Nongqai Vol 10 No 7B

Page 1


NONGQAI : VOLUME 10 NO 7A Table of Contents

Geskiedenis van Witwatersrand Gesamentlike Bestuursentrum: Genl.-maj. Gerrit Murphy Kommentaar: Mnr AP Stemmet: Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad

Vrywaaring / Indemnity







GESKIEDENIS VAN WITWATERSRAND GESAMENTLIKE BESTUURSENTRUM (WITGBS) VANAF 1984 TOT 1986 (Deur Genl maj (aft) Gerrit Murphy – September 2002) AGTERGROND DIE STELSEL VAN GESAMENTLIKE BESTUURSENTRUMS (GBSe) 1. Die GBSe was die instrumente waarmee die detydse Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad (SSVR) in streke wat primêr saamgeval het met die destydse Leërkommandementsgrense, gepoog het om leidinggewend, koördinerend en soms selfs inisiërend op te tree mbt die staat se veiligheidspoging daar. Alle staatsdepartemente wat in ’n GBS-gebied opereer was deur die Kabinet versoek om aktief en verteenwoordigend aan die aktiwiteite van die GBSe deel te neem. Dit was juis in streeksverband waar die rewolusionêre aanslag aktueel was en gesamentlike staatsbeplanning en die koördinering van die staatsoptredes noodsaaklik was. Meesterbeplanning van die totale staatspoging in GBS-streke was só belangrik vir die suksesvolle bekamping van die rewolusionêre aanslag dat ’n onderskeid tussen die staat se veiligheidsbestuur en sy welvaartsbestuur daar, hoofsaaklik van akademiese belang was. Onge-orkestreerde staatsoptredes tydens ’n rewolusionêre aanslag, is die kortpad na ’n sekere nederlaag. 2. Die effektiewe werking van die stelsel van GBSe was gestrem deurdat die streeksgrense van die departemente nie ooreengestem het nie. Die onderverdeling van die stelsel was van veiligheidsbelang daarom was bestaande veiligheidsnorms gebruik, naamlik: a. GBS-gebied: Leërkommandement/Polisie Afdelingskommissarisgebiede. Daar was 19 SAP AK-gebiede wat impliseer dat in vyf van die 12 GBSgebiede daar meer as een SAP AK-gebied was. b. Sub-GBS: Leërgroep/SAP-Distrikskommandantgebied. Op hierdie substreekvlak is die nie-veiligheidsmagdepartemente minder verteenwoordig met die uitsondering van die metropolitaanse gebiede. c. Mini GBS: Landdrosdistrik/Leërkommando/SAP Stasie-gebied. Hierdie was die plaaslike vlak waar meeste staatsdepartemente redelik goed verteenwoordig was. Dit was ook die vlak waar die plaaslike betrokkenheid van die gemeenskapstrukture, en dus van die privaatsektor, mees doeltreffend by voorkomende aksies en bekampingsoptrede betrek kon word. d. Plaaslike Bestuur Sentrum (PBS): Die voorsitter van die Mini-GBS was verantwoordelik om PBSe vir alle woonbuurtes te stig. Die anderskleurige woonbuurtes moes egter prioriteit geniet. 3. Hierdie geskiedenis handel oor een van die moeilikste tydperkte van die bestaan van WITGBS. Dit was die grootste GBS en het onder andere vier Polisie Afdeling Kommissarisse en tot drie Streeksdirekteure per Staatsdepartement ingesluit. Om die bestuur van die Vaaldriehoek te vergemalik is die landdrosdistrik van Sasolburg ook onder die beheer van WITGBS geplaas. WITGBS gebied het die volgende


2 landdrosdisrikte ingesluit: Johannesburg, Randburg, Soweto, Kemptonpark, Germiston, Alberton, Benoni, Boksburg, Brakpan, Springs, Heidelberg, Delmas, Nigel, Balfour, Krugersdorp, Roodepoort, Randfontein, Westonaria, Meyerton, Vereeniging, Vanderbijlpark en Sasolburg. Kyk Aanhangsel A vir WITGBS gebied. 4. WITGBS Funksies. Deurmiddel van die stelsel van GBSe was goeie regering in streeksverband nagestreef. Die volgende bestuursvoorskrif was deur die destydse Sekretaris van die Staatsveiligheidsraad aan Brig GHP Murphy, Die Voorsitter, WITGBS uitgereik: “BESTUURSVOORSKRIF : VOORSITTER WITWATERSRAND GESAMENTLIKE BESTUURSENTRUM AANSTELLING 1. U aanstelling/verkiesing as Voorsitter van Witwatersrand Gesamentlike Bestuursentrum word hiermee bekragtig. AANSPREEKLIKHEID 2. As Voorsitter van die GBS is u aan die Sekretaris van die Staatsveiligheidsraad aanspreeklik vir die doeltreffende funksionering van die GBS en sy suborgane in u verantwoordelikheidsgebied, wat insluit die uitvoering, koördinering en monitering van die optredes van al die deelnemende lede/departemente insoverre dit in GBS-verband geskied. GESAG 3. U word uit hoofde van u voorsitterskap beklee met die gesag en oorhoofse verantwoordelikheid om al die funksies wat hieronder aan u opgedra word binne die nasionale bestuurstelsel uit te voer. In hierdie verband word KvA Omsendbrief KVA/3/2/B dd 19 Junie 1985, waarin alle direkteursgeneraal van staatsdepartemente reeds opgedra is om hulle streekverteenwoordigers deur middel van pligstate deelname aan die GBS-stelsel voor te skryf, asook die raakvlak met die welvaartstelsel wat deur die Welvaartsekretariaat verskaf word, onder u aandag gebring. FUNKSIES 4.

U is verantwoordelik vir die uitvoering van die funksies hieronder uiteengesit.

5. Organisasie. Die behoorlike strukturering van die GBS om doelmatige en vaartbelynde optrede te te verseker. Dit sluit in: a. b. c. d. e. f.

Funksionele strukturering tot op mini-GBS/PBS-vlak. Verseker dat komitees soos neergelê behoorlik funksioneer en dat die voorsitters en lede van sodanige komitees in besit is van die nodige bestuursvoorskrifte. Verseker dat mini-GBSe volgens behoefte of soos neergelê gestig word en dat die nodige bestuursvoorskrifte en riglyne aan die voorsitters van sodanige sub en miniGBSe uitgereik word. Verseker dat alle belanghebbende departemente, administrasies, statutêre en staatsinstellings in u verantwoordelikheidsgebied in die GBS en sy suborgane verteenwoordig word. Verseker dat alle verteenwoordigers in die GBS en sy suborgane oor ’n toepaslike sekerheidsklaring beskik. Verseker dat alle verteenwoordigers in die GBS en sy suborgane behoorlik opgelei en ingeoefen word om die gladde funksionering van die stelsel te optimaliseer.

6. Beplanning. Die GBS moet oor ’n plan van aksie beskik waardeur tydige en geïntegreerde interdepartementele optrede in werking gestel kan word het sy op ’n proaktiewe of reaktiewe grondslag. Die beplanning moet voorsiening maak vir die koördinering van oorwoë

2


3 langtermynbeplanning wat ten doel het om die welvaart van die betrokke gemeenskappe tot die optimum te ontwikkel asook vir gebeurlikheidsbeplanning om die veiligheidsituasie so te beheer dat korttermynwelvaartsplanne rondom knelpunte en griewe wat deur die vyand uitgebuit word, uitgevoer kan word. Dit sluit die volgende in: a. b. c. d. e. f. g.

Die inisiëring van kollektiewe beplanning op plaaslike vlak en die uitreiking van belanningsriglyne aan die voorsitters van sub- en mini-GBSe/PBSe. Versekering dat PBSen mini-GBS beplanning op plaaslike vlak gekonsolideer en deur sub-GBSe in substreekplanne verwerk word. Die kontrolering van substreekplanne en die opstel van die GBS-plan. Die verkryging van konsensus onder en goedkeuring deur lede van die GBS vir die GBSplan. Die voorlegging van die GBS-plan, substreekplanne en plaaslike planne aan die GKS vir verdere prosessering. Die maak, en indien nodig die inoefening, van gebeurlikheidsplanne op GBS-, sub-GBS en mini-GBS vlak. Die periodieke hersiening/aanpassing van planne.

7. Uitvoering. U is verantwoordelik vir die koördinering van die uitvoering van goedgekeurde GBS-planne. U moet ook toesien dat taktiese beplanning op ’n proaktiewe grondslag op die toepaslike vlakke plaasvind. Verder moet u na die volgende omsien: a. Die uitreiking van implementeringsinstruksies aan sub-GBSe en mimi-GBSe. b. Die doeltreffende bedryf van inligting deur middel van ’n geïntegreerde inligtingstelsel wat: i. ii. iii. iv.

Geordend en doelgerig informasie kan insamel. Informasie akkuraat tot inliting kan verwerk. In staat is om inligting tydig aan belanghebbendes te versprei. Die “moet weet” beginsel handhaaf

. c.

Die Veikom moet gesamentlike prosedures vir die betrokke gebied opstel en moet toesien dat ’n geskikte plek as ’n GOS ingerig word asook dat die nodige personeel en uitrusting geoormerk word om die GOS te beman wanneer nodig. d. Die Semkom moet verseker dat almal op hoogte is met die werking en betrokkenheid van die Semkom op die streekvlak en u moet verseker dat die Semkom deurentyd by die instandhouding van noodsaaklike dienste betrokke is. Verder moet die Semkom die plan vir die herstel van dringende knelpunte wat griewe van die bevolking uitmaak, opstel en moet die Semkom die langtermynbeplanning vir die gebied opstel en koördineer. e. Die Komkom moet spesifiek twee aspekte uitvoer, naamlik eerstens ’n Komkom-plan vir die verbetering van houdings en gesindhede in die breë, gesien die polarisasie tussen groepe aan die hand van die rewolusionêre oorlog, en tweedens die bedryf van proaktiewe strategiese kommunikasie aan die hand van taktiese sowel as strategiese optrede op die grond geneem ten einde situasies of gebeure te hanteer of voorkom. 8.

Monitering. U is verantwoordelik vir: a. b. c. d.

9.

Die monitering van die werksaamhede van sub- en mini-GBSe . Die monitering van uitvoeringsaksies deur die sub- en mini-GBSe asook deur die GBS self. Dit sluit spesifiek doelwitbereiking in en om die GKS van tyd tot tyd op hoogte bring. Die implementering van regstellingsaksies. Die evaluering van en opstel van lesse geleer ten opsigte van die hantering van situasies binne NBS-verband.

Skakeling. a.

Daar bestaan slegs een bevelskanaal binne stelselverband vir alle opdraggewing aan en rapportering deur die voorsitter van die GBS, naamlik die direkte kanaal tussen die GKS (SSVR) en die GBS-voorsitter. Lopende projekte en normale departementele

3


4

b. c. d.

e.

skakeling bly onaangetas. Dit is egter noodsaaklik dat die GKS deurlopend ingelig gehou word. Om rondslomp te voorkom, bestaan daar ’n skakelkanaal tussen die voorsitter van die GBS en die Welvaartsekretariaat wat daargestel is om aangeleenthede op te helder. Die voorsitter van die die GBS skakel direk met enige van die streekverteenwoordigers van departemente en instansies wat in die GBS dien en die GBS-sekretariaat verleen bystand in hierdie verband. Waar enige persoonlike verskille of geskille in stelselverband ontstaan, moet die GBSvoorsitter poog om dit persoonlik met die betrokke lede te besleg. In die geval waar so ’n geskil nie besleg kan word nie , moet die aangeleentheid in NBS-verband by die GKS aangemeld word en die betrokke lede moet dienooreenkomstig departementeel rapporteer. Die GBS is ’n proaktiewe organisasie wat in die eerste plek op streekvlak moet poog om ’n probleem op te los. Waar departementele verteenwoordigers na gesamentlike besinning nie deur hul eie optrede tot die oplossing van ’n probleem kan bydra nie, moet hulle dit na hulle eie hoofkantore verwys met die oog op optrede/regstelling of om die nodige steun te bekom. Slegs indien hierdie optrede nie die probleem kan bevredig nie moet die aangeleentheid na die SSVR verwys word. Die volgende moet dan gemeld word. i. ii. iii. iv.

’ n Bondige maar volledige uieensetting van die probleem. Optrede deur departementele verteenwoordigers en waarom dit nie slaag nie. Die veiligheidsimplikasie van die gevolglike situasie, duidelik uitgespel. Die verlangde/aanbevole optrede om die situasie te beredder.

f.

Waar die voorsitter van mening is dat enige departementele verteenwoordiger nie sy volle deelname in die stelsel verleen nie, of nie bevoeg is om die deelname te lewer wat van hom verwag word nie moet hy die Sekretariaat onverwyld van volle besonderhede voorsien, waarna die Sekretariaat die toepaslike optrede sal neem. g. Aangesien die Voorsitter van die SSVR aanspreeklik is vir die suksesvolle werking van die GBS en die oorhoofse veiligheidsituasie het hy die reg om enige aspek rakend die GBS direk onder die aandag van die SSVR te bring sonder die vooraf verwysing daarvan na die GBS of die dagbestuur. h. Die voorsitter skakel direk met alle aangrensende GBS-voorsitters insake gemeenskaplike belange en ten einde rasionalisasie van optrede te bewerkstellig in gevalle waar oorvleueling voorkom. 10.

Algemeen. a. U moet verseker dat die hoogste mate van samewerking en goeie trou tussen die verskillende deparetementele verteenwoordigers nagestreef word. b. U moet verseker dat goeie menseverhoudings in die GBS en sy suborgane gehandhaaf word. c. U moet verseker dat daar nie op die gebied van die lynfunksies van departemente oortree word nie. In hierdie verband moet u verseker dat besluite van die GBS deur streekverteenwoordigers aan sy betrokke hoofkantoor deurgevoer is en dat die betrokke streekverteenwoordiger akkoord gaan met die besluit of voorstel. d. Die wese van die GBS stelsel is gebaseer op konsensus besluitneming. Nadat konsensus bereik is, is alle streekverteenwoordigers verplig om binne daardie besluit hul departementele uitvoering langs die departementele lynfunksie te rig. Afwykings mag alleenlik geskied nadat die redes vir die afwyking aan die GBS voorgelê en die afwyking goedgekeur is. Indien konsensus nie bereik word nie moet die optrede soos in par 9.c. hierbo gevolg word. e. U moet verseker dat die administratiewe en stafwerk van die GBS en sy suborgane op ’n hoë standaard gehou word. f. U moet die interne prosedure vir die funksionering van die GBS en sy suborgane bepaal en aan alle betrokkenes bekend stel.

4


5

DIE GBS-SEKRETARIAAT 11. U moet poog om die sekretariaat van die GBS uit te bou tot ’n voltydse liggaam wat die stafwerk en roetine van die GBS behartig. In hierdie verband moet u nou met die SAW skakel, op wie se diensstaat die sekretariaat van die GBS gedra word. ERKENNING 12. U moet skriftelik aan die GKS bevestig dat u hierdie bestuursvoorskrif ontvang het, dit bestudeer het en volle verantwoordelikheid vir die doeltreffende funksionering van die GBS en sy suborgane aanvaar.

SEKRETARIS VAN DIE STAATSVEILIGHEIDSRAAD ”

5. Organisasie van WITGBS. Kyk Aanhangsel B vir die organisasie van WITGBS soos dit in 1986 was. a. WITGBS se gebied was dieselfde as die SA Leër se Kommandement Witwatersrand se streekgrense. Omdat Sasolburg wat deel is van die Vaaldriehoek en dit beter vir veiligheidsbestuur was is dié landdrosdistrik ook onder beheer van WITGBS geplaas. Kyk Aanhangsel A vir detail van landdrosdistrikte asook die 23 Anderskleurige woonbuurtes wat binne die verantwoordelikheidsgebied van WITGBS geval het, waarvan Soweto die grootste was. Die nodige Veikom, Semkom, Komkom, en GIS was gestig met Kommandement Witwatersrand se Ops Kamer as ’n GOS vir WITGBS. ’n Voltydse sekretariaat was ook deur Kommandement Witwatersrand vir WITGBS verskaf. Met Bevelvoerder van Kommandemet Witwatersrand as voorsitter van WITGBS. b. Sub-GBS Johannesburg se gebied was dieselfde as die SAP Afdelingskommissaris van Witwatersrand (WWR) se streekgrense. Met ’n mini-GBS te Alexandra. Met die SAP AK van WWR as voorsitter van die sub-GBS. c. Sub-GBS Soweto se gebied was dieselfde as die SAP Afdelingskommissaris van Soweto se streekgrense. Met mini-GBSe te Dobsonville, Meadowlands, Orlando, Diepkloof, Jabulani, Moroka, Naledi, Protea en Kliptown. Met die SAP AK van Soweto as voorsitter van die sub-GBS. Kyk Aanhangsel C vir grense van die sub-GBS. d. Sub-GBS Wesrand se gebied was dieselfde as die SAP Afdeingskommissaris van Wesrand se streekgrense met mini-GBSe te SAP Distrikskommandantgebiede van Roodepoort, Krugersdorp en Vaaldriehoek asook PBSe by aldrie mini-GBSe. Met die SAP AK van Wesrand as voorsitter van die sub-GBS. e. Sub-GBS Oosrand se gebied was dieselfde as die SAP Afdelingskommissaris van Oosrand se streekgrense. Met mini-GBSe te

5


6

f.

SAP Distrikskommandantgebiede van Springs, Brakpan, Benoni, Heidelberg, Germiston en Kempton Park asook PBSe by al ses mini-GBSe. Met die SAP AK van Oosrand as voorsitter van die sub-GBS. Nieteenstaande die kompleksiteit van die gebied het die voorsitter van WITGBS daarin geslaag om die GBS op ’n gesonde grondslag te bedryf.

