Nongqai Vol 15 No 9C - Kol GF Hammond – SAP Goue Kruis vir Dapperheid

Page 1


KLIK OP SKAKEL OM TYDSKRIF AF TE LAAI

https://nongqaimy.sharepoint.com/personal/archive_nongqai_org/_layouts/15/guestaccess.aspx?share=EfGeC T5SLZlNrwlsuY9JF9kBfYP2FEHtNZckWQndojGJuA&e=S5Vc5A

VOORWOORD

Brig HB Heymans (SAP – Afgetree)

Vir bykans 20-jaar was ek lid van die veiligheidstak en as lessenaar-offisier het ek oor baie jare met duisende veiligheidsverslae (SAP 67) gewerk. Ek het baie belanggestel in my werk en in ons nasionale veiligheidsgeskiedenis. Natuurlik het ek altyd gekyk wie die verslag opgestel het.

Die plofstof- (of springstof) seksie is begin deur (later genl-maj) AP van Dyk en hy was bygestaan deur (later brigadier) Frans van Eeden. Tydens my veiligheidskursus (1970) was Frans van Eeden een van die dosente. Dit was my geluk want die geleentheid het hom later voorgedoen om dikwels met brig Van Eeden te gesels. Ek het van kol Hammond “geweet”, maar ons het uit die aard van die saak in verskillende werks- en sosiale kringe beweeg.

Ons het genl-maj Van Dyk se “geskiedenis”, die geskiedenis van die plofstofeenheid en die ontwikkeling van die Casspir-voertuig redelik goed geboekstaaf. Genl Van Dyk as plofstofdeskundige die “vader” van die Casspir-gedagte - “V”-tipe onderstel. (Vir die voorstel het hy as brigadier die SOE-medalje verwerf en as genl-maj het hy die balkie tot die SOE verwerf.) Genl van Dyk was ‘n “yster” - daar is ook ‘n boek geskryf oor die ondersoeke waaraan hy in die WesKaap deelgeneem het. Later het ons paaie dikwels gekruis – hy was later by “Opleiding” en later afdelingskommissaris: Oos-Transvaal. As lid van die SSVR het ek hom die laaste keer gesien tydens onderhandelinge met die SAW te Nelspruit

Ons is later almal afgetree (ek is bykans 30-jaar met pensioen) en die SAP het ook sy eie diaspora beleef – ons manne is oor die aardbol versprei waar hul kundigheid gretig en met vrug aangewend is – Suid-Afrika het nie ons kundigheid nodig gehad nie.

‘n Kollega Deon Stidwell, oud-kaptein, het my opnuut weer voorgestel aan kol George Hammond, PCFG, en ons het lekker by “Op die Plaas”, tydens ontbyt, gesels. Ek was bewus van kol Hammond se opspraakwekkende heldedaad. Soos alle helde is die manne maar nederig en wil hulle nie gesels nie. (Polisiemanne en soldate is “vegters” en nie “skrywers” nie!) Kol Hammond wou nie oor die voorval “praat” nie – maar ek het daarin geslaag om ‘sy arm te draai’ en hy het ingestem om my sy amptelike eedsverklaring – soos in die oorspronklike dossier – en foto’s met Nongqai te deel. Hier het ons onberispelike inligting met stawende foto’s. Gelukkig het mev Hammond ‘n paar skêrsnitte met my gedeel. Ek het ook verdere navorsing gedoen.

Hier het ons nog ‘n unieke stukkie “veiligheidsgeskiedenis”. Om inligting vir die nageslag te bekom en te bewaar is geen maklike taak nie! Al die lede van die plofstofeenheid is beskeie en mens sukkel om inligting te bekom.

Nongqai en sy lesers salueer kol George Hammond, PCFG, en sy dapper kollegas!

Kol GF Hammond – foto verskaf

Kol Hammond met sertifikaat vir die SAP-medalje: Goue Kruis vir Dapperheid. Ongelukkig kon ek nie die sertifikaat aftas nie – dis pragtig geraam en agter mooi toegeplak – Foto HBH

1975: NO W8957B KONST FG HAMMOND NA BASIESE OPLEIDING IN

DIE BEËDIGDE VERKLARING

BEWYSSTUKKE: FOTO’S

Erkenning aan: BEELD

GALLANTRY AWARDS OF THE SOUTH AFRICAN POLICE 1913 – 1991

Terry King

Kol Hammond en kollegas se toekenning soos beskryf deur Terry King is bovermelde boek:

Voorbeeld: Bomopruiming is ‘n gevaarlike taak:

• Management: Bomb Threat

SLOTWOORD: BESINNING EN VERTOLKING

Brig HB Heymans

Joh 15 vers 13: “Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee”.

Nadat ek al die feite (getuienis) bymekaar gebring het, het tot die gevolgtrekking gekom dat kol Hammond en sy kollegas, (kapt) Prinsloo en (lt) Fritz Rost “HELDE” van die hoogste orde is. Hulle het die grootste bom (114 kg) in ons geskiedenis skadeloos gestel. Dit is ‘n riskante taak.

In hierdie voorval het hulle uitvoering gegee aan art 7 van die Polisiewet, Wet 7 van 1958, deurdat hulle nie alleen:

• Handhawing van wet en orde toegepas het nie; maar ook

• “misdaad voorkom” het, en

• misdaad suksesvol “ondersoek” het, en

• ook die “veiligheid van die land” verseker het met die skadeloosstelling van die bom; en

• hulle het gekeer dat soldate en lede van die publiek gedood en beseer word; en ook

• skade aan die gebou en omliggende geboue voorkom het.

Hierdie is klassieke polisiëring van die hoogste orde! Hulle het sonder skroom hul lewens dapper op die spel geplaas sodat ander lede van die publiek en lede van die weermag veilig kon wees. Onwillekeurig dink ek aan die Bybelteks: “Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee”. Hierdie manne was bereid om alles te gee vir die land en sy mense!

Ons moet ook ingedagte hou dat die voorval na 2 Februarie 1990 plaas gevind het. Die bom is skadeloos gestel langs ‘n gebou wat deur die SA Weermag beset was. Ek vind dit vreemd dat die SAW nie ook vir die manne met ‘n toepaslike medalje vereer het nie?

Op (‘n siniese) keper beskou kan gesê word: Dit is ‘n polisieman se taak en hy word vir sy taak vergoed.

• Nietemin Nongqai en sy lesers salueer kol Hammond en sy kollegas vir hul onbaatsugtige optrede en ‘n taak welgedaan!

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.