The Police Gazette Un-official Newsletter for SAP-Veterans Die Polisie-Koerant Nie-amptelike Nuusbrief vir SAP-Veterane Vol 1 No 12 Pretoria: Sunday 22nd August 2010 - Sondag 22 Augustus 2010 This newsletter, although originating from the Republic of South Africa is not in any way an official mouthpiece of the former South African Police Force. This newsletter is the voice of police veterans, their dependents and their family and friends. PLEASE NOTE that the opinions expressed in this newsletter are not necessary the opinion of the EDITOR. Names of the persons submitting articles, photographs or letters are shown. Lees gerus wat u wil lees en ignoreer dit waarin u nie belangstel nie!
Versprei asb na hartelus! Please spread as you desire! Redakteur - Hennie Heymans - Editor Argivaris: Marius Avenant: Archivist Posbus/PO Box 11704, Queenswood, 0121. Stellenbosch heymanshb@gmail.com avenant@lynedoch.co.za
1. WELKOM ‘n Hartlike woord van welkom in ons geledere!
2. OORDENKING: DR PA ROSSEAU [OUD-NOVS SPEURDER] Joh. 13:14 "As Ek dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was...." Op pad na die bokamer voggel die dissipels oor wie die grootste is en is eindelik aan tafel met vuil voete. Die Grootste stel die onoortreflike voorbeeld om sy leerlinge se voete te was - iets wat elk leerling maar te gretig sou wees om vir sy Rabban te doen en as teken van respek teenoor sy medeleerlinge as 'n groot voorreg sou gereken het. Hiermee stel Jesus vergestelt Jesus wat Hy in Mrk. 10:45 gesê het: Die Seun van die Mens het nie gekom om te gedien te word nie, maar om te dien..... As dit die voorbeeld is, hoekom tree ons dan vele male so lynreg teenoorgesteld daarvan op? "Hemelsvoorbeeld, al die luister van engelheiligheid word duister teen u voolmaakte voorbeeld...."
3. LIEF EN LEED Indien u hoor dat ‘n veteraan, ‘n oudlid of polisie-vriend oorlede of ongesteld is – laat tog asb per epos weet. Ons weet daar is van ons kollegas en ook van hul gades wat siek is. Dra hulle asb op in u gebede. U is welkom om siekboek en verjaarsdae edm ook in te stuur.
3.1 AFSTERWE Dit is met innige leedwese dat ons die dood moet aankondig van ondergemelde oudlid van die Mag: Geen berigte ontvang nie. 1
3.2 Amptelike Siekboek – geen. Nie-amptelik weet ek van ’n paar vriende en kollegas of hul gades wat ongesteld is. Beterskap word u toegebid. 4. SAP 55 VERMISTE PERSONE EN GENEALOGIE •
Louis Pretorius –was ’n luitenant verbonde aan die V-Tak Klerksdorp c1980 – 1990. Op ’n stadium was hy by die BBP-eenheid van die V-Tak. Hy is getroud met “Sanet”. Francois Pretorius en Dr Dawid Oelofse is op soek na Louis.
•
Hello Brigadier. Pleased to report that thanks to Barend Harmse who supplied me with a telephone number, my father was able to make contact with Gert Uckerman. Two old colleauges reunited thanks to our forum. It's good to see old policemen not losing their investigative skills. Once again many thanks, Paul du Preez.
•
Hanlie van Straaten: Met genl Mike Geldenhuys gepraat. Hy het vir my Oom John Wagenaar in die hande gekry. Ek het met die oom gepraat, hy word 89 en ek gaan hom volgende week in Pretoria sien. Ek kan nie wag nie! Die oom John Wagenaar wat ek soek was my ouma se broer. Hy was in Potchefstroom in die polisie en het op Vyfhoek gebly. Hy het blykbaar ook die soldaate se hare geskeer. Hy is in September 1888 gebore en in 1951 oorlede. Ek wil vreeslik graag 'n foto van hom hê. Sal jou van Oom John Wagenaar ( die omie in Pretoria) laat weet. Sal dalk ook gou vir oom Fred gaan groet. Groete, Hanlie, Nigel.
•
Reinier du Randt: Dis lekker om van Amor van Staden en Hennie Faber te hoor, ek dink ook aan manne soos Johnie Coetzee, Tinus Celliers – instukteurs van daardie dae. Sal dit geniet om te hoor waar hulle hulself deesdae bevind. [Tydens die onluste op die Goudvelde was a/o Johnie Coetzee daar met Eenheid 19. Johnie Coetzee werk by die Pretoria Skougronde.]
•
Hi Hennie, Please find Letter from Judy Letard. She is looking for information of her father. If you could help it would be much appreciated. From Robert Suberg
Hi Robert, Thank you for offering to help out with this search for me. Here are the details which I managed to get from my Mom: Name : Johan Christoffel (Koos) Engelbrecht (I’m inclined to think that Koos is short for Jacobus!!) Born : 14 January 1926 Place : Standerton, Tvl. Stations : SAP Verulam (approx. 1946); SAP Stamford Hill (approx. 1950 to 1954) Thanks once again for your help. Kind regards, Judy Letard.
5. POLISIE-PERSOONLIKHEID VAN DIE WEEK: Brig Pieter en mev Ans Scholtz: Beste Hennie, ek het nou weer ‘n tydjie en skryf graag. Ek en Christine het op Gansbaai afgetree gedurende einde Maart 1995. My laaste twee jare in die S A Polisie was as bevelvoerder, Fisiese 2
Diens -lewering, Noord Transvaal waar ek onder Genl.-Maj Bertus Steyn diens gedoen het. Dit nadat ek verskeie jare by oud Eerste Minister PW Botha en daarna oud Staatspresident FW de Klerk diens gedoen het. Ek het ook die BBP Beskermingseenheid gestig. Nadat ek afgetree het, het ek betrokke geraak in verskeie gemeenskaps verenigings soos die Toerisme Vereniging, Gemeenskapspolisiërings Forum en natuurlik die Birkenhead Bootklub. Ek het gou besef dat ‘n mens nie elke dag op die boot kan spring en hengel nie en het toe ‘n baie suksesvolle besigheid begin wat later verkoop is. Christine, wat ‘n aantal jare by Logistiek in Silverton gewerk het, en saam afgetree het, het gedurende 2002 siek geword en is met Motor Neuron Siekte gediagnoseer. Sy het ons gedurende Februarie 2005 ontval. Ek is gedurende 2006 met Ans getroud. Ek het reeds gedurende 2000 by die politiek betrokke geraak en is as DA raadslid verkies. Gedurende Maart 2006 is ek weer vir ‘n verder termyn verkies. Ek is ook die Uitvoerende Onder-Burgemeester van die Overstrand. Die munisipaliteit strek oor bykans 200 km vanaf Rooiels, Bettiesbaai, Kleinmond, Hermanus, Stanford en Gansbaai. Ons is al aangewys as die beste bestuurde munisipaliteit in die land en het ook al die skoonste dorp toekenning tweemaal ontvang. Ons burgemeester is ‘n afgetrede Brigadier-generaal uit die SA Weermag, Theo Beyleveldt. Ons het in die Overstrand bewys dat ‘n mens wel ‘n verskil kan maak deur betrokke te wees. Dan natuurlik, Hennie, haal die jare ons ook in soos wat jy op die foto kan sien. Ek lyk veel ouer as die dae toe ons saam by Veiligheidshoofkantoor gewerk het. Baie dankie vir ‘n pragtige gedagte wat op hierdie wyse gestalte gevind het. Dit is lekker om van al die lief en leed van ou kollegas te verneem. En o ja, moedig asb. ons kollegas aan om die Oud SAP lede Liefdadigheidstrust te ondersteun. Ons het deur die jare bewys dat ons deur fondse soos die Weduwee-en-Wese fonds, Geriewe fonds ens. ons harte en beursies vir kollegas oopgemaak het. Ons kan dit weer met hierdie lofwaardige Trust doen. Sterkte in al jou ondernemings. Pieter Scholtz •
’n Paartjie soos julle kan net ons polisie-persoonlikheid van die week wees! Baie dankie vir jou steun aan ons oud-kollegas wat nog moet gaan voorstaan. Ja, ons twee se verhouding strek ook oor baie jare! Kan jy onthou dat ons die kursus in Openbareskakelwerk gedoen het? Jy het op ’n stadium saam met brig Neels du Plooy gewerk – Voorligting aan die Publiek, die Veiligheidstakbiblioteek, -opleiding, skoue edm hanteer. Ek het nog voorgestel dat die veiligheidsoorsigte met blou dekbrief en ons met adres uitgereik word, wat julle toe gedoen het. Onthou jy die boek wat verban is – Odessa File? Ek het nog by jou beswaar aangeteken. Jy het my boek na die EM gestuur en die boek is ontperk. Ek het steeds die boek met al die stempels in! Baie sterkte vir jou daar in Hermanus se wereld! Sit die goeie werk voort!
3
PERSOONLIKHEDE / BIOGRAFIESE WOORDEBOEK 6.0 Ontmoeting van die Geldenhuis / Geldenhuys-strydrosse – Hennie Heymans Drie strydrosse het mekaar onlangs in Pretoria ontmoet: Genl Mike Geldenhuys, genl Jannie Geldenhuys en oud a/o en oud-sers-maj Fred Geldenhuis het mekaar in Pretoria aan huis van genl en mev Jannie Geldenhuys ontmoet. Genl Mike het van Nigel af, waar hulle tans woon, gereis om die afspraak te nakom. Oom Fred Geldenhuis het weer onlangs van Warmbad af na Pretoria verhuis. Die geskiedkundige geleentheid is spesiaal gereel om die trio-strydrosse bymekaar te bring en gesellig te verkeer. Genl Micheal Christian Wilhelm “Mike” Geldenhuys is gebore en getoë in Riebeeck-Kasteel. Hy sluit hom op 8 November 1943 by die SA Polisie aan. Hy op 31 Mei 1983 tree af, met 39,5 jaar se getroue en uiters voorbeeldige gedrag. Hy het ‘n baie suksesvolle loopbaan in die SA Polisie gehad en is as kolonel na die nuutgestigde Buro vir Staatsveiligheid oorgeplaas. Genl Geldenhuys is die bekwame spioenmeester van die oud-Republikeinse Intelligensiediens, wat onder sy energieke , leiding in die jare sestig in Johannesburg 'n gedugte internasionale reputasie verwerf het. Drie baie belangrike ondersoeke wat onder sy leiding plaasgevind terwyl hy by R.I. diens verrig is natuurlik die arrestasie van Joeri Loginov, 'n Russiese spioen, wat hy later self by die Russiese grens by die Russiese KGB vir elf Wes Duitsers sou ruil die grootste uitruiling van spioene tot in daardie stadium. Dan was daar natuurlik die bekende Bernard Glazer ontvoeringsaak, wat Genl Geldenhuys suksesvol ondersoek het. Natuurlik is hy ook betrokke met die arrestasie van adv Bram Fischer. Hierdie drie sake is vollengte stories op hul eie. Tien, twaalf jaar lank het hy in die mees intense geheime en skemerwêreld van internasionale spioenasie beweeg: Genl Mike is natuurlik 'n deurwinterde speurder, handelsmisdaadspeurder, stasiebevelvoerder, aanklaer, distrikskommandant, veiligheidsbevelvoerder, intelligensiehoof, adjunk-hoof van die Buro vir Staatsveiligheid, hoof van die veiligheidstakke en kommissaris van polisie. Hy het 18 dekorasies, medaljes en balkies wat buitelandse toekennings insluit. Hy ontvang ook nie minder as drie ere-burgerskappe nie - Queensburgh in Natal, Oudtshoorn en Riebeeck Kasteel vereer hom hiermee. Oom Fred is die seun van ‘n polisie-offisier. Hy het by die Spesiale Diensbattaljon aangesluit en het daar gevorder tot hy sersant was toe kom werf die polisie hom. Hy is instrukteur in die SAP Depot. Toe die oorlog uitbreek is hy na die Noorde met die SAP Brigade - op 21 jr is hy die RSM van 2SAP. Hy verwerf die MM en word eervol vermeld. Hy word krygsgevangene en ontsnap ‘n paar keer. Een maal sluit hy by die Amerikaners aan en omdat hy Italiaans vlot kon praat is hy na ‘n blitskursus in valskerms agter die vyandelike linies neergelaat. Hy het verskeie oorlogsmedaljes verwerf. In die polisie is hy weer terug in die polisie depot en doen diens as instrukteur, troepsersant en drommajoor van d e SA Polisieorkes onder die bekende kol Bradley. 4
Later word hy stasiebevelvoerder in die Oos-Kaap. Toe hy met pensioen gaan staan die SAW reg en werf hom as RSM van Prince Alfred's Guard. Saam met sy Kolonel besoek hy Engeland amptelik en ontmoet pr Margaret. Mens sou dink na die oorlog en al die onlustediens in die polisie het hy gaan lê! Moenie glo nie, hy doen grensdiens en verwerf die Pro-Patria en die MMM van die SAW. Hy is ‘n goed gedekotreerde senior adjudant-offisier wie se optrede net die SAP en die SAW altyd tot eer gestrek het. Genl Jannie Geldenhuys is die “jongste” van die “ou manne”. Hy is van Bethlehem in die Vrystaat waar hy matrikuleer het. Na hy gegradueer het ,het hy hom by die Spesiale Diensbattaljon aangesluit. Generaal Geldenhuys het ook diens in Luanda, Angola as militêre attaché verrig. Hy sal onthou word as die voorlaaste Hoof van die die ou-SAW. Hy en genl Mike ken mekaar goed en intussen is genl Jannie Geldenhuys weer besig met ‘n boek en sy ou naamgenoot, Oom Fred Geldenhuis, sal in die nuwe boek ‘n rol speel. Genl Geldenhuys se skoonvader is ook goed bekend aan die ander twee want, ds Harpir Martins was die eerste SA Polisiekapelaan. Genl Jannie Geldenhuys het ook talle dekorasies en medaljes ontvang – saam het die trio meer as vyftig toekennings! Genl Geldenhuys sal onthou word vir sy rol in SWA en vir sy onderhandelinge met die Amerikaners, Kubane, die Russe en Untag. Genl Jannie Geldenhuys het verskeie boeke die lig laat sien. (Hier hou genl Jannie vir klein Harpir Martin van Niekerk vas – sy eerste kleinseun.)
