16 minute read
THE 1970 RADIO FREEDOM BROADCAST
One evening in 1970 during my S A Police Border duty days in the Caprivi at Bwabwata I tuned into a Radio Freedom broadcast. What I heard was how the BIGEST onslaught was being planned on the Apartheid regime. I was shocked! I remembered sitting on a stage as a youngster and listening to B.J. Vorster speech attacking the old United Party’s checkers policy. I still wonder why I never grasped the opportunity to ask B.J. Vorster what price the white South African youth must pay while he was waving his finger around during his speech. The radio announced that there was a gathering of Revolutionary leaders attending a meeting in a West African country. Those attending were Joe Slovo, Gadhafi, Arafat, Castro and members of banned political parties. The meeting made the following announcement: “We are pre-
pared to indoctrinate a sixyear-old child with Revolutionary ideology and are prepared to wait for 30 years.”
Advertisement
On 23 March 1964 I joined the S A Police in Cradock my father was Warrant Officer J. Delport who enrolled the first non-white police Reservist unit in the Eastern Cape. Later years I followed the unfolding political events taking place in Cradock. A drunken police brutality incident involving the death of a young black male sickened me emotionally. Warning bells started to ring to say that there was something terribly wrong in Cradock. Rev Canon James Calata (Whose late father was the Secretary-General of the ANC) became the mentor of Matthew Goniwe who was a teacher at a local township high school. He was the first to organize political ANC cells. Later he organized underground military structures. He was targeted by the Security Forces to be assassinated. Matthew Goniwe, Sparrow Mkonto, Sicelo Mhlauli and Fort Calata known as the Cradock 4 were presumably killed on the night of the 27 June 1985. I was informed by an old colleague Hendrik Momberg who was the official photographer of the Security Branch that the black student riots and protest actions that took place in the Cradock township were the biggest and longest civil unrest that later also spread to GraaffReinet.
The truth is, with the youth involvement in civil unrest is that they only had to wait 24 years for the South African political change in 1994. Dennis Delport.
RESCUE OF A STRANDED SA POLICE BOAT ON THE ZAMBEZI RIVER AT MANA POOLS
Dennis Delport Sgt 44786E
In 1971 I kept a diary of my daily experiences during my border duty in the Zambezi valley. On the 16th March 1971 the section did a 7mile patrol along the Zambezi river. We were picked up by boat and transported up stream in the Zambezi river to an island. On the island the patrol struggled for about 5 miles in the dense high reeds and grass vegetation. After a long day and a 12-mile patrol the section arrived back at the SAP camp at 18:00. I introduced myself to the new boatsman and inquired in what town was he stationed and if he had any experience in handling a Jet wing boat with an inboard engine. I was surprised to hear he was from Molteno a small town in the NE Cape. I grew up in Molteno and my farther was the local SA Police station commander. Further he informed me that he had no marine boat experience. The Zambezi River is a dangerous river to navigate on by boat. I informed my section that an unexperienced person was in charge of a boat and that problems would arise.
