van en geroepe te voel in dit wat jy doen. Indien jy dit doen, sal jy soos Gary Player kan sê: “The more I practice the luckier I get.” 6. Deur georganiseerd en doelgerig te wees, wen jy ’n oorlog Geen land of generaal het nog ooit ’n oorlog gewen sonder dat hulle uiters georganiseerd en doelgerig was nie. Dieselfde geld vir ’n entrepreneur wat sukses bereik het. ’n Entrepreneur was nog nooit volhoubaar suksesvol sonder uitnemende georganiseerdheid en doelgerigtheid nie. Om georganiseerd te wees, beteken nie jou boeke is netjies op jou lessenaar nie; dit het veel eerder met ’n bestaanswyse te make. Vir die wat nie entrepreneurs is nie, beteken georganiseerdheid jy weet wat aangaan in jou werk en lewe. Doelgerigtheid beteken dat jy nie jou aandag laat aftrek deur onnodige en onbelangrike sake nie. 7. Handhawing van goeie waardes is jou spoor na sukses Waardes soos eerlikheid, integriteit en opregtheid is kenmerkend van entrepreneurs wat volhoubaar suksesvol was. ’n Gefundeerde waardestelsel strek verder as entrepreneurskap en is van toepassing op alle aspekte van die lewe.


Om by jou waardes te hou, beteken soms dat die pad langer is na sukses, maar dit is definitief meer volhoubaar. As Christen is ons gebonde aan ’n waardestelsel, nie omdat ons moet nie, maar omdat ons daaraan gebonde wil wees. Die toepassing van hierdie sewe riglyne sal jou lewe en toekoms baie makliker maak en jou kans om sukses te behaal drasties verhoog. Sterkte met die skrywe

van jou sprokie...

Neem jy verantwoordelikheid vir jou toekoms? Wat is jou plan? Is jy ingestel om deurlopend te leer? Wie ken jy wat as mentor vir jou kan optree? Waaraan sal jy maklik 10 000 ure kan spandeer?

Entrepreneurskap – Riglyne om ‘n besigheid te begin Dr. Steve Booysen voorsitter van Die Aardklop Kunstefees asook voorsitter van Afrisake

Deur Merina Willemse, Ekonoom by Efficient Financial Holdings

H

ierdie artikel is saamgestel na aanleiding van ’n onderhoud met dr. Steve Booysen, voorsitter van Efficient Group Limited. Efficient Group Limited is ’n welvaart- en batebestuurmaatskappy wat glo in persoonlike kontak en dienslewering in jou eie taal. Dr. Steve Booysen is die voormalige groep uitvoerende hoof van Absa Bank. Anders as wat mense dink, is dr. Booysen nie net ’n “nommer-vraat” nie; hy besef ook die belangrikheid van die rol wat intuïsie en sosiale sentiment in finansiële markte speel. Hierdie entrepreneur weet ook dat ’n mens se waardesisteem ongelooflik betekenisvol is en baie bydra tot jou sukses in die lewe. Entrepreneurs lê na aan die hart van ’n gesonde ekonomie en is een van die grootste drywers van ekonomiese groei. Hierdie sektor moenie onderskat word nie, aangesien

dit bydra tot die skepping van volhoubare werksgeleenthede.

’n Entrepreneur het tog ’n droom wat nagestreef word.

Drie basiese beginsels wat ’n besigheid suksesvol maak, is: 1. Wees passievol Dit is baie belangrik om passievol en toegewyd te wees aan jou besigheid en bo alles te geniet wat jy doen. 2. Bly gefokus Wees doelgerig en moenie toelaat dat jy voeling verloor met die kern van jou besigheid nie. Geen besigheid wat suksesvol is, het baie prioriteite nie. Hou jou doelwitte min, maar maak seker hulle word korrek uitgevoer. 3. Prioritiseer jou hulpbronne Die belangrikste hulpbronne vir enige besigheid is mense en geld. Maak seker dat jy altyd die beste mense aanstel. Dit is baie belangrik om jou besigheidsuitgawes te prioritiseer en voortdurende evaluasie te doen om vas te stel hoe hierdie uitgawes jou kernbesigheid beïnvloed. Daar is ’n paar dinge wat belangrik is om in gedagte te hou wanneer jy ’n besigheid begin. Hierdie faktore kan ’n daadwerklike impak hê op die besluitmening van die tipe dienste of produkte wat ’n besigheid moontlik kan bied. • Maak ingeligte besluite oor die dienste wat jou besigheid sal verskaf of produkte wat dit sal lewer. Deursigtige navorsing kan waardevolle behoeftes in jou gemeenskap identifiseer wat ’n aanduiding sal wees van leemtes in die mark. Dit is egter baie noodsaaklik dat jou produk of diens van hoë gehalte moet wees en altyd konsekwent en voorspelbaar aangebied moet word. • Probeer om meer te spaar voor jy ’n nuwe besigheid begin. Dit sal help dat jou skuldlas nie onvolhoubaar groot raak gedurende die groeifase van jou besigheid nie. • Die ligging waarin jy jou besigheid stig, is ’n sleutelveranderlike tot sukses. Sekere areas beskik oor spesifieke behoeftes wat deur ’n knap entrepreneur vir besigheidsgewin uitgebuit kan word. • ’n Entrepreneur moet ook voortdurend bewus wees van die demografiese verandering in sy/haar omgewing en moet altyddeur let op potensiële groei- en ontwikkelingsmoontlikhede. • Die beginsel van “kontant is koning” is baie relevant. Die oomblik wat jy te veel investeer in voorraad en/of finansiering van debiteure, kan jy jouself oorlaat vir kontantvloeidruk. • Besigheidsplanne, begrotings en kontantvloeivooruitskattings is noodsaaklik, maar die heel belangrikste

19


• •

• •

20

is die uitvoering van jou besigheidsplan. Wees versigtig om nie alewig te beplan en om te vergeet om oor te gaan tot aksie nie. In die besigheidsomgewing gaan daar altyd krisisse wees; bly kalm en moenie emosionele besluite neem nie. Maak gebruik van jou werknemers se insette. Dit sal verseker dat jy ’n ingeligte besluit neem wat tot jou en jou besigheid se voordeel kan strek. Dis ook noodsaaklik om die waardestelsels van ’n besigheid te formuleer, dokumenteer en aan jou werknemers te kommunikeer. Hierdeur kan jy aan die kultuur van die onderneming bou. As leier, is dit uiters belangrik dat jy die waardesisteme van jou besigheid sigbaar uitleef en altyd konsekwent en voorspelbaar is in jou optredes. Open ’n bankrekening vir jou besigheid sodat ’n geskiedenis van besigheidstransaksies vir jou onderneming gehou kan word. Dit kan toekomstige benodigdhede, soos verdere finansiering as gevolg van moontlike uitbreidings tot jou besigheid, vergemaklik. ’n Besigheidseienaar beskik nie oor iets soos ’n gebalanseerde leefstyl nie. Hier heers ’n voortdurende balans van kompromie. Dit bly belangrik om jou werk te geniet, na jou gesondheid te kyk, geestelikheid te beoefen, tyd aan jou familie te bestee en om pret te hê. Die lewe is te kort om hierop uit te mis. Alhoewel dit een van die basiese beginsels is om net die beste mense aan te stel, is daar ’n paar ander goeie beginsels wat in ag geneem kan word as dit kom by personeel: • Verseker dat jou werknemers goeie moraal het en dit behou. Hierdie faktor het ’n direkte impak op die kwaliteit van diens wat aan die verbruiker gegee word. Sluit prestasiekontrakte met jou werknemers sodat hulle weet wat van hulle verwag word. Maak seker dat jy periodiek jou personeel se prestasie evalueer. Prestasie-evaluering moet eerlik en deursigtig aangewend word sodat erkenning en beloning gegee word waar dit nodig is. Ons almal het ontwikkelingsbenodigdhede en as werknemer behoort jy ten minste elke ses maande in ’n formele prestasiegesprek te tree. Hier is dit essensieel om eerlike terugvoer te gee en ontwikkelingsfokusareas te identifiseer. ’n Mens kan nooit genoeg kommunikeer nie. Daar was nog nooit ’n besigheid waar daar te veel kommunikasie plaasgevind het nie. Dis goed om toe te laat dat jou werknemers foute maak, want dit is slegs deur foute te maak dat hulle ervaring opdoen. Solank die foute nie herhaal word of betrekking het op ’n waardesisteem nie. Waardesisteemfoute moet nie geduld word nie.

• Verseker dat jou werknemers oor ander vaardighede as jyself beskik. Dit sal bydra dat julle mekaar komplimenteer. Elke persoon in die organisasie dra ewe veel by tot die sukses van die besigheid en is ewe belangrik in die organisasie. Mense vorm as’t ware die handelsmerk van ’n besigheid en kan maak dat ’n onderneming sink of swem. • Werknemers moet aksie-georiënteerd wees. Hulle moenie net wag vir dinge om te gebeur nie, maar dinge maak gebeur. • In vandag se sakewêreld behoort werkgewers meer buigsaam te wees oor werknemers se werksure. Deur meer buigsame werksure toe te pas, kan dit meebring dat werknemers meer produktief is. • Burokrasie en hiërargie demp kreatiwiteit en innovasie. Mense moet bemagtig word en toegelaat word om besluite te neem. Hierdeur moedig jy ’n mens se aanspreeklikheid en verantwoordelikheidsin aan en dit bevorder produktiwiteit. Dit behoort nie moeilik te wees om ’n nuwe besigheid te begin nie. Tog is daar verskeie hindernisse wat ’n entrepreneur moet oorkom om ’n suksesvolle besigheid in Suid-Afrika te bedryf. Streng wetlike nakomingsvereistes plaas ’n groot demper op die industrie wat eintlik baie meer ontluikend en toeganklik behoort te wees. Banke verstaan ook nie altyd die finansieringsvereistes van entrepreneurs nie. Banke se uitleenpraktyke is tradisioneel geskoei op sekuriteit en nie so seer ten gunste van die potensiaal van onderliggende besigheidsgeleenthede nie. ’n Tendens wat onlangs baie geslaagd was, is familiebesighede. Hierdie besigheidstruktuur het gedurende die laaste paar dekades bewys dat dit van die suksesvolste was. Die rede hiervoor is die verandering in die besigheidsomgewing as gevolg van transformasie en gevolglik die ontoeganklikheid van werksgeleenthede in die Staatsdiens en korporatiewe sakewêreld. Entrepreneurskap kan egter onder die moeilikste omstandighede floreer, aangesien die basiese boustene daarvan steeds kreatiwiteit en innovasie bly. Hiermee kan enige hindernis oorkom word. Boonop sal deursettingsvermoë en passie vir die onderneming jou sukses waarborg.

Kreatiwiteit en innovasie – die basiese boustene van Entrepreneurskap



‘nToekoms as Entrepreneur Andre Gouws GAP ENTREPRENEUR Stellenbosch kampus direkteur

H

Dit is weereens daardie tyd van die jaar wanneer ons graad 12-leerlinge die pylvak ingaan en voor jy weet, is dit matriekafskeid en is die laaste eksamenvraestel iets van die verlede. Dan is dit tyd vir pret en plesier … of is dit? Wat gebeur na matriek? Wat is die vooruitsigte na skool? Studeer, vang graad en kry ’n goeie werk? Nie noodwendig nie ... Statistieke Suid-Afrika bestempel werkloosheid in Suid-Afrika, teen ’n koers van 23.9%, as een van die hoogstes ter wêreld – en dis meestal jong Suid-Afrikaners wat die slagoffers is. Meer as drie miljoen jongmense onder die ouderdom van 24 (hoofsaaklik matrikulante en pas gegradueerdes) is werkloos. Volgens die Internasionale Ontwikkelingsagentskap (IOA) het werksgeleenthede die afgelope tyd al hoe minder geword, omdat ons ekonomie eenvoudig net nie kon tred hou met die groeiende aantal skoolverlaters en gegradueerdes wat elke jaar die arbeidsmag betree nie. Die IOA is van mening dat entrepreneurskap ’n praktiese oplossing bied, aangesien entrepreneurs werksgeleenthede skep deur middel van nuwe denke en groei. Entrepreneurs is ingestel daarop om nuwe geleenthede en neigings raak te sien, met nuwe besighede te begin wat werk skep en sodoende ’n kompeterende mark skep, wat op sy beurt weer goed is vir alle gebruikers. Entrepreneurskap verbeter ’n gemeenskap se selfonderhoudende vermoë en sodoende ook hul sosio-ekonomiese welstand. Die grootste probleem ten opsigte van entrepreneurskap in Suid-Afrika is die kommerwekkende lae vlakke van entrepreneurskapinisiatiewe. Dit word gemeet aan die “Total Entrepreneurship Activity (TEA),” wat ’n beraming is van die aantal mense wat betrokke is by die totstandkoming en/of bestuur van besighede tot en met 3,5 jaar. Volgens die “Global Entrepreneurship Monitor (GEM)”, is Suid-Afrika se vlak van totale entrepreneurskapaktiwiteit (TEA) heelwat laer as dié van soortgelyke ekonomieë wêreldwyd. Die vraag wat nou ontstaan, is waarom het Suid-Afrika so ’n lae vlak van Totale

22

Entrepreneurskapaktiwiteit? Waarom is daar nie dieselfde opmerklike toename in nuwe besighede soos wat die geval is in byvoorbeeld Brasilië nie? Navorsing hieroor toon dat dit hoofsaaklik sosiale en kulturele houdings is wat entrepreneursvermoë benadeel. In die eerste plek is daar ’n sterk neiging in Suid-Afrika om op staatsinstellings of groot besighede staat te maak om ekonomiese groei te bewerkstellig. In die tweede plek, is ons ook geneig om ’n hoër premie te plaas op akademiese kwalifikasies as op die skep van welvaart, self-indiensneming en die stig van nuwe besighede. In ’n onlangse studie onder hoërskoolleerlinge in Suid-Afrika, is vasgestel dat ’n gebrek aan besigheidsvaardighede een van die grootste struikelblokke is vir entrepreneurskap om te gedy. Hierdie gebrek verhoog die vrees vir mislukking by jong entrepreneurs wat beoog om met ’n nuwe besigheid te begin. Daar is egter nou die geleentheid vir hoërskoolleerlinge en pas gegradueerdes om entrepreneurskapervaring op te doen. Deur middel van ´n internasionale opleidingsprogram kan studente op ’n praktiese, prettige en uitdagende wyse leer hoe om ’n entrepreneur te word. ’n Maatskappy genaamd Gap Entrepeneur bied ’n eenjaarprogram aan wat jongmense behulpsaam kan wees om hul eie besigheid op die been te bring. Die studente sal hul eie besighede tot stand bring onder die leiding van ervare entrepreneurs ten einde die praktiese sy van eienaarskap en bestuur van ’n kommersiële besigheid te bemeester. Vir meer inligting, besoek www.gapentrepeneur.com Het jy al ooit aan jouself gedink as ‘n entrepreneur? Hoekom, of hoekoem nie? Watter van die entrepreneuriese eienskappe wat genoem is, pas by jou? Dink jy jy het die potensiaal en vermoë om jou eie besigheid te begin en sukses te behaal? Wat dink jy sal jy op die oomblik kan doen as entrepreneur of om meer soos ‘n entrepreneur te begin dink? Stel jouself meer bloot aan geleenthede om jou entrepreneurskapsvaardighede te ontwikkel.




Hoofstuk 3 Die belang van beroepsvoorligting vir jongmense

KIES ’N RIGTING

Annette Taljaard Psigometris by Helpende Hand

U

Bron: Kies die regte loopbaan. norma Colley, 2011

niversiteits- en kollegekursusse is duur en meeste grade of diplomas neem minstens drie jaar om te voltooi. Skoolverlaters moet dus seker wees van watter beroepsrigting hulle wil inslaan. Dit is uiters belangrik om seker te wees van wat jy in die toekoms wil doen en in watter rigting jy jouself wil kwalifiseer. Praktiese oorweging wat in gedagte gehou moet word: 1. Universiteit, universiteit van tegnologie of privaat kollege Maak seker jy weet watter kwalifikasies die universiteite en kolleges in jou area aanbied. Is hulle akademiese georiënteerd (universiteite) of is hul akademies en prakties georiënteerd (universiteite van tegnologie)?

Die beroepsveld wat jy gaan kies, gaan bepaal in watter soort omgewing jy meeste van jou tyd gaan deurbring. Sekere beroepsvelde kan finansieel lonend wees, maar dan sal jy ook kompeterend en talentvol moet wees. In ander beroepsvelde is daar ’n tekort aan bekwame mense, wat weer loopbaansekuriteit kan verseker. Sommige beroepsvelde bied aan jou die vryheid om jou eie ure te bepaal of skofte te werk, maar hier is selfdissipline en verantwoordelikheid aan die orde van die dag. Jou loopbaankeuse bepaal of jy jou daaglikse roetine en werksomgewing gaan geniet. Daar gaan tye wees waar jou beroep aspekte gaan hê waarvan jy nie hou nie, maar dit behoort in die minderheid te wees, indien jy die regte beroep vir jou gekies het. Faktore wat jy in gedagte moet hou wanneer jy ’n beroepskeuse maak: 1. Fokus op die belangstellings wat jy koester. Jy moet jou belangstellings oorweeg wanneer jy jou beroepskeuse maak, sodat jy gemotiveerd kan bly deur jou studies. 2. Onderskei tussen belangstellings en stokperdjies. Onthou dat sommige belangstellings bloot stokperdjies kan wees. Jy geniet moontlik mediese en forensiese programme op televisie, maar sal nie ’n beroep as ’n dokter wil volg nie.

2. Finansies Hoeveel geld gaan jou studies kos? Het jy finansiële ondersteuning of moet jy aansoek doen vir ’n beurs of studielening?

3. Identifiseer watter waardes is vir jou belangrik. Hierdie is die aspekte waarin jy sterk glo en dan daarvolgens optree. Jy moet jou waardes oorweeg wanneer jy ’n beroepskeuse maak, sodat jou werk en waardes mekaar kan komplimenteer.

3. Toelatingsvereistes Hierdie aspek is uiters belangrik, omdat elke kursus spesifieke toelatingsvereistes het. Hierdie vereistes het ’n invloed op die soort inrigting wat jy kies om te gaan studeer. Maak dus seker jy weet wat is die verwagting van elke instansie en beroepsrigting wat jy oorweeg.

4. Ondersoek jou persoonlikheid. Jou persoonlikheid vorm ’n kerndeel van die beroepskeuse. Jy moet weet hoe jy aanmekaar gesit is, wie jy is en wat jou sterk- en swakpunte is. So kan jy ’n beroepskeuse maak, wat die beste by jou as persoon sal pas en jou beroep sal komplimenteer.

4. Voltyds of deeltyds Baie jongmense kan nie bekostig om voltyds te studeer nie en neem dan die deeltydse opsie aan, sodat hul steeds geld kan verdien terwyl hulle studeer. Maak seker jy dra kennis van watter instansies hierdie opsie het vir studente, want nie alle universiteite, universiteite van tegnologie of privaat kolleges bied deeltydse studies aan nie. Jou loopbaankeuse is een van die belangrikste en grootste keuses wat jy in jou lewe gaan maak. Hierdie keuse het ’n groot impak op jou toekoms.

5. Spesiale talente en aanlegte Gee aandag aan hierdie spesiale talente wat jy het. Nie almal beskik oor hierdie voorreg nie. Neem dit in ag wanneer jy jou beroepskeuse maak, omdat dit jou kan baat en laat uitstaan bo ander. 6. Skaars- en kritiese vaardighede Wanneer ons kyk na tekort in vaardighede in sommige beroepsvelde, kan dit ’n indikasie wees van beroepe of beroepsvelde waar daar ’n tekort aan bekwame persone is en waar werksgeleenthede nie so skaars is nie.

25


Identifiseer hierdie beroepsvelde en kyk of hulle by jou loopbaanplan en toekoms inpas. Deur jou persoonlikheid, belangstellings, waardes, sterkpunte en swakpunte in gedagte te hou wanneer jy ’n beroepskeuse maak, kan jy onsekerheid en frustrasie uitsluit. Hoe verseker ek dat ek die beste beroepskeuse maak vir my? Deur aandag te gee aan die volgende aspekte, kan jy seker wees jy neem die beste besluit vir jouself as dit kom by beroepskeuses.

Gee aandag aan die spesiale talente wat jy het.

1. Geleenthede Die geleenthede of meer spesifiek die werksgeleenthede wat nasionaal en internasionaal beskikbaar is, moet sterk oorweeg word, voor jy jou finale beroepskeuse maak. Jy moet jouself kwalifiseer in ’n rigting waar jy weet jy gaan werk hê en waar jy finansieel onafhanklik kan funksioneer. Fokus op skaars en kritieke vaardighede, sodat jy jouself kan kwalifiseer met vaardighede wat op aanvraag is in die arbeidsmark. 2. Waardes Waardes word beskou as eie aan ons karakter, dit maak deel uit van wie jy is en waarvoor jy staan. Jy moet dus jou waardes oorweeg teenoor die beroep wat jy graag wil volg. Indien jy ’n beroep kies wat teen jou waardes of persoonlike beginsels is, kan jy baie ongelukkig en ongemaklik voel in jou werksomgewing. 3. Belangstellings Belangstellings verwys na daardie aktiwiteite of onderwerpe wat jy geniet, graag oor lees, gesels en vra vrae. Jou belangstellings speel ’n kernrol in jou keuse tot ’n spesifieke beroep, omdat jy reg deur jou studies gemotiveerd in geïnspireerd moet bly. Indien jy dit nie in ag neem nie, gaan jy later voel of jy as persoon en in jou beroep nie groei of ontwikkel nie. Dit is ook belangrik om in gedagte te hou dat belangstellings van stokperdjies verskil. Stokperdjies is daardie aktiwiteite wat jy verkies om jouself mee besig te hou in jou vrye tyd.

het en belangstelling verwys na die voorkeur wat jy vir iets het. 6. Vaardighede Vaardighede verwys na daardie aktiwiteite wat jy jouself aanleer soos jy deur die lewe gaan. Jy raak gemaklik met hulle en ontwikkel hulle tot die beste van jou vermoë. Jou vaardighede moet in lyn wees met die beroepsrigting wat jy kies. So kan jy jou sterkpunte gebruik en binne jou beroepsveld uitleef. Daar is verskeie bronne wat jy kan raadpleeg om jou beroepskeuse te vergemaklik, want dit bly steeds een van die moeilikste en uitdagendste keuses in jou lewe. • Raadpleeg die internet, tydskrifte en koerante vir meer inligting oor beroepe, beroepsvelde en werksgeleenthede. • Kontak tersiêre instellings vir meer inligting oor ’n studierigting. • Doen skaduwerk. So kan jy self waarneem wat daardie persoon elke dag in sy spesifieke beroep doen. • Doen vrywillige werk of vakansiewerk in die rigtings waarin jy belangstel. • Woon inligtingsdae of kort kursusse by, wat meer inligting oor sekere beroepe of beroepsvelde beskikbaar stel.

Hoe maak ek ’n beroepskeuse?

4. Persoonlikheid Ons persoonlikheid, wie jy is, bly taamlik konsekwent namate jy ouer word, Jy moet dus ’n loopbaan kies wat jou persoonlikheid komplimenteer en jou sterkpunte uitwys. Jy kan jou persoonlikheidseienskappe verken deur familie of vriende te vra om jou te beskryf. Behalwe die soort loopbaan wat by jou persoonlikheid moet pas, moet jy ook seker wees van die werksomgewing en dat hierdie werksomgewing by jou karaktereienskappe pas. 5. Aanleg Ons word met ’n sekere aanleg gebore, maar ons kan ook deur ons lewe ’n nuwe aanleg ontwikkel. Daar is ’n duidelike verband tussen jou aanleg en jou belangstellings, omdat jy gewoonlik ’n aanleg ontwikkel in daardie areas waarin jy belangstel. Dit is belangrik om te onderskei tussen aanleg en belangstelling.

Aanleg verwys na ’n vermoë wat jy

26

Prof. Louis Jacobs Sielkundige wat in beroepsleiding, psigometriese toetse en die selfbeeld spesialiseer

B

uiten trou en kinders grootmaak, is die maak van ’n beroepskeuse seker een van die belangrikste keuses wat jy in jou lewe sal maak. Die beroep wat jy kies, moet jou vir die res van jou lewe besig hou. Dink so daaraan: geluk in jou beroep kan vir tot 75% van jou lewensgeluk verantwoordelik wees.


Daarom is dit so noodsaaklik om die regte beroepskeuse te maak. Die keuse van ’n studierigting is net so belangrik soos ’n beroepskeuse. Dit is immers wat jy vir die res van jou lewe gaan doen!

’n Verkeerde studierigting sal beteken dat jy ook die verkeerde beroepskeuse maak. Dit sal veroorsaak dat jy vir ’n groot

gedeelte van jou lewe ongelukkig sal wees. Om ’n verkeerde keuse reg te stel, kan baie geld kos. Jy kan moontlik ook heelwat tyd verloor en dit het natuurlik ’n direkte effek op jou toekomsplanne. Drie baie belangrike riglyne om in aanmerking te neem vir hierdie belangrike besluit, is aanleg, persoonlikheid en belangstelling. So leer ken jy jou sterk- en swakpunte. Op grond hiervan moet jy ook ’n bepaalde studierigting kies.

