Grondslagfase Graad 1 • Fasiliteerdersgids Afrikaans Huistaal

Page 1


Afrikaans Huistaal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Fasiliteerdersgids

Graad 1

Aangepas vir KABV
H Erasmus Dr N Scheepers R Venter

Inleiding vir die fasiliteerder

Impaq se benadering tot taalonderrig in graad 1

Taal is ’n instrument vir denke en kommunikasie. Die doeltreffende gebruik van taal stel leerders in staat om te dink en kennis te verwerf, hul kreatiewe vermoëns en identiteit, asook gevoelens en idees uit te druk en in interaksie te tree met ander om hul leefwêrelde te bestuur. Leerders se huistaal vorm dus die grondslag en is die instrument waarin hulle kommunikeer en leer.

Doeltreffende taalonderrig en leer in graad 1 vereis die ontwerp van leergeleenthede en interaksies wat fokus op leerders se ontwikkeling om te luister en praat, dink en redeneer, lees en skryf. Die leerprogram is gebaseer op 20 leereenhede wat oor die 40 weke van die akademiese jaar strek. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae (of twee weke).

Elke dag het drie of vier breedvoerige taalsessies binne een van die volgende fokusareas:

• Luister en praat

• Lees en klanke

• Skrif en handskrif

Luister en praat

Luister en praat vorm integraal deel van enige ander leerarea. Dit is ’n belangrike vaardigheid wat die grondslag vorm vir verdere leer, dus word daar in graad 1 spesifiek tyd afgestaan aan gefokusde aktiwiteite wat luister- en praatvaardighede ontwikkel. Die luister-en-praat-aktiwiteite behels mondelinge gesprekke, prentbesprekings, gedigte en speletjies.

Lees

Leesvaardigheid is ’n belangrike komponent van die graad 1-huistaalprogram. Die jaarplan is gebaseer op die leesreeks Die avonture van Ben, Lebo en Hanna

Die leesreeks bestaan uit vier fases:

• Fase 1a – 1c: Prentkaarte vir bespreking en die lees van eenvoudige sinne.

• Fase 2 – 4 bestaan uit kort stories. Namate die leerders deur die jaar vorder, word die stories en sinne stelselmatig langer.

Sample

Die program is saamgestel om woordherkenning en sinskonstruksie te bevorder. Die fasiliteerder stel die leerders bekend aan nuwe woorde om hulle vir elke leesles voor te berei. Gebruik flitskaarte in die leerderhulpmiddel vir die bekendstelling van nuwe woorde. Die flitskaarte bevorder woordherkenning, maar word ook gebruik om sinne te bou. Die leerders word uitgedaag om aanvanklik eenvoudige sinne uit die leesboek te bou, maar later hul eie meer komplekse sinne te bou en voor te lees.

Die leesprogram maak voorsiening vir gedeelde lees, waar die leerders saam met die fasiliteerder lees, asook individuele leessessies. Die leerders word voortdurend aan nuwe woorde in die leesreeks bekendgestel. Hulle is vertroud met die woorde voordat dit hardop gelees word. Herhaling en vaslegging is belangrik in die Grondslagfase. Die program verseker dat leesvaardighede vasgelê word. Daar is egter sessies waar daar van die leerders verwag word om onvoorbereide tekste te lees.

Klanke

Elke leereenheid bevat verskeie klankaktiwiteite. Hierdie aktiwiteite wissel tussen die bekendstelling van nuwe klanke, vaslegging en woordbou.

Die klankreeks is oor die 20 leereenhede versprei. Die leerders leer al die enkelklanke (vokale en konsonante), asook dubbelklanke met vokale en dubbelkonsonante. Die klank word meer as een keer bekendgestel, en daar is meer as genoeg geleentheid vir vaslegging, klankherkenning en woordbou.

Aanvanklik leer die leerders die klanke aan, bou woorde en voltooi skriftelike aktiwiteite. Die tweede helfte van die program vereis dat die leerders spelwoorde vir assessering voorberei.

Indien die leerders nie Afrikaans as huistaal tuis praat nie, is dit moontlik om die aanleer van klanke stadiger deur die jaar te doen. Volg u eie tempo met die hulp in werkboek 3 om die klanke aan te leer. Dit is uiters belangrik dat die leerders ’n klank goed moet ken voor daar aanbeweeg word na die volgende klank.

Met die aanleer van die 26 letters van die alfabet is dit baie belangrik om slegs die plofklanke te gebruik. Die klank word slegs gevorm deur die klank wat dit maak. Die klank “m” word byvoorbeeld aangeleer as “mmmm” en nie as “em” soos dit in die alfabetliedjie nie.

By elke letter word ’n oulike vervolgverhaal vertel wat die fasitliteerder op ’n groot papier of op die skryfbord kan teken met behulp van die voorbeelde wat in die fasiliteerderhulpmiddel verskaf word. Die leerders kan sien hoe die letters lyk wat aangeleer is. Die fasiliteerder moet daarop let om nie die assossiasies van die letters te gebruik nie, met ander woorde, moenie verwys na “a vir appel” of “b vir Bennie” nie. Leerders met leerprobleme kan verward raak omdat hulle dikwels in prentjies dink. Sodra daar met woordbou-aktiwiteite begin word, sal die leerder wat te veel assosieer, die woord “bal” sien as: “Bennie met ’n Appel op die Leer” in plaas van ’n bal. Verwys altyd na die letter as die plofklank en as die leerder vra hoe die letter lyk, wys die werklike letter vir die leerder.

Die fasliliteerder kan met die aanleer van elke letter ook die hoofletter vinnig demonstreer. Dit moet nie deel van die les vorm nie en die leerder hoef dit nie te onthou nie. Dit is slegs vir aanvulling.

