NONGQAI VOL 13 NO 6 - MIOVS

Page 1

1 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


PUBLISHER | UITGEWER

2 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


Contents PUBLISHER | UITGEWER .............................................................................................................. 2 NONGQAI: OORSPRONG & OOGMERKE ..................................................................................... 4 NONGQAI: ROOTS & GOALS......................................................................................................... 5 VOORWOORD | FOREWORD ........................................................................................................ 6 STIGTING VAN DIE MISDAADINLIGTINGONTLEDING- EN VERTOLKINGSENTRUM (MIOVS) . 6 Genl JV van der Merwe ................................................................................................................ 6 VOORBLAD | FRONT COVER ........................................................................................................ 8 Wie is die skrywer, kol Wynand Schoeman? ................................................................................ 8 Kommentaar: Lt-genl Andre v H Beukes ...................................................................................... 9 POLISIEGESKIEDENIS | POLICE HISTORY ................................................................................ 11 DIE MISDAADINLIGTINGONTLEDING EN VERTOLKINGSENTRUM (MIOVS) AS NAVORSINGSKOMPONENT BINNE DIE DESTYDSE AFDELING MISDAADBESTRYDING EN ONDERSOEK (MBO): DIE BEGINJARE ....................................................................................... 11 Kol Wynand Schoeman .............................................................................................................. 11 Nota oor die MBO ....................................................................................................................... 17 NOTA: TERREURSTATISTIEK ..................................................................................................... 19 Kol JJ “Dieks” Dietrichsen .......................................................................................................... 19 1. KOMMENTAAR KOL SCHOEMAN ........................................................................................... 22 2. KOMMENTAAR KOL SCHOEMAN ........................................................................................... 22 NONGQAI TRUST | IT 002701/2018(T)......................................................................................... 23 BR REKENMEESTERS ................................................................................................................. 26 THANK YOU! | DANKIE! ................................................................................................................ 27 NAWOORD | AFTERWORD .......................................................................................................... 29 Hennie Heymans ........................................................................................................................ 29

3 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


NONGQAI: OORSPRONG & OOGMERKE

4 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


NONGQAI: ROOTS & GOALS

5 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


VOORWOORD | FOREWORD

STIGTING VAN DIE MISDAADINLIGTINGONTLEDINGVERTOLKINGSENTRUM (MIOVS)

EN

Genl JV van der Merwe Mnr. F W de Klerk se aankondiging op 2 Februarie 1990 dat daar ‘n nuwe staatkundige bedeling in Suid-Afrika tot stand gaan kom en dat staatkundige onderhandelinge so spoedig moontlik ‘n aanvang sou neem, het die hele land onkant betrap. Dit was ‘n halsoorkop besluit en ondeurdag sonder dat daar met die Polisiemag en Weermag asook die ander staatsdepartemente oorleg gepleeg is.

Daar was geen

navorsing van enige aard of enige beplanning gedoen nie. Mnr. De Klerk se herhaaldelike versekering dat daar ‘n nuwe beter Suid-Afrika tot stand sou kom, het die meeste mense mislei en die indruk geskep dat daar in die nuwe Suid-Afrika weinig verandering sou wees. Ek het oor baie jare baie nou met verskeie Afrikalande geskakel en het besef dat daar radikale veranderinge gaan kom. Die veiligheidstak was sedert 1960 in ‘n verbete stryd met die ANC/SAKP-alliansie gewikkel en het met groot welslae daarin geslaag om hulle pogings om die regering met geweld oor te neem, te stuit. Daar was in my gemoed geen twyfel dat die lede van die veiligheidstak in enige bedeling waar die ANC aan bewind is, die prys vir hulle stryd met die ANC sou betaal nie. In ʼn poging om die lede van die veiligheidstak teen die wraak van die ANC te beskerm, het ek by mnr. Adriaan Vlok aanbeveel dat die veiligheidstak en die speurtak moet saamsmelt. Mnr. Vlok het ingestem en ons het ʼn afdeling Misdaadbestryding en -Ondersoek op die been gebring. Dit het bestaan uit die Misdaadondersoekdiens (MOD), die Misdaadinligtingsdiens (MID), die Kriminele Rekordsentrum (KRS) en die Forensiese Wetenskaplaboratorium (FWL). Mnr. Vlok het die nuwe afdeling op 28 Februarie 1991 bekend gestel.

6 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


Na die aanvang van die staatkundige onderhandelinge, het ‘n magstryd tussen Inkatha en die ANC ontstaan. Die twee partye se ondersteuners het mekaar na willekeur vermoor. Daar is daagliks en ook gedurende die nag lyke aangetref van persone wat vermoor is. Ofskoon die moorde klaarblyklik uit die magstryd tussen Inkatha en die ANC voortgespruit het, het getuienis om dit te bevestig in die meeste gevalle ontbreek. Dit het veroorsaak dat die moordsyfer die hoogte ingeskiet het en het ‘n verwronge beeld van misdaad in die RSA gegee. Die veiligheidstak het voor 1990 sy eie statistiek van terreurvoorvalle bygehou wat deur die betrokke afdelings by die hoofkantoor van die veiligheidstak ontleed en vertolk is.

Na 1990 het

terreurvoorvalle skerp afgeneem en het daar nie meer ‘n wesenlike behoefte aan sodanige inligting bestaan nie. Al die statistiek is voorheen aan die hand van besonderhede wat in die SAP6 geboekstaaf is, opgestel en ontleed. Na 1990 is

die rekenaarafdeling van die Polisiemag ontwikkel en is

rekenaars al hoe meer gebruik om die werksaamhede van die Polisie te verbeter. ‘n MAS-stelsel is ontwikkel om die SAP6 te vervang en ofskoon die programme aanvanklik oor ‘n beperkte vermoë beskik het, is dit gaandeweg ontwikkel om statistiek in ‘n baie meer volledige formaat by te hou.