6.1 JAN VAN WYK: OP SOEK NA OU BEKENDES VAN ALEXANDERBAAI EN DIE SPESIALE WAGEENHEID. Beste Jan van Wyk - Niemand het nog van hulle laat hoor nie. Vir die nostalgie ‘n foto elders van twee offisiere te Alexanderbaai en jou eerste berig oor die Spesiale Wageenheid wat het in die SARP verskyn, word onder SAP-geskiedenis geplaas. (Lt Terblanche is identies met die befaamde brig IPS Terblanche. Hy was te Witsieshoek, Durban en onder meer Kaapstad.)
6.2 Major H. P. Slater, M.C. IN MEMORIAM: Major H. P. Slater, M.C., an ex-District Commandant of Pietermaritzburg died in Johannesburg on 15th July at the ripe old age of 80. The late Major Slater was the last Chief Constable of the Pietermaritzburg Boro' Police (sic). He was Chief Constable from 1920 until 1927 when the S.A. Police took over the policing of Pietermaritzburg. We took over on 1/4/1927, and Captain Slater was absorbed in the S.A. Police with the rank of Sub-inspector. In 1928 he was promoted Captain and was appointed District Commandant, Pietermaritzburg; he retired in 1934. He won the M.C., in Flanders in World War I, and he attained the rank of Major in World War II. The late Major Slater was a popular officer in the old days, and was a very keen member of our tennis club. There are still five ex Pietermaritzburg Boro'-policemen (sic) serving in the S.A. Police, 5
and they, and the several old hands still serving in Natal, extended their sympathy to Mrs. Slater and family in their sad bereavement. [Nongqai 19600939] • •
Boro’ Police should read Borough Police. There were three independent Borough Police Forces in Natal – Durban, Pietermaritzburg and Newcastle. The Durban City Police was the oldest continuous Police Force in South Africa. They are now a Metro Police under another name.
6.3. FOUNDER: CRIMINAL INVESTIGATION DEPARTMENT : NATAL POLICE
•
•
Sub-Insp. W. J. Clarke (afterwards Chief Commissioner: Natal Police) began the Criminal Investigation Department in Pietermaritzburg in 1894. By his personal efforts he later introduced the fingerprint system and built up what became a highly efficient department under a commissioned officer. All difficult cases of serious crime in the Colony were dealt with by the C.I.D. Maj AA Wood, Natal-Past and Present, 1962: 65 Col WJ Clarke was a pioneer in his own right. He met the fingerprint expert Mr Henry who taught him the classification of fingerprints. We owe it to him, to tell about all his efforts to improve policing. Col Clarke’s son – Mr George Geoffrey Clarke - was at one time my father’s station commander in the Durban-area. Mr Clarke was a Head-Constable in the SA Police.
6.4 Major DW Monro, MC, SAP [24 Dec 1873 – 11 February 1944] I think Paul Els sent me the photograph; I am not able to identify this officer. Any information will be appreciated.
6
6.5 Rhodesian Troopie Brig Johan Viktor berig: Die beeld is nou in Engeland. Hy stuur die volgende skakel: http://www.ourstory.com/thread.html?t=343855 Error! Hyperlink reference not valid. www.ourstory.com Our Story goes beyond blogging to permanently capture life's stories in words and photos. Publish or share the stories privately with family and friends.
7. AANGELEENTHERDE WAT ONS DIREK RAAK 7.1 Die SAP Liefdadigheidstrust 7.1.1 Die saak van die Pebco-3: Genl Johan van der Merwe Genl Johan van der Merwe en genl Mike Geldenhuys het onderneem om as voorsitters van onderskeidelik die advieskomitee en die trustkomitee van die Trust elkeen 'n R1000 by te dra. R135 000 is ongelukkig 'n reuse bedrag om te delg en ons sal baie hard moet werk om dit bymekaar te maak. Ons sal elke bydrae, hoe gering ook al, waardeer. Vriendelike groete, Johan van der Merwe, Voorsitter, TRUSTKOMITEE,
• Dansky Radio Pretoria het ons heelwat gein. 7.1.2 Jaarlikse Skaapbraai, DV, 11 September 2010: genl Johan vd Merwe Die skaapbraai begin om 10h00 op 11 September 2010 by die Hoffenheim Landgoed. Die koste per persoon beloop R75 en kaartjies is by die polisiekoerant verkrygbaar. •
Dankie Jacques Greef vir jou kaartjie wat jty gekoop het en die donasie!
7.1.3 Veiling van Boeke ten bate van die SAP Liefdadigheidstrust Donasies: Dankie aan Willie du Plessis wat twee boeke aangekoop het om op te veil en genl Vd Merwe wat twee van sy boeke geskenk het vir die veiling. Ons veil dan graag vier boeke op ten bate van die SAP Liefdadigheidstrust. Al vier boeke is geteken deur die outeurs. Die eerste boek: They Conquer from Above , • Majoor Piet van Zyl het nou ‘n bod ingestuur vir R500-00. • Hennie Heymans het ’n bod van R260 op die 2de boek. Die tweede boek: Trou tot die Dood toe , • Majoor Piet van Zyl het nou ‘n bod ingestuur vir R500-00! • Dana Kruger het ’n bod van R250 op die 2de boek! Wie kan hierop verbeter? Verbeter dan op die 2de bod indien u nie R500 wil bie nie! Enige persoon wat graag ‘n bydrae wil maak kan dit in die volgende rekening kan stort: Oud-SAP-Lede Trust; ABSA-BANK; REKNR. 9050207273; LYNNWOOD RIFTAK. Die bewys van inbetaling moet asb. per faks aan genl Bertus Steyn by 012-365-2668 gestuur word en daar moet duidelik aangedui word of dit vir die Skaapbraai, Regskoste of Fotowedstryd is. Hoop ons sien u daar! Vriendelike groete, Johan van der Merwe, Voorsitter, TRUSTKOMITEE
7
7.1.3 Wedstryd: Raai Wie? Deponeer R10-00 (of veelvoude van R10-00) in die Oud-SAP-Lede Trust; ABSA-BANK; REKNR. 9050207273; LYNNWOODRIF TAK. Merk net u inbetaling “Fotokompetisie”. Die prys is ‘n pragtige, gesogte duur boek deur Jonathan Pittaway. Die boek oor Koevoet verskyn in dieselfde reeks. Raai wie verskyn almal op die foto? Die uitslag van die Trust is finaal.
7.1.4 Radio Pretoria Radio Pretoria se uitvoerende direkteur, mnr Clem de Klerk het genl’s Mike Geldenhuys en Johan van der Merwe asook Hennie Heymans genooi om deel te neem aan die program “Neem uit die Verlede”. Vriende in die buiteland kan gerus op Radio Pretoria inskakel dmv die rekenaar. Na die program is ons oorval van lede van die publiek wat graag geld vir die Trust wil skenk. Genl van der Merwe gaan ook ‘n paar oggendpraatjies lewer waartydens hy sy boek gaan bespreek. Dit sal net na 0720 wees. Oom Clem, soos almal hom ken, sal vir ons ‘n laserskyf gee met die onderhoud daarop. Miskien kan ons dit per MP5 aan ons lede in die buiteland voorsien.
7.2 Vingerkraal se mense – geen berigte ontvang nie. 8. POLISIE-GESKIEDENIS 8.1 Veiligheidstak: Port Natal Inleiding: Sersant (later brigadier) Paul Roux (foto), Oom Joe Wagner en my Vader, sers Abie Heymans was vriende op die Bluff in Durban. Oom Joe het altyd ons motor versien. Kapt (later lt-genl) Frikkie Engels het net verder weg van die Wagners en die Roux’s in Watsoniaweg gewoon terwyl “Oom” Koos Howell nader in Watsoniaweg gebly het. Ons het almal naby mekaar gewoon en ook ons kinders het mekaar almal geken. Henry en Johannes Howell en Raymond was ook in Port Natal. Raymond, soos ek hom ken, is tans die redakteur van Die Afrikaner – mondstuk van die HNP. Hy het die volgende storie oor die Veiligheidstak se betrokkenheid by ‘n aanval op mnr RI Arenstein se huis in Die Afrikaner beskryf. Nou kan ek net meld dat my vader, destyds ‘n ak-sersant te Durban-Sentraal, vir Rowley Arenstein wat ‘n bekende prokureur in Durban was, geken het. Ek was eendag saam met my Vader in die stad toe ons vir mnr Arenstein raakgeloop het en ons gesels het. Miskien kan ek net meld dat die uniformtak te Durban-Sentraal gereeld amptelike skakeling het met mnr Arenstein 8
gehad het. My Vader het ook geweet wie Ronnie Kasrils is – hulle paaie het in Pondoland gekruis. Ek ken nie vir kapt van der Westhuisen nie, maar Raymond se vriende wat hy noem is aan my bekend - ook het ek geweet wie genl Ray K Rudman is. Later is ek lid van die veiligheidstak en het ek natuurlik ook binnekennis bekom. Raymond was destyds ook ‘n lid van die redaksie van Die Nataller – ‘n weeklikse Afrikaanse nuusblad in Natal waarop ons ingeteken het.