(Continued from page 91)
One afternoon when our section was on camp duty at Mana Pools a radio message was received to inform that an SAP boat had an engine mechanical failure and had drifted into Zambian territory. The local game warden would assist in the recovery of the boat. From Mana Pools we set off down stream in island in the Zambezi River. the Zambezi river. The reality of the width of the mighty Zambezi River became a reality when you are in the middle of the river and for kilometers you just see water with no land visible.We had to stop on a sand bank in the middle of the Zambezi River near a herd of hippo to replace a The SAP boat was towed back to Mana Pools where it was repaired. There was a second incident when the SAP boat had an engine failure with Major van Wyk on board. They had to stay on the boat all night and endure the mosquitoes. broken propellor pin. The strand- Dennis Delport. Sgt 44786E ed SAP boat was found at an
Above and below: Boat Rescue Mission into Zambia 1971
(Die outeur van hierdie artikel vra om verskoning vir die gebruik van die woord “mal”. Dit word gebruik om die historiese outentisiteit van die verloop van die vertelling te verhoog asook om die wetenskaplike differensiasie van die siektetoestand aan die leser oor te dra). Hoe konsekwent is die gemeenskap se waardes, het ek al vroeër dikwels gewonder. Dán is iets teen die wet, dán nie. Nouja, as daar 'n rede is waarom iets onwettig is, is daar seker 'n rede. Een van die dinge waaroor ek egter gewonder het, is die gewettigde gebruik van dagga dwarsoor die wêreld. In SuidAfrika het die beginsel met betrekking tot privaatheid, dit maklik gemaak vir die meeste mense om Dagga te gebruik. (Dan is jy ‘n skelm, dan nie(!)). My oom was ‘n speurder in Parys in die Vrystaat in die veertiger-vyftiger jare. Die Vaalrivier loop deur die dorp en was altyd ‘n gewilde vakansieoord. Baie mense vanaf die Rand het naweke hier ‘n rondawel bespreek of kom kampeer. Dit was ‘n mooi plek en ideaal vir ‘n kort of lang vakansie. In die loop van die rivier langs die dorp is baie eilande. Party groot, ander klein. Ons het (en ek is seker my oom ook), stories gehoor van inwoners wat dagga plant op van die eilande. Party van die eilande het in die Vrystaat gebied geval en ander in Transvaal. Die grensbepaling was by geleentheid (1900’s) ‘n tameletjie (en ek glo ook vir geregsdienaars vanweë die belangrikheid van bepaalde landdrosgebiede), en pres. Kruger se hulp is ingeroep. Soos ek verstaan het hy om die probleem op te los, voorgestel dat ‘n leë verseëlde bottel by die boloop van die rivier ingegooi word en die pad wat dit stroomaf gevolg het, aanvaar word as die grens tussen die Provinsies. My oom het baie min van sy werk gepraat maar ek weet van “skelms” wat hy aan Vrystaatkant aangekeer het. Waarvoor alles is ek nie seker nie - mens kon maar net raai. Een van my oumas by wie ons bedags gebly het en by wie my oom gereeld sy Nongqai wat hy klaar gelees het, gelos het, het altyd gesê: “As mens dagga rook, maak dit jou mal”. “Hoe kan dit moontlik wees”, het ek altyd gewonder. Dis tog iets wat jy inasem. Mens kan mos nie iets oorkom van rook wat jy inasem nie…?
Baie jare later, toe ek as sielkundige in ‘n saal gewerk het waar pasiënte met dwelmprobleme behandel is, het ek gesien my ouma was reg, mens kon psigoties raak van dagga. (“Boom” ”Weed” of “Matakwane” soos soms daarna verwys is) Die gebruik van onder meer Dagga, het mense laat kontak verloor met die werklikheid en hier laat beland.
Toe het ek besef dat die eintlike doel van die gereg kan wees om mense teen hulself te beskerm. Hiervan was die destydse wet teen die gebruik van Dagga, een wat mense beskerm het teen soms geweldige hartseer en verdriet, sou ek later besef: Mense moet nou self eksperimenteer en ondersoek doen na die gevolge van Daggagebruik. Gelukkig is daar die internet, die wêreldwye gemeenskaplike inligtingstelsel wat kan help. Kenners is van mening dat indien jy elke dag Dagga rook, is daar bevind dat jy ‘n groter kans staan om psigoties (“mal”) te raak. Rook jy Dagga as daar by jou ‘n familiegeskiedenis is van psigose, kan jy psigoties raak. As jy op ‘n vroeë ouderdom (16) begin Dagga rook, kan jy ‘n psigose ontwikkel. Mense wat erge ervarings gehad het met die gebruik van Dagga, vertel openlik op die internet hiervan. BrightQuest Treatment Centers bespreek die newe-effekte van Daggagebruik as volg:
“(A) Pre- psigotiese simptome