Dit was desondanks onmoontlik om deur middel van die MAS-stelsel duidelik te onderskei

watter moorde uit politieke geweld voortgespruit het en moorde wat in die gewone gang van sake gepleeg is. Dit geld ook vir verskeie ander misdade waar politieke geweld ‘n rol gespeel het. Daarbenewens is verskeie strukture gestig om die oorgang van die ou na ‘n nuwe bedeling te bestuur wat groot verwarring in die samelewing veroorsaak het. Die Polisiemag en insonderheid die veiligheidstak moes wet en orde handhaaf te midde van aanslae wat van links en regs gekom het. Enersyds was daar operasie Vula waar lede van die ANC ondergronds besig was met voorbereidings om die regering met geweld oor te neem en andersyds het die AWB besluit om president Mangope in Bophuthatswana te hulp te snel om hom teen die aanslag van die ANC te beskerm. Pogings deur die ANC om die onafhanklike state tot ‘n val te bring het tot grootskaalse geweld en doodslag gelei. Die Misdaadinligtingontleding en Vertolking sentrum (MIOVS) het op 1 Januarie 1993 tot stand gekom en het ‘n belangrik rol gespeel om die statistiek ten opsigte van misdaad wat binne hierdie konglomeraat van

omstandighede gepleeg is, behoorlik te ontleed en te vertolk. Die sentrum

het onder die afdeling Misdaadbestryding en Ondersoek geressorteer en was ‘n toonbeeld van die deeglikheid en toewyding waarmee die Polisiemag sy werksaamhede verrig het.

7 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


VOORBLAD | FRONT COVER

Wie is die skrywer, kol Wynand Schoeman? CURRICULUM VITAE IN `N NEUTEDOP WYNAND JOHANNES SCHOEMAN – MAGNOMMER 0-57527-5 Ek het op 4 Januarie 1971 by die SA Polisie aangesluit en die Polisiediens op 31 Julie 1998 met die rang van kolonel verlaat om `n pos in die privaatsektor op te neem. As Polisieman was ek op die volgende standplase gestasioneer: • Welkom (as student), • Pretoria Polisiekollege (vir basiese opleiding), waar ek die trofee vir die beste student in Troep 36 ontvang het, • Aucklandpark (Johannesburg), • Brixton (Johannesburg), • Jeppe (Johannesburg) • John Vorsterplein (Johannesburg), • Katima Mulilo in die Oos Caprivi (as Stasiebevelvoerder), • Brits en • Polisiehoofkantoor waar ek in vertakkinge soos die Veiligheidstak, Misdaadinligtingsdiens (MID), die Misdaadinligtingontleding en -Vertolkingsentrum (MIOVS), as deel van Afdeling Misdaadbestryding en -Ondersoek (MBO) en die Nasionale Speurdiens gedien het. Ek het `n BA- en Honneursgraad in Polisiekunde verwerf (beide Cum Laude) en `n Diploma in Polisie-administrasie (Cum Laude). Twee toekennings waarop ek trots is, is `n Ministeriële aanprysing vir bydrae om dienslewering in die SA Polisie te verbeter (1982) en `n UNISAfakulteitsmedalje vir die beste prestasie in die graad BA (Polisiekunde), die eerste keer dat dié medalje aan `n lid van die SA Polisie toegeken is. Kursusse voltooi sluit die volgende in: Teeninsurgensie, offisierskursus, onluste-en skarebeheer (vir offisiere), junior bestuurskursus (top student) en die middelklas bestuurskursus. Vyf medaljes waaronder die Medalje vir die Bekamping van Terrorisme ( en twee balkies) en die Medalje vir die Instelling van die Suidwes Afrika Polisie, is aan my toegeken. Die ander drie medaljes is die Tien- en Twintigjaar Medaljes vir Troue Diens asook die 75 jaar Polisie Gedenkmedalje. Ek is trots op my bydrae tot die SA Polisie en in besonder die bydrae tot die ontwikkeling van `n Navorsingskursus vir MIOVS-lede. Die eerste in die SA Polisie se geskiedenis in samewerking met my kollegas. 8 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


Ek het ook `n kort kursus in Strategie Voorspelling en Risiko- analise aan die Universiteit van Pretoria voltooi asook `n kwalifikasie as SASSETA- Assessor deur die Assessment College of South Africa, verwerf. Ek koester baie goeie herinneringe oor my jare in die SA Polisie, insluitende die 3 jaar wat ek op die grens op Katima Mulilo in die Oos Caprivi deurgebring het. Ek is getroud met Francis Schoeman wat as administratiewe klerk by die SA Polisie te Katima Mulilo werksaam was. In Brits was sy ook een van die eerste vroulike reserviste wat aangesluit het, en het ook in dié hoedanigheid te Wierdabrug gedien, waar sy ook die eerste vroulike reservis (met die rang van adjudant-offisier) op die stasie was. Ek het `n broer wat ook in die SA Polisie gedien het en as Distrikskommissaris aan die Suidkus afgetree het. Ek het `n lewendige belangstelling in die geskiedenis en politiek en geniet die natuurlewe. Verder sê ek ook dankie aan almal by wie ek iets geleer het in die SA Polisie en al my kollegas saam met wie ek gedien het. Verder getuig ek met lof oor die Hemelse Vader wat my (en my familie) deur die jare gespaar, gedra en geseën het.

Kommentaar: Lt-genl Andre v H Beukes Veiligheidstak Hoofkantoor het verskillende groepe met lessenaaroffisiere beheer. Intelligensie-verslae is vanoor RSA ontvang wat deurlopend op oorsigte aan belanghebbendes gesirkuleer was. Lessenaaroffisier moes kommentaar en vertolking doen wat binne groter prentjie inpas. As intelligensiekollega het ek daagliks met verskeie lessenaars geskakel om verwante aspekte te bespreek. Kol Schoeman het sy verpligtinge altyd met ywer entoesiasme en belangstelling verrig. Hy het wyd gelees en kon hom in enige geselskap met onderskeiding handhaaf.