8.1.1 'n Bloedbad is wonderbaarlik vermy - Ray Wagner In 1961 het min mense van Ronnie Kasrils se bestaan geweet, maar hy was toe reeds, onder die vaandel van Umkhonto we Sizwe, in Natal met georganiseerde sabotasie besig. Kasrils het ’n boek oor sy kommunistiesgeïnspireerde optrede geskryf en daarin het dit aan die lig gekom hoe kapt. Van der Westhuizen van die veiligheidspolisie in Durban konfrontasie tussen die linksgesinde prokureur, Roley Arenstein, en regsgesindes wat lede van die NS Boerenasie was, probeer bewerkstellig het. Ek en Chris Mouton (’n skuilnaam), en ’n groepie vriende was almal lede van die Boerenasie, soos dit destyds aan almal bekend was. Die beweging is deur ’n gewese lid van die Gryshemde, Ray K. Rudman, gestig. Die Gryshemde was ’n regse semi-militaristiese groep wat voor die Tweede Wêreldoorlog sy beslag gekry het. Die nasionaal-sosialistiese Boerenasie het ook uniforms gedra. Ek was tot aan die einde van 1959 ’n Durbaniet en ’n lid van die Boerenasie. Aan die begin van 1961 is ek van die Spoorweg-behuisingsraad na die Spoorweg-taalburo in Johannesburg verplaas. Kort hierna het kapt. Van der Westhuizen1 aan Chris in Durban voorgestel dat hy en sy manne ’n nagtelike “besoek” aan die berugte Roley Arenstein se huis bring. ’n Datum en tyd is bepaal en Chris en vyf Boerenasie-kollegas het in twee motors na Arenstein se huis vertrek. Wat Chris-hulle nie geweet het nie was dat Arenstein en ’n bende medekommuniste hom en sy makkers ingewag het. Onder hierdie bendelede was ’n jeugdige Kasrils wat saam met ’n sekere swartman aan sabotasie-aanvalle deelgeneem het waarin veral maste van hoogspanningslyne in en rondom Durban geteiken is. Die swartman het vroeg in sy lewe as ’n saboteur besef dat hy deur kommuniste misbruik word. Hoewel ek en die swartman tussen 1964 en 1979 kollegas in diens van Perskor was het dié man nooit van sy sabotasie-dade gepraat nie. Hy het egter baie vyande gehad nadat hy Umkhonto we Sizwe verlaat het en as ’n verraaier bestempel is. Die veiligheidspolisie het ’n hoë doringdraadheining om sy huis in ’n woonbuurt suid van Durban laat oprig en hom ’n rewolwer gegee vir selfbeskerming. In sy boek, “Armed and Dangerous: my undercover struggle against apartheid”, het Kasrils ook die swartman as ’n verraaier bestempel. In sy eie boek oor Umkhonto we Sizwe, het die swartman op sy beurt na Kasrils verwys as ’n papbroek. My vriend Chris het my later vertel hoe hy en sy makkers Arenstein se erf in Durban-Noord een nag met die medewete van die Veiligheidspolisie betree het. Dit was pikdonker en geen lig het gebrand nie. In ’n stadium het Chris ’n vuurhoutjie getrek ten einde die regte koers te kan inslaan. Of hulle Arenstein wou dood- of skrikmaak het ek Chris nooit gevra nie, maar hulle het 1
Onbekend.
9
vuurwapens by hulle gehad. Toe die vlammetjie die tuin om hom verlig, het Chris gesien daar is ander mense in die tuin. Vlug, en vinnig ook, was hy en sy makkers se voorland.Kasrils se weergawe van die voorval verskyn in sy boek. Ek het dié boek in 2007 raakgeloop en Kasrils se weergawe van die voorval gelees. Volgens Kasrils het Arenstein inligting ontvang oor presies wanneer die aanval op hom sou plaasvind. Die inligting was juis. Volgens Chris het net hy en kapt. Van der Westhuizen die dag en datum geken. Van der Westhuizen was dus die promotor van ’n geveg waarin mense kon omkom. Chris se mense het almal vuurwapens gehad. Volgens Kasrils was sy groep ongewapen. Kasrils beweer dat hy teen twee-uur die oggend skote voor Arenstein se huis hoor afgaan het. Hy en sy makkers het glo na buite gestorm. Hy beweer in sy boek dat hy ’n baksteen gegryp het en gesien het hoe mense op die vlug slaan. Volgens Chris is hy agtervolg deur iemand wat ’n brandbom in sy hande gehad het. Hy wat Chris is, het gaan stilstaan en met sy pistool na sy agtervolger se kop gemik. Toe die skoot klap het die man op die sypaadjie neergeslaan. Hy het nie geweet na wie hy geskiet het en of sy agtervolger noodlottig getref is nie.Volgens Kasrils se weergawe is hy in die regterwang getref, blykbaar deur skrapnel, te oordeel aan die foto wat in sy boek verskyn het. Volgens Chris het hy en sy manne holderstebolder padgegee en hul motors veilig bereik. Dis te betwyfel dat Kasrils en sy vriende ’n aanval sonder wapens sou inwag. Die titel van sy boek dui aan dat hy in die “struggle” sowel “gewapen as gevaarlik” was. Die swartman was ’n betroubare swart kollega. Ek sal eerder sy woord aanvaar dat Kasrils nie juis ’n dapper man was nie. Watter man wat “armed and dangerous” is sal hom sonder ’n wapen teen vermeende politieke aanvallers verweer? ’n Nadraai van die swartman se betrokkenheid by sabotasie en sy gevolglike ontnugtering is dat hy deur die Veiligheidspolisie genader is om die geheime van Umkhonto we Sizwe te verklap. Kapt. Van der Westhuizen is kort na die debakel by Arenstein se huis skielik uit Durban verplaas. Daar kan vermeld word dat Van der Westhuizen ’n tydgenoot van Basie Smit en Herman Stadler was. Albei het later generaals in die Veiligheidspolisie geword. Die swartman het in 1964 die staat se hoofgetuie in die opspraakwekkende Rivonia-verhoor geword waarin Nelson Mandela en ander aan hoogverraad skuldig bevind is.In die hofsaak is na hom as “Meneer X” verwys. • •
Enige kommentaar op hierdie storie sal verwelkom word. Al wat ek van kapt van der Westhuisen kan uitvind is; dat hy gedurende die tweede wêreldoorlog geinterneer is. Ek wonder altyd wat van Henry, Johannes en hul suster Isabel Howell en baba-boetie geword het? Hulle Vader – Oom Koos was ook ‘n polisie-offisier. Gedurende 1972 het ek hom tydens ‘n geselligheid van die veiligheidstak gegroet, ek was ‘n junior luitenant en wou nie met hom gesels in die geselskap van senior offisiere nie. Johannes Howell het my as kind op ‘n dag ‘n twaksakkie vol albasters gegee, hy was ‘n paar jaar ouer as ek. Snaaks dat mens sulke trivia soos albasters onthou!
8.2 POLICE MEMORIALS Hier is ‘n paar polisiegedenktekens, ek glo daar is baie meer, die een van kapt. Van Heerden by Van Wyksdorp is ook meer ondertoe. Groete, Jacques Greef.
10
POLICE MEMORIALS – SGT GERDA COETZEE2 The following is a list of Memorials erected in honour of certain individuals in the Police Service. It was compiled from archival resources at the SAPS Museum in Pretoria and submitted by Gerda COETZEE. It is not known if all the memorials are still extant. Belfast, Mpumalanga - BERG-EN-DAL MEMORIAL IN BELFAST First memorial erected in memory of the twelve Zarps who died in the Battle of Berg-en-dal on 27 Augustus 1900. Erected in 1935. Second memorial unveiled on 29 Augustus 1970. Erected in memory of the civilians and members of the Zuid-Afrikaansche Republiek Politie (Zarps) who were killed during the Boer War (1899 - 1901) in the Eastern Transvaal. The members who were buried at the first memorial were re-interred at the new memorial. Members: Lieut. F. W. POHLMAN, Sgt-Maj. T. A. PRINSLOO, Sgt-Maj. C. J. VAN BILJON, Sgt. T. HALLETT, Sgt. W. H. J. HEARLY, Sgt. S. W. MALAN, Sgt. Z. J. MATTHYSEN, Sgt. C. J. MOUTON, Sgt. J. J. PRETORIUS, Sgt. D. S. SMITH, Sgt. VAN DER MERWE and Sgt. D. N. VAN VUUREN. Reference: SAPS Museum - Archive reference: 6-8/1. SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 472, May 2005. Charlestown CHARLESTOWN POLICE MEMORIAL A tribute to the police members who died in action on 6 May 19273. They were shot and killed by the murderer SWART during an attempt to arrest him. Members: Captain ASHMAN, Head Constable MITCHELL, Sergeant GROVE, Sergeant VAN WYK and Constable CROSSMAN. References: The Nongqai, January 1929: 11-12; and January 1961:35. SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 472, May 2005. Durban DARTNELL MEMORIAL IN DURBAN A tribute to the founder of the Natal Mounted Police. Major General, Sir J. G. DARTNELL. Unveiled: 15 April 1926. References: Nongqai, May 1926: 372-374; and February 1932:125. SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 472, May 2005. Fort Edward, Polokwane (Pietersburg) MONUMENT AT FORT EDWARD GRAVEYARD On the road between Bandelierkop and Elim Hospital. In memory of Constable C. W. EAGLE, who died from injuries received in an encounter with a lion. Died 10 October 1908. Erected by the officers, NCOs and men of the Transvaal Police. References: The Nongqai, October 1937: 963-964. SAPS Museum - Archive reference 1-4/66 n SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 472, May 2005. Grahamstown A MARATHON MEMORIAL AT GRAHAMSTOWN 2
Oud-sersant van die SAP Museum – werk nou vir ‘n museum in die Vrystaat. Gerda Coetzee is a former Sergeant of the SAP attached to the SAP Museum. 3 Hennie Heymans obtained the duplicate of the official Board of Enquiry into the Muder of the Policemen at Charlestown then held by Col Byrne from Col “Burn-the-Bastard” as he called himself – It and other artefacts were sent from Durban to the SAP Museum during 1970 but was “mislaid” with other valuable items. (NB - Theft remains a continious offence!)
11
To commemorate the victory of Kennedy K. McARTHUR (SAP) in the marathon race at the Olympic Games in Stockholm 1912. Reference: The Nongqai, May 1916:397. SOURCE: East Cape Genealogical Society. Newsletter No. 472, May 2005. Greytown IMPANZA MEMORIAL TABLET IN ST. JAMES CHURCH, GREYTOWN A tribute to the members of the Natal Police killed in action at Impanza during the rebellion on 4 April 1906. Unveiled: 23 April 1907. Members of the Natal Police: Sgt. E. T. N. BROWN, Lance Sgt. J. C. G. HARRISON, Trooper A. H. ASTON, Trooper J. P. GREENWOOD and Trooper STEELE of the UDR, who was killed at Mt. Pokinyoni. Reference: The Nongqai 1907-1910:26, 28, 49 IMPANZA MONUMENT A tribute to the members of the Natal Police killed in action at Impanza during the rebellion on 4 April 1906. To the memory of: Sgt. E. T. N. BROWN,Lance Sgt. J. C. G. HARRISON, Trooper A. H. ASTON and Trooper J. P. GREENWOOD. Erected by their comrades. Reference: The Nongqai, 1907:26, 28. SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 472, May 2005. Jeppe, Johannesburg - GRANITE OBELISK AT JEPPE Erected to the memory of Sergeants R. MANSFIELD and Neil McLEOD of Jeppe, who with Detective MYNOTT were murdered by the notorious FOSTER Gang on 13 September 1914. Reference: Nongqai, October 1918:489. SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 72, May 2005. Mahlabatini, Zululand - MONUMENT A tribute to members of the Natal Police who fell at Mahlabatini during the Boer War on 28 April 1901. Killed: No 1292 Sgt LOCKE, No 1784 Lc Sgt COLLET, No 2339 Trooper ALDWINCKLE (wounded seriously),No 1779 Trooper CAMERON, No 1837 Trooper NELSON, No 2370 Trooper SALMOND (wounded) and No 1726 Trooper SMITH (wounded slightly). References: The Nongqai (1910 -1911) April 1910:456; 1907:27-28. SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 72, May 2005. Pietermaritzburg - ISANDHLWANA MEMORIAL Opposite the Town Hall, Pietermaritzburg. A tribute to the members of the Natal Mounted Police who fell at Isandhlwana on 22 January 1879. Out of a total force of 34 members of the corps who took part in this engagement, 25 were slain and of these, 23 were found lying around the body of Colonel DUNFORD who was in command. Newcastle Mounted Rifles: Captain R. BRADSTREET, Quartermaster G. E. HITCHCOCK, Sergeant A. SWAN, Trooper J. W. BARNESS, Trooper J. DINGELMAN, Trooper E. DIXON, Trooper C. GREENBANK and 12
Trooper A. MACAUSTER. SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 72, May 2005. Pietermaritzburg - Natal Mounted Police Corporal LALLY, Lance Corporal CAMPBELL, Trooper C. H. BANCO, Trooper C. BENNETT, Trooper H. BERRY, Trooper E. BLAKEMAN, Trooper H. S. CAPPS, Trooper CHADDOCK [from Helpmakaar] , Trooper T. CLARK, Trooper S. DANIEL, Trooper C. DONEY, Trooper J. EASON, Trooper W. FLETCHER, Trooper S. GRANT, Trooper W. HAYES.Trooper S. HUNTERTrooper W. INGRAM,Trooper T. MACRAE, Trooper C. MEARS, Trooper P. NAGLE, Trooper H. NEIL, Trooper H. C. LLOYD, Trooper C. J. LOUCHNAN, Trooper A. R. PARSONS, Trooper W. T. PEARSE, Trooper J. W. PLEYDELL, Trooper T. POLLARD, Trooper F. SECRETON, Trooper J. W. N. SIDDALL, Trooper H. S. SMITH, Trooper W. E. STIMPSON, Trooper S. THICKE, Trooper C. WHITE & Trooper H. WINKLES. SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 72, May 2005. Pietermaritzburg - Natal Mounted Police Interpreter N. N. C. ISANDHLWANA, Conductor J. P. ARCHBELL, Conductor F. C. DOYLE, Conductor L. DU BOIS, Conductor KAMBULA, Conductor LEROUE, Conductor D. NOLAN, Comm. L. H. BYRNE [Rorke's Drift], Comm. N. W. C. HLOBANE, Comm. C. A. POTTER & Comm. Llewellyn LLOYD & Political assistant J. FERREIRA. References: The Nongqai 1907-1910 (March 1910): 410; January 1922:4; February 1937:91. SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 72, May 2005. Pietermaritzburg - IMPANZA MEMORIAL IN PIETERMARITZBURG Memorial Brass erected in the St. Saviour's Cathedral, Pietermaritzburg. Unveiled: 18 Augustus 1907. Members of the Natal Police: G. ARMSTRONG, A. H. ASTON, E. T. N. BROWN, J. C. G. HARRISON, S. H. K. HUNT & J. P. GREENWOOD who fell during the Native Rebellion in 1906. References: The Nongqai 1907 - 1910:254 SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 472, May 2005. Swakopmund, Namibia - COMMEMORATIVE TABLET IN SWAKOPMUND4 In memory of the crew of a police helicopter who died on 21 April 1966 when their aircraft crashed into the sea at Terrace Bay. Members: Lieut. T. J. WINTERBACH,Sgt. H. J. MORTON, Const. Dirk BRAND, Civilian Mr. P. J. HOLMES & Civilian Mr. D. BERNHARDT. Unveiled: 26 July 1967. Reference: Sarp, November 1967:54. SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 472, May 2005. Town Hall, Umtata - COMMEMORATIVE TABLET (MARBLE)5 A tribute to the policemen who fell during the revolt in Johannesburg, March 1922. To the memory of: Const C. J. F. DU PLOY, Const. P. J. SMIT, Const. C. J. SWANEPOEL & Const. D. J. VAN HEERDEN. 4 5
I will place a photo that appeared in the police magazine, SARP. I have taken a photo of the marble tablet in Umtata. Const CJF du Plooy was a brother of Maj-Gen HJ du Plooy.