Handskrif

Die program maak voorsiening vir die stelselmatige aanleer van handskrifvaardighede. Die leerders leer verskeie patrone aan wat handskrif bevorder. Hulle leer die korrekte lettervorme en oefen dit gereeld tydens klank- en skrifaktiwiteite.

Sample

Die leerders vorder van patrone na letters en dan na volsinne. Aanvanklik kopieer die leerders slegs woorde en klanke, maar later vorder dit na situasies waar die leerders hulle eie sinne skryf.

Dit is baie belangrik dat die leerders se potloodgreep reg is. Sien die onderstaande illustrasie om aan te dui op watter vlak die leerders moet wees.

Materiale en hulpbronne

Graad 1-leerders skryf met uitdraaikryte en ’n grys potlood. Alle geskrewe aktiwiteite is in die drie werkboeke uiteengesit. Die leerders benodig ’n blanko oefenboek vir kreatiewe skrif en teken, ’n A5boek vir spelling en skrifoefeninge en ’n A4-spogboek om tussen lyntjies te leer skryf.

Die fasiliteerder moet ook ’n weerkaart aanskaf. Die weer, die dae van die week en die maande van die jaar word elke dag met behulp van die weerkaart behandel.

Hoe om die materiale en hulpbronne te gebruik

Die graad 1-pakket bestaan uit die volgende produkte:

1. Fasiliteerdersgids

2. Werkboek 1/3: Lees en skryf

3. Werkboek 2/3: Handskrif

4. Werkboek 3/3: Klanke

5. Leesboeke uit die leesreeks, Die avonture van Ben, Lebo en Hanna

6. Leerderhulpmiddel

7. Fasiliteerderhulpmiddel

8. Assessering (portefeuljeboek)

9. Assesseringsriglyne en memorandum

Hulpbronne wat aangeskaf moet word:

• Uitdraaikryte, kryte en inkleurpotlode vir skryf- en inkleuraktiwiteite

• Grys potlood, skerpmaker en uitveër vir skryfoefeninge

• Skêr, liniaal, gom (gomstiffie en houtlym) vir aktiwiteite

• ’n Blanko oefenboek vir kreatiewe skryf en teken

• ’n A5-skrifboekie met 72 bladsye dun lyne (Feint & Margin 17 mm)

• ’n A4-spogboek met 72 bladsye dun lyne (Feint & Margin 17 mm)

• Twee koeverte. Skryf onderskeidelik “Klanke” en “Hoëfrekewensiewoorde” op die koeverte, asook die leerder se naam.

Die fasiliteerdersgids

Die fasiliteerdersgids bestaan uit 20 leereenhede. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae. Elke dag is ingedeel in drie of vier taalsessies wat luister en praat, lees en klanke, en skrif en handskrif dek. Verwys na die voorgestelde dagprogram vir die tydindeling van die sessies.

Elke sessie word afgesluit met twee inligtingsblokkies – “Konseptualisering” en “Hulpbronne”. Die “konseptualisering”-blokkie bevat ’n kort opsomming oor die konsepte wat vasgelê word, en die “hulpbronne”-blokkie bevat ’n lysie van artikels wat vir die sessie verskaf word en/of benodig word.

Die fasiliteerdersgids dui baie duidelik aan wanneer die fasiliteerderhulpmiddel of wanneer die leerderhulpmiddel gebruik moet word.

і Dui ’n hulpbron aan wat verskaf word. Dit sluit die drie werkboeke, die leesreeks en items in die leerderhulpmiddel en fasilteerderhulpmiddel in.

Æ Dui ’n hulpbron aan wat die fasiliteerder self moet verskaf.

By elke sessie word daar twee simbole gebruik:

Die uiltjie dui aan wat die fasiliteerder moet doen.

Die potlood dui aan wat die leerder moet doen.

Werkboek 1/3: Lees en skryf

Hierdie werkboek bevat 141 aktiwiteite, wat die ontwikkeling van leesvaardighede ondersteun. Die werkboek se snipperblaaie vir die uitknipaktiwiteite is in die leerderhulpmiddel.

Werkboek 2/3: Handskrif

Hierdie werkboek bevat 124 aktiwiteite, asook patroonkaarte en syferwerkkaarte om die ontwikkeling van skryfvaardighede te ondersteun.

Werkboek 3/3: Klanke

Hierdie werkboek bevat 101 aktiwiteite. Die klanke kan in die leerderhulpmiddel gevind word.

Die leesreeks: Die avonture van Ben, Lebo en Hanna

Die leesreeks is spesifiek vir die graad 1 Afrikaans Huistaalprogram ontwikkel. Die leesreeks is in fases opgedeel sodat leesvaardigheid geleidelik ontwikkel word en die leerder se vordering gemonitor kan word.

• Fase 1a: Agt prentkaarte vir bespreking

• Fase 1b: Eenvoudige sinne wat met met Dit is ..., Dit is ’n ..., Ek hou van ... en Ek sien ’n

• Fase 1c: Vyf kort stories met eenvoudige sinne

• Fase 2 – 4: Drie leesboeke met vier tot vyf stories elk. Namate die leerders deur die jaar vorder, word die stories en sinne stelselmatig langer.

Die fasiliteerderhulpmiddel

Die fasiliteerderhulpmiddel bevat ’n pyltjiekaart, ’n liggaamskaart met flitswoorde, klankkaarte, flitskaarte van sigwoorde ter ondersteuning van die leesreeks, asook A4-klanke.