9 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


10 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


POLISIEGESKIEDENIS | POLICE HISTORY

DIE MISDAADINLIGTINGONTLEDING EN VERTOLKINGSENTRUM (MIOVS) AS NAVORSINGSKOMPONENT BINNE DIE DESTYDSE AFDELING MISDAADBESTRYDING EN -ONDERSOEK (MBO): DIE BEGINJARE Kol Wynand Schoeman Die stigting en totstandkoming van die Misdaadinligtingontleding en Vertolkingsentrum (MIOVS) op nasionale vlak op 1 Januarie 1993, binne die Afdeling Misdaadbestryding en -Ondersoek (MBO), wat later die Nasionale Speurdiens sou word, was ‘n strukturele aanpassing binne die voormalige Suid-Afrikaanse Polisie wat die wetenskaplike verwerking van misdaadstatistiek en misdaadnavorsing in ‘n heel nuwe en opwindende rigting sou stuur. Dit is 30 jaar gelede. Die aanvoorwerk en beplanning vir die amptelike stigting van MIOVS op 1 Januarie 1993 op nasionale vlak is egter reeds volledig in 1992 gedoen met ‘n sogenaamde “proeflopie oor ‘n paar maande” en personeel afkomstig van die Misdaadinligtingsdiens (MID) as ‘n komponent van die MBO, wat reeds in navorsingsposte en eenhede gevestig was. Met die amptelike stigting was die “ratte dus reeds goed geolie” en kon dit met min haakplekke optimaal funksioneer. Die SA Polisie het destyds in die midde gestaan van ‘n RSA samelewing wat in ‘n proses van hervorming was. Nie net het veranderinge op politieke, staatkundige, maatskaplike en ekonomiese terreine plaasgevind nie maar het dit ook gepaard gegaan met groot onsekerheid, onrealistiese verwagtinge, toenemende werkloosheid, ‘n plakker probleem, verstedeliking, behuisingnood, eskalerende geweld en ‘n “misdaadontploffing” op verskeie vlakke. Die hoë voorkeur wat destyds binne- en buitelands aan die staatkundige proses gegee is, het verder aanleiding gegee tot die hoë prominensie wat onder andere in die media aan politieke geweld verleen is en het daar 'n geregverdigde sensitiwiteit en bekommernis bestaan oor die invloed wat geweld op die verdere verloop van veral die onderhandelingsproses kon uitoefen. Die onstabiele klimaat van onsekerheid waarbinne die RSA homself bevind het, het sakevertroue verder erg negatief beïnvloed en buitelandse investering en ekonomiese groei verhinder. Daar is verder bereken dat die RSA se bevolking van ongeveer 39.5 miljoen sou styg tot 51 miljoen in die jaar 2 000 en dat reuse informele nedersettings rondom die huidige stedelike komplekse sou ontstaan. Minstens 350 000 nuwe werkgeleenthede sou per jaar geskep moes word om net die groeiende arbeidsmag te absorbeer. Dat dit opsigself die destydse problematiek (waaronder die misdaadeskalasie) wat in die RSA geheers het, uiters negatief kon beïnvloed, was ‘n gegewe. Die omvang en intensiteit van misdaad in die RSA was verder van so omvang dat dit die land op ‘n pad van rampspoed kon plaas. Dat die RSA reeds in daardie jare deur ‘n ongekende vlaag van misdaad geteister is, was duidelik uit die amptelike misdaadstatistiek van 1992: gedurende 1992 11 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


alleen is gemiddeld 4 882 gevalle van ernstige misdaad wat 44 moorde, 66 verkragtings, 337 gevalle van ernstige aanrandings, 215 rowe en 698 inbrake ingesluit het, per dag by die SA Polisie aangemeld. (In die Kommissaris van die SA Polisie se misdaadinset in die Jaarverslag vir 1992 wat deur MIOVS opgestel is, is daar uitgewys dat die eskalasie in veral ernstige misdaad en die geweldspiraal uiters kommerwekkend was). Hoewel geografies verspreide suksesse in die bekamping van misdaad behaal is, was daar min aanduiding dat die vlaag van misdaad enigsins gestuit word. Dit was inderdaad duidelik dat kriminaliteit in die RSA so toegeneem het dat die omvang van veral gewelds-, georganiseerde- en ekonomiese misdaad uiters kritieke afmetings begin aanneem het. Op topbestuursvlak van die SA Polisie was dit duidelik dat ingrypende aksies geloods sou moes word om misdaad te bestry, maar dat dit nie kon slaag sonder die beskikbaarheid van voldoende, geverifieerde en wetenskaplike vertolkte misdaadinligting nie. Alhoewel ‘n magdom inligting wel beskikbaar was, was dit gefragmenteerde brokkies inligting en het gekoördineerde ontleding daarvan nie altyd tot sy volle reg ontwikkel nie. Sekere kategorieë inligting is wel by die destydse Kriminele Buro aangeteken en maandelikse misdaadstatistieke is per SAP 6 opgawes aan Polisiehoofkantoor deurgestuur waar dit wel optimaal met in ag neming van beperkinge benut is, maar die misdaadprentjie was steeds onvolledig. Sonder sinvolle misdaadinligting (wat die totale misdaadprentjie met al sy fasette omvat het), kon die bestuurskorps van die SA Polisie en die regering van die dag nie die misdaadprobleem met sy oorsake effektief bestuur nie en is slegs die simptome van ‘n groter probleem aangespreek in plaas van die oorsaaklike faktore. Dit het dus dringend noodsaaklik geword dat behoorlike bestuur oor die hele misdaadinligtingspektrum verkry moes word ten einde te voorkom dat die versameling en gebruik van inligting weens fragmentasie nie optimaal benut en aangewend kon word nie. Dit het na ondersoek geblyk dat ‘n magdom misdaadinligting meestal onbenut op verskeie funksionele terreine of slegs binne saakdossiere van die polisie gelê het. Sonder behoorlike koördinering sou die polisie altyd ‘n onvolledige (en selfs misleidende) misdaadbeeld hê en kon die ondersoek, oplossing en bekamping van misdaad nooit tot sy volle reg kom nie. Vanaf ministeriële vlak is daar ook alhoemeer druk op die SA Polisie geplaas om sorgvuldige, korrek geëvalueerde en vertolkte misdaadinligting aan hoër gesag te verskaf. Die belangrikheid om misdaadstatistiek nasionaal te sentraliseer, te ontleed en te vertolk (ongeag die verskillende regeringsvorme op grond-, streek- of nasionale vlak), het duidelik geblyk uit navrae wat van bv die onderskeie ministeries, staatsdepartemente, ambassades en private instansies ontvang is. Misdaadstatistiek het orals ‘n rol begin speel. Misdaadstatistiek was nie net deur die owerheid of Wet en Orde instellings benodig nie, maar ook deur kriminoloë, sosioloë, wetgewers, stadsbeplanners en die media. Met hierdie scenario as agtergrond is daar in 1992 opdrag aan die Afdeling Doelmatigheidsdienste gegee om deur middel van organisasie en werkstudie, Inligtingstelsels en beplanningsessies, ondersoek in te stel na die vestiging van ‘n komponent waar alle misdaadstatistiek en - inligting, gesentraliseerd ingesamel, verwerk en vertolk kon word. Die resultaat van die ondersoek was die offisiële vestiging op 1 Januarie 1993 van ‘n volwaardige komponent bekend as die Misdaadinligtingontleding en Vertolkingsentrum (MIOVS) op nasionale vlak en gedesentraliseer tot streekvlak, waar streekskantore dieselfde funksies vervul het. Die voorstelle van Generaals Basie Smit en Louw Erasmus was ook rigtinggewend om struktuur aan MIOVS te gee, waar misdaadinligting op meer wetenskaplike wyse verwerk en vertolk sou kon word. Omdat die MBO die hoofverbruiker van misdaadinligting was, hul primêre funksie die hantering en ondersoek van misdaad was en oor besondere kundigheid op dié gebied beskik het, is die vestiging en bestuur daarvan by die MBO geplaas. Dit was inderdaad ‘n nuwe begin binne die SA Polisie wat die verwerking, ontleding en vertolking van alle misdaadinligting betref. Die insameling en basiese verwerking van misdaadinligting is later nog verder tot op stasievlak afgewentel met die vestiging met kantore wat deel gevorm het van die Misdaadinligtingbestuurstelsel (MIBS). 12 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