13
Reference; The Nongqai, November 1952: 1197 SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 72, May 2005. Umtata - CAPE MOUNTED RIFLES AND 1st. SAMR GREAT WAR MEMORIAL AT MARKET SQUARE, UMTATA To the memory of the men who laid down their lives in the Great War of 1914 - 1918. Unveiled: 4 August 1923. 1st. SA Mounted Riflemen: Capt. E. K. GRANT, Capt. A. M. LASCELLES, Lieut. T. A. ARIS, Lieut. C. B. CLARKE, Lieut. F. L. NORTHWAY, Lieut. I TRELFELL, RQMS: G. G. MACDONALD, SSM: C. J. KENNEDY,Sgt. B. G. W. CLARK, Sgt. F. C. J. BADDERLEY, Sgt. A HALLORAM, Sgt. J. TWYNAM & Sgt. J. A. VERNER. Market Square, Umtata SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 472, May 2005. Umtata - CAPE MOUNTED RIFLES AND 1st. SAMR GREAT WAR MEMORIAL AT MARKET SQUARE, UMTATA To the memory of the men who laid down their lives in the Great War of 1914 - 1918. Unveiled: 4 August 1923. Hos-Sgt. C. M. COLLIER, Hos-Sgt. A. GILLANDERS, Hos-Sgt. P. NOLAN, Corp. P. HOWE, Corp. G. SINCLAIR, Lance Corp. R. TWINE, Rfmn. F. A BRAUN, Rfmn. C. L. FULLER, Rfmn. N. FYNN, Rfmn. P. J. KIRK, Rfmn. B. R. L. KOBUS, Rfmn. W. C. P. KOBUS, Rfmn. A. LAMMAS, Rfmn. G. LINDSAY, Rfmn. R. F. PFOHL, Rfmn. E.V. PINNOCK, Rfmn. G. H. ROYCROFT,Rfmn. J. G. SHORT & Rfmn. P. D. VENTER. SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 472, May 2005. CAPE MOUNTED RIFLES AND 1st. SAMR GREAT WAR MEMORIAL AT MARKET SQUARE, UMTATA To the memory of the men who laid down their lives in the Great War of 1914 - 1918. Unveiled: 4 August 1923. 2nd SA Mounted Riflemen: Sgt. H. H. MASSEY (SA Horse), Sgt. K. K. J. KENNEDY, Corp.D. M. DUNBAR, Trooper J. H. ALLEN, Trooper E. T. BRENNAN, Trooper T. E. C. MORIARTY & Trooper A. REED. The names of black and coloured members of the old Cape Mounted Rifles also appear on the memorial, but were not published in the Nongqai (see reference below). Reference: The Nongqai, October 1923:587 - 588,641. SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 472, May 2005. Van Wyksdorp, district Oudtshoorn - OBELISK OUTSIDE VAN WYKSDORP, A tribute to Captain B. M. VAN HEERDEN who died in action when he was shot and killed by the murderer, Piet MATTHYSE on 30 December 1946. Reference: Sarp, September 1974:27. SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 472, May 2005. Ventersdorp - COMMEMORATIVE TABLET IN THE POLICE STATION AT VENTERSDORP A tribute to Constable Bart HARMSE, who died in action during a shooting incident which took place at Ventersdorp in January 1958. 14
Unveiled: November 1958 by his widow. Reference: The Nongqai, January 1959:31. SOURCE: East Cape Genealogical Society Newsletter No. 72, May 2005.
8.2.1 Photo’s of Memorials: On the left the SAP memorial at Swakopmund. More will bepublished later.
8.3 ZARP’s en BERG-ENDAL – Peter Wood BHA & Maritz Spaarwater Die geskiedenis van die Geheime Politie van die Zarp’s lê ons as polisiemanne en inligtingsmense na aan die hart! Deur ‘n ou vriend, prof Deon Fourie, het mnr Martiz Spaarwater met my kontak gemaak. Ek het hom natuurlik geken! [Ons ‘ou’ veiligheidstakmanne het altyd geweet wie is wie in Pretoria.] Ons het kopstukke oor die Zarp’s en die Geheime Politie [GP] gesels. Brig-genl Gerhard Kamfer het sy doktorsgraad oor die GP geskryf. Die titel van sy verhandeling is in Nederlands, maar in Afrikaans vertaal, lees dit: “Om ‘n skerp oog in die seil te hou.” Dit is ‘n opdrag wat mnr HC ‘Manie’ Bredll op ‘n verslag geskryf het. Daar is natuurlik heelwat innovasies deur die GP ingebring – bv die neem van foto’s van Britse stellings edm. Lede van die ZAR se staatsartillerie is ook aan die GP gesekondeer – kapt Heinrich en kapt Mike du Toit (nie familie nie) was soldate wat gehelp het met die inwin van inligting, ook buite die landsgrense. Die kmdt-generaal van die Boere het nie veel van inligting gedink nie. Die taak is onder leiding van adv JC Smuts, prokureur-generaal, en Tjaart Kruger gedoen met Manie Bredell - later is Manie Bredell die veiligheidsadviseur van die ou President. Koll Bredell en Du Toit is later beide hoof-adjunkkommissarisse van SA Polisie. Hier is mnr Spaarwater se versoek wat ons met graagte plaas en ek sal bly wees indien daar vriende is wat sal reageer: Beste Hennie, Lekker gewees om met jou te kon gesels oor ons interessante en inspirerende verlede. My knelpunt is basies die volgende: My groot-oom (oupa Pieter Spaarwater se broer) Hendrik Johannes Spaarwater, staan op die Dalmanutha-gedenkmaal by Belfast aangeteken as synde daar gesneuwel. Volgens die aansoek vir die toekenning van die DTD aan hom sowel as vir die lint vir verwonding, het hy as 'n lid van die Wakkerstroom-kommando op 22/24/25 Mei 1900 (of 1901 - baie onduidelik in die dokumente) by Amersfoort gesterf - 'voor redden van de kannonnen en andere dienste', sê die 15
sitaat. Ons het geen aanduiding dat hy ooit by 'n polisie-eeheid betrokke was nie - na beste wete was hy sy lewe lank 'n boer iewers in die Wakkerstroom-omgewing. Was daar dalk kommandolede, spesifiek van Wakkerstroom, by Berg-en-Dal betrokke? Staan die datums van geboorte en sterfte dalk op die gedenkmaal? Laas toe ek daar was het ek nie na die datums opgelet nie. Volgens alles wat ons weet was daar nie meer as een Hendrik Johannes in die ABO of selfs in die land nie. Die groot-oom het egter 'n dogter gehad wat hulle, eienaardig genoeg, ook Hendrik Johannes gedoop het. Is ek reg om te sê dat daar nie sprake kon gewees het van vegtende polisievroue in daardie dae nie? Ons weet niks van die vroulike Hendrik Johannes se verdere lewensverloop nie. 'n Ander eienaardigheid is dat groot-oom Hendrik ook gesiteer word vir deelname aan 'n insident waarvoor my oupa Pieter gesiteer was vir sy DTD, naamlik dat hy die gewonde kmdt J.A. Joubert in Amersfoort onder vyandelike vuur na veiligheid gebring het. 'n Beskrywing van hierdie insident staan in 'Onze Krijgsoffisieren' van Engelenburg en Oost, 1904, op p 122, waarna ook in die motivering vir my oupa Pieter se DTD verwys word. Daar was nog nooit enige sprake daarvan dat oom Hendrik by daardie gebeure betrokke was nie. 'n Mens moet natuurlik in gedagte hou dat die DTD en oorlogsmedalje eers in die vroeë 1920s deur Jan Smuts ingestel is en dat die mense wat die aanbevelings op daardie tydstip gedoen het, klaarblyklik nie by die insidente betrokke was nie. Smuts het sterk gevoel oor die noodsaaklikheid van die toekennings en 'n mens kry die indruk dat die bittereinders en verwondes/gesneuwelsdes amper teen wil en dank erkenning moes kry - waarmee ek dit natuurlik volledig eens is - al was die omstandighede van hulle prestasies teen daardie tyd nie meer altyd ewe duidelik nie. Ek vermoed groot-oom Hendrik s'n was dalk so 'n geval. Daar sou teen daardie tyd ook uiteraard op tweede- en derdehandse vertellings en getuienis - ook van die gedekoreerdes self, lyk my - staatgemaak moes word. Verder word soms 'n donshael-benadering gevolg, soos my oupa wat aangedui word as dat hy aan omtrent tien genoemde veldslae deelgeneem het, en dan volg 'en overal'! Wat oom Hendrik betref, word ook talle gevegte/veldslae genoem (sommige waarvan ek met beperkte kennis vermoed selfs na sy dood plaasgevind het!), met die afsluiting 'en elders in Transvaal'. Miskien maar net tekenend van hoe dit in 'n onkonvensionele oorlog gaan. Kan jy dalk die mense eien op die foto van 'n groep burgers by jou stuk uit die polisie-publikasie wat Deon Fourie aan my gestuur het? Op wat ek gekry het, is dit te klein - ek kan nie eers die onderskrif daarby lees nie. Ek sal dit hoog op prys stel as jy dalk lig kan werp op die omstandighede van oom Hendrik se betrokkenheid by Berg-en-Dal. Is daar goeie rekord van die polisie-eenhede wat betrokke was en wat Hendrik Johannes Spaarwater dalk aandui? Jammer oor my lang asem, maar dis darem langasemgoed waarvan ons praat. Sien uit daarna om een of ander tyd 'n bietjie (of baie!) met jou te kan gesels. Beste groete, Maritz Spaarwater. •
Kollegas – Ons sal bly wees om inligting mbt hierdie aangeleentheid te ontvang.
16
•
Dear Peter Wood – please have a look at this matter when the Boksburg Historical Association visits this monument on the 28th of August 2010. Could you please obtain a clearer photo of those Zarp’s. Any information will be welcome!