Die leerderhulpmiddel

Die leerderhulpmiddel bevat snipperblaaie, speltoetse, groot sigwoorde, sigwoorde, klanke hoëfrekwensiewoorde en ’n bladsy met ’n katjie op. Die katjiebladsy word gebruik om die leerders te leer hoe om letters te vorm en word heel jaar gebruik. Die bladsy moet verkieslik gelamineer word omdat die leerders met klei daarop gaan bou.

Maak jou eie speeldeeg

2 koppies koekmeel

1 koppie sout

Sample

1 koppie water

2 eetlepels kookolie voedselkleursel

1. Meng die meel en sout.

2. Voeg die water, kleursel en olie by. Meng dit goed totdat die kleursel goed ingemeng is.

3. Indien die mengsel te droog is, voeg water by en meng totdat die tekstuur reg is.

Hoe om ’n storieboek te kies

Die graad 1 Huistaal- en Eerste Addisionele Taal-programme verwys dikwels na stories wat die fasiliteerder vir die leerders moet voorlees. Die fasiliteerder, en selfs die leerders, kan die stories

kies. Dit is belangrik om boeke te kies wat leerders sal aanmoedig om te lees. Die storie moet dus gepas wees vir die ontwikkelingsvlak van die leerders, maar meer belangrik, dit moet die leerders se belangstelling in lees prikkel.

Huistaalleerders sal saam met die fasiliteerder begin lees en later boeke op hulle eie lees. In Eerste Addisionele Taal sal leerders na die stories luister, maar daar word nie van die leerder verwag om self te lees nie.

Hou die volgende in gedagte wanneer storieboeke vir die leerders gekies word:

• Die leerders moet die stories geniet. Kies dus iets wat leerders in graad 1 genotvol sal vind.

• Die prente in die boeke moet gepas wees vir graad 1-leerders.

• Die woordeskat in die stories moet gepas wees vir graad 1-leerders. Die stories kan gedurende die jaar stelselmatig moeiliker word. Maak seker om altyd moeilike woorde vir die leerders te verduidelik. Hulle hoef dit nie self te kan lees nie, maar moet verstaan wat dit beteken.

• Lees gereeld bekende stories vir die leerders. Hulle kan meer as een keer na ’n storie luister, maar maak seker om die leerders op ’n gereelde basis aan nuwe boeke bloot te stel.

Die lys hieronder is aanbevole boeke wat gepas is vir graad 1-leerders. Dit is nie nodig om storieboeke aan te koop nie. Boeke kan by die biblioteek uitgeneem word en dus kan daar verseker word dat die leerders aan ’n verskeidenheid boeke blootgestel word.

• Die Goorgomgaai – Julia Donaldson en Axel Scheffler

• Olinosters op die dak – Marita van der Vyver en Dale Blankenaar

• Avonture in Dinosourusland – Mireille Saver en Fred Multier

• Speurder Kwaaikofski: Monster, Maan en Mottegif – Jürgen Banscherus

• Die Leeu en die muis – Rachel Bright

• Sirkus op die plaas – Isabella Camino

• Die verskriklike voëlverskrikker – Isabella Camino

• Hansie vlieg weg – Isabella Camino

• Boel en Dolla – Isabella Camino

• Gertjie se uitstappie – Isabella Camino

• Ses stoute varkies – Isabella Camino

• Manie muis skrik groot – Isabella Camino

• Dans net soos ek – Jillian Powell

• Die blou bril – Louise John

• Die ruimtetuig – Cynthia Rider

• Die verkenners – Cynthia Rider

• Pa se nuwe klere – Cynthia Rider

• In die park – Annemarie Young

Die volgende is reekse vir jong kinders: Boekreeks: Mia die Liewenheersbesie deur Elen Lescoat:

• Mia en die piekniek

• Mia is verveeld

• Mia en al die niggies

• Mia help Pippie vlieg

Die avonture van Arthur deur Daniel Floris:

• Arthur en die voëls

• Arthur tussen die muise

• Arthur word ’n padda

• Arthur by die molle Sample

Die Ladybird-reeks voorsien ouer, bekende stories, wat leerders steeds baie geniet en soms self kan lees, bv.:

• Die Plaasmuis en die Stadsmuis

• Die lelike eendjie

• Duimelina

• Kuikentjie Kiep

• Die drie varkies

• Die gemmerkoekseuntjie

• Gouelokkies en die drie bere

• Die groot pannekoek

• Die kabouters en die skoenmaker

• Die keiser se nuwe klere

• Die rooi hennetjie en die koringkorrels

• Die reuse-raap

• Raponsie

• Die towenaar van Oz

• Alice in wonderland

• Aladdin

• Die oerwoudboek

• Sterre op die duine

• Die seerower-skool

• Jan en die boontjierank

Elf-helpboeke vir kinders, bv.:

• Wat as ek hartseer is? deur Michaelene Mundy

• Wat as ek bang is? deur Molly Wigand

• Wat as Ma en Pa skei? deur Emily Menendez-Aponte

Verna Vels se Liewe Heksie-leesboek 1:

• “Liewe Heksie kry ’n verjaardag”

• “Heksie en Blommie sing in die straat”

• “Liewe Heksie en die bikini”

Verna Vels se Liewe Heksie-leesboek 2:

• “Liewe Heksie en die motor”

• “Liewe Heksie maak die koning gesond”

• “Liewe Heksie en die toorwoorde”

Verna Vels se Liewe Heksie-leesboek 3:

• “Liewe Heksie en die donkie”

Sample

• “Liewe Heksie word babawagter”

• “Liewe Heksie in die land van gifappeltjies”

Sprokies van die Broers Grimm is beskikbaar in ’n bundel. Dit bevat ’n klomp stories wat tydens die jaar gelees kan word, bv.:

• “Die hut in die woud”

• “Die slapende skoonheid”

• “Die donkie”

• “Die koninginby”

• “Die goue voël”

• “Duimpie”

• “Die watergees”

• “Die kabouter”

• “Sneeuwitjie en die sewe dwergies”

• “Ysterjan”

• “Die ganswagtertjie”

Hans Christian Andersen se stories is ook in ’n bundel beskikbaar. Dit bevat ’n klomp stories wat tydens die jaar gelees kan word, bv.:

• “Die sneeuman”

• “Die rooi skoene”

• “Die denneboom”

• “Die waterdruppel”

• “Wie is die gelukkigste?”