Die volgende missie is vir MIOVS neergelê wat deur almal aan die sentrum verbonde, met hart en siel nagestreef sou word: “Om deur middel van kundige ontleding en vertolking van misdaadinligting by te dra tot effektiewe pro- en reaktiewe polisiëring ten einde in vennootskap met die gemeenskap, sekuriteit en veiligheid te bevorder”. Wyle brigadier SJP “Paul” Abrie was as eerste sentrumhoof een van die groot denkers en toonaangewers op hierdie gebied en sy gedagtes en voorstelle was deurslaggewend om MIOVS fisies suksesvol en stewig van die grond af te kry en dit te maak werk. Met sy skerp intellek is daar op topbestuursvlak, reeds vanaf die afskop van MIOVS, op brigadier Abrie staatgemaak om misdaadontledings voor te berei en op ministeriële en parlementêre vlak voor te dra. Saakmakende misdade (misdade wat werklik ‘n probleem in die RSA was), is geprioritiseer en daar is voorlopig op bestuurs- en navorsingvlak daarop gekonsentreer. Hoewel die SA Polisie wetlik en moreel verplig was om alle misdade te bestry, het die misdaadsituasie die SA Polisie genoop om hul kernenergie nou spesifiek op die bestryding van ernstige misdade, as op die hantering van regsvergrype en minder ernstige misdrywe, te konsentreer. Misdaadinligting is sedertdien op ‘n geordende wyse deur ‘n span bekwame en entoesiastiese kundiges verwerk, vertolk en beskikbaar gestel ten einde misdaad deur doeltreffende inligtingbestuur te bestry. Waar nodig is bydraes van eksterne deskundiges oor ‘n wye veld verkry om ‘n gebalanseerde en volledige misdaadprent daar te stel. Deur byvoorbeeld te kyk na die verhouding van werkloosheid tot misdaad kon ‘n sekere persentasiestyging in byvoorbeeld ekonomiese misdade soos inbrake verwag word. Hiermee was eksterne kundigheid nodig. MIOVS het met sy aanvanklike strukturering uit 4 eenhede of onderafdelings bestaan waar elkeen ‘n unieke taak, doel en funksie gehad het, wat aanvullend tot mekaar was. (Hierdie strukturering is mettertyd verder verfyn en volgens behoefte aangepas). Die aanvanklike samestelling was as volg: Eenheid A: Eenheid A was hoofsaaklik verantwoordelik vir die rekenaarmatige verwerking van misdaadstatistiek en misdaadinligting soos dit daagliks in die RSA voorgekom het, in samewerking met Inligtingstelsels. Hierdie inligting is daagliks aan MBO- Bestuur beskikbaar gestel sodat gepaste stappe so gou as moontlik geneem kon word. Hierby inbegrepe was ook die nasien en voorbereiding van SAP 6 -misdaadopgawes vir insleuteling op die hoofraam. Deel hiervan was ook die maandelikse verwerking van sekere kategorieë misdaadtendense. Parlementêre navrae wat suiwer statistiese gegewens behels het is ook op die betrokke eenheid hanteer. Mevrou Marlene Strydom, ‘n statistikus wat op raadgewende hoedanigheid aan die SA Polisie verbonde was, het ‘n kardinale rol in die statistiese analise van gegewens gespeel. ‘n Faktor waarmee rekening gehou moes word was die feit dat nog nie alle polisiekantore en veral dié op afgeleë plattelandse vlak van die Misdaad-administrasiestelsel (MAS), gebruik gemaak het nie en dat daar vir ‘n tyd lank twee afsonderlike misdaadstatistiese stelsels was (die SAP 6 misdaadopgawes en die nuwe MAS- stelsel) wat gesinchroniseer en geïnkorporeer moes word. Inligting op die volgende polisiestelsels was ondermeer tot Eenheid A se beskikking gestel: - Die Individue en Strukture Inligtingstelsels (ISIS), - Die Kriminele Rekordsentrum (KRS) se rekenaarstelsel, - Die Georganiseerde Misdaadprojek (GM), - Die Misdaadadministrasiestelsel (MAS) (wat stelselmatig die handverwerkte SAP-6 papieropgawes sou vervang), - Die Bewegingsbeheersentrum (BBS).

