Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Huistaal
Fasiliteerdersgids
Graad 3
SAMPLE
Aangepas vir KABV
H Erasmus Dr N Scheepers
Inleiding vir die fasiliteerder
Impaq se benadering tot taalonderrig in graad 3
Taal is ’n instrument vir denke en kommunikasie. Die doeltreffende gebruik van taal stel leerders in staat om te dink en kennis te verwerf, hulle kreatiewe vermoëns en identiteit, asook gevoelens en idees uit te druk en in interaksie met ander te tree om hul leefwêrelde te bestuur. Die leerders se huistaal vorm dus die grondslag en is die instrument waarin hulle kommunikeer en leer.
Doeltreffende taalonderrig en leer in graad 3 vereis die ontwerp van leergeleenthede en interaksies wat fokus op die leerder se ontwikkeling om te luister en praat, dink en redeneer, lees en skryf. Die leerprogram is gebaseer op 20 leereenhede wat oor die 40 weke van die akademiese jaar strek. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae of twee weke.
Elke dag het vier of vyf breedvoerige taalsessies binne een van die volgende fokusareas:
• Luister en praat
• Lees en klanke
• Skryf en handskrif
Luister en praat
Luister en praat vorm integraal deel van enige ander leerarea. Dit is ’n belangrike vaardigheid wat die grondslag vir verdere leer vorm, dus word daar in graad 3 spesifiek tyd afgestaan aan gefokusde aktiwiteite wat luister- en praatvaardighede ontwikkel. Tydens die luister-en-praataktiwiteite word die leerders gemotiveer om woordeskat en taalstruktuur te verbeter. Die fasiliteerder moet genoeg geleenthede skep vir die leerders om spontaan oor ’n onderwerp te gesels. Indien die leerders nie daarin slaag om ’n sinvolle gesprek te voer nie, kan die fasiliteerder vrae vra om die gesprek aan die gang te sit.
Die luister-en-praataktiwiteite behels mondelinge gesprekke rondom spesifieke onderwerpe, prentbesprekings, besprekings om nuwe stories aan die leerders bekend te stel en mondelinge aanbiedings deur die leerders. Die graad 3-huistaalprogram bied gefokusde luister-en-praatsessies, maar soms word luister en praat met lees- of skryfsessies geïntegreer.
SAMPLE
Luister en praat vorm ’n integrale deel van alle leeraktiwiteite in die graad 3-klas. Daar word dus spesifieke sessies in elke leereenheid afgestaan aan luister-en-praataktiwiteite. Dit is egter belangrik dat die fasiliteerder self luister-en-praatvaardighede met ander leerareas integreer. Die leerders leer tydens ander leerareas om krities te dink, te luister en te praat wanneer hulle met interaksie en aktiwiteite binne elke leerarea besig is.
Lees
Leesvaardigheid is ’n belangrike komponent van die graad 3-huistaalprogram. Die jaarplan is gebaseer op die leesreeks Die avonture van Ben, Lebo en Hanna. Die leesreeks bestaan uit vier fases: fase 9 tot 12. Elke fase bestaan uit vyf stories. Namate die leerder deur die jaar vorder, word die stories en sinne stelselmatig langer.
Die program is saamgestel om woordherkenning en sinskonstruksie te bevorder. Die leerders lees met toenemende vlotheid en begrip en maak staat op hoëfrekwensiewoorde (woorde wat gereeld in enige leestekste voorkom) wat reeds in vorige grade aangeleer is om leesvaardigheid te bevorder. Die fasiliteerder gebruik sigwoorde indien die leerders nog sukkel met moeilike of onbekende woorde. Vir leerders wat reeds goed kan lees, is dit nie nodig om die sigwoorde te behandel nie.
Die leesprogram maak voorsiening vir gedeelde lees, groepbegeleide lees en selfstandige lees waar die leerders saam met die fasiliteerder lees, asook individuele leessessies. Die leerders word voortdurend aan nuwe leesstukke soos begripstoetse en gedigte bekendgestel. Daar is egter sessies waar daar van die leerder verwag word om onvoorbereide tekste te lees.