• “Die vlooi en die professor”

• “Die komeet”

• “Die ongelooflikste ding”

• “Die engel”

• “Die storie van die jaar”

Die Tippie-reeks is ook gepas vir leerders wat begin lees:

• Boekies met die a-middelklank soos: “Tippie en die bal”

• Boekies met die i-middelklank soos: “Tippie en die vis”

• Boekies met die e-middelklank soos: “Tippie en die hen”

• Boekies met die o-middelklank soos: “Tippie en die bok”

• Boekies met die u-middelklank soos: “Tippie en die bul”

• Boekies met die y-middelklank soos: “Tippie en die by”

• Boekies met die aa-middelklank soos: “Tippie en die haas”

• Boekies met die ee-middelklank soos: “Tippie en die leer”

• Boekies met die oo-middelklank soos: “Tippie en die boom”

• Boekies met die uu-middelklank soos: “Tippie en die duur mat”

Per week: 23 uur

Huistaal: 7/8 uur

Voorgestelde rooster vir Graad 1

Eerste Addisionele Taal (EAT): 2/3 uur

Wiskunde: 7 uur

Lewensvaardighede (LV): 6 uur

HUISTAAL:

07:50 – 08:05

Luister en praat 15 min

WISKUNDE: Hoofrekene 25 min

08:05 – 09:30

09:30 – 10:00

10:00 – 10:20

10:20 – 10:50

10:50 – 11:20

11:20 – 11:45

11:45 – 12:00

HUISTAAL: Luister en praat 15 min

WISKUNDE: Hoofrekene 25 min

HUISTAAL: Luister en praat 15 min HUISTAAL: Luister en praat 15 min

WISKUNDE: Hoofrekene 25 min

WISKUNDE: Hoofrekene 25 min

HUISTAAL: Luister en praat 15 min

Sample

WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min

HUISTAAL: Lees en klanke 30 min

LV: Persoonlike en Sosiale

Welstand & Aanvangskennis 30 min

HUISTAAL: Skryf 30 min

HUISTAAL: Handskrif 25 min

EAT: Luister en praat 15 min

HUISTAAL: Lees en klanke 30 min

LV: Persoonlike en Sosiale

Welstand & Aanvangskennis 30 min

HUISTAAL: Skryf 30 min

HUISTAAL: Handskrif 25 min

EAT: Luister en praat 15 min

HUISTAAL: Lees en klanke 30 min HUISTAAL: Lees en klanke 30 min

LV: Persoonlike en Sosiale

Welstand & Aanvangskennis 30 min

HUISTAAL: Skryf 30 min

HUISTAAL: Handskrif 25 min

EAT: Luister en praat 15 min

12:00 – 12:15 P O U S E

LV: Persoonlike en Sosiale

Welstand & Aanvangskennis 30 min

HUISTAAL: Skryf 30 min

HUISTAAL: Handskrif 25 min

EAT: Luister en praat 15 min

HUISTAAL: Lees en klanke 30 min

LV: Persoonlike en Sosiale

Welstand & Aanvangskennis 30 min

HUISTAAL: Skryf 30 min

HUISTAAL: Handskrif 25 min

EAT: Luister en praat 15 min

12:15 – 13:15

LV: Liggaamsopvoeding 60 min

LV: Skeppende Kunste 40 min

EAT: Lees, skryf en klanke 20 min

LV: Liggaamsopvoeding 60 min

LV: Skeppende Kunste 40 min

LV: Skeppende Kunste 40 min

EAT: Lees, skryf en klanke 20 min EAT Lees, skryf en klanke 20 min

Dag 1

Leereenheid 1

Week 1

Sessie 1: Luister en praat: My lyf

Lyfierympie

Mart Meij

Met my voetjies kan ek stap, Met my handjies kan ek klap. My koppie kan ek vinnig knik, Met my lyfie vooroor buk. Met my arms kan ek swaai. Op my toontjies kan ek draai.

Begin die sessie met die lyfierympie. Die fasiliteerder sê die rympie hardop terwyl die leerders luister. Herhaal die rympie saam met die leerders. Fasiliteer ’n gesprek waar die leerders oor hulle liggame praat. Gee aandag aan die verskillende liggaamsdele en benoem elke deel apart.

Gebruik die volgende riglyne:

• Waarmee loop jy? (Bene en voete)

• Hoeveel vingers en tone het jy? (Die leerders kan hulle tone en vingers tel.)

• Wat is daar tussen jou kop en jou skouers? (Nek)

• Waar is jou elmboog?

• Bespreek die res van die liggaam om seker te maak dat alle liggaamsdele bespreek word.

Die fasiliteerder gebruik die liggaamskaart met flitskaarte in die fasiliteerderhulpmiddel.

Die leerders behoort nog nie die name van al die liggaamsdele self te kan lees nie. Lees die naam van elke liggaamsdeel en vra dat die leerders die beginklank van elke woord herken. Sodra die liggaamsdeel benoem is en die leerders het die beginklank herken, kan ’n leerder die flitskaart by die liggaamsdeel plak.