13 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


Nota: Wyle kolonel Martin Kruger en sy span by Inligtingstelsels het ‘n groot rol tot die sinchronisasie, integrasie en verwerking van misdaadstatistiek (SAP-6 en MAS- opgawes) bygedra. Eenheid B: Eenheid B was uitsluitlik verantwoordelik vir visuele en grafiese voorstelling van misdaadstatistiek asook misdaaddata en die aantoon van tendense. (Destyds is nog van transparante en oorhoofse projektors tydens visuele aanbiedings gebruik gemaak). Eenheid C: Eenheid C was direk verantwoordelik vir die ontleding, verklaring, vertolking en voorspelling van misdaadinligting aan die hand van veranderlikes. Studiestukke is in werkgroepverband uitgeklaar en ander belanghebbende afdelings van die SA Polisie en waar nodig eksterne kundiges daarby betrek. So is daar onder andere ‘n versoek ontvang dat die verhouding tussen die Bevolkingsgroei, die Bruto Binnelandse Produk (d.w.s. die groeikoers) en werkloosheid en die verband daarvan met ernstige misdaad in ‘n verslag verwerk moes word. Hiervoor was onder andere eksterne arbeidskenners en ‘n ekonoom nodig. Prioriteits- en ernstige misdaad en gepaardgaande tendense wat onder andere vir ontleding geïdentifiseer is, het geweldsmisdrywe soos moord, poging tot moord, gewapende roof en spesifieke tendense soos transitorowe, faksiegeweld, aanvalle op burgerlikes (in eie woning) en die polisie, plaasaanvalle, trein- en taxigeweld, vragmotor- en voertuigkapings, ingesluit. Ewe belangrik as prioriteite was ekonomiese misdaad soos kommersiële- of dan handelsmisdaad (waaronder geldwassery, korrupsie, bedrog en huisbraak en diefstal), georganiseerde misdaad, dwelmnetwerke en dwelmmisdrywe, oorgrensmisdade, verkragting en misdade teen vroue en kinders. Navorsing het aangetoon dat daar reeds op daardie stadium sowat 480 georganiseerde misdaadsindikate en -netwerke in die RSA bedrywig was. Eenheid D: Eenheid D was ‘n sekretariaat waar ondermeer die finale navorsingsproduk, soos insette vir byvoorbeeld die Minister van Wet en Orde, parlement, die Kommissaris en Generale Staf uitgeklaar en geprosesseer is. Uitklaring het in samewerking met eenheidshoofde, ander belanghebbende offisiere en lede van die sentrum en belanghebbende afdelings van die S A Polisie geskied. Dié eenheid het bo- en behalwe die finale prosessering, ook die taalkundige versorging van dokumentasie en studiestukke en die verspreiding daarvan hanteer. Deur navorsing is daar onder andere gepoog om naasliggende faktore (bv. modus operandi) en verwyderde oorsake wat bydra tot misdaad (bv. ekonomiese faktore), te bepaal. In samewerking en in vennootskap met eksterne kundiges is ondermeer faktore soos die demografie (waaronder verstedeliking), geografie en selfs die ekonomiese groeikoers by die evaluering en vertolking van misdaadinligting en veral die voorspelling en vooruitskouing van misdaadtendense in aanmerking geneem. Die doel was om ‘n korrek geëvalueerde en aanwendbare produk beskikbaar te stel aan byvoorbeeld die Minister van Wet en Orde, die Kommissaris, Generale Staf, Afdelingsbevelvoerders, MBO-hoofde, Afdeling Binnelandse Stabiliteit (ABS) en eksterne kliënte, ten einde proaktief te beplan. Die ideaal was dat MIOVS op streekvlak so sou ontwikkel dat dit in staat sou wees om ‘n diens aan elke stasiebevelvoerder en misdaadondersoeker te lewer. Eksterne kundiges wat onder andere ad-hoc betrek is het ingesluit kundigheid van die Polisiekunde- en Kriminologie departemente van Unisa, RGN navorsers, die Instituut vir Strategiese Studies (ISSUP), die Instituut vir Toekomstudies by Potchefstroom, Eskom, Fleetwatch, Landbou unies, Departement van Justisie (se Kantoor vir Ernstige Ekonomiese Misdrywe) (KEEM) en die Prokureursorde van Transvaal. Die ideaal was dat ‘n meer wetenskaplike vertolking van misdaadinligting daartoe sou bydrae dat: - Probleemmisdade en -gebiede gouer en selfs vooruit geïdentifiseer kon word, 14 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


-

-

-

Voldoende mannekrag betyds aangewend en ontplooi kon word om probleme (bv onlussituasies), aan te spreek, Die bou van nuwe polisiestasies in veral probleemgebiede en vinnig groeiende informele nedersettings en woonbuurtes, vinniger geïnisieer kon word. Staatsdepartemente soos die Departement van Gesondheid nuwe klinieke en hospitale vooruit kon beplan en infrastruktuurdienste soos watervoorsiening en elektrisiteit betyds aangespreek kon word, Die privaatsektor (bv. stadsbeplanners en ontwikkelaars) wetenskaplike vertolkings kon benut om veiligheidsmaatreëls in hul beplanning in te bou. In hierdie verband is voorsien dat omgewingsbeplanning hierby kon baat, Toekomskundiges bykomende misdaadinligting kon hê waarmee hul kon werk, Die assuransiebedryf korrek geëvalueerde misdaadinligting as rigtinggewend kon gebruik om hul beplanning te rig.

MIOVS het op verskeie terreine besondere bydraes gelewer. So is statisties - vertolkte inligting en navorsingsdokumente soos deur MIOVS voorberei, by verskeie geleenthede, ter strafverswaring in howe aangewend. Insette rondom bv. aanvalle op lede van die S.A. Polisie is as bestuursinligting gebruik. ‘n Verslag met betrekking tot aanvalle op plase en hoewes is saamgestel en aangewend om proaktief te beplan. In laasgenoemde dokument is die RSA ondermeer in “gevaarsones” geklassifiseer en opgedeel en deur die owerheid aangewend om strategies te beplan. Kort na die stigting van MIOVS kon daar byvoorbeeld alreeds bepaal word waar die vragmotorkaping-brandpunte in die RSA is en tendense soos modus operandi, risikoroetes, daeen tye wat kapings verwag kan word, uitgewys. Transitorowe en aanvalle op burgerlikes is sorgvuldig ontleed. Dwelmsmokkelnetwerke en hul internasionale konneksies is grafies en visueel uiteengesit sodat behoorlike beplanning gedoen kon word. Die omvang en erns van geldwassery is uitgewys. Vir doeleindes van die Kommissaris se Jaarverslag is misdaadstatistiek nie net soos op nasionale vlak en per provinsie uitgebeeld nie, maar later ook per streek en per metropolitaanse gebiede. Na slegs enkele maande nadat MIOVS in bedryf gestel is, het hoëvlakverbruikers, stasiebevelvoerders en ondersoekbeamptes MIOVS begin sien as deel van die “waardeketting” binne die S.A. Polisie om misdaadvoorkomingstrategieë te bepaal en misdaadondersoeke suksesvol af te handel en deur die howe te bestuur. Met die stigting en vestiging van MIOVS (onder leiding van brigadier Abrie), het die volgende lede, elkeen op sy spesialiteitsgebied, ‘n besondere bydrae gelewer: • • • • • • • • • • • •