AANLEG Aanleg kan beskryf word as die verstandsvermoë wat jy besit om in ’n bepaalde rigting uit te staan. ’n Mens hoor dikwels dat iemand sal sê: “Daardie seun is absoluut aangelê om ’n predikant te word”, of “daardie dogter is aangelê om ’n onderwyseres te word”. Hulle bedoel hiermee dat die seun of meisie se verstandsvermoë sodanig is dat hy of sy ’n sukses in die rigting behoort te maak. Die Aanlegtoetshandleiding beskryf aanleg as “die potensiële verstandelike vermoëns, aangebore sowel as verkry, waaroor die individu op ’n sekere stadium beskik wat hom/ haar in staat stel om sekere bekwaamhede te ontwikkel”. Aanleg is nie die alfa en omega betreffende uiteindelike sukses nie. Dit gee egter ’n algemene aanduiding van daardie verstandelike vermoëns van die persoon wat hom of haar in staat stel om spesifieke take baas te raak. Dit is dus belangrik dat jy sal weet waarin jy die hoogste aanleg besit. Deur dit te doen, verhoog jy jou kans op sukses. Indien jy byvoorbeeld geen tegniese aanleg besit nie, en jy word ’n ingenieur, elektrisiën of motorwerktuigkundige, kan dit vir jou uiters onaangenaam wees. Jy behoort ook te sukkel om die kursus baas te raak. Aan die ander kant sal rigtings waarin jy ’n hoë of natuurlike aanleg besit, jou help om daarin te presteer. Dit dra weer by tot positiewe gevoelens.

Toelatingspunttelling (TPT) Om te kwalifiseer vir universiteitstudies, het jy ’n Graad 12-sertifikaat nodig met ’n gemiddeld wat jou in staat sal stel om universiteitstoelating of plek in ’n universiteit van tegnologie te kry. Mik vir ’n gemiddeld van ten minste 55% of hoër. Dit is ook belangrik dat jy kennis neem van die universiteit of universiteit van tegnologie se TPT vir die rigting waarin jy belangstel. Tersiêre instellings verskil wat die vereistes betref. Universiteit van tegnologie se TPT-vereistes is gewoonlik laer as dié van

universiteite. Hierdie punt word gewoonlik baie streng toegepas en net een punt te min kan veroorsaak dat jy nie universiteitskeuring kry nie. Maak vroegtydig seker dat jy weet wat die vereistes is en dat jy wel daaraan voldoen. Dit is jou verantwoordelikheid! Die TPT is die totaal van die waardes wat aan vakgemiddeldes gegee word. Kry jou laaste rapport en werk jou huidige TPT uit volgens die waardes in die onderstaande tabel. Voorwaardelike keuring tot tersiêre studies word op jou Graad 11-jaarpunt bereken. Hou jou TPT byderhand wanneer jy verder lees oor die verskillende aanlegte. MY TPT = 80 – 100% = 70 – 79% = 60 – 69% = 50 – 59% =

7 6 5 4

40 – 49% = 3 30 – 39% = 2 29 – 0% = 1

In die algemeen word daar na drie “soorte” studierigtings verwys, naamlik: 1. Geesteswetenskappe Op universiteitsvlak is dit gewoonlik die BAstudierigting. Hierdie aanleg dui oor die algemeen op ’n rigting waar jy saam met mense gaan werk. Dit kan ook as die sosiale studierigting beskryf word. Die meerderheid van beroepe wat hierdie studierigting as agtergrond het, het met die mens te make. Tipiese beroepe: joernalistiek, onderwys, sielkunde, teologie, regte, ensovoorts. Verpligte vakke: Gewoonlik is daar nie ’n vereiste rondom vakke wat jy vir graad 12 moet hê om in die geesteswetenskaplike studierigting te studeer nie. Daar is wel vakke wat aanbeveel kan word vir ’n beter grondslag. TPT: Vir die meeste BA-studierigtings is ’n TPTpunt van 28 en hoër nodig. 2. Natuurwetenskappe Onder hierdie aanleg word gewoonlik die BSc-studierigtings verstaan. Dit word ook as die meer suiwer wetenskaplike studierigting beskryf en een van die vernaamste komponente van hierdie studierigting is navorsing. Hier val die klem minder op die werk met mense. Dit is so dat mense wel betrokke kan wees, soos in die mediese en paramediese rigtings. Die fokus is egter meer op diagnose en die genesing van die persoon as wat dit oor die persoon se emosies of interaksies gaan. So is die mediese spesialis byvoorbeeld meer geïnteresseerd om die bepaalde siektetoestand te verstaan en gesond te maak, as wat hy of sy geïnteresseerd is om met die persoon se emosies of gevoelens

27


te werk. Persone in hierdie studievelde is gewoonlik meer geneig om introverte, kreatief, perfeksionisties en minder sosiaal te wees. Tipiese beroepe: argitek, ingenieur, bourekenaar, landmeter, bioloog, dierkundige, marinebioloog, biochemikus, mikrobioloog, geneesheer, tandarts, veearts, oogkundige, arbeidsterapeut, fisioterapeut, ensovoorts. Verpligte vakke: Om universiteitstoelating te kry, moet jy Wiskunde en Fisiese Wetenskap tot op graad 12-vlak hê. NB! Wiskundige geletterdheid laat jou nie vir universiteitstoelating kwalifiseer nie. Indien jy in die meer tegniese rigtings soos byvoorbeeld ingenieurswese en argitektuur belangstel, sal vakke soos Ingenieursgrafika en Ingenieursontwerp en tegniese vakke soos byvoorbeeld Meganiese tegnologie of Siviele tegnologie ’n aanbeveling wees. Dit is egter nie verpligtend nie. As jy meer in die mediese of paramediese rigtings belangstel, sal ’n vak soos Lewenswetenskappe weer ’n pluspunt wees. TPT: In hierdie studierigting is die TPT-telling gewoonlik heelwat hoër as by die ander studierigtings – tipies 36 en hoër. ’n Algemene riglyn hier is om te poog om ten minste 65% vir Wiskunde en Fisiese Wetenskap te behaal. 3. Handelswetenskappe Die aanleg verwys normaalweg na die BCom-studierigtings. Hierdie studierigting handel gewoonlik oor besigheidsbeginsels en handeldryf. Persone in hierdie rigtings kan ekstrovert sowel as introvert wees. So sal aktuarisse en rekenmeesters oor die algemeen meer introvert wees en personeelbestuurders weer meer ekstrovert. Algemene toepassingsvelde van hierdie rigting is gewoonlik die nywerheid, bemarking, handel, ekonomie, ensovoorts. Tipiese beroepe: rekenmeester, ouditeur, personeelbestuurder, bedryfsekonoom, ekonoom, aktuaris en bestuurskonsultant. Verpligte vakke: Vir hierdie studierigting is Wiskunde gewoonlik ’n vereiste. Die meeste universiteite erken nie Wiskundige geletterdheid as toelatingsvak vir dié rigting nie. Alhoewel nie ’n vereiste nie, is dit ’n aanbeveling om Rekeningkunde as vak te hê. Ander ondersteunende vakke vir hierdie studierigting is Ekonomie en Besigheidstudies. TPT: Die verlangde TPT- telling begin gewoonlik by 32. 4. Tegniese studierigting ’n Aanleg in ’n tegniese rigting dui gewoonlik daarop dat jy met jou hande wil werk, dit wil sê jy wil goed bou, regmaak, ontwerp, ensovoorts.

28

Persone in hierdie rigting neig gewoonlik om meer introvert van geaardheid te wees. Hulle is meer gefokus op “dinge” en hoe dit werk, as op mense. Tipiese beroepe: ingenieurs, tegnici soos passer en draaiers, gereedskapmakers, ketelmakers, elektrisiëns, motorwerktuigkundiges, sweisers, ensovoorts. Verpligte vakke: Wiskunde en Fisiese Wetenskap is verpligtend. Die vakke wat aanbeveel word sluit in Ingenieursgrafika en -ontwerp, Meganiese tegnologie of Siviele tegnologie. Waar dink JY lê jou aanleg? Is jou TPT hoog genoeg op die oomblik of sal jy harder moet begin werk? Stel jouself meer bloot aan geleenthede om jou entrepreneurskapsvaardighede te ontwikkel.

Die keuse van ’n studierigting is nie maar ’n vinnige of oppervlakkige besluit nie. Te veel studente kies nog studierigtings omdat hulle vriende in dié rigting studeer. Dit is die verkeerdste ding wat jy kan doen. Die maak van ’n studiekeuse is ’n persoonlike saak waaroor net jy kan besluit.

PERSOONLIKHEID Die term persoonlikheid is ’n wye begrip, wat heelwat verskillende elemente van ’n mens se gedrag bevat. Die handleiding van die persoonlikheidstoets noem die volgende twee aspekte wat van belang is: “Dit sluit die persoonlikheidsdimensies van die algemene persoonlikheidsfeer in, waarvan die bestaan reeds deur navorsing gestaaf is”, en “die toetsresultate verskaf ’n insigvolle begrip van daardie aspekte van ’n persoon se persoonlikheid wat bydra tot (of afbreuk doen aan) sy/haar werkverrigting in sy/haar omgewing”. Die hoofkriteria wat gewoonlik deur persoonlikheidstoetse gemeet word, is: 1. Ekstrovert / introvert Ekstroversie dui op ’n voorliefde vir kontak met mense. Hierdie persoon wil gewoonlik tussen mense wees en met mense werk. Dit word ook as die sosiale persoonlikheid beskryf en hierdie tipe persoon funksioneer optimaal tussen mense. Ekstroverte word gewoonlik gekenmerk deur hartlikheid, selfvertroue, spontaneïteit, opgeruimdheid, vrypostigheid, lewenslus, geesdrif en warmhartigheid. Hulle word dikwels beskryf as die “siel” van ’n partytjie. ’n Ekstrovert sal daarvan hou om met mense, of tussen mense te werk. Hierdie persoonlikheidstipe hou nie daarvan om alleen


op sy of haar eie te funksioneer nie. Interaksie met ander mense is hier baie belangrik. Introversie dui weer meer op individualisme, terughoudendheid, erns, sensitiwiteit, swygsaamheid, emosie, gespannenheid, geneigdheid tot skuldgevoelens en ’n meer konserwatiewe geaardheid. Hulle hou meestal daarvan om alleen hulle eie ding te doen. Voorbeelde van beroepe waarin introverte kan uitblink, is navorser, rekenaartegnikus, programmeerder, aktuaris en tekenaar. 2. Emosioneel / onemosioneel Emosionele mense se besluitneming word gewoonlik deur hulle emosies beïnvloed. By mense wat emosionaliteit as deel van hulle samestelling besit, kom gewoonlik dinge soos gespannenheid, gejaagdheid, onsekerheid, sensitiwiteit, perfeksionisme, teerhartigheid, bekommernis en angstigheid voor. Dit is vir hulle belangrik om die “regte” ding te doen – dit wat deur die gemeenskap as “reg” aanvaar word. Mense met hierdie karaktertrek moet versigtig wees om beroepe te kies wat baie emosioneel van aard is, soos byvoorbeeld ’n veearts wat diere moet kan uitsit of ’n mediese dokter wat vir die pasiënt moet kan sê dat daar niks meer is wat vir hom of haar gedoen kan word nie. Die meer onemosionele persoon kan beskryf word as ’n persoon wat nie deur sy of haar emosies gedryf word nie. Hierdie tipe persoon kan besluite neem sonder dat dit deur emosies beïnvloed word, byvoorbeeld dit is nou die regte tyd om die dier uit te sit aangesien hy net ly. Hierdie tipe persoon pas tipies goed in beroepe waar die rasionele eerder as die emosionele belangrik is. Voorbeelde van sulke beroepe is ingenieur, medikus, veearts en verpleegster.

uitdagings laat hulle dikwels ongemaklik voel. ’n Vasgestelde struktuur help hulle om optimaal te funksioneer. Die avontuurlustige persoon hou daarvan om nuwe dinge te doen en te ontdek. Hulle hou van nuwe uitdagings en wil binne ’n gedurig veranderende omgewing werk. Hulle raak maklik verveeld en soek voortdurend nuwe dinge om hulself mee uit te daag. 5. Gespanne / ontspanne Gespanne persone hou van ’n veilige, nieveranderende omgewing. Hulle wil veilig voel binne die omgewing waarin hulle werk. Vaste riglyne en strukture gee aan hulle die veiligheid en sekerheid wat hulle graag wil hê. Ontspanne persone raak nie maklik ontsteld nie. Hulle hou van uitdagings en om nuwe dinge aan te pak. Hulle word nie maklik van stryk gebring nie en geniet dit om voor uitdagings te staan te kom. Hulle wys nie maklik hulle emosies nie. Bogenoemde is geensins ’n volledige beskrywing van persoonlikheid nie. Dit kan alleen as ’n riglyn gebruik word in die besluitnemingsproses rondom beroepskeuse. Dit is baie belangrik om daarop te let dat daar geen “regte” of “verkeerde” persoonlikheid is nie. Dit is byvoorbeeld nie verkeerd om ’n introvert te wees nie. ’n Introvert hoef nie te probeer om meer ekstrovert te word nie. ’n Introvert mag ’n uitstekende navorser, ingenieur, aktuaris, ensovoorts wees. Ekstroverte wat van mense om hulle hou, sal op hul beurt dit weer nie geniet om alleen in ’n laboratorium te sit en navorsing doen nie. Dit is belangrik om te kyk na die “tipe” persoonlikheid wat vir ’n bepaalde beroep belangrik is, en dan te kyk hoe jou persoonlikheid daarby pas.

3. Saggeaard / selfgeldend Saggeaarde mense is gewoonlik goeie volgelinge. Hulle hou daarvan om binne ’n bepaalde veilige struktuur te funksioneer. Besluitneming kan vir hulle moeilik wees en hulle skram dus gewoonlik weg van situasies waar hulle baie verantwoordelikheid moet dra. Hierdie tipe persoon is gewoonlik sensitief en word maklik deur emosies beïnvloed. Indien hy of sy saam met ’n sterk persoonlikheid werk, voel hy of sy gewoonlik veilig en kan dan sy of haar beste lewer. Die selfgeldende persoon is gewoonlik die leier in sy/haar groep. Dit is die persoon wat maklik leiding neem en besluite kan neem. Hulle is gewoonlik meer aggressief en word nie so maklik deur emosies beïnvloed nie. Mense met hierdie karaktertrek wys ook nie maklik hulle emosies nie. 4. Skaam, teruggetrokke / avontuurlustig Die skaam, teruggetrokke persoon is lief om eerder op sy of haar eie te werk en nuwe

Watter van die vyf woorde hierbo beskryf jou persoonlikheid die beste? Watter ander eienskappe, dink jy, beskryf jou goed?

BELANGSTELLING Belangstelling word in die handleiding soos volg beskryf: “Die vrae in die vraelys het betrekking op die beoefening van aktiwiteite wat onderliggend is aan ’n aantal van die belangrikste breë beroepsrigtings. Die kind se gerigtheid ten opsigte van ’n sekere groep aktiwiteite behoort dan ’n aanduiding te gee van sy/haar belangstelling in dié beroepsrigting of -rigtings waarvan die aktiwiteite die basis vorm.” Van die drie aspekte, aanleg, persoonlikheid en belangstelling, is belangstelling die een wat

29


die maklikste kan verander. Dit verander deur die jare soos wat ’n persoon se blootstelling verander. As jy byvoorbeeld nog nooit aan die mediese veld blootgestel is nie, is dit baie moeilik om daarin belang te stel. Jy kan dus nie werklik in iets belangstel waarmee jy nog nooit kennis gemaak het nie. In hierdie sin is belangstelling dus baie nou gekoppel aan jou ervarings- en bewussynsvlak. Dit is ook een van die redes waarom die belangstelling so veranderbaar is. Dit is dus ’n goeie plan om jou aanleg en persoonlikheid te ken, en dan daarvolgens navorsing te doen om te sien waarin jy spesifiek belangstel. Stel jouself dus bloot aan nuwe geleenthede om te groei! Alhoewel belangstelling baie veranderlik van aard is, is dit geensins onbelangrik nie. Belangstelling is verantwoordelik vir motivering. As jy geen belangstelling in ’n bepaalde rigting het nie, sal dit moeilik wees om jouself te motiveer om in dié spesifieke rigting te studeer. Dit is een van die belangrikste redes waarom studente in hulle kursusse uitsak. Hulle begin in ’n bepaalde rigting studeer, maar weet nie genoeg daaromtrent nie. Met die eerste reeks swak punte of probleme, skop hulle op, want daar is nie die nodige belangstelling om deur te druk nie. Kennis van die studierigting is dus uiters noodsaaklik vir die vorming van ’n spesifieke belangstelling. Samevattend kan die volgende beeldspraak gebruik word:

Die mens kan met ‘n boot vergelyk word

30

Die mens kan met ’n boot vergelyk word... • Die romp van die boot stel die persoonlikheid voor. Party mense se persoonlikheid lyk soos die romp van ’n groot luukse passasierskip – vol liggies en allerlei besienswaardighede. Hierdie beeld verteenwoordig die ekstroverte. Dit is die groot leiers in die gemeenskap. Almal weet van hulle en sien op na hulle. Hulle is die voorlopers. Ander se persoonlikhede kan moontlik weer met die romp van ’n seilof roeibootjie vergelyk word. Hulle is nie die voorlopers en die praters nie, maar eerder die doeners. Hierdie is die meer stil introverte wat rustig op hulle eie tyd alleen die take afhandel. Alhoewel hulle nie so maklik raakgesien word nie, doen hulle op hul beskeie manier hulle ding. • Die enjin van die boot stel intellektuele vermoëns voor. Party mense is intellektuele reuse, wat met ’n kragboot met ’n groot enjin vergelyk kan word. Hierdie bote beweeg blitsig oor die water en die “gewone” bote kan gewoonlik nie bybly nie. Hierdie beeld stel die ingenieurs, dokters, spesialiste, advokate, ensovoorts van die gemeenskap voor. Ander persone kan vergelyk word met ’n klein bootjie met ’n kleinerige enjin. Hierdie bootjie beweeg stadiger, maar kom ook op die ou end uit waar dit wil.

Hierdie is nie die intellektuele reuse in die gemeenskap nie, maar dit is die mense wat goed gedoen kry. Hulle werk op hulle eie tyd en lewer op hulle manier ’n waardevolle bydrae tot die gemeenskap. • Die roer van die boot is sy rigtinggewer. Sonder die roer kan die vinnigste motorboot of die pragtigste passasierskip na nêrens vaar nie. Die roer van die boot kan met belangstelling vergelyk word. As jy geen belangstelling in ’n bepaalde rigting het nie, sal jy net soos ’n boot sonder roer bloot rigtingloos voortdobber sonder om ooit by jou bestemming uit te kom.

Om op te som! Ons kan dus sê dat jy die volgende aspekte die hele tyd in gedagte moet hou terwyl jy ’n beroepskeuse maak: • Aanleg • Persoonlikheid • Belangstelling • Vakkeuses • Skoolkeuses • Punte • Toelatingsvereistes van die bepaalde inrigting en jou TPT • Kennis van die bepaalde beroep en • Skaarsheid en aanvraag vir die tipe dienste wat die beroepsveld bied. Saam speel al hierdie aspekte ’n belangrike rol in die maak van ’n suksesvolle beroepskeuse. As jy een uit die oog verloor, verminder dit jou kanse om ’n goeie beroepskeuse uit te oefen aansienlik. Waarin stel jy belang? Wat is jou stokperdjies? Wat dink jy is die verskil tussen ’n mens se belangstellings en stokperdjies? Om jou te help om ’n ingeligte besluit te kan maak, is daar hulpmiddels soos aanlegtoetse, persoonlikheids- en belangstellingsvraelyste. Dit sal jou ook loon om hierdie resultate met jou ouers en enige ander ingeligte persoon wat jy vertrou, te bespreek. Hulle kan moontlik aspekte raaksien waaraan jy nooit gedink het nie. Omdat jy jou aanleg en persoonlikheid nou ken, sal jy weet watter tipe studierigting die regte een vir jou sal wees. Deur die vakkeuse goed te deurdink, kan jy sorg dat meer as een beroepsrigting vir jou oopgesluit lê.


Hoe maak ek vakkeuses? Prof. Louis Jacobs Die maak van korrekte vakkeuses is die eerste belangrike stap in die maak van die korrekte beroepskeuse. Ongelukkig word hierdie belangrike keuse reeds gedurende graad 9 gedoen wanneer die meeste dertienof veertienjariges nog baie min aan ’n beroepskeuse gedink het. Dit kan dus maklik gebeur dat vakkeuses beïnvloed word deur faktore wat nie van belang gaan wees oor vyf jaar nie, soos dat daar te min tyd vir sport gaan wees as jy ’n moeiliker vak soos Wiskunde kies. Miskien gaan jy harder moet leer as jou maats en dalk gaan jy nie so dikwels soos hulle kan gaan rondloop in winkelsentrums nie, maar binne die groter prentjie gaan jy op die lang termyn die een wees wat bevoordeel word. ’n Ander moontlikheid is dat vakke gekies word op grond van die onderwyser wat dit aanbied. Die fout wat leerders maak, is om vakke te los omdat hulle nie met ’n spesifieke onderwyser oor die weg kom nie. Die kern hier is om te bepaal of jy die aanleg en verstandelike vermoëns het om die vak baas te raak. Indien jy dit kan doen, sal jy moet probeer om ongeag die onderwyser deur te druk. Daar is altyd ’n plan wat jy kan maak, soos om ekstra klasse te neem. Om ’n vak te los net omdat dit deur ’n kwaai onderwyser of ’n onderwyser waarmee jy nie oor die weg kom nie, aangebied word, is nie die antwoord nie. Jy benadeel net jouself daardeur. Baie leerders maak ook besluite op grond van die opinies van hul maats. Indien jy na hierdie hoorsê sou luister, kan dit gebeur dat jy dalk besluit om nie die vak te neem nie. Sit eerder saam met jou ouers of ’n ouer broer/suster en gesels oor die implikasies van jou keuses; maak ingeligte keuses en neem verantwoordelikheid vir jou eie toekoms!

Hoekom is vakkeuses so belangrik? Wanneer jy in graad 12 ernstig oorweging gee aan ’n studierigting, kan jy moontlik in ’n situasie wees waar jy ’n noodsaaklike vak vir die studierigting wat jy wil volg, nooit geneem het nie. Om dit reg te stel kan tot twee jaar neem, en sal jy moontlik die vak op graad 10-, 11- en 12vlak by ’n kollege moet voltooi. Ten einde sinvolle vakkeuses te kan maak, is dit noodsaaklik dat jy sal weet wat die vereistes is wat universiteite en kolleges vir ’n bepaalde studierigting stel. Wanneer jy die dag voor die groot besluit van vakkeuses te

staan kom, hou die studierigting waarin jy mik, in gedagte. Geesteswetenskappe Vir hierdie studierigting is geen spesifieke vakke nodig nie. Die TPT-vereiste vir toelating is die belangrikste oorwegende faktor. Natuurwetenskappe Wiskunde en Fisiese Wetenskap is verpligtend. Wiskundige Geletterdheid word nie vir hierdie studierigting aanvaar nie. ’n Punt van 60% en hoër vir hierdie vakke word gewoonlik vereis. Vind uit watter vakke aanbeveel word of tot jou voordeel sal wees vir die beroepsrigting waarin jy belangstel. Vir ’n wetenskaplike studierigting, kan jy die volgende vakkeuse oorweeg: • Wiskunde • Fisiese Wetenskap • Lewenswetenskap • Rekeningkunde, Besigheidstudies of Ekonomie Handelswetenskappe Wiskunde is ’n vereiste. Sommige universiteite erken wel Wiskundige geletterdheid as vak vir die rigting. Alhoewel Rekeningkunde nie ’n vereiste is nie, sal dit tot jou voordeel wees om dit as vak te hê. Indien jy oortuig is dat jy ’n handelsrigting wil volg, kan jy die volgende vakkeuse oorweeg: • Wiskunde • Rekeningkunde • Ekonomie • Besigheidstudies Tegniese rigting Indien jy seker is dat jy in ’n tegniese rigting wil studeer, oorweeg dit dan om na ’n tegniese hoërskool te gaan. Die volgende vakke word aanbeveel: • Wiskunde • Fisiese Wetenskap • Ingenieursgrafika en -ontwerp • Meganiese Tegnologie of Siviele Tegnologie

Hoe maak mens as jy nog glad nie sekerheid het oor die rigting waarin jy gaan studeer nie? Indien jy nog totaal onseker is wat jy eendag wil gaan doen en oor ’n gemiddelde of bogemiddelde verstandelike vermoë beskik, kan jy die volgende vakkeuse kies en soveel moontlike studierigtings vir jouself oophou: • • • • • • •

Afrikaans Engels Lewensoriëntering Wiskunde Fisiese Wetenskap Lewenswetenskap Rekeningkunde

31



Meetkunde: Volume en oppervlakte van figure, skaaltekeninge, kaarte en bouplanne, driehoeke en ander veelhoeke, analitiese meetkunde, transformasiemeetkunde. Trigonometrie: Die ses trigonometriese verhoudings, trigonometriese grafieke, die oplos van driehoeke en ander figure se sye en hoeke. Datahantering: Insameling, opsomming en voorstelling van data, sentrale neigingsmetings en verspreidingsmetings, frekwensie en waarskynlikheid, Venn-diagramme.