6. Die Rewolusionêre Oorlog (RO) teen die RSA. Om die stryd waarby WITGBS gedurende genoemde tydperk betrokke was beter te begryp, word ’n kort opsomming van die strategie, doel, voorvereistes, deelnemers en taktiek van dié rewolusionêre oorlog teen die RSA gegee: a. ’n Rewolusionêre oorlog is ’n politieke oorlog wat bestaan uit 20% militêre en 80% politieke optrede – Kolonel David Galula (Franse Leër). b.

Die Rewolusionêre Strategie. Die vernaamste dryfkrag agter die rewolusionêre aanslag was die Sowjet-Unie wat ten doel gehad het om die destydse staatsbestel in die RSA omvêr te werp en te vervang deur ’n pro- USSR Marxistiese regering onder beheer van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), die African National Congress (ANC) en die United Democratic Front (UDF) alliansie. “In ons land word die stryd van die onderdrukte mense deur die SAKP gelei en is geïnspireer deur sy beleid. Ons Kommunistiese Partylede is die mees gevorderde rewolusionêres in die moderne geskiedenis en lê die gevegs- en dryfkrag aan die dag om die gemeenskap en die wêreld te verander.” – Nelson Mandela

c. Die doel was om dmv ’n rewoludionêre oorlog, die huidige staatsbestel in die RSA te vernietig en te vervang met ’n SAKP/ANC/UDF regering. d. Voorvereistes vir rewolusionêre sukses. Ten einde hulle doel te bereik moes die rewolusionêres die volgende vereistes vir sukses behaal: i. Die breë bevolking in die RSA moes gepolitiseer word en rewolusionêre beheer moes oor hulle verkry en uitgeoefen word ten einde hulle saam te snoer vir massa rewolusionêre optrede teen die Staat. ii. Die Staat en sy werkorgane moes verswak en geneutraliseer word op alle terreine ten einde te verhoed dat die Staat oor die vermoë sal beskik om die RO te wen. iii. Die moreel van die ondersteuners van die staat en hulle wil om weerstand te bied teen die rewolusionêre aanslag moes ondermyn word. vi. Die rewolusionêres moes veilige basis- en deurgangsgebiede in die RSA en buurstate verkry en moes wye steun, veral militêr, vanaf buite die RSA geniet. “Ons mense moet hulself in groepe organiseer, tradisionele wapens vervaardig wat gebruik moet word teen die vyand. Nadat hulle hulself op hierdie manier bewapen het, moet ons mense begin om

6


7 medewerkers en die vyand se agente te identifiseer en hulle doodmaak. Die marionette in die drie-kamer Parlement en die Bantustans moet vernietig word.” – Oliver Tambo e. Deelnemers i. SAKP. Die SAKP het as die skakel tussen die USSR en die ANC gedien. Dit het verseker dat die ANC volgens USSR oogmerke optree dmv sy beheer oor die ANC se top bestuurstrukture ( 18 van 30 lede van die ANC se topbestuur was lede van die SAKP in Nov 1986 ). ii. ANC. Die organisasie het die RSA regering buitelands dmv politieke en diplomatieke aksies beveg. In die RSA binnelands het hulle gewapende propaganda aksies gevoer en ’n sg “volksleër” ontwikkel. Lg het met die politisering en militarisering van die massas gepaard gegaan. Die ANC se gewapende vleuel het as MK bekend gestaan. iii.UDF. Die UDF het as ’n frontorganisasie van die ANC in die binneland opgetree. Hulle was verantwoordelik om die massa te organiseer, politiseer en te mobiliseer. Hulle was dus verantwoordelik om die vermoë van die RSA owerheid om effektief te regeer, te ondermyn en selfs te neutraliseer. Hulle was ook verantwoordelik om alternatiewe strukture daar te stel om landsadministrasie en regeringsdepartemente, bv Gesondheid en Plaaslike Owerhede, dmv “Civic Associations” oor te neem en te hanteer. Integrasie tussen UDF en ANC het op woonbuurt-vlak dmv geïnfiltreerde ANC lede, die sg “underground” en die UDF se plaaslike “Civic Associations” plaasgevind. Die UDF het oor die vermoë om rewolusionêre aksies te beplan, te koordineer en te bedryf vanaf plaaslike vlak tot op nasionale vlak teen elke komponent van die staat se magsbasis beskik. Die UDF het as’t ware as die ANC se binnelandse politieke vleuel gefunksioneer. Groot organisasies soos vakbondgroeperings (COSATO) en studente organisasie soos Congress of South Africa Students (COSAS) was ook by die UDF geaffilieer. iv. Die Pan African Congress (PAC) en sy politieke vleuel die Azanian Peoples’ Organisation (AZAPO) het soortgelyke doelwitte as die SAKP/ANC/UDF gehad en hulle metodes en oogmerke het geensins van die ANC verskil nie. Die PAC se gewapende vleuel was APLA. f. ANC Militêre Organisasie. Die ANC se gewapende terroriste vleuel het bekend gestaan as Umkhomto we Sizwe (MK). g. Die ANC se Militêre en Politieke Organisasie binne die RSA. Die basiese struktuur van die ANC binne die RSA was gebaseer op die sg Area Military-Political Committee (AMPC). Die AMPC was op Plaaslike woonbuurtvlak gestig dmv die infiltrasie van ’n MK operasionele bevelvoerder en ’n politieke kommissaris. Daarna volg ’n proses van uitbouing van die AMPC deur werwing en opleiding uit die plaaslike gemeenskap self. Die doel van ’n AMPC was om die massa bevolking op plaaslike vlak te politiseer, te organiseer en aan te wend vir massa versetoptredes.

7


8 h.

Die Integrasie van die ANC en UDF op Plaaslike vlak. Die proses van integrasie tussn ANC en UDF op AMPC vlak kan soos volg beskryf word: i. Lede van die ANC se ondergrondse struktuur, die sg “underground” wat politieke agitators en militêr opgeleide bevelvoerders ingesluit het, het na die RSA geïnfiltreer met die doel om ’n AMPC op plaaslike woonbuurt vlak te stig. ii. Die AMPC word dan stelselmatig uitgebou dmv politisering en werwing van die plaaslike bevolking. Die breë bevolking van die woonbuurt word dan stelselmatig rondom bestaande sosioekonomiese knelpunte en griewe gepolitiseer en georganiseer. iii. Geskikte plaaslike leiersfigure word dan gewerf en opgelei om ’n verskeidenheid van front- en stutorganisasies op plaaslike vlak te stig. Die belangrikste organisasies waarby aansluiting gevind was, was die plaaslike Residents of Civic Association en plaaslike takke van georganiseerde jeug-, skoliere-, vroue-, kerk-, werker- en ander organisasies. Hierdie organisasies was dan benut vir die verdere politisering en organisering van die bevolking en dit het bykans elke faset van die samelewing gedek. iv. Gelyktydig het die vermilitarisering van die bevolking plaasgevind, deurdat die ANC underground lede gewerf het vir die militêre komponent van die AMPC en die woonbuurt was dan verdeel in sones, areas, strate, huisblokke en selle met aangestelde bevelvoerders op elke vlak. Hierdie organisering het as die M-Plan bekend gestaan. Dmv hierdie gemilitariseerde struktuur was die vermoë om rewolusionêre bevel en beheer oor die die bevolking uit te oefen en die kern van ’n sg Military Combat Unit (MCU) wat deel van die ANC se volksleër (People’s Army) gevorm het, gestig. v. Hierdie gepolitiseerde, georganiseerde en vermilitariseerde plaaslike bevolking het dan begin met die uitvoering van massa versetoptrede met die doel om die VMe uit die gebied te verdryf en die destydse staatstrukture te vernietig. vi. Indien hulle daarin sou geslaag het om bogenoemde te bereik, was die woonbuurt as’t ware omskep as ’n rewolusionêre “bevryde” gebied en rewolusionêre gesagstrukture was benut om die woonbuurt te regeer. Hierna het die massa bevolking dan ook oor die vermoë beskik om versetaksies daarvandaan geografies na naasliggende woonbuurtes, handels- en nywerheidsgebiede uit te brei. vii. Die plaaslike rewolusionêre organisasies was ook op streek-, provinsiale- en nasionale verband geaffilieer om groter trefkrag landswyd te behaal. “Die geboorte van ons kragtige demokratiese front, wat binne homself, duisende van ons massa organisasies verenig het”. – - Oliver Tambo 26/8/85

7. Taktiek en Metodes wat deur dieRewolusionêres Gebruik was. Die vyandelike elemente en opstokers wat in die RSA geopereer het, het van verskillende taktieke en wapens gebruik gemaak om hulle doelwitte mee te bereik. Baie van die taktieke het

8


9 die vorm van ope geweld teen die VM en burgerlikes van alle rasse aangeneem, ander het die vorm van sielkundige druk op alle vlakke van ons gemeenskappe aangeneem. Die taktiek en wapens wat gebruik was word onder die volgende opskrifte bespreek: a. Aanvalle en Geweld. Geweld was teen VM’e, burgerlikes en opponerende faksies gerig en sluit die volgende in: i. Klipgooiery teen voertuie, soms agter ’n skerm van vroue. ii. Suurbomaanvalle op VM’e. iii. Halssnoermoorde. iv. Moord gevolg deur lykverbranding met petrol of lampolie. v. Brandstigting van staats- en plaaslike owerheidsgeboue insluitende skole, gemeenskapsentra, besighede en privaat huise. vi. Brandstigting van privaat- en handelsvoertuie. vii. Bomaanvalle op besige winkelsentrums en staatskantore. viii. Voertuig- en personeelmyne. ix. Die span van doringdraad oor paaie tussen huise om VM’e bo-op voertuie te beseer. x. Pertolbom- en handgranaataanvalle op voertuie, huise en VM patrollies. xi. Die gooi van rotse vanaf brûe op voertuie wat onderdeur reis. xii. Pistool en geweervuur op VM’e. xiii. Ontvoering vir verhoor en partykeer vir teregstelling deur sg “Peoples Courts” van gematigdes en onbetrokkenes. “Met ons vuurhoutjiedosies en ons halssnoere sal ons hierdie land bevry”. -Winnie Mandela 13/4/86. b. Uitlokking en Misleiding. Hierdie taktiek was in die swartwoonbuurtes (SWB’e) toegepas om VM patrollies te mislei om sodoende die VM’e te dwing om magte aan ’n wyd verspreide gebied te verbind terwyl hulle in ’n heeltemal ander plek opereer. Sodoende word die grootte en reaksietyd van ’n reaksiemag bepaal en word die VM’e versprei en uitgeput deur so veel alarm as moontlik te veroorsaak. Metodes wat gebruik was sluit in: i. Telefoonoproepe aan die SAP om insidente te rapporteer wat vals was. ii. Die veroorsaking van baie wydverspreide klein ontploffings deur leë “Aerosol” kanne op klein vure te gooi. iii. Die gebruik van fluitjies om VM’e na ’n geselekteerde gebied te lok vir ’n aanval op hul voertuie. iv. Die aan-die-brand-steek van klein hope buitebande om rookwolke te veroorsaak en dus die VM’e se aandag te trek. c. Vroeë Waarskuwingstelsels. Die volgende was gebruik om waarskuwing te gee van VM teenwoordigheid in ’n gebied waar vergaderings gehou was: i. Fluitjies. ii. Bestuur sonder ligte in die aand sodat VM voertiue met brandende ligte uitstaan. iii. Die oplaat van vlieërs op aankoms van VM’e. iv. Die aansteek van buitebande of klein vuurtjies. v. Die lui van kerk of skoolklokke. d. Stakings en Boikotte. Stakings en boikotte was aangemoedig in ’n poging om die ekonomiese en finansiële struktuur van die gemeenskap te verswak. Dit was

9


10 ook ’n maklike manier om ’n groot massa mense te betrek en daarby die opstoker se doelwitte te bevorder, veral as ’n konfrontasie tussen die VM’e en stakers bewerkstellig kon word. e.

Padblokkades. Dit was normaalweg gebruik om VM’e se mobiliteit te beperk en om aanvalle op VM patrollies te vergemaklik en het die volgende ingesluit: i. Die afkap van bome om paaie te sluit. ii. Die plaas van klippe oor ’n pad. iii. Verwydering van huisnommers en straatname om navigasie te bemoeilik. iv. Diep gate, ongeveer 1,5m breed, dikwels gekamoefleer of slote in die middel van die pad word gegrawe. Gedurende opvolg-operasies was VM’e normaalweg in hierdie hindernisse uitgelok. v. Doringdraad word oor die pad gespan.

f. Verbindings. Boodskappe en instruksies was mondelings en ook op verskeie ander maniere soos volg oorgedra: i. ANC “Radio Freedom” uitsendings. ii. Gebruik van bestaande radionetwerke van busmaatskappye, taxis, ens. iii. Handseine. iv. Gebruik van bakkies met jeugdiges agter in wat as ’n “Publieke Toespraak”stelsel gedien het en was normaalweg vir intimidasie gebruik. v. Pamflette en slagspreuke. vi. Vergaderings van “Comrades”. g. Intimidasie. Intimidasie was die sterkste wapen van die rewolusionêres en was normaalweg op dreigemente van dood of verminking gebaseer. Van die vorms was: i. Telefoondreigemente, waarin akkurate besonderhede van die slagoffer se bewegings en beloftes van ’n halssnoer of ’n petrolbomaanval gegee word. ii. Pamflette met instruksies om deel te neem aan onluste met ’n dreigement van die dood indien geen samewerking ontvang word nie. iii. “Volkshowe” (Peoples’ Courts) in SWB’e om oortreders te verhoor. h. Begrafnisse. Begrafnisse was as ’n politieke vergadering en platform gebruik, veral as die oorledene betrokke was in onlus tydens sy/haar dood. Bewegings na en van die begraafplaas het dikwels gelei tot openlike geweld en oproer. i. Wapens. ’n Verskeidenheid van wapens was gebruik, insluitende: i. Petrol-en suurbomme. ii. Plofstowwe met tydmeganismes. iii. Kleefmyne. iv. Pistole. v. Gewere. vi. Messe. vii. Assegaaie. viii. Pangas. ix. Handgranate. x. Tuisgemaakte rookbomme. xi. Vuurpylrigters.

10


11 j. Diskrediteer. Elke geval van verkeerde optrede soos swak dissipline, wangedrag of vertoning van rassisme deur enige lid van die veiligheidsmagte was deur die rewolusionêres uitgebuit om die veiligheidsmagte en die regeringstelsel te diskrediteer. 8. Opsomming van RO Agtergrond. Opsommend tot die agtergrond van die RO teen die RSA word ’n paar belangrike aspekte wat WITGBS ondervind het, uitgelig: a. Die volgende drie grondbeginsels van die aard van ’n rewolusionêre oorlog was baie duidelik ondervind: i. ’n Rewolusionêre oorlog is ’n politieke oorlog. ii. In ’n rewolusionêre oorlog is die doel van beide kante om die steun, goedkeuring en aktiewe deelname van die grootste gedeelte van die bevolking te verkry. iii. ’n Rewolusionêre oorlog sal al die hulpbronne en geduld van enige staat tot die uiterste beproef. b. Die hoof strategiese doelwit van ’n uitgerekte rewolusionêre oorlog is om die rewolusionêre basisgebiede uit te brei en die basisgebiede van die regering te verklein. Met dit in gedagte is dit goed om op die woorde van Thabo Mbeki in die NewYork Times van 20 Junie 1980 te let: “We can’t fight a bush war in South Africa. Look at the map. It is all developed. There are roads, radios and landing strips everywhere. This isn’t Angola or Mozambique. We don’t have forests. The machine would smas h us if we try to send an army from outlying areas. Also 87% of the whites are in towns and cities. Our masses have to serve as our bush. The black community is our bush”. c. Die mobilisering van die massas, dws om hul simpatie, samewerking en ondersteuning te verkry, was beide die veiligheidsmagte en die rewolusionêre se hoogste prioriteit. In die Afrika-konteks het die rewolusionêre ’n besliste voordeel in die verband gehad, aangesien die praktyk bewys het dat bloed gewoonlik dikker is as water en omdat die veiligheidsmagte geassosieer was met ’n “bewind van onderdrukking”. Die rewolusionêre het die bevolking deur propaganda, organisasie, intimidasie en blatante geweld aan hulle kant gekry. In die proses het hulle ’n spesifieke gesindheidsbeïnvloedingsprogram gevolg en aan die bevolking vertel wat hulle graag wil hoor, veral omdat dit nie deur die verantwoordelikheid wat met regering gepaardgaan, gekontroleer kon word nie. d. Ten einde eenheid van poging te verkry het die rewolusionêre die party -organisasie en absolute dissipline aangewend. Daarbenewens was baie tyd aan opleiding en afronding van veral leiers, tov al die magsbasisse, afgestaan. Die gewapende element was egter altyd ondergeskik aan die politieke gesag en enige persoon wat nie daarby wou inval nie of andersins afvallig was, was ten sterkste teen opgetree. Die effek van sodanige dissipline en gesamentlike benadering het verseker dat die rewolusionêre ’n hoë mate van eenheid van poging kon handhaaf.

11


12

9. Strategie en Teen-Rewolusionêre Optredes. Aan die hand van die gebeure wat plaasgevind het en hoe die stedelike rewolusie gedurende hierdie tydperk omvou het, word die strategie en teen-rewolusionêre optredes wat deur WITGBS gevolg was, omskryf. Net hoogtepunte wat oor genoemde tydperk plaasgevind het sal omskryf word.