Brigadier Abrie: Sentrumhoof, Kolonel Daan Mulder: Tweede-in-Bevel (en later waarnemende sentrumhoof): Eenheidshoof: Eenheid D: Sekretariaat, Luitenant-kolonel Jan Koekemoer: Eenheidshoof: Eenheid A: Rekenaarmatige verwerking van misdaadstatistiek, Kolonel G.G. Smit: Eenheidshoof: Eenheid B: Visuele- en grafiese voorstellings, Kolonel Wynand Schoeman: Bevelvoerder: Eenheid C: Navorsing, Luitenant-kolonel Jannie Buys: Eenheid C: Bevelvoerder: Geweldsmisdaad, Luitenant-kolonel Vince Harris: Eenheid C: Geweldsmisdaad, Kaptein Wille Hills: Eenheid C: Geweldsmisdaad, Kaptein Johan Kruger: Eenheid C: Geweldsmisdaad, Kaptein(v) Dalene Lock: Eenheid C: Misdade teen vroue en kinders. (Kaptein (v) Lock was ‘n latere toevoeging tot die span. Sy sou ook later onder leiding van dr. de Kock, beheer neem van die Eenheid: Misdaad teen Sosiale Waardes (“Crimes Against Social Fabric”), Luitenant-kolonel Ockert Pretorius: Eenheid C: Bevelvoerder: Kommersiële en ander Ekonomiese misdaad, Kaptein Hans van Ginkel: Eenheid C: Handelsmisdaad, 15 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


• • • • • • • •

Kaptein Johan Botha: Eenheid C: Ekonomiese misdrywe, Luitenant-kolonel Peet Vermeulen: Eenheid C: Bevelvoerder: Georganiseerde en Oorgrensmisdade, Kaptein Marius Nel: Eenheid C: Georganiseerde misdaad en dwelmverwante misdrywe, Luitenant-kolonel Louis Watermeyer: Eenheid C: Vuurwapen-verwante misdrywe (later konsolidering van inligting in misdaadverslae by Sekretariaat), Kolonel Ben Coetzee: Eenheid D: Bevelvoerder: Opleiding, Kaptein Christo van Wyk: Eenheid D: Opleiding, Kaptein Willie van der Merwe: Eenheid D: Opleiding. (Kaptein van der Merwe het later beheer geneem van die MIOVS-komponent in die destydse Afdeling Wes Transvaal). Luitenant-kolonel J.C. Strauss: Eenheid D: Bevelvoerder: Sekretariaat.

Nota: Let daarop dat bogenoemde taakindeling betrekking het op die beginjare onder leiding van brigadier Abrie en dat dit nie noodwendig volledig is nie maar ‘n aanwyser is van hoe dit gestruktureer was. Lede was ook by ander navorsingstake betrokke. Die range soos aangedui was die range wat die betrokke lede destyds of in latere jare na bevordering beklee het. Met die latere aanstelling van dr. Chris de Kock, is MIOVS verder verfyn en geherstruktureer. Uiteraard was daar ‘n behoefte om lede verbonde aan MIOVS op te lei. ‘n Navorsingskursus het nie destyds binne die SA Polisie bestaan nie. ‘n Basiese Navorsingskursus, spesiaal saamgestel vir die opleiding van lede verbonde aan MIOVS, en die eerste in die geskiedenis van die Polisie, is ook ontwikkel, met sorg saamgestel en aangebied. Die Eerste Basiese Navorsingskursus is dan ook van 27 Junie tot 15 Julie 1994, by die Departement van Waterwese se Roodeplaatdam Opleidingsentrum aangebied. Kolonel Ben Coetzee en Kapteins Christo van Wyk, Willie van der Merwe en Willie Hills was ondermeer dosente by dié betrokke kursus alhoewel alle bevelvoerders en ook die statistikus bydraes gelewer het. (Die span waarmee MIOVS van stapel gestuur is, was reeds vantevore in een of ander hoedanigheid binne die SA Polisie by inligtingbestuur, ontledingen vertolking van inligting betrokke en die konsep was dus nie vir hulle heeltemal vreemd nie). MIOVS-misdaadontleders van MBO- Hoofkantoor (en in sekere gevalle ook op streekvlak), is onder andere ook toegewys aan sekere hoë prioriteitsondersoeke om saakdossiere vir tendense te fynkam. Kernelemente van dié ondersoeke wat sodoende uitgelig is, kon in sekere ondersoeke daartoe bydra dat dié sake suksesvol opgelos is. Dit was myns insiens van die eerste kere in die SA Polisie se misdaadondersoekgeskiedenis waar MIOVS- analiste vir dié doel aan die Misdaadondersoekdiens (MOD) (voorheen die Speurtak), toegewys is. Waar die SA Polisie in 1991 nog nie werklik die vermoë gehad het om misdaadstatistiek en inligting wetenskaplik te ontleed nie, was daar skaars 12 maande later ’n voortdurende vraag na MIOVS- misdaadinsette deur verskeie belanghebbendes en verbruikers. MIOVS was ‘n dinamiese en visionêre ontwikkeling wat tot voordeel van elke wetsgehoorsame burger in die RSA sou strek en waardeur die SA Polisie se leuse van destyds: “Ons beskerm en dien”, nagestreef kon word. In die SA Polisie se 80- jarige bestaan (soos in 1993), was die stigting van MIOVS waarskynlik die eerste daadwerklike stap om misdaadinligting te sentraliseer, te ontleed, te verklaar, te vertolk en selfs vooruitskouings te maak. Wat die metode of benadering tot misdaadondersoeke ookal is, misdaadinligting sal altyd die spil wees waarom dit draai. Brigadier Abrie moes egter die SA Polisie weens mediese redes verlaat en sy taak is oorgeneem deur dr. Chris de Kock afkomstig van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN). Dr. de Kock as akademikus en sosioloog met sy diepe kennis van die oorsake van misdaad was strategies uitstekend geplaas om MIOVS na ‘n nuwe vlak te neem wat die wetenskaplike ontleding en- benadering tot misdaad betref. Onder sy beheer en as deel van die verdere herstrukturering van die misdaadinligtingspektrum is MIOVS verder uitgebou tot ‘n vlak waar dit uitstekend vergelyk kon word met enige soortgelyke komponent ter wêreld. 16 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


(Nota: Met die verdere herstrukturering binne die MBO, is MIOVS later ingelyf by ‘n sentrum, bekend as die Nasionale Misdaadinligtingbestuursentrum met Assistent-kommissaris J.P. Wright as hoof. Met dr. de Kock egter aan die stuur van misdaadnavorsing is MIOVS onder andere verfyn en omskep tot ‘n Strategiese Misdaadnavorsingskomponent, ‘n Taktiese Misdaadnavorsingskomponent, ‘n Produksie-eenheid en Redaksionele komponent. Opleiding het bekend gestaan as Navorsingsontwikkeling en Opleiding. Interpol onder direkteur Bruce en Projekkoördinering en Skakeling onder direkteur Steyn is by die sentrum ingelyf). Nota: Die doel van die skrywe van hierdie dokument was om die agtergrond tot die stigting van MIOVS en die beginjare onder leiding van brigadier Abrie uit te lig. Hiermee sê ek ook dankie aan die span, offisiere en onderoffisiere, wat destyds aan MIOVS (MBO-Hoofkantoor of op streekvlak), verbonde was (asook die statistikus), sonder wie se bydraes MIOVS nie sou kon werk nie. Die jare onder die beheer van dr. de Kock regverdig ‘n eie dokument as sulks en word nie in hierdie dokument as sulks hanteer nie. Erkennings: Dié artikel is ook uitgeklaar met oud-kollegas wie ook lid van MIOVS in die beginjare was. Agtergrondinligting is ook verkry uit onder andere lesingmateriaal van destyds wat deur myself opgestel is. Misdaadsyfers kom uit lesingmateriaal. Inligting oor stigting van die MBO kom uit die Jaarboek van die SA Polisie vir 1993. Wynand Schoeman.