Wat is Wiskundige Geletterdheid? Wiskundige Geletterdheid is ’n afsonderlike vak en hou glad nie met “gewone” Wiskunde verband nie. Wiskundige Geletterdheid is ’n vak wat ten doel het om praktiese toepassing van wiskundige beginsels in die moderne wêreld vir leerlinge aan te leer en van hulle wiskundig-vaardige landsburgers te maak. Dit poog om die leerder te help om die wêreld van syfers rondom hom te verstaan en te interpreteer. Hier kry die leerder geleentheid om Wiskunde in alledaagse probleemsituasies toe te pas. Wiskundige Geletterdheid ontwikkel die leerder se vermoë om alledaagse probleme numeries te interpreteer en krities te analiseer.

Werk jy hard genoeg?

Wiskundige Geletterdheid ontwikkel die volgende vaardighede: • Die vermoë om basiese wiskundige berekenings te gebruik om alledaagse probleme op te los. • Die vermoë om inligting te verstaan wat wiskundig of syferkundig voorgestel word. • Die vermoë om logiese argumente te volg. • Die vermoë om wiskundig te kan kommunikeer – om syfers te kan verstaan, en sin daaruit te kan maak.

12-sertifikaat moet neem. Die volgende riglyne kan gebruik word wanneer tussen die twee vakke gekies moet word: 1. Aanleg en verstandelike vermoëns Jy kan maklik vasstel of jy wel in staat is om Wiskunde te kan doen. Die resultate van ’n aanleg- of verstandsvermoë toets, sal ’n goeie aanduiding gee of jy die vak sal kan baasraak of nie. Die goue reël om in gedagte te hou, is dat indien jy die vermoë het om Wiskunde te doen, jy dit wel as vak sal neem. Selfs al beteken dit dat jy harde werk en lang ure gaan moet insit. Dit maak net soveel meer rigtings en beroepsvelde vir jou oop.

Indien jy nie die vermoë het om Wiskunde te kan doen nie, moet jy Wiskundige Geletterdheid neem. Mense wat kunstig en kreatief, taalkundig en mensgerig is, hoef in die meeste gevalle nie ’n buitengewone wiskundige aanleg te hê nie en gaan gewoonlik nie Wiskunde vir hul studierigtings of toekomstige beroepe nodig hê nie. 2. Die studie of beroepsrigting wat jy wil volg

Getalle en patrone, breuke, desimale breuke en persentasies, rentekoerse en verhoudings, direkte en indirekte eweredigheid, meting van lengtes en afstande en die herleiding tussen eenhede, berekening van volume, oppervlakte en omtrek, wetenskaplike notasie, Finansiële Wiskunde, skets van grafieke en interpretasie daarvan, driehoeke, vierhoeke en prismas, skaaltekeninge, datahantering.

Nadat jy bepaal het of jy oor die nodige vermoëns beskik om Wiskunde te doen, moet jy bepaal of jou gekose studierigting wel Wiskunde vereis. Om hierdie inligting te bekom en seker te maak dat jou inligting op datum is, kontak verskeie tersiêre instansies waarby jy moontlik wil gaan studeer. Indien jy Wiskundige Geletterdheid as vak neem, moet jy liefs vakke soos Fisiese Wetenskap, Ingenieursgrafika en -ontwerp en Meganiese Tegnologie of Siviele Tegnologie vermy. Hierdie vakke vereis ’n sterk wiskundige onderbou. Neem dus vakke wat aanvullend is tot Wiskundige Geletterdheid en wat jou ’n goeie agtergrond vir verdere studies in jou belangstellingsveld kan gee.

Hoe kies ek tussen Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid?

Ek sukkel in die Wiskundeklas – wat nou?

Wiskundige Geletterdheid is ’n selfstandige vak uit eie reg en moet geensins gesien word as ’n afgewaterde vorm van Wiskunde nie. Leerlinge wat nie belangstel om moontlik in ’n wiskundige rigting te gaan studeer nie en leerlinge wat geen aanleg of talent in Wiskunde het nie, moet die vak oorweeg. Wat belangrik is, is dat alle leerders óf Wiskunde óf Wiskundige Geletterdheid vir die graad

Wiskunde is vir meeste van ons geen maklike vak nie. Daar kom tye waar moedeloosheid, planloosheid en moed-opgee ’n mens wil oorval. In sulke tye is dit goed om die volgende raad in gedagte te hou: • Die meeste vaardighede wat die moeite werd is om in die lewe aan te leer, is aanvanklik moeilik. Niemand behaal uitnemendheid in ’n veld sonder harde,

Gewoonlik word die volgende onderwerpe in ’n goeie Wiskundige Geletterdheidleerplan gedek:

33



Hierdie vakkeuse maak dit vir jou moontlik om enige van die basiese studierigtings te volg. Let daarop dat jy steeds die nodige punte moet behaal. In hierdie verband steun die universiteite baie swaar op die TPT.

Wiskunde as skoolvak en ons prestasie daarin weet ons dat dit ’n vak is waaroor ons baie mooi moet besin. Daarom kyk ons in hierdie artikel na ’n paar stukkies raad vir Wiskundevraagstukke. Ons gesels oor:

Sorg dus dat jy ook aan dié vereiste voldoen.

• Die keuse tussen Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid • Ek sukkel in die Wiskundeklas – wat nou?

Die belangrikste aspek wat by die maak van jou vakkeuses in gedagte gehou moet word, is dat jy die vertroue moet hê dat jy jou vakke sal kan baasraak. Met jou toekomstige loopbaan die hele tyd in gedagte, kan jy dan gemotiveerd en voluit daarvoor werk! Vir graad 8 en 9: Watter vakke gaan jy nodig hê? Vir graad 10, 11 of 12: Het jy die regte vakke vir die rigting waarin jy wil gaan studeer? Het jy die regte vakke om vir ‘n spesifieke beroep, waarin jy belangstel, te studeer? As jy nie die regte vakke het nie, wat gaan jy moet verander? Een van die grootste keuses wat jy gaan moet maak, is om te besluit of jy Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid gaan vat. Daar is nog baie leerlinge wat nie heeltemal verstaan wat die verskil tussen die twee vakke is nie. Lees die volgende artikel mooi deur en maak seker jy weet watter gevolge jou keuse gaan hê.

Die belang van Wiskunde vir my toekoms Dr. Danie Brink Uitvoerende Direkteur van Solidariteit Helpende Hand

G

ottfried Leibnitz het gesê dat musiek die plesier is wat jou brein ervaar wanneer jy besig is om te tel sonder dat jy weet jy tel. Vir die meeste van ons “gewone” mense is daar ongelukkig baie min plesier verbonde aan ons ervaringe van Wiskunde. Maar te midde van die realiteit van ons worstelinge oor

Om ’n ingeligte keuse tussen Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid te kan maak, is dit nodig dat jy sal verstaan presies wat elkeen van die vakke behels. Jy sal ook moet weet wat die vereistes vir die vakke is. Dit help ook om kennis te dra van die deure wat elke vak vir jou sal oopmaak. Die volgende beskrywings kan jou help in die maak van ’n keuse:

Wat is Wiskunde? Wiskunde is die logiese en kritiese beredenering en oplossing van probleme – verkieslik lewenswerklike probleme, maar ongelukkig heel dikwels in die Wiskundeklaskamer teoretiese, abstrakte probleme. Wiskunde is verder die bestudering van wiskundige patrone en die oplossing van verwante patrone. ’n Leerling word nie net geleer om formules te gebruik om probleme op te los nie, maar word ook geleer om nuwe unieke formules te genereer vir nuwe unieke probleme. Sommige van die afdelings van die Wiskunde wat in Suid-Afrika op skool bestudeer word, is statistiek, meetkunde en trigonometrie. Statistiek behels die voorstelling van data op ’n verstaanbare manier en die wiskundige interpretering van numeriese data vir die gebruik van mense. In meetkunde bestudeer ons die eienskappe van figure en pas stellings toe vir die interpretering daarvan. ’n Studie van trigonometrie stel ons in staat om ons kennis van hoeke, driehoeke en die verhouding tussen die sylengtes van reghoekige driehoeke toe te pas vir berekeninge in die wêreld. Alhoewel basiese rekenkunde, berekeninge met breuke, die gebruik van formules en die uitvoer van logiese wiskundige stappe nie noodwendig geklassifiseer word as Wiskunde nie, bly hierdie basiese vaardighede van kardinale belang in die Wiskundeklaskamer. Daarom is dit belangrik om hierdie vaardighede baie goed aan te leer sodat dit ingespan kan word om goeie Wiskunde te doen. Alhoewel nie die enigste rede nie, is ’n gebrek aan bogenoemde vaardighede gereeld deel van ’n leerling se struikelblok in die Wiskunde-klaskamer. Gewoonlik word die volgende onderwerpe in ’n goeie Wiskunde-leerplan gedek: Algebra: Produkte en faktore, algebraïese breuke, die oplos van vergelykings, die oplos van ongelykhede, die skets en interpretasie van grafieke, getalle en getalpatrone, finansiële Wiskunde en renteberekening.

35


pligsgetroue, gereelde insette nie. • Om nuwe wiskundige vaardighede aan te leer, verg heelwat oefening. Net soos iemand nie kan leer tennis speel deur na ’n tenniswedstryd op TV te sit en kyk nie, net so kan jy nie wiskundige vaardighede aanleer deur na jou onderwyser in die klas te sit en kyk nie. Jy móét tuis hard werk en vaardighede aanleer deur dit te oefen. • Om vir ’n marathon te oefen, verg konstante en toegewyde voorbereiding van baie lank voor die marathon af. Om vir enige Wiskunde-assessering gereed te wees, verg dieselfde konstante en toegewyde voorbereiding in die vorm van die inoefening van tegnieke en vaardighede. • Om iets wat moeilik is te vermy, maak daarvan ’n nóg moeiliker saak. Om moeilike wiskundige tegnieke te vermy, maak daarvan ’n onmoontlike saak. • Niemand kan Wiskunde namens jou doen of verstaan nie – ja, ook nie ’n ekstra Wiskunde-onderwyser nie. Daar is dus ongelukkig geen manier om die verantwoordelikheid vir die begrip wat nodig is vir suksesvolle Wiskunde af te skuif op iemand anders nie. Onderwysers en ekstraklas-onderwysers word te veel keer blameer vir leerlinge se mislukking in Wiskunde.

’n Plan-van-aksie vir Wiskunde

1. Doen elke dag jou deel. Selfs al kry jy nie formele tuiswerk nie, gaan die dag se klasinhoud deur. 2. Pak elke wiskundige probleem met opgewondenheid en ’n probleemoplossingsgesindheid aan. 3. Maak seker dat jy die onderwyser se raad dadelik bekom wanneer jy nie verstaan nie. 4. Een van die wêreld se grootste wiskundiges, Albert Einstein, troos ons dat dit nie saak maak hoe groot ons wiskundige probleme is nie, syne beloof hy, was veel groter.

Is Wiskunde regtig so moeilik, of kan ek nog harder werk? Het ek Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid nodig vir my beplande studierigting? Kies jy met jou verstand of met jou emosies? Maak seker dat jy nie ‘n verkeerde keuse maak omdat jy sekere vrese of persepsies het nie.




Hoofstuk 4 Grade, diplomas en sertifikate...?!

een is EN ten minste 70% in die 3 verpligte beroepsgerigte vakke uit die lys van aangewese vakke OF • ’n Hoër Sertifikaat in ’n ooreenstemmende studieveld OF • ’n Gevorderde Sertifikaat in ’n ooreenstemmende studieveld EN toepaslike skoolvakke.

kies jou kampus

Diploma

Kies die beste kwalifikasie vir JOU!

Dr. Paul Steyn akademiese hoof van Akademia

D

ie voltooiing van ’n skoolloopbaan vandag laat die afgestudeerde leerling met besonder baie opsies. Sedert 2008 het die ou matriek met vrystelling verdwyn en het dit vir enigiemand wat Graad 12 voltooi het, moontlik geword om universiteit toe te gaan. Dit is grotendeels toe te skryf aan twee faktore. Eerstens het daar ’n besef posgevat dat dit vandag absoluut noodsaaklik is om een of ander vorm van naskoolse onderwys en/ of opleiding te voltooi. Tweedens is daar geen ander opsie as ’n universiteit wat naskoolse opleiding bied op ’n vlak hoër as skoolonderwys nie. Die eertydse technikons wat alternatiewe gebied het, is nou ook universiteite. Dit is vandag gebruiklik dat die skooleindresultate uitgedruk word as ’n puntestaat waarop daar aangedui word op watter vlak universiteitstudie mag plaasvind. Dit word bereken deur ’n formule wat aan die leerling se prestasie gekoppel word en statutêre voorwaardes. Die voorwaardes om toelating tot verskillende kwalifikasies te verkry, word hieronder bespreek.

Graad Om toelating tot graadstudies te verkry, moet daar aan een van die onderstaande voorwaardes voldoen word. • ’n Nasionale Seniorsertifikaat, gesertifiseer deur Umalusi met ’n minimum van 30% in die onderrigtaal van die hoëronderwysinstelling; en minstens ’n 4 (50-59%) in elk van vier erkende NSS 20-kredietvakke (waarvan ten minste een Engels of Afrikaans moet wees) uit die lys van aangewese hoëronderwystoelatingsvakke behaal OF • ’n Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) vlak 4, gesertifiseer deur Umalusi met ten minste 60% in 3 fundamentele vakke waarvan die onderrigtaal van die instansie

Om toelating tot diplomastudies te verkry, moet daar aan een van die onderstaande voorwaardes voldoen word. • ’n Nasionale Seniorsertifikaat, gesertifiseer deur Umalusi met ’n minimum van 30% in die onderrigtaal van die hoëronderwysinstelling en minstens ’n 3 (40%) in elk van vier aangewysde NSS 20-kredietvakke (waarvan ten minste een Engels of Afrikaans moet wees) uit die lys van aangewese hoër onderwystoelatingsvakke behaal OF • ’n Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) vlak , gesertifiseer deur Umalusi met ten minste 50% in 3 fundamentele vakke waarvan die onderrigtaal van die instansie een is EN ten minste 60% in die 3 verpligte beroepsgerigte vakke uit die lys van aangewese vakke OF • ’n Hoër Sertifikaat in ’n ooreenstemmende studieveld OF • ’n Gevorderde Sertifikaat in ’n ooreenstemmende studieveld EN toepaslike skoolvakke.

Hoër Sertifikaat Om toelating tot Hoër Sertifikaat-studies te verkry, moet daar aan een van die onderstaande voorwaardes voldoen word. • ’n Nasionale Seniorsertifikaat, gesertifiseer deur Umalusi met minstens 30% in die onderrigtaal OF • ’n Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) vlak 4, gesertifiseer deur Umalusi met minstens 30% in die onderrigtaal EN toepaslike skoolvakke. Die huidige kwalifikasieraamwerk probeer voorsiening maak dat studente ook kan artikuleer, wat beteken dat dit nie onmoontlik is om vir ’n graad te studeer al sou jou matriekuitslae dit aanvanklik nie moontlik maak nie. Mens kan selfs tot by ’n doktorsgraad vorder sonder om eers ’n graad te behaal! As jou studies met sukses elke jaar afgehandel word en jy begin met ’n diploma, sal dit jou EEN jaar langer neem om tot by toelating vir ’n doktorsgraad te vorder, sonder om eers ’n graad te verwerf. Die pad om te volg is: • Diploma (3 jaar) • Gevorderde Diploma (1 jaar) • Nagraadse Diploma (1 jaar) • M-Graad (2 jaar) • Doktorsgraad

39


Dit is daarom belangrik dat mens nie verval in ’n vlaag van moedeloosheid wanneer jou matriekuitslae na jou mening nie wenslik is om met graadstudie aan ’n universiteit te begin nie. Loopbaanvoorbereiding deur alternatiewe studierigtings is moontlik, nie net vir ’n beroep nie, maar ook met die oog op volhoubare studie in ’n akademiese rigting. Om nie vir ’n graad te kwalifiseer nie, is nie die einde van die aarde nie!

Aangewese NSS 20-kredietvakke • • • • •

2 Amptelike Tale Wiskunde Wiskundige Geletterdheid Rekeningkunde Fisiese Wetenskappe (voorheen Natuur- en Skeikunde) • Besigheidstudies (voorheen Bedryfsekonomie) • Lewenswetenskappe (voorheen Biologie) • Verbruikerstudies (voorheen

• • • • • • • • • •

Huishoudkunde) Ekonomie Inligtingstegnologie Landbouwetenskap Musiek Dramakunste Religiestudies (voorheen Bybelkunde) Ingenieursgrafika en -ontwerp (voorheen Tegniese Tekeninge) Visuele Kunste Geografie Geskiedenis

Vir watter tipe verdere studies het jy toelating? Het jy die regte vakke om toelating tot jou rigting te kry?

Voltyds vs deeltyds... Marthinus Visser besturende direkteur van Akademia

H

erman is ’n baie skrander kind. Hy presteer nog altyd akademies baie goed en het ’n wye belangstelling. Aan die begin van sy graad 12 jaar was hy redelik seker waar hy na skool wil gaan studeer, maar na aanleiding van ’n gesprek met sy oom Johan, ’n tandarts in die buiteland, weet hy glad nie meer of dit die regte ding is om te doen nie. Sy ouers het dit nie baie breed nie en

40

die gedagte aan die honderde duisende rande se studielenings maak sy maag draai. Miskien moet hy eers by sy ander oom se besigheid, ’n meganiese ingenieursbedryf, gaan werk, ’n paar rand verdien en dan besluit wat hy wil doen Herman se vrae, soos baie ander kinders wat groot besluite moet neem aan die begin van hul loopbane, is glad nie uitsonderlik nie. Een van die probleme van jongmense vandag, is dat hulle nie altyd genoeg inligting het om hierdie groot besluite te neem nie. Skoolverlaters en werkende mense is nie altyd bewus van die verskillende opsies wat daar bestaan om hulself te bekwaam of te verbeter nie. Kom ons probeer om die lig te werp op twee belangrike konsepte in die wêreld van opleiding, naamlik dié van voltydse studie teenoor dié van deeltydse studie.

Voltyds of deeltyds Laat ons hierdie twee ietwat verouderde begrippe bietjie analiseer en definieer. Hierdie twee begrippe verwys na die enigste twee tradisionele toegangsweë wat skoolverlaters gehad het tot hoër onderwys. Die mees bekende was natuurlik die weg van voltydse studie wat verwys het na die plek waar iemand gaan studeer het as die tyd aan studie spandeer (ek gaan op Stellenbosch studeer!). Studente wie “voltyds” studeer het aan residensiële universiteite vir die duur van die studie, gaan woon op die dorp waar die universiteit geleë is en dan al sy tyd aan sy/haar studies gewy het. Hierteenoor was die belangrikste kenmerk van studente wie “deeltyds” studeer het dat hulle inkomste verdien het (gewerk het) terwyl hulle ingeskryf was vir studie deur een of ander instelling (gewoonlik Unisa) wat programme deur ’n korrespondensiemodel moontlik gemaak het. Alhoewel baie dinge dieselfde gebly het, het dinge ook baie verander. Die koms van die “aanlyn”-wêreld het ’n groot impak gemaak op opleiding. Mens sou kon sê dat daar ’n hele nuwe klomp opsies moontlik geword het vir mense om toegang te kry tot hoër onderwys. Kom ons ontleed die moontlikhede aan die hand van die tradisionele terme. Terug by Herman ... Terwyl hulle gesels het oor sy studies, het oom Johan gesê dat sy kinders (Herman se nefies en niggies) baie swaar afbetaal aan hul studieskuld en dat hy (oom Johan) nie seker is of die kool die sous werd is nie. “As daar maar net ander opsies was om ’n kwalifikasie te bekom,” dink Herman “maar sal ek deurkom as ek deur die ‘pos’ studeer?” wonder hy. “Oom Johan het gesê dat om voltyds te studeer sy kinders ongeveer R250 000 vir ’n driejaargraad sal kos (in ag genome die koste aan rente op die lenings). Die opsie om te studeer terwyl hy by sy ander oom begin werk en sodoende studeer sonder studieskuld lyk baie rooskleurig.”


Die nuwe wêreld van leer Vandag is die opsie om by ’n tradisionele residensiële universiteit te studeer steeds daar. Meeste van die openbare universiteite in SuidAfrika bied vandag steeds opleiding van hoë gehalte aan. Alhoewel van ons universiteite baie goed presteer met die middele tot hul beskikking, is hulle prestasie in vergelyking met soortgelyke universiteite in die wêreld nie baie goed nie. Dit is dus nie noodwendig waar dat ’n kwalifikasie verwerf aan ons plaaslike universiteite hoog aangeskryf word in die buiteland nie en dat sodanige kwalifikasie deure vir werk in die buiteland sal oopmaak nie. Die kostes om by openbare universiteite te studeer, is oor die algemeen redelik hoog en daar is veral verskuilde kostes waarop mens mooi moet let. Die grootste koste behalwe klasgelde, is die leefkoste vir die student tydens die duur van die studie. Daar bestaan steeds groot instellings wat tradisionele korrespondensieprogramme aanbied. Alhoewel hierdie instellings die geleentheid bied vir studente om teen laer koste te studeer en terselfdertyd ook inkomste te verdien, is die slaagsyfer van studente wat hierdie keuse maak, nie baie hoog nie.

Dit bring ons by nuwe moontlikhede vir studeer.

Dit bring ons by die nuwe moontlikhede vir studeer. Dit vra dat ons die gewone vertrekpunte oor leer skuif. Tradisioneel het ons geglo dat matriek reeds ’n “kwalifikasie” is. Verder is geglo dat mens universiteit toe gaan om ’n kwalifikasie te kry en na afloop daarvan te gaan werk en nooit weer hoef te leer nie. Met die aanbreek van die kennisekonomie (teenoor die industriële ekonomie) word hierdie vertrekpunte uitgedaag en sal ons daarby moet aanpas. In vandag se wêreld waar kennis baie vinnig vermeerder, word dit uiters belangrik om voortdurend te leer en by te bly met relevante kennis vir jou leefwêreld en werksomgewing. ’n Aanvanklike kwalifikasie is uiters belangrik, maar ’n mens moet in vandag se kennisekonomie voortdurend leer – vandaar die term lewenslange leer.

korrespondensiemodelle maak nie hiervoor voorsiening nie en dit is baie moeiliker om so suksesvol te wees. • Bepaal wat die studiekoste is van die instelling waar jy wil studeer en bepaal dan of jy dit kan bekostig. Maak seker dat jy nie te groot leningsrisiko’s neem nie. Oor die algemeen is die totale koste van residensiële universiteite baie hoër as ander en veral hoër as afstandsonderriginstellings. • Stel vir jouself doelwitte ten opsigte van die tyd wat jy aan jou studies kan bestee en hou by jou beplanning • Probeer om die kwalifikasie te voltooi in ’n tydperk wat nie te lank is nie – gee vir jouself ’n jaar ekstra vir ’n driejaarkwalifikasie. • Moenie ophou om te studeer nie – dit moet deel van jou lewensplan wees om altyd te leer. Gaan jy voltyds of deeltyds verder studeer?

Jou roetekaart en reis na ’n beter toekoms Philip Minnaar waarnemende hoof van Sol-Tech

Die “hoe?” van leer Dit bring ons by die vraagstuk van die hoe van leer. Nuwe tegnologie maak nuwe maniere van leer moontlik. Sommige stelsels voeg baie waarde toe aan leer, maar ander is nie veel beter as die tradisionele korrespondensiemodelle nie. Daar is vandag ook baie goeie privaat instellings waarby mens kan studeer. Dit is dus baie belangrik dat ’n voornemende student eers moet vasstel wat sy/haar behoeftes, uitdagings en beperkinge is alvorens hy/sy besluit hoe om te studeer.

J

Kom ons gee vir Herman ’n paar riglyne:

aarliks oorstroom voornemende studente met groot drome verskeie tersiêre instansies regoor die land om hulleself in ’n spesifieke beroep te bekwaam. Hoopvolle studente registreer met die oogmerk om ’n dokter, ’n prokureur, ’n veearts of ’n rekenkundige te word en tog rapporteer heelwat van hierdie universiteitstudente ten einde laaste later by ander opleidingsinstansies omdat hulle drome aan die ander kant soos Aspoestertjie se koets, in ’n pampoen verander het.

• Maak seker dat die model wat jy kies begeleiding vir jou as student inhou. Daar moet dus verkieslik iemand wees wat jou van tyd tot tyd deur die materiaal help. Die meeste tradisionele

Die vraag is: Waarom gebeur dit dat studente van die een na die ander kursus spring (en selfs later op die rusbank land)? 41


Om met ’n loopbaan te begin, is baie soos om ’n lang reis te onderneem. Die twee metodes vir enige lang reis, geld ook by studies:

1. Die verkeerde metode Die eerste behels dat jy net ’n koers inslaan en kyk of hoop jy kom uit waar jy dink die eindbestemming lê. Die tekortkominge van hierdie benadering lê egter daarin dat jy die meeste van die tyd net deur skande en skade duur lesse leer. Byvoorbeeld wanneer kursusse gedruip word, of nuwe kursusse nuwe uitgawes bring, sonder om enigsins die vorige studies se suksesse op ’n CV as “geslaag” te kan aandui. Hierdie halsoorkop benadering veroorsaak ook dat belangrike toerusting tuis vergeet word. Dinge soos die wiskunde en die wetenskap wat iewers tussen graad 10 en graad 11 verlê geraak het, toe jy na wiskundige geletterheid oorgeskakel het. Wanneer die reisiger dan moet omdraai om vergete toerusting te gaan haal, word kosbare studiemaande verloor omdat daar ’n nuwe weg gebaan moet word, dikwels waar een uitsondering tot ’n volgende uitsondering lei en ’n klomp sleep-vakke die vrag so swaar maak dat die nuwe reis gedoem is voordat dit behoorlik begin het. Teen die tyd dat daar uiteindelik ’n nuwe weg gebaan is, het geleenthede die wyk geneem of die kursus het sodanig verander dat nuwe modules gedoen moet word om waarde tot die kwalifikasie te kan voeg. Iemand wat so reis, begin homself/haarself net met mislukkings identifiseer en begin glo dat daar nie enige beroepstaanplek oor is nie, en die rusbank in ma se woonkamer al voorland is. Laastens begin die ondersteuningspan (jou ouers, dosente, en vriende) ook dink dat jy as reisiger nie die eindpunt sal haal nie en begin ongemerk op doelwitte en verwagtinge afskaal en help jou soek na die eerste en beste werkie iewers by ’n familielid se hardewarewinkel.