• Hande: Watter klank hoor jy eerste? (h)

• Plak die flitskaart langs hande.

• Voete: Met watter klank begin “voete”? (v)

• Plak die flitskaart langs “voete”.

• Herhaal die aktiwiteit totdat al die liggaamsdele benoem is.

Sessie 2: Lees en klanke: Ben

Die fasiliteerder kyk saam met die leerders na prentkaart 1. Op die prentkaart staan die woorde “Ben en Lebo”. In hierdie sessie word net die woord “Ben” aangeleer. Skryf die woord “Ben” op die bord. Vertel die volgende storie vir die leerders.

Ben is 6 jaar oud. Hy woon saam met sy pa en ma in ’n groot huis. Daar is ’n parkie naby hulle huis, en daar is ’n rivier in die parkie. Ben hou daarvan om in die parkie te gaan speel. Die ander maatjies in die straat gaan speel soms saam met hom in die parkie. Ben het nie enige boeties of sussies nie, hy is die enigste kind.

Vra die volgende vrae:

• Hoe lyk Ben op die prent? (Gelukkig, vriendelik)

• Waarvan dink jy hou Ben? (Om skaatsplank te ry.)

• Watter speelding is jou gunsteling?

• Het jy ’n boetie of ’n sussie?

• Ben is 6 jaar oud. Hoe oud is jy nou?

• Met watter letter begin Ben se naam? (B)

• Waar is Ben? (In die parkie)

• Hoe weet jy hy is in die parkie? (Daar is klimrame en speelgoed.)

Die leerders doen aktiwiteit 1 in werkboek 1. Die leerders skryf die woord “Ben” op die bladsy. As die leerders klaar is, kleur hulle die prent in. Hulle moet na die prentkaart kyk en Ben op dieselfde manier inkleur.

Sessie 3: Skryf: Ben

Die fasiliteerder gebruik die groot sigwoorde in die leerderhulpmiddel. Die leerders identifiseer die woord “Ben” en knip dit uit. Die fasiliteerder skryf die woord herhaaldelik op die bord. Die leerders trek dit met hulle vingers na op die sigwoord voor hulle.

Die leerders knip die groot sigwoord “Ben” uit. Hulle skryf dan die woord “Ben” met verskillende kleure uitdraaikryte.

Sessie 4: Handskrif: Patrone

Die fasiliteerder doen die volgende oefeninge saam met die leerders.

Gebruik ’n pen om ’n r op die leerders se regterhande en ’n l op hulle linkerhande te skryf. Gee ’n opdrag en vra dat die leerders met hulle hande wys waar regs en waar links is.

• Lig jou regterhand en wys na regs.

• Lig jou linkerhand en wys na links.

• Vat met jou regterhand aan jou linkerskouer.

• Sit jou linkerhand op jou regterknie.

• Sit jou regterhand op jou kop.

• Tel jou boek met jou regterhand op en sit dit aan die linkerkant van die tafel neer.

• Spring op jou regterbeen.

• Spring op jou linkerbeen.

Storie: Die boer wil ’n heining vir sy hoenders bou. Hy moet die paaltjies plant: een lank, een kort, een lank, een kort, ens.

Die leerders doen aktiwiteit 1 in werkboek 2. Die leerders demonstreer die patroon eers in die lug en daarna skryf hulle dit in die boek met uitdraaikryte. Maak seker dat die leerders die strepies van bo na onder trek en nie van onder na bo nie.

Dag 2

Sessie 1: Luister en praat: Ek is uniek!

Sample

Ons het gister oor jou lyf gesels. Jy ken nou al die verskillende dele van die liggaam.

• Lyk elke ’n mens dieselfde? (Nee, ons almal lyk verskillend. Ons noem dit “uniek”.)

• Dit beteken niemand anders in die wêreld lyk presies dieselfde as jy nie. Soms kan twee mense baie na mekaar lyk, maar niemand is presies dieselfde nie.

• Kyk vir jouself in die spieël. Hoe lyk jou hare? Watter kleur oë het jy? Wat sien jy rondom jou oë? (Wimpers)

• Vertel vir my hoe jou maatjie/fasiliteerder/mamma lyk.

• Vergelyk die twee mense deur te kyk na hare, klere, oogkleur, ens.

• Die leerders moet ooreenkomste en verskille kan raaksien, bv. my hare is kort en donker, maar my maatjie se hare is lank en ligbruin.

• Gebruik ander vergelykings waar die leerders woordeskat van die liggaam moet gebruik om verskille en ooreenkomste te bespreek.

Sessie 2: Lees en klanke: Lebo

Gebruik prentkaart 1 en stel die leerders bekend aan die tweede karakter in die leesreeks – sy naam is Lebo. Skryf die woord “Lebo” op die bord. Vertel die volgende storie vir die leerders:

Lebo is Ben se beste maatjie. Lebo is ook ses jaar oud. Lebo woon langs Ben; hulle is bure. Lebo en Ben speel graag saam. Op ’n dag besluit Ben en Lebo om in die parkie te gaan speel. Ben vat sy skaatsplank saam en Lebo vat sy bal saam. In die parkie is daar ’n paadjie waarop Ben met sy skaatsplank kan ry. Die paadjie gaan by ’n heuweltjie op. Ben gaan sit op sy skaatsplank aan die bopunt van die heuweltjie en Lebo hurk langs hom om sy bal af te rol. As Lebo tot by drie getel het, kyk hulle of Ben of die bal eerste onder is. As hulle klaar is, is dit Lebo se beurt om met die skaatsplank te ry en Ben se beurt om die bal te rol.

Bespreek die volgende vrae:

• Hoe lyk Lebo?