Nota oor die MBO Die Afdeling Misdaadbestryding en- Ondersoek (MBO) was die eerste afdeling wat met die herstrukturering van die Suid-Afrikaanse Polisie tot stand gekom het. Dié afdeling is op 1 April 2991 gestig en het bestaan uit die Misdaadondersoekdiens (MOD) (voorheen die Speurtak) en die Misdaadinligtingsdiens (MID) (voormalige Veiligheidstak), as afsonderlike komponente onder ‘n oorhoofse bevelstruktuur. Die Kriminele Rekordsentrum en die Forensiesewetenskaplaboratorium is op 1 Augustus 1991 ook by die Afdeling gevoeg.

17 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


18 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


NOTA: TERREURSTATISTIEK Kol JJ “Dieks” Dietrichsen

Goeiemôre Generaal Johan van der Merwe en Brigadier Heymans. Baie dankie vir die geleentheid om kommentaar op die MIOVS-dokument te lewer. 1. Eerstens baie geluk aan Wynand Schoeman vir ‘n baie volledige weergawe van die beginjare van MIOVS se bestaan. 2. Destyds toe ek eenheidshoof van Eenheid C was – navorsing en terreurstatistiek – het die eenheid verslae van verskeie komponente ná die Sanhedrin-vergadering ontvang wat gehandel het oor terreurinsidente. 3. Wat in die praktyk gebeur het was dat ‘n polisiestasie se personeel gewoonlik eerste op ‘n toneel waar ‘n ontploffing – hetsy handgranaat, kleefmyn of onbekende ploftoestel – plaasgevind het, aangekom het en oor hul waarnemings ‘n verslag via hul Afdelingskantoor na Hoofkantoor gestuur het. So het ook gewoonlik die Onluste-eenheid op die toneel opgedaag en ‘n verslag via hul Afdelingskantoor na Hoofkantoor gestuur. In talle gevalle het die persoon wat die verslag 19 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


opgestel het – hetsy of hy self op die toneel was of nie – gevolgtrekkings of aanvullende inligting gerapporteer om ‘n duideliker beeld van die insident weer te gee. 4. By alle insidente waar ontploffings plaasgevind het, het die plofstofdeskundiges – meestal ‘n onderafdeling van die Veiligheidstak - naaste aan die plek waar die ontploffing plaasgevind het, ‘n ondersoek ter plaatse gedoen om die ploftoestel te identifiseer en meer volledige besonderhede van persone gedood of beseer en ‘n evaluasie van die skade aan eiendom aan Eenhei C, Hoofkantoor, gerapporteer. 5. Die dossier van sulke insidente is deur ervare ondersoekers van die Veiligheidstak gedoen wat na die aanvanklike inligting wat na Hoofkantoor gestuur is, volledige verslae gestuur het van meestal ooggetuies of getuies wat kennis van die oorsprong van so sulke insidente gehad het. Eenheid C – navorsing en terreurstatistiek – is deurlopend van alle ondersoeke op hoogte gehou van die vordering van elke terreurinsident. Dit het tot gevolg gehad dat die statistiek oor terreurdade deurlopend lewendig gehou is, met wysigings en aanvullings van aanvanklike onbekende inligting soos wat dit van ondersoekers af ontvang is. Elke maand is ‘n terreurstaristiekopgaweboek uitgegee met aanpassings wat aangebring is tot op die laaste dag van ‘n maand. 6. Met ontvangs van die verskillende komponente se verslae vir aantekening daarvan as ‘n terreurdaad of verdagte terreurdaad, is dikwels gevind dat behalwe die datum en adres van die insident, die verskillende weergawes so van mekaar verskil het dat die werklike feite eers met intensiewe ondersoek ‘n heeltemal ander weergawe was as dit wat oorspronklik gerapporteer is. 7. Eenheid C het baie navrae vir terreurstatistiek gekry van ons eie Departement en omtrent elke ander staatsdepartement veral as dit tyd was vir begrotings wat by die parlement ingedien moes word. Baie navrae is ook van ambassades en konsulate ontvang. Dikwels, as ‘n prominente voorval plaasgevind het, moes ons ook statistiek vir die Minister van Wet en Orde – Minister Adrian Vlok – voorberei. Minister Vlok het egter ook soms ‘n verklaring gemaak oor ‘n prominente insident waarvan die inligting nie deur ons Eenheid aan hom voorsien is nie. 8. Dit was egter nie die dilemma nie. Omdat ons die laat tagtiger jare vroeë negentiger jare in ‘n staat van oorlog was wat terreur en onluste betref, was die media baie gou om by hul plaaslike polisie inligting te soek in verband met sulke insidente. Inligting daaroor het dus ook in die koerante verskyn met die joernaliste wat dikwels ‘n lang storie oor ‘n kort insident geskryf het en dikwels nie verbandhoudende inligting tot daardie insident in die verslag bygevoeg het. 9. Aanvanklik het Generaal Herman Stadler, later Brigadier Abrie en ek self getuienis ter strafverswaring gelewer in Hooggeregshowe en Streekhowe oor die impak van terreur op die verskillende teikens – Polisie, Weermag, ander staatsinstansies en die burgerlikes – waar persone wat vir terrorisme aangekla en skuldig bevind is. Beide voormelde offisiere en ek self moes in die howe verduidelik waarom die statistiek wat ons tydens ons getuienis gelewer het, verskil van statistiek wat Minister Vlok in die parlement of op ‘n openbare vergadering bekend gemaak het of verskil van ‘n berig wat in ‘n dagblad verskyn het. Die proses hoe ons op Kantoor by ons statistiek uitgekom het en die tydperke of insidente waaroor Minister Vlok of ‘n stasiebevelvoerder hom uitgelaat het, moes dan verduidelik word om ter bevrediging van die regsverteenwoordiger van die beskuldigde en die voorsittende regter of landdros te dien. Sulke weersprekende inligting het ons wat getuienis moes gee, in ‘n moeilike posisie geplaas. Ek weet nie van ‘n enkele keer wat Generaal Stadler, Brigadier Abrie of my eie getuienis en verduideliking nie aanvaar is nie. Met strafoplegging is beskuldigdes gewoonlik veel swaarder gestraf as wat die geval sou wees as daardie statistiek nie aangebied sou wees nie. 10. Ek het oor ‘n tydperk verslae oor spesifieke insidente waaroor die verskillende komponente van grondvlak af na Hoofkantoor gestuur is, bymekaar gemaak en die verskille oor feite 20 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