2. Die regte metode Dus moet daar ’n beter metode wees om bo uit te kom. Dit gaan natuurlik oor goeie roetebeplanning. Hierdie roetebeplanning handel oor drie belangrike punte, naamlik: Wie is ek? Waar gaan ek heen? Hoe kom ek daar? Wie is ek – die voertuig waarmee ek reis Elke studiereisiger behoort homself/haarself te ken in terme van lewensprioriteite wat bereik wil word, en handel veral oor fisiese en emosionele gesondheid – en die wil om self daarvoor verantwoordelikheid te neem om anderkant uit te kom. Dit beteken dat die vermoë van die “voertuig” (dis nou jy) nie oor- of onderskat moet word nie. Geld was nog nooit ’n interne motiveerder om iemand ’n onaangename taak te bly laat doen nie.

42

Moenie ’n beroepskeuse maak wat net baie geld kan inbring, maar jy hou glad nie van die tipe beroep nie. Volhoubaarheid loop hand aan hand met belangstellings. Daardie dinge wat jou so lekker kielie op die maag gee en jou soos ’n lammertjie wil laat bokspring omdat jy in jou verbeelding kan sien hoe jy dit doen en almal met bewondering na jou staar oor die buitengewone vaardigheid wat jy tentoonstel. (En ek bedoel nie hier die rusbank in die woonkamer nie!!) Enige taak vra volharding en deursettingsvermoë en as jy nog nooit lus was om wiskunde te doen nie, wat gaan nou anders gebeur dat jy nuwe ywer, tyd en toewyding daar sal insit? Met ’n E-simbool in Wiskunde kan ons drome droom van aktuaris word, maar dit is meer die terrein van die A-simbool-kandidate. Dit het nog nooit gewerk dat kleiner motortjies teen wedrenmotors meeding nie, dus moet die voertuig (jy) weet hoe die roete lyk waar jy wil gaan ry en waarvoor jy kans sien. Die lekker is natuurlik dat elke tipe voertuig tuis op sy eie terrein is en voel. Dit maak beslis nie die wedrenmotor ’n belangriker voertuig as ander nie. Waar gaan ek heen? Wanneer ons ’n reis Kaap toe beplan, kyk ons dalk wat die kortste roete is, of wat die mooiste roete is. Nie een is verkeerd nie, behalwe wanneer dit die aanvanklike behoefte is om vinnig te reis en dan die mooiste roete daarvoor te kies. Dit gaan net jouself en ander reisigers op die pad frustreer. Nog ’n aspek van roetebeplanning behels die feit dat, behalwe om te oorweeg of dit die beroep is wat ver bo ander beroepe vir jou uitstaan, of daar enigsins ’n aanvraag vir die vaardighede is. ’n Grofsmit was jare gelede ’n gesogte vaardigheid, maar daar bestaan besonder min aanvraag deesdae daarvoor. Ook hoe kompeterend die beroep is. Almal wil deesdae IT-spesialiste wees, maar vergeet die enorme druk wat daagliks op hierdie groep mense is om voortdurend aan die voorpunt van die nuutste tegnologie te bly. ’n Wanpersepsie hieroor kan iemand baie, baie vinnig in ’n doodloopstraatjie laat beland. Goeie kwalifikasies kan nie betwis word nie, maar min aanwendbaarheid vir die tipe aanvraag wat daarvoor bestaan, gaan veroorsaak dat jy opnuut met ’n nuwe opleiding sal moet begin. ’n Roetebeplanning maak ook nie sin as ek net twee weke vakansie tot my beskikking het, en die reis wat ek onderneem my drie weke gaan vat om daar te kom nie. Die tempo van vordering is belangrik om te bepaal of jy jou eie gestelde doelwitte gaan bereik en of jy vinniger moet begin reis om die laagwaterbruggie (hereksamens en druipvakke) te bereik voor die gety (gradeplegtigheid) inkom. Dikwels studeer mense kursusse net as ’n vangnet vir ’n ander belangstelling. Wanneer daar twee doelwitte gelyk voor oë gestel word, word albei heel dikwels gemis. Die


belangrike hier is om al jou aandag aan een studierigting op ’n slag te gee. Langenhoven het gesê dat probeer net die beste geweer is, slegs wanneer daar tussen die loop en die kolf van die geweer onderskei kan word. Ek moet weet waar die einde is voordat ek kan wegspring.

Aan elke nuwe reisiger aan die begin van ’n opwindende nuwe roete: Sterkte en geniet die reis, maar meer nog: Geniet die bestemming wanneer jy daar aankom, en dit lyk presies soos jy jouself voor die tyd voorgestel het dit gaan wees. Hoe lyk die roete wat jy tot dusver vir jouself beplan het?

Hoe kom ek daar? Om te kan weet of ek op die regte koers is, moet ek bakens langs die pad herken wanneer hulle verbykom. Dit is die tempo waarteen jy jou studies voltooi (eerste, tweede, derde en vierde semester) en behels ook die tipe vaardighede (wiskundig, biologies, wetsgebaseer, handvaardig) wat in ’n kursus vereis word. Dit is eenvoudig nie voldoende om net van motorvoertuie te hou om ’n werktuigkundige te wees nie, daar is baie meer aan verbonde. Dis ook nie voldoende om lief te wees vir diere om ’n veearts te word nie. Daar is ook onaangename take en ongemaklike omstandighede waar die spesifieke beroep uitgeoefen gaan word. Iewers moet veeartse ook besluit om ’n siek dier uit te sit, en dit dan te doen. Indien iemand meer as twee keer met ’n lekkende kraan gesukkel het, skakel hulle ’n loodgieter. Maar wat as jy die loodgieter is? Wie skakel jy dan? Dit gaan dus ook oor hoeveel tyd wat jy jouself gun om die vaardighede aan te leer en hoe lank jou geduld is om dit oor en oor vir die res van jou lewe te gaan beoefen. Met ’n reis moet jy ook vooraf besluit of jy die hoofweg of die alternatiewe roete gaan volg, met ander woorde, watter baie spesifieke opleidingsinstansie is die roete na jou sukses? Is dit ’n universiteit, universiteit van tegnologie of ’n alternatiewe opleidingsinstansie. Enige roete het uitdagings en daar moet ook deur deeglike voorafstudie seker gemaak word dat die instansie jou sodanig gaan toerus sodat jy ’n lewe uit jou opleiding sal kan maak. Nie net ’n lewe maak nie, maar ook om in die nood van ander daardeur te kan voorsien en om die groter ekonomiese vooruitgang van die land daardeur te bevorder. Die reispad na ’n beter môre begin dus by die ontdek, ondersoek en verstaan van die self en ons vermoëns. Nie soos ons dit by ander wil beïndruk nie, maar soos ons dit self besef. Die tweede kwessie handel oor die visualisering van die reispad, en om reeds die einddoel in die oog te kry voordat jy met jou reis begin. Die laaste saak gaan oor die begin en om die roete deur goeie vernuftige beplanning self te ontwerp. Gee die eerste treë. Amper soos ’n wafferse reisagent wat ’n droompakket vir Europa saamstel. Wanneer hierdie aspekte plaasvind voordat die reis enigsins begin, kan dit nie anders dat die reis ’n plesier gaan wees en die eindbestemming ’n droom sal wees wat bewaarheid word nie.

Is jy bereid om jouself die kans te gee om die beste te maak van die geleenthede wat jy het?

Watter ander studie- / toekomsmoontlikhede is daar? Prof. Louis Jacobs Sielkundige wat in beroepsleiding, psigometriese toetse en die selfbeeld spesialiseer

D

it gebeur soms dat leerlinge nie in die posisie is om universiteit toe te gaan nie. As jy dalk nie universiteitsvrystelling het nie, nie die regte vakke het vir dit wat jy wil gaan studeer nie, of daar is eenvoudig nie finansies beskikbaar vir verdere studies nie, moet tog nie totaal moed opgee as jy jouself in hierdie posisie bevind nie. Die vraag oor watter ander studie / toekomsmoontlikhede daar is, het ’n antwoord. Daar word soms verkeerdelik gedink dat ander opleiding as ’n universiteitsgraad minderwaardig is. Byna asof mense wat nie universiteit toe gaan nie, minderwaardig is en dus ook minderwaardige opleiding kry. Gelukkig is dit nie die waarheid nie. Alle mense is nie gelukkig genoeg om universiteit by te woon nie, maar alle mense is geroepe om eendag te werk, dit te kan geniet en ’n bydrae tot die samelewing te maak. As jy nie universiteit toe gaan nie, is daar twee ander opsies om te oorweeg: 1. Kolleges en sentrums Wanneer daar na die moontlikheid van ander opleiding as ’n universiteitsgraad gekyk word, is die eerste vraag waar en deur

43


wie hierdie opleiding aangebied word. Daar bestaan verskeie kolleges en leersentrums wat opleiding in ’n groot verskeidenheid beroepsrigtings bied. Enkele voorbeelde van hierdie kolleges is: • Intec College • Abbotts College • Damelin

• Breinlyn • Cambridge • Impak

Kursusse kan by hierdie kolleges gevolg word deur die bywoon van klasse, deur middel van korrespondensie, of deur die internet of pos. Die meeste van hierdie kolleges bied kursusse vanaf graad 10 aan. Leerders wat hulle matriekskoolpunte op die manier verbeter of leerders wat moontlik die skool na graad 9 verlaat het, kan ’n graad 12-sertifikaat op hierdie wyse bekom. Indien ’n leerder graad 12 suksesvol voltooi, kan die leerder ook in aanmerking kom vir verdere studies aan ’n universiteit of kollege, afhangend van wat sy of haar vakkeuses in graad 12 was. Hierdie kolleges bied ook ’n wye verskeidenheid praktiese of tegniese kursusse aan, soos byvoorbeeld: • Haarkappery • IT-rekenaarprogrammering • Meganiese-, elektriese- en siviele tegnologie • Gasvryheidstudies • Quik books • Tekenaarskursus • Sjef- en kookkursusse • Spyseniering • Fotografie

Ambagte bied vele geleenthede

• • • • • •

44

• • • • • • • • •

Binnehuiseversierder Grafiese ontwerper Nywerheidsontwerper Kleurkonsultant Mode-ontwerper Teatertegnikus Ingenieurstegnici Telekommunikasietegnikus Tuinboukundige, ens.

• Dieselwerktuigkundige • Skrynwerker • Loodgieter • Boekbinder • Slagter en blokman • Goudsmid en juwelier In hierdie studierigtings begin die leerder gewoonlik as ’n vakleerling werk. Die teoretiese kennis word óf gedurende aandklasse óf tydens bloksessies geleer. Aan die einde van ’n bepaalde tydperk, gewoonlik 4 tot 5 jaar, gaan skryf die leerder sy of haar vaktoets en doen ’n praktiese eksamen. Indien dit suksesvol geslaag word, kwalifiseer hy of sy as ambagspersoon. Dit is nie net in die geval van tegniese rigtings waar opleiding buite universiteitsverband plaasvind nie. In die handelswetenskappe is daar ook ’n verskeidenheid studierigtings waarvoor ’n universiteitsgraad nie ’n vereiste is nie. Enkele voorbeelde van beroepe hier is: • • • • • • • •

Projekbestuur Bemarking en verkope Menslike hulpbronnebestuur Boekhouer Sekretariële werk Finansiële beplanner Assessor Algemene bestuur, ens.

Die meeste van hierdie kursusse sluit ook ’n praktiese gedeelte in waardeur die praktiese of tegniese vaardighede aangeleer word. Hierdie opleiding staan geensins terug vir enige universiteitsopleiding nie. Indien jy meer prakties of tegnies aangelê is, sal hierdie opleiding jou in staat stel om ’n goeie en genotvolle beroep te beoefen.

Hierdie tipe kursusse duur gewoonlik vanaf drie maande tot drie jaar, afhangende van die tipe kwalifikasie wat jy wil behaal. Na voltooiing van hierdie kursusse is die leerder gereed om die wêreld van werk te betree. Hou die kritieke vaardighede hier in gedagte, want dit is vaardighede binne die werksomgewing waaraan daar groot tekorte in die arbeidsmark is.

2. Indiensopleiding

Algemene indeling van moontlike beroepe

Vir die leerders wat nie na ’n formele kollege wil gaan nie, maar steeds verder opgelei wil word, is daar ’n groot verskeidenheid indiensopleidingsgeleenthede beskikbaar. Dit word veral in die tegnies/ handvaardige beroepe aangetref. In die werksomgewing staan hierdie tipe opleiding as vakleerlingskappe bekend. Dit beteken dat jy in die bepaalde rigting begin werk as ’n vakleerling en deur middel van praktiese opleiding die nodige vaardigheid aanleer. Beroepsrigtings wat veral van hierdie metode van opleiding gebruik maak, is

Ketelmakers Passer en draaier Plaatmetaalwerker Elektrisiën Motorwerktuigkundige Paneelklopper

• • • • • •

Fotograaf Meulenaar Diamantslyper Haarkapper Instrumentmeganikus Sweiser

Intec College gee die volgende algemene indeling van kursusse wat deur hulle aangebied word. Hierdie is ’n baie praktiese rangskikking van die verskillende beroepsrigtings en bied met een oogopslag ’n goeie algemene indruk van waaraan leerders kan dink. 1. Besigheidskool Hieronder val die handelswetenskaplike rigtings soos: • Algemene bestuur • Projekbestuur • Menslike hulpbronbestuur • Arbeidsverhouding • Besigheidsadministrasie • Geleentheidskoördineerder • Skakelwerk • Boekhouer • Persoonlike assistent, ens.


4. Rekenaarskool

Hieronder word beroepe soos die volgende behandel:

Hieronder word die volgende Hieronder is veral tegniese en ambagte van belang, soos tipe beroepe gevind: byvoorbeeld: • Inleiding tot • Meubel- en kabinetmaker programmering • Elektrisiën • Webtuiste-ontwikkeling • Televisie en video• IT-tegnologie herstelwerk • Multimedia • Alarm- en sekuriteitstelsels • Rekenaargrafiese kuns • Elektroniese tegnikus • Speletjie-ontwerp • Bou-konstruksie en bouwerk • Data-analise, ens. • Lugversorging en -verkoeling • Motorwerktuigkundige • Ketelmaker • Passer en draaier • Fotografie • Dieselwerktuigkundige • Blommerangskikking • Argitekstekenaar, ens. • Skoonheidsterapie • Modelwerk • Troue-organiseerder, ens.

• • • • • • • • • •

Fiksheid en dieetkunde Babasorg Kreatiewe skryfkuns Vroeë kinderontwikkeling Toerisme Hotelbestuur Kantooradministrasie Professionele spyseniering Aptekersassistent Mediese en tandartsontvangs, ens.

3. Kreatiwiteitskool

Het jy al gekyk na alternatiewe geleenthede?

5. Tegniese skool

2. Beroepskool

Hieronder word die volgende tipe rigtings gebied: • • • • •

Mode-ontwerp Binnehuisversiering Geleentheidsorganiseerder Tuinuitleg en -ontwerp Film en televisieredigering

Onthou, universiteitstudie is nie die alfa en omega nie. Jy hoef nie universiteit toe te gaan om ’n goeie werk te kry nie. Die belangrikste is dat jy dít\ doen wat jy die graagste wil doen; waarin jy ’n aanleg het en wat met jou persoonlikheid ooreenkom. Dan sal jy ’n sukses van jou beroep maak! Watter opsie tussen ’n Kollege of indiensopleiding gaan die beste werk vir die beroep wat jy in gedagte het? Watter besighede in jou omgewing bied geleenthede vir indiensopleiding?

Vakkeuses volgens die verskillende studierigtings Dit is nie net vir universiteitstudies waarvoor die regte vakke gekies moet word nie. Dit is ook belangrik om ernstig aandag te gee aan jou vakkeuse as jy nie universiteitsopleiding oorweeg nie. Die volgende basiese riglyne kan hier gestel word: 1. Tegniese studierigting Indien jy handvaardig is en ’n tegniese studierigting oorweeg, is dit belangrik om die volgende vakke te neem: • • • •

Wiskunde Natuur- en skeikunde Ingenieursgrafika en -ontwerp Tegnika siviel of meganies

’n Goeie idee is om vanaf graad 8 of graad 9 na ’n tegniese hoërskool te gaan. Die verpligte vakke by so ’n skool is gewoonlik dieselfde as hierbo genoem. Indien jy ’n tegniese rigting oorweeg, moet jy verkieslik nie die vak Wiskundige geletterdheid neem nie. Dit sal beter wees om Wiskunde tot graad 10 te neem as om Wiskundige geletterdheid tot graad 12 te neem. Vir die meeste tegniese rigtings is Natuur- en Skeikunde verpligtend. 2. Handelsrigting Indien jy in besigheid belangstel, kan jy die volgende skoolvakke oorweeg: • • • • • • • •

Wiskunde of Wiskundige geletterdheid Rekeningkunde Besigheidstudies Ekonomie Rekenaartoepassingstegnologie Gasvryheidstudies Toerisme Verbruikerstudies

Rekeningkunde speel ’n baie belangrike rol. Probeer om dit vir so ver as moontlik op skool te neem. Jy sal dit ook baie goed kan gebruik as jy oorweeg om jou eie besigheid na skool te begin. 3. Kuns en kultuur Indien jy van kuns en kultuur hou en jouself eendag daarin wil bekwaam, kan jy die volgende vakke oorweeg: • • • • • • •

Kuns Kunsgeskiedenis Dansstudies Ontwerp-, grafiese en skilderkuns Dramatiese kuns – spraak en drama Musiek Visuele kunste

Hier kan jy ook oorweeg om na ’n kunsskool te gaan, wat spesifiek op die kunste fokus.

45


4. Landbouwetenskappe Moet ook nie vergeet om jou plaaslike weeklikse koerant se advertensiebylaag te bestudeer nie. Plaaslike besighede gebruik die gemeenskapskoerant dikwels as ’n bron om hulle self bekend te stel en/of poste te adverteer. Op hierdie wyse sal jy ook waardevolle inligting bekom.

Indien jy belangstel in landbou en boerdery, kan jy die volgende vakke oorweeg: • • • •

Landboubestuurspraktyke Landboutegnologie Geografie Lewenswetenskappe

Ook in dié rigting is daar spesialisskole, byvoorbeeld landbouskole, wat spesifiek op die landbou en boerdery fokus. Bogenoemde is net ’n kort oorsig om vir jou ’n kykie te gee in rigtings waaraan jy kan dink indien jy nie universiteit toe gaan nie. Indien jy moet kies tussen kollege-opleiding en indiensopleiding, kan die volgende riglyne jou dalk help:

Finansiële advies 101

1. Hoe meer prakties gerig die beroep is, hoe beter is dit om indiensopleiding te kry.

Francois Smit besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste

Voorbeelde hier is onder andere: • Haarkappery • Loodgieter • Gasvryheidsbedryf • Tegniese rigtings soos bv. ketelmaker, motorwerktuigkundige, elektrisiën, ens. 2. Indien die beroep prakties is, maar ook ’n redelik sterk teoretiese kennis vereis, is kollege-opleiding waarskynlik beter. Voorbeelde hiervan is onder andere: • Die rekenaar veld, IT, programmering, ens. • Die besigheidsveld, bv. boekhouer, kantooradministrasie, personeelbestuur, ens. • Landbouveld bv. bosbou, landbouvoorligting 3. Die besighede in jou omgewing bied ook waardevolle moontlikhede. Maak ’n lys van al die besighede in en rondom jou omgewing. Deel hulle in groepe in, byvoorbeeld: • die wat hoofsaaklik praktiese tegnies van aard is • die wat prakties is, maar tog ook ’n basiese teoretiese kennis vereis. • kyk na watter tipe kwalifikasies hulle soek, maak ook ’n lys daarvan 4. Gaan sit nou en maak ’n lys van die beroepe wat jou die meeste interesseer As jy klaar is daarmee, maak afsprake met die besighede wat hoog op jou lys is en gaan besoek hulle. Gedurende hierdie besoek, moet jy meer uitvind oor: • Wat is vir hulle opset die beste, kollegeopleiding of indiensopleiding? • Kan jy deur hulle ook ’n kollege bywoon? • Bied hulle moontlikhede vir indiensopleiding? • Hoe lank sal die opleiding duur? • Watter tipe vergoeding kan jy verwag?

46

Die artikel het ten doel om meer lig te werp op finansiële dienste en in besonder op die verkryging en bestuur van studieskuld. Ek wil die fokus eers verskuif na wat finansiële dienste is, wat finansiële advies is, en hoe dit hand aan hand toegepas kan word. Ten einde die onderwerp eenvoudig te hou, begin by die begin. ’n Mens begin een of ander tyd in sy/haar lewe ’n inkomste verdien. Die inkomste word aangewend om te betaal vir middele om te lewe. Dit word uitgawes genoem. Die beplanning en balansering van inkomstes en uitgawes word ’n begroting genoem, iets wat baie mense te lui is om op te stel, en wat veroorsaak dat mense in geldelike verknorsings beland. Finansiële dienste het sy oorsprong in die volgende: • Die feit dat mense ’n inkomste verdien en daarteenoor uitgawes aangaan • Die feit dat mense besighede begin en sake doen • Die feit dat die lewe en besigheid nie sonder enige risiko’s aangepak kan word nie Die bogenoemde drie feite veroorsaak dat ’n mens die volgende aksies moet neem: •

Jy moet voorsiening maak vir dit wat jy weet eendag moet gebeur (bv. aftrede) • Jy moet voorsiening maak vir dit wat jy nie verwag moet gebeur nie, maar wel kan gebeur (bv. lewensverlies, skade aan eiendom, siekte ens.)


Jy moet geld in die hande kry om bates te koop en besigheid te finansier

Uit bogenoemde aksies kan ons aflei dat die finansiëledienstebedryf hom hoofsaaklik besig hou met: • • •

spaar van geld, ook genoem beleggings; bestuur van risiko’s; en finansieringsbedrywighede.

Dit is duidelik as ’n mens kyk waarmee die finansiëledienstebedryf homself mee besig hou, dat ’n bank ’n goeie voorbeeld is van ’n finansiëledienstemaatskappy. Banke lewer al drie die dienste hierbo.

Dit bring ons by die studielening...

Die geheim is om te onderhandel

Die kans is baie goed dat ’n studielening by ’n bank aangegaan word. Banke bestuur ook hul risiko’s en probeer sover moontlik risikovry besigheid doen. Dit beteken dat hulle ’n lening sal toestaan, maar daarteenoor hulself probeer beskerm indien jy nie die lening gaan of kan terugbetaal nie. Dit beteken dat hulle een of ander vorm van sekuriteit gaan soek. Wanneer studielenings ter sprake is, is banke gewoonlik gelukkig met ’n borg van die ouers van die student af, gewoonlik ook met ’n analise van die ouers se finansiële vermoë. Hulle kan ook vereis dat ’n versekeringspolis uitgeneem word om seker te maak dat die skuld vereffen word indien jy iets sou oorkom. Die geheim is om te onderhandel. Banke wil graag ’n groter markaandeel bekom, en finansiering vir opleiding is vir beide die bank en die lener van die geld sinvolle besigheid. Dit is ’n bemagtigingsinstrument wat noodsaaklik is om die ekonomie te laat groei. Moet dus nie net tevrede wees met ’n bank wat moontlik ’n lening afkeur met die boodskap “jy voldoen nie aan ons kriteria nie”. As jy matriek deurgekom het, en jy wil verdere opleiding ondergaan, dan voldoen jy aan die kriteria. Baie voornemende studente besluit om nie te gaan studeer nie as gevolg van die koste van studies vandag en die vrees om die lening te moet terugbetaal. Daarvoor het ek net een wenk; moenie bang wees nie. Dit is die beste belegging wat enige mens in sy lewe kan maak, veral vandag in Suid-Afrika. Ek wil ’n voorbeeld gebruik, dit is moontlik oorvereenvoudig en nie noodwendig nagevorste inligting nie. Dit illustreer bloot ’n gedagtegang en ingesteldheid: Dink soos volg daaroor: jou studies kos R150 000 oor ’n driejaartermyn. Wanneer jy begin werk moet jy teen 10% rente per jaar vir die volgende 10 jaar R1 965 per maand afbetaal aan die studielening. Die verskil is dat jou kwalifikasie vir jou ’n werk kry van R10 000 per maand teenoor ’n R6 000 per maand salaris indien jy nie opgelei is nie. Jy verdien dus R48 000 meer per jaar wat twee keer jou studieskuldpaaiement is. Jy verdien dus in die eerste drie werkjare reeds R150 000 meer. Die effek daarvan bly jou hele

werksloopbaan saam met jou, en soos wat jou ondervinding met jare toeneem, is die effek eksponensieel. Indien jy R1 965 per maand vir drie jaar belê, gaan jy na 3 jaar teen 10% per jaar opbrengs op jou belegging, slegs R82 785 gespaar het. Dit teenoor R150 000 meer salaris omdat jy opgelei is.