DIE EERSTE HELFTE VAN 1984 (Die tydperk net voor die Driekamer Parlement in gebruik geneem is).

10. Funksionering van WITGBS Gedurende Hierdie Tydperk. Op hierdie stadium was WITGBS met sy sub-organe alreeds goed gevestig en het die stelsel redelik goed gefunksioneer. Die voorsitter was die Bevelvoerder van Kommandement Witwatersrand en die GBS het uit ongeveer sestig lede bestaan. Vir doelteffende funksionering was WITGBS in die volgende komitees, Veiligheidskomitee (VEIKOM), Gesamentlike Inligtingskomitee (GIK), Staatkundige, Ekonomiese en Maatskaplike Komitee (Semkom) en Kommunikasie Komitee (Komkom) verdeel. Afhangende van ’n departement se funksie was die betrokke lede by sy funksionele komitee ingedeel. Die vier Sub-GBSe nl, Johannesburg, Soweto, Wesrand en Oosrand met die Polisie Afdelingskommissarisse as voorsitters het ook redelik goed gefunksioneer. Alhoewel die SAP vir die voer van Stedelike TEIN Operasies verantwoordelik was en die SAW ter ondersteuning van die SAP was, het die vier Polisie Afdelingskommissarisse verkies dat die SA Leër Kommandements Bevelvoerder die voorsitter van die GBS moet wees. Nasionale Intelligensie (NI) was nie ’n volwaardige lid van die GBS nie, hulle het net oor waarnemingstatus beskik soos deur hulle hoër gesag opgedra. Ons het die GBS verder gesuiwer deur te verseker dat alle lede amptenare was. Daar was byvoorbeeld vir die Voorsitter van die Wesrandse Ontwikkelingsraad, wat ’n politieke aanstelling was, gevra om uit die GBS te onttrek en die Hoofdirekteur van die Wesrandse Ontwikkelingsraad was in sy plek aangestel. Gedurende die tydperk het WITGBS hoofsaaklik op die Organisasie Fase van die rewolusionêre aanslag gekonsentreer. In hierdie fase het die rewolusionêre element deur die stappe van klandestiene tot blatante optrede, maar nie geweldadige optrede nie, beweeg. Hulle belangrikste aktiwiteite was die vorming en uitbouing van selle (deur oorreding, vergoeding, intimidasie en afpersing) en rondom die selle was politieke propagandagroepe asook inligtingsnetwerke gestig en uitgebou en die aanblaas van openbare onrus, insluitend stakings, demonstrasies en proteste was gereël. Al hierdie dinge was gedoen om enersyds die beeld van die rewolusionêre organisasie uit te bou en andersyds die regering in die verleentheid te stel en in slaggate in te lei. Gedurende die tydperk het die Swartrade van al die Swartwoonbuurtes, hoe goed of hoe swak, gefunksioneer en die swartjeug se skoolbywoning was redelik goed.

12


13

11. Die Organisasie van Kmdmt Wit Gedurende die Tydperk. Om Kmdmt Wit se bydrae gedurende die rewolusionêre aanslag beter te verstaan is dit goed om te weet hoe Kmdmt Wit georganiseer was. In 1984 was die kmdmt as volg georganiseer: a. Kmdmt Wit HK met sy Bev en Staf asook die nodige infrastruktuur eenhede. b. Kmdmt Wit se Burgermag het uit die volgende eenhede bestaan: 3 PTW Eskn, 5 Vd Eskn, 15 Pers Diens Eenh en Randse Afrikaanse Universiteit Militêre Eenheid (RAUME). Om die Burgermag te versterk was magtiging gevra om Boksburg, Vanderbijlpark, Sasolburg, Johannesburg Suid en Edenvale kommando eenhede na burgermag infanterie TEIN eenhede om te skakel. c. Groep 16 met die volgende kommandos onder bevel: Delmas, Heidelberg, Nigel, Springs, Boksburg en Brakpan. Hierdie groep was binne die SAP Afdelingskommissaris van Oosrand se gebied en was dus beskikbaar om die SAP in die gebied te ondersteun. d. Groep 17 met die volgende kommandos onder bevel: Meyerton, Vanderbijlpark, Vereeniging, Wesrand, Yskor Vanderbijlpark (voltydse kommando), Sasolburg, SASOL (voltydse kommando), Krugersdorp, Roodepoort en NASCEM (voltydse kommando). Die groep was binne die SAP Afdelingskommissaris van Wesrand se gebied en was dus beskikbaar om die SAP in die gebied te ondersteun. e. Groep 18 met die volgende kommandos onder bevel: Eastpark, Sandton, Johannesburg Wes, Johannesburg Suid, Randburg en Wemmerpan. Die groep was binne die SAP Afdelingskommissarisse van Witwatersrand en Soweto se gebiede en was dus beskikbaar om die SAP in die gebiede te ondersteun. f. Groep 41 met die volgende kommandos onder bevel: Alberton, Atlas (voltydse kommando), Edenvale, Germiston, Kempton Park, Benoni, Modderfontein (voltydse kommando) en Rietfontein. Die groep was ook binne die SAP Afdelingskommissaris van Oosrand se gebied en was dus beskikbaar om die SAP in die gebied te ondersteun. g. Die voltydse kommandos was vir hulle eie Nasionale Sleutelpunte (NSP) verantwoordelik en dus was daar voltyds kommandolede uit die betrokke sleutelpunt opgeroep vir diens. Die voltydse kommandos het verder ook oor ’n voltydse kommando bevelvoerder beskik. h. Al die Groep Bevelvoerders was lede van die deeltydse magte. i. Die volgende Opleidingseenhede was Permanent in Gebied van Kmdmt Wit: Leërgim, 1 Konstr Regt en 21 Bn. Indien beskikbaar was hulle vir oprasionele take in Kmdmt Wit gebied ontplooi. j. Saam met HK 7 SA Inf Div, 72 Mot Bde, SVS Dunnotter, SAS Rand, Med Kmdmt Suid Tvl en die ander Burgermag eenhede was daar meer as sewentig Mil Hke/Eenhe in Kmdmt Wit se gebied. 13


14

12. Operasionele Take Gedurende die Tydperk deur Kmdmt Wit Uitgevoer. a. Die normale gebiedsbeskermingstake en ondersteuningstake aan die SAP was deur die kommandos uitgevoer. b. Kmdmt Wit was op daardie stadium vir ongeveer sewentig Nasionale Sleutelpunte verantwoordelik en indien die 11 km verantwoordelikheidstrale van die Nasionale Sleutelpunte (NSP) op ’n kaart ingetrek was, dan het dit die grootste gedeelte van Kmdmt Wit se gebied gedek. Hierdie verantwoordelikheid het, toe die SAP nie meer die onrus en onluste alleen kon beheer nie, die indiensstelling van die SAW vergemaklik omdat dit nie nodig was om die SAW indiens te stel nie hulle was volgens wet, na aanleiding van die Nasionale Sleutelpunt verantwoordelikheid, alreeds in die betrokke gebiede indiens gestel. Daar moes net verseker word dat die SAW net binne hulle verantwoordelikheidsgebiede operasioneel optree en indien hulle wel operasioneel buite hulle verantwoordelikheidsgebiede optree, hulle eerstens deur die SAP versoek moes word en ten minste deur ’n adjudant-offisier of hoër van die SAP vergesel was. Die volgende wet het die prosedure voorgeskryf: Wet No 74/1982 Art 50 het bepaal dat die minimum rang ’n Adjudant-Offisier van die SAP die optrede van SA Leër troepe kon magtig. 13. Opsomming. Omdat ek aan die begin van 1984 as bevelvoerder van Kmdmt Wit aangestel was het ek gedurende die eerste helfte van 1984 alle eenhede onder bevel in die kmdmts gebied besoek en myself heeltemal op hoogte met die vermoë van die eenhede en die situasie in die gebied gebring. Ek het myself ook verder met die funksionering van die GBS vertroud gemaak. Hierdie kennis het my later soos die rewolusionêre aanslag toegeneem het baie goed te pas gekom.

DIE TWEEDE HELFTE VAN 1984

14. Die Ingebruikneming van die Driekamer Parlement (Augustus 1984). Die verhoogde rewolusionêre aanslag teen die RSA was na die ingebruikneming van die Driekamer Parlement duidelik waarneembaar. Dit moet onthou word dat die swartman buite die tuislande en die swart miljoene in die stede nie in die Driekamer Parlement ingesluit was nie. Daar was net ’n omvattende stelsel van plaaslike selfbestuur vir hulle ingestel. Die destydse Schlebusch-kommissie het wel oorspronklik aanbeveel dat naas ’n Presidentsraad ’n Swart Raad gestig word maar die swartmense, met kaptein Mangosuthu Gatsha Buthelezi aan die spits van die swart verset, het die Swart Raad verwerp. Dit was ook toe baie duidelik dat die radikale elemente net belanggestel het in ’n rewolusionêre verandering in Suid Afrika en nie in die destydse Regering se evolusionêre verandering nie. Daar was nogtans belangrike

14


15 en gematigde swart leiers wat steeds ’n afwagtende houding aangeneem het en by wie redelikheid nie ontbreek het nie. 15. Sebokeng Brand (Augustus 1984). Sebokeng was ’n model swart woongebied en op daardie stadium met ongeveer 300 000 inwoners. Die woongebied is naby Vereeniging in die Vaaldriehoek geleë. Op daardie staduim was YSKOR Vanderbijlpark en die staalnywerhede in die gebied die grootste werkverskaffers en was die inkomste per capita van die inwoners van Sebokeng van die hoogste in die RSA. Die swart woongbiede in die Vaaldriehoek naamlik Sebokeng, Evaton, Boipatong, Bophelong en Sharpville het onder die Lekoa Stadsraad geressorteer. Die munisipale kantore en -fasiliteite asook die kantore van die Oranje-Vaal Ontwikkelingsraad was net buite Sebokeng geleë en verder het Sebokeng ook oor ’n goed toegeruste hospitaal beskik. Die onrus en onluste geskiedenis van die gebied het ons geleer dat die potensiaal vir onrus en onluste altyd hoog was, ek het die probleem al te goed verstaan omdat ek in Vereeniging groot geword het. Die naweek voor Sebokeng gebrand het, het ons in Kmdmt Wit ’n Stedelike TEIN Komp uit die NDP leiersgroep van die Leërgim saamgestel en die kompanie was toe in YSKOR Vanderbijlpark Kommando se lyne ontplooi. Die doel was indien die SAP ondersteuning van die SAW sou verlang die troepe dan ommiddellik bekikbaar sou wees. Die naweek was daar geen geweldadige optrede in die gebied nie maar na die naweek het die hel in Sebokeng losgebars. Swartraadslede is vermoor en winkels, motorhawens, banke, poskantore en biersale was aan die brandgesteek en miljoene rande se skade is aangerig, werkers het begin staak, busse is aan die brand gesteek, skoolkinders het die skole geboikot en algehele chaos het in die woonbuurt geheers. Ek het die SAW se hulp aan die SAP se Distrikskommandant in Vereeniging aangebied maar hy het laat weet dat hulle die situasie onder beheer het en hy nie die SAW se hulp benodig nie. Toe WITGBS se VEIKOM vergader om die situasie in Sebokeng te bespreek vind ons uit dat die SAP AK van Wesrand nie beskikbaar is nie, hy was verplaas en sy opvolger het nog nie oorgeneem nie. Brig Ben Oosthuizen die nuwe SAP AK van Wesrand het wel ’n dag of wat later opgedaag. Ek het hom bitter jammer gekry hy moes met die intrapslag direk na Sebokeng en het daar gebly totdat die situasie onder beheer was. Ek het weereens die SAW se hulp aangebied om die situasie in Sebokeng te help stabiliseer, maar die SAP het steeds die aanbod van die hand gewys. Na die naweek was die situasie in Sebokeng redelik onder beheer en ons het ook die oorblywende Swartraadslede in ’n veilige standplaas gehuisves om te verhoed dat hulle ook vermoor word. Op daardie stadium was die situasie in Sebokeng veilig genoeg om ’n besoek van Ministers Louis Le Grange, Magnus Malan, FW de Klerk (Vanderbijlpark was sy kiesafdeling), die Kommisaris van Polisie en Hoof van die Weermag te ontvang. Ek het as WITGBS Voorsitter die groep vergesel en ons het na die besoekgroep as die “A Team” verwys. Daar was ook met die besoekgroep in ’n helikopter oor die gebied gevlieg sodat hulle die skade wat aangerig was kon waarneem. FW de Klerk se opmerking was dat hy bly was dat die hospitaal nie afgebrand is nie, ek het aan hom uitgewys dat die radikale elemente nie ’n hospitaal sal afbrand nie aangesien dit vir hulle in ’n onluste situasie lewensbelangrik was. Genl Malan was egter nie baie gelukkig met die veiligheidsituasie in Sebokeng nie, sy gevoel was egter nie ongegrond nie toe ons later in die gebied met ’n SAP Caspir voertuig rondbeweeg het, het ons self in ’n groot groep oproerige skare vasgeloop en moes ons om veiligheidsredes die besoekgroep onttrek. Nog steeds het die SAP die

15


16 SAW se ondersteuning geweier. Hulle verskoning was, wat sou die buitelandse pers se reaksie wees as die SAW se hulp ingeroep word. Die namiddag na die ministriële besoek het Mnr Ganz die Hoofdirekteur van die Oranje-Vaal Ontwikkelingsraad (OVOR) my geskakel en my verwittig dat oproerige skare in Sebokeng weer besig was om kantore en besighede aan die brand te steek. Sy bekommernis was dat die skare die OVOR se kantore, munisipale kantore enfasiliteite kompleks wat net buite Sebokeng geleë was sou afbrand. Hy het die SAW versoek om fisiese beskerming aan die kompleks te verleen aangesien die SAP nie op daardie stadium instaat was om die nodige beskerming te verleen nie. Die Leërgim se Stedelike TEIN Komp by YSKOR Vanderbijlpark Kommando was toe alreeds deur ’n Stedelike TEIN Komp van 3 SAI vervang. Ek het opdrag gegee dat die TEIN komp binne die Oranje-Vaal Ontwikkelingsraad se kompleks ontplooi. Daardie aand ontvang ek ’n telefoonoproep van Genls Malan en Viljoen wat my verwittig dat ek besig was om politieke rimpels te veroorsaak. Na ’n lang gesprek ontvang ek ook ’n opdrag van hulle om liewers die TEIN Komp uit Sebokeng te onttrek om die vrede te bewaar. Ek het die komp onttrek en in reserwe op Doorkop Basis gehou. Die komp was toe deur ses polisiemanne vervang om die kompleks te beveilig, maar gelukkig het die oproerige skare daardie nag nie die kompleks aan die brand gesteek nie. Die SAP het oor die volgende paar dae daarin geslaag om die situasie in Sebokeng te stabiliseer maar miljoene rande se skade was toe alreeds aangegerig. Op daardie stadium het ek besef dat tydens onrus en onluste situasies die SAP nie die SAW sal vra vir ondersteuning nie, hulle sal wag totdat die laaste polisieman vermoor word en net voor hy sy laaste asem uitblaas sal hy die SAW vra om oor te neem. Hierdie situasie was totaal onaanvaarbaar en daar was besluit om die aangeleentheid met die Kommisaris van Polisie en Hoof van die Weermag op te neem. Met die Augustus 1984 onluste in Sebokeng het die radikale elemente weereens bewys dat die rewolusionêre stryd hoofsaaklik oor politieke mag gaan en nie altyd oor sosiaal-ekonomiese griewe nie. Die radikale elemente het dit reggekry om die gemeenskap van Sebokeng, met min sosiaal-ekonomiese griewe, teen die swart plaaslike owerheid op te sweep en oor te gaan tot geweldadige optrede. Op daardie stadium het WITGBS ook besef dat ons besig was met ’n stedelike rewolusionêre stryd en nie net bloot onrus en onluste situasies nie. Genl Viljoen het nie daarvan gehou dat ons van ’n rewolusie praat nie omdat die blanke gemeenskap van die RSA se verwysingsraamwerk van ’n rewolusie die “Franse Rewolusie” was en mense se koppe letterlik gaan rol. 16. Die Dag van Generaals (Augustus 1984). Om die samewerking tussen die SAP en die SAW tov onrus en onluste operasies in WITGBS se gebied uit te klaar, het ons ’n vergadering met die Kommissaris van Polisie en Hoof van die Weermag te Kmdmt Wit HK gereël. Dit was die meeste Polisie en Weermag Generaals wat Kmdmt Wit nog besoek het en dit is daarom dat ons na die geleentheid as “die dag van generaals” verwys het. Die Kommissaris van Polisie en Hoof van die Weermag het as gesamentlike voorsitters van die vergadering opgetree. Al vier SAP AK’s en hulle senior staflede in WITGBS gebied het ook die vergadering bygewoon. Die vergadering was baie korter as wat alle lede teenwoordig verwag het omdat daar aan ons gevra was, wat wil julle hê? Ek het voor die vergadering ’n kaart van WITGBS se gebied laat voorberei wat die 11 km verantwoordelikheidstrale van die ongeveer

