Nongqai Vol 11 No 1B

Page 1

1


NONGQAI : VOL 11 NO 1B Table of Contents VOORWOORD: GENL. MAJ. JOHAN BOOYSEN ......................................................................... 3 ADMINISTRATION | ADMINISTRASIE ........................................................................................... 4 Publisher | Uitgewer .................................................................................................................. 4 Contact Details | Kontakbesonderhede ..................................................................................... 4 Aim | Doel .................................................................................................................................. 4 Policy | Beleid ............................................................................................................................ 4 Welcome | Welkom: HBH .......................................................................................................... 4 •

Oorsprong van die inligting: HBH ........................................................................................ 5

Spanpoging: HBH ............................................................................................................... 5

Onsigbare faktore: HBH ...................................................................................................... 5

VOORBLAD .................................................................................................................................... 6 Die lewe van ‘n deurwinterde speurder: Oud-speurder-adjudant-offisier Daan van der Watt soos vasgelê in sy plakboek ......................................................................................................... 7 Debat op Facebook ................................................................................................................. 85 Kry die honde! Kry die honde! ............................................................................................. 87

2


DIE GLORIEJARE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIEMAG EN THE OTHER SIDE OF THE STORY .......................................................................................................................................... 88 PLAKBOEK: VAN KAALVOETSEUN TOT KOMMISSARIS ........................................................ 89 FOTO’S BENODIG ........................................................................................................................ 90 INDEMNITY & © | VRYWARING & ©............................................................................................ 90 End | Slot ................................................................................................................................. 90

VOORWOORD: GENL. MAJ. JOHAN BOOYSEN Die befaamde speurder, Sherlock Holmes, se assistent, dr. Watson, het eendag tydens die ondersoek van ʼn moord vir Holmes gevra waarna hy soek? “Ek weet nie - maar as ek dit vind sal ek weet,” het Holmes geantwoord. Ek dink dit was Gary Player wat gesê het “Hoe harder ek oefen - hoe gelukkiger raak ek.” Speurder-adjudant-offisier Daan van der Watt se roemryke loopbaan laat my onwillekeurig aan hierdie twee kwinkslae dink. Hy was beslis ʼn speurder wat ‘gesoek’ het tot hy sy man gekry het. Hy het sy taak passievol aangepak en daarom was die geluk hom soms ter wille. Daan versinnebeeld alles wat ʼn goeie speurder is. Flink van begrip, passievol, deursettingsvermoë en ʼn skerp waarnemingsvermoë, om dinge te identifiseer wat nie rym nie, aangevoer deur ʼn begeerte om sy medemens te dien. Dit is opsigtelik dat Daan ʼn spanmens was. Op sy stil manier het hy sy merk as ʼn speurder gemaak. As bevelvoerder vir bykans veertig jaar, weet ek sy soort is yl gesaai. Takbevelvoerders wedywer om speurders soos Daan vir hulle eenhede te werf want hulle werksetiek inspireer die res van die personeel. Telkens gaan dit gepaard met ʼn bietjie afguns, maar Daan het duidelik nie toegelaat dat struikelblokke hom laat onderkry nie. Vir hom was dit altyd hef aan ter wille van sy medemens. Uit die pen van Jan FE Celliers dan: “Stil broers, daar gaan ʼn man verby.” Genl Booysen verskyn regs op die foto. Hy het vir Lord Peter Hain (links) ‘n kopie van sy boek oor korrupsie in die RSA geskenk. U sal nog meer oor genl. Booysen en sy stryd teen korrupsie hoor.

3


ADMINISTRATION | ADMINISTRASIE

Publisher | Uitgewer The Nongqai is compiled by Hennie Heymans (HBH) a retired Brigadier of the late South African Police Force and this e-magazine is published on ISSUU. Hennie lives in Pretoria, ZA. He is passionate about our police-, military- and national security history and holds a MA-degree in National Strategic Studies. Any opinions expressed by him, are entirely his own. Die Nongqai word saamgestel deur Hennie Heymans (HBH), 'n afgetrede brigadier van die voormalige Suid-Afrikaanse Polisiemag en hierdie e-tydskrif word op ISSUU gepubliseer. Hennie woon in Pretoria, ZA. Hy is passievol oor ons polisie-, militêre- en nasionale veiligheidsgeskiedenis en het 'n MA-graad in Nasionale Strategiese Studies verwerf. Enige menings wat hy uitspreek, is uitsluitlik sy eie.