Studieskuld is ’n goeie belegging, ’n baie goeie een! Finansiële advies is bedoel om vir jou raad te gee oor: • die opstel van jou begroting, • jou finansieringsbehoeftes, • hoe jy en ek kan spaar, • hoe om jou risiko’s te beperk en te bestuur. Moet geen moeite ontsien om daaroor op te lees nie, en kry meer as een opinie. Die waarde daarvan kan onskatbaar wees.

“Die toekoms van werk word beïnvloed deur nuwe tegnologie en globalisering. Daar gaan twee klasse werkers wees. Die kenniswerkers en die werkloses. Die sleutel tot die toekoms is goeie opleiding en opvoeding. Lewenslange leer is nodig. Skep geleenthede vir jou kinders om op die voorpunt van die nuwe kennis te bly” - Flip Buys Hoe betaal ek vir my studies? Die Afrikaanse Beursinstituut doen ’n ernstige beroep op jongmense om verder te gaan studeer – doen vandag nog aansoek en neem die eerste stap na ’n blink toekoms. Afrikaanse Beursinstituut kontakbesonderhede: Telefoon: 012 644 4428 of 012 644 4390 Faks: 012 664 1295 Epos: dinah@helpendehand.co.za

Verskeie ander banke en organisasies bied ook beurse. Doen vroegtydig aansoek by alle instansies om seker te maak dat jy ’n groter kans op sukses het. Vra ook uit oor die tipe prestasiebeurse wat beskikbaar is wanneer jy jou aansoekvorms vir die universiteit en kollege instuur.

47



Waar in Suid-Afrika kan ek gaan studeer? Publieke universiteite in Suid Afrika kan onderverdeel word in drie kategorieë. Tradisionele universiteite wat teorie georiënteerde grade aanbied. Universiteite van tegnologie bied diplomas en grade aan wat prakties georiënteerd is en omvattende universiteite wat ‘n kombinasie van beide aanbied.

TRADISIONELE UNIVERSITEITE Rhodes Universiteit www.ru.ac.za Kliënte diens sentrum: 046 603 8111 Finansiële ondersteuning: 046 603 8248 / finaid@ru.ac.za Universiteit van Kaapstad www.uct.ac.za Kliënte diens sentrum: 021 650 2128 Finansiële ondersteuning: 021 650 3545 / sfa-finaid@uct.ac.za Universiteit van die Vrystaat www.ufs.ac.za Kliënte diens sentrum: 051 401 9111 Finansiële ondersteuning: 051 401 9160 of 051 401 3603 Universiteit van KwaZulu-Natal www.ukzn.ac.za Kliënte diens sentrum: 031 260 2212 Finansiële ondersteuning: 031 260 7885 / www.ukzn.ac.za/studentfund Universiteit van Limpopo www.ul.ac.za Kliënte diens sentrum: 015 268 9111 Finansiële ondersteuning: 015 268 2405 Universiteit van Pretoria www.up.ac.za Kliënte diens sentrum: 012 420 3111 Finansiële ondersteuning: 012 420 2154 / monica. mampone@up.ac.za Universiteit van Stellenbosch www.sun.ac.za Kliënte diens sentrum: 021 808 9111 Finansiële ondersteuning: 021 808 9111 / info@sun.ac.za Universiteit van die Wes Kaap www.uwc.ac.za Kliënte diens sentrum: Finansiële ondersteuning:

Universiteit van die Witwatersrand www.wits.ac.za Kliënte diens sentrum: 011 717 1030 Finansiële ondersteuning: 011 717 1070 / info.finaid@wits.ac.za Noordwes Universiteit www.nwu.ac.za Kliënte diens sentrum: 018 299 4897 Finansiële ondersteuning: 018 299 2045 / 22063927@nwu.ac.za

OMVATTENDE UNIVERSITEITE Nelson Mandela Metropolitan Universiteit www.nmmu.ac.za Kliënte diens sentrum: 041 504 1111 Finansiële ondersteuning: 041 504 1242 / samuel.douw@nmmu.ac.za Universiteit van Suid-Afrika www.unisa.ac.za Kliënte diens sentrum: 012 429 6023 Finansiële ondersteuning: 012 441 5460 / dsf@unisa.ac.za Universiteit van Venda www.univen.ac.za Kliënte diens sentrum: 015 962 8000 Finansiële ondersteuning: 015 962 8531 / admissions@univen.ac.za Universiteit van Johannesburg www.uj.ac.za Kliënte diens sentrum: 011 559 2911 Finansiële ondersteuning: 011 559 1250 / nsfas@uj.ac.za Universiteit van Zululand www.uzulu.ac.za Kliënte diens sentrum: 035 902 6430 Finansiële ondersteuning: 035 902 6310

Walter Sisulu Universiteit www.wsu.ac.za Kliënte diens sentrum: 047 706 5200 Finansiële ondersteuning: 043 708 5391

UNIVERSITEITE VAN TEGNOLOGIE OF HOëR ONDERWYS EN OPLEIDING Tshwane Universiteit van Tegnologie www.tut.ac.za Kliënte diens sentrum: 012 382 5911 Finansiële ondersteuning: 012 382 5836 Cape Peninsula Universiteit van Tegnologie www.cput.ac.za Kliënte diens sentrum: 021 959 6270 Finansiële ondersteuning: 021 460 3918 Central University of Technology www.cut.ac.za Kliënte diens sentrum: 051 507 3911 Finansiële ondersteuning: 051 507 3334 Durban University of Technology www.dut.ac.za Kliënte diens sentrum: 0860 10 31 94 Finansiële ondersteuning: 031 373 2553 Mangosuthu University of Technology www.mut.ac.za Kliënte diens sentrum: 031 907 7181 Finansiële ondersteuning: 031 907 7462 Vaal Universiteit van Tegnologie www.vut.ac.za Kliënte diens sentrum: 016 950 9000 Finansiële ondersteuning: 016 950 9342

49



Akademia www.akademia.ac.za Kliënte diens sentrum: 0861 222 888 Finansiële ondersteuning: 012 644 4428 AROS www.aros.ac.za Kliente diens sentrum: 012 332 3227

INSTANSIES WAT MENSE OPLEI IN ’n AMBAG Sol-tech www.sol-tech.co.za Kliënte diens sentrum: 012 755 5687 Pro-tech training www.protechtraining.co.za Kliënte diens sentrum: 012 347 6414 Desto www.desto.co.za Kliënte diens sentrum: 012 654 0051

PRIVAAT COLLEGES EN UNIVERSITEITE Neem kennis dat meeste van hierdie privaat instansies takke regoor die land het. The Open Window School of Visual Communication www.openwindow.co.za Kliënte diens sentrum: 012 648 9200 The South African School of Motion Picture Medium and LIve Performance (AFDA) www.afda.co.za Kliënte diens sentrum: 011 482 8345 Inscape Design College www.inscape.co.za Kliënte diens sentrum (Hoofkantoor): 011 327 2002 IMM Graduate School of Marketing www.imm.co.za Kliënte diens sentrum (Hoofkantoor): 011 628 2095

Milpark Business School www.milpark.co.za Kliënte diens sentrum (Hoofkantoor): 021 673 9111 CTI Education Group www.cti.co.za Kliënte diens sentrum (Hoofkantoor): 011 450 1963 Varsity College www.varsitycollege.co.za Kliënte diens sentrum (Hoofkantoor): 011 224 4300 College SA www.collegesa.co.za Kliënte diens sentrum (Hoofkantoor): 0800 21 23 22 Skills Academy www.skillsacademy.co.za Kliënte diens sentrum (Hoofkantoor): 0800 040 040 Learning Group www.learninggroup.co.za Kliënte diens sentrum (Hoofkantoor): 0801 12 12 12



wat as ek nog onseker is?

Hoofstuk 5 Die krag van my roeping Dr. Wikus Buys direkteur: navorsing en identiteit by Aros

W

Wanneer ’n jongmens wonder wat hy of sy in die lewe moet wees, kan dit ’n baie frustrerende tyd wees. Daar is soveel dinge wat ’n mens kan wees, maar wat is die regte ding om te doen. Tog hoef dit nie vir ’n gelowige ’n stryd sonder ’n einde te wees nie. Die antwoord lê voor die hand liggend: daar is ’n verskil tussen ’n beroep en ’n roeping. ’n Beroep is die werk wat jy doen waarvoor jy gewoonlik opgelei word en geld kry as jy dit uitvoer waarvoor jy opgelei is. ’n Roeping is om ’n duidelike opdrag van God oor jou gawes te gehoorsaam. Wanneer ’n mens insien dat jou beroep eintlik ’n roeping moet wees, dan kom daar berusting in ’n mens se lewe.

Op my naam geroep God help sy kinders baie om hulle roeping te ken. Hy doen dit deur sy Woord, die Bybel en die Heilige Gees. As God jou roep, dan doen Hy dit met sy stem. Sy stem is sy Woord. Sy Woord is die Bybel. Hoe meer mens die Woord lees, en hoe meer mens vir God vra wat is jou roeping, hoe duideliker word die antwoord. Mens moet egter weet dat God nie alles gelyk sê nie. Hy troos ons deur te sê dat Hy elkeen van sy kinders op sy Naam roep. Dit beteken dat God jou nader roep na Homself toe. Wanneer jy nader gaan in gehoorsaamheid aan God, dan eers maak God ook aan jou bekend watter spesifieke werk wil Hy deur jou lewe verrig.

Uitroep As God so roep na iemand, dan roep Hy jou ook weg van iets af. Dit beteken dat mens dikwels jou eie planne en jou eie insigte agterweë moet laat. God roep ons weg van ons sondige lewe en weg van ’n sondige wêreld wat niks van God se roeping wil weet nie. Hierdie is ’n baie belangrike stadium in ’n mens se roeping. Hier voel dit vir ’n mens asof jy nie eintlik iets anders het om op te vertrou behalwe God se beloftes en sy bevele nie. Dit is ook presies wat moet gebeur. God wil dat

ons aan Hom wys dat ons uitgeroepte mense is, deur te doen wat Hy ons opdra. Wanneer die Heilige Gees ons deur die Woord in ons harte gerusstel, as ons op God se beloftes bou, dan is daar groot krag in ons lewe. Dit gee ons die moed om dinge aan te pak wat ons andersins nie sou doen nie. Vir ander mense lyk dit baie keer onlogies wat ons doen, maar ’n kind van die Here wat met sy roeping besig is, beleef die gerusstelling van God se stem in sy hart.

Oproep Deel van God se roeping is dat Hy ons oproep om die gawes wat Hy ons gegee het, gehoorsaam in sy diens te stel. Elke gelowige moet homself afvra: is die gawes wat ek van die Here gekry het, in diens van die Here? Of gebruik ek die gawes wat ek gekry het, net vir my eie selfsugtige voordeel? God gee nooit gawes net vir een mens se gebruik nie. Hy het altyd die bedoeling dat die een se gawes tot almal se voordeel moet wees. Hierin is daar groot roepingsvervulling.

My lewe het sin Wanneer mens God se roepstem hoor en dit gehoorsaam, dan begin jou lewe vastigheid kry. Wanneer die Here vra wat sy roeping vir jou lewe is, neem dit die spanning in jou weg om self te besluit. Wanneer jy jou gawes ken en in diens van God stel, word jou lewe baie sinvol. Die Here wil dat beroepskeuses nie net gedoen word op grond van die volgende vrae nie: • Waarvan hou ek? • Hoeveel geld gaan ek maak? Heel eerste moet ek biddend vir die Here vra: • Wat wil U met my lewe doen? • Waarvoor roep U my? Die antwoord daarop sal my die krag en die vermoë gee om my roeping suksesvol uit te voer. Hierin is die lewe van ’n geroepe mens baie meer vreugdevol as ander mense wat net vir hulle self lewe.

Waarvoor roep God jou? Mag hierdie gids jou help om biddend agter te kom waarheen God jou wil stuur en waarvoor Hy jou wil gebruik in die lewe.

Lees ‘n paar roepingsverhale in die Bybel. Lees veral dié van Josef, Daniël en Ester. Dink jy die mense het nooit getwyfel nie?

53


Dink aan die volgende mense in die Bybel wat God gebruik het, ondanks hul foute: Moses - spraakprobleme Simson - het ‘n swakheid vir vroue gehad en was gebruik as rigter Petrus - het getwyfel en tog bou Christus sy kerk op hom Paulus - het Christus vervolg en hy was gekies om die evangelie te versprei Simon Petrus - het Jesus verraai en tog was hy ‘n dissipel Jakobus en Johannes - altwee het vurige geaardhede gehad, maar was dissipels Tomas - ongelowig om te glo dat Jesus opgestaan het uit die dood, maar was ‘n dissipel Matteus - ’n tollenaar en verag deur die Jode Simon die Kananeër - fanatieke politieke Joodse opsteker

Hoe kan ek myself beter leer ken? Bertus Swanepoel Voorligting Sielkundige met ‘n privaat praktyk in Centurion

te verstaan. Soos jy hieronder sal sien, word daar verwys na vier areas of kategorieë van bewustheid oor jouself: 1. Jy weet wat jy weet en ander stem saam Dit is die dinge wat jy alreeds oor jouself weet. Daar is dinge waaroor jy baie seker is en waarmee die mense rondom jou saamstem. Dink aan dinge soos om voor mense te praat of dat jy baie hou van groot groepe mense. Jy hou dalk baie daarvan om debatte te voer, maar hou minder van sport en almal weet dit. Wees maar versigtig om nie sekere goed af te skryf vir die verkeerde redes nie, soos vakke waarvan jy nie hou nie omdat die huiswerk baie is ... 2. Jy weet dinge wat ander nie weet nie Jy kan soms iets oor jouself weet wat ander nie weet of hoef te weet nie. As gevolg hiervan aanvaar ander mense moontlik dinge oor jou wat eintlik nie deel uitmaak van die ware jy nie. Dit kan wees dat jy geheime het wat jou terughou om waarlik jouself te wees. Dit is belangrik dat jy met iemand, wat jy vertrou, oor hierdie dinge gesels. Op so ’n manier leer jy ook baie oor jouself. Soms kan dit wees dat ouers druk op jou plaas om in ’n sekere rigting te studeer, terwyl jy weet dit is nie wat jy wil doen nie. In só ’n geval is dit belangrik dat jy vir jou ouers vertel en eerlik met hulle sal wees. 3. Ander weet iets wat jy nie oor jouself weet nie Hier praat ons van ’n tipiese blindekol waar ander mense rondom jou sekere dinge in jou raaksien wat jy nie noodwendig self van weet of raaksien nie. Dit kan mense wees soos vriende of familie wat jou baie goed ken. Dit is belangrik dat jy hierdie mense uitvra oor hoe hulle jou beleef en watter tipe werk hulle jou sien doen. Verhoudings met ander mense is dus ’n baie effektiewe manier om jouself beter te leer ken. 4. Jy weet nie wat jy nie weet nie en ander ook nie

V

oel jy somtyds of jy jouself nie ken nie of dat jy nie seker is wie jy is nie? Dit is dan baie belangrik om te onthou dat om jouself beter te leer ken, ’n lewenslange proses is. Dit is ’n reis waar jy voortdurend nuwe dinge oor jouself ontdek. Daar is ’n konsep wat die Joharivenster genoem word, wat jou kan help om jouself nog beter te ken. Hierdie is maar een manier wat jy kan gebruik om meer van jouself te leer, maar elke bietjie selfkennis wat jy opdoen, help jou om jou plek en roeping beter

54

Dit is die onbekende of onontdekte deel van jouself wat jy nie ken nie, omdat jy nog nie blootgestel is aan onbekende dinge nie. Jy sal byvoorbeeld nie weet of jy van ysskaats hou as jy dit nog nie self gaan probeer doen het nie. Probeer dus om gereeld nuwe dinge te doen waardeur jy kan leer en groei in jouself. Daar is baie geleenthede wat kinders laat verbygaan omdat hulle bang is of onseker is van hulself, maar op die ou end is daar net een manier om uit te vind en dit is om te DOEN. Miskien kan jy deel word van ’n gemeenskapsprojek of dalk ’n oudisie gaan doen vir die skool se toneelgroep. As jy jou lewe kan leef met die riglyne hierbo in gedagte, sal jy genoeg dinge van


jouself leer om jou lewenspad met passie en doelgerigtheid aan te durf. Wat weet jy van jouself wat ander ook weet? Watter dinge is daar wat ander nie van jou weet nie en wat ‘n invloed op jou lewe het? Wie kan jy vra om vir jou dinge oor jouself te vertel wat jy dalk nie wil hoor nie? Dink jy dit is beter om in jou gemaksone te bly waar jy alles regkry, of sal jy jouself graag meer wil begin uitdaag? Hoe gaan jy begin?

groei het as deel van die nare verrassings van grootword, is daar vir ’n rede!

Jou uniekheid het te doen met die feit dat jy hier is vir ’n rede. Daar is drie redes: 1. Jy kan doen wat niemand anders kan nie, want jy doen dit op jou manier. 2. Jy wys vir die wêreld iets van God se kuns en kreatiwiteit, wat niemand anders vir die wêreld kan wys nie, want God maak nie “reprints” van sy kunswerke nie! 3. Omdat daar net een van jou is, kan jy God en die mense om jou liefhê soos niemand anders kan nie. Die eerste rede, jou unieke manier van doen, is die een waaroor ek graag verder met jou wil gesels. Omdat dit alles met jou loopbaansukses te doen kan hê.

Wat maak jou uniek?

Jy is uniek... Hettie Brittz Temperamentkenner van Tall Trees Profiles

Uniekheid is ou nuus ... of is dit dalk nuwe nuus?

E

Jy is uniek!

k weet jy is al moeg om te hoor niemand anders het dieselfde vingerafdrukke as jy nie en dat jou DNS so uniek is dat nie eers jou tweelingboetie (as jy soos ek een het!) se gene presies soos joune lyk nie. Mense gebruik soms hierdie frase om jou te probeer opbeur wanneer jy nie goed voel oor jouself nie, nè? Eintlik beteken jou uniekheid baie meer as dit! Dit beteken dat jy in sommige situasies plan A is en dat daar nie ’n Plan B is nie. Dit beteken dat jy in sommige situasies nie vervang kan word nie. Dit beteken dat wanneer jy weg is, daar ’n groot gat is (selfs al is jy maer, hoor!). Dit beteken dat wanneer jy nie jou deel doen nie, ander mense armer word. Ja, regtig. God het nie een ding sonder ’n plan gemaak nie. Blomme het stuifmeeldrade vir ’n rede. Honde het kussinkies onder hulle voete vir ’n rede. Selfs daardie hare wat onlangs eers in jou kieliebakkies begin

Behalwe vir jou unieke DNS in jou lyf het jy ook unieke “DNS” in jou kop, in jou hart en in jou gees. Jou persoonlikheid en jou breinprofiel is uniek. Jou emosies en smaak, jou styl en jou manier van praat – ALLES is uniek! Want jou lewenspaadjie is uniek en jy gaan jou unieke stel eienskappe nodig kry om jou eie paadjie suksesvol te kan loop. Jou uniekheid is soos ’n rugsak vir jou reis. Omdat jou reis anders is, is daar iets spesiaals in jou “rugsak” vir elke draai en kronkel. Moenie wat in jou sak is, vergelyk met iemand anders se rugsak nie. As jy op pad is om Kilimandjaro te klim en iemand anders is op pad om deur die Engelse kanaal te swem, gaan dit nie help julle pak dieselfde toerusting nie. Ek sal graag wil sien hoe iemand met sneeustewels en stapstokke swem of in ’n Speedo deur die sneeu op Kilimandjaro se piek ploeg... Dis die gevaar van dieselfde as almal wees: Jy gaan nie jou paadjie kan stap sonder jou uniekheid nie!

Maak uniekheid jou nie “weird” nie? Ons dra in die skool uniforms om nie uniek te lyk nie. Ons dra buite die skool dieselfde tipe modes om nie uniek te lyk nie. Ons gebruik dieselfde woorde om nie uniek te klink nie. Ons luister dieselfde musiek... Want in ons is daar so ’n groot behoefte om in te pas, dat ons bang is om uit te staan, is ons nie? Dis regtig net ’n paar jaar lank nodig om in te pas en soos almal om jou te wees. Dis regtig net in die skool wat dit enige nut het. Want vir daardie paar jaar stap almal dieselfde paadjie. Sodra jy uit die skool uit gaan, is “inpas” glad nie meer belangrik nie. Julle paadjies spat uitmekaar in honderde rigtings! Jou uniekheid is soos ’n kompasnaald. Gewone kompasnaalde is gemagnetiseerd om noord te wys. Jy het ook ’n magneetnaald aan jou binnekant, maar dit wys in jou eie unieke lewensrigting. Jou “noord” is nie

55


almal se “noord” nie! Weet jy hoe moeg word ’n mens as jy heeltyd teen jou natuurlike lewensrigting in lewe? As jy heeltyd doen wat jy eintlik nie gemaak is om te doen nie? Ek dink baie van julle weet presies waarvan ek praat. Sodra jy uniek lewe en jou eie rigting voluit stap, word jy baie minder moeg!

Hoe veg jy vir jou uniekheid? As dit dan so belangrik is om jou uniekheid uit te leef en jou spesiale plek in die lewe te vind, sodat daar nie ’n gat is waar jy moet wees nie, en sodat jy vir ander mense daardie spesiale betekenis kan gee wat niemand anders kan nie, dan is uniekheid eintlik ’n groot verantwoordelikheid! Jy kan die volgende doen om seker te maak jy ontdek en gebruik jou uniekheid reg: • Moenie jou uniekheid gebruik as verskoning om te rebelleer teen gesag nie, want jou uniekheid mag nooit tot nadeel van ander mense wees nie. • Waag dit om jou eie styl uit te leef in alles wat jy doen. • Leer ken jou breinprofiel sodat jy weet hoe jy dink en vir ander dit kan verduidelik. • Leer ken jou temperament en leierskapstyl, sodat jy weet wat jou sterkpunte en groeipunte is. (Kyk na die inligting hieronder oor die TTLPtoets vir tieners). Jy kan die kultuur om jou begin verander deur op te hou om soos almal te probeer wees en ander mense te probeer keer om uniek te wees! P.S. Wil jy graag meer ontdek oor jou uniekheid? Voltooi die aanlyntoets genaamd Tall Trees Leierskapprofiel vir Tieners by www.talltreestraining.com. Jy leer onder andere wat jou “Kunsmis” en “Koue front” is – die dinge wat jou help om jou beste te wees en die dinge wat jou moeg en moedeloos maak. Die kennis help jou om seker te maak jy bly vol aan jou binnekant en bly op koers na jou eie “noord”!

Wat maak jou uniek?

Besef jy dat jy wonderbaarlik geskep is!

56

Wie is ek regtig en hoekom doen ek die dinge wat ek doen? Lynette Beer Lewensverrykingskonsultant

Realiteit

J

ou gesindheid rondom dit wat jy in hierdie artikel gaan lees, het plofbare krag wat sal bepaal of jy kwaliteit verhoudinge sal handhaaf en of jy in jou loopbaan ’n positiewe verskil sal maak in die lewens van ander. Stop, lees weer die inleidende paragraaf. Dink vir ’n oomblik ... Lees nou gerus verder.

Gebore natuur Vir baie jare was my emosies soos ’n ongetemde perd met vrye teuels en het ek altyd beter geweet as ander, wou voortdurend ander verander en hulle uitsorteer. Talle mense was dikwels in my oë onnosel en identiteitloos, sonder enige persoonlikheid. Ek het ook dikwels my skerp swaard (tong) met groot bravade ingespan. My gesindheid was dikwels soos dolksteke en die bloed het van tyd tot tyd gevloei. Ek was vol bravade, vol van myself en niemand kon my iets leer nie en bitter min mense kon volgens my realisties dink. Ek was in kort ’n aaklige (en swak) bestuurder en kollega. Ek het dikwels na ’n konfrontasie soos ’n mislukking gevoel en het tot ’n mate geweet wat ek doen is nie reg en regverdig teenoor ander nie, maar nie geweet hoe om dit te verander nie.

Om ons emosies te verstaan, is dit egter belangrik om te onderskei tussen temperament, karakter en persoonlikheid. Jy kan die kultuur om jou begin verander deur op te hou om soos almal te probeer wees en ander mense te probeer keer om uniek te wees! Temperament • Temperament is die kombinasie van ongebore eienskappe wat onbewustelik die gedragslyn van die mens beïnvloed.


• Hierdie eienskappe word geneties saamgestel op grond van sekere faktore soos nasionaliteit, ras, geslag en ander oorerflike faktore. Dit word deur gene oorgedra. Jy het dus geen keuse in die samestelling van jou temperament met geboorte nie. Karakter • Karakter is die ware mens. Die Bybel verwys daarna as die verborge mens. • Dit is die gevolg van die natuurlike temperament wat deur sekere omstandighede en faktore gevorm en gedissiplineer is, byvoorbeeld deur opvoeding, onderwys, geloof, beginsels, motiewe en basiese gesindhede. • Dit word soms die siel van die mens genoem en bestaan uit die verstand, die emosie en die wil. Persoonlikheid • Persoonlikheid is die uiterlike openbaring van die innerlike self en dit mag met karakter ooreenstem, afhangende of die persoon opreg is of nie. • Dikwels is persoonlikheid die aangename uiterlike, self van ’n andersins onaangename en swak karakter. Die masker wat mense dra om aanvaar te word. Ons moet egter weet dat ons kan voorgee as ons wil ... Populêre Geel: Kom ons doen dit prettig.