16


17 sewentig Nasionale Sleutelpunte (NSP), waarvoor die SAW verantwoordelik was, aangedui het. Die NSP verantwoordelikheid het die grootste gedeelte van WITGBS se gebied gedek. Na die vraag aan ons gerva was, wat wil julle hê, was die kaart en die NSP verantwoordelikheid aan die vergadering uitgewys asook die feit dat die SAW alreeds in die betrokke gebiede indiens gestel was. Die SAP het saamgestem dat dit die aanwending van die SAW vir hulle vergemaklik en daar is verder ook ooreengekom dat die SAP tydens onrus en onluste in WITGBS se gebied in die toekoms van die SAW se ondersteuning gebruik sal maak. Na hierdie vergadering was daar in my dienstermyn geen verdere probleme met SAP en SAW samewerking nie. ’n Paar goue reëls was egter altyd toegepas nl, waar moontlik was aparte take aan SAP en SAW lede toegeken, die SAP was in bevel van Stedelike TEIN Operasies met SAW ter ondersteuning en SAW bevelvoerders het altyd bevel oor eie lede gevoer. 17. Onrus en Onluste se Intensiteit Verhoog in WITGBS Gebied (September 1984). Die omvang en intensiteit van onrus en onluste in die WITGBS gebied het aan die einde van Augustus 1984 so verhoog dat die SAP die SAW se steun aangevra het. Die gebiede wat geraak was, was Soweto, swart woongebiede aan die Oos-rand soos Katlehong, Thokoza, Tembisa, Kwa-Thema, Tsakane, Duduza en Daveyton asook swart woongebiede in die Vaaldriehoek soos Sharpville, Bophelong, Boipatong en Sebokeng. Troepe was op’n baie kort kennisgewing beskikbaar gestel en het hoofsaaklik uit NDP’s van omliggende opleidingseenhede bestaan. Meer as 2000 troepe (ongeveer twaalf Stedelike TEIN Kompanies) was gedurende die aanvangsfase van die onluste ter ondersteuning van die SAP aangewend en het vanaf 2 September 1984 tot 10 Oktober 1984 gestrek. Die meeste kommando eenhede in Kmdmt Wit se gebied asook Doornkop Militêre Basis het op daardie stadium oor goeie fasiliteite beskik om troepe tydelik vir operasies te huisves. Die optredes was so gelaagd dat die SAW-troepe op 10 Oktober 1984 na hulle tuiseenhede kon terugkeer. 18. Operasie Palmiet (22/23 Oktober 1984). Op 17 Oktober 1984 was ek en my ops staf na die SAP DK te Vereeniging se kantore ontbied en daar was ons deur Brig Bert Wandrag, bevelvoerder van die Polisie se teeninsurgensie eenheid, voorgelig dat die SAP, SASP en SAW ’n gesamentlike deursoekingsoperasie in Sebokeng gedurende die nag van 22/23 Oktober 1984 moet uitvoer. Die SAP sou vir die deursoeking van alle huise en inwoners verantwoordelik wees en die SAW sou vir die gooi van kordonne in die gebied verantwoordelik wees om sodoende die nodige beskerming aan die SAP te verleen. Ons het kapsie gemaak en verduidelik dat daar te min tyd was vir voorbereiding aangesien daar ’n groot getal polisiemanne en soldate vir so’n oprasie benodig word en dit tyd sal neem om genoegsame mannekrag te bekom. Ons het Bert Wandrag egter gevra om terug te gaan na KOMPOL en ’n paar dae uitstel te vra. Ons het intussen voortgegaan met die nodige voorbereidings maar op Vrydag 19 Oktober 1984 was ons verwittig dat daar geen uitstel verleen is nie en die operasie gedurende die nag van 22/23 Oktober 1984 moet plaasvind. Alle krane was oopgedraai en Leër HK het sy kant dubbel en dwars gebring deur die 5500 troepe wat benodig was beskikbaar te stel. Die troepe het hoofsaaklik uit NDP’s en Smag leierelement bestaan en die SAP/SASP se kontingent het uit 2000 polisiemanne bestaan. Kmdmt Wit se operasionele plan was kortliks as volg: Sebokeng was in sektore verdeel en sektor bevelvoerders was aangestel. Om die verrassingselement te behou moes die SAW eenhede vanaf hulle tuis basisse in die

17


18 donker direk na Sebokeng beweeg om net na middernag in die woonbuurt te ontplooi. Die eenhede vanaf Potchefstroom en Pretoria moes Sebokeng vanaf die Weste binnegegaan en die eenhede vanaf Middelburg en Heidelberg vanaf die Ooste. Alle eenhede was van gidse voorsien wat die gebied goed geken het en van WITGBS se gebied afkomstig was . Die inoefening van die operasie het ook in hulle tuis basisse plaasgevind en elke eenheid moes sorg vir sy eie logistieke steun. Dit was beplan dat die operasie nie langer as 36 uur sal duur nie. Die mediese steun was deur Med Kmdmt Suid Tvl gereël. Daar was nie genoegsame baardraers beskikbaar nie en hulle het toe besluit om mediese dokters vir die doel op te roep. Sou daar ’n kragonderbreking in Sebokeng gedurende die operasie wees was Kmdmt Wit Werkplaas getaak om die soekligte, wat normaalweg by skoue aangewend word, te ontplooi. Die doel van die operasie was om die radikale elemente en misdadigers uit te haal en nie om die inwoners te verontrief nie. Om inwoners se bewegings, nadat hulle huise en hulle self deursoek was, nie te beperk nie was daar besluit om die inwoners se pinkies met pers staatsdiens ink, wat vir stempels gebruik word, te merk en dit sou hulle waarborg tot vrye beweging wees. Genl Viljoen het nie hiervan gehou nie hy het dit die merk van “Kain” genoem. Tydens die operasie het genoemde merk aan die pinkie’n status simbool geword aangesien dit vrye beweging in die gebied verseker het. Daar was ook rooi plakkertjies met die volgende woorde daarop “I am your friend, trust me”, “Samewerking vir vrede en sekuriteit”, ens voorberei. Die plakkertjies moes aan die inwoners uitgedeel en op motors geplak word. Daar was ook gereël dat met dagbreek van lugskree gebruik gemaak word om werkers aan te moedig om werk toe te gaan en niks te vrees nie. Daar was van ’n bandopnemer met swartale in die vliegtuig gebruik gemaak en hier het ek geleer dat swart mense daarvan hou om terug te praat wanneer ons van grondskree of lugskree metodes gebruik maak. Op Sondagmiddag 21 Oktober 1984 was die oprasionele plan aan Genl Viljoen, Hoof van die Weermag voorgedra, sy kommentaar was dat die plan goed was maar die merk van “Kain” het hom nogsteeds gepla. Op Maandag 22 Oktober 1984 was die troepe indiens gestel en Operasie Palmiet het daardie nag plaasgevind. Die OranjeVaal-Ontwikkelingsraad se bestuur het hulle konferensiekamer, kantore en ander fasiliteite in hulle kompleks vir ’n GOS beskikbaar gestel en alle hulp wat nodig was aangebied, ons moes net vra. Die Beeld het van Woensdag 24 Oktober 1984 het die volgende berig oor Operasie Palmiet in hulle koerant geplaas: “Soos skimme slaan 7000 toe. Onverwags, soos skimme in die nag, het hulle toegeslaan op die slapende stad Sebokeng, in die Vaaldriehoek. Seweduisend soldate en polisiemanne. Onder die duisende inwoners was daar nie die minste aanduiding dat hul stad uitgekies sou word vir die grootste gesamentlike Weermag en Polisie-optrede nog in Suid-Afrika nie. Die eerste teken dat ’n groot taakmag na die gebied op pad was, is omtrent streeks middernag gister waargeneem toe die veraf gedreun van ’n groot konvooi voertuie die nagstilte verbreek het. Mettertyd het ’n streep ligte uit die stikdonkerte op een van die verlate snelweë in die omgewing opgedoem. Die dreuning in die lug het harder geword. Enkele motorryers wat in die vroeë oggendure op pad was, het verstom gesit oor die dosyne swaar Samil- en Bedford-vragmotors, die Ratel-gevegsvoertuie en Buffelen Caspir-troepedraers wat uit die donkerte voor hulle opgedoem het. Militêre polisiemanne op motorfietse het die troepedraers na hul doelwitte begelei.

18


19 Waterkarre, ambulanse en ander ondersteuningsvoertuie was in elke konvooi te sien. Sowat twintig yslike tenkwaens het omstreeks drie-uur opgedaag om brandstof vir die operasie te verskaf. Die eerste teken aan die buitewêreld dat daar ’n nagtelike drama in Sebokeng afspeel, was die helder strale van soekligte wat deur ’n bedompige wolkewaas gesny het. Met militêre presiesheid is soldate onder die donker kombers van die nag uit alle rigtings rondom die slapende swart woonbuurt afgelaai. In linies van etlike kilometers lank het die gewapende soldate in enkelgelid elke tien tree rondom die swart woonbuurt stelling ingeneem. Ook in strate tussen die rye, rye enerse huise. Terselfdertyd is honderde polisiemanne in die woonbuurt afgelaai. Hulle het in groepe van huis tot huis beweeg en die eenblok huise na die ander stelselmatig deurgesoek. By beheerposte het radioboodskappe oor die eter gekraak. Die geblaf van polisiehonde het uit die strate opgeklink. Onder die wakende oë van jong soldate het die deursoek van eiendom ’n ritueel geword. Polisiemanne wat aan voordeure klop en ferm, dog beleef, verduidelik hoekom die hele gesin moet opstaan en toekyk hoe wonings en eiendom deursoek word. Verbasing het vlak in hulle oë gelê. Stomgeslaan deur die onverwagse besoek, het hulle saamgewerk om die polisiemanne se taak te vergemaklik. Baie min het beswaar gemaak. Net na sesuur gisteroggend is nuusmanne met Caspirs die gebied binnegebring. Geweer oor die skouer het rye soldate blokke huise afgekordon. Die meeste van die manne nie ouer as agtien, negentien nie. Sommige het in groepies hande warm gemaak by ’n vuurtjie. Dosyne inwoners het in die strate rondgeslenter. Hier en daar het iemand ’n gesprek met ’n soldaat of polisieman aangeknoop. Kaalvoet kinders het selfs baldadig gewuif vir die militêre voertuie wat die gebied deurkruis het. Sebokeng rus weer…. Mnr John Roodt, stadsklerk van Vereeniging, het gesê van die dorp se munisipale werkers het gister van hul werk af weggebly, maar daar was geen noemenswaardige invloed op die werksaamhede van die munisipaliteit nie. Volgens mnr Boet van As, hoof van bestuursdienste op Vanderbijlpark , was sy werkersgetalle gister heeltemal normaal. Mnr Frank Brick, hoofbestuurder van Vaal Transport Corporation, die busdiens wat Sebokeng en ander swart woonbuurte in die Vaaldriehoek bedien , het gesê busdienste het tot heeltemal normaal teruggekeer, behalwe op Sharpeville, waar busse sedert verlede Dinsdag net tot op die die buitewyke van die dorp ry. Geen busse is gister met klippe gegooi nie”. Kyk Aanhangsel D vir fotos wat in die Beeld verskyn het. Na Operasie Palmiet was die woonbuurt gestabiliseer en die SAP was so beïndruk met die sukses wat behaal was dat hulle kans gesien het om Woensdagaand 24 Oktober 1984 Sharpville te pak. Ek was nie baie gelukkig met hierdie voorstel nie omdat die troepe moeg was en ons nie die nodige voorbereidings getref het nie. Gelukkig breek daar Woensdagmiddag ’n donderstorm los wat skrik vir niks en daar was toe gesamentlik besluit om Operasie Palmiet te be-eindig en almal was toe opdrag gegee om na hulle basisse terug te keer. Gedurende die operasie was daar geen ongevalle nie behalwe vir die polisie konstabel wat by die GOS op wagdiens was en hom per ongeluk met sy haelgeweer in sy groottoon geskiet het. Binne ’n paar sekondes was daar vier mediese dokters

19


20 (baardraers) om na sy skietwond om te sien, dit was waarskynlik die beste mediese hulp wat die konstabel in sy lewe ontvang het want die volgende dag was hy weer aan diens. Die mediese dokters het gedurende die operasie selfs bevallings as komops aksies hanteer. Operasie Palmiet het bewys dat die SAP en SAW instaat was om ’n stedelike TEIN operasie baie vinnig te kan beplan en met sukses uit te voer. Genl Jannie Geldenhuys, die destydse Hoof van die Leër het na afloop van Operasie Palmiet my gelukgewens met die goeie beheer wat ons oor die troepe gedurende die operasie gehad het. 19. ’n Verlore Geleentheid. Kort na die skade in Sebokeng aangerig was, was daar in samewerking met die Ontwikkelingsraad bystand verleen met die uitbetalings van assuransiegelde, beskerming, ens sodat dienste weer so gou as moontlik na normaal kon terugkeer. Die nie-betaling van dienstegelde was egter vir die Lekoa Stadsraad ’n groot probleem en ons moes ’n oplossing vind. Omdat ’n groot aantal inwoners werknemers van YSKOR Vanderbijlpark was, was daar met YSKOR onderhandel om die dienstegelde maandeliks van die werkers se soldy te verhaal. Hierdie aksie is met die Politici uitgeklaar sodat die nodige wetgewing in plek gestel kon word en hulle het ook saamgestem dat die aksie, as ’n proefneming, onmiddellik ’n aanvang kon neem. Nege maande later was ons deur die Politici verwittig dat die wetgewing nie geslaag het nie. Omdat die aksie onwettig was moes Lekoa Stadraad die gelde aan die betrokke inwoners terugbetaal. Hier het ons ’n gulde geleetheid tussen ons vingers laat deurglip om die nie-betaling van dienstegelde hok te slaan. Ek is persoonlik van mening dat as die wetgewing op daardie stadium geslaag het sou ons nie vandag (2002) met ’n kultuur van nie-betaling van dienstegelde gesukkel het nie en die plaaslike regerings sou waarskynlik ook nie vandag bankrot gewees het nie. 20. Operasie Adamsvy (13 tot 19 November 1984). Gedurende Okt/Nov 1984 het burgerlike ongehoorsaamheid en misdaad in Tembisa naby Kemptonpark aan die Oos-Rand geseëvier en daar was toe besluit om Operasie Adamsvy te loods, wat ’n omvattende misdaadopruimings- en beskermingsaksie was, met die doel om Tembisa te stabiliseer. Op daardie stadium het Leër HK besluit om die Mag in Wese (MIW) nie na die Leërgevegskool vir ’n oefening te stuur nie maar wel vir Operasie Adamsvy beskikbaar te stel. Die MIW se bevelvoerder was die Bevelvoerder van 1 SAI en het uit ses Meg Komps van 1 SAI en 4 SAI bestaan en dit was ook die betrokke NDP’s se laaste operasionele aanweding voor hulle uitklaar. Tembisa was in ses sektore verdeel en elke komp was aan ’n sektor toegeken en die SAW was weereens as ’n beskermende mag gebruik sodat die SAP/SASP met hulle misdaadopruimingsaksie kon voortgaan. Die MIW se HK het op ’n terrein voor die munisipale kantore van Tembisa ontplooi. Die SAP was onder bevel van Brig Bert Wandrag, Bevelvoerder van die SAP se TEIN Eenheid en was deur die SAP AK van Oos-Rand bygestaan. Anders as Operasie Palmiet was daar besluit om eers 10-uur die oggend van 13 November die operasie te loods en dan 7 dae in die woonbuurt te bly. Die doel was om die inwoners eers kans te gee om werk toe te gaan. Die SASP het gereël dat ons die SAS se Opleidings Kollege se terrein te Esselenpark as ’n versamelgebied en ’n logistieke aanvullingspunt gebruik. Die rede hiervoor was omdat die terrein net Suid van Tembisa geleë is en ons Tembisa deur die veld kon bereik sonder om die verkeer in die omgewing te ontwrig. Die totale logistieke steun vir die operasie was deur die

20


21 SAW verskaf en almal was op 24-uur rantsoenpakke vir die duur van die operasie geplaas. Ons moes eers die SAP lede leer hoe om ’n 24-uur rantsoenpak te gebruik, hulle het gedink dit was vir een maaltyd. Die troepe was ook verbied om enigiets by winkels in die swart woonbuurt te koop omdat ons bang was dat ons later vir diefstal blameer sal word en ek het ook verder opdrag gegee dat alle 20 mm kanonne van die Ratels voor die aanvang van die operasie afgeskroef word, want enige negatiewe propaganda deur die radikale elemente was moontlik. Genl Constant Viljoen Hoof van die Weermag het aangedui dat hy en van sy senior offisiere die swart woonbuurt tydens die operasie wil besoek. Ek het met hulle gereël dat ons mekaar by Olifantsfontein se Polisiestasie ontmoet en ek die nodige vervoer vandaar sal verskaf. Ek het hulle ingewag met ’n luukse sagtevel bussie met lekker groot vensters sodat die besoekgroep mooi kon sien. Groot was Genl Viljoen se verbasing, sy eerste vraag aan my was, “gaan hulle ons nie met klippe gooi nie” my antwoord was nee, maar ek kon sien hy glo my nie. Na afloop van ’n baie suksevolle besoek wat hulle baie leersaam gevind het, het ek hulle teruggeneem na ons ontmoetingspunt en op pad daarheen het Genl Viljoen gesê, “ ek sien jy het die waarheid gepraat niemand was vir ons kwaad nie, die inwoners het tot vir ons gewaai”. Weereens was die operasie uiters suksesvol en geen ongevalle het voorgekom nie. Die SAP was ook uiters suksesvol met hulle misdaadopruimingsaksie en gedurende die operasie was daar gerapporteer dat daar oor een periode van 24-uur geen misdaad aangemeld was nie. Engelse en Afrikaanse koerante het ook positiewe berigte in hulle dagblaaie geplaas. Goeie verhoudings het tussen die inwoners, die Raadslede en die SAW ontstaan. Gedurende 1985 was daar ses sokkervelde en twaalf netbalbane vir die inwoners van Tembisa op verskillende standplase deur die SAW gebou. Ek was ook deur die Raadslede gevra om die sportvelde amptelik te open. Kyk Aanhangsel E vir fotos wat in die media tov Operasie Adamsvy verskyn het. Nog operasies oor die hele GBS gebied wat hierop gevolg het was, Operasie Bladjang en Operasie Askeet, SAW ondersteuning aan die SAP was nou ’n dril en dit was redelik maklik vir die Veiligheidsmagte (VMe) om ’n woonbuurt te stabiliseer net jammer dat die SEM departemente nie daarin kon slaag om ’n woonbuurt te normaliseer nie.