Wanneer Dagga ‘n psigose sneller, verskyn die simptome dikwels vinnig en sonder waarskuwing. Elke persoon se ervaring is egter uniek en daar kan waarskuwingstekens wees dat die persoon psigotiese simptome begin ontwikkel. Dit word pre-psigose of vroeё psigose genoem. Van die karakteristieke eienskappe en waarskuwingstekens sluit die volgende in: • Depressie • Angs • Onttrekking • Paranoia • Woede en geagiteerdheid • Ontoepaslike sterk emosionele reaksies • Gebrek aan emosionele responsiwiteit • Probleme met helder denke of konsentrasie-probleme
• Onsamehangende spraak of sinnelose spraak. Iemand wat bogenoemde tekens ervaar terwyl hy/sy dagga gebruik, kan die risiko loop om ‘n ernstige psigotiese episode te beleef. Dit is belangrik om hiervan bewus te wees en mediese hulp te kry wanneer en indien dit nodig is. ‘n Psigose kan baie ontwrigtend wees en kan veroorsaak dat ‘n lyer die risiko loop om homself/haarself skade te berokken. Indien mediese hulp in ‘n vroeë stadium van ‘n psigose verkry kan word, kan dit die individu help om veilig en beskerm te voel indien die simptome sou vererger…” Soos my ouma gesê het, as jy dagga rook, kan jy “mal” word. Wat beteken “mal” nou eintlik? Voor my universiteits-studies, het ek het nooit presies geweet wat “mal” regtig beteken nie. Eers toe ons sielkunde-dosente ons gelei na die wetenskaplike begrip het ons ‘n beter geheelbeeld gekry. Ek/ons moes dus as’t ware vergeet van die woord “mal” (Dit is eintlik ook maar ‘n wrede en lelike stereotipering, het ek later gedink.) “Wees nou versigtig”, het ons sielkunde dosent, Jakkie Erasmus (toe nog “meneer” en later professor), gemaan om nie die woord sigotiese soos in mono-sigotiese en di-sigotiese tweelingskap met die woord psigotiese te verwar nie!
Simptome van Dagga geïnduseerde psigose
Hierdie simptome kan die volgende insluit:
Waandenkbeelde (Delusies).
Delusies is ‘n oortuigings wat vals is. ’n Persoon wat delusioneel is, is glo vas dat sy/ haar oortuigings die waarheid is, sonder dat enige bewyse hiervoor bestaan. Dit selfs, al is daar duidelike bewyse dat sy/ haar oortuigings verkeerd is. Tydens Dagga-geïnduseerde psigose is paranoia en agterdog algemeen. (Paranoia kan gevaarlik wees veral indien die individu hierop reageer. Die persoon kan glo dat ‘n mede skolier of kollega van plan is om hom/haar dood te maak of skade te berokken. Die individu mag haarself/homself bewapen teen ‘n vermeende “aanval”. ’n Werklike “aanval” kan by geleentheid foutiewelik geïnterpreteer word met onnodige en tragiese gevolge. Grootheidswaan is nog ‘n soort delusie wat voorkom by Daggageïnduseerde psigose. (Die individu is oortuig daarvan dat hulle tot iets anders (besonder skitterend) in staat is as wat werklik die geval is): Byvoorbeeld mag hy/sy, wanneer in beheer van ‘n vierwiel motorfiets, glo dat hy/sy ‘n ingebore en spesiale talent het om hierdie tipe voertuig te hanteer soos dit gedoen behoort te word(motorfiets in die veld, bakkie in die veld, Moto-gp tipe ry op ‘n openbare pad, Kyalami renjaer-gedrag op ‘n openbare pad) Hallusinasies. Psigose veroorsaak dikwels hallusinasies. Hallusinasies is sensasies wat ‘n persoon as werklik beleef, maar wat nie so is nie. Hallusinasies kan ouditief (gehoor) wees waartydens die individu bv. stemme hoor, (dit kan byvoorbeeld gebeur die persoon stemme hoor wat vir hom sê dat hy/sy of sy sleg of verfoeilik is, ens.) Hierdie tipe simptoom kan baie ontstellend wees want die persoon kan nie hiervan ontsnap nie. Dit kan voel asof die gewaarwording alomteenwoordig is en die persoon heeltyd bybly. Visueel, wat veroorsaak dat die individu beelde of tonele sien wat nie bestaan nie. Hallusinasies kan ander sensoriese vorms aanneem, insluitend gevoel (miere of wurms onder die vel) en reuk. Dissosiasie. Dissosiasie is die gewaarwording dat die persoon nie in kontak is met die werklikheid nie. Een tipe, depersonalisasie, veroorsaak die gevoel dat die individu buite sy/haar liggaam is. Derealisasie is wanneer die persoon oortuig is dat dinge en mense in sy/haar nabyheid nie werklik is nie. Disorganisasie van gedagtes. Disorganisasie van gedagtes en chaotiese gedagteprosesse sowel as voortgesette en ontstellende gedagtes is algemene eienskappe van psigoses. Die individu vind dit moeilik om helder te dink en om op enigiets te fokus. Vir die observeerder lyk dit asof die individu nonsens praat. Spraak is verwronge en spring so rond dat dit moeilik is om te verstaan wat die persoon probeer sê.