Die leesreeks word meestal gebruik vir groepbegeleide lees waar die leerders saam met ander leerders of die fasiliteerder in ’n groep dieselfde teks lees. Die sessies is lank genoeg vir die leerders op hulle eie tempo deur die leesboeke te vorder en hulle hoef nie by die voorgestelde bladsynommers te bly nie. Indien ’n leerder die storie klaar gelees het, word daar in die sessies vir groepbegeleide lees/selfstandige lees vir die leerder voorsiening gemaak om die storie weer te lees of om ’n ander leesboek op die leerder se vlak te lees. Die leerders moenie verveeld raak omdat hulle die leesreeks herhaaldelik moet lees nie.
Addisionele leesstukke soos begripstoetse, grappies, resepte, strokiesprente, ens. word in gedeelde lees gebruik. Die leerders moet die teks soms saam as ’n groep lees en ander kere moet hulle selfstandig lees. Die addisionele leeswerk is op die leerders se ontwikkelingsvlak en behoort hulle te prikkel om die teks self te lees. Indien die leerders baie goed kan lees, hoef die fasiliteerder nie die stukke voor te lees nie en kan die leerders dit self lees.
Tydens selfstandige leessessies lees elke leerder op sy/haar eie, of leerders lees in pare.
Klanke
Elke leereenheid bevat verskeie klankaktiwiteite. Hierdie aktiwiteite wissel tussen die bekendstelling van nuwe klanke, vaslegging van klanke en nuwe spelreëls wat meervoude en verkleining insluit.
Die klankreeks is oor die 20 leereenhede versprei. Die leerders hersien al die dubbelklanke wat hulle in graad 2 aangeleer het. Die leerders word dan bekendgestel aan meer komplekse klankkombinasies aan die einde van woorde. Hulle leer voortdurend nuwe spelreëls en daar word genoegsaam voorsiening vir hersiening en vaslegging gemaak. Dit vereis ook dat die leerders elke week skryfaktiwiteite voltooi waar hulle die bekende woorde van die week in hul klaswerkboeke skryf.
Handskrif
Die program maak voorsiening vir die stelselmatige aanleer van handskrifvaardighede. Die leerders hersien verskeie patrone wat handskrif bevorder, asook al die letters in lopende skrif soos in graad 2 aangeleer.
SAMPLE
Leerders skryf nog tot aan die einde van kwartaal 2 drukskrif in hulle boeke; daarna moet hulle lopende skrif in al hulle boeke begin skryf. In die eerste twee kwartale skryf die leerders met grys potlode in hulle boeke. Leerders wat goed kan skryf, kan vanaf kwartaal 3 begin eksperimenteer om netjies met ’n pen te skryf. Leerders wat nog sukkel om met ’n pen te skryf en potloodskrif baie moet uitvee, hoef eers vanaf kwartaal 4 te begin eksperimenteer.
Skryf
Skryfaktiwiteite fokus op die leerders se vermoë om self sinvol te skryf, waar handskrif op handskrifvaardighede fokus. Skryfaktiwiteite begin met eenvoudige, kort stories of die skryf van eenvoudige, kort sinne. Namate die program vorder, word die leerders uitgedaag om self stories, koerantberigte boekresensies, dagboekinskrywings, dialoë, ens. te beplan en skryf.
Die graad 3-huistaalprogram stel die leerders aan die volgende woordsoorte bekend: selfstandige naamwoorde, werkwoorde, voornaamwoorde, byvoeglike naamwoorde, bywoorde en voorsetsels. Die program maak ook voorsiening vir eenvoudige oefeninge om die leerders bewus te maak van bevelsinne, vraagsinne en stelsinne in spreektaal en geskrewe taal.