TYDPERK JANUARIE 1985 TOT DESEMBER 1985

21. Inleiding. Gedurende die eerste helfte van 1985 was daar baie aandag aan die organisasie en die bedryf van die GBS stelsel tot op Mini-GBS vlak geskenk. Daar was ’n WITGBS meesterplan opgestel. Elke Mini-GBS was ook opdrag gegee om ’n gesamentlike plan op te stel hoe die rewolusionêre optrede in sy gebied voorkom kon word en omgekeer kon word tot ’n eie oorwinning. Die Mini-GBS Plan moes insluit die skep van ’n Teen –Rewo organisasie. ’n Gebeurlikheidsplan om die rewolusionêre organisasie en invloed op die bevolking (gemeenskap) te vernietig of neutraliseer en om wet en orde te handhaaf insluitende die handhawing van noodsaaklike dienste (stabiliseer). Normaliserings optrede om die normale leefwyse te herstel (normaliseer). ’n Langtermyn teen-rewo plan wat insliut, die beplanning, begroting en ontwikkeling van die gebied op alle terreine, maar veral die SEM departemente om

21


22 die rewo oorlog uit te skakel. Hulle was ook voorsien van ’n nagaanlys vir teen rewolusionêre optrede wat die volgende hoofpunte: effektiewe administrasie, burgerlike opleidingsprogramme, teenorganisasie van die bevolking, selfbeskerming en die inligtingsisteem wat gesamentlik deur die veiligheidsmagte (VMe) uitgevoer moes word, ingesluit het. 22. SAW Ondersteuning aan SAP. Vanaf die begin van 1985 het die SAW voltyds ondersteuning aan die SAP begin gelewer. Waar nodig was fasiliteite opgeknap of uitgebrei om die nodige huisvesting aan die onplooide troepe te verleen. Die SAW lede het vanaf die volgende basisse die nodige ondersteuning aan die SAP in die swart woonbuurtes verleen: a. Groep 16/Springs Komdo HK en Brakpan Komdo HK onplooi in Kwa-Thema, Tsakane en Duduza. (Sub-GBS Oosrand). b. Benoni Komdo HK ontplooi in Daveyton, Actonville en Wattville. (Sub-GBS Oosrand) c. Kemptonpark Komdo HK ontplooi in Tembisa. (Sub-GBS Oosrand). d. Alberton Komdo HK ontplooi in Katlehong, Thokoza en Vosloorus. (Sub-GBS Oosrand). e. Mount Collins 1 en 2 Light Horse Regt HK onplooi in Alexandra. (Sub-GBS WWR). f. Doornkop Mil Basis en 21 Bn te Lenz ontplooi in Soweto. (Sub-GBS Soweto). g. Roodepoort Komdo HK ontplooi in Kagiso, Mohlakeng en Bekkersdal. (Sub-GBS Wesrand). h. Groep 17 HK te Vereeniging onplooi in Sharpville, Bophelong, Boipatong, Sebokeng en Evaton. (Sub-GBS Wesrand). i. SASOL Komdo HK onplooi in Zamdela. (Sub-GBS Wesrand). j. Leërgim te Heidelberg ontplooi in Ratanda. (Sub-GBS Oosrand). 23. Operasionele Verantwoordelikhied in Kmdmt Wit Verhoog Drasties. Die verhoogde operasionele verantwoordelikheid het ons genoodsaak om die volgende aanpassing in Kmdmt Wit aan te bring: a. Nasionale Sleutelpunte. Die beskermingsplanne en paraatmakingsplanne was aansienlik verskerp by alle nasionale sleutelpunte. b. Groep Hke. Dit was vir ons baie duidelik dat deeltydse Groep Hke en deeltydse bevelvoerders nie die ops situasie sou kon hanteer nie omdat dit ooglopend ’n voltydse verantwoordelikheid geword het. Aansoek was gedoen

22


23 om die Groep Hke na voltydse HKe met Smag bevelvoerders en staf om te skakel en omskakeling het aan die einde van 1985 plaasgevind. c. Uitbreiding van Vermoëns. Magtiging was gevra en goedgekeuring was verleen vir vaste vlerk vte en heli (optiese en eletroniese waarneming), plofstof- en patrolliehonde, perde, eletroniese oorlogvoering vermoë om radionette te monitor, motorfietse vir hoofwegpatrollies, gebruik van ongemerkte voertuie asook aankoop van tweedehandse voertuie, aanwending van Eland 60 in Soweto en grondskree vermoë om as magsvermenigvuldigers aangewend te word. d. Komops. Om pamflette vinnig en in grootmaat te druk was daar aansoek gedoen om ’n drukpers vermoë in Kmdmt Wit te plaas. Hierdie versoek was ook goedgekeur en teen die einde van 1985 het ons ook oor hierdie vermoë beskik om aan WITGBS se behoeftes te voldoen. e. Ops Instruksies. Volledige en duidelike ops instruksies was vir die voer van Stedelike TEIN Operasies ’n noodsaaklikheid. Om beter insig van so’n ops instruksie te kry, kyk Aanhangsel F vir Kmdmt Wit Ops Instruksie 2/85. f. Hoof van Staf. Op 26 Augustus 1985 het ’n Hoof van Staf by Kmdmt Wit vir diens aangemeld. Hierdie aanstelling was noodsaaklik sodat die Kmdmt Bevelvoerder, wat ook die GBS Voorsitter was, sy volle aandag aan die rewolusionêre aanslag kon skenk. 24. Verklaring van ’n Noodtoestand in WITGBS Gebied (21 Julie 1985). Op 17 Julie 1985 was die vier SAP AK’s en myself na ’n Gesamentlike Veiligheidstaf (GVS) vergadering in Wachthuis te Pretoria genooi. Gedurende die vergadering was ons voorgelig dat die veiligheid van die publiek en die handhawing van openbare orde in WITGBS gebied ernstig bedreig word en die gewone landswette onvoldoende was om die situasie te hanteer. Derhalwe was daar besluit dat ’n noodtoestand afgekondig gaan word. Gedurende die vergadering was daar ook besluit in watter landdrosdistrikte die noodtoestand afgekondig moes word. Ons het gevra dat die hele WITGBS gebied gedek moet word, maar op een of ander stadium het iemand gesê dat Kagiso swart woonbuurt nie in Krugersdorp se landdrosdistrik val nie en dit nie nodig was dat Krugersdorp in die noodtoestand ingesluit word nie. Terug in my kantoor het ek die landdrosdistrikskaart van Krugersdorp nagegaan en gevind dat Kagiso wel in Krugersdorp se landdrosdistrik val. Ek het KOMPOL verwittig van my bevinding en gevra dat Krugersdorp ingesluit moet word, maar ek was verwittig dat dit te laat was aangesien die aansoek vir die noodtoestand alreeds na die Staatspresident se kantoor deurgestuur was. Ek het probeer aandring, maar sonder sukses. Die rede vir my optrede was dat die SAW kompanie wat van Roodepoort Komdo se standplaas gebruik gemaak het, in Bekkersdal wat in Westonaria se landdrosdistrik geval het, Mohlakeng wat in Randfontein se landdrosdistrik geval het en Kagiso swart woonbuurtes operasioneel opgetree. Dit was vir ons sowel as die troepe baie moeilik om van twee stelle regulasies gebruik te maak wanneer jy van die een swart woonbuurt na die ander swart woonbuurt met dieselfde troepe ontplooi. Ek het heelwat later uitgevind dat ek moes eintlik daarop aangedring het om Krugersdorp ingesluit te kry, want net so’n rukkie na die opheffing van die noodtoestand, aan die

23


24 begin van 1986, het die radikale elemente ’n interdik teen die SAW vir die Krugersdorp landdrosdistrik aangevra. Genoemde interdik was ’n paar honderd foliovelle vol insedente waar ons die Wet oortree het. Dit het heelwat voetwerk, moeite en tyd gekos om die interdik af te weer. Weereens het ek ’n duur les geleer, dat jou operasionele optrede moet sovêr moonlik binne die wet geskied. Die noodtoestand was op Sondag 21 Julie 1985 in die Staatskoerant afgekondig wat OPGBS en WITGBS se gebiede ingesluit het. Ek moet net verder noem dat Sasolburg se landdrosdistrik in die Oranje-Vrystaat was ook ingesluit maw die hele WITGBS gebied was ingesluit behalwe Krugersdorp landdrosdistrik was uitgesluit. Op 25 Julie 1985 het ons ’n verdere Ops Instruksie uitgereik met die doel om die SAW lede tov SAP/SASP/SAW samewerking tydens ’n noodtoestand voor te lig. Die noodregulasies het egter voorsiening gemaak dat die SAW sonder SAP offisiere of adjudant-offisiere mag optree. Maar ons het voorgeskryf dat dit egter wenslik was dat ’n SAP lid, waar dit enigsins moontlik was, die SAW elemente op ’n taak in die swart woongebiede moet vergesel. Alhoewel daar vrywaring vir lede van die SAW was, het dit niemand gevrywaar wat ’n kriminele daad gepleeg het nie. Moord bly moord en aanranding bly aanranding. Die betrokke Staatskoerante en verduidelikende notas tov noodregulasies was ook in die ops instruksie ingesluit. Op daardie stadium was die meeste van my magsvermenigvuldigers in plek en kon hulle suksesvol aangewend word. Die meesterbeplanning van die streek tot op Mini-GBS vlak was op 8 Augustus 1985 voltooi. ’n Groot poging was deur WITGBS gedurende die noodtoestand van stapel gestuur om die die rewolusionêre aanslag teen te werk, weereens was die stabilisering redelik suksesvol maar daar was nog steeds ’n groot gebrek aan normalisering. Kyk Aanhangsel G vir ’n foto van ’n SAW patrollie wat in die Sowetian koerant van Donderdag 1 Augustus 1985 verskyn het. 25. Teen Rewolusionêre Strategie : Knelpunte/Oorsake. Gedurende Oktober 1985 het ons in Kmdmt Wit ’n werksessie gehou om oor die huidige teen rewolusionêre strategie te besin en die nodige voorstelle was na die SSVR deurgestuur. Die volgende hoof knelpunte/oorsake was geïdentifiseer: a. Gebrek aan enkele gesag en oorstemmende verantwoordelikheidsgebiede. Die oorsaak was die gebrek en implimentering van die Nasionale Fisiese Ontwikkelingsplan. b. Geen duidelike Nasionale Strategie en/of vooruitskouing van Staatkundige Ontwikkeling nie. Daar het onsekerheid en verskillende vertolkings op uitvoerende amptenaarsvlak geheers. c. Gebrek aan kennis van die rewolusionêre aanslag op alle vlakke. Die oorsaak was dat daar geen formele opleiding vir staatsamptenare was nie en daar het ook geen opledingsinstituut vir sulke opleiding bestaan nie. d. Die SAP(V) se vermoë om inligting te verwerk was gebrekkig en dit was aan hulle beleid van sentralisasie te wyte. e. Veiligheidswetgewing het nie genoegsame magte aan die VMe verleen nie omdat noodregulasies nie in die normale wetgewing vervat was nie, daar moes eers ’n noodtoestand afgekondig word voor die nodige magte verkry was.

24


25

f. Bestaande beplanning was nie op die behoeftes van die gemeenskap geskoei nie agv die blanke se gebrekkige kennis van die swarte se etniese behoefte en derhalwe was ’n stelsel op die swarte afgedwing sonder sy insette. g. Sinkronisasie van woorde en dade, veral by die welvaartdepartemente het nie plaasgevind nie omdat die kommunikasie tussen politici en die amptenary gebrekkig was. h. Gebrek aan delegasie van gesag van ander departemente en dit was aan hulle beleid van sentralisasie te wyte. i. Botsende belange/prioriteite tussen die NBS en departemente se lynfunksie omdat die GBS slegs oor koördinerende gesag beskik het. j. Inligting mbt welvaart aspekte het ontbreek omdat daar geen langtermyn planne bestaan het nie. k. Plaaslike bevolking was nie voldoende beskerm nie omdat daar onvoldoende swart SAP en munisipale polisie was en Plaaslike Owerhede nie toegelaat was om ’n milisie of Gotla stelsel te implimenteer nie. l. Die swart Plaaslike Owerhede was oneffektief omdat ’n Westerse stelsel van Plaaslike Owerheid op hulle afgedwing was, hulle nie oor genoegsame bestuursvaardighede beskik het nie, nie oor genoegsame beskerming beskik het nie, wanadministrasie en korrupsie aan die orde van die dag was en die Plaaslike Bevolking geen deelname aan die plaaslike bestuur gehad het nie. m. Negatiewe mediadekking en beïnvloeding. Die Staat het nie oor ’n orgaan wat hierdie aspek tot op die laagste vlak kon beheer beskik nie en die amptenary was totaal onkundig. . 26. Opsomming. Om die rewolusionêre aanslag te bekamp moes ons probeer om oplossings vir bogenoemde knelpunte/oorsake te vind en daarvoor was tyd nodig en dus moes tyd gekoop word deur sterker klem op die afbreek en neutralisering van die radikales te lê, ’n sterker propaganda poging om radikales te diskrediteer en die opbou van eie wil en geloofwaardigheid.

TYDPERK JANUARIE 1986 TOT DESEMBER 1986

27. Inleiding. Negentien ses en tagtig was gekenmerk deur talle gebeurlikhede en dit was ook die stad Johannesburg se Eeufeeswording. Die rewolusionêre aanslag teen die RSA het so verskerp dat ’n totale noodtoestand in die RSA afgekondig was. Met die volgende paragrawe word daar gepoog om ’n paar uitstaande gebeurlikhede gedurende 1986 weer te gee.

25


26 28. Die Behoefte vir SAW Lede Eskaleer. Gedurende 1986 was dit nie meer moontlik om met die toegewysde NDP’s en Kmdmt Wit se Territoriale Mag om die operasionele take te hanteer nie. Eenhede en formasies van die SA Leër se Konvensionele Mag was ook deur Leër HK aan Kmdmt Wit vir Stedelike TEIN Operasies toegewys. Op ’n stadium was die hele 84 Mot Bde vir 90 dae opgeroep en in die gebied onplooi. Voor ontplooiing het die troepe eers drie weke Stedelike TEIN Opleiding ontvang. Vir bevel en beheer doeleindes was die hele 84 Mot Bde in Soweto aangewend. Hierdie aanwending was baie suksesvol omdat die bde oor ’n behoorlike struktuur en ’n goeie leiers element beskik het. Aan die begin van 1986 was al vier Groep HK’e alreeds as voltydse HK’e met Staandemag Bevelvoerders omskep. Hierdie omskakeling was ’n groot verbetering en beter ondersteuning kon aan die SAP verleen word. Op sekere stadiums was daar tot 26 TEIN Kompanies in WITGBS se gebied ontplooi. Ek moet dit weereens beklemtoon dat die Komdo/BM eenhede se basis fasiliteite wat gebruik was ’n groot pluspunt was. 29. Die Onlussituasie Verswak. ’n Paar maande na die eerste noodtoestand opgehef was het die onlussituasie so verswak dat daar tydens ’n VEIKOM vergadering besluit was om die volgende seinberig aan die SSVR te stuur: “GEHEIM Van: WITGBS Aan: SSVR PTA – SSVR KAAP Opstellernommer: WITGBS/575/ 19 MRT 86 1. Nav ’n VEIKOM vergadering gehou op 18 en 19 Mrt 86 word die volgende kommentaar tov die huidige onlussituasie gelewer: 2. Inleiding: Ofskoon dit te pessimisties of verdoemend mag klink is daar slegs twee alternatiewe: a. Of onderhandel en kapituleer wat in elk geval die einde van die demokrasie sal beteken. b. Of tree vinnig en kragtig op en dra die gevolge. Laasgenoemde alternatief afgesien dat dit die enigste eerbare weg is, is ook die enigste wat die demokrasie en behoud van wet en orde voorlopig sal kan verseker. c. Dog hiermee saam sal ons ook bereid moet wees om die gevolge daarvan, dws die prys daarvoor te betaal waaronder: i. Internasionale boikotte. ii. Uitsluiting op wêreldmarkte. iii. Diplomatieke onttrekkings. vi. Algehele ekonomiese laagtepunte wat ons nog nooit beleef het nie. d. Die kernvraag is egter wat gaan ons verkies: i. Om uitgemoor en/of uit die land verdryf te word. ii. Om eerder ons lewenspeil te verlaag maar ons land en eiendom te behou wat ons het. e. Ekonomies is die konserwatiewe Suid- Afrikaner reeds bankkrot inaggenome dat slegs 20% van die land se ekonomie in hulle hande is.