Die mens sien die uiterlike voorkoms aan, maar God sien die hart aan en uit die hart is die oorsprong van die lewe. Jou aksies en reaksies sal dit openbaar. Dit is dus duidelik dat veranderinge aan die gedragslyn van ’n mens van binne moet geskied en nie van buite nie.

Magtige Rooi: Kom ons doen dit op my manier.

Vredeliewende groen: Kom ons doen dit op die maklikste manier.

Om op te som! • Temperament is die kombinasie van eienskappe waarmee ons gebore is. • Karakter is ons beskaafde temperament. • Persoonlikheid is die beeld wat ons aan ander toon. Jy kan die kultuur om jou begin verander deur op te hou om soos almal te probeer wees en ander mense te probeer keer om uniek te wees!

Die tragedie Ek het geweet wat reg en wat verkeerd is, maar ek kon myself nie help nie, totdat ek die volgende twee waarhede ontdek het: Perfekte Blou: Kom ons doen dit reg.

1. Dat my natuurlike temperament weer gebore moet word Ek moet ’n geesvervulde temperament kry. 2 Korinthiërs 5:17

2. Dat daar verskillende temperamente is waaraan almal behoort en dat mense verskil en mag verskil • ’n Mens het vier grootouers en elkeen van hulle maak een of ander bydrae tot die vorming van ons temperament. • Al vier die grootouers mag ’n verskillende tipe temperament gehad het en gevolglik is alle mense ’n samestelling uit die verskillende tipes. • Gewoonlik is een tipe temperament oorheersend en verskil van persoon tot persoon. Wat wel belangrik is, is die volgende: • ’n Mens moet sy eie temperamenttipe ontdek, weet WIE jy is. • Sodoende kan jy jou eie natuurlike sterk kwaliteite asook jou natuurlike swakhede ontdek en dan beter verstaan hoe die swakhede deur die krag van God oorwin kan word, asook verstaan dat ons almal van mekaar verskil en moet ophou om ander mense voortdurend te wil verander. • Indien jy weet wie jy is en wat jou natuurlike sterk kwaliteite is, en vermy om in jou natuurlike swak kwaliteite te funksioneer, sal ’n nuwe lewe vir jou oopgaan. • Sou jy dit nie verstaan nie, sal dit veroorsaak dat jy keer op keer moedeloos en ellendig sal voel en dit sal bydra tot ’n onnodige swak selfbeeld en lae eiewaarde.

Vier verskillende temperamente ... Ek vermy die wetenskaplike name vir die verskillende temperamente en persoonlikhede en gebruik kleure om dit te vereenvoudig. 1. Die Populêre Geel Temperament is ekstroverties, praat baie en is oor die algemeen optimisties. 2. Die Magtige Rooi Temperament is ekstroverties, praat nie net nie, maar is doeners en is ook optimisties. 3. Die Perfekte Blou Temperament is introverties, is ’n denker en is oor die algemeen geneig om pessimisties te wees. 4. Die Vredeliewende Groen Temperament is introverties, kyk graag hoe ander dinge doen en is oor die algemeen geneig om pessimisties te wees.

So het elke temperament ’n voorkeur tot: • eie begeertes, • eie natuurlike kwaliteite,

57


• • • • • •

eie natuurlike swakhede, emosionele behoeftes, eie vrese, eie unieke bestuurstyle, eie unieke reaksies op stres, en voel natuurlik aangetrokke tot spesifieke temperamente

Indien jy nie hierdie dinge verstaan nie, sal jy jou skuldig maak aan die vernietigende aksies waaraan ek my skuldig gemaak het vroeër in my lewe. • Ek weet wie ek is en funksioneer in my natuurlike sterk kwaliteite en is bewus van my natuurlike swak kwaliteite en werk daagliks daaraan. • Ek verstaan dat mense verskil en daarom verwag ek nie meer van hulle as wat hulle nie natuurlik kan gee of doen nie. Is dit nie wonderlik nie? • Hierdie inligting het my soveel begrip vir ander gegee. • Nou kyk ek met ander oë na elke mens en geniet hulle vir wie hulle natuurlik is en dwing niemand om te wees wat hulle nié is nie. Die beste ding wat met my in my lewe kon gebeur, is die ontdekking van hierdie waarhede en dit het my vrygemaak. Die gevaar indien jy nie oor hierdie kennis beskik nie: • Indien jy nie weet wie jy is nie, sal jy jou voortdurend met ander vergelyk en soms onnodig ellendig voel. • Jy moet weet wat jou natuurlike kwaliteite is, asook wat die ander se natuurlike kwaliteite rondom jou is sodat jy hulle kan sien en waardeer vir wie hulle is.

Hoe leef ek hierdie kennis prakties uit in my werksituasie? Die twee platforms – Lig en duisternis • Om persoonlike / geestelike groei prakties moontlik te maak, stel ek voor jy begin jou dag deur te visualiseer vanaf watter van die twee platforms jy optree ... lig of duisternis? • Die woordeskat van die twee platforms verskil radikaal van mekaar. • Vanaf die platform van lig is daar altyd hoop en leef ons met ’n toekomsverwagting. Ons het begrip vir ander en probeer verstaan al verstaan ons nie regtig nie. • Vanaf die platform van duisternis is daar nooit hoop nie. Ons leef ’n val-en-opstaan lewe sonder begrip vir ander, ons leef ’n oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand en oordeel graag. Ons word deur ons emosies gelei en nie deur die nuwe natuur van lig nie. ’n Wonderbaarlike ontdekking wat my vry maak! • My aarde, sy is nie ’n papperd nie, sy is groen en ’n omgee-mens.

58

• Genade, hy is glad nie ’n suinige persoon en anti-sosiaal nie, hy is slegs blou. • My wêreld, hierdie bestuurder van my is rooi en slegs feite en spoed is belangrik. • Wee my, sy is net geel en hou van aandag ... en het ’n goeie hart.

Skielik maak alles vir my sin ... Gebore met ’n temperament (ou natuur – sondig) en wil van nature die verkeerde doen, sê en glo. Maar dan op ’n dag kies ek doelbewus om ’n nuwe natuur te ontvang (Christus se Natuur) en begin ek doelbewus leef vanaf ’n nuwe platform (lig), en skielik sien ek myself vir wie ék is, en kyk ek met oë van begrip na ander en maak ek ’n positiewe verskil in die mense rondom my se lewens. Ek begin bou aan kwaliteit verhoudings en gevolglik aan ’n beter vandag. Sukses in jou verhoudingslewe is net ’n keuse vêr. Voordat jy verder deur die tydskrif blaai, neem gou ’n pen en papier en maak ’n nota of twee vir jouself waar jy sommer vandag al ’n verandering in jou benadering kan maak. Klein veranderings kan ’n reuse verskil in jou lewe maak! Jou skuif ...

Hoe maak ek onsekerheid minder? Prof. Louis Jacobs Sielkundige wat in beroepsleiding, psigometriese toetse en die selfbeeld spesialiseer

Jy is moontlik al in graad 12, maar nog steeds baie onseker oor wat om met jou toekoms te doen of wat om te gaan studeer.

Wat kan jy doen om sekerheid te kry? Die volgende klompie riglyne kan jou help met die maak van jou keuses: 1. Psigometriese toetse Dit is ’n baie sinvolle beginpunt om na ’n sielkundige te gaan en ’n reeks psigometriese toetse af te lê. Die sielkundiges kan jou begelei om jouself beter te verstaan en om vir jou meer duidelikheid te gee oor die belangrikste


aspekte van jouself wat jy nodig het om ’n goeie beroepskeuse te maak. Hierdie toetse behels gewoonlik: • aanlegtoetse, • persoonlikheidstoetse, en • belangstellingstoetse. Die resultate van hierdie toetse sal jou ’n goeie aanduiding gee van watter rigtings jy kan oorweeg, soos dit bespreek is in die vorige afdeling: • Geesteswetenskappe • Natuurwetenskappe • Handelswetenskappe of • Tegniese rigting ’n Toetsprogram kan jou meer leer van jou vaardighede en persoonlikheid: aspekte wat van belang is wanneer jy jou toekoms moet beplan. Onthou egter dat selfkennis die sleutel tot jou toekomsbeplanning is. Indien jy reeds hierdie toetse gedoen het, en nog steeds onseker is, moet jy nie dink dat daar nie meer hoop is nie. Dit gebeur selde dat iemand dadelik presies weet wat hulle wil doen. Een manier om meer duidelikheid te kry oor ’n spesifieke rigting is om skaduwerk te doen. 2. Skaduwerk

Dit gebeur selde dat iemand dadelik presies weet wat hulle wil doen.

Skaduwerk beteken dat jy soos ’n “skaduwee” iemand volg wat in ’n sekere beroep staan. Begin deur beroepe te identifiseer waarin jy belangstel en vra dan persone in hierdie beroepe om een of meer dae saam met hulle te werk en te observeer. Dit is die beste manier om presies te sien hoe verloop ’n “tipiese” werksdag in die beroep. Terwyl jy saam met die persoon is, hou ’n aantekeningboekie byderhand en teken belangrike dinge aan, soos byvoorbeeld: Waarmee hou die persoon haarself die meeste van die tyd besig? Is dit meestal met mense, of “dinge” soos byvoorbeeld boekhouwerk, skryfwerk, invul van vorms, ensovoorts. As dit met mense is, gaan dit oor probleme in die werksplek, of gee sy meestal opdragte aan hulle, met ander woorde is die kontak meer persoonlik of meer onpersoonlik? Is daar baie tegniese vaardighede wat jy benodig om die werk te kan doen? Moet jy byvoorbeeld goed met jou hande kan doen, soos om dinge te maak of aan mekaar te sit? Bestaan die werk uit baie roetinewerk, of is daar ’n groot verskeidenheid van dinge wat sy in die loop van die dag doen? Watter vrae sal jy aan die einde van die dag aan haar wil stel? Stel so ’n lys vrae saam soos wat jy deur die dag saam met haar werk. Dit sal ’n gesprek aan die einde van die skaduwerk net meer sinvol maak. Dit sal jou ook in staat stel om meer ingeligte vrae te kan vra, aangesien jy nou eerstehandse inligting oor die beroep sal hê. Wanneer jy nou saam met die persoon in sy werksplek is, maak seker dat jy notas neem van wat alles gedoen word.

Stel vir jouself ’n lysie op met die volgende vrae as riglyne: • Wat is die belangrikste kwalifikasies wat ek gaan nodig hê? • Watter persoonlikheidseienskappe is belangrik in die beroep? • Moet ek met mense werk, of werk ek hoofsaaklik alleen? • Is spanning in die werksituasie algemeen teenwoordig? • Wat is die werksure? • Watter vergoeding kan ek verwag? • Wat is alles in die vergoedingspakket ingesluit? (bv. medies, pensioen) • Is daar genoeg werksgeleenthede in die veld? • Wat is die bevorderingsmoontlikhede? • Kan ek die beroep ook privaat, op my eie beoefen? Vul die lysie hierbo aan met punte wat vir jou baie belangrik is en vra ook jou ouers vir raad. Dit is egter baie belangrik dat jy aktief sal wees as jy skaduwerk doen. Skaduwerk beteken die meeste as dit ’n aktiewe, saamdoenpoging is. Na afloop van jou ervaring, vergelyk die werksvereistes met jou aanleg, persoonlikheid en belangstelling. Vra die skadupersoon se insette en leer uit elke geleentheid wat jy ontvang. Onthou, hoe groter die ooreenkomste, hoe groter is jou kanse op die korrekte beroepskeuse. 3. Vra, ondersoek en vind uit ... Nog ’n manier om jou onsekerheid te bowe te kom, is om met soveel moontlik mense daaroor te praat. Praat met ’n onderwyser waarmee jy goed oor die weg kom; vra die buurman wat werk in daardie spesifieke rigting waarin jy belangstel; praat met jou ouers, predikant, familielede, ouers van jou beste vriende, ensovoorts. Hoe meer jy praat, hoe meer hoor jy ander persone se menings en hoe meer word jou eie gedagtes georden. Dit help jou ook om vooren nadele van die beroepe teen mekaar te kan opweeg. Maak ’n lysie van hierdie voor- en nadele en vergelyk dit. Sodra jy belangstel in ’n sekere rigting, moet jy soveel moontlik uitvind oor die rigting. Lees beroepsbylaes in koerante, kyk na opleidingsinstansies se brosjures, gesels met mense in die beroep en soek op die internet vir soveel moontlik inligting. Hoe aktiewer jy hierdie proses benader, hoe doeltreffender sal dit wees. 4. Lees die loopbaanadvertensies in koerante Die meeste leerders dink nie daaraan om na die advertensies vir werkers in die koerant te kyk nie. In werklikheid is hierdie advertensies

59


’n baie goeie bron van inligting. Daarin sal jy baie gou sien watter tipe kwalifikasies die meeste in aanvraag is, watter tipe salarisse die verskillende beroepe betaal of wat die bevorderingsmoontlikhede is. Dit sal jou baie help om ’n opsomming van elke koerant se advertensies te maak en na afloop van ’n maand te kyk watter tipe poste die meeste geadverteer word of watter tipe kwalifikasies die meeste vereis word (verwys terug na jou lysie). Jy sal baie gou ’n goeie verwysingslêer hê wat jou baie sal help in jou besluitneming en selfs later wanneer jy moet kies tussen werke. 5. Oorbruggingsjaar Baie leerders probeer hierdie besluitnemingsproses met die neem van ’n oorbruggingsjaar oorkom. In die meeste van die gevalle werk dit nie. Die rede is dat die leerders niks in die jaar inbou wat hulle met hulle keuses gaan help nie. Deur ’n jaar af te neem, sal beteken dat jy maar net weer aan die einde daarvan voor dieselfde besluite te staan sal kom. ’n Oorbruggingsjaar kan oorweeg word wanneer jy: • nie die regte graad 12-vakke het nie Indien jy gedurende jou graad 12 jaar uitvind dat jy die verkeerde vakkeuse gemaak het, kan jy gedurende hierdie jaar hierdie twee vakke deur ’n kollege of deur die pos doen. As jy die vermoë het om in ’n sekere rigting te studeer, maar jy het nie die regte vakke daarvoor nie, hou moed. Pasop om nie jou drome weg te gooi omdat jy bang is om een jaar te gebruik om 20 jaar daarna baie gelukkig in die regte beroep te wees nie. • persoonlike en/of huislike probleme het Indien daar enige persoonlike of huislike probleme is wat ’n direkte invloed op jou studies kan uitoefen, is dit ook ’n goeie idee om dit gedurende ’n oorbruggingsjaar te hanteer. Dit is beter om dit in een jaar te bowe te kom as wat dit jou hele studietydperk beïnvloed. • tydelike werk het Jy mag dalk weet wat jy wil studeer, maar is nie seker of die tipe werk daarna vir jou bevredigend gaan wees nie. Jy kan dan

gedurende ’n oorbruggingsjaar poog om ’n tydelike pos in so ’n rigting te bekom. Gebruik dan hierdie jaar om te kyk of dit is wat jy eendag sal wil doen. Oorweeg selfs ’n kort kursus in die tyd wat nogtans waarde tot jou studies kan voeg. Voordat jy op tydelike werk besluit, is dit dalk goed om eers deur skaduwerk die inligting te verkry. As dit nie werk nie, probeer vakansiewerk as tweede opsie. As dit steeds nie werk nie, oorweeg ’n oorbruggingsjaar. Probeer dus sover moontlik om ’n brugjaar te vermy. Indien jy dit wel oorweeg, maak seker dat die jaar volledig beplan is en dat jy gedurende die jaar al jou vrae sal kan beantwoord. Onder geen omstandighede moet jy ’n oorbruggingsjaar sien as ’n jaar om af te vat en niks te doen nie. Daarvoor is die lewe te kort en studies te duur! Bogenoemde is slegs enkele moontlikhede wat jy kan doen as jy onseker is wat jy moet gaan studeer. Die belangrikste boodskap is dat jy aktief betrokke by die hele proses moet wees. Hoe meer aktief betrokke jy is, hoe groter is jou kanse om die regte beroepskeuse te

Wie ken jy waar jy kan gaan skaduwerk doen? Wie kan jy nog gaan uitvra oor die rigting waarin jy belangstel? Is jy aktief genoeg in die proses om ‘n toekoms te beplan? Waaroor is jy nog onseker of bang voor?

Ken jy jouself werklik?

Kies koers na

www.loopbaan.co.za 60




die lewe as lewenslange leerproses

Hoofstuk 6 Lewenslange leer – ‘n deel van die moderne wêreld Dr. Theuns Eloff visekanselier van die Noordwes Universiteit

‘N

Paar jaar gelede was dit net nodig dat ’n mens jou matriek kry, miskien universiteit toe gaan, ’n werk kry, trou, en jy het ’n loopbaan gehad waarvan jy seker kon wees. As jy hard gewerk het, kon jy die “boonste sport” bereik ... Maar dit het alles verander. Die verskynsel van globalisering en die “kennisontploffing” het gemaak dat kennis vinniger verouderd raak. Van alle kennis wat sedert die Middeleeue ontdek is, het meer as 80% in die laaste tien jaar gebeur. Wat mense op universiteit of kollege leer, word binne 18 maande “ou nuus”. Daar word gesê dat die beroepe vir leerlinge wat nou op skool is, nog nie eers uitgedink is nie!

’n Mens kan dus nie ophou leer nie, anders raak jy agter en kan jy op dieselfde plek bly of selfs jou werk verloor ...

Vir wit of bruin jongmense in Suid-Afrika is daar nog iets wat mens moet onthou: regstellende aksie is ’n feit, en as jy nie bly leer en op die punte van jou tone bly nie, kan jy ook jou werk verloor ... Wat is die belangrike les hieruit? “Leer” is nie meer net vir skool, kollege of universiteit nie, dis iets wat jy jou lewe lank moet doen! En dis nooit te vroeg om te begin nie. Jy hoef nie te wag vir matriek, kollege of universiteit nie. En veral mense wat reeds ’n werk het, moet aanhou leer...

Hoe begin mens dit doen? Eerstens: lees, lees, lees. Koerante, boeke, tydskrifte (en nie net die Huisgenoot nie!) Maar lees veral deur die Internet – met Google en Wikipedia byvoorbeeld. Dink so daaraan: om ’n vakkundige boek te lees en te verstaan, moet jy ’n “deskundige” wees. Om enige term te “Google”, hoef jy letterlik niks daarvan te weet nie! En jy kan amper alles daarvan te wete kom!

Tweedens: Neem ’n kursus! Dis vinnig, goedkoop, maklik en pret! Let maar op in koerante: daar is baie sulke kursusse wat adverteer word. Leer deur te probeer. Probeer iets nuuts; as jy dit regkry, het jy geleer, as jy misluk, het jy ook geleer!

Wat is nodig vir jou om “lewenslank” te leer? 1. Jy het ’n “omgewing” nodig wat jou toelaat om te leer – internettoegang, ’n selfoon, dalk ’n skootrekenaar – en dit is besig om vinnig in Suid-Afrika makliker en goedkoper te word... Die toekoms vir lewenslange leer lê hoofsaaklik in die “e-leeromgewing”. 2. Jy het nodig om buigsaam in jou persoonlikheid te wees. Jy moenie sê: “Ek kan nie...” Jou houding moet eerder wees: “Ek kan ... en ek gaan probeer ...” 3. Jy het nodig om alle moontlike geleenthede te gebruik om te leer – bly nuuskierig! 4. Jy moet self verantwoordelikheid vir jou leerproses aanvaar – niemand gaan dit namens jou doen nie! Die slim mense wat oor lewenslange leer skryf, sê: What to know becomes less important than where to know, and above all, how to know. Jy moet weet waar om kennis te kry om te kan leer. Wat is die gevolge en voordele van lewenslange leer? Daar is baie voordele, maar hier is net ’n paar: • Dit kan beteken dat jy ’n goeie werk kry – een wat jy kan geniet! • Dit kan beteken dat jy jou werk kan behou of selfs ’n beter een kan kry! • Dit gee jou dus ’n kans om jou plek by die werk vol te staan en iets te beteken ... ons werk tog om te leef en leef nie om te werk nie! • Dit hou jou wêreld groot ... anders krimp jy saam Bly nuuskierig! met jou klein wêreldjie inmekaar. • Dit verryk jou lewe en gee voortdurende lewenskwaliteit. • Dit is ’n voorbeeld vir die kinders wat jy eendag gaan kry – en hulle gaan dit nog baie meer nodig kry as jy!

Dus: Probeer vandag iets nuuts, leer iets! Watter roete sal jy volg om lewenslank te leer?

63


’n Leerpad vir volgehoue leer Paul Joubert

Senior Navorser by Solidariteit Navorsingsinstituut

D

it is vandag ’n voldonge feit dat geen mens meer ekonomies kan oorleef sonder een of ander vorm van formele kwalifikasie nie. Dit beteken ook dat, anders as in die verlede, die kwalifikasie wat mens eerste verkry, nie meer genoeg is om jou volhoubaar ekonomies aktief te maak nie. Volgehoue leer, of dan ook aanhoudende leer, blyk die enigste opsie te wees om altyd op die hoogte te bly met die nuutste ontwikkeling in jou gekose beroepsgebied. Dit is ook belangrik dat ek vir myself uitmaak wat dit regtig beteken om te leer. Vir sommige mense is daar ’n direkte korrelasie tussen prestasie en leer, dit wil sê, as ek hoë punt vir ’n toets gekry het, het ek meer geleer as wanneer ek die toets of eksamen net-net geslaag het. Dit is nie altyd waar nie – mense leer die meeste deur ervaring en waarneming en dit is iets waaraan daar nie ’n punt gekoppel kan word nie. Ervaring word net opgedoen deur af en toe ’n mislukking te hê en nie noodwendig deur volgehoue suksesse nie. Volgehoue leer berus hoofsaaklik op ervaringsleer wat dan formeel aangevul word deur verdere kwalifikasies. Leer is die vermoë wat mens ontwikkel deur verbande en raakpunte waar te neem en in verband te bring met formele kennisstrukture soos vervat in kwalifikasies. Volgehoue leer is dus insidenteel (ervaring) en doelgerig (kwalifikasie) terwyl aanvanklike leer (skoolonderrig en ’n eerste naskoolse kwalifikasie) slegs doelgerig is. Doelgerigte leer is ook nie altyd noodwendig afgestem op ’n spesifieke beroep nie, maar kan ook algemeen vormend wees soos studies in die letterkunde, filosofie, ensovoorts. As leer korrek plaasvind, sal iemand met ’n graad in die letterkunde ook ’n ander beroep kan beoefen omdat die kwalifikasie denkprosesse en analitiese vaardighede by die student ontwikkel het.

Die vraag is egter nou: Waar begin ek en hoe kan ek dit volhou? Die huidige beroepsomgewing bied aan skoolverlaters nogal ’n wye keuse van

64

potensiële beroepe wat impliseer dat ’n versigtige aanvanklike beroepsoorweging eers gemaak moet word. Dit is ook belangrik dat mens jouself vergewis van die opleidings- of leervereistes wat gestel word aan die beroep wat jy sal oorweeg en dat jy verder sal seker maak dat die moontlikheid vir volgehoue leer ook bestaan. Selfs beroepe soos mediese dokters, rekenmeesters en onderwysers stel eise aan die beoefenaars daarvan om volgehoue leer in stand te hou ten einde hulle beroepsregistrasie te behou. Om dit moontlik te maak, is daar kwalifikasieraamwerke ontwikkel om seker te maak dat die proses van volgehoue leer ook gestruktureerd is en dat mense die regte, toepaslike kwalifikasies verwerf en aanhou verwerf. Die antwoorde op die volgende vrae is dus belangrik: Ek het nou net Graad 12 suksesvol afgelê en moet gaan studeer (Let wel: Die lewe vandag gee nie ’n alternatiewe opsie nie!). My uitslae is goed genoeg om universiteit toe te gaan om vir ’n graad of ’n diploma of ’n hoër sertifikaat in te skryf. Ek moet nou die volgende vrae vra: • Kan ek universiteitstudie bekostig? • Watter kwalifikasie wil ek graag bekom? • Is ek reg om ’n driejaarkwalifikasie aan te pak? • Is dit die moeite werd om vir iets anders as ’n graad te studeer? • Moet dit ’n beroepsgerigte kwalifikasie wees? • Is die universiteit die enigste opsie? • Kan (moet?) ek eendag verder studeer? • Gaan die doelgerigte kwalifikasie (leerervaring) my ook vaardighede aanleer of in staat stel om ook ervaring op te doen?