Affektiewe (Emosionele) en Gedragsafwykings.
Affek, of die belewenis van emosies kan versteur word deur ‘n psigose. Dit kan tot gevolg het dat die individu reageer gedrag of ontoepaslike emosies openbaar. (Die persoon glimlag op ‘n sinistere wyse wanneer hy/sy ‘n doodstyding kry. Hierdie veranderinge kan oordrewe wees soos wanneer ‘n persoon geagiteerd raak, kwaai of geïrriteerd raak. Psigose kan daartoe aanleiding gee dat emosionaliteit afgeplat is. Die individu blyk onemosioneel te
wees en in sommige gevalle, selfs katatonies “(bron) Die simptome hierbo bespreek mag vir die leser op eerste oogopslag nie erg klink nie. Wanneer ‘n mens egter bystaan wanneer ‘n gesinslid van die simptome ervaar, kan dit traumaties wees. Dit mag vir jou voel asof jy heeltemal afgesny is van die persoon, omdat hy oënskynlik daar vóór jou onsamehangend babbel of verwilderd of selfs “besete” lyk. Dit kan vir jou voel of jy die persoon “verloor” het, of dat die persoon van jou “weg” is of “afgesny” is of stelselmatig “wegdryf”. ‘n Sterk gevoel van verlies een hartseer kan jou beetpak en wanneer jy met die persoon wil kontak maak, is daar geen reaksie nie. Die gevoel van verlies en hartseer kan lank voortduur, totdat die kind of geliefde herstel het. Hierna mag daar altyd ʼn gevoel van voortdurende onsekerheid, afwagting of twyfel by jou wees, en dit oor iets wat die mens “net ingeasem het”...
Dr. Coert Mommsen. D.Phil. (Psigologie), M.A. Kliniese Sielkunde., EEG Tegnikus.
SWAP: SUIDWES-AFRIKAANSE POLISIE | SOUTHWEST AFRICAN POLICE
Tinus le Roux
Onder en volgende bladsy: Tinus le Roux het vir ons foto’s gestuur van sy Oupa in die SWAP—Geen verdere besonderhede nie!
Photograph by John Liebenberg
Deur Chrisjan du Preez
Dis 27 Februarie 1986. Koevoet gevegspanne Zulu 1 Hotel en Zulu Tango volg 4x spore in die digte, soos ons dit genoem het, "etterbosse" van die Ooste van Owamboland en Angola. Die terre is omtrent 30 minute voor ons en "anti-track" (teenspoorsny). Ons het al reeds die Alou-gunships by ons gehad, maar hulle moes terug Eenhana toe om te "refuel".
