Nongqai Vol 13 No 9C - Oekraine

Page 1

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 2 PUBLISHER | UITGEWER

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 3 NONGQAI: OORSPRONG & OOGMERKE

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 4 NONGQAI: ROOTS & GOALS

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 5 INHOUD / CONTENT Spesiale uitgawe / Special edition: Groot-moondheid konflik oor Oekraïne: ses maande (Hierdie Spesiale uitgawe van Nongqai bevat ten eerste ‘n analise van die stand van die konflik tussen die groot moondhede oor Oekraïne na ses maande. Daarna, vir u gerief, word dan in chronologiese volgorde, die voorgaande ses maande se maandelikse analises soos aan die einde van elke maand gepubliseer, beginnende einde Februarie hierin gereproduseer, sodat u die hele verhaal in u hand kan hê). 2 Uitgewer / Publisher 3 NONGQAI Oorsprong en Oogmerke 4 NONGQAI Roots and Goals 6 Groot moondheid konflik oor Oekraïne oorsig na ses maande (#7, einde Augustus 2022) 40 Die Oekraïne konflik: ‘n Intelligensie analise (#1, einde Februarie 2022) 57 Oekraïne: Naas die Propaganda, Belangrike Punte (#2, einde Maart 2022) 62 Oekraïne: Na die rasputitsa Fase 2, die Donbass (#3, einde April 2022) 77 Oorlog in Oekraïne: Ontleding (#4, einde Mei 2022) 82 Vaarwel, Westerse wêreld dominasie (#5, einde Junie 2022) 88 ‘n Veel wyer stryd as die militêre, en om veel meer as Oekraïne (#6, einde Julie 2022) 95 Die NONGQAI TRUST 99 Slot

Voorts is dit ‘n konflik wat beslis nie eers maar op 24 Februarie begin het nie (m.a.w., met die volskaalse Russiese inval nie), maar in der waarheid reeds dekades tevore, toe die Neocon element in Washington teruggegaan het op die VSA se beloftes aan die Russe dat NAVO nie Ooswaarts sal uitbrei nie (na die val van die USSR, en toe George Bush Snr. en die Duitsers, Moskou se goedkeuring gesoek het vir die re unifikasie van Oos en Wes Duitsland). Die aanloop tot vandag se oorlog het verdere momentum gekry in 2008, toe die VSA (teen die wil van Duitsland en Frankryk) tydens NAVO se Boekarest vergadering in Roemenië, die deur oop forseer het vir NAVO lidmaatskap vir Oekraïne. Met die teerling wat volledig gewerp is in 2014, toe die demokraties verkose regering in Kiëf omvêr gegooi is in ‘n nasionalistiese staatsgreep waaraan die VSA ‘n duidelike aandeel gehad (Victoria Nuland van die State Dept. het bv. later amptelik beken dat die VSA $5miljard spandeer het op daardie “rewolusie”). Waarop Rusland toe in reaksie die Krim skiereiland annekseer en die Russiese separatiste in die Oostelike Donbass provinsies begin aktief ondersteun het. ‘n Konflik waarvoor

KONFLIK OOR OEKRAÏNE

Dr. Willem Steenkamp

OORSIG NA 6 MAANDE, MET DIE WINTER OP HANDE.. Ses maande gelede, op 24 Februarie 2022, het die Russiese Federasie (RF) se gewapende magte hul soewerein onafhanklike buurman, Oekraïne, binnegeval. ‘n Skokkende, drastiese stap, sonder enige Volkeregtelike magtiging maar tog wel eers geneem nadat al Moskou se voorafgaande waarskuwings en vredesvoorstelle deur Washington en Kiëf summier van die hand gewys. Ook eers nadat dit duidelik geword het dat Oekraïne die vredesverdrae van Minsk van 2014/2015 (wat Oekraïne formeel onderteken het en wat bemiddel is deur Frankryk en Duitsland) nie gaan implementeer nie, grootliks a.g.v. Amerikaans/Britse aanhitsing daarteen. Na ses maande van stryd op die slagveld en in die arenas van die internasionale diplomasie en ekonomie, en met die Noordelike winter wat op hande is, is dit ‘n gepaste moment om die verloop saam te vat, die kern-elemente wat na vore getree het te ontleed, en te kyk wat die impak vorentoe mag wees op die internasionale magsbalans en op die wêreld in die algemeen Suid Afrika inkluis...

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 6

Lesers van ons voorgaande reeks maandelikse analises mag onthou dat ons slegs vier dae na die inval reeds (korrek) voorspel het dat hierdie ‘n lang-uitgerekte, uiters brutaal-bloedige oorlog gaan wees. Beslis nie ‘n blitzkrieg, soos wat die Anglosfeer media destyds voorgegee het nie. ‘n Internasionale magstryd, eerder as ‘n blote grens dispuut tussen twee bure. ‘n Konflik waarin Oekraïne as sulks, in der waarheid nie die Russe se hoof antagonis is nie, maar in werklikheid insidenteel is, ‘n proxy vir Washington, omrede die konflik in sy wese gedryf word deur Washington en Moskou se opponerende globale en regionale geostrategiese aspirasies. ‘n Gewapende konflik, ja, en bloedig daarby maar waarin die stryd tussen die gewapende magte ook in vele opsigte net dramatiese agtergrondmusiek is, omrede die beslissende botsings tussen die werklike protagoniste, besleg sal word op die ekonomiese terrein en in die internasionale geopolitieke arena.

GROOT-MOONDHEID

Een van die primêre werklikhede wat die konflik rondom Oekraïne reeds uitgelig het, is dat vele lande in die wêreld state-ry, veral vanuit die sg. Derde Wêreld, toenemend besig is om dit te sien as ‘n stryd teen voorskriftelike, neo koloniale Amerikaans/Westerse dominasie.

Wat Oekraïne betref, besef Moskou dat, sonder die Weste se aktiewe steun, Oekraïne na die onderhandelingstafel sal moet kom om die probleme wat die kommunistiese bewind in die USSR met sy destydse manipulasie van grense nagelaat het, deur onderhandeling op te los. Daarenteen besef Moskou dat, as Washington sou seëvier deur wel Oekraïne by NAVO ingelyf te kry, die Neocons nie daar sal stop nie en sal voortgaan om sg. “kleur rewolusies” te stook in lande soos Belo Rusland, Kasakstan en die lid state van die Russiese Federasie self. Belangrike lande soos Sjina, Indië, Meksiko, Brasilië en talle meer vanuit Afrika, Asië en Suid en Sentraal-Amerika, sien dan ook die konflik om Oekraïne toenemend in terme van verset teen dominasie deur die VSA en sy bondgenote (met ondertone ook van herinnering aan Europese/Blanke kolonialisme), en is hulle veral sensitief vir die voorskriftelikheid van die Weste se sanksie veldtog, sowel as vir wat hulle as Europese huigelary en rassisme sien, wanneer hulle bv. kyk na hoe vlugtelinge uit Oekraïne behandel word (soos teenoor dié uit Afrika en die Midde Ooste) en die leuenagtigheid van die graan uitvoer akkoord wat die VN beding het, beweerdelik “om die honger armes van die 3e Wêreld te help” met egter net een skippie wat dusvêr so vêr Suid as Djiboeti in Noord Oos Afrika gekom het, terwyl die ander hulle graan ladings gaan ontskeep het in Ierland, Brittanje, Italië, Frankryk ensovoorts... Oekraïne het dus die strydperk geword waaromheen beslis gaan word of die VSA steeds sy aspirasie van internasionale hegemonie (“primacy”, in hulle taal) sal kan bly afdwing in ‘n snel veranderende wêreld een waarin veral die ekonomiese mag, reeds wesentlik verskuif het.

Vir die VSA en sy bondgenote is dit ‘n stryd om die behoud van ‘n “rules-based” internasionale orde (sonder klaarblyklik om in te sien dat, omrede dit húlle was wat daardie reëls in hulle eie guns dikteer het na die 2e Wêreld Oorlog, die res van die wêreld dit nie as behoud van wetmatigheid sien nie, maar as behoud van dominasie).

Vladimir Poetin bekend vir sy planmatige versigtigheid dus reedsvir minstens agt jaar die Russiese Federasie baie deeglik voorberei het. Wat was Rusland se doelwit met die inval?

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 7

Die Weste kleur die stryd dus in as een gevoer vir demokrasie teen autokrate, maar toenemend sien die res van die wêreld dit as ‘n stryd om die juk van die VSA (en sy handlanger, Wes Europa) se self dienende hegemonie finaal af te werp. Soos wat mens kon sien uit Poetin en sy ministers se toesprake by die internasionale verdedigingskonferensie wat in Augustus in Moskou gehou en wyd bygewoon is, maak Rusland geen geheim daarvan nie dat juis dít sy oorhoofse oogmerk is om die VSA / Neocons so vêr te kry om op te hou inmeng in die sake van ander en respek te toon.

In oorhoofse geo-strategiese terme het Rusland kennelik reeds jare gelede besef dat Oekraïne self, slegs maar ‘n strooipop rol in so ‘n “proxy” konflik sal speel dat Rusland se werklike opponent, Washington is (en veel al dan die sg. Neocons met hulle bande met die militêr industriële kompleks, wanneer “deskundiges” soos Mev. Nuland en haar man Robert Kagan van die Brookings Institute en die “Project for a New American Century” die beleid-maak leisels daar in die hand het dis baie belangrik om hier die onderskeid te handhaaf tussen die VSA as volk en staat, en dit wat in naam van die VSA en sy mense aangevoor word deur ‘n klein elite wat ‘n ongelukkige rekord opgebou het van buitelandse militêre en/of klandestiene inmenging soos Vietnam, Iran, Chile, Guatemala, Afghanistan, Irak en jongslede Oekraïne alles om spesiale geld belange te dien en Amerikaanse wêreld “primacy” of te wel hegemonie te behou en uit te bou “vir nog ‘n eeu”.)

• Reduce Natural Gas Exports and Hinder Pipeline Expansions;

• Reduce Russian Influence in Central Asia;

Rusland se primêre geostrategiese doel was en is dus ondubbelsinnig om Washington se “primacy” en Westerse/NAVO hegemonie eens en vir altyd sigbaar te neutraliseer iets waarin Rusland die volle steun het van Sjina (in eie belang), asook van die ander BRICS lande en toenemend van die res van die voorheen-gekoloniseerde “nie-blanke” wêreld. Want sou Moskou sigbaar vir Washington kan dwing om terug te tree, sal die Kiëf bewind ieder geval nie op sy eie kan staande bly nie en sal die Europese lande hulle eie oorweldigende ekonomiese belang om met Moskou te skik, dan kan voorop stel.

• Hinder Petroleum Exports;

• Provide Lethal Aid to Ukraine; Increase Support to the Syrian Rebels;

Wat die militêre inval in Oekraïne betref, het Moskou se beplanners duidelik jare gelede reeds besef dat hul eerste en grootste doelwit (wat te alle koste verwesenlik sou moes word), sou moes wees om die Weste en by name NAVO, daarvan af te skrik om direk militêr betrokke te raak by die konflik (m.a.w., met soldate op die grond), want dit sou kon eskaleer na ‘n derde wêreld oorlog. Voorts het Moskou besef dat, sou hy slaag daarin om NAVO af te skrik van direkte militêre deelname, dan sal die stryd met die Weste by noodwendigheid skuif na die ekonomiese en diplomatieke arenas en dat Moskou sal moet voorberei om veral die ekonomiese oorlog te kan wen.

• Exploit Tensions in the South Caucasus;

• Challenge Russian Presence in Moldova.

• Promote Regime Change in Belarus;

• Enhance Russian Brain Drain;

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 8

Dat Rusland die ware protagonis in die stryd korrek identifiseer het as synde die VSA, spreek bv. uit ‘n beleidsmemorandum wat in 2019 deur die Rand Corporation vir die VSA se Dept. of the Army ontwikkel is oor hoe om Rusland as grootmoondheid konkurrent op alle samelewingsvlakke te benadeel en doelbewus uit te lok daartoe om homself te “over-extend”, soos dit eufemisties gestel is. Die studie getiteld “Extending Russia” kan hier gratis afgelaai word, as e boek: https://www.rand.org/content/dam/rand/pubs/research_reports/RR3000/RR3063/RAND_RR3063.pdf Wanneer u as ingeligte leser die voorstelle hieronder sien wat die Rand Corporation (wat vir sy bestaan afhanklik is van befondsing deur die militêr industriële kompleks) aan die VSA Leër gemaak het vir “measures” wat Rusland sal provokeer om homself te oor eis, sal u besef dat al hierdie maatreëls wel oor die daaropvolgende drie stuks jare ingestel is, nog voor die inval plaasgevind het:

• Impose Sanctions;

Die ekonomiese slagveld sou na alle waarskynlikheid die beslissende een wees, veral omrede die impak wat dit op Westerse bevolkings sal hê. In die besonder in demokratiese Europa, kan dit tot sosiale onrus en politieke omwenteling lei wat Europese regerings kan dwing om op Russiese terme te skik. Wat in die konteks van so ‘n ekonomiese oorlog in Rusland se guns getel het, is eerstens dat hy jare gehad het om daarop voor te berei, tweedens (en meer belangrik nog) dat die ekonomiese magsbalans in die wêreld gedurende die afgelope drie dekades fundamenteel verander het, en derdens dat die VSA en Europa hierdie realiteit kennelik nie besef of wou aanvaar het nie, sodat hulle dus siende blind en onvoorbereid die ekonomiese stryd met hulle ad hoc sanksies afgeskop het (onkunde oor die nuwe ekonomiese realiteite blyk bv. baie duidelik uit die Rand Corporation se 2019 mistastings oor Rusland se vermeende ekonomiese kwesbaarheid en die Weste se gewaande vermoë om so ‘n stryd te wen).

Feit is dat die VSA en sy bondgenote eenvoudig nie meer die ekonomiese mag in die hand hou van die Koue Oorlog jare nie. Sjina is nou die planeet se grootste ekonomie, volgens die syfers van die Internasionale Monetêre Fonds, bereken volgens koopkrag pariteit van die respektiewe geld eenhede. Die volgende twee grafieke illustreer hierdie punt:

Hoekom het die Russe ingeval, op die manier wat hulle wel gedoen het? Moskou se besef dat Washington (en by verlenging NAVO) sy primêre opponent is, verduidelik die Russe se aanvanklike strategie in Februarie hulle inval moes van so ‘n omvang wees dat dit ondubbelsinnig duidelik sou wees vir die Westerse regerings en bevolkings dat hierdie nie maar net

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 9

Sou so ‘n massiewe inval dan terstond daarin geslaag het om die Oekraïniërs te verskrik tot dadelike oorgawe, dan sou dit natuurlik ‘n bonus gewees het. Die hoofdoel was egter altyd die afskrik van NAVO teen direkte militêre inmenging, deurdat die omvang van die inval Rusland se totale erns en bereidwilligheid tot volskaalse oorlog ondubbelsinnig demonstreer het. Hierdie strategiese doelwit van Moskou is bereik toe Biden dit baie vinnig duidelik gemaak het dat geen NAVO troepe die gevegsterrein sou betree nie, en is die parameters vir die voer van die konflik tussen Rusland en die Weste diengevolg by uitset gevestig, grootliks ooreenkomstig Moskou se terme. Toe Kiëf nie dadelik boedel oorgegee het nie al het ‘n kwart van hulle bevolking wel land uit gevlug – was die Russe gereed om hulle Plan “B” te implementeer, nl. om hulle magte gedurende die lente rasputitsa snel te herontplooi vir ‘n ander vorm van oorlog, gemik op die algehele breek van Oekraïniese nasionaliste se wil tot verset. Dis ‘n oorlog wat deur die Russe gevoer word kragtens die sg. Poetin-doktrine (wat met sukses gebruik is in Tsjetsjnië en Sirië) en wat nie aanvanklik mik op snelle, mediatiese verowering van grondgebied nie, maar wel op die sistematiese, brutale, dikwels tydsame totale vernietiging van die vyand se vermoë en wil tot verset want met dít gebreek, kom die grondgebied vanself. Hoe word ‘n moderne oorlog gewen?

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 10

Rusland se doel in Oekraïne (soos in Tsjetsjnië en Sirië), was en is dus nie ten eerste om so snel moontlik terrein te verower nie, maar wel die uitwis van Oekraïne se gewapende magte en die algehele breek van die Oekraïniese nasionaliste se wil tot verset, deur middel van maksimale doodslag en destruksie met ander woorde, soos oorloë van ouds gevoer is. Hierdie fokus op uitwissing eerder as myle, val op as mens kyk na die RF verdedigingsministerie se daaglikse persvoorligtings, met begrippe soos die "jag" van eenhede (ook diep agter die front), en die prioriteit verleen aan syfers van troepe en toerusting elimineer. Dit val ook op by ontleding van die Russe se militêre aksies, hetsy vooraf in Tsjetsjnië en Sirië, of nou in die Donbass alles is gerig op die destruksie van geveg-

nog

‘n inkrementele eskalasie was van die reeds agt jaar lange voortslepende stryd in die Donbass nie, maar wel ‘n volwaardige inval van Oekraïne, met volle erns, en met dus al die gepaardgaande potensiële konsekwensies vir WO3 ontlok as die Weste direk sou probeer inmeng (daarom dat die Russe bv. ten aanvang die kernkragsentrales soos Chernobyl en Zaporizhzhia vir besetting geteiken het, om die skadu van kern eskalasie met Rusland as die wêreld se grootste kernwapen moondheid, oor Westerse koppe te hou).

Wat die militêre stryd betref, is een van die eerste dinge wat dus opval omtrent die konflik partye se oogmerke en strategieë, die verskil in begrip van wat dit behels om ‘n moderne oorlog werklik te wen: die Weste met sy imperiale geskiedenis van militêre verowering in die buiteland en dominiums vestig en territoriaal begrens sonder ag op andere se etniese of kulturele eie identiteite, streef na grondgebied verower (jaag bv. om Kaboel en Bagdad vir die TV-kameras te beset, amper soos ‘n verfbal geveg se gejaag om die opponerende vlag te kaap). Wat heelparty 20e eeuse oorloë egter terdeë bewys het veral dié wat die VSA verloor het, soos Vietnam, Irak en Afghanistan is dat oorlog ten ene male nie verfbal speel is nie. Dat ongebroke volke kan bly veg (en uiteindelik wen) lank na hulle grondgebied en hoofstad verower is.

Nog steeds maar soos in die middel-eeue...

Soos in alle eeue tevore, besef Poetin daarenteen dat die sleutel tot werklik wen is om die vyand se WIL om voort te veg, te breek. Vernietig hulle vermoë en wil om hulle te verset, en die territoriale winste sal vanself realiseer. Want dis juis die probleem met die blitzkrieg-tipe snelle maneuvers: dit mag takties suksesvol wees, maar dit wen nie in sigself oorloë nie. Dit skep in der waarheid onder die gewone bevolkings verleentheid-gedrewe haat, en word die aanvanklike verloor meer dikwels dan gewyt aan hulle uit oorlegde krygsmagte se gebrekkige geveg vernuf. Maar dit breek nie die bevolking en aktiviste se wil tot verset nie veel eerder spoor dit hulle aan om dan insurgensie oorloë te begin ten einde nasionale eer en soewereiniteit te herstel, en verval die blits-okkupeerder vervolgens dan in ‘n jarelange mergel stryd, geisoleer in sy garnisoene, soos in Afghanistan en Irak.

Die Russiese taktiek langs hierdie lang front, is om deurlopend afwisselend op verskillende punte, toets-aanvalle te doen (“probing”). Dit verplig die Oekraïniërs om, telkens wanneer die Russe ‘n swak

Dat die oorlog in veral die Donbass baie anders is as bv. ons eie Bos oorlog, sal duidelik wees uit hierdie twee kort YouTube video’s (vir diegene wat nog nie veel beeldmateriaal van die oorlog gesien het https://www.youtube.com/watch?v=KM2EOQdjAj8&t=131snie): (tipiese voorstedelike gevegsterrein)

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 11 kapasiteit en die volledige breek van die bevolking se wil tot verset. Dis nie Hollywood mediaties of humanisties nie (veel eerder Middeleeus) maar wel brutaal effektief en besparend van eie verliese. Die verskil in die hoeveelheid, tipe en kapasiteit van wapentuig beskikbaar aan die opponente, speel ook natuurlik ‘n rol in die bepaal van taktiek die Oekraïniërs, wat nie die Russe se artillerie voorsprong kan ewenaar nie, moet met hulle infanterie wapentuig die geveg so na as moontlik aan die lyf van die Russe probeer bring, soos ‘n bokser met kort arms. Die Russe, daarenteen, kan terug dans wanneer nodig, en met hulle geskut die Oekraïniërs op ‘n afstand verpletter, sonder dat lg. ‘n genoegsame vermoë het vir teen-battery vuur. Daarom dan ook dat die Russiese infanterie slegs vestings stormloop nadat hulle eers seker gemaak het hulle artillerie die vyand reeds daar uitgedryf of elimineer het; dié taktiek lok voorts dan ook die Oekraïniese bevelstruktuur uit om hulle reserwes te bly instuur om die front-linie te probeer behou, waarna die sagmaak repeteer wat die swaar verliese aan Oekraïniese kant verklaar.

• dit gee die ekonomiese en diplomatieke oorloë plus die weer / winter kans om volledig te impakteer.

‘n Sistematiese, artillerie gedrewe benadering word dus deur die Russe gevolg, wat vyf groot voordele vir hulle inhou, nl. dit: • beperk Russiese verliese,

• plaas die Weste voortdurend in besluitneming dilemmas (wanneer is welke vlak van teenreaksie geregverdig), • breek plaaslike wil tot verset af, • maak die Westerse publiek en media gewoond aan en gatvol vir oorlog, en

‘n Verdere aspek gedikteer deur die moderne man pak wapentuig vir lug afweer en anti tenk, plus hommeltuie (“drones”) en die plat terrein daar op die steppe sonder veel beskutting, is dat die pantsers wat oor ope terrein tipies vir blitzkrieg die bres moet slaan, totaal blootgestel en dus prakties onbenutbaar is in ‘n massa frontale aanvalsrol op die Oekraïniese steppe iets wat hard gedemonstreer is tydens die aanvangsfase van die Russiese inval, en weer (met die skoen aan die ander voet) gedurende die Oekraïniërs se teen-aanval in die Kherson-omgewing aan die einde van Augustus lg. teen aanval, waaroor ons later hierin meer sal sê.

(En siende dat die VSA se huidig verklaarde oogmerk met die oorlog is om Rusland “so veel moontlik te bloei” is die teenkant van die munt vir die Russe, om ‘n strategie te volg wat hulle eie verliese hulle eie “bloei” so vêr moontlik sal beperk).

Omrede die gevegslinies daar in die Donbass sedert 2014 oor agt jaar heen opgebou is, en daar lank reeds geen burgerlikes meer in daardie kontak-sones woon nie, is dit ‘n mengsel van ‘n Stalingradsituasie en die loopgraaf oorlog van die Westelike Front gedurende 1914 1918.

https://www.youtube.com/watch?v=p6pJLNvp-B8 (vlamwerper vuurpyl-geskut in aksie)

In Suid Afrikaanse terme, is die Donbass vergelykbaar met die Witwatersrand: ‘n mynbou streek met industrieë en digte stedelike nedersettings. Die Sowjet era woonstelblokke van gewapende beton, maak ook ideale vestings. Om daar deur te veg, is soos om van Potchefstroom na Heidelberg toe te moet veg, straat blok vir straat blok, van fabriek na fabriek, mynhoop na mynhoop al verskil is, dié front is in werklikheid so lank soos van Pretoria na Kaapstad...

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 12

So is daar bv. gereeld berigte dat ‘n Russiese pantser leër aan’t opbou is net noord van die grens in die omgewing van Belgorod. Plus dat die nuwe Russiese 3e Korps reeds op die Suid oos grens aangekom het, by Rostof aan Don. Plus dat die Russe soveel as 45 Bataljon Taktiese Groepe in gereedheid het in die Suide, in die Suidelike provinsies van Kherson en Zaporizhzhia. Jongslede ook het die Oekraïniërs (wat gevoer word met VSA satelliet verkryde en tegniese inligting) verklaar dat die Russe iewers op die grens ‘n lug aanvalsmag van 400 vliegtuie, meer as 200 transport helikopters en 150 aanvalshelikopters saamgetrek het. En dan die realiteit dat die Russiese Vloot ‘n amfibiese mag met twaalf landingskepe in die Swart See gereed het. Op die kaart hierbo het

Russe in die gunstige posisie dat hulle, by wyse van strategiese ontplooiings digby Oekraïne se grense met Rusland en Belo Rus (wat saam, Oekraïne prakties om-arm), in staat is om die Oekraïniërs te dwing om hulle magte te versprei na ander fronte as net die Donbass en Kherson. Dit is so, omdat dit duidelik is dat Rusland te enige tyd nuwe fronte kan open nuwe invalle, elk met die potensiaal om Oekraïne in twee of meer stukke te kloof en Oekraïne se logistieke lyne na die Oos front af te sny.

punt vind en ‘n deurbraak maak, nog reserwes in daardie bres te gooi want al wat Oekraïne wel ‘n veelheid van het, is in werklikheid infanterie liggame. Daarom dat analiste bereken dat die Russe se totale ongevalle (gedood en gewond) oor die afgelope ses maande op naastenby 60,000 man staan, tenoor na bewering ongeveer 200,000 aan OekraïnieseDaarbykant.isdie

Omdat Rusland nie formeel oorlog verklaar het nie, kan die Kremlin nie wettiglik die hele land mobiliseer en bv. dienspligtiges of reserviste na die front ontplooi nie slegs maar vrywilligers. Die hele ekspedisie mag bestaan dus uit vrywilligers en kontrak soldate, ingeslote die nuwe 3e Korps van waarskynlik ongeveer 40-45,000 man, wat met die heel modernste Russiese wapentuig soos die T90 tenk toegerus is en nou gereed is vir ontplooiing na ‘n front. Poetin het ook onlangs nuwe maatreëls onderteken wat magtig dat die aktiewe mannekrag van die Russiese gewapende magte op 1 Januarie 2023 verhoog mag word na ‘n totaal 2.04 miljoen, waarvan 1.15 miljoen gevegstroepe sal wees (op met 137,000). Daar is na bewering ‘n verdere 2 miljoen opgeleide reserviste beskikbaar. Oekraïne se maksimale beskikbare mannekrag van alle tipes en kwaliteit, word daarenteen op 700,000 geskat.

het uiteraard na die Februarie inval gemobiliseer en reserviste opgeroep sowel as diensplig konskripsie ingebring, sodat sy beskikbaar aktiewe mannekrag in totaal tans op tussen 500,000 en 700,000 geskat word. Die Oekraïniese verdedigingsmagte het dus in werklikheid ‘n numeriese meerderheid in troepe tans in die arena, alhoewel nie in toerusting of in kryger ervaring nie. Deur Kiëf egter te verplig om troepe gereed te hou vir moontlike verdere invalle vanaf ander potensiële fronte, wat elk in eie reg die potensiaal het om die voortbestaan van Oekraïne te bedreig, beteken dit dat die beskikbare Oekraïniese troepe uiteraard versprei moet word. ‘n Voorbeeld hiervan was die terugtrek van die meerderheid van Oekraïne se oorblywende artillerie en swaar toerusting na Wes van die Dnieper rivier gedurende Julie en begin van Augustus. Dit het die Oekraïniese troepe aan die Donbass front gevaarlik blootgestel gelaat en die Russe en hulle plaaslike bondgenote toegelaat om gedurende hierdie afgelope maand sistematies winste daar te behaal. Die terugtrekking is deur Kiëf verduidelik met verwysing na ‘n grootskaalse opbou om ‘n teen aanval te kan loods teen die Russiese magte se strategies uiters belangrike brughoof Wes van die Dnieper in die Kherson-provinsie. Dis egter duidelik dat dit bloot nugtere denke is vir Oekraïne om nou reeds te begin gereed maak vir die verdediging van sy Westelike hinterland met die hele Lugansk wat reeds geval het en nou die Donetsk oblast (en daarmee saam dus die hele Donbass) wat stelselmatig deur die Russe ingepalm word Rusland het in Augustus beweerdelik 258 dorpe ingeneem. Dis logies dat die Russe, na Donetsk en die Donbass ingeneem is, sal begin fokus op uitbrei na die krities belangrike oorblywende hawestede van Oekraïne aan die Swart See (in die besonder Odessa) en ook mag poog om Oekraïne langs die Dnieper-rivier Noord-Suid in twee te deel. Oekraïne se her-ontplooiing Wes van die Dnieper vir die teen aanval teen Kherson, was dus in vele opsigte ook dienstig as skuifmeul vir hierdie noodsaaklike pro aktiewe onttrekking van veral die oorblywende Oekraïniese artillerie, met die oog op die verdedigingsbehoeftes wat duidelik gaan voorlê veral wanneer die nuwe 3e Korps tot die stryd toetree.

ek hierdie ontplooiings aangedui, en die waarskynlike aanvalsroetes waarmee die Russe die Ooste en Suide van Oekraïne sou kon afsny van hulle logistieke bronne in die Weste.. Dit moet onthou word dat Rusland steeds nie formeel oorlog verklaar het teen Oekraïne nie. Die inval word dus voorgehou as bloot ‘n “spesiale militêre operasie” gemik op die uitsorteer van ‘n “disfunksionele” buurman met beweerde “Nazi” tendense (overgesegdsynde, Oekraïniese nasionaliste wat hulle eie land wil hê en nie deel wil wees van ‘n imperium nie).

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 13

Die grootte van die Russiese ekspedisie mag van professionele soldate in Oekraïne word op ongeveer 150,000 bereken, plus eenhede van die twee klein geallieerde separatiste-republieke van Donetsk en Lugansk. In die Kherson area (die teiken van die Oekraïniese teen aanval wat einde Augustus begin het) het die Russe en geallieerdes tussen 20 25,000 professionele troepe, ingeslote die 7e en 82e lugtroepe en 45 Spesmagte brigade, teenoor potensieel na raming 30 45,000 Oekraïniese aanvallers vir die Kherson front, saamgestel uit beroepsoldate, gebiedsmagte en diensplig konskripsie (‘n groot proporsie van Oekraïne se beskikbare magte is steeds teenoor die Donbass en rondom Kharkof Oekraïneontplooi).

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 14

Dikwels word gevra: wat sou Rusland se ideale uitkoms wees? Dit begin al hoe duideliker word dat dit die herstel is van die gebied wat Katarina die Grote onder die Russiese vlag gebring het met haar oorwinnings oor die Ottomaanse Turke drie eeue gelede die gebied wat toe “Nuwe Rusland” gedoop is, oftewel Novorossiya. Hieronder is ‘n kaart van die gebied; Poetin het reeds in 2014 duidelik gemaak dat dit sy ideaal is om daardie gebied terug in te lyf.

Die Oekraïniese teen-aanval teen Kherson: Gedurende die laaste week van Augustus, op die 29e, het Oekraïne toe wel die lank beloofde teenaanval om die Kherson-gebied te probeer herower, amptelik geloods nie met die gedreigte “miljoen man leër” nie, maar na beraming met sowat 30 45,000 troepe daarvoor ge oormerk, volgens berig word om in vyf golwe aan te val. Die eerste golf was relatief klein, meerendeels bestaande uit gebiedsmagte en dienspligtiges, wat oor ‘n breë front aangeval het om in wese die Russe se verdediging te toets vir swak plekke, sodat die opvolgende golwe van geharde troepe, dan deur sulke bresse gekanaliseer sou kon word; die laaste golf van glo 20,000 sal dan weer meerendeels gebiedsmagte en dienspligtes wees, om te konsolideer (of die aanval aan die gang te hou tot die tyd strategiese doelwitte bereik is, soos hieronder beskryf).

Daar is ‘n tien tal redes vir Oekraïne om die teen aanval (wat dusver nie verder as die eerste verdedigingslinies kon kom nie en reeds onderhewig is aan Russiese teen-teenaanvalle), nou wel te geloods het: • Die komende vergadering van die sg. “Ramstein 5” kontak groep oor verdedigingshulp aan Oekraïne, wat op 8 September onder VSA leiding by hulle lugmagbasis in Duitsland geskeduleer is, tesame met die EU se komende noodvergadering belê vir 9 September deur die Tsjegge as huidige EU voorsitter, om die energie krisis te bespreek met Kiëf wat vrees dat hulle Westerse en veral Europese steun gaan verloor as hulle nie vordering kan wys nie; die vermoede is dus sterk dat die operasie sal voortduur totdat minstens daardie vergaderings afgeloop het en daarom in vyf golwe beplan is. Teen midde September behoort die begin van

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 15

die herfs rasputitsa (die modder seisoen) ook beskerming te bied aan die Oekraïniërs, as hulle dan die aanval moet staak en weer tot die verdediging sou moes oorgaan.

Om die Russiese opmars na die hawestad Nikolaiev (Oos van Kherson en op die pad na Odessa) te vertraag.

Om Kiëf se eie geloofwaardigheid te sterk onder hulle eie ondersteuners in Oekraïne self en in die Weste Kiëf brêg nou al so lank oor sy komende miljoen man operasie, dat hulle nou iets moes doen, voor die rasputitsa toeslaan en sulke grootskaalse operasies onprakties maak;

• Bewerings van Kief se kant dat Rusland glo referendums oor inlywing sou beplan vir 11 September in Kherson en Zaporizhzhia (alhoewel daar nog geen konkrete Russiese aankondigings oor so iets was nie en die tydsberekening van sulke beweerde Russiese planne om referendums so vroeg te hou, deur Russies gesinde ontleders erg bevraagteken word).

Die teen aanval teen Kherson dien ook as regverdiging teenoor Kiëf se eie troepe in die Donbass, vir die feit dat daardie troepe tans so blootgestel is deur die terugtrek van artillerie en swaar wapentuig na stellings Wes van die Dnieper rivier;

Die teen aanval is waarskynlik nou eers begin, want Kiëf wil die rasputista benut om hulle moontlike winste te beskerm teen grootskaalse teen-teenaanvalle, en ook om (sou dit nie goed gaan met die Oekraïniese operasie nie) dit moeilik te maak vir die Russe om die situasie te eksploiteer deur self daarna met groot teen aanvalle te begin teen bv. Nikolaiev en Odessa, wanneer Oekrainiese magte swak mag wees na verliese gelei tydens hulle operasie.

• Dis ook moontlik dat die Oekraïniese magte hierdie teenaanval (wat, geoordeel op die eerste dae se aanduidings, reeds diep in die moeilikheid is) geloods het om die werklike magsrealiteite op die grond, te begin invryf vir die Weste en hulle eie nasionaliste en politici, ten einde ‘n klimaat te begin skep vir onderhandeling en die noodsaak om moontlik kompromieë te moet aangaan? Of om van die huidige politieke leierskap ontslae te raak? (Dit is bekend dat die hoof van die gewapende magte en die politici in Kiëf nie aldag om dieselfde vuur sit nie, met president Zelensky wat druk bly uit oefen vir militêre aksie. Zelensky het bv. volgens Ukrania Pravda ‘n top vlak geheime vergadering op 28 Augustus belê gehad waar hy gedruk het vir die teen-aanval loods voor begin September, beweerdelik teen die advies van sy top generaals).

Die dreigende ontplooiing van die hoogs potente nuwe Russiese 3e Korps, met die idee dat ‘n Oekraïniese teen aanval gemik op Kherson hierdie vars, goed toegeruste eenhede soontoe sal trek en dus hulle sal weg hou van die reeds erg bedreigde Donbass front.

Om moontlike grootskaalse Russiese afsny operasies wat die land in stukke kan verdeel, voor te spring en tyd te wen tot minstens na die komende herfs rasputitsa.

Om Westerse, veral Anglo druk op Oekraïne om iets te doen, te verlig;

Als in als is die Oekraïniese teen aanval vir die herower van Kherson 'n baie hoë risiko skuif, want die Russiese doktrine van verdediging is teen aanval, en Moskou kan nou nuwe gapings vind, as gevolg van die swaar verliese wat die Oekraïniërs reeds in die eerste fases van die teen aanval gely het (in toerusting en van hulle beste troepe). Die grootskaalse Oekraïniese offensief (die eerste in die ses maande van oorlog) bied ook "regverdiging" vir Rusland om verder te bly eskaleer. Daarby is dit nie werklik ‘n geldige strategie vir die Oekraïniërs om die Russe vanuit Kherson terug te wil dryf Oos van die Dnieper en die rivier dan as natuurlik verdedigbare front te wil gebruik nie, want die Russe kan met die grootste gemak weer vanuit die Noorde, vanuit Belo Rusland, weswaarts om die rivier heen, inval en die land só Noord Suid in twee deel (die herowering van Kherson sal wel egter grootliks help om Odessa en die oorblywende Swartsee kus teen ‘n Russiese aanval direk uit die Ooste, te Inbeskerm).somtotaal, egter, kan mens verwag dat indien hierdie hoë risiko en duur Oekraïniese aanval nie vinnig konkrete resultate gaan oplewer nie dit vir hulle 'n groot sielkundige en diplomatieke terugslag gaan wees: onder hulle eie troepe en bevolking, en ook in die Weste (veral sal Europeërs die sin van

Supporters of the (Italian) Rightwing coalition, likely to take power on September 25, believe Italy is ideally placed to broker a deal with Moscow, ensuring the restoration of supplies of cheap gas from Russia.

voortgesette steun aan die Oekraïniërs se “verlore saak” teen so ‘n hoë koste vir hulle eie ekonomieë, al meer begin betwyfel, en sal hulle kommer oor die gruwelike menseslagting en destruksie hulle begin neig tot soek na vredeskompromieë, eerder as na die straf van Rusland). Baie lande in die res van die wêreld sal ook nog meer vir Rusland as noodwendige toekomstige wenner sien (in wie se goeie boekies hulle sal wil wees, met heelwat anti koloniale skande vreugde ook teenoor die Amerikaners, Britte en NAVO vir dié se verleentheid).

By Robert Fox The story of the Ukrainians’ long heralded counter offensive on the city of Kherson is one of symbol as much as substance. Their forces have attacked across a 50 mile front, targeting five or six key strongpoints, to cut off and destroy Russian forces in Kherson, the first major strategic city seized by Russian forces in the south of Ukraine after the invasion on February 24. Against strong military advice, President Zelensky ordered the attack on Kherson to be before September 1 the city held by the Russians is on the west bank at the mouth of the Dnipro river. Secure Kherson and the ports to the west from Mykolaiv to Odesa and its satellites will be secure for Ukrainian forces and shipping through to next Militaryspring.advisers said Ukraine needed to gather more fully trained forces, complete with tactical and strategic reserves to ensure success.

Zelensky wanted urgent action because he fears the sense of stalemate on the battlefront is eroding support among allies, particularly the EU. The Italian general election campaign has produced a vociferous peace camp.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 16

Oor hoe die Oekraïniese teen aanval werklik verloop, kry mens ‘n goeie idee deur na die Anglo sfeer se pers-dekking daarvan te kyk, en veral na die voorbrand wat solank daarin gemaak word vir minder luisterryke resultate op die vierde dag van die aanslag het beide Reuters en Associated Press dit bv. nie eens in hulle beriggewing vermeld nie. CNN en Business Insider daarenteen, het op dag 4 artikels geplaas (wat aan hulle gevoer is deur die Pentagon), met klem daarop dat die Amerikaners die Oekraïniërs vooraf sou gemaan gehad het om hulle teen aanval in omvang en oogmerke af te skaal sodat hulle nie vasval nie. In dieselfde beriggewing word ‘n Kiëf woordvoerder aangehaal dat die teen aanval glo doelbewus ontwerp is om juis nie vinnige resultate lewer nie: "Dit is 'n beplande stadige operasie om die vyand fyn te maal en só die lewens van ons troepe en burgerlikes te spaar," het hy gesê. ‘n Verdere aanduiding dat Westerse verwagtinge vir die teen aanval (as militêre operasie) nie hoog is nie, spreek uit ‘n artikel in die Londense Evening Standard. Dis geskryf deur die gerespekteerde korrespondent Robert Fox, wat benadruk dat die teen aanval eerder simboliese as strategiese waarde het en dat dit polities deur Zelensky afgedwing is, teen die advies van sy militêre leiers. Hier volg die inleidende paragrawe van dié artikel:

Ukraine’s Kherson offensive is more symbolic than strategic

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 17

Met die teen aanval wat so lank reeds vooruit geskadu is, kon die Russe uiteraard daarvoor beplan. ‘n Potensieel problematiese verwikkeling vir die Oekraïniërs is dat hulle enigste “deurbraak” deur die eerste verdedigingslinie, geskied het by wyse van ponton brûe oor die Ingulets rivier ‘n spesifieke stel brûe wat die Russe na drie dae van gevegte steeds nie aangeval gehad het nie, alhoewel hulle die ander gepoogde rivier kruisings (om die invalsfront te probeer verbreed) met relatiewe gemak gestuit het... Die Oekraïniërs het dus penetreer op ‘n enkele punt, langs ‘n baie nou front, geflank aan weerskante deur van die Russe se beste valskerm eenhede. Dié het die aanvallers suksesvol kon weg hou het van hulle aanvanklike strategiese objektief (synde die hoofpad wat ooswaarts loop na die Nova Kakhovka dam-wal in die Dnieper-rivier).