26


27 f. Ons moet die feit aanvaar dat ons die status quo nie met die mooiste wetgewing op die boek, indien dit nie konsekwent toegepas word nie, kan behou nie. g. Tyd het buitendien reeds te vêr uitgeloop en sal die rewolusionêre klimaat slegs met die volgende stappe besweer kan word. 3. Voorgestelde Optrede: a. Kragdadige optrede sodat beheer verkry kan word om sodoende ’n milieu te skep sodat die hervormings inisiatiewe ongestoort kan voortgaan. b. Totale verbod op al die organisasies wat die onverwerping van die staat predik. c. Summiere onbepaalde opsluiting van die betrokke bestuurslede en ander radikale leiers op ’n sentrale plek gekoppel aan sekere beperkings en voorwaardes. Aanhoudings moet nie geskied saam met ander normale oortreders nie. d. Totale verbod op radikale spreekbuise dws geïdentifiseerde koerante, vlugskrifte, plakkers edm asook die sogenaamde alternatiewe media. e. Verbod op drukkers ens mbt voortbring van vlugskrifte en ander simbole soos bv plakkertjies en T-hemde. f. Onmiddellike bepaling dat persone deur VM’e in aksies of teen terroriste optredes gedood slegs deur die Staat begrawe mag word asook streng beperkings wat met ’n ysterhand afgedwing moet word op ander begrafnisse. g. Beter vrywaring vir optrede deur VM’e en die onmiddellike en onbubbelsinnige uitsluiting van howe se toetsbevoegdhede. h. Beheerde vigilante groepe afkomstig uit goedgesinde elemente om goedgesindes se vertroue terug te wen. i. Beperking op aanstellings van kommissies. j. Verklaring van gebiede as ge-affekteerde gebiede met totale uitsluiting van inligting. k Bevordering van landroste tot regters moet streng gekeur word. l. Tussentydse positiewe bewusmaking van die massas. Dit word aan die hand gedoen dat ’n landswye openbare liggaam of organisasie met ’n privaatregtelike regspersoonlikheid na buite, soos waarvan reeds verskeie voorbeelde, dog met radikale oriëntasie, bestaan. As ’n saak van dringendheid van staatsweë in die lewe geroep word om die massas daagliks met die positiewe waarheid te voed. Enkele kerngedagtes rondom die bestaan van hierdie voorgestelde liggaam/ organisasie is dat: i. Afgesien van sy privaatregtelike - skyn van staatsweë beheer sal word om positiwiteit te verseker. ii. Oor die vermoë beskik om ten einde die negatiewe te kan neutraliseer. Die positiewe waarheid daagliks vryelik in elke huishouding te kan indra. iii. Op grootskaal van gebalanseerde weldoeners gebruik sal maak om sy privaatregtelike skyn te verseker. m. Plasing van gekeurde SAW medici by klinieke en hopitale om die nodige info tov beserings en dooies te bekom. n. Beslaglegging op fondse vir rewolusionêre gebruik o. Bespoediging van Wet op insameling van huur asook bespoediging van wysiging van veiligheidswetgewing. 4. Aanvullende Kommentaar: Kommer word uitgespreek oor die feit dat regters onder verdenking staan dat hulle ’n MENSE REGTE perspektief openbaar in

27


28 uitsprake en toegewings wat voortdurend gemaak word. Derhalwe word dit voorgestel dat keuring van regters geskied voor aanstelling vir verhore. 5. Ten slotte word ’n oop informele gesprek met die Staatspresident versoek deur bevelvoerders van VM’e op streeksvlak met die doel om onsekerhede op te helder wat tans op die amptenary vlak bestaan oor politieke riglyne. 6. Daar is huidiglik vir die korttermyn pro aktiewe optredes beplan om die Wet en Orde in WITGBS gebied te handhaaf. Navrae en geteken deur Brig G.H.P. Murphy. GEHEIM” 30. Persoonlike Opdrag deur die Staatspresident tov Alexandra. Hierdie swart woonbuurt se geskiedenis was jammerlik. Dit was ongelukkig kenmerkend vir nog vele ander swart woongebiede digby ons stede en dorpe – ’n aanklag teen opeenvolgende blanke regerings in die laaste eeu. Soos baie ander swart gemeenskappe was hul behuising haglik en dienste ontoereikend. Daar was selfs ’n tydperk van gedwonge verskuiwings. ’n Teelaarde vir onrus was so geskep. Daar was 4 500 huise in Alexandra , maar as die krotte en ander skuilings bygetel word , kan gepraat word van 7 000 tot 8 000 wooneenhede met ’n geraamde bevolking van ongeveer 110 000 op daardie stadium. Die oorspronklike 2500 persele het dus blyplek, leefplek, speelplek en leerplek vir gemiddeld 44 siele per perseel gebied. In 1963 het die Regering besluit dat die inwoners verskuif moet word, maar die aksie was nie suksesvol nie. Met die ingebruiknemimg van die swart plaaslike owerhede in die tagtigerjare was ds Sam Buti een van die land se eerste swart burgemeesters in een van die eerste swart plaaslike owerhede. Ds Buti se amptenary was nie behoorlik vir hul taak onderlê nie, daar was nie genoeg sosiaal-ekonomiese verbeteringe nie en kon hy nie die samewerking van sy gemeenskap behou nie. Aan die begin van 1986 het ds Buti bedank en sy swartraad het ontbind. Die ANC het hierdie situasie uitgebuit en aan die begin van 1986 kon die ANC byna met volle reg daarop aanspraak maak dat Alexandra ’n “bevryde gebied” was. Die instelling van sg “alternatiewe strukture” was reeds ver gevorder, daar was alreeds “volkshowe” en in die skole het chaos geheers. Op Sondag 4 Mei 1986 was die Ministers van Wet en Orde en Verdediging, die Kommissaris van Polisie, Hoof van die Weermag, die DG van NI, die Sekretaris van die SSVR en myself na die Staatspresident (mnr P.W. Botha) se studeerkamer in Kaapstad ontbied. Ons het ’n opdrag ontvang om Alexandra te stabiliseer en om die lewensomstandighede van die swartman in Alexandra drasties te verbeter deur veral sy sosiaal-ekonomiese griewe aan te spreek. Ons moes verder ’n opgraderingsplan uitwerk asook die finansiële behoefte bepaal en die nodige fondse sou dan deur die Kabinet goedgekeur word. Vir die volgende redes was daar op Alexandra besluit, omdat die gebied klein (2,5 vierkant km) was en maklik beheer kon word, die sosiaalekonomiese omstandighede dit genoodsaak het, die opgraderingsplan sou ’n groot impak gemaak het en die gebied onder UDF en sy organisasies se beheer was. Kort na die opdrag ontvang was, was veiligheidsmagte in die gebied onplooi.

28


29 Alexandra was afgekordon die sportstadion was permanent beset en alle hindernisse, soos uitgebrande motors, was weggesleep. Daarna was beheer oor die massas verkry. Geen groepvorming was toegelaat nie. Geen T-hemde met politieke slagspreuke was geduld nie. Daar was sensus gehou om te bepaal wie woon waar en wie bevind hulle wettig in die gebied. Snags was die gebied met soekligte verlig. Al die leiers van die UDF-organisasies in die gebied, met uitsondering van ’n paar wat gevlug het, was aangehou. Die proses het sowat drie maande geduur. Daarna was daar onmiddellik begin om die gegronde griewe van die gemeenskap dringend en op georganiseerde wyse te hanteer. In die vakuum wat op plaaslike owerheidsvlak ontstaan het, het Wesrand Ontwikkelingsraad een van sy werknemers, mnr Steve Burger, as administrateur van Alexandra aangestel en om hom by te staan het ons ook ’n mini-GBS in Augustus 1986 gestig. Die mini-GBS het in samewerking met ’n span van die Militêre Burgerlike Samewerkingseenheid van die SA Leër ’n opgraderingsplan vir Alexandra uitgewerk. Die gekoördineerde hervormingspoging wat deur die Parlement goedgekeur was, het die volgende ingesluit: ESKOM krag, ’n poskantoor met telefoonskakelings binne ses maande, nog vier laerskole en een hoërskool binne ’n jaar, ’n kliniek, kinderbewaarhuise, stormwater- en rioolstelsels, ’n gimnasuim vir sportlui, ’n boksklub, rommelvrye strate, ontwikkeling van ’n uitsoek woonbuurt, aanbou van woonstelle, opgradering van woonhuise en teerpaaie. Hierdie was ’n goeie voorbeeld van ’n HOP-projek wat deur WITGBS gekoördineer was. Die betaling van huurgeld het oor ’n jaar vanaf R18 000 na R200 000 per maand gestyg. Besoekgroepe van beleidmakers was deur die Minister van Verdediging genooi om die gebied te besoek en om kennis te neem van die rewolusionêre aanslag en hoe teen- rewolusionêre aksies geneem word. Volgens ’n opname wat deur lede van Johannesburgse Stadsraad gedoen was, was 92,7 persent van die inwoners van Alexandra tevrede met die Veiligheidsmagte se teenwoordigheid en 87 persent het gesê dat daar ’n afname in intimidasie was. Op 19 April 1987 het daar ’n baie positiewe artikel in die Sondagkoerant Rapport met die volgende opskrif verskyn: “Vaarwel aan die oue en hallo aan die nuwe Alex wat besig is om te verrys”. Kyk Aanhangsel H vir fotos wat in genoemde koerant verskyn het. Wat baie interessant is, is dat daar op Dinsdag 20 Augustus 2002, net voor die Wêreldberaad vir Volhoubare Ontwikkeling in Sandton, in die Beeld die volgende artikel oor Alexandra verskyn het: “In die stad van donker - Die R1,3 miljard-plan wat lig moet bring vir Alex”. Daar is tans 4 000 “formele” huise en 34 000 sinkhokke met meer as 350 000 mense in Alexandra wat hier een of ander bestaan voer. Die behoefte aan lewensruimte is so groot dat mense enige oop stuk grond , selfs die speelterrein van skole beset. Die inwoners word daagliks aan die ergste vlakke van ernstige misdade soos moord, roof en verkragting blootgestel. ’n Mooi voorbeeld van hoe volhoubare ontwikkeling nie moet plaasvind nie. Dit is nou 16 jaar later en die probleme in Alexandra is ook nog nie deur die nuwe bewind opgelos nie, hulle praat selfs van verskuiwing. Dit laat ’n mens dink. 31. Eeufeesviering van die Stad Johannesburg. Die hoë vlak van onrus en onluste in WITGBS se gebied het ’n groot demper op die Goudstad se eeufeesvieringe van 1986 geplaas. Daar was besluit dat die SAW se jaarlikse Weermagdag in 1986 die SAW se bydrae tot die Eeufeesvieringe van Johannesburg sal wees. Na afloop van die parade het die burgemeester van Johannesburg bevestig dat die parade dié hoogtepunt van die Goudstad se Eeufeesvieringe was. WITGBS het ’n groot rol in die sukses van

29


30 die parade gespeel deurdat die parade gesamentlik beplan was en alle rolspelers uit hul pad gegaan het om die dag ’n sukses te maak. Die parade was op Donderdagaand 3 Julie 1986 om 19:00 in die middestad van Johannesburg ingeoefen. Duisende Johannesburgers het op Saterdagoggend 5 Julie 1986 om 10:00 uur langs die strate by die stadsaal saamgedrom om na die indrukwekkende parade van die SAW te kyk. Die verrigtinge het met ’n vertoning van die SA Lugmag- en SAGD orkeste begin. Terwyl die eregaste hulle sitplekke ingeneem het, het die SA Leërorkes en vlagdraers wat die paradeterreinbelyning gevorm het, as ’n gesamentlike kompanie en vaandelseksie op die parade gemasjeer. Die Adjunk-Minister van Verdediging en Wet en Orde, mnr Adriaan Vlok , het die saluut beantwoord en agt Honoris Crux-dekorasies vir dapperheid oorhandig. Nadat die vlag van die SAW aan Kommandement Witwatersrand oorhandig was vir veilige bewaring vir die volgende jaar, het die twaalf eenhede en regimente wat die vryheid van die Stad ontvang het – vir die eerste keer in die geskiedenis van Johannesburg – saam die reg tot vryheid uitgeoefen. Die eenhede was 1st en 2nd Transvaal Scottish, Witwatersrand Rifles, Rand Light Infantry, 1 st en 2nd Light Horse Regiments, SAS Rand, Transvaal Horse Artillery, South African Irish, Johannesburg Regiment, 72 Mot Brigade en 2 Eskader van die SA Lugmag. Meer as een honderd militêre voertuie van 72 Mot Bde, waaronder Buffeltroepedraers, Ratel gevegsvoertuie, Eland pantserkarre, 155mm kanonne en Samil voertuie het in Rissikstraat voor die stadsaal verbybeweeg. ’n Verbyvlug deur vier Mirage III-vegvliegtuie van 2 Eskader tydens die generale saluut, was die eskader se bydrae tot die parade. Die eskader is een van die eenhede aan wie die vryheid van die stad toegeken is. Mnr Vlok het in sy toespraak gesê die parade is ’n simbool van die goeie verhouding wat tussen Johannesburg en die SAW bestaan. “Deur saam te werk kan ons en alle Suid-Afrikaners die bedreiging van terrorisme verdryf en ’n nuwe Suid-Afrika skep,” het hy gesê. Hoewel die groot parade deur sommige waarnemers as ’n subtiele demonstrasie van die Weermag se slaankrag beskou was, het mnr Vlok beklemtoon dit was bloot ’n seremonie om die Weermag se ondersteuningsrol binne die Republiek te simboliseer. Die parade was ’n groot sukses en daar het geen insidente gedurende die parade plaasgevind nie, behalwe dat Hoof van die Weermag, Genl Jannie Geldenhuys, baie bekommerd was gedurende die kanonsaluut wat tydens die oorhandiging van die SAW se vlag plaasgevind het. Hy wou weet waar het ons met lewendige ammunisie geskiet. Die kanonsaluut was ’n bandopname wat oor die luidsprekerstelsel gespeel was omdat niemand met die agtergrond geraas in die middestad van Johannesburg ’n kanon sal hoor skiet nie. Ons het die Art Bde te Potchefstroom gevra om vir ons ’n bandopname van 14 kanonskote te maak. Toe ons na die band luister het ons gehoor dit was lewendige ammunisie omdat hulle dit tydens ’n skietoefening opgeneem het, dit was te laat om ’n nuwe band te laat maak en ons het dit so gelos want niemand sal mos weet nie. Ongelukkig was Genl Geldenhuys nie bewus van hierdie toedrag van sake nie, ons kon hom nie flous nie hy was te skerp vir ons. Tydens die funksie wat deur die Burgemeester van Johannesburg gereël was, ná die parade, het die twaalf eenhede wat die toegang tot die vryheid van die Stad het,

30


31 as ’n teken van waardering, ’n sabel van 1,5 meter met al die eenheidwapens asook Johannesburg se stadswapen op die sabel gegrafeer in die hoofingang van Johannesburg se Burgersentrum onthul. Kyk Aanhangsel I vir fotos wat tydens die Weermagsdag parade op 5 Julie 1986 geneem was. 32. Ons Drie Probleem Kinders. Die drie swart woonbuurtes Kwa- Thema, Tsakane en Duduza naby Brakpan en Springs aan die Oos-rand se onrus en onluste potensiaal was altyd baie hoog en dus was daar na hulle as “ons probleem kinders” verwys. Duduza was ook die eerste swart woonbuurt waar ons die nuwe generasie traanrook gebruik het en natuurlik onder streng toesig met ’n mediese dokter byderhand. Die traanrook was tydens die insident waar die swart vrou wat as ’n SAP “informer” uitgewys was en deur die skare met klippe dood gegooi en aan die brand gesteek was, gebruik. Hierdie voorval was op TV uitgesaai en Desmond Tutu het nog sy misnoeë oor die barbaarse gedrag van die swart bevolking uitgespreek. In WITGBS se gebied was dit ook die swart woonbuurtes waar die meeste swart SAP lede se huise afgebrand was. Bv gedurende die naweek van 18/19 Mei 1985 was daar dertien swart polisiemanne se huise in Duduza afgebrand. Die swart SAP lede se behuising situasie het later so verswak dat ons vir alternatiewe huisvesting moes reël. Tydelike huise was vir die swart SAP lede in 1 Konstruksie Regiment te Marievale naby Nigel se lyne opgerig. Die keuse vir die standplaas was, omdat dit naby KwaThema, Tsakane en Duduza geleë was, die grond beskikbaar was en dit ook veilig was. Die beskikbaarstelling van die alternatiewe behuising was in samewerking met die Kapelaansdiens van die SAP uitgevoer. Die Sonnestraal pad wat verby Duduza loop was ook ’n probleemgebied, bv op Maandagoggend 20 Mei 1985 was mev G.A. de Lange, ’n verpleegsuster van Brakpan, op die pad deur oproeriges uit haar motor gesleep, met klippe bestook en die motor aan die brand gesteek. Mev de Lange is twee dae later oorlede en sy was deel van elf motors wat die Maandagoggend met klippe bestook was. Van die operasionele taktiek wat ons in die gebied gebruik het om die rewolusionêre aanslag te bekamp was om vinnige kordon en soektog operasies net na middernag in ’n klein gebied binne in ’n woonbuurt uit te voer en dan teen dagbreek te onttrek. Goeie inligting het die operasies vooraf gegaan en geheimhouding was uiters noodsaaklik. Die tipe operasies was uiters suksesvol omdat die radikale elemente gedurende die operasies uitgehaal was en normaalweg was die nodige bewyse ook by hulle gevind. Genl Malan het hierdie operasies “skrop operasies” genoem en mnr Adriaan Vlok was altyd baie nuuskierig om te weet wat gedurende so’n operasie plaasvind en wat die resultate was. Om Adriaan Vlok se nuuskierigheid in toom te hou het ek hom een aand in die Kaap geskakel en hom verwittig dat ons weer ’n vinnige kordon en soektog operasie in Duduza gedurende die nag gaan uitvoer. Ek het hom om middernag geskakel en verwittig dat die operasie begin het en daarna het ek hom ongeveer elke half uur gekakel en hom met die verloop van die operasie op hoogte gehou. Ons was daardie nag redelik suksesvol omdat ons ’n hele paar radikales aangekeer het, een van hulle was ’n swart vrou wat in die offisiersmenasie van die SA Lugmag se Vliegskool te Dunnotter werksaam was en heelwat ANC en MK opruiende dokumentasie was by haar gevind. Die vraag was egter, wat was haar opdrag of was dit net toevallig. My laaste oproep aan Adriaan Vlok was teen dagbreek nadat ons uit die gebied onttrek het. Ek het hom versoek om nie die informasie wat hy gedurende die nag bekom het met enige iemand te deel nie aangesien die speurders van die SAP nog