• Watter kleur is die klere wat Ben en Lebo aanhet? (Ben: oranje hemp en blou broek; Lebo: groen hemp en pers/blou broek)

• Het jy ’n maatjie wat in jou straat woon?

• Het jy ’n beste maatjie?

• Wat is jou beste maatjie se naam?

• Met watter letter begin Lebo se naam? (L)

Die leerders doen aktiwiteit 2 in werkboek 1. Die leerders skryf die woord “Lebo” op die bladsy. As die leerders klaar is, kleur hulle die prent in. Hulle moet na die prentkaart kyk en Lebo op dieselfde manier inkleur.

Sample

Sessie 3: Skryf: Lebo

Gebruik die groot sigwoorde in die leerderhulpmiddel. Identifiseer die woord “Lebo” en laat die leerders dit uitknip.

Die leerders knip die groot sigwoord “Lebo” uit. Die leerders versier dan die woord “Lebo” met sand. Die fasiliteerder kan die woord herhaaldelik op die bord skryf sodat die leerders die skryfwyse kan herken en kopieer.

Sessie 4: Handskrif: Patrone

Doen verskeie vingeroefeninge met die leerders.

• Die leerders raak met elke vinger op dieselfde hand in volgorde van wysvinger na pinkie aan die duim.

• Skiet die vingers.

• Plaas ’n koerant op die vloer. Die leerders se handpalms rus op die vloer terwyl hulle die koerant met hul vingers nader “trek” deur dit te frommel.

Storie: Die boer wil ’n heining op sy plaas bou. Hy moet die paaltjies plant. Eers ’n lang paal en dan ’n dwars paaltjie. Die paaltjies moet van bo na onder geplant word en dié wat dwars is, moet van links na regs ingesit word, anders sal die diere kan uitkom.

Die leerders doen aktiwiteit 2 in werkboek 2. Hulle demonstreer die patroon eers in die lug soos wat die boer die paaltjies plant en daarna skryf hulle dit in die boek met uitdraaikryte. Maak seker dat die leerders die strepies van bo na onder en dan van links na regs trek. Kontroleer die leerders se potloodgreep.

Dag 3

Sessie 1: Luister en praat: My sintuie

Gister het ons daaroor gesels dat jy uniek is en dat niemand soos jy is nie. Vandag gaan ons oor jou sintuie gesels.

• Watter sintuie het jy? (Sig, gehoor, reuk, smaak en tas [voel])

• Waarvoor gebruik jy jou oë?

• Waarvoor gebruik jy jou ore?

• Waarvoor gebruik jy jou neus?

• Waarvoor gebruik jy jou mond?

• Waarvoor gebruik jy jou vel?

Kom ons speel ’n speletjie waar ons ons sintuie gebruik. Maak jou oë toe. Jy is in die kombuis. Jy loop na die laai en haal ’n skerp mes uit. Voel baie saggies met jou vinger oor die lem van die mes

om seker te maak dat dit skerp is. Nou loop jy na die vrugtebak en haal ’n suurlemoen uit. Jy ruik aan die suurlemoen. Jy sit die suurlemoen op die broodplank neer en sny ’n stukkie af. Tel die stukkie op en proe daaraan. Kan jy proe hoe suur dit is?

Voer ’n verdere bespreking met die leerders oor sintuie en hoe hulle verskillende sintuie kan gebruik.

Sessie 2: Lees en klanke: Aanleer van b

Leer die b-klank vir die leerders aan. Vertel die volgende kort storie om hulle aan die letter bekend te stel.

Bennie woon in ’n klein huisie tussen die berge saam met sy pa en sy ma. Op ’n dag besluit Bennie dat hy die wye wêreld wil ingaan. Hy is oud genoeg en dit is lankal tyd om sy eie paadjie te stap. Hy pak sy rugsak en loop langs die klein paadjie wat tussen die berge deur kronkel. Bennie is baie vrolik en fluit so ver as wat hy gaan. Ná hy ’n paar ure geloop het, sit hy eers ’n bietjie om te rus en eet. Terwyl hy sit, sien hy ’n donkergroen kol in die verte. Bennie is baie nuuskierig en loop in die rigting van die kol. Die kol word al hoe groter en soos hy nader loop, verander die donkergroen kol in ’n yslike groot bos. Bennie het in sy lewe nog nooit so baie bome bymekaar gesien nie. Hy loop versigtig tussen die bome deur. Dit is klam en grillerig en oral groei mos teen die bome. Bennie loop dapper al hoe dieper in die bos in. Skielik hoor hy ’n harde doef! Bennie se hart gaan staan amper soos hy skrik. Hy word yskoud en sy broekie begin bewe. “Ek is b-b-b-b-bang,” sê hy, “my b-b-b-bbroekie b-b-b-b-bewe!” Vir ’n rukkie staan Bennie tjoepstil, maar niks gebeur nie. Hy kyk om hom rond en besluit om te gaan kyk wat hierdie vreeslike geluid veroorsaak het ...

Volgende keer sal ons hoor wat verder gebeur.

Sample

Teken ’n prentjie van Bennie in die bos. Bennie het ’n lekker boepens. Demonstreer die regte skryfwyse van b vir die leerders, of gebruik die A4-klank wat in die fasiliteerderhulpmiddel verskaf word. Gee vir elke leerder ’n pypskoonmaker, ’n stukkie draad of ’n toutjie. Die leerders probeer om die letter met die pypskoonmaker te vorm. Demonstreer dit stadig sodat hulle mooi kan sien hoe om dit te doen. Baie van die leerders sal hiermee sukkel, maar behoort later reg te kom soos die letters verder aangeleer word.