Dit lyk dus vir baie kenners asof die Russe doelbewus die Oekraïniërs al dieper in kanaliseer het in die plat, oop steppe-vlakte in want beweeg moes die Oekraïniërs wat penetreer het ten alle koste bly beweeg, omdat hulle staties deur die Russiese artillerie verpletter sou word op daardie oop vlaktes. Dit lyk dus alte baie na ‘n “Mongoolse verdedigingsplan” aan die kant van die Russe, waar die vyand toegelaat word om die linies op ‘n gegewe punt te penetreer en dan in effek in ‘n “killing ground” van die verdediger se keuse ingelok word (soos wat die SA Weermag in 1988 beplan gehad het om met die Kubane te doen, indien dié wel SWA sou ingeval het). Die komende dae en weke sal wys of hierdie enigste “deurbraak” van die Oekraïniese teen aanval, nie in werklikheid ‘n slagyster was waarin hulle getrap het nie... Wel reeds tekens dat die Weste die akker begin voorberei vir dalk Oekraïne moet abandoneer: Gedurende Augustus het daar ook reeds belangrike tekens opgeduik van veral die Amerikaners wat begin die akker voorberei vir die Oekraïniërs dalk moet abandoneer. Een hiervan was ‘n belangwekkende artikel (opgevolg met media onderhoude) deur die New York Times se deskundige oor buitelandse sake, Thomas Friedman, wat ten nouste by die Biden-groep ingeskakel is. Hy het veral gewag gemaak daarvan dat die verhouding tussen Biden en Zelensky veel slegter is as wat meeste mense mag dink Zelensky wil glo nie aldag VSA advies aanvaar nie, sodat wat in Oekraïne gebeur sý besluite is en nie op Biden se brood gesmeer moet word nie. ‘n Ander voorste spanlid van die hoofstroom media in die VSA, die kanaal CBS, het opspraak gemaak met ‘n artikel gefokus op die hoë vlakke van korrupsie in Oekraïne, met glo slegs 30% van Westerse hulp, ingeslote wapen-hulp, wat by die front uitkom. Die mees saakmakende rasionalisering van ‘n moontlike weg swaai van die VSA en die VK se buitelandse fokus, weg van Oekraïne, was ‘n reeks van toesprake wat senior Britse en Amerikaanse amptenare einde Julie en begin Augustus gemaak het oor die feit dat Sjina die Weste se grootste toekoms bedreiging is en bly. Sulke toesprake word in die media slegs maar deur die handjievol onderwerpspesialiste en entoesiaste raakgelees, sodat dit nodig was om ‘n voldoende dramatiese media-“gebeurlikheid” op die planke te bring, ten einde die boodskap dat Sjina die eintlike gevaar is, by die breër publiek tuis te bring. Dit het in Augustus afgespeel met Amerikaanse Speaker Nancy Pelosi se gewraakte besoek aan Taiwan, wat die Sjinese bedreiging baie pertinent op die TV-skerms en voorblaaie gehou het vir dae aaneen. Dit sou erg naïef wees om die “spin” te glo dat hierdie besoek ‘n sommer so persoonlike inisiatief was van Pelosi, teen die Biden regering se wense. Sou dit dus nodig word vir Washington om weg te begin tree van die stryd in Oekraïne as dinge daar vir hulle kant dermate skeef begin loop dat dit nie meer deur hul goedgesinde media verdoesel kan word nie, dan sal dit sekerlik gemotiveer word met verwysing na die gedemonstreerde noodsaak om op die hoof bedreiging, synde Beijing, te kan konsentreer... Vele Duitsers en Franse (tesame met baie ander) sal natuurlik met reg kan vra: maar hoekom is hierdie opsigtelike strategiese realiteit nie vroeër in Washington ingesien nie (soos wel lank reeds gedoen is in Parys en in Berlyn) met eerder ‘n beleid van Moskou by die Weste betrek ten einde Sjina te kan isoleer, in stede daarvan om hulle in mekaar se arms te gedryf het deur Rusland doelbewus uit te getart het by wyse van die vure te gestook het in Oekraïne?

Desperate Oekraïniese aksies, wat onberekenbare gevolge mag inhou:

Een voorbeeld hiervan is die feit dat Kiëf hom al hoe meer wend tot terreur as wapen, veral motor bomme en sluipmoorde teen burgerlikes met wie se politiek hulle nie saamstem nie. Die ander (uiters ernstige) voorbeeld is hulle pogings om die kernkragsentrale by Zaporizhzhia (die grootste in Europa, nog uit die Sowjet-era) en wat onder Russiese beheer is, in spel te probeer bring in die sielkundige en media oorlog, asook om die sentrale buite werking te wil stel deur middel van artillerie bombardement, noudat die Russe die krag lewering wil afsny van die Oekraïniese netwerk en wil koppel met die Russiese netwerk. Hierin word Oekraïne gesterk deur die eensydigpropagandistiese Anglosfeer media, wat bv. klakkeloos bly berig dat dit Rusland self is wat sy eie mense en toerusting by die kragsentrale sou bombardeer, en nie Oekraïne wat agter die artillerie aanvalle sit nie (soos gesê, word die bombardemente geloods deur die Oekraïniërs om te probeer keer dat die Russe die kraglewering oorskakel na die Russiese netwerk, weg van die Oekraïniese een, met Kiëf wat dié krag in die komende winter uiteraard broodnodig sal hê). Die reaktor-kamers is self sterk genoeg om artillerie kartetse te weerstaan, maar die Oekraïniërs teiken die naasliggende verkoeling aanleg en die store vir gebruikte (maar steeds hoogs radio aktiewe) kern brandstof, wat in sigself tot ‘n ramp kan lei. Volgens Russiese bronne het Oekraïne ook op die oggend van die onlangse inspeksie besoek aan die kragsentrale deur ‘n span van die Internasionale Atoom Energie Agentskap, probeer om daardie geleentheid te benut om die sentrale met spesmagte te beset. Hulle sou beweerdelik redeneer het dat, met die inspeksie daardie oggend, die Russe hulle troepe aan die sentrale sou moes onttrek het. Ook het die Oekraïniërs beweerdelik gemeen dat, met die internasionale inspekteurs daar, die Russe ingeval die spesmagte sou geslaag het om die sentrale te beset nie die besetters sou kon aanval nie, uit vrees vir die inspekteurs leed aandoen en ‘n media storm ontketen. Dit is dus gesien as die ideale geleentheid om ongeopponeerd so ‘n kommando operasie te loods, uit die Weste van oor die dam heen wat die front daar vorm tussen die twee kante. Die beweerde aanval is volgens die Russiese bronne uitgevoer vanaf twee flanke: die meer Noordelike een met sewe snel bootjies en sestig man is eerste van stapel gestuur, beweerdelik gevolg ‘n uur later deur twee enorme barkasse vanaf ‘n vertrekpunt verder Suid, met na bewering ‘n hele bataljon van spesmagte aan boord. Die operasie is volgens die Russe met die hulp van die Britte beplan, en meeste van die spesmagte wat sou deelgeneem het, het glo ook onlangs spesialis-opleiding in die VK voltooi gehad. Ongelukkig vir die aanvallers het die Russiese intelligensie dienste klaarblyklik kennis gehad van die beplande aanval. Die eerste groep is toegelaat om te land, en toe in ‘n dodelike spervuur vernietig, met net enkele oorlewendes. Die barkasse is gesink, en die inspeksie het met enkele ure se vertraging wel voortgegaan. (LW: die Oekraïne-konflik word veral gekenmerk deur die felle propaganda-stryd daaromheen, sodat dit wel moontlik is dat hierdie tot nog toe onbevestigde “aanval” ‘n Russiese verdigsel of toneel opvoering was vir die oë en ore van die inspekteurs, om hulle te beïnvloed teen die Oekraïniërs met lg. wat dusver heftig ontken dat hulle ooit so ‘n kommando-aanval geloods het, alhoewel daar wel bewys is dat hewige skietgevegte en grond aanvalle deur Russiese aanvalshelikopters daardie oggend op die dam oewer langs die sentrale plaasgevind; net die tyd sal leer wat werklik gebeur het). Selfs egter net die Oekraïniërs se gereelde artillerie-vuur, gerig op die omgewing van die kernkragsentrale (waarvoor daar wel konkrete bewyse is) is ‘n dobbelspel met sensitiewe kernkrag infrastruktuur wat as sulks baie bedenklik is en spreek van Oekraïniese desperaatheid om die Weste nog meer direk betrokke te probeer maak meer dus, as om net wapens aan Oekraïne lewer.

Wat kommerwekkend is, is die groeiende tekens van desperaatheid aan die kant van Kiëf, wat die risiko inhou van ernstige eskalasie ook op kern gebied.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 18

Dis ‘n dobbelspel wat ongelukkig in sekere valke kringe in die geledere van Amerikaanse en Britse politici versterk word. Tobias Ellwood, die voorsitter van die Gekose Komitee oor Verdediging van die Britse Laerhuis, het dit bv. goed geag om onlangs te verklaar het dat enige vrylating van radio aktiewe materiaal vanaf Zaporizhzhia (hoe en deur wie ook al veroorsaak) en wat deur die wind oor NAVOgrense gewaai mag word, beskou sal word as ‘n militêre aanval deur Rusland op NAVO self, wat dan outomaties Artikel 5 van die NAVO verdrag in spel sal bring en uitloop op direkte NAVO militêre toetrede tot die oorlog.

Ironiesword).

(Nota: Hierdie is die 3e keer die afgelope eeu dat die Oekraïniese nasionaliste probeer om onafhanklikheid van Moskou te wen: die eerste was na WO1, wat gebreek is deur Stalin d.m.v. onder andere die honger gedrewe terreur van die holodomor volksmoord; die 2e keer was gedurende die 2e Wêreld oorlog toe die nasionaliste onder Bandera aan die kant van die Nazi’s geveg het, en daarna die prys van vergelding moes betaal; en die 3e keer was vanaf 2014 met VSA hulp dit moet besef word dat Oekraïne se wegbreek van Moskou na die val van die USSR in 1991 destyds gedrewe was deur die plaaslike kommunistiese elites wat hulleself wou beveilig en bevoordeel, meer as deur Oekraïne se multi etniese bevolking).

Uiteraard sal direkte NAVO-toetrede tot die konflik in Oekraïne teen Rusland, die Derde WêreldOorlog beteken; Rusland het reeds gewaarsku dat die gebruik van kernwapens (indien hulle voortbestaan bedreig sou word), dan nie uit te sluit is nie. Sou so ‘n radio aktiewe insident wel ontlok word, sal dit bygevolg ook enorme gevolge vir die res van die wêreld hê nie net in terme van radio aktiewe besoedeling nie, maar vanweë die potensiaal vir die konflik eskaleer tot ‘n veel groter en dodeliker oorlog op wêreld skaal.

Geen motivering aan enige kant om die oorlog spoedig te probeer beëindig nie:

Rusland het dus ook geen motivering om klaar te kry met sy “spesiale militêre operasie” nie, veral nie voor Rusland se histories magtigste veldheer, Generaal Winter, nie sy slag geslaan het nie.

Dus, die militêre stryd gaan voortduur, met nog meer verwoesting en lewensverlies vir Oekraïne.

Die daaropvolgende Russiese oogmerke is om Oekraïniese nasionaliste se wil tot verset te breek, net soos wat met die sg. Poetin doktrine van sistematies brutale, uitmergelende verwoesting oor ‘n periode van tyd heen, in Tsjetsjnië en Sirië vermag is.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 19

Van die kant van die Biden administrasie in Washington is daar ‘n besef dat Oekraïne die militêre stryd daar in die party politieke belang van die Demokrate in die VSA aan die gang moet hou, minstens totdat die Amerikaanse “mid-term” verkiesings van vroeg November 2022 verby is (om ‘n herhaling te vermy van verlede jaar se Kaboel debakel, wat op Biden se brood gesmeer is). Oekraïne self bly hoop op 'n wonderwerk, dus wil hulle ook aanhou ten einde soveel moontlik tyd te gee vir een om wel te gebeur. Dis van kardinale belang vir hulle om, met nou teen aanvalle loods, die vlam van hoop lewend te hou onderwyl hulle Westerse borge in die tweede week van September weer vergader sodat ‘n uitbreiding van Oekraïniese krygsoperasies oor die korttermyn verwag moet word vir polities strategiese redes, meer as vir konkrete militêre winste (Russiese bronne verwag dat, benewens die Kherson teenaanval, aksies ook in die omgewing van Kharkof en Izium geloods mag genoeg, is die Russe ook hoegenaamd nie haastig om Oekraïne klaar te maak nie. Moskou (en Sjina) wil bowenal Westerse hegemonie breek, eers deur Europa ekonomies op sy knieë te dwing, en dan deur Washington voor die hele wêreld op die internasionale verhoog staan te maak as sigbaar nou ontdaan van sy eensmalige opper mag (met Oekraïne as ‘n soort tweede Kaboel).

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 20

Hoekom is daar tans geen diplomatieke inisiatiewe nie? Wie het Maart/April se belowende onderhandelinge torpedeer? Die Russe is goed bekend met die NeoCon/Biden koppeling en dat die Kremlin se belange dus ten beste gedien sal word indien Biden in November 2022 se midde-termyn verkiesings ‘n kongres sou kry beheer deur die Republikeinse opposisie, maar veral dat Biden self die 2024 presidentsverkiesing verloor (of nie staan nie). Die Russe verstaan dus waarskynlik dat die eerste werklike opening vir ‘n skikking met Washington slegs maar sal kan kom, as en indien ‘n bewindsverandering in die Amerikaanse kongres wel oor drie maande sou realiseer maar, meer waarskynlik, eers as daar na 2024 ‘n nuwe president in die Wit-huis is (een wat nie die Neocons in beheer van buitelandse beleid laat nie, bygesê). Omrede dinge tans militêr vir die Russe volgens plan verloop op die slagveld, sowel as in die ekonomiese oorlog (waarby ons aanstons sal uitkom), en gegewe hulle gestadigde uitmergel strategie gebaseer op die Poetin-doktrine, is daar geen haas aan hulle kant om te onderhandel nie alhoewel hulle benadruk dat hulle deur altyd oop staan vir praat, en hulle byvoorbeeld goed met Türkiye en die VN saamgewerk het in die onderhandelinge om graan uitvoere te hervat. Die Westerse alliansie se posisie skyn op die oppervlak verenig te wees, nl. dat Poetin gestraf moet word en nie toegelaat kan word om te wen nie, met Oekraïne alleen wat moet bepaal wanneer en hoe onderhandel moet word (indien wel). Dis egter duidelik dat daar heelwat tweespalt en bitterheid onder die oppervlak broei. Die Franse en Duitsers het nie vergeet hoe die VSA/VK hulle pogings tot ‘n onderhandelde skikking (by wyse van die Minsk-akkoorde wat hulle bemiddel het) doelbewus verongeluk het nie, en ook nie dat Washington hulle wyse advies om nie vir Oekraïne by NAVO te betrek nie, in die wind geslaan het Nuland is bv. op rekord in onderskepte kommunikasies tussen haar en die destydse VSA ambassadeur in Kiëf, waar sy pront vir hom gesê het “fuck the Europeans” toe die ambassadeur gewag gemaak het van die Europeërs se kommer oor die Amerikaanse aanstook van die staatsgreep van 2014).

In ‘n artikel in die jongste Foreign Affairs deur die Amerikaanse kenner van die Oekraïnies/Russiese situasie, Fiona Hill, word ook gesuggereer dat Boris Johnson en die Withuis spesifiek in April ernstige druk op Kiëf geplaas het om onderhandelinge met Moskou te laat vaar (verwysend na die skynbaar belowende gesprekke wat President Erdogan van NAVO-lidland Türkiye toe tussen Moskou en Kiëf bemiddel gehad het, en waaroor daar beweerdelik reeds beginsel konsensus tussen die vegtende partye bestaan het).

Dit sal onthou word dat Moskou in die openbaar verklaar gehad het dat hulle positief is oor dié Erdogan bemiddelde vredesraamwerk, en net wag op bevestiging van Kiëf dat dit wat hulle onderhandelingspan in beginsel aanvaar het, in orde is. Volgens Eurasia Review se inligting, het die VSA en VK egter onmiddellik ernstige druk op Zelensky begin plaas om nie verder met Rusland te onderhandel nie: “Ukrainian and Turkish sources have revealed that the U.K. and U.S. governments played decisive roles in torpedoing those early prospects for peace. During U.K. Prime Minister Boris

Die jongste uitgawe van Eurasia Review gee meer detail oor dié belowende gesprekke (sien: https://www.eurasiareview.com/08092022 peace talks are the way out of the war in ukraine oped/ ). Volgens hulle inligting is in beginsel ooreen gekom op ‘n 15 punt plan. Dit het Rusland se kern voorwaardes ontmoet (soos in Moskou se diplomatieke skrywes van Desember verwoord, en voor en na die inval by herhaling deur Poetin self gestel), nl. dat Oekraïne moet laat vaar om by NAVO aan te sluit en neutraliteit moet aanvaar, dat daar geen buitelandse militêre basisse op Oekraïniese grondgebied mag wees nie, en dat die realiteit van Russiese aansprake op die Krim en Donetsk/Lugansk aanvaar moet word, met meganismes vir dié bevolkings om hulle voorkeur om by Rusland in te skakel, wat in die vooruitsig gestel is. Die Russe het op hulle beurt glo ingestem gehad om terug te trek uit alle besette gebiede in Oekraïne (d.w.s., met uitsondering van die Krim en Donbass), het o.a. in beginsel aanvaar dat Oekraïne deel mag word van die Europese Unie as ekonomiese blok en dat ‘n meganisme daargestel moet word vir swaargewig buitelandse moondhede om toekomstig Oekraine se gebiedsintegriteit militêr te waarborg.

Non konformistiese Europese leiers soos Hongarye se Viktor Orbán en Italië se Matteo Salvini sê pront uit dat Europa homself nie net maar in die voet nie, maar wel in die bors geskiet het met sy sanksies teen Rusland – dat Europa meer ly as wat Rusland doen, wat danksy die sanksies (en die enorme prysverhoging van petroleum produkte en bonus inkomste wat dit vir Moskou meegebring het) al die pad bank toe lag. Bulgarye was een van die eerste Europese lande wat besluit het om

Johnson’s “surprise visit” to Kyiv on April 9, he reportedly told Zelenskyy that the U.K. was “in it for the long run,” that it would not be party to any agreement between Russia and Ukraine, and that the “collective West” saw a chance to “press” Russia and was determined to make the most of it. The same message was reiterated by U.S. Defense Secretary Austin, who followed Johnson to Kyiv on April 25th and made it clear that the U.S. and NATO were no longer just trying to help Ukraine defend itself but were now committed to using the war to “weaken” Russia. Turkish diplomats told retired British diplomat Craig Murray that these messages from the United States and United Kingdom killed their otherwise promising efforts to mediate a ceasefire and a diplomatic resolution.”

Toe Kiëf vervolgens nie die vredesraamwerk wou bekragtig nie en alle gesprek met Moskou gestaak het, het die Kremlin se posisie merkbaar begin verhard en het Poetin gewaarsku dat dit wat Rusland toekomstig sal op eis as voorwaarde vir vrede, net al strawwer sal word met elke dag wat verloop. Die episode het uiteraard ook Moskou se analise onderskraag dat hulle in werklikheid in ‘n magstryd met primêr die Anglosfeer en dié se Westerse bondgenote gewikkel is (by uitstek dus met Washington, met Londen as dié se getroue stuur jonge).

Erdogan maak dan ook geen geheim daarvan nie dat hy die (voortgesette) provokasie deur veral die Amerikaners en Britte as onderliggend tot die konflik sien, en dat hy daarom meen dat die energie krisis wat Europa nou in die gesig staar, ‘n geval is van “maai wat jy gesaai het”.

In Duitsland is daar groeiende ongeduld met illusies oor die oorlog wat deur die Anglosfeer se media propageer word so bv. het die hoof van die Duitse weermag baie direk die bewering dat Rusland aanstons uit ammunisie sal wees, gedurende die laaste week van Augustus as nonsens afgemaak.

Die logiese gevolgtrekking waartoe gekom moet word, aan die hand van die VSA en VK se torpedeer van onderhandelinge, is dat die Anglosfeer maar alte deeglik besef dat hulle na 1945 “primacy” en die wêreld-magsbalans wesentlik op die spel is in Oekraïne. As hulle nie Rusland sigbaar voor die oë van die res van die wêreld kan dwing om sy Oekraïne inval stert tussen die bene te laat vaar en Kiëf toe te laat om by NAVO in te skakel nie veral as ‘n skikking soos dié deur Erdogan in beginsel beding, implementeer sou word sal dit internasionaal gesien word as ‘n oorwinning vir Moskou en ‘n nederlaag vir die Anglosfeer, wat die heengaan van lg. se eensmalige hegemonie sal onderstreep en wat die afdwingbaarheid van die “internasionale orde” wat hulle na 1945 in eie belang opgebou het, toenemend moeiliker sal maak (veral komende na die debakels in Irak en Afghanistan). Voorts, sou Oekraïne al sy dit ter wille van vrede voor die November 2022 “mid term” verkiesings in die VSA enigsins toegee aan Rusland se eise en dié se inval in so ‘n skikkingsraamwerk in wese dus beloon word (al sy dit tot die minimum), sal dit ernstige binnelandse politieke gevolge inhou vir veral die Biden administrasie en die Demokrate, met só ‘n skikking in Oekraïne wat geprojekteer sou word as ‘n herhaling van die beloon van die Taliban met die mag, na die rampspoedige onttrekking van die VSA magte aan Kaboel in 2021.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 21

Voorts is dit opsigtelik só dat dit Europeërs gaan wees wat die grootste deel van die spit moet afbyt in die ekonomiese oorlog hulle is nie in die VSA se gunstige posisie van selfonderhoudend wees m.b.t. energie nie, en het nie die vermoë van die VSA (as drukkers van die dollar, die wêreld se reserwe geld eenheid) om inflasie te beveg soos die Federale Reserwebank kan nie. Wyle Sen. John McCain het by geleentheid smalend gesê dat Rusland net maar ‘n vulstasie is met kernwapens feit is egter, dat daardie vulstasie die enigste een is in die Europeërs se buurt...

Die posisie van die VSA en die VK m.b.t. ‘n onderhandelde oplossing van die Oekraïniese kwessie was vir die meerendeel van ‘n dekade reeds een van doelbewuste dwarsboming, soos gedemonstreer deur die sabotasie van die Minsk I & II verdrae van 2014/15, die doelbewuste strategie om Rusland te provokeer om homself te oor eis m.b.t. Oekraïne, en Boris Johnson en verdedigingsminister Austen se pertinente druk op Zelensky gedurende April om nie Erdogan se bemiddeling te laat slaag nie. (Johnson het duidelik die Oekraïne krisis probeer gebruik as weerlig afleier vir sy persoonlike interne politieke probleme, uiteindelik sonder sukses).

Die Demokrate in die VSA is self baie diep investeer in die “bose Rusland” relaas, in die konteks van hulle stryd teen Donald Trump. Rusland is in NAVO se eie inligtingswaardering van 2010 (daar’s

proteste wat einde Augustus in lande soos die Tsjeggiese Republiek uitgebreek het, dui aan dat daar ‘n groeiende gevoel ook onder die Europese publiek is dat die kool die sous nie werd is nie dat vrede voortaan die dringende prioriteit moet wees (om die menseslagting te stop, en die skade aan die Europese ekonomie te beperk) eerder as om die straf van Rusland bo alles te wil najaag. Italië se bevolking is volgens peilings gelykop verdeel tussen die wat vir en teen Rusland is, met ‘n meerderheid wat sou verkies dat Italië neutraal moet staan en as bemiddelaar dien. Die Italiaanse verkiesing op 25 September behoort ‘n goeie aanduiding te gee van publieke gesindhede in dié belangrike Europese land – die algemene verwagting is dat ‘n konserwatiewe alliansie sal wen en ‘n nuwe regering vorm, wat gefokus sal wees op die beskerming van Italiaanse belange. Wat die Derde Wêreld betref, is daar ook nie forse aandrang dat onderhandelinge nou inisieer moet word nie. Sjina veral, het ‘n absolute belang daarby dat die VSA se hegemonie gebreek moet word en sal Rusland dus bly steun (ook met Beijing se magtige vermoë tot stem making onder die lande van die Globale Suide). Indië deel die wens dat ‘n einde gemaak moet word aan Westerse diktaat, veral op ekonomiese gebied. Dit val dus op dat Sjina en Indië (en ‘n groot getal ander lande buite die Westerse dampkring) tans op die grootste skaal ooit aan’t deelneem is aan Rusland se jaarlikse krygsoefeninge in die Verre Ooste (Vostok 22). Dieselfde tendens van wyer internasionale deelname was te bespeur m.b.t. die internasionale verdedigingskonferensie wat in Augustus in Moskou gehou is. ‘n Meer simboliese sinjaal aan die Weste, kan onder die omstandighede kwalik ingedink word. Dis opvallend dat lande met knap intelligensie dienste en wat self baie na aan Washington staan, soos Israel, baie versigtig is om Rusland nie te affronteer nie wat aanduidend is van wie hulle verwag hierdie magstryd uiteindelik sal wen. Dieselfde geld vir NAVO land Türkiye, wat waarskynlik die beste uitsigpunt op die konflik in Oekraïne het. Dis is gevolg van hierdie groeiende tendens in Wes Europa en die Globale Suide dat Kiëf dit einde Augustus geo-polities nodig gevind het om sy riskante militêre teen-aanvalle te begin, ten einde (minstens tot en met die volgende rondte samespreking onder sy Westerse borge gedurende die 2e week van September), nog te lyk of hy hoop op uiteindelike sukses mag hê. Sou Oekraïne slegs mediatiese vordering op die slagveld maak met sy teen-aanvalle, eerder as konkrete resultate behaal, en wanneer die winter begin byt en publieke onrus in Wes Europa druk op regerings daar begin verskerp om ‘n einde te maak aan beide die menseslagting en die ongekende swaarkry wat WesEuropa nou vir die eerste keer in geslagte aan eie lyf voel, mag daar in Europa ‘n groter geneigdheid tot die bemiddel van ‘n onderhandelde skikking na vore begin kom.

ekonomiese bande met Rusland te breek en “nimmer weer met hulle te onderhandel nie”; teen einde Augustus egter, het Bulgarye se buitelandse minister verklaar dat hernude onderhandeling met Rusland oor lewering van petroleum produkte, ‘n onafwendbare noodsaaklikheid geword het. Europa is ook verdeel tussen diegene wat maar stilweg die Russiese opdrag om voortaan in Roebels te betaal vir gas en olie invoere aanvaar het, en die ander wat weier om dit te doen en wie se gas terstond afgesny is. In die olie markte is daar onder spesialiste ook geen onduidelikheid nie dat Europa steeds al meer naarstigtelik Russiese gas en olie aankoop nou net indirek, veral via handelaars in Sjina en MassaIndië.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 22

prakties elke dekade een) nog gelys is as ‘n strategiese bondgenoot u onthou nog die destydse staat sekretaris Hillary Clinton se media vertoon met die kassie met die “re set button” vir Amerikaans/Russiese verhoudinge onder Obama, met “re set” toe boonop verkeerd gespel in Russies. Sedert Trump se oorwinning in 2016 het die Demokrate en hulle ondersteuners in die Washington establishment hulle politieke saak teen Trump probeer bou op die beweerde komplot tussen hom en die Kremlin, met Rusland wat dienooreenkomstig as Amerika se “aartsvyand #1” aan die publiek voorgehou moes word. Dit sou dus uiters moeilik wees vir ‘n administrasie gelei deur Demokrate om nou onderhandelinge met die “bose” Kremlin te begin bevorder daar is vir hulle eenvoudig te veel polities investeer in hierdie beeld van Russiese boosheid en die beweerde komplot met Trump. In terme van moontlike regsgevolge vir diegene wat daardie vendetta teen Trump gevoer het, beteken dit ook dat diegene wat onder die tafel daaraan meegedoen het, nou ‘n gevestigde belang het om Rusland so erg moontlik te bly voorhou, as rasionaal vir hoekom hulle dit destyds nodig en dienstig ge ag het om op ‘n verkose en selfs later ingeswore president te bly spioeneer (daar is geloofwaardige bewerings dat die ongehoorde stap van dieselfde FBI span wat Trump destyds ondersoek het, om sy private woning op 8 Augustus hierdie jaar te visenteer, in der waarheid gemotiveer is deur hulle behoefte om uit te vind watter dokumente die gewese president en sy regspan in hand het vir Trump se reeds hangende hofsaak teen Clinton en haar medewerkers, vir die wyse waarop hy syns insiens beswadder en ondermyn is).

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 23

Gegewe hierdie interne politieke realiteite binne die kamp van die bewindhebbende Demokrate in Washington, is daar weinig moontlikheid dat hulle nou ‘n Damaskus pad oomblik sal beleef en omswaai om ‘n onderhandelde skikking in Oekraïne te steun. Met Washington wat effektief kan dikteer vir sy bondgenote wat onder sy NAVO-sambreel skuil, is daar in Westerse owerheidskringe dus huidiglik nog geen konkrete skuiwe om hernude onderhandeling te probeer inisieer nie. Ewe min is daar van die Russiese kant, of van die leidende “onverbondenes” soos Sjina en Indië (wat, omrede hulle die Weste se hegemonie gebreek wil sien, vir Rusland die ruimte wil laat om presies dit te vermag, met veral die ekonomiese oorlog).

Nie van enige kant in die konflik is daar dus tans beweging na ‘n onderhandelde oplossing soek nie, maar dit mag aanstons tog wel begin verander, onder oplaaiende publieke druk in Europa veral wanneer die winter begin knyp. Net so min as wat daar ‘n bereidwilligheid is tot onderhandeling, is daar enige antwoord van die kant van Washington en die Weste, op die sleutel vraag, nl.: “Hoe eindig hierdie konflik?”

Die geopolitieke persepsie-stryd is aan’t skuif, in die guns van Moskou en sy vennote: Op 24 Augustus, presies ses maande na die inval, het Pres. Zelensky in sy openbare rede amptelik gevra dat 77e sitting van die VN se Algemene Vergadering (wat middel-September begin) weer ‘n verklaring moet uitreik om die Russiese aanval te verdoem. Dit sal onthou word dat, op 2 Maart, 141 uit 193 lande wel gestem om Rusland te veroordeel (dus 73% van die lidlande).

Sulke konsep resolusies word lank voor die stem datum gesirkuleer en gekoukus onder lidlande. Volgens pro Russiese bronne is aanduidings uit voorgesprekke, dat tans net 58 lande (30%) so 'n resolusie sal steun. Dikwels word konsep resolusies abandoneer as borge sien dit gaan faal dit sal dus insiggewend wees om te sien of hierdie beoogde nuwe resolusie wel tot stemming gebring gaan word, en (indien wel) wat die stemverdeling hierdie keer gaan wees; dit mag natuurlik ook wees dat die bewoording sal verander word van veroordeling, na iets platonies soos oproep om vrede, as borge sien veroordeling sal nie 'n meerderheid gaan behaal nie.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 24

Binne Europa self begin openbare protes teen NAVO en die EU se beleid van sanksies teen Rusland momentum opbou. Na raming tussen 70,000 en 100,000 Tsjegge het in Praag se Wensceslaus plein betoog dat hulle regering die Tsjeggiese Republiek en sy mense se behoeftes eerste moet plaas deur neutraal te staan tussen Rusland en Oekraïne, en te sorg dat Russiese gas en olie ingevoer kan word. Hierdie halfminuut video en die bygaande foto van ‘n deel van die skare, sal u ‘n idee gee van die omvang van die protes, wat vervolgens ook in Duitse stede soos Maagdeburg groot skares gelok het.

Daar is verskeie dimensies aan die energie krisis wat Europa tans teister. Die krisis het ontstaan, grootliks a.g.v. van die Weste se besluit om nie direk betrokke te raak (met NAVO soldate op die grond) in die konflik om Oekraïne nie ‘n besluit wat in werklikheid dikteer het dat hulle belangrikste

https://www.youtube.com/watch?v=WfCEnAchKtI

Dis duidelik dat groot beïnvloeders van lande van die Globale Suide, soos Sjina en die BRICS, die groot moondheid konflik rondom Oekraïne met al meer sukses begin voorhou as in wese ‘n stryd teen Westerse hegemonie, soos steeds gekoppel aan koloniale geskiedenis.

Na die aanvanklike skok veroorsaak deeur die Russiese inval, tref dit nou dat toonaangewende figure buite die Amerikaans Europese alliansie, al meer begin gewag maak daarvan dat die oorlog nie soos die Weste deurentyd met hulle konstante refrein van “illegal and unprovoked” probeer voorgee “sonder provokasie” deur Moskou geloods is nie. Leiers wat dit duidelik maak dat die VSA veral nie sy hande in onskuld kan was nie, sluit o.a. die Pous, sowel as die presidente van Sjina, Meksiko en Brasilië en die Indiese eerste minister. Die Derde Wêreld het ook baie duidelik kennis geneem van hoe verskillend die Weste se hantering van (blanke) Oekraïniese vlugtelinge is, teenoor die lot wat vlugtelinge uit Afrika en die Midde Ooste in Europa te beurt val. Daarby word die realiteit van na wie die graan-uitvoere uit Oekraïne in werklikheid gaan (nadat die akkoord bemiddel deur die VN en Türkiye om dit moontlik te maak, baie hoog opgegee het oor hoe dit bestem is om die honger massas van die Suide te red) deur die Globale Suide besef en die huigelary daaragter word as deel van ‘n historiese patroon gesien wat terug dateer na die koloniale era. (Die grafiek hiernaas, vrygestel deur die VN, toon die bestemmings aan van die skepe wat reeds graan uit Oekraïne verskeep het).

Die energie-krisis in Europa:

Wanneer Duitsland se huidig opgeboude opgebergde reserwes gedurende die winter van 2022/23 uitgeput is, beteken dit logies (as daar nie sterk nuwe pyplyn-invloei gedurende 2023 gaan wees nie) dat Duitsland die opvolgende winter van 2023/24 sal moet ingaan sonder enige opgebergde gas reserwes. Siende dat Rusland geen haas het met die oorlog klaarmaak nie en in hoofsaak sy visier gestel het daarop om die Weste se hegemonie te breek, is dit goed moontlik dat die oorlog vir jare mag voortsleep, sodat 2023/24 dan nog veel erger as 2022/23 mag wees veral omrede dit volgens die EU se eie beplanning slegs teen 2027 vir Europa moontlik sal wees om heeltemal sonder Russiese petroleum produkte (veral gas) klaar te kom, met alternatiewe invoer infrastruktuur teen dan hopelik in plek. Volgens die Russe se eie berekenings sal die verlies aan die (direk bediende) Europese mark nie vir hulle ‘n groot finansiële slag wees nie, danksy die skerp toename in uitvoere na die Ooste en Globale Suide Rusland se totale petroleum lewering sal, in volume terme, slegs maar met tussen 2% en 7% daal, wat prys gewys voor vergoed sal word deur die verhoogde pryse. Wat beteken dat Rusland prakties onbepaald sy opskorting van gas lewering via bv. die Noord stroom 1 pyplyn sal kan volhou, sonder ernstige geldelike verliese. (Dis insiggewend dat Sjina wat prakties geen eie bronne het nie nou ontpop het as een van die groot leweransiers aan Europa van vloeibare aardgas per

Die eerste dimensie van die krisis is die fisiese tekort aan alternatiewe bronne van veral aard gas en olie, wat noodwendig sou ontstaan asEuropa se toegang tot Russiese pyplyn lewering gestaak word. Daar is net ‘n beperkte hoeveelheid gas en olie wat wêreldwyd produseer kan word, en Europa is ‘n baie groot verbruiker wat enorme volumes benodig. Sonder betroubare gas-lewering gaan Europese huishoudings koud kry hierdie winter, en die vervaardiging sektor kan verplig word om produksie lyne in te kort of te sluit by gebrek aan energie. Dit moet onthou word dat Europa vroeër die voordeel gehad het van volop Russiese gas en olie, wat op die goedkoopste denkbare manier gelewer is, nl. by wyse van pyplyne en teen diskonto pryse boonop, in vergelyking met historiese prys vlakke op die wêreld mark. Die infrastruktuur om gas op groot skaal per skip in te voer en te berg bestaan dus nie in bv. Duitsland nie, wat nie hawens met groot-volume terminale het vir LNG-hantering nie (en dis iets wat jare vat om te bou). Die beskikbare stoor kapasiteit is ook nie ontwerp om bv. alleen die land deur ‘n hele winter te kan dra nie dit is essensieel gebou om gebeurlikhede te oorbrug, soos seisoen skommelinge in verbruik of periodieke sluitings van die pyplyne vir versiening of herstel, sou ‘n probleem iewers opduik egter altyd in die konteks daarvan dat pyplyn vloei die basiese voorsiener sal wees, sodat in tap in die reserwes in, in wese net die pyplyne op top in geval van periodieke baie hoë gebruik of korttermyn onbeskikbaarheid van ‘n pyplyn. In veral die Anglo-media word graag uitgewys dat die stoorfasiliteite reeds 80% vol is in Duitsland, maar die Duitse owerheid self bevestig dat hierdie reserwes op hulle eie (m.a.w., sonder die konstante pyplyn invloei) net maar tien weke kan hou. Gegewe dat die Russe einde Augustus die pyplyn lewering van gas geheel gestaak het, en dat Duitsland gaan sukkel om gas oor die see in te skeep (hy sal moet staat maak op ander Europese lande se mededeelsaamheid uit hulle reserwes) kan Duitsland dus reeds teen middel-November sy gestoorde reserwes uitgeput het, as hy nie grootskaalse bykomstige lewering kan bekom nie en almal in Europa probeer nou naarstigtelik gas opkoop, sodat die kompetisie vir die skaars beskikbaarheid erg is. Daarom word rantsoenering as onvermydelike gesien, met ‘n gevolglike resessie dan ewe onvermydelik. (Die probleem met rantsoenering is dat dit die nywerheidsektor sal moet tref, omrede gas ‘n gevaarlike kommoditeit is wat nie lukraak vir miljoene huishoudings aan- en afgeskakel kan word nie omrede dit tot veiligheidsrisiko’s en bedreiging van menselewens kan lei en dan natuurlik is dit ook só dat dit mense is wat stem, nie fabrieke nie).

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 25

alternatief vir kineties oorlog maak teen Rusland, sou wees om dit met ekonomiese maatreëls te probeer doen. Dit is nou reeds klokhelder dat die konsekwensies van hierdie uiters belangrike beleidsbesluit, nie vooraf deeglik genoeg deur die Weste verreken is nie (terwyl die Russe reeds vir ‘n dekade of meer daarop voorberei het).

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 26

Die meeste Europese aluminiumprodusente het reeds produksie verminder of selfs heeltemal gesluit in die lig van snel stygende koste, terwyl elke enkele sinksmelter reeds ook dieselfde gedoen het. Die resultaat kan "permanente de industrialisering” wees, het die industrie groep se direkteur generaal en president in ‘n brief aan EU leiers gewaarsku, wat permanente verliese aan werkgeleenthede sowel as die verlies vir Europa van ‘n sleutel industrie kan meebring. Die jongste kaart (hieronder) van GMK, die staal-markspesialiste, dui die aantal Europese staal-aanlegte aan wat op die punt is om te sluit of produksie af te skaal, a.g.v. die energie prysstygings.

Die tweede dimensie van die energie-krisis is die verhoogde pryse as sulks, wat enersyds industrieë se inset koste verhoog (in Duitsland reeds met 37%, volgens die Duitse Kamer van Nywerhede en dit voor die komende noodwendige verhogings in arbeidskostes, met salarisverhogings ter kompensasie vir die rekord-hoë inflasie wat nog moet bykom). Hierdie insetstygings sal uiteraard Duitsland se relatiewe ruilvoet (“terms of trade”) en dus hulle mededingendheid in die internasionale mark ernstig bedreig, wanneer hulle lewering prys vir hulle nywerheidsprodukte noodwendig dienooreenkomstig moet styg. Dit is veral ernstig wanneer Europa se vervaardigerkompetisie, soos Sjina en Indië, baat by die koop van Russiese petroleum produkte teen ‘n diskonto. Die Europese metaalbedryf bv. staar 'n "eksistensiële bedreiging" in die gesig van die stygende energie rekeninge wat reeds vele smelters gedwing het om produksie te verminder of selfs heeltemal te sluit, het die hoofde van Eurometaux, wat 49 industrie-leidende maatskappye en sakegroepe van regoor die vasteland verteenwoordig, gewaarsku.

skip; Sjinese invoere van gas vanaf Rusland via die nuwe pyplyne tussen hulle, het die afgelope ses maande oor die loop van die Oekraïne oorlog heen, met 63% in volume terme toegeneem met Indiese handelaars wat ook lustig meedoen aan die her verkoop aan Europa van petroleum produkte van Russiese oorsprong).

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 27

Volgens Eurometaux oorskry die tien voudige verhoging in die koste van gas en elektrisiteit die realisties kompeterende verkoopspryse wat hulle sou kon vra vir hulle produkte, by verre. Die enorme koste verbonde daaraan om ‘n metaal smeltery wat “tydelik” moes sluit te her open, beteken in die praktyk ook dat “tydelike” sluitings gewoonlik blyk permanent te wees.

Die hoë energie pryse, wat ‘n faktor is in soveel ekonomiese aktiwiteite, skep ook ‘n spiraal van prys stygings oor ‘n baie breë front wat inflasie in die algemeen opstoot tot ongekende vlakke, wat op sy beurt dan weer sentrale banke verplig om rentekoerse op te stoot wat bykans verseker dan tot resessies lei.

Sulke ingryping deur die Britse regerings sal na raming £170 miljard kos om te finansier, wat deur die regering geleen sal moet word en wat sy publieke

Aanduidings is dat die Britse regering dit wil beperk tot £2,500 per jaar vir die volgende twee jaar (m.a.w., tot en met die volgende Britse verkiesing).

Soos hiernaas gesien kan word, word bereken dat die gemiddelde Britse huis houding se jaarlikse krag rekening in April 2023 onge-veer £7,272 kan bedra, teenoor net oor die duisend pond in 2020.

Andersyds, verhoog die prysstygings die maandelikse energie rekenings van huishoudings tot geheel onbekostigbare vlakke vir die gewone man.

As agtergrond: die nutsdienste as verkopers van energie aan die publiek en nywerheid, moes uiteraard aantreklike produk pakkette vir hulle verbruikers saamstel, om te kan wen in die kompeterende plaaslike energie markte. Dit het o.a. termyn kontrakte behels om energie teen vaste pryse te bly lewer, ongeag skommelinge in die prys van petroleum-produkte op die internasionale mark (dis ‘n realiteit dat pryse relatief stabiel was vir ‘n aantal jare, voor die huidige krisis toegeslaan het).

skuld las tot ongekende vlakke sal verhoog. Die Britse pond het dan ook reeds geval tot vlakke laas gesien in 1985... Dit alles, bo-op Britse inflasie wat volgens Goldman Sachs vroeg in 2023 die vlak van 22% kan bereik... ‘n Derde dimensie van die petroleum-prysstygings (‘n baie ernstige een, wat tot dusvêr egter nie veel aandag in die algemene media gekry het nie) is die potensiaal wat dit inhou om die hele finansiële stelsel van Europa soos ‘n kaartehuis in duie te laat stort, in wat na verwys word as ‘n “Lehmanmoment” (u sal onthou dat dit die ineenstorting was van die groot Wall Street finansieringshuis, Lehman Brothers, op 15 September 2008 wat die Groot Resessie afgeskop het).