8.4 Kamele in die polisie - Staan oor. 8.5 Natal Police Mascot - REGIMENTAL PET The Natal Police regimental pet was a young zebra, named "Jan". The animal was a picturesque feature on many parades. Unfortunately, "Jan" met an untimely death. Early one morning she broke out of her stall at headquarters and got away. After a week reports were received that a zebra had been seen in wild country near Table Mountain about ten miles from Pietermaritzburg. Immediate steps were taken but in the meantime natives had killed her. Four natives were fined for the killing; the native chief of the district had warned his men not to molest the strange animal reported as wandering in his location, in spite of which, "Jan" did not escape being killed. [Wood, 1962: 67]
8.6 SAP King’s Rest - Staan oor 8.7 Natal Police Memorials - Major AA Wood (Natal Police) MEMORIAL TABLETS: In St. Peter's Church, Pietermaritzburg, the oldest church in the city, there is a memorial tablet to those members of the Natal Mounted Police who fell in the Zulu War of 1879. In St. Saviour's Cathedral, also in Pietermaritzburg, there is a memorial tablet to those officers, N.C.O.s and troopers who were killed in the 1906 Natal Rebellion. There are also monuments at Isandhlwana and Impanza. At the main entrance to Grey's Hospital, Pietermaritzburg, there is a brass tablet which reads: "In memory of members of the Natal Police and 2nd Regiment, South African Mounted Riflemen, who gave their lives during the Great War 1914-1918. Erected by their Comrades." MEMORIAL AT ST. JAMES' PARISH CHURCH, GREYTOWN, NATAL On 23rd April, 1907, the unveiling of a brass memorial tablet erected by public subscription in St. James' Parish 17
Church, Greytown, Natal, to the members of the Natal Police killed at Impanza, and to Trooper Steele, U.D.R., killed at M'Pokinyoni, who were killed during the Natal Native Rebellion, 1906. Officers of the Natal Police and the Umvoti Mounted Rifles, a detachment of the Natal Police, Commandant Nel and a squadron of the U.D.R. and Lieutenant Baker with a party of school cadets were present. Canon Pennington, the vicar, conducted the service. Colonel Duncan McKenzie, Commandant of the Militia, unveiled the tablet by removing the Union Jack by which it was covered. The names of the Natal Police killed were Sergeants Brown and Harrison, and Troopers Aston and Greenwood. Col. McKenzie said he would not dwell upon the circumstances of their deaths, now matters of history; the men died as soldiers; they were here not to mourn but to do honour to their memory, and to keep it green amongst the community as an example of patriotism and devotion to duty. He formally delivered the tablet, for safe keeping, to the vicar of the parish. The service concluded with the singing of a verse of the National Anthem. NATAL POLICE LOYAL TO THE END - THE END OF AN ERA At the annual reunion of the Old Comrades Association in 1961 a message to the Queen was unanimously agreed upon. A copy of this loyal address in full colour has been made and will be presented to the Old Museum House, Durban. The original address, on parchment, fourteen by twenty inches, was handed to Sir John Maud, the British Ambassador in the Republic, for transmission to Her Majesty. The message reads: HER EXCELLENT MAJESTY QUEEN ELIZABETH II BY THE GRACE OF GOD, OF THE UNITED KINGDOM AND NORTHERN IRELAND, AND OF HER OTHER REALMS AND TERRITORIES, QUEEN HEAD of the COMMONWEALTH, DEFENDER of the FAITH WE THE MEMBERS OF THE NATAL MOUNTED POLICE AND NATAL POLICE OLD COMRADES' ASSOCIATION ASSEMBLED AT DURBAN, NATAL, FOR OUR ANNUAL REUNION, send our deep regret that we are no longer legally YOUR MAJESTY'S subjects. We respectfully send to you our heartfelt thoughts for the continued happiness of YOUR GRACIOUS SELF and all the members of the ROYAL FAMILY. We, as a corps, served THE CROWN from the year 1874 when the NATAL MOUNTED POLICE was formed until the year 1913 when, by the ACT of UNION, the name NATAL POLICE ceased to exist. Subsequently, however, many of us served 76 in World War I and in World War II and we have always been YOUR MAJESTY'S loyal subjects. Our treasured past associations will always be in our hearts and minds, and we will pray for the welfare of YOUR MAJESTY and all your subjects in the COMMONWEALTH. Now old in years we look back with pride to the time when we served the MONARCHY, the EMPIRE, and the COMMONWEAL TR. GOD BLESS YOUR MAJESTY 18
Durban 3rd June, 1961 A. C. SPARKS Lieutenant-Colonel, Chairman Natal Police Old Comrades' Association. [Wood, 1962: 73 - 76] •
We can all identify with Maj AA Wood and his loyalty to the Crown. Likewise I am loyal to the old South African Flag and our old national symbols, not that I am disloyal to the new South Africa! It is extremely difficult to change one’s allegiance when one was brought up in a ‘fighting police’ with strict military traditions. [Do you still remember in the SAP College how one had to stand at attention when outside and the bugle (later siren) called when the flag was lowered at sunset? There is no price on loyalty or comradeship! ]
8.8 Port Elizabeth: “Vroud-ou” - Ron Aylward Port Elizabeth het sy bes probeer om sy naam gestand te doen - ja-nee, die wind het mistroostig geloei om die hoeke en deur die splete, en het papiere en stukke plastiek laat tol - straataf - in die lamplig. Toe die reën in slierte begin neerdaal het dit die huppelende, swaaiende afval in hul flug gestuit en dit plat op moeder aarde vasgepen. Bome en struike het woes gewip, gebuig en geswaai onder die aanslae van die genadelose elemente. Geen nugtere mens of selfs dier het hulle op straat gewaag nie - net die stille, getroue konstabel het trots sy rondediens verrig ten spyte van sy karige salaris, terwyl hy hom moes inspan teen die krag van die storm wat ysig om hom gewoed het. Hy het uit ondervinding geweet dat die kriminele element dit verkies om in sulke weer tot aksie oor te gaan en alles wat onwettig is aan te vang. Ek, nr 31260 (v) Konstabel R F Aylward, was ook met ak-diens vir die nagskof, met Sers. 'Perd' Olivier, 'n lang lenige man wat reeds deur diepe waters gegaan het in die lewe. Hy het sy bynaam gekry asgevolg van sy bles wat sy gesig baie lank laat vertoon het (Ek moes by hom aangesteek het dat my eens krullebol nou so blink van bo). Ek was op daardie stadium maar al te bly dat ek nie buite diens moes verrig nie, alhoewel my simpatie werklik uitgegaan na daardie manne wat noodgedwonge buite na almal wat knoes in hul huise verkeer het, se welsyn moes omsien. Na selle-besoek en 'boeke-vat', het van die ouens wat gesorg het vir vroeg afgaan hul arrestasies begin inbring: nagpas, dronk, oproerige gedrag, raas en skreeu op straat (ek weet nie juis hoe hulle andersinds in daardie wind kon gesels nie), en soos dit soms vir my lyk, sommer vir 'lelik op straat en 'refuse to fight''. Die twee klagtes wat nooit lekker by my gesit het nie was nagpas en besit van drank deur swartes, terwyl selfs die slegste skollie vrygestel was daarvan. Daar was soms ook arrestasies vir huisbraak, besit van vermoedelik gesteelde eiendom of aanranding met die doel om ernstige l.l. te berokken. Nadat al die klagstate en RAA, SAP 22, Selregister en VB-inskrywings gemaak was en die prisoniere na hul selle geneem was, kon ons ontspan. Ek het begin om die Hofregisters gereed te kry, en Sant Olli kon so effe terugsit om sy 'oë te laat rus'. Skaars vyf minute later bars die geveerde ak deure oop en die swart vrou skree: "Help, 19
basie, HELP"! Sant Olivier vlieg op aandag terwyl ek byna van my stoel af val van skone skrik, en die sersant roep uit: "Wat de h-l maak jy nou"? Die swart vrou storm binne tot by die toonbank. Sy het haar buik styf vasgeknel, haar oë was wyd oop en blink van die trane; "Samblief, meneer, die 'baby'!". Sersant Olivier het skielik so wit geword dat ek bevrees was dat hy 'n oorval gaan kry, en ek het oop mond op my stoel vasgenael bly sit. Uiteindelik kry die sersant dit uit; "Gou, Ronnie, kry haar agter in 'n sel". Dit het die gewensde uitwerking gehad en ek het haar gou hand-om-die-lyf na 'n sel geneem, waar sy haar tuisgemaak het op 'n selmatjie. Ek het gou komberse gaan haal en het sommer ingeloer en gesę; Sersant kan maar kom, sy lę in die sel". "Ek probeer net gou die DG kry. Vat sommer van daai ou handdoeke daar in Reuben Volker se kantoor ook saam", het hy gesê. Terug by die sel het ek die komberse bo-oor die 'pasiënt' gegooi en het sy toe heel kalm opgemerk; "Ek hoor die oubaas hy sę vir jou Ronnie?". Ek het gesę "Ja, my naam is eintlik Ronald, maar almal noem my Ron of sommer Ronnie". Sy het toe verneem of ek dalk 'n emmer warm water, seep en 'n waslap in die hande kon kry. Ek het gaan soek en het uiteindelik maar 'n brand-emmer gekry en dit met blouseep en 'n potskuurder in Reuben se heiligdom uitgeskuur. In die hoek het 'n groterige blink kan met lou water gestaan wat ek kon benut. Op pad na sel met die water, seep en 'n stuk ou handdoek, was daar meteens 'n luide gil. Met 'n "Kom ‘sant!" in die gang af het ek my teruggehaas. Sy het op haar rug gelę met ontblote onderlyf terwyl 'n klomp vloeistof uit haar geloop het. Ek was onmiddelik so naar dat ek iets kon oorkom. Ek het gedink aan die vloeistof wat uit Jesus se wond gevloei het nadat hy gesterf het, en het vervaart na die ak gehardloop en vir die sersant geskree; "Kom, sant, kom asseblief gou. Sy het oopgebars en daar loop 'n klomp water uit. Ek dink sy gaan dood"!! Hy het net gelag en gesê dit is normaal en dat ek maar daar by haar moet gaan wag, die DG was glo op pad. Ek het my toe maar ewe gedwee buite voor die sel gaan plaas nadat ek vinnig ingeloer het om te sien of sy nog lewe. Sy het heeltemal rustig op haar sy onder die kombers gelę en het hard asem gehaal. 'n Paar maal het sy taamlik hard gesteun, maar andersinds was sy rustig. Ek was net van plan om 'n draai te gaan loop toe daar 'n redelik harde geluid uit die sel gekom het. Ek het besluit om net vinnig in te loer om te vergewis dat alles in orde is, en terselfdertyd gewonder waar die DG vertoef. Die vrou half op haar hurke gesit en het weereens hardop gekreun. My hare het meteens regop gaan staan terwyl my hart skielik stilgestaan het toe ek merk dat iets aan die gebeur is... Sy het half gegil; "Kom, Ronnie, Vang"! Ek het verdwaas vorentoe gestrompel met uitgestrekte arms en Ronnie het "GEVANG"!!! Ek was as te ware op 'auto pilot', en niks het tot my deurgedring nie. Ek weet net dat ek die skurwe kombers se hoek gebruik het om die nuwe gesiggie skoon te vee van alles wat daaraan gekleef het. Ek was naar en tog eienaardig opgewonde totdat die DG instap en beheer oorneem. Toe het ek uitgeharloop na die leë sel langsaan en daardie bak aangehang en toegespreek terwyl ek van al my opgehoopte pyne en frustrasies ontslae geraak het. Gelukkig was my moue nog opgerol van emmer was, maar ek het my arms gaan skrop tot hulle rooi was. Die vrou se familie haar intussen, met die DG se toestemming, kom haal met 'n huurmotor. Blykbaar het hulle navraag gedoen terwyl ek by die sel besig was. Moontlik was my gesig netso rooi toe ek terug in die ak kom, want die DG het my pols geneem, 20
na my hart geluister en toe met 'n strak gesig en 'n vonkel in sy oë gesę dat ek dit sal oorleef. Ek was so verleë soos kon kom en het net gevra dat hulle asseblief alles doodstil moet hou. Die DG het met saamgepersde lippe en effens geboë hoof vertrek nadat hy gesê het, 'Bye Sarge, bye nurse!' Ek was te lam om te reageer en kon hom net half vererg agternastaar. Sowat 'n week later het ek middagskof gewerk toe 'n netjiese dame met 'n bondeltjie in haar arms by die klagtekantoor opdaag. Ek het toevallig aan die anderkant van die blanke afskorting gestaan toe sy vra om konstabel Ronnie te spreek. Toe ek om die afskorting loer het my 'pasient' daar gestaan met 'n breë glimlag op haar gesig en gesę; "Ek het net gou Ronald vir jou kom wys". Ek was taamlik uitgeboul en kon net stamel; "Dankie, hy lyk mooi". Nadat sy weg is, het Sers Olivier met geboë hoof gesit en klankloos geskud soos hy lag. Ek kon maar net verleë vir hom beduie dat die hele petalje net daar 'n stille dood moes sterf. En dit het! Dankie ou Sarge, ek sal altyd weer vir jou 'cover' oor die matrosie in die spoelbak. Groetnis, Ron Aylward.