Materiaal en hulpbronne
In graad 3 skryf leerders met ’n potlood en teen kwartaal 4 met ’n pen. Alle geskrewe aktiwiteite is in die werkboeke uiteengesit. Die leerders benodig twee blanko oefenboeke vir kreatiewe skryfoefeninge en ander aktiwiteite. Gebruik oefenboeke met lyne wat effens dikker is. Die leerders moet bo-op die lyntjies skryf en nie meer oor drie lyne soos in graad 1 en 2 nie. (Koop Feint & Margin-boeke.)
Hoe om die materiale en hulpbronne te gebruik
Die graad 3-pakket bestaan uit die volgende produkte:
1. Fasiliteerdersgids
2. Werkboek 1: Lees en Klanke, Eenheid 1 – 10
3. Werkboek 1: Lees en Klanke, Eenheid 11 – 20
4. Werkboek 2: Skryf en Handskrif
5. Leesboeke uit die leesreeks, Die avonture van Ben, Lebo en Hanna
6. Leerderhulpmiddel
7. Fasiliteerderhulpmiddel
8. Assessering (portefeuljeboek)
9. Assesseringsriglyne en memorandum
Hulpbronne wat aangeskaf moet word:
• Uitdraaikryte en inkleurpotlode vir skryf- en inkleuraktiwiteite
• Grys potlood, pen (vanaf kwartaal 3 of 4) skerpmaker en uitveër vir skryfoefeninge
• Skêr, liniaal, gom (gomstiffie en houtlym) vir aktiwiteite
• Twee blanko oefenboeke vir kreatiewe skryf en klaswerkaktiwiteite
Die fasiliteerdersgids
Die fasiliteerdersgids bestaan uit 20 leereenhede. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae. Elke dag is ingedeel in drie tot vyf taalsessies, wat luister en praat, lees (groepbegeleide lees, gedeelde lees en selfstandige lees), klanke, handskrif en skryf dek. Verwys na die voorgestelde dagprogram vir die tydindeling van die sessies.
SAMPLE
Elke sessie word afgesluit met twee inligtingsblokkies – “Konseptualisering” en “Hulpbronne”. Die “konseptualisering”-blokkie bevat ’n kort opsomming oor die konsepte wat vasgelê word, en die “hulpbronne”-blokkie bevat ’n lysie van artikels wat vir die sessie verskaf word (i) en/of benodig word ().
By elke sessie word daar twee simbole gebruik:
Die uiltjie dui aan wat die fasiliteerder moet doen.
Die potlood dui aan wat die leerders moet doen.
Werkboek 1: Lees en Klanke
Werkboek 1: Lees en Kanke: Eenheid 1 – 10 en Werkboek 1: Lees en Klanke: Eenheid 11 – 20 bevat saam 164 aktiwiteite wat leesvaardighede, nuwe klanke, taalkonsepte en spelreëls bevorder.
Werkboek 2: Skryf en Handskrif
Die werkboek bevat 143 aktiwiteite wat leerders se vaardighede in kreatiewe skryfwerk en handskrifvaardighede ontwikkel.
Die leesreeks: Die avonture van Ben, Lebo en Hanna
Die leesreeks is spesifiek vir die graad 3 Afrikaans Huistaalprogram ontwikkel. Dit bestaan uit fase 9 tot 12 en bou voort op graad 2 se leesboeke (fase 5 tot 8).
Die fasiliteerderhulpmiddel
Die fasiliteerderhulpmiddel bevat die spelwoorde, klanke en sigwoorde wat die fasiliteerder kan gebruik om leerders met die leesreeks te help.
Die leerderhulpmiddel
Die leerderhulpmiddel bevat al die spelwoorde, speltoetse, klanke en patroonkaarte wat die leerders deur die jaar benodig.