Die middelmanne wat krag aan die publiek en nywerheid lewer (die sg. nutsdienste of “utilities”) het dan versekering gekoop teen moontlike verhogings van die bron-prys (‘n praktyk bekend as sg. “hedging”), wat vir finansieringshuise goeie besigheid was in ‘n stabiele mark, want hulle kon die “premies” basies net so as wins bank omdat die “versekering” selde hoef uit te betaal het (in beginsel presies dieselfde as wat met Lehman gebeur het, wat versekering verkoop het teen die risiko dat die sg. “sub prime” huisverbande se terugbetalings sou begin vou en toe dit wel gebeur, toe kon Lehman nie aan sy “hedge polishouers” uitbetaal nie). Die skielike skerp styging in petroleum-pryse het nou dieselfde tipe skok effek. Benewens die hedging probleem, is die ander wyse waarop die Europese finansiële sektor tans in gevaar van ‘n Lehman moment staan, te wyte aan finansiële makelaars wat gegewe die skerp verhoogte risiko’s nou begin om enorme marge-oproepe (“margin calls”) te maak teenoor die nutsdienste om hulle te verplig om die vlakke van kontant en bates wat hulle as sekuriteit opgegee het vir hulle marge rekeninge drasties te verhoog (synde die rekeninge waarteen die nutsdienste met krediet o.a. hulle kommoditeit-aankope finansier). Indien die nutsdienste nie kan hierdie “margin calls” ontmoet nie, verloor hulle hulle krediet en is hulle prakties dan nie in staat om verder handel te dryf nie in Brittanje alleen, het reeds 28 sulke energie-nutsmaarskappye die afgelope jaar bankrot gespeel en van die mark verdwyn.

Volgens Noorweë se Equinor ASA, is daar tans in Europa US$1.5 triljoen in “margin calls” teen die oorblywende Europese nutsdienste hangende en, as gevolg van die probleem se enorme geldelike omvang, is dit slegs maar die “soewereine” (dus, die nasionale regerings) wat kan uithelp met daardie tipe Enersydsgeld. moet die Europese regerings dus nou plan maak om die prys van energie vir die gewone man te subsidieer, wat teen huidige prysvlakke in sigself miljarde gaan kos (die EU het reeds $375 miljard hiervoor ge oormerk, en Britse regering £170 miljard). Andersyds moet die regerings dan ook die addisioneel miljarde vind om hulle nutsdienste te rugsteun. Word beide nie gedoen nie, dan is daar ernstige gevaar van ontwrigting en gevolglike sosiale onrus onder die bevolking, plus die groot gevaar dat die hele Europese finansiële stelsel uitrafel, omrede finansierders gebruiklik hulle risiko’s split en

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 28

Net soos met die aanloop tot die 2008 krisis, is dit weer die ingenieur van finansiële produkte ten einde teen risiko te probeer verseker, tesame met marge rekeninge wat uit balans gaan, wat ‘n ketting reaksie aan die gang kan sit en Europese regerings tans in die agtergrond op hol het.

by ander aflê, sodat ‘n hele ketting reaksie dan ontketen kan word, soortgelyk aan die krisis in die wêreld se kardinaal belangrike finansiële sektor, met die Groot Resessie van 2008. Wat die wankelende nutsdienste betref, het een van die Europese reuse, Fortum, bevestig dat hulle marge sekuriteitsvereistes in Augustus binne een week van $1 miljard na $5 miljard gespring het (m.a.w., hulle moes skielik ‘n bykomstige $4 miljard se kontant en bates vind om as sekuriteit te deponeer, ten einde hulle krediet lyne te kon behou). Die Finse regering het nou spesifiek gewaarsku teen 'n "energie industrie Lehman Brothers" oomblik en, tesame met Swede, het Finland reeds ‘n nood-likiditeitsfasiliteit van US$33 miljard aangekondig om nutsdienste te stut deur middel van lenings en kredietwaarborge. Wene se munisipale kragvoorsiener het ook 2 miljard Euro van die Oostenrykse regering bekom om sy blootgestelde handelsposisies te dek. Duitsland het, bo op ‘n $100 miljard ondersteuningspakket aan die nutsdienste daar, nou ‘n verdere $7 miljard in lenings aan hulle Diegoedgekeur.onderstaande

grafiese uitbeelding bestaan uit opskrifte geneem uit die Britse Daily Telegraph (‘n konserwatiewe, ernstige koerant wat as die mees gelese deur Britse regeringslui beskou word, en wat Oekraïne sterk steun). Die opskrifte kom uit net een aanlyn-uitgawe van die koerant, oor die laaste naweek van Augustus 2022. Die opskrifte spreek vanself... Werk die Westerse sanksies? Kán dit werk, reen Rusland? Wie tref dit die ergste? Mens kan jouself afvra of die gevolge wat sou vloei uit die Weste se besluit om ‘n ekonomiese oorlog teen Rusland te inisieer, in Februarie/Maart behoorlik verreken is? Die enorme skade aan veral die Europese ekonomieë is reeds opsigtelik duidelik, en tans is dit slegs nog maar die hef aan. Dit, terwyl daardie selfde sanksies tot gevolg gehad het dat Rusland se inkomste uit petroleum verkope oor die

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 29

Wat betref die effektiwiteit en afdwingbaarheid van sanksies, weet Suid Afrikaners wat al ‘n paar somers agter die rug het, uit eie ervaring gedurende die tagtigs dat sanksies selde werk.

Eerstens omdat dit tipies bloot “kyk mense, ons doen iets” simboliese politieke aksies is wat meesal bedoel word om omseil te word (wat met relatiewe gemak dan wel gedoen kan word).

Derdens kan sanksies tipies slegs maar klein, swak ekonomieë werklik nadelig impakteer; Rusland, daarenteen, is OPEC+ se grootste uitvoerder van petroleum produkte (dus groter nog as Saoedi Arabië), daarby ook ‘n top leweransier van grondstowwe en voedselprodukte aan die wêreld mark, en ‘n sleutel lid van sy eie ekonomiese blok, die BRICS, wat in eie reg ongeveer ‘n derde van die wêreld ekonomie verteenwoordig en ‘n nog groter deel van totale wêreld-handel.

loop van die oorlog, ongeëwenaarde rekord vlakke bereik het, en die lewe binne Rusland relatief normaal voortgaan (soos aangedui hieronder grafiese voorstelling uit The Sun, Londen). Benewens die skerp stygings in die prys van energie en verbruikersprodukte hier getoon, moet onthou word dat Jan Publiek ook getref gaan word deur skerp verhoogde rentekoers op huislenings, sowel as basiese dienste die koste in Brittanje van voorskoolse kindersorg, sal na verwagting tot £2,000 per maand styg!

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 30

Tweedens faal sanksies as dit nie afdwingbaar gemaak en deur een en elk, die wêreld oor, implementeer word nie (die Westerse sanksies teen Rusland het geen VN mandaat nie en word deur ‘n minderheid van minder as ‘n derde van lande toegepas, terwyl van die grootste ekonomieë soos Sjina en Indië, tesame met die res van die Globale Suide wat saam twee derdes van die wêreld ekonomie verteenwoordig lustig voort handel met Rusland en munt slaan uit die situasie).

Vierdens, is dit gewoon gesonde verstand dat, vir sanksies om sy bedoelde uitwerking te kan hê, die lande wat sanksioneer, die gesanksioneerde land en sy produkte minder nodig moet hê as wat lg. hulle geld en/of produkte nodig het. As die skoen aan die ander voet is, is dit plein onsinnig om ‘n ekonomiese oorlog te begin en dis presies die geval nou met Europa se oorlog teen Rusland: sonder wie se petroleum produkte hulle kwalik kan klaarkom.

Vra mens egter die G7 Westerse leiers bietjie uit oor hoe presies hulle hul prys-plafon gaan “impose”, dan bieg hulle dadelik dat dit eers nog deur al 27 EU lidlande goedgekeur moet word. Ook dat die prys wat hulle wil instel, nog eers onderling onderhandel moet word. Die Tsjeggiese Republiek (wat die huidige EU voorsitter is, maar nie deel van die G7 nie) het ‘n noodvergadering belê vir 9 September, juis oor die energie krisis. Jozef Sikela, die land se minister van nywerheid, het gesê hy wil nie hê dat die voorgestelde plafon op Russiese energie-pryse op die agenda moet wees nie. Hy het gesê: “Dit is nie 'n konstruktiewe voorstel nie ... Dit is nie 'n werklike oplossing vir die energiekrisis in Europa nie dis net 'n ander manier om Rusland verder met sanksies te wil straf.” Dit sal interessant wees om te sien hoe lande soos Hongarye, en ook Italië se nuwe regering, gaan voel oor die idee van die prys plafon... En dan natuurlik die ander OPEC lede!

Hierdie “Tawwe Tienie”-taal “impose” hou egter water nie, as mens die onderliggende werklikheid ontleed. Daarby is dit ook voortvarend kortsigtig om hulle boodskap só te verpak, gegewe hoe dit interpreteer sal word in die olieprodusente gemeenskap: lg. kan nie anders nie as om te dink hier is ‘n groep klante, histories geneig tot dikteer aan andere, wat nou wil voorskryf teen watter prys hulle die produk wat hulle so sigbaar brood nodig het, van ons wil aankoop! (As dit toegelaat word om met Rusland te werk, wat verhoed dan dat díe diktaat geneigde kliënte aanstons dieselfde met ons, die res van OPEC, sal probeer?!).

Die klugtige posisie is nou bereik waar die Weste die ekonomiese oorlog teen Rusland verklaar het om dié te straf deur sy ekonomie soveel moontlik skade aan te probeer doen, maar desondanks hulle eie verklaarde kwade bedoelings, nou vir Rusland verwyt omdat dié op sy beurt nou nie meer gas aan hulle wil lewer nie. Dis verhelderend om die Weste se nuutste ekonomiese wonder wapen teen Rusland van nader te bekyk die idee om eensydig ‘n prys plafon af te dwing op Russiese olie wat aan derde lande verkoop word, ten einde Rusland se groot winste (wat o.a. sy militêre operasie in Oekraïne finansier) aan bande te probeer lê.

Die belangrikste vraag om egter aan die G7 te vra, is hoe hulle meen hulle die plafon wettiglik gaan “impose”. Dit blyk dat, omrede daar geen VN mandaat voor bestaan nie (gegewe Rusland en Sjina se veto-reg in die Veiligheidsraad), die idee is dat die Westerse lande hulle eie skeepsversekeringmakelaars sal verplig om verskeping versekering te weier aan tenkskip rederye wat Russiese olie vervoer wat verhandel is teen ‘n prys hoër as die plafon-syfer. Die hoop is dan dat sulke rederye sal weier om, sonder Westerse versekering, sulke Russiese olie vragte te vervoer... Rusland het egter lank gelede reeds aangekondig dat hy, as alternatief vir sulke polisse, staatswaarborge sal uitreik vir elke sodanige vrag. Indiese en Sjinese versekeringsmakelaars in bv. Shangai (die opkomende versekeringsentrum wat Londen en Lloyds na die kroon wil steek) sal kwalik hulle aan hierdie Westerse voorskrifte steur, wat uiteraard geen regskrag oor hulle sal hê nie. Londen se makelaars is reeds benoud oor die besigheid wat hulle kan verloor, en het daarom baie pertinent uitgewys dat hulle nie speurdienste is nie – as ‘n skeepseienaar hulle nader om ‘n polis te koop, kan hulle slegs maar vir hom ‘n vormpie stuur wat vra of dit Russiese olie is, en indien wel, of dit onder die plafon prys verhandel word. Wat ook al die skeepseienaar invul, moet en sal hulle as die waarheid aanvaar...

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 31

Die wyse waarop hierdie plan teenoor hulle eie kiesers artikuleer word, is daadkragtig en opper magtig: “We are going to impose a price cap on Russian oil!”. (Westerse lande, as demokrasieë, se achilles hiel is dat hulle altyd ten eerste hulle eie kiesers moet aanspreek ook wat buitelandse beleid sake betref al is die taal wat vir die binnelandse gehore dienlik is, dikwels die buitelandse betrokkenes erg kan antagoniseer).

Rusland, Iran en Katar, die drie grootse aardgas produsente, is nou ook besig om hulle eie gas ekwivalent van dit wat OPEC vir olie produsente us, op die been te bring.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 32

Rusland het in reaksie op hierdie idee, aangekondig dat hy die Noordstroom 1-pyplyn onbepaald sluit, wat die prys van gas op die wêreld mark, onmiddellik met 37% laat spring het (ondanks die feit dat die prys plafon voorstel tot nog toe slegs tot olie beperk was, en dus nog nie amptelik gas in die visier het nie). OPEC+ het net die volgende dag aangekondig dat olie produksie met 10% ingekort gaan word, wat ook dadelik weer die olieprys laat styg het ‘n duidelike skoot oor die boeg van die Weste, om nie hulle lyf “teen-kartel” te wil probeer hou nie. Dat die Russe lank reeds hierdie hele scenario deeglik uit beplan het, spreek uit hoe hy homself opgestel het om die toevoer van olie en gas na veral Europa, te kan belemmer, indien nodig. Libië sou bv. ‘n belangrike alternatiewe bron kon wees vir Europa. Maar wie verseker die fisiese veiligheid van die belangrikste olie-uitvoer infrastruktuur daar? Die “privaat” Russiese militêre kontrakteurs, die Wagner groep, onder wie se sorg Libië se olie uitvoer volumes jongslede met 50% geval het... Wie beheer die Shia Moslem gedomineerde regering in Irak? Natuurlik Rusland se vriend Iran. Die Amerikaners het gehoop gehad dat hulle olie maatskappye deur konsessies in die semi outonome Koerdiese streek van Noord-Irak, saakmakende volumes olie op die internasionale mark sou kon bring. Ongelukkig is dit nou egter so dat, kragtens bevele uitgereik deur die hooggeregshof in Bagdad (wat beheer ook het oor gedinge in Koerdestan) al die Westerse olie maatskappye se konsessies daar herroep is a.g.v. hulle “ekologiese vergrype” (terwyl Russiese en Sjinese konsessie-houers so rein soos engele bevind is). Basies dieselfde het gebeur met die olie uitvoere vanaf Kasakstan, wat deur ‘n Russiese terminaal-hawe moet gaan waar toe bevind is dat daar besoedelingsprobleme is met twee van die drie terminale, wat terstond onbepaald gesluit moes word vir instandhouding en Gegeweherstel...die volume van die wêreld se verskeepte olie wat deur die nou seestraat van Hormuz, moet vaar, direk onder Iraniese oë, en die plofbare situasie in daardie streek met bv. Hoeti rebelle wat alte graag skepe en olie installasies aanval, kan mens jou geredelik indink hoe maklik dit sou wees om daardie vloei ernstig te ontwrig, en watter impak dit verder op internasionale oliepryse sal hê...

Die tegnies korrekte betiteling van die Weste se prys plafon idee, sou dus eerder wees om te sê: “we intend obliging our own maritime insurers to not extend freight and ship insurance to operators who intend carrying Russian oil that has been bought and sold at a price higher than that which we will stipulate by eventual mutual agreement among our allies”.

Die mees waarheidsgetroue betiteling sou egter wees om te sê: “we need to impose energy rationing on our own voters, who are suffering under high prices, so politically we need to sound as if we are coming down tough on the Russians, while not doing anything that will hinder the importation of the sorely needed Russian oil and gas but for which we need the insurers and shippers to understand that the paperwork should not reflect the fact that Russia is the actual country of origin of the oil in question Rusland.”het nie verniet sy bande verdiep met Iran, ‘n ou hand in die omseiling van dié tipe olie sanksies en prys plafon maatreëls. Reeds is daardie gereelde berigte van tenkskepe wat hulle transpondeerders afskakel ten einde incognito te kan seil, en wat op die oop see ontmoet om vragte oor te pomp (sodra olie gemeng is, kan die oorsprong daarvan nie regtens toegedig word nie). Dis ook klinkklaar duidelik dat Sjina en Indië hulle nie gaan laat hiet en gebiet deur hierdie Westerse voorskrifte nie.

Feit is, dat Europa vir die voorsienbare toekoms nie sonder Russiese gas en olie kan klaarkom nie, en om daardie rede groot volumes van beide hierdie Russiese kommoditeite nou per skip invoer, via Indië en Sjina, eerder as om dit direk en goedkoop per pyplyn van Rusland self te ontvang. Die verskeping deur Asiatiese middelmanne, per tenkskip, geskied natuurlik teen aansienlike addisionele koste (wat die Europese vervaardiging-sektore se produksie-koste, in vergelyking met die Asiatiese lande wat nou gawe afslag van die Russe ontvang, nog verder uit wans uit bring met hulle konkurrente). Rusland bly dus oorhoofs basies dieselfde volume verkoop, teen die huidige hoë markpryse, maar nou net geografies anders gekanaliseer sodat hy, i.t.v. sy inkomste uit petroleum, geensins benadeel word deur die politieke slenters nie; trouens, die hoë pryse wat die politiekery tot gevolg het, bevoordeel hom wesentlik.

Geen wonder dus dat leiers soos Orbán, Salvini en Erdogan sê dat Europa homself in die longe geskiet het nie... Die opponerende partye se onderskeie doelwitte in die konflik: Washington die Neocons wou aanvanklik Oekraïne as NAVO-grondgebied ingelyf hê, en ook die konflik daar te gebruik om Rusland uit te lok om homself te “over extend”, met die VSA op die agtergrond as borg, teen lae koste en risiko. Nou, na die Russe se onverwagte aanvaarding van die uitdaging en die enorme teen uitdaging gerig aan Washington deur Oekraïne binne te geval het, is Washington se oorheersende doelwit tweeledig van aard:

• Te keer dat Oekraïne vou voor die November-verkiesings in die VSA, ten einde te verhoed dat die kieserspubliek dit aan Biden toedig as ‘n herhaling van die Kaboel debakel van 2021; en om • Te probeer om die res van die wêreld te mobiliseer teen “outokratiese regimes” en só Washington se “primacy” (oftewel Westerse hegemonie en die na oorlogse stelsel wat die Weste in eie belang opgebou het) in stand te probeer hou.

• Rusland te bloei en so veel moontlik militêr en ekonomies te verswak, sodat die VSA en sy bondgenote (op grond van Rusland se “verloor”) steeds gesien sal word as die leidende wêreldmag; • Met behulp van ekonomiese strafmaatreëls vir Rusland “af te skrik” van verdere avonture en Moskou dus Westerse "oppermag" te laat besef;

Dis ook reeds baie duidelik dat Saoedi Arabië tans veel meer ag slaan op sy bande met Rusland, Sjina en Indië, as wat hy hom steur aan pleidooie van die Biden administrasie. Daar is dan ook gerugte dat Saoedi Arabië, Türkiye en Argentinië ook graag by die BRICS wil aansluit.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 33

• tweedens, om nie Rusland toe te laat om sukses te behaal nie, omdat dit i.t.v. wêreldpersespies van die internasionale magsbalans, vir Washington die einde van sy “primacy” kan beteken bygevolg, om Oekraïne in die stryd te hou ten einde Rusland te beveg as “proxy” vir Washington, en dus om te verhoed dat Kiëf ‘n skikking met Moskou aangaan (minstens tot na die November “mid-term” verkiesings in die VSA) .

• eerstens, om nie in ‘n direkte militêre konflik met die Russiese Federasie betrokke te raak nie (anders gestel, om ‘n Derde Wêreld oorlog te vermy, wat tot ‘n stryd met kernwapens sou kon eskaleer); en

Washington se Neocons het nie verwag dat Rusland hulle provokasies sou beantwoord met ‘n eskalasie so drasties as ‘n volskaalse inval van Oekraïne nie, wat die uitdaging so sigbaar voor die oë van die hele wêreld teruggegooi het aan Washington se voete. Die VSA se nuwe doelwitte is nou om:

Weste/Europa: Veral Frankryk en Duitsland wou na die disintegrasie van die USSR vir die Russiese Federasie ingetrek het as deel van Europese familie (die Neocons het dit egter doelbewus gefnuik, omrede hulle nie ‘n konkurrent vir die VSA binne NAVO wou hê nie, ook wou vermy dat ‘n Europa

Dit is die teenkant van die doelwit om alle verset so brutaal moontlik te breek wys vr die bevolking hoe voordelig dit kan wees om onder Russiese bewind te leef (veral waar Kiëf tand hoegenaamd nie in staat is om verwoeste woongebiede te herstel nie). Hier is skakels na enkele kort video’s wat wys welke verstommende vordering met Mariupol se her-opbou (of eerder: nuut oorbou) deur Russiese konstruksie spanne gemaak word, betreffende herstel en vervanging van geboue, maar ook die stedelike verfraaiing en die herstel van normale https://www.youtube.com/watch?v=DdstUNE29Kslewe:https://www.youtube.com/watch?v=SxEx3ha_SYI

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 34

Op militêre gebied is die Russiese doelwit om so te veg dat hulle self so min moontlik bloei en die stryd so lank moontlik uitgerek word om Europa te laat ly en die nasionalistiese Oekraïniers se wil tot verset te breek om só ook vir die ander satelliet-republieke en bevolkings te wys wat die prys is vir rammetjie uitnek wees en daarmee die Poetin kring se eie binnelandse politieke magsgreep te versterk. ‘n Insiggewende aspek van die binnelandse persepsie dimensie van die stryd (in beide Oekraïne en Rusland) is die besondere poging wat Moskou aanwend om die hawestad Mariupol wat in sy verowering deur Rusland prakties vernietig is weer vinnig en pragtig van voor af op te bou.

waarby Rusland ingeskakel is in sigself ‘n kompeterende magspool binne NAVO kon word, en voorts wou verhoed dat Rusland as belangrike krygstuig vervaardiger, binne NAVO ‘n konkurrent vir die Amerikaanse militêr industriële kompleks word). Nou, na die uitbreek van die volskaalse oorlog in Oekraïne, probeer veral die Oos-Europese state naasliggend aan Rusland, bowe-alles om in die VSA as beskermheer se goeie boekies bly. Europa is ook baie gesteld daarop om direkte oorlog met Rusland te vermy, en is vandag toenemend gefokus op self ekonomies oorleef (met Wes Europa wat in ‘n knyptang vasgevang sit, tussen die enersyds die realiteite van hulle ekonomiese behoeftes en die potensiaal wat die nie-vervulling daarvan inhou vir ernstige binnelandse onrus, en andersyds hulle strategiese behoefte om nie vir Washington te antagoniseer nie).

Noord-Masedonië

Tans is dit Oekraïne se oogmerk om met veral Washington en Londen se hulp so heel moontlik uit die stryd te kom; die ywerige media oorlog wat die Zelensky regering voer, mag egter vorentoe problematies wees a.g.v. wat na totaal onrealistiese verwagtinge lyk wat onder nasionalistiese landsburgers aangevuur is deur al die media spin, sodat realistiese onderhandeling en kompromieë daarom moeilik verkoopbaar mag blyk te wees aan daardie segment van die Oekraïniese publiek.

Oekraïne: Aanvanklik was die nasionalistiese groeperinge in Kiëf se doelwit om lidmaatskap van NAVO en EU te bekom, en met Westerse ondersteuning die destydse USSR begrensing van Oekraïne in stand te hou (omrede die Russies sprekende gedeeltes vir tot 80% van Oekraïne se BNP verantwoordelik is, met Oekraïne wat reeds by verre die armste land in Europa is armer nog as bv. Albanië en – en Wes-Oekraïne dus ‘n totale bedelaar-land sal word sonder die Donbass en die Swartsee kus).

Rusland: Die Russiese Federasie se aanvanklike oogmerk was om Oekraine uit NAVO uit te hou, en die belange van Russies sprekendes in veral die Ooste en Suide van Oekraïne te beskerm. Oorhoofs wou Poetin aan Washington demonstreer dat die VSA nie vir die Russiese Federasie kan goedsmoeds rondstoot nie, en dat wesentlike Russiese belange deur die VSA in ag geneem mloet word. Dit het nou verder vorm aangeneem, as synde ‘n oorheersende doelwit om die VSA/Westerse hegemonie te breek en hulle te maak besef dat daar ‘n nuwe magsbalans is (want deur die Weste uit spel uit te neem, sal Oekraïne uiteraard gedwonge wees om ‘n modus vivendi met Rusland te beding). Die werktuig om Westerse hegemonie mee te breek word deur Moskou gesien as veral ekonomiese druk op Europa, deur die konflik so lank moontlik te laat loop veral oor winter(s) heen. Voorts, om die 3e wêreld se steun te wen, by wyse van die konflik projekteer as ‘n anti-koloniale stryd teen Westerse hegemonie wat ‘n self dienende internasionale orde van hulle maaksel, wil bly afdwing.

Rusland sal nou nie stop tot hy Oekraïne gereduseer het tot 'n geografiese minimum, met minstens Novorossiya herstel, sodat toekomstige EU lidmaatskap vir dit wat mag oorbly van Oekraïne, dié sal wees van 'n inherent arm bedelaar staat wat ‘n las sal wees op EU.

Oekraïniese nasionaliste wil huidig nie weet van kompromieë wat grond ruil vir vrede nie, want hulle glo steeds dat hulle met die Weste se hulp kan wen, en omdat die area wat die Russe nou as minimum wil hê, 80% van hulle ekonomie omvat en dus hulle toekoms sal verongeluk as daaraan voldoen word

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 35

Die Oekraïniese teen aanvalle sal waarskynlik nie lank na die sleutel vergaderings van Westerse borge wat vir 8 en 9 September geskeduleer is, ernstig voortgaan nie. Dit is nie aanvalle wat werklik gemik is op strategies saakmakende deurbrake bewerkstellig, wat bv. tot die herowering van ‘n stad van die grootte van Kherson kan lei nie wat die Oekraïniërs doen, is om swak-bemande, minder belangrike dele van die front aan te val, met die oog daarop om tydens ‘n takties belangrike tydsvenster, te kan media aansprake maak op die verowering van minstens ‘n aantal dorpies en terrein, op meerdere plekke (wat, vir onkundige lesers, deur die gedweë media aangeblaas kan word asof dit saakmakende vordering en toekoms hoop op sukses vergestalt). Daarom ook dat die Russe verwag dat die teen-aanvalle nie net tot Kherson beperk sal wees nie, maar vir mediatiese effek ook inkursies in die Noord Ooste sal insluit, geloods vanuit Kharkof (waar die Russiese bronne geruime tyd reeds gewag maak van die opbou van magte en toerusting, verskuil in die stad se moltrein stelsel).

Die Oekraïniese “teen aanvalle” het dus polities sielkundige oogmerke, eerder as wat dit militêr strategiese uitkomste wil bewerkstellig. Hulle besef waarskynlik dat ‘n werklike volskaalse aanslag om bv. die hele Kherson area te herower, met aansienlike verliese vir hulle magte gepaard sal gaan selfs al sou hulle suksesvol wees wat hulle vermoë om daarna hulle hartland te verdedig, erg kan skaad. Indien hulle in so ‘n volskaalse aanslag die onderspit sou delf, sal dit nog meer katastrofies wees vir hulle vermoë om hulle hartland te verdedig; daarom word verwag dat die Oekraïniërs net die nodige sal doen, vir net solank as wat dit nodig is, om vir Zelensky en sy spin span toe te laat om die Westerse borge te probeer oortuig om voort te gaan om Oekraïne te bewapen en befonds.

Die Russe sal op hulle beurt die impak van winter wil vererger vir Oos Oekraïne, deur bes moontlik die Dnieper brûe waarlangs die Oekraïniërs hulle magte logisties ondersteun, op te blaas voor herfs rasputitsa (omdat Kiëf dan nie klein paaie as alternatief kan gebruik vir hulle logistiek nie). , ontplooi langs Transnistrië en Odessa afsny vanaf Kherson. Dan ook vanaf Belgorod Suidwaarts opruk na Dnieper, en van Kherson noordwaarts, weerskante van rivier (moontlik gedurende Desember, wanneer die grond weer hard sal wees?). In terme van grondgebied, bly dit Poetin se ideaal om Novorossiya te her vestig.

Wat lê voor?:

Hoe eindig dit?

Die nasionaliste sal net begin bes gee as hulle wil tot verset gebreek is, veral sou die Weste hulle abandoneer, die Russe hulle op die slagveld ondubbelsinnig verslaan het, en hulle self ingesien het dat:

Die loods van die “teen aanvalle” so kort voor die herfs rasputitsa, versterk hierdie aanname dat die Oekraïniërs nie ‘n lang veldtog in gedagte het nie (die rasputitsa bied beide ‘n verskoning om op te hou, sowel as ietwat van ‘n beskerming teen die moontlikheid dat die Russe die Oekraïniese verliese tydens die teen-aanvalle kan gebruik as lanseer-platform vir ‘n groot teen-teenaanval van hulle kant).

Dis waarskynlik dat Rusland die Dnieper as die nuwe grens en 'n natuurlike verdedigingslyn sal wil daarstel. Rusland sal ook weer die hele Swartsee-kus wil besit, met Odessa as histories sy belangrikste kommersiële hawe met ys vrye, heel jaar operasies (dieselfde rede dus as waarom Katharina die Grote dié hawestad drie eeue gelede gevestig het). Dit beteken dat daar in die maande of jare wat voorlê (die Russe voel nie gedruk deur tydskale nie) daar aanvalle sal kom vanuit Kherson en moontlik ook vanaf Transnistrië (Moldawië) om die kusstrook te beset.

Dan sal Poetin die wêreld veilig gemaak het vir “outokrate”, met ‘n nuwe internasionale orde en magsbalans een vir wie dit nie ‘n prioriteit sal wees om bv. 'n demokratiese regstaat in Suid-Afrika in stand te hou nie, maar wat eerder hulle kliënte in die politieke mag setel sal wil hou, ongeag die verloop van verkiesings en die bepalings van grondwette. Gegewe Suid Afrika se belang as produsent van grondstowwe en sy posisie in BRICS, sal Moskou en Beijing in naam van “stabiliteit en vrede” hulle kliënte aan die bewind probeer hou, desnoods met militêre hulp, sodat dit dan erg moeilik sal raak vir die Suid-Afrikaanse demokrasie en verkiesingstelsel om te funksioneer soos in die huidige grondwet bedoel.

• hulle deur Neocons mislei en misbruik is; die internasionale geopolitieke en ekonomiese magsbalans wesentlik geskuif het teen die Weste, en hulle deur verdere verset, die risiko loop om dalk alles te verloor.

Die Kremlin en sy bondgenote se hoof oogmerk bly om Westerse hegemonie te breek, veral met ekonomiese pyn en gevolglike sosio-ekonomiese onrus en politieke omwenteling in eerstens Europa en vervolgens by die stembus in die VSA. Moskou gaan dus aanhou, want verloor is vir hulle nie 'n opsie nie (dit sou persoonlik die huidige Kremlin leiers se dood kon beteken), en tyd nie 'n faktor nie hulle sal wel probeer om só te veg dat hulle eie bloei beperk word. Belangrike bepalers sal die politiek wees in Europa en die 2022 & 2024 verkiesings in die VSA, met die Russe wat sal hoop dat nuwe leiers in die Weste, sal begin vrede prioritiseer.

Die res van die wêreld begin al hoe meer die Weste blameer vir die wêreldwye negatiewe konsekwensies van veral inflasie, asook vir die Weste se huigelary (soos met die behandeling van vlugtelinge en die valshede oor die graan-uitvoere wat vir die honger armes bestem sou gewees het).

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 36

In die Europese konteks sal Duitsland soos altyd deurslaggewend wees, en sal hulle koers bepaal word deur hoe hulle voel hulle industrieë se internasionale handelsposisie versleg. Berlyn sal waarskynlik in die openbaar vir Washington bly na die mond praat, maar al hoe meer onder die tafel in eie belang sanksies begin ondermyn en Kiëf begin druk om te skik.

As Poetin eventueel deur die res van die wêreld gesien word om te gewen het, sal die ander kant van die munt wees dat die Weste en veral die Anglosfeer, in die besonder die VSA, gesien sal word om nie meer die hegemoon te wees wat kan dikteer wat die internasionale orde is en die magsbalans domineer nie.

Die Globale Suide sal aan die wenkant wil wees, en sal vir historiese redes die Weste graag op sy plek gesit wil sien. Dis dus goed moontlik dat, as die konflik sou voortsleep totdat daar sosiale ongedurigheid en bewindsveranderinge in Europa, Brittanje en die VSA is, dit sal blyk dat Washington weer eens soos met Vietnam, Irak en Afghanistan meer afgebyt het as wat hy kan kou, en dat Kiëf dieselfde fout begaan het toe hy sy veel groter buurman se vredesvoorstelle van die hand gewys en voortgesette oorlog gekies het, met sy hoop geplaas op Washington.

Sjina het ‘n absolute belang daarin dat Washington en NAVO nie moet wen nie, en dat hulle hegemonie gebreek moet word. Sjina sal waarskynlik sy invloed oor die Globale Suide al meer laat geld, om die Weste op diplomatieke vlak te isoleer. Beijing (en Shangai) sal waarskynlik hulle bes doen om Westerse sanksies te laat misluk en self soveel moontlik wins daaruit te melk.

Die Anglosfeer besef hulle "primacy" is op die spel en die elites in Washington en Londen sal waarskynlik wil bly veg tot die laaste Oeraïniese soldaat geval het, maar interne politieke druk en ekonomiese pyn kan nuwe leiers en denke voortbring.

ALLISTER HEATH 31 August 2022 • 9:30pm Britain is now in grave danger of falling into Vladimir Putin’s trap. His kamikaze economic war on the West will eventually take down his disgusting coterie of war criminals, but in the meantime it is beginning to inflict immense, permanent damage on the Western way of life, to the great delight of Moscow’s siloviki hard men. We risk ending up with calamitous poverty, civil disobedience, a new socialist government by next year, a break up of the UK, nationalisations, price and incomes policies, punitive wealth taxes and eventually a complete economic and financial meltdown and IMF bailout. The situation in the EU is, if anything, worse.

Die konsekwensies van die groot moondheid konflik rondom Oekraïne is velerlei en wyd, en sal prakties elke land raak ook die hele internasionale orde en die magsbalans. ‘n Insiggewende opinie stuk wat einde Augustus in die Londense Telegraph verskyn het, illustreer die mate waartoe ook Britse elites nou begin besef hoe drasties-gevaarlik die groot-moondheid magstryd rondom Oekraïne, nou vir hulle ook geword het: (sien volgende bladsy).

Putin has pulled off a shock win that could destroy the free world

This is not a plea for pacifism, for looking away when Ukraine is being illegally invaded by a savage regime. Britain was and remains morally right to back Ukraine in a carefully calibrated way. Instead, this is a plea for an economic counter offensive, for Liz Truss, the next PM, to tackle Putin’s economic and energy war head on. Mass, immediate intervention is inevitable, but must be designed to avoid hastening Britain’s shift into demagoguery, welfarism and socialist central planning, all steps down Hayek’s “road to serfdom” that the Leftist and green elites are longing us to take. The wrong response because too little is done, or because the wrong solutions are chosen would merely advance Putin’s masterplan to cripple the CheapWest. and plentiful energy is essential to our consumerist societies. We cannot be delusional about the scale of the developing catastrophe. Household energy and vehicle fuel costs will jump from 4.5 per cent of household spending in early 2021 to some 13.4 per cent by April next year, much higher than at any time during the past 50 years, including the 1970s, according to Carbon Brief. Households may face a rise in energy costs of £167 billion, or 7 per cent of GDP, taking total expenditure to £231 billion, more than government spending on health, and that is before the hit to business is accounted for. The rise for consumers alone is more than the combined defence and education budgets.

The Kremlin’s energy war is pushing Europe and the UK towards economic meltdown and socialism

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 37

This is equivalent to a Depression style shock. Pay rises will protect some workers at the expense of investors, but until and unless energy prices fall again our national living standards will slump massively. The nation is sending tens of billions more abroad to pay for energy imports.

COMMENT

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 38

The state can borrow to cushion the blow, reducing future consumption to prop up current living standards, but our impoverishment cannot be magicked away. Coming after years of QE, there is a real danger of excess borrowing triggering even higher inflation, rocketing interest rates, mass repossessions and a banking crisis, so caution is imperative. There was little the West could do other than rely on hostile Opec nations in the 1970s, the last time an energy war almost destroyed us; but it was an unforgivable error for Europe to become so reliant on Russian supplies, and to fail so miserably to increase domestic energy production. The French even allowed their nuclear plants to break down.

Laai dit GRATIS af met hierdie skakel https://www.samirror.com/uploads/1/0/7/1/107110645/nongqai_vol_12_no_12b_1.pdf:

Putin struck at the right time: the zombified Western economy was in the doldrums. Covid was a disaster of unpreparedness and errors, increasing national debts and inflation and entrenching a dependency culture. But the Russian tyrant’s canniest move was to understand just how suicidal our energy policy had become. A toxic brew of net zero ideology, deep hypocrisy about decarbonising without making the nuclear effort, endemic nimbyism, short termism and state incompetence had radically weakened the West… Why, oh why, did Britain and Europe allow themselves to become Putin’s hostages?

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 39

Dr. Willem Steenkamp Oorloë (en die aanloop daartoe) is tipies tragie-komedies van foute. Die waarheid raak ook heel gou verswelg in propaganda. En ook verwring deur emosie veral gedrewe deur testosteroon en adrenalien. Die “roepstem van die bloed”, van nasie en afkoms en van die eie ego van leiers, maak dat die “objektiewe werklikheid” deur die protagoniste betrokke by die stryd, gesien word deur fundamenteel verskillende lense. Die koelkop, passielose verstaan van die kille realiteite van die feitestel op hande, van die werklike magsbalans wat die konflik onderlê, en van die onvoorsiene en onbedoelde gevolge wat kan vloei uit die inisieer van die ketting van aksie en reaksie dit wat situasie bewustheid (“situational awareness”) genoem word, en realisties moet wees is gewoonlik die eerste slagoffer, wanneer die oorlogswolke begin saampak. Elke strydende kop “is sy eie wêreldjie” (soos die Spaanse spreuk sê). Daar’s dus by uitset tipies nie onder die strydendes een gedeelde bewustheid rondom dit wat die situasie regtig vergestalt nie. Elk glo in sy eie, dikwels wyd verskillende interpretasie van wat die realiteit eintlik is, gebaseer op subjektief-gevormde persepsies omtrent die dispuut en hoe hulle elk meen dit gaan Watuitspeel.oorlog dan by uitstek doen, is om die wrede werklikhede hard tuis te bring soms vinnig, soms egter uitmergelend langsaam. Uiteindelik egter, kristalliseer oorlog die koste en risiko’s gekoppel aan die onderskeie motiverende illusies en ongefundeerde eie verwagtinge sodat daar vervolgens met meerdere realisme onderhandel kan word vir ‘n skikking van die dispuut. Vir gee en neem, en kompromis. Met dit wat werklik haalbaar is, plus wat die prys daarvan gaan wees, wat vir eens opgeklaar is, in die flits van staal en neergepen in bloed. Want, soos Clausewitz tereg geskryf het, is en bly oorlog politiek, net maar gevoer met ander middele (en die politiek behels in die moderne era prakties altyd die onderhandelde balanseer van konflikterende belange, eerder as die volledige onderwerping van een kant, deur die ander die laaste voorbeeld van so ‘n uitsonderlike “alles of niks” benadering van volle, onvoorwaardelike oorgawe eis, was die geallieerdes se onversetlike aandrang teen Nazi Duitsland). Ook hierdie huidige konflik tussen Rusland en Oekraïne sal dus bykans verseker deur gesprek beëindig word, eerder as deur totale verowering en onderwerping. Die vraag is: hoe lank gaan dit neem, hoeveel bloed en geld gaan dit kos, en watse nagevolge gaan dit laat? Nie net vir Oekraïne nie, maar vir die wêreld orde, en les bes vir Suid Afrika?

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 40

In ‘n snel-globaliserende wêreld waarin die vloei van inligting via die pers en sosiale media enorm vermenigvuldig het, is die probleem van “vals feite” en propaganda vandag veel groter as tevore. Almal kan in reële tyd mee leef met die trauma en drama wat vandag in Oekraïne afspeel, en dus subjektief betrek word by ‘n propaganda oorlog wat op die punt staan om sg. “realiteit TV” te word.