Contact Details | Kontakbesonderhede

Aim | Doel Our goal is to collect and record our national security history for publication in the Nongqai for future generations. Ons doel is om die nasionale veiligheidsgeskiedenis in die Nongqai aan te teken en so vir die nageslagte bewaar.

Onthou, skryf u storie, soms kan ons net op u geskrewe weergawe terugval want dit is al wat daar is. Deel u SAP- en SAW-foto’s met ons!

Policy | Beleid We publish the articles and stories as we receive them from our correspondents; we only correct the spelling mistakes. It's important to publish the stories in the form and context as we receive them from our correspondents. Policemen and defence personnel have their own language. We are not a scientific or literary journal. We only work with historical building blocks. Ons gebruik die artikels en stories soos ons dit van ons korrespondente ontvang; ons maak slegs die spelfoute reg. Dis belangrik om die stories te bewaar in die vorm en in die konteks soos ons dit ontvang. Lede van die veiligheidsmagte het hul eie taal en ons moet dit ook so aanteken. Ons is nie ‘n letterkundige of wetenskaplike joernaal nie. Ons werk slegs met die boustene van geskiedenis.

Welcome | Welkom: HBH Baie welkom by hierdie buitengewone uitgawe. Die uitgawe het betrekking op die werk en suksesse van een speurder, nl. oud-SAO Daan van der Watt, wat die KOD-takbevelvoerder te SAP Fairlands was. Fairlands is aan die noorde van die Goudstad geleë. Vir my is die speurders ‘n besondere spesie. Ek is geen speurder, derhalwe het ek genl. maj. Johan Booysen gevra om ‘n voorwoord te skryf. As voormalige stasiebevelvoerder, veiligheidsman en distrikskommissaris het ek verskeie indrukwekkende dossiere besigtig. 4


• Oorsprong van die inligting: HBH Tydens ‘n besoek aan die Bosveld saam met ander oud-polisiekollegas was ons tuis by die Bosveldvakansiehuis van Daan van der Watt. Ek het op sy ongeordende perssnitte afgekom. Alhoewel nie chronologies geliasseer nie en baie datums ontbreek, het ek dadelik die historiese waarde van die versameling besef. Die totale versameling sonder datums vertel sy eie storie. Dit was ‘n openbaring om die ou skêrsnitte te besigtig en ek is weggevoer na die “ou dae” toe ons ‘n keurkorps was – die beste polisiemag in Afrika. Ek het besef dat die versameling van Daan van der Watt se werk as speurder belangrik is, want so was dit maar by meeste stasies. Die jong speurder en student in polisiekunde kan hier lees en baie leer.

• Spanpoging: HBH Polisiewerk, en dit sluit speurwerk in, is ‘n geweldige spanpoging van alle vertakkings van die Mag en steun die speurder ook op beriggewers asook op die publiek om hom van leidrade en getuienis te voorsien. Ek het ook opgemerk dat die media hom ten volle in die uitvoering van sy veelvoudige speurpligte ondersteun het. Dadelik maak ek die afleiding dat hierdie speurder nie alleen met openbare goedkeuring gefunksioneer het nie, maar dat hy ook die media se goedkeuring geniet het en derhalwe het hulle hom gesteun en sy suksesse bemark.