Vra die leerders om aan woorde te dink wat met ’n b begin. Elke leerder moet probeer om aan ’n woord te dink.

Sit ’n groot letter b teen die muur.

Die korrekte skryfwyse van b:

bDie leerders knip een b-klank in die leerderhulpmiddel uit en plaas dit in die klank-koevert.

Huiswerk: Die leerders moet van nou af elke dag die klanke by die huis oefen. Hoe vinniger hulle die klanke na mekaar kan opsê, hoe makliker gaan hulle leer om vinnig woorde te bou en te lees.

Sessie 3: Skryf: Ben en Lebo

Sit die sigwoorde “Ben” en “Lebo” op die bord. Wys weer vir die leerders die regte skryfwyse deur dit op die bord te demonstreer.

Die leerders doen aktiwiteit 3 in werkboek 1. Die leerders skryf eers met hulle vingers oor die woord en daarna skryf hulle dit met ’n uitdraaikryt oor. Daarna moet hulle ’n prentjie van Ben en Lebo teken.

Sample

Sessie 4: Handskrif: Patrone

Doen verskeie vingeroefeninge met die leerders.

• Die leerders draai hulle hande in die rondte om die vingerspiere te strek.

• Skiet die vingers.

• Die leerders hou ’n papier of koerantpapier in een hand en frommel dit op sonder om die ander hand te gebruik.

Storie: Die boer wil ’n sigsagpaadjie op sy plaas bou. Wys met jou vinger in die lug hoe ’n sigsagpatroon lyk.

Die leerders doen aktiwiteit 3 in werkboek 2. Die leerders trek eers die patroon oor met hulle vingers voor hulle dit met uitdraaikryte oortrek. Maak seker dat die leerders nie te veel van die lyntjies afgaan omdat hulle oorhaastig is nie. Kontroleer die leerders se potloodgreep.

Dag 4

Sessie 1: Luister en praat: Nuustyd

Voer ’n informele gesprek met die leerders waar hulle enige nuus kan vertel van iets wat hulle die afgelope naweek of in die vakansie gedoen het. Vra vrae om die gesprek aan te moedig.

Sessie 2: Lees en klanke: Hanna

Sample

Gebruik prentkaart 2 en stel die leerders bekend aan die derde karakter in die leesreeks – haar naam is Hanna. Skryf die woord “Hanna” op die bord. Vertel die volgende storie vir die leerders: Hanna woon ook in Ben en Lebo se straat. Haar regte naam is Hasinah, maar toe sy klein was, kon sy die naam nie mooi uitspreek nie en elke keer wanneer haar mamma haar gevra het wat haar naam is, het sy “Hanna” gesê. Later het haar mamma haar ook Hanna begin noem. Sy hou daarvan om saam met Ben en Lebo te speel. Op ’n dag was Ben en Lebo besig om in die sandput te speel toe Hanna daar aankom. Hulle het groot sandkastele gebou omring deur riviere en berge. Dit het later donker begin word, maar hulle wou nie ophou speel nie. Naderhand het hulle mammas hulle kom roep vir aandete en badtyd. Dit was ’n baie lekker dag.

Bespreek die volgende vrae:

• Wat dink julle sê Hanna (op prentkaart 2)?

• Dink jy Hanna is bly, hartseer of kwaad? (Bly)

• Watter kleur is Hanna se klere? (Pienk en pers)

• Is Hanna ’n meisie of ’n seuntjie? (Meisie)

• Kan ’n meisie ’n broek dra? (Ja)

• Waarmee speel hulle in die sandput? (Emmers, grafies, trekker, trok en vliegtuig)

• Is die klere wat hulle dra verskillend? Hoe is dit verskillend?

• Met watter letter begin Hanna se naam? (H)

Die leerders doen aktiwiteit 4 in werkboek 1. Die leerders skryf die woord “Hanna” op die bladsy. As hulle klaar is, kleur hulle die prent in. Hulle moet na die prentkaart kyk en Hanna op dieselfde manier inkleur.

Sessie 3: Skryf: Hanna

Gebruik die groot sigwoorde in die leerderhulpmiddel. Identifiseer die woord “Hanna” en laat die leerders dit uitknip.

Die leerders knip die groot sigwoord “Hanna” uit. Hulle versier die woord met blinkers. Die woord kan herhaaldelik op die bord geskryf word sodat die leerders die skryfwyse kan herken en kopieer.

Sessie 4: Handskrif: Hersien die b-klank

Hersien die b-klank met die leerders.

Bou met klei

Gee vir elke leerder ’n bondeltjie speelklei. Hulle gebruik die bladsy met die katjie in die leerderhulpmiddel om op te bou. Die leerders maak ’n baie lang worsie met die klei en dan maak hulle die b-klank. Sorg dat hulle bo teen die lyntjie begin en dan die ronde deel in die middelste gedeelte vorm. Leer hulle solank dat party letters oor drie lyntjies geskryf word.

Skryf op grond

Sample

Teken met bordkryt ’n groot b buite op plaveisel. Die leerders loop op die lyne en pas ook die regte skryfwyse toe soos hulle loop.

Skryf in sand

Die leerders skryf die b-klank 10 keer in die sandput of op ’n sandskinkbord. Let op die regte lettervorming.

Vorm met lyf

Die leerders gebruik hulle lywe om die letter te vorm. Hulle kan dit individueel of in groepe doen.

Die leerders doen aktiwiteit 1 in werkboek 3. Die fasiliteerder sê elke prentjie se naam hardop en die leerders sê of dit met die b-klank begin. Hulle kleur al die prentjies in wat met die b-klank begin, skryf die b-klank onderaan die bladsy en skryf self die lyntjie vol. Moedig die leerders aan om die regte lettervorming te gebruik met die skryf van die letters.

Antwoorde: beer, bok, brood, boom, boot, bal en boek.

Dag 5

Sessie 1: Luister en praat: Emosies

Voer ’n gesprek oor verskillende emosies. Verduidelik vir die leerders wat emosies is en dat ’n mens anders kan voel in sekere situasies. Gebruik ook verskillende prente/gesigsuitdrukkings om die emosies te demonstreer.

Noem die onderstaande emosies aan die leerders, wat hulle deur middel van rolspel moet uitbeeld. Die scenario tussen hakies kan ook ter illustrasie vir die leerders gelees word.

• Kwaad (Jou sussie breek jou speelgoed.)

• Bang (Dit is donker in die huis en jy moet alleen badkamer toe stap.) (’n Leeu jaag jou.)

• Hartseer (Jou maatjie sê vir jou hy/sy wil nie meer met jou speel nie.)

• Bly (Jy hoef nie vir Mamma in die kombuis te help nie.)

• Verdrietig (Jy het hard geval en baie seer gekry.)

• Vrolik/gelukkig (Dit is ’n lekker lentedag en jy speel buite.)

• Opgewonde (Juffrou sê: “Ons gaan op ’n uitstappie.”)

• Teleurgesteld (Juffrou sê: “Ons gaan nie meer op die uitstappie nie.”)

• Trots (Juffrou fluister in jou oor dat jy baie mooi werk.)

• Ongelukkig (Mamma sê vir jou dat jy jou kamer moet opruim, maar jy wil nie.)

Sample

Sessie 2: Lees en klanke: Aanleer van a

Leer die a-klank vir die leerders aan. Vertel die volgende kort storie om hulle aan die letter bekend te stel.

Bennie loop versigtig ’n bietjie dieper in die bos in. Hy hoor weer ’n doef. Sy broekie begin dadelik weer bewe, maar hy loop braaf nader. Skielik hoor hy die geluid reg langs hom. Hy spring so hoog dat hy amper in die boom spring. Bennie kyk mooi na die ding wat op die grond lê en hy kan sy oë

nie glo nie. Daar voor hom lê die lekkerste, sappigste rooi appel. Hy kyk op in die boom en sien nog baie lekker appels wat hoog in die boom hang. Nou het hy lekker kos om te eet.

Volgende keer sal ons hoor wat verder gebeur.

Teken ’n prentjie van die appelboom in die bos. Demonstreer die regte skryfwyse van a vir die leerders, of gebruik die A4-klank wat in die fasiliteerderhulpmiddel verskaf word. Gee vir elke leerder ’n pypskoonmaker, ’n stukkie draad of ’n toutjie. Die leerders probeer om die letter met die pypskoonmaker te vorm. Demonstreer dit stadig sodat hulle mooi kan sien hoe om dit te doen. Leerders wat sukkel, mag gehelp word.

Vra die leerders om aan woorde te dink wat met ’n a begin. Elke leerder moet probeer om aan ’n woord te dink.

Sit ’n groot letter a teen die muur.

Die korrekte skryfwyse van a:

aDie leerders knip een a-klank in die leerderhulpmiddel uit en plaas dit in die klank-koevert.

Huiswerk: Oefen die klanke by die huis.

Sessie 3: Skryf: Emosies

Ons het reeds oor emosies gepraat. Kom ons kyk weer na prentkaart 1. Hanna is bly.

Vra die volgende vrae:

• Hoe sou Hanna gelyk het as sy kwaad was?

• Hoe sou Hanna gelyk het as sy hartseer was?

• Wat sou haar kwaad of hartseer kon maak?

Die leerders doen aktiwiteit 5 in werkboek 1. Die fasiliteerder lees eers elke sin en dan lees die leerders die sinne saam met die fasiliteerder. Die leerders teken dan die regte gesiggie langs elke sin.

Sessie 4: Handskrif: Patrone

Die boer wil ’n kraal op sy plaas bou. Hy gaan meer paaltjies nodig hê as vir die heining wat hy reeds gebou het. Plant die paaltjies twee van bo na onder en een dwars dan weer twee van bo na onder en een dwars. Op die laaste lyntjie doen hulle dit self. Oefen eers die patroon in die lug. Let op die leerders se potloodgreep en dat hulle van bo na onder en van links na regs werk.

Die leerders doen aktiwiteit 4 in werkboek 2. Hulle teken eers die patroon in die lug en daarna in hulle werkboeke. Op die laaste lyntjie maak hulle self hul eie patroon.

Dag 6

Sessie 1: Luister en praat: Nuustyd

Sample

Week 2

Die leerders kry elkeen ’n beurt om enige nuus te vertel. Indien die leerders nie weet waaroor om te praat nie, kan hulle vertel van hulle ervaring op die eerste dag van skool en hoe hulle gevoel het.

Sessie 2: Lees en klanke: Pappa en Mamma

Gebruik prentkaart 3 en stel die leerders bekend aan Pappa en Mamma. Skryf die woorde “Pappa” en “Mamma” op die bord (die woord “en” moet nog nie aangeleer word nie). Vertel die volgende storie vir die leerders:

Hierdie is Ben se pappa en mamma. Ben se mamma is swanger. Ben kan nie meer wag om ’n nuwe boetie of sussie te hê nie. Ben wil graag met die nuwe baba speel. “Sy gaan nog baie klein wees,” sê Ben se mamma, maar Ben het klaar besluit dat as die baba ’n bietjie ouer is dat hulle lekker saam gaan speel. Hanna en Lebo is net so opgewonde oor die nuwe baba wat op pad is.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.