Hierdie vrae is nie vreemd of onredelik nie. Om te gaan studeer na skool verg baie tyd en geld en gaan gepaard met die opdoen van ervaringe wat sekondêr tot die formele kwalifikasie is, maar wat ook bydrae tot mens se vorming en voorbereiding vir die lewe. Die vraag oor bekostigbaarheid moet saam met die vraag oor die universiteit as die enigste opsie gesien word. Voltydse universiteitstudie het amper ’n luuksheid geword wat al hoe minder mense kan bekostig. Ander opsies soos privaat instellings, kort kursusse en leerdeur-werk het meer


toeganklik geword en die moontlikheid om te kan leer en werk tegelyk moet nie uitgesluit word nie. Graadstudie is ook nie meer die enigste manier om met ’n volgehoue leerlewe te begin nie. Met die kwalifikasieraamwerke van vandag kan ’n mens van ’n een-jaar- hoër sertifikaat vorder tot by ’n doktorsgraad sonder om eers ’n graad te doen. Dit gaan weliswaar ’n bietjie langer duur, maar is nie onmoontlik nie. Leerlinge wat dus in Graad 12 afstudeer, maar nie toelating tot ’n graad of selfs diploma het nie, kan ook tot verdere studies in hoër onderwys toetree. Onthou, volgehoue leer moet êrens begin! As dit so is dat mens nie regtig genoeg weet van die beroepswêreld nie en dus nie ’n ingeligte, verstandige keuse kan maak nie, is dit nie wys om ’n jaar of wat af te vat sonder om te studeer nie. Skryf dan liewer in vir ’n algemene korter kwalifikasie soos ’n hoër sertifikaat wat ontwerp is om die student bietjie insae in die beroepswêreld te gee, maar ook om voor te berei vir die volgende vlak van leer en studeer. Dit is belangrik om êrens te begin! Volgehoue leer impliseer dat die leerder verantwoordelikheid neem vir die herkenning van leerbehoeftes en -begeertes, met of sonder enigiemand anders se ondersteuning en dan self iets daaromtrent doen. Dit geskied net makliker as daar reeds ’n formele basis is waarop mens kan bou. Moet net nie dink dat dit onmoontlik is om êrens ’n kwalifikasie te kry nie.

Weet jy hoe om te leer? Andre Vermeulen hoof uitvoerende beampte en eienaar van NEURO-LINK

A

Aan die einde van die belangrikste jaar van jou skoolloopbaan ervaar jy waarskynlik twee groot emosies. Een is opwinding, jy kan nie wag vir volgende jaar nie, die eerste dag van jou lewe na skool, maar ook waarskynlik kommer of stres oor die eksamen wat voorlê. Die belangrikste ding om te onthou, is dat geen mens dom is nie. God het nie gemors gemaak toe Hy jou gemaak het nie. Almal van ons is slim en leer op verskillende maniere. As jy soms sukkel om te leer, of as jy stadig leer, is daar altyd ’n rede daarvoor. Hieronder is die ses hoofredes hoekom iemand sukkel om te leer:

1. Breinfiksheid Breinfiksheid word bepaal deur hoe goed jy al twee hemisfere (helfdes) van jou brein saam en gelyktydig kan gebruik. Hoe meer breinfiks jy is, hoe vinniger en makliker gaan dit vir jou wees om te leer. Om jou breinfiksheid te bevorder, doen elke dag ’n paar kruislaterale oefeninge (oefeninge wat oor die middellyn van jou liggaam kruis) of beoefen ’n sport soos dans, tennis of swem. 2. Stres Wanneer jy stres beleef, skei die brein chemikalieë vry wat die vloei van inligting in jou brein kan beperk. Dit maak dit moeiliker om te leer. Wanneer jy aanhou stres, kan hierdie chemikalieë veroorsaak dat jou nie-dominante breinhemisfeer afskakel en die inligting daarin nie vir jou toeganklik is nie. Om jou streshantering te verbeter, sorg dat jy vroegtydig begin leer, maak seker jy is kalm voor elke sessie, sorg dat jy genoeg slaap inkry, doen fisiese oefening. 3. Jou houding As jy ’n negatiewe houding het, gaan jy negatief dink. Henry Ford het gesê:“Whether you think you can, or you think you can’t – you are right.” ’n Negatiewe houding is soos om ’n virus op jou rekenaar te laai, jy weet dit gaan jou ander programme negatief beïnvloed. Kies om ’n positiewe houding te hê rakende die eksamen en die einde van die jaar en om te leer. Jou houding het ’n rimpeleffek. Gooi ’n positiewe klippie in die water en positiwiteit kring uit na ander aspekte van jou lewe. Dieselfde geld met ’n negatiewe klippie. Kies om te glo in jouself. 4. Leervaardighede ’n Mens moet die regte vaardighede hê om te kan leer, met ander woorde jy moet weet hoe om te leer. Jy kan die wêreld se vinnigste swemmer wees, maar as mense vir jou sê jy moet fietsry? Jy gaan nie die regte vaardighede en tegnieke hê om so goed te kan fietsry as wat jy swem nie. Dit is nodig om te weet hoe om volumes inligting te verminder, aantekeninge en opsommings te maak en hoe om hierdie opsommings te leer sodat jy dit sal ken en nie net onthou tot na jou toets nie. 5. Omgewing Wanneer jou omgewing nie breinvriendelik is nie, mag jy dalk sukkel om te leer. Leer in ’n breinvriendelike omgewing: ’n Vertrek met genoeg suurstof en lig, maar ook die regte tipe lig, nie fluoorlig nie. Dit moet nie te warm of te koud wees nie, daar moet nie geraas wees wat jou pla nie, speel saggies barokmusiek in die agtergrond. Leer as dit moontlik is weg

65


van elektroniese apparate soos rekenaars, selfone, televisies ensovoorts omdat die elektromagnetiese golwe van hierdie toestelle jou brein negatief beïnvloed. 6. Breinkos of -dieet Dit is nodig om die regte voedingstowwe in te neem om goed te leer en presteer. Net soos ’n Bugatti nie op water kan ry nie, so kan jou brein ook nie op die verkeerde brandstof effektief funksioneer nie. Drink genoeg water en eet kosse wat ryk is aan Omega 3, soos neute, vis of sade. Vermy te veel suiker en verfynde kosse soos brood en kitskos met baie onversadigde vette. Gebruik breinvriendelike aanvullings. NEURO-LINK is ‘n internasionale konsultante firma, wat die nuutste brein-gebaseerde tegnologieë en navorsing gebruik om prestasie te verbeter en gesondheid te handhaaf. Besoek www.neuro-link.org vir meer inligting.

Is jou houding positief of negatief?

Wat veroorsaak onnodige spanning in jou lewe?

of soos die matriekafskeidrok wat jy in die vertoonvenster sien. Die opwinding begin eers wanneer ’n vernuftige renjaer gefokus en gedetermineerd agter die stuur inskuif ... of wanneer jy jou pragtige jong lyfie in daardie aandrok toerits!Gawes en talente maak nie die man of die meisie nie. Die man of die meisie is die sleutelbestanddeel. Daarom kan jy maar gerus ophou telling hou van hoeveel talente jy minder of meer het as jou vriende. Elkeen van julle het ’n hart, ’n kop en ’n wil – net een. Dit beteken julle elkeen se kans op groot sukses in hierdie lewe is gelyk. Jou talente en gawes beteken dalk wel jy is goed met kuns, syfers of mense, maar dit is die res van jou wat die verskil gaan maak sodat jy fantasties kan wees. Dit is die res van jou wat jou gawes en talente in ware ster-kwaliteite gaan verander.

Hoe kan jy jou talente en gawes in ster-kwaliteite verander? Elke werkgewer is op soek na iemand wat soos ’n ster in die bondel uitstaan. Dit is nie altyd die persoon met die meeste sertifikate of die hoogste gemiddeld nie, hoor! Dit is die persoon wat met sy gawes gewerk het totdat hy presies weet waar, hoe en saam met wie sy gawes die beste werk. Dit is die meisie wat haar talente op verskillende plekke uitgetoets het en ekstra moeite doen om uit te staan sonder om haarself te probeer beter maak as ander. Jy kan dit ook regkry deur jou talente en gawes deur twee fases te neem:

Dink aan maniere hoe jy spanning in jou lewe kan verminder.

Ontwikkel jou gawes en talente Hettie Britz Temperamentkenner van Tall Trees Profiles

Elke werkgewer is op soek na iemand wat soos ‘n ster in die bondel uitstaan.

Fase 1: Kies jou top 5 • Vra jou vriende, onderwysers en ouers as jy dalk onseker is wat jou gawes en talente is.

Ken jy die verskil tussen goed wees en fantasties wees?

D

it lê nie in jou talente en gawes nie, maar in hoe goed jy jou talente en gawes gebruik! Talente en gawes is omtrent soos die renmotor waarin renjaers jaag

66

• Maak ’n volledige lysie daarvan en van die goed wat jy dink mense nie eers weet jy goed kan doen nie. Dis nie die tyd om beskeie of skaam te wees nie. Skryf alles neer! • Trek die talente dood wat net goed is waarmee jy toevallig goed is, maar wat jy nie werklik geniet nie. Net gawes en talente wat jou bloed laat pomp en jou


hande laat lus kry vir werk, gaan die moeite werd wees om te ontwikkel. Op skool mag veelsydigheid dalk vreeslik oulik wees, maar in die werklikheid kom mense wat kan fokus en spesialiseer, dikwels verder. Niemand het tyd of krag om 20 gawes te ontwikkel nie. Dink jy ’n renjaer sal om die beurt in 20 verskillende motors jaag, of sal hy net ’n paar kies wat hy kan leer ken soos die palm van sy hand? • Kyk nou na jou lysie gawes en talente en vra jouself af watter van daardie gawes en talente sommer net vir die lekker is. Maak ’n sterretjie langs hulle. • Plaas jouself nou in “werkskoene” en omkring daardie gawes en talente wat jy dink jy in jou beroepslewe sal kan gebruik. • Kyk nou net na die omkringde talente. Nommer hulle met ’n 1 tot 5, waar 1 die beste is (baie waardevol en bruikbaar in baie beroepe) en 5 net ’n bietjie bruikbaar is in een of twee beroepe.

Hieronder is ’n voorbeeld gedoen van iemand wat goed is met organisering, maar wat nog nie regtig die gawe ontwikkel het nie. Sy het haar planne neergeskryf. Doen nou dieselfde met jou top 5. Wanneer jy jou planne hierbo in werking stel, word jy fantasties. Jou gawes word sterkwaliteite en jy sal uitstaan en uitblink omdat jy met selfvertroue, kennis, ervaring en passie die beste met jou talente gaan bereik. Komaan, die “renmotor” en die “mooi rok” wag vir JOU! P.S. Wil jy graag meer ontdek oor jou gawes en talente? Voltooi die aanlyntoets genaamd Tall Trees Leierskapprofiel vir Tieners (TTLP vir tieners) by www.talltreestraining.com. Jy leer onder andere wat jou “Kernhout” en “Koninkryk” is – jou natuurlike gawes en die tipe take en situasies waarin jy uitblink!

Fase 2: Voltooi die vraelys • Skryf nou jou top 5 gawes in die tabel hieronder en antwoord die vragies oor elke gawe deur in die blokkies ’n “X” te merk waar jy met die stelling saamstem.

Watter besondere gawes en talente besit jy?

• As jy nie met die stelling saamstem nie, skryf ’n plan neer. Top 5 Gawes

Vb: organisering

Ek is nie bang of skaam om my gawes te gebruik nie.

Ek wonder soms of mense gaan dink ek is “bossy”, so partykeer doen ek net niks.

Ek het al lesse, afrigting of ander hulp gekry om my talent te ontwikkel.

Daar is nie lesse of klasse hierin nie. Maar ek lees alles wat ek daaroor kan lees.

Ek het al baie tyd bestee om te oefen om al hoe beter te word daarmee.

Nie regtig nie. Ek moet dalk aanbied om my vriende se verjaarsdagpartytjies te help organiseer?

Ek kyk of luister na ander mense met hierdie talent om by hulle te leer.

Nog nie. Ek kan een Saterdag per maand as vrywilliger by ’n partytjievenue gaan werk.

Ek lees in tydskrifte, boeke of op die Internet hieroor sodat ek my kennis kan uitbrei.

(... en ek mis nie EEN episode van “Whose wedding is it anyway?” nie!)

Ek skrik nie vir kritiek teen my talent nie, want ek gebruik dit om te groei.

Ek is baie sensitief vir kritiek. Ek sal moet moeite doen om nie moedeloos te word as ek ’n fout maak nie.

Ek dink spesifiek oor beroepe waarin ek hierdie gawe kan gebruik.

Ek weet eintlik maar net van “event planners”, maar ek gaan probeer uitvind waar anders ’n organisasietalent nuttig kan wees.

1.

2.

3.

4.

5.

67


Kreatiwiteit en die onvoorspelbaarheid van vandag en môre

Die wonderlike is egter dat ’n mens jou eie kreatiwiteit op enige tydstip kan terugwen. Dit verg ’n toegewyde en doelgerigte proses – en of jy nou 15 jaar oud is of 95, daardie gawe is joune om uit te haal. In my en my kollegas se werk in talle lande met mense ouer as 70, het ons keer op keer beleef hoe die herontdekking van hulle kreatiwiteit, mense vir die eerste keer skrywers maak, of entrepreneurs of opleiers – en so hou die lys aan.

Kreatiwiteit en die toekoms Dr. Kobus Neethling President van die Suid-Afrikaanse Kreatiwiteitstigting

Ons weet nie

S

o ongeveer 20 jaar gelede was daar nog onsekerheid by baie mense oor wat kreatiwiteit nou werklik is. Die illusie was dat kreatiwiteit iets met die kunste te doen het en slegs mense wat in die een of ander vorm van die kunste presteer as kreatief beskou kan word. Ongelukkig is daar vandag nog mense wat hierdie onsin glo en daarom nie oop is vir hulle eie kreatiwiteit nie. Vandag is daar konsensus onder wetenskaplikes dat feitlik alle mense met besondere kreatiewe kwaliteite gebore word, maar dat die meeste mense nie daardie kwaliteite ontwikkel nie. Hulle word saamgesleur deur die konvensies van die tyd en vind dit gemakliker om maar saam met die rigtings wat vir hulle voorgeskryf word te gaan eerder as om die gees van ontdekking te behou. ’n Mens vergeet gou dat die eerste fisiese bewegings wat die kind uitvoer (al kruipende op die vloer), is om te ontdek en die horisonne te ondersoek. Ons is gebore om met energie, moed en kreatiwiteit te soek na moontlikhede en nie aanhoudend in probleme verstrengel te raak nie.

Kreatiwiteit: Jou besluit Om nuwe idees te skep, die gapings raak te sien, geleenthede te ontwikkel en met energie in die toekoms in te stap, kon miskien in die verlede vir sommige mense ’n onbelangrike lekkerte gewees het. Vandag egter is ons in ’n onstuimige tyd waar toekomsvoorspellings al hoe moeiliker word en mense en maatskappye wat kreatiwiteit ignoreer, sal ongetwyfeld deur die dramatiese veranderinge ontwortel en ingeslurp word. Nou onlangs het die leiers van die 25 mees suksesvolle maatskappye van ons tyd aangedui dat die een faktor wat hulle bo die ander laat uitstaan en wat hulle die beste maak, kreatiwiteit is. Kreatiwiteit gee vir jou daardie voorsprong en niks anders nie.

68

James Allen skryf dat ’n mens se brein vergelyk kan word met ’n tuin wat intelligent bewerk kan wees of toegelaat word om net wild te groei. Maar of dit bewerk of verwaarloos is, dit moet en sal produseer. As jy niks aan daardie tuin doen nie, as jy geen saad saai nie, sal nuttelose onkruid oorneem en voortgaan om die tuin te verwoes. Soos met jou tuin, is die bewerking van jou brein, die saai Kreatiwiteit gee van die goeie saad, ’n vir jou daardie persoonlike keuse. voorsprong en niks Kreatiwiteit vra anders nie vir jou om ’n keuse te maak ten opsigte van die studie en beroepsterrein wat jy wil betree – kombineer twee faktore wanneer jy hierdie keuse maak: jou breinvoorkeure en die areas waarin jy presteer – nie die een of die ander nie. Daarna ontwikkel jy die spesifieke kreatiwiteit wat aan jou toekomsambisies gekoppel word. Jou uiteindelike sukses sal altyd gekoppel word aan die mate wat jy kreatiwiteit ’n kans gee. Vyf kreatiewe wenke 1. Wanneer jy met enige probleem worstel, dink aan bekende mense (werklike mense of karakters uit boeke) en vra jouself af hoe hulle die probleem sou aanpak. 2. Vra jouself minstens een keer per dag “ Wat as”-vrae – Wat as my hond kon praat? Wat as die mensdom net uit kinders bestaan het? 3. Verplaas jou in situasies wat totaal anders is as die situasies waarin jy gewoonlik is en kyk watter lesse jy daaruit kan leer. 4. Vra jouself elke Maandagoggend


hierdie vraag: Wat was ontmoontlik laas week wat hierdie week moontlik kan word? 5. Dink aan voorwerpe wat glad nie bymekaarhoort nie en dink aan idees wat kan gebeur as jy hulle wel verbind: ’n potlood en ’n glas; ’n wiel en ’n vurk; ’n skoen en ’n koerant, ens.

Soos enigiets anders dus kan kreatiwiteit ook vinnig verouder – om soekend en passievol te bly, is dus ’n voorvereiste van suksesvolle kreatiwiteit.

Is jy van nature kreatief?

Watter wenke hierbo kan jy volg om jou kreatiwiteit te ontwikkel? Dink aan kreatiewe oplossings wat jou al in die verlede gehelp het om uitdagings te oorkom...

69



die wEreld van werk

Hoofstuk 7 Stel jou eerste CV só saam! Karin Venter Beroepsleidingsdienste Projekorganiseerder by Helpende Hand

D

ie eerste indrukke wat ’n potensiële werkgewer van jou kry, is op papier. Nog voordat jy eers genooi word vir ’n onderhoud, word jy op papier evalueer. Die saamstel van ’n goeie CV is dus baie belangrik om jouself bekend te stel om ’n goeie eerste indruk te skep. Om jou eerste CV saam te stel, is egter glad nie so eenvoudig soos dit klink nie. Die probleem is nie die tipe inhoud nie, maar juis die tekort aan relevante inligting en veral ervaring. Met verloop van tyd raak dit al hoe makliker om die belangrikste inligting in ’n CV te behou en uit te brei oor vorige ervaring. Indien jy sopas skool of universiteit voltooi het, kan die volgende paar wenke jou dalk help. 1. Stel ’n voorblad op Die voorblad is die eerste kontak wat ’n onderhoudvoerder met jou het en jy moet jou inligting so eenvoudig moontlik weergee. Sluit die volgende inligting in: naam en van, identiteitsnommer, kontaknommers en die pos waarvoor jy aansoek doen. Stel jouself bekend in ’n kort paragraaf. Vermy foto’s tensy dit gepas is vir die tipe pos waarvoor jy aansoek doen. 2. Lys jou persoonlike besonderhede Die volgende inligting is van belang by hierdie afdeling: doopname en van, geboortedatum, geslag, tale magtig, lisensie-besonderhede, gesondheid, huwelikstatus, woonadres en e-posadres. 3. Formele opleiding en kwalifikasies behaal Indien jy ’n skoolverlater is, kan jy jou matriekvakke met punte hier aandui. As

jy reeds verder studeer het, kan jy die kwalifikasies en kursusse wat jy voltooi het, in volgorde met die heel onlangse kwalifikasie bo-aan, hier aandui. Maak seker dat die hoogste kwalifikasie wat jy behaal het tesame met die jaar, duidelik gemerk is. Jy kan selfs ’n gewaarmerkte afskrif van jou kwalifikasies by jou CV aanheg. 4. Werksgeskiedenis en vorige ervaring is die kritieke afdeling op ’n CV Leerlinge wat vakansiewerk tydens hul skooljare gedoen het, het die voorsprong in hierdie afdeling. Lys die plekke waar jy gewerk het, die tydperk van jou indiensname en jou verantwoordelikhede. Indien moontlik kan jy ’n kontakpersoon en -nommer byvoeg vir verwysings (vra net eers toestemming van jou vorige werkgewer). 5. Laastens volg vaardighede, leierskapsposisies, naskoolse aktiwiteite en gemeenskapsbetrokkenheid Stel ’n kort lysie van komitees en organisasies saam waarby jy betrokke was tydens jou skooljare en skoolvakansies. Noem ook vaardighede waaroor jy beskik en prestasies wat jy behaal het. Die inligting verskaf aan die onderhoudvoerders ’n goeie idee van die tipe mens wat jy is en waarin jy belangstel.

Laaste gedagtes: Jy kan jou getuigskrif van die skool aanheg as verwysing. Die meeste skoliere en studente se eerste CV sal dus uit bykans twee bladsye bestaan met min inligting onder elke afdeling. ’n CV met ’n netjiese uitleg wat kort en kragtig saamgestel is, maak dit egter vir werkgewers makliker om ’n opsomming van die persoon te maak. Dit is nie nodig om oorboord te gaan met inligting nie en moet veral nie oneerlik wees nie. Let veral ook op taalgebruik en spelling en beklemtoon inligting wat verband hou met die spesifieke pos waarvoor jy aansoek gedoen het. Sorg dat jou kontakbesonderhede korrek aangedui is sodat die werkgewers jou maklik in die hande kan kry. Dit is ook raadsaam om foto’s van jouself op jou CV te vermy.

Kitsfeite oor CV’s:

• Studies het bevind dat werkgewers gemiddeld net sowat 20 tot 30 sekondes na ’n aansoeker se CV kyk. • Hou jou CV kort en verkieslik nie langer as twee bladsye nie. • Dit is bedrog om op jou CV te jok. • CV-bedrog word al hoe meer algemeen. ’n Onlangse studie in Brittanje het getoon dat meer as 17% van die 3 867 CV’s wat ondersoek is, die persone op een of ander manier in hul CV gejok het.

71


Stel jou eerste CV só saam! Karin Venter Beroepsleidingsdienste Projekorganiseerder by Helpende Hand

O

m vir jou eerste werksonderhoud te gaan, is ’n groot gebeurtenis en iets wat ’n mens nie sommer vergeet nie. Ek is onlangs daaraan herinner hoe spanningsvol my eerste onderhoud was en dit het my laat besef hoe ’n groot impak ’n positiewe eerste onderhoud op ’n mens se lewe kan hê. Die kuns om ’n goed deurdagte CV saam te stel, is op sigself ’n groot uitdaging. Om dus vir ’n onderhoud genooi te word, beteken dat die potensiële werkgewers gehou het van wat hulle op papier sien en jou graag wil ontmoet. Jy het dus reeds halfpad sukses behaal en met deeglike voorbereiding kan jy vir jouself ’n werk losslaan. Diegene wat binnekort vir hul eerste onderhoud gaan, moet besef dat dit normaal is om senuweeagtig te wees en benoud te voel. Hoe beter voorbereid jy egter is, hoe meer selfversekerd en gerus gaan jy voel. Gebruik die volgende wenke om jouself vir die groot ontmoeting voor te berei: 1. Doen navorsing oor die maatskappy en die pos

Onthou! Eerste indrukke is blywend...

Vind soveel moontlik uit oor die geadverteerde posisie en hoe dit in die maatskappy inpas, asook wat die maatskappy se kernbesigheid behels. 2. Wees goed versorg Dit is belangrik om netjies te lyk, maar om tog gemaklik te voel met die klere wat jy dra. Onthou, eerste indrukke is blywend! 3. Wees betyds vir jou onderhoud Maak seker jy weet hoe lank jy gaan reis en wat die adres is. Hou ook die naam en kontaknommer van die persoon wat jou moet ontvang, byderhand. 4. Wees voorbereid Stel ’n paar tipiese onderhoudsvrae saam en werk die antwoorde uit. Vra jou ouers of vriende om ’n skynonderhoud met jou te voer.

Dikwels ontvang en vergesel een van die onderhoudvoerders jou na die lokaal, stel jouself duidelik voor en onthou die persoon se naam. Dit is belangrik om die onderhoudvoerders elkeen met ’n ferm handdruk te groet en om tydens die onderhoud oogkontak met elkeen te maak. Probeer hul name onthou en maak seker jy spreek hulle aan op die titel waarmee hulle aan jou bekend gestel is. Wees versigtig om ouer persone “oom” en “tannie” te noem, spreek hulle eerder as “meneer” of “mevrou” aan. Al voel dit of jou hart by jou keel gaan uitspring, is dit belangrik dat jy ten minste gemaklik voorkom. Sit gemaklik met jou hande op jou skoot eerder as om dit oor jou bors te vou. Wanneer die vrae aan jou gestel word, glimlag en luister belangstellend. Maak ook seker dat jy die vrae een vir een antwoord en duidelik praat. Wees voorbereid indien jy die geleentheid gebied word om vrae aan die onderhoudvoerders te stel en bedank hulle ook vir die geleentheid. Gewapen met jou geoefende antwoorde, ’n glimlag op jou gesig en ’n kalm gemoed staan jy ’n goeie kans om jou eerste indruk op werkgewers ’n positiewe een te maak.

Voordat jy vir ’n onderhoud gaan, sal dit baie help as jy 10 of meer vrae opstel en antwoorde daarvoor uitwerk. Die volgende paar vrae word algemeen gebruik in onderhoude: • • • • • • • • • • •

Vertel ons meer omtrent jouself. Wat motiveer jou? Noem jou beste en slegste eienskappe. Waarom doen jy vir die pos aansoek en hoekom moet ons jou aanstel? Hoekom wil jy vir hierdie maatskappy werk? Wat het jy om aan die maatskappy te bied? Wat dink jy gaan van jou in die pos verwag word? Waar sien jy jouself oor vyf jaar? Noem ’n voorbeeld van ’n konfliksituasie wat jy al moes oplos. Is jy bereid om in jou eie tyd te studeer? Wat is die minimum salarispakket waarvoor jy bereid is om te werk?

5. Hou dokumentasie gereed Maak seker jy neem afskrifte van jou sertifikate saam vir die onderhoud, veral in gevalle waar jy ’n verkorte CV ingestuur het. Hou ook ’n ekstra afskrif van jou CV byderhand. Terwyl jy in die ontvangsarea sit en wag vir jou onderhoud, kan jy die geleentheid gebruik om weer deur jou antwoorde te gaan.

72

Onthou om in jouself te glo en leer uit elke geleentheid wat jy gebied word.