• Onsigbare faktore: HBH Een van die belangrikste in die faktore in speurwerk is die onsigbare faktore bv. die ondersteuning deur die speurder se gade. Speurwerk word nie tydens normale kantoorure beoefen nie, maar wel na 17:00 tot in die vroeë oggendure. Hier speel die rol van die polisieman en speurder se gade ‘n deurslaggewende rol. Sonder haar steun kan die polisieman of speurder nie behoorlik funksioneer nie. Baie keer as sy verjaar, of die kinders word siek, is hy bv. besig met ‘n moordsaak wat pas na normale kantoorure plaasgevind het. Hy moet dan alles los en na die misdaadtoneel haas. Hoe kan ons ooit ons gades vergoed vir die verwaarlosing deur die jare? ‘n Polisieman en speurder verrig sy taak met passie! Hy stel nie belang in geld nie, nee, hy stel daarin belang om misdadigers voor die hof te bring. ‘n Speurder het nie ‘n “huis” nie, hy is meeste van die tyd op straat. Nog ‘n onsigbare faktor is die wil en die strategie wat die speurder openbaar om sy gemeenskap veilig te maak en veilig te hou. Hierdie wil en strategie om ‘n suksesvolle speurder te wees is beide ‘n kuns en ‘n wetenskap. Hy moet dink hoe om die misdadiger vas te trek – daarvoor maak hy optimaal van alle hulpbronne tot sy beskikking gebruik. Soms sukkel hy met sy seniors om beriggewersfooie goed te keur. Baie keer kan die beriggewer ure spandeer sonder enige tasbare bewyse of sukses. Hy moet dan vergoed word vir sy moeite. Baie keer “koop” hy die beriggewer se welwillendheid en toon hy sy lojaliteit om die beriggewer op ander terreine behulpsaam te wees. Die speurder moet op sy voorgevoel (“gut-feeling”) reageer. ‘n Speurder vertel my hulle woon een aand ‘n moordtoneel by en ry terug na die stasie en die swart kollega sê: “Kyk daardie voorhekkie staan oop!” Hulle hou stil en betree die erf. Hulle stap na die bediendekamer en klop. Die inwoner maak oop en dadelik erken hy dat hy die moord gepleeg het! Saak opgelos sonder enige werklike ondersoek. Die speurder het op sy instink gereageer. Natuurlik is geloof ook ‘n baie belangrike faktor. Diegene wat glo, bid baie vir wysheid en insig. As mens moedeloos word, help dit soms om te bid. Uitkoms is soms so naby! Die speurder is iemand met integriteit en iemand wat maklik vriende maak en gou die vertroue van mense wen. Hy is iemand wat goed in ‘n span saam met ander kollegas en die publiek werk. So speurder is nie alleen wys nie, maar ook baie intelligent. In die hof kom hy te staan teen die beste 5


advokate. Hy moet sy saak bewys en hy moet die reg baie goed ken. Die speurder moet eerlik en geloofwaardig wees anders kan hy nie in die hof getuig nie. Hy moet empatie aan die slagoffer betoon. Die speurder is iemand wat al die feite voor die hof. Deur die jare leer die speurder elke dag, hy ken later al die kunsies wat die kriminele gebruik. So vorder die speurder en word hy ‘n deurwinterde ervare speurder, ‘n waardevolle persoon vir die Mag. Die speurder word ook gekenmerk deur sy fyn waarnemingsvermoë en sin vir humor – Daan lag altyd!

VOORBLAD Op ons voorblad verskyn oud-SAO Daan van der Watt (KOD Fairlands) en sy gade, Jakkie. Hulle is 43 jaar lank getroud. Op die foto is hul kleinkind, Ruzaan wat in Tanzanië saam met haar ouers woon. Na jare van ondersoekwerk wens ons hom en Jakkie ‘n vreugdevolle tyd saam, toe.

6


Die lewe van ‘n deurwinterde speurder: Oud-speurder-adjudantoffisier Daan van der Watt soos vasgelĂŞ in sy plakboek