• Dankie vir die “nuwe” Afrikaanse woord: vroedou (manlik) – vroedvrou (vroulik). 8.9 Die Victoriakruis en die SAC – Drie Ontvangers. Staan oor
8.10 MURDER SO FOUL AT LAUCHHAMER - (BY CHIPOW) Here below is a photo of the grave of Constable Gold in Germany:
graves a report from Charles Ross: Good Day All, Attached find an update on the South African War (Anglo Boer War) as at 31 July 2010 for your information. Yours Aye, Captain (Navy) Charles Ross (Ret) Secretary of the South African Agency Commonwealth War Graves Commission •
8.11 Anglo-Boer War Graves
Dear Charles, We have many old and young Police Veterans across the country and internationally who are interested in Police History. Please keep us up dated with any police related graves. Keep up the splendid work!! We have members of the SAP Brigade that died all over – one died in Poland when a train carrying POW’s was attacked by the RAF. There is interest amongst former Police members.
For friends interested in Anglo-Boer War
8.12 Rhodesië: SAP Basis Vic-valle – Luit-genl JG Le Roux Stemmert Hennie, Ons het op 7 en 8 Augustus 2010 besoek by die Victoriawaterval aan die Zimbabwe kant afgelê. Ons het oornag in die Zambezi River Lodge. Dit is ongeveer 4 km wes van die 21
Valle. Dit is ‘n groot en netjiese Lodge wat aan eienaars in die buiteland behoort. Daar was baie min besoekers behalwe ons groep wat uit 41 bestaan het. Ons het daar verneem dat die Fifa sokker hulle toeriste weggelok het. Die SAP basis bestaan nog. Soos ek kan onthou is dit in 1968 gebou. Brig Hendrik Mouton was die eerste kompanie bevelvoerder en dit is ook daardie tyd gebou. Al wat oor is van die basis is die FSM hutte (sinkgeboue), die radiotorings en die omheining. Tans is dit ‘n “army camp”. Die aanloopbaan langsaan die basis word nie meer gebruik nie en die vastevlerk vliegtuie wat toeriste oor die Valle gevlieg het, is ook nie meer daar nie. Die omgewing rondom die basis is in erwe opgedeel en dit is nou ‘n woongebied. Daar is genoeg plakkerhutte om ons aan ons eie plakkers te laat dink. Die basis is in ‘n proses om verskuif te word. Dit sal heeltemal buite die woongebied opgerig word. Die hele dorp by die Victoriawaterval is erg vervalle. Die inwoners is verarm en probeer hulle ware aan die paar toeriste wat nog daar kom verkoop. Volgens ek daar kon verneem kom besoekers nie meer in groot getalle daar nie, weens die politieke omstandighede. Hulle kan ook nie mediese en ander versekering bekom tydens besoek in Zimbabwe nie. Aan die Zambië kant is baie toeriste en dit gaan goed daar. Ek het probeer navraag doen oor die destydse oorlog daar. Niemand kon vir my vertel dat die SAP daar diens gedoen het nie. Dis darem al 35 jaar gelede wat ons daar onttrek het. Groete, Le Roux Stemmet. 8.13 SPESIALE WAGEENHEID6 Die Spesiale Wageenheid is gestig in 1965. Sedert daardie tyd is daar geen bydrae aan die SARP gestuur nie. Graag wil ek nou ons brokkie nuus maandeliks plaas, aangesien ek voel dat ons nou 'n permanente eenheid is, en daarby ook 'n belangrike een. Daar is seker baie min lede in die Mag wat nie weet wat die pligte en werk is van die Wageenheid nie. Ek vooroorloof my om te se dat die Wageenheid seker een van die belangrikste pligte verrig wat in die katagorie van die uniform-afdeling val. Die dienste sluit die volgende pligte in: die veilige bewaking van die Eerste Minister, Staatspresident en Minister van Justisie. Hierdie drie hooffigure van ons land se wonings word dag en nag bewaak. Veral gedurende die nag wanneer hulle hul nagrus geniet, en die Veiligheidspolisie hulle skof voltooi het. Elke lid van die Spesiale 6
SARP 1968-10 pp 33 & 35.
22
Wageenheid besef die groot verantwoordelikheid wat op horn rus. Deur hierdie verantwoordelikheid toe te pas, word dissipline ten strengste gehandhaaf. Elke lid besef ook deeglik dat indien iets met een van hierdie drie figure gebeur, aIle oe van die publiek en medelede op hulle gerig sal wees met vraagtekens. Ons bevelvoerende offisier is maj. J. G. Roux. Hy het leiding geneem in 1965 toe die Wageenheid gestig is, maar was van 1960 met die pligte belas wat betref die bewaking van bogenoemde drie hoofde van ons land. Luit. R. P. During is tweede in bevel. Die volgende adjudant-offisiere is ook hier gestasioneer: a.o.'e Benade, Smith en De Wet. Laasgenoemde het ook die eksamen tot offisiersrang geslaag en sal eersdaags met die Makoukursus begin. AIle sukses met die opleiding. Wat die sersante betref, kan die Wageenheid spog met die produkte van Namakwaland. Ongeveer die helfte van die sersante was al op Alexanderbaai en omgewing gestasioneer. Hulle is as volg: Serse. A. J. Muller, C. L. Kalis, H. A. Nicolls, Jack Tredoux, en laasgenoemde asook skrywer van hierdie nuus is sers. J. H. van Wyk. Die ander sersante is J. N. R. Botha, J. F. R. Jordaan, P. E Hauman, J. P. Viljoen, P. P Odendaal, D. M. Hechter en N. C. Warrington. •
Ek beskik oor duisende boeke, skersnitte, foto’s en dokumente. Ek het die storie oor die SWE se skouerflits deur genl RP During iewers verkeerd geliasseer! Indien iemand kan help met die feite oor die skouerflits sal ek dit waardeer!
8.14 Natal Police, SA Police Van Reenen When reading the old Nongqai’s one sees that Sergt (later Major) AA Wood7 was the Station Commander of the Natal Police at Van Reenen in Colonial times. This was also a border station between the Natal Colony and the Free State Republic. Here is an excerpt from Major Wood’s book: Natal Past & Present about Van Reenen: “SOUTH AFRICAN DUTCH. In the closing period of the South African War, and in the following years I had many contacts with the Dutch farmers, now commonly termed Afrikaners. In Natal they were quiet hospitable people and with very few exceptions showed no bitterness about the war. Very late one afternoon, on the Natal-Orange Free States border, a long way from my police camp at Van Reenen Pass, I met a Dutch farmer, who immediately invited me to stay at his farm nearby. When he showed me into the best bedroom at the farmhouse, I protested; a "shake-down" would do for me. But he insisted and said, “Many tame sheep can sleep in one kraal," intimating that he and his family of a number of children could sleep together. On leaving the next morning he said, “I may see you again; one cannot say, 'Spring I shall not drink at thee again'." A comparatively young man, he evidently 7
His nickname was “Tickbird”.
23
was somewhat of a philosopher. On another occasion I found myself halfway down the Mtintwa Pass in the Ladysmith District in gathering darkness; I was again many miles from Van Reenen and had I not been down the Pass before, but my horse had; I gave him his head, as he evidently knew something; with quickened pace he turned off the road and brought me to a gate; within a very short time we arrived at a farmhouse which was quite invisible from the road. The Dutch farmer welcomed mewould I stay the night? Again I was given after a meal, a spacious bedroom. His family had already retired for the night. In the morning whilst waiting for breakfast in the "sitkamer" (sitting-room), in trooped the children-six or seven of them - from the age of three or so, and in turn solemnly shook hands with me. Certainly in those days (it was in 1909), they were a courteous, kindly people, and for that matter, they are so today. The racial tension is largely brought about by politicians with nationalist ambitions. Extremists arouse high feeling and distrust. This also applies to the African people in cases in which personal ambition and the lure of power become a dangerous factor in the would-be leader.” [Maj AA Wood, 1962: 65 -66.] 8.15 Natal Police HQ Alexandra Rd, Pietermaritzburg This beautiful Victorian Building in Alexandra Rd, Pietermaritzburg, was occupied by the Natal Police during 1891. Upon the disbandment of the SAMR the building became the Natal Divisional HQ of the SA Police during 1921. It is still used as a police station today! The rickshaw has long gone but the guns remain.
9.1 Nuusdagboek: 17 Augustus 1982 – Ruth First sterf in Mosambiek toe sy ’n briefbom oopmaak. 18 Augutus 1863 – Die ZAR se eerste Staatskoerant word gedruk. 19 Augustus 1934 – Hitler kry mandaat by 38 mil Duitsers om titel Fuhrer aan te neem. 20 Augustus 1940 – Dr Leon Troski word in Mexiko vermoor. 21 Augustus 1998 – Oudpres PW Botha word skuldig bevind in die streekshof te George omdat hy versuim om voor die WVK te getuig. 22 Augustus 1952 – Die Ossewabrandwag ontbind na 13 jaar. (Nuusdagboek: Wallis 2000 pp 246 - 251.)
9.2 Die Boekrak 9.2.1 Luit-kol William Marshall het kom kuier en het die volgende boek wat hier afgebeeld word aan my geskenk. Dit is ‘n boek waarop ek baie trots is, want een van ons voormalige kommmissarisse, genl-majoor RJ ‘Bobby’ Palmer was tydens die tweede wereldoorlog aan hierdie Divisie betrokke. Die boek is ‘n aanwins vir enige polisieman of soldaat se boekrak. William het vir my ‘n epos gestuur met sy kontak besonderhede. 24
Hennie, My boek kos R250.00 sonder posgeld en kan by my bestel word. Stuur ‘n epos na mechinf@netactive.co.za Dan stuur ek die bank besonderhede en ek pos die boek. Groete, William Marshall.
9.2.2 Servamus Graag vestig ek die aanddag van ons Veterane en oudlede op die Servamus. Teken gerus in op die Servamus. Brig Lamprecht se artikels oor die reg is steeds puik!
9.3 Resensie: Trou tot die Dood toe – Johan van der Merwe Beste Hennie, Ek het Dinsdag die boek van genl Johan van der Merwe gelees: Om te begin, moet ek ongelukkig ernstige kritiek teen die genl Van der Merwe se skryf/vertelstyl uitbring: As stoere gesinsman behoort hy te weet dat ons sekere verpligtinge in die huis het en nie heeldag met ons neuse in 'n boek kan sit nie! Die Generaal se vloeiende en boeiende styl laat mens net nie toe om jou vinger op 'n plek te plaas waar jy 'n breek kan neem om jou huislike pligte na te kom nie! So, ongeag en nieteenstaande dreigemente van sonder kos en slaapplek gaan, lees mens onophoudelik tot bladsy 426 waar jy skielik teen die oud-kommissarisse vaskyk! Die boek is soos ons genl Van der Merwe ken: Saaklik, eerlik, op die man af, geloofwaardig. Gebeure wat Suid-Afrika gevorm het tot waar ons tans is, word behendig deur genl Van der Merwe behandel. Kommentaar is eerlik en ter sake en dien om 'n volledige agtergrond te skep waarteen besluite en optrede evalueer kan word. Anders as ander soorgelyke boeke, is hierdie nie 25
'n egosentriese verheerliking van 'n selfaangestelde messias nie. Ons kry die geleentheid om ons eie oordeel te vel oor mense en gebeure. Die morele vrae rondom sekere dade van 'n baie klein aantal lede, word soms direk en verder indirek aangespreek. Die behoud van die hoogste morele oorwegings en waardes deur genl Van der Merwe, was vir my 'n riem onder die hart. Dat hy hom tog aan die kant van diĂŠ geskaar het wat, gelei deur opruiende toesprake van politici en dubbelsinnige opdragte, naderhand aanklaer, regter en laksman geword het, onderstreep net die besondere insig en karakter wat van hom 'n groot leier maak. Hy ondersteun daardie persone omdat hy begrip het vir die feilbare mens. (Die 'death squads' in Suid-Amerikaanse lande, is ook gelei deur hul 'geloof' dat hulle doen wat reg is en dat die normale reg nie vinnig of voldoende genoeg geskied nie. Ongelukkig is ook daar gevalle maar mense soms ook bloot om kriminele redes opgetree het.) Die boek bevat ook ligter oomblikke. ET se beroemde groen onderbroek (is dit 'n 'Brand Name' want sommige rugbysplers het ook een daarvan), Boesak se spraaksaamheid, of gebrek daaraan en genl Johan Fourie se metode om 'n sterk saak daar te stel, bring 'n glimlag op. Hierdie is 'n puik boek wat 'n besliste bydrae tot die vaslegging van die geskiedenis van SuidAfrika lewer. Almal behoort dit te lees en selfs my goeie gade het dit nou aangedurf. Willem van der Merwe.