31


32 ongeveer drie weke met opvolg aksies besig sal wees en as informasie uitlek kan dit moonlik hulle ondersoek benadeel. Resultate van die operasie was eers ’n paar weke later deur die SAP bekend gemaak. Sover ek weet het Adriaan Vlok dit met niemand bespreek nie, maar ek dink hy was van sy nuuskierigheid genees. Na hierdie voorval en nog ’n paar ander voorvalle het ek die volgende afleiding gemaak: dat daar tussen sekere politici ’n “rat race” was, wie eerste ’n “scoop” oor die rewolusionêre aanslag kon oordra. 33. Soweto die Bodemlose Put. Baie min mense het werklik besef hoe groot Soweto werklik is, op daardie stadium was die grond oppervlakte van Soweto ongeveer 152 km, tov van die getal inwoners was daar nie amptelike syfers wat korrek was nie en ons het die getal inwoners op meer as 2 miljoen geskat. Ongeveer 500 000 werkers het daagliks van treine, busse en taxis tussen Johannesburg en Soweto gebruik gemaak. Op daardie tydstip was daar 367 skole in Soweto met ’n getal van ongeveer 500 000 leerlinge. Kyk Aanhangsel C vir ’n kaart van Soweto. Soweto was die vertoonvenster na die buiteland en daarom was die Regering altyd baie sensitief teenoor die rewolusionêre en teen-rewolusionêre aksies wat in Soweto plaasgevind het. Tydens die ingebruikneming van die Driekamer Parlement in Augustus 1984 het die Kabinet ons voorkomingsoperasie in Soweto stop gesit toe hulle hoor dat ons met ’n groot aantal Ratel-gevegsvoertuie, wat oor 20 mm kanonne beskik, in Soweto wou inbeweeg. Dit was vir die Regering op daardie tydstip onaanvaarbaar dat ons met ons oorlogmasjien teen ons eie mense wou optree. Soweto het altyd ’n hoë prioriteit by WITGBS geniet omdat die onrus en onluste potensiaal daar altyd baie hoog was. Vir die meting van die rewolusionêre klimaat in WITGBS se gebied het ons ook Soweto as ’n barometer gebruik. Om die nodige ondersteuning aan die SAP te verleen het dit altyd ’n groot getal SAW troepe vereis en daarom het ons na Soweto as ’n bodemlose put verwys. Om die onrus en onluste situasie in Soweto te beheer was dit absoluut noodsaaklik om van magsvermenigvuldigers en nuwe doktrines gebruik te maak. Dit het nogal heelwat vernuf gekos en daarom word daar in die volgende paragrawe gepoog om aan die leser te verduidelik hoe ons te werk gegaan het. Doornkop Mil Basis was ongeveer 500 meter vanaf die Oostelike grens van Soweto en het oor uitstekende huisvesting en fasiliteite beskik. Enige operasie kon vinnig geskied en die nodige logistieke ondersteuning kon met gemak gelewer word. Omdat die gebied so groot was, was dit baie moeilik om te bepaal wanneer en waar ’n onluste insident plaasvind en dan die naaste VMe patrollie vinnig op die toneel te kry. Magtiging was gevra om ’n vaste vlerk ligte vlietuig gedurende daglig beskikbaar te stel om oor Soweto te sirkel om die nodige optiese waarneming te doen en die VMe op die grond van onlus insidente te verwittig vir vinnige optredes om sodoende die belhamels aan te keer. Verder was daar ’n helikopter op Doornkop basis gestasioneer om te help met vinnige agtervolging indien nodig. Hierdie kombinasie het uitstekend gewerk en heelwat suksesse was behaal. Tydens so’n agtervolging het ons al die geld teruggekry wat gedurende ’n bankroof gesteel was en op ’n ander geleenthede het ons vasgestel dat wanneer die radikales vlug hulle drie tot vier keer van klere verander, om nie maklik uitgeken te word nie, na so’n agtervolging was hulle maklik gevang en uitgeken. Die enigste nadeel was dat die bemanning in die vliegtuig na twee ure vervang moes word omdat die taak baie uitputtend was. Om die lugondersteuning te vergemaklik het die SA Lugmag aan die begin van 1986 ’n lugmag skakel offisier permanent vir Kmdmt Wit beskikbaar gestel. Die Bevelvoerder

32


33 van SASOL Kommando het ook gereël dat SASOL se ligte vliegtuie vir verkenning doeleindes tot ons beskikking was. Die vliegtuie het ons vroeg in die oggend aangewend deur oor Soweto te vlieg en te kyk of die informele smouse op straat was, as hulle nie daar was nie dan het ons geweet die radikale elemente beplan weer iets vir die dag, hulle was ons gevegsaanduidings. Die radikale elemente het gereeld elektriese krag boikotte in Soweto gereël en om te bepaal hoe suksesvol die boikotte was het ons met die ligte vliegtuie oor die gebied gevlieg om die nodige waarneming te doen, die boikotte was nie baie suksesvol nie. Ons het SASOL se ligte vliegtuie ook gebruik om die steeds groeiende plakkers probleem te monitor deur fotos van die betrokke gebiede te neem om sodoende die nodige statistiek te bekom. Ons het altyd na SASOL se ligte vliegtuie as Kmdmt Wit se “eie lugmag” verwys. Die aanwending van patrollie- en plofstofhonde in Soweto was ’n groot sukses. Die troepe was baie deur die jeugdiges in die gebied geterroriseer, omdat hulle met klippe gegooi en met ketties geskiet was. Vir ’n troep met sy mondering aan om dan’n jeugdige te voet te vang was onmoontlik, hulle het te vinnig weggehardloop. Ons het toe patrolliehonde met hul hanteerders in Buffels geplaas en wanneer so’n insident plaasvind was die sykant van die Buffel laat val en die hond was losgelaat om die kwaaddoeners te vang, party van die honde was so goed dat hulle twee tot drie jeugdiges op ’n slag vasgekeer het. Hierdie metode was so suksesvol dat ons later net die Buffel se sykant laat val het, die jeugdiges het uit vorige ondervinding of agv van die bostelegraaf geleer om liewers te bly staan, dit was dan nie nodig om die hond los te laat nie. Die plofstofhonde was net so suksesvol met die opsporing van wapen opslagplekke wat gewoonlik tussen die mynhope versteek was. Dit was ook nie altyd moontlik om met voertuie tussen die mynhope te beweeg nie en ons het toe die perd hond kombinasie aangewend. Om ’n plofstofhond vars in die gebied te kry het ons hom in ’n mandjie saam met die ruiter bo-op die perd geplaas. Die enigste nadeel van die kombinasie was dat die hondehanteerder nie ’n perderuiter was nie en ons hom eers moes leer perdry of ’n hondehanteerder kry wat kon perdry. Toe ons begin het met die aanwending van perde en honde in WITGBS se gebied was die SAP baie skepties, hulle het my laat verstaan dat die perde met byle gekap en die honde aan die brandgesteek gaan word. Uit ondervinding het ons later geleer dat die swart stedeling bang was vir perde en ons weet dat swart mense uit nature vir honde bang is. Ons het geen perd of ’n hond gedurende my dienstermyn in enige onrus of onluste situasie verloor nie. Die aanwending van perde was baie suksesvol omdat die ruiter hoog sit en hy goed kan sien en vinnig by ’n insident kon uitkom om die nodige beheer te kon toepas. ’n Groot pluspunt was dat die logistiek in ’n stad redelik maklik was omdat ons die perde in die aand na Doornkop Mil Basis teruggetrek het waar ruiter en perd kon rus en die volgende dag skoon en vars op sy pos kon wees. Die perderenbaan eienaars het met hulle perdevervoerwaens, teen ’n baie lae tarief, waar nodig ons perde in die gebied vervoer. Dit is baie interessant dat die SAPD en Metro Polisie vandag eers die waarde van die aanwending van perde in die stedelike opset besef. Om Putco busse en die groot aantal afleweringsvoertuie wat in Soweto rondbeweeg se radionette te monitor het ons gevra dat ’n EO Troep van 5 Seinregt in Doornkop Mil Basis ontplooi word om hierdie taak vir ons uit te voer. Die inligting wat ons van hulle verkry het, het ons instaat gestel om vinnig op te tree wanneer ’n bus met klippe bestook word of aan die brand gesteek word of wanneer ’n aflewerings voertuig beroof of aan die brand gesteek word. Die drywers het mekaar gewoonlik oor die radio gewaarsku of hulle het die insident aan hulle hoofkantoor gerapporteer.

33


34 Met al die bogenoemde magsvermenigvuldigers het ons nog steeds die volgende probleme ondervind: wanneer ons by ’n onlus insident opdaag staan almal rond met gevoude arms en niemand weet wie die skuldiges was nie of as die radikales ’n militêre voertuig gewaar dan is hulle almal skielik engeltjies. Om hierdie probleem op te los het ons magtiging verkry om ongemerkte sedan voertuie en paneelwaens te gebruik maar wanneer ons buite die voertuie opgetree het, het dit in militêre uniform geskied. . Die radikales in Soweto het van groot Amerikaanse sedan voertuie gebruik gemaak om hulle wandade te pleeg en om vinnig weg te kom. Om ons inligting te verbeter en onsself as een van hulle voor te doen was magtiging gevra om tweede handse groot Amerikaanse sedan voertuie aan te koop, dit moet onthou word dat die Staat op daardie stadium nie tweede handse voertuie aangekoop het nie. Hierdie voertuie was baie suksesvol aangewend en het soms tot twee keer per dag van kleur verander, hierdie taak was deur Putco se werkswinkel net buite Soweto verrig Die Eland 60 pantserkarre was as ’n magsvertoon met groot sukses in Soweto aangewend. Omdat die pantserkarre baie kwesbaar was, was magtiging verleen dat die karre met 60 mm skroot ammunisie toegerus kon word. Om die inwoners te beïndruk het ons soms ’n klop militêre oefen teikens in ’n veilige terrein geplaas en ’n skoot skroot ammunisie op die teikens geskiet en dit net so gelaat vir die inwoners om dit te besigtig. Tydens ’n begrafnis van ’n onluste slagoffer was die teenwoordigheid van VMe nie welkom nie omdat ons teenwoordigheid die gemoedere maklik kon laat opvlam. Ons het gewoonlik die VMe buite sig geplaas en die gebeure met ’n radioafstandbeheerde TV kamera dopgehou ingeval iets verkeerd sou gaan. Hierdie vermoë het ons tydens ander geleenthede, waar die teenwoordigheid van VMe nie wenslik was nie, met groot sukses aangewend. Vandag gebruik almal hierdie tipe toerusting vir monitor doeleindes, maar sestien jaar gelede was dit iets besonders. Die aanwending van nagsig toerusting was ’n groot wenner en die SAP was met die vermoë geweldig beïndruk omdat hulle op daardie stadium nog nie oor die toerusting beskik het nie. Om die N1 snelweg langs Soweto te beveilig het ons gebruik gemaak van ’n hoofwegpatrollie wat die gebied 24-uur per dag gepatrolleer het en ’n verdere doel was om motoriste wat voertuig probleme daar ondervind te beveilig en die nodige hulp te ontbied. Ons het ook die Swartraad van Soweto oortuig om ’n sementpale heining tussen Soweto se grens en die N1 snelweg op te rig, ons motivering aan hulle was om die kinders en honde van die snelweg af te hou. Die Adjunk-minister van Verdediging en Wet en Orde, mnr Adriaan Vlok, op daardie stadium was baie ontstoke oor hierdie heining, hy het dit die “Berlynse muur” genoem, ek glo nie hy het geweet waaroor dit gaan nie. My siening was dat ’n mens deur ’n heining kan sien maar gladnie deur ’n muur kan sien nie. 34. Die Plakkersprobleem. Die steeds groeiende plakkersprobleem van Wheelers Farm, Orange Farm en aan die Wes-rand was deur WITGBS aan die einde van 1986 in detail aan Minister Badenhorst uitgewys. Hy was ook versoek om die Regering in te lig en dat ’n hoë prioriteit aan die probleem geskenk moes word. As die probleem wel ’n hoër prioriteit geniet het en beter beplanning gedoen was sou ons vandag waarskynlik nie met so’n groot probleem gesit het nie .

34


35 35. Oorname van Administratiewe Take van Baragwanath-Hospitaal. Gedurende November en Desember 1985 het al die administratiewe personeel en arbeiders van Baragwanath-Hospitaal gestaak. Die superindent van BaragwanathHospitaal en die DG van Hospitaaldienste het ons genader vir hulp. Die versoek was na GG deurgestuur en GG het Med Kmdt Suid-Tvl getaak om die diens te lewer en in samewerking met WITGBS was genoemde funksies vir ongeveer ses weke oorgeneem. Altesaam 631 offisiere en manskappe van die mediese kmdmt het gehelp om al Baragwanath se noodsaaklike dienste te laat voortgaan terwyl die staking aan die gang was. Die meeste van die vrywillige helpers was Burgermaglede van 2, 4 en 5 Mediese Bataljons, terwyl Staandemaglede en NDPe ook ’n hand bygesit het. ’n Algemene opmerking deur die dokters en verpleeg personeel was - dat BaragwanathHospitaal nog nooit so skoon was nie. Dit was ’n uiters suksesvolle operasie en vir hulle uitstaande poging het Med Kmdmt Suid-Tvl tydens ’n parade in 1986 SAGD se Vredesabel van GG ontvang. 36. Munsieville O Munsieville. Munsieville is ’n swart woonbuurt wat aan die Noordelike kant van Krugersdorp geleë is en op daardie stadium het net ’n oop stuk grond die swart woonbuurt van die bo-gemiddelde blanke woonbuurt, Dan Pienaarville, geskei. Dit was die Regering se beplanning om Munsieville te verskuif, maar gedurende 1985 het die Regering besluit dat daar geen verdere gedwonge verskuiwings van swart gemeenskappe in die RSA sal plaasvind nie. Munsieville was verder ook deel van Kagiso (wat aan die Suidekant van Krugersdorp geleë is) se Swartraad en agv die beplande verskuiwing was daar nie aan die verbetering van Munsieville se munisipale dienste aandag gegee nie. Die ou emmerstelsel was nog daar ingebruik, die woongebied het net oor vyf waterkrane beskik en omdat die vullisverwydering uiters swak was het die inwoners hulle afval in die oop stuk grond tussen die twee woongebiede gegooi. Daar was net een laerskool en die hoërskool leerlinge moes van hoërskole in Kagiso gebruikmaak. ’n Hoë vlak van misdaad het ook in die gebied geheers. As gevolg van bogenoemde omstandighede het daar rassewrywing tussen die inwoners van Munsievlle en Dan Pienaarville ontstaan. Die situasie was teen die middel van 1986 so gespanne dat die Stadsraad van Krugersdorp WITGBS genader het om met die probleemoplossing behulpsaam te wees. Ons het toe as volg te werk gegaan om die situasie te ontlont. Eerstens het ons troepe op die oop stuk grond tussen die twee woonbgebiede ontplooi om die gespanne situasie te beheer terwyl ons besig was met die nodige beplanning en die uitvoering daarvan. Krugersdorp Kommando kon nie op daardie stadium hulle gebiedsbeskermingstaak behoorlik uitvoer nie omdat hulle fasiliteite gebrekkig was en nie oor genoegsame mannekrag beskik het nie Om die kommando se fasiliteit probleem op te los het die Munisipaliteit van Krugersdorp sy ou munisipale werkswinkels wat nie ten volle benut was nie, wat aan die Suidekant van Munsieville geleë was, aan die kommando beskikbaar gestel. Die nodige veranderings om aan die kommando se behoeftes te voldoen was ook deur die munisipaliteit aangebring en die kommando het toe oor behoorlike fasiliteite beskik. Op daardie stadium was die SAW met Projek Buttermilk besig. Die doel van die projek was om vrywillige manlike landsburgers, wat tydends die SAW se ou Lotelingstelsel vrystelling ontvang het, op te roep vir ’n kort militêre kursus en na opleiding was die betrokke lede aan kommandos toegewys. Hierdie projek was net

35


36 toegepas waar mannekrag tekorte bestaan het en die opleiding het gewoonlik in kompanie verband plaasgevind. Magtiging was verkry om Krugersdorp Kommando se mannekrag probleem met die projek op te los. Terwyl ons besig was om vrywillige lede in Dan Pienaarville te werf het die Veiligheidstak van die SAP my gewaarsku dat die AWB beplan om die projek vir hulle doeleindes te kaap. Dit was die laaste ding wat ek op daardie tydstip kon bekostig. Om die AWB lede uit te skakel het ek die Veiligheidstak gevra om gedurende die mediese ondersoeke die AWB lede vir ons te identifiseer. Verder het ek die militêre dokter, wat die mediese ondersoeke uitgevoer het, versoek om die betrokke lede medies ongeskik vir miliêre opleiding te verklaar. Die plan het uitstekend gewerk. Na die werwingspoging was die AWB briesend omdat hulle nie kon glo nie dat al hulle lede, wat gewerf was vir militêre opleiding, medies ongeskik was. Die opleiding van die kompanie was uiters geslaagd en dit het Krugersdorp Kommando instaat gestel om sy gebiedsbeskermingstaak beter uit te voer. Die oop stuk grond tussen die twee woongebiende was nog steeds ’n probleem. Tydens gesamentlike beplanning met die munisipaliteit en die feit dat daar op daardie stadium ’n behoefte was vir nog ’n toegangsweg na die Noorde van Krugersdorp was daar belsuit om ’n pad tussen die twee woonbuurtes te bou. Die pad was behoorlik beplan, om geraas te demp was die pad uitgegrawe en behoorlike heinings was weerskante van die pad geplaas. Beide gemeenskappe was tevrede met die oplossing. Om Munsieville se munisipale dienste probleem op te los was daar beplan om ’n behoorlike rioolstelsel te installeer, die vullisverwyderingsdiens was onmiddellik verbeter en daar was ook baie vinnig voldoende waterkrane aangebring. Om die hoërskool leerlinge se probleem tydelik op te los was daar busvervoer na Kagiso vir hulle gereël en die bou van ’n hoërskool in Munsieville was vir die toekoms beplan. Die sukses wat met Munsieville/Dan Pienaarville se probleem in Krugersdorp behaal was, was weereens ’n bewys dat die GBS stelsel ’n uitstekend stelsel was en goed gefunksioneer het. Die detydse Parlementslid van Krugersdorp, Leon Wessels, het gesê dat die Munsieville probleem sy Rubicon was. 37. Opsomming. Die tweede noodtoestand wat in die middel van 1986 afgekondig was het weereens bewys dat die RSA se normale veiligheidswetgewing nie in pas was met die veiligheidsituasie wat op daardie stadium in die land geheers het nie. ’n Tipiese voorbeeld was dat die aantal insidente in die hele RSA, wat as rewolusionêre insidente beskryf kon word na die afkondiging van die noodtoestand, vanaf 776 in Julie 86 tot 222 in Nov 1986 gedaal het. Ons het die veiligheidoptredes as volg beskryf: “Dit was soos ’n pot sonder deksel wat oorgekook het, as jy ’n deksel opsit dan kook hy nie meer oor nie maar sodra jy die deksel verwyder dan kook hy weer oor.” Ons was almal eens dat daar ’n politieke oplossing vir die RSA se rassekonflik gevind moes word.