Die gevolg is dat die objektiewe, emosioneel-neutrale uitsif van die feite en die gebalanseerde analise van die implikasies, enersyds moeilik te kry is en andersyds in werklikheid soveel belangriker is as ooit tevore. Veral wanneer die konflik so ‘n wye en moontlik drastiese impak potensiaal het as die

DIE OEKRAÏNE-KONFLIK: ‘n INTELLIGENSIE-ANALISE (#1, Feb’22)

Die eerste verwysing in die opgetekende geskiedenis na vandag se strydende partye was rondom 850nc, toe die versameling Oos Slawiese stamgroepe wat die gebied tussen die Baltiese See in die Noorde, en die Swart See in die Suide bewoon het, beskryf is as die “Kiëfse Rus”. Die rede vir dié naam, was dat Kiëf op daardie stadium die belangrikste setel was in die geheel gebied wat deur die “Rus” bewoon is. Die stad was in werklikheid die bakermat van Russiese kultuur, en ook van die Russies Ortodokse Kerk (die Oekraïniese ambassadeur in Londen het bv. op 27 Februarie 2022 op die BBC gekla dat Rusland eintlik die naam “Rus” by hulle gesteel het die Russiese Primêre Kroniek van 1113nc, die eerste eie geskrif van die Russe oor hulle oorsprong, het sigself bv. in die inleidende sin soos volg beskryf: “Hierdie is die vertellings van vervloë jare, aangaande die oorsprong van die land Rus, die eerste prinse van Kiëf, en uit watter ontstaansbron die land Rus sy begin gehad het."). Hierdie politieke dominasie van Kiëf oor die Russiese domein het geduur totdat die invallende Mongoolse Hordes in 1240 die stad gelyk gemaak het, en die mag-swaartepunt binne Rus-geledere verskuif het na die prinsdom gesetel in Moskou. Kiëf se kulturele invloed, en ook veral op kerklike gebied in die konteks van die Russies Ortodokse Kerk (wat in 988nc in Kiëf tot stand gekom het met die kerstening van Prins Vladimir), het egter vir lank daarna voortgeduur, al het die stad vir ‘n wyle gedurende die Middel eeue, geval onder dominasie van die Pools Litause Gemenebes met sy Katolieke inslag. Juis om te ontsnap aan die dominasie van die Pole, het die Kosakke wat in die sewentiende eeu die area rondom Kiëf lokaal beheer het, die Tsaar in Moskou genader vir ‘n formele akkoord om deel te word van die Tsaristiese Ryk, welke akkoord in 1654 geteken is. Van daardie datum af was die area om Kiëf dus weer formeel ‘n integrale deel van groter Rusland, onder gesag van Moskou. Die Krim skiereiland is in 1774 deur Katarina die Grote afgeneem by die Ottomaanse Ryk (Turkye) en in 1783 direk geannekseer deur Moskou dus nie streeksgewys geassosieer met Kiëf nie. Met die totstandkoming van die Sowjet-Unie (USSR) in 1922, het die Krim ‘n aparte Sowjet-Republiek geword, in eie reg lid van die USSR (Unie van Sowjet Sosialistiese Republieke), met die belangrike Russiese vloot basis Sewastopol (die tuis hawe van hulle Swart See vloot) ‘n outonome federale stad van die DieUSSR.eerste lokaal-outonome entiteit onder die naam Oekraïne het sy ontstaan te danke gehad aan Lenin se beleid om die verskillende komponent gemeenskappe van die nuwe Sowjet Unie (in teorie, en slegs maar as skyn) groter erkenning van eie identiteit te gee as wat hulle onder die Tsaar geniet het in die praktyk was hulle egter almal onder die hiel van die kommunistiese diktatuur in die Kremlin. Só het die Oekraïniese Sowjet Republiek (OSR) in 1922 tot stand gekom as een van die deel republieke van die USSR, met sy hoofstad eers in Kharkof en van 1934 in Kiëf. Die naam Oekraïne

1. DIE HISTORIESE AGTERGROND

huidige geskil tussen die Weste en Oekraïne aan die een kant, en Rusland aan die ander. Hierdie artikel gaan poog om vir u, in Nongqai se tradisie van “veiligheid geskiedskrywing sonder kwaadwilligheid”, so ‘n neutrale, feite gebaseerde analise te bied, sonder om op hierdie stadium in die midde van die stryd bv. blaam te probeer toedig (na afloop, sal die internasionale reg hopelik sy gang kan neem). ‘n Poging tot ‘n objektiewe, feitlike analise en opklaring van die multi fasetlike realiteit is wat nou nodig is, want die situasie het bepaald implikasies vir die wêreld en Suid Afrika. Die struktuur waarbinne ons dit vir u gaan uiteen sit, is om eerstens kortliks die streek se hede bepalende geskiedenis te behandel (as noodsaaklike agtergrond vir begrip). Tweedens sal ons dan kyk na elk van die partye betrokke hoe en wat hulle elk is: i.t.v. samestelling, sterkte, persepsies omtrent die konflik, die eiebelang determinante van hulle onderskeie posisies, die doelwitte wat hulle wil bereik, en die strategie wat elk skyn te wil volg (met hoeveel kans dit waarskynlik het op sukses, sowel as op onvoorsiene gevolge ontketen). Laastens sal ons dan oorweeg, watter implikasies die verskillende moontlike uitkoms scenario’s inhou vir daardie streek self, die magsbalans in Europa en die wêreld, en les bes vir Suid Afrika.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 41

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 42

Die beleid het bv. in die geval van Georgië uitgeloop op die insluiting van die tradisioneel Russiese streke Suid Ossetië en Abchasië (wat in November 2008 uitgeloop het op die kort oorlog tussen Rusland en Georgië, toe die Russiese Federasie die twee onafhanklike republieke wat Russiese separatiste in die twee wegbreek streke geskep het, formeel erken en militêr ondersteun het ‘n situasie wat steeds voort duur). In die geval van Oekraïne, het die Kremlin die Russies sprekende gedeeltes van die Donbas-streek in die Ooste en die Krim in die Suide, by Oekraïne ingesluit – die oorsprong dus van vandag se separatiste probleem daar ook, want na die val van die USSR, wou hulle weer Russe wees.

In die geval van die Krim, het Moskou die streek in 1954 aan die Oekraïniese Sowjet Republiek “geskenk” as deel van die vieringe van die akkoord van ewige broederskap wat 300 jaar tevore deur die Kosakke geteken is met die Tsaar ongeag dat die skiereiland etnies oorweldigend Russies was. Die kaart hiernaas toon die verspreiding aan in Oekraïne van Russies sprekendes. Van die totale bevolking van sowat 40 miljoen praat 67.5% as huistaal Oekraïens en 29.6% praat Russies (die twee tale is beide van oorsprong Oos Slawies, en dus baie nou verwant). Die volgende kaart toon die oorspronk like grense van die OSR, wat aandui dat die Krim en die huidig gedispu-teerde Donbas in die Ooste van Oekraïne nie aanvanklik deel daarvan was nie.

Soos wat die Kremlin ook bv. in die geval van die Georgiese deel republiek van die USSR gedoen het (en Tito ook in die geval van die grense van deelstate van die eensmalige Joego Slawië) is hierdie komponent state se grense kunsmatig wyer her trek om vir hulle gemengde etniese bevolking samestellings te bewerkstellig (in die geval van die USSR, om te sorg dat elk van hierdie deel republieke ook ‘n effektiewe blok-stemgroep van etniese Russe sou bevat, sodat die gewaande “outonomie” nie na die plaaslikes se koppe sou kon gaan nie).

kom van die Slawiese woord “okraina” wat grensland beteken. Die area het altyd as buffer gedien tussen Moskou en aanvallers uit die Weste, soos Napoleon Bonaparte en Adolf Hitler. Die OSR se grense het oor die jare vele keer verander; na die 2e Wêreld Oorlog het Stalin bv. dele van die eensmalige Tsjeggo-Slowakye, Pole en Hongarye aan die westekant toegevoeg. ‘n Belangrike deel van die hedendaagse dispuut het sy oorsprong in daardie na oorlogse tydvak gehad, in ‘n geskil tussen die USSR en die Britse Gemenebes oor stemreg in die nuwe Verenigde Nasies Organisasie Moskou het geargumenteer dat dit onbillik was dat lidlande van die Britse Gemenebes (wat almal onder dieselfde staatshoof gestaan het, in die persoon van die Britse vors) aparte lidmaatskap van en stemreg in die VN kon kry; om dié kwessie te besleg, is twee van die USSR se deel-republieke, Oekraïne en Belo Rusland, toe (maak nie saak hoe fiktief) as soewereine staats akteurs geag en ook as volwaardige lidlande van die VN aanvaar en met stemreg beklee.

Na die verbrokkeling van die USSR het Oekraïne homself in 1991 soewerein onafhanklik verklaar. Baie belangrik (as synde geografies ‘n buffer-land) het Oekraïne sigself toe neutraal verklaar, tussen die Weste en Rusland. Die nuwe land het 'n beperkte militêre vennootskap met Rusland en die ander Moskou geassosieerde lidlande van die Gemeenskap van Onafhanklike State (oud republieke van die USSR) gevorm, onderwyl dit ook in 1994 'n vennootskap (maar nie lidmaatskap) met NAVO gevestig het. Opeenvolgende regerings in Kiëf het versigtig gepoog om ‘n ewehandige buitelandse beleid te handhaaf wat nie die delikate binnelandse etniese balans of verhoudinge met hetsy Moskou of die Weste sou versteur nie. Die meerderheidsgroep etniese Oekraïniërs, met hulle proksimiteit aan die Weste en ekonomiese aspirasies, het egter toenemend nasionalisties begin voorspraak maak vir nouer bande met die Europese Unie, en vir uiteindelike aansluiting by NAVO.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 43 (New York Times: 17 February 1918)

In 2013, nadat die demokraties-verkose regering van president Viktor Yanukovych (wat as proRussies gesien is) onder druk van Moskou besluit het om nie die beginsel ooreenkoms vir Oekraïne Europese Unie Vereniging in werking te laat tree nie, maar eerder Moskou se aanbod vanUS$13 biljoen in finansiële aansporingsmaatreëls te aanvaar en nouer ekonomiese bande met Rusland te soek, het 'n paar maande lange golf van betogings bekend as die Euromaidan in Kiëf begin, wat later op die sg. Revolusie van Waardigheid uitgeloop het. Dit het gelei tot die omverwerping van Yanukovych en die vestiging van 'n nuwe, Pro Westerse en nasionalisties Oekraïniese regering.

Die militêre vermoë van onderskeidelik Rusland en Oekraïne, sien grafies soos volg daar uit: (kyk asb. volgende bladsy)

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 44

2. DIE MILITÊRE MAGSBALANS

Hierdie gebeure het die rasionaal gevorm vir die her anneksasie van die Krim deur Rusland in Maart 2014 en toe in April van daardie jaar, die uitbreek van ‘n lae intensiteit gewapende konflik in die Oostelike, Russies sprekende Donbas streek 'n uitgerekte konflik met Russies gesteunde separatiste in Donetsk en Luhansk. Hierdie konflik was die onderwerp van die sg. Minsk ll-akkoord wat in 2015 met Franse en Duitse hulp bemiddel is, maar wat nooit volledig deur Oekraïne of die separatiste implementeer is nie (dit het voorsiening gemaak vir ‘n graad van outonomie aan die separatiste gebiede, en sou ‘n effektiewe veto aan hulle verleen oor Oekraïniese buitelandse betrekkinge rakende aspekte wat hulle sou voel hulle mag benadeel soos bv. enige nouer bande met Europa en NAVO, ten koste van betrekkinge met Rusland. Oekraïniese nasionalisme het na die Russiese her anneksasie van die Krim en die konflik in die Donbas, bly groei en toenemend in regeringsbesluite gemanifesteer. Van die eensmalige versigtiggebalanseerde neutrale benadering was nie meer sprake nie. Oekraïne het vervolgens in 2016 aansoek gedoen vir implementering van die ekonomiese komponent van ‘n sg. Diep en Omvattende Vryhandelsgebied met die Europese Unie. Oekraïne het ook die kanaal wat water lewer aan die Krim skiereiland afgesper. Op kerklike gebied het Kiëf weggebreek van die Moskou beheerde Russies Ortodokse Kerk en aansoek gedoen by die hoofkantoor van die Ortodokse Kerk in Konstantinopel vir onafhanklike statuur as die Oekraïniese Ortodokse kerk, wat toegestaan is tot groot ontsteltenis van die Russies Ortodokse Kerk. Soos gesê, het Oekraïne nie die vergunnings wat in die Minsk ll akkoord ten behoewe van die Russies sprekende streke beding is, implementeer nie. Daarenteen het hulle in 2019 wysigings aan die Grondwet van die Oekraïne aangebring, wat die on omkeerbaarheid van die land se strategiese keuses ten gunste van die soek van EU en NAVO lidmaatskap, konstitusioneel verskans het. Die Oekraïniese konstitusionele hof het ook in 2018 wetgewing ongeldig verklaar wat aan plaaslike owerhede die reg gegee het om lokaal tweetaligheid in te stel, waar ‘n genoegsame persentasie van ‘n distrik se bevolking ‘n ander taal as Oekraïnies praat sodat Oekraïnies vervolgens die enigste amptelike taal was. Soos wat Oekraïne se woordestryd met Rusland in felheid begin toeneem het, het hulle ook groeiende militêre samewerking met die Weste gekultiveer, wat hoofsaaklik verleen is in die vorm van opleiding en beperkte lewering van defensiewe wapens. ‘n Oorsig van die historiese agtergrond tot die huidige gewapende konflik, sou nie volledig wees nie sonder vermelding van Rusland / Moskou se ervaring van twee grootskaalse militêre invalle wat sy voortbestaan eksistensieel bedreig het dié deur Napoleon Bonaparte in 1812, en deur Adolf Hitler gedurende die 2e Wêreld-Oorlog. In beide gevalle, was Moskou se redding te danke aan die feit dat hy beskik het oor ‘n massiewe buffer strook tussen die Weste (waarvandaan die invallers gekom het) en sy Russiese hartland. ‘n Buffer wat die invallers eers vegtend moes oorsteek, en waaroor hulle dan lang logistieke lyne in stand moes hou, blootgestel aan die Russiese winters. In die Russiese gemoed was en is die instandhou van so ‘n buffer strook tussen hulle en die Weste (gedurende die Koue Oorlog, in die vorm van die eensmalige Warskou Pakt-lande) dus van die opperste geo-strategiese belang, om die NAVO alliansie van hulle eie hartland af weg te hou. In die persepsie van die Russe, sou Oekraïne se resente ambisie vir NAVO-lidmaatskap (indien dit toegestaan sou word) die potensiële Westerse vyand dus logistieke basisse bied, sowel as die geleentheid om gevegseenhede en missiele te ontplooi, reg teen die Russiese hartland. Vir hulle, dus analoog aan die VSA se sterk optrede in 1962 oor die ontplooi van USSR missiele in Kuba...

3.1 Die Russiese Federasie

Aktiewe diens (x 100,000) Reserwe-magte (x 100,000)

Die jaarlikse nasionale begroting van Oekraïne is US$63 miljard, terwyl dié van Rusland vier keer groter is, synde US$416 miljard (lg. soos teen die amptelike wisselkoers omgesit). Dit moet egter onthou word dat, selfs voor die jongste krisis, die Russiese Roebel die wêreld se mees onder waardeerde geldeenheid was. Gemeet volgens die Financial Times se “Big Mac Index” is die ware koopkrag van die Roebel, en dus reële grootte van die Russiese ekonomie, 3.4 keer groter as wat die amptelike wisselkoers soos in VSA dollar uitgedruk, voorgee. Die dikwels gehoorde vergelyking dat Rusland se ekonomie maar om-en-by so groot is as dié van Italië, hou dus nie werklik water nie. Rusland is ook die wêreld se 2e grootste petroleum produsent.

Tenks (x 1,000) Artillerie (x 1,000)

3.1.1 Die determinante van die Russiese persepsie van die strategiese situasie: Bepalende faktore in die Russiese persepsie van die strategiese situasie, is hulle traumatiese belewenis van die Duitse inval gedurende die 2e Wêreld-Oorlog (WO2), en tweedens die chaos waardeur hulle gegaan het na die ontbinding van die USSR. Derdens is die daaropvolgende Westerse beleid jeens Rusland, veral vermeende klandestiene aksies, wat deur die Russe gesien word as steeds aktief bedreigend / ondermynend (al was die Koue Oorlog iets van die verlede en het Rusland bv. vir die Weste wesentlik militêr gehelp gehad na 9/11, deur bv. basisse beskikbaar te stel). Stelselmatig het Rusland dus begin glo dat die Weste sy aanvanklike soeke na toenadering verwerp, nie sy belange erken en hom ook nie respekteer nie, en steeds Rusland aktief ondermyn, in die streek sowel in Rusland self, deur klandestiene steun aan opponente van die Kremlin. Hulle konklusie dus:

Vloot vaartuie (in Swart See alleen) (Internasionale Instituut vir Strategiese Studies, Nov. 2020)

Gevegsvliegtuie (x 100)

3. DIE PARTYE TOT DIE HUIDIGE STRYD: hulle aard, stand, dryfvere en strategieë

Daar is drie hoof partye tot die huidige stryd: die twee vegtendes (Rusland en Oekraïne) en dan die Westerse Alliansies (NAVO en die Europese Unie) waarin die VSA ‘n leidende rol speel. Uiteraard is daar ook die oorhoofse geo strategiese en ekonomiese kontekste in die wyer wêreld wat invloed uitoefen, veral dan die posisie wat Sjina inneem en tot mindere mate Rusland se ander ekonomiese vennote in BRICS (in die besonder Indië en Brasilië, maar ook Suid Afrika).

Grond tot grond missiel stelsels (x 10)

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 45

Vir die “spesiale militêre operasie” teen Oekraïne wat President Vladimir Poetin op 24 Februarie 2022 geloods het, is ‘n mag van na bewering tussen 150,000 en 180,000 man byeen gebring, onder dekking van militêre oefeninge in Belo Rusland, die Swart See / Krim en Suid Ooste van Rusland. Oekraïne se bevolking tel ongeveer 40 miljoen, terwyl Rusland s’n meer as 140 miljoen is.

As boorling van St. Petersburg (die eensmalige Leningrad) kon Poetin in sy jeug die nasleep sien van die traumatiese beleg van daardie stad gedurende WO2. Die chaos na die val van die USSR het hy eerstehands beleef. Hy is bo alles ‘n Russiese nasionalis. Daarby is hy nie ideologies, praktyk gerig en van nature ‘n deurdag versigtige beoefenaar van real politiek, in die styl van Machiavelli en die “yster-kanselier” Otto von Bismarck. Hy is nie bekend vir morele voorbehoude of skroomvalligheid oor metodes nie hy sal doen wat hy effektief en werkbaar ag om sy doel te verwesenlik, ongeag die menslike koste daarvan. Wat hy bo alles op prys stel, is stabiliteit veel meer as demokratiese legitimiteit. Dit is nie vir hom ‘n prioriteit om geliefd te wees nie, solank daar respek is (en in geval van nie, dan minstens vrees).

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 46

Rusland benodig steeds, teen alle koste, ‘n buffer-gebied wat hom kan beskerm teen invalle wat toekomstig steeds weer vanuit die Weste kan kom. 3.1.2 Vladimir Poetin se rol as Russiese leier:

Poetin se professionele ervaringswêreld is nasionale veiligheid hy was ‘n KGB offisier (het in Dresden in Oos Duitsland diens gedoen) en is later aangestel as hoof van die FSB, die KGB se opvolger na die val van die USSR. Hy word dikwels aangehaal waar hy gesê het dat die ondergang van die Sowjetunie die grootste geopolitieke katastrofe was van die 20e eeu, merendeels sonder dat die media dan kwoteer hoe hy op daardie stelling uitgebrei het Hy het nl. gesê dat: “enigiemand wat nie nostalgies is oor die afsterwe van die Sowjetunie nie, het geen hart nie; maar enigiemand wat die USSR wil herstel, het egter geen brein nie” (Die ouer garde Suid Afrikaners sal aanklank vind by die nostalgie opmerking: dis onvermydelik om bv. met heimwee terug te dink aan gedeelde ervaringe tydens diensplig, die kameraderie in die Magte ensomeer maar weinig sou nou die herstel van Apartheid voorstaan).

As ‘n geskoolde veiligheidspraktisyn, besef Poetin dat die uitgestrekte, multi-etniese Russiese Federasie net so maklik as die USSR kan inplof, as daar nie sigbaar en daadkragtig stabiliteit gehandhaaf sou word nie. Vir hom is dit dus noodsaaklik dat die Kremlin ‘n sterkmansbeeld moet hê, en glo hy kennelik nie dat hy kan bekostig dat Oekraïne (gegewe sy uiters sensitiewe strategiese ligging as buffer gebied) deur andere gesien kan word om weg te kom met rammetjie uitnek wees nie. Veral nie omrede die politiek wat Kiëf jongslede bedryf, in Poetin se oë grootliks die gevolg is van

As self ‘n Russiese nasionalis, is dit Poetin se siening (soos bv. geartikuleer in sy toespraak waartydens hy sy redes vir die loods van die huidige “spesiale militêre operasie” teen Oekraïne uiteen gesit het) dat Oekraïne nie histories aparte bestaansreg het nie dit is Russies, was en is dit vir eeue reeds, en was inderwaarheid die bakermat van Russiese kultuur en godsdiens identiteit. Voorts ook is en was Oekraïne altyd die essensiële broodmandjie van Rusland, met sy graan-produksie op die steppe. Veral binne die kunsmatig manipulatiewe grense wat die kommuniste getrek het, sien Poetin die idee van Oekraïne as ‘n aparte, soewerein onafhanklike land as ‘n gevaarlike aberrasie en ‘n eksistensiële bedreiging vir die nasionale veiligheid van Rusland veral gegewe die toenadering wat Oekraïniese nasionaliste jongslede soek tot die Weste. Vir Poetin is hierdie nasionaliste, in sy woordeskat neo Nazis (dit sal onthou word dat “Nazi” ‘n afkorting is vir nasionaal sosialiste, terwyl die kommuniste hulleself beskryf het as “wetenskaplike sosialiste”).

In die bestuur en beheer van die huidige konflik geniet Rusland reeds vir meer as twee dekades leierskap kontinuïteit, in die persoon van sy outokratiese huidige president, Vladimir Poetin. Anders as die kort kort wisselende politieke leierskapsituasie in bv. die VSA en in Oekraïne self, het Poetin die hele ontplooiing van die aanloop tot die konflik persoonlik as leier beleef. Hy kon dus ‘n langtermyn strategie ontwikkel en sistematies al die nodige vir die uitvoering daarvan, in plek kry. Wat nou aan’t gebeur is m.b.t. Oekraïne is dus nié, van Russiese kant, iets wat op die ingewing van die oomblik aanmekaar getimmer is nie, en het ook nie bloot kort termyn oogmerke nie. Dit moet dus begryp word dat Poetin besig is met ‘n “lang spel”, waar tyd skyn aan sy kant te wees en die ontplooiing van die militêre aspek daarvan, nie onder tydsdruk staan nie.

3.1.3 Wat wil Rusland bereik met Poetin se “spesiale militêre operasie” teen Oekraïne?

Dit word met reg gesê dat oorlogsplanne tipies nie die klap van die eerste skote oorleef nie. Omdat Poetin opsigtelik sedert 2014 reeds beplan hoe om die huidige toedrag van sake in Oekraïne te hanteer, kan aanvaar word dat hy nie maar net een, enkel-dimensionele doelwit en plan het nie, maar waarskynlik ‘n spektrum van terugval posisies ook, ooreenkomstig hoe die situasie op die grond Watontwikkel.Poetin bowe al wil bereik, is dat die grondgebied van Oekraïne nie tot die Weste se beskikking sal kom as direkte afspringplek teen Rusland, digby lg. se hartland nie. Hy wil sy buffer terug hê.

Die uitdaging vir Moskou was dus: hoe om vir Kiëf te “oorreed” (in ander woorde, te intimideer) om ‘n akkoord wat Moskou se minimum-vereistes waarborg, te sluit?

Die Kremlin het kennelik tot die konklusie gekom dat Kiëf nie sal onderhandel nie, tensy dat hulle oortuig kan word van drie onomstootlike werklikhede:

• Dat die geskil vir Rusland so fundamenteel belangrik is, dat hy heeltemal bereid en in staat is om grootskaalse militêre operasies teen Oekraïne te loods;

Vir Poetin sal oorwegings van nasionale belang en -veiligheid, real-polities gesien altyd enige teoretiese konsepte van hoe tussenstaatlike betrekkinge moreel eties kwansuis bedryf behoort te word, vêr oortref, en sal hy nie skroom nie om Rusland (en etniese Russe, waar hulle ook al mag woon) se belange eerste te stel en met enige metodes, skoon of vuil, te beveilig en bevorder.

Dit kan in beginsel op ‘n paar verskillende wyses verwesenlik word. Een sou wees dat Oekraïne nie verder opgekerf word nie, maar deur Kiëf self formeel neutraal verklaar word (as buffer gebied dus), met ondernemings deur die Weste en Rusland om Oekraïne se neutraliteit te respekteer – essensieel wat die Franse president Macron onlangs wou aanvoor, aan die hand van die Finse voorbeeld (maar wat die VSA toe vinnig gekelder het, op die teoretiese grondslag dat lande nie die vrye reg om aansoek te doen om NAVO lidmaatskap ontneem behoort te word nie maar in werklikheid omdat dit vir die politici in Washington dienstig was om Rusland in die kollig te hou en ook ‘n krisis in Oos Europa te hê om die aandag af te trek van hulle interne politieke probleme).

‘n Ander manier sou wees om eenvoudig Oekraïne militêr tot oorgawe te dwing, te beset en weer holus bolus by die Russiese Federasie in te lyf maar wat egter noodwendig sal beteken dat die so vergrote Rusland met nog meer NAVO lande as nou, direk skouer sal skuur op gedeelde grense (bv. dan ook met Pole, Hongarye, Slowakye en Roemenië) eerder as om fisies ‘n buffer gebied tussen Rusland en NAVO te hê.

inmenging deur die VSA in die besonder, ten einde Rusland te ondermyn. Die Kremlin glo dat die VSA se geheime dienste grootliks aandadig was daaraan dat die sg. Maidan proteste en die “waardigheidsrewolusie” die demokraties verkose (maar erg korrupte) regering van die pro Russiese leier Yanukovich omvêr kon gooi, in wat Moskou as ‘n staatsgreep gesien het. Uit vrees vir nog meer intense sulke klandestiene Westerse / VSA inmenging in die interne politiek van Rusland veral in die geval dat NAVO formeel veilige hawe gebied sou word in Oekraïne is die regering in Kiëf se toenadering tot die Weste nie iets wat Poetin glo hy enigsins kan gedoog nie.

‘n Derde stel moontlikhede sou permutasies van die voorgaande twee opsies behels, waar dele van Oekraïne se grondgebied terugkeer na Moeder Rusland (soos die Krim en die suidelike kus-strook plus die Donbas, of selfs alles Oos van die Dnieper rivier), met die oorblywende westelike hartland van sprekers van die Oekraïniese taal, wat dan wel as só ‘n neutrale buffer-gebied met die NAVOlande dien en hulle nasionalisme na hartelus kan uitleef.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 47

Kiëf en Moskou moet praat: Met die uitsondering van die tweede opsie van totale oorgawe en onderwerping, behels elk van die ander twee opsies (en die vele moontlike permutasies / kombinasies daarvan) onvermydelik dat Kiëf en Moskou sal moet onderhandel en ‘n akkoord bereik, plus dit ook dan implementeer en nie, soos met die Minsk akkoorde, dit net by praat laat nie...

• Dat alleen, Oekraïne nie militêr opgewasse is teen die mag van Rusland nie.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 48

internasionaal

Gegewe hierdie realiteite, sou Oekraïne dan moes insien dat die enigste manier om volledige militêre onderwerping te vermy, sal wees om te begin onderhandel vir ‘n skikking so hoekom nie die skade beperk deur vroeër eerder as later daarmee te begin nie?

3.1.4 Rusland kom tot die konklusie dat hy ‘n militêre inkursie in Oekraïne in sal moet loods. Uit die Russe se oogpunt gesien, kon hierdie werklikhede slegs op een manier konkreet demonstreer word, nl. deur ‘n daadwerklike, grootskaalse militêre inkursie in Oekraïne in te loods, wat Kiëf sal laat besef dat hulle oorlewing wesentlik op die spel is, as hulle nie vir Rusland sou gee wat hy wil hê nie. Só ‘n militêre operasie, het die Russe vanuit die staanspoor besef, sou hoogs waarskynlik tot Westerse teenmaatreëls lei. Waarvoor hulle dan ook sigbaar jare gelede reeds begin beplan en voorberei het deur ‘n behoorlike analise te doen van hulle eie kwesbaarhede (veral op tegnologiese en ekonomiese gebied), en vervolgens deur stappe te doen om hulself pro aktief te beskerm en om die Weste te kan afskrik daarvan om militêr aan die kant van Kiëf in te meng. Voorbereidings op ekonomiese terrein: Voorbeelde van hierdie bedreigingsontleding was die identifikasie van moontlike uitsluiting uit die Westers beheerde SWIFT bankoorplasingstelsel, waarvoor Rusland in 2014 reeds begin sy eie alternatief (die SPFS) ontwikkel het, en ook met Sjina en die ander BRICS lande begin saamwerk het vir die gebruik van die Sjinese se eie alternatief vir SWIFT, bekend as CIPS. Ook om uit die VSA-dollar te begin beweeg vir internasionale betalings. Hierdie samewerking met Sjina m.b.t. internasionale finansiële stelsels is in 2019 verskerp, en dit is sprekend dat op 11 Januarie 2022, slegs ses weke voor die inval, verdere hoëvlakse akkoorde gesluit is hieroor, tussen Moskou en Beijing. Ook het Rusland enorme buitelandse kapitaal-reserwes begin opbou, wat huidiglik op sowat US$630 miljard te staan kom, en sy buitelandse skuld vlakke begin verminder, sodat dit tans minder as 20% van BBP bedra (terwyl die Westerse norm meer as 100% is). Moskou se behoefte aan geld leen by wyse van uitgifte van effekte is tans dus baie klein, en 90% van sulke staat skuld word in ieder geval deur Russiese beleggers self opgeneem sodat slegs 10% daarvan van buitelandse geld afhanklik is. Voorts het Poetin reeds in 2014 voedsel selfversorgendheid begin aanspoor deur die invoer van vleis, vrugte, groente en suiwel uit die Weste te verbied. Rusland se belangrikste uitvoere is petroleum produkte (gas en olie). Voor 2014 het prakties alles na Europa gegaan (vandag nog lewer Rusland 40% van Europa se olie en steenkool, en 20% van sy gas). In 2014 is ‘n ooreenkoms gesluit met Sjina vir die konstruksie van 'n gas pyplyn tussen die twee lande, wat in 2019 geopen het, en is reeds goedkeuring gegee vir die bou van ‘n tweede so ‘n pyplyn Op wapen gebied het Rusland ook as ‘n wêreld leier na vore getree in die ontwikkeling en ontplooiing van hipersoniese wapenstelsels, vêr voor die VSA. Hierdie nuwe arsenaal bevat missiele wat tot Mach 10 (meer as 12,000 km per uur) kan haal en nie deur bestaande anti missielstelsels afgeskiet kan word nie. Voorts beskik Rusland uiteraard oor een van die wêreld se grootste kern arsenale, met die nodige afleweringsmiddele, wat as sy hoof waarborg dien teen Westerse toetrede tot die huidige militêre konflik met Oekraïne, en ‘n moderne lugmag en lugafweer stelsels, sodat dit baie moeilik en riskant sou wees vir die Weste om ‘n “geen vlieg”-sone oor Oekraïne te probeer afdwing.

• Dat die Weste, wanneer puntjie by paaltjie kom, vir Oekraïne nie tasbaar sal help nie net maar “vir hulle sal bid” en vir Rusland sal probeer ekonomies skaad en in slegte lig stel en dat Oekraïne dus geheel alleen sal staan op die slagveld; en

3.1.5 Hoe vêr het Rusland gevorder daarmee om Oekraïne te intimideer om te onderhandel? Voor die loods van Moskou se “spesiale militêre operasie” op 24 Februarie 2022 om Oekraïne te “demilitariseer en de Nazifiseer” het Kiëf kennelik nie geglo gehad dat die Kremlin werklik tot so ‘n drastiese stap sou oorgaan nie (ondanks weke van waarskuwings deur die Weste, wat nie anders kon nie as om die enorme magsopbou te gesien het nie). Die ontplooiing van Russiese magte oor die

is (weer, wanneer deur die propaganda heen gepenetreer kan word na die realiteite) dat Oekraïne hierdie onafwendbare werklikheid begin insien vandaar dat hulle so vinnig was om te begin praat, veral dan ten eerste met die oog op ‘n skietstaking. Die huidige stand van die militêre kragmeting sal nou bespreek word, aan die hande van die onderskeie strategieë wat mens sien uitspeel.

Die Russiese plan is duidelik gebaseer op intimidasie eerder as okkupasie. Om die harde werklik hede deeglik in te vryf, sodat uiteindelik gelate aanvaarding sal intree, en die Oekraïniërs sal instem om die Russe te gee wat hulle wil hê. Dit stem veel meer ooreen met die Pruisiese leër se veldtog

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 49

Die laaste punt waarvan Oekraïne oortuig sou moes word ten einde hom suksesvol te intimideer om na Rusland se wense te onderhandel, is die gemelde demonstrasie dat Oekraïne op sy eie, alleen, nie militêr teen Rusland opgewasse is nie en dus eerder moet onderhandel en skik op ‘n kompromis, as om die risiko te loop om totaal verslaan en tot ‘n onvoorwaardelike oorgawe gedwing te word ‘n neerlaag wat tot die totale wegmaak van Oekraïne as land sou kon lei (soos wat Poetin onsubtiel gedreig gehad het, toe hy gesê het dat Oekraïne in sy oë, nie histories bestaansreg het buite Rusland Aanduidingsnie).

3.1.6 Wat is die Russe se militêre strategie in werklikheid?

Reeds op die eerste dag het President Zelensky diengevolg begin aandui dat Oekraïne nou bereid is om te praat, ook oor neutraliteit (dus, sonder voorwaardes). Op Dag 2 het Moskou sy magte se voorwaartse progressie vir ‘n aantal ure gestop en aangedui dat dit slegs hervat sou word as daar nie konkrete vordering sou kom met die aanlê van formele onderhandelinge nie. Poetin het toe reeds ‘n afvaardiging na Belo Rusland ontplooi, vir daardie doel (dit was vir Rusland van groot belang dat die onderhandelinge moet plaasvind direk tussen Kiëf en Moskou, sonder enige betrokkenheid deur die Weste, en bepaald nie op die grondgebied van enige Westerse land nie). Zelensky was eers lugtig vir onderhandelinge in Belo-Rusland, maar op die derde dag is gerapporteer dat ooreen gekom is om dit wel af te skop die grens tussen Oekraïne en Belo Rusland. Die eerste formele gesprek het toe wel op Dag 4 daar plaasgevind. Die feit dat dit bilateraal tussen Rusland en Oekraïne is, sonder enige buitelandse bemiddeling of betrokkenheid, en op grondgebied van Poetin se keuse (sy geallieerde) is ‘n diplomatieke oorwinning vir Rusland en is aanduidend van Oekraïne se beperkte hefboomkrag in die Suksesonderhandelinge.indiebereikvan

Die Westerse reaksie (wanneer dit gestroop word van politieke spin) het vervolgens ook baie duidelik vir Kiëf bevestig dat Oekraïne nie enige konkrete militêre hulp van die Weste kon verwag nie die Weste sou die situasie eksploiteer om Rusland se beeld soveel moontlik skade aan te doen, en so ook sy ekonomie, sonder egter om self enige militêre of ekonomiese risiko’s te loop.

Die eerste punt om hier te maak, is wat die Russiese militêre inkursie nie is nie. Dit is nie ‘n Blitzkrieg styl “shock and awe” aanslag met drie dae van intense voorafgaande bombardering (soos in Irak), en dan ‘n resies na die stede, wat stormgeloop en oorgevat moet word nie (en dan op ‘n uitgerekte insurgensie stryd uitloop, omdat die bevolking nog nie oortuig is dat verset nutteloos is nie).

grens heen op 24 Februarie, het dus baie konkreet daarin geslaag om vir Kiëf te oortuig dat die geskilpunte vir Moskou so wesentlik belangrik is, dat hy so ‘n uiterste stap sou onderneem ten einde die vordering te kry wat die Minsk akkoorde nie kon bring nie.

‘n formele akkoord het na slegs vier dae van militêre operasies uiteraard nog nie gerealiseer nie, maar minstens is op 28 Februarie reeds op rekord geplaas dat beide partye saamstem om die proses so spoedig moontlik voort te sit (volgens berig word, op 2 Maart). Soos hierdie dinge gaan, was die afskop van onderhandelinge beslis blits snel (vergelyk die geskiedenis se beroemdste voorbeeld van Blitzkrieg, nl. die val van Frankryk in WO2, wat oor ‘n veel kleiner grondgebied heen ontplooi het as die uitgestrekte Oekraïne dit het 35 dae geneem van die loods van die aanval tot die binne-marsjeer van Parys, en ‘n verdere 8 dae tot die teken van ‘n vredesooreenkoms; die VSA se “shock and awe” inval in Irak in 2003 het geduur van 19 Maart tot 1 Mei).

Dit val dadelik op dat die Russe dusver nié vanuit die Donbas in die Ooste, die hoof magskonsentrasie van Oekraïniese troepe (wat Noord Suid ontplooi is langs die Donetsk Luhansk front), probeer weswaarts terugdruk het nie - dit is bekend dat die

Die Russe is soos die Mafia tipe ekstorsiebendes wat jou ongenooi in jou huis kom opsoek, en nie gaan loop nie tensy jy betaal. Die Oekraïniërs weet nou dat hulle óf die Russe met teen geweld gaan moet uitgooi (as hulle kan), of anders gedwonge sal wees om die Russe te betaal dit wat hulle wil hê, eerdat hulle hul loop sal kry. Wat hierdie mafia analogie probeer verduidelik, is dat dit ‘n foutiewe lees van die situasie is om te dink dat die Russe dit as noodwendige militêre uitdaging voor hulle het om die Oekraïniese stede stormerhand te verower. Met die uitsondering van die hawestede, en die sielkundige belang van Kiëf as hoofstad, het die ander stede nie werklik as sodanig militêr strategiese belang vir Rusland nie. Al wat die Russe nodig het om te doen, is om hierdie stede te omsingel, van die essensiële infrastruktuur (soos ligte en water) onder hulle beheer te kry, en dan te sit en wag om te kyk hoe lank die bevolking sal kan uithou in die metro-tonnels. Want die inwoners gaan weet dat hulle lewens nie na normaal gaan kan terugkeer nie (al het die Russe nie die stede fisies okkupeer nie), solank as wat die Russe daar buite vir hulle sit en kyk en elke dan en wan so ter herinnering ‘n skoot aftrek of ‘n voeler penetrasie loods, of begin rondspeel met die krag, gas en water, en/of die voedsel-toevoer.

Die Russe weet baie goed wat die koste sal wees van stedelike oorlogvoering. Die geskiedenis van Stalingrad en Leningrad is uiteraard goed aan hulle bekend. Veel eerder dan (soos wat die Pruise in 1870 gedoen het met Parys en Metz), hoef hulle maar net die stede te beleër en bombardeer, en dan gade te slaan hoe die publieke orde en wil tot verset daarbinne in-plof, soos wat kos en water opraak en die koue sy tol eis, sonder krag of gas.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 50

teen Frankryk in 1870, eerder as die Nazi’s se blits veldtog in 1940 Hitler wou die glorie en wraak van ‘n dramatiese vernedering van Frankryk hê, terwyl Bismarck die militêre kampanje gesien het as ‘n middel om vir Pruise die respek en geostrategiese winste te gee wat hy wou hê, soos die vereniging van die Duitse state as die eerste Duitse Ryk onder die Pruisiese koning as keiser.

Wat nie sê dat die Russe nooit sal poog om ‘n stad te beset nie, of nie doelbewus sal poog om die Oekraïniese weermag te elimineer nie. Die eliminasie van die Oekraïniese weermag, sal Rusland waarskynlik egter nie ter aanvang wil probeer verwesentlik op terrein gekies deur die Oekraïniërs nie (m.a.w., hulle stede). Rusland sal self die “killing”grounds wil kies waar hy die Oekraïniese weermag eenhede kan elimineer, wat sal wees deur hulle op die plat Steppe af te sny, op te breek in pakkette en te vergruis (as hulle nie oorgee nie) weer soos wat die Pruise met Napoleon lll gedoen het, buite Sedan... Die feit dat mens op TV kan sien hoe massiewe kolonne Russiese soldate en wapentuig vryelik oor Oekraïniese grondgebied kan beweeg, sonder klaarblyklik enige gevaar van interdiksie deur die Oekraïniese magte, dui aan dat al die voorvereistes reeds in plek is vir die Russe om so ‘n oorlog van beweging, om-flanking en strategiese eleksie van slagvelde van hulle keuse, te kan voer sonder dat die Oekraïniërs effektief in staat sal wees om hulle teen te gaan.

Die kaart hiernaas, wys die Russiese troepe ontplooiings in Oekraïne soos op die aand van 27 Februarie.

Derdens is daar die realiteit van vlugtelinge. Binne die eerste vier dae reeds het meer as ‘n halfmiljoen Oekraïniërs na die weste gevlug. Dit pas opsigtelik die Russe, en hulle het dusver nie die hoofweë of treinspore vir hierdie mense probeer afsny nie. Hierdie Oekraïniërs vlug, enersyds omrede hulle die Russe vrees, andersyds omdat hulle besef hulle het nou ‘n gulde geleentheid (wat nie voorheen vir hulle bestaan het nie) om hulle in die ryk Wes Europa of Noord Amerika te kan vestig, maar ook vlug hulle omdat hulle opsigtelik nie vertroue het in hulle eie regering se vermoë om hulle te beskerm nie. Die VN-agentskappe verwag dat miljoene Oekraïniërs aanstons weswaarts op die vlug sal wees. Vir die Russe pas dié uittog, omdat dit hulle met minder potensiële opponente laat, tweedens omdat dit wis en seker aanstons die Weste onder groot druk gaan plaas, maar ook vanweë die sielkundige effek op dié wat agterbly se moreel.

Tweedens dui die bestaande ontplooiings van die Russe (soos op die kaart aangedui) daarop dat dit wel goed moontlik hulle plan mag wees om bloot strategies geleë areas van buite stedelike terrein te okkupeer, en daarmee in effek die Oekraïniers uit te daag om uit die stede te kom en hulle aan te vat, as die Oekraïniërs hulle land en hulle normale lewens wil terug-hê. Hierdie aanname word versterk deur die feit dat die Russiese magte tot dusver nié die stede met alle mag begin bombardeer of binnestorm het nie.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 51

Die vierde realiteit is wat in en om die stede self, soos veral dan Kiëf, aan die gang is. Onder ‘n klokreël, skuil talle mense in die metro tonnels. Hoe lank gaan dit wees voordat daardie tipe bestaan, hulle gaan laat vra of die kool die sous werd is? Die Russe beset reeds belangrike buite stedelike infrastruktuur, soos die Chernobyl-kragsentrale (nie omdat hulle ‘n radio-aktiewe afvalhoop wil hê nie, maar omdat die ander deel van die kragsentrale m.a.w., die deel wat nie gesmelt het nie steeds een van Oekraïne se belangrikste bronne van elektriese krag is, en hulle dit wil beheer).