SAMPLE
Per week: 25 uur
Huistaal: 7/8 uur
Voorgestelde rooster vir Graad 3
Eerste Addisionele Taal (EAT): 3/4 uur
Wiskunde: 7 uur
Lewensvaardighede (LV): 7 uur
HUISTAAL:
07:50 – 08:05
Luister en praat 15 min
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min
08:05 – 09:30
09:30 – 10:00
10:00 – 10:20
10:20 – 10:50
10:50 – 11:15
11:15 – 11:40
11:40 – 12:00
12:00 – 12:15
12:15 – 13:25
HUISTAAL: Luister en praat 15 min HUISTAAL: Luister en praat 15 min
Luister en praat 15 min HUISTAAL:
Luister en praat 15 min
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: Hoofrekene 25 min
WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min
HUISTAAL: Klanke 30 min
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min
SAMPLE
HUISTAAL: Handskrif 25 min
EAT: Luister en praat 20 min
HUISTAAL: Handskrif 30 min HUISTAAL: Klanke 30 min HUISTAAL: Gedeelde lees 30 min
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min
HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min
EAT: Lees, klanke en taalstruktuur 20 min
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Gedeelde lees 25 min
HUISTAAL: Gedeelde lees 25 min
EAT: Luister en praat 20 min
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min
HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min
EAT: Lees, klanke en taalstruktuur 20 min
HUISTAAL: Klanke 30 min
LV: Persoonlike en Sosiale
Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Skryf 25 min
HUISTAAL: Handskrif 25 min
EAT: Luister en praat 20 min
LV: Liggaamsopvoeding
1 uur 10 min
LV: Skeppende Kunste 40 min
EAT: Skryf 30 min
LV: Liggaamsopvoeding
1 uur 10 min
LV: Skeppende Kunste 40 min
EAT: Skryf 30 min
LV: Skeppende Kunste 40 min
EAT: Lees, klanke en taalstruktuur 30 min
Leereenheid 1
Dag 1
Week 1
Sessie 1: Luister en praat: Karin tel haar seëninge
Stel die leerders bekend aan die storie “Karin tel haar seëninge”.
• Verwys na die prent op die voorblad van die storie. Wat sien Ben en Karin op die oop parkering?
• Waarom is daar ’n rolstoelteken op die parkering?
• Waarom mag Mamma nie op daardie plek parkeer nie?
• Hoe dink jy voel Karin? (Verwys na haar kwaai gesiggie.) Waarom dink julle is Karin kwaad?
• Lees die titel hardop.
• Wat is seëninge?
• Gesels met die leerders oor gesondheid en ’n normale liggaam waarvoor ons elkeen baie dankbaar moet wees. Leerders moet verstaan dat dit ’n voorreg is om ’n normale liggaam te hê, om te kan loop en hardloop, om te kan sien en hoor en om te kan praat.
• Fasiliteer ’n gesprek oor gestremdhede, bv. mense wat in rolstoele is omdat hulle nie kan loop nie, mense wat sukkel om self te loop, blinde mense, dowe mense, ens.
• Lei die gesprek na aanleiding van leerderdeelname.
SAMPLE
Sessie 2: Klanke: Hersien die klanke aa, ee, oo en uu
Hersien die klanke aa, ee, oo en uu met die leerders.
• Speel ’n speletjie. Verdeel die leerders in groepe.
• Gee elke groep 1 minuut kans om soveel as moontlik woorde met die aa-klank te skryf.
• Gee ’n punt vir elke woord waaraan die groep kon dink wat ander groepe nie het nie.
• Herhaal die oefening met die klanke ee, oo, en uu.
• Indien daar net een leerder is, kan die fasiliteerder die speletjie saam met die leerder speel.
Alle handskrifsessies in graad 3 is in lopende skrif. Leerders het tydens graad 2 die skryfwyse van al die kleinletters en die meeste hoofletters in lopende skrif aangeleer. Tydens die eerste kwartaal hersien ons al die hoofletters en kleinletters.
Demonstreer die skryfwyse van die hoofletter V en kleinletter v
Voltooi aktiwiteit 1 in werkboek 2.
• Voltooi die letters tot aan die einde van die reël.
• Skryf die woorde in lopende skrif.
VvSessie 4: Groepbegeleide lees: Karin tel haar seëninge
Lees in pare: “Karin tel haar seëninge”.