KORT INDRUKKE VAN ’n PAAR ORGANISASIES EN PERSOONLIKHEDE

38. Suid-Afrikaanse Polisie. Nadat ons ons verskille in Augutus 1984 uitgeklaar het, het ek geen probleme met die SAP ondervind nie, net goeie samewerking.

36


37 Gedurende my dienstermyn het ek met dertien verskillende Afdeling Kommisarisse in die WITGBS gebied gewerk en ek het nie met een van hulle probleme ondervind nie. Daar was wedersydse respek vir mekaar en waar ons kon het ons mekaar ondersteun. Wat baie interessant was, was die feit dat die een AK nie deur ’n ander AK gekoördineer wil wees nie, dit was vir hulle heeltemal aanvaarbaar om deur ’n soldaat gekoördineer te word en daarom het hulle verkies dat ’n soldaat WITGBS se voorsitter moet wees. Dit moet onthou word dat daar vier AKe in WITGBS se gebied was en hulle bevelslyn was direk na KOMPOL. 39. Suid-Afrikaanse Spoorwegpolisie. Hierdie organisasie se hoofkwartier was in Johannesburg geleë, hulle het uitstekende diens aan WITGBS gelewer en tydens gesamentlike operasies het die SASP die onrus en onluste situasies op die treine en stasies behoorlik beheer. Hulle fasiliteite was ook altyd vir ons beskikbaar gestel. Dit was jammer dat hierdie organisasie latere jare ontbind het en hulle taak deur die SAP oorgeneem was. Ek persoonlik dink dit was ’n groot fout omdat ons veiligheid op treine en stasies nie meer gewaarborg kon word nie. Onrus en onluste insidente op treine en stasies het dit later baie duidelik getoon.

40. Oranje-vaal, Oosrand en Wesrand se Ontwikkelingsrade. Die amptenare van die drie rade het uit hulle pad gegaan om die nodige hulp en bystand aan die VMe tydens operasies te verleen en verder het hulle ’n groot bydrae gelewer om oplossing te help vind tov swart plaaslike owerhede se bestuursprobleme. Die hoofdirekteur van Oosrand se Ontwikkelingsraad was ook die voorsitter van WITGBS se SEMKOM en sy professionele kennis was van groot waarde, die hoofdirekteur van Oranje-vaal Ontwikkelingsraad was ’n steunpilaar in die Vaaldriehoek en die hoofdirekteur van Wesrand se Ontwikkelingsraad het saam met ons gespook om Soweto en Alexandra se probleme te help oplos. 41. Die Stadsraad van Johannnesburg. Die samewerking tussen die Stadsraad se amptenare en WITGBS was uitstekend en hierdie samewerking was verder bevorder deur ’n Kollegas Klub wat uit senior amptenare van die Stadsraad en senior amptenare van die Staatsdiens, wat in Johannesburg gestasioneer was, bestaan het. Die Sekuriteits Afdeling van die Stadsraad het ’n groot bydrae gedurende onrus en onluste insidente in Johannesburg gelewer. 42. Departement van Onderwys en Opleiding. Die drie streeksdirekteure het ’n groot poging aangewend om die skoolkinders weer terug in die skool te kry deur skoolkampe vir onderwysers en kinders te reël maar hierdie poging was nie baie suksesvol gewees nie omdat ons vir intimidasie nie ’n antwoord gehad het nie. Hulle samewerking in WITGBS was baie goed. 43. Swartrade. Die samewerking tussen WITGBS en die Swartrade van Soweto, Lekoa, Tembisa en Daveyton was uitstekend net jammer dat die blanke amptenare wat van die blanke munisipaliteite na die swart munisipaliteite oorgeplaas was, nie die

37


38 beste amptenare was nie. Ek het die idee gekry dat die blanke munisipaliteite van hulle “ou hout” gedurende die oorplasings ontslae geraak het. 44. PUTCO Busdiens, Soweto. Hierdie organisasie se logistieke bystand wat hulle tydens onrus en onluste situasies in Soweto aan WITGBS gelewer het was uitstekend en die spuitverf van die SAW se ongemerkte voertuie, wat somtyds tot twee keer per dag plaasgevind het, het hulle ook gratis verrig. 45. Eskom. Hierdie organisasie het al die stafwerk en voorbereiding van die opgraderingsplan van Alexandra kosteloos vir WITGBS voorberei. Die nodige elektriese toevoer was ook kosteloos tot voor Alexandra aangebring. 46. Politici. a. Genl Magnus Malan. Genl Malan was baie bekommerd oor die rewo aanslag teen die RSA en hy het alles menslik moontlik gedoen om die aanslag te help omdraai. Hy was soms baie frustreerd omdat die Welvaartsdepartemente nie die normaliseringsfase tydens die stryd kon laat slaag nie. Sy frustrasie kon as volg beskryf word: “My buurman se seun het my woonhuis se venster gebreek, ek kan nie my buurman se seun ’n loesing gee nie daarom gee ek maar my eie seun ’n loesing.” Toe Genl Malan die eerste keer in 1984 ’n WITGBS vergadering bygewoon het, het hy die opmerking gemaak dat die GBS van ongeveer sestig lede te groot was om behoorlike resultate te bereik. Maar ek persoonlik dink dat die teendeel bewys was. b. Mnr Louis le Grange. Hy en Genl Malan het WITGBS se gebied somtyds saam besoek en as Genl Malan so bekommerd raak oor ’n situasie het mnr le Grange altyd gesê: “Los dit vir die manne op die grond hulle is tog die “professionals.” Hy het die SAP ten volle met hulle taak vertrou. c. Mnr Adriaan Vlok. Hy het sy eie siening oor alles gehad. Aan die hand van die volgende insident wil ek dit graag demonstreer: Ons het nooit ’n aandklok reël in Soweto toegepas nie omdat die gebied te groot was om dit behoorlik te kon uitvoer. Gedurende die tweede noodtoestand in ons gebied was ons deur mnr Vlok aangesê om ’n aandklok reël in Soweto af te dwing. Ons wou aanvanklik nie toegee nie maar later op een voorwaarde toegegee, dat ons die tyd kies. Uit ondervinding het ons geweet dat daar nie veel in Soweto vanaf 23:00 tot 03:00 uur aangaan nie. Dit was dan ook die tyd wat ons gekies het, mnr Vlok het later ingesien dat dit net ’n tydmors was en ons versoek om die aandklok reël in Soweto te kanselleer.

38


39 47. SAW Generaals. WITGBS het die grootste samewerking asook voorgestelde oplossings van Genls Viljoen, Geldenhuys en Liebenberg ontvang. Hulle was altyd baie ernstig om oplossings vir die rewolusionêre aanslag te vind. Lt-genl Ian Gleeson was dwarsdeur my dienstermyn ’n steunpilaar en hy was ook die mede voorsitter van die GVS wat ons probleme baie goed verstaan het.

SLOT OPMERKING

48. WITGBS het die Regering se beleid van politieke verandering deur evolusie gedurende die tydperk sterk ondersteun, deur alles in hulle vermoë te doen om die beleid te laat slaag. Maar as ons vandag kyk in watter gemors ons land homself bevind, dan het die blanke Regering van die vroeë negentig jare, onder leiding van FW de Klerk, waarskynlik die verkeerde politieke besluit geneem deur die weg van abdikasie te volg. Dit sou interessant gewees het as ons die horlosie kon terugdraai om te sien in watter mate die beleid van politieke verandering deur evolusie sou geslaag het. Ten laaste wil ek dit net beklemtoon dat een van FW de Klerk se groot foute was, omdat hy nooit lid van die Veiligheidsraad was en tweedens het hy onder druk van die Welvaartsdepartemente geswig en die SSVR met sy GBSe in die vroeë negentig jare ontbind. Dit het veroorsaak dat die Regering nie meer oor ’n doeltreffende koördinerende meganisme beskik het nie – alles was toe deur die Kabinet gekoördineer. Dit is my opinie dat die gebrek aan ’n doeltreffende koördinerende meganisme vir die Regering gedurende die KODESA onderhandelinge met die ANC/SAKP/UDF alliansie baie duidelik na vore gekom het. Dit was heel moontlik ook die oorsaak dat daar nie wel-deurdagte besluite deur die Regering gedurende die onderhandelinge geneem was nie. Voorbeelde hiervan was die wyse waarop regstellende aksies, transformasie, ekonomiese swart bemagtiging, instromingsbeheer en die waarheids en versoeningskommisie geïmplimenteer was. Nepotisme, korrupsie en misdaad het die afgelope tyd die oorhand gekry en dit het veroorsaak dat die Staatsdepartemente, Semi-staatsdepartement en die Munisipaliteite nie meer instaat is om behoorlike dienste te kan lewer nie en Suid Afrika tans besig is om heeltemal in die elende te verval. Ten laaste wil ek net noem dat die ANC/SAKP/UDF alliansie gedurende die KODESA onderhandelinge oor ’n goed georganiseerde koördinerende meganisme tot op voetsoolvlak beskik het.

September 2002

39


40

AFKORTINGS Adm AK ANC AWB Alex AMPC Bev BM Bn Burg B DK DG EO GBS GG GIK GIS GKS GOS GVS Heli HK HOP Kmdmt Wit Komdo KOMKOM KOMOPS KOMPOL KvA Konstr Regt Leërgim MCU Med Med Kmdmt Meg Komps Mil Mil Hke en Eenh Mini GBS MIW MK Mot Bde NBS NDP NI NSP Ops

-

Administrasie Afdelingskommissaris African National Congress Afrikaanse Weerstand Beweging Alexandra Area Military – Political Committee Bevelvoerder Burgermag Batteljon Burgerlike Beskerming Distrikskommandant Direkteur Generaal Elektroniese Oorlogvoering Gesamentlike Bestuursentrum Geneesheer Generaal Gesamentlike Inligtingskomitee Gesamentlike Inligtingsentrum Gesamentlike Koördinerende Sentrum Gesamentlike Operasie Sentrum GesamentlikeVieligheid Staf Helikoptor Hoofkwartier Heropbou en Ontwikkelingsplan Kommandement Witwatersrand Kommando Kommunikasie Kommitee Kommunikasie Operasies Kommissaris van Polisie Kommissie van Administrasie Konstruksie Regiment (SA Leër Genie Eenheid) Leërgimnasuim Military Combat Unit Medies Mediese Kommandement Meganiseerde Kompanies Militêre Militêre Hoofkwartiere en Eenhede Mini Gesamentlike Bestuursentrum Mag in Wese Umkhomto we Sizwe Motoriseerde Brigade Nasionale Bestuurstelsel Nasionale Dienspligtige Nasionale Intelligensie Nasionale Sleutelpunt Operasie

40


41 OVOR Pers Diens Eenh PBS PTW Eskn RAUME Regt RO SAGD SAI SA Inf Div SAKP SAP SAS SASP SAS Rand SAW SEMKOM

-

SEM Dept

-

SITRAP SP SSVR SVR SVS SWB TEIN TEIN Komp UDF VEIKOM VMe Vte WITGBS WWR

-

Oranje – Vaal Ontwikkelingsraad Personeel Dienseenheid Plaaslike Bestuur Sentrum Pantser Troepewa Eskadron Randse Afrikaanse Universiteit Militêre Eenheid Regiment Rewolusionêre Oorlog Suid Afrikaanse Geneeskundige Diens Suid Afrikaanse Infanterie Suid Afrikaanse Infanterie Divisie Suid Afrikaanse Kommunistiese Party Suid Afrikaanse Polisie Suid Afrikaanse Spoorweë Suid Afrikaanse Spoorweg Polisie Suid Afrikaanse Vloot Eenheid Suid Afrikaanse Weermag Staatkundig, Ekonomiese en Maatskaplike Komitee Staatkundig, Ekonomiese en Maatskaplike Departemente Situasierapport Staatspresident Sekritariaat van die Staatsveiligheidsraad Staatsveiligheidsraad Sentrale Vliegskool (SA Lugmag Eenheid) Swartwoongebiede Teeninsurgensie Teeninsurgensie Kompanie United Democratic Front Veiligheidskomitee Veiligheidsmagte Vliegtuie Witwatersrand Gesamentlike Bestuursentrum Witwatersrand

41


42

42


43

43


44

44





































KOMMENTAAR Kommentaar: Mnr AP Stemmet: Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad Die Nasionale Veiligheidsbestuurstelsel ( NVBS) word gereeld uitgemaak as ʼn paaiboelie en ʼn instrument om die bevolking te onderdruk. Ons wat die stelsel help ontwerp en toegepas het, weet dat niks verder van die waarheid kan wees nie. Dat daar vergrype in die naam van die stelsel was, is ongelukkig waar, maar ek is amper dertig jaar na die beëindiging van die stelsel nog oortuig dat dit in die geheel gesien ʼn groot sukses was. Dit was ʼn groot fout om die stelsel af te skaf. Die stelsel was die sigbaarste op streekvlak waar dit in aanraking met die plaaslike bevolking gekom en hul behoeftes aangespreek het. Ongelukkig is daar tot dusver min van die werking van die NVBS op streekvlak te boek gestel. Genl.maj. Gerrit Murphy verdien lof dat hy hierdie taak so suksesvol voltooi het. Sy dokument GESKIEDENIS VAN WITSWATERSRAND GESAMENTLIKE BESTUURSENTRUM ( WITGBS) is seker die beste dokumentering van die werking van die GBS op grondvlak. Ek het nog nie beter gesien nie. Genl Murphy het as voorsitter van die WITGBS gedurende 1984 tot 1987 ʼn reuse rol gespeel om die bevolking in sy gebied vreedsaam en met veiligheid hul lewens te laat voer. Sy dokument toon aan hoe die behoeftes van gemeenskappe aangespreek moes word om die mat onder die voete van die revolusionêres uit te trek. Dit wemel van voorbeelde hoe die GBS moes ingryp om toe te sien dat aan die behoeftes van die bevolking voldoen word. Skole is gebou, behuising , klinieke , telefoondienste, elektrisiteit, poskantoordienste, strate, rioolstelsels en nog baie meer is verskaf onder leiding van die GBS. Die dokument beskryf hoe probleme opgelos is en veiligheid daardeur vir almal bevorder is. Soms moes daar reguit met die owerheid, plaaslike besture en staatsdepartemente gepraat word. Dit kon n sterk leier soos Genl Murphy doen sonder om vir sy eie toekoms te vrees. Hierdie dokument behoort in Engels en ander tale vertaal te word en kan vir seker as handleiding vir enige regering dien. Generaal, u en u medewerkers het nooit die medaljes gekry wat u verdien het nie!! AP Stemmet HOOFKOORDINEERDER (Afgt) SSVR


 End | Slot Dear reader Please note that in this quasi-historical magazine we make use of various sources and consequently it is obvious that the document contains various diverse and personal opinions of different people and the author of the Nongqai cannot be held responsible or be liable in his personal capacity. Geagte leser Vir hierdie kwasiehistoriese tydskrif maak ons van verskeie bronne gebruik en bevat die dokument uiteraard uiteenlopende en diverse persoonlike menings van verskillende persone en die opsteller van die Nongqai kan nie in sy persoonlike hoedanigheid daarvoor verantwoordelik of aanspreeklik gehou word nie.

Brig. Hennie Heymans: No 43630K (B) Š HB Heymans 2019.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.