Oekraïniese weer mag sy magsvlakke aan daardie front verhoog het, in die dae aanlopend tot die eskalering van die konflik. Dis asof die Russe die Oekraïniese magte wat daar ont plooi is, in plek wil hou, sodat hulle dan agter die Oekraïniërs om (d.w.s., aan die Westekant) vir hulle kan afsny van die res van Oekraïne d.m.v. opruk vanuit die brughoofde wat hulle gevestig het in die Noorde en die Suide (soos my rooi pyle antisipeer), en só dan op die plat Steppe vlaktes, met hulle oorweldigende Russiese voorsprong in swaar wapentuig, ‘n groot gedeelte van die Oekraïniese weermag tot oorgawe kan dwing of vernietig. Daar is ingeligte bespiegeling dat dit vrees was hiervoor, wat die Oekraïniese regering aangespoor het om by vandag (28 Februarie) se onderhandelinge te druk vir ‘n skietstilstand. Dieselfde flankende afsny-taktiek sal waarskynlik in die Suid-Weste gevolg word ten einde Odessa te isoleer (dit skyn logies te wees dat die Russe die strategies belangrike suidelike kus wat histories en etnies linguisties Russies is sal wil inpalm, om Oekraïne af te sny van enige logistieke voorsieningsmoontlikheid van oor die Swart See.

Die vyfde realiteit is dat die Oekraïniërs lig gewapen is, sonder lug superioriteit, en dus nie werklik kan waag om die swaar-gewapende Russiese magte wat in die platteland ontplooi is, oor daardie plat terrein heen te probeer konvensioneel militêr aanval nie. Gegewe hulle tipe wapentuig, moet hulle logies eintlik as insurgente veg veral ook omdat hulle nie beskik oor logistieke reserwes en toevoer lyne nie, wat hulle sal kan her voorsien wanneer hulle ammunisie en voorraad kort voor lank deur grootskaalse konvensionele botsings uitgeput sou wees. Die enigste “oerwoud” in daardie landstreek waaruit hulle as insurgente sal kan veg, is in werklikheid die beton-oerwoude van die stede. En die

Daar is ‘n paar werklikhede wat aanduidend daarvan kan wees dat hierdie vir die Russe hulle beste strategie sal wees. Eerstens is dit ‘n bekende werklikheid dat stedelike oorlogvoering tipies ‘n vyf teen een getalsvoordeel aan die aanvaller se kant verg, om suksesvol te wees. Dis uitermate vernietigend en bloedig, en die Russe het geen rede om óf alles wat hulle hoop om te erf plat te skiet nie, óf om die bevolking verder te antagoniseer nie veral nie aangesien die okkupeer van die stede, in sigself nie enige strategiese wins vir hulle sal meebring nie, en daar in ieder geval baie makliker psigologiese maniere is om ‘n stedelike bevolking te kry om vir sy politieke leiers te sê om te gaan onderhandel.

Dit is moontlik dat die Russe mag mik om die hele gebied Oos van die Dnieper-rivier in te palm, plus die gemelde Swart See kusstrook. Waarskynlik egter is anneksasie van groot gedeeltes bykomende grondgebied nie vir hulle so strategies belangrik as om ‘n gewaarborgde neutrale buffer gebied te verkry nie. Dit blyk ook onwaarskynlik dat die Russe op die kort termyn werklik “regime change” in Kiëf in die oog het. Hulle prioriteit is duidelik om te kan onderhandel vir die realisering van hulle strategiese oogmerke, en daarvoor sal hulle ‘n geloofwaardige gespreksgenoot nodig hê. ‘n Zelensky sal kan geloofwaardig die tipe akkoord teken wat die Russe soek, en sy aanvanklike verset sal dit moontlik maak om te verduidelik dat dit ten besluite die beste beskikbare kompromis was, ten einde nie alles te verloor nie.

Dit is realisties om te verwag dat die Russe ‘n spektrum van uitkomste sal hê wat hulle as aanvaarbaar sal ag, afhangende van die prys wat elkeen sal blyk te dra in die altyd moeilik voorspelbare eb en vloei van die realiteite op die grond, in oorlogsituasies.

3.1.7 Wat is die geo strategiese uitkoms wat die Russe waarskynlik wil verwesenlik?

Die minimum aanvaarbare uitkoms vir Rusland, sal waarskynlik ‘n akkoord wees wat Oekraïniese neutraliteit en buffer status waarborg, die her anneksasie van die Krim regtens erken, en so ook die afskeiding van die gedeeltes van die Donetsk en Luhansk oblasts wat voor die inkursie reeds onder separatiste beheer was. So ‘n uitkoms sou ook geen werklike verlies van nuwe grondgebied (anders as dit wat hulle reeds in feite tog verloor gehad het) vir Oekraïne beteken nie. As dit die maksimum haalbare sou blyk te wees, sal Poetin dit waarskynlik as ‘n oorwinning kan verkoop. ‘n Ietwat ryker prys vir die Russe om te wen, sou wees as die gehele Donetsk en Luhansk oblasts (m.a.w., nie net dié dele daarvan voorheen reeds onder separatiste beheer) toegelaat sou word om af te skei en by die Russiese Federasie aan te sluit, en so ook die kusstrook Oos en Wes van die Krim, langs die Swart See (wat ook tradisioneel en linguisties Russies was).

Russe weet dit alles, so waarom hulleself gaan blootstel? (Wat nie sê dat Rusland nooit gaan stede okkupeer nie net maar dat dit nie die maatstaf kan wees vir beoordeel of die Russiese operasies dusvêr suksesvol is, al dan nie; dit skyn of hulle konsentreer op die sielkundig belangrike stede van Kiëf en Kharkof, om ‘n tipe domino-effek daarmee af te skop, maar tipies-Russies, doen hulle dit stelselmatig, met eers enorme magsopbou).

Dit skyn dus asof die nuus beriggewing as sou die Russiese kampanje “in die moeilikheid wees” omrede hulle nie op Dag 1 al die stede kon okkupeer het nie, propaganda eerder as feit is of andersins gebaseer is op ‘n verkeerde aannames oor die werklike Russiese militêre strategie. So asof strooipop teikens vir die Russe identifiseer word, en as hulle dit dan nie verwesenlik nie, dan kan gesê word hulle het misluk (so ietwat soos wat die Kubane gedoen het met die mite van Cuito Cuinavale).

‘n Strooipop-leier wat deur die Russe in sy plek geplaas word, sal daarenteen nie die realiteit kan oorkom nie dat enige akkoord wat so iemand sou teken, die opsigtelike produk van intimidasie en ekstorsie was. (Dit is goed moontlik dat die Zelensky regering wat voor die krisis reeds nie alte gewild was nie daarna ieder geval deur Oekraïniërs self tot ‘n val gebring sal word, vir hulle verkeerdlees van die masgrealiteite; daar is reeds duidelik geluide onder Oekraïniërs soos: watse tipe gek is dit wat in die see in neuk sonder dat hy weet hoe om te swem? (bedoelende, hoekom enigsins die beer provokeer het, as jy behoort te geweet het jy het geensins die middele om sy argwaan dan mee te kan afweer nie, en dat niemand gaan waag om jou te kom help nie).

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 52

Wat vir my duidelik is, is dat tyd teen die Oekraïniërs gaan werk, nie teen die Russe nie. Hoe langer hierdie situasie voortduur, hoe hagliker gaan die burgerlikes se lot in die stede word, en hoe moeiliker gaan die logistieke posisie van Oekraïniese soldate word (wat nie aanvullings lyne het nie). Hoe meer tyd die Russe het om oor daardie groot land heen te ontplooi en Oekraïniese eenhede af te sny, hoe groter gaan die gevaar word dat Oekraïne swaar militêre verliese mag ly. Die publieke persepsie wat

Wat militêre kapasiteit betref, is die Oekraïniese gewapende magte in die algemeen bewapen met verouderde toerusting, en het waarskynlik elk net proviand en ammunisie vir tien dae. Hierdie magte dra nou (met die Russe reeds binne hulle grense in groot getalle), die militêr strategiese las om die indringer / intimideerder op die Steppe te gaan aanvat en uit hulle land uit te probeer gooi (want as die Russe nie aanstons daadwerklik gaan probeer om die stede te okkupeer nie, swaai die rolle van verdediger en aanvaller om). Dit is natuurlik logisties baie makliker vir ‘n mag ontplooi buite die stede, as wat dit is vir een wat saam met die hele bevolking daar vasgekeer is en niemand weet waar jou kos en water vandaan gaan kom as jou eerste voorraad op is nie. Daarby is die land so groot, dat die Oekraïniërs eenvoudig nie die getalle en die middele het om orals gate toe te stop nie, as die Russe begin met ‘n oorlog van maneuver en beweging oor die uitgestrekte platteland heen ‘n terrein wat

As Poetin hierdie skrille posturering deur die Weste oorleef en wegstap met suksesse behaal om die onderhandelingstafel, alles danksy sy blatante militêre intimidasie operasie, gaan hy veel gewen het in sterkman aansien tuis, in sy streek en in die res van die wêreld (buite die Weste met selfs die Weste wat hom waarskynlik dan sal moet respekteer, indien nie vrees nie).

‘n Ander groot groep onder veral die stedelike bevolking, is diegene wat in effek neutraal staan en skuiling soek (soos in die metro-tonnels) en ‘n wag-en-sien houding inneem. Dit is dus (ondanks die propaganda tot die teendeel) ‘n getalsgewys relatiewe klein groep wat besig is om aktief die wapen op te neem om teen die Rusland te veg.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 53

Dusver het Rusland nog geen teken daarvan gegee om hierdie magtige potensiële wapen teen die Weste te gebruik nie (want die styging in die petroleum-pryse, bring daagliks vir Moskou meer geld in). Dit is egter eintlik klugtig van die Weste om te wil voorgee dat hulle alles doen om Rusland ekonomies te skaad, as hulle die kern van die Russiese ekonomie (nl. petroleum uitvoere) so versigtig in eie belang uitsluit uit enige strafmaatreëls.

3.2 Oekraïne

Oekraïne is gekonfronteer met ‘n aantal realiteite wat dit voorwaar ‘n wonderwerk sal maak as hy as oorwinnaar uit hierdie stryd kan tree (ongeag hoe dapper van sy vegters mag wees, of hoe regverdig sy saak op papier). Hierdie realiteite is bekend aan die meerderheid van sy eie inwoners. Dit verhoog die kompleksiteit van sy uiteenlopende bevolkingsamestelling, wat nie net taal gewys verdeeld is nie, maar wat ook nou verdere verdelingsfaktore begin manifesteer, onder sy Oekraïniese bevolking self. Overgesegd synde die land is reeds gekonfronteer met die probleem dat ‘n substantiewe deel van sy bevolking wat taalen kultuurgewys identifiseer met die invaller; nou kom nog boonop klowinge voor onder die Oekraïnies sprekendes self. Belangrikste hiervan is dat reeds meer as ‘n halfmiljoen van hulle binne die eerste vier dae van konflik land uit gevlug het (met nog miljoene wat verwag word in hulle spore gaan volg). Gewis is daar die oorweging dat baie van hulle dit as ‘n eenmalige geleentheid mag sien om verblyfreg in die Westerse lande te verkry, maar fundamenteel sien hulle die skrif aan die muur wat die magsrealiteite betref, en het hulle nie vertroue in hulle regering se vermoë om as oorwinnaars uit die stryd te tree nie.

die Westerse media wil kweek dat dinge al hoe slegter begin gaan vir Poetin hoe langer “hy nie daarin slaag om die stede oor te neem nie”, skyn dus vir my ongefundeerd te wees. Tyd is dus eintlik aan sy kant, want hy het opsigtelik reeds dinge soos die negatiewe publisiteit en isolasie aksies op sport en ekonomiese gebied, verdiskonteer gehad in sy beplanning en risiko-analise.

Ervaring die wêreld oor het ook geleer dat ekonomiese sanksies meer simbolies/psigolies van impak is, as reël. Dit is nog nooit suksesvol teen ‘n land so groot soos Rusland toegepas nie, en nog selde was ‘n land vooraf so goed voorberei daarteen soos juis Rusland, wat dit duidelik antisipeer het. Dit is ook baie sprekend dat die Weste so versigtig alle moontlike impak op die energie-sektor uitgeweer het uit die sanksie pakket (wetend hoe afhanklik hulle self is van Russiese olie, gas en steenkool).

Die ongelukkig werklikheid van ekstorsie en intimidasie, is dat min dit regkry om die Mafiosi met teen geweld uit hulle huise gegooi te kry dit geskied gewoonlik net teen die betaal van ‘n prys... 3.3 Weste

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 54

Die grootste probleem wat egter binne die volgende week of wat vir die Oekraïniërs gaan konfronteer, is hoe en waarmee hulle hul voorrade aangevul gaan kry hetsy proviand of ammunisie siende dat die Russe waarskynlik alle buitelandse toevoer sal kan afsny.

Die Weste gee hoog heilig op oor die sg. beginsel van die onskendbaarheid van die na oorlogse grense. Maak nie saak hoe kunsmatig of manipulatief daardie grense getrek is nie, of hoe dit uit pas is met die plaaslike inwoners se voorkeure, en hoe direk dit dus verantwoordelik is vir bloedige konflikte nie. Totdat hierdie “beginsel” nie hulle as Weste se eie agendas pas nie. Soos wat in die voormalige Joego Slawië gebeur het, met die grense van Serwië in die geval van Kosovo Kosovo wat die historiese bakermat was van Serwië, die geboorte grond van die Serwiese koninkryk en kultuur, maar oor die eeue toenemend bevolk is deur Moslems van aanliggende Albanië, sodat etniese Serwiërs teen die einde van die vorige eeu net 10% van die streek se bevolking uitgemaak het. Op grond van die bevolking se voorkeure soos geartikuleer deur Moslem separatiste, het die Weste Kosovo se eensydige verklaring van onafhanklikheid van Serwië in 2008 erken, ongeag die “onskendbaarheid” van sulke grense.

Die feit dat hulle wapentuig nie opweeg teen die Russe s’n nie, verplig in werklikheid die Oekraïniers om as insurgente te veg maar hulle plat landskap leen sigself nie eintlik daartoe nie. Dit is ook so dat verstedelikte Westerlinge gewoond aan supermarkte en moderne infrastruktuur, dit nie so maklik vind om in te pas in daardie rol van insurgent nie (anders as bv. iemand wat gewoond is om van bokmelk te leef in ‘n grot in die berge, sonder om dit as ontbering te voel). Daarby het Poetin genadeloos bewys in die oorloë in Tsjetsjenië, dat hy ‘n insurgensie stryd kan wen, al is dit by wyse van ‘n meedoënlose, uitgerekte proses van seermaak, om magsrealiteite in te vryf en só sielkundig gelate onderwerping te bewerkstellig.

Die Weste, en veral die VSA en VK, is deur die krisis ontbloot vir hulle siniese manipulasie van ‘n inherent swak en weerlose land (vir wie hulle baie goed weet hulle nie kan of wil toelaat as NAVO lid nie). ‘n Spel wat nie primêr moes dien om Oekraïne te help nie, maar eerder om Rusland skade aan te doen en hulle eie interne party politieke behoeftes te dien in die geval van Biden en Johnson, om o.a. die publieke aandag af te trek van hulle eie hoëprofiel-probleme en ongewildheid van die moment.

Militêre realiteit sal waarskynlik dus dikteer dat die formele Oekraïniese weermag eenhede intplooi in die Ooste (die swaartepunt van die Russiese inval) sal moet begin onttrek na die Weste van die land, ten einde te verhoed dat hulle in die Ooste en Suide afgesny en stuk stuk vernietig kan word; ook sodat hulle hulle fronte en geografiese gebied van verantwoordelikheid kan inkort, en ook nader kan kom aan die grense met vriendelike Westerse lande, in die hoop dat van daar af voorraad inge bring sal kan word. ‘n Terugtrekking wat dan synde dat dit in ieder geval op die grond nuwe geografiese begrensings sal skep die vraag na die oppervlak sal dwing: hoekom nie langs daardie lyne onderhandel vir ‘n meer hanteerbare ruimtelike werklikheid vir ‘n Oekraïne ingestel op nominale oorlewing? (‘n strategie wat die verskil kan maak tussen iets red of alles verloor...).

die Russe se swaar wapentuig sal pas (wat die Oekraïniërs net het nie) en waar lug superioriteit essensieel sal wees. Satelliet-fotos wat kilometer-lange konvooie van Russiese voertuie toon, buffer teen buffer en dikwels in dubbel en drie dubbel rye onderweg na hulle afspringpunte, illustreer dat Oekraïne oor geen noemenswaardige lugaanval kapasiteit meer beskik nie anders sou dit vir vegter bomwerpers kinderspeletjies gewees het om hierdie dig saamgepakte konvooie te vernietig.

Die erkenning van plaaslike inwoners se voorkeure, soos in Kosovo, geld egter nie vir die Donbas nie, of vir die Krim (waar dit per referendum oorweldigend bewys is) en was nou direk aanleidend tot die uitbreek van Europa se tweede groot oorlog na WO2 (die eerste synde die NAVO oorlog teen die Serwiërs, juis oor Kosovo).

Hierdie opmerkings dien nie om Poetin se skroomtelose gryp na wapengeweld as oplossing vir tussen staatlike probleme, enigsins goed te praat nie dis egter ‘n feit soos ‘n koei dat NAVO ook nie VN magtiging gehad het vir sý oorlog teen Serwië nie.

Die angstigheid merkbaar in Westerse media dat Poetin nie moet slaag nie, wys op die wesentlike gevaar dat as hy dit wél sou regkry die Weste nog meer ontbloot sal staan as impotent en onbetroubaar as bondgenoot. Daar is ook ‘n ewe wesentlike risiko dat die isolasie-maatreëls teen Poetin en Rusland, ‘n hupstoot gaan gee aan alternatiewe stelsels soos dié van die Sjinese, in internasionale geldmarkte. In die groter konteks van die Weste se groeiende kompetisie met ‘n snel opkomende Sjina, dus alles onvoorsiene gevolge wat die Weste se posisie in die nuwe internasionale magsbalans, wesentlik sal verswak. As slotsom, is dit moeilik om te sien hoe enigiets goeds vir die Weste gaan voortvloei uit hierdie debakel wat die vraag opdwing na waarom enigsins begin is om Oekraïne aan te hits en Rusland te provokeer, as enige behoorlike vooraf uitspeel van waarskynlike gevolge, behoort uit te gewys het watter boemerang resultate dit kon hê.

BRICS / Sjina

Op die kort termyn, sal ekonomiese impakte op Suid Afrika die wesentlikste gevoel word in die vorm van versnelde inflasie (wat reeds hoog neig) deur die styging van internasionale brandstofpryse. Die goudprys sal deur die onsekerheid hoër neig, maar weens die kreeftegang van die Suid-Afrikaanse mynbou sektor, sal dit nie genoegsaam wees om saakmakend te help nie.

Wat vir Suid-Afrika van belang is (gegewe sy eie uitdagings), is dat sukses vir Rusland die minder demokratiese elemente in die plaaslike politieke spektrum kan oortuig daarvan dat mens sal kan wegkom met anti demokratiese en ongrondwetlike politieke magsuitoefening. As sulke faksies (soos die ANC se RET’s met hulle ambisie van ‘n tweede rewolusie) die mag in die hande sou kry, sal hulle meen te kan reken op steun van die Poetin / Xi dampkring om in effek as regeerders te maak soos hulle wil, en sal dit baie moeilik wees om hulle dan eendag weer uit die kussings te lig.

Die vooruitsig dat hierdie konflik kan lei tot ‘n veel nouer en hartliker samewerkingsverhouding tussen Sjina en Rusland (met die res van die BRICS daarby in hulle dampkring) behoort vir die Weste tot groot kommer te stem.

Die BRICS handelsblok bestaan uit vyf groot ekonomieë Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid Afrika. Gesamentlik verteenwoordig hierdie groep ongeveer 42% van die wêreld se bevolking en ongeveer 23% van die wêreld se BBP. Met inagneming van sodanige omvang, is daar dus beslis potensiaal vir hierdie groep om eie lewensvatbare alternatiewe vir Westerse stelsels soos SWIFT uit te bou. Dit val dan ook op dat Indië nie in die VN veiligheidsraad teen Rusland se militêre optrede gestem het nie (Sjina ook nie) en dat Brasilië en Suid Afrika ook nie bereid was om onverbloem te verdoem nie. Om dus voor te gee dat Rusland totaal ekonomies en polities geïsoleer gaan staan, is nie realisties nie.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 55

Presies dus die Weste se kritiek destyds teen die USSR onder Kroestjof, oor waarom hy in 1962 begin neuk het met kernwapens te wil plaas op die eiland van Kuba, slegs 160km van Florida se kus... 3.4

4. KONSEKWENSIES

Poetin se leuse met sy militêre optrede kon maklik wees: “Ek maak die wêreld veilig vir diktature”.

As hy ongestraf en ongeskonde wegkom daarmee om Oekraïne onbeskaamd militêr te geïntimideer het om aan sy eise te voldoen (wat huidiglik goed moontlik lyk) dan sal ondemokratiese lande gewis lesse hieruit leer. Eerstens dat “mag is reg” mits jy genoeg pyn kan uitdeel sodat almal afgeskrik is daarvan om jou te probeer fisies aanvat (soos by uitstek, deur eie kernwapens te hê).

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 56

Lande wat hulleself ernstig sal moet begin afvra of hulle kernwapens kort, is Taiwan en Suid Korea. Die ander les wat dringend hieruit te leer is, is dat die wêreld ‘n billike volkeregtelike formule sal moet ontwikkel waarmee alle grensverskille wat spruit uit lukrake koloniale afbakenings en politieke manipulasies, vreedsaam opgelos kan word. Veral Afrika en Sentraal-Europa kan andersins gebuk gaan onder eindelose destabilisering. Die beginsel dat plaaslike bevolkings toegelaat moet word om self te bepaal waar hulle tuis voel, by wyse van vrye en regverdige referendums gehou tot op die laagste vlak van lokale bestuur, behoort konsekwent toegepas te word. Die laaste, altyd teenwoordige konsekwensie van hierdie tipe situasie, is dat dit die gewone man, vrou en kind is wat die meeste gaan ly. Mens se hart gaan uit na hulle mag koel koppe en realistiese situasie bewustheid, aanstons ‘n skikking bring wat ‘n werklike, waardige vrede inlui.

OEKRAÏNE: NAAS DIE PROPAGANDA, BELANRIKE PUNTE (#2)

Laat ek weer by uitset sê dat dit nie te betwyfel is nie dat enige land wat na oorlog gryp as “voorkomende” maatreël om met brute geweld sy wil op andere af te dwing, homself moreel ernstig aanmatig, ook wat die Volkereg betref (soos bv. die VSA met sy veelbewoë “voorkomende” inval in Irak, onder Bush Jnr.).

Dr. Willem Steenkamp

Diegene wat ons artikel oor die konflik in en om Oekraïne gelees het in verlede maand se NONGQAI, sou opgemerk het dat ons toe reeds vol in die kol was met die in skatting dat hierdie nie van Russiese kant ‘n Blitzkrieg aanslag gaan wees nie, maar iets veel meer uitgerek en gruwelik.

Die ander kenmerk van oorlog is propaganda, wat in ons era van sosiale media nog meer intens bedryf word as ooit. Dikwels is dit nie alte maklik nie om kaf en korrels te skei.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 57

Elke leser het waarskynlik al ‘n eerste opinie gevorm, en dit is nog te vroeg om tot finale konklusies te kom oor hierdie stryd. Daarom gaan ons hier, puntsgewys, inligting gee wat ons glo relevant is tot die vorming van ‘n beredeneerde opinie, maar wat nie algemeen in die pers gedek word nie. Uself kan dan u eie gevolgtrekkings maak.

Ek het by NI as intelligensie analis geleer: plaas jouself in ander man se skoene moet nooit hom onderskat nie, en moenie jou eie kultuur/denkpatrone op hom projekteer nie. Neem alle kante van die feitestel in oënskou nie net dit wat met jou eie opinies, vooroordele en voorkeure akkordeer nie.

Die rol van die VSA in die aanhitsing van die stryd, vir sy eie belange, word nie na waarde in die hoofstroom media gedek nie. En my analise bly dat Rusland uiteindelik gaan wen nie omdat hy reg aan sy kant het nie, maar wel die mag en die Weste sal aanpor, maar nie self waag nie...

Want daar is prakties altyd twee kante aan ‘n saak, indien nie meer nie.

My eie vroeë mening is dat die Suid Afrikaanse regering wys en geregverdig is om die posisie in te neem wat hulle gedoen het. Daar skuil veel maar agter hierdie konflik, en daar is ook veel meer kompleksiteit daaromheen, as wat die eensydige propaganda van die Anglosfeer se kant wil erken.

Mens kan maar net bid dat, anders as wat soveel kere in die verlede wel gebeur het, ‘n stommiteit nie ons almal in ‘n 3e Wêreld oorlog gaan laat verswelg nie.

Verseker het Rusland dus veel om voor te moet verantwoording doen. Daar is ook prakties altyd “onvoorsiene gevolge” wat intree, en geen plan van aksie hou langer as die klap van die eerste skote nie. Net ‘n dwaas voorspel nou Menskonkreet...verstaan

dus die wye veroordeling van Rusland, veral van die kant van sy tradisionele konkurrente in die Anglosfeer. Maar verstaan mens ook diegene wat uit historiese lyding gebore, skepties staan (of self net wag om te sien wie wen). Want soos die Engelse spreekwoord sê: “it takes two to tango”. Oorlog breek selde uit tussen engele aan die een kant, en satan aan die ander. Daar is altyd aanhitsers en mede-daders veral onder die kombers...

Dit is nou reeds duidelik dat hierdie oorlog die hele wêreld gaan impakteer. Ook Suid Afrika: met inflasie wat verder gaan versnel, noodsaaklikhede wat skaars gaan word, en druk op die Suid Afrikaanse regering (veral uit die Anglosfeer) om kant te kies. Tot dusver het die Ramaphosa-regering geweier om dit te doen. Is hulle moreel reg? Dien dit Suid Afrika se praktiese belange?

2). Rusland beplan duidelik minstens reeds sedert 2014 (m.a.w., na die VSA ondersteunde staatsgreep in Kiëf wat die pro Russiese regering daar omvêr gegooi het) aan die moontlikheid dat hy sal wil militêr ingryp om sy belange te beskerm. As mens nou aanvaar dat die Russe nie onnosel is nie, goed ingelig is omtrent die geskiedenis en hoe moderne militêre konflikte sedert die 2e Wêreld oorlog verloop het, daarby ook die gebied en sy klimaat baie goed ken en voorts ruim tyd gehad het om elke permutasie van so ‘n konflik met simulasie-spel (“war games”) te verken en verreken, dan val ‘n paar dinge op: • Moskou se opdrag aan sy militêre beplanners sou wees: ontwikkel 'n strategie wat ons doelwitte bereik, maar met 'n duidelike eind plan, wat ons nie in eindelose insurgensie oorlog gaan beland nie; 'n strategie wat Oekraïne geen ander keuse sal laat nie as om ons vereistes vir vrede te aanvaar (nl. Oekraïne neutraal, nie by NAVO aansluit, ge-demilitariseer, met hokslaan van ultra nasionaliste soos sg. Azov bataljon en die Donbass & Krim + kus konneksiestrook deur Mariupol as Russies erken) en vervolgens, om hulle wil só te breek dat die Oekraïners dan nie sal waag om ‘n insurgensie te probeer begin nie.

1). Gedagtig aan die voorgaande, het ek ‘n artikel in die gesiene tydskrif “Foreign Affairs” interessant gevind. Onder die opskrif “The Irony of Ukraine” lei die artikel in met die volgende: “One month into the Ukraine war, a broad consensus has formed among American commentators about why Russia has failed to achieve its goals. Trapped in an emotional and ideological bubble, the argument runs, Russian President Vladimir Putin made several basic strategic blunders. He convinced himself the war would be quick and easy, that foreign troops would be welcomed as liberators, that he could shock or crush any resistance, and that he would be able install a friendly local government to protect his interests once the fighting stopped. Soon after the invasion began, however, these fantasies ran into reality. Ukrainian forces stood up and Russian forces bogged down. And now an angry, wounded bear is stuck in a quagmire, lashing out in frustration instead of rationally reversing course.

“The analysis appears sound, but the irony is rich for the description of Putin’s mistakes is a decent summary of not just the earlier Soviet experience in Afghanistan but also much of U.S. national security policy over the last several decades, including the wars in Vietnam, Afghanistan, and Iraq. Washington has repeatedly launched military interventions with extravagantly unrealistic expectations, overestimated its own capabilities and underestimated its opponents, believed it would be loved rather than hated, and thought it could put its favorites into office and then get away easily. And time and again, after running up against the same harsh realities as Putin, it has tried to bull its way forward before ultimately deciding to reverse course and withdraw.”

Die artikel se opmerkings oor die VSA se arrogansie en hubris is baie waar. Maar die vraag wat ek myself afvra is: wat indien die Westerse aannames oor wat Poetin se strategie is (nl. ‘n tipe Blitzkrieg, op die Amerikaanse styl), geensins korrek is nie? As hulle heeltemal mis-tas, wanneer hulle hul eie kondisionering, hulle manier van hoe hulle so ‘n operasie sou probeer doen, op Moskou probeer projekteer? Die VSA het immers nie ‘n enkele oorlog sedert WO2 kon wen nie, terwyl Poetin nie ‘n enkele oorlog verloor het nie... As mens nou nie jou idees op Moskou projekteer nie, en aanvaar die Russe is nie mal of onkundig nie, en ook dat hulle nie hierdie inval op die ingewing van die oomblik, onvoorbereid geloods het nie – hoe sou ‘n logiese plan dan vanuit Moskou se perspektief daar uitsien? Sou dit blitzkrieg wees, in ag genome dat blitzkrieg nog nooit ‘n oorlog kon wen nie slegs maar by geleentheid ‘n veldslag of meestens ‘n kampanje, soos die Duitse inval in Frankryk in 1940? Dat die blitzkrieg aanvallers, nog altyd daarna die oorlog verloor het?

• Die Russe onder Poetin veg telkens vir reële resultate, nie soos die Amerikaanse weermag vir die voorblaaie van die media en meningspeilings nie die een les wat hulle uit die Amerikaanse nederlae geleer het, is dat jy nie kan oorlog maak met een hand agter jou rug vasgebind nie: vandaar die amper middel eeuse strategie van stelselmatig die vyand wurg en sy tuisland vernietig, tot sy wil tot weerstand geheel gebreek is (soos Poetin wreedaardig-suksesvol gedoen het in Tsjetsjnië met die totale, stelselmatige verwoesting van Grozny, en in Sirië met die plat vee van Aleppo en Homs.

Gegewe hierdie vertrekpunte, sou die Russiese strategie per definisie een wees van stelselmatige wilsvernietiging, gemik daarop om soveel Oekraïners as moontlik ten eerste te laat land-uit vlug of binnelands te laat verhuis weswaarts, en dié wat agterbly sodanig te

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 58

• Gedagtig aan die rasputitsa en die moontlikheid dat dit vroeg kon kom, sou troepe wat bv. Kiëf beleër, moes kon reken op voorraad oor die lang termyn, selfs al draai die bodem-gesteldheid sleg wat ‘n verklaring mag wees vir die kilometer lange logistieke kolom wat vanuit die staanspoor ingestuur en toe “geparkeer” is.

• Die saakmakendste geo-strategiese oorweging vir Moskou, i.t.v. grondgebied verower, sou wees om die Krim skiereiland te kan op koppel met die Donetsk area, deur die noord oostelike kus strook van die See van Azov te beset dus insluitend die hawestad Marioupol (wat ook sielkundig belangrik is, as die historiese geboorteplek en tuiste van die ultra nasionalistiese Azov bataljon). Omdat dit hier oor terrein gaan, en nie net sielkundig nie, is die omsingeling hier algeheel en die verwoesting genadeloos (ook as voorbeeld vir die res van die land) en is die doel duidelik om te verower.

• Sou Oekraïne vinnig ineen tuimel, dan sou dit met só ‘n strategie ‘n bonus wees, maar geen militêre beplanner kan op sulke wensdenkery steun nie daar moet uiteraard vir die ergste moontlike situasie (van volgehoue en verbete teenstand) beplan word. In daardie geval, sal die stede een vir een platgemaak word, in volgorde van hulle strategiese belang (dus eerste Marioupol) om die “onafwendbaarheid” en grusaamheid sielkundig in te vryf. Na Marioupol, indien Oekraïne steeds nie tot die Russiese voorwaardes ingestem het nie, kan ‘n verdere aanslag weswaarts langs die kus van die Swart See volg om Odessa in te neem en op te koppel met Russies-beheerde Trans-Nistria, om só Oekraïne van alle toegang tot die see te ontneem. As Oekraïne steeds vasskop, sal in die somer (wanneer mobiele oorlogvoering met pantsers op die plat steppe Oos van die Dnieper rivier weer moontlik sal wees) waarskynlik gepoog word om die hoof komponent van die Oekraïniese weermag wat teenoor die Donbass ontplooi is, agter hulle rûens om af te sny en stelselmatig op te kerf. As Oekraïne dan steeds nie wil bes gee nie, kan Rusland probeer om die hele deel Oos van die Dnieper te verower, om dan die rivier (wat prakties langs sy hele lengte ge dam is) as natuurlike grens te gebruik.

• ‘n Strategie gemik op die breek van die wil, en op vlug jaag van soveel Oekraïners as moontlik, sou moes behels dat die Russe die hoof bevolkingsentra uit die staanspoor gedeeltelik omsingel en ‘n bedreigende postuur inneem, vanwaar hierdie grootste stede (by uitstek Kiëf en Kharkof) sporadies bombardeer sou kon word, sonder egter om volledig te omsingel ten einde uitvlug roetes te laat, en sonder om die treine aan te val of die konvooie motors en busse wat weswaarts vlug. So ‘n inval sou dus op verskeie speerpunte berus, elk gemik op so ‘n belangrike bevolkingsentrum in die oostelike deel van die land Lvov in die Weste bv. (wat histories altyd die 3e grootste Poolse stad was, totdat Stalin dit summier na WO2 annekseer en by die USSR ingelyf het) is nie deel van hierdie sielkundige aanslag om Oekraïners weswaarts te probeer uitdryf nie, anders as deurgangspunt.

intimideer dat hulle bes gee, deur te demonstreer dat Moskou gedetermineerd is en ook totaal ontdaan van morele beperkinge of vrees vir slegte publisiteit t.o.v. metodes.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 59

• Dit val op dat Rusland van die begin af gestaan het by sy aanvanklik gestelde oogmerke, nl. die neutraliteit van Oekraïne as bufferstrook tussen Rusland en NAVO, en erkenning (de facto indien nie de jure) van die Donbass en Krim as Russies beheerd Oekraïne se vredesvoorstel van 29 Maart vervat hierdie punte, en daarom het Moskou opdrag gegee (as teen gebaar, van de eskalasie) om die druk op Kiëf te verlig. Dis insiggewend dat die Weste so min maak in die media van Oekraïne se wesentlike toegewings in hulle eerste skriftelike vredesaanbod so asof ‘n skikking nie werklik is wat veral die VSA nou wil hê nie...

• Tydsgewys sou die ideale loodsingsmoment vir Rusland wees terwyl die winter koue nog teenwoordig is, vir maksimum druk op die bevolking wanneer hulle van krag, water en huisvesting ontneem word. Dus inval einde Februarie onmiddellik na afloop van die Beijing Winter olimpiade, met as teiken om die volgende winter as finale nekslag te gebruik, wanneer die beleërde bevolking sal moet bereken of hulle die winter van 2022/23 sal kan oorleef. ‘n Verdere oorweging in die beplanning sou moes die “rasputitsa” wees die “modder tyd” in die lente en herfs, wanneer die aarde daar praktiese onbegaanbaar is.

“For these same reasons of geography and history, Ukraine is a major component of a US/NATO effort to undermine Russia. Current Under Secretary for Political Affairs, Victoria Nuland, said that over 20 years the US invested $5 billion in the project to turn Ukraine. The culmination was a violent coup in February 2014. Since 2015, the US has been training ultra nationalist and Neo Nazi militias.

This has been documented in articles such as “U.S. House admits Nazi role in Ukraine” (Robert Parry, 2015), “The US is arming and assisting neo nazis in Ukraine while the House debates prohibition,” (Max Blumenthal, 2018), “Neo Nazis and the far right are on the march in Ukraine,” (Lev Golinken, 2019) & “The CIA may be breeding Nazi terror in Ukraine” (Branko Marcetic Jan. 2022).

“Prior to 2018, the US only provided “defensive” military weaponry to Ukraine. The Rand report assesses that providing lethal (offensive) military aid to Ukraine will have a high risk but also a high benefit. Accordingly, US lethal weaponry skyrocketed from near zero to $250M in 2019, to $303M in 2020, to $350M in 2021. Total military aid is much higher. A few weeks ago, The Hill reported, “The U.S. has contributed more than $1 billion to help Ukraine’s military over the past year”.

“The report lists anti Russia measures divided into the following areas: economic, geopolitical, ideological/informational, and military. They are assessed according to the perceived risks, benefits and ‘likelihood of success’.

Die Rand Corporation in die VSA (‘n dink skrum oor militêr strategiese aangeleenthede, wat ¾ van sy befondsing van die Pentagon af kry) het in 2019 ‘n insiggewende studie die lig laat sien, getiteld: “Overextending and Unbalancing Russia”. Die joernalis Rick Sterling beskryf dit soos volg: “According to a 2019 Rand report titled “Overextending and Unbalancing Russia,” the US goal is to undermine Russia just as it did the Soviet Union in the cold war. Rather than “trying to stay ahead” or trying to improve the US domestically or in international relations, the emphasis is on efforts and actions to undermine the designated adversary Russia.

• Amerika daarenteen, wou NAVO behou as “sy bende” waarin hy die septer sou swaai (nie na die kroon gesteek word deur Rusland as lid, met bv. getalsgewys die meeste kernwapens), en sonder dat Europa met Rusland aan boord as streek te sterk sou word. Sjina is Amerika se grootste bedreiging (soos ook nou weer duidelik in Washington se 2023begroting uitgespel) en het die VSA dus sulke bondgenote soos die Europeërs nodig, maar Amerika wil nie dat Sjina sielkundig opgestel word as die teen pool of dan vyand van NAVO soos wat die USSR dit was nie (want hy het te belangrike ekonomiese en elite-bande met Sjina). Daarom is ‘n ander voëlverskrikker nodig om die Europese lande in gelid te hou binne NAVO, en soos in die cowboy-flieks waar daar altyd ‘n wit hoed teen ‘n swart hoed moet wees is Rusland gekies om die swart hoed te dra.

Rand is a quasi US governmental think tank that receives three quarters of its funding from the US military.

3). Amerika se posisie is ietwat onsamehangend, met geen konkrete antwoord vir “hoe eindig hierdie?” Ek herkou aan die volgende, as oorwegings wat die huidige administrasie in Washington mag aandryf: • Na die ontbinding van die USSR in 1991, het die vraag ontstaan: wat gedaan met NAVO? Het die alliansie steeds sin, sonder die USSR “Rooi Gevaar” waarteen dit moes waak? Wat gemaak met Rusland moes dit nader getrek word (soos wat Frankryk en veral Duitsland wou doen, veel-al ekonomies, en soos wat opeenvolgende Russiese leiers versoek het, wat deel wou word van NAVO en die Weste insluitend Jeltsin en Poetin?

“The report notes that Russia has “deep seated” anxieties about western interference and potential military attack. These anxieties are deemed to be a vulnerability to exploit. There is no mention of the cause of the Russian anxieties: they have have been invaded multiple times and had 27 million deaths in WW2.

During WW2, Ukraine was one of Hitler’s invasion routes and there was a small but active number of Ukrainian collaborators with Nazi Germany. The distance from the capital of Ukraine, Kiev, to Moscow is less than 500 miles.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 60

“Ukraine is important to Russia. The two countries share much common heritage and a long common border. One of the most important leaders of the Soviet Union, Nikita Khrushchev, was Ukrainian.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 61

• Ernstige ontleders in die VSA begin al meer vrae vra oor wat die eindbestemming is waarheen die Biden-administrasie mik, want daar is geen aanduiding van ‘n plan nie, anders as om “te bly voort veg tot die laaste Oekraïniese soldaat” en Poetin só te probeer bloei tot die maksimum (wat nie gehelp word deur Biden se onsamehangende en teenstrydige uitlatings nie).

* Withdrawing from the Intermediate Nuclear Forces (INF) Treaty

* Holding NATO war exercises on Russia’s borders

• ‘n Laat ligpunt is dat Moskou Oekraïne se openingsaanbod positief bejeën; die Russiese publikasie Sputnik dra die inhoud daarvan, plus die 1e Russiese reaksie: lees dit HIER Oorlog is soos ‘n kontak-sport die telbord is wat saak maak, en wedstryde word gewen wanneer die eindfluitjie geblaas is, nie in die minute net na die spanne op die veld gedraf het nie (soos wat Hitler uitgevind het, en ook die Pentagon aan die einde van al hulle afgelope avonture). Tensy daar vinnig geskik word, lê daar waarskynlik nog baie bloed en trane voor, oor baie maande heen...

* Deploying additional tactical nuclear weapons to locations in Europe and Asia

“The Rand report lists many techniques and “measures” to provoke and threaten Russia. Some of the steps include:

• Dit is ook maklik om die Russe nou propaganda vlieë af te vang deur aan hulle strategieë en doelwitte toe te dig wat hulle nie in gedagte gehad het nie soos met die RSA gedoen is in die geval van die gewaande “verdediging van Cuito Cuanavale” (wat nie ‘n besettingsteiken was nie); wat gaan die publiek egter oor ‘n paar maande dink, as die Russe se effektiewe maar hartelose werklike strategie duidelik op die telbord reflekteer?