uitgemerk. In my verslag het ek ook verklarings wat Mnr Vlok oor spesifieke insidente gemaak het wat nie van Eenheid C af – navorsing en terreurstatistiek - aan hom gelewer is nie, maar later met ondersoek bevind is nie korrek was nie, ingesluit. Ek het uitgewys dat sulke verklarings, nie net op politieke vlak nie, maar ook in die howe vir ons ‘n baie ernstige verleentheid kan veroorsaak. Van die insidente waar Minister Vlok verklarings gemaak het en later deur Eenheid C se inligting nie korrek uitgewys kon word, is destyds met Brigadier André Pruis bespreek. Hy het my gerus gestel en gesê sou daaroor navrae kom, hy dit sal hanteer en versoek dat ek elke sodanige geval aan hom moet bekend maak sodat hy homself vir enige navrae kan voorberei. 11. My voorstel was dat daar op Hoofkantoor ‘n komponent behoort te wees wat alle inligting moet ontvang, verwerk en vertolk voordat sulke inligting aan die Minister of die media bekend gestel word vir bekendmaking aan die parlement of algemene publiek. 12. Die gevolg van my voorstel was ‘n werkstudie-ondersoek wat deur Kolonel Louis Eloff van Bestuursdienste gehou was. Tydens sy ondersoek was omtrent al die Eenheidshoofde betrokke. Daar het dit geblyk dat dit nie net Eenheid C – navorsing en terreurstatistiek – was wat met veranderende verslae vanaf grondvlak te doen gehad het nie. 13. Die resultaat van Louis Eloff se ondersoek was die stigting van MIOVS met wyle Brigadier Abrie as die hoof….. wat ‘n uitstekende keuse!!! Groete. Dicks Dietrichsen

21 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


1. KOMMENTAAR KOL SCHOEMAN Beste Generaal van der Merwe, brig Hennie en Dicks. Dicks, baie dankie vir die aanvullende, insiggewende en belangrike kommentaar op die MIOVS- dokument. Dit word waardeer en dra daartoe by dat die groter prentjie met betrekking tot al die rolspelende faktore en situasie in die Suid-Afrika van destyds beter verstaan word. In dié dokument het ek my hoofsaaklik beperk tot die fragmentasie van inligting wat op verskillende stelsels gelê het en by die "omstandighede" soos dit destyds was en natuurlik die misdaadsituasie in die land. Terreur uitgesluit. Uiteraard het die verskillende rapporteringskanale jou statistieke deurmekaar gekrap en jou frustreer. Dankie vir dié inligting wat lig op die globale prentjie plaas en die volledige kommentaar wat jy gelewer het. Dicks, ek sien daarna uit om 'n koppie koffie saam met jou te drink. Groete. Wynand.

2. KOMMENTAAR KOL SCHOEMAN Brigadier Hennie, Die kommentaar van Generaal van der Merwe is besonder insiggewend en van kritieke belang vir ons nageslag en historici. Komende van 'n Polisiekommissaris wat in die voorafgaande jare en veral in 1990 in die warm stoel gesit het, is dit kommentaar wat beslis sal aandag trek. Na President de Klerk se onverwagte en skielike aankondiging van Februarie 1990 was die land aan die skommel en verander en was dit net groot genade van die Vader dat ons daardeur gekom het. Dit het sy merk op baie van ons gelaat. As oudlid van die destydse SA Polisie is ek (en ek glo alle dienende lede van destyds) egter baie trots op ons bydraes wat ons gelewer het om die RSA staande te hou en die oorgang na 'n nuwe bedeling so vreedsaam as moontlik te laat geskied. Ek glo ook dat MIOVS werklik in daardie jare oordeelkundig vertolkte misdaad- inligting op die tafel kon plaas wat die besluitnemer kon gebruik. Groete, Wynand Schoeman

22 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


NONGQAI TRUST | IT 002701/2018(T)

23 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


24 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


25 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


BR REKENMEESTERS

26 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


THANK YOU! | DANKIE!

27 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


28 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


NAWOORD | AFTERWORD Hennie Heymans My dank aan genl JV van der Merwe, kol Wynand Schoeman en kol “Dieks” Dietrichsen almal veiligheidsmanne vir hul bydrae tot ons nasionale veiligheidsgeskiedenis! Ek was reeds ‘n lid van die uniformtak toe MIOVS op 1 Januarie 1993 op dreef gekom het. Ek het ‘n intense belangstelling in ons nasionale veiligheidsgeskiedenis en hierdie inligting vul nie net by my ‘n leemte nie, maar seer sekerlik ook by baie ander lede van die polisie. Ek het die werking van die veiligheidstak en al sy strukture goed geken maar MID en MOD wat saam die MBO gevorm het se bedrywighede was vir my ‘n raaisel. As lid van die uniformtak sien mens eerstehands die geweldpleging, die terreur en boikotaksies net om ‘n paar tipes voorvalle waarmee die polisie te kampe het, uit te lig. Dit was ‘n omvattende taak om alle voorvalle te orden en sin te maak van die – partykeer sinnelose - geweld. Toe ek nog in die veiligheidstak en by die sekretariaat van die staatsveiligheidsraad was het ek dikwels gesien hoe kol Dieks laatnag, sonder ‘n rekenaar sukkel, om sinvol, akkuraat en vinnig sy statistiek oor terreur voor te lê. Suid-Afrika was ‘n brandpunt van bedrywighede en vandag is die polisie net so besig soos dertig – veertig jaar gelede. Met nadenke kan ek net hulde bring aan my kollegas – die polisie was hul erns! Loer maar na MIOVS se Missie!

29 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


SLOT | END

30 Nongqai Vol 13 No 6A – MIOVS - (Kol W Schoeman)


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.