10 NUUS VAN HEINDE EN VERRE 10.1 Nuus uit Kwazulu-Natal: TERUGVOERING OOR MAAND BRAAI - DURBAN
Die braai vir oud polisie kollegas het op Vrydag 13 Augustus 2010 plaasgevind. Daar was heelwat oud vriende te sien en enkele fotos getuig van die goeie gees waaronder die manne hulle vleisie braai. Die wyshede waarmee die manne darem vorendag kom sal net hulle weet, Die volgende braai sal weer op 10 September 2010 te Pinetown plaas vind. [Foto 1: Frans Wilmans en Dana Kruger. Foto 2: Frans Wilmans, Rudy van der Merwe & Eric Moolman. Foto 3: Jimmy Henderson.] NAAMLYS HIERMEE: Boet Nel, Frans Tereblanche, Schalk (Pine) Pienaar, Chips van Rooyen, Frans Wilmans, Eric Moolman, Jimmy Henderson, Dana Kruger, Rudy van der Merwe, Jan Beneke, Nic Pretorius, Rodney Hilligan, Reinier du Rand en Ronnie Winter. Groete DANA. 26
•
Dana lyk my al wat julle in Durban doen is braai!
10.2 Nuus uit die Wes-Kaap gestuur van Hermanuspietersfontein • Genl Hennie Westraat het nog nie die foto’s gestuur nie. Die manne wag vir die foto! 10.3 Nuus uit die VSA Hennie, Ek het koerant nr 11 ontvang en dit verorber met groot genot. Ek besef net weereens die waarde van mense wat dieselfde "taal" as ek kan praat. Ons het getrek van die Denver omgewing en is vir die volgende paar maande in die San Luis Vallei. Hier is dit ongeveer 7500 vt bo seepsieel en vir die eerste dag of wat het dit maar gesukkel om in die dun lug asem te kry of dalk is dit die ouderdom??? Alles van die beste en voorspoed met die koerant. Groete, Robert Brand, Alamosa, Colorado
10.4 Versoek van Australië 10.4 Versoek van Kanada: Ons het geen terugvoer ontvang oor konstabel William Eagle, Fort Edward en die gebeure rondom die Bushveld Carbineers en die aanvalle deur die Boere op die Pretoria-Pietersburg Spoorlyn nie. Beide die Australieres en die Kanadese stel belang in die geskiedenis van die Noord-Transvaal. Behalwe Boon Boonzaaier het op ‘n ander forum ‘n pragtige kaart van die spoorlyn gestuur!
11 POLISIE-POSSAK 11.1 Korrespondensie: 11.1.1 Ontvangs erkennings – Verstrek maar net u rang, naam, stad en land. As u dit reg doen hoef ek net te “plak en te sny”. Die volgende kollegas het ontvangs erken: • Dankie! Groete, Johann de Bruin. •
Baie dankie, Ek het gekry. Jaco Smit.
•
Baie dankie Hennie - Polisiekoerant Nr. 11. Roy.
•
Hi Hennie, Sorry - but past couple of days have been quite busy for me so I didn’t acknowledge receipt immediately. Thanks very much for this Gazette and kind regards. Porra
•
Dankie Hennie, ek het uitgawe 11 ontvang.Groete. Drikus Oosthuizen.
•
Dankie Hennie,Nommer 11 ontvang en van kant tot wal gelees. Baie dankie - groot werk van jou! Groete, Louis Lubbe.
•
Baie dankie vir Polisie koerant 11,Groete , Tobie Tolken.
•
Dankie Hennie, Nr. 11 gekry, Christo Davidson.
•
Baie dankie Hennie.Groete. Pierre van Rensburg.
27
•
Dankie Hennie. Ek het no.11 ontvang. Groetnis: Lt Gen Daan le Roux
11.1.2. Epos- en lekker geselsbriewe 1 Chris van Vuuren - Groete uit Saudi - Weereens dankie vir die boek van Genl Johan. Dit het pas hier gearriveer. Sien uit om n boek in Afrikaans te lees en te geniet ! 2. Baie dankie Hennie, vir die pragtige koerant. Dankie vir die fotos, wat u geplaas het. Ek sal meer van my laat hoor. Jan van Wyk. Oud A/O Spesiale Wageenheid. Ps (Ek verstaan u rede vir die epos adres, Geen probleem. Ons leef in ander era.) • Ek hoor die manne van Namakwaland praat van ‘Jan-Jas’. Waar kom diè naam vandaan? • Het jy vir Piet Haumman groete gestuur? Ons twee het ook saam gewerk. 3. Hullo Hennie, Die bydrae oor die man, Morrow, was die soort ding om ‘n mens se dag te bederf. Volg mens die sleutel wat jy verskaf na die internet dan sien jy dat daar ‘n boek oor sy heldedade geskryf is en dat dit hierdie maand by ‘n boekeskou vrygestel gaan word. Raai watter boek ek nie gaan aanbeveel nie? Mens wonder hoekom so ‘n held nie in Suid-Afrika gebly het nie. Hy kan mos verseker wees van ‘n belangrike pos. Piet Swanepoel. •
Is daar iemand wat hierdie kollega geken het?
4. Vol 1 Nr 11 Ontvang en gedruk....Dankie. Die Selebi artikel was in Huisgenoot omtrent maand en ‘n half terug, net nadat hy skuldig bevind is. Alida van der Linde. •
Kan iemand asb vir my die datum van die Huisgenoot gee waarin die asrtikel verskyn het?
5. Hennie, Ek lees baie lekker – ek sien julle het vir Steve van Rooyen opgespoor maar misgelees waar. Ek en hy was goeie vriende! Sal graag weer wil kontak maak. Groetnis, Peet Bothma. • •
Dis hoog tyd dat jy weer ‘n storie instuur! Jy was een van die voorslagmanne by Dobpol! Ek stuur Steve van Rooyen se besonderhede onder aparte dekking! Groete!
6. Hallo Hennie, het nr 11 ontvang. Baie dankie vir die weeklikse genot wat jy beskikbaar stel. Terugvoer Koerant nr 9 (ietwat laat maar daar is mos nie eintlik iets wat ons aanjaag nie): 6.1. Dit was lekker om weer die name van Amor van Staden en Hennie Faber te hoor, ek dink ook aan manne soos Johnie Coetzee, Tinus Celliers – instukteurs van daardie dae. Sal dit geniet om te hoor waar hulle hulself deesdae bevind. 6.2. Blou en khaki uniform – jy is heeltemal reg, ons was die eerstes wat die khaki langbroek, blou hemp en blou pet gedra het. Ek was in Berede Troep 52, my magnommer was 40622 wat verander het met my heraansluiting na 47814P. 6.3. Arnoldus Mentz se skoonpa, Sers Cooke: Ek het die voorreg gehad om oom Cooke te ken, wat ‘n wonderlike mens! Ek was ook ‘n hoefsmid in Kokstad saam met Sersant Joe Botha (oorlede). Oom Cooke was as tydelike sersant in beheer van Topkamp in 28
Kokstad. In die tyd wat daar nog perde in Kokstad was, was die stalle in Topkamp. 6.4. Aan Christo Davidson baie dankie vir jou groete. Baie groete aan almal en weereens ‘n dankie in hoofletters vir die enorme taak wat jy verrig. Reinier du Rand. (Foto) • Kan iemand vir my asb Arnoldus Mentz se epos laat kry. Ek wil mettertyd ‘n wonderlike verhaal van ‘Sant Cooke in die Namib vertel. 7. Dagsê Hennie - Dankie vir nog ‘n puik uitgawe. Lekker om Toffie Risk se inset te lees. Ek het saam met die span by die ou Burgerspark Hotel gewerk en was op die gang ‘gestasioneer’ waar Andrew Young sy kamer gehad het. Ek wil nie ‘uitpraat’ nie maar daar het daardie nag wat ek gewerk het ‘n paar interesante besoekers by Mnr Young se kamer kom kuier...hy het nog die aand gaan tennis speel by ‘n privaat woning in Laudium. Toffie moet tog ietsie skryf oor ons gesamentlike operasie tydens die destydse Inligtings skandaal en ons waarneming operasie in Menlo Park sowel as sy agtervolgings episode met dieselfde berugte motorfiets agter ‘n Mercedes Sportmotor op die Ben Schoeman Hoofweg!!!Baie groete - Piesang Nel. •
Toffie Risk jy het gehoor, die opdrag het uit die Kaap gekom! Begin asb skryf en moet nie vergeet om jou verhaal van die Volkskasbankbeleg vir my te stuur nie. Dit was ‘n dag met baie fasette. Dana Kruger het my sy storie gestuur van daardie dag! Ek is ook besig om ‘n paar ander manne se herinneringe ook te kry!
8. Hallo Hennie, groot was my verbasing toe ek vanmiddag my pos lees om van Gert Coetzee die koerant te ontvang. Dit is lekker om van die oudkollegas te lees. Ek en my vrou Ans (Christine is reeds in 2005 oorlede) woon op Franskraal, Gansbaai. Ek het gedurende Maart 1995 as brigadier hier kom vestig na aftrede. Ek is reeds sedert 2000 ‘n DA raadslid en sedert verlede jaar Uitvoerende Onder Burgemeester in die Overstrand munisipaliteit. Ons hoofkantoor is te Hermanus en ek sien gereeld vir genl. Hennie Westraat en brig. Hannes Erasmus. Ek sal later ‘n behoorlike brief skryf. Groete, en sterkte met die pragtige werk wat jy vir jouself mee opgesaal het. Pieter Scholtz •
Ons innige simpatie met Christine (al is dit laat)! Dankie vir jou tweede brief Pieter. Ek vra maar die ou manne om die koerant te versprei – ek moet bieg ek ken nie vir Gert Coetzee nie. Ons hoor graag van al ons lesers!
9. Dag sê, Ek het die koerant dmv ‘n kollega op internet al verskeie gelees en vind dit baie positief en insiggewend.Sal u asb dit ook vir my e-pos asb. Jf Bosch. 10. Dagsê Hennie, Dankie vir ‘n pragtige koerant. Jy weet as ek so deur die koerant blaai dan dink ek terug onder watse yster-bevelvoerders ek gewerk het, D/K s en P/Ks wat wêreldwys was. Die kennis en ervaring is vir goed weg - lede in die nuwe SAPD het ‘n geweldige gaping wat dit aan betref. Grte - Brig Chris Schoeman.
11.2 Oproepe Dit was my voorreg hierdie week om oor Radio Pretoria te gesels en daarna met talle lede van die publiek te gesels – van “ou” manne (toevallig is twee van die manne 82 jr oud wat ‘n jaar of twee in die SAP gedien het) wat donasies wil maak en wel gemaak het. Die een Oom was saam 29
met genl DK Genis op skool in die Sandveld en het besluit om ‘n aansielike bedrag vir die OudSAP-Lede Trust te skenk. Selfs lede van die publiek gee vir die Trust geld. Een van die manne wat ek moet uitsonder is Katmuis Conradie – hy het Donderdag geskakel. Ons twee sal vir die legendariese Mof Myburg gaan besoek en u groete aan Mof oordra. Lappe Laubscher – joernalis en geskiedkundige - Ek was met Lappe Laubscher in verbinding: “Beste Lappe, Ek gee weekliks so 'n polisiekoerant uit - ons fokus op polisiegeskiedenis en die veterane - stel jy belang om kopie te ontvang? Vriendelike groete.” Lappe antwoord: “Hennie, My verlore vriend. Natuurlik stel ek belang. My gesondheid was die afgelope tyd nie wat dit moet wees nie en ek het my ou vriende vreeslik afgeskeep. Nou weer fiks. So asseblief. En sterkte met jou koerant. Ek het ongelukkig nou die aand se program met jou, Mike Geldenhuys en Johan vd Merwe op Radio Pretoria gemis. Daaroor is ek regtig spyt. Groetnis, Lappe. •
Baie dankie Lappe, en hartlik welkom. Mag jy net goeie gesondheid geniet! Ek hoop jy sal ook so hier en daar ‘n geskiedkundige- en sport bydrae lewer!