Nuwe werknemers: Slaggate binne die werksplek Gideon du Plessis hoof sekretaris van die vakbond Solidariteit

J

ou eerste werksdag. Byna meer ontnugterend as jou eerste skooldag, want saam met hierdie dag erf jy ’n nuwe lewensroetine en verantwoordelikhede. Jy moet ook ter aanvang ’n dienskontrak teken waarvan jy die helfte van die inhoud nie verstaan nie. Daar is ’n paar sleutelaangeleenthede wat ’n nuwe werknemer in gedagte moet hou om die grootste slaggate te omseil. Enige werknemer moet ook besef dat daar nie iets soos die perfekte werk bestaan nie, maar dat dit belangrik is om wel ’n werk te kry en te behou. As jy werk het, kan jy bevorder word of nuwe geleenthede binne of buite ’n organisasie aangryp. Maar as jy glad nie werk nie, het jy geen verwysing of bedingingsmag om beter werksomstandighede te vind nie. ’n Nuwe werknemer moet egter oopkop in ’n nuwe werkplek instap en besef dat jy groot aanpassings sal moet maak en dalk met nuwe gebruike, kulture en gelowe te doen sal kry. Met hierdie inleiding in jou agterkop, moet nuwe werknemers ook let op die volgende:

Bou goeie bande met jou nuwe kollegas

1. Maak seker jy verstaan waarvoor jy aansoek doen Daar is gewoonlik inligting beskikbaar oor die pos in die posomskrywing wat in die advertensie vervat word. Voordat jy nog aansoek doen, kan jy dus ’n goeie idee kry van die verwagtinge van die pos. Tydens die werksonderhoud moet jy seker maak dat jy aan die einde van die onderhoud ook vrae vra oor die pos en die organisasie. Dit is belangrik om ook self te bepaal of jy geskik is vir die pos, maar dit beteken nie dat jy nie nuwe uitdagings en groeigeleenthede moet aanvaar nie. 2. Leer ken en verstaan die organisasie se kultuur Elke organisasie het ’n bepaalde kultuur wat deur die personeel en bestuur geskep word. Soms word ’n persoon aangestel juis op grond daarvan dat jy by die werkskultuur en kollegas

gaan inpas. Leer ken daardie kultuur en probeer sover moontlik daarbinne inpas, maar soverre dit met jou waardes strook. So moet jy ook nie vasgevang word binne ’n omgewing waar jy nie kan voldoen aan jou waardes nie, tensy jy geroepe voel om juis ’n verskil te maak. 3. Dienskontrakte moet binne wetgewing vasgestel word Meeste van ons begin werk om geld te verdien en so is dit belangrik om te let op die samestelling van jou salaris of vergoedingspakket. Indien daar kommissie ingesluit word moet die wyse waarop kommissie verdien word duidelik wees. Let ook noukeurig na die verwagte werksure. Hoewel jy soms langer ure sal moet werk en die ekstra myl moet loop, kan ’n werkgewer nie van jou verwag om onredelike ure te werk nie. Rakende die take wat vervul moet word, staan daar dikwels in ’n dienskontrak dat personeel “enige redelike opdrag wat van jou vereis word” moet uitvoer. Vind uit wat dit moontlik kan behels. Let ook op inligting wat nie in ’n dienskontrak vervat is nie, soos dat ’n werknemer aan die organisasie se beleid en prosedures moet voldoen. Verkry afskrifte van die toepaslike beleide en verwittig jouself van die inhoud. Aspekte rakende diensbeëindiging en kennistyd behoort ook duidelik gespesifiseer te word. Onthou dat ’n klousule wat bepaal dat jou dienste summier sonder rede of proses beëindig kan word, ongeldig is. Bestudeer die kontrak deeglik, want as die kontrak eers geteken is, het jy jou verbind tot iets wat jy dan later met ongemak moet gaan beveg, selfs as die regsgeldigheid van klousules later in dispuut is. Hou net in gedagte dat die toets redelikheid en billikheid is. Moenie te puntenerig wees deur elke klousule in twyfel te trek en met die werkgewer op verkeerde voet wegspring nie. 4. Mediese en pensioenvoordele Dit is moontlik om vir ’n laer salaris te werk indien mediese en pensioenvoordele by jou vergoedingspakket ingesluit is. Nie alle werkgewers bied egter die voordele nie en ’n werkgewer kan meestal ’n aanbeveling maak rakende ’n voorkeur private diensverskaffer. Hoewel dit moeilik is om in die begin geld af te knyp vir pensioendoeleindes, moet ’n jong werkende van dag een af voorsiening maak vir aftrede en ’n riglyn is om ten minste 15% van jou salaris opsy te sit vir aftreevoorsiening. Jy gaan eendag spyt wees as jy nie hierdie raad gevolg het nie. 5. Verhoudinge met nuwe kollegas Bou so vinnig as moontlik bande met jou nuwe kollegas, want dit

73


is tog belangrik om aanvaar te word, sonder om kunsmatige verhoudinge aan te knoop. Moet egter nooit verstrengel raak in kantoorpolitiek nie, bly weg van ’n geskindery en fokus eerder op jou werk. 6. Werksbeskerming bemagtig jou met inligting By die meeste werksplekke, maar veral in die privaat sektor gaan besigheid oor geldmaak. Dus neem werkgewers soms drastiese besluite wat die werknemer se werksekerheid en toekoms kan beïnvloed. ’n Vakbond kan in so geval as die “ouer boetie” optree en werknemers die nodige beskerming bied in tye van onsekerheid en diensbeëindiging. Verder bied ’n vakbond deurlopend regsadvies en kan werknemers ook in verskeie geleenthede deur ’n vakbondbeampte verteenwoordig word. Die groot voordeel van ’n vakbond is egter dat werknemers altyd toegang het tot advies wat hulle kan bemagtig om ingeligte besluite te neem.

Tien goue reëls om ’n sukses van jou werksloopbaan te maak Flip Buys uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging

D

it is vir elke mens moontlik om ’n sukses van sy of haar loopbaan te maak. Die wel en weë van Solidariteit se meer as honderd duisend werkende lede, het vir Flip Buys die kans gebied om ’n deeglike studie te maak van die vereistes vir loopbaansukses. As hoof van Solidariteit het hy vir bykans twintig jaar noukeurig gekyk wat die redes is hoekom party mense bo uitkom en ander nie. Hy som sy gevolgtrekkings op in “Tien goue reëls om ’n sukses van jou werksloopbaan te maak”. 1. Vervul jou roeping Baie mense se loopbane vat net nooit vlam nie omdat hulle nie besig is om hulle roepings uit te leef nie; hulle werk maar net. As Christen weet ek dat elke mens ’n lewensroeping het, en dat dit vir ’n jongmens noodsaaklik is om uit te vind wat dit is. Praat daaroor met jou ouers en predikant, dis belangrik.

74

’n Mens sonder roepingsbesef werk al sugtende net om te leef, en leef nie om met lewensvreugde te werk nie. Daarom is dit belangrik om nie jou studierigting of werk te kies vir die geld nie. Die “regte” beroep vir die verkeerde mens lei tot mislukking. Jy sal die meeste geld verdien waarin jy die beste is en waartoe jy geroepe voel. Geld is die beloning vir goeie dienslewering. Moenie mik op die geld nie, mik om ’n verskil te maak. As jy dit regkry, sal jy goed daarvoor – ook in geldelike terme – beloon word. Vervul jou roeping, nie iemand anders s’n nie! 2. Studie is die beste opbrengs op ’n belegging Mense vra soms wat die beste belegging is, eiendom of aandele. Die regte antwoord is dat die beste opbrengs op belegging baie beslis in ’n mens se eie opleiding is. ’n Persoon wat geld en tyd belê in sy eie opleiding, word oor en oor in geldelike en lewensgehalte terme daarvoor vergoed in sy of haar werkslewe. Opleiding kos geld en baie opoffering, maar mense sonder opleiding het baie maal nie geld vir kos nie, en moet baie harder werk en meer opofferings maak sonder die vooruitsig op ’n beter lewe. Hulle moet lewenslank werk vir hulle geld, en kry nooit genoeg dat hulle geld vir hulle kan werk (en sorg!) nie. Daar is ’n noue verband tussen jou studie en jou roeping. Daarom moet jy sorg dat jy jouself toerus vir jou totale roeping, en nie net vir jou beroep nie. Prakties beteken dit dat jy nie net die minimum moet doen om jouself te kwalifiseer nie. Nie een van ons wil opereer word deur ’n dokter wat net 50% gekry het nie, al is hy deur. Begin deur jouself toe te rus met die beste opleiding beskikbaar, presteer so goed jy kan daarin, maar werk ook aan ’n positiewe lewenshouding, opbouende waardestelsel, en mensen lewensvaardighede. ’n Afgeronde mens met ’n goeie opleiding kan selfs in teenspoed volhard, en is gewaarborg van uiteindelike sukses. Moet ook nie altyd net na die “makliker” rigtings kyk nie; onthou – hoe moeiliker die studie, hoe hoër die uiteindelike opbrengs. Leer dus vir jouself ’n toekoms oop, dit kom nie vanself nie. Dawerende sukses word altyd voorafgegaan deur stille voorbereiding. Onthou ook dat daar nie goeie of slegte rigtings is nie. Sommige is miskien goed vir ander mense, maar sleg vir jou, of anders om. Die beste tuinier met ’n passie vir tuine, sal lekkerder werk, ’n landswye tuinbesigheid


opbou, en baie meer geld maak as ’n mediese spesialis wat elke oomblik van sy werk haat en flou voel as hy bloed sien! 3. Werk aan jou sterkpunte ’n Beroemde raadgewer van topsakelui in Amerika, Peter Drücker, het ’n baie eenvoudige reël vir sukses gegee: vind uit waarin jy goed is, en word die beste daarin. Dit beteken dat jy aan jou sterkpunte moet werk, in plaas daarvan om die hele tyd jou swakpunte te probeer verbeter. Dit help nie ’n briljante rugbyspeler probeer heeltyd sy swak krieket verbeter nie. Hy sal net sy plek in die Springbokspan verloor, en ook nie die nasionale Krieketspan haal nie. Niemand is briljant in alle rigtings nie. Sommige mense kom gou agter wat hulle sterkpunte is, verbeter dit dan deur harde werk, oefening en studie, en kom so vinnig bo uit. Ander vat jare om hulle sterk- en swakpunte te ontdek, en fokus nie op dit waarin hulle die beste is nie. Hulle loopbane is dan soos ’n vliegtuig wat heen en weer op die aanloopbaan ry, maar nooit opstyg nie. Dit beteken nie dat jy moet toelaat dat jou swakpunte jou laat struikel nie. Omring jou byvoorbeeld met mense wat jou swakpunte aanvul met hulle sterkpunte. Dink maar aan hoe Aäron namens Moses moes praat. 4. Volg jou passie Die gemiddelde mens werk sowat 35 jaar, en moet dan daarna leef op die vrugte van daardie loopbaan. Dis ’n baie lang tyd om iets te doen waaroor jy nie absoluut gaande is nie. As jy nie weet wat jou passie in die lewe is nie, is daar twee dinge wat jy kan doen om uit te vind. Gaan vir goeie beroepsleidingtoetse, of kyk waarvan jy hou om in jou vrye tyd te doen. Die mees suksesvolle mense is die wat betaal word om te doen waaroor hulle buitendien mal is! Luister dus na die raad van jou ouers en vriende, en die wat jou die beste ken. Maar onthou dat dit op die ou end jy is wat daardie werk lewenslank moet doen. Passie is daardie petrol in die tenk wat jou tot bo gaan dryf. 5. Leer jouself ken Ons sien soms makliker ander mense se foute of mooi eienskappe raak as ons eie. Volwassenheid hang nou saam met selfkennis. Iemand wat hom- of haarself ken, weet wat hulle aanleg, belangstellings en sterkpunte is en wat nie. Hulle aanvaar hulself, is lief (maar nie verlief!) vir hulself, en is gemaklik in hul eie velle. Baie mense misluk in hulle loopbane ten spyte van ’n hoë intelligensie, goeie kwalifikasies, harde werk en groot dryfkrag. Hulle word in diens geneem weens hulle vaardighede, maar word weer ontslaan weens hulle emosionele onvolwassenheid of karakterfoute. Daarom sê ervare personeelbestuurders dat ’n “goeie” vakature beter is as ’n slegte aanstelling!

Dit is soms verbasend dat mense wat in hul middeljare nog rond soek en sukkel om die regte poste te kry, is omdat hulle nie hulself ken nie. Wanneer ’n goeie mediese spesialis wat nie kan bestuur nie, as hoof van ’n hospitaal aangestel word, kry die hospitaal ’n swak bestuurder en verloor die mediese professie ’n goeie spesialis. Dis ’n verloor-verloor situasie.

Omring jou met mense wat jou sterkpunte aanvul met hulle sterkpunte

6. Lewenslange leer In vandag se snel veranderende wêreld, verouder kennis en ondervinding blitsvinnig. Daarom verstaan mense wat jare lank suksesvol was nie hoekom hulle skielik begin sukkel in hulle werk nie. Stagnasie is die dood in die loopbaanpot. Prakties beteken dit dat ’n kwalifikasie wel ’n goeie en noodsaaklike wegspring is, maar dis nie ’n gewaarborgde wenpaal nie. Die wêreld staan nie stil nie, daarom kan jy ook nie. Suksesvolle maatskappye en mense besef dit ook, en daarom is lewenslange leer vandag die “in” ding. Moenie sug en dink dit beteken jy moet lewenslank nagte om leer vir nog grade nie. Op universiteit leer jy om te leer. Formele studies is en bly altyd goed, maar deur kursusse, konferensies, boeke of net ’n leeringesteldheid kan jy baie ver kom. Inteendeel, die “universiteit van die lewe” is onontbeerlik vir sukses. En onthou, hou jou oë en ore oop; algemene kennis is toe nie so algemeen nie! 7. Verander van werk en beroep In die ou tyd het mens vir ’n werk studeer toe jy jonk was, en dan lewenslank dieselfde werk by dieselfde plek gedoen tot met jou aftrede. Later het dit verander, en het mense in hulle loopbane gemiddeld ses keer van werk verander. Maar die wêreld verander al vinniger, en talle mense verander vandag nie net ses keer van werk nie, maar ook nog drie keer van beroep! Dit beteken jy kan nie meer bekostig om vir ’n werk te leer nie, jy moet leer om te leer. Maar dis nie nodig om bang te wees vir die toekoms nie, hou net jou opsies en jou (lerende) oë en ore oop. 8. Deelname aan studentelewe soos ’n ekstra graad ’n Universiteit of kollege is nie net ’n akademiese supermark waar jy net ’n

75


kwalifikasie kom kry nie. Pasop dat jy nooit in ’n geleerde barbaar verander nie! Onthou Paul Kruger se wyse woorde, toe hy gesê het dat hy “nie geletterd is nie, maar geleerd”. Iemand het gesê dat deelname in die studentelewe net so goed is as ’n ekstra graad. My siening is dat ’n student wat in sy studie net doen wat nodig is, in sy werk dieselfde gaan doen (of nie doen nie!). Deelname aan studenteaktiwiteite ontwikkel jou as mens, en leer jou lewensvaardighede. Neem dus gebalanseerd deel aan alles, en probeer vakansiewerk doen, al kry jy nie daarvoor geld nie. Die ondervinding gaan meer beteken. 9. Taal meer as net taal Doen jou bes om in jou moedertaal te studeer, en leer daarna ’n tweede taal goed aan. Dis nie ’n taalbeginsel nie, dis ’n opleidingsbeginsel! ’n Taal gaan oor meer as net taal. Die suksesvolle lande in die wêreld is waar moedertaalonderrig gegee word. Daarom het die digter gesê: “Afrikaans is ’n broodsaak”. 10. Werk aan jou werk Net die beste maatskappye oorleef in vandag se mededingende wêreld. Daarom kan geen maatskappy oorgerus raak nie, en ook nie enige werknemer nie. Daarom – werk aan jou werk, moenie maar net elke dag werk toe kom en jouself afsloof nie. Die enigste verskil tussen ’n groef en ’n graf is die diepte. Probeer om nie net harder te werk nie, werk slimmer! Hierdie tien waardevolle reëls is opgestel na jare se ervaring en ondervinding. Leer hieruit en hou dit naby wanneer jy begin werk of ’n eie besigheid wil begin.

Om te rus is net so belangrik as om te werk Mnr. Henk Schalekamp adjunk uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit

D

esember is die tyd van die jaar wanneer dinge stadiger raak en daar ’n gees van rustigheid in die meeste normale werksplekke neerdaal. Dit is ’n tyd waartydens mense by hulle gesinne en familie uitkom en op vakansie gaan om te rus. Die wêreld

76

kan maar vergaan, daar sal eers in Januarie weer wakker gelê word oor die probleme en uitdagings van ons werk. Hierdie tydjie is van korte duur, want om te rus is lekker en wanneer iets lekker is, vlieg die tyd. Januarie is om die draai en dan sien mens weer net stofwolke trek, teen Augustus begin almal vir mekaar te vertel hoe vinnig die jaar om is en word daar met opgewondenheid gewag op Desember. In hierdie stukkie wil ek sonder om akademies te raak, stilstaan by die volgende vrae: Wat is rus? Is rus nodig? Wat is volhoubare rus? Die antwoorde poog nie om volledig of akademies korrek te wees nie, die enigste poging van hierdie inset is om denke oor rus te stimuleer, sodat elkeen wat dit lees oor sy of haar eie ruspraktyke kan nadink.

Wat is rus? ’n Vinnige soektog op die internet koppel rus met woorde soos onder andere slaap, stop van aktiwiteite, ontspanning, vrede, vryheid, gemak en stilte. Hierdie tipe woorde pas mooi in by die prentjie wat by die inleiding geskets is, maar rus is veel meer as dit. Die rus van liggaam, siel en gees is baie belangrik en behels nie noodwendig dieselfde aktiwiteite nie. Wanneer jou liggaam rus, is dit belangrik om energievlakke te herstel en jou liggaam te voed met wat nodig is. ’n Gesonde dieet en genoeg slaap is op ’n deurlopende grondslag nodig om jou liggaam in stand te hou. Dit is ook nodig om jou liggaam op verskillende wyses aan te wend ten einde effektief te kan rus. Indien mens onaktief is en nie gereeld oefeninge doen as deel van jou roetine nie, verlaag die kwaliteit van rustende periodes en in plaas daarvan dat die liggaam herstel, spiraal dit verder in moegheid en kan dit selfs lei tot uitbranding. Die rede vir oefening is hoofsaaklik omdat jou liggaam ook goed gekondisioneer moet bly ten einde tye van rus optimaal te benut. Daarmee saam help ’n holistiese uitkyk op gesondheid en ’n gebalanseerde leefstyl ook om rus te bevorder. Die rus van jou siel en gees is ook belangrik. Om af te skakel, te dink en te lees oor die dinge van die lewe, die ewigheid, jou belangstellings en jou aktief daarin te beoefen, is noodsaaklik vir algemene welstand. Die mens is soekend geskape en byvoorbeeld vir my as Christen is my soeke ’n verhouding met God die Vader, Seun en Heilige Gees. My siel vind sy rus by God en is ’n lewende verhouding met Hom noodsaaklik vir hierdie rus. Rus van die siel is om tyd vir jouself te maak en tydjies opsy te skuif wat joune is, al is dit kort tydjies waartydens daar net gestaar word na die sterre. Gee jou egter die krediet wanneer jy so tydjie gemaak het. Daardie oomblikke


van stilte, rus en vrede vergroot die balans in jou “rus”bank waaruit jy later, wanneer dit nodig is om hard te werk, die nodige onttrekking van krag en stamina kan gaan maak.

stadium gaan die tekens van te min rus begin sigbaar raak. Baie keer is die besluit om dan te begin rus te laat en het mens krukke nodig om verder deur die lewe te gaan.

Is rus nodig?

Wat is volhoubare rus?

Ja, rus is nodig! Niemand van ons kan sonder rus klaarkom nie. Net soos jou liggaam voedsel nodig het om te oorleef, het jou liggaam, siel en gees rus nodig om te oorleef. Die hartseer is dat niemand dit eintlik ontken nie, maar ’n hele groot lot van ons rus nie genoeg nie. Dalk omdat ons glo dat dit beter is om besig te bly as om te rus. Ons word baie keer gedryf deur ons eie vrese en situasies om besig te bly sodat ons nie nodig het om dit wat ongemaklik is, aan te spreek en uit te sorteer nie. Om die lig te sien, moet mens deur die donker werk. Om met die mond te bely dat rus nodig is, is nog geen aksie nie. Om te rus, is ’n doelbewuste keuse. Daar is verskillende redes, maar ons meng baie maklik in met ons rustyd. Tyd is min en die maklikste plek om te gaan vat, is die tyd wat vir rus bedoel was. Met te min rus, is die lewe nie volhoubaar nie en op een of ander

Volhoubare rus is om deurlopend op alle vlakke tyd te maak vir rus. Dit is nie volhoubaar om elf maande van die jaar te hardloop en te werk ten koste van jouself en dan te dink in Desember sal ek myself beloon en opvang nie. Volhoubare rus word slegs deur ’n lewensingesteldheid bereik. Elke dag het sy tyd vir rus, nie net slaap nie, maar ook aktief te rus deur te oefen en jou eie tyd van energiegewende aktiwiteite te bedryf. Gee deurlopend aan jouself die krediet vir dit wat jy gedoen het om jouself te laat rus. Elkeen van ons verdien dit!

Maak jy genoeg tyd om te deurlopend te rus?


Beskerming binne die werksplek – Solidariteit Jou beskerming begin hier!

I

n antieke tye het ’n soldaat ’n skild én ’n swaard gedra. Die skild het hom beskerm teen aanvalle, en met die swaard kon hy sy teenstanders laat les opsê. In ’n sekere sin is hierdie voorbeeld ook op Solidariteit van toepassing. Ons doel is om ons lede en hulle gemeenskappe te beskerm – ’n “skildstrategie”. Maar die beste vorm van verdediging is soms om self aan te val, en daarom is ’n swaard by tye ook nodig. Die vakbond Solidariteit se hooffunksie is om sy lede in die werksplek te beskerm. Solidariteit doen dit deur sy arbeidsverhoudingsafdeling, wat in verskeie bedrywe aan duisende kollektiewe en individuele lede regoor SuidAfrika beskerming bied.

Die Solidariteit van vandag het reeds op 22 Junie 1902 ontstaan toe die Transvaal Miner’s Association (TMA) gestig is. Die TMA was die voorganger van die Mynwerkers Unie, oftewel die MWU, wat later Solidariteit geword het. Solidariteit het in 2012 sy 110de bestaansjaar in diens van duisende werknemers in Suid-Afrika gevier. Solidariteit behoort aan die Christelike tradisie van vakbondwese wat in selfstandigheid en onafhanklikheid glo. Solidariteit is bekend as ’n vakbond wat sterk op dienslewering toegespits is en beskik oor die grootste regsafdeling (met meer as 35 personeellede, insluitend prokureurs en advokate), die enigste telefoniese vakbonddienssentrum, die beste administratiewe en kommunikasiestelsels en ook van die beste ledevoordele van alle vakbonde in Suid-Afrika.

12 Redes vir vakbond-lidmaatskap by Solidariteit 1. Regshulp Solidariteit bied aan lede ’n telefoniese regshulpdiens, gratis regsverteenwoordiging vir werkverwante arbeidsake wat na die arbeidshof of Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys word, asook bystand met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en -voordele. 2. Begrafnisvoordeel ’n Lid van Solidariteit asook sy of haar gade en afhanklike kinders tot en met die ouderdom van 21 jaar ontvang die begrafnisvoordeel. 3. Bevallingsvoordeel Vroulike lede ontvang ’n uitbetaling van R1 250 vir elke bevalling (ná 12 maande se ononderbroke lidmaatskap by Solidariteit). 4. Siviel-regtelike advies Lede ontvang telefoniese siviel-regtelike advies. 5. Afslag op finansiële produkte Ontvang spesiale afslagpryse op finansiële produkte, soos motor- en huisinhoudversekering deur Auto & General. Solidariteit bemark ook ’n aftreeplan wat in samewerking met Allan Gray aangebied word. 6. Permanente mediese ongeskiktheid ’n Eenmalige bedrag van R1 500 word ná 12 maande se ononderbroke lidmaatskap by

78

Solidariteit aan lede wat medies ongeskik verklaar word, betaal. 7. Testament Solidariteit stel vir lede ’n gratis testament op en die testament word ook gratis geberg. 8. Solidariteit Tydskrif Lede ontvang ses keer per jaar ’n interessante arbeidsgerigte tydskrif met al die jongste nuus oor die Solidariteit Beweging. 9. Weeklikse nuusbrief Lede ontvang weekliks Solidariteit se elektroniese nuusbrief Soldeer per e-pos. Die nuusbrief is volledig in Afrikaans of Engels beskikbaar en propvol van die jongste nuus. 10. Ledediens Solidariteit se dienssentrum bied ’n eenstopdiens aan lede. Hier word lede tydens kantoorure deur opgeleide personeel bygestaan met alle navrae, klagtes en voorstelle. 11. Gemoedsrus Solidariteit sal jou werkbeskerming-waghond wees sodat jy gemoedsrus kan kry oor jou en jou gesin se toekoms. 12. Waarde vir geld Al die voordele wat ’n Solidariteit-lid kry, sou ’n fortuin gekos het as dit afsonderlik by verskeie entiteite aangevra en betaal moes word.




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.