Ek was op daardie stadium die 2’IB van Zulu Tango en in bevel van die voorsny karre (Casspirs), wat die spore vorentoe moet probeer optel. My opleiding as ‘n spooorsnyer het nogal gehelp met die takie, want as mens die beginsel van opvolg en spoorsny verstaan is alles makliker. Die bosse is dig en kort-kort moet 'n Casspir wat kook stop sodat die drywer die blare voor die verkoeler kan wegvat. Saam met my is my boesemvriend, Len van Z1H, Theuns van Z1H en Angus van ZT. Skielik, omtrent 800m voor die opvolg tel ons 4x hardloopspore op. Ons sit net 2 spoorsnyers op die spoor om skade te beperk, sou daar ‘n Pom-Z of ander antipersoneelmyn op die spoor geplant wees. Die spoorsnyers moet kort-kort wag vir die karre om by te kom in die dik sand en digte bosse. Die Casspirs kreun en word tot hulle maksimum vermoëns gedryf! Jack (Zulu Tango se groepleier) en Pottie (Zulu 1 Hotel se groepleier) op die nommer 1 karre vang op en vat die opvolg weer oor. Ons vier voorsnykarre beur weer vorentoe, in gelid, langs mekaar. Alhoewel ons so 20m van mekaar af ry, kan mens amper nie die ander karre sien nie, so dig is die etterbos! Ons besluit om so 400m op ‘n slag vorentoe te gaan en te probeer om die terre vas te trap of om kontak af te dwing. Die onvermydelike wag. Die adrenalien pomp. Daar is net een uitkoms. Dis net ‘n kwessie van tyd! My kar kook en Sakkie, my drywer, spring gou uit om blare weg te vat voor die verkoeler. Die “gunships” is weer op pad, Romeo Victor 5184XL (ruitverwysing). Skielik is daar die duidelike “WHAMPPP” van ‘n “heatstrim” (anti-tank granaat) wat in ‘n Casspir se staal invreet, so op my 10-uur. Wie se kar kan dit wees? Len was laas links van my? Toe nog ‘n “WHAMPPP” … “WHAMPPP” … “WHAMPPP”! Fokkit, het almal van hulle “heatstrims”? Geen “kontak” oor
'n Spoorsnyer maak seker al die manskappe is uit die brandende Casspir gered. Net hierna het van die ammunisie begin ontplof.
(Continued from page 98)
die radio nie, geen rooi rook nie? Net stilte, en nog "WHAMPS" en nog STILTE! Dit voel soos ‘n leeftyd terwyl Sakkie weer agter die stuur inspring! Ons jaag so vinnig moontlik na die laaste “WHAMP” toe. So 50m verder maak die etterbos skielik oop en daar is groot bome met ooptes tussen hulle. Ek sien Len se Z1H2 kar teen ‘n boom staan, met rook en vlamme wat onder die kar begin uitpeul. “Asseblief Vader, laat hulle veilig wees? Asseblief Here, hy is my beste vriend!” Skielik trek my kar ook “heatstrims”. Ek sien gelukkig dit kom van ‘n groot boom, op my 2uur, wat omgeval het, se stam af. Sakkie sien dit ook en draai die kar soontoe en ry zig-zag om ons ‘n moeilike teiken te maak. Ek pomp ‘n paar honderd .50 Browning rondtes in en om die boomstam in, totdat die “heatstrims” stil raak. Ek pomp ook alle ander moontlike skuilplekke met sarsies "flashing fire" met my LMG en Sakkie trap elke bos wat hy kan plat. Daarna gooi ek ‘n rooi rook en skreeu “KONTAKKK” oor die FM radio. Ook “ons het Casavacs, Len se kar is uitgeskiet en brand” Terug by Len se kar, brand hy nou redelik hewig, want die dieseltank is ook raak geskiet. Almal is besig om mense uit die kar uit te dra en sleep. Die bestuurder was op slag dood, getref deur ‘n “direct hit”. Verder was almal vol skrapnel, nog twee Owambos redelik ernstig. Len self was vol skrapnel, maar OK. Iemand het die twee .30 Brownings en nog ‘n paar wapens kon red, maar toe begin die ammunisie, granate en mortiere binne die kar ontplof. Net ‘n gedagte: “As Koevoet kon Honorus Crux’e kry?” Lang storie kort. By RV 5184XL het Koevoet ‘n manskap verloor, rus in vrede, dapper held. Ook ‘n Casspir en baie wapens en ammo. Die karre het 3x terre geskiet en die “gunships” 1x. Al vier terre het SKS’e en AKMS’e gehad, met ‘n wavrag vol “heatstrims”. Hulle was deel van die hardegat Typhoon spesmagte van PLAN. Dankie Vader dat U my boesemvriend, Len, en ons