7


8


9


10


11


12


13


14


15


16


17


18


19


20


21


22


23


24


25


26


27


28


29


30


31


32


33


34


35


36


37


38


39


40


41


42


43


44


45


46


47


48


49


50


51


52


53


54


55


56


57


58


59


60


61


62


63


64


65


66


67


68


69


70


71


72


73


74


75


76


77


78


79


80


81


82


83


84


Debat op Facebook

85


86


Kry die honde! Kry die honde! SAO. Daan van der Watt Aan die begin van die tagtigerjare was daar vreeslik baie sersante en adjudantoffisiere in die WesKaap. Daar is 'n opname gemaak en is bevind dat 'n oorskot van mannekrag in dié range in die Wes-Kaap is. Daar is verder bevind die manne skryf nie bevorderingseksamens nie, uit vrees dat hulle daarna verplaas sou word. Daar is verder vasgestel dat daar ‘n groot tekort aan sersante en adjudantoffisiere in die gebiede Johannesburg, Hillbrow en Witwatersrand, ondervind is. Daar is toe 84 polisiebeamptes in die WesKaap en distrikte uitgekies wat verplaas moes word na Afdeling Witwatersrand. Van die 84 wat verplaas is, het sowat die helfte ontslag geneem omdat hulle besluit het om eerder uit die polisie te bedank as om ‘n verplasing na die Witwatersrand te aanvaar. ‘n Handjie vol het darem wel in die afdeling aangekom. Daardie jare was ek takbevelvoerder op Fairland. Onder die nuwe lede wat by my aangekom het, was onder meer ‘n egpaar waarvan beide lede van die polisie was. Beide was sersante wat van Lambertsbaai na my stasie verplaas is. Hulle was nog nooit op enige ander stasie gestasioneer as Lambertsbaai nie. Die opset in Johannesburg was totaal anders as waaraan hulle op die platteland gewoond was. Dit was omtrent die derde dag na die egpaar se aankoms by my stasie en terwyl ons almal by die petrolpomp gestaan het, toe die oproep deurgekom het dat daar inbrekers besig is om by ‘n huis direk langs die Randburgse gholfklub, in te breek. Ons het in twee voertuie gespring en na die misdaadtoneel gejaag. Sers. Louis de Klerk en sy vrou was onder die lede wat na die toneel gejaag het. Dit was die twee se eerste optrede sedert hul aankoms in Johannesburg. Toe ons voor die huis stop, kom die een inbreker met ‘n mikrogolfoond in sy hande, uit die huis gestap. Hy sien die polisievoertuie voor die huis en hy gooi die mikrogolfoond net daar neer en hardloop om die huis. Ek het dadelik besef as hulle eers oor die heining spring en in die gholfbaan inhardloop, is hulle weg. Ek hardloop agter die inbreker aan met die sersant wat saam met my hardloop. So in die hardloop skreeu ek vir hom “Louis, kry die honde, kry die honde! Dit is toe dat die inbrekers oor die heining vlieg met ons agter hulle aan. So in die hardloop gee ek die handradio vir Louis sodat hy die honde-eenheid kan laat kom. Louis gee die handradio net so een kyk, hardloop ‘n endjie verder en toe sit hy die radio op die tuinstel wat daar gestaan het, se tafel neer. Ek dink toe nog nou maar hoe gaan die man die honde-eenheid in die hande kry as hy die radio daar neersit. In elk geval, ons konsentreer toe maar op die inbrekers en ons vang hulle gelukkig. Ons keer toe met die inbrekers terug na die klubhuis, maar Louis is net weg. Almal het gewonder wat van hom geword het. Ons het so vyftien minute daar vir hom gewag, maar hy was net eenvoudig veg, daar was geen spoor van hom nie. Toe skielik kom Louis aangestap. Ek wou dadelik by hom weet wat van hom geword het, waar was hy gewees. Daar kom die antwoord toe: "Adjudant, ek kon die een hond vang maar die ander een nie" Toe kom ek agter hy het die huiseienaar se honde, wat totaal verbouereerd geraak het toe die inbrekers die huis se ruite stukkend geslaan het, gejaag en kon net een van die honde vang, die ander een was te vinnig vir hom. Die storie is opgeneem in die boek: Gloriejare van die SAP

87


DIE GLORIEJARE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIEMAG EN THE OTHER SIDE OF THE STORY Die volgende boeke is nog beskikbaar:

88


PLAKBOEK: VAN KAALVOETSEUN TOT KOMMISSARIS

89


FOTO’S BENODIG

Enige foto’s van die SA Polisie, SA Weermag of Spoorwegpolisie word ook benodig.

INDEMNITY & © | VRYWARING & ©

End | Slot Dear reader Please note that in this quasi-historical magazine we make use of various sources and consequently it is obvious that the document contains various diverse and personal opinions of different people and the author of the Nongqai cannot be held responsible or be liable in his personal capacity. Geagte leser Vir hierdie kwasiehistoriese tydskrif maak ons van verskeie bronne gebruik en bevat die dokument uiteraard uiteenlopende en diverse persoonlike menings van verskillende persone en die opsteller van die Nongqai kan nie in sy persoonlike hoedanigheid daarvoor verantwoordelik of aanspreeklik gehou word nie.

Brig. Hennie Heymans: No 43630K (B) © HB Heymans 2020.

90


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.