11.3 Besoekers Luit-kol William Marshall (SANW) het kom kuier. Die man se geskiedkundige kennis oor die SAP beindruk my geweldig. William en ek het dadelik aanklank by mekaar gevind en baie lekker gesels oor die SAP en sy program “Vleuels” wat op Radio Pretoria aangebied word. Hy is nou in die plek van Sakkie van der Merwe. Hy sê hy belowe hy sal die SAP ook blootstelling op “Vleuels” gee. Dr Chris van Ginkel het ook hier ingeval – hy skuld my twee stories: Die bom wat hy, as skoolkind, by sy skool gevind het en die arrestasie van sekere mense deur die SA Polisie te Libertas. Chris se skoonmoeder is ‘n kleindogter van pres MT Steyn en sy vrou is ook ‘n oudDurbaniet – sy is ‘n Dirkie Uyser en die dogter van ds Stofberg van die Fynnlands NG Kerk.
11.4 Besoeke gebring Willie du Plessis en ek het sy nuwe braaiplek in Standerton ingewy en ons het so paar draaie gery van Standerton na Volksrust, Ladysmith, Van Reenen, Swinbuene, Harrismith, Warden, Vrede en terug na Standerton. Op pad terug Pretoria toe het ek by genl Mike Geldenhuys aangedoen. Ek en die Generaal is besig om sy herinneringe te boekstaaf.
12. REGSPLEGING, NASIONALE VEILIGHEID POLISIE EN DIE PERS 12 LAW ENFORCEMENT, NATIONAL SECURITY, POLICE AND MEDIA 12.1 Defence Web reports SANDF steps up border control – see http://www.defenceweb.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=9284:sandfsteps-up-border-control&catid=54:Governance&Itemid=118 30
12.2 Praag 12.2.1. Uit Praag se stal verskyn die volgende interessante berig wat van strategiese waarde is: Bamboesgordyn vir Uncle San gespan? Kliek op: http://praag.co.za/nuus-magazine-402/sakemagazine-398/8701-bamboesgordyn-vir-uncle-sangespan.html?utm_source=feedburner&utm_medium=email&utm_campaign=Feed%3A+praag+ %28Pro-Afrikaanse+Aksiegroep%29 12.2.1 Ekonomie: Japen steek China verby. Kliek op: http://praag.co.za/nuus-magazine402/sake-magazine-398/8694-china-steek-japanverby.html?utm_source=feedburner&utm_medium=email&utm_campaign=Feed%3A+praag+% 28Pro-Afrikaanse+Aksiegroep%29 12.2.2 Afrikanerskole ontwrig deur intimidasie - http://praag.co.za/nuus-magazine402/afrikaanse-nuus-magazine-401/8708-afrikanerskole-ontwrig-deurintimidasie.html?utm_source=feedburner&utm_medium=email&utm_campaign=Feed%3A+praa g+%28Pro-Afrikaanse+Aksiegroep%29 13. HENNIE SE LESSENAAR / HENNIE’S DESK Daar is net drie punte op my agenda 1. Post Mortem: Die jaarlikse gedenkdiens/kranslegging by die Voortrekkermonument. Die ‘ou’ SA Polisie het geskitter in sy afwesigheid. Die ‘ou’ SASP onder leiding van brig Ronnie Beyl het ’n krans namens die lede van die SASP, wat tydens die bosoorlog gesterf het, gelê. Ek maak die afleiding dat oud-Koevoet-lede ook die gedenkdiens en kranslegging bygewoon het omdat Leon Bezuidenhout betrokke is by Vingerkraal. Ook het ek Shorty van Koevoet op ‘n TV-nuus berig gesien. Die nodige kennisgewing is versprei dmv die Polisiekoerant. Geen lid van die ou-SAP het gereageer nie. Genl Gert Opperman het my geskakel om te verneem wat aangaan en ek het daarna verskeie SAP-generaals geskakel - maar niemand was beskikbaar om op te tree nie. Ek het ook met luit-genl Colin Steyn gepraat en daarna sy kontak besonderhede deurgegee aan die monument se HUB. Ek wou nie voorbarig wees en ’n krans self gaan lê nie! Indien die Here Wil, Deo Volenti, sal ek aanstaande jaar tydens die gedenksdiens myself beskikbaar stel om ’n krans te lê of ek sal sorg dat iemand hoër as ek, daar is om die funksie te vervul! Kollegas – ons moet opruk en hierdie diens a.s. jaar gaan bywoon – ons mag nie ons kollegas wat gesterf het vergeet nie! 2. Ek geniet dit om die Polisiekoerant saam te stel – ’n klein versoek: U het almal verklarings gemaak of “pos” onderteken, geliewe u epos af te sluit met die volgende: u rang (opsioneel), naam, van en plek – indien dit in die buiteland is, voeg die land asb by. Enige brief aan die pers moet aan daardie vereistes voldoen. Ek ‘plak en sny’ die eposse en dit maak die samestelling van die koerant vir my baie makliker. Dankie vir u hulp in hierdie verband. 3. Om die Kampvuur: Ons moet ’n laat-ontbyt of ’n braai vir middagete rëel: Daar is so veel onkunde oor die konflik van die verlede. Graag stel ek voor dat ons so ontmoeting rëel waar genl’s Mike Geldenhuys, Johan van der Merwe en ander oud-senior lede ‘n bietjie met SAPveterane en polisie-vriende kan gesels en voorlig – ‘n “fire-side-chat” en terselfdertyd kan ons bietjie fondse, met so ’n ete, vir die oud-SAP-trust insamel. Ons soek ’n plek, ’n lekker 31
tradisionele spyskaart, ’n spitsvondige seremoniemeester, goeie vriende en ’n wins! Ons behoort so iets nie tot Pretoria te beperk nie! Ek dink daar is baie mense met vrae in die gemoed. Laat ons u gedagtes kry vir so ’n mannedag! 14. HUMOR IN UNIFORM 1. As die polisie ‘n “Baron von Münchhausen” gehad het, was dit ‘n sekere a/o Ras van Durban wat bekendheid met sy staaltjies verwerf het.
14.1 Die Jaagtog met die Harley-Davidson met syspan Dit gebeur maar in elke polisieman se loopbaan dat ’n verdagte, booswig of inbreker weghardloop, vlug of weerstand bied. So kom dit dat die jong konstabel Ras eendag iemand moet injaag. Hy jaag hom toe met die Harley Davidson en syspan. Mnr Ras vertel: “Terwyl ek hom jaag sien ek die man hardloop so na die lyndraad se kant toe. Maar ek is reg vir die man want ek het sy plan gesien! Toe hy deurgeklim het, lig ek die Harley op! En ons gly oor die omheining! Maar elende wag vir my. Aan die anderkant van die heining is ’n diep sloot wat ek nie gesien het nie. ... ’n Groot Swartmamba wat daar gejag het, hoor die Harley en staan ewe reg op!! Reg om te pik! Maar so in die vlug haal ek my Webley uit en skiet hom mooi netjies tussen die oë!! Ek plaas my Webley terug in my holster en hervat die vlug deur die lug. Ek land aan die anderkant van die sloot en hervat die jaagtog op vaste aarde – binne ’n ommesientjie het ek die man aangekeer. ....” •
Volgende week – konst Ras is laat vir diens!
14.2 Brig Johnnie Zinserling: WISDOM FROM TRAINING MANUALS 'If the enemy is in range, so are you.' - Infantry Journal'It is generally inadvisable to eject directly over the area you just bombed.' - US.Air Force Manual – 'Whoever said the pen is mightier than the sword, obviously never encountered automatic weapons.' - General MacArthur – 'You, you, and you ... Panic. The rest of you, come with me.' - Infantry Sgt.-
'Five second fuses last about three seconds.' - Infantry Journal -
The three most useless things in aviation are: Fuel in the bowser; Runway behind you; and Air above you. -Basic Flight Training Manual'Any ship can be a minesweeper. Once.' - Naval Ops Manual 'Never tell the Platoon Sergeant you have nothing to do.' - Unknown Infantry Recruit-
'Tracers work both ways.' - Army Ordnance Manual32
'If you see a bomb technician running, try to keep up to him.' - Infantry Journal'Yea, Though I Fly Through the Valley of the Shadow of Death, I Shall Fear No Evil. For I am at 50,000 Feet and Climbing.' - Sign over SR71 Wing Ops'You've never been lost until you've been lost at Mach 3.' - Paul F. Crickmore (SR71 test pilot)'The only time you have too much fuel is when you're on fire.' -Unknown Author'If the wings are traveling faster than the fuselage it has to be a helicopter -- and therefore, unsafe.' - Fixed Wing Pilot'When one engine fails on a twin-engine airplane, you always have enough power left to get you to the scene of the crash.' -Multi-Engine Training Manual'Without ammunition, the Air Force is just an expensive flying club.' -Unknown Author'If you hear me yell;"Eject, Eject, Eject!", the last two will be echos.' If you stop to ask "Why?", you'll be talking to yourself, because by then you'll be the pilot.' -Pre-flight Briefing from a Canadian F104 Pilot-
'What is the similarity between air traffic controllers and pilots? If a pilot screws up, the pilot dies; but If ATC screws up, .... the pilot dies.' -Sign over Control Tower Door'Never trade luck for skill.' -Author UnknownThe three most common expressions (or famous last words) in military aviation are:'Did you feel that?' 'What's that noise? and ' Oh Shit!' -Authors Unknown'Airspeed, altitude and brains. Two are always needed to successfully complete the flight.' -Basic Flight Training Manual'Flying the airplane is more important than radioing your plight to a person on the ground incapable of understanding or doing anything about it.' - Emergency Checklist'The Piper Cub is the safest airplane in the world; it can just barely kill you.' - Attributed to Max Stanley (Northrop test pilot) – 'There is no reason to fly through a thunderstorm in peacetime.' -Sign over Squadron Ops Desk at DavisMontham AFB, AZ'You know that your landing gear is up and locked when it takes full power to taxi to the terminal.' - Lead-in Fighter Training Manual –
33
As the test pilot climbs out of the experimental aircraft,having torn off the wings and tail in the crash landing, the crash truck arrives.The rescuer sees the bloodied pilot and asks,'What happened?' 'I don't know, I just got here myself!'
15. NETWERK & “KOM ONS ONDERSTEUN MEKAAR” 15.1 Pretstap: Gert Opperman (HUB – Voortrekkermonument) laat weet: “Moet asb nie die pretstap vergeet nie! Laat weet al julle vriende en kom stap saam. [Sien bylaag van die VTM.] 15.2 Eiendom te Huur: Ds C-J du Bruyn: Weet jy dalk van enige persone of instansie in die mediese beroepsveld wat 1 km vanaf Eugene Marais Hospitaal 'n eiendom sal wil huur ? 15.3 Wonder-Kersmark: Beste Vriend/Vriendin - Help asseblief met die bemarking van ons Wonder-Kersmark. Dank by voorbaat. Ds Carel-Johann de Bruin. Wonder-Kersmark: Saterdag 30 Oktober 2010 - Hervormde Kerk Wonderboompoort, Eloffsdal, Pretoria. (Naby Eugene Marais Hospitaal).09:00-15:00.Uitstallers @ R50 (of enige groter donasie aan kerk), wins is joune. Betaal op 30 Oktober by kassier. Bespreek by 0827333951 of cjdb@vodamail.co.za - Gee asb. volledige beskrywing van goedere wat verkoop sal word. Kerk verkoop vetkoek, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding, tee & koek, tuisgebak, lekkers en koeldrank. ‘Wonder Christmas Market’ - 30 October 2010 Hervormde Church Wonderboompoort, Eloffsdal, Pretoria. 09:00-15:00 @ R50 stalls available (Pay your R50 or any larger donation on the 30th Oct.) The church is selling food like pannekoek, vetkoek, cake and tea, etc.Booking 0827333951 or cjdb@vodamail.co.za
• Uitstekende geleentheid om boeke te verkoop! 16. VOLGENDE UITGAWE: DV 29 Augustus 2010 17. SLOT Stuur asb u artikels en briewe vroegtydig in voor Woensdag asb. Stuur sommer u foto saam! Ons wil mos sien hoe die kolleags lyk/gelyk het. Geniet u week verder!Kontak gerus ons argivaris, Marius Avenant (kyk voorblad) vir advies om vorige uitgawes op te roep. Groete / Greetings Saluut/ Salute
U wabestuurder en wyksersant – Your Van Driver & Section Sergeant No 43630(M) Hennie Heymans. © 2010
34