• Dit val op dat daar hoegenaamd geen poging van VSA-kant is om ‘n diplomatieke skikking tussen Rusland en Oekraïne te probeer fasiliteer nie trouens, hulle bly petrol op die vuur gooi met o.a. opruiende taal, tot die mate dat Franse Pres. Macron nou daarteen kapsie gemaak het.

* Increasing US and allied naval force posture & presence in Russia’s operating areas (Black Sea)

Miskien die beste aanhaling om die hele jammerlike situasie mee op te som, waar soveel mense in Oekraïne dramaties ly en waar soveel miljoene rondom die wêreld gaan swaarkry a.g.v. voedsel tekorte en brandstof pryse, met die gepaardgaande skerp styging in inflasie, is William Shakespeare se sê ding (toegepas op beide Rusland en die VSA): “mag die pes beide julle huise tref!”

* Repositioning bombers within easy striking range of key Russian strategic targets

• Dit lyk nie asof daar veel besef is in die Anglosfeer dat die leedvermakige propaganda dat Poetin “sy hand oorspeel het”, dat die Russiese weermag “hopeloos” is, dat die Russe se “aanvanklike plan van blitzkrieg” klaaglik gefaal het, absolute petrol op die vuur is gegewe dat Poetin en die huidige bestel in Moskou staan en val by hulle sterkmansbeeld; hierdie praatjies is dus gewaarborg om die Russe te noop om deur te druk met die verwoesting van Oekraïne, ten einde geen twyfel te laat nie oor wie gewen het en dat geen teenstand geduld sal word nie.

These and many other provocations suggested by Rand have, in fact, been implemented. For example, NATO conducted massive war exercises dubbed “Defender 2021” right up Russia’s border. NATO has started “patrolling” the Black Sea and engaging in provocative intrusions into Crimean waters. The US has withdrawn from the INF Treaty.” (Lees die volledige artikel HIER )

• Hierdie beleid van doelbewuste provokasie van Rusland is die produk van die sg. Neocon valke in Washington (dieselfde groep wat oor die afgelope dekades die VSA se rampspoedige militêre avonture in plekke soos Vietnam, Irak, Afghanistan, Sirië en Libië aangehits het); een van die invloedrykstes onder hulle is Victoria Nuland, tans die N0.2 van die Biden State Dept., wat direk by Oekraïne betrokke was gedurende die staatsgreep daar in 2014 en steeds die leidende rol speel (sy’s op band dat sy oor die foon aan die destydse VSA ambassadeur in Kiëf gesê het: “F** die Europeërs” toe die weerstand van Europese kant teen die Amerikaanse inmenging in Oekraïne van 2014, onder loep was).

Die lente rasputitsa en sy modder, wat al menige leër laat vasval het... Krediet: Twitter Saltley Gates Ek het daagliks die weer rapporte uit die Donbass gevolg, en dis eers maar hierdie laaste week van April dat die konstante reën daar opgehou het; die maksimum temperatuur lê nog maar so tussen 15

My Grootneef, die bekende militêre historikus Willem Steenkamp, skryf nou die dag vir my dat hy laas in Oktober 1960 met die Kubaanse missiel-krisis die tipe maag bollemakiesies beleef het wat hy nou weer begin voel oor waarheen hierdie stryd in Oekraïne goed moontlik kan beweeg (as die mense wat dit uitbuit en stuur, aanhou bly eskaleer en niks uit die geskiedenis wil leer nie...). ‘n Naar kol, gevoed deur ‘n al hoe onrustiger voorgevoel gebore uit kille analise van wat die partye aandryf wat ek moet sê ek dag-vir-dag ernstiger begin deel. Hierdie konflik kan nie meer net as ‘n plaaslike onderonsie gesien word nie. Dit hou uiters ernstige implikasies in vir die hele mensdom ook dié wat nie wíl betrek word daarby nie: implikasies op die ekonomiese terrein, van honger, inflasie en resessie wat wêreldwyd aan’t uitkring is; plus dan die eksistensiële bedreiging vir voortbestaan, soos wat testosteroon toenemend die vingers wat kan reik na kernwapens, begin aanvuur... Dit alles, ondanks die werklikheid op die grond dat (soos wat ons in einde Maart se analise voorspel het), April op die slagveld relatief stil was hoofsaaklik, glo ek, a.g.v. die fisiese beperkings wat die lente-rasputitsa se modder altyd in daardie wêreld meebring. Dié probleem ontstaan wanneer die lente reëns daar in daardie plat wêreld met sy diep, ryk swart grond begin uitsak en die sneeu op die bo grond smelt, maar die onder grond is steeds diep gevries. Die ys onder, vorm dan steeds ‘n ondeurdringbare laag sodat die bo grond gevolglik dan ‘n mengsel van modder en opgedamde water word. Totdat, gewoonlik teen vroeg Mei, die ondergrond genoeg ontdooi het om die pappery toe te laat om weg te syfer, en die son ook van bo begin uitdroog.

Dr. Willem Steenkamp

OEKRAÏNE: NA RASPUTITSA, FASE 2 = DONBASS (#3, einde April)

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 62

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 63

Die ander kenmerk van April was die volgehoue felheid van die propaganda oorlog, en die feit dat die Weste (onder aanvuring van die VSA) steeds bly eskaleer het, sonder enige poging tot diplomasie.

Die Russiese “brand aan boord” storie word weerlê deur hulle eie aksie dadelik daarna, deur hulle ander vloot vaartuie terug te getrek het, verder van die kus af; die “brand” as oorsaak het natuurlik ook gedien om aan Oekraïne brâg regte te probeer ontsê, maar bes moontlik was dit ook ‘n doelbewuste de-eskalasie van Russiese kant (hulle wil geensins oor die aangeleentheid praat nie, ook nie eers met vermiste seemanne se families nie). Waarskynlik om druk van hulle eie publiek vir weerwraak te vermy.

en 21 grade, dus was dit tot nog toe onmoontlik om weg van die grootpaaie af te begin opruk (iets wat koning Karel Xll van Swede, Napoleon en Hitler ook op hulle dag op die harde manier uitgevind het, toe hulle probeer teen Rusland opruk het gedurende die Rasputitsa).

As die beriggewing korrek is, dan is dit ‘n onheilspellende eskalasie so asof die ding wat die ergste krap aan die Amerikaners en die Britte, is dat die Russe tog net nie moet dink hulle is bang vir die Rooi Beer nie, net omdat die politici nie wil ‘n “nie vlieg” sone en direkte “stewels op Oekraïniese grond” goedkeur nie. Só het testosteroon al wêreld oorloë begin... Hierdie kort video bespreek die Neptune, die P 8 en die VSA se beweerde betrokkenheid by die sink van die Moskva: https://www.youtube.com/watch?v=htF2hhGhIOI

Op see is die vlagskip van die Russiese Swartsee vloot, die Moskva (Moskou) gesink met anti skip kruis missiele beweerdelik ‘n nuwe Oekraïniese wapen, die “Neptune”. Volgens pers beriggewing, is die missiel aanval geloods met die hulp van ‘n Poseidon P 8 maritieme verkenningsvliegtuig van die Amerikaanse vloot, wat die teiken-identifikasie gedoen en koördinate deurgegee het sodat die missiel stelsel se radar daarop kon insleutel (die sink van die Russiese vlagskip herinner aan die Britte se strategie gedurende die Falkland oorlog, met die sink van die Argentynse vlagskip, die Belgrano).

Die Russe het hierdie verposing gebruik om voor te berei en her posisioneer vir die 2e fase van hulle stelselmatig stadige fynmaal aanslag. Ook soos ons voorspel het, het hulle bly wegskram van vasval in stedelike oorlogvoering. Behalwe in die hawestad Mariupol, en daar bloot omrede die stad vir hulle geo strategies van kern belang is, om hulle land korridor na die Krim te kon voltooi.

Daar was dus geen merkbare vordering met die onderhandel van ‘n skikking nie...

Die Rasputitsa stilte het mens kans gegee vir bietjie besin oor die “hoekoms” van hierdie stryd. Hoekom veg die Russe en Oekraïniërs so vir dood oor die Donbass en die suidelike kus strook? Hoekom het Poetin besluit om in te val, en watter oogmerke wou hy realiseer? Hoekom het die Neocon faksie in die VSA so gedruk om die Russe in ‘n konflik oor Oekraïne in te probeer lok? Hoekom het die Russe se inval, tot dusvêr verloop soos wat dit wel het? Waarom die fokus op die Donbass en die Swartsee-kus?

Die Moskva was 40 jaar oud en toegerus met skip tor skip missiele, nie skip tot land Kalibrs nie, en die verlies daarvan sal dus waarskynlik nie óf die voortgesette blokkade van die kus, óf ‘n moontlike maritieme ondersteuning van ‘n toekomstige Russiese aanslag op die belangrikste Swartsee hawestad, Odessa, wesentlik benadeel nie. Die prestige-klap was egter in propaganda terme aansienlik, en het sekerlik bygedra tot die verharding van die onderhandeling-posisies en Poetin se determinasie om Oekraïne sigbaar onder te sit.

Histories gesproke, is daar geo strategiese, politieke en etniese redes waarom beide Rusland en die Oekraïniese nasionaliste op die Oostelike en Suidelike strook gefokus is. Ons het hierdie geskiedenis bespreek in die 1e artikel (einde Februarie, net na die oorlog uitgebreek het). Daar is egter ook baie belangrike ekonomiese redes, wat nie dikwels in huidige media dekking van die stryd en die dryfvere

Op die kaart links bo, het alles wat in geel, blou en pers getoon word, deur die opvolgende eeue sistematies (en ongedifferensieerd) deel geword van die monolitiese Russiese Ryk, met bv. Katharina die Grote wat die Krim verower het en die hawestad Odessa gevestig het. Die Kommuniste onder Lenin het in 1922 die Oekraïniese Sowjet-republiek geskep vir hulle eie manipulatiewe doeleindes (dit het bestaan uit alles op die kaart, behalwe die groen lg., synde voormalige dele van Pole, Hongarye en Slowakeie, grondgebied wat Stalin bloot na die 2e Wêreld oorlog annekseer en nominaal by Oekraïne aangelap het, alhoewel eintlik natuurlik by die USSR).

Die lig-blou gedeelte is in 1922 deur die Moskou-kommuniste ingesluit by Oekraïne om ‘n sterk etniesRussiese demografiese getalle komponent by dié deelstaat in te bou, sodat die Oekraïniese nasionaliste nie idees van “waarlik onafhanklik wees” moes begin kry nie (‘n truuk wat ook in ander deelstate soos Georgië getrek is, en na die val van die USSR daar ook tot oorlog gelei het). Die Krim is deur Nikita Kroestjof (self ‘n Oekraïniër) aan Oekraïne persent gegee in 1954, om die 300 jarige herdenking van die aanvanklike 1654 insluiting by die Russiese Ryk te gedenk ‘n “skenking” wat onder die destydse USSR diktatuur, uiteraard bloot simbolies was, aangesien alles en almal in werklikheid onder Moskou se hiel was.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 64

Die kaart regs bo, wys die verkiesingsuitslae van 2010, met die blou die dele wat vir die pro Russiese “Party van die Streke” gestem het. In die huidige oorlog, is daar dus gewis die roep van die bloed en die geskiedenis… Maar hoekom dan nie maar net die kommunistiese manipulasies ongedaan maak met nuwe grense, gebaseer op die streek bevolkingsamestelling nie?

Die stryd is onderliggend ook grootliks ekonomies, nie net strategies en etnies/histories nie Oekraïne is grootliks danksy perkelose korrupsie by verre die armste land in Europa i.t.v. sy per kapita inkomste (hier is die 5 armstes, met hulle syfers in VSA dollars: Oekraïne $3,727; Georgië $4,279; Kosovo - $4,287; Moldovië - $4,551; Albanië - $5,215; Noord-Masedonië - $5,888).

Dit sal onthou word dat aanvanklike hartland van die gebied wat in die 20e eeu as Oekraïne bekend sou word, in 1654 gepleit het om deel te word van die Tsaristiese Russiese Ryk (m.a.w., om deur Moskou inkorporeer te word) omrede op daardie stadium, hulle hulself erg bedreig gevoel het deur Pools-Litause ekspansie.

daaragter, toegelig word nie konkrete en saakmakende ekonomiese redes wat ons vervolgens hier sal Eerstensuitlig. net, ter agtergrond, weer die etniese en historiese redes. Dit word goed visueel saamgevat in hierdie twee kaarte:

Binne Oekraïne self, is die rykdom versprei soos op die volgende kaart (krediet LiveJournal): Soos aangedui, is die rykdom in die Russies sprekende Ooste gesetel, met sy industrialisasie en natuurlike hulpbronne veral gas, olie, steenkool en ook graanverbouïng. Die volgende twee kaarte wys die belangrikste fossiel brandstof velde in Oekraïne. Die land het die 2e grootste aardgas reserwes in Europa, na Noorweë (as mens nou Rusland buite rekening laat). Die heel belangrikste van hierdie velde is die Dontesk gebied, met meer as 80% van Oekraïne se bewese reserwes (wat egter nog minimaal ontgin is, siende dat die USSR en Moskou die enorme Russiese velde wat in sigself omtrent 35 keer groter is by voorkeur ontwikkel het).

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 65

Dit val egter dadelik op hoe nou die Oekraïniese velde ooreen stem met die area wat tans die teiken van die inval is. Rusland is smalend deur ‘n Amerikaanse senator beskryf as “’n petrol-vulstasie met kernwpens”. Dit is nie ‘n geval dat Rusland addisionele reserwes nodig het nie. Moskou is egter baie afhanklik van die inkomste uit sy gas, olie en steenkool verkope (tradisioneel aan Europa) en sou gewis nie kompetisie wou hê van Oekraïne nie, siende dat die bestaande gaspype reeds daar loop.

Die volgende twee kaarte maak duidelik hoekom die reeds arm Oekraïne nie die dele wat die goue eiers lê, wil prysgee nie. Daarsonder, sou die Westelike streke (waar die Oekraïniese nasionaliste gesentreer is) se ekonomiese lot nog veel erger wees.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 66

Belangrik soos wat die ekonomiese redes mag wees, is die hoof rede vir die Russiese inval egter nie bloot ekonomies nie, en ook nie die meer isoteriese bloed en geskiedenis nie. Dit is sekuriteit van Rusland as nasie, teen binneval uit die Weste (soos deur ‘n Napoleon en ‘n Hitler), plus die sekuriteit van die Poetin-regime self, teen die Amerikaans-ondersteunde tipe “kleur-rewolusies” wat in Oekraïne en Belo Rusland gesien is, en die onrus wat kort gelede in Kasakstan ook voorgekom het. Vir Rusland is die Ooste en Suide van Oekraïne dus van onmiddellike, eksistensiële belang, terwyl dit vir die VSA ten beste van periferiële belang is. (Ons sal na dié onderwerp terugkeer).

Die Suide het voorts die groot ekonomies strategiese belang van die Swartsee uitvoer hawens vir Oekraïne se graan. Vanaf die dae van Katharina die Grote het hierdie hawens (soos Odessa en Mariupol) egter vir Rusland self ook die baie wesentlike belang dat dit sy enigste ys vrye hawens was en is, vir heel-jaar se in- en uitvoere.

Saam met die voedsel belang van Oos Oekraïne se graan produksie, was en is die Swartsee toegang vanaf Katharina se dae vir die Russe hulle sleutel tot wêreld handel en dus ekonomiese groei nou nog verder versterk deur dit wat onder daardie streek se grond lê. Daarby is Sewastopol in die Krim, vir geslagte al Rusland se hoof vlootbasis in die Swartsee.

Dit is nie hier ter sake of hierdie Russiese vrese gefundeerd is of nie (na my oordeel, is dit wél), en dit het ook nie sin om die groot moondhede se onderlinge kompetisie in morele terme teen mekaar te wil afweeg, vir wie die meeste / minste reg of verkeerd is nie. Die ou gesegde geld hier, nl. dat lande nie vriende het nie, net maar belange (dit kan uitgebrei word om te sê dat groot moondhede nie vriende óf moraliteit het nie, net eie belange, wat hulle altyd sal voorop stel). Die feit dat mens nie naïef waarde oordele wil uitspreek oor hulle beweegredes nie, beteken egter nie dat mens hierdie dryfvere kan of wil ignoreer in ‘n analise van wat regtig aan die gang is nie, want hierdie opponerende eie belange lê aan die wortel van wat aan’t uitspeel is. Dit is die sleutel tot verstaan van wat werklik aan die gang is, en waarom.

Krediet: opednews.com

Die Amerikaanse beleid jeens hoe die huidige petalje moet eindig, bly on gedefinieerd. Aanvanklik was hulle grootste vrees (en dus hoof oogmerk) om ‘n direkte botsing met Rusland te vermy, a.g.v. die gevaar van ‘n kern-oorlog ontketen (dieselfde oorweging dus as wat al sewentig jaar geld in

Dit moet ook duidelik gestel word dat die realisme om nie hier simplisties een bepaalde party o.g.v. sy “immorele” beweegredes met al die blaam te wil opsaal nie (en die ander, dan aan die kant van die engele te wil projekteer nie) hoegenaamd nie beteken nie dat mens daarmee alle metodes kondoneer wat ingespan word om daardie selfsugtige oogmerke mee te probeer verwesenlik nie soos veral dan die gedemonstreerde, sistematiese en doelbewuste brutaliteit aan Rusland se kant, om die wil tot weerstand af te breek. Voorts is die konkrete gevolge wat hierdie stryd beslis gaan nalaat vir die hele wêreld, insluitend lande en inwoners van die Derde Wêreld en dus vir Suid-Afrika en sy mense ook nie maar net ‘n “ses van die een, halfdosyn van die ander” akademies/teoretiese kwessie nie, want dit kan en gaan waarskynlik baie kwade praktiese neerslag hê waaroor later meer. Hoekom doen Amerika wat hy doen, m.b.t. Rusland en Oekraïne?

“Primacy” is hier net ‘n mooi woord vir dominasie vir wie “baas van die plaas” is, en/of so gesien en respekteer wil word. Sedert die 2e Wêreld-oorlog is al die VSA se aksies in wese op hierdie doktrine gebaseer.

Onder president Trump is dit omvorm na “America First” (m.a.w., dat die VSA sy eie binnelandse belange voorop gaan stel, gefokus dus op die verbeter van die lot van Amerikaners).

Onder die Neocons egter, beteken “primacy” internasionale dominasie vir en in sigself, dus gefokus daarop dat Amerika gesien moet word as die dominante speler oor gans die aardbol.

Dieselfde invloedryke militêr industriële kompleks waarteen die gevierde Amerikaanse president en veldheer, Genl. Dwight Eisenhower, dekades gelede reeds so ernstig gewaarsku gehad het. Die militêr industriële kompleks synde die maatskappye wat die Neocon “think tanks” en navorsingsinstellings wat Washington DC omsingel, finansieel aan die lewe hou, en self dan hulle geld maak uit die oorloë wat in naam of ten behoewe van die VSA gevoer word. ‘n Militêr-industriële kompleks wat allermins sou gebaat het daarby as Rusland se krygstuig industrie sou kon kompeteer vir NAVO kontrakte, of as ‘n blywende era van vrede en welbehae na 1990 tussen al wat nasie is, sou uitgebreek het... ‘n Kompleks wat natuurlik nou al die pad bank toe lag (die enigste ekonomiese sektor wat dit doen) a.g.v. die huidige maksi besteding op wapentuig ter vervanging van die ou goed wat mildelik aan Oekraïne gelewer word, en die beoogde kwantum-verhogings in Westerse wapenbesteding in NAVO begrotings in die jare voor ons, danksy die hervatting van die Koue Oorlog...

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 67

Die VSA het pas weer (soos ons in die vorige artikel bespreek het) vir Sjina as sy Nommer Een internasionale strategiese bedreiging identifiseer. Hoekom dan het die VSA vir Rusland ingedryf in Sjina se arms in? Wat baat die VSA (of eerder, wat baat wie dan in die VSA) by hierdie strategie, wat in effek vir Sjina, Rusland en Iran in dieselfde kamp gejaag het, opgestel teen die Weste?

Met die ineenstorting van die USSR was daar twee paaie oop waartussen die Weste moes kies: Rusland intrek (soos wat die Europeërs, veral Duitsland en Frankryk, graag wou sien gebeur, en wat Rusland self gehoop het sal kan realiseer) of anders om vir Rusland as konkurrent te bly hanteer. Feit is dat, indien Rusland in die binnekring ingebring sou gewees het, dan sou dit NAVO van ‘n enkel Amerikaans-gedomineerde unipolêre entiteit, na ‘n bi-polêre een verander het. Veral op die terrein van wapen lewering, waar die Russiese krygstuig industrie ‘n wesentlike konkurrent vir die Amerikaanse militêr industriële kompleks sou gewees het.

Die antwoord lê in die dekade-oue idee van “American primacy”, wat nou baie meer hard en duidelik as tevore artikuleer word (betekenende natuurlik, dat daardie “primacy” nou kennelik onder druk is veral ná die onlangse debakel in Afghanistan met die klous oor die kop onttrekking daar).

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 68

indirekte konflikte tussen die VSA en die USSR/Rusland, vanaf die stryd in Korea en daarna Vietnam; onrusbarend vergelykbaar met die VSA se ervaring in Vietnam, het daar nou reeds weer “mission creep” begin plaasvind, met die baie sigbare eskalasie van Amerikaanse betrokkenheid in Vietnam het dit ook begin met wapen-lewering, toe die instuur van instrukteurs, gevolg deur spes-magte en daarna konvensionele magte om direk deel te neem aan gevegsituasies). Dusver het die Biden administrasie sterk standpunt ingeneem teen die verklaar van ‘n “nie vlieg” sone en teen Amerikaanse troepe binne Oekraïne ontplooi, maar andersins is die eskalasie duidelik sigbaar want die verklaarde Amerikaanse doel het nou geword om Rusland militêr tot die maksimum te probeer bloei (“sodat hulle nie elders sulke avonture sal kan loods of waag nie”). In militêre konflikte bloei soldate aan beide kante egter, sodat wat dit gaan kos in Oekraïniese bloed om hierdie doelwit van die VSA te verwesenlik, net maar geraai kan word. Die ander vraag is: wat gaan dit die Weste (en veral sy publiek, blootgestel aan erge inflasie en tekorte aan voedsel en energie) ekonomies kos om hierdie vae doelwit te bly nastreef? Hoe lank gaan dit vat, en watter norme sal geld om te bepaal of die doel wel verwesenlik is? Waaraan gaan “sukses” gemeet word? (Daar mag wel diplomatieke voordele in so ‘n vae doel definisie wees, siende dat dan sonder teenspraak op enige moment verklaar sou kon word: “OK, ons het nou in ons doel geslaag, kyk net hoe goed het ons Rusland gebloei, sodat nou maar onderhandel kan word” met die Anglosfeer pers wat hierdie boodskap van :oorwinning” dan plegtig sal uitdra as evangelie).

Miskien die belangrikste vraag wat onbeantwoord bly, is hoe hierdie as ‘n “vir ewig oorlog” die oorhoofse geo strategiese magsbalans in die wêreld gaan beïnvloed, i.t.v. die ekonomiese verswakking van Europa, plus die res van die Wêreld (veral die arm lande se oorleef vermoë) en die noodwendige versterking van bande tussen Rusland en Sjina?

Die gevaar van verdere eskalasie lê soos landmyne wyd gesaai enersyds in oor ywerigheid op die grond, byvoorbeeld a.g.v. aksies geloods deur teater bevelstrukture (dit word bv. bespiegel dat opperbevel in Kiëf nie die Odessa bevel se aanval op die Moskva sou goedgekeur het nie, maar dat daardie plaaslike bevel in Odessa dit geloods het op grond van ‘n voorgaande magtiging tot eie aksie vroeër gegee vir die moontlikheid van ‘n Russiese landing/inval vanaf die see welke magtiging nie herroep is nie). Oorloë het in die verlede al hande uitgeruk a.g.v. oënskynlik mindere aksies op die

Ditgrond...val ook nie te betwyfel nie, dat die vernederende onttrekking van Amerikaanse magte uit Afghanistan in 2021, steeds diep krap en dat Oekraïne nou in sekere VSA-kringe gesien word as ‘n manier om dié vernedering in die vergetelheid in te dwing, of selfs goed te probeer maak. Die ander eskalasie-gevaar spruit uit die uiters wankelrige interne politieke situasies van die huidige VSA en Britse politieke leierskap, met beide Biden en Johnson wat die oorlog sien as ‘n baie tydige aandag-aftrekker van hulle eie uiters ernstige persoonlike politieke probleme. Hulle het dus geen werklike motivering om vrede te probeer bevorder deur diplomasie nie, en trouens alle eie politieke rede om hierdie stryd so lank moontlik te laat probeer uitrek (om bv. te kan probeer voorgee dat die inflasie-opvlamming, Poetin se skuld is en nie hulle s’n nie). Vir die VSA dien die Russo-fobie wat weer heel verstaanbaar in veral Oos Europa posgevat het, ook om die Europeërs te herinner aan hulle afhanklikheid van die VSA en só dus VSA “primacy” in minstens daardie kring te her bekragtig. Die oorlog dien ook die VSA se bekende strewe van die afgelope jare om ‘n einde te maak aan Frans Duitse pogings om Rusland ekonomies nader te probeer trek het met inisiatiewe soos die nou gestolde Noordstroom gas-pyplyn direk vanaf Rusland na Duitsland, onder die Baltiese See. Dit is opvallend dat daar geen ernstige pogings tot diplomasie is nie, behalwe van die kant van lande baie direk geraak deur die krisis, soos Turkye en Israel (die Turkse buitelandse minister het pront gesê dat die VSA nie wil ‘n skikking hê nie, en Britse premier Johnson het ewe reguit laat blyk dat nou nie die moment vir vrede-maak is nie). Daarbenewens is daar verdere rooi ligte aan’t opflikker uit die

Wat laat hierdie arrogante mense dink dat sulke absolutistiese posisies maak nie saak nie hoe moreel geregverdig dit mag skyn te wees nie tot kern-oorlog sal lei nie? Of minstens tot enorme vergieting van Oekraïniese bloed, burgerlik sowel as in uniform, en die fisiese vernietiging van daardie arm land met as verdere moontlikheid dat die Oekraïniërs uiteindelik al hoe meer grondgebied in al hoe saakmakender dele mag verloor, tot die punt selfs van hulle onafhanklikheid verloor? Sou dít moreel wees, om so iets te bly aanvuur het, eerder as vrede te probeer bevorder?

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 69

geledere van die invloedryke Neocons in die VSA, wat die einddoel wil her definieer as dat Rusland klink klaar militêr verslaan en volledig uit alle dele van Oekraïne gedryf moet word met sommiges wat nog verder gaan en eis dat (soos teen die Nazi’s in WO2) slegs ‘n onvoorwaardelike oorgawe deur Rusland aanvaarbaar sal wees, met Poetin en sy adjudante wat daarna internasionaal verhoor en tereggestel moet word, soos die Nürenberg verhore na WO2. (Sou Hitler, Göring en trawante so ‘n lot aanvaar het, as hulle kernwapens besit het?).

Of dien die “vir ewig oorlog” benadering uiteindelik maar weer die VSA se militêr industriële kompleks, wat na die afskaal in Irak en die vernedering in Afghanistan ontdaan gesit het van ‘n aktiewe oorlog wat hulle met hulle produk kan voer? Biden se steun-pakket vir Oekraïne van $33 biljoen soos op 28 April van die VSA kongres versoek wat aanvullend is tot die $13.6 biljoen reeds in Maart goedgekeur bevat bv. $20 biljoen in hulp met wapens en ammunisie; overgesegd synde, dus ‘n verdere direkte inspuiting van $20 biljoen aan die Amerikaanse krygstuig-industrie).

Van die Russiese kant, moet daar geen twyfel wees nie dat die Oekraïne situasie deur Poetin en die oorweldigende meerderheid van sy landgenote, gesien word as ‘n werklike eksistensiële bedreiging.

Die Weste se aanvanklike sanksie-dreigemente het nie geslaag in hulle verklaarde doel van Rusland af te skrik van ‘n inval nie.

• Die ses stelle sanksies tot dusver ingestel, het nie die Russiese ekonomie dermate kon knou dat Poetin enigsins lyk of hy wil bes gee nie inteendeel!

• Die Russiese Roebel is terug by en selfs sterker as sy aanvanklike waarde by aanvang van die oorlog, terwyl die Euro bly verswak.

• Russiese petroleum-uitvoere het volume-gewys weliswaar met 17% afgeneem, maar die pryse vir dié produkte het drievoudig meer gestyg as die volume verlies, sodat die uitvoer verdienste vir Rusland in werklikheid (danksy die oorlog en sanksies) aansienlik gestyg het gedurende die eerste twee maande van die oorlog, was Rusland se verdienste uit energie verkope aan

As mens objektief kykna ‘n telkaart van waar die “wedstryd” tans staan (uit Poetin se oogpunt gesien), dan val die volgende op:

Beide vir die land as sulks, in geo strategiese terme, en vir Russe in die diaspora wat wees gelaat is deur die kommuniste se kunsmatige grense. Maar ook ‘n eksistensiële bedreiging vir die Poetinbewind, in politieke terme. Dit is ‘n stryd wat Poetin nie durf verloor nie, want sy eie politieke oorlewing hang nou daarvan af, en dus sal hy waarskynlik nie terugdeins van die mees ekstreme opsies nie, indien in ‘n blik gedruk. Ook vir Poetin, is dit absoluut dienlik dat die oorlog voortduur want dit gee geleentheid om stelselmatig meer van Oekraïne te ontvolk van nasionalistiese Oekraïniërs en in besit te neem. Siende dat dit kwalik moontlik gaan wees vir Oekraïne om Russiese magte geheel van “sy” grond af te gooi (soos per die huidige “wettige” grense), is die enigste manier om die stelselmatige opkerf en insluk van die land te stop, om ‘n vrede met Rusland te sluit maar die politieke klimaat onder Oekraïniese nasionaliste vir sulke onderhandelinge word daadwerklik teengewerk deur Westerse propaganda wat die moontlikheid van ‘n militêre “oorwinning” voorhou, en verder deur die ekonomiese belangrikheid van toegang tot die Swartsee en Oos Oekraïne (lg. as synde die “gans wat die goue eiers lê” vir hierdie reeds armste land in gans Europa), wat dit ook polities moeilik maak vir Zelensky om in te stem tot die afstaan van grondgebied.

• Slegs die Westerse bondgenote (wat in waarde ongeveer een derde van die wêreld ekonomie verteenwoordig), ondersteun aktief die sanksie kampanje, terwyl lande wat ‘n verdere 1/3 van die wêreld ekonomie verteenwoordig en rondom veral die BRICS geskaar is, die sanksies teenstaan, met die ander 1/3 wat nie standpunt in die openbaar inneem, vir of teen nie, maar die sanksies in die praktyk effektief ignoreer.

• As gevolg van sy eie veto-reg in die VN-Veiligheidsraad, tesame met dié van Sjina, is Rusland onaantasbaar i.t.v. formele VN gemandateerde optrede teen hom.

• Europese banke voorspel dat, as Wes Europa Russiese energie produkte (veral aard gas) ontsê sou word, dit ‘n resessie en rantsoenering tot gevolg sal hê, in Duitsland in die besonder; dit neem jare om ‘n inskeep terminus te bou vir aardgas wat per boot gelewer word, sodat invoere per skip van elders, bepaald nog nie teen die komende winter ‘n alternatief vir Russiese pyplyn gas sal kan daargestel het nie (Duitse beleid bepaal dat huishoudings beskerm moet word, sodat industrie die ergste deur gas tekorte getref sal word en produksie noodwendig sal moet inkort of staak, in geval van rantsoenering).

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 70

• Die rol van inflasie in die Weste, en veral die skerp styging in voedsel en energie kostes, sal in daardie lande ook begin binnelandse druk laat oplaai ten gunste van ‘n kompromis skikking en waarskynlik ook ‘n impak hê in die VSA se November 2022 verkiesings, wat Biden se posisie verder kan verswak en dus Poetin oor die langer termyn kan bevoordeel.

• Volgens die Wêreldbank gaan voedsel pryse met 37% styg a.g.v. die oorlog; Oekraïniese graan-uitvoere per see bly geblok met bestaande silo’s dus steeds vol van verlede seisoen se oes, sodat dit geen sin maak om die komende oes (beperk soos wat dit sal wees) te probeer inbring nie, en ook nie om dan nuut te plant nie daar sal nie kontantvloei wees vir boere om dit mee te befonds nie; die gevolg gaan wees dat daar ernstige voedsel-tekorte en -inflasie gaan wees wat ‘n groot deel van die wêreld bevolking gaan tref, met bes moontlik onrus, veral in arm lande wat die internasionale druk gaan laat verhoog dat ‘n kompromis bereik moet word (wat logies vir Rusland as de facto besetter, sal bevoordeel).

die Europese Unie (EU) €46 biljoen, wat prakties dubbel soveel aan verdienste is, as die opbrengs van sy energie verkope aan die EU vir dieselfde twee maande verlede jaar; danksy die verhoogde energie-pryse veroorsaak deur die sanksies en oorlog-skaarstes, was die totale Russiese verdienste uitsy energie verkope wêreldwyd sedert die oorlog net maar twee maande gelede begin het, €63 biljoen (soos op 28 April) en wys Gazprom alleen se netto wins vir 2021 ‘n vyftien-voudige verhoging oor die netto wins syfer vir 2020, met ‘n nog groter sprong wat in 2022 voorlê danksy die oorlog gedrewe prysverhogings.

• Die Weste nader vinnig die punt waar hulle vermoë om Oekraïne van wapens soos die Stinger en Javelin missiele te voorsien, uitgeput raak (die VSA het reeds ‘n derde van hulle beskikbare voorraad gelewer, en met die baie lae produksie tempo, sal dit jare neem om hierdie tekort weer goed te maak); hoe langer die oorlog so logisties intensief voortduur, hoe groter sal Oekraïne se logistieke probleme word, soos geïllustreer deur die feit dat die 40,000 artilleriekartetse wat die VSA aan Oekraïne belowe het vir die Amerikaans gelewerde 155mm houwitsers, slegs maar een week se verbruik teen die vuur tempo gedurende die rasputitsa verteenwoordig – wat waarskynlik vêr oorskry gaan word soos en wanneer die gevegte in die Donbass gedurende Mei regtig gaan begin opwarm.

• Poetin sien tans Rusland se ekonomiese posisie as dermate sterk dat hy nou tot teen aksie oorgaan, met teenmaatreëls soos die afsny van gas-toevoer aan Pole en Bulgarye (wat uiteraard dadelik weer die gas pryse laat styg het, tot Rusland se voordeel).

• Die VSA se bruto binnelandse produk (m.a.w., die grootte van sy ekonomie) het in die eerste kwartaal van 2022 met 1.4% gekrimp, wat aanduidend is van die druk waaronder die leidende Westerse ekonomieë reeds verkeer a.g.v. die kombinasie van stagnasie en inflasie.

• Wat die oorlog oogmerke self betref, het Rusland reeds sy korridor tussen die Donbass en die Krim skiereiland gevestig en die belangrike hawe van Mariupol oorgeneem (die Oekraïniërs wat in die staalfabriek daar skuil, het nie meer strategiese relevansie nie).

Die hawestad Kherson aan die mond van die Dnieper is beset, sowel as ‘n groot deel van die Donbass.

• In terme van Poetin se oogmerk om Oekraïniërs wat nie onder Russiese bewind wil staan nie op die vlug te jaag, het meer as 5 miljoen Oekraïniërs reeds land uit gevlug en nagenoeg 10 miljoen meer is binnelands verplaas na die Westelike gedeeltes, weg uit die teikengebied in Suid en Oos Oekraïne.

• Oekraïne het reeds aan Rusland se belangrikste eis toegegee, naamlik om sy ideaal van NAVO lidmaatskap te laat vaar en gewaarborgde neutraliteit te aanvaar.

• Rusland se belangrikste vennote bly steeds hulle aanvanklike standpunte handhaaf, veral Sjina en die ander BRICS, ondanks Westerse druk om teen Rusland kant te kies Sjinese media word van owerheidskant gelei om die blaam vir die oorlog op die Weste en veral die VSA te plaas, op grond daarvan dat Washington doelbewus die konflik instigeer het deur vir hulself sekuriteitsvoordele (uitbreiding van NAVO grondgebied deur Oekraïne by die Alliansie in te sluit) deur koverte aksie probeer bewimpel het, in stryd met die ooreengekome beginsel vervat in die Istanboelse Akkoord oor Veiligheid in Europa van 1999, nl. dat geen kant se sekuriteit versterk mag word ten koste van die sekuriteit van die ander kant nie (die VSA en Rusland het hierdie akkoord beide onderteken die tersaaklike klousule lees: “Each participating State will respect the rights of all others in these regards. They will not strengthen their security at the expense of the security of other States.”).

• Oekraïne besef nou dat Rusland absoluut ernstig was met sy dreigement van ‘n volskaalse inval iets wat hulle tot Februarie nie geglo het werklik sou gebeur nie; die Oekraïniese bevolking besef ook nou hoe brutaal-wreed Rusland bereid is om op te tree om sy sin te kry, sodat die koste van verset i.t.v. verwoesting van stede en dorpe en dood en verminking van burgerlikes, duidelik op die tafel is.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 71

• Oekraïne is afgeblokkeer van die Swartsee deur ‘n maritieme blokkade wat geen in en uitvoere toelaat nie.

• Les bes, het Poetin se persoonlike gewildheid in Rusland verder gestyg sedert die aanvang van die oorlog en raak nou aan die 90%, sodat sy hand dus binnelands polities enorm gesterk is ook om daadkragtig outoritêr teen opponente te kan optree; die Russiese bevolking (danksy grootliks die Weste en veral die Anglosfeer se sanksies en wapen lewering aan Oekraïne) is oortuig daarvan dat die Westerse wêreld aktief teen hulle is en dat Poetin geen ander keuse gehad het nie as om Rusland se strategiese belange en Russies-sprekendes in die Donbass te beskerm uiteindelik, noodgedwonge met die wapen, toe hy “geen ander keuse” gelaat is nie deur die VSA se weiering om die Russiese vredesvoorstelle van Desember 2021 ernstig op

• Meer belangrik, in militêr-strategiese terme, is dat die Weste amptelik dit baie duidelik gemaak het dat hulle nie self direk aan die konflik gaan deelneem met eie magte nie, sodat Rusland weet die stryd op die slagveld lê tussen hom en Oekraïne alleen, en Oekraïne weet dat sy droom van lid word van NAVO en deur NAVO-troepe gehelp word, nie gaan verwesenlik nie.

• Die Oekraïniese lugmag en vloot is reeds grootliks geneutraliseer i.t.v. gevegs relevansie (hulle vloot het bv. hulle eie vlagskip tot sink gebring, om te verhoed dat dit in Russiese hande val).

• Ander lande en gemeenskappe in die dampkring van die ou USSR (soos Belo-Rusland, Georgië en Kasakstan) besef ook nou dat Rusland onder Poetin tot drastiese ingryping bereid en in staat is, wanneer “orde en stabiliteit” bedreig word deur pro demokratiese kleur tipe rewolusies en oproer.

Die noodsaaklik varswater toevoer kanaal na die droë Krim skiereiland uit die Dnieper rivier (wat Oekraïne na 2014 eensydig blokkeer het) is weer oopgestel.

te neem. (Die amptelike Russiese onderhandelingsposisie het sedert Desember 2021 nie verander nie: Oekraïne nie lid van NAVO, neutraal en slegs lig gewapen, maar geen probleem met EU-lidmaatskap virOekraïne nie; ‘n oplossing vir die Donbass soos per die Minsk-akkoorde wat Oekraïne wel destyds geteken het maar toe nie wou implementeer nie, onder aanhitsing van Washington en erkenning van Rusland se terug neem van die Krim as histories Russies; hierdie terme mag teen die volgende winter vir Oekraïne lyk asof dit baie voordelig sou gewees het om dit in Desember 2021 te aanvaar het, maar dan mag die doelpale teen daardie tyd al weer heelwat op die slagveld verskuif het, met baie meer van Oekraïne dan reeds deur die Russe ingepalm, en nog veel meer van Oekraïne se infrastruktuur, stede en dorpe wat dan reeds vernietig sal wees).

Die enigste gangbare konklusie bly dus (soos in ons vorige twee artikels voorspel) dat hierdie oorlog nog onbepaald gaan voortduur die werklike kantel punt, waar mens sal kan begin sien watter kant toe dinge bes moontlik sal uitval, sal waarskynlik teen die intree van die volgende winter eers bereik word, rondom November 2022. Ondertussen kan daar net maar gebid word dat dit nie sal eskaleer tot ‘n 3e wêreld-oorlog (met kernwapens) nie...

Die eerste fase het ten doel gehad om vir beide die Weste en die Oekraïniërs duidelik te maak dat hierdie nie ‘n inkrementele kruip aksie met “groen mannetjies” is nie, maar ‘n volskaalse, gedetermineerde inval deur die Russiese gewapende magte in Moskou se naam m.a.w., dat Rusland volkome ernstig is met, en verbind is tot sy aksies. Die onderliggende oogmerke met so ‘n harde “statement” by uitset maak, was enersyds om die Westerse regerings (en Westerse bevolkings) af te skrik van enige idee van direk militêr inmeng aan Oekraïne se kant, o.a. uit vrees vir ‘n kernoorlog ontketen. Wat die rede is waarom Rusland so opsigtelik kernkrag fasiliteite met hoë psigologiese impak (soos die bekende een by Chernobyl, en Europa se grootste kompleks by Zaporizhzhia) geteiken het, onder die media kollig, en ook baie openlik berekend sy kernwapen magte op hoogste gereedheid voet geplaas het: juis om aan die kern dimensie te herinner en daardie sielkundige vrees vir kern-oorlog aan te blaas as afskrikking teen direkte NAVO-inmenging.

Volgens só ‘n telkaart het Poetin geen rede om te meen dat hy besig is om die stryd te verloor nie en trouens alle rede om te reken dat, hoe langer dit duur, hoe beter vir hom. Dieselfde geld vir Sjina, wat die Weste sien geld bloei op ‘n onbekostigbare skaal, met die groeiende gevaar van ekonomiese ontwrigting, sosiale onrus en interne politieke verset wat die Weste kan destabiliseer, en só dus ook Sjina se strategiese belange dien (veral ook omdat, as die Weste ‘n bloutjie sou loop in hulle poging om Rusland se outoritêre optrede te stuit, dan sal dit Sjina se oogmerk om Taiwan te inkorporeer vergemaklik omdat Oekraïne in meeste Russe se oë eweseer ‘n “rebelse provinsie” van Moeder Rusland is, as wat Taiwan ‘n sg. “rebelse provinsie” van Sjina is).

Rusland se beplanning en uitvoering van sy inval het kennelik ‘n hele aantal oogmerke gehad, nie net maar “ruk ssm op na Kiëf (Baghdad) en beset dit nie (soos reeds in die vorige artikels uitgewys, was dit nie ‘n skielike besluit nie en ook nie ‘n onrealisties idealistiese Blitzkrieg offensief nie).

Hoe moet mens die Russe se taktiese bewegings oor die afgelope twee maande verstaan?

Aan die ander kant, was die doel om die Oekraïniërs te laat insien dat die Weste hulle nie met NAVO magte te hulp gaan kom nie, en ook om hulle te laat verstaan wat die graad van erns, omvang en koste van die militêre stryd gaan wees, ook t.o.v. siviele slagoffers, om soveel moontlik van hulle op die vlug te jaag (dis nou pas maar eers dat Rusland die vervoer-infrastruktuur begin teiken het, ten einde wapen toevoer vanuit die Weste te ontwrig). Sekerlik was dit ook die bedoeling om te sien of Oekraïne nie dalk relatief vinnig bes sou gee nie en vrede sou probeer sluit maar die Russe het bepaald nie die plaas daarop verwed nie.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 72

Hierdie sielkundige oogmerke, tesame met die geo strategiese doelwitte in die suide om die konneksie korridor te skep en die Krim se water toevoer te herstel, sowel as om Oekraïne van die Swartsee af te sny, het vereis dat Rusland aanvanklik oor ‘n breë front opruk in ‘n massiewe magsvertoon, maar dat hulle die temptasie weerstaan om in stedelike oorlogvoering vas te val ter besetting van bv. Kiëf en Kharkof. Hulle moes dan ook bereid en gereed wees om, as Oekraïne nie dadelik in mekaar getuimel het nie, tydig van rondom Kiëf te onttrek, ten einde te vermy dat hulle gedurende die rasputitsa daar vasgeval sit en hulle magte daar logisties moet voorsien onderwyl beperk tot slegs die kwesbare hoofpaaie. Dat só ‘n onttrekking wel snel en in goeie orde uitgevoer is, en daardie magte toe via die hoofpaaie van Rusland self (dus buite-om Oekraïne) her-ontplooi is na die Oostelike front, spreek m.i. nie van ‘n nederlaag in die sin dat die Russe militêr deur Oekraïne vandaar uitgedryf is nie, maar van Russiese bereidwilligheid tot realistiese aanpassing by werklikhede en gesonde taktiese plooibaarheid die idee dat Rusland Kiëf stormerhand teen alle koste wou inneem, en toe verslaan en uitgedryf is, is presies net so waar as dat Suid Afrika Cuito Cuanavale wou verower het en toe daar verslaan is: dis om aan jou vyand ‘n doelwit toe te dig, wat dan as hy dit dan nie verwesenlik nie propagandisties vir jou kant as “oorwinning” aangebied kan word (soos nou weer met die propaganda dat Moskou teen 9 Mei ‘n algehele oorwinning wil verklaar, sodat dit weer geprojekteer kan word as ‘n nederlaag, sou dit nie realiseer nie).

Soos in ons vorige artikels uitgewys, meen ons dat dit deurentyd die Russe se oogmerk was en bly om Oekraïne se konvensionele magte wat langs die dispuut-lyn teenoor die Donbass ontplooi is, na die rasputitsa te dubbel omvou en stuk stuk te vernietig (d.w.s., sou Oekraïne nie voor dan, reeds bes gegee het nie). Dit is wat ons glo toenemend nou gaan ontplooi Oos van die Dnieper, veral vanaf die tweede week van Mei, wanneer die bodemgesteldheid eers werklik mobiele oorlogvoering gaan begin toelaat. Tot nou toe was die Russiese aksies langs hierdie front van ‘n “probing” aard, want daar kon slegs maar langs hoofpaaie beweeg word. Hierdie kleinskaalse aksies oor ‘n wye front, het ten doel gehad om swak plekke te soek, die Oekraïniërs aan die raai te hou oor waar die werklike aanslag gaan kom, en veral om hulle soveel as moontlik van hulle ammunisie te laat opgebruik siende dat hierdie bo alles ‘n artillerie oorlog en dus ‘n logistieke stryd gaan wees, eerder as noodwendig massa pantser op die styl van die 2e WO. Hierdie gevegsterrein Oos van die Dnieper pas die Russe, vanweë hulle eie kort logistieke lyne en die feit dat dit wel moontlik is vir hulle om vanuit die Noorde en die Suide op te ruk, aan die westekant agter om die Oekraïniese front ontplooiings, terwyl die Russiese magte op die dispuut lyn die Oekraïniërs daar vasgepen hou.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 73

• Gaan die Europeërs aanhou bereid wees om na Biden en Johnson se pype te dans, as die oorlog uitrek en dit duidelik sou word dat Oekraïne nie (selfs met Westerse wapen hulp) die Russe militêr kan verslaan en van die geheel van hulle grondgebied kan verdryf nie?

Wat onthou moet word, is hoe Rusland onder Poetin te werk gegaan het om Tsjetsjnië en die rebel areas in Sirië tot oorgawe te dwing Poetin se doelwit is nie ‘n “vinnige oorwinning” wat dan partisane op die slagveld laat wat die stryd van vooraf opstook en uitrek nie (soos wat met die Amerikaners in Afghanistan en Irak gebeur het, na hulle snelle “oorwinnings” daar). Poetin soek totale onderwerping, fisies sowel as sielkundig, waarvoor sy resep stelselmatig stadige, brutale fynmaal van die opposisie is, veel al met gebruik van artillerie en lug bombardement. Die 2e Tsjetsjniese oorlog van 1999 2000 is insiggewend. Die Russe onder Poetin se leiding het in Augustus 1999 begin met stadig inbeweeg in die area rondom Grozny en filtrasie kampe begin oprig (presies soos nou weer by Mariupol gedoen word) om moontlike partisane te identifiseer en te elimineer. Vervolgens het hulle die hoogtes rondom Grozny beset, artillerie opgestel, die omliggende dorpe een vir een ingeneem en toe van 4 Desember 1999 vir Grozny self begin bombardeer en sistematies aanval, tot dit aan die begin van Februarie 2000 gereduseer was tot “die mees vernietigde stad op aarde” en toe finaal ingeneem is, sonder dat daar sedertdien weer opstand uitgebreek het. Dit is ‘n immoreel wrede, onmenslike strategie, maar onteenseglik ‘n effektiewe wen-resep. Wat Poetin ten alle koste nie wil hê nie, is ‘n uitgerekte partisane stryd. Die werklik saakmakende vrae, myns insiens, is:

• Vir hoe lank gaan Oekraïne bereid wees om self te bloei, ten einde Rusland vir die VSA se onthalwe te bloei?

• Wat gaan die Amerikaanse kiesers in November 2022 se verkiesing doen, en hoe gaan dit Biden se vermoë om Rusland te wil bly bloei, affekteer?

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 74

Dit is nou maar eers dat die bodemgesteldheid die Russe begin toelaat om te begin ontplooi in kolonne wat na genoeg aan mekaar kan opruk om mekaar wedersydse steun te gee, en só op volhoubare wyse grondgebied in besit te neem. Beriggewing vanaf die front dui dan ook daarop dat Russiese magte stelselmatig, hoewel stadig, besig is om al meer dorpe in te neem en hulle knyptang-aksie op te stel vir die toeklap van die slagyster. Hierdie gaan die bepalende deel van die konvensionele fase van die oorlog wees, want as Rusland die beste en grootste konvensionele Oekraïniese magte gedurende hierdie komende somer in posisie teenoor die Donbass kan oprol en elimineer, dan sal daar in die komende winter min wees wat in Rusland se weg sal staan (as Oekraïne dan steeds nie bes wil gee nie), om dan weer te begin met die beleg van Kiëf, Kharkof en Odessa (met daardie bevolkings wat dan sal onthou hoe Februarie 2022 se kort proef beleg gevoel het, sowel as die skokkende doodslag en vernietiging wat in Mariupol afgespeel het).

• Gaan Oekraïniërs bereid en in staat wees om ‘n volle winter van voortgesette volskaalse oorlog vanaf Oktober November 2022 te deurstaan?

• Hoe gaan die ekonomiese oorlog uitdraai, as sanksies nie vir Poetin oorreed nie en die verslegtende wêreld ekonomie en voedsel tekorte vir die Westerse bevolkings en die armes van hierdie aarde, werklik begin knyp? Watse politieke impak kan dit hê, ook op stabiliteit?

• Wat gaan Washington doen, as sanksies nie werk nie en die bestaande wapen hulp nie vir Oekraïne in staat stel om die Russe uit te dryf nie? As die Oekraïniese konvensionele magte

Dat Oekraïne se magte man per man, kilo vir kilo dusver uitsonderlik goed gevaar het, word nie deur die bostaande ontleding onderspeel nie. Die Russe het beslis reeds harde bene gekou teen die Oekraïniërs soos wat dit maar alte dikwels in sulke bloedige, verbete en haat gevulde broeder oorloë gaan. Die situasie herinner nogal baie aan ons eie 2e Vryheidsoorlog per tydskaal, is Oekraïne nou waar die Boer/Brit oorlog in Desember 1899 was, met “Swart Week”. Net so min as wat dit na twee maande of selfs drie maande van die 2e Vryheidsoorlog gelyk het of die Britte uiteindelik hulle oormag sou kon laat geld, kan mens ooknie die eerste twee maande van die gevegte in Oekraïne neem as aanduidend van hoe hierdie oorlog gaan eindig nie.

Neem die Duiste Leopard 1 tenks en die Gepard flak panzers wat daarop gebaseer is die Duitse vervaardiger wat 50 tweedehandse Leopards in voorraad het, het aangedui dat hulle tien daarvan binne ses weke krygsvaardig kan hê, en dat dit ses weke gaan vat om bemannings op te lei. Die Gepards is ook ou voorraad (ek het in München op van hulle rondgeklouter in die vroeg-tagtigs, tydens ‘n BND kursus hulle is ontwerp in die era voor skouer vuur Stingers en Blowpipesbeskikbaar geword het, destyds om die Leopards te beskerm teen laag vlieënde aanvalshelikopters, en is bewapen met twee Switserse 35mm Oerlikon snelvuur-kanonne met die neutrale Switsers wat nou weier dat hulle ammunisie daarvoor, na Oekraïne uitgevoer mag word...).

En dan Odessa, gestig deur Katharina die Grote, en die uitbrei van die Swartsee kus-korridor tot by die Russies gesinde Trans Dnistrië streek in Moldawië (soos wat Russiese generaals reeds begin suggereer) om Oekraïne dan totaal afgesny te laat van die Swartsee.

hierdie somer deur die Russe teenoor die Donbass omvou en elimineer sou word? Gaan die VSA dit aanvaar en dan realistiese diplomatieke onderhandelinge ondersteun, of gaan hulle verder bly eskaleer en tot watter punt? Gaan hulle dan, eerder as om ‘n diplomatieke skikking te bevorder, ‘n partisane oorlog probeer aanstig, sodat die Russe nog langer gesien kan word as wrede onderdrukkers, wanneer die Russe dan stelselmatig al hoe meer van Oekraïne onderwerp en “filtreer” met polisiestaat metodes, ten einde so ‘n insurgensie te onderdruk? Weer dus ‘n Amerikaans geïnspireerde “vir-ewig oorlog”?

Hoe langer die oorlog dan uitrek, en hoe meer dat Rusland dan weswaarts opruk, hoe meer kompleks kan dinge word. Daar is reeds bespiegeling dat Pole aangedui het dat hulle bereid sou wees om ‘n Poolse vredesmag te ontplooi in die vêr westelike deel van Oekraïne rondom Lvov (wat voor die 2e WO die derde grootste Poolse stad was, met meer as 90% van die bevolking toe Pools). Die Hongare het ook bloed-belange in die Karpatiese streek wat deel van Hongarye was voor Stalin dit annekseer het. So ook Slowakye. As een NAVO land (soos bv. Pole as grens land met Oekraïne) vanweë sy

• Was dit, in die konteks van Sjina se opkoms, werklik sinvol om Washington se weg te volg en Rusland te vervreem, tot die punt van doelbewus uit tart om Oekraïne binne te val, eerder as om te doen wat Duitsland en Frankryk wou, nl. om Rusland stelselmatig in te skakel by die Westerse ekonomie en deel te maak van die Westerse alliansie? En, les bes

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 75

• Gaan die eskalerende partye altyd volkome beheer kan behou oor elkeen in elke teater wat deur ‘n plaaslike onbesonnenheid ‘n 3e Wêreld Oorlog kan ontketen, en ook self as nasionale besluitnemers hulle eskalasie so kan bly kalibreer dat dit nie die ander kant dermate in ‘n hoek druk dat tot nog ernstiger teen-eskalasie oorgegaan word nie – ‘n proses van “tit for tat” wat oor tyd dan uit beheer uit kan spiraal?

Die dwang hefboom wat die Russe waarskynlik tot hulle beskikking gaan hê om die Oekraïniërs (na ‘n aanvanklike heldhaftige verset) tot realistiese onderhandelinge te dwing, gaan wees die dreigement dat altyd meer grondgebied afgeneem kan word, hoe langer die stryd voortduur. Hoe langer die onderhandelinge uitrek, hoe hoër word die prys dus. Op hierdie stadium praat die Russe van die Dontesk en Luhansk oblasts, en die Krim. As die konflik sou aanhou en hulle genoodsaak is om die hele gebied Oos van die Dnieper rivier te beset, kan die Russe weier om dit terug te gee. Selfde met Kharkof (die 2e grootste stad), wat net buite Luhansk val, maar wat histories tradisioneel Russies is.

• As Rusland uiteindelik sou wen en daarmee die “wêreld veilig gemaak het vir diktature” watter impak gaan dit hê op brose demokrasieë soos Suid Afrika s’n, waar bestaande regerings van daardie selfde dampkring dan alte maklik kan weier om aan verkiesings gevolg te gee en outoritêr aan bewind sal probeer bly, met Moskou en Beijing se steun?

Met die lente rasputista se modder in Mei verby, sal mens in hierdie komende maand al meer duidelikheid kry oor wat op die slagveld gaan gebeur. Is die Rooi Leër werklik ‘n tandlose, futlose, onnosele beer? Kan Oekraïne werklik met die “swaar wapentuig” ontwerp in die vyftigerjare wat hom nou belowe word, die Russe se opmars Oos van die Dnieper stuit?

eie baie dwingende veiligheidsbelange en bloed bande, besluit om voorspringend in die westelike deel van Oekraïne eie troepe te ontplooi, wat gaan die ander NAVO lande dan doen? Wat gaan Rusland doen? (Ek glo persoonlik nie dat Moskou in Wes Oekraïne belang stel nie, en ook nie sal kan motiveer om dit te probeer beset nie, juis vanweë Poetin se regverdiging vir sy eie optrede, nl. dat Lenin, Stalin, Kroestjof en die USSSR se grens manipulasies ongedaan gemaak behoort te word).

Maar wat bly dan werklik van Oekraïne oor, en hoe arm dan? Laat niemand dus te kenne gee dat die situasie in Oekraïne, nie uiters gevaarlik kan draai nie...

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 76

• Mariupol het geval, met die oorgawe van meeras tweeduisend vegters van die ver regse Azov brigade wat in die staalwerke daar ingegrawe was; dit het Rusland se landbrug tussen die Krim skiereiland en die Donbass voltooi, en was ook sielkundig belangrik as demonstrasie van die “onafwendbaarheid” van uiteindelike Russiese oorwinning, ongeag die prys.

• Wat opval, is die Russe se bereidwilligheid om taktiese terugtrekkings te doen, wat aandui dat hulle nie hulself onder tydsdruk voel nie en dat die stryd dus nog vir lank gaan voortduur (soos wat ons ook reeds in Februarie, by aanvang daarvan, voorspel het).

Hierdie artikels is gerig op die verstaan van die oorhoofse strategiese implikasies van die stryd, meer as op die analise van die militêre aksies in Krygkunde terme, dus sal ons hier volstaan met die uitwys van slegs maar die mees belangrike gebeure op die slagveld die afgelope maand:

• ‘n Hele string stede en dorpe in die Donbass is deur Rusland en hulle separatiste-bondgenote verower, soos die strategies belangrike Popasna en Lyman, en by skryf hiervan is die laaste Oekraïnies beheerde stad in die Lugansk oblast (provinsie), Severodonetsk, onder swaar druk met Russiese magte wat tot in die sentrum penetreer het.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 77 OORLOG IN OEKRAÏNE: ONTLEDING EINDE MEI 2022 (#4)

Dr. Willem Steenkamp

• Oekraïne het gefaal in hulle gedetermineerde pogings om die strategies belangrike eiland Zmiinyi Ostrov (“Snake Island”) te ontset dit dien vir Rusland as ‘n “on-sinkbare slagskip” wat die toegang tot die sleutel hawe van Odessa beheer.

• Ondanks die versnellende sneeubal van Russiese winste, het dinge nie altoos vir hulle vlot verloop nie, met swaar verliese tydens ‘n gepoogde rivier kruising (die Russe en riviere bly maar sukkel – soos wat Suid-Afrikaners sal onthou rondom die Lomba-rivier gevegte in SuidAngola gedurende 1987) en ook Oekraïniese suksesse in die wegdryf van Russiese magte uit die buitewyke van Oekraïne se 2e grootste stad, Kharkof.

Presies soos wat ons voorspel het in ons analise van einde Februarie (vier dae na die aanvang van die oorlog) het Mei maand weer gewys dat Rusland se strategie op die slagveld, nie een van Blitzkrieg is nie, maar eerder van stelselmatige, brutale fyn maal van die opposisie, waarin artillerie ‘n groot en destruktiewe rol speel. Ook soos voorspel reeds in Februarie, het dinge op die slagveld eers daadwerklik begin gebeur vanaf middel Mei, met die modder seisoen van die rasputitsa wat van middel Maart tot die 1e helfte van Mei grootskaalse mobiele operasies onmoontlik gemaak het.

• Dit lyk of die Russe geleer het uit hulle foute, en nou konsentreer op die bewese, brutale resep van stelselmatige, artillerie-gedrewe fyn-maal in lokale “kookpotte” (cauldrons) wat hulle deur middel van omsingelingsaksies skep; gegewe dat die Oostelik front oor meer as 550km strek en in en uit kronkel, is daar uiteraard geleentheid vir die afsny van geografies blootgestelde Oekraïniese posisies. Genoeg egter oor die aksies aan die front uit strategiese hoek is dit duidelik dat die oorlog fundamenteel gedrewe is deur die oer oue wekroep van “mense van ons bloed, grond van ons vaderland”. Rusland is verbete ingestel op die her-verowering van grondgebied wat Poetin (en die groot gros van die Russiese bevolking) as histories Russies sien. Dit wat op die grond mag staan, in die vorm van geboue, maak nie saak nie dis tydelik en kan her bou word (soos Stalingrad en vele ander Russiese stede in die verlede). Wat permanent is, is die grond self, wat Moskou nou teen

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 78

Dat Amerikaanse “primacy” aan’t wankel is, blyk uit die VSA se skroomvalligheid om self direk betrokke te raak, of om wapens (soos langafstand vuurpyle) aan Oekraïne te lewer, wat die gevaar mag skep van direkte konfrontasie met Rusland wat reeds pront gewaarsku het dat, as sulke wapens teen Russiese grondgebied gebruik sou word, Rusland die besluitnemers agter só ‘n skuif direk sal teiken, waar hulle ook al mag wees: “binne en buite Oekraïne”. Die Westerse strategie is dus een van ekonomiese maatreëls, wat egter ‘n tweesnydende swaard is, soos wat almal reeds aan hulle eie sakke kan voel. ‘n Insiggewende analise is dié van die Londense Guardian se senior kommentator,

Die kiem van die konflik was en bly die toentertydse kommunistiese manipulasie van grense in Oos Europa vir hulle eie politieke oogmerke, sonder in ag neem destyds van historiese en etniesdemografiese realiteite. Dit het die oorloë in die Balkans gedurende die 1990’s veroorsaak, en lê aan die wortel van die konflikte tussen Rusland en Georgië, Moldowa, en nou weer Oekraïne. Duitsland en Frankryk het dit ingesien en, ten einde eskalasie te probeer stuit, die Minsk-ooreenkomste tussen Rusland en Oekraïne aangevoor wat Oekraïne toe, aangepor deur die VSA, nie wou implementeer nie. Dat die VSA doelbewus konflik met Rusland oor Oekraïne gesoek het (soos in ons vorige artikels geboekstaaf en verduidelik is, en nou selfs deur die Pous erken is) is onteenseglik só. In die plek van Minsk vrede, sit Oekraïne nou met volskaalse oorlog. Weer druk Biden en Johnson nou vir Kiëf om nie vir vrede te onderhandel nie. Hulle wil dus hê die oorlog moet voortduur nie primêr ter wille van Oekraïne se eie belang nie, maar ter wille van hulle eie strategie van die bloei van Rusland en as aandag afleier van hulle eie binnelandse politieke probleme. Al hoe meer word die bevolkings van Oekraïne en Europa die slagoffers van dié strategie, maar ook die Amerikaanse bevolking, en les bes, die arm bevolkings van die res van die wêreld. Dat die Franse en Duitsers stilweg begin keelvol raak, word al duideliker die Franse president en sy buitelandse minister, en ook die Nederlandse eerste minister, het dit hierdie maand dan ook baie duidelik gestel aan Oekraïne dat hulle nie moet verwag om binne 15 of selfs 20 jaar, lid van die Europese Unie te word nie. Om nie eens van NAVO lidmaatskap te praat nie...

Die ander kenmerk van die stryd bly die intense propaganda vanaf die kant van veral die Anglosfeer, enersyds gedrewe deur Joe Biden en Boris Johnson se interne politieke probleme, en andersins tekenend van die groter werklikheid dat die VSA se droom van voortgesette globale Amerikaanse “primacy” hier wesentlik op die spel is. Dat ‘n uiters belangrike geostrategiese her skikking van die internasionale magsbalans voor ons oë aan’t afspeel is, met ver reikende gevolge vir die wêreld, is onteenseglik só.

Die Russe ken die rekord van Amerikaanse beloftes aan bondgenote, net maar om belang te verloor en dan te onttrek. Dis duidelik dat daar vir die Russe veel meer konkrete belange, baie meer direk op die spel is as vir die Amerikaners, vir wie hierdie net nog ‘n afgeleë geopolitieke spel is, aangevuur deur die sg. Neocon faksie in Washington. Reeds wys meningspeilings ‘n wesentlike swaai in Amerikaanse openbare mening: waar die 51% van die Amerikaanse publiek ‘n maand gelede nog ten gunste daarvan was dat Biden “alles moet doen wat nodig is” om vir Poetin te straf, sê 54% nou dat niks gedoen moet word wat die Amerikaanse interne ekonomie kan skaad nie. Met die Amerikaanse verkiesings in November op hande, en die klaarblyklike waarskynlikheid dat politieke mag in die kongres dan na die Republikeine gaan swaai, hoef Poetin net langer vas te byt as wat Biden en Johnson se rak-leeftyd sal wees.

kennelik prakties enige prys, vir eens en vir altyd terug wil neem ook vanweë die ontsaglike strategiese belang daarvan vir Rusland en sy ekonomie (veral die Swart See hawens en die Donbass se industrieë, minerale/energie-bronne en landbou). Dit is ‘n resep vir ‘n langdurige, brutaal-bloedige stryd, want soveel is op die spel dus nie maar ‘n taktiese besetting van ‘n afgeleë plek soos Afghanistan nie.

Wanneer egter gekyk word na aandeel in die wêreld se handelsvloei, styg Rusland nog verder uit, met sy deelname bereken rondom 15%. Soos wat Sapir verduidelik: “Such commanding importance in the production of so many essential commodities means that Russia, like few other countries on the planet, is in many respects a linchpin of the globalized production chain. Unlike “maximum sanctions” on a country like Iran or Venezuela, attempting to cut the Russian link has meant and will likely continue to mean a dramatic reorganization of the global economy.”

Dat die Weste die ekonomiese oorlog teen Rusland op valse aannames oor die grootte en belang van die Russiese ekonomie mag baseer het, blyk uit ‘n uiters insiggewende analise deur Arnaud Bertrand in Tablet, getiteld: “Is America the Real Victim of Anti Russia Sanctions?” Veral belangrik is die punte oor die werklike grootte en belang van die Russiese ekonomie in die wêreld-handel (om die artikel te lees, KLIEK HIER). Mens lees in die Anglosfeer media dat Rusland se ekonomie kwansuis vergelykbaar in grootte is met dié van Spanje. Dit is gebaseer op direkte omskakeling van amptelike wisselkoerse, wat (in die gemanipuleerde wêreld van geldeenhede) nie werklike koopkrag weerspieël nie. Gemeet op pariteit, soos wat die ekonoom en Rusland spesialis Jacques Sapir uitwys: “If you compare Russia’s gross domestic product (GDP) by simply converting it from rubles into U.S. dollars, you indeed get an economy the size of Spain’s. But such a comparison makes no sense without adjusting for purchasing power parity (PPP), which accounts for productivity and standards of living, and thus per capita welfare and resource use. Indeed, PPP is the measure favored by most international institutions, from the IMF to the OECD. And when you measure Russia’s GDP based on PPP, it’s clear that Russia’s economy is actually more like the size of Germany’s…” (gemeet i.t.v. PPP, het die Sjinese ekonomie reeds ses jaar gelede die VSA verby gesteek as die wêreld se grootste Dieekonomie).misrekening

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 79

Die wêreld bevolking is ook nie besig om anti Russies te word a.g.v. die oorlog nie, ondanks die Anglosfeer se propaganda so ‘n gevoel is beperk tot Wes-Europa en die Anglo-lande, soos bewys in ‘n meningspeiling wat duidelik toon dat ander bevolkings steeds positief staan teenoor Rusland, ondanks die oorlog (KLIEK HIER om die peilingsresultate te sien die koloniale skadu oor die Europeërs is duidelik steeds sterk, met die res van die wêreld wat nie anti-Oekraïne is nie, maar wesentlik die stryd sien as tussen die Weste en Rusland, en nie vir die Weste kant kies nie).

oor die belang van die Russiese ekonomie strek egter verder as die pariteit berekening hierbo – meeste Westerse ekonomieë is vandag verwring (na hulle hul industriële sektore grootliks aan Sjina afgestaan het) deur ‘n oor verteenwoordiging van die dienste sektor (m.a.w., dienste soos versorg van bejaardes, mediese sorg, onderwys ens.). Dienste maak die grootste gros op van die geld in sirkulasie in Westerse ekonomieë maar dit is, vanweë sy aard, nie produktiewe, interne aktiwiteite, wat niks vervaardig of ontgin nie en nie meedoen aan internasionale handel nie. Rusland se ekonomie, daarenteen, is gebou op die ontgin van kommoditeite en konkrete produksie, wat dus wesentlik meedoen aan wêreld handel (Rusland is bv. die planeet se nommer een uitvoerder van petroleum-produkte, en ook ‘n swaargewig in minerale, bemestingstowwe en graan-uitvoere).

Gemeet i.t.v. die belang van sy nie dienste sektore, is Rusland se ekonomie in omvang op gelyke voet met die van die #3 ekonomie, Japan.

Feit is dat Rusland gedurende Aprilmaand, volume gewys meer olie verkoop het as selfs voor die oorlog, en dat sy inkomste uit uitvoere astronomies toegeneem het (want sanksies het juis Russiese kommoditeite se pryse op die wêreld-mark die hoogte in laat skiet). Die Roebel-geldeenheid is sterker as in baie jare, die Russiese sentrale bank verlaag tans sy rentekoerse (terwyl inflasie die res van die wêreld dwing om rentekoerse op te skuif). Die publieke onvergenoegdheid in Europa, Amerika en die derde wêreld groei skerp , a.g.v. inflasie en tekorte.

Simon Jenkins, wat op 30 Mei geskryf het onder die opskrif: “The EU should forget about sanctions they’re doing more harm than good”. U kan gerus die artikel lees: KLIEK HIER

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 80

‘n Ander rolspeler van groot strategiese belang, is Turkye. Peilings toon dat die meerderheid van die Turkse bevolking nie ten gunste is van sanksies teen Rusland nie. Turkye se oorheersende eie veiligheidsbelang, lê in sy Suid grens met Sirië. Die Koerdiese bevolking wat weerskante van daardie grens woon, en hulle militante nasionalistiese beweging die PKK, is Turkye se mees onmiddellike bedreiging daarom dat Turkye adamant NAVO lidmaatskap vir PKK borge Finland en Swede bly veto. Dis nie al om bekend nie, dat die Russiese militêre eenhede in Noord Sirië, daar gesamentlike militêre patrollies uitvoer met die Turkse Weermag. Turkye het dus wesentlike bande en gedeelde belange met Rusland. As meesters van die Bosporus seestraat na die Swart See, het Turkye kragtens internasionale konvensie die reg om aan vlootvaartuie deurgang te ontsê. Met die uitbreek van die oorlog, het Turkye dan ook deurgang aan vlootvaartuie van alle vreemde lande verbied. Die kanse dat die Turke sal instem dat ‘n Westerse flottielje oorlogskepe mag deurvaar om die Russiese blokkade van die Oekraïnese kus te gaan breek, lyk dus nie baie waarskynlik nie.

‘n Belangrike wegwyser oor werklike Russiese motiewe sal bereik word wanneer hulle daarin geslaag het om die provinsies van Donetsk en Luhansk volledig te beset hulle herhaaldelik verklaarde doelwit met Poetin se “spesiale militêre operasie”. Gaan hulle dan stop? Gaan Oekraïne dan begin onderhandel op basis van grond ruil vir vrede, soos wat o.a. Henry Kissinger hulle by die Davos beraad aangeraai het om te doen? Of gaan Kiëf bly hulle ore uitleen aan die Amerikaners en die Britte, soos na die Minsk-akkoorde en ook gedurende Desember 2021, en aandring op voort-veg totdat hulle die laaste Rus oor die destydse kommunistiese grense verjaag het? (Al wat dit sal doen, sal wees om vir Poetin “regverdiging” te bied om steeds meer grondgebied te bly inpalm).

Kortom, die gekombineerde aandeel in die wêreld ekonomie van Sjina en Rusland gesamentlik, gemeet op werklike pariteit, is teen ongeveer 35% meer as een derde van die planeet se ekonomie, en as die oor-belading van dienste-sektore in die Weste (77% in die VSA en 70% in Wes-Europa, teenoor respektiewelik 57% en 53% vir Rusland en Sjina) in berekening geneem word, dan staan Sjina en Rusland se aandeel in die vloei van wêreldhandel geensins meer terug vir dié van die VSA en Europa nie. Neem nou in ag dat ander groot opkomende ekonomieë soos Indië, Brasilië, Meksiko, Turkye en vele ander lande van die Derde Wêreld nie Westerse sanksies teen Rusland ondersteun nie, dan val dit op dat die strategie om Rusland ekonomies te probeer isoleer (soos met Suid Afrika probeer doen is, of later met Iran en Venezuela) in praktiese terme wensdenkery en blote politieke toneelspel is. Miskien saakmakendste, is dat die werklike slagoffers van die sanksies die Weste self is veral Europa wat nou duurder alternatiewe moet soek, dus inflasie verder stook, en hulleself ekonomies al minder kompeterend gaan maak a.g.v. hoër inset koste vir hulle industrieë, terwyl hulle kompetisie goedkoop Russiese petroleumprodukte te baat neem.

Dit is belangrik om in hierdie strategiese analise na die posisie van Sjina te kyk. Opsigtelik is dit in hulle belang dat die Weste vasgeval bly in sy stryd met Rusland, en dat die Weste homself in die voet skiet m.b.t. sy eie ekonomiese kompeterendheid. Dus het Sjina geen motief hoegenaamd om druk op Rusland te sit om die oorlog te beëindig nie inteendeel, dit sal hom baat om Rusland so lank moontlik in die stryd te hou, en te probeer meehelp dat Rusland uiteindelik wen. Net nog ‘n rede dus, waarom hierdie oorlog gaan bly voortsleep.

As slotsom ons ontledings was tot dusver in die kol, en hou ons daarby dat hierdie oorlog gaan voortsleep, met waarskynlik ‘n krisis punt rondom Oktober November, wanneer Oekraïne sal moet besluit of hulle ‘n volgende winter onder oorlogsomstandighede kan bekostig, en wanneer die politiek in die VSA sal uitkristalliseer (en mens ook die gemoedere van die bevolkings van Amerika en Europa sal kan lees, rondom die inflasie gevolge en tekorte meegebring deur die ekonomiese oorlog). Daar is en bly twee groot gevare dat iemand êrens fout gaan maak en ‘n eskalasie tot direkte konflik tussen Rusland en NAVO gaan ontketen, en andersyds dat Rusland uiteindelik sigbaar gaan wen (as en wanneer die Weste veral die VSA belang verloor) want as lg. gebeur, dan het Poetin werklik

Dit moet ten besluite hier onderstreep word dat die kliniese intelligensie analises hierbo, geensins gesien moet word as ‘n onderskrywing van Rusland se optrede nie. dit GRATIS af, deur op hierdie skakel te kliek: https://www.samirror.com/uploads/1/0/7/1/107110645/nongqai_vol_12_no_12b_1.pdf

Laai

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 81

“die wêreld veilig gemaak vir outokrasieë” met uiters kwade gevolge vir Derde Wêreld lande soos o.a. Suid Afrika deurdat dit al moeiliker mag word om outokrate wat hulle mandaat oorskry, grondwetlik uit die kussings te lig. ‘n Logiese vrees is dat die Neocons in Washington met hulle aanhitsing in Oekraïne in ding aan die gang gesit het wat die Weste self in die sitvlak gaan byt – soos so dikwels in die onlangse verlede, byvoorbeeld met Al Qaeda gebore uit die eerste Afghaanse oorlog, die versterking van die Taliban deur die 2e Afghaanse oorlog, die ontkiem van ISIS a.g.v. die tweede Irak oorlog...

Sedert hulle laat toetrede tot die 1e Wêreld Oorlog in 1917 het die VSA die wêreld toneel in die 20e eeu gedomineer. So magtig was Amerika se ekonomiese, tegnologiese en militêre voorsprong dat dit heelparty “ligte mistaaikies” kon oorleef. Oordeelsfoute wat telkens gebore is uit hubris, uit oorskatting van eie vermoëns, en onderskatting van die vyand. Met die gevolg dat die VSA na WO2, nog geen saakmakende oorlog kon wen nie. Ligte mistaaikies soos die poging om Noord Korea van die kaart te vee en tot teen die Sjinese grens by die Yalu rivier op te ruk (na die aanvanklike Noord Koreaanse inval in die Suide destyds suksesvol gestuit is) net om die Sjinese tot die oorlog te laat toetree, en die hele momentum omgekeer te sien met ‘n dolle terugtrek (en ten besluite ‘n skietstilstand wat niks gewen of opgelos het nie). Of Vietnam, waar die Yanks tog so oortuig was dat hulle soveel beter sou kon doen as die Franse “papperds” en toe uiteindelik kous-oor-die-kop Saigon moes ontruim. Of die 1953 staatsgreep in Iran wat die Sjah aan bewind geplaas het, maar wat toe die Islamistiese teen rewolusie, die besetting van die Amerikaanse ambassade en vandag se kommer oor ‘n radikaal militante Iran met kernwapens tot gevolg gehad het. Of Zbigniew Brezinski se komplot om die Russe in ‘n Afghaanse slagyster te laat trap wat uiteindelik die VSA suur bekom het met 9/11 en laasjaar se verleë weghol uit Kaboel. Om nie te praat van George Bush Jnr. en Dick Cheney se avontuur in Irak nie, wat aan ISIS geboorte gegee het en die hele Midde-Ooste tot vandag nog op sy kop gedraai agtergelaat het.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 82 OORLOG IN OEKRAÏNE: MAAND-EIND ANALISE #5, JUNIE 2022 Dr. Willem Steenkamp

Ek is bevrees dat die jongste “slim vang sy baas” waarin die Neocons in Washington vir Amerika en die Weste laat beland het die einde gaan beteken van die Amerikaans/Westerse dominasie van die internasionale orde (verwysend na die Neocons wat in Februarie uiteindelik die konflik in Oekraïne gekry het wat hulle so naarstigtelik begeer en aangehits het maar onverwags in die vorm van ‘n volskaalse oorlog en dus baie meer as wat hulle ooit voorsien het). Met waarskynlik drastiese, tragiese gevolge vir ware demokrasie in lande soos Suid Afrika. Amerikaanse aansien sal nie ‘n tweede keer binne twee jaar ‘n vernedering kan oorleef nie veral nie omdat die Weste (aangehits deur veral Joe Biden en Boris Johnson, ter wille van hulle eie politieke basse) so baie hoog opgee oor wat die uitkoms van die stryd tussen Rusland en Oekraïne behoort te wees; hulle het letterlik nou die hele huis verwed op die vernedering van Poetin en ‘n Oekraïniese oorwinning. Dis baie duidelik dat die Weste van die begin af geheel verkeerd die Russiese strategie beoordeel het, hulle eie ekonomiese mag totaal oorskat het, en ook die reaksie van die wêreld buite die NoordAtlantiese sone, heeltemal foutief takseer het. Dit is ook duidelik dat waar die Russe agt jaar reeds voorberei het vir die konflik die Weste geheel onkant betrap is, sonder plan, en dat dit wat hulle

VAARWEL, WESTERSE WÊRELD-DOMINASIE…

Dit was ook nie net tot militêre avonture beperk nie die Groot Depressie (wat vir die wêreld Adolf Hitler en WO2 gegee het) is ook veroorsaak deur Wall Street se alwetende hubris, dat maar net altyd voortgeneuk kan word sonder konsekwensies. Met weer ‘n herhaling in 2007 en die Groot Resessie, toe die alte slim “finansiële ingenieurswese” met gebondelde eiendomsbates van Wall Street se alwetendes, weer eens sy baas gevang het – met die ergste gevolge daarvan natuurlik gereserveer vir die res van die wêreld, veral die armer bevolkings.

Die grootste enkele jammerte is dat dit so onnodig is. As die Amerikaners net maar die Franse en Duitsers se leiding wou volg, en ‘n (destyds baie gretige) Rusland probeer intrek het veral siende dat Sjina tog duidelik die groot kompetisie van die toekoms sal wees kon al hierdie vermy gewees het. Maar weer het Washington, selfgesentreerd en selfvoldaan, soveel meer probeer afbyt as wat hulle kan kou. Dit moet uitermate frustrerend wees vir die Duitsers en Franse om vasgevang te sit in ‘n situasie waar hulle van die VSA se “beskermende sambreel” afhanklik is vir hulle sekuriteit, maar baie duidelik kan sien dat Amerika vir die soveelste keer kop eerste gaan vashardloop in ‘n muur

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 83

dusvêr mee vorendag gekom het (sanksies) eenvoudig nie werk nie. Inteendeel, dit is besig om wesentlik teen hulle eie bevolkings en ekonomieë te boemerang en dis nog maar net die hef aan. Ek wil nie te lank stilstaan by wat Juniemaand op die slagveld gebeur het nie, want dis duidelik sigbaar dat die momentum toenemend aan die Russiese kant is, presies soos ons reeds in Februarie voorspel het gaan gebeur, wanneer die somer daar aanbreek (selfs die Weste erken dit nou, en ook dat hierdie ‘n lang oorlog gaan word wat natuurlik absoluut vir Rusland sal pas). Steeds egter doen Biden en veral Johnson hulle bes om Oekraïne af te raai om te onderhandel. Sonder onderhandeling, moet die konflik uiteraard militêr beslis word – een kant moet wen, en die ander moet verloor. Kan Oekraïne vir Rusland tot oorgawe dwing? Moskou binne marsjeer en Poetin aan ‘n lamppaal hang? Napoleon en Hitler kon dit nie naastenby regkry nie, sodat dit tog totaal ondenkbaar is dat ‘n TV komediant dit gaan vermag. As die stryd dan wel op die slagveld beslis moet word en nie om die konferensietafel geskik word nie, en ons weet dat Oekraïne alleen kan nie denkbaar vir Rusland militêr verslaan nie, wat is dan die gewenste uitkoms? Soos oor Irak gevra is: “How is this supposed to end?” Is daar ‘n plan, ‘n “end game”, anders net as om te probeer die Amerikaanse verkiesings in November agter die rug kry sonder nog ‘n Kaboel-styl vernedering, en Boris Johnson se hoop dat die Britte een of ander tyd “Partygate” sal vergeet? Dit lyk bepaald nie of daar ‘n deurdagte, haalbare plan is nie en al wat baat, is die Neocons se finansiële borge, die Amerikaanse militêr industriële kompleks. En natuurlik die DaarSjinese.isduidelike desperaatheid in die nuwe Westerse maatreëls wat nou uitgebasuin word, as die volgende vermeende doodsteek vir die Russiese ekonomie (let wel, anders as Biden se voorspelling dat hy die Roebel tot “rubble” sou reduseer, was die Russiese geldeenheid dusver vanjaar die bes presterende geldeenheid in die wêreld, en het Russiese energie verkope na die begin van die oorlog reeds meervuldiglik meer verdien as voor dit). Die idee dat die Weste (wat tans maar net omvang gewys een derde van die wêreld ekonomie verteenwoordig) sal kan dikteer teen watter prys Russiese olie internasionaal verkoop mag word (en dat Poetin nie summier dan die olie en gas waarvan veral Duitsland so desperaat afhanklik is, gaan toedraai nie) is net nog meer hubristiese wensdenkery, wat ook toon doof is vir die hoofrede hoekom die res van die wêreld nie die Weste ondersteun nie die Sjinese, Indiërs, Meksikane, Brasiliane, Afrikane et al is almal goed keelvol vir eeue van Westerse Hoediktasie.dieAnglosfeer

Al wat die Weste se uitsprake doen (en by uitstek dié van Biden en Johnson), is om hulle al dieper en meer sigbaar te kompromitteer as die Oekraïniërs se ware borge, sodat wanneer Oekraïne uiteindelik moet besgee, dit ook baie sigbaar die Weste se nederlaag sal wees. Andersyds, om Oekraïne te kan maak wen (as tog logies die enigste manier om Rusland te maak verloor), sal die Weste noodwendig direk tot die stryd moet toetree en het ons dadelik die 3e Wêreld Oorlog, met kernwapens en al.

veral, die tydsgees nie kan lees en verstaan nie, en klaarblyklik nie kan besef dat dít is waarom dit vir die res van die wêreld gaan nie (dis nie dat hulle almal Poetin steun, of die Russiese inval en veral die brutaliteit daarvan goedkeur nie hulle wil net nie meer ‘n wêreld orde hê wat enkel wentel om Westerse eiebelang en diktaat nie). Gaan OPEC bv. ‘n presedent toelaat van verbruikers wat aan leweransiers begin dikteer wat die prys van olie op die internasionale markte mag wees? (Om maar net een van glurende gebreke in hierdie nuwe plan uit tel lig).

waarin daar in werklikheid deure is (President Chirac het destyds vir Bush Jnr. gewaarsku teen Irak weer inval, en het geweier dat Frankryk by daardie petalje betrek word hoe lank sal dit wees voor Macron, wat duidelik sien wat aan die gang is, ook sal waag om sy stem dik te maak?). Hoe hoog moet inflasie, voedseltekorte en sosiale onrus styg, voordat na diplomasie as uitweg gereik sal word?

Met tydsverloop word die Anglosfeer se intense propaganda al minder impakvol dis ‘n lawwe idee dat die Russe byvoorbeeld by voorkeur hulle missiele op kindertuin skole, hospitale, woonstelblokke en supermarkte sal wil mors (wat nie die fyn malende, uitmergelend brutale aard van die Russiese strategie wil ontken nie). Neem die voorbeeld van die beweerde doelbewuste teiken van ‘n supermark in Kremenchuck enkele dae gelede die Russe beweer hulle het store met Westerse ammunisie geteiken. Hier is ‘n satelliet foto wat ek van Google Earth gelig het, saam met video gedra in die Westerse media, van veiligheidskameras in die omgewing: Kyk nou asb. na hierdie video, wat deur die Washington Post en die Telegraph gedra is: https://www.youtube.com/watch?v=mTX DTxdvKo Dis duidelik uit die video dat die impak ontploffings in die store was, reg agter die dam, en dat daar toe sekondêre ontploffings was, wat skrapnel en skroot oor ‘n wye gebied laat reën het. Die Russe se verduideliking is dat die gestoorde Westers verskafde ammunisie (‘n legitieme teiken in oorlogtyd)

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 84

Dit moet weer eens onderstreep word dat die uitspel van hierdie realiteite, nie beteken dat mens die Russe steun, of behae vind uit die Westerse penarie nie. Inteendeel enigeen met die geringste insig, kan sien hoe desperaat sleg dit vir die wêreldorde gaan wees, veral in lande soos Suid Afrika, as Poetin en die brutale “mag is reg” benadering sou seëvier. Die wêreld is weer in kampe aan’t verdeel, met die sg. liberale demokrasieë teen diegene wat “stabiliteit” outokraties verabsoluteer. Met Rusland en Sjina agter hulle, is dit moeilik te bedink dat Derde Wêreld regerings wat by die stembus verloor (soos wat in Suid-Afrika mag gebeur) gemoedelik die septer sal oorhandig dit het bepaald nie gebeur in Kuba, Nicaragua, Venezuela en ander sulke “broeder” bewinde nie...

Hierdie tipe blatante propaganda sal nie vir altyd kan bly stand hou nie, veral nie in die res van die wêreld nie – wie gaan bly glo dat die Russe ‘n fiksasie het met kleuterskole opblaas, soos enkele dae gelede op 26 Junie weer voorgegee is, in die geval van ‘n geteikende aanval op ‘n maatskappy in Kiëf wat missiele vervaardig? (“ ‘The Russians hit Kyiv again. Missiles damaged an apartment building and a kindergarten,’ said Andriy Yermak, head of the president's administration”; daarenteen, weggesteek op latere bladsye van Google, lees mens dat die Westerse tegnologies analitiese groep GeoConfirmed “stated that the strikes targeted the general vicinity of the Artem State Joint Stock Holding Company, a manufacturer of air-to-air missiles, automated air-guided missile training and maintenance systems, anti tank guided missiles, and aircraft equipment” Daar is genoeg wreedhede wat die Russe ongetwyfeld reeds gepleeg het, in hulle stelselmatige, alsvernietigende aanslag, dat dit uiteindelik die Oekraïniërs en Anglosfeer se geloofwaardigheid sal wees wat in die slag gaan bly, as klakkeloos met hierdie tipe “atrocity propaganda” waarvoor hulle histories so bekend is, ook destyds teen ons eie magte voortgegaan sou word).

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 85

Só, wie gaan wen? Bepaald nie Oekraïne op sy eie nie. Beslis ook nie met sy huidige strategie wat absoluut in die Russe se hande speel nie, deurdat die Oekraïniërs hulleself hardnekkig bly blootstel aan omsingeling deur grond te probeer hou. Dit terwyl die Russiese strategie (van die begin van Poetin se bewind, met die 2e Tsjetsjen oorlog, en toe later in Sirië) nie ten eerste die snelle verowering van grondgebied ten doel het nie, maar die totale, sistematiese vernietiging van die opponerende magte, veral d.m.v. intense bombardement want dan, na die vyand gebreek is, volg die besetting van die grond vanself. Anders as die Amerikaners met hulle blits besettings en dan illusies van die “hearts and minds” van die vyand koop met “nation building” welsynsprojekte (wat in elke land wat hulle ingeval het, gefaal het) glo die Russe in die Middeleeuse waarhede van die vyand se vermoë en wil tot verset fisies en sielkundig totaal vernietig, ten einde ook te voorkom dat daarna tot insurgensies oorgegaan word. Die Russe wil dus soveel moontlik Oekraïniërs óf doodmaak, óf die land uitdryf (meer as agt miljoen het reeds emigreer sedert die oorlog uitgebreek het) en die huidige Oekraïniese strategie stel hulle beste grondmagte op vir sulke fynmaal onder die meedoënlose Russiese lug en artillerie aanslag: die Russe vlieg gemiddeld 250 300 gevegsvlugte per dag, teenoor die Oekraïniërs se vyf; die Russe vuur gemiddeld 60,000 kartetse per dag, teenoor die Oekraïniërs se 5,000. Hoe langer die Oekraïniërs van die onderhandelingstafel wegbly, hoe meer tyd en geleentheid gaan die Russe hê om hulle te degradeer en al meer grondgebied te okkupeer presies wat Henry Kissinger by Davos gesê het. Die risiko word ook al groter dat die ekonomiese boemerang effek op die Westerse ekonomieë (veral Duitsland en Wes Europa) en dus op die sosiale stabiliteit en interne politieke orde in die Weste, ‘n oorlog-satheid en populêre weerstand teen Westerse betrokkenheid tot gevolg gaan hê. Tyd is dus aan Poetin se kant, nie aan Biden en Johnson s’n nie, en ook beslis nie aan die Oekraïniërs s’n nie veral as die oorlog weer in wintertyd sou ingaan (soos ons reeds in Februarie voorspel het, sal November deurslaggewend wees).

Wat wel nou reeds duidelik is, is dat die valke in Washington wat Rusland so doelbewus uitgetart het, veel meer afgebyt het as wat hulle kan kou (wat ook niks nuuts is nie). Wanneer uiteindelik wel gepraat moet word, en wanneer Oekraïne wel sal moet grond ruil vir voortbestaan, sal dit vir die wêreld duidelik wees dat nie net Oekraïne nie, maar die VSA/Weste verloor het. Rusland het reeds in Desember 2021, in sy laaste skikkingsaanbod voor die inval, duidelik gemaak gehad dat hy nie probleem het met Oekraïne se wens vir lidmaatskap van die Europese Unie nie. Maar waar Rusland toe bereid was dat

ontplof het en dat die uitval daarvan die inkoopsentrum aan die brand laat slaan het. As ek hierdie met bloot Google Earth en YouTube kon vasstel, wat sit daaragter dat Westerse joernaliste nie eenvoudig dieselfde kon doen nie?

Die nagevolge vir Westerse kultuur en beskawing, van die feit dat die oog van die Sjinese bal af gehaal is, tesame met die daarstel van ‘n nuwe beskermingsambreel vir ondemokratiese bewinde in die Derde Wêreld om onder skuiling te gaan soek as die populêre stem teen hulle gedraai het, mag verrykend wees veral vir ‘n land soos Suid Afrika.

https://thehill.com/opinion/international/3530178 the ukraine war response is fast becoming bidens

gevolg van die oorlog, met implikasies vêr buite Oekraïne se eventuele grense, sal wees ‘n sigbare her skikking van die internasionale magsbalans. Die Neocons in Washington het nou een keer te veel die ballonnetjie van oppermagtigheid waaroor die VSA na WO2 beskik het loop staan en prik. Die politieke, ekonomiese, sosiaal kulturele en militêre implikasies van die keiser so sonder klere te sien staan, gaan diep sny. Die realiteite van hoe die reële mag ekonomies en militêr geskuif het, sal vir almal duidelik wees (indien dan nie vir die valke in Washington self nie).

ukraine ruble currency russian economy sanctioms 2022/ nomy_is_global_839389.htmlhttps://www.realclearmarkets.com/articles/2022/06/28/russia_humbles_experts_who_forgot_the_ecohttps://asiatimes.com/2022/06/russia9e43d2512c00%2020220625%20%20AL%20%20Fisher%20%20Tracker%20new+CID_18da81a1ea9794backfired?utm_medium=email&utm_source=CampaignMonitor_Editorial&utm_campaign=WEEK%2https://www.spectator.co.uk/article/putinshttps://www.theguardian.com/world/2022/jun/14/popehttps://www.eurasiareview.com/20062022https://www.nbcnews.com/news/world/russiaappeasementhttps://www.politico.com/news/magazine/2022/06/15/negotiating-to-end-the-ukraine-war-isnt-00039798-ukraine-casualties-spike-frustration-rcna33268thewaramericaiswagingagainsteuropeoped/francisukrainewarprovokedrussiantroopsbillionshavesanctions73ab3f1chokesgasflowgermansfearlehmanmoment/

https://www.cbsnews.com/news/russia

s oil revenue jumps to 20 billion in may iea says 1.1779038

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 86

Hier is ‘n aantal insiggewende artikels waarna u gerus kan kyk, vir verdere agtergrond (ek het veral die 2e artikel besonder gesaghebbend gevind): https://intellinews.com/don russia may not be fighting for ground but for a psychological tipping https://nationalinterest.org/feature/causespoint-in-the-donbas-247161/ and consequences ukraine crisis 203182

die Minsk II ooreenkoms implementeer word (deur Frankryk en Duitsland onderhandel en deur Oekraïne geteken, maar wat lg. toe onder Amerikaans/Britse aanhitsing nie wou uitvoer nie) waarvolgens die Donbass ‘n outonome gebied maar steeds binne Oekraïne se grense sou wees, sal die Russe nou aandrang op behoud van alles wat hulle met die wapen gewen het, en sal hulle waarskynlik mik na fisies verdedigbare grense dus, alles Oos van die magtige Dnieper rivier annekseer om dit as natuurlike buffer te hê, en ook die Suidelike kusstrook aan die Swartsee, insluitend Odessa, ten einde ook met die Russies sprekendes in Transnistrië/Moldawië op te kan Diekoppel.saakmakendste

second https://www.theamericanconservative.com/articles/whenblunder/ the lies come home/ https://www.bnnbloomberg.ca/russia

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 87 https://www.spectator.co.uk/article/why economic sanctions andhttps://www.theatlantic.com/newsletters/archive/2022/06/thearmshttps://www.themoscowtimes.com/2022/06/28/russiaukrainehttps://www.theguardian.com/globalworld/https://responsiblestatecraft.org/2022/06/16/whenhttp://windowoneurasia2.blogspot.com/2022/06/putinshttps://www.eurasiareview.com/23062022018062022%20%20House%20Ads%20%20Hcrisis?utm_medium=email&utm_source=CampaignMonitor_Editorial&utm_campaign=BOCH%20%2https://www.spectator.co.uk/article/franceonhttps://www.aljazeera.com/economy/2022/6/2/sandhttps://www.eurasiareview.com/27062022https://www.aljazeerstrangulationhttps://www.theguardian.com/world/2022/jun/24/whybattlehttps://www.theguardian.com/world/2022/jun/27/ukraineoped/https://www.eurasiareview.com/18062022ukrainehttps://dnyuz.com/2022/06/21/westernashttps://responsiblestatecraft.org/2022/06/17/wehttps://asiatimes.com/2022/06/biden3d2512c0020220625%20%20AL%20%20Fisher%20%20Tracker%20new+CID_18da81a1ea979473ab3f19e4work?utm_medium=email&utm_source=CampaignMonitor_Editorial&utm_campaign=WEEK%20%2never-stares-down-from-ukraine-economic-ledge/-shouldve-known-sanctions-on-russia-wouldnt-work--intended/-move-to-choke-russias-oil-exports-boomerangs-for-now/https://www.newstatesman.com/world/europe/2022/06/whatevermoscowsmilitarydefeatsin-vladimir-putin-is-winning-the-energy-war-unheeded-warnings-vaclav-klaus-at-the-marmara-forum--ammunition-becomes-defining-issue-in-fordonbas-the-west-risks-condemning-ukraine-to-slow-a.com/economy/2022/6/22/atbricssummitchinaseekingstagefor-rationality-is-not-permitted-chomsky-on-russia-ukraine-thepriceofmediacensorshipoped/hootingthemselvesinthefootwesternsanctionsrussiacouldplungetheeurozoneintoitsnextT+CID_bff50182549ce4d2a1851a6010937e5ctheresnoneedforwarwithrussiaoped/wardeliveringcrushingblowto.htmlwillweaccepttherealityofanewmultipolardevelopment/2022/jun/17/unitednationswfphellonearthwarrussiawillendinvasionwhenukrainelaysdown-kremlin-says-a78131potentialofahotwarbetweentheus-russia/661158/

‘n STRYD VEEL WYER AS DIE MILITÊRE & OM VEEL MEER AS OEKRAÏNE Hoe langer die konflik in Oekraïne voortduur, hoe duideliker word dit dat:

Hulle hoop om só die wil tot verset te breek (soos in Tsjetsjnië en Sirië) ten einde ‘n uitgerekte insurgensie stryd soos in Afghanistan en Irak te vermy.

Die Westerse propaganda media, en veral dié van die Anglosfeer, is deesdae stil oor wat op die slagveld aan’t gebeur is (behalwe om “wonder-wapens” soos die Himars meervuldige vuurpyllanseerder te probeer ophemel, as bewys van hoe daadwerklik hulle die Oekraïniërs steun al wil hulle nie self waag om stewels op die grond te sit, of nie vlieg sones te probeer verklaar nie). Dit is

• les bes, dat daar ‘n nuwe internasionale verdeling besig is om pos te vat, synde tussen die Westerse lande wat glo dat die bewinde vir wie hulle as outokrasieë beskou (Rusland, Sjina, Iran ens.) hokgeslaan moet word soos wat Fascisme en Nazisme in die veertigerjare gestuit is, terwyl ‘n baie groot deel van die nie Westerse wêreld op hulle beurt weer glo dat die era van Westerse diktaat, wat so eng verstrengel was met imperialisme, kolonialisme en rassisme, nou kan en behoort beëindig te word.

• die militêre stryd op die slagveld, maar net een van die dimensies van die konflik is met die ekonomiese stryd toenemend die belangrikste, gevolg deur die diplomatieke stryd om die goedgesindheid van die res van die wêreld; en

• hierdie nie sommer maar ‘n “ingewing van die oomblik” besluit tot aksie was nie, met ‘n lang aanloop van die kant van beide die hoofprotagoniste;

• die twis oor grondgebied tussen Rusland en Oekraïne, slegs maar ‘n (mindere) komponent is van ‘n veel groter stryd, wat al hoe meer gaan oor die grootmoondhede se statuur en posisie in die snel veranderende internasionale magsorde wat hierna sal geld;

• nog baie meer lande prakties die hele wêreld wesentlik geraak word deur hierdie konflik, en vorentoe al hoe meer die pyn gaan voel;

• Die werklike protagoniste nie soseer Rusland vs. Oekraïne is nie (met lg. wat eintlik net maar die gras onder die pote is van die groot olifante wat baklei) maar wel die VSA vs. Rusland;

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 88 OORLOG IN OEKRAÏNE: MAAND-EIND ANALISE #6, JULIE 2022 Dr. Willem Steenkamp

Die militêre situasie: Soos wat ons reeds vanaf die heel eerste artikel in hierdie reeks voorspel het sal gebeur (gepubliseer net vier dae na die Russiese inval aan die einde van Februarie 2022), is die Russiese militêre masjien steeds brutaal-sistematies besig om voort te maal, met dieselfde langtermyn strategie wat Rusland goed gedien het in Tsjetsjnië en Sirië. Dit word steeds meer duidelik dat tyd in die Russe se oë hulle bondgenoot is veral in die breër konflik met die Weste en dat die komende winter deurslaggewend mag wees.

Die Russe se primêre strategiese doelwit bly die maksimale uitwissing van Oekraïniese mannekrag en toerusting, eerder as hoe mobiliteit oorlogvoering met die oog op vinnige verowering van terrein.

egter onomstootlik duidelik dat die Russe en hulle plaaslike bondgenote stelselmatig besig is om die Oekraïniërs in die oorblywende deel van die Donbass te oorrompel. Die hele Lugansk provinsie is reeds ingeneem, en in die restant van Donets is die Russe skynbaar onstuitbaar sistematies aan die Oekraïneopmars.besef

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 89

Vir die Weste, en veral die VSA, bied hierdie “teen-aanval” se voorbereiding, ook geleentheid om simbolies hulle steun aan Oekraine te demonstreer (merendeels vir die Westerse media), met Himars-aanvalle op die brûe oor die Dnieper. Hierdie

Oekraine kan tans egter sielkundig nie bekostig om te sê dat sy werklike strategiese belang nou lê in die verdediging van die Suidkus, en nie meer die Donets area nie. Kiëf kan nie beken dat hulle daarom hulle beste troepe nou verdedigend in die Suide gaan moet konsentreer want sou hulle dit erken, beteken dit hulle erken dat Oekraïne in effek reeds die Donbass verloor het en dit in die nabye toekoms sal moet prysgee (al wil Kiëf daar bly veg vir so lank moontlik, om tyd te koop om die verdediging in die Suide reg te kan kry).

Daarom word daar vir ‘n maand al groot propaganda gemaak, wat te kenne gee dat wat Oekraïne eintlik beoog om te doen, is nie om te verdedig nie, maar wel om positief die Russe met ‘n teen aanval van “een miljoen soldate” uit Kherson terug te druk (sou die teen-aanval nie materialiseer nie, of nie slaag nie, dan minstens het hulle wel ‘n groot deel van hulle magte kon her ontplooi na hierdie strategies kern belangrike gebied, sonder om die aap uit die mou te gelaat het oor eventueel moet bes gee in die Donbass).

As Rusland hierdie Suidelike kusstrook Wes van die Krim ook van Oekraïne kan afneem, dan sal lg. nie net sy ekonomies rykste streek (die Donbass met sy landbou, industrieë en grondstowwe) verloor het nie, maar ook sy enigste oorblywende toegang tot die see. Oekraïne was en is reeds by verre die armste land in Europa, en as die Donbass en Swartsee kus in Russiese hande val, dan sal Oekraïniërs se toekomstige ekonomiese lot nog veel erger wees.

uiteraard dat, wanneer die Donbass volledig ingeneem is, die Russe in terme van rang orde van areas van geo strategiese belang, waarskynlik aanstons die Swartsee kus rondom Odessa sal teiken (Odessa is deur Katarina die Grote gestig as heeljaar hawe vir Rusland, want die See van Azof, geleë Oos van die Krim-skiereiland rondom Mariupol-hawe, is onderhewig aan seeys gedurende die winter soos wat die hawens in die Noorde van Rusland dan uiteraard ook is).

Dit is dus van kardinale belang vir Oekraïne om sy hartland Wes van die Dnieper rivier te behou, en veral dan die oorblywend Suidelike kusstrook (hierdie suidelike kusstrook, soos die Donbass, is egter tradisioneel Russies sprekend).

‘n Strategiese probleem vir Oekraïne is dat die Russe reeds tydens die aanvang van die oorlog, ‘n aansienlike brug hoof aan die westekant van die Dnieper gevestig het, rondom die hawestad Kherson. Dit bied die Russe dus ‘n ideale lanseer platform vir die verwagte aanval op Odessa (Rusland is tans besig om 16 nuwe brigades, wat gerekruteer is in die streek, veg-gereed te kry –een waarvan as die Odessa brigade gedoop is). Ideaal gesproke moet Oekraïne dus hierdie Kherson brughoof elimineer, of andersins minstens isoleer en sy verdedigingslinies daarteenoor só goed ingraaf en beman dat die Russe nie verder weswaarts sal kan deurbreek nie.

As u ‘n ander dimensie van die slagveld gebeure wil sien as dié wat die Anglosfeer se media

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 90

missiele met hulle GPS leiding is weliswaar akkuraat, maar dis ligte missiele (in wese net hoë tegnologie Stalin orrels), wat ten meeste die pad oppervlak oor die brug tydelik kan beskadig, maar nie die struktuur self kan vernietig nie.

oor die militêre situasie soos ons van die begin voorspel het, gaan die deurslaggewende fase die komende winter wees (daar is reeds beriggewing dat gerugte in Oekraïniese geledere die rondte sou begin doen het van ‘n oorgawe in September, omrede gevrees word dat die bevolking nie nog ‘n winter van oorlog sal kan oorleef nie; een derde van die bevolking ly volgens die VN reeds onder voedsel tekorte, en een uit vier Oekraïniërs het reeds die land verlaat).

Om wel Himars missiele enigsins deur te kon kry na die padbrug (m.a.w., deur die Russiese lug afweer skild na ‘n vroeëre poging geloods met 12 missiele, almal afgeskiet is) moes die Oekraïniërs na bewering tydens hulle jongste poging ongeveer 80 van hierdie missiele prakties gelyktydig lanseer het. Die missiele kos elk sowat US$100,000. Deskundiges beraam dat, gegewe die beperkte produksie per jaar en klein bestaande voorraad, die VSA waarskynlik maksimum ongeveer 1,200 missiele aan Oekraïne sou kon gelewer het dus ‘n groot totaal van ongeveer 200 salvo’s verdeel tussen al Oekraïne se Himars lanseerders gesamentlik, of sowat 20 salvo’s elk, as hulle bv. 10 lanseerders oor sou hê. . Uit die stuk of tagtig missiele wat in die laaste week van Julie een nag gelyktydig lanseer is, het glo omtrent ‘n dosyn wel die pad oppervlak getref, maar geen een van die kolomme is beskadig nie. Daar is drie brûe oor die Dnieper wat toegang gee tot Kherson die vierbaan padbrug, ‘n treinbrug en dan ‘n trein en padbrug oor die nabygeleë hidro elektriese skema se damwal (met lg. wat uiteraard nie met Himars kan vernietig word nie). Dis voorts ook só dat Kherson ‘n hawestad is, met kaaie aan beide oewers van die Dnieper, met die gevolg dat dit eenvoudig is om voorraad met veerbote en barkasse oor die rivier te neem (dis hoe dit vir eeue gedoen is, voor die brûe gebou is).

Nietemin het die Russiese sappeurs reeds ook glo drie nuwe veer ponton brûe in bedryf (lengtes ponton aan mekaar geheg, met motorboot aandrywing aan die kante sien hierdie kort video: https://www.youtube.com/watch?v=wTej48KE1bc ). Dit opereer onder die lugafweer sambreel van hulle S.400 stelsels wat die padbrug beskerm die Russe besef duidelik dat die Oekraïniërs al die brûe oor die Dnieper en die Inhulets sal moet bly teiken, hetsy vir hulle teen aanval of vir die verdediging van die Suidkus. As Oekraïne werklik sou meen dat hulle die Russe uit Kherson sal kan forseer en dan vandaar die res van die besette gebied sal kan begin terugvat, sou hulle seker die brûe intak wou gehad het vir hulle eie gebruik om die Russe aan die oostekant van die Dnieper te kan gaan aanpak?

‘n Belangrike verwikkeling oor die laaste naweek van Julie, is dat die Oekraïniese regering ‘n verpligte ontruiming van die burgerlike bevolking van die Donets-provinsie gelas het as dieselfde gaan gebeur as wat in Lugansk provinsie plaasgevind het in Junie, dan beteken dit dat die Oekraïniërs gereed maak om terug te trek uit Donets en net verskroeide aarde vir die Russe agter sal wil laat, deur self alle strukture wat die Russe nog nie verwoes het nie, plat te maak soos wat hulle Genoegonttrek.egter

Gedurende die laaste week van Julie het die Oekraïniërs wel begin met ‘n teenaanval teen die Kherson brughoof, vanuit die Noord Weste. Hulle het self drie ponton brûe gebou oor die Inhulets rivier (geleë Wes van die Dnieper ‘n kleinerige rivier wat daar die front vorm) en terrein aan die oostekant van dié rivier vir enkele dae kon beset, voor hulle deur Russiese valskermsoldate teruggedryf is die Oekraïniërs verduidelik nou dat hierdie net ‘n “reconnaissance in force” was, en nie werklik die begin van die voorspelde groot teen-aanval nie.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 91 aanbied, kan u gerus kyk op YouTube na die onafhanklike

Die 7e rondte van Europese sanksies het weliswaar ‘n verbod geplaas op die direkte invoer van Russiese goud in Europa in (wat hoogstens van simboliese belang is), maar veral het dit opgeklaar dat Europa in hulle eie woorde nie aandadig wil wees aan wêreld tekorte van landbou grondstowwe, voedsel en energie nie sodat dit klinkklaar duidelik gemaak is in die EU verklaring dat Russiese uitvoere van kunsmis en graan, sowel as van olie, vryelik deur derde lande mee handel gedryf kan word, sonder dat sulke handelaars strafmaatreëls hoef te vrees. Ook is duidelik gemaak dat onderdele vir kommersiële vliegtuie aan Rusland gelewer mag word. Airbus, die Europese konglomeraat, is natuurlik ‘n belangrike leweransier van lg., en dan is dit ook só dat Russiese rederye in hoofsaak hulle vliegtuie gehuur het van Europese makelaar maatskappye, eerder as om dit te gekoop het; meer as 400 sulke gehuurde vliegtuie ter waarde van meer as US$10 miljard is eenvoudig deur Rusland “oorgeneem” en in Rusland in bedryf gehou, kragtens wetgewing wat Moskou kort na die inval uitgevaardig het; die waarde van daardie vliegtuie, indien sonder onderdele om die gereelde dienste mee te kan doen, sou gou enorm begin val het, op die boeke van hulle nominale Europese eienaars).

Die oliehandel vrystellings is ook insiggewend, en verklaar die huidige grootskaalse opkoop van tenkskepe deur Sjinese en Indiese operateurs, wat Russiese olie nou in groot maat koop en oorskeep uit Russiese skepe op die hoog see, en dit dan verkoop oor die wêreld heen o.a. terug aan SuidEuropeërs...

Die ekonomiese oorlog tussen die Weste en Rusland: Van die belangrikste gebeure in die ekonomiese oorlog gedurende Julie, was die akkoord wat die VN en Turkye onderhandel het vir die uitvoer van graan en kunsmis vanaf Oekraïne en Rusland, en die Europese Unie se sewende sanksie uitvaardiging lg. nie soseer vir wat nuut toegevoeg is tot die sanksies nie, maar vir die “ophelderings” wat die EU verklaring bevat het oor wat nie deur Europese strafmaatreëls geraak word nie, en waarin daar dus onbelemmerd handel gedryf kan word. Beide hierdie verwikkelinge is gesien as wesentlike oorwinnings vir Poetin. Die VN se graan- en kunsmis-akkoord het dit ten eerste duidelik gemaak dat die probleem m.b.t. die uitvoer vanaf die oorblywende Oekraïniese hawens te wyte is aan die Oekraïniërs se saai van see myne, en nie ‘n doelbewuste Russiese blokkasie van uitvoere nie (‘n belangrike punt, i.t.v. meningsvorming in veral die Derde Wêreld oor wie se skuld die voedseltekorte is; die Weste het al meer begin dat die Globale Suide hulle sanksies vir die tekorte blameer). Die tweede belangrike element van die akkoord, is dat dit duidelik gemaak is dat nie net Oekraïniese graan uitgevoer mag en moet word nie, maar eweseer ook Russiese graan en kunsmis met Rusland wat in werklikheid ‘n baie groter leweransier van beide graan en kunsmis aan die wêreld-mark is, as Oekraïne. Net soos wat Oekraïne se uitvoere onbelemmerd moet kan geskiet, so ook geld dieselfde vir Russiese uitvoere wat natuurlik ‘n saakmakende bron van buitelandse valuta vir Rusland is.

Afrikaners weet uit eie ervaring dat sanksies merendeels ‘n simboliese oefening is vir publieke konsumpsie, met die derduisende maniere om dit te omseil; wat die gebeure gedurende Julie op die ekonomiese oorlogsfront illustreer, is dat die Europeërs maar weer (soos destyds met Suid Afrika) een ding sê en ‘n ander probeer doen met ‘n groeiende kloof tussen hulle en die Amerikaners. Die realiteit is dat die werklikhede waaraan Europa en Amerika onderworpe is, hemelsbreed verskil Amerika is selfonderhoudend wat petroleum produkte en voedsel betref, terwyl Europa

“Military Summary” kanaal, wat daagliks gratis in Engels ‘n deskundige oorsig bied, geïllustreer met gedetailleerde kaarte van ontplooiings en https://www.youtube.com/channel/UCUnc496aksie: PPmFZVKlYxUnToA

Dis ook opmerklik dat die voedseltekort (a.g.v. die gesukkel om graan uit die Swartsee hawens te bekom) wat oor die koppe van baie Derde Wêreld-lande hang, deur daardie lande merendeels aan die Weste se strafmaatreëls toegedig word.

Dat Westerse sanksies as werktuig om Rusland na sy wil te laat buig gefaal het, en nou ‘n boemerang geword het wat die Westerse ekonomie en sosiale orde ernstig bedreig, word vir al meer waarnemers al hoe duideliker. Een voorbeeld is ‘n opinie artikel op 29 Julie deur die Britse Guardian se gesiene joernalis, Simon Jenkins: “The Rouble is soaring and Putin is stronger than ever –our sanctions have backfired”. Hy skop af deur te sê: “Western sanctions against Russia are the most ill-conceived and counterproductive policy in recent international history. Military aid to Ukraine is justified, but the economic war is ineffective against the regime in Moscow and devastating for its unintended targets. World energy prices are rocketing, inflation is soaring, supply chains are chaotic, and millions are being starved of gas, grain, and fertilizer.”

President Biden het ook onverrigter sake teruggekeer van sy hoed in die hand besoek aan die Midde Ooste, waar veral Saoedi Arabië geensins op sy pleidooie wou regeer nie trouens, slegs enkele ure na Biden se vertrek, het die kroonprins ‘n besonder vriendskaplike foonoproep gemaak na Poetin, om teenoor hom die belang van OPEC en Rusland se rol daarin, te her bevestig.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 92

‘n Verdere faktor van groot belang is inflasie. Die VSA is in die gunstige posisie dat die dollar die referensie geldeenheid van die wêreld is, en dat meeste internasionale lenings ooreenkomste, New York rentekoers as vlottende riglyn het. Wat dit beteken, is dat die VSA ten einde inflasie hok te probeer slaan sy rentekoerse kan opskuif, wat dan gelyklopend die dollar in waarde laat styg. Dit bring vir ander lande egter ‘n dubbele terugslag, want hulle eie geldeenhede verswak dan teen die dollar. Wat op sy beurt beteken dat, al bly die internasionale olie-prys konstant in dollar, dan betaal die ander lede steeds wesentlik meer in hulle eie geldeenhede vir brandstof, want hulle geld het mos teruggesak teen die sterker dollar. Wat lenings betref: bo en behalwe dat ander lande nou hoër rente moet betaal op hulle staatskuld, moet hulle ook die lenings in dollars terug betaal (wat in waarde gestyg het teen hulle eie eenhede), sodat hulle nou dubbel gepenaliseer word i.t.v. hoeveel hulle meer moet terugbetaal in hulle eie geld. Die Russe gaan nie skroom om die ekonomiese oorlog kaal hand te veg nie, soos reeds gedemonstreer deur hulle toe knyp van die gas toevoer na Wes Europa. Die komende winter in veral Duitsland gaan swaar wees vir beide huishoudings en hulle industrieë. Kenners meen reeds dat die verenigde front wat die EU probeer voorhou teen Rusland, onderliggend aansienlike verdeeldheid verskuil. Die komende verkiesing in Italië en die toenemende sosiale onrus a.g.v. die druk van inflasie en ‘n resessie, kan Europese eenheid ernstig onder druk plaas veral as daar wesentlike energie en voedsel tekorte oor die winter gaan voorkom. Dan sal gesien moet word hoeveel opofferings die gemiddelde Wes Europeër bereid is om te maak ter wille van Oekraïne...

Die diplomatieke front: Die VSA en NAVO / die EU kon nog nie daarin slaag om werklike steun te mobiliseer uit veral die Globale Suide vir hulle kampanje teen Rusland nie. President Biden se pogings om ‘n beraad van Latyns Amerikaanse lande byeen te bring is alom as ‘n mislukking gesien, met Meksiko en Brasilië wat ewe veel blaam aan die VSA (as die aanhitser van die konflik) toedig as aan Rusland as die uiteindelike invaller.

hoegenaamd nie is nie. Dis maklik vir die Amerikaners om te gesmaal het dat Rusland kwansuis net ‘n “vulstasie met kernwapens” is vir die Europeërs egter, is en was Rusland hulle gerieflikste (en in baie gevalle) hulle enigste vulstasie wat die skoen gewis aan die ander voet plaas.

https://www.theguardian.com/commentisfree/2022/jul/29/putin-ruble-west-sanctions-russia-europe ‘n Punt wat die Weste, en die VSA in besonder, kennelik nie kan of wil insien nie, is dat hulle gehaper

Die manier waarop die Weste die Sowjet Unie hokgeslaan het, was “containment”. Deur die USSR effektief te omsingel het. As die Weste gedoen het soos wat die Franse en veral die Duitsers na die val van die Berlynse muur wou, deur vir Rusland na die Sowjet era, ekonomies en polities in te getrek het soos wat Rusland self ook graag wou dan sou Sjina maklik omsingel kon gewees het.

NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne ses maande 93

Nou egter, het Sjina ‘n sterk bondgenoot aan sy noord front gekry, wat boonop vir hom kan voorsien van alles wat hyself nie het nie, in die vorm van energie, grondstowwe en voedsel. Dit alles, as gevolg van die Neocons en hulle borge in die militêre-industriële kompleks se fiksasie met Rusland antagoniseer, plus die mate waartoe die Demokrate in Washington rondom hulle vendettas teen Trump, in die VSA se binnelandse politiek geïnvesteer geraak het in Rusland as die boeman skilder wat agter als wat sondig is sou skuil (en wie se bestaan dus hulle eie onderhandse optredes teen Trump “regverdig”).

Wat ook hierdie maand opgeval het, is hoeveel Amerikaanse en Britse hoëlui in die openbaar ernstig gewaarsku het dat Sjina in werklikheid die Weste se grootste uitdaging is. Die hoofde van die FBI en MI.5 het vir die eerste keer, vanaf dieselfde platform, so ‘n waarskuwing gerig. Die Amerikaanse voorsitter van hulle gesamentlike staf-hoofde het dit die hoof-tema gemaak van ‘n toespraak wat hy in die Filippyne gelewer het. Tony Blair het dit sy wekroep gemaak, en so ook die Britse nasionale veiligheid adviseur en die hoof van hulle vloot. Les bes, het die Amerikaanse staatsekretaris Blinken dit benadruk. Dit kan een van twee dinge (of beide) beteken – dat hierdie swaargewigte probeer onderstreep aan interne kritici dat hulle wel verstaan dat Sjina die groot gevaar is (d.w.s. ondanks hulle aksies wat so erg op Rusland gefokus is); of, dat daar solank skuiwergat gemaak word vir fokus swaai, indien die Amerikaans/Britse alliansie begin voel hulle moet eerder begin losknoop as om in die publieke oog saam met Oekraïne onder te gaan...).

op die noodsaak om die sg. “reël-gebaseerde internasionale orde” in stand te hou, deur die groot gros van nie Westerse lande (wat tipies slagoffers was van Westerse imperialisme en kolonialisme) gesien word as bloot ‘n desperate poging om die verbygaande era van Westerse diktaat in stand te probeer hou ‘n era wat, soos een Afrika-leier dit gestel het, allermins op reëls gebaseer was en nog minder internasionaal aanvaar was. Vir die Derde Wêreld (en vir dié argument is lande soos Sjina en Indië daarby in te sluit) is dit dus “reëls” van Westerse maaksel, wat die Weste in stand wil hou, essensieel ten einde hulle eie vermoë om in eie belang te kan bly dikteer, te beskerm wat, vra hulle, is die verskil tussen die VSA se inval in Irak, en Rusland se inval in Oekraïne? Hoe langer die konflik in Oekraïne voortduur, hoe meer besef mens dat die Russe jare reeds daarop begin voorberei het. Vir hulle en hulle bondgenote, is dit duidelik ‘n konflik gemik daarop om die bestaande Westers gedomineerde orde tot ‘n kantel punt te dwing om van ‘n enkel pool orde gedomineer deur die VSA, na ‘n multi-pool nuwe orde te beweeg, waar daar nie meer eensydiglik aan hulle gedikteer sal kan word vanuit Washington nie. Dus, na die Afghaanse debakel van 2021, ‘n doelbewuste aanvat van Westerse hegemonie en veral dan die VSA se strewe na behoed van sy “primacy” (Rusland het uiteraard lank gelede al besef dat ‘n volskaalse inval in Oekraïne, hom in konfrontasie gaan bring met Washington, met Oekraïne wat in effek die bloeiende proxy sal wees vir die Weste dat Moskou desondanks ingeval het, na oorleg met Sjina, is aanduidend daarvan dat hulle ‘n veel groter geo-strategiese oogmerk had as net maar om die die Donbass beset).

Dit gaan dus nou om veel meer as net die annekseer van grondgebied in Oekraïne. Of die Weste die stamina (en die vermoë) gaan hê om Oekraïne in die stryd staande te hou en of Oekraïniërs sal aanhou bereid wees om die Russe ten behoewe van die Neocons in Washington te bly veg “tot die laaste Oekraïniër” sal veral die komende winter ons leer.

Bes moontlik Poetin se belangrikste verklaring gedurende hierdie afgelope maand van Julie, was sy waarskuwing dat: hoe langer die stryd voortduur, hoe hoër gaan Rusland se eise styg, en hoe moeiliker gaan dit vir Oekraïne word om met Rusland te onderhandel.

In stede daarvan om vir Sjina (as synde die verklaarde groot gevaar), fisies en ekonomies te kon “contain” het met die hulp van sy bure soos Rusland en Indië, het ons vandag die BRICS as ekonomies-kragtige bondgenote van Sjina. Waar Sjina andersins soos die ewe grondstof- en energie honger Japan voor hom gedurende die dertigerjare sou moes spartel om sy armoede aan energie bronne en grondstowwe te oorkom, is Sjina nou omgord nie deur Westerse “containment” nie maar deur voorsieners van juis daardie grondstowwe en energie, en wat ook ‘n fisiese buffer bied. Nie meer skiet die Russe en die Sjinese mekaar op die oewers van die Amoer rivier nie nou is hulle saam in die tuig, aktief teen Westerse hegemonie.

As die Weste hierdie proxy-stryd gaan verloor, dan gaan dit die demokrasie in lande soos SuidAfrika wesentlik in gevaar stel, omdat potensiële outokrate hier sal kan reken op steun van Moskou en Beijing, sonder demokratiese teenwig vanuit die Weste.

94 NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne konflik ses maande

Watter strategiese sin maak dit, in terme van Westerse kern belange? Veral gesien uit Wes Europese hoek, aangesien dit hulle is wat by uitstek die prys gaan betaal in die ekonomiese oorlog, sowel as in die diplomatieke stryd waarin hulle koloniale verlede hulle gaan

Die newe-effekte wat ons reeds sien, soos inflasie, resessie en voedseltekorte, gaan groot skade doen aan onskuldige buitestaanders soos Suid Afrika.

NONGQAI redaksie dat die brutaal gewelddadige manier van Oekraïne binne te geval het, nimmer goed gepraat kan word nie. Soos wat die Pous (en vele ander staatshoofde) sedertdien gesê het, is daar egter twee partye wat aan hierdie ramp skuld het. Wat nou ontketen is, is nie net maar ‘n onderonsie oor waar Rusland en Oekraïne se grens moet loop nie. Dit is ‘n stryd wat die internasionale magsorde vir dekades gaan bepaal. Dit word nie net geveg op die slagvelde van die Donbass nie, maar in groot mate ook internasionaal-ekonomies.

Weeragterhaal...sêonsas

Vraag is nou: kan die Weste hierdie geveg, wat die Neocons in Washington so naarstigtelik en kortsigtelik loop soek het, wel wen?

Om nie eers te praat van moontlike eskalasie tussen kern moondhede nie...

95 NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne konflik ses maande NONGQAI TRUST | IT 002701/2018(T)

96 NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne konflik ses maande THANK YOU! | DANKIE!

97 NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne konflik ses maande

98 NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne konflik ses maande

99 NONGQAI Vol 13 No 9C Oekraïne konflik ses maande SLOT | END

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.