SAMPLE
• Verwys na vanoggend se luister-en-praat-sessie. Die leerders is reeds bekend met die titel en tema van die storie.
• Stel die leerders bekend aan moeilike woorde wat in die teks voorkom. Bepaal self wat die leerders se leesvlak is. Die meeste graad 3-leerders sal selfstandig kan lees, terwyl ander beter onder leiding van ’n fasiliteerder lees. Indien nodig, gebruik die sigwoorde vir leereenheid 1 (sien fasiliteerderhulpmiddel) om onbekende woorde bekend te stel, of laat leerders toe om self die woorde te ontsyfer.
• Leerders werk in pare en lees bladsy 8 tot 9 van die storie saam met ’n maat.
Dag 2
Sessie 1: Luister en praat: Speletjie
Speletjie: Wat is jou geheim?
• Die leerders skryf ’n geheim op ’n stukkie papier. Elkeen skryf iets oor hulself. Dit moet iets wees wat niemand weet nie, of iemand nie met die blote oog kan sien nie, bv.: My hond se naam is Bruno; Ek kan kitaar speel; My oupa loop met ’n kierie; ens. Leerders mag niks skryf wat ’n mens kan sien nie, bv.: Ek dra ’n bril; Ek het lang swart hare.
• Indien daar minder as 15 leerders in die klas is, kan die speletjie in klasverband gespeel word. Verdeel groter klasse in groepe van 8 of meer leerders.
• Die leerders in die klas/groep gooi al hul “geheime” in ’n houer of hoed.
• Elke leerder trek ’n “geheim” uit die houer.
• Bv. ’n leerder se geheim is: Ek gaan stap graag met my hond.
• Leerders gesels met mekaar en vra vrae om uit te vind wie se geheim dit is, bv.: Het jy ’n hond? Indien die leerder nie ’n hond het nie, gaan na ’n volgende leerder. Indien hy/sy wel ’n hond het, vra of hy/sy graag met die hond gaan stap.
• Hou aan met die speletjie totdat almal weet wie se geheim hy/sy het.
Sessie 2: Handskrif
Demonstreer die skryfwyse van die hoofletter W en kleinletter w.
SAMPLE
Voltooi aktiwiteit 2 in werkboek 2.
• Voltooi die letters tot aan die einde van die reël.
• Skryf die woorde in lopende skrif.
Sessie 3 en 4: Groepbegeleide lees: Karin tel haar seëninge
Groepbegeleide lees: “Karin tel haar seëninge”.
• Leerders werk in groepe. Verdeel die klas in groepe op grond van die leerders se leesvaardigheid.
• Werk saam met een groep, terwyl die res van die leerders in groepsverband lees. Bestuur die sessie sodat elke groep voldoende aandag kry.
• Stel die leerders bekend aan onbekende woorde in die teks. Gebruik die sigwoorde vir leereenheid 1 indien nodig.
• Die leerders in die groep maak beurte en lees gedeeltes van die teks op bladsy 10 tot 11 van die storie.
• Bespreek die verloop van die storie en beantwoord enige vrae na aanleiding van die teks.
Dag 3
Sessie 1: Luister en praat: Deel ’n ervaring
SAMPLE
Die leerders vertel nuus of deel persoonlike ervarings. Hulle moet ’n ervaring of gebeurtenis identifiseer wat hulle met die klas wil deel. Gee geleentheid vir twee of drie leerders om nuus te vertel. Op ’n volgende geleentheid kan ander leerders weer ’n beurt kry sodat elkeen op die ou end ’n geleentheid kry om nuus/ervarings te deel.
• Die leerders vertel ’n storie. Let op die sinskonstruksie en woordgebruik.
• Die ander leerders in die klas luister sonder om die spreker te onderbreek. Hulle mag reageer deur vrae te vra en oor die leerder se vertelling te gesels. Luister na die leerders se gesprek en lei die sessie deur addisionele vrae te vra of idees/menings te deel.
• Bestuur die sessie sodat meer as een leerder ’n geleentheid kry om nuus te vertel of ’n